kleur jou lewe in! - wonderboom · ouers ons sal ondersteun deur te sorg dat die leerders al hulle...

5
Kleurvol op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Dankie Ai Ai! Voortrekkers Tennis Swem Oueraande Dr Johan Smith Gr 6-Veldskool Seniorkoor Hokkie Kopluise Skaak Mini-netbal Wonnie Teatro Dankie Grundling busse! Inskrywings Rugby Kontakinligting Insamelingsprojek Wonnies is Sprankelkinders! Ai Ai decor manufacturing & event styling Vir al u dekorbehoeftes en geleentheidstilering. Ai Ai is 'n professionele diensverskaffer wat die afgelope paar jaar die Wonnies se meriete-aande, opedae en ons vygtigjaarfees se pragtige dekor behartig het. Kontak vir Kinna by: 0823734348 www.aiai.co.za Kleur jou lewe in! 20 April 2017 Geagte Ouers en Wonniepersoneel Baie welkom terug aan al die Wonnies, ouers en personeel. Ons vertrou dat almal heerlik uitgerus het en vol entoesiasme en energie terug is op die Wonniewerf! Die tweede kwartaal is besonder besig en met net 47 skooldae wat vir dié kwartaal oorbly, sal almal hul staal moet wys! Daar is baie buitemuurse aktiwiteite en formele eksamens wat ingepas moet word. Ons versoek dat almal ekstra hard sal werk en dat ouers ons sal ondersteun deur te sorg dat die leerders al hulle verpligtinge getrou nakom en dat akademiese tyd ten volle benut word. Gebruik asseblief u skoolkalender om die kinders se aktiwiteite en studietye effektief te bestuur. Daar gaan wysigings aan die eksamenrooster wees, as gevolg van die departementele "common exam" wat weer plaasvind. Volledige inligting sal in die nuusbrief van 26 April geplaas word. Baie dankie aan al die Wonnies en personeel wat die vakansie weg was op toere. Ons het pragtige terugvoer ontvang en dit blyk dat die rugbyspelers nie net goeie rugby gespeel het nie, maar dat dit 'n onvergeetlike toer vol pret was! Dankie aan al die spelers en onderwysers wat die Wonnies se naam hoog hou! Baie dankie ook aan ouers wat betrokke was by die toere, ons waardeer elkeen se bydrae opreg. Dr Johan Smith besoek ons skool op 3 Mei en daar word 'n baie belangrike aanbieding vir ouers gelewer oor tegnologie en verantwoordelike ouerskap. Dit is 'n saak wat ons baie na aan die hart lê en ons moedig ouers aan om kaartjies te koop en dié waardevolle aanbieding by te woon. U kan op bladsy 2 van hierdie nuusbrief meer hieroor lees. Let asseblief ook weer op die berig oor inskrywings vir graad 1- en 8-leerders vir 2018, op bladsy 4 van die nuusbrief. Kleurvolle groete L.M. Kruger Nuusbrief 13 Baie dankie Ai Ai! Mev. Kinna van der Westhuizen is 'n Wonnie-mamma wie se talente en styl nou reeds deel van die Wonniewerf geword het! Kinna is die eienaar van Ai Ai, 'n uitmuntende dekorverskaffer. Sy het vanjaar die dekor vir ons graad 1-opedag gratis vir die Wonnies gedoen en soos altyd, het dit soveel positiewe reaksies uitgelok en bygedra tot die beeld wat ons graag uitdra. Baie dankie Kinna! Sien gerus die advertensie hier onder om Ai Ai te kontak vir al u dekorbehoeftes.

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · ouers ons sal ondersteun deur te sorg dat die leerders al hulle verpligtinge getrou nakom en dat akademiese tyd ten volle benut word. Gebruik asseblief

Kleurvol op die Wonniewerf

Boodskap van die hoof

Dankie Ai Ai!

