jesus leef en ons met hom - rustenburg g kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop....

19
Rustenburg Gemeenskapskerk Posbus/PO Box 20146 Proteapark 0305 Cell:066 270 3086 E-mail: [email protected] Weeklikse Brood vir 18 - 24 Augustus 2019 Tiende week in Koninkrykstyd Skriflesing vir die week: Hebreërs 11: 29 - 12: 2 Skriflesing vir volgende week: Hebreërs 12: 18-29 Sondag - Ingenooi in God se rus en tyd Koninkrykstyd herinner ons dat ons Christus se heilswerkers hier op aarde is. Ons moet ons geloof in dade omsit en Jesus se liefde teenoor ons naaste uitleef. Lees Jesaja 5: 1-7. Ons hoor hier God se volk het nie die vrugte van reg en geregtigheid (goeie dade) voortgebring nie, dit is egter wat God van hulle verwag het. Dink na oor die vrugte wat jy vir God dra. Vra dat God jou sal help om in die week wat voorlê jou geloof in Hom opreg uit te leef. Hou jou oog op die eindresultaat gerig. Maandag - Luister na God se Woord Lees Hebreërs 11: 29 - 12: 2. Hierdie gedeelte vertel van wonders wat gebeur het deur mense se geloof in God. Dink na oor die voorbeelde van geloof wat hier beskryf word. Dit vertel ook van ander mense wat ter wille van hulle geloof baie ontberings deurstaan het… sonder om die beloofde vrugte daarvan in hierdie wêreld te ontvang. Hoe hanteer jy moeilike omstandighede? Laat jy toe dat twyfel jou beïnvloed en afwyk van wat jy gekies het om te doen? Ons lees die lewe is ’n wedloop met Jesus as die eindpunt. Dink na oor hierdie wedloop en hoe jy dit moet hardloop. Dinsdag - Luister na mekaar Lees Hebreërs 11: 29 - 12: 2 saam met medegelowiges. Wat hoor julle in hierdie gedeelte oor volharding in die geloof? Vertel vir mekaar van kere toe julle God se seën op julle geloofsvertroue beleef het. Dink na oor hoe mense op probleme in hulle lewe reageer. Dink julle volharding in geloof is die moeite werd? Jesus het nie van sy pad afgewyk nie, ten spyte van wat Hy moes deurmaak. Hy het na die uiteindelike beloning gekyk. Dink na oor die beloning wat op ons wag. Bid dat God jou sal help om teenoor ander mense van sy getrouheid te getuig. Staan vas in die geloof! Jesus leef en ons met Hom

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Rustenburg Gemeenskapskerk Posbus/PO Box 20146 Proteapark 0305 Cell:066 270 3086 E-mail: [email protected]

Weeklikse Brood vir 18 - 24 Augustus 2019 Tiende week in Koninkrykstyd

Skriflesing vir die week: Hebreërs 11: 29 - 12: 2

Skriflesing vir volgende week: Hebreërs 12: 18-29

Sondag - Ingenooi in God se rus en tyd

Koninkrykstyd herinner ons dat ons Christus se heilswerkers hier op aarde is. Ons moet ons geloof in dade omsit en Jesus se liefde teenoor ons naaste

uitleef.

Lees Jesaja 5: 1-7. Ons hoor hier God se volk het nie die vrugte van reg en geregtigheid (goeie

dade) voortgebring nie, dit is egter wat God van hulle verwag het.

Dink na oor die vrugte wat jy vir God dra. Vra dat God jou sal help om in die week wat voorlê jou geloof in Hom opreg uit te leef. Hou jou oog op die

eindresultaat gerig.

Maandag - Luister na God se Woord

Lees Hebreërs 11: 29 - 12: 2.

Hierdie gedeelte vertel van wonders wat gebeur het deur mense se geloof in God. Dink na oor die voorbeelde van geloof wat hier beskryf word. Dit vertel

ook van ander mense wat ter wille van hulle geloof baie ontberings

deurstaan het… sonder om die beloofde vrugte daarvan in hierdie wêreld te ontvang.

Hoe hanteer jy moeilike omstandighede? Laat jy toe dat twyfel jou beïnvloed

en afwyk van wat jy gekies het om te doen? Ons lees die lewe is ’n wedloop met Jesus as die eindpunt. Dink na oor hierdie wedloop en hoe jy dit moet

hardloop.

Dinsdag - Luister na mekaar

Lees Hebreërs 11: 29 - 12: 2 saam met medegelowiges.

Wat hoor julle in hierdie gedeelte oor volharding in die geloof? Vertel vir mekaar van kere toe julle God se seën op julle geloofsvertroue beleef het.

Dink na oor hoe mense op probleme in hulle lewe reageer. Dink julle

volharding in geloof is die moeite werd? Jesus het nie van sy pad afgewyk nie, ten spyte van wat Hy moes deurmaak. Hy het na die uiteindelike

beloning gekyk.

Dink na oor die beloning wat op ons wag. Bid dat God jou sal help om teenoor ander mense van sy getrouheid te getuig. Staan vas in die geloof!

Jesus leef en ons met Hom

Page 2: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Woensdag - Luister na ander en die tye Lees Hebreërs 11: 29 - 12: 2. Dink na oor mense se moontlike reaksies op ’n mediaberig met die

woorde “omdat hy / sy geglo het.” Hoe dikwels hoor jy van mense wat oor God se ingrype in hulle lewe getuig?

Die gedeelte bevestig dat God gehoorsaamheid en volgehoue geloof beloon.

Dink na oor hoe ongelowiges dit sou vertolk. Jesus is die Begin en Voleinder van ons geloof. Bid dat die wêreld Hom as rolmodel sal erken en volg.

Donderdag - Luister weer na God se Woord

Lees Hebreërs 11: 29 - 12: 2. Ons hoor hier van ’n hele skare mense wie se geloofsvertroue beloon

is. Dink jy mense se lewe word vandag nog wonderbaarlik gespaar? Beskryf watter invloed geloof op hierdie wonderbaarlike ingrype het.

