kleur jou lewe in! - wonderboom · 2017-05-20 · asseblief met hulle kinders gesels en reëlings...

5
Kleurvol op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Skaak Voortrekkers Spelathon regstelling Pretoria Eisteddfod Seniorkoor Krieket Herregistrasies Wonnie Teatro Speelgoed by die skool Wonderklankies Mandjiedans Eksamenreëlings DBV-hulp Wonnies is Sprankelkinders! Kleur jou lewe in! 18 Mei 2017 Geagte Ouers en Wonniepersoneel Die Wonnies se veiligheid is vir ons 'n baie groot prioriteit. Leerders moet asseblief voor- en na skool aan die binnekant van die skool se omheining vir hul ouers of saamry-geleentheid wag. Daar is wel soggens- en na skool personeel aan diens wat alles in hul vermoë doen om te sorg dat die leerders veilig is, maar ouers moet asseblief met hulle kinders gesels en reëlings rondom hulle vervoer tref wat verantwoordelik en veilig vir die kinders is. Die kinders wat nie by buitemuurse aktiwiteite betrokke is nie, moet verkieslik op die paviljoen vir hul ouers wag, maar geen kind mag buite die skool, op die sypaadjie staan en wag nie. Ons het nie beheer oor opportuniste wat moontlik om die skool beweeg en hul kans afwag om die kinders uit te buit nie. Ons besef dat dit moeite is om uit u motor te klim en u kind op die paviljoen te gaan haal, maar 'n kind se onskuld en lewe is kosbaar en onvervangbaar! Ondersteun ons asseblief deur 'n persoonlike reëling met u kinders te maak wat hulle veiligheid verseker. Onthou asseblief ook dat u as ouers u persoonlike besittings moet oppas tydens byeenkomste. Daar is dikwels ongenooide besoekers wat die terrein sonder ons medewete betree en geleenthede soek om kwaad te doen. Wees maar net altyd bedag op opportuniste. Ons is baie trots en dankbaar oor die pragtige prestasies van die kinders op akademiese, sport- en kultuurgebied! Baie dankie aan al die leerders, ouers, afrigters en onderwysers wat soveel tyd en entoesiasme belê in hierdie kosbare kinders. Daar is slegs 14 skooldae voor die formele eksamen vir graad 4-7 begin! Akademie bly steeds die hartklop van ons Wonnie-trots en daarom versoek ons dat ouers asseblief hulle kinders tydens die eksamen sal ondersteun, motiveer en koester. Jong kinders het dikwels leiding nodig om hul studietyd effektief te benut. 'n Aangename huislike atmosfeer, gebalanseerde maaltye, oefening en genoeg slaap vorm deel van goeie eksamenvoorbereiding. Maak asseblief seker dat u kind elke dag vir die volle skooldag teenwoordig is in hierdie waardevolle tyd van voorbereiding en vaslegging vir die eksamen. Kleurvolle groete L.M. Kruger Nuusbrief 17 SKAAK Saterdag, 13 Mei 2017, het van die O/11 en O/13 skaakspelers by Stephanus Roos aan ‘n individuele skaakkompetisie deelgeneem. Daar was 52 seuns en 33 dogters van verskillende skole wat in ons distrik deelgeneem het. Slegs die eerste 5 spelers word vir Gauteng Skole skaak gekies. Hierdie spelers is gekies om 26 Mei 2017 aan die Gauteng Skole-skaakkompetisie deel te neem. TOERNOOIWENNER O/13 SEUNS: Eghardt Du Toit Medaljes gaan aan die volgende seuns: 1ste Eghardt du Toit Goud 2de Lehan Koning Silwer 3de Jaedin Koning Brons 4de Juaco Breytenbach Brons Dogters: 4de Bianca Darvall Brons Baie geluk aan al ons kranige skaakspelers! Ons is werklik baie trots op julle!

Upload: others

Post on 25-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · 2017-05-20 · asseblief met hulle kinders gesels en reëlings rondom hulle vervoer tref wat verantwoordelik en veilig vir die kinders is. Die kinders

Kleurvol op die Wonniewerf

Boodskap van die hoof

Skaak

Voortrekkers

Spelathon regstelling

Pretoria Eisteddfod

Seniorkoor

Krieket

Herregistrasies

Wonnie Teatro

Speelgoed by die skool

Wonderklankies

Mandjiedans

Eksamenreëlings

DBV-hulp

Wonnies is Sprankelkinders!