Voortrekkers

Tennis

Swem

Oueraande

Dr Johan Smith

Gr 6-Veldskool

Seniorkoor

Hokkie

Kopluise

Skaak

Mini-netbal

Wonnie Teatro

Dankie Grundling busse!

Inskrywings

Rugby

Kontakinligting

Insamelingsprojek

Wonnies is Sprankelkinders!

Wonnies is Sprankelkinders!

Ai Ai decor manufacturing & event styling

Vir al u dekorbehoeftes en geleentheidstilering. Ai Ai is 'n professionele diensverskaffer wat die afgelope paar jaar die Wonnies se

meriete-aande, opedae en ons vygtigjaarfees se pragtige dekor behartig het.

Kontak vir Kinna by: 0823734348 www.aiai.co.za

Kleur jou lewe in!

20 April 2017

Geagte Ouers en Wonniepersoneel Baie welkom terug aan al die Wonnies, ouers en personeel. Ons vertrou dat almal heerlik uitgerus het en vol entoesiasme en energie terug is op die Wonniewerf! Die tweede kwartaal is besonder besig en met net 47 skooldae wat vir dié kwartaal oorbly, sal almal hul staal moet wys! Daar is baie buitemuurse aktiwiteite en formele eksamens wat ingepas moet word. Ons versoek dat almal ekstra hard sal werk en dat ouers ons sal ondersteun deur te sorg dat die leerders al hulle verpligtinge getrou nakom en dat akademiese tyd ten volle benut word. Gebruik asseblief u skoolkalender om die kinders se aktiwiteite en studietye effektief te bestuur. Daar gaan wysigings aan die eksamenrooster wees, as gevolg van die departementele "common exam" wat weer plaasvind. Volledige inligting sal in die nuusbrief van 26 April geplaas word. Baie dankie aan al die Wonnies en personeel wat die vakansie weg was op toere. Ons het pragtige terugvoer ontvang en dit blyk dat die rugbyspelers nie net goeie rugby gespeel het nie, maar dat dit 'n onvergeetlike toer vol pret was! Dankie aan al die spelers en onderwysers wat die Wonnies se naam hoog hou! Baie dankie ook aan ouers wat betrokke was by die toere, ons waardeer elkeen se bydrae opreg. Dr Johan Smith besoek ons skool op 3 Mei en daar word 'n baie belangrike aanbieding vir ouers gelewer oor tegnologie en verantwoordelike ouerskap. Dit is 'n saak wat ons baie na aan die hart lê en ons moedig ouers aan om kaartjies te koop en dié waardevolle aanbieding by te woon. U kan op bladsy 2 van hierdie nuusbrief meer hieroor lees. Let asseblief ook weer op die berig oor inskrywings vir graad 1- en 8-leerders vir 2018, op bladsy 4 van die nuusbrief.

Kleurvolle groete L.M. Kruger

Nuusbrief 13

Baie dankie Ai Ai! Mev. Kinna van der Westhuizen is 'n Wonnie-mamma wie se talente en styl nou reeds deel van die Wonniewerf geword het! Kinna is die eienaar van Ai Ai, 'n uitmuntende dekorverskaffer. Sy het vanjaar die dekor vir ons graad 1-opedag gratis vir die Wonnies gedoen en soos altyd, het dit soveel positiewe reaksies uitgelok en bygedra tot die beeld wat ons graag uitdra. Baie dankie Kinna! Sien gerus die advertensie hier onder om Ai Ai te kontak vir al u dekorbehoeftes.

Page 2: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · ouers ons sal ondersteun deur te sorg dat die leerders al hulle verpligtinge getrou nakom en dat akademiese tyd ten volle benut word. Gebruik asseblief

Voortrekkers Voor-die-Berg Voortrekkers verwelkom al die Vories terug na ‘n lekker vakansie vol kampe en spesialisasies. Dit is amper weer tyd vir speletjiesaand, op 5 Mei 2017! Maak gereed vir ‘n middag en aand vol pret en lekker eetgoed! Alle Voortrekkers en nie-Voortrekkers word hierheen uitgenooi. Dit is elke jaar 'n heerlike pret-

geleentheid wat julle nie moet misloop nie!