Hierdie gedeelte beskryf die lewe as ’n wedloop. Dink na oor jou lewenswedloop in die lig van die volgende vrae en die antwoorde daarop: Hoe berei jy jou voor? Hoe bly jy op die baan? Wie kan jou help met hierdie wedloop? Waarop fokus jy?

Jesus het nie weggedeins van wat Hy in sy lewe moes verduur nie. Hy het na God se beloning gekyk. Sien jy kans om God met jou lewe te vertrou, ten spyte van probleme en swaarkry?

Vrydag - Fokus op wat God nou doen Lees Hebreërs 11: 29 - 12: 2. God vra van ons gehoorsaamheid aan Hom en geloof in Hom. God

antwoord met wonderwerke en oorwinning wanneer mense op Hom vertrou. In vers 34b lees ons dat Hy aan mense in hulle swakheid krag gegee het - God laat ons nooit alleen staan nie. Hy is altyd by ons.

Sommige mense het weens hulle geloof swaar gekry. Sommige van hulle het nooit hulle droom in hierdie lewe sien waar word nie. God belowe egter in vers 40 iets beters. Jesus het die kruis verduur. Hy is die Begin en Voleinder van ons geloof. God belowe aan ons oorwinning oor die dood. Bid dat jy God se doel vir jou lewe sal gehoorsaam.

Saterdag - Antwoord met jou lewe Lees Hebreërs 11: 29 - 12: 2.

Die eerste gedeelte beskryf die volgehoue geloof van Bybelfigure - God vra van ons geloof in Hom, ten spyte van ons omstandighede. Gehoorsaamheid aan God kan ons lewe radikaal verander. Getuig van God se dade in jou lewe sodat dit aan ander moed kan gee.

Laat gaan die dinge wat jou terughou sodat jy voluit en vry vir God kan leef. Volhard in jou geloof. Waak teen die sonde wat jou einddoel laat vervaag. Jesus is ons einddoel.

Page 3: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

in samewerking met nous.org.za

18 - 24 Augustus 2019

Hebreërs 12: 1 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons

het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê,

met volharding hardloop…

Gooi af jou las! Gee die aflosstokkie aan!

So: Hebreërs 11: 29-12: 2 Ma-Di: Psalm 80: 1-2, 8-19 Wo-Do: Jesaja 5: 1-7 Vr-Sa: Lukas 12: 49-56

Dankgebed (Gebed voor ete)

Dankie vir die kos wat ons kan geniet en dat U vir ons sorg. Amen.

Oorgee-gebed

Laat ek vandag op Jesus gefokus bly. Amen.

Seëngebed (Seën mekaar elke oggend so)

Mag jy vandag elke las van jou afgooi en die goeie wedloop hardloop. Amen.

Lees die Teks soos aangedui in Bybel-tyd hierbo. Oopskop vraag: Wat het jou geraak in die teksgedeelte en watter vrae het by jou opgekom? Raakvat vra: Van watter geloofsgetuies word daar gepraat in 12: 1? Kyk hoeveel groepe

geloofsgetuies julle kan tel in 11: 29-40. Hoekom het hierdie geloofsgetuies nie moed opgegee nie? Watter dinge laat jou soms voel dat jy wil opgee? Help hierdie gedeelte ons om aan te hou met die goeie wedloop? Hoe kry die teks

dit reg?

Ons gesels saam

oor ons lewe en

geloof

Ons spandeer kwaliteit-tyd

saam

Laat iemand ’n objek in ’n vertrek wegsteek vir ’n ander gesinslid. Die moet dan die objek kom soek, maar hy/sy mag nie weet wat die objek is wat hy/sy soek nie. Dit kan iets groot (bv. ’n meubelstuk) of klein (bv. ’n sleutel) wees. Indien hy/sy sukkel, vertel wat die objek is wat gesoek word. Gee elkeen in die gesin geleentheid om ’n objek te soek (elke keer ’n ander objek). Hoekom is dit makliker om iets te soek as jy weet wat dit is? Hoe vergelyk dit met “hou die oë op Jesus”?

Ons oefen ons

geloof op ’n

praktiese manier

Terwyl ons fokus op geloofsgetuies, sal dit goed kan wees om ’n geloofsgetuie te identifiseer wat dalk deur ’n moeilike tyd gaan. Maak vir hom/haar ’n bemoedigende kaartjie waarin julle waardering uitspreek vir dít wat hy/sy doen.

Hier is ’n beeld wat ons kan help in die tye wanneer ons swaarkry of sukkel. Dat ons soos ’n atleet wat deelneem aan ’n wedloop sal:

• Fokus op Jesus (konsentreer op die feit dat Jesus reeds die wedloop namens ons gewen het)

• Ons sal uitkyk vir ons ondersteuners (ouers, vriende)

• Dat ons ons nie sal besig hou met dinge wat ons aandag kan aftrek van ons doelwit af nie.

Ons leef ons

geloof heelweek

uit

Page 4: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

29Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het. 30Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. 31Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie. 32En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. 33Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, 34gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. 35Vroue het hulle dooies teruggekry, opgewek uit die dood. Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot ’n beter lewe deelagtig word. 36Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. 37Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. 38Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe. 39En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, 40omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie. 12 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Na ’n lang lys van geloofshelde in 11: 4-28 volg in vers 29-35a verskeie voorbeelde

van wat gelowiges vanaf die uittog tot die inname van die beloofde land danksy hulle geloof ontvang het. Vers 35b-40 getuig verder oord die geloof van diegene wat

oënskynlik nie tydens hulle lewe die oorwinning deur hul geloof behaal het nie. Inteendeel, op die oog af het hulle as martelare gesterf. Al het hulle nie verkry wat

aan hulle beloof is nie (vers 39b) dien hulle volharding as ’n aansporing vir gelowiges wat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter

oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die voleinding bereik. Dit is dan ook die oorwinning waarin die lesers van Hebreërs sal deel (vers 40). In 12: 1-3 word

gelowiges aangemoedig om met in agneming van die skare van martelare wat na hul lewensloop kyk (hul wedloop) dit soos Jesus met volharding te voltooi sodat hulle kan

deel in die oorwinning wat Hy moontlik gemaak het vir hulle.

