kommunikaatjie 2 okt 2011

2
Sondagaand 18:00 Liturgiese Riglyne - Sondag 2 Oktober 2011 Skriflesing: Matteus 16: 13-28 Teksverse: Matteus 16: 24 Sing: Sb 1-2: 1, 2, 3 Ps 107: 10 Ps 126: 3 Kruisdra terwyl jy Jesus volg Sondagoggend 9:00 Skriflesing: Genesis 9 Teksverse: Genesis 9:12 en 13 Sing : Ps 29:1,2 Sb 9-2:8,9 Ps 105:5 9 Ps 29:4,5 Ps 89:11,14 Die reënboog is God se ver- bondsteken van vrede Die Here onderneem met ‘n verbond dat Hy die aarde nie weer geheel en al deur water sal laat vergaan nie. As ons Skepper wat al die natuurkragte in sy hand vashou en terselfder- tyd ons Redder is, word die reënboog nou die herinnerings-teken vir die Here dat hy nie weer die aarde geheel en al met water sal vernietig nie. Vir ons word dit die teken om ons te herinner dat die Here sy belofte sal hou. ’n Tipiese menslik verstaanbare beeld word hier deur die Here gebruik, naamlik die reënboog. As ons daarna kyk, word ons gerus gestel dat God dit ook sien en dat dit Hom aan sy verbond met al die lewende wesens op die aarde herinner. LEERBELDE Handgemaakte leerbelde. R150 elk Kontak Fanie 082 780 8759 Susters Susters Susters Susters TEEBEURTE B8 Comine Venter C9 Amelia Steyn Elsie Swanepoel ‘SUSTERSHOEK’ Ons het dit goedgedink om ‘n permanente “hoekie” agter in die kerksaal af te sonder vir alle susterssake. Jy kan ons nie mis nie – kyk uit vir die pienk tafeldoek! KLEIN WEGBREEK—10-14 OKT 2011 Lakeview Cabanas in St Lucia Eenheid slaap 4 (dubbelbed, 2 slaapbanke in sitkamer, badkamer, oopplan sitkamer, eetka- mer, kombuis, braai stoepie, mikrogolf, DSTV) Dienste, Jacuzzi, Sauna, ens. Ens. Tarief R2 800 vir al 4 dae. Kontak 082 577 6201/012 664 6601 OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoor-ure : Ma.-Vry 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 36 Nr 37 2 Oktober 2011 K K K KENMERKE VAN ‘N VERBOND Binne Bybelse perspektief kan daar nie ‘n verbond tussen mense bestaan nie. Tussen mense is daar wel ooreenkomste, verdrae, ondernemings, beloftes en skikkings. Ooreenkomste tussen mense het reeds van vroeg af in die Bybel bestaan waar die een koning met ‘n ander koning op ‘n gelyke vlak ooreengekom het om mekaar te help en by te staan as ‘n vyandige volk teen hulle oorlog wou maak. In die Bybel word aan ons vertel hoe die konings in die Ou Testamentiese tyd hierdie ooreenkomste gemaak en verbreek het. Ander kere was die een koning sterker as die ander koning. Dan het die sterker koning meer eise gestel aan die swakker koning wat graag so onafhanklik moontlik sou wou bestaan. Dit het dan ingehou dat die swakker koning verplig was om allerhande belasting aan die sterker koning te betaal. Soms totaal en al bo die vermoë van die swakker koning. Kyk ons na die “ooreenkoms” tussen die Here en die Israeliete, is dit duidelik dat hier iets totaal anders is as menslike ooreenkomste. Dit wat tussen die Here en sy kinders bestaan word daarom in die Bybel aangedui as ‘n “Verbond”. By ‘n verbond is daar geen sprake dat die mens iets het om aan die Here te bied nie. In die Verbond met die Here is dit opmerklik dat Hy die handelende God is. Hy is die Een wat na mense uitreik. Dit is mense wat niks kan doen, gee of eis nie. Die Here neem die inisiatief en bied sy genade en beskerming aan mense wat op geen vlak gelyk gestel kan word met iets wat die Here gee nie. Hy onderneem om uit genade, sonder enige verdienste of teenprestasie, vir sy volk ‘n God te wees. Hy onderneem om hulle te beskerm en te bewaar. Hy verwag egter volle gehoorsaamheid aan sy verbondsbepalings. Sy volk weet dat hulle dit egter nie kan doen nie. Daarom bied die Here sy Seun, Jesus Christus, vir ons as ons Redder en Bevryder. Elke gelowige kan maar net die onverdiende genade van die Here omhels. Wetende dat die Here nooit sy verbond sal verbreek nie. Hy sal getrou bly al word ons ontrou. Hy sal getrou bly al word ons omstandighede hoe moeilik. Mag jy gekoester lewe in die veiligheid van ons getroue Verbondsgod wat sy eniggebore Seun vir ons gegee het tot volkome versoening van al ons sondes. Paul van den Berg

