julie - november 2012 maliewales - malieveld...

41
Julie - November 2012 MALIEWALES

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

1

Julie - November 2012

MALIEWALES

Page 2: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

2

INHOUD

Boodskap van Susan Janse van Rensburg

1

Boodskap van Mariette Joubert 3

Nuus uit Malievwld streek 4

SAVLU Verslag 5

SAVLU Gedig deur Rina Potgieter - Presidente

7

SAVLU Kongres - Kompetisie artikels

7

Malieveld Streekvoorsitster vat haar tas en loop!

9

Ware verhaal 9

Die Volkstappiserie Projek 1981 - Lina Venter

10

Gedig aan Rina 12

Gedig aan Mariette 13

Ontmoet ons takvoorsitsters 14

As Roikappiki vandag 'n tiener was

18

Stories uit ons streek: Barbeton 20

Stories uit ons streek: Finesse 20

Stories uit ons streek: Fleur-de-Lis

21

Stories uit ons streek: Lebombo 23

Stories uit ons streek: Loerie 24

Stories uit ons streek: Macadamia

24

Getuigskrifte se ware betekenis 25

Storietyd - Peggy le Roux 26

Die Evolusie van Resepte - Eunanza Farrell

28

Kersmark verslag 30

Wenke: Hersirkuleer idees - Sunette Barnard

31

Helpful Hints 34

Resepte 36

VLUM Kompetisies 2013/2014 38

VLU Malieveld Kompetisies 2013/2014

39

Slot gedagte - Mariette Joubert 41

Laaste woord - Susan Janse van Rensburg

41

Jaareinde is hier!

Ja, kan julle dit glo. En so kom ons weer aan

die einde van nog 'n jaar wat vol pret,

plesier, uitdagings, hartseer, blydskap,

voorspoed en teëspoed was. Elkeen van ons

het ons uitdagings gehad in die jaar wat

verby is, maar tog het ons staande gebly. As

ek terugkyk na my jaar, was dit beslis een

van die uitdaagendste jare in my eie lewe.

Maar wat so wonderlik is daarvan is dat elke

uitdaging en swaarkry wat ons beleef ons

tog net sterker maak. Ons elkeen bou

karakter deur al die eina en moeilikheid en

vreugde. Dis nie altyd maklik om te aanvaar

waar ons pad heen gaan nie, maar wanneer

jy eendag terugkyk na jou lewe sien jy

presies hoekom jy deur daardie tyd moes

gaan.

En met hierdie woorde en my 2de en laaste

Maliewales groet ek dan my VLU vriendinne

van die Laeveld. Want soos ons elkeen staan

ons as gesin voor 'n nuwe tydperk in ons

lewe. Nuwe uitdagings met nuwe

aanpassings. Maar soos ons ook weet word

ons nooit getoets bo ons vermoeë nie en sal

elkeen van ons deur die drif kom.

Onthou my vriendinne - vir elke opdraande

is daar wel 'n afdraande. Staan sterk in julle

uitdagings en steun op mekaar as

vriendinne. Dis mos hoekom ons vriendinne

het.

Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak

om al my VLU vriendinne te bedank. Die wat

my die laaste jaar so bygestaan het in die

ongelooflike groot omwentelinge wat ons

lewe geneem het. Ek waardeer julle almal.

En onthou, hierdie is nie totsiens nie. Dis

net koebaai tot volgende keer. Malieveld en

Page 3: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

3

almal hier sal altyd 'n baie spesiale plek in my

hart hê. Bou voort op wat julle het. En met die

leiding wat julle kry van julle dagbestuur, kan

julle net tot nuwe hoogtes gaan. Ondersteun

julle dagbestuur en word die beste streek in die

provinsie.

Sterkte met een en elk in die nuwe jaar wat

voorlê en 'n geseënde Christusfees vir julle

almal!

Met al my liefde

Susan Janse van Rensburg

Malieveld Streekskakel

www.vlumalieveld.weebly.com

Mariette sê:

My liewe Malieveld-vriendinne, Charles P McCormick het gesê: “Twee mense wat as ‘n span saamwerk, voer heelwat meer uit as drie wat elkeen op sy eie werk.” En dit som basies op wat die afgelope jaar in Malieveld gebeur het. Dis bykans onmoontlik om te glo dat die jaar al weer sy einde nader. Nou is ook ‘n baie besige tyd in ‘n VLU-vrou se lewe – van die kompetisie-artikels wat moet klaar tot elke bestuurslid wat 2012 moet afrond en haarfyn moet beplan vir 2013! (En al hierdie dinge moet rondom die ‘normale’ gesinslewe plaasvind!)

Baie dankie aan elke lid wat entoesiasties

deel was van haar tak en wat ons missie en

visie hierdie jaar ten volle uitgeleef het.

Dankie vir al die mooi boodskappe wat

hierdie jaar my pad gekruis het en die

vriendelike ontvangs by die takke waar ek

kon saamkuier – dit is voorwaar ‘n voorreg

om jul streekvoorsitster te wees.

Geniet die vrolike samesyn met vriende en

familie hierdie Kerstyd, mag almal die

wonderlike vrede beleef om te weet ons is

kinders van God en dat niks wat op ons pad

wag in 2013 sonder Sy beskerming en ewige

liefde sal wees nie.

VLU-liefde van huis tot huis, Mariette

Page 4: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

4

Ietsie Ekstra uit ons Streek

Al die dames by Fleur-de-Lis wens Janet

Algera baie geluk met haar

70ste verjaardag op 3 Oktober! Sy is baie

spesiaal vir ons en ook ons

lid met die meeste jare as VLU dame.

Cora Nienaber (Fleur-de-Lis) het 'n eerste

kleinkind ryker geword, baie geluk! Sy en

haar man was ook bevoorreg om by hul

dogter in Holland te gaan kuier

en verder te toer deur Noorweë en

Skandenawië.

Dora Marais (Fleur-de-Lis) gaan ook weer

trotse ouma in Februarie word! Dora is baie

lief vir toer en ook veral oorsee toer. Vanjaar

het sy België besoek asook 'n bootrit geneem

op die Ryn-en Moeselriviere.

Tans kuier Heleen Oberholser (Fleur-de-Lis)

en haar man by hul dogter Helena in

Australië. Sy trou op 20 Oktober in Bunbury,

Wes-Australië. Heleen,baie geluk by voorbaat!

Aan al die Loerietak-dames

Baie dankie vir al julle harde werk en vrolike

saamwees gedurende die jaar. Julle het net

weer bewys julle is staatmakers en ware

vriendinne. Dankie dat julle waardige VLU

vroue was, en dat ek dit saam met julle kon

uitleef. Sien uit om in 2013 weer saam met julle

te werk. Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige

Nuwe Jaar vir almal.

Sunette

Dan 'n eerste vir Fleur-de-Lis! Een van ons lede,

Bea van Biljon het 'n seun, Sabastian, ryker

geword op 26 September. 'n Volle 4kg en

53cm! Debbie Visser is die baie trotse ouma.

Baie geluk aan beide

hulle!

Aan al my VLU vriendinne

Mag julle ‘n vreugdevolle Christusfees

geniet, en ek bid dat die Nuwe Jaar net

mooi dinge sal inhou vir almal.

Sunette

Aan Rina Potgieter

Baie geluk met jou nuwe pos as VLUM

Presidente. Ons is baie trots op jou en weet

jy sal met jou nederige aard en mooi

persoonlikheid dit voluit doen. Baie sterkte

vir jou, ons bid vir jou.

Loerietak

Aan Susan van Rensburg

Ai, ons is so jammer om jou te verloor,

maar weet met alles is daar ‘n doel. Jy

moet net altyd onthou dat Jesus jou pad vir

jou bepaal, en ek glo daar waar jy gaan, is

daar ‘n werkie wat Hy wil hê jy vir Hom

moet doen. Jy moet met jou sprankelende

geaardheid almal se voete onder hulle uit

gaan slaan! Baie sterkte vir jou en jou

gesin.

Sunette

Page 5: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

5

Aan Nanette

Baie welkom as nuwe Streekskakel. Jy is

uitgeknip vir hierdie nuwe pos, en ons weet jy

sal dit met dieselfde entoesiasme as Susan

doen. Ons werk graag saam met jou.

Sunette

SAVLU VERSLAG

Dit was vir my ‘n voorreg om namens VLU

Mpumalanga dag twee se opening by SA

kongres te kon waarneem. Ek deel dit graag

met Malieveld vriendinne:

(Santa Kruger, Mariette Joubert en Rina Potgieter)

‘U het my gevorm, my aanmekaar geweef in

die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want

U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep’.

Wat U gedoen het, vervul my met

verwondering.’

In DIE BOODSKAP word dit so gestel: ‘Here, U

het my tot in die fynste detail gemaak. In die

baarmoeder het U my gevorm. Ek wil U prys

omdat U my so volmaak geskep het.’

And in THE GOOD NEWS BIBLE:

‘You created every part of me, you put me

together in my mother’s womb. I praise you

because you are to be feared; all you do is

strange and wonderful.’

God het vroue anders gemaak, elkeen uniek

en anders. Hy het jou hart, liggaam en siel

sekuur gevorm sodat jy net jy kan wees.

Hy wil hê jy moet jou kosbare vrouwees

raaksien, waardeer, geniet en koester.

Daar word baie druk op ons as vroue geplaas

en eise gestel om die perfekte model, ma,

eggenoot en vriendin te wees. Wat is ons

maatstaf en norm as vrou?

Die belangrikste is dat ons moet besef dat

ons kosbaar is vir God. Hy het ons elkeen

geskep soos Hy wil hê ons moet wees. Hy

het van die begin dit so beskik dat daar ‘n

vrou moet wees om die leemte in die lewe

van die man te vul. God het dit van die

begin af so beskik dat ek en jy op aarde

moet wees om ons vrouwees uit te leef en

dat ek en jy aan ‘n vroue organisasie sal

behoort waar ons ons vrouwees tot eer van

Sy naam kan uitleef God rus ons as vroue

toe om vrou te wees. Daar is niks wat ons

nodig het om werklik vrou te wees nie, dis

klaar deel van ons wese.