● Volgens vers 29 het die Israeliete (Eks 14: 29-31) geglo en daarom is hulle deur God

gered toe Hy hulle deur die Rooisee laat trek het. Die Israeliete het deur die see soos oor droë grond getrek, terwyl die Egiptenaars daarin verdrink het. Daar sou

geargumenteer kon word dat die deurtog self ’n geloofsdaad was en dat dit nie net geskied het op grond van die Israeliete se voorafgaande geloof in God se belofte van

redding uit Egipte nie. Hier is die eerste keer sprake van kollektiewe geloof (teenoor die van individue soos in die voorafgaande gedeelte) van die Israeliete in Hebreërs 11.

18 - 24 Augustus 2019 Bybelstudie: Hebreërs 11: 29 - 12: 2

Volgende week: Hebreërs 12: 18 - 29

Page 5: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

● In vers 30 beweeg die skrywer van die aanvanklike uittog van Egipte na die uiteindelike inname van die beloofde land. Hy gee dus ’n opsomming van gebeure wat van ’n bepaalde geloofsperspektief getuig en nie ’n kronologiese uiteensetting van die hele geskiedenis nie. Die Israeliete se geloof in God se belofte dat Hy aan hulle hul eie land sal gee het hulle vir sewe dae lank om die mure van Jerigo laat trek totdat God op ’n wonderbaarlike wyse die stad se mure laat omval het waarna hulle dit kon verower (Jos 6: 1-20). ● In die volgende vers skuif die fokus van die skrywer weer na die geloof van ’n individu naamlik die van Ragab die prostituut (Jos 2: 1). Omdat sy vanweë haar geloof die Joodse spioene versteek het, het sy van God genade ontvang en is haar lewe gered toe die stad ingeneem is. Die gebeure gaan in die geskiedenis die van vers 30 vooraf, maar word hier vertel omdat die fokus op haar verlossing is eerder as op wanneer sy die daad gedoen het. ● Vanaf vers 32-33a volg ’n bondige verwysing na talle geloofshelde wie se geloof wondere verrig het. Daar word na vier rigters (Gideon, Barak, Simson en Jefta), een koning (Dawid), en Samuel en die profete as voorbeelde van geloof, verwys. Die verwysing na wat hulle deur geloof in die politiek en in oorlog bereik het, is ook nie kronologies georden nie (vers 32-33a). ● In vers 33b verskuif die fokus na diegene wat deur geloof besonder uitdagende omstandighede oorkom het (soos bv. om deur leeus bedreig te word of pogings om hulle dood te maak). ● Vers 35 verwys na verskeie vroue wat hulle kinders uit die dood teruggekry het (1 Kon. 17: 17-24; 2 Kon. 4: 17-37). Die geloof van diegene wat nie die dood ontsnap het nie, maar wat tot die einde volhard het word ook uitgelig. In vers 36 tot 38 word egter ook verskeie maniere beskryf waarop gelowiges (en spesifiek dan ook van die Ou-Testamentiese profete) tereggestel is in die antieke wêreld. So is Jeremia volgens oorlewering gestenig, Jesaja in twee gesaag en Urija met die swaard gedood). Nie alle gelowiges is dus vanweë hulle geloof van die dood gered nie. Sommige het juis as gevolg van hulle geloof gesterf. ● In Hebreërs 12: 1-3 gebruik die skrywer die beeld van ’n arena wat volgepak is met gelowiges om die gelowiges aan te spoor om in die geloof te volhard. Die groot skare van geloofsgetuies spoor hulle aan om hul resies te voltooi. Waarskynlik verwys dit onder andere na die getuies wat in Hoofstuk 11 vermeld is en spesifiek na die martelare wat in vers 36-38 beskryf is. Om hul wedloop te kan voltooi moet gelowiges elke las afgooi (d.w.s. breek met die sonde wat maklik hulle spoed breek) en op Jesus fokus. Vir die skrywes is Jesus die Begin en Voleinder van die geloof (vers 2). Nie alleen het Hy danksy sy lewe en dood ’n nuwe verhouding met God moontlik gemaak nie, maar is Hy ook die eerste wat die volle vrug daarvan ontvang het (die ewige lewe). “Voleinder” beteken die een wat reeds die wedloop voltooi het en dus as voorbeeld kan dien dat dit gedoen kan word. Al het die toeskouers van sy wedloop Hom uitgejou, het Hy nie vir die skande van die kruis wat Hy moes dra teruggedeins nie. Hy het die vyandige optrede van sondaars teen Hom verdra (vers 3). Gevolglik het Jesus die oorwinnaarskroon ontvang en sit HY nou aan die regterkant van die troon van God (vgl. Ps 110: 1). Gelowiges moet dus na Jesus kyk en na hoe Hy die wedloop gehardloop het en na die prys wat Hy ontvang het ten einde te verhoed dat hulle geestelik moeg word en uitsak. Bronnelys

Du Toit, A B en ander 1990. Handleiding by die Nuwe Testament. Band VI, Die Johannesevangelie; Hebreërs tot Openbaring: Inleiding en teologie

Du Toit, Andrie 2002. Hebreërs vir vandag - ’n Bybelstudie vir dieper delwers

Robinson, Phil 2002. “Hebreërs”, in Burger, Coenie en Ian Nell (red) 2009. Nuwe-Testamentiese visies vir die gemeente

Die Bybellenium. Eenvoudige kommentaar, Hebreërs (Wim Vergeer), bl. 2001 ev.

William Barclay 1998. The letter to the Hebrews. The daily study Bible.