Wonnies is Sprankelkinders!

Kleur jou lewe in!

18 Mei 2017

Geagte Ouers en Wonniepersoneel

Die Wonnies se veiligheid is vir ons 'n baie groot prioriteit. Leerders moet asseblief voor- en na skool aan die binnekant van die skool se omheining vir hul ouers of saamry-geleentheid wag. Daar is wel soggens- en na skool personeel aan diens wat alles in hul vermoë doen om te sorg dat die leerders veilig is, maar ouers moet asseblief met hulle kinders gesels en reëlings rondom hulle vervoer tref wat verantwoordelik en veilig vir die kinders is. Die kinders wat nie by buitemuurse aktiwiteite betrokke is nie, moet verkieslik op die paviljoen vir hul ouers wag, maar geen kind mag buite die skool, op die sypaadjie staan en wag nie. Ons het nie beheer oor opportuniste wat moontlik om die skool beweeg en hul kans afwag om die kinders uit te buit nie. Ons besef dat dit moeite is om uit u motor te klim en u kind op die paviljoen te gaan haal, maar 'n kind se onskuld en lewe is kosbaar en onvervangbaar! Ondersteun ons asseblief deur 'n persoonlike reëling met u kinders te maak wat hulle veiligheid verseker. Onthou asseblief ook dat u as ouers u persoonlike besittings moet oppas tydens byeenkomste. Daar is dikwels ongenooide besoekers wat die terrein sonder ons medewete betree en geleenthede soek om kwaad te doen. Wees maar net altyd bedag op opportuniste.

Ons is baie trots en dankbaar oor die pragtige prestasies van die kinders op akademiese, sport- en kultuurgebied! Baie dankie aan al die leerders, ouers, afrigters en onderwysers wat soveel tyd en entoesiasme belê in hierdie kosbare kinders.

Daar is slegs 14 skooldae voor die formele eksamen vir graad 4-7 begin! Akademie bly steeds die hartklop van ons Wonnie-trots en daarom versoek ons dat ouers asseblief hulle kinders tydens die eksamen sal ondersteun, motiveer en koester. Jong kinders het dikwels leiding nodig om hul studietyd effektief te benut. 'n Aangename huislike atmosfeer, gebalanseerde maaltye, oefening en genoeg slaap vorm deel van goeie eksamenvoorbereiding. Maak asseblief seker dat u kind elke dag vir die volle skooldag teenwoordig is in hierdie waardevolle tyd van voorbereiding en vaslegging vir die eksamen.

Kleurvolle groete L.M. Kruger

Nuusbrief 17

SKAAK

Saterdag, 13 Mei 2017, het van die O/11 en O/13 skaakspelers by Stephanus Roos aan ‘n individuele skaakkompetisie deelgeneem. Daar was 52 seuns en 33 dogters van verskillende skole wat in ons distrik deelgeneem het. Slegs die eerste 5 spelers word vir Gauteng Skole skaak gekies. Hierdie spelers is gekies om 26 Mei 2017 aan die Gauteng Skole-skaakkompetisie deel te neem. TOERNOOIWENNER O/13 SEUNS: Eghardt Du Toit Medaljes gaan aan die volgende seuns: 1ste Eghardt du Toit Goud 2de Lehan Koning Silwer 3de Jaedin Koning Brons 4de Juaco Breytenbach Brons Dogters: 4de Bianca Darvall Brons Baie geluk aan al ons kranige skaakspelers! Ons is werklik baie trots op julle!

Page 2: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · 2017-05-20 · asseblief met hulle kinders gesels en reëlings rondom hulle vervoer tref wat verantwoordelik en veilig vir die kinders is. Die kinders

Seniorkoor Baie sterkte aan die seniorkoor met hulle deelname aan die ATKV kompetisie. Sing julle harte uit ! Daar sal geen kooroefening op Vrydag, 19 Mei wees nie. Mnr Stephan

is by Sing-in-Harmonie met een van sy hoërskoolkore.

