kommunikaatjie 16 oktober 2011

3
Sondagaand 18:00 Nagmaal Liturgiese Riglyne - Sondag 16 Oktober 2011 Skriflesing: Matteus 10:1-5, 16-31 Teksverse: Matteus 10:28 Sing: Ps 16:1,4,5 Sb 5-3:1,2 Ps 23:3 Ps 116:1,2,5,7,10 Ps 27:14,6 Sb 18-6;1-5 Beveg jou vrees met ’n groter vrees! Vir wie en wat is jy so bang? Vrees maak ’n mens se bene lam. Die verlammende uitwerking wat vrees op ons het, laat ons baie keer magte- loos vlug. En alhoewel ons ’n groot opdrag het en ’n groot Opdraggewer, laat vrees toe dat ons eenvoudig nie doen wat gevra word nie. Vrees laat jou terugdeins en sê: ‘Ek doen liewer niks, dan maak ek ook nie foute nie’. Die gevaarlikste vrees is die vrees vir mense. Om vrees te oorkom moet jy iets anders méér vrees! Dan beveg ons vrees met vrees. As ons die mens meer vrees as wat ons God vrees, dan sal ons nie by volle gehoorsaamheid uitkom nie. Dit was ook die vraag van die man aan die kruis teenoor die tweede misdadiger: Vrees jy nie ook God nie? Dit is die vraag waarmee ons vandag onsself konfronteer voordat ons aan die Nag- maaltafel gaan. Sondagoggend 9:00 Nagmaal Skriflesing: Psalm 78 1 Kor 10:13 Teksverse: Psalm 78:1-4, 38, 39 1 Kor 10:1-5 Sing : Ps 135:1,2 Sb 12-3:1,2,3 Ps 130:2 Ps 135:8 Ps 23:1 Ps 116:1-10 Ps 68:9 Sb 13-2 God openbaar Homself as God wat is, God wat was en God wat kom! Ons kan die geskiedenis van die mensdom as volg indeel: Wêreldgeskiedenis, Kerkgeskiedenis en Openbarings-geskiedenis. Geskiedenis is die gesistematiseerde opskryf van gebeure wat werklik in die verlede plaasgevind het met individue of met mense of volkere of lande. Openbarings-geskiedenis is die feite en gebeure wat openbaar hoedat God met sy volk besig was en is. Psalm 78 is meer as net ’n blote geskiedenispsalm dit is ‘n openbarings-geskiedenis psalm. Ons gaan na die volgende drie sake kyk: God van die hede (Ps 78:1-8) God van die verlede (Ps 78:9-37, 40-64) Die afvalligheid van Efraim (Ps 78: 9-11) Israel se sondes tydens die woestynreis (Ps 78:12-39) Die vergete lesse van Egipte (Ps 78:40-53) Die sondes gedoen in Kanaän (Ps 78:54-64) God van môre (Ps 78:65-72) OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoor-ure : Ma.-Vry 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 36 Nr 39 16 Oktober 2011 K K K Sinodes Die NG kerk het nou sy Algemene Sinode in Boksburg. Ons hoor en lees hoe die Sinode worstel met baie sake. Dit gaan oor sake soos die kleindoop vs grootdoop (bekeringsdoop of herdoop). Dit gaan oor die duiwel en die hel of dit net metafore is en of dit die waarheid is. Die Belhar bely- denis is goedgekeur as belydenisskrif, alhoewel daar nog heelwat werk gedoen moet word voor- dat dit totaal deel van hulle belydenisskrifte sal word. Sommige sinodegangers praat van die Bybel as woorde oor God en nie as die Woord van God nie. In die afgelope tyd lees ons ook van die Algemene Sinode van die Hervormde Kerke waar daar sulke groot verskille is dat daar sprake van skeuring is en dat daar met hofsake gedreig word. Januarie 2012 hou die Gerefor- meerde Kerke weer die Algemene Sinode in Potchefstroom. Daar is ’n rede hoekom daar Sinodes is: dit is meerdere vergaderings. Dit beteken dat meer plaaslike kerke saamkom, om oor sake wat nie op ’n kerkraad opgelos kan word nie, te praat, uit die Woord en met gebed. Besluite op Sinodes kan net geneem word in die lig van God se Woord. God se Woord is die lig vir ons pad. Op die meerdere vergadering in Jerusalem (Hand 15:28) lees ons: “Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê as net hierdie noodsaaklike dinge nie:” Die Heilige Skrif is vir ons die lig in ons lewe, daarom lei die Heilige Gees ons ook deur die Skrif. Ons lees in Gal 1:8 “Maar al sou een van ons of selfs ’n engel uit die hemel aan julle ’n ander evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref.” Daarom moet ons vir alle Christene bid. Ons moet bid vir die sinodes, watter denominasie dit ookal mag wees, dat God daar deur sy Gees en Woord die leiding sal gee. God sal sy kerk op aarde bewaar, want Hy is getrou. Laat ons nie ons eie wil soek nie, maar na die wil van God. Ons bede is dat 2 Tim 3:16,17 die riglyn sal wees vir elke sinodegangers. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerd- hede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” Ds. Gerrit