Die Here sal nie van jou verwag dat jy vrou

moet wees soos wat Hy wil hê jy moet wees,

as Hy jou nie daarvoor toerus nie. Elke vrou

word verskillend toegerus want ons is elkeen

uniek en anders en dit is hierdie andersheid

wat ons in onsself moet koester en bewaar!

God gee my die potensiaal om ‘n verskil te

maak in my andersheid, kom ons koester

ons andersheid! Sien raak wat jy werklik in

Christus is. Gee uiting aan jou potensiaal wat

God jou gegee het en vul jou lewensruimte

met jou uniekheid. Daar is nie ‘n tweede

een soos jy nie! Ons moet vrouwees in eie

Page 6: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

6

reg bly, ongeag alles wat ons doen en aanpak.

Ons moet ons menswees koester, ons

vrouwees koester, ons verhoudinge koester en

ons vriendskappe koester.

Die bekende Spreuke 31 v 10-31 gee miskien

een van die mooiste beskrywings van ‘n vrou

wat haar rol as vrou reg vervul – ‘n vrouwees

voorbeeld wat ons almal nastreef!

Eva was die volmaakte vrou toe God haar

geskape het, maar Sy het gekies om God en

haarself te verraai. Sy wou meer wees as wat

God vir haar bedoel het. Van toe af stoei sy om

weer die volmaakte balans binne in haar self te

kry. Ons is ook maar Evas wat soek na onsself,

soek na ons eie waarde, en glo ons moet meer

wees as wat God vir ons bedoel het om te

wees, want dis mos wat die wêreld van ons

verwag!

Die vrou wat haar vreugde, haar vrede en haar

vertroue koester in haar Skepper, dit is die vrou

wat werklik haar vrouwees kan uitleef en

verseker weet dat God haar in haar vrouwees

ook sal bewaar.

Daarom, koester ook jou vriendin se

andersheid en haar unieke vrouwees sodat julle

saam kan wees wat God vir julle bedoel het om

te wees. Jy leef net een keer, maar een keer is

genoeg! Koester hierdie een lewe! Waardeer

die vriendin wat vir jou tyd vind op haar

kalender, maar koester die vriendin wat nie

eers haar kalender raadpleeg om vir jou tyd te

vind nie Kom ons koester mekaar se

verskillende persoonlikhede, want ons kan

elkeen van mekaar leer. As ons na die Bybel kyk

sien ons Martha was die aan die gang

tuisteskepper, Lydia was die gasvrye een,

Naomi was die vrou wat swaarkry geken het,

Rebekka was die vrou wat onderskeid gemaak

het tussen haar kinders, Rut was die vrou

wat vir God gekies het, Ragel was die vrou

vir wie uiterlike skoonheid belangrik was,

Lea was die vrou wie se man haar nie

liefgehad het nie, Herodias was die vrou

wat deur wraak verteer was, Potifar was

die vrou wat geen gewete gehad het nie,

Tabita was die vrou wat altyd besig was om

goed te doen - so het elkeen van ons ook

ons

sterk punte en tekortkominge, maar kom

ons kyk verby dit en ons kyk na mekaar

deur God se oë, want vir Hom is ons

elkeen kosbaar en spesiaal, hoe dan anders

om dan opnuut weer jou vrouwees te

koester?

Mag elke Malieveld vriendin ook in hierdie

Kerstyd wat voorlê haar geliefdes koester

en na elkeen kyk deur God se oë

VLU liefde

Rina Potgieter Presidente VLU Mpumalanga

Page 7: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

7

SAVLU GEDIG

RINA POTGIETER

By SA kongres is ons verryk, het ons gekuier en

selfs gebrei,

ons leer van protokol, orgaanskenking en van

ons het halfpad in ‘n Landrover gery!

Ons hoor van die ‘Tert van die jaar’ of is dit die

‘Jaar van die tert’?

Ons geniet die skaap ontbening - daai twee

vroue is sowaar hulle sout werd.

Ons sing saam met Luan de Beer en kuier

lekker soos net VLU vroue kan

Ons leer meer oor die aartappel en ‘Flower

bom’ by Monsanto se man.

Ons geniet ‘n aand van Musiekpret en lekker

saam lag,

VLU Mpumalanga wen derde plek met die

kompetisies die dag!

Henrietta is weer verkies tot SA presidente vir

drie jaar

Ons raak opgewonde oor die Wêreldbond

konferensie, ons sal moet spaar!

Dit was voorwaar ‘n geleentheid wat ons

lank sal onthou

Dit was opbouend, verrykend en heerlik vir

elke VLU vrou!

(Rina Potgieter en Annetjie de Beer - Hoëveldstreek)

KOMPETISIE ARTIKELS

SAVLU KONGRES

Page 8: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

8

Page 9: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

9

MALIEVELD STREEKVOORSITSTER

VAT HAAR TAS EN LOOP!

En ons dink ons het die volle storie gehoor!

Dames julle is heeltemal verkeerd!

Soos julle weet is Santa, Rina en Mariette na die

SAVLU Kongres.

Met groot verwagting is hulle hier weg. Dinge

gaan nou gebeur. Mariette verteenwoordig

Malieveld daar as ons spik splinter nuwe

streeksvoorsister.

Soos ons nou almal maar weet, wanneer jy as

nuweling sulke geleenthede bywoon, moet jy

jouself eers by die ou clickie inwerk en bewys.

So gebeur dit toe nou ook by hierdie

geleentheid. Mariette - nuweling! Rina en Santa

- ou kuier maatjies!

En kyk het sy hard gewerk. Maar geen vreugde.

Sy gesels, dra koffie aan, probeer saam kuier

maar al wat gebeur is - die res gaan aan sonder

haar. Maar julle daar wip daai vrou haar toe

nou solid!

Toe Santa en Rina hulle oë uitvee toe kom

die boodskap deur die kanale na hulle aan.

Mariette gaan terug Nelspruit toe - sonder

hulle. En kan julle glo! Sy pak haar tas en

stap al die pad van Bronkhorstspruit af

Nelspruit toe. Sommer net so!

WARE VERHAAL

Waarmee ry jy as jy keuse het - ergste van

alles is jy is verantwoordelik vir ander

dames, en moet sorg dat julle almal veilig

daar sal aankom (al is dit ook dan nou net

van Nelspruit tot Witrivier).

ASSEBLIEF NIE 'n Landrover Discovery nie!

OOOOO WEë!!!! Na afloop van die Kongres

oppad terug huis toe het

Santa se voertuig (sy wil nie eers die

fabrikaatnaam noem nie, maar ek wat Susan

Page 10: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

10

is, is nie bang nie!) langs die pad gebreek.

Gelukkig het Rina na hulle gery in

Bronkhorstspruit en kon toe vir Mariette en

Tish oplaai. Maar hier kom die grappie..... hulle

moes hulle tasse vat en stap na haar voertuig

toe. OP DIE N4!

Ergste van alles - die Discovery kan nie eers self

afgery word van die insleep voertuig nie, nee, 'n

Prado moet die gekrokte voertuigie AFTREK.

Eish wat 'n ligte drama.

Almal is egter veilig terug in Nelspruit later die

dag. Sommige net later as ander, né Santa.

DIE VOLKSTAPISSERIE PROJEK

1981

GESKRYF DEUR LINA VENTER (NELSPRUIT TAK)

Republiekfeesskou 22 Mei 1981.

Ek verstar, een en dertig jaar gelede! Ek

begin stadig deur die plakboek blaai en my

gedagtes gaan terug.

‘n “Saadjie” wat vroeg in 1978 in die Kaap

geplant is, het geil gegroei en in 1981 het

ons die “vrugte” gesien in die uitstalling van

al die tapisserieë wat dwars deur die land

gemaak is.

‘n Bespreking tussen vroue - waarvan ek een

was – tydens ‘n funksie by Labori in die Paarl

het daartoe gelei dat die SA Wolraad in

samewerking met die SA Vroue Landbou

Unie en die Departement van Nasionale

Opvoeding die Volkstapisserie projek in die

lewe geroep het.

Die hoofdoel van die projek was om ‘n

daadwerklike poging aan te wend om ‘n eie

Suid Afrikaanse Tapisserie skat te bekom,

wat onder andere die volksgeskiedenis,

volkslewe, nalatenskap, industrieë,

nywerhede, landbou, fauna en flora uit te

beeld.

Na samesprekings is die projek met groot

geesdrif onder die beskerming van Mev Tinie

Vorster, aangepak en die eindpunt is gestel

as die Republiekfees in 1981.

In die Oos-Laeveld streek (Mpumalanga) het

6 van die 15 takke vir die kompetisie

ingeskryf, landswyd is 40 ontvang.

Laeveldse instansies het die stukke geborg

en na afloop van die beoordeling en

Page 11: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

11

uitstallings in Pietermaritzburg, Kaapstad en

plaaslik, is die stukke oorgegee aan die borge

vir uitstallings in openbare plekke.

Die Stadsraad van Nelspruit het die tapisserie

van die Nelspruit tak - ‘n uitbeelding van

inheemse blomme van die Laeveld, soos

ontwerp deur Rene Eloff - geborg.

United Bouvereniging het geld beskikbaar

gestel aan die Flamboyant tak wat die dorp

Nelspruit, met sy sonskyn, sy lemoene en die

golwende berge in ‘n ontwerp van Alida Pitout,

uitbeeld.

Barberton tak se tema is die Effektebeurs, in

Pilgrimstraat op die dorp. Geld vir die tapisserie

is geskenk deur die Stadsraad van Barberton.

Die ontwerp kunstenaar is G Marais.

Die wilde bome en suikerriet in die

omgewing is die tema van die Malelane- tak

se inskrywing. Dit is ontwerp deur Gerhard

Pitout en die Transvaalse Suiker-koöperasie

Beperk het die nodige geld geskenk.

Die Laeveld in Beeld, is die tema van die

Kiepersol – tak se tapisserie wat ontwerp is

deur Johan von Maltitz. Geld is geskenk deur

die eienaars van die Numbi Hotel.

(Lina Venter & Almari van Rooyen)

Page 12: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

12

Die tapisserieë is van 2–7 Maart 1981 in die

Inglesby’s Gallery te Nelspruit uitgestal. Na

afloop van die uitstalling is die tapisserieë

beoordeel en by die Royal Skou in

Pietermaritzburg en in Kaapstad uitgestal.

