kommunikaatjie 22 jan 2012

3
Sondagaand 18:00 Liturgiese Riglyne - Sondag 22 JANUARIE 2012 Skriflesing Jeremia 18:1-17 Teksverse Jeremia 18:5-10 Sing: Ps 105:1,2 Ps 138:1,3 Ps 20:3,4 Ps 111:1-4 Sb 13-3 God is die Pottebakker, sy volk die klei Dikwels dink ons oor onsself of te klein of te groot. Sommige mense is leedvermakering en verwaand oor hulle gawes en talente en rykdom. Ander mense is weer teruggetrokke, selfs selfbewus en skaam. Die gevolg is dat mense soms vir God wil verwyt omdat Hy ons gemaak het soos wat ons is. Dan is die gevolg dat ons God verwyt of dat ons in verwaandheid voortlewe. Maar God het sy kinders lief, daarom as daar berou en bekering is dan lyk dit vir ons of God sy oordele uitstel, of Hy van plan verander. Dan dink ons as mense God kan dalk nie vertrou word nie, maar dit is nie waar nie, want God is ’n soewereine God. God is die Pottekbakker. God kan besluit soos wat Hy wil en wanneer Hy wil. Dit beteken nie dat God ’n onbetroubare God is nie, maar net dat Hy so groot en Almagtige en Alwetend is, dat Hy altyd in beheer is en doen wat vir ons ten goede sal uitwerk. Daarom dank ons God. Hy het elkeen van ons besonderlik gemaak soos wat Hy wil. Ons moet mekaar aanvaar en liefhê met ons hele hart en siel. God verander nie van gedagte nie, maar Hy is regverdig en barmhartig en vol van genade. Hy is ons hemelse Vader. Sondagoggend 9:00 Skriflesing: Jesaja 55 Prediker 2 Teksverse: Jesaja 55:1-3 Sing : Ps 146:1,3,6 Ps 42:1,3 Ps 23:1,3 Ps 40:4 Ps 126:12, Sb 13-3 Fokus hierdie jaar op u geestelike groei Die jaar is alweer byna ‘n maand oud! En ons kan so besig raak met die dinge en die dag tot dag oorlewing, dat ons so ongesiens ons fokus verloor. Ons raak maklik netso materialisties soos die wêreld waarin ons woon. Die tema op die kalender roep ons op met die mees basiese uitnodiging van God se vrye genade. Ons word opgeroep om te luister en te doen. Die oproep is heel persoonlik en daarom is dit nodig dat ons elkeen aggee. Dan kom daar die belofte van versadiging en bevredi- ging. God het ‘n verbond met ons gesluit en Hy wil dat ons in hierdie verbond met Hom lewe. Dus word ons opgeroep om goed te besin oor die dinge waarmee ons ons so besig hou. Mag ons weer so bewus raak van die lewende water van die evangelie van Christus, dat ons nie net self daarvan drink nie, maar dat ons dit ook sal aanbied aan die ander in hierdie wêreld wat so dors is. OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoor-ure : Ma.-Vry 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 37 Nr 2 22 Januarie 2012 K K K LEES JOU BYBEL GEREELD God het aan ons sy Woord gegee en daarby nogal in ons eie taal. Hy gee ons ook die voor- reg om te kan lees. Die primêre boek of bron wat met hierdie gawe gelees moet word is se- kerlik die Bybel. Wie die Bybel in die hand neem en lees, hoor die stem van God. Sy woorde voed ons dorstige siele met die waters van die lewe. Die Bybel is, onder die inspirasie van die Heilige Gees, saamgestel uit verskillende soorte boeke, nl. verhale waarin God optree in die lewe van mense, gedigte waarin ons God leer ken in die persoonlike belewenisse van mense, wysheidsboeke wat ons leer om daagliks rein te lewe as beelddraers van God, profesieë waarin ons sien hoe die Here die toekoms van oordeel en genade bepaal, en lerende boeke waarin veral die apostels ons die evangelie van Jesus Christus duideliker uiteensit. Basies kom die lees van die Bybel daarop neer om God se wil, sy werk en sy wese te leer ken. Daarom kan u by die lees van die Bybel altyd bly vra: Wat staan hier van God? Ons ontmoet ook God in sy oordele en in sy genade wat Hy in en deur sy Seun aan ons in liefde geskenk het. As ons die Bybel biddend lees sal die Heilige Gees ons geestelike oë verhelder om God te leer ken en sy wil te verstaan en dan ook te doen. Dit is die noodsaaklike deel van ons ver- bondsonderhouding en ons heiligmaking en groei. Om hierin u daarin by te staan het ons dit goed gedink om as gemeente die Bybelleesroos- ter van die Bybelgenootskap van SA te volg. Daarin vind ons 100 gedeeltes wat ons in die jaar kan deurlees. Dit kom dan basies daarop neer dat ons as gemeente elke week twee tot drie van die gedeeltes moet deurlees – alleen of saam met u huisbewoners. As ons die va- kansies uitsluit (en dit aan u oorlaat om dan ander gedeeltes self te lees) sal ons die doelwit, om saam hierdie E-100-rooster in die jaar deur te werk, kan bereik. Die rooster sal ook weekliks in die nuusbrief vermeld word en die leraars onderneem om weekliks die rooster met Bybelstudie- en huisgodsdiens-riglyne te verryk. Ons sal van tyd tot tyd ook uit die ge- deeltes preek om u studie te ondersteun. Dit is ons bede dat ons gemeente op so ’n wyse mekaar sal aanspoor tot geestelike dissipline om die Woord deur te lees en te hoor wat die Here vir ons sê. Maak dus seker dat u vandag reeds een van die Bybelgenootskap se E-100 roosters by die deure neem. Lekker lees! Namens die leraars, Ds Maarten