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 06-Mar-2016

224 views

Category:

Documents


4 download

DESCRIPTION

Nuusbrief, brief

TRANSCRIPT

Page 1: Kommunikaatjie 2 Okt 2011

Sondagaand 18:00

Liturgiese Riglyne - Sondag 2 Oktober 2011

Skriflesing: Matteus 16: 13-28

Teksverse: Matteus 16: 24

Sing: Sb 1-2: 1, 2, 3 Ps 107: 10 Ps 126: 3

Kruisdra terwyl jy Jesus volg

Sondagoggend 9:00

Skriflesing: Genesis 9

Teksverse: Genesis 9:12 en 13

Sing: Ps 29:1,2 Sb 9-2:8,9 Ps 105:5 9 Ps 29:4,5 Ps 89:11,14

Die reënboog is God se ver-

bondsteken van vrede

Die Here onderneem met ‘n verbond dat Hy die aarde nie weer geheel en al deur water sal laat vergaan nie. As ons Skepper wat al die natuurkragte in sy hand vashou en terselfder-tyd ons Redder is, word die reënboog nou die herinnerings-teken vir die Here dat hy nie weer die aarde geheel en al met water sal vernietig nie. Vir ons word dit die teken om ons te herinner dat die Here sy belofte sal hou. ’n Tipiese menslik verstaanbare beeld word hier deur die Here gebruik, naamlik die reënboog. As ons daarna kyk, word ons gerus gestel dat God dit ook sien en dat dit Hom aan sy verbond met al die lewende wesens op die aarde herinner.

LEERBELDE

Handgemaakte leerbelde. R150 elk

Kontak Fanie 082 780 8759

Susters

Susters

Susters

Susters

TEEBEURTE B8 Comine Venter C9 Amelia Steyn Elsie Swanepoel

‘SUSTERSHOEK’ Ons het dit goedgedink om ‘n permanente “hoekie” agter in die kerksaal af te sonder vir alle susterssake. Jy kan ons nie mis nie – kyk uit vir die pienk tafeldoek!

KLEIN WEGBREEK—10-14 OKT 2011

Lakeview Cabanas in St Lucia

Eenheid slaap 4 (dubbelbed, 2 slaapbanke in sitkamer, badkamer, oopplan sitkamer, eetka-mer, kombuis, braai stoepie, mikrogolf, DSTV) Dienste, Jacuzzi, Sauna, ens. Ens.

Tarief R2 800 vir al 4 dae. Kontak 082 577 6201/012 664 6601

OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk Centurion

Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoor-ure : Ma.-Vry 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 36 Nr 37 2 Oktober 2011

KKKK

KENMERKE VAN ‘N VERBOND

Binne Bybelse perspektief kan daar nie ‘n verbond tussen mense bestaan nie. Tussen mense is daar wel ooreenkomste, verdrae, ondernemings, beloftes en skikkings. Ooreenkomste tussen mense het reeds van vroeg af in die Bybel bestaan waar die een koning met ‘n ander koning op ‘n gelyke vlak ooreengekom het om mekaar te help en by te staan as ‘n vyandige volk teen hulle oorlog wou maak. In die Bybel word aan ons vertel hoe die konings in die Ou Testamentiese tyd hierdie ooreenkomste gemaak en verbreek het. Ander kere was die een koning sterker as die ander koning. Dan het die sterker koning meer eise gestel aan die swakker koning wat graag so onafhanklik moontlik sou wou bestaan. Dit het dan ingehou dat die swakker koning verplig was om allerhande belasting aan die sterker koning te betaal. Soms totaal en al bo die vermoë van die swakker koning. Kyk ons na die “ooreenkoms” tussen die Here en die Israeliete, is dit duidelik dat hier iets totaal anders is as menslike ooreenkomste. Dit wat tussen die Here en sy kinders bestaan word daarom in die Bybel aangedui as ‘n “Verbond”. By ‘n verbond is daar geen sprake dat die mens iets het om aan die Here te bied nie. In die Verbond met die Here is dit opmerklik dat Hy die handelende God is. Hy is die Een wat na mense uitreik. Dit is mense wat niks kan doen, gee of eis nie. Die Here neem die inisiatief en bied sy genade en beskerming aan mense wat op geen vlak gelyk gestel kan word met iets wat die Here gee nie. Hy onderneem om uit genade, sonder enige verdienste of teenprestasie, vir sy volk ‘n God te wees. Hy onderneem om hulle te beskerm en te bewaar. Hy verwag egter volle gehoorsaamheid aan sy verbondsbepalings. Sy volk weet dat hulle dit egter nie kan doen nie. Daarom bied die Here sy Seun, Jesus Christus, vir ons as ons Redder en Bevryder. Elke gelowige kan maar net die onverdiende genade van die Here omhels. Wetende dat die Here nooit sy verbond sal verbreek nie. Hy sal getrou bly al word ons ontrou. Hy sal getrou bly al word ons omstandighede hoe moeilik. Mag jy gekoester lewe in die veiligheid van ons getroue Verbondsgod wat sy eniggebore Seun vir ons gegee het tot volkome versoening van al ons sondes.