Page 6: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

18 - 24 Augustus 2019 Kyk terug, kyk op,

kyk vorentoe. Hebreërs 11: 1-16

1. Kontak met mekaar Aankoms, verwelkoming en verversings.

Ysbreker Watter sport het jy gedoen toe jy op skool was of watter sport doen jy tans?

Hoe werk die voorbereiding en oefening daarvoor? 2. Kontak met God Neem ’n paar oomblikke. Raak stil en rustig. Haal diep asem. Kom tot rus by die Here jou God. Dink in stilte aan Hom. Dink ook na oor die diepte van jou geloof in Hom. Praat in stilte met Hom daaroor. Lees Psalm 80: 1-2, 8-19 terwyl die ander dit in hulle harte saambid. Deel enige gebedsverhoring of Godservarings van die afgelope week. Dank God daarvoor. 3. Kontak met die Woord Bid dat die Gees die teks vir julle sal oopbreek. Lees dan die teksgedeelte. Noem die dinge in die teks wat jou aangespreek of laat wonder het. Gesels oor die volgende:

Noem al die geloofsgetuies wat in die teks genoem word. Wat sou, na julle mening, die waarde daarvan vir ons as mede-Jesus-volgelinge wees om deur die “foto’s” van persone in die

geloofsgalery te blaai? Wat leer ons by hulle?

Nie een van die mense wat genoem is, was perfek nie. Wanneer ons Hebreërs 11 lees is daar verhale van triomf en glorie, maar daar is terselfdertyd ook verhale van lyding, vernedering en mishandeling. Bespreek wat dit vir julle sê oor die geloofsreis agter Jesus aan.

Geloof is ’n marathon, nie ’n naelloop nie. Soms is daar ’n uitsigloosheid in die geloofstryd, met weinig of geen indrukwekkende korttermynresultate om op te roem nie. Watter les is hierin opgesluit, veral as ons dink aan ons foute, sondes en worstelinge?

Hou die oog gevestig op Jesus. Hoe doen ons dit? Wat is die resultaat daarvan? Wat beteken dit tydens swaarkry en lyding?

As God mense (soos die geloofsgetuies) wat vol foute is kan gebruik, hoe beïnvloed dit die manier hoe ons na mense kyk?

4. Bedien mekaar: Deel gebedsversoeke en skryf dit in julle gebedsdagboeke en bid in die week daarvoor. Onthou om ook gebedsverhoring en Godservarings neer te skryf. Dra die gebedsversoeke aan God op. Sluit af met gesamentlike gebed. Vir die begeleier: Hebreërs 11 laat mens op ’n manier aan ’n foto-album dink. Om Hebreërs 11 te lees is soos om deur ’n foto-album te blaai en na die foto’s van persone en gebeure te kyk wat ’n bepaalde invloed op jou lewe gehad het. Daar’s foto’s van ooms en tantes en grootouers, lank voordat jy op die toneel verskyn het; dan is daar die foto van jou waar jy op jou ma se skoot gesit het of saam met jou pa onder die sambreel; die eerste baba-foto’s, skool- en gradeplegtigheidfoto’s en troufoto’s! Al die foto’s maak herinneringe in jou wakker van mense wat in moeilike en goeie tye saam met jou was. Hebreërs 11 help ons kyk na die foto’s in die galery

Jesus Leef en ons met Hom

Page 7: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

van geloofshelde: die Israeliete droogvoets deur die Rooisee en wat die mure van Jerigo laat val het, Ragab wat die verkenners weggesteek het, Gideon, Simson, Dawid, Samuel, die foto’s van hulle wat die triomf van hulle geloof ervaar het, maar ook van diegene wat in swakheid gespot, gemartel en doodgemaak is. Vir ingeval almal nie Bybels bring nie. Maak ’n paar fotostate van die teksgedeelte en neem dit saam. Dis ook altyd insiggewend om verskillende vertalings van die teks te lees.

Page 8: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

“… And why you should stick to it and keep moving forward, even when the moving forward gets tough.” Dis die oogmerk van die Hebreërskrywer. Dis soos ’n Comrades-atleet wat op talle punte tydens die wedloop weer moet besluit: “Ek gaan nie ophou nie, ek gaan vasbyt.” Langs die pad moedig toeskouers atlete aan en skree: “Jy kan! Jy’a amper daar!” So draf die skrywer langs ons en sê: “Byt vas!

Dis die moeite werd! Julle kan!”. Lees nou Hebreërs 11: 29 - 12: 2.

Geloofsgewoonte: Om God se beloftes in sy Woord te memoriseer. Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om deur middel van herhaling God se lewegewende beloftes te alle tye en onder alle omstandighede aan vas te hou, ten einde die geloof in ons aan te vuur. Lees hieroor Ps. 119:11, 97; Luk. 24:8; 2 Pet. 1:13, 15; Jes. 62:6.

Doen-dinge: 1. Leer om van die liedere in die Liedboek van die Kerk, wat vir jou besondere betekenis het, te memoriseer. 2. Skryf ’n belofte van die Here wat jy raakgelees het op ’n kaartjie en plak dit teen die yskas of spieël Lees die belofte elke dag en herhaal dit

totdat jy dit ken. Wanneer jy die belofte ken, beweeg dan eers na die volgende belofte en memoriseer dit op dieselfde wyse. 3. Probeer om ’n hele hoofstuk in die Bybel wat jou na aan die hart lê te memoriseer.

Dink-dinge: 1. Wat, dink jy, is die voordele daarvan om Bybelbeloftes te memoriseer? 2. As jy in eensame afsondering aangehou sou word, waaraan sou jy uit die Bybel kon vashou?