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 06-Mar-2016

233 views

Category:

Documents


19 download

DESCRIPTION

Nuusbrief, brief

TRANSCRIPT

Page 1: Kommunikaatjie 16 Oktober 2011

Sondagaand 18:00

Nagmaal

Liturgiese Riglyne - Sondag 16 Oktober 2011

Skriflesing: Matteus 10:1-5, 16-31

Teksverse: Matteus 10:28

Sing: Ps 16:1,4,5 Sb 5-3:1,2 Ps 23:3 Ps 116:1,2,5,7,10 Ps 27:14,6 Sb 18-6;1-5

Beveg jou vrees met ’n groter vrees!

Vir wie en wat is jy so bang? Vrees maak ’n mens se bene lam. Die verlammende uitwerking wat vrees op ons het, laat ons baie keer magte-loos vlug. En alhoewel ons ’n groot opdrag het en ’n groot Opdraggewer, laat vrees toe dat ons eenvoudig nie doen wat gevra word nie. Vrees laat jou terugdeins en sê: ‘Ek doen liewer niks, dan maak ek ook nie foute nie’.

Die gevaarlikste vrees is die vrees vir mense. Om vrees te oorkom moet jy iets anders méér vrees! Dan beveg ons vrees met vrees. As ons die mens meer vrees as wat ons God vrees, dan sal ons nie by volle gehoorsaamheid uitkom nie.

Dit was ook die vraag van die man aan die kruis teenoor die tweede misdadiger: Vrees jy nie ook God nie? Dit is die vraag waarmee ons vandag onsself konfronteer voordat ons aan die Nag-maaltafel gaan.

Sondagoggend 9:00

Nagmaal

Skriflesing: Psalm 78 1 Kor 10:13

Teksverse: Psalm 78:1-4, 38, 39 1 Kor 10:1-5

Sing: Ps 135:1,2 Sb 12-3:1,2,3 Ps 130:2 Ps 135:8 Ps 23:1 Ps 116:1-10 Ps 68:9 Sb 13-2

God openbaar Homself as God wat is, God wat was en God wat

kom! Ons kan die geskiedenis van die mensdom as v o l g i n d e e l : W ê r e l d g e s k i e d e n i s , Kerkgeskiedenis en Openbarings-geskiedenis. Geskiedenis is die gesistematiseerde opskryf van gebeure wat werklik in die verlede plaasgevind het met individue of met mense of volkere of lande. Openbarings-geskiedenis is die feite en gebeure wat openbaar hoedat God met sy volk besig was en is. Psalm 78 is meer as net ’n blote geskiedenispsalm dit is ‘n openbarings-geskiedenis psalm. Ons gaan na die volgende drie sake kyk:

• God van die hede (Ps 78:1-8)

• God van die verlede (Ps 78:9-37, 40-64)

Die afvalligheid van Efraim (Ps 78: 9-11) Israel se sondes tydens die woestynreis (Ps 78:12-39) Die vergete lesse van Egipte (Ps 78:40-53) Die sondes gedoen in Kanaän (Ps 78:54-64)

• God van môre (Ps 78:65-72)

OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk Centurion

Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoor-ure : Ma.-Vry 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 36 Nr 39 16 Oktober 2011