Op 31 Mei 1981 is dit amptelik deur Mev M

Viljoen, vrou van die Staatspresident, namens

die volk in ontvangs geneem.

Die tapisserieë bly die eiendom van die dorp of

plek waar dit gemaak is en moet dit daar in ‘n

opebare plek uitgestal word.

Een en dertig jaar is verby, dit was ‘n heerlike

toer deur die verlede, maar nou wonder ek,

waar is die 40 tapisserieë? Die stukke wat aan

die volk gegee is vir bewaring. Weet julle

hiervan, is die stukke nog in bewaring ?

(Lina Venter werk aan Flamboyant se tappessirie)

GEDIG AAN RINA

(GESKRYF DEUR SUNETTE BARNARD - LOERIE)

Van dat ek kan onthou was jy vir my 'n wenvrou

Na wie ek op kon kyk as die horison donker lyk

By jou kon ek gaan sit en tee drink

wat jy vir my uit 'n pragtige teepot skink En koek geëet uit die fynste porselein

wat ek nie by jou gekry het nie, was wyn

Dan kon ek by jou bietjie moed kry oor al die VLU probleme wat my so bloots ry

en dan het jy my altyd spoedig met 'n sagte woord bemoedig

Jy is nou VLU MP se Masterchief

maar ek en die Loeries bly vir jou steeds lief want al het jy nou die groot baas geword weet ons ons kan nog steeds ons harte by

jou uit stort

Daar is net een ding wat ek wil hê Jy vir oom Pottie moet sê

Die tannie met die skoene in die hand, dink ek en hy moet ietsie saam skink

Want daar is een ding wat hy moet weet Agter elke sukses volle vrou staan 'n

suksesvolle man, DIT moet hy net nooit vergeet.

Sonder sy bystand en krag sal jy niks kan vermag

Jy het VLU Mpumalanga se leisels stewig in

die hand Maar vir ons bly jy die beste in die land

Ons weet jy doen dit nie sonder Jesus in jou lewe

daarom is daar iets wat jy altyd sal hê, en dit is vrede

Ons laat jou nou gaan met die seker wete

Dit moet jy weet, jy bly altyd in ons gebede.

Page 13: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

13

(Sunette Barnard en Rina Potgieter)

GEDIG AAN MARIETTE

(GESKRYF DEUR SUNETTE BARNARD - LOERIE)

As 'n vrou van min woorde het jy altyd inderdaad

Net oor syfertjies gepraat En ons het nooit na jou geluister

Terwyl ons tydens vergadering saggies fluister

Ons het jou vertrou en dit maar daar gelaat Want ons het geweet jy en Rina weet waarvan

jy praat. Maar een ding is verseker waar

Jy moes altyd die syfertjies laat paar want as die syfertjies nie klop was jou boeke 'n groot flop!

Nou het jy die chief geword

En nou moet ek die syfers uitsort Maar ek weet ek kan altyd net vra

as daar ietsie is wat pla

Jy het nou die leisels van Malieveld styf in die hand

Met jou bestuur op bystand Maar nou het jy nog 'n joppie bygekry

Wat nie klein is nie, glo vir my jy moet alweer Mpumalanga se syfers laat paar

en hierdie keer gaan dit nie maklik wees nie voorwaar!

Maar met Rina as jou baas

Weet ons sy sal nie baie met jou raas Sy vertrou jou met haar lewe

So moenie worry nie, jy kan maar op hou

bewe

Jy moet altyd net onthou Dat ons almal bid vir jou en met Jesus in jou lewe

kan jy net altyd na beter strewe

(Mariette Joubert en Sunette Barnard)

Page 14: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

14

WELKOM EN ONTMOET

ONS TAK VOORSITSTERS

BARBERTONTAK - KOBIE TALJAARD

Ek dink nou nie ek is n baie interessante

onderwerp om oor te lees nie. Ek sou liewer

oor iemand anders skryf dit is mos makliker om

ander se foute en prestasies te bespreek of

hoe? As dit nou nie anders kan nie, sal ek maar

my beste voet moet voorsit want daar is REUSE

presteerders en baie dierbare en lieflike dames

in ons geledere.

My naam is Jacoba Elizabeth Taljaard, n

doodgewone meisie wat in die middel van

Johannesburg gebore is. Nogal in die ou Queen

Victoria hospitaal.

My pappie en mammie was alreeds in hulle

45’s toe hulle my gevang en my stertjie af

gekap het. Ons het op 'n plaas gebly en ek was

die oudste van 4 kinders. Ek het so te sê saam

met my ouma en oupa groot geword. Oo! Ek

was baie bederf.

Ek was op Linden Hoërskool, my boeksak

kêreltjie was toe 14 en ek 13 - die eerste outjie

wat my hand vas gehou het, het toe met my

getrou en dit was 44 jaar gelede.

Dit was een van my eerste prestasies.

Daarna was ek 'n plaaslike Direkteur by

Alexander Forbes vir 25 jaar en het in 1999

afgetree in Barberton.

Gedurende 2009 begin ons 'n familie

besigheid wat mediese toebehore invoer en

is ek tans die Nasionale Direkteur Logistieke

vir die Maatskappy.

Ek bedryf ook 'n klein besigheid by die huis.

Ek maak eetbare versiersuiker prentjies en

voorsien besighede wat dit weer aan

bakkerye en koekwinkels verkoop.

Een oggend drie jaar gelede nooi Judy

Gelderblom my vir tee by die Barbertontak

se vergadering. Ek was baie nuuskierig en ek

wou ook graag uit die kantoor kom, ek

aanvaar toe die uitnoding. Ek het heerlik na

almal gesit en luister en gedink.... ek weet

nie hoe kan 'n mens jou tyd sooooooooooo

verwyl nie?? Maar die volgende oomblik se

Liefie Joubert.... Koba wat gaan jy bring vir

die volgende vergadering?? Ek skrik my

boeglam en antwoord, enige iets wat julle

nog nodig het.

Dit was die begin van die einde! Ek was

gehoek en kon tot dusver nie sover kom om

nie weer 'n vergadering by te woon nie.

Nou! Moet ek sê, as ek die dames nie

gereeld eenkeer 'n maand sien nie verlang

ek so na hulle, dat ek hulle een een opsoek

vir 'n geselsie. Is dit nou aansteeklik of hoe!!

Fluit fluit my storie is uit en VLU julle het

weer lewe in my eentonige lewe gesit.

BRAVO!

Page 15: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

15

FINESSETAK - MAUREEN VAN DER WALT

Finesse se voorsitster, Maureen vd Walt, nee

Booth. Ja, ek is eintlik engels, gebore in Pretoria

op 9 April 1960. Is 22 jaar terug getroud met

boerseun Floris van der Walt wat in Namibia

gebore is. Ons het 2 seuns - Florie (nou 21 jaar)

en Ryno (20). Florie swot by NWU vir

Meganiese Ingenieurswese en Ryno doen

Elektriese ambag deur Eskom.

Hou baie van die buitelewe, bos, wildtuin en

see. Gaan gereeld na my man se geboorteland

vir vakansie. Mooiste plek tussen nerens en

nerens. Mag nie dood gaan voordat jy by

Sossousvlei was, dis die mooiste plek op aarde.

Hou GLAD nie van kosmaak of bak. Mal oor

enige kreatiewe handwerk. Hou van boek lees

maar kry nie altyd tyd om te lees soveel soos ek

wil. Doen eerder handwerk. Kyk graag atletiek

of gholf op TV. Is nie ‘n groot fliek fan nie.

Moet ten minste eenkeer per week met my

beste vriendinne kuier, waarmee ek ‘n baie

noue band het.

VLU is my lewe (tot my man se spyt).

LOERIETAK - SUNETTE BARNARD Nou aangesien my CV alreeds in die vorige

Maliewales verskyn het, het ek 'n paar

interessanthede omtrent myself vertel.

Ek dink dit is meer interessant as 'n CV?

Vertel my ‘n bietjie….

Naam: Sunette Marian Barnard Watter CD is jou gunsteling? Katie Melua, Norah Jones, Afri-Frans Watter DVD staan vir jou uit? Gretha Wiid se "Eva se Lyf" Watter boek het jy onlangs gelees? Die Shack (Fantasties) Wat doen jy om te ontspan? Sit agteroor en drink 'n glas rooiwyn Waar is jou gunsteling plek? Hartenbos Wat is jou gunsteling fliek? Enige-iets wat my laat lag

Page 16: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

16

Wat is jou gunsteling drankie? Rooiwyn Wat is jou gunsteling tydskrif? Idees Watter gereg is vir jou die lekkerste? Skaapboud en groente Hoe lyk jou gunsteling motor? Die een met 'n stêr voorop Waar sonder kan jy nie klaarkom nie? My lipstiffie Wat is die mooiste herinnering uit jou kinderjare? Vakansies saam met my familie Beskryf jouself in een woord: Borrelend (my man sê so) Hiperaktief (Susan sê so)

NELSPRUITTAK - LOURINDA CRONJE

Naam: Lourinda Ruth Cronje (gebore Greeff)

Geboortedatum: 8 September 1955

Geboorteplek: Lichtenburg, in die destydse

Wes-Transvaal

Laerskoolloopbaan: Laerskool Lichtenburg

Hoërskoolloopbaan: Hoërskool Lichtenburg.

Matrikuleer in 1973.

Tersiêre onderrig: Behaal BA graad met

Latyn en Tswana as hoofvakke aan die PU vir

CHO in 1976 en behaal in 1977 my Hoër

Onderwysdiploma, ook aan die Puk.

Na my universiteitsloopbaan hou ek vir 'n

jaar skool by Hoërskool Vorentoe in

Johannesburg. Ek onderrig Latyn en Engels.

Op 15 Desember 1978 tree ek in die huwelik

met Piet Cronje.

Ons begin ons getroude lewe in Lichtenburg

waar ons albei aan die plaaslike hoërskool

onderrig gee. Ek gee aanvanklik Latyn,

Engels en Tswana en later net Engels.

