jersey sa€¦ · ook sal enige amptelike lys (bv met ons logo daarop), wat die diere lys (soos per...

5
1 JERSEY SA Nuusbrief Rubicon Rockets Jane Julie - 2012

Upload: others

Post on 29-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JERSEY SA€¦ · Ook sal enige amptelike lys (bv met ons logo daarop), wat die diere lys (soos per kapitalyste, geboortelyste ens) dieselfde doel dien as ‘n registrasie sertifikaat

1

JERSEY SA Nuusbrief

Rubicon Rockets Jane

Julie - 2012

Page 2: JERSEY SA€¦ · Ook sal enige amptelike lys (bv met ons logo daarop), wat die diere lys (soos per kapitalyste, geboortelyste ens) dieselfde doel dien as ‘n registrasie sertifikaat

2

Jersey Nuusbrief Julie -2012

Beste Teler,

Hierdie nuusbrief is vir die inligting en kommunikasie tussen alle Jersey belangstellendes. Die brief is nie gefokus op advertering nie

1. NUWE LEDE

Graag wil ons die volgende nuwe lede onlangs aangesluit in 2012 welkom heet:

Milkman Jerseys – Brandfort

D&S Venter Familie Trust – Brits

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asb kennis van die volgende datums, van gebeure in die Jerseywêreld:

31 Julie - 2 Aug, Suid- Kaap klub toer na Oos Kaap.

16 - 17 Aug Outeniquaskou. Kontak Nico van Rensburg by 083 635 9907

23 Aug. Kaapland skou – Porterville. Kontak Wouter Rabie 083 467 6841

30 -31 Aug Bultfonteinskou ( 3 Provinsie Kampioenskappe) Kontak Riaan Jacobs by 0823718143

5 Sept Pretoriaskou. Kontak Arno Theronby 082 444 0362

30 Julie - 3 Aug. Natal Klub kuddekompetisie.

3. AREAS VIR KLASSIFIKASIE

Die volgende areas moet asb kennisneem van die opkomende klassifikasies wat gaan plaasvind. Kennisgewings is reeds per epos gestuur, en is die program op die Jersey SA webwerf te sien. U sal ook per sms aan die geleentheid herinner word. Ons vra dat lede asseblief nie afsprake kanselleer nie en van die geleentheid gebruik maak om diere aan te bied vir klassifikasie.

Gauteng area - 9 -13 Julie – Klassifiseerder John Terblanche – 082 890 2072

Limpopo – 10 -12 Julie – Klassifiseerder Jannie Nel - 076 051 2605

Mpumalanga – 15 – 17 Julie – Klassifiseerder Jannie Nel – 076 -51 2605

Vir klassifikasie in die Kaap area kontak asb Johannes Uys by 028 542 1036 of Danie Giliomee by 082 372 7726.

Tans is daar tot op datum 3 956 diere geklassifiseer vir die jaar 2012.

Page 3: JERSEY SA€¦ · Ook sal enige amptelike lys (bv met ons logo daarop), wat die diere lys (soos per kapitalyste, geboortelyste ens) dieselfde doel dien as ‘n registrasie sertifikaat

3

4. SKOU UITSLAE

Hiermee die uitslae van die Royal Skou gehou op 30 Mei in Pietermaritzburg. Die volledige opsomming met foto’s sal ook verskyn in die nuutste Jersey SA joernaal. Maar besoek gerus ons webwerf of Facebook blad om die foto’s te besigtig:

Kampioen Vers – Rosafield Jordans Fran

Junior Kampioenkoei – Rosafield Jordan Paris

Jongkoei Kampioen – Jonsson Legacy Snowflake

Senior Kampioenkoei – Rubicons Rockets Jane

Kampioen Oukoei – Seldom-Home Talent 2003 – 14 jaar oud.

Groot Kampioen Koei & Super Koei – Rubicons Rocket Jane

5. JERSEY SA JONGBULLE deur Dr. Jooste

Suid Afrika se Jersey populasie vergelyk vandag uitstekend met die invloedrykste lande wat teling betref. Logies dan dat ons eie koeie as bulmoeders ontgin moet word wat die “in- SA- bewys” stempel dra .

TAURUS het nou semen beskikbaar van twee bulle wat mekaar goed aanvul nl:

SHAYA

Sy vaar is Restore wat ‘n ver bogemiddelde kg melk bul is. Restore is min gebruik in SA. Die koeifamilie is suiwer melkkoeie vir generasies in ‘n groot kudde waar die kompetisie straf is. Shaya se voorspelling is hoë produksie koeie met top bestuurseienskappe oa lang produktiewe leeftyd, hoë vrugbaarheid en lae SST. Dus ‘n uitstekende toetsbul wat elke kudde kan gebruik met hierdie laag verwante stamboom en genomiese syfers. Daar is min bulle in die wêreld wat hoë produksie kombineer met sulke uitstekende bestuurseienskappe.

MONTANA

Hy is ‘n seun vd beste SA geteelde Jersey bul ooit nl JAKE wat min telers die geleentheid gehad het om te gebruik. Die Jake dogters produseer ideale melksamestelling vir kaas, het lang PL/produktiewe leeftye en pragtige suiwelraamwerk. “ Monty” se moederlyn is onvergelykbaar as dit kom by produktiewe leeftyd nl 23 laktasies tussen die moeder en grootmoeder. Hierdie koeie het die inherente vermoë om te produseer met die minimum probleme. Monty se moeder was 1x in haar lewe op ‘n skou toe sy in die Superkoei klas meegeding het op die Nasionale Kampioenskappe. Ek het haar kort na die skou op die plaas gesien in haar werksklere en kon haar toe eers waardeer waar sy gemaklik is di om dag na dag hard te werk.

