jersey sa€¦ · jersey sa kontak besonderhede: tel: 051 430 8020 faks: 051 430 7719 epos:...
TRANSCRIPT
JERSEY SA Nuusbrief
Oktober - 2014
Jersey SA Kontak besonderhede: Tel: 051 430 8020
Faks: 051 430 7719 Epos: [email protected]
WJCB 2014 – Gielie de Kock & Johan Jooste
Die WJCB konferensie is verby en watter wonderlike geleentheid was dit weereens om ou bekendes te ontvang. Anne Perchart se
vriendelikheid en passie is beslis gemis. Die spontane vriendelikheid van telers van oorsee het die kongres se sukses verseker.
Vriendskappe en kontakte wat opgebou is sal beslis tot Jersey SA se voordeel wees in die toekoms. Daar was 19 lande
verteenwoordig deur 160 kongresgangers. Hierdie is een van die WJCB Kongresse met die beste bywoning van buitelanders ooit.
Die Jersey Internasionale Jerseykaaskompetisie was 'n groot sukses en ook baie interessant om al die kase te sien en te proe.
Aangesien ek (Gielie) die informasie materiaal en die ettikette moes beoordeel om te bepaal wie adverteer die Jerseykoei die
meeste kon ek alles meemaak. Dit is beslis iets wat by elke groot skou hoort. Die Suid-Afrikaanse kase het uitstekend presteer en
Jersey SA moet die uitslae gebruik om Jersey melk as die ideale samestelling te bemark vir kaasmaak. Baie geluk aan die SA
kaasmakers met hulle verskillende toekennings. Hulle het besonders goed presteer teen strawwe internasionale kompetisie.
Die lesings by die konferensie was uitstekend en relevant. Die lesings wat ‘n moet is om te bekom is onder andere die van dr Julie
Ojango uit Oos- Afrika, Peter G Larson oor hulle benutting van genomiese inligting en James Huffard III oor melk bemarking in die
VSA. Charl Hunlun se lesing was nodig om perspektief te gee aan die dalende tendens in SA Jerseys se bees getalle. Die daling in
alle fassette van Jersey registrasie is kommerwekkend. Slegs 94 van die 212 kuddes doen melkaantekening wat baie teleurstellend
is en moet vining omgeswaai word deur beter samewerking tussen die betrokke instansies. Jersey SA sal ‘n aktiewe rol moet speel
om beter samewerking te verseker.Mense ons sal iets drasties moet doen. Met so min data kan ons nie vordering maak nie. Die
Suid- Afrikaanse populasie word nie goed genoeg benut om sy potensiële impak te maak tot die plaaslike KI bedryf. Jersey telers
moet besef dat indien hulle nie saamwerk nie, die afwaartse spiraal ten opsigte van getalle nie omgekeer sal word nie. Die Deense
Jersey telers se benadering van bespreking en besluitneming wat dan deur alle Jersey telers ten volle ondersteun word sal vining
toegepas moet word in SA.
Die Nasionale Skou was uiters goed beplan en behartig deur die Overberg Jersey Klub. Albert Myburgh en sy bestuurspan was
skitterend. Die skouring was pragtig opgemaak en die vlae van die verskillende lande het luister verleen aan die geleentheid. Joel
Mamabola, Direkteur van Diere Produksie het die Suid- Afrikaanse vlag gedra. Wat opvallend was by hierdie Nasionale Skou is dat
die ouer diere beter was as die jongeres. Dit is iets wat ook aandag moet kry. Kan u sien hoe belangrik dit is om soveel data as
moontlik te bekom. Is die oorsaak hiervan die swak melkprys wat voeding beïnvloed of die bulle wat ons gebruik?
Baie dankie aan mnre Coen Steenkamp en Arno Theron wat teen groot koste die noordelike areas verteenwoordig het by die
Nasionale Skou. Definitief ook aan die plaaslike vertoners wat ons naam hoog gehou het op die skou. Die koeie wat hoog geplaas
was is almal goeie produseerders met uiers wat die hoë volumes gemaklik kan hanteer as gevolg van die kwaliteit van die uiers.