My enigste kind, Louhann, word gebore op

20 Julie 1983.

Aan die einde van 1996 neem ek en my man

albei skeidingspakkette en verhuis ons na

Alkmaar waar ons 'n Lodge bedryf. Vanaf

1999 los ek van tyd tot tyd af as tydelike

onderwyseres by beide Hoërskool Nelspruit

en Bergvlam Hoërskool.

In 2000 word die Lodge verkoop en my man

begin boer en ek word voltyds huisvrou.

Ek sluit vir die eerste keer in 1997 by die VLU

aan, en wel by Nelspruit tak.

Ek dien vanaf 1998 tot 2003 op die bestuur,

vir twee jaar as skakelbeampte en vir vier

jaar as sekretaresse, voordat ek in 2005 as

lid bedank.

Gedurende 2008 behoort ek as lid aan Loerie

tak.

Page 17: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

17

Ek sluit weer in Junie, 2010 by Nelspruit tak

aan. In Oktober 2011 word ek verkies as

sekretaresse van die tak.

Vanaf April 2012 is ek ook die voorsitter.

Ek is 'n regte huishen wat daarvan hou om

naaldwerk te doen en ek is baie lief om te bak.

Om deel te wees van die VLU bied my die

geleentheid om myself te verryk, talentvolle

mense te ontmoet en altyd nuwe dinge te leer.

ONDERBERGTAK - MACHEL VAN COLLER

Ek is Machel Gertruida Anna Maria van Coller

(van den Berg) gebore op 4 Julie 1948 in

Germiston. Het my skoolloopbaan, begin in

Roodepoort, toe in Carletonville, 1 jaar in

Sannieshof en weer terug in Carletonville.

Het begin werk in 1964 by Germiston

Algemene Hospitaal vir 1 jaar. SA Spoorweë vir

1 jaar Voortrekkerhoogte 1 Militêre Hospitaal

vir 2 jaar waar ek my man ontmoet het.

Getroud in 1967, 4 kinders (2 seuns & 2

dogters). Is 'n ouma van 2 dogters en 2 seuns.

Ek is voorsitster van Onderberg VLU tak wat 2

jaar terug gestig is, Voorsitster van Argentum

Corona 'n organisasie vir Snr Burgers. Baie lief

vir naaldwerk, brei, hekel, borduur, kosmaak en

bak. Het by Fleur-de-Lis VLU aangesluit, nog

betrokke by Flamboyant.

SCHOEMANSKLOOFTAK MARINA VAN EEDEN

Marina van Eeden (Schmitz) is gebore in Lübeck, Wes Duitsland (daardie jare) en het in 1968 saam met my ouers as ‘n bang kindjie na Suid-Afrika gekom. (Leeus loop mos los rond in die woestyn – ons gaan in tente woon). Ek matrikuleer aan die Hoër Handelskool in Benoni in 1974 en gaan werk by die Standard Bank. Trou in 1976 met Piet en uit die huwelik is drie onnutsige seuns Corrie, Helmut en Piet gebore. Ons verhuis na Waterval Boven in 1988 waar ek in September 1989 aansluit by die VLU van

Page 18: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

18

Schoemanskloof tak. In Januarie 1990 word ek aan die DIEP kant ingegooi en beklee die pos as Voorsitster vir 12 jaar. Gedurende hierdie tyd bekwaam ek my as Beoordelaar in die Brei & Hekel sowel as die Masjienwerk afdeling. Ek het ook die pos beklee as Beoordelaar sameroepster by die Streek in hierdie tyd. Na ‘n rus periode van 8 jaar is ek terug in die Voorsitter stoel vir die afgelope 3 jaar. Deur die jare heen het ek so af en toe gesorg vir vermaak tydens Konferensie en Kongres met Rooikappie en Liewe Heksie en veeeeeele ander goedjies NA BAAAAAIIIIIE jare beloon Corrie my met ‘n groot meisiekind Adelé, en hulle laat my die voorreg smaak van ouma wees van twee pragtige kleindogters, Mieke en Bea.

HIERDIE STORIE PLAAS EK

SPESIAAL VIR MARINA! (NET OM VERSKONING TE VRA OOR DIE ROOI GEDEELTES

WAT EK TOE GEPLAAS HET)

AS ROIKAPPIKI VANDAG 'N TIENER

WAS As Roikappiki vandag 'n tiener was... deur Dana

Snyman

Eendag lnk, lnk glede wa da i meisiki. Ha naam

wa Roikappiki. Sy en ha ma en ha pa bly in i hys

lngs i bos.

Ha ouma bly ok naby hille, mar anni anniknt

vanni bos.

Op i dag tu sê Roikappiki se ma vi ha:

"Roikappiki, di ga hektiek me Ouma, sys

lonely en depro.

"Vat vi ha snacks en ga visit ha en chat me

ha".

"Cool," sê Roikappiki. "Ek luv Ouma. Ouma is

gr8."

"Passop nt vi perverts inni bos," sê ha ma.

"Muni vanni paiki af ganni."

"Relax nt, Ma. Ok?" sê Roikapiki vi ha ma.

"Ek sa fine ws."

Tu trek Roikapiki ha cool roi jas en kappi an,

en grut ha ma: "Luv, Ma. Mwah! Mwah!"

Tu va Roikappiki di manki mt ha Ouma se

snacks en stap oppi paiki inni bos in.

Sy sie alli pretty blmme inni bos en plk vi ha

ouma vanni blmme.

Late tu ga sy vanni paiki af, agte di blmme

an.

Inni mean time cruz Wolf ok da rond. Wolf

sien vi Rooikapiki en prbr ha opchat.

"Luv u'r flowers," sê Wolf vi ha. "Vi wie plk jy

dit?"

Dit freak Roikapiki biki uit. "Get lost, Dude,"

sê s vi Wolf. "Ek ga na my ouma tu. M ouma i

sk."

Maar Wolf los ha ni yt ni.

"Jys awesome," sê hy vi Roikappiki en stp

agte ha an. "Kom ons ga chill biki iewers. Suk

jy n spliv?"

Tu freak Roikappiki totally uit en hrdlp vi

Wolf weg en vdwl inni bos.

"Cool," dnk Wolf, en ga na Roikap­piki se

ouma s hys tu.

Hy klp anni deur. "Ga wg!" skr Roikappiki se

ouma va binne af.

"Hie issi werki! Ga terug townshp tu! Jille ko

steel net ons gud!"

Page 19: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

19

"Eks vanni kerk, my anti," antwrd Wolf. "Ek ko

vi anti bid." LOL.

Roikappiki se ouma maki deur oop.

"Howzit, my anti," sê Wolf vi ha. "Welcme to

the nw Sth Afrca". LOL.

Roikappiki se ouma freak soos intotally-totally-

totally uit tu sy sie dis Wolf.

Sy wi 911 bel, ma Wolf grp ha.

"Chill net, my anti," sê Wolf vi Roikappiki se

ouma, en goi ha inni kas.

Tu trek hy Roikappiki se ouma se pjms an en

klm i ha bed en wa vi Roikappiki.

Roikappiki suk en suk en kry ltr wee di paiki yt

di bos yt. Sy ko by ha ouma se hys an.

"Dis funny," dnk sy tu sy sie di deur is oop.

Tu sy inni kamr ko, sie sy ha ouma is inni bd.

Maar ha ouma lyk biki uitgefreak.

"Ah-we, Ouma," grut sy. "Is ouma fine?"

"Eks fine," antwrd Wolf. "Ek chill net biki hie

inni bed." LOL.

"O, cool," sê Roikappiki. "Maar hukom i ouma

se ore so grt?"

"Om beter te ka hr, my knd," antwrd Wolf.

"Awesome," sê Roikappiki. "En hukom i ouma

se o so grt?"

"Om beter te ka 7de Laan kyk oppi TV, my knd."

"En hukom is ouma se mnd so grt?"

Tu sprng Wolf uit di bed. Wolf wil vi Roikappiki

rpe, ma Roikappiki hrdlp by di hys yt, en skr:

"Hlp! Hlp! Hlllppp!"

Da naby inni bos is n houtkppr besig om bome

af te kp mt sy byl.

Hy hr vi Rooikappiki skr en storm op Wolf af.

Tu kap hy vi Wolf met sy b. Wolf val oppi grond,

dood.

"Ons mut vanni lyk ontslae rk," sê die houtkppr

vir Roikappiki.

"Anrs ga ons trnk tu. Dissie mee sos innie ou

dae ni."

Tu vat Roikappiki en die houtkppr vir Wolf en

goi hom inni rivr.

"Thanx, Dude," sê Roikappi vi di houtkppr tu

hille kla is. "Jys amazing."

Hulle gan tu trug na ha ouma se hys tu. Da

kry hul tu ha ouma inni kas. Hulle haal ha uit.

"Nou sal 'n koppi tee dam lekkr smaak," sê

Roikappiki se ouma tu en stp na di kombuis

tu.

Tu is als wee cool. (;-)

Page 20: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

20

STORIES UIT ONS STREEK

BARBERTON

Van die seniors van die Daisyklub wat deur

Barbertontak lede besoek is.

Ilze de Villiers wat help in die kombuis.

Ivy Smit sameroepster van die Daisyklub.

Kobie is ook op die komitee van die Daisyklub.

FINESSE (Geskryf deur Hermien Oliver vir haar suster)

Vir my Sus (oorlede aan borskanker).

Ek onthou nog soos gister hoe ek agter jou

aangeloop het op pad skool toe – my oë

vasgenael op jou rug, my kort beentjies wat

moes trippel om by te hou by jou lang bene

en treë, met ons enerse skoolrokke wat so

wip-wip soos ons loop. Jy was my ousus, en

ek het opgekyk na alles wat jy doen.

Jare daarna word my bene toe langer as

joune, en alhoewel ek toe moes afkyk na jou

toe, kan ek met alle eerlikheid sê dat ek nog

steeds bly opkyk het. Jy was altyd die

raakvatter, baasbakster, kleremaakster,

koelkop organiseerder, super-huisvrou:

maar..... dis nie wat ons noodwendig van jou

gaan onthou nie.

(Hermien, hulle ma en haar sus Sandra)

Wat ons gaan onthou is: jou omgee,

moedhou, aanhou en uithou, jou ma-wees,

vrou-wees, jou vriendskap, jou wye glimlag,

jou lewenslus, jou sin vir humor, jou ruim

hart.

