kathu bulletin 7 august 2013

20
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 8 AUGUSTUS 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Kathu HIERDIE pragtige foto is in die Augrabies-waterval- Nasionale Park geneem. Lees meer oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se spesiale aanbiedings op bl. 10. Môre is dit Vrouedag en ook langnaweek. Kalahari Bulletin Kathu wens al sy lesers (en veral die vroue wat so hard werk) ’n genotvolle naweek toe. Foto: Anena Burger Deel in lewe in natuur Ilse Watson DIE Kalahari Bulletin Kathu het klagtes van blatante watervermor- sing op verskeie plekke op die dorp ontvang. Op pad na die Kathu Village Mall (Hendrick van Eckweg) is byvoor- beeld pype wat so erg lek dat die lek- kasie al sy eie stroompie gevorm het. Volgens inwoners van Kathu is dié lekkasie al geruime tyd daar. Die Kalahari Bulletin Kathu het ook die lekkende pyp in Tieroog- straat (naby die Fase 3-uitbreiding op Kathu) besoek. Die pyp loop parallel met die pad en in die draai van die pyp is ’n lek- kasie. Dit is duidelik daar is al voorheen probeer om die pyp te herstel, maar dit was nie suksesvol nie. Die Gamagaraga-munisipaliteit, wat verantwoordelik is vir die in- standhouding van die waterpype, is verskeie kere geskakel, maar geen kommentaar kon voor druktyd van die munisipaliteit verkry word nie. ) Sien nog foto’s oor die waterpro- bleme op bl. 3. Pyplek mors strome water DIE gelapte pyp in Tieroogstraat waarby die water só uitspuit dat dit soos ’n sproeier lyk. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Upload: kalaharibulletin

Post on 09-Mar-2016

278 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Kathu bulletin 7 august 2013

TRANSCRIPT

  • Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Danilskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

    8 AUGUSTUS 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

    Kathu

    HIERDIE pragtige foto is in die Augrabieswaterval Nasionale Park geneem. Lees meer oor die SuidAfrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se

    spesiale aanbiedings op bl. 10. Mre is dit Vrouedag en ook langnaweek. Kalahari Bulletin Kathu wens al sy lesers (en veral die vroue wat so hard

    werk) n genotvolle naweek toe. Foto: Anena Burger

    Deel in lewe in natuur

    Ilse Watson

    DIE Kalahari Bulletin Kathu het

    klagtes van blatante watervermor-

    sing op verskeie plekke op die dorp

    ontvang.

    Op pad na die Kathu Village Mall

    (Hendrick van Eckweg) is byvoor-

    beeld pype wat so erg lek dat die lek-

    kasie al sy eie stroompie gevorm

    het.

    Volgens inwoners van Kathu is

    di lekkasie al geruime tyd daar.

    Die Kalahari Bulletin Kathu het

    ook die lekkende pyp in Tieroog-

    straat (naby die Fase 3-uitbreiding

    op Kathu) besoek.

    Die pyp loop parallel met die pad

    en in die draai van die pyp is n lek-

    kasie.

    Dit is duidelik daar is al voorheen

    probeer om die pyp te herstel, maar

    dit was nie suksesvol nie.

    Die Gamagaraga-munisipaliteit,

    wat verantwoordelik is vir die in-

    standhouding van die waterpype, is

    verskeie kere geskakel, maar geen

    kommentaar kon voor druktyd van

    die munisipaliteit verkry word nie.

    ) Sien nog fotos oor die waterpro-

    bleme op bl. 3.

    Pyplekmors stromewater

    DIE gelapte pyp in Tieroogstraat

    waarby die water s uitspuit dat dit

    soos n sproeier lyk.

    Foto: Benneli Olivier Van der Walt

  • 2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

    Ilse Watson

    DIE Laerskool Kathu het ver-

    lede week sy toptien-akade-

    miese presteerders vir gr. 4-

    tot gr. 7-leerlinge aangekon-

    dig.

    Andr Vermeulen het as

    gasspreker opgetree. Die aka-

    demiese balkies is deur die

    oudleerlinge Johan Raath en

    Mary-Lois Olivier aan die

    leerlinge oorhandig.

    In sy motiveringstoespraak

    het Vermeulen op streshante-

    ring en harde werk gefokus.

    Hier voor ons sit die toe-

    koms van Suid-Afrika, het

    Vermeulen ges.

    Hierdie kinders bepaal of

    hierdie land van ons op of af

    sal gaan.

    Hy het breedvoerig gesels

    oor die toename in stres in die

    wreld en hoe dinge so vinnig

    verander.

    Hy het verduidelik dat ie-

    mand wat sy studie voltooi

    het, nie agteroor kan sit nie,

    maar dat mense in vandag se

    lewe moet aanhou studeer,

    nuwe dinge leer en hulle op

    die hoogte van nuwe tegnolo-

    gie en kundigheid moet hou.

    Net soos n mes wat kon-

    stant skerp gehou moet word,

    so moet ons as mense ook se-

    ker maak ons bly skerp.

    Hy het ook verduidelik dat

    die huidige leerlinge aan sko-

    le eendag n werk gaan doen

    waarvoor daar op die stadium

    nog nie n posbenaming be-

    staan nie.

    Streshantering is van

    groot belang. Maak seker jy

    jou doen werk en berei jou vir

    eksamens in n rustige, kalm

    atmosfeer voor.

    Dinge by die huis moet reg

    wees, sodat jykan fokusop jou

    werk, het hy aan die leerlin-

    ge vertel. Hy het ook ges elk-

    een moet doelwitgerig wees

    om na die beste van sy of haar

    vermo te presteer.

    Hy het ook genoem positie-

    we gesprekke met jouself le-

    wer positiewe resultate.

    ) Sien nog fotos oor di ge-

    leentheid op dieKalahari Bul-

    letin se galery op sy webblad:

    www.kalaharibulletin.co.za.

    Topleerlinge

    kry balkies

    DIE gr. 6leerlinge van die Laerskool Kathu wat as die toptienpresteerders aangewys is. Van

    links is, voor: Rudolf Lombaard, Santie Vermaak, Jacobus Cronj, Henri Kock en Ruan Wolsten

    holme; agter: Talana Rossouw, Lehandra Smit, Carla Cronj, Chan Gricius en Marissa Lotter.

    Fotos: Ilse Watson

    DIE gr. 7leerlinge wat as toptienpresteerders aangewys is. Van links is, voor: Farron Eland,

    Elizna Reyneke, Danelle Venter, Marin Vos en Jan van Wyk; agter: Christo Breedt, Herman

    van Niekerk, Aldo Jench, George Rademeyer en Lisa Coetzee.

    JOHANRAATH, n oudleerling

    van die Laerskool Kathu, wat

    aan die gr. 4 en gr. 5leerlinge

    hul balkies oorhandig het.

    ANDR VERMEULEN wat n motiveringstoe

    spraak vir al die leerlinge, onderwysers en ou

    ers gelewer het.

    IN die Kalahari Bulletin Kathu is op 1

    Augustus verkeerdelik verwys na die

    Kathu Village Mall as net die Kathu

    Mall. Die koerant stel dit graag reg en

    vra verskoning vir enige ongerief.

    Naamnou reg

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 3

    THE Kathu SAPS and Vetus

    Schola Security Services

    executed a liquor and drug

    related operation in the

    Kathu area.

    They arrested three

    suspects for possession of

    dagga. The one suspect,

    Adam Richard Kgabale, was

    arrested at the parking area

    behind the FNB Bank, and

    Kaginyane Edward Mdwagae

    and Roderick Stanley were

    arrested opposite the taxi

    rank in Ben Alberts Street.

    They also issued a fine to

    ABs Tavern for failing to

    comply with the licence

    conditions.

    Two arrests were also

    made for drinking in public

    and six people were arrested

    for illegal gambling.

    On 30 July Giel Pienaar

    was sentenced in the District

    Court of Kathu to three

    years imprisonment after he

    had been arrested for

    shoplifting at Edgars. The

    investigation officer was

    Detective Warrent Officer

    Johan Rossouw.

    Teboho Makhoro was

    sentenced for possession of

    dagga and possession of

    possible stolen property

    after he had been arrested

    on 19 July. He received a

    fine of R800 or six months

    imprisonment,of which R400

    or three months is suspended

    for three years on the first

    account and on the second

    account he received a

    sentence of 12 months

    imprisonment. The investiga-

    tion officer was Detective

    Warrent Officer Johan

    Rossouw.

    Edward Colemen received

    a fine of R10 000 or 18

    months imprisonment of

    which R4 000 or six months

    imprisonment is suspended

    for four years.

    He was charged for

    culpable homicide on 7 July

    2012. The investigation

    officer was Detective War-

    rent Officer Sandra Boshoff.