KKKK

Sinodes Die NG kerk het nou sy Algemene Sinode in Boksburg. Ons hoor en lees hoe die Sinode worstel met baie sake. Dit gaan oor sake soos die kleindoop vs grootdoop (bekeringsdoop of herdoop). Dit gaan oor die duiwel en die hel of dit net metafore is en of dit die waarheid is. Die Belhar bely-denis is goedgekeur as belydenisskrif, alhoewel daar nog heelwat werk gedoen moet word voor-dat dit totaal deel van hulle belydenisskrifte sal word. Sommige sinodegangers praat van die Bybel as woorde oor God en nie as die Woord van God nie. In die afgelope tyd lees ons ook van die Algemene Sinode van die Hervormde Kerke waar daar sulke groot verskille is dat daar sprake van skeuring is en dat daar met hofsake gedreig word. Januarie 2012 hou die Gerefor-meerde Kerke weer die Algemene Sinode in Potchefstroom. Daar is ’n rede hoekom daar Sinodes is: dit is meerdere vergaderings. Dit beteken dat meer plaaslike kerke saamkom, om oor sake wat nie op ’n kerkraad opgelos kan word nie, te praat, uit die Woord en met gebed. Besluite op Sinodes kan net geneem word in die lig van God se Woord. God se Woord is die lig vir ons pad. Op die meerdere vergadering in Jerusalem (Hand 15:28) lees ons: “Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê as net hierdie noodsaaklike dinge nie:” Die Heilige Skrif is vir ons die lig in ons lewe, daarom lei die Heilige Gees ons ook deur die Skrif. Ons lees in Gal 1:8 “Maar al sou een van ons of selfs ’n engel uit die hemel aan julle ’n ander evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref.” Daarom moet ons vir alle Christene bid. Ons moet bid vir die sinodes, watter denominasie dit ookal mag wees, dat God daar deur sy Gees en Woord die leiding sal gee. God sal sy kerk op aarde bewaar, want Hy is getrou. Laat ons nie ons eie wil soek nie, maar na die wil van God. Ons bede is dat 2 Tim 3:16,17 die riglyn sal wees vir elke sinodegangers. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerd-hede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” Ds. Gerrit

Page 2: Kommunikaatjie 16 Oktober 2011

Die volgende lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle sommer gou beter gesondheid sal ervaar.

SIEKES

• Johan Jordaan B11 (654 7952) is in Unitas hospitaal opgeneem met hartprobleme.

• Rina McCabe B19 (661 3352) is ontslaan na toetse.

• Ben Vorster C1 (664 0860) sterk aan na ‘n knieoperasie.

• Marietjie Smit C1 (664 4854) het ‘n handoperasie ondergaan.

MEELEWING

• Corinda Erasmus B16 (666 7359) se pa is die afgelope week oorlede.

O ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaar “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding” - Ps. 62:1

ALGEMENE INLIGTING

EREDIENSTYE 9:00 en 18:00 Sothodiens: 12:30

KOLLEKTES VANDAG Tydens erediens: Diens van Barmhartigheid By die deure: GKSA Sustentasie

NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die oggenderediens voor by die tafel aan te meld.

VERGADERINGS 17 Oktober Bedienings kommissie 19:00 19 Oktober Jaarbeplanningsvergadering 19:00 20 Oktober Diakonie Blok vergadering 18:30/19:30

48uur toewyding, Sola Scriptura Vrydag 28 Okt vanaf 17:00 tot Sondag 17:00

Kom neem deel, luister en lees saam met ons God se Woord uit elke Bybelboek. Elke uur bied ook ‘n oordenking, gebed en psalm-sing. ‘n Toewyding aan God se Woord saam met mekaar, hier by ons Gereformeerde Kerk Centurion. Daar sal wel koffie, tee en water wees wanneer die dors jou oorval. Ons sien uit om jou daar te sien.

BYBELSTUDIEGROEPE: Woensdagoggend 6:00 Bybelstudie in saal. Almal welkom 9:00 Ds Gerrit se groep in konsistorie 9:00 Ds Maarten se groep in die saal.