Geluk aan die eienaars van die Kampioene.
Jersey SA se gelukwensing aan Johannes van Eeden wat soveel jare Jersey SA verteenwoordig het by WJCB aktiwiteite. As
erkenning vir sy toegewyde diens aan die WJCB het hy ‘n toekenning vir Uitnemende Diens ontvang van Derrick Frigot, President
van WJCB.
Die plaasbesoeke het baie goed afgeloop. Ons besoekers van oorsee het na hierdie kongres baie meer agting vir die kwaliteit van
ons Jerseys. Die kommentaar was deurgaans baie positief. Baie dankie aan die kuddes wat besoek is vir die uitstekende manier
waarop die koeie vertoon is in goeie fasiliteite. Jersey SA was reeds op die wenpad na die kuddebesoeke. Vele van die
kongresgangers het waardering vir die Suid-Afrikaanse gasvryheid uitgespreek.
Dan ook baie dankie aan elkeen wat nie genoem is wat 'n bydrae gelewer het. Jannie Nel en Tessa Opperman wat op ‘n baie laat
stadium die organisasie moes oorneem met weinig reëlings op gefinaliseer, het uitstekende werk gedoen.
Die borgskappe vir die WJCB kongres word werklik waardeer. Dankie ook aan die hoofborge wat die Jersey SA organiseerders
soveel bystand verleen het.
NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2014
Beoordelaars – Dr Johan Jooste & Danie Giliomee
Aangebied deur die Overberg Jersey Klub
Klas gewen Koei naam eienaar
1. Groot Kampioen Koei Kampioen Hoë Produseerder Reserwe Kampioen Jongkoei Uier Kampioen Jongkoei Kluitjieskraal XF1 1031 AJ Schoonwinkel
2. Reserwe Groot Kampioen Koei
Senior Kampioen Koei Senior Kampioen Uier Rosafield Badger Nina Rosafield Jerseys
3. Kampioen Jersey Jug Doornvlei Tbone Blackie Doornvlei Jerseys 4. Reserwe Kampioen Jersey Jug Rosafield Eclipse Lobellia Rosafield Jerseys 5. Kampioen Goue Koei Rosafield Lobellia Jane Rosafield Jerseys 6. Reserwe Kampioen Goue Koei
Eervolle Vermelding in Groot Kampioenskap Kampioen Oukoei Avondrood Ace Manda Avondgloed Trust
7. Reserwe Kampioen Oukoei Rosafield Lobellia Jane Rosafield Jerseys 8. Reserwe Senior Kampioen Koei Jumari Sultan's Theresa Jumari Jerseys
9. Reserwe Kampioen Senior Uier Rubicon Country Wilamena Rubicon Jerseys
10. Reserwe Kampioen Hoë Produseerder Fairlight 05058 Mr C.S. Puttergill
11. Reserwe Kampioen Jongkoei
Kampioen Jongkoei Uier Katlou Malcolm's Sterretjie Katlou Boerdery
12. Junior Kampioen Koei
Junior Kampioen Uier Tierwil Celebrity's Berth Tierkloof Boerdery BK
13. Reserwe Junior Kampioen Koei
Reserwe Junior Kampioen Uier Doornvlei Tbone Blackie Doornvlei Jerseys
14. Kampioen Vers Katlou Carl 3008 Katlou Boerdery
15. Reserwe Kampioen Vers Katlou BWJ 09107's 2098 Katlou Boerdery
Groot Kampioen Koei
Kluitjieskraal XF1 1031
GELUK WENSINGS
Ons wil graag ons gelukwensings oordra aan die onderstaande
persone met hulle prestasies tydens die onlangse Wêreld Kongres
en Nasionale Skou:
Danie Giliomee – Jersey SA Ere-Lidmaatskap
Arno Theron – Vise President Afrika WJCB &
Afrika JETA wenner
Johannes v Eeden - WJCB Meriete toekenning
UNDERBERG SHOW 2014
Belangrike Datums
Oktober – Natal Klassifikasies
31 Oktober – Joernaal
advertensies afsny datum
WJCB KZN POST TOER
Meer as 60 afgevaardiges het die KZN Post Toer meegemaak. Hoewel ‘n groot deel van die toer gefokus het op
toeriste besienswaardighede in die KZN gebied en hulle opgeeïndig het in die Kruger Nasionale Park, was daar darem
tyd vir Jersey kuddes besoek ook. Baie dankie aan Eternal Flame, Orange Grove Dairy and Glynton Jerseys vir julle
gasvryheid teenoor ons gaste. Ons wil veral ook vir Peter Durham baie dankie sê vir sy hulp met reëlings rakende die
deel van die toer.