    Several arrested

    byKathu SAPS

    Lekkasie nou

    al n stroom

    DIE stroompie wat deur die waterlekkasie ver

    oorsaak is. Dit is in Hendrick van Eckstraat ge

    le langs die pad sooswat nmens in die rigting

    van die Kathu Village Mall ry.

    Fotos: Benneli Olivier Van der Walt

    DIE stukkende pyp in Hendrick van Eckstraat

    wat lek en waarby die water uitborrel.

    KUMBA released its interim results today for

    the sixmonths to 30 June 2013, showing a steady

    performance for the half year, with headline

    earnings of R7,7 billion.

    Speaking after the release of the financial re-

    sults, theCEOofKumba IronOre,NormanMba-

    zima, stressed that it is important for themining

    industry tomake a difference in the lives of all

    our stakeholders and share the wealth crea-

    ted, especially with staff and host communi-

    ties.

    Our long-termprofitable growth is linked in-

    trinsically to our ability to deliver on our social

    and environmental objectives. We continue to

    strive for job creation, skills development and

    a new standard of safety and opera- tional excel-

    lence in our work. However, in addition to all

    of this, we seek to achieve real transformation

    in our workforce and within the communities

    around our mines.

    With markets and our operations permit-

    ting, wewill be able to continue ourwork of em-

    powering our employees, their families andbro-

    ader community groups, Mbazima said.

    Profitsmean

    job creation

  • 4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

    Nooit te laat

    om drome na

    te streef nie

    DIE Olimpiese swemmer Natalie

    du Toit het onlangs by die

    Horskool Kathu n praatjie op n

    geselligheid vir die akademiese

    toppresteerders van die skool

    gelewer.

    In haar toespraak het sy

    gefokus op harde werk en hoe om

    terugslae in die lewe te oorkom.

    Vind n droom wat jy wil

    bewaarheid en werk aan daardie

    droom. As dit ses uur per dag

    verg om jou doelwit te bereik dan

    is dit wat jy doen.

    Du Toit het verder vertel hoe sy

    n sosiale lewe en vriende

    prysgegee het om haar doelwitte

    te kan bereik.

    Sy het ook vertel dit het 22 jaar

    geduur om haar Olimpiese droom

    te bereik.

    Sodra jy die toppunt bereik

    het, moet jy jou gedurig van voor

    af uitdink, was ook wyse woorde

    van Du Toit.

    Sy het vir al die leerlinge vertel

    dat die wreld oop is vir hulle,

    dat daar baie geleenthede beskik-

    baar is en as n geleentheid oor

    jou pad kom, moet jy dit aangryp.

    Vrees vir die onbekende is nie

    n uitweg nie. Gryp die geleent-

    heid aan, want as jy dit nie doen

    nie, gaan jy later spyt wees.

    n Gasspreker op die geleent-

    heid waarop die tien akademiese

    toppresteerders van Laerskool

    Kathu vereer is, het ook genoem

    dat n mens jouself gedurig moet

    herontwerp.

    En hoe waar is dit nie?

    In vandag se gejaagde wreld is

    daar nie tyd vir stilsit nie. n

    Matrieksertifikaat of universiteits-

    kwalifikasie is nie meer voldoen-

    de nie.

    Dit is van kardinale belang om

    gedurig en aanhoudend verder te

    studeer, om kursusse te doen om

    jou kwalifikasies op te skerp en

    jouself te verryk.

    Nie almal is akademiese

    toppresteerders nie, maar elke

    mens het die vermo om homself

    te dryf om na die beste van sy

    vermo te presteer.

    Dit is ook belangrik om jouself

    n bietjie te druk. Daar is nie plek

    vir vrees nie. Mense moet hul

    vrese oorkom en daardie nuwe

    projek aanpak. Sien dit as n

    uitdaging.

    Maar weet vandag se jong

    mense hoe moeilik die grootmens-

    wreld regtig is? Besef hulle

    regtig watter harde werk dit is

    om bo uit te kom?

    Mense soos Du Toit se lewens-

    verhale behoort enigiemand aan

    te spoor om harder te werk.

    Dit maak nie saak hoe oud jy is

    nie; daar is altyd plek vir verbete-

    ring en groei. n Ouer mens kan

    steeds n nuwe loopbaan begin.

    Daar is altyd nog tyd om jou

    drome te verwesenlik.

    I wish you enough

    Chris van Staden

    I RECENTLY came across this

    wonderful story of a man that was

    standing at an airport waiting for

    his flight.

    He saw a mother and daughter

    saying their goodbyes and this is

    what he overheard. I love you and

    I wish you enough.

    The daughter replied: Mom, our

    life together has been more than

    enough. Your love is all I ever

    needed. I wish you enough, too,

    Mom.

    They kissed and the daughter

    left. The mother walked over to the

    window where he sat.

    Standing there, he could see she

    wanted and needed to cry.

    He tried not to intrude on her

    privacy, but she welcomed him in

    by asking: Did you ever say

    good-bye to someone knowing it

    would be forever?

    Yes, I have, he replied.

    Forgive me for asking, but why

    is this a forever good-bye? he

    asked.

    He was told that her daughter

    lives so far away. I have challen-

    ges ahead and the reality is the

    next trip back will be for my

    funeral, she said.

    When you were saying good-bye,

    I heard you say I wish you

    enough. May I ask what that

    means? he asked.

    She began to smile. Thats a

    wish that has been handed down

    from other generations. My parents

    used to say it to everyone.

    She paused a moment and looked

    up as if trying to remember it in

    detail and smiled more. When we

    said I wish you enough we were

    wanting the other person to have a

    life filled with just enough good

    things to sustain them.

    Then turning toward him, she

    shared the following, reciting it

    from memory: I wish you enough

    sun to keep your attitude bright. I

    wish you enough rain to appreciate

    the sun more. I wish you enough

    happiness to keep your spirit alive.

    I wish you enough pain so that the

    smallest joys in life appear much

    bigger. I wish you enough gain to

    satisfy your wanting. I wish you

    enough loss to appreciate all that

    you possess. I wish you enough

    hellos to get you through the final

    good-bye. She then began to cry

    and walked away.

    They say it takes a minute to

    find a special person. An hour to

    appreciate them. A day to love

    them. And an entire life to forget

    them.

    ) Pastor Chris van Staden is a

    minister at the Kuruman Christian

    Church.

    Enige tyd, net nie nou nie

    Lizette Slabber

    EK is werklik baie gelukkig.

    My man s nooit ooit vir my nee

    nie.

    As ek vra dat hy n skildery hang,

    n muur verf, n spinnekop dood-

    maak, n lekkende of stukkende iets

    in die huis regmaak, s hy altyd: Ja,

    enige tyd . . . en dan, n n asem-

    teug, kom die res van sy sin: . . . net

    nie nou nie.

    Daarom glo ek vas skoolmeisies

    moet in die horskool n verpligte

    vak volg wat hulle leer hoe om n

    boor, skuurder, winkelhaak en an-

    der gereedskap te hanteer en natuur-

    lik leer wat die verskil tussen n

    skroef en n spyker is. Ek weet dit

    nou nog nie en dt frustreer my man

    geweldig.

    Maar om te kom by die pragtige

    volvoerder wat ek in Januarie ge-

    koop het.

    N vele uitinge van Ja, enige

    tyd . . . net nienouniehet ek eindelik

    genoeg geneul dat hy vir my in Julie

    die volvoerder in my tuin aange-

    bring het.

    Dit is die pragtigste volhuisies

    wat soos n woonstelblok vir vols

    lyk waaronder jy saad strooi en dan

    kom eet voltjies lekker in jou tuin.

    Ek moet egter erken dat ek di

    volvoerder gekoop het omdat dit

    verskriklik mooi was en nie omdat

    ek n volkyker is nie.

    Ek kan nie die verskil tussen n

    mossie en n vink raaksien nie,maar

    ek kanmy nou verkyk aan hoe aller-

    hande voltjies by my voerder kom

    eet.

    Tot tien voltjies komop n slag eet

    en speel tog te lekker by die huisies.

    Hulle jaag mekaar en spring op en af

    en ek het al n paar keer so lank ge-

    staan en kyk na hul manewales dat

    my koffie in my hande koud word.

    Nou antwoord ek gereeld op die

    vraag: Liefie sal jy vir ons n ou kof-

    fietjie maak? met: Ja, enige tyd . . .

    net nie nou nie.

    Dankbaar oor

    groot skenking

    SUSAN VAN STRATEN, Kuru-

    man:

    NAMENS die Kansa-tak op Kuru-

    man s ek graag baie dankie aan Ri-

    aan Roos vir die groot skenking aan

    die vereniging wat hy n sy vrou,

    Gerda, se dood gemaak het.

    Ons het groot waardering daar-

    voor en sal dit verseker nuttig kan

    gebruik.