Voortrekkers Voor-die-Berg Voortrekkers wil net aan almal dankie sê wat saam met ons kom speel het by die Speletjiesaand en ons is trots op die Vories wat ook die aand as Boemelaars in hulle bokshuise op die rugbyveld deurgebring het. Ons Graad 0-spanne en Graad 3-seunspan het ons naam hoog gehou toe hulle hul avontuurlus aan ons almal bewys het met die voltooiing van die akrobranch-bane. Dit was hope pret! Die Graad 4-spanne het hul sterrewaarnemingskenteken voltooi op hul spankamp, waar hulle nie net die voorreg gehad het om deur teleskope na die maan en planete te kon kyk nie, maar ook pret kon hê in die groot modderdam. Laastens, het ons Graad 6-spanne hul plaaslewe kenteken suksesvol voltooi. Hulle het geleer koeie melk en kon self hul eie botter maak!

Pretoria Eisteddfod Gr 4-7 Ons is baie opgewonde oor die Pretoria Eisteddfod wat amper begin. Die Wonnies is hard aan die oefen om ‘n groot sukses daarvan te maak. Ons neem aan 14 verskillende items deel. Leerders moet hul beste gee in die volgende paar weke en elke oefening bywoon. Die uitstaande inskrywingsfooie moet asseblief betaal word. Die leerders het die finale tye ontvang vir die onderskeie items. Kontroleer asseblief die tye. Ouers sal ‘n brief met finale reëlings en aanwysings ontvang. Dankie vir almal se entoesiasme en samewerking. Die Pretoria Eisteddfod vind plaas te Laerskool Tuinrand, Schuurmanslaan 936, Claremont.

Item Datum Tyd

Prosa Graad 6 29 Mei 16:50

Prosa Graad 7 29 Mei 17:00

Onvoorbereide Bladlees Prosa Graad 6 29 Mei 19:00

Onvoorbereide Bladlees Prosa Graad 7 29 Mei 19:05

Onvoorbereide Bladlees Poësie Graad 6 30 Mei 15:28

Onvoorbereide Bladlees Poësie Graad 7 30 Mei 15:29

Onvoorbereide Bladlees Prosa Graad 5 30 Mei 17:11

Prosa Graad 4 31 Mei 15:20

Prosa Graad 5 31 Mei 15:21

Poësie Graad 7 31 Mei 16:35

Poësie Graad 4 1 Junie 14:00

Poësie Graad 6 1 Junie 15:50

Eksperimentele Groepwerk Gr 5 - 7 1 Junie 19:00

Poësie Graad 5 2 Junie 16:25

Spelathon regstelling Ons vra om verskoning vir die foutiewe inligting oor die Spelathon-uitslae in verlede week se nuusbrief. Die korrekte inligting is soos volg: Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die ATKV-Spelathon deelgeneem het. JJ du Raan (graad 7), Ilana Ehlers (graad 7), Marco Swanepoel (graad 6) en Hanco Crous (graad 6). Ons is baie trots op die Wonnies wat ons verteenwoordig het en ons sommer breëbors kan laat spog met ons slimkoppe!

Krieket Krieketproewe vind Woensdag, 7 Junie vir 0/8, 0/9 en 0/10 as volg plaas: 0/8 14:40-15:00 0/9 15:00-16:00 0/10 16:00-17:00 Almal wat belangstel, is welkom om te kom deelneem. Toerdatums vir 0/11-0/13 is 20-23 Julie, gedurende die

vakansie, by Jubaweni. Volledige inligting sal volg.

Herregistrasies Herregistrasievorms vir kinders in graad 2-6 is vandag vir die betrokke leerders uitgedeel. Ouers word versoek om dit asseblief te voltooi en baie dringend na die registeronderwysers terug te stuur. Ons is aan departementele voorskrifte onderworpe en kan nie 'n kind

se plek in die skool verseker as ons nie die vorms ontvang het nie.

Wonnie Teatro Neem asseblief kennis. Nuwe oefentyd. In die koue wintermaande gaan ons vanaf Maandag 22 Mei, 17:30- 18:30 in die saal oefen. Dit is van nou af ons finale oefentyd tensy anders gereël.

