jacobsdal primêre skooljakkies.com/nuussewe16.docx  · web viewingehandig en inbetaal word. (leë...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 7 26 Februarie – 4 Maart 2016 OUERS: BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Beheerliggaamvergadering op Maandag, 29 Februarie om 14:00. REDENAARSKOMPETISIE: Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes uit na ons eerste Redenaarskompetisie wat op Woensdag, 2 Maart om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. Leerders moet asseblief skoolklere aanhê, ook leerders wat as toeskouers kom. Ons moes die kompetisie skuif van Dinsdag na Woensdag as gevolg van omstandighede buite ons beheer. “COXSACKIE” VIRUS: Nadat inligting van kundiges ontvang is, kan ons die volgende met u deel: Ideale plekke waar hierdie virus ontstaan is badkamers/toilette waar goeie higiëne ‘n groot rol speel en soms moeilik is om te handhaaf. Dit is hoogs aansteeklik en leerders word gevra om so veel as moontlik hulle hande met seep te was en glad nie waterbottels, glase, messe en vurke, bekers of ander eetware met ander kinders te deel nie. (Veral in die koshuis en pouses by die skool) Pas dit asseblief ook by ouerhuise toe. Simptome: Hoofpyn, keelseer, seertjies in die mond en blasies op die handpalms en onder die voete. Ouers moet leerders met hierdie simptome by die huis hou totdat die blasies uitgedroog het en begin weggaan. Wees baie versigtig met die beoefening van sport vir 10 – 14 dae. Ons doen ‘n beroep op alle betrokkenes om te help om hierdie virus so gou moontlik hok te slaan. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Alle donasie-/borgvorms, asook alle toergelde, moet op Maandag, 7 Maart ingehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.) Sakgeld moet asseblief by die kantoor ingehandig word, 4 x R50 in banksakkies met u kind se naam daarop. U gee self vir hulle sakgeld vir Sondag, 13 Maart. Ouers moet asseblief onthou dat baie van ons toerkinders op Saterdag, 12 Maart aan ‘n sportdag by Staats in Kimberley deelneem. Koshuiskinders en dorpskinders se ouers moet asseblief vroegtydig reëlings tref as hulle kinders Vrydag en/of Saterdagaand in die koshuis bly. Ouers wat skenkings belowe het kan dit op Maandag, 29 Februarie by die boekstoor inhandig. Ons wil kyk watter items/bestanddele ons nog kortkom. Vleisskenkings moet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse kan by Jacobsdal slaghuis ingehandig word. Kontak Stella Meades vir enige navrae: 0827804033 JEUGSKOU: [AFSKEURSTROKIE] Leerders het nog kans om volgende week in te skryf vir die Jeugskou wat van 7 tot 10 Maart by die skool plaasvind. R5 per afdeling. Ons wil graag hê dat alle leerders aan so veel as moontlik van die aktiwiteite moet deelneem. Kyk weer na die aktiwiteitslys op Nuusbrief 4. Worsbroodjies @ R15 elk kan per afskeurstrokie vir Vrydag, 11 Maart bestel word. Vul die afskeurstrokie in en handig saam met die kontant by die klasonderwysers in. Sperdatum vir bestellings: Donderdag, 10 Maart.

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/nuussewe16.docx  · Web viewingehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.) Sakgeld moet asseblief by die kantoor ingehandig

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 7 26 Februarie – 4 Maart 2016OUERS:BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Beheerliggaamvergadering op Maandag, 29 Februarie om 14:00.

REDENAARSKOMPETISIE:Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes uit na ons eerste Redenaarskompetisie wat op Woensdag, 2 Maart om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. Leerders moet asseblief skoolklere aanhê, ook leerders wat as toeskouers kom. Ons moes die kompetisie skuif van Dinsdag na Woensdag as gevolg van omstandighede buite ons beheer.

“COXSACKIE” VIRUS:Nadat inligting van kundiges ontvang is, kan ons die volgende met u deel:

Ideale plekke waar hierdie virus ontstaan is badkamers/toilette waar goeie higiëne ‘n groot rol speel en soms moeilik is om te handhaaf.

Dit is hoogs aansteeklik en leerders word gevra om so veel as moontlik hulle hande met seep te was en glad nie waterbottels, glase, messe en vurke, bekers of ander eetware met ander kinders te deel nie. (Veral in die koshuis en pouses by die skool) Pas dit asseblief ook by ouerhuise toe.