    DIE lente is op ons en die blare word groen. En selfs verkleurmannetjies op Kuruman begin hulle koppe uitsteek

    om di nuwe seisoen welkom te heet. Foto: Stefan Louw

    Seniors di

    mense se passie

    ANTON ESTERHUYSE, Kuru-

    man:

    KURUMAN beskik oor twee men-

    sewie se passie dit is omdie lewevan

    seniors aangenaam te maak. Dit is

    Ronel du Plessis, bestuurder van die

    Mimosahof-ouetehuis, en Hensel de

    Kock, koster van die Oos-gemeente.

    Hulle beplan n hand vol aktiwiteite

    vir die seniors, onder meer n vier-

    dagtoer naVanzylsrus en n blomme-

    toer van tien dae na Namakwaland.

    Saterdag het hulle die seniors, wat

    vroer vanjaar op n toer na Uping-

    ton en omgewing was, met n ete in

    n sysaal van Mimosahof bederf. Die

    tafels was keurig gedek en versier.

    Die geregte was van die boonste rak

    en is flink bedien.

    Die Upington-toer ismet honderde

    fotos en bypassende Afrikaansemu-

    siek herleef. Die gaskunstenaar was

    die sewejarige Francois van Rens-

    burg. Hy het die gaste gaande gehad

    met die sing van verskeie liedjies

    suiwer en nootvas.

    Ronel en Hensel streef daarna om

    seniors nie net vir die ouderdom te

    laat lewe nie, maar in die ouderdom

    te laat lewe.

    Volgens die redaksionele beleid van Kalahari Bulletin verwelkom ons voorstelle en kommentaar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. kommentaar en inligting oor die regstelling van foute aan die

    ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, na [email protected], of bel hom by 021 851 3232 of 083 543 2471.

    Indien ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie en die Suid-Afrikaanse Perskode nie, kan u ook die SA Persombudsman kontak by 011 484 3612/8, faks 011 484 3619 of e-pos aan [email protected].

    LORINDA BESTER, Mosselbaai:

    LIEWER baie laat as nooit?

    Op ons reis van Pretoria na Nami-

    bi word motorprobleme toe ons

    reisgenoot.

    Toe ons op Kuruman brandstof

    aanvul, ontdek ons n vuurwarm

    band.

    nOproep later na ons goeie vriend

    Peter Greeff (vroer van Kuruman)

    word ons deur Mike Pieterse van M

    & I Motors na Billys Auto Clinic be-

    gelei.

    Dit is reeds 16:00.

    n Uur verloop terwyl Billy Boon-

    zaaier ons motor weer padwaardig

    kry.

    Met n vriendelike handdruk en

    goeie wense vir die reis verder is ons

    weer op pad.

    Ons opregte dank aan die manne.

    Ons eerste besoek aan die Noord-

    Kaap was n onvergeetlike ervaring.

    NK semense

    bendruk

    MEESTER: n strokieprent deur Danie Cronj.

    Besoek gerus die

    Kalahari Bulletin se

    webwerf of gaan loer

    na die

    Facebookblad

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 5

    DIE Kalahari-kuierfees wat van-

    jaar van 26 tot 28 September

    plaasvind, word oudergewoonte

    met n asemrowende vuurwerk-

    vertoning afgesluit.

    Op Saterdag 28 September

    om 23:00 gaan die lug bo Uping-

    ton ontplof.

    Volgens

    die Kuier-

    fees duur

    die verto-

    ning slegs

    20 minute

    en kan die

    volgende rigly-

    ne gevolg word

    om seker te maak

    dat di vertoning nie

    te traumaties vir troetel-

    diere is nie.

    Gee jou hond of kat ongeveer

    twee uur voor die vertoning n

    voorgeskrewe kalmeermiddel.

    Hou jou hond of kat in die huis

    en skakel die televisie of radio

    aan. Indien jy bang is jou hond

    verniel jou huis kan jy hom eer-

    der in die badkamer toemaak.

    Hou die gordyne toegetrek en

    die ligte aan sodat die flitse van

    die vuurwerk nie die dier ontstel

    nie.

    Maak seker dat jou dier nie uit

    die erf kan kom tydens die vuur-

    werkvertoning nie en maak ook

    seker dat hy hom nie kan beseer

    wanneer hy oor palissade-hei-

    nings probeer spring nie.

    n VUURWERKVERTONING sal

    weer vanjaar die Kalaharikuier

    fees op n ho noot afsluit.

    Foto: Lizette Slabber

    Hou s

    vir

    woef

    kalm

    DIE Straatkarnaval is elke jaar n

    prettige manier om die Kalahari-

    kuierfees mee te begin.

    Vanjaar vind die Kuierfees van

    26 tot 28 September plaas.

    Alle besighede, organisasies,

    maatskappye en enige groep wat

    n bietjie pret en plesier op

    Donderdag 26 September wil

    beleef, word genooi om aan die

    gewilde Straatkarnaval deel te

    neem.

    Vanjaar gaan die Straatkarna-

    val n ander Kaapse draai volg

    deur om 14:00 by The Mill te

    begin.

    Van The Mill af gaan vlagskip-

    motors en sierwaens, alles wat

    kan beweeg, deur die dorp

    beweeg om almal lekker lus vir

    die naweek se fees te maak.

    Die Ou Motorklub van Uping-

    ton gaan ook aan die straatkarna-

    val deelneem.

    Almal wat aan die straatkarna-

    val wil deelneem, moet reeds om

    13:00 by The Mill wees.

    Karnaval vol pret

    DIE Straatkarnaval van die Kalaharikuierfees is altyd die perfekte manier om Upingtonners te laat weet om op te

    hou werk en dadelik na die Eilandfeesterrein te gaan. Vanjaar begin die Kuierfees weer met die Straatkarnaval

    op Donderdag 26 September om 14:00. Foto: Lizette Slabber

  • 6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

    DIE Kalahari Bulletin het op 18 Julie sy nuwe

    mobi site bekend gestel.

    Op di bekendstelling is n kompetisie vir

    elkeen van die drie uitgawes begin en die

    kompetisie het twee weke geduur.

    Die doel van die kompetisie was om vir le-

    sers in di streek n unieke ietsie te bied.

    Lesers van Kuruman en sy omliggende dor-

    pe, Upington en sy omliggende dorpe en Ka-

    thu en sy omliggende dorpe kon hulle vir die

    kompetisie inskryf.

    Vir lesers van die Kathu- en Kuruman-om-

    gewing was daar n geskenkbewys van BUCO

    Kathu en vir lesers van Upington en omge-

    wing was daar n kas van die Orange River

    Cellars se Wit Muskadel 2012. Die kompetisie

    het verlede week gesluit en die Kalahari Bul-

    letin kon die pryse aan sy wenners van Kathu

    en Upington oorhandig. Daar was geen in-

    skrywings vir Kuruman nie.

    Hier is wenners

    vanmobi site

    KATHUWENNER Jasper Maritz (links) ont

    vang syR1 000geskenkbewys van Johan Jou

    bert, die BUCObestuurder. Foto: Madri Scheepers

    LIZLE VAN TONDER (links) is die gelukkige wenner van die Upingtonse mobi sitekompetisie.

    Lizle het n kas van Orange River Cellars se Wit Muskadel 2012 gewen. Di muskadel het al

    drie pryse gewen waaronder in Parys waar dit as een van die tien topmuskaatwyne ter wreld

    aangewys is. Van links is Lizle, Marl Nel (Orange River Cellars) en RethaMarie Hall (Kalahari

    Bulletin). Foto: Lizette Slabber

    T

    h

    e

    i

    n

    d

    e

    p

    e

    n

    d

    e

    n

    t

    v

    o

    i

    c

    e

    o

    f

    t

    h

    e

    R

    i

    v

    e

    r

    c

    i

    t

    y

    T

    h

    e

    i

    n

    d

    e

    p

    e

    n

    d

    e

    n

    t

    v

    o

    i

    c

    e

    o

    f

    t

    h

    e

    R

    i

    v

    e

    r

    c

    i

    t

    y

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 7

    FOURIE BESTER EN KRUGER-OUDITEU-

    RE (FBK), wat reeds jare uit Kuruman in

    die Kalahari praktiseer, het kragte met

    Boshoff Visser-ouditeure saamgesnoer.

    Boshoff Visser is n groep ouditeurs- en

    rekenmeesterfirmas met kantore in die

    Suid-, Wes- en Noord-Kaap en hul strate-

    gie is om te bel in plattelandse firmas en

    te fokus op plattelandse besighede wat uit

    die aard van die saak die boerderyge-

    meenskap insluit.

    Daar word egter ook sterk klem op

    klein en medium-grootte nywerhede gel.