Weet jy wat op jou kind se selfoon aangaan? Dr. Johan Smith 3 Mei 2017, 18:00 – 20:00, R25/pp U word hartlik uitgenooi na die Ouertoerusting-Inligtingsaand wat aangebied word by ons skool. Dr. Johan Smith gaan as kundige die feite met betrekking tot Tegnologie vereis verantwoordelike ouerskap, met ons ouers bespreek:

Is tegnologie jou baas? Aan tegnologie verslaaf? Dis algemeen vandag

Tegnologie, die laksman van gesinsverhoudings.

Die misbruik en oorgebruik van tegnologie

Die negatiewe effek van die oor- en wangebruik van tegnologie op die brein

"Screen addiction"

Die gevare van sosiale media

Internet en pornografie

Alhoewel die fokus gerig word op die gr.6- en gr.7-leerders, is die totale ouergemeenskap van ons skool welkom om dit by te woon. Die gr. 6- en gr.7-leerders word apart toegespreek tydens die skooldag van 3 Mei, m.b.t. die gevare van sosiale media en die Internet. Toestemmingsbriewe is reeds aan hierdie ouers gestuur vir voltooiing (geen koste vir die leerder-inligtingsessie nie). Tydens die Akademiese Inligtingsaand, (2016) was die kaartjies uitverkoop en vele ouers moes ongelukkig weggewys word. Indien u dus belangstel om meer te verneem oor hierdie aktuele onderwerp vanaf ‘n welbekende kundige, moet u nie versuim wanneer die kaartjieverkope op Dinsdag, 18 April, open nie. Ons kan ongelukkig slegs 'n eemalige aanbieding fassiliteer. Geld vir die kaartjie-

aankope word vanaf 18 April, by u kind se registeronderwyser inbetaal. Verkope sluit 26 April.

Swem Baie geluk aan Dean de Clerck wat die afgelope skoolvakansie aan die SA skoleswem deelgeneem en 'n vierde plek in die 200m borsslag behaal het. Dit is 'n puik prestasie en die Wonnies is baie trots op hom!

Graad 6-Veldskool Die briewe met inligting aangaande die graad sesse se veldskool is reeds aan die leerders uitgedeel. Maak asseblief seker dat u die skeurstrokie so spoedig moontlik terugstuur aan die betrokke registeronderwysers. Die koste vir die veldskool beloop R765,00. Neem asseblief kennis dat 25 September ‘n vakansiedag is maar ook die dag waarop die graad sesse vertrek. Ons

wil graag hê dat al die graad sesse die veldskool moet bywoon.

Tennis Tennisproewe word in die tweede kwartaal op die volgende datums gehou, sodat die spanne so gou moontlik gefinaliseer kan word en met oefening kan begin: Maandag 24 April Alle O/12 & O/13 seuns en dogters

Dinsdag 25 April Alle O/12 & O/13 seuns en dogters

Dinsdag 2 Mei Alle O/10 & O/11 seuns en dogters

Woensdag 3 Mei Alle O/10 & O/11 seuns en dogters

Proewe vind 13:45 -16:15 op die klubbane oorkant die skool plaas en sal gereël word na gelang van die getal inskrywings wat ontvang word. Die liga begin eers in die derde kwartaal. Alle oefeninge op Maandae- en Woensdae middae, in die tweede kwartaal, is verpligtend. Spelers moet asseblief seker maak dat hulle albei dae beskikbaar is vir oefeninge. Slegs leerders met 'n doktersbrief, of op meriete deur die organiseerder bepaal, sal ná die geskeduleerde datums geleentheid gegun word om vir 'n posisie in die span te daag. Almal wat belangstel, moet hul name, voor of op

21 April, by juf. Janie in Kamer 20 opgee.

Oueraande Ouers word versoek om asseblief te let op die datums en tye vir oueraande wat volgende week plaasvind. Leerders ontvang briewe met volledige besonderhede oor die reëlings soos dit vir elke graadgroep en in sommige gevalle vir spesifieke leerders bepaal is. Dit is baie belangrik dat ouers die skeurstrokies sal

voltooi en terug besorg soos dit in die briewe versoek word.