3. Dink na oor beloftes wat jy met ander in moeilike omstandighede kan deel.

1. Vertrou mekaar en vertel wat dit is wat jou moeg maak en jou kragte tap. Hoe kan julle mekaar bemoedig. 2. Vertel vir mekaar wat die oorsaak is dat mense hulle geloof (verhouding met Jesus) prysgee? 3. Hebreërs 12:1 wys op die toeskouers wat aanmoedig (“skare geloofsgetuies”). Hoe belangrik is aanmoediging van ander in die geloofswedloop? Ons is amper altyd op onsself ingestel, met die gevolg dat ons diegene wat van geloofsuitputting langs die pad gaan sit, dikwels nie eers raaksien nie. Bepaal ’n strategie om ander te bemoedig. 4. By die wenstreep en eindpunt wag Iemand vir ons: Jesus. Hy dra nog die littekens van sy “wedloop”. In watter opsig is Jesus vir

deelnemers aan die geloofswedloop ’n inspirasie? 5. Gelukkig gaan dit in volharding oor meer as net “vasbyt”, asof dit van ons afhang. Jesus is die “Begin en Voleinder” van die geloof. God is so getrou - Hy het ons verhouding met Hom geïnisieer en hou dit in stand en rond dit af. Hoe sal julle die ryk betekenis hiervan aan ’n moeë verduidelik. 6. Hoe belangrik is dit vir navolgers van Jesus om die oog op die wenstreep en eindpunt en Jesus-self te hou? Hoe doen julle dit?

B.I.D. staan vir: B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom. I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.). D: dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor. LEWENS-LEUSE: Bely ook elke oggend en aand 1 Kor. 9: 23 se waarheid: “Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”

Biduur: 18 - 24 Augustus 2019

’n 3iG-groep is ’n saam-glo groep wat deur bid, groei en dien Jesus dieper volg. Drie mense wat kies om saam te bid, saam te luister en saam ons geloof te leef.

Dit is slegs ek en 2 vriende wat ’n spontane groep vorm. Dit kan egter ook uit meer as drie mense wees: ons familie of vriende of kollegas of mense in die gemeente.

Ons maak weekliks met mekaar kontak (deur ’n koffie-afspraak of telefonies) rondom die gefokusde saam-gesels van die week. Die leier-wat elke week wissel-sorg dat ons mekaar daardie week sien.

Page 9: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Kleuterkerk: 18 - 24 Augustus 2019

Gooi af jou las! Gee die aflosstokkie aan!

Hebreërs 12: 29 - 12: 2

Deel van die sukses van Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik klei kis, Lego’s kis en legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding:

Bring verskeie items saam wat mens vir kamp benodig en ’n paar ekstra onnodige items ook.

Skoon papier waarop briefies geskryf kan word of prente geteken kan word. Gom en skêre. Afdrukke van bandjies vir aflosstokkies.

Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel. Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies (in hul skote). Die volgende roetine word voor gestel: Bywoningsregister

Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein. LW dis nie trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net ’n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om ’n plakker te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is.

Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang kroon met ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang verjaarsdag kroon (voorsien) en ballon(voorsien)

Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in mandjie Hersieningsmoment

Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige Sondag se kleuterkerkles kan onthou. Bidtyd: Openingsgebed Vra een van die kinders om te open met gebed.

Page 10: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Geselstyd: Vandag gaan ons kyk wie van julle die fiksste en sterkste is. En vir die oefening noem ons daardie ou: Fikse Fanie. Wie dink hy is sommer baie sterk en sal Fikse Fanie wees? Fikse Fanie moet ook vir ons die items uitsorteer en vir ons alles wat mens nodig het om te. gaan kamp, by mekaar sit, en alles wat onnodig is, eenkant weg sit. Neem ’n verskeidenheid items saam waarmee mens alles kan kamp of gaan berg klim. Alles van ’n waterbottel, ’n braai rooster, ’n tent, ’n slaapsak, ’n rugsak. Handdoeke, boeke, braai hout, sonsambreel, kampstoele, koelhouer ens. Sit ook onnodige items by . Laat die kinders iemand aanwys wat die oefening moet doen. Laat hom/haar nou alle items wat hulle dink by kamp pas, op een hoop sit. Nou dat ons alles vir ’n kamp by mekaar het, moet Fikse Fanie vir ons alles optel en dra tot by die kamp plek. Die maats kan help om alles op die maatjie te laai. Dit behoort redelik onmoontlik te wees om alles op te laai. As Fikse Fanie wil, kan hy van die items wat hy dink onnodig is, begin afhaal en los. Van die items sal kamp dalk ook lekker maak, maar is nie so noodsaaklik soos wat ons soms dink nie. Help Fikse Fanie om een vir een van die items te los en ook te verduidelik hoekom mens van die items kan los. En waarom hy van die ander items steeds bly saam dra. As mens weet jy gaan baie ver stap, of jy moet swaar goed saam met jou dra, dan is dit nie altyd so maklik of lekker nie. Dis beter om dit wat jou gaan terughou, eerder af te gooi. Soms dink ons ons kan nie sonder iets lewe nie, soos dat ons nie sonder ’n selfoon of ’n tablet kan oorleef nie, maar as ons vir ’n rukkie daarsonder moet klaar kom, kom ons agter, dat ons onsself soms wys maak ons het iets nodig, wat nie altyd nodig is nie. As mens ook wil oefen en fiks wees, moet jy alles wat onnodig is afhaal en agter los, want onnodige bagasie maak dit vir jou onnodig moeilik en sal jou keer om jou doel te bereik. As ons atletiek kyk sien ons altyd hoe mense vir atlete aanmoedig om aan te hou met hardloop, maar nie vir hulle allerhande ekstra goed op laai nie. Nee hulle skree net: Hou bene hou, en die atleet hardloop sonder enige ekstras, nie eens waterbottels nie, hulle sal eerder langs die pad net ’n sakkie water gryp, dit drink en weer verder hardloop, maar geen onnodige goed optel en saam dra nie. Singtyd: (Die liedere is net voorstelle, indien iets anders meer bekend is kan dit ook gesing word.) Hierdie liedere is slegs voorstelle. Sing gerus iets wat meer bekend is. Bly volhard soos atlete Bly volhard soos atlete Dis God wat ons wedloop bepaal Daar’s ’n skare verlostes Wat wag om die baan Dat ons almal die wenstreep sal haal Liedboek 547 Alle volke, klap jul hande Juig tot eer van God Verhef jul stem en roem Sy Naam In elke stad op aarde Sing en sing en sing dan saam Loof en prys Sy grote Naam