KLEINGROEPE

Indien julle enige inligting verlang in verband met kleingroepe in ons gemeente kan julle

Henk Sweers kontak by 083 6011 253 ([email protected])

As jy graag by 'n kleingroep wil inskakel of een wil begin, sal Henk Sondagoggende na afloop van die erediens agter in die saal wees om jou by te staan, jou kleingroep besonderhede en inligting na te gaan, of op te dateer.

Kleingroep groete Henk

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

ADVERTENSIESADVERTENSIESADVERTENSIESADVERTENSIES

__________________________________________________

BLOMME Die blomme Sondae in die kerk word geborg deur BLOM ‘N BLAAR in Centurion (663 5955). Kontak hulle ook vir blomme vir troues, onthale asook enige vrugte– of biltongruikers vir aflewering plaaslik & oorsee. _______________________________________ VAKANSIEHUIS TE HUUR Stap afstand na strand by Munster KwaZulu Natal (tussen Margate en Port Edward) Tariewe volgens seisoene. Slaap 6 - 9 persone. Ten volle toegerus, veilige parkering en alarm. Skakel Bettie Viljoen 012 644 2062 of 082 926 5350 na 19:00 in die aand

___________________________________ SS STOFFEERDERS Stoffering van meubels en voertuie. Skakel Susan 082 777 8711 of Cornelia 081 468 1398 _______________________________________ TE KOOP - BABA HONDJIES Opregte scottish terrier hondjies te koop. Gebore op 8 Augustus en behoort reg te wees vir hul nuwe huise vanaf 24 September. Vir meer inlig-ting skakel Melinda Engelbrecht by 082 836 2022. _______________________________________ HUIS TE HUUR 3 Slaapkamer huis te huur in Clubview. Beskikbaar vanaf 1 Desember. Kontak Maarten 082 444 0938 _______________________________________ LEERBELDE

Handgemaakte leerbelde. R150 elk. Kontak Fanie 082 780 8759 _______________________________________ HERSTELWERK AAN KLERE Professionele herstel- en verstelwerk aan klere gedoen. Skakel Lindie by 079 732 9729 _______________________________________ GESONDHEIDS– EN KARRINGMELKBESKUIT Tuisgebakte gesondheids- en karringmelkbeskuit op bestelling. Kontak Lindie 079 732 9729

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

BYBELVERSPREIDING

Koeverte vir Bybelverspreiding is aan die begin van September beskikbaar gestel sodat lidmate bydraes kon inhandig vir Bybelverspreiding. Daar is tot nou toe R8 026 ingesamel en met die R12 600 wat reeds hierdie jaar oorbetaal is staan ons dus op R20 626 vir die jaar.

Ons wil graag die doelwit van R26 625 bereik voor die einde van Oktober en dus kort daar nog R6 000 om die riglyn van die Sinode te bereik.

Baie dankie vir u vrywillige bydrae wat dit vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika moontlik maak om bekostigbare Bybels aan almal in hulle moe-dertaal beskikbaar te stel.

Page 3: Kommunikaatjie 16 Oktober 2011

Bybelskool van Centurion

bied aan

’n Helse probleem opgelos! Wat leer die Bybel oor die hel? Is die hel ’n werklikheid? Gaan almal dan nie hemel toe nie? Kan ons die hel “recycle”? Woon die duiwels in die hel? Het ons ons hel op aarde? Verkiesing en verwerping En veel meer....

Almal welkom Ons begin Dinsdag 18 Oktober 2011

Aanbieder: Ds Maarten van Helden Plek: Geref Kerk Centurion Kerksaal Tyd: Elke Dinsdagaand 19:00-21:00