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 07-Mar-2016

237 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

NUUSBRIEF, BRIEF

TRANSCRIPT

Page 1: KOMMUNIKAATJIE 22 JAN 2012

Sondagaand 18:00

Liturgiese Riglyne - Sondag 22 JANUARIE 2012

Skriflesing Jeremia 18:1-17

Teksverse Jeremia 18:5-10

Sing: Ps 105:1,2

Ps 138:1,3

Ps 20:3,4

Ps 111:1-4

Sb 13-3

God is die Pottebakker, sy volk

die klei

Dikwels dink ons oor onsself of te klein of te groot. Sommige mense is leedvermakering en verwaand oor hulle gawes en talente en rykdom. Ander mense is weer teruggetrokke, selfs selfbewus en skaam. Die gevolg is dat mense soms vir God wil verwyt omdat Hy ons gemaak het soos wat ons is. Dan is die gevolg dat ons God verwyt of dat ons in verwaandheid voortlewe. Maar God het sy kinders lief, daarom as daar berou en bekering is dan lyk dit vir ons of God sy oordele uitstel, of Hy van plan verander. Dan dink ons as mense God kan dalk nie vertrou word nie, maar dit is nie waar nie, want God is ’n soewereine God. God is die Pottekbakker. God kan besluit soos wat Hy wil en wanneer Hy wil. Dit beteken nie dat God ’n onbetroubare God is nie, maar net dat Hy so groot en Almagtige en Alwetend is, dat Hy altyd in beheer is en doen wat vir ons ten goede sal uitwerk. Daarom dank ons God. Hy het elkeen van ons besonderlik gemaak soos wat Hy wil. Ons moet mekaar aanvaar en liefhê met ons hele hart en siel. God verander nie van gedagte nie, maar Hy is regverdig en barmhartig en vol van genade. Hy is ons hemelse Vader.

Sondagoggend 9:00

Skriflesing: Jesaja 55

Prediker 2

Teksverse: Jesaja 55:1-3

Sing: Ps 146:1,3,6

Ps 42:1,3

Ps 23:1,3

Ps 40:4

Ps 126:12,

Sb 13-3

Fokus hierdie jaar op u geestelike groei

Die jaar is alweer byna ‘n maand oud! En ons

kan so besig raak met die dinge en die dag tot

dag oorlewing, dat ons so ongesiens ons fokus

verloor. Ons raak maklik netso materialisties

soos die wêreld waarin ons woon.

Die tema op die kalender roep ons op met die

mees basiese uitnodiging van God se vrye

genade. Ons word opgeroep om te luister en te

doen. Die oproep is heel persoonlik en daarom

is dit nodig dat ons elkeen aggee. Dan kom

daar die belofte van versadiging en bevredi-

ging. God het ‘n verbond met ons gesluit en

Hy wil dat ons in hierdie verbond met Hom

lewe. Dus word ons opgeroep om goed te

besin oor die dinge waarmee ons ons so besig

hou.