Page 3: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · 2017-05-20 · asseblief met hulle kinders gesels en reëlings rondom hulle vervoer tref wat verantwoordelik en veilig vir die kinders is. Die kinders

Speelgoed en versamelingskaarte by die skool. Daar is tans ‘n nuwe tendens waar leerders “Figet”-speelgoed asook versamelingskaarte, bv. Pick ‘n Pay se dierekaarte, skool toe bring. Hierdie speelgoed veroorsaak steurnisse in klastyd wat nie geduld kan word nie. Ouers moet asseblief kennis neem dat daar volgens beleid, geen speelgoed tydens skoolure by die skool toegelaat word nie. Die skool neem ook geen verantwoordelikheid vir speelgoed wat mag wegraak of skade ly nie. Alle besittings word op eie risiko op die skoolterrein gebring. Sake met betrekking tot verlies of skade aan speelgoed sal ook geen aandag of tyd deur die skool gegun word nie. Ons wil dit ook onder die aandag van ouers en leerders bring, dat leerders, volgens beleid, glad nie op die skoolterrein mag handel- of ruilhandel dryf sonder die toestemming van die Beheerliggaam

nie. Baie dankie vir u begrip en samewerking in hierdie verband.

KLEUR JOU LEWE IN!

Wonderklankies Ons tree Dinsdagaand, 30 Mei 2017, by Hoërskool Montana se koorfees op. Ouers sal briewe met volledige inligting ontvang. Ons is bewus van die mini-netbalwedstryde wat ook daardie dag plaasvind, maar reëlings word só getref, dat die programme nie sal bots nie. Die finale vir die Sing-in-Harmonie kompetisies, vind Saterdag, 23 September plaas. Kaartjies is teen R220 per persoon beskikbaar. Ouers word aangemoedig om hul kaartjies so gou moontlik te koop, aangesien dit baie vinnig uitverkoop. Sluitingsdatum vir die aankoop van kaartjies, is 20 Junie 2017. Stuur asseblief alle gelde, saam met die bestelvorm in 'n koevert, na Juffrou Carli, in K32. Ekstra bestelvorms is by Juf Carli beskikbaar. Môre, 19 Mei, is die laaste geleentheid om DVD's vir die Sing-in-Harmonie opnames te betaal. Alle gelde moet voor 09:00 by Juf Carli inbetaal word. Geen gelde word daarna aanvaar nie. Moet asseblief ook geen gelde daarna by die finansiële kantoor inbetaal nie. Ons kan ongelukkig nie die getalle wat ons bestel later weer

verander nie. Baie dankie vir u samewerking.

Ons kan spog met ‘n

8% tot so hoog as 40% verbetering

in ons

studente se gemiddeld,

deur die inskerping van die

Gereedskap van die lewe…Lees

Verseker u kind se optimale ontwikkeling en

skryf vandag in by ons Leessentrum in Montana

(Sinoville, Matlabas straat 227)

Ons doen ‘n wetenskaplike toets van u kind se lees,

daarom weet ons presies hoe om die probleem aan

te spreek.

Vicky Myburgh

[email protected]

082 870 6459

Page 4: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · 2017-05-20 · asseblief met hulle kinders gesels en reëlings rondom hulle vervoer tref wat verantwoordelik en veilig vir die kinders is. Die kinders