Page 3: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · ouers ons sal ondersteun deur te sorg dat die leerders al hulle verpligtinge getrou nakom en dat akademiese tyd ten volle benut word. Gebruik asseblief

Seniorkoor Die seniorkoor maak Donderdagmiddag 20 April ‘n kort TV opname hier by die skool vir hul deelname aan die Sing in Harmonie – kompetisie wat deur KykNet aangebied word. Ons wens hulle sterkte toe met hierdie besondere geleentheid. Beskikbare optree datums vir Mei is as volg: 5 Mei – Overkruinkoorfees te Vrye Gereformeerde kerk (eie vervoer) 8 Mei - Eistedfodd – nog geen inligting nie

9 Mei – Sing in Harmonie episode opnames; Silver Star Casino Globe (vertrek 16:00)

18 Mei – ATKV koorkompetisie; Afrikaans Hoër Meisieskool (vertrek 15:00)

23 Mei – Jakaranda Kinderkoorfees – nog geen inligting nie

30 Mei – Montana koorfees (eie vervoer)

Kopluise Die ewige lasposte is steeds vir ons ‘n bron van ergernis! Van die skool se kant af, doen ons alles in ons vermoë om ouers in te lig oor die probleem, maar ons kan nie persoonlik betrokke raak in die behandeling of geskille rondom kopluise nie. Net soos enige ander gesondheidstoestand is dit ouers se verantwoordelikheid om toe te sien dat hul kinders se koppe gereeld ondersoek word en die toestand dadelik aandag kry indien ‘n kind met kopluise besmet is. Ons verstaan die frustrasies van herbesmetting en sal net so graag vir altyd van die onwelkome insekte ontslae wil wees. Dit is egter ‘n probleem waarmee alle skole ‘n stryd voer en ons moet maar net saamstaan om dit ten beste te bestuur. Ons versoek ALLE WONNIE-OUERS om asseblief baie noulettend te wees en ons by te staan om kopluise so goed moontlik te beheer. Probeer gerus hierdie raad wat ons van ‘n ouer ontvang en met kundiges bevestig het, ter voorkoming van die lastige insekte. Meng ‘n eetlepel haaropknapper en 10 druppels Tea tree olie in 300 ml water en skud dit goed in ‘n spuitbotteltjie. Spuit u kind se hare soggens liggies met die mengsel voordat dit gekam word. Dit bly in die hare soos ‘n “leave in” opknapper. Die nete kleef nie goed aan hare met die opknapper nie en die Tea tree olie is ‘n afweerder vir die lewende insekte. Hierdie mengsel is nie skadelik nie en dit werk na wat verneem word, effektief om herbesmetting te voorkom. Onthou net dat die aanvanklike besmetting steeds behandel moet word en die koppe luisvry moet wees. Bogenoemde behandeling is slegs voorkomend van aard. Koppe moet nog steeds gereeld ondersoek word om te verseker dat herbesmetting nie plaasgevind het nie. Daar is heelwat veilige tuisbehandelings op die internet beskikbaar, maar ons kan dit nie noodwendig onderskryf as effektief nie. Lees gerus meer oor kopluise by: http://www.healthline.com/health-slideshow/home-remedies-for-head-lice#1

Skaak Vyf van ons skool se skaakspelers het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse skaak kampioenskappe deelgeneem. Dit is 'n geslote toernooi en slegs spelers wat gekwalifiseer het is uitgenooi om in Benoni deelgeneem. Die toernooi het uit 11 rondtes bestaan. Ons skool se deelnemers was: O/10 seuns: Lehan Koning, Henco Malan en Adriaan Burgers. O/10D dogters: Jané Malan O/14 seuns: Jaedin Koning Dit was 'n baie strawwe toernooi en die skaakspelers het regtig baie hard gewerk en hulle allerbeste gelewer. Henco Malan het onder die Top 10 by die O/10-seuns geëindig en hy is genooi om Suid-Afrika by die Common Wealth Spele in Indië te verteenwoordig! Baie

geluk aan Henco en die span Wonnie-spelers wat ons weer eens baie trots gemaak het!