    Kuruman sal die tweede Boshoff

    Visser-kantoor in die Noord-Kaap wees n

    Upington en die 16de kantoor van Boshoff

    Visser in geheel.

    Hannes Fourie, vorige vennoot van

    FBK, het sy belang in FBK aan die

    Boshoff Visser-groep verkoop wat nou

    saam met Wilhelm Kruger die aandeelhou-

    ers in Boshoff Visser Kuruman is.

    As deel van die transaksie word Hannes

    Fourie se dienste vir n tydperk op n

    konsultasiegrondslag behou en sy vorige

    klinte sal voorlopig deur hom bedien

    word.

    Die nuwe kantoor op Kuruman sal

    deur Kruger, saam met die bestaande

    personeel, bestuur word.

    Volgens Kruger is die grootste onmiddel-

    like uitdaging om kundige en gekwalifi-

    seerde personeel aan te stel om in die

    groeiende behoefte aan oudit-, rekening-

    kundige en belastingdienste in die

    Kuruman-, Kathu- en Postmasburg-omge-

    wing te voorsien.

    As geregistreerde rekenmeesters en

    ouditeure is Boshoff Visser Kuruman een

    van min firmas in die omgewing wat

    volwaardige ouditdienste kan lewer.

    Kruger is baie opgewonde oor die

    toekoms van Boshoff Visser Kuruman en

    die inskakeling by die Boshoff Visser-

    groep.

    Die groep beskik reeds oor die dienste

    van n belastingspesialis, asook sy eie

    sekretarile dienste.

    Verdere voordele in die groep is die

    rekenaarkundigheid met veral oudit- en

    rekenkundige dienste.

    Klinte en voornemende klinte word

    genooi om besoek by die kantore op

    Kuruman af te l om meer uit te vind oor

    watter dienste vir hulle van nut sal wees

    of om die Boshoff Visser-verteenwoordiger

    op Kathu te kontak.

    ) English-speaking clients are also more

    than welcome. Please feel free to come

    and discuss your requirements with us.

    Ouditdienste by di firma opKuruman

    DIE vriendelike personeellede by Boshoff

    Visserouditeure. Voor isWilhelmKruger; van

    links is, agter: Nelia van der Heever, Dalene

    Grove, Janl Fourie, DeJay Ferris en Patien

    ce Morapedi.

    Klinte en voornemende

    klinteword genooi ombe

    soek by die kantore op Ku

    ruman af te l om meer uit

    te vind oor watter dienste

    vir hulle van nut salwees of

    om die Boshoff Visserver

    teenwoordiger op Kathu te

    kontak.

    FOKUSOP FBK

    Het jy al n draai op die

    Kalahari Bulletin se

    Facebookblad gemaak?

    B

    E

    T

    R

    E

    K

    K

    I

    N

    G

    S

    B

    E

    T

    R

    E

    K

    K

    I

    N

    G

    S

  • 8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

    INVITATION TO BID

    Bid No: NC/SOC/012/2013

    Supply and delivery of Groceries to the Provincial Office and

    five (5) districts for a period of 12 months

    Bid No: NC/SOC/013/2013

    Supply and delivery of Fruit Baskets, Bouquets, Hampers for

    Newborn Babies and Wreaths to the Provincial Office and

    five (5) districts for a period of 12 months

    Specifications and bid documents are available at the Department of Social

    Development, Room 16 (Supply Chain Management), Block J, Mimosa Complex, 257

    Barkly Road, Homestead, Kimberley.

    Bid closes at (postal address): Department of Social Development, Private Bag

    X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex,

    257 Barkly Road, Homestead, Kimberley

    Closing date: 6 September 2013 at 11:00

    Required by: Department of Social Development, Northern Cape Provincial Government

    Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9203/9174,

    fax: (053) 871-2441 or e-mail: [email protected] or [email protected]

    Please note: A valid, original Tax Clearance Certificate Tender (not a Tax Clearance

    Certificate Good Standing) must be submitted by the closing date and time (bid

    document NCP 2 refers) These bids will be evaluated and adjudicated in terms of the

    80/20 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5

    of 2000 and revised Regulations 2011 A non-refundable deposit of R100.00 per set of

    bid documents is required In order to qualify for preference points out of 20, a valid,

    originally certified copy of bidders B-BBEE status

    level verification certificate must be submitted by the

    bid closing date and time Names of bidders that

    submitted bids will be published on the website of the

    Office of the Premier: www//northern-cape.gov.za on

    Friday, 20 September 2013.

    Human Communications 101294

    Northern Cape

    Provincial Government

    AIDS HELPLINE

    0800-012-322

    Ilse Watson

    DIEafgelopeVrydaghet bereidwilliges opKathu

    bymekaargekom om n Lions Club te stig.

    Lions Club Internasionaal is in 1917 in Chica-

    go gestig nadatmensebesef het n diensorganisa-

    sie is nodig om minder bevoorregte mense te

    help.

    Sedertdien het die Lions Club gegroei tot die

    grootste diensorganisasie in die wreld.

    Daar is meer as 1,4 miljoen lede.

    Altesaam 45 000 klubs in 200 lande bestaan

    reeds.

    In 1957 het LouisVolks die LionsClub na Suid-

    Afrika gebring.

    Miljoenemense is al deurverskeieprojekte ge-

    help wat deur die Lions Club aangepak is.

    Daar bestaan n behoefte op Kathu vir so n or-

    ganisasie en vrywilligers het verlede Vrydag

    verskeie probleme op en rondom Kathu be-

    spreek.

    Aangesien daar nie op die oomblik genoeg vry-

    willigers is om n klub op Kathu te begin nie het

    die groepie besluit om onder die vaandel van

    Upington se Gordonia Lions hul werk te doen.

    Enigiemand wat belang stel om hulle by die

    groep aan te sluit kan gerus Louise Oberholster,

    president van Gordonia Lions, by 071-160-0873

    bel.

    Nuwe klub gestig

    VAN links is, voor: Chantell Dumond, Ilze van der

    Linden en Pikkie van der Linden; agter: Pieter

    Dumond, Bennie van der Linden, Louise Ober

    holster (Gordonia Lions),MargarethKriek, Kobus

    Oberholster (Gordonia Lions: president), PJ van

    der Linden, Neville Bosman (Gordonia Lions)

    Maria van Wyk en Peter van Wyk.

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 9

    South Africas homes from flats and clusters to stand-alone houses and residential estates demand 17% of the

    electricity used in our country. But on weekdays, between 5pm and 9pm, this demand increases and peaks at 35%,

    a huge jump that puts severe strain on the power supply.

    Why does this happen?

    We arrive home from work around 5pm,Monday to Friday.

    The first thing we do is switch on the lights, television, our electrical space heaters, followed by the oven, the

    microwave and the washing machine or dishwasher. We also run hot water in the kitchen and take a bath or

    shower with the geyser tucked away in the ceiling working hard to heat the water.

    Millions of us follow this evening routine at the same time, which means South Africas households use more than

    one third of the electricity consumed in the country between 5pm and 9pm, on weekdays.

    As the demand increases, Eskom does all it can including running some emergency power stations during the day,

    to balance supply and demand. This winter we need to continue with power station maintenance and the system

    will be tighter during the peak period from 5pm to 9pm.

    What can you do to help keep the lights on this winter?

    Three simple things:

    1. Switch off your electrical element geyser between 5pm and 9pm; this appliance uses the most electricity of all

    in the home, and can account for up to 50% on your electricity bill

    2. Dont switch on your space heater between 5pm and 9pm. This appliance is energy-intensive and can account

    for up to 16% on your monthly electricity bill, instead, dress warmly, switch on a gas heater, and use a hot water

    bottle and blankets to keep warm

    3. Switch off your pool pump between 5pm and 9pm; this appliance uses up to 11% on your electricity bill.

    Lets switch off together and keep SouthAfrica powered up this winter

    :MWMX [[[IWOSQGS^EMHQ JSV HIXEMPIH MRJSVQEXMSR SR WEZMRK XMTW JSV [MRXIV ERH )WOSQ W IRIVK] IJGMIRG]

    product rebates.

    1923-

    2013

    Powering your world

    Eskom Holdings SOC Limited Reg No 2002/015527/06

    Mohlaleng_1458_E1

    How you can help to keep the lights on this

    winter especially between 5pm and 9pm

    y p p gy p p g

    weekdays

    Yolandi van Deventer

    WANNEER n baba binne n uur n

    geboorte geborsvoed is, vir die eerste

    ses maande van sy of haar lewe, en

    tot ongeveer twee jaar oud, sal

    ongeveer 220 000 kinders se lewe

    jaarliks gered kan word.

    S lui die Wreldgesondheidsorga-

    nisasie (WGO) se riglyne.