Page 11: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Want Hy is ewig Koning In die Hemel en op aarde Sing en sing en sing dan saam Loof en prys Sy grote Naam Want die Hemelkoning Skenk ons Sy genade Bybeltyd: In die boek Hebreërs, dis ’n boek geskryf deur Paulus, in die Nuwe Testament, leer Paulus die gelowiges hoe God wil hê dat ons moet lewe. Die volk van God was nog so gewoond dat hulle reels en wette moes nakom, en het gedink as hulle al die wette sal nakom, sal God hulle vergewe vir alles wat hulle verkeerd gedoen het. Maar ons weet dat Jesus aarde toe gekom het om ons vry te maak van ons sonde. Daarom kan niks wat ons dink of sê of doen, maak dat God ons sal vergewe nie. Hy het reeds die inisiatief geneem en Jesus in ons plek laat doodgaan, sodat ons gered kan word. Paulus moedig die mense aan om terug te dink aan al die geloofshelde, dis al die mense waarvan vertel word in die Bybel, wat nie gedink het hulle kan gered word op grond van wie hulle is en uit watter agtergrond hulle kom nie. Nee, God red hulle omdat Hy lief is vir hulle, sonder dat hulle dit verdien. En dan doen God groot goed deur hulle. Paulus gaan verder en moedig hulle aan om alles wat hulle dink ekstra nodig mag wees om deur God gered te word, neer te lê en weg te gooi, want dit haal net ons oë van God af. Ons moet eerder fokus op dit wat God vir ons wil gee en doen. Kom ons lees daarvan in Heb.12:1-2. Lees die gedeelte vir die kinders. As daar ouer kinders in die klassie is, lees gerus die eerste paar verse vanaf Heb.11:28 die gedeelte oor die geloofshelde, en vra die kinders uit of hulle kan onthou hoekom die mense geloofshelde was. Watter dinge dink julle kan kinders van God vandag terughou en keer om vir God lief te wees? Wat moet ons weggooi, sodat ons eerder die pad saam met God kan stap? Mense om ons wat ook vir Jesus lief is, sal ons altyd aanmoedig om aan te hou om vir God lief te wees en weg te bly van verkeerde dinge af. Ons moet altyd onthou dat Jesus ’n baie duur prys betaal het om ons sonde te vergewe, daarom moet ons wegbly van sonde af. Het julle al aflosse by die atletiek gekyk. Al wat die aflos-atlete saam met hulle dra, is die aflosstokkie. As ons vandag ’n aflosstokkie in ons geestelike lewe moes saamdra, sal dit die Bybel wees met die Boodskap dat Jesus vir ons baie lief is. Ons moet altyd ons Bybel saamdra, en die goeie nuus wat daarin geskryf is, weer aangee vir almal om ons. Net soos die aflosstokkie. Doentyd & Leertyd: Ons maak ’n aflosstokkie. Die Bybel leer ons dat alles wat ons terughou en keer om te doen wat God vra, moet ons afgooi en weggooi. Niks wat ons doen of sê sal vir God laat dink ons is ouliker of mooier of slimmer nie. Nee, al wat ons kan doen, is om die goeie nuus in ons harte te dra, maar ook aan te gee vir almal om ons. Ons maak vandag aflosstokkies.

• Skryf ’n brief of teken ’n prent vir iemand om vir hulle te wys God het hulle lief. Rol nou die papier in ’n rolletjie op.

• Knip die stroke met die Woorde: “Jesus het jou lief”, of die volgende bladsy uit en plak die punte aan mekaar vas om ’n bandjie te vorm.

Page 12: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

• Steek die opgerolde brief of prent in die rolletjie. Dit lyk nou soos ’n aflosstokkie.

• Gaan gee die stokkie met die boodskap vir ’n maatjie of iemand wat nodig het om te weet dat God ook vir hom of haar lief is.

Afsluitings gebed Dankie Jesus dat U my wys dat ek nie alle onnodige bagasie nodig het, om u te volg nie. Help my om my oë altyd op U te hou. Amen.

Page 13: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Maak aflosstokkies. Knip uit, plak punte op mekaar, steek briefie in die

bandjie wat sê: Jesus het jou lief!

Page 14: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Junior Kategese 18 - 24 Augustus 2019 Hebreërs 12: 29 - 12: 2

Agtergrond: Ons fokus op Jesus om nie geestelik moeg te word nie. Ysbreker (Hier en Nou)

Gesels nou oor wat dit beteken om #blessed te wees. Hoe verstaan jy dit self? Wanneer is mens geseënd?

Kan ʼn mens siek wees en steeds geseënd wees? Kan ʼn mens swaarkry en steeds geestelik fiks wees? Hoe het jy tot nou toe daaroor

gedink?

Moontlike AKTIWITEIT Gebruik vetkryte. Kleur bont kleure op ʼn papier. Bedek die kleure met swart vetkryt. Gebruik dan

tandestokkies om ʼn prentjie daarop te teken. Die swart word “weggeskuif” om kleur te ontbloot,

soos wat Jesus die skande van die kruis weggeskuif het om te doen waarvoor Hy gekom het.