NATAL KLUB NUUS
JETA (JERSEY EDUCATIONAL TRAVEL AWARD) – Congratulations to Arno Theron for being the winner of this award
for the Africa region, his prize being sponsorship to attend the 20th International Conference of the WJCB in South
Africa earlier this month.
WJCB post conference tour to KZN - The KZN component of the post conference tour comprising seventy-four
overseas delegates, included two farms, namely Eternal Flame Investments (Botha family) and Glynton Jerseys
(Durham family), as well as Orange Grove Dairy factory. Several Jersey Club members attended these farm visits.
The time and effort put into the preparation for these very interesting visits is greatly appreciated – you did the KZN
Jersey fraternity proud.
ON FARM CHALLENGE - The De Heus KZN Jersey On Farm Challenge was held from 18 – 22 August 2014. This is the
4th year the competition has been held in KZN and it was, once again, a very successful week showcasing the best
Jersey Cattle KwaZulu – Natal has to offer.
The De Heus KZN Jersey On Farm Challenge is the highlight of the Natal Jersey Cattle Clubs annual calendar and
continues to grow in popularity, with this year again seeing the inclusion of some first time entries.
2014 saw a few changes to the On Farm Challenge, with the introduction of individual classes rather group classes.
Classes were divided up according to age group rather than lactation number, and the progeny group of 3 animals
remained a popular class.
The judging of this year’s competition fell into the very capable hands of Tony Schwikkard and Pieter van Deventer,
who embarked on the enormous task of visiting 17 Jersey herds across KZN in 4 days and picking out the champions.
Here are the results;
2 – 3 years - Glendy Jerseys (12460)
3 – 4 years - Rubicon Jerseys (Sh’ma T-Bone Goldy)
4 – 6 Years - Baldinnie Jerseys (Baldinnie Raphael)
6 – 8 Years - Glen Gowrie Jerseys (Glen Gowrie Rocket Gazelle)
8 Years + - Glendy Jerseys (04424)
High Production - Glen Gowrie Jerseys (Glen Gowrie Bonfire’s 0306)
Progeny - Glendy Jerseys (Riley)
Best Udder - Eternal Flame Jerseys (D96)
Junior Champion - Rubicon Jerseys (Sh’ma T-Bone Goldy)
Senior Champion - Glendy Jerseys (04424)
Grand Champion - Rubicon Jerseys (Sh’ma T-Bone Goldy)
Total Points - Rubicon Jerseys
Oktober Verjaarsdae
Baie geluk aan die volgende persone met hulle verjaarsdae:
Ben Coetzee; Cobus Burger; Joha Cillie; Charl Cillie; Andre Pauw; Jaco Pieters; Org Swart; Willie v Niekerk; Cobus Behrens; Jure Wessels; Johann Rademeyer; Alan
Webster Ons vra dat u ons asb kontak indien ons u oorgeslaan het sodat ons u ID
besonderhede kan bevestig.
Total Points:
1. Rubicon Jerseys
LOGIX TOEKENNINGS NOORDELIKE STREEK
Baie geluk aan die volgende Jersey SA kuddes in die Vrystaat en Ou Transvaal met die toekennings ontvang vanaf Logix:
Elite Platinum – MD Dairy (Edms) Bpk; Japie Nel; Sas v.d Merwe
Elite Goud – Driedoring Jersey Trust; LMJC (Edms) Bpk; Waterbron Jerseys; Jurie Wessels; Houtkop Jerseys
(Edms) Bpk; Pieters Boerdery; Sas v.d Merwe; Andre Pauw.