    Wreldwyd word minder as 40%

    van babas jonger as ses maande

    eksklusief geborsvoed. Wanneer na

    eksklusiewe borsvoeding verwys

    word, beteken dit net borsmelk word

    aan die baba gegee sonder tussenvoe-

    dings van tee en water.

    Borsvoeding is verreweg die

    gesondste keuse wanneer dit by

    babavoeding kom.

    Die voordele van borsvoeding sluit

    in:

    ) Die uterus (baarmoeder) trek gouer

    saam soos baba suig, en dit lei tot

    verminderde bloeding gedurende die

    puerpuerium (tydperk wanneer die

    baba reeds gebore is).

    ) Gewigsverlies vir die moeder.

    ) Borsmelk is altyd gratis en gerede-

    lik beskikbaar, en boonop teen die

    regte temperatuur.

    ) Beskerming van die baba teen

    infeksie.

    Die eerste paar dae n die geboorte

    is daar baie klein hoeveelhede melk

    teenwoordig. In di tydperk is die

    mamma soms baie bekommerd dat

    die baba dalk te min melk inkry. Die

    sogenaamde eerste melk staan as

    kolostrum bekend. Dit is baie

    proteenryk, bevat immunoglobuline

    wat baba teen infeksies beskerm, het

    n laer vet-samestelling en koolhidrate

    as die melk wat later geproduseer

    word en is baie ryk aan vitamiene en

    minerale. Dus is dit baie belangrik

    vir die baba om dit in te neem, en al

    lyk dit soms min, is dit voldoende.

    Borsmelk het die ideale samestel-

    ling vir die baba se behoeftes. Boonop

    verskaf dit sekuriteit aan die baba

    wanneer die mamma se hartklop en

    noue aanraking tydens borsvoeding

    gevoel kan word. Dit lei ook tot n

    beter band tussen die mamma en

    haar baba.

    n Goeie riglyn om te evalueer of

    die baba genoeg borsmelk inneem, is

    om te kyk na baba se aantal nat en

    vuil doeke. Die normale getal nat

    doeke behoort minimum ses tot agt

    doeke in 24 uur te wees, en ongeveer

    twee tot vyf stoelgange per dag vir n

    baba jonger as ses weke.

    Wanneer die baba binne die eerste

    tien dae gelukkig en tevrede is n

    tien dae en gewig optel, is die

    borsmelkhoeveelhede genoeg.

    Rig enige vrae oor borsvoeding aan

    die Mediclinic Kathu by 053-723-3231.

    Praat met suster Marlize Kruger of

    suster Yolandi van Deventer.

    ) Gesondheidswenke verskaf deur

    Mediclinic Kathu.

    Ma se

    melk

    beste

    keuse

    DIEKalahari Bulletin kyk vandag

    na die uitdrukkingWerk dat jy die

    kromme note haal.

    Dit beteken baie hard werk.

    Waar kom dit vandaan?

    Eenmoontlike verklaring is dat

    dit uit Kaatsheuvel in Nederland

    kom.

    As n blaasorkes besonder for-

    tissimo sou blaas, dan word ges

    hulle blaas die reguit af strepie

    van byvoorbeeld die agtste noot

    krom.

    Figuurlik gesproke beteken dit

    om iets met baie groot inspanning

    te doen.

    Wat beteken die uitdrukking

    Toe kom die waterlanders?

    Dit beteken om te begin huil.

    Waar kom dit vandaan?

    Waterlanders is eintlik die

    naam vir die bewoners van die

    moerasagtige, laagliggende dele

    van Holland, Broek en Water-

    land oordragtelik gebruik vir

    trane.

    Volgende is die idioomDie eerste

    gewin is kattegespin.

    Dit beteken wat n nuweling in

    n spel wen, word gewoonlik weer

    later verloor.

    Waar kom dit vandaan?

    Kattegespin is moontlik net vir

    die rymgebruik,maardaar is dalk

    ook ander verklarings.

    Die gespin van n kat bring niks

    voort nie en is niks werd nie.

    Die ander oplossing is dat katte-

    gespin aan katteliefde gelyk gestel

    kan word.

    Dit is n valse liefde, want n kat

    sal een oomblik nog spin en dan

    skielik sy eienaar krap.

    (Met erkenning aan Maroela

    Media).

    Beoefen jy fotografie of is jy

    deel van die fotografieklub

    op jou dorp? Ken jy n inte-

    ressante mens op jou dorp?

    Het jy mooi fotos van die

    Kalahari geneem? Is daar in-

    teressante dinge by jou kerk

    of skool aan die gang? Is jy

    of jou werkgewer/maat-

    skappy betrokke by n ge-

    meenskapsprojek? Laat

    weet gerus Kalahari Bulletin

    deur n e-pos te stuur na

    [email protected]

    of bel haar by 079-831-5579

    DIT is landwyd so droog, dalk bring die mooi gedig n mate van verligting.

    Die dans van die ren

    O die dans van ons Suster!

    Eers oor die bergtop loer sy skelm,

    en haar oge is skaam;

    en sy lag saggies.

    En van ver af wink sy met die een hand;

    haar armbande blink en haar krale skitter;

    saggies roep sy.

    Sy vertel die winde van die dans

    en nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.

    Die grootwild jaag uit die vlakte,

    hulle dam op die bulttop,

    wyd rek hulle neusgate

    en hulle sluk die wind;

    en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.

    Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,

    en hulle kruip nader en sing saggies:

    Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!

    En haar krale skud,

    en haar koperringe blink in die wegraak van die son.

    Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;

    sy trap af van die hoogte;

    sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;

    die asem van die wind raak weg.

    O, die dans van ons Suster!

    Eugne Marais

  • 10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

    Besoek gerus die Kalahari

    Bulletin se webwerf by

    www.kalaharibulletin.co.za

    Ilse Watson

    DIT is asof die goeie fee haar towerstaffie oor die

    Horskool Postmasburg geswaai het: Die skool

    spog nou met n pragtige nuwe voorkoms.

    Die Kolomela-myn het geld aan die skool vir

    die opknappingswerk beskikbaar gestel. Projek-

    te soos n geplaveide parkeerterrein vir onder-

    wysers, die nuut maak van die ingang van die

    skool, n nuwe personeelkamer en omheining vir

    die skool is gedoen. Die veranderings het in Mei

    2012 begin en is onlangs voltooi.

    Die jeug van vandag is die vakmanne, inge-

    nieurs en geolo van mre. Vir Kolomela is dit

    belangrik om in hul toekoms te bel. Enige beleg-

    ger sal saamstem jy bel geld in n instansie wat

    opbrengste lewer.DieHorskool Postmasburg le-

    wer leerlinge wat n groot verskil kan en wil

    maak, sGeorgeBenjamin, bestuurder: openba-

    re betrekkinge van die Kolomela- myn.

    Dit is belangrik dat ons kinders nie tegnolo-

    gies gestrem bly in n era van U-Tube, Ipads en

    e-boeke nie. Ongeag talle negatiewe mediaberig-

    te bly die onderwys vandag n opwindende plek

    om te wees. Ons lewe in n tegnologiese era waar

    jy omtrent enigiets tot voordeel van die leerlinge

    van die internet kan kry, s Mariaan Coetzee,

    hoof van Horskool Postmasburg.

    Mynhelp skool opknap

    GASTE wat die geselligheid vir die opknappingswerk bygewoon het. Van links is Ma

    riaan Coetzee (skoolhoof), Danny Smith, Anell Smith, Adie Liebenberg, Aart van den

    Brink (bestuurder: Kolomelamyn), Arina van den Brink, Gerhard Nel en Gerhard

    Brand. Foto: Verskaf

    Lecrecia Prins

    INWONERS van die provinsie kry vanjaar

    weer gratis toegang tot al die nasionale parke

    in die omgewing.

    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SAN-

    Parke) se kulturele dag word vanjaar op 18 Sep-

    tember in die Ai-Ais-Richtersveld-oorgrens-

    park gevier.

    Nasionale Parkeweek word ook daar gevier.

    Di week vir die ariede streke van SANParke

    word van 9 tot 13 September in samewerking

    met die departement van finansies, ekonomiese

    ontwikkeling en toerisme gehou.

    SANParke se ariede streekbestaanuit vyf na-

    sionale parke, insluitend die volgende: die Kga-

    lagadi-oorgrenspark, Augrabies-waterval- Na-

    sionale Park, Namakwa- Nasionale Park, Rich-

    tersveld-oorgrenspark en Mokala- Nasionale

    Park.

    Volgens Gabrielle Venter, woordvoerder van

    SANParke, is die fokus op gratis toegang tot die

    parke vir almal.

    SANParke se visie, om met die samelewing

    teverbind, is die ruggraatvandiekultureledag.

    Dit gee die verskeie ariede streke n geleent-

    heid om nie net hul kultuur ten toon te stel nie,

    maar ook hul besondersheid en ooreenkomste

    te beklemtoon.