Word stil

Lees Psalm 80: 1-2, 8-19 terwyl die ander dit in hulle harte saambid. Dink na oor hoe jy God se ontferming en uitkoms beleef. Wat sê die Bybel? (Daar en Dan)

Lees die fokus teks. As daar tyd is, kan elkeen dit weer op hulle eie lees. 29Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het. 30Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. 31Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie. 32En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. 33Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, 34gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. 35Vroue het hulle dooies teruggekry, opgewek uit die dood. Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot ’n beter lewe deelagtig word. 36Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. 37Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. 38Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe. 39En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, 40omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie. 12 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Inligting vir die begeleier: Hebreërs 11 laat mens op ’n manier aan ’n foto-album dink. Om Hebreërs 11 te lees is soos om deur ’n foto-album te blaai en na die foto’s van persone en gebeure te kyk wat ’n bepaalde invloed op jou lewe gehad het. Daar’s foto’s van ooms en tantes en grootouers, lank voordat jy op

Page 15: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

die toneel verskyn het; dan is daar die foto van jou waar jy op jou ma se skoot gesit het of saam met jou pa onder die sambreel; die eerste baba-foto’s, skool- en gradeplegtigheidfoto’s en troufoto’s! Al die foto’s maak herinneringe in jou wakker van mense wat in moeilike en goeie tye saam met jou was. Hebreërs 11 help ons kyk na die foto’s in die galery van geloofshelde: die Israeliete droogvoets deur die Rooisee en wat die mure van Jerigo laat val het, Ragab wat die verkenners weggesteek het, Gideon, Simson, Dawid, Samuel, die foto’s van hulle wat die triomf van hulle geloof ervaar het, maar ook van diegene wat in swakheid gespot, gemartel en doodgemaak is. Blaai nou deur die foto-album (lees) van Hebreërs 11: 29-12: 3. Gesels dan hieroor:

Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. Hier (Emosiewiel):

Hoe verduidelik Hebreërs hierso wat dit eintlik beteken om “blessed” te wees, al staan die woord self nie daar nie?

Word die geloofshelde genoem omdat hulle so wonderlik was, of omdat hulle Deel vir elke kind sy/haar handpennetjie uit. Vra vir die kinders hoe die teks hulle laat voel het. Gee vir die kinders kans om hulle handpennetjie op die emosie te plaas wat hulle gevoel het. Wanneer almal klaar is kan elke kind verduidelik hoekom hy/sy die spesifieke emosie gekies het. Nou:

omstandighede so wonderlik was, of oor wat God gedoen het? Wat het dit vir Jesus moontlik gemaak om die kruisiging deur te gaan? Hoe help Jesus se voorbeeld ons om nie geestelik moeg te word nie (vers 3)?

Nadat elkeen sy handpennetjie vasgesteek het by verhouding, vra waarom hulle die spesifieke verhouding gekies het. Voor:

Watter goeie nuus gee die teks vir mense wat deur ʼn moeilike tyd gaan, soos siekte of swaarkry?

Watter uitdagings het jy hierdie week? Hoe kan dit jou help om jou oë op Jesus te hou? Vra vir die kinders (onthou elkeen moet antwoord) wat was die beste en slegste ding wat met hulle gebeur het die week wat verby is. Verder en Gebed: Is daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid? Dit sal goed wees as julle gebedsjoernaal kan begin waarin julle gebedsversoeke kan neerskryf. Loof Jesus omdat Hy so ʼn liefdevolle en getroue voorbeeld vir ons is. Vra God om julle te help om nie geestelik moeg te word nie en dat julle krag by Jesus self sal kry. Miskien het jy ʼn uitdaging vir die week aanvaar. Laat iemand anders in die groep vir jou bid daarvoor.

Page 16: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Senior Kategese 18 - 24 Augustus 2019 Hebreërs 12: 29 - 12: 2

Agtergrond (Daar): Vandag lees ons oor helde. Mense wat met moed en geloof vasgehou het aan God in moeilike omstandighede. Hulle word as helde beskou, selfs al het hulle geloof nie noodwendig verseker dat alles vir hulle goed uitgewerk het nie. Gaan kyk gerus na die lys van helde wat hier genoem word en gaan kyk ook na hoe dinge vir hulle uitgewerk het. God se helde lyk soms anders as wat ons dink hulle moet. Ysbreker (Hier en Nou)

Gee elkeen kans om te sê wie hulle helde is?

As elkeen hulle helde genoem het kan julle ook kans gee dalk elkeen vertel waarom hulle hierdie

persoon bewonder?

Kyk of daar ooreenkomste is in die redes wat elkeen gee? (bv. die persoon se toewyding,

prestasies ens.).

Word stil

Lees Psalm 80: 1-2, 8-19 terwyl die ander dit in hulle harte saambid. Indien moontlik: bring ’n Kinderbybel saam na die byeenkoms. Blaai as groep deur die Bybel en kyk watter geloofshelde julle self kan onthou. Lees selfs een se verhaal wat hier in Hebreërs genoem word.

Wat sê die Bybel? (Daar en Dan)

Lees die fokus teks. As daar tyd is, kan elkeen dit weer op hulle eie lees. 29Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het. 30Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. 31Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie. 32En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. 33Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, 34gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. 35Vroue het hulle dooies teruggekry, opgewek uit die dood. Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot ’n beter lewe deelagtig word. 36Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. 37Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. 38Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe. 39En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, 40omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie. 12 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Page 17: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Inligting vir die begeleier: Hebreërs 11 laat mens op ’n manier aan ’n foto-album dink. Om Hebreërs 11 te lees is soos om deur ’n foto-album te blaai en na die foto’s van persone en gebeure te kyk wat ’n bepaalde invloed op jou lewe gehad het. Daar’s foto’s van ooms en tantes en grootouers, lank voordat jy op die toneel verskyn het; dan is daar die foto van jou waar jy op jou ma se skoot gesit het of saam met jou pa onder die sambreel; die eerste baba-foto’s, skool- en gradeplegtigheidfoto’s en troufoto’s! Al die foto’s maak herinneringe in jou wakker van mense wat in moeilike en goeie tye saam met jou was. Hebreërs 11 help ons kyk na die foto’s in die galery van geloofshelde: die Israeliete droogvoets deur die Rooisee en wat die mure van Jerigo laat val het, Ragab wat die verkenners weggesteek het, Gideon, Simson, Dawid, Samuel, die foto’s van hulle wat die triomf van hulle geloof ervaar het, maar ook van diegene wat in swakheid gespot, gemartel en doodgemaak is. Blaai nou deur die foto-album (lees) van Hebreërs 11: 29 - 12: 3.

