kalender vir die week svlr-dagbestuur 2019 21 se… · stuur asseblief ‘n volledige cv na...

9
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou. Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/ KALENDER VIR DIE WEEK Maandag 24 September Vakansiedag: Erfenisdag Donderdag 27 September Afrikaans Vraestel 3 (graad 8 tot 11) Matriekafskeid Vrydag 28 September Engels Vraestel 3 (graad 8 tot 11) Skool sluit 11:00 SVLR-DAGBESTUUR 2019 Hoërskool Linden se SVLR 2018/2019 is tydens 'n spoggeleentheid ingehuldig. Die hoofleiers is ook tydens hierdie geleentheid aangekondig. Baie geluk aan elke leerder en sterkte met julle taak wat voorlê. Ons bedank ook graag die dagbestuur van 2018 vir die formidabele werk wat hulle gedoen het. Die dagbestuur vir 2019 is as volg: Hoofseun: Marig Engelbrecht Hoofdoger: Thinette du Toit Hoofleiers Sport: Dawid Axel en Mila Botha Hoofleiers Sosiale sorg: Timmy Schwartz en Simone Nel Hoofleiers Kultuur: Dawid Grunewald en Lily Dorfling 21 SEPTEMBER 2018

Upload: others

Post on 22-Jun-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

KALENDER VIR DIE WEEK

Maandag 24 September Vakansiedag: Erfenisdag

Donderdag 27 September Afrikaans Vraestel 3 (graad 8 tot 11)

Matriekafskeid

Vrydag 28 September Engels Vraestel 3 (graad 8 tot 11)

Skool sluit 11:00

SVLR-DAGBESTUUR 2019

Hoërskool Linden se SVLR 2018/2019 is tydens 'n spoggeleentheid ingehuldig. Die hoofleiers is ook tydens hierdie

geleentheid aangekondig. Baie geluk aan elke leerder en sterkte met julle taak wat voorlê. Ons bedank ook graag die

dagbestuur van 2018 vir die formidabele werk wat hulle gedoen het.

Die dagbestuur vir 2019 is as volg:

• Hoofseun: Marig Engelbrecht

• Hoofdoger: Thinette du Toit

• Hoofleiers Sport: Dawid Axel en Mila Botha

• Hoofleiers Sosiale sorg: Timmy Schwartz en Simone Nel

• Hoofleiers Kultuur: Dawid Grunewald en Lily Dorfling

21 SEPTEMBER 2018

Page 2: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

SPORT

Landloop

Baie geluk aan Gené Coetzee en Marig Engelbrecht met hul puik prestasies by die Gauteng-landloopkampioenskappe. Gené

behaal 'n eerste plek en Marig 'n sesde plek. Beide hierdie leerders dring deur na die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe

wat hierdie naweek plaasvind.

Tennis - Bethlehemtoernooi

Die top tennisskole in die land word jaarliks na die Bethlehemtoernooi uitgenooi. Hoërskool Linden het hierdie jaar sewe

spanne gehad wat aan dié toernooi deelgeneem het.

Dit is met groot trots dat ons aankondig dat Linden se seuns A-span hierdie jaar met die louere weggestap het. Hulle behaal

die algehele eerste plek. Dit is voorwaar ‘n besondere prestasie. Baie geluk aan Ryan Christensen, Jeandré Luddick, Morné

Coetsee, Ruben Kruger en Alec Beckley.

Die uitslae van die onderskeie spanne was as volg:

• Seuns A wen A- afdeling

• Seuns B eindig 5de in B-afdeling

• Seuns C eindig 17de in B-afdeling

• Seuns D eindig 14de in B-afdeling

• Dogters A eindig 4de in A-afdeling

• Dogters B eindig 5de in B-afdeling

• Dogters C eindig 8ste in B-afdeling

Page 3: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Dogtershokkie

Hoërskool Linden se dogtershokkie het as skool die Gryphongroep (B-poel) in die D10-hokkieliga gewen. Dit is ‘n doelwit wat

ons reeds vir vier jaar nastreef. Ons kan met trots sê dat die o.15A en o.16A-spanne onderskeidelik hul ouderdom se liga

gewen het. Ons is baie trots op al die hokkiedogters! Baie geluk!