    Kulturele aktiwiteite soos sang, dans en sto-

    rievertelling gaan deel daarvan uitmaak.

    Kuier gratis in ariede parke

    TYDENS Nasionale Parkeweek van SANParke se ariede parke kan inwoners van die provinsie

    di parke gratis besoek. Dit is n gulde geleentheid om van 9 tot 13 September die verligte val

    in die Augrabieswaterval Nasionale Park te besoek. Foto: Anena Burger

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 11

    VANJAAR se blommekyk in Namakwaland beloof om nog mooier te wees

    nadat die streek goeie ren en sonskyn beleef het. Lesers wat beplan om

    die blommestreek te besoek kan die verskeie toerismekantore bel: Tankwa

    NasionalePark: 0273411927;Hantamgebied: 0273412203;NamakwaNa

    sionale Park: 0276721948; Namakwatoerismekantoor: 0277128036. Toeriste word aange

    raai om hul verblyf vroegtydig te bespreek.

    KATHU se verkeersirkels kan nogal

    kopkrap veroorsaak en menige be-

    stuurder het al noue ontkomings be-

    leef.

    Ongeag vanwat jy dink, jy kan on-

    gelukkig nie sommer net ry waar jy

    wil en van bane verander soos dit

    jou pas nie.

    Hier volg handige riglyne oor hoe

    om die sirkels te navigeer (sien dia-

    gram).

    Waarheen jy gaan, hang alles af

    van aan watter kant van die pad jy

    bestuur soos jy nader aan die sirkel

    kom.

    ) Die geel pyltjies dui aan daar is

    slegs twee moontlike roetes wat ge-

    volg kan word wanneer jy aan die

    linkerkant van die pad ry.

    ) Die blou pyltjies dui ook aan dat

    jy twee moontlike keuses het wan-

    neer jy in die regterbaan is.

    ) Die rooi pyltjies dui aan wat som-

    mige mense doen wanneer hulle in

    n sirkel bestuur en dit is die soort

    van optrede wat tot ongelukke kan

    lei.

    )Waarheen gaan die blou pyl-

    tjies?

    Wel, dit is vanselfsprekend.

    Die rels begin weer van voor

    af jy kan reguit aanhou of regs

    draai.

    Volg rels by sirkel

    en vermy ongeluk

    DIE diagram verduidelik hoe om n sirkel te navigeer. Foto: Verskaf

    VANJAAR se blommekyk in Namakwaland beloof om nog mooier te wees

    nadat die streek goeie ren en sonskyn beleef het. Lesers wat beplan om

    die blommestreek te besoek kan die verskeie toerismekantore bel: Tankwa

    NasionalePark: 0273411927;Hantamgebied: 0273412203;NamakwaNa

    sionale Park: 0276721948; Namakwatoerismekantoor: 0277128036. Toeriste word aange

    Foto: Ilse Watson

    Volg rels by sirkel

    Knipoog van

    die lekkerte

  • 12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

    Dinamiese vroue leefmet passie

    Marda Oosthuizen

    Wat beteken Vrouedag

    vir jou?

    As dit nie vir Vrouedag was

    nie, het ons seker nooit spon-

    taan hulde aan voorloper-

    vroue gebring nie. Ek dink op

    Vrouedagaanvrouewat npo-

    sitiewe bydrae lewer om in

    haar gesin, haar gemeenskap

    en land n verskilmaker te

    wees.

    Wat dryf jou as vrou

    voort?

    My passie vir die lewe. My

    liefde vir die Here. Hy het my

    met spesifieke gawes en talen-

    te geskep en ekmag dit nie net

    vir myself hou nie. Ek is n ge-

    sende vrou en daaromwil ek

    so graag teruggee.

    Die vroue-optog daardie

    dag in 1956, wat dink jy het

    dit vir vrouevanvandagbe-

    teken?

    Dit het aan daardie vroue

    ongelooflik selfvertroue ge-

    gee. Hulle moes opstaan teen

    dit wat hul menswaardigheid

    gesteel het en hulle het stand-

    punt ingeneem om op te staan

    vir dit waarin hulle geglo het.

    Ek dink dit kan vandag nog

    vir ons nmotiveringwees om

    op te staan vir waarin ons glo.

    Hoe sou jy n dinamiese

    en gedrewe vrou beskryf?

    Dinamiese vroue is ge-

    woonlik gedrewe. Hulle leef

    met passie en maak n verskil

    inmense se lewe.Mense neem

    kennis van n dinamiese vrou.

    Dinamiese vroue loop nie

    oor mense nie, hulle neem

    mense saam.

    Beskou jy jouself so?

    Sjoe, ek het groot bewonde-

    ring vir dinamiese vroue. Ek

    het sulke vriendinne. Ek sien

    myself as gedrewe, maar

    droom nog daarvan om dina-

    mies te kan wees.

    Wat beteken vrouwees

    vir jou?

    Vrouwees is vir my n ge-

    skenk. Ek is uniek. Ek kan,

    soos wat God bedoel het ek as

    vrou moet wees, leef. Vrou-

    wees beteken nie om minder-

    waardig of ondergeskik te

    wees nie. Ek beskou my vrou-

    wees ook as n ongelooflike

    groot voorreg . . . dat ek sag

    mag wees, dat ek mense met

    liefde mag bedien, dat ek in n

    harde, ongenaakbare wreld

    anders mag wees.

    Elize Boshoff

    Vrouedag is n baie spesiale

    dag wat ek graag wil opdra

    aan alle vroue, my vriendin-

    ne, my drie dogters en klein-

    dogter, dat hulle sal weet hoe

    spesiaal hulle vir my is. Ek

    sou graag vir elkeen van hulle

    n blommekrans wou vleg en

    hul daarmee wou sen.

    Wat dryf jou as vrou

    voort?

    Om n verskil te maak in al-

    mal se lewe watmy pad kruis,

    al is dit net die veiligheidswag

    wat my trollie met kruide-

    niersware stoot.

    Die vroue-optog daardie

    dag in 1956, wat dink jy het

    dit vir vrouevanvandagbe-

    teken?

    Daardie geskiedkundige

    dag het bygedra tot die bevry-

    ding van die vrou wat mens-

    waardigheid en gelyke regte

    betref. Ek het groot bewonde-

    ring vir daardie vrouewat on-

    danks baie gevare tog stand-

    punt kon inneem.

    Hoe sou jy n dinamiese

    en gedrewe vrou beskryf?

    nDinamiesevrou is nvrou

    wat weet waarheen sy op pad

    is en opgewonde saammet an-

    der raak om n doelwit te be-

    reik en n verskil te maak in

    dit waarmee sy besig is.

    Beskou jy jouself so?

    Ek streef voortdurend na

    die bereiking vanmy doelwit-

    te en probeer voortdurend om

    ander te verryk en te moti-

    veer.

    Wat beteken vrouwees

    vir jou?

    Vrouwees beteken vir my

    meer as dit wat ons van buite

    sien . . . dit beteken virmy om

    mygesin te versorg en te koes-

    ter, om n goeie luisteraar te

    wees, om teweet ek is kosbaar

    vir my Vader, om die regte

    van vroue te versinnebeeld en

    om as vrou in Jesus se voet-

    spore te loop.

    MARDA OOSTHUIZEN

    ELIZE BOSHOFF

    Lynn-Mari Olivier

    DIE datum 9 Augustus 1956 het die geskiedenisboeke ge-

    haal, dit was onvermydelik.

    Di dag is sinoniem met vrouwees en het baie simbo-

    liek. Op di dag in 1956 het ongeveer 20 000 vroue van

    verskillende ouderdomme en van verskillende rasse in

    protes na die Uniegebou in Pretoria opgetrek. Hul rede:

    onderdrukkende wette teen vroue. Die optog was deur

    viermerkwaardigevroue,HelenJoseph,RahimaMoosa,

    Sophie Williams en Lilian Ngoyi, gelei.

    En die dag, 9 Augustus 1956, was die begin van die

    vroulike dinamika.

    Ter viering van Vrouedag vandag het Kalahari Bulle-

    tin met Marda Oosthuizen en Elize Boshoff, welbekend

    aan die Kuruman-gemeenskap, gaan gesels om presies

    uit te vind wat vrouwees vir hulle beteken.

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 13

    AANDAG: ALLE GROOT

    MANS! Groot nommers in

    winkel beskikbaar.

    Kontantafslag gewaarborg.

    Specials vir die week!

    Uitgesoek vir die somer.

    Kortmouhemde - R100

    Kortbroeke - R150

    The Nu-Shop, Palm Gate-

    sentrum, Hoofstraat, Kuru-

    man.

    Tel. 053 712 1264.