Ek onthou hoe jy een jaar vir my ‘n pakkie

Blits ‘fire lighters’ vir Kersfees gestuur het

saam met iemand (ge-‘giftwrap and all’).

Page 21: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

21

Ek het my slap gelag en verwonder aan die

ongewone geskenk, maar jy het gesê jy wou so

graag iets stuur en die tyd was min, toe gryp jy

sommer die blits in die winkel. Agterna besef

ek eers dat die geskenk simbolies van jouself

was: jy was die ‘fire lighter’, jy was die een wat

met jou sonskynpersoonlikheid die lig laat skyn

het, van elke las ‘n lus gemaak het, jy is die een

wat altyd iets vir ander wou doen, jy is die een

wat reggestaan het vir almal, maar meer nog, jy

is die een wat soveel van jouself gegee het aan

almal om jou. Jou glimlag was altyd groot,

maar jou hart nog groter en dit het ‘n liggie laat

brand en ‘n warmte gebring waar jy ookal sou

gaan.

Toe ek aan ‘n vriendin my hartseer uitstort,

raak sy die waar woorde kwyt: “how wonderful,

your sister leaves such a legacy behind”. Dis

waar ousus, jy laat ‘n besondere nalatenskap

agter. Jou liggie gaan nog laaaank bly skyn, en

ons almal wat dit ken en herken, gaan steeds

daardeur verwarm en verryk word. Ons sien dit

reeds in jou kinders en jou kleinkinders.....

My liewe Sandra, mag jy nou in vrede rus, ek

weet jy en Pappa gesels al klaar dik stukke

saam, julle twee met jul enerste ‘Bolandse bry’.

Ons sien jul eendag weer.

FLEUR-DE-LIS

Kyk net hoe bederf ouma (Andria Hatting)

haar kleinkinders Kaila en Thea (tweeling) wat

vir die skool vakansie by hul gekuier het en op

die 28ste September 2012, 5 jaar geword het.

Elkeen het sy eie keuse van koek gehad, en

met hul gunsteling kleur daarvolgens versier.

Kaila is baie lief vir Barbie en hou baie van

groen, daarom het sy 'n Barbiekoek met 'n

groen rok gekry, Thea is weer baie lief vir

Tienkerbell en pers, daarom het sy 'n pers

koek gekry met Tienkerbell wat uit 'n pienk

blom klim. Ons is Vrydag met hierdie 2 koeke

na Spur toe om die verjaarsdag te gaan vier,

glo my ons kon nie aan daardie koek sny nie,

want dit is te mooi en ons gaan dit stukkend

maak. Ons het na 'n groot oorreding eers

Sondag 30 September 2012 die koeke kon

sny. Saterdag 29 September 2012 het ons dit

saam met die maaitjies gevier en ouma

(Andria) was 'n slagoffer van hul kunswerk op

haar gesig. Ouma is altyd deel van al die

sports wat gebeur, ja hulle gesigte is ook

geverf.

Page 22: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

22

Hier hou ons partytjie by die Spur Kaila, Vallery

en Thea.

Hier is van links Kaila Ashley en Chanelle voor

ouma (Andria Hattingh) Thea en Vallery nadat

die gesigte geverf is vir die partytjie, en toe kan

ons nou almal saam partytjie hou.

Van links Kaila, Vallery en Thea

Ouma Andria Hattingh se gesig moes ook

geverf word deur haar kleinkinders.

ESRA BOSCH BESOEK

Hier is'n baie bekomerde Leatitia du Toit, 'n

angstige Heleen Oberholzer en Andria

Hattingh in Esra Bosch se werkswinkel, met

Esra in die agtergrond, op Saterdag 18

Augustus 2012, om hul eie kreatiewe kuns te

gaan vaslê op die artikels. Ons as Fleur-de-Lis

tak het saam met Piet Retief se VLU tak die

oggend saam met Esra deurgebring, waar sy

vir ons gewys het hoe om op verskeie

artikels te verf. Ons het Esra op 'n ander

manier geleer ken. Esra is 'n gewone mens

soos elkeen van ons, baie vaardig en

behulpsaam, ook nie skaam om haar

geheime met jou te deel nie. Elkeen van ons

het 4 teëls en 2 bakkies geverf. Esra het dit

vir ons gebak en dit weer aan ons terug

Page 23: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

23

besorg met die Kongres. Die oggend het baie

vinnig verby gegaan en ons sal baie graag meer

van Esra se vaardighede wil aanleer.

Pat Griffioen, wat so bang was sy sal hierdie

tegniek nie kan bemeester nie, en die hulp van

ander ingeroep het, sit hier en skilder soos 'n

"pro", op van die teëls van Esra voorsien het.

Natuurlik moet daar ook verversings wees

tydens die werksklas. Hier is Adri van Wyk,

Cora Nienaber en Heleen Oberholzer lank voor

die ander klaar en geniet hul die verversings by

Esra.

LEBOMBO Bets Grobler is al jare lid van VLU (nuut in ons provinsie) en stuur die volgende brief:

IS EK SKAAM?? Vir my as redelike "nuwe" VLU Mpumalanga lid het ek tot die besef gekom dat VLU dames skaam is vir die wonderlike organisasie waaraan hulle behoort. HOEKOM?? Die dames dra nie hul lapelwapens nie! As ek op 'n Streekvergadering of Konferensie is moet ek meesal vra: "Wie is jy; vanwaar is u; hoe lank is u al lid?" Dames u dra waardevolle inligting. Bv: Ek is van Mpumalanga, my naam is Bets Grobler, ek is van Lebombovallei tak, ek beklee 'n amp bv. sekretaresse en ek is 20 jaar al lid. Nog 'n ding - 'n knopie is iets wat iets vasmaak. Ek glo as ek met 'n kompetisie artikel by beoordelaars opdaag met 'n knoop wat vasgeplak is, hulle daar en dan 'n knoopaanwerk kursus gaan aanbied. Kan mens dit nie eerder 'n 20 jaar - toekenning noem nie? Dit is mos wat dit is? Jy skud hand met die regterhand as jy groet, ne? Wel, dra jou lapelwapen regs. Dan hoef ek my nie skeel te gedra as ons ontmoet nie. Die inligting is byderhand. En ... ek kan jou dadelik op jou naam noem.

Page 24: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

24

LOERIE

Die Loerie's het saam Mariette oor Radio

Laeveld gesels oor die projekte van die VLU.

Sunette Barnard (voorsitster van Loerie tak),

het gesels oor die herwinning en watter artikels

daarvan gemaak kan word wat baie bruikbaar

is.

MACADAMIA

Ons dames was baie kreatief met die maak van

artikels met knope. Ons het vreeslik baie pret

gehad.

Ons is n paar dames wat koppe bymekaar

gesit het en besluit om vir ons plaaslike

ouetehuis komberse te hekel en brei.

Daar was aanvanklik besluit om net ons

oorskiet wol te gebruik en toe het ons

skenkings van sover as Gauteng gekry en ons

hekel en brei dat ons hop.

Ons hoop om die komberse die volgende

winter af te lewer.

Page 25: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

25

Bets Pieterse, Julie Pieterse, Roelien Oberholzer

en ons oudste helper, tannie Non Botha, sy is

77 jaar jonk.

Ons sê baie dankie aan almal wat ons vrywillig

met hierdie projek gehelp het.

GETUIGSKRIF BETEKENIS (Vir die van ons wat nog werk en personeel aanstel)

Moenie getuigskrifte net lees vir wat daar

staan nie. Wat van alles wat NIE vermeld

word nie? En lees tog die swart-op-wit

bewoording met ‘n vergrootglas en onder ‘n

soeklig. Hier volg ‘n lys van moontlike

betekenisse van woorde en sinsnedes in

getuigskrifte:

Aangename persoonlikheid – te dig om iemand te beledig Betroubaar en hardwerkend – sonder verbeelding of inisiatief Buigsaam – gewillig om die vuilwerk te doen Entoesiastiese werker – dryf kollegas teen die mure uit met kwadruplisering Gee volle samewerking – jellievis met geen eie standpunt nie Goeie maniere – kruiperig Goeie sin vir humor – lag altyd vir seniors se grappe, hoe flou ook al Goeie spanwerker – te bang om op eie houtjie ‘n voet te versit Handhaaf goeie verhoudings met minderes – kan nie nee sê nie Inspireer ander – maak mense gereeld smoorkwaad Leierspotensiaal – pasop vir jou rug en jou werk! Let op ander mense se behoeftes – soek altyd ‘n los skelmpie Lewendige telefoonetiket – swets en tier maklik oor die foon Lojaal – verklik kollegas by die base Ondernemend – hardloop agter al wat ‘n nuwigheid is aan Pligsgetrou – neem nie lang etensure nie

Page 26: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

26

Raak intens geïnteresseerd in die werk – kritiseer alles en almal Sal goed inpas – sal nooit ‘n leier word nie Sistematies – gekant teen enige vernuwing Sonnige geaardheid – leëkop Standvastig – onwrikbare konserwatiewe idees Stip – verlaat die kantoor presies om 16:00 Van harte aanbeveel – vat om hemelsnaam weg uit my omgewing Vol nuwe idees – wil vir almal voorsê wat om te doen Vol selfvertroue – praatgedurigteë Wye belangstelling – skeep eintlike werk af

STORIETYD Die storie speel af in ‘n landelike gebied waar ‘n gesin op ‘n plaas woon. Die hele gebied loop erg deur onder ‘n uitmergelende droogte. Sake word vererger deur ‘n hittegolf wat hom in die gebied kom staan-maak het, wat lewe in die gebied amper ondraaglik maak. Op die lande staan die gesaaides inmekaar gedraai van die hitte, die melkbeeste strompel moeg-moeg oor die dorre grasveld heen. Melkproduksie het feitelik tot stilstand gekom en die suipings is byna opgedroog. Die bietjie wild wat nog op die plaas voorkom kry ook bitter swaar en skuil bedags onder bome om van die ergste hitte weg te kom. By die plaasopstal het ‘n klein seuntjie ‘n buitekraan oopgedraai om homself met die koel water uit die tuinslang af te koel. Toe sy pa dit sien, is hy ligweg berispe en is daar aan hom verduidelik dat die watervoorraad op die plaas feitelik gedaan is en dat hulle onder geen omstandighede water mag mors nie. As dit nie nou binnekort reën nie, is dit verby met hulle, die diere én die gesaaides. ‘n Dag of wat later staan die ma in die kombuis, besig om skottelgoed te was. Sweetdruppeltjies pêrel op haar bo-lip en kort-kort moet sy die sweet wat langs haar slape koers kry, afvee. Sy tuur deur die venster en in die verte sien sy haar klein seuntjie aan die rand van ‘n digte bos, waar hy in die bos in trapsuutjie. ‘n Frons keep tussen haar oë. Voor sy nog verder daaroor kan wonder, kom die seuntjie uit die bos gedraf, huppelend op pad huis toe. Sy sien hom om die hoek van die huis verdwyn en sy gaan weer rustig aan met haar skottelgoedjies. Nie lank nie of sy sien hom weer in die verte oppad bos toe. Hy stap stadig en versigtig in die rigting van die bos, met sy handjies vreemd bakhand voor hom uitgehou.