Baie dankie aan al die afrigters vir julle belangrike insette!

KULTUUR

Lindenkoor

Die beoordelaars van die Nasionale Eistedfod (NEA) het Lindenkoor hierdie week ‘n klop op die skouer gegee. Die koor stap

weg met ‘n dosyn diplomas. Baie geluk Lindenkoor.

United Nations Debating

United Nations Debating bied 'n geleentheid vir leerders om navorsing te doen oor verskillende internasionale

aangeleenthede en dan daaroor te debateer in 'n groep.

Hoërskool Linden wen beste “position paper” by hierdie jaar se UN-debat.

Page 4: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Die span het bestaan uit Paula Prinsloo, Chloë van Deventer, Timmy Schwartz(navorsers), Lara van Heerden, Anique Botha

en Nina Hugo (sprekers).

Hierdie gedugte span het Brazilië verteenwoordig in 'n debat oor kernwapens.

Welgedaan span!

Serenade

Hoërskool Linden se serenadegroep verwerf ‘n diploma (92 %) by die Con Spirito Kunswedstryd hierdie week. Baie geluk

met hierdie puik prestasie. Dié groep is tans besig om voor te berei vir die ATKV-Animato A-Capellakompetisie wat in Oktober

plaasvind.

Tienertoneel

Tydens die Potchefstroom-streekfees het die Hoërskool Linden vanjaar puik presteer en verskeie toekennings ontvang. Die

geselsskap van https://ukuvuza.indawo.com, o.l.v. dr. N. van Niekerk en mnr. D. Jordaan het die volgende uitslae behaal:

• Goud – Teks

• Silwer – Regie

• Silwer – Beligting

• Silwer – Klank

• Silwer – Menine de Villiers (Spel)

• Silwer – Marig Engelbrecht (Spel)

• Silwer – Anya Erasmus (Spel)

• Silwer – Chloe Orton (Spel)

• Silwer – Dayna Vos (Spel)

• Silwer – Jacques Coetzee (Spel)

• Brons – Verhoogbestuur.

• Brons – Stelontwerp

• Brons – Kostuums

• Brons - Grimering

Page 5: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

SOSIAAL

Sake-ontbyt

Hoërskool Linden se immergewilde sake-ontbyt vind 12 Oktober plaas. Hierdie is ‘n geleentheid vir ouers en leerders om te

kom deel in insiggewende gesprekke rakende ons land se huidige sakegeleenthede en -tendense. Kaartjies kan by me.

Alicia Taljaard in die finansieskantoor gekoop word.

Page 6: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Artes

Hoërskool Linden se Artes bied ‘n kultuurskouspel wat jaarliks gehoorlede op die punte van hul stoele bring. Kaartjies is

beskikbaar by me. Alicia Taljaard in die finansieskantoor.

Page 7: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

ADVERTENSIES

Leadhome bied tans ‘n kompetisie aan waar Hoërskool Linden die geleentheid ontvang om R10 000 te wen. Ons moedig

graag ons ouers aan om in te skryf vir dié kompetisie. Die besonderhede om in te skryf is op die onderstaande advertensie

beskikbaar.

Page 8: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Vakante kleuteronderwyspos

Arbor Fairland Pre-Primêr, Fairland

Onderwyseresse met ‘n B.Prim ED of B.Ed-Grondslagfase Graad of ‘n Hoër

Onderwys Diploma in Junior en Pre-Primêre werk, word uitgenooi om

aansoek te doen.

-Halfdagpos vanaf Januarie 2019

-Markverwante salaris

-Afrikaanse Christelike Kleuterskool

-Klein klassies

-Aangename werksomstandighede

Stuur asseblief ‘n volledige CV na [email protected] of skakel Marina Theron

gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678 5336 vir enige verdere navrae.

Alle suksesvolle kandidate sal telefonies verwittig word van

‘n onderhoudsdatum.

Aansoeke sluit : 19 Oktober 2018

Page 9: KALENDER VIR DIE WEEK SVLR-DAGBESTUUR 2019 21 Se… · Stuur asseblief ‘n volledige CV na arborfairland@telkomsa.net of skakel Marina Theron gedurende 07:00 en 14:00 by 011-678

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/