Mini-netbal Die O/8 en O/9 dogters neem Dinsdag, 25 April aan hul eerste Mini-netbal feesdag by Stephanus Roos deel. Spelers het reeds briewe met volledige besonderhede oor dié feesdag ontvang. Ons glo die spelers gaan elke oomblik geniet en

wens almal sterkte toe!

Hokkie Welkom terug aan al die hokkie bokkies. Ons sien sommer baie uit na die oefeninge voor die seisoen amptelik afskop! Hokkiekliniek 21 en 22 April: Spelers wat ingeskryf het vir die klinieke moet met eie vervoer by Rietondale aanmeld: Vrydag, 21 April, 13:30 (O/7 – O/13) en Saterdag, 22 April, 8:30 (O/10 – O/13). Die spelers wat die klinieke bywoon, is welkom om hul hokkieklere saam te bring skool toe en tydens tweede pouse te verklee sodat hulle direk na skool kan verdaag om die ouers wat hulle gaan vervoer, te ontmoet

Page 4: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · ouers ons sal ondersteun deur te sorg dat die leerders al hulle verpligtinge getrou nakom en dat akademiese tyd ten volle benut word. Gebruik asseblief

Inskrywings (Graad 1- en graad 8-leerders vir 2018) Ons het kennisgewing van die Departement ontvang dat inskrywings vir graad 1- en graad 8-leerders, 2018, op 2 Mei 2017 open. Ouers moet aanlyn registreer en ons versoek dat u asseblief op 2 Mei, stiptelik om 08:00 voor u rekenaar sal wees en sal volhard om u kind by die skool van u keuse te registreer. Alhoewel u gevra sal word om 5 skole, in volgorde van u voorkeur te aan te dui, het u die opsie om die skool van u keuse aan te dui. Moet asseblief nie huiwer om Laerskool Wonderboom te nader vir hulp met die registrasieproses nie. Ons sal in die nuwe kwartaal deurlopend met u in verbinding bly rakende die registrasieproses. Ons glo dat u reeds die belangrikheid van hierdie proses begryp en ons sal alles in ons vermoë doen om u by te staan. Sorg asseblief dat alle dokumentasie wat op die aansoekvorm gespesifiseer is, by u aansoeke aangeheg is. Afskrifte van ouers se identiteitsdokumente, die leerder se geboorteregistrasiesertifikaat, immuniseringsrekord en 'n bewys van woonadres is noodsaaklik volgens die departementele voorskrifte. Dit is werklik in u eie belang om al dié dokumente noulettend aan te heg, sodat u aansoek aan al die departementele vereistes voldoen. Die inskrywingsproses is uit ons hande en daarom moedig ons ouers aan om noukeurig te let op prosedures om u kind se plek te probeer verseker. Versprei asseblief die inligting indien u weet van ouers wat volgende jaar graad 1- of graad 8-leerders het. Graad 7-leerders het reeds briewe ontvang i.v.m. die registrasieproses vir hoërskole, maar indien u nie 'n brief ontvang het nie, kan u gerus Communicator, onder "Bronne" raadpleeg vir 'n afskrif van dié brief.

Hou asseblief u e-pos en sms-stelsels noukeurig dop vir inligting.

HARTLIKE DANK AAN GRUNDLING BUSSE wat

weer eens 'n ruimhartige skenking aan ons skool gemaak het om die plaveiselprojek om die skool verder uit te brei. Ons

waardeer hierdie wonderlike skenkings opreg!