Eksamenreëlings Junie 2017 Alle graad 4 tot graad 7-leerders skryf vanaf Donderdag, 8 Junie tot Vrydag, 23 Junie eksamen. Neem asseblief kennis dat die skool vir hierdie tydperk 8 tot 23 Junie om 13:00 sal verdaag. So maak ons dit vir ons sportspanne moontlik om 'n bietjie vroeër te begin oefen en vir die eksamen voor te berei. Die nuwe tye sal later aan die sportspanne deurgegee word. Vanaf Maandag, 26 Junie, sal normale skooltye weer geld. Die skool sluit op Vrydag, 30 Junie om 11:00. Ouers moet kennis neem dat rapporte nie voor die tyd afgehaal sal kan word nie. Alle afbakenings sal teen Vrydag, 19 Mei, aan die leerders gegee word. Soos altyd mag geen elektroniese opsommings (tablet, i-pad, ens.) tydens die eksamen gebruik word of skool toe gebring word nie. Slegs opsommings op papier is toelaatbaar. Let daarop dat alle skoolreëls, soos voorkoms- en gedrag, steeds streng toegepas sal word. Ons het voorlopige kennis van die departement ontvang dat die graad 6-leerders wel moontlik weer ‘n algemene distriksvraestel in Engels, Nw/Teg en Wiskunde kan skryf. Dit het ons genoodsaak om ons rooster en tye, soos volg aan te pas: 07:30 – 08:30 Sessie 1 - Studietyd 08:30 – 08:50 Senior pouse 08:50 – 10:45 Sessie 2 (Leer sessie asook Graad 6 Distrikeksamens) 09:00 – 09:20 Junior pouse 10:45 – 11:00 Pouse 11:00 – 13:00 Sessie 3 (Skyfsessie)

Donderdag 8 Junie Engels Graad 4,5 en 7 en Algemene Engels Graad 6

Vrydag 9 Junie Afr. en Eng. Skryfstukke Graad 4 - 7

Maandag 12 Junie Wiskunde Gr. 4,5 en 7 en Algemene Wiskunde Gr. 6

Dinsdag 13 Junie Tegnologie Graad 7

Woensdag 14 Junie NW/Teg Graad 4 en 5, NW Graad 7 en Algemene NW/Teg Graad 6

Donderdag 15 Junie Afrikaans Graad 4 - 7

Maandag 19 Junie Geografie Graad 4 - 7

Dinsdag 20 Junie KK Graad 7

Woensdag 21 Junie Geskiedenis Graad 4 - 7

Donderdag 22 Junie LV Graad 4 - 6 en L.O. graad 7

Vrydag 23 Junie EBW Graad 7 (1e sessie)

Tydens die eksamen sal die leerders in die derde sessie skryf wat ongeveer 11:00 sal begin. Leerders is verplig om vanaf 07:30 reeds by

die skool te wees. Indien ‘n leerder wel afwesig is, moet daar ‘n doktersbrief ingehandig word op die eerste dag terug by die skool.

Mandjiedans Die graad 7's bied 26 Mei, 18:00, ‘n jolige dansaand by Hoërskool Overkruin in die LO-saal aan. Wat 'n heerlike geleentheid om uit die huis te kom, die litte lekker los te maak en heerlik saam te kuier! Kaartjies kan by Juffrou Adéle in kamer 13, teen R50 per sitplek aangekoop word. Bring u eie piekniekmandjie. Tafelbesprekings (8 sitplekke per tafel) kan gedoen word. Hierdie geleentheid word aangebied ten bate van die leiers se fondsinsameling

vir 2017. Skakel gerus vir Reinette by 082 9299866 vir meer inligting en reëlings.

DBV-HULP Die DBV se hulpkreet het onder ons aandag gekom en ons gee dit graag ter wille van ons viervoetige vriende aan u deur. Daar bestaan 'n baie groot nood aan kos vir die diere in die DBV se sorg. Indien daar ouers is wat hul weg oop sien om te help, kan u gerus saamspan om voedsel by hul perseel te besorg. Die lang wintermaande wat voorlê is altyd 'n ekstra moeilike tyd vir sorgsentrums. Neem gerus ook komberse, handdoeke en enige ander hulpmiddels wat tot voordeel van diere in nood benut kan word. U bydrae maak 'n groot verskil in die lewe van verwerpte of mishandelde diere – elke bydrae, hoe gering ookal, is kosbaar!

Wonnie kunstenaars Besoek gerus die Departement van Onderwys se kunsuitstalling vir skole op die boonste vlak by Wonderboom Junction. 34 Wonnies se kunswerke word tans daar uitgestal en ons is baie

trots op hulle!

Page 5: Kleur jou lewe in! - Wonderboom · 2017-05-20 · asseblief met hulle kinders gesels en reëlings rondom hulle vervoer tref wat verantwoordelik en veilig vir die kinders is. Die kinders