Koste: R100 pp Inskrywings: Sonet 012 664 2614 (soggens) of Dinsdag by die deure

KLASSIS IN SITTING IN CENTURION Klassis Pretoria-Suidwes is die kerke (GKSA) van ons omgewing. Die sitting het op 10 Oktober hier in ons geboue plaasgevind. Die Susters het ’n heerlike ligte aandete aan die afgevaardigdes voorgesit. Ons dank aan elkeen wat ’n bydrae daartoe gemaak het. Die belangrikste nuus uit die vergadering is dat die onderlinge stryd in die kerk van Atteridgeville tot ’n punt gevoer is waar die dominee weer in sy amp herstel is en die dienswerk voortgaan. Ongelukkig moes Atterigdeville besluit om die onmin wat daar nog bestaan in die wêreldse hof te gaan skik. Verdere goeie nuus is dat daar nog twee kerke gestig is en by ons klassis bygevoeg is, nl. Olievenhoutbosch en Ramotse. Ons verwelkom hierdie broers en susters in ons midde. Ander sake wat op hierdie vergadering is: Visitasierapporte, Bybelverspreidingverslae, voorstelle wat na die sinodes deurgestuur word, sustentasie en ook die verkiesing van afgevaardigdes vir die Streeksino-de en die Algemene Sinode. Dit was vir ons gemeente ’n voorreg om as gasheer vir hierdie vergadering op te tree.

‘SUSTERSHOEK’ Ons het dit goedgedink om ‘n permanente “hoekie” agter in die kerksaal af te sonder vir alle susters sake. Jy kan ons nie mis nie – kyk uit vir die pienk tafeldoek!

Susters

Susters

Susters

Susters

Ester Bybelstudie

Die Bybelstudie Woensdag-oggend saam met ds. Gerrit gaan die boek Ester behan-del. Almal wat hierdie kwartaal se Bybelstudie wil bywoon, daar sal Bybelstudieboeke oor Ester beskikbaar wees teen R 40.

“Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas.”

Ps. 111:3

VerjaarsdaeVerjaarsdaeVerjaarsdaeVerjaarsdae

Belydende lidmateBelydende lidmateBelydende lidmateBelydende lidmate 17 Oktober Lizet du Preez B6 083 577 6205 Marinus Schutte C10 078 800 4631 18 Oktober Martie Rottier C9 079 492 5581 Corlien Steenkamp A2 082 551 3910 Ben van der Walt A11 664 3202 20 Oktober Cornel Heystek C16 072 158 4590 Johan Pretorius A8 804 3177 Anneleen Swanepoel B10 658 5124 21 Oktober Dina Steyn C1 664 6523 Maarten van Dyk A2 664 8028 Elmari Vercueil B15 654 0525 Veronice Voogt A10 083 708 2814 22 Oktober Pieter Mostert A2 664 2976 Gerard van Rooy C5 663 9187

DooplidmateDooplidmateDooplidmateDooplidmate Geen dooplidmate verjaar hierdie week nie.

ELANDSPOORT DIENSBEURTE

Neem asb kennis dat kos voor 8:45 in die ou

kombuis (soos voor-heen) afgelaai kan word.

21 Oktober A4 Laurette Snyman 347 0401 B21 Madi Hugo 082 895 1364 B19&20 Martie Benade 658 5644 28 Oktober A1 Lizette du Plessis 082 413 5688 C11 Oranje van Rooyen 651 3878 C4 Elizma Duvenage 082 789 6446 Mossie Buys 079 373 1513

Kleuter Tentjie Aand

Wanneer : Vrydag aand 21 Oktober Waar : By die kerkgebou

Ons reël weer ‘n tentjie aand op 21 Okt hier by die kerk- gebou. Die ouers wat verlede jaar se byeenkoms bygewoon het sal nog kan onthou hoe lekker ons gekuier het. As die ouers so lekker gekuier het, dink net hoe lekker het die kin-ders dit geniet. En dit is vir hulle wat dit gereël word. Alle graad R tot graad 6 kinders in die gemeente (en hulle maats) word hiermee uitgenooi om daardie aand hulle tente

te kom opslaan op die kerk se gras en dan lekker te kuier en speel met al die maats tot laat die aand. Ds Gerrit gaan ook lekker saamspeel. Kinders in gr R tot 3 se ouers MOET ook saam kom kamp. Ons gee ‘n ete aan die kinders teen R20.00 per kind en as die ouers ook wil eet dan is hulle ete R30.00 per persoon. Laat weet asb vir Madi Hugo by 082 895 1364 of vir Helene Viljoen by 082 378 4967 of e-pos aan [email protected] as julle wil saam kom sodat ons die getalle vooraf het. Onthou - Marsmallow braai op die kerk se dak!