Wonnie Teatro Daar sal geen oefening op 24 April wees nie. Ons sien baie uit om weer op 8 Mei, 18:00 met ons oefening vir die

tweede kwartaal te begin!

Page 5: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · ouers ons sal ondersteun deur te sorg dat die leerders al hulle verpligtinge getrou nakom en dat akademiese tyd ten volle benut word. Gebruik asseblief

Rugby Baie sterkte aan die al die 0/12 en 0/13 seuns wat hierdie week aan die distrikproewe deelneem. Julle maak ons trots om Wonnies te wees! Ons hou styf duim vas vir julle! Ons speel Dinsdag, 25 April ‘n vriendskaplike wedstryd teen Laerskool Rooihuiskraal op ons veld. Ondersteun asseblief die spelers – ouers se teenwoordigheid en ambassadeurskap word altyd hoog op prys gestel en dit beteken werklik baie vir

die kinders.

Kontakinligting Ouers word versoek om asseblief hul kontakinligting op datum te hou. Dit is baie belangrik dat ons u korrekte telefoonnommers op rekord het indien ons u dringend moet kontak oor 'n besering of 'n krisis wat ontstaan het. Indien u e-posadres verander het, moet u ook asseblief vir ons laat weet. Die nuusbrief word weekliks elektronies aan ouers gestuur en die adresse op ons databasis word outomaties in dié proses gegenereer. Veranderinge moet asseblief vir Anel

deurgegee word by [email protected].

GEMEENSKAP-INSAMELINGSPROJEK: CMR, POLISIE-FORUM en OOG (Ouer-Omgee-Groep) 8 Mei 2017 (07:30 – 09:00)

Die POLISIE-FORUM het Laerskool Wonderboom gekies as die skool vanwaar hulle die jaarlikse weeklange Gemeenskap-Insamelingsprojek loods. Dit geskied in samewerking met die CMR, asook ons eie OOG (Ouer-Omgee-Groep). Die OOG vat hande met die CMR/ Polisie-Forum ter hulpverlening aan ons eie skoolgemeenskap asook die skoolgemeenskap van Laerskool Voortrekker-Eeufees, waar gesinne in nood verkeer. a. Netjiese reeds gebruikte klere:

Die leerders kan item(s) uit hulle winterskas van die vorige seisoen (wat te klein is/ in onbruik geraak het), netjies verpak saambring skool toe. LW: Dit kan enige vorm van klerasie wees wat nog goed benut kan word deur minderbevoorregte persone. [Indien u klere vir volwassenes wil skenk, is u ook baie welkom.] b. Produkte: Voedsel en Persoonlike toiletware:

Enige van hierdie produkte is welkom. Elke klas ontvang ‘n KLERE-boks en ‘n PRODUKTE-boks waarin hierdie items geberg word. L.W. Elke bydrae tot hierdie GEMEENSKAP-insamelingsprojek, hetsy kos of klere, is absoluut vrywillig. Die KLERE- en PRODUKINSAMELING, word afgesluit met ‘n oorhandigingseremonie aan Laerskool Voortrekker-Eeufees, op Maandag, 8 Mei, wanneer Chopper-Cop weer ‘n “vlietende draai” by ons skool kom maak. Die Polisie se Hondeskool lewer ook ‘n vertoning vir die leerders en Generaal-Majoor André Wiese tree as spreker op tydens hierdie geleentheid. Ons sê byvoorbaat dankie aan ons ouers wat in hierdie moeiliker ekonomiese tye steeds kans sien om uit te reik na diegene in ons gemeenskap wat finansieel swaar trek.

Die lewe is kort… koop die skoene gee drukkies… bestel nagereg!

PRIMARY SCHOOLS

DEVELOPMENT SERIES SKILLS & RACE

JOHN VORSTER HOËR TEGNIESE SKOOL