    DRIEWIEL-CELINO-

    babastootwaentjie met

    draagbare kot en Celino

    Luxury- opslaanbare

    Camping Cot en loopring,

    R5 800. Skakel 072 537 2449.

    BASSETHONDJIES. Baie

    lief vir kinders. Driekleur.

    Ingent en ontwurm. Foto's

    via MMS of e-pos. R1 500

    elk. Skakel Willemien

    083 669 9068 of 078 457 0889.

    SOEK NA 'N GOEIE twee-

    dehandse karavaan. Skakel

    Elretha 083 561 6705.

    C

    O

    L

    U

    M

    B

    I

    A

    -

    9

    -

    1

    0

    -

    0

    8

    -

    K

    B

    -

    L

    H

    Columbia

    Carpets/

    Blinds

    053 712 1961

    053 712 2068

    DIE NUTSMAN

    Vir alle loodgieterswerk,

    verf, daklekke, staalwerk,

    e l e k t r i e s , t e l s , s t owe ,

    wasmasjiene, herstelwerk in

    en om die huis. Skakel

    082 752 1600.

    VERWYDERING VAN

    BOUROMMEL en

    tuinvullis in Kuruman-area.

    Vir gratis kwotasie skakel

    Deoni Stander 072 141 6965 of

    Ulrich Stander 083 675 5859.

    WENDYHUIS TE HUUR

    IN WRENCHVILLE. R500

    deposito, R2 000 p.m. Skakel

    083 366 9473.

    ACCOMMODATION TO

    LET for 12 - 14 persons, self-

    catering. All rooms

    equipped with fridge, kettle,

    microwave, DStv, flatscreen

    TV, air-conditioner, bed,

    curtains and own entrance.

    Electric gate and large

    parking area. Available

    01/08/2013. Phone Christine

    082 440 7701.

    VERBLYF beskikbaar in

    Kuruman vir

    kontrakteursfirma. 11

    kamers met DStv, selfsorg.

    Skoonmaak en wasgoed

    word gedoen. R60 000 p.m.

    Skakel Dirk 079 877 7134.

    Vakansieverblyf-Stellen-

    bosch:Billike dubbel en

    enkelkamers beskikbaar in

    goedtoegeruste Koshuis van-

    af 9 Des 2013 tot 2 Jan

    2014.Sentraal gelee.

    (021 887 1583

    ISUZU 250D, 2001 R48 500.

    1999 Toyota 2.4 R42 500.

    Phone 072 472 8686.

    ISUZU 250D, 2007

    R58 500. 1995 Mazda 1800

    R25 500. Phone 072 472 8686.

    CORTINA, 1985 R 11 500.

    1995 Lazer R15 500. 1990

    Kadette R16 500. Phone

    072 472 8686.

    DVD 2.5, 2006 - R75 000.

    2007 Go-Now R39 500. Phone

    072 472 8686.

    GOLF 2, 1.8 R19 500. 1996

    Sentra 1.6 R24 500. Phone

    072 472 8686.

    JETTA 3, 1998 R26 500.

    2004 Tazz - R39 500. Phone

    072 472 8686.

    MAZDA 323: Agter ge-

    stamp, te koop. Maak 'n aan-

    bod. Skakel 082 968 2011 of

    073 014 7693.

    KURUMANKURUMAN

    TE HUUR

    Woonstel

    2-slaapkamer,

    R7 700.

    Meenthuise:

    3 slaapkamers,

    2 badkamers,

    enkelmotorhuis.

    R9 900 R11 000.

    Huise

    3 slaapkamers,

    2 badkamers.

    R12 100

    R15 000.

    3 slaapkamers,

    2 badkamers,

    stoorkamer met n

    aparte buitekamer,

    swembad,

    3 x motorhuise.

    R16 500.

    Skakel Elretha

    083 561 6705

    053 712 3123

    KE REKISA NTLO YA

    kamore tse supa (7). Phone

    071 285 6940 or 079 614 0640.

    Veritas Eiendomme

    TE KOOP

    SKAKEL ELIZE

    083 383 8372 of

    ESTELLE 072 359 0781

    E-mail:

    [email protected]

    OF

    [email protected]

    1. 2 le erwe in Mothibistadt,

    R150 000 vir beide

    2. Le erf in Mothibistadt,

    R75 000

    3. Erwe beskikbaar in

    kompleks (erf en plan) - erwe

    reeds gediens, R400 000

    Verskeidenheid huise

    te koop

    TE HUUR

    Verskeidenheid

    eiendomme te huur.

    SKAKEL JUANITA

    078 159 7426

    E-mail:

    veritaseienkuruman

    @gmail.com

    Besoek gerus ons

    webtuiste

    www.veritaseiendomme

    .co.za

    Skakel ons gerus,

    ons help graag.

    KURUMAN

    Huis te koop Kuruman

    5 slk, 1 aantrekkamer, 2

    badk, sitk, eetk, kombuis,

    werksk, opwas en wask,

    lapa, swembad, 2 m/h,

    afdak,

    sekuriteitsomheining,

    groot erf en gevestigde

    tuin. R2 080 000.

    Te koop

    Besigheidsperseel en

    gebou.

    Industrile gebied,

    Kuruman. R2 000 000.

    Besigheidsperseel, gebou

    en toerusting.

    Industrile gebied.

    Kuruman. R2 250 000

    Huis te huur: Kuruman

    4 slk, 2 badk, kantoor, ruim

    sit, eetk en kombuis,

    spens, wask, buitek,

    2 motorhuise, stoep,

    koopkrag, boorgat.

    R15 000 p.m.

    Skakel Annatjie

    076 395 9422.

    053 712 0487.

    H.S. Gers

    In die boedel van wyle Hes-

    ter Sophia Gers,

    identiteitsnommer

    350327 0011 083, voorheen

    woonagtig op plaas Khaw,

    Kuruman.

    Boedelnommer: 354/2013.

    Skuldeisers en skuldenaars

    in bogemelde boedel word

    versoek om hul vordering in

    te lewer en hul skulde te be-

    taal by die kantore van

    ondergenoemde binne 30 dae

    vanaf 8 Augustus 2013.

    Besmar Ouditeure

    Tel. 053 712 3569

    Bearestraat 43,

    Postnet Suite 138,

    Privaatsak X1532, Kuruman

    8460.

    P.L. van Tonder

    In die boedel van wyle

    Philip Lodewyk van Tonder,

    identiteitsnommer

    321119 5026 083, woonagtig

    op plaas Mooihoek, Kuru-

    man.

    Boedelnommer: 406/2013

    Skuldeisers en skuldenaars

    in bogemelde boedel word

    versoek om hul vorderinge

    in te lewer en hul skulde te

    betaal by die kantore van

    ondergenoemde binne 30 dae

    vanaf 8 Augustus 2013.

    BESMAR OUDITEURE

    Bearestraat 43, Postnet Suite

    138, Privaatsak x 1532, Kuru-

    man 8460.

    Tel. 053 712 3569

    WARRIOR VIAGRA:

    Nou in Kuruman beskik-

    baar. Sterker, langer

    ereksie. Hou 10 keer langer

    uit. Verbeter jou sekslewe

    ten volle. 100%

    geldterugwaarborg. 100%

    veilig (medies getoets).

    073 894 5273

    073 522 8346. Beskikbaar by

    Jimmy's Drankwinkel,

    h/v Livingston- en Short-

    straat, Kuruman & Uping-

    ton Hannes 078 722 4631.

    Die gebruik van die letter

    , leestekens soos

    of of die gebruik van

    syfers met die doel om die

    advertensie na die bopunt

    van die klassifikasie-lys te

    skuif, is streng verbode.

    "A" "!"

    "*"

    SMALLS NOTICE

    AANDAG

    ALLE

    ADVERTEERDERS

    SOEK, KOOP, VERKOOP

  • 14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 15

  • 16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

    B

    E

    T

    R

    E

    K

    K

    I

    N

    G

    S

    B

    E

    T

    R

    E

    K

    K

    I

    N

    G

    S

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 17

  • 18 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013 19

    Anl Viktor

    DAAR is maniere om daardie irriterende

    Facebook-inskrywings van jou nuusstroom

    te verwyder.

    Facebook is n aanlyn-uithangplek vir

    mense en vriende, maar ander kere is di

    platform n ongemaklike onthaal waar jy

    wens jy kon van die gaste onder die tafel

    inskop.

    Dalk het jy Facebook-vriende wat gereeld

    politieke aanmerkings op hul Facebook-blad

    maak, ongevraagde detail oor hul persoonli-

    ke lewe uitblaker of jou teen die mure

    uitdryf met hul swak spelling of foto-albums

    vol selfies (dis nou fotos wat hulle van

    hulself neem).

    Niks keer jou om die unfriend-knoppie

    te druk nie, maar hoe gemaak as die

    Facebook-pes jou man se werkgewer of dalk

    selfs n familielid is?