Elite Silwer – JG Viljoen & seuns; Diana Burger; Lonel Jerseys; Pelzaan Jerseys; Rosafield Jerseys; Coen
Steenkamp; Jaco Els; Ivor Reid
Elite Brons – Frikkie Jooste; Charles Featherstone; Maluti Jerseys; Trevor Colby; Groenpan Jerseys
Sterstatus – Japie Nel; Jan-Willem Lotz; Pieters Boerdery; Sas vd Merwe; Andre Pauw; Ivor Reid; Trevor
Colby; Trio Jerseys; Groenpan Jerseys
Die volgende toekennings is ook oorhandig:
Beste SST – Pelzaan Jerseys
Beste Genetiese Vordering – LMJC (Edms) Bpk
Beste Genetiese Jersey Kudde VS – MD Dairies (Edms) Bpk
Beste Genetiese Uiergesondheid VS – Frikkie Jooste
Beste Jersey Genetiese Kudde TVL – Ivor Reid
Beste Jersey Genetiese Uiergesondheid TVL – Ivor Reid
Overberg Jersey Klub & WJCB besoekers
Die Overberg Jersey Klub het 'n verwelkomingsfunksie aangebied om die lede van die World Jersey Cattle
Bureau in die Overberg te verwelkom. Danksy 'n ruim borgskap van Parmalat asook 'n borgskap van ses
skape deur Overberg Agri Bedrywe, is 'n glansgeleenteid aangebied vir die 157 besoekers asook 'n verdere
77 gaste en lede van die Overberg Jersey Klub. Mnr Andrea Agostini, HUB van Parmalat SA was die
gasspreker. Al die gaste het geskenkies ontvang om hulle te herinner aan die aand. Die aand is afgeskop en
afgesluit met musiek deur die Baardskeerdersbos orkes.
Groot Kampioen Koei - Kluitjieskraal XF1 1031
Outeniqua Kampioenskappe
Die Outeniqua Kampioenskappe was gehou op 22 Aug 2014 en is beoordeel deur Mnre Coen Steenkamp & Guy Bird.
Hiermee die uitslae van die skou:
Groot Kampioen Koei; Senior Kampioen Koei; Kampioen Hoë Produseerder; Senior Kampioen Uier –
Avondrood I-Pod Polygala – Avondgloed Trust
Reserwe Groot Kampioen Koei ; Reserwe Kampioen Hoë Produseerder ; Reserwe Kampioen Senior Uier;
Kampioen Ou Koei – Avondrood Ace Manda – Avondgloed Trust
Reserwe Kampioen Ou Koei – Cohanma Chairman Bolla – JG Uys
Reserwe Senior Kampioen Koei – Cohanma Sultan Mandy 9 – ET – JG Uys
Kampioen Jong Koei; Kampioen Jong Koei Uier – Avondrood Sultan Mari – Avondgloed Trust
Reserwe Kampioen Jong Koei; Reserwe Kampioen Jong Koei Uier – Doornvlei XF1 Valentino Sonja – Doornvlei
Jerseys
Junior Kampioen Koei ; Reserwe Junior Kampioen Uier – Avondrood Larfalot Mella – Avondgloed Trust
Reserwe Junior Kampioen Koei; Junior Kampioen Uier – Avondrood Larfalot Monique – Avondgloed Trust
Groot Kampioen Koei
Avondrood I-Pod Polygala
WJCB Borge
Weereens wil Jersey SA die volgende borge bedank vir hulle bydrae tot ‘n baie suksesvolle WJCB Kongres:
JERSEY SA ITEMS TE KOOP
Pryse
Pette – R 75
Hemde – R 140
Penne – R 8
Buckle – R 130
Die volgende items werk op bestellings basis:
Swart baadjie – R 400
Flitslig & Knipmes stel – R 160
Moulose Fleezy Baadjie – R 230