Mag ons weer so bewus raak van die lewende

water van die evangelie van Christus, dat ons

nie net self daarvan drink nie, maar dat ons dit

ook sal aanbied aan die ander in hierdie wêreld

wat so dors is.

OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk Centurion

Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoor-ure : Ma.-Vry 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 37 Nr 2 22 Januarie 2012

KKKK

LEES JOU BYBEL GEREELD God het aan ons sy Woord gegee en daarby nogal in ons eie taal. Hy gee ons ook die voor-reg om te kan lees. Die primêre boek of bron wat met hierdie gawe gelees moet word is se-kerlik die Bybel. Wie die Bybel in die hand neem en lees, hoor die stem van God. Sy woorde voed ons dorstige siele met die waters van die lewe. Die Bybel is, onder die inspirasie van die Heilige Gees, saamgestel uit verskillende soorte boeke, nl. verhale waarin God optree in die lewe van mense, gedigte waarin ons God leer ken in die persoonlike belewenisse van mense, wysheidsboeke wat ons leer om daagliks rein te lewe as beelddraers van God, profesieë waarin ons sien hoe die Here die toekoms van oordeel en genade bepaal, en lerende boeke waarin veral die apostels ons die evangelie van Jesus Christus duideliker uiteensit. Basies kom die lees van die Bybel daarop neer om God se wil, sy werk en sy wese te leer ken. Daarom kan u by die lees van die Bybel altyd bly vra: Wat staan hier van God? Ons ontmoet ook God in sy oordele en in sy genade wat Hy in en deur sy Seun aan ons in liefde geskenk het. As ons die Bybel biddend lees sal die Heilige Gees ons geestelike oë verhelder om God te leer ken en sy wil te verstaan en dan ook te doen. Dit is die noodsaaklike deel van ons ver-bondsonderhouding en ons heiligmaking en groei. Om hierin u daarin by te staan het ons dit goed gedink om as gemeente die Bybelleesroos-ter van die Bybelgenootskap van SA te volg. Daarin vind ons 100 gedeeltes wat ons in die jaar kan deurlees. Dit kom dan basies daarop neer dat ons as gemeente elke week twee tot drie van die gedeeltes moet deurlees – alleen of saam met u huisbewoners. As ons die va-kansies uitsluit (en dit aan u oorlaat om dan ander gedeeltes self te lees) sal ons die doelwit, om saam hierdie E-100-rooster in die jaar deur te werk, kan bereik. Die rooster sal ook weekliks in die nuusbrief vermeld word en die leraars onderneem om weekliks die rooster met Bybelstudie- en huisgodsdiens-riglyne te verryk. Ons sal van tyd tot tyd ook uit die ge-deeltes preek om u studie te ondersteun. Dit is ons bede dat ons gemeente op so ’n wyse mekaar sal aanspoor tot geestelike dissipline om die Woord deur te lees en te hoor wat die Here vir ons sê. Maak dus seker dat u vandag reeds een van die Bybelgenootskap se E-100 roosters by die deure neem. Lekker lees! Namens die leraars, Ds Maarten

Page 2: KOMMUNIKAATJIE 22 JAN 2012

Die volgende siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle sommer gou beter gesondheid sal ervaar.

SIEKES Henda Vreugde (B3 653 2709) het ‘n handoperasie ondergaan. Alta Heystek (A5 082 373 7428) het ‘n rugoperasie ondergaan in PTA-Oos Kobus Strydom (A4 082 871 1695) gaan vir behandeling teen kanker Elmarie van der Walt ( C3 0826501953) wat steeds onder behandeling is na ‘n ernstige beenbesering LEED Jerry Coetsee oud lidmaat van ons gemeente wat tans in die Kaap woon, se eggenote Sheila is Dinsdag oorlede 072 594 4373/0218520500(h) BEDANKINGS: Briefies van dank vir besoeke en meelewing is van die volgende lidmate ontvang: Rudi Basson; Marie Snyman en gesin, Ella Yssel, Gordon Carver

O ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaar “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding” - Ps. 62:1

ALGEMENE INLIGTING

EREDIENSTYE 9:00 en 18:00 Sothodiens: 12:30

KOLLEKTES VANDAG Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Emeritaatsfonds KATKISASIE: Open vandag alle ouers en kinders moet in die kerk bymekaar kom NAGMAAL: Nagmaal vind plaas DV op 29 Januarie en daarna sal ‘ n gemeente-ete plaasvind.

NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die oggend-erediens voor by die tafel aan te meld. KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion elke Vrydag na 13:00.

EREDIENSTE OP INTERNET Vir direkte uitsending en inluister skakel in by :http://audioserver.nl/stream/?id=853 Vir inluister en aflaai na die direkte uitsending: http://audioserver.nl/mp3/recorder.php?id=853

ADVERTENSIES BLOMME Die blomme Sondae in die kerk word geborg deur BLOM ‘N BLAAR in Centurion (663 5955). Kontak hulle ook vir blomme vir troues, onthale asook enige vrugte– of biltongruikers vir aflewering plaaslik & oorsee. ____________________________________ GESOEK Grassnyer en yskas om te koop. Kontak Ella Yssel 012 664 3512 ____________________________________ MOEG VIR JOU OU KOMBUIS? Ons spesialiseer in die ontwerp en installering van nuwe kombuise sowel as restourasie van ou kombuise dmv verf tegnieke. Kontak: Werner van der Walt 082 308 6238; [email protected] Meryke Deetlefs 084 444 5443; [email protected] _______________________________________ TUINWOONSTEL Tuinwoonstel gesoek geskik vir ‘n rolstoel. Kontak Stefaans of Corlea 254 4737/083 478 4480 _______________________________________ BETREKKING GESOEK Ondervinding in Admin– finansieel en besigheids-bestuur. Kontak Petro Erasmus 079 039 7788 _______________________________________ REGSDIENSTE PF Wolmarans Prokureurs bied dienste aan as prokureur en aktevervaardiger. Eerste konsulta-sie gratis. Kontak Pieter 667 2433 [email protected] _______________________________________ BETREKKING AANGEBIED Verkoopspersoon Stuur jou CV na BIS Audio Visual by [email protected]

pos adres gestuur word:

BYBELSKOOL Bybelskool begin weer op 31 Jan. 2012 om 19:00 in die saal. Koste R100 pp Tema : “Gebed” Gee jou naam op by die kerkkantoor

BYBELSTUDIEGROEPE: Woensdagoggend 6:00 Bybelstudie in saal. Almal welkom 9:00 Ds Gerrit se groep in konsistorie 9:00 Ds Maarten se groep in die saal.

KLEINGROEPE

Indien julle enige inligting verlang in verband met kleingroepe in ons gemeente kan julle

Henk Sweers kontak by 083 6011 253 ([email protected])

As jy graag by 'n kleingroep wil inskakel of een wil begin, sal Henk Sondagoggende na afloop van die erediens agter in die saal wees om jou by te staan, jou kleingroep besonderhede en inligting na te gaan, of op te dateer.

Kleingroep groete Henk

PAUL KRUGER KINDERHUIS Die diakonie bedank alle lede vir hul ruim by-draes. ‘n Bedrag van R9 300.00 is aan die Kinderhuis oorbetaal wat as sakgeld vir die jaar aangewend gaan word.

GEMEENTE-ETE — 29 JANUARIE Die gemeente-ete, in die vorm van ’n opelug piekniek, word gehou na afloop van die nag-maal op Sondag 29 Jan om 11:30 vir 12:00. Bring u eie kos, drinkgoed, eetgerei, stoele/komberse. Broodjies en nagereg sal voorsien word Indien u kan help met ‘n gazebo skakel Wimpie 082 551 3910

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Page 3: KOMMUNIKAATJIE 22 JAN 2012