Paul van den Berg

Page 2: Kommunikaatjie 2 Okt 2011

Die volgende lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle sommer gou beter gesondheid sal ervaar.

SIEKES

• Dries Roos B9 (654-1928) het ‘n skoueroperasie ondergaan.

• Gert Snyman C1 ( 664 1892) is nog in die hospitaal.

• Sarie van der Walt B7 (664 3047) is in die hospitaal opgeneem vir ‘n prosedure.

• Hartjie de Beer A8 (664 2578) beleef ‘n terugslag in haar gesondheid en het Donderdag met

chemeo terapie begin.

O ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaar “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding” - Ps. 62:1

ALGEMENE INLIGTING

EREDIENSTYE 9:00 en 18:00 Sothodiens: 12:30

KOLLEKTES VANDAG Tydens erediens: Diens van Barmhartigheid By die deure: Kerkkas

NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die oggenderediens voor by die tafel aan te meld. KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion elke Vrydag na 13:00.

EREDIENSTE OP INTERNET Vir direkte uitsending en inluister skakel in by :http://audioserver.nl/stream/?id=853 Vir inluister en aflaai na die direkte uitsending: http://audioserver.nl/mp3/recorder.php?id=853

HUISGODSDIENSRIGLYNE ELEKTRONIES: Die godsdiensriglyne is beskikbaar op die web-ruimte by www.issuu.com/gkcenturion.

Senioraksie Die Seniors vergader weer Maandag 10 Oktober 2011 om 10:00 in die katkisasielokaal. Phia van Helden sal ons toespreek . Haar tema is God gaan onstuitbaar voort. Na haar praatjie gaan ons weer heerlik saam kuier om verversings. Hierdie sal ook die laaste geleentheid wees om jaargeld te betaal. Daar sal weer geleentheid wees vir ’n vrywillige bydrae vir Eljadahuis Albie Venter

“Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas.”

Ps. 111:3

VerjaarsdaeVerjaarsdaeVerjaarsdaeVerjaarsdae

Belydende lidmateBelydende lidmateBelydende lidmateBelydende lidmate 2 Oktober Le-Juan Delport B17 074 409 9649 Martin van der Walt B11 654 0318 3 Oktober Esmari Bennemeer B2 082 921 6839 Ernest Bomman C11 658 5880 Cobus de la Porte A12 073 193 1023 Izak Erasmus B9 072 233 5205 Koos Erasmus B21 082 928 6106 Wouter Grönum C1 664 0031 Elize Kruger A4 347 8140 Hanlie Snyman C6 084 549 7999 4 Oktober Bokkie Prinsloo B13 348 8966 5 Oktober Gert de Klerk A2 664 2125 Bauke Dijkstra A5 664 4508 6 Oktober Christo Cronjé C7 082 920 7160 Zinette Cronjé C16 082 784 8556 Casper Kruger A11 082 487 1416 Salome van der Walt C9 082 334 0539 7 Oktober Gerhard Boshoff A11 083 417 5618 Carna Cloete A8 662 0373 Francois Coetzee C6 667 4028 Rika Kruger B6 664 1847

DooplidmateDooplidmateDooplidmateDooplidmate 3 Oktober Paul Coelho C7 082 331 8622 5 Oktober MJ van Dyk C16 665 0906 8 Oktober Corné Nel B22 082 417 6286

ELANDSPOORT DIENSBEURTE

Neem asb kennis dat kos voor 8:45 in die ou

kombuis (soos voor-heen) afgelaai kan word.

7 Oktober A8 Ronell Hoogenboezem 662 2582 B16 Martie Hern 071 683 0348 C13 Elsa du Toit 661 0367 Hermien Prinsloo 661 3623 14 Oktober A5 Magda Pelser 664 5247 C12 Marie Kruger 082 303 7052 Christi Venter 667 4262 A9 Karin Cloete 662 0373

DANKIE Ons wil net ons dank uitspreek teenoor een en almal vir die oproepe en onderskraging, spesiaal vir al my vriende in Monumentsig en ds Maarten vir al jul besoeke en onderskraging asook die gemeente van Centurion. Dankie ook vir die twee pragtige ruikers wat ons ontvang het. Marie Snyman en die familie

DANKIE Baie dankie vir almal se belangstelling, meelewing en gebede tydens Willem se siekte en afsterwe. Besondere dank aan ds Gerrit en ds Maarten vir hulle besoeke, gebede en bystand. Ook dank aan Willem Prinsloo. Baie dankie vir die blomme wat ek ontvang het. Ons weet dat ons Hemelse Vader ook vir ons vertroos-ting sal gee.