Gesels dan hieroor:

Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. Hier:

Kyk of julle ’n lys kan maak van die geloofshelde wat hier genoem word. Probeer dan bepaal hoe dinge vir elkeen uitgewerk het.

Hou die emosie-kaart omhoog. Gee paar sekondes van stilte sodat elkeen sy eie emosie kan identifiseer op die emosie-kaart. Nooi hulle uit om in kort sin te verduidelik watter emosie in hulle losgekom het tydens vandag se les. Nou:

Sou julle sê almal se stories het mooi geloop en goed afgesluit? Watter ooreenkomste sien julle in hierdie geloofshelde se stories?

Vra vir die groep aan watter verhoudings in hulle eie lewe hierdie teks hulle herinner het. Gebruik die verhoudings-kaart as hulpmiddel. Voor:

Hier is ’n beeld wat ons kan help in die tye wanneer ons swaarkry of sukkel. Dat ons soos ’n atleet wat deelneem aan ’n wedloop sal:

Fokus op Jesus (konsentreer op die feit dat Jesus reeds die wedloop namens ons gewen het)

Ons sal uitkyk vir ons ondersteuners (ouers, vriende) Dat ons ons nie sal besig hou met dinge wat ons aandag kan aftrek van ons doelwit af

nie. Gebruik die dromer-kaart en vra vir die groep wat hulle dink God se Gees vir hulle sê oor die verhouding of verhoudings waaraan hulle gedink het. Verder:

God weet dat die wedloop van die lewe baie uitdagings aan ons stel. Daarom laat hy ons nie alleen deelneem nie. Hy gee vir ons ondersteuners (a rent a crowd). Hulle wil ons aanmoedig en help waar hulle kan. Daardie ondersteuners is ook hierdie kleingroep.

Deel met mekaar waarmee jy hierdie week ondersteuning gaan nodig hê. Gebruik die verteller-kaart en vra vir elke deelnemer wat hierdie week vir hom of haar voorlê? Wat beplan hulle vir hierdie week? Gebed: Is daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Page 18: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

Bid dan nou vir die sake waarvoor elkeen gevra het dat hulle in die volgende tyd ondersteuning gaan nodig hê.

Onthou julle nog die ABC van gebed? Aanbidding

“Here, ek aanbid U, want…” Belydenis

“Here, vergewe my vir…” Voorbidding

“Ek bid vandag vir…” Danksegging

“Dankie, vir…” Eie behoeftes en toewyding

“Here, help my om…”

Page 19: Jesus leef en ons met Hom - Rustenburg G Kerkwat op meer as net ’n oorwinning in die hede hoop. Hulle het naamlik die beter oorwinning - die opstanding tot die ewige lewe - met die

in samewerking met nous.org.za

18 - 24 Augustus 2019

Hebreërs 12: 1 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons

het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê,

met volharding hardloop…

Gooi af jou las!

Gee die aflosstokkie aan!

So: Hebreërs 11: 29-12: 2 Ma-Di: Psalm 80: 1-2, 8-19 Wo-Do: Jesaja 5: 1-7 Vr-Sa: Lukas 12: 49-56

Dankgebed (Gebed voor ete) Dankie vir die kos wat ons kan geniet en dat U vir ons sorg. Amen.

Oorgee-gebed Laat ek vandag op Jesus gefokus bly. Amen.

Seëngebed (Seën mekaar elke oggend so) Mag jy vandag elke las van jou afgooi en die goeie wedloop hardloop.

Amen.

Lees die Teks soos aangedui in Bybel-tyd hierbo. Oopskop vraag: Wat het jou geraak in die teksgedeelte en watter vrae het by jou opgekom? Raakvat vra: Van watter geloofsgetuies word daar gepraat in 12: 1? Kyk hoeveel groepe

geloofsgetuies julle kan tel in 11: 29-40. Hoekom het hierdie geloofsgetuies nie moed opgegee nie? Watter dinge laat jou soms voel dat jy wil opgee? Help hierdie gedeelte ons om aan te hou met die goeie wedloop? Hoe kry die teks

dit reg?

Ons gesels saam

oor ons lewe en

geloof

Ons spandeer kwaliteit-tyd

saam

Laat iemand ’n objek in ’n vertrek wegsteek vir ’n ander gesinslid. Die moet dan die objek kom soek, maar hy/sy mag nie weet wat die objek is wat hy/sy soek nie. Dit kan iets groot (bv. ’n meubelstuk) of klein (bv. ’n sleutel) wees. Indien hy/sy sukkel, vertel wat die objek is wat gesoek word. Gee elkeen in die gesin geleentheid om ’n objek te soek (elke keer ’n ander objek). Hoekom is dit makliker om iets te soek as jy weet wat dit is? Hoe vergelyk dit met “hou die oë op Jesus”?

Ons oefen ons

geloof op ’n

praktiese manier

Terwyl ons fokus op geloofsgetuies, sal dit goed kan wees om ’n geloofsgetuie te identifiseer wat dalk deur ’n moeilike tyd gaan. Maak vir hom/haar ’n bemoedigende kaartjie waarin julle waardering uitspreek vir dít wat hy/sy doen.

Hier is ’n beeld wat ons kan help in die tye wanneer ons swaarkry of sukkel. Dat ons soos ’n atleet wat deelneem aan ’n wedloop sal:

• Fokus op Jesus (konsentreer op die feit dat Jesus reeds die wedloop namens ons gewen het)

• Ons sal uitkyk vir ons ondersteuners (ouers, vriende)

• Dat ons ons nie sal besig hou met dinge wat ons aandag kan aftrek van ons doelwit af nie.

Ons leef ons

geloof heelweek

uit