Gemeentekamp 2012

Kom kamp saam met Centurion Gemeente die naweek van 2-4 Maart 2012. Die kamp word weer by dieselfde terrein aangebied as verlede jaar. Olifants River Lodge is geleë op die oewers van die Olifantsrivier. Die terrein is geleë tussen Middelburg en Witbank, ’n uur en ’n half se ry vanaf Pre-toria. Die kampeerterrein is eksklusief vir ons gemeente en daar is ook akkommo-dasie beskikbaar vir die wat nie ‘n tent het, kan leen of bedel nie. Kostes per persoon vir die HELE naweek: R245 per volwassene wat kamp R180 per kind tussen 6 en 12 jaar wat kamp R130 per kind onder 6 wat kamp R565 per volwassene wat kamp in ‘n Chalet R460 per kind tussen 6 en 12 jaar in ‘n Chalet R410 per kind onder 6 wat kamp in ‘n Chalet Kostes sluit alle etes, eetgerei, stoele en tafels in behalwe Vrydag aand se bring en braai. Bring gerus peuselhappies vir vroeg oggend en laat middag. Sit sommer vandag nog jou naam op! Die reëlings is as volg:

• Besprekings kan gedoen, na die diens agter in die saal of per e-pos na [email protected].

• Betaling van ’n Deposito voor 6 Februarie 2012. By die Diakonie na die diens in die konsistorie of deur Internet inbetalings in die Diakonie se rekening, merk dit asb duidelik met jou naam en Kampgelde. Die bewys moet asb na die volgende e-pos adres gestuur word: [email protected]

• Indien u finansiële ondersteuning nodig het om die kamp mee te maak, kontak ASB vir Anton Smith (0828563704) of vir Lodi Olivier (0824438886).

• U kan na die kampterrein en fasiliteite gaan kyk by die volgende webadres: www.olifants-river-lodge.co.za

“Sy dade is vol majesteit en

luister, sy trou staan vir altyd

VerjaarsdaeVerjaarsdaeVerjaarsdaeVerjaarsdae

22 Januraie Mariana Pelser B15 082 654 4789 Koos v Zyl B3 082 579 5853 Wim Grobler C1 664 3040 23 Januarie Engel de Jonge B12 660 1484 Baby Viljoen B5 082 838 9848 Elsa du Toit C13 083 778 7870 Baby van Rooy B07 664 3797 Andre Kirsten 663 5031 24 Januarie Kerry Trentham C14 082 823 8303 25 Januarie Bennie v Nieuwenhuisen C8 082 419 0966 Johan Kornet A4 347 0044 Cimel du Toit C10 082 728 7312 Matty Reinecke C1 664 4039 26 Januarie Anita Wilken B5 083 979 737 27 Januarie Marthie v d Walt C9 667 3642 Phillip Vorster 083 417 5655 Jan de Lang C16 644 1014 Sarel Swanepoel B22 658 5124 Hermien Prinsloo C13 082 570 2036 28 Januarie Thinus de Klerk A12 346 8087 Lindie de Souza A11 082 342 4049

DOOPLIDMATEDOOPLIDMATEDOOPLIDMATEDOOPLIDMATE 22 Januarie Danika Snyman B10 084 775 4700 Brenda Annandale C6 665 1817 23 Januarie Theo Zeevaart B15 654 2261 Alme Hugo B15 082 462 1902 FC Louw C14 667 6147 Colett Sevenster C4 073 571 5513 Wilmari Hoffman A2 082 875 5253 24 Januarie Henk Sweers A5 644 1969 25 Januarie Louis v Staden C11 654 1851

ELANDSPOORT DIENSBEURTE

Neem asb kennis dat kos voor 8:45 in die nuwe kombuis afge-

laai kan word. Pakkies vir behoeftige kinders van PTA-Wes moet ook in die nuwe kombuis afgegee word. 27 Januarie C9 Elsie Kruger 643 1453 Jetske Guldemond 667 2524 B3 Riana v Jaarsveld 082 851 6869 A6 Elma Labuschagne 664 1219 Heidi v d Walt 664 4648 3 Februarie A8 Ronel Hoogenboezem 662 2582 B16 Martie Hern 071 683 0348 C13 Elsa du Toit 661 0367 Hermien Prinsloo 661 3623 10 Februarie A5 Magda Pelser 664 5247 C12 Marie Kruger 082 303 7052 Christi Venter 667 4264

Teeskinklys 22 Jan: A8 Ronel Hogenboezem A9 Karin Cloete A10 Brenda Venter Melinda Engelbrecht 29 Jan: Kleingroep manne 5 Feb: A11 Baba Boshoff A12 Bieuwkje Prinsloo C11 Oranje van Rooyen