    Facebook gaan hulle nie van jou besluit

    in kennis stel nie, maar sodra hulle probeer

    om jou blad te besoek en die Add

    Friend-knoppie daar sien, gaan hulle weet

    jy het tot die uiterste gegaan.

    Daar is egter maniere om van mense

    ontslae te raak snder om hulle in die

    gesig te vat:

    Kliek op die klein afwaartse pyltjie aan

    die bokant van jou Facebook-vriend se

    inskrywing en kliek dan op Hide.

    Facebook maak seker di inskrywing

    word van jou nuusstroom verwyder en gee

    jou ook die opsie om jou nuusstroom verder

    te organiseer.

    As jy wil weet wat in jou vriend Ben se

    liefdeslewe aangaan, maar nie sy nuutste

    Facebook-status wil lees nie, kliek op

    Change what updates you get from Ben en

    verwyder die regmerkie langs Status

    Updates.

    Jy kan op dieselfde manier te werk gaan

    as jy nie Ben se opmerkings, fotos, videos,

    speletjies en likes wil sien nie. Jy het ook

    die opsie om Ben te unfollow.

    Julle is dan steeds Facebook-vriende,

    maar jy gaan nie weet wat hy alles kwyt-

    raak deur na jou nuusstroom te kyk nie.

    Hiervoor sal jy sy Facebook-profiel moet

    besoek.

    Om n Facebook-vriend te unfollow,

    gaan na die persoon se Facebook-blad en

    klik op die Friends-knoppie.

    Jy het nou die opsie om die regmerkie

    langs Show in news feed te verwyder.

    Met die Organise who you see in news

    feed-opsie kan jy n lys maak van kennis-

    se of di mense wie se Facebook-inskry-

    wings jy nie so gereeld in jou nuusstroom

    wil sien nie. Di opsie is ook nuttig wan-

    neer jy nie wil h jou kennisse moet j

    aktiwiteite gereeld op Facebook kan volg

    nie.

    Wat van jou goeie vriende op Facebook

    di mense wie se aktiwiteite jy die graagste

    wil sien?

    As jy op die hoogte wil bly van wat jou

    nabye familie of vriende op Facebook doen,

    gaan na jou nuusstroom en kliek op

    Friends.

    As di opsie nie aan die linkerkant van

    jou nuusstroom sigbaar is nie, kliek eers op

    More onderaan die kassie vir meer opsies.

    Kies Close Friends en maak dan n lysie

    van jou belangrikste Facebook-vriende deur

    die Manage List-opsie te gebruik. Jy kan

    mense byvoeg of van die lys afhaal so

    gereeld soos jy wil.

    As jy wil h Facebook moet jou laat weet

    sodra jou beste vriendin haar troufotos

    oplaai, kliek op Privacy Settings aan die

    bokant van jou Facebook-bladsy onder die

    rat-teken, dan Notifications en dan Close

    Friends activity.

    Jy kan kies of jy kennisgewings oor jou

    nabye vriende se doen en late op Facebook

    of selfs per e-pos wil ontvang.

    Kies s jou veiligheidsmaatrels:

    Niks wat jy op Facebook s, is werklik

    privaat nie.

    Di sosiale netwerk bring egter gereeld

    veranderinge aan om gebruikers meer

    beheer te gee oor wat hulle deel.

    ) Om strenger veiligheidsmaatrels vir jou

    profiel te kies laat gly die pyltjie tot aan die

    regterkant van jou Facebook-blad en kliek

    op Privacy Settings onder die rat-teken.

    Die kortpad Privacy Shortcuts (onder die

    slot-teken) werk net so goed.

    Hier kan jy jou verstellings vir privaat-

    heid verander.

    Kliek op Who can see your future

    posts?. Maak seker dit is nie op Public

    gestel nie (behalwe as jy nie omgee wie

    almal jou Facebook-inskrywings kan sien

    nie).

    ) Jy kan ook n lys maak van di Facebook-

    vriende wat jy wil h jou inskrywings moet

    kan sien, maar dit is net so maklik om te

    spesifiseer wie wat sien wanneer jy n

    status-inskrywing maak.

    Kliek op die Friends-knoppie voordat jy

    die Post-knoppie druk en kies wie jy as

    jou gehoor wil h.

    ) Die Activity Log is veral nuttig as jy

    wil weet of die fotos van jou wilde rampar-

    tytjie Facebook gehaal het of nie. Jy kan al

    die inskrywings en fotos sien waarin jy

    ge-tag is en kan jouself untag as jy wil.

    ) In die afdeling Timeline and Tagging

    kan jy kies wie wat op jou Facebook-blad

    sien, wie inskrywings op jou blad kan maak

    en besluit wie jou in n foto of inskrywing

    mag tag.

    ) Blocking is vir Facebook-gebruikers wat

    verder wil gaan as om iemand te ontvriend.

    Dit kan iemand keer om jou Facebook-

    vriend te wees en is veral nuttig as jy van

    bekruipers ontslae wil raak, want hulle kan

    jou glad nie op Facebook sien nie.

    ) Daar is ook hulp as jou vriendin dink jy

    wil heeltyd saam met haar FarmVille, of

    enige ander Facebook-speletjie, speel. Kliek

    net op Block app invites.

    Pasmaak jou

    Facebook s

    SUIDAFRIKANERS op Facebook. Foto: Verskaf

    Niks keer jou om die un

    friendknoppie te druk nie,

    maar hoe gemaak as die

    Facebookpes jou man se

    werkgewer of dalk selfs n

    familielid is?

    DIE volgende persoonlikhede

    kan jou dalk laat wens jy was

    nooit op Facebook nie:

    ) Die blaasbalk se profiel wys

    Instagram-fotos van hul onge-

    looflike wegbreeknaweek by n

    duur spa, die blomme en

    verjaardaggeskenke en die soesji

    of croissants wat hulle vir

    middagete bestel.

    ) Jy sal die Oprah herken

    aan die magdom inspirerende

    aanhalings, fotos van sonsop-

    komste en motiverende bood-

    skappe op die se Facebook-blad.

    ) Die Kom-ek-vertel-jou-alles-

    van-my-vriend. Nee, al jou 250

    Facebook-vriende wil regtig nie

    weet jy het n Steers-burger op

    die lughawe gesit en eet omdat

    jou vlug Kaapstad toe vertraag

    is nie.

    ) Die morpot se Facebook-

    blad is n uitgerekte monoloog

    waarin hulle kla oor alles van

    hoe min hulle die vorige aand

    geslaap het, hoe koud die

    badkamervloer is tot hoe sleg

    dit met hulle by die werk gaan.

    ) Die trotse mamma het n

    iPhone en n baba, wat beteken

    elke uitstappie of oulike

    uitrusting word op kamera

    vasgevang.

    Profiel

    spreek

    boekdele

    Gaan loer

    gerus n

    bietjie

    na die

    Kalahari Bulletin

    se Facebookblad

  • 20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

    AANDAG, alle sportklubs en skole op Kathu, Postmasburg,

    Deben en Olifantshoek: Stuur asseblief jul sportnuus en

    fotos. Kalahari Bulletin plaas dit met graagte. Skryf aan

    [email protected] of bel haar by 079-831-5579

    Ilse Watson

    DIE afgelope naweek het die Horskool Kathu,

    Horskool Postmasburg en Horskool Duine-

    veld aan n sportdag by die Horskool Kathu

    deelgeneem.

    Die skole het in rugby, hokkie en netbal teen

    mekaar meegeding.

    Die uitslae is soos volg:

    Rugby:

    ) o.19A: Postmasburg teen Duineveld Post-

    masburg wen met 22-5.

    ) o.15A: Postmasburg teenDuineveld Duine-

    veld wen met 22-7.

    ) Duineveld se o.15-span teen Postmasburg se

    o.17-span Duineveld wen met 20-5.

    Hokkie:

    ) Postmasburg se A-span teen Duineveld B

    speel gelykop met 3 elk.

    ) Kathu se o.14-hokkiespan wen Postmasburg

    met 2-1.

    Netbal:

    ) Postmasburg o.19A teen Duineveld onder-

    17C: Postmasburg wen met 15-14.

    ) o.19B verloor teen Duineveld met 8-17.

    ) Postmasburg seo.15A-spanverloor teenDui-

    neveld se o.14A-span met 3-31.

    Skole spook

    sportsake uit

    HIER speel die o.16Arugbyspanne van die Horskole Kathu en Duineveld teen mekaar.

    Fotos: Ilse Watson

    DIE o.19Ahokkiespanne van die Horskole Kathu en Duineveld wat verlede Saterdag teen me

    kaar gespeel het.

    Besoek gerus die Kalahari Bulletin se

    webwerf by www.kalaharibulletin.co.za