Page 27: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

27

Sy kan die kind se eienaardige optrede nie verstaan nie. Sy maak haar voorskoot los en glip by die agterdeur uit – oppad bos toe. Toe sy by die rand van die digte bos bome kom, hoor sy haar seuntjie tussen die bome aankom en sy kruip stilweg agter ‘n paar bome weg. Hy draf by haar verby – weer oppad huistoe. Sy kan sien sy gesiggie is rooi gebrand en sy voorkop nat van die sweet. Tog, uit sy oë straal ‘n vreemde gloed van genoegdoening.

Sy bly in die bos skuil om te sien of hy gaan terugkom. Sy wil graag vasstel waarmee hy so intens doenig is. ‘n Rukkie later kom hy skuifelend met bakhandjies in die bos in, sy oë gefokus op sy hande. Hy merk haar nie op die. Hy verdwyn tussen die ruie bome deur. Dadelik volg sy hom gebukkend, versigtig om nie haar teenwoordigheid te verklap nie. ‘n Paar tree verder kom sy tot stilstand. Wat sy sien slaan haar stom. Sy kan haar hart hoor hammerslag in haar borskas en in haar ore ‘n suising. Sy kan nie glo wat sy sien nie. In ‘n natuurlike opening in die bos, staan ‘n reuse blouwildebeesbul kop-omlaag en ‘n entjie verder kring ‘n paar wildebeeskoeie, koppe na binne. Haar seun skuifel steeds bakhand, sonder enige vrees nader aan die kring koeie wat ‘n natuurlike pad vir hom oopmaak. Sy wil gil van angs – hierdie diere het die vermoeë om hom in ‘n oogwink te vermorsel – veral die bul. Tog is dit asof ‘n stem haar weer hou om te gil.

Haar lyf is lam, haar keel droog. Sy sien hoe die koeie effens padgee om die kring oop te maak. In die middel van die kring sien sy ‘n jong wildebeeskalfie wat op die grond lê. Die versengende hitte het sy tol geëis en die kalfie lê verswak op die grond. Sy sien haar seuntjie naderloop en uit sy bakhandjies laat hy die laaste oorblywende druppels water in die kalfie se bek drup. Die bul en koeie laat hom begaan. Dan besef sy meteens dat hy die hele tyd probeer om met sy handjies water aan te dra vir die uitgeputte kalfie. Sy sien hoe hy opstaan en met mening weer die pad huistoe vat. Sy staan op vanwaar sy hom uit haar skuiling dopgehou het toe hy slegs ‘n paar tree voor haar is. Hy skrik hom boeglam toe hy haar sien. Die eerste gedagte waaraan hy op daardie oomblik dink is sy pa se strenge vermaning dat hulle onder geen omstandighede water mag vermors nie. Nog voor hy kan verduidelik neem sy ma hom aan die hand en sê “Kom ek help”. Net dit. Terug by die huis haal sy ‘n klein emmertjie uit, tap dit vol water en kies saam met haar seun die pad bos toe. Toe sy by die plek kom vanwaar sy hom ‘n rukkie vantevore uit haar skuilplek dopgehou het, gaan sy staan. Sy gee vir hom die emmertjie water en beduie vir hom woordeloos om na die kalfie te gaan. Hierdie is amper ‘n heilige oomblik vir haar. Hier bly sy uit, dis SY oomblik hierdie. Wéér maak die koeie die kring oop en sien sy hom kniel by die kalfie wat homself stadig oplig en op sy wankelrige bene kom. Die kalfie begin suip.

Page 28: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

28

Sy voel lou-warm trane in haar oë opwel en onbeskaamd langs haar wang afloop. Voor haar sien sy die mooiste daad van liefde en genade ontvou. Dis liefde en genade in aksie – ‘n eerste genade. Dis asof tyd gaan stilstaan het. Hoe lank sy so gestaan en kyk het na die toneel wat voor haar afspeel, weet sy nie. Dit kon ‘n paar minute wees of dit kon ‘n ewigheid wees. Sy word tot die werlikheid teruggeroep met ‘n klomp dinge wat ter gelyketyd gebeur. Haar eerste gewaarwording is dat die son agter wolke in verdwyn. Waar dit vandaan kom, kan sy nie begryp nie. Terselfdertyd staan haar seuntjie vanuit sy knielhouding af op en draai om na haar. Sy gesiggie is die ene vreugde wanneer hy die leë emmertjie optel en stadig na haar toe stap. Dan hoor sy die dreuning van die weer en die blare begin ritsel as die wind deur die blare begin speel.

Trane van dankbaarheid vloei vryelik oor haar wange. Sy neem haar seuntjie se hand in hare en draai woordeloos om, oppad terug huistoe. Voor hulle die huis haal, plons vet druppels water uit die hemel neer – ‘n tweede genade. Dis so asof God Sy seën wil uitstort omdat ‘n klein seuntjie kom stilstaan het by nood. (SkrywerOnbekend) Om ons is daar daagliks sovéél mense wat dors het - dors het vir ‘n bietjie begrip, aandag en omgee. Mense wat seer in hulle ronddra. As ons tog net partykeer met ‘n tikkie meer deernis die dag tegemoet wil gaan, om soms net by ‘n kollega, ‘n vriend of vriendin, selfs jou maat of kind kan gaan stilstaan en luister wat hulle regtig vir jou sê (nog beter – dit wat hulle nie sê nie). Dis dán wanneer ons genadewater begin uitdeel. Ons kan nie altyd in die behoeftes van ander voorsien nie, maar ons kan met ‘n bietjie tyd wat ons kan afknyp, ‘n oor wat hoor en ‘n paar sagte woorde, ‘n groot verskil daar buite maak. Mag ons voetspore hierdie week getuig van stilstaanplekke by dié

wat ons paaie mee kruis. Mag dit getuig van deernis, liefde en begrip. Peggy le Roux

DIE EVOLUSIE VAN RESEPTE (geskryf deur Eunanza Farrell - Finesse)

Het jy al ooit gedink aan hoe tegnologie elke

faset van ons lewens aangeraak en verander

het! Het dinge verbeter? Jy sou so dink....

maar nie noodwendig nie...!

Ek dink aan hoe resepte altyd deel van my

lewe was! Ek onthou dat daar tannies was

wat om die dood nie haar bo-baas resep met

jou sou deel nie! Ek kon dit net nooit

verstaan nie en verstaan tot vandag toe ook

nie!

Page 29: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

29

Ek onthou my ouma se resepteboek met haar

mooi netjiese lopende handskrif en altyd ‘n

kopkrapper vir my, want als was in ponde en

onbekende mates! Maar dis vandag so kosbaar

om dit te sien, die spatsels op die blaaie en om

te weet dat sy altyd so passievol gekook en bak

het, op haar eie manier! Haar tafels het altyd

gekreun onder die kosbakke en dit was te alle

tye lekker om by ouma Gemma te eet!

My ander ouma, Gezina, het ‘n baie ou

gekoopte dik resepteboek met als tradisioneel

daarin! Van seep maak tot perske inlê! Haar

kaste was altyd propvol ingelegde bottels, altyd

vars brood op die tafel en met ons kuiers het sy

roosterkoeke op die koolstoof gemaak! Ons is

altyd huis toe gestuur met ‘n blok boerseep! Sy

het vandag baie krom vingers en die oë kan nie

meer so goed sien nie, maar bak en brou en

konfyt kook nou nog!

Dink net in die ou tyd hoe moeilik dit was om

resepte by mekaar uit te kry! Seker net op

spesiale geleenthede en begrafnisse op ‘n

stukkie papier vir mekaar geskryf of dalk gepos

in ‘n brief of langafstand gebel met die slinger-

telefoon!

In die era toe ek ‘n jong meisie was, het die

Huisgenoot gepronk met wonderlike resepte en

ek onthou die uitskeur en bêre van

allerhande resepte was hoogmode! Soms

het ons eksotiese resepte uitgeskeur,

hoopvol om dit eendag te maak! Dan op ‘n

dag as jy uiteindelik al die resepte mooi

uitsny en in jou boek plak, jy dit eerder

weggooi, want nou dat jy mooi daaroor

nadink, sal jy nooit daai resep aanpak nie!

My eie mammie Gezina se liefde vir resepte

deel ek met haar! Ons ruil uit en deel graag

met mekaar en almal. Ek dink altyd aan haar

resepte rak in haar kombuiskas, vol

papiertjies en agterkant van koeverte vol

interessante resepte wat sy hier en daar en

oral by vreemdes en vriendinne gekry het!

Ek het beslis die tradisie van haar voortgesit

en ook moeite gedoen om ons familie se

tradisionele gesins-kos resepte neer te skryf,

soos melkkos, pasteideeg, bobotie en vele

meer!

Page 30: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

30

Tegnologie het dit als verander! Jy kan nou via

die internet of per sms vrylik enige denkbare

resep in die hande kry en hoef niemand meer

te wurg om hulle geheime resepte met jou te

deel nie! Daar is televisie kanale wat jou stap

vir stap leer en mildelik resepte en idees deel!

En dis die evolusie van resepte! Maar het dit

beter kokke van almal gemaak? In my opinie....