Gebruik semen van elke toetsbul. In hoe meer kuddes hulle gebruik word, hoe hoër betroubaar gaan hulle wees op eerste ontleding.

Page 4: JERSEY SA€¦ · Ook sal enige amptelike lys (bv met ons logo daarop), wat die diere lys (soos per kapitalyste, geboortelyste ens) dieselfde doel dien as ‘n registrasie sertifikaat

4

6. WENK VAN DIE MAAND

In die vark industrie is daar gevind dat speendop baie effektief is vir die doop van naeltjies en pote na geboorte a.g.v dit lank hou en kieme effektief doodmaak.( Peter Durham )

7. BELANGRIKE LEDE INLIGTING

Bykomend tot ons doel om Jersey SA doeltreffender en effektiewer te maak, is daar besluit om sekere veranderinge te implementeer. Ook word daar insette van ons lede gevra aangaande sekere veranderinge. Dus is daar belangrike sake wat aangespreek moet word in die Nuusbrief:

7.1 Tydens die AJV van 2012 is die besluit geneem om die hoeveelheid raadslede in die toekoms van 7 na 5 te verklein. Daar is egter geen besluit geneem t.o.v hoe dit geimplimenteer gaan word nie. Die besluit was dat die aspek teruggeneem moet word na die Klubs om so die die lede inspraak te gee om ‘n verteenwoordigende oplossing te vind. Dit is baie belangrik dat JSA terugvoer ontvang rakende idees oor hoe die verkiesings prakties gehou kan word. Uit die idees wat ons ontvang sal dan tydens die AJV 2013 voorgestel word en tot stemming oorgegaan word. Vier voorbeelde van idees wat reeds voorgestel was is as volg:

a. Alle Raadslede moet op ‘n nasionale basis verkies word. Die Raadslede verkies dan die

portefeules en ampsdraers. b. Alle Raadslede word op ‘n nasionale basis verkies vir vyf spesifieke porterfeuljes nl

Finansies & Administrasie, Bemarking, Kommunikasie, Rasverbetering & Dienste en Algemeen.

c. Raadslede moet in nuwe streke verkies word waar die streke gebasseer is op die volgende provinsiale grense: 1. W. Kaap 2. O.Kaap 3. KZN 4. VS & N.Kaap 5. Gauteng, Mpumalanga, Limpopo and N. Wes

d. Dat drie Raadslede verkies word volgens saamgestelde streke wat sal bestaan uit streke 1 plus 2, 3 plus 4 en laastens bg streek 5. Twee Raadslede word bykomend op ‘n nasionale basis verkies.

Dit is belangrik dat JSA terugvoering ontvang vanaf die klubs met hulle voorstelle teen die einde van September 2012.

7.2 Jersey SA sal in die toekoms al minder gebruik maak van posdienste en meer van elektroniese pos vir alle kommunikasie met die lede waar prakties moontlik.

7.3 SA Stamboek en Jersey SA gaan die druk en uitstuur van sertifikate staak met onmiddelike effek. Die kostes van bg proses en pos van die sertifikate is nie meer nodig nie. Lede sal

Page 5: JERSEY SA€¦ · Ook sal enige amptelike lys (bv met ons logo daarop), wat die diere lys (soos per kapitalyste, geboortelyste ens) dieselfde doel dien as ‘n registrasie sertifikaat

5

egter ‘n lys per e-pos ontvang van alle nuwe registrasie nrs na elke bondel geboortekennisgewings wat verwerk is. Die boodskappe kan ook gesien word op jou Logix boodskappe op die webwerf. Jersey SA oorweeg dit om ‘n 3 generasiestamboom outomaties in die toekoms te laat stuur saam met die kennisgewing. ALLE lede word aangemoedig om asseblief toegang tot die Logix webwerf te verky deur die adres https://www.logix.org.za/ op die internet te besoek, en aansoek te doen vir hulle eie gebruikersnaam en wagwoord. Lede kan dan ‘n verskeidenheid verslae mbt hulle kudde aftrek tov beide Stoet en Melkaantekening. Neem asb Kennis dat geregistreerde diere nie gebrand hoef te word nie, solank as wat daar ‘n ander permanente ID merk is soos ‘n tatoeëer merk. ‘n Spesiale skerm is op Logix ontwerp vir die polisie om enige dier direk te verifieer of die dier geregistreer is en aan wie sy behoort. Ook sal enige amptelike lys (bv met ons logo daarop), wat die diere lys (soos per kapitalyste, geboortelyste ens) dieselfde doel dien as ‘n registrasie sertifikaat in sulke gevalle.

7.4 Rakende die volgende BLUP data ontleding is dit belangrik dat die lede en graadkuddes wat steeds gebruik maaak van melkaantekeninge deur die LNR, die LNR vra dat hulle data beskikbaar gemaak word aan dr Bernice Mostert by Stamboek vir die BLUP dataonttrekking in die toekoms. Die data word deur dr Motert benodig teen 1 Augustus 2012. Dit is baie belangrik dat ons al die Jerseys terugkry om een sisteem, ongeag waar hulle melkaantekeninge doen.

Neem asb Kennis: enige kudde wat nie melkaantekeninge doen deur Logix Melk sal self moet betaal vir hulle BLUP analise, omdat die kostes reeds in berekening gebring is by die fooie vir Logix Melkaantekening lede.

Koste per lewende (aktiewe) dier in kudde : R7-00

Papier afskrif van genetiese kuddeverslag: R 250-00 plus posgeld

Elektroniese lêers (PDF en CSV formate) van genetiese kuddeverslag: R200-00 (Dit sal per e-pos gestuur word)

JERSEY GROETE aan u ons Lede