Simptome: Hoofpyn, keelseer, seertjies in die mond en blasies op die handpalms en onder die voete.

Ouers moet leerders met hierdie simptome by die huis hou totdat die blasies uitgedroog het en begin weggaan.

Wees baie versigtig met die beoefening van sport vir 10 – 14 dae. Ons doen ‘n beroep op alle betrokkenes om te help om hierdie

virus so gou moontlik hok te slaan.

SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Alle donasie-/borgvorms, asook alle toergelde, moet op Maandag, 7 Maart ingehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.)Sakgeld moet asseblief by die kantoor ingehandig word, 4 x R50 in banksakkies met u kind se naam daarop. U gee self vir hulle sakgeld vir Sondag, 13 Maart. Ouers moet asseblief onthou dat baie van ons toerkinders op Saterdag,12 Maart aan ‘n sportdag by Staats in Kimberley deelneem. Koshuiskinders en dorpskinders se ouers moet asseblief vroegtydig reëlings tref as hulle kinders Vrydag en/of Saterdagaand in die koshuis bly.

Ouers wat skenkings belowe het kan dit op Maandag, 29 Februarie by die boekstoor inhandig. Ons wil kyk watter items/bestanddele ons nog kortkom.Vleisskenkings moet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse kan by Jacobsdal slaghuis ingehandig word.Kontak Stella Meades vir enige navrae: 0827804033

JEUGSKOU: [AFSKEURSTROKIE]Leerders het nog kans om volgende week in te skryf vir die Jeugskou wat van 7 tot 10 Maart by die skool plaasvind. R5 per afdeling. Ons wil graag hê dat alle leerders aan so veel as moontlik van die aktiwiteite moet deelneem. Kyk weer na die aktiwiteitslys op Nuusbrief 4.Worsbroodjies @ R15 elk kan per afskeurstrokie vir Vrydag, 11 Maart bestel word. Vul die afskeurstrokie in en handig saam met die kontant by die klasonderwysers in. Sperdatum vir bestellings: Donderdag, 10 Maart. Koeldrank sal deur die dag te koop aangebied word. Daar sal ook ‘n snoepie beskikbaar wees.MASTERCHEF: [AFSKEURSTROKIE]Mammas en pappas word uitgenooi om aan die Masterchef kompetisie op Vrydag, 11 Maart vanaf 10:00 tot 12:00 deel te neem. R20 per inskrywing.Benodigdhede wat u moet saambring:2 Groot appelsTwee ander soorte vrugte Klein skerppunt messieSnyplankTeelepel of balletjielepelBordjie vir opdieningVaardighede sal getoets word. Instruksies sal op daardie dag gegee word.“Jakkiedoor” van 2016 sal aangewys word!

JAKKIE-PETTE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kan vir hulle kinders bottelgroen Jakkie-pette bestel om by hulle sportklere aan te trek. Pette kos R70 elk en afskeurstrokies met kontant kan op Maandag, 29 Februarie by hulle klasonderwysers ingehandig word. Daar word slegs een bestelling geplaas.

Seuns: Meisies:

WÊRELBIDDAG VIR VROUE:Ouers en belangstellendes is welkom om op Vrydag, 4 Maart om 7:30 die Wêreldbiddag vir vroue in die skoolsaal by te woon.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/nuussewe16.docx  · Web viewingehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.) Sakgeld moet asseblief by die kantoor ingehandig

LEERDERDEELNAME:RUGBYDAG TE PRIESKA: [AFSKEURSTROKIE]Ons rugbyspanne speel op Saterdag, 5 Maart wedstryde in Prieska. Die volgende spanne is betrokke: 0/7A, 0/9A, 0/11A en 0/13A.Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om spelers se vervoer te bevestig. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar.

VRYSTAAT ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE:Sterkte aan ons 12 atlete wat op Saterdag, 27 Februarie aan die Vrystaat Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein deelneem. Hou duime vas!

TWEEKAMP:As gevolg van die onrus op die Kovsiekampus is die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe uitgestel tot Dinsdag, 1 Maart. Baie sterkte aan ons atlete wat gaan deelneem.

SKAAK:Sterkte aan ons 10 skaakspelers wat die naweek aan die Kwalifiserende Skaaktoernooi hier in ons skoolsaal deelneem.

NAUTILUS:Sterkte aan ons leerders wat op Saterdag, 27 Februarie aan die Nautilus kompetisie in Bloemfontein deelneem.

BYBELVASVRA:Graad