Nie Altyd Nie! Almal het vandag te gejaagd en

besig geraak om moeite te doen met kosmaak

en dit het maklik geraak om by Woolworths of

Spar ‘n tert of koek te koop oppad na die

funksie toe! Kitskos het aan die orde van die

dag geraak en afskeep etes voor die televisie.

Wie sou dit ooit kon raai, resepte te kies en

keur en tog het bak en brou in ‘n mate begin

uitsterf. Ek wonder wat my ouma hiervan sou

sê?

Ek sê dankie vir almal wat resepte vrylik deel en

dankie vir dié wat nog moeite met hulle gesin

se maaltye doen en beplan om ‘n koek te bak of

bordjie sout self te maak as jy gesellig gaan

verkeer met jou vriende! As dit uitsterf, is die

op die ou end net ons eie skuld!

KERSMARK Weereens, soos elke jaar, die afgelope paar jare, het VLU in samewerking met Montana, 'n kersmark gehad die laaste naweek van Oktober. Soos dit reeds nou tradisie is, was dit koud en het dit gesous met ons mark.

Ons het hierdie jaar ook nie weer aan die onderkant van die gebou gesit nie. Die personeel van Montana het vir ons spasie gemaak bo tussen die blomme, wat in my persoonlike opinie baie beter was. Ons was hier baie meer in die oog, maar ek vermoed ook dat ons wel minder mense as vorige jare gekry het a.g.v die reën en koue. Slegs 5 takke was verteenwoordig. Dit is baie jammer en regtig teleurstellend. Ten spyte daarvan dat VLU Malieveld sleg verteenwoordig is, het ons nog steeds 'n bedrag van R 741.90 vir die streek gemaak om aan Solidariteit te kan oorhandig.

Hoop regtig dat meer takke volgende jaar betrokke sal wees.

Page 31: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

31

WENKE EK EN MY OMGEWING

HERSIRKULEER IDEES VIR KERSFEES (Sunette Barnard - Loerie)

Orals hoor ons van omgewingsbewaring, die gat in die osoonlaag, herwin en sorteer jou rommel sodat die vullishope nie groter word en nuwes gemaak word nie, daar is nie meer plek vir vullishope nie. SERTA vra ons moenie ons plastiese bottels in die asdrom gooi nie. Wanneer dit op die vullishope beland, kan hulle dit nie herwin nie. Op die internet is videos wat julle kan kyk van hoe glas en plastiek herwin word, en wat hulle weer daarvan maak. Kom ek daag julle uit om hierdie jaar wat kom, julle vullis te sorteer. Kry 3 dromme en sorteer net die blikkies, glas en plastiek. Die papier kan julle ook wegneem. Orals is dromme, vind net uit. Daar is selfs dromme vir batterye en rekenaars ens. Green's Waste gee jou selfs geld vir die rommel. Jy kan dit ook na Curroskool neem, hulle sal dit wegneem en verkoop.

Maar dan is daar ook 'n nuwe gonswoord en dit is 'upcycle'. Dit is wanneer jy rommel vat en weer iets bruikbaars daaruit maak, sodat dit eintlik mooier is as wat dit was, en terselfdertyd spaar jy geld omdat jy nie nuwe artikels koop nie! Ek gee vir jou vandag 'n paar idees met die oog op Kersfees, maar doen gerus moeite en gaan kyk op die internet. Gaan dek hierdie Kersfees jou hele tafel met 'upcycle' goedere, en weet in jou hart jy het ook iets gedoen vir jou omgewing. LEKKER SPEEL en Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar vir een en elkeen.

Dek jou tafel met koerantpapier of bruinpapier. Maak koerant papier-rosies, of enige gekleurde papier wat jy sou weggooi. Maak tafel versierings van jou oorblywende onpaar wynglase. Vat polistireën balletjies, smeer gom op en rol in 'glitter'. Sit binne in wynglas as droog is, draai die glas onderstebo, met die balletjies binne-in en sit 'n kers bo-op die voetstuk.

Neem al jou wynbottels, haal al die etikette af en maak mooi versierings, vir die tafel en selfs om blomme in te sit. (As jy sukkel met die etikette, vat 'n lappie met olie, en vryf oor die etiket en gom, dit sal gou afkom). Draai rekkies om die wynbottel en sprei met verf oor. Laat droog word en haal rekkies af. Plak ronde plakkers oral op die bottel, verf bo-oor en trek die plakkers af. Nou het jy 'n bottel vol kolletjies. Verf jou bottel mooi 'n kleur van jou tafel se kleurskema. Neem swart bordverf en verf 'n deel van die bottel (sooswat die sticker souwees) daarop. Verf twee lae en laat goed

Page 32: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

32

droog word. Neem raffia en draai onder om die bottel en bo-om die nek. Jy kan dit met witgom vasplak. Nou kan jy iets op die bottel skryf met bordkryt. Jy kan 'n sneeu bottel maak. Verf die hele bottel wit, verf witgom oor die hele bottel, en rol die bottel in engelsesout waarby jy 'n bietjie glitter gegooi het. Vat 'n eenvoudige wynbottel, koop "angel liggies" (jy kry kortes by die Chinese winkels, wat met batterye werk), druk dit in die bottel, en jy het 'n mooi lamp wat jy orals kan neer sit.

Maak persoonlike plekmatjies vir elke persoon. Vat 'n teël of houtplankie vir elke gas, verf swartbordverf daarop, en skryf vir elke gas sy naam en iets persoonliks daarop. Hy kan dit saam neem huis toe. Julle kan selfs speletjies speel na ete en vrae vra wat die gas op die bordjie moet skryf. Moenie jou toilet papier kartonnetjies weggooi nie! Maak mooi versierings, deur ringetjies van 2cm elk te knip. Druk elke ringetjie bietjie meer platter soos 'n blaartjie, smeer gom aan weerskante van die bo-kante, en hou hulle met 'n wasgoedpennetjie aanmekaar sodat dit soos 'n blommetjie lyk. As dit droog is, verf en gooi 'glitter' oor.

Vat die houertjie en druk met jou duime die een oop kant sodat jy hom toevou. Doen met die ander kant ook. Nou het jy 'n geskenkhouertjie. Verf dit of plak net 'n mooi papiertjie om, en bind 'n lintjie om. (Ek bêre altyd al my stukkies lintjies).

Vat jou leë tuna-blikkies en koop by Crazy Store goedkoop hout-wasgoedpennetjies. Sit reg rondom die blikkies die pennetjies. Dit maak die blikkie mooi toe. Nou kan jy 'n kruieplantjie daarin plant en as geskenk weggee, of jy kan 'n kersie daarin sit. Jy kan ook die pennetjies verf.

Vat jou plastiese potplanthouer, verf met swartbordverf, draai lyn onder en bo-om en plant iets mooi daarin. Nou kan jy dit as geskenk vir iemand weggee en die plant se naam en botaniese naam met witbordkryt daarop skryf, (of 'n mooi persoonlike boodskappie). Hulle kan weer die houer gebruik om vir iemand anders 'n geskenkte gee (hersirkuleer!).

Page 33: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

33

Almal kan al organza- of hekelblomme maak. Vat 'n "Pringles" blik, (eet al die Pringles eers) plak mooi papier aan die buitekant, plak 'n organzablom, of hekelblom bo-op die plastiese deksel, en jy het 'n houer vir geskenke (koekies).

Vat gewone blikkies, haal etikette af, en daar is duisende goed wat jy daarmee kan maak. Maak gaatjies orals of volgens patroon (ster of hartjie ens). Sit 'n kersie in en jy het 'n mooi versiering. Plak of decoupage die blikke en sit blomme in. Maak 'n handvatsel met draad en kraletjies, en sit lekkers of ietsie in vir elke gas op die tafel.

Moenie jou ou bottels weggooi nie. Koop 'glow in the dark verf', gooi in die bottel, skud en sit die deksel op. Sit orals buite, of langs jou paadjie soos die gaste inkom om te verlig! Vat jou 'Consol' bottel. Maak koek resep, of piesangbrood resep. Gooi in die bottel, nie te vol want dit moet nie bokant die bottel uitrys nie. Bak in oond en as dit uitkom, draai deksel op sodat dit kan seël. Gee dit saam met 'n pakkie Huletts-versiersuiker met versierbuis

binne-in saamgebind met 'n mooi lint as geskenk. Die koek sal 4 maande hou.

Maak jou eie gekleurde blompotte. Vat uitgediende glashouers. Neem olie-verf, gooi in houer en draai tot dit orals mooi toegemaak het. Laat droog word. Nou het jy gekleurde glashouer.

Maak jou eie swartbord verf: Dit is baie goedkoper. Maar nou hoef jy nie net swart verf te gebruik nie, gebruik rooi, donker pienk, pers ens. Neem vir elke koppie verf (dit kan enige verf wees, behalwe olie-verf) 2 eetlepels voeg by (tile-grout, nie sement). Meng goed en verf.Verf so 2 lae en laat goed droog word tussen lae.

Ek hoop jy het nou 'n paar idees vir jou Kerstafel, versierings en geskenkies gekry. Raak 'n bietjie kreatief, en kyk hoe bewonder jou gaste jou omdat jy soveel moeite net vir hulle gedoen het! (En dan is die selfbevrediging 'priceless').

Page 34: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

34

Nog 'n paar oulike idees:

HELPFULL HINTS

How to keep the straw from rising out of

your soda can.

How to put shoes in the dryer 1.

How to put shoes in the dryer 2.

Place a rubber band around an open paint

can to wipe your brush on, and keep paint

off the side of the can.

Page 35: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

35

Put wooden spoon across boiling pot of water

to keep from boiling over.

Use a (clean) dustpan to fill a container that

doesn’t fit in the sink.

Use a Comb to Keep a Nail Steady for

Hammering.

Use a microfiber cloth to prevent frost from

forming on the windshield.

Use a post it note to catch drilling debris.

Use a staple remover to save your fingernails

when trying to add things to your key ring!

Use bread clips to save flip-flops with split

holes.

Use sunglasses or a small convex mirror to

avoid people sneaking up on you while

wearing headphones at work.

Page 36: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

36

RESEPTE

Suurlemoenskilwiele (Fleur-de-Lis)

Suurlemoenskil-wiele word met mozzarellakaas

en ander geurgewende bestanddele gevul, voor

dit bruingebak, en saam met brood opgedien

word. Die is 'n resep van Jamie Oliver, maar 'n

mens maak dit maar soos dit kom! Die

oorspronklike het kersietamaties, ansjovis en

basiliekruid in. Ek hou nogal daarvan om net 'n

skyfie swart of kalamata-olyf in te sit.

- suurlemoene – daar kom so 2 – 3 mooi skywe

uit 'n medium suurlemoen

- mozzarellakaas, 'n groot blok

- enige van die volgende bestanddele: olywe,

basiliekruid, kersietamaties, ansjovisfilette,

songedroogde tamatie of net waaraan jy kan

dink

Begin deur die oond op 200 °C te skakel.

Dan kan jy die suurlemoene begin sny: Sny die

bo- en onderpunt van elke suurlemoen af.

Probeer om eerder 'n kleiner as 'n groot

suurlemoen te gebruik – jy sal sien as jy die

ringe begin maak.

Sny dan in skywe van ongeveer 1 cm.

Vat 'n skerp, klein mes en sny al in die rondte

om die vlees uit te sny. Al wat jy benodig is die

skil.

Plaas nou die skil-ringe op 'n gesmeerde

bakplaat.

Sny of skeur stukke mozzarella af, afhangend

van hoe styf die kaas is. Pak of druk dan 'n dun

lagie onder in elke suurlemoenskil, sit twee

skyfies olyf en 'n klein basiliekruidblaartjie bo-

op, of een van die ander bestanddele, en bedek

dit dan met nog mozzarella.

Plaas in die oond vir 10 – 15 minute. Dit

moet begin bruin word en heeltemal gesmelt

wees.

Kry nou 'n snytjie brood – 'n Franse brood

werk goed – gereed.

Verwyder die suurlemoenskil van die

mozzarella en skep die gesmelte,

suurlemoengegeurde kaas op jou broodjie.

Resep vir die maand(Fleur-de-Lis)

Ek dink dié tertjies sal altyd ’n gunsteling

vir die meeste van ons bly. Maak een vir

elk, en sit dit as nagereg voor.

(6 porsies) 6 klein individuele oondbakkies

Kors

100 g tennisbeskuitjies 3 eetlepels botter Maak die tennisbeskuitjies baie fyn in

jou voedselverwerker. Smelt die botter

en voeg by die krummels. Druk die

mengsel in die bakkies.

Vulsel

1 blik kondensmelk 100 ml suurlemoensap 2 eiergele 6 eierwitte 90 ml strooisuiker

Page 37: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

37

Klits die kondensmelk, suurlemoensap en

eiergele goed saam. Verdeel die mengsel tussen

die bakkies. Plaas die bakkies op ’n bakplaat en

bak vir 15 minute teen 160 °C. (As jy ’n groot

tert maak, sal dit 30 minute bak.) Klits intussen

die eierwitte styf en voeg die strooisuiker lepel

vir lepel by. Haal die tertjies uit die oond en

skep die meringue bo-op. Verminder die

temperatuur tot 120 °C en bak vir nog 20

minute.

Suurlemoen idees http:www.weg.co.za/kos/resep/106

Ai, so ’n slaai * Sny van die skil in repies en meng dit by jou gunsteling- aartappel-, couscous-, groen- of pastaslaai. * Maak ’n lekker salsa deur die volgende fyn te kap en alles saam te meng: Repies piekelsuurlemoenskil, komkommer, uie, pietersielie en basilieblare. Groente smaak beter! * Geniet die skilrepies saam met gestoomde

aspersies, broccoli, spinasie of in gesmelte

botter waarin jy artisjokke doop.

* Meng die skilrepies met groenteblokkies

(soetrissies, wortels, eiervrug, uie, aartappels

of patats) en ongeskilde knoffelhuisies. Drup

olyfolie oor en sit ’n paar takkies roosmaryn

by, en dan ’n hele paar draaie varsgemaalde

swartpeper. Rooster dit in ’n warm oond

(200 ºC) tot doeksag.

Gee jou stysel skop * Kikker gewone couscous of rys op deur repies

ingemaakte suurlemoenskil daarby te meng.

Hier kiep-kiep… * Maak die geroosterde groente soos hierbo,

maar sny hoenderborsies in blokkies en

rooster dit saam. Haal die hoender en

groente met ’n kostang uit en pak dit op ’n

opdienbord. Skep die meeste van die vet uit

die oondroosterpan, druk twee vars

suurlemoene se sap in die pan saam met ’n

bietjie hoenderaftreksel en kook dit op ’n

plaat af totdat dit ’n lekker dik sous maak.

Sit die hoender en groente saam met die

sous voor.

Soos ’n vis in die water * Bak enige vis soos gewoonlik in die oond

met suurlemoensap, maar pak repies

ingemaakte suurlemoenskil bo-oor vir daai

dubbele suurlemoensmaak.

* Maak ’n vulsel vir ’n heel vars vis (soos

kabeljou, geelstert of rooi roman): Kap en

meng ingemaakte suurlemoenskil met

gekapte koljanderblare, Italiaanse

pietersielie, gekapte uie, tamaties, borrie,

komynsaad en droë rissies. Vul die vis

daarmee en bak dit soos gewoonlik in die

oond of oor die kole.

Vleis sonder vaalte * Gee enige potjiekos nuwe lewe deur van

die begin af ’n paar suurlemoenblare by te

gooi. En sprinkel dan ’n paar repies

piekelsuurlemoenskil bo-oor as dit

opgeskep word. Die Marokkane eet dit

graag saam met tagine, ’n stadiggebakte

bredie. Veral met lamsvleis is dit heerlik.

* Jy kan ook die skil amper soos blatjang

gebruik – saam met enige vleis, enige tyd,

enige plek.

Pepperment tert (Finesse)

Hier is 'n maklike resep vir 'n lekker Peppermint Tert! Kook en Geniet!

Pay day moet nou vinnig aankom!!!

Page 38: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

38

VLU MPUMALANGA KOMPETISIES 2013/2014

Daar is verskeie versoeke ontvang dat ons kompetisies moet uitskryf waar oorskiet- garing en -lap gebruik kan word. Hier is dit ! HEKELWERK MOULOSE,KRAAGLOSE BAADJIE (GILET) VAN GEHEKELDE MEDALJONS HANDBREIWERK ‘N SLINGERSAK VAN “CRAZY PATCHWORK KNITTING” MASJIENWERK MIDDELLAP IN LASLAPWERK BORDUURWERK Ons wag om te sien wat die SA-kompetisie gaan wees, sodat ons op provinsiale vlak ‘n kleiner artikel in dieselfde tipe borduurwerk kan maak. HANDVLYT ’N JUWELE KISSIE MET PIOUTER/FOELIE OORGETREK. DIE KISSIE MOET ‘N DEKSEL Hê. SKETS IN KLEUR TEMA: ‘N VOëL SE KOP IN KLEUR PROSA TEMA: EK ONTHOU................ FOTOGRAFIE TEMA: Weerkaatsing

Page 39: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

39

VLU MALIEVELDSTREEK KOMPETISIES 2013/2014

Borduurwerk: ‘n “Keepsake” houertjie versier met Kruissteek borduurwerk, inkorporeer krale.

Masjienwerk: 'n Sak vir ’n man se skootrekenaar.

Masjienborduurwerk: Tafel/ teenet.

Breiwerk: Beret en serp vir ‘n dame

Hekelwerk: “Bolster” kussing vir ’n bed.

Handvlyt: Horlosie vir ‘n kombuis.

Olieverf skildery: Nie kleiner as 20cm - Geen tema.

Fotografie: Hart

Page 40: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

40

VLU MALIEVELDSTREEK (VERVOLG)

Produk van die jaar: Rissie Preservering: Twee kompetisies in een. Jy kies een van die twee, moet nie albei maak nie. Piperana of Rissie Olie.

Gebak: Biscotti. Eie resep. Resep moet asb voorsien word.

Blomme: Beginners: Ruiker om ‘n troukoek te versier.

Middelbaar: Handruiker vir ‘n bruid.

Gevorder: Rangskikking vir voor in die kerk.

Ope: Skouer ruiker vir ‘n dame

!

Page 41: Julie - November 2012 MALIEWALES - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/_2._maliewales_j… · U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my

41

SLOT GEDAGTE Mariette Joubert

Wat maak my swak? My Vrese. Wat maak my heel? My God. Wat hou my staande? My geloof. Wat maak my goedhartig? My vermoë om nie heeltyd aan myself te dink nie. Wat maak my eerlik? My integriteit. Wat hou my gedagtes skoon? My soektog na ware kennis. Waaruit leer ek die beste lewens lesse? My foute. Wat hou my kop omhoog? My trots, nie my arrogansienie. Wat as ek nie kan uithou en aanhou nie? Dit is nooit ‘n opsie nie. Wat maak my suksesvol? My moed om aan te hou met opstaan as ek val. Wat maak my bevoeg vir alles wat ek doen? My selfvertroue. Wat maak my mooi? My alles. Wat maak my ‘n vrou? My hart.

Wie is ek? Ek is voluit vrou! Vir mooi oë, Kyk altyd na ander se goeie eienskappe. Vir mooi lippe, sê net vriendelike woorde. Vir grasie, loop met die wete dat jy nooit alleen is nie.

En dan moet ek die laaste woord inkry: Ondersteun julle streek en takbestuur. Wees daar vir mekaar. Dra mekaar se belange op die hart. Onthou ons is as organisasie 'n eenheid. Alhoewel daar wedywering tussen ons as takke, streke en provinsies is, is ons nog 'n eenheid wat vir die welvaart van ons organisasie moet werk. Bly weg van twis, na-ywer, katterigheid, skinder en verkleinering. Dit het geen plek in die VLU nie. Dit het geen bestaansreg in die lewe nie! Ons is in die bevoorregte posisie om vriendinne om te hê. Waardeer mekaar, wees lief vir mekaar en veral, neem mekaar in ag. Hou die belange van die VLU in totaliteit in ag. Hou VLU se naam hoog.

MOENIE DAT MARIETTE OOIT SO VOEL OOR VLU NIE!

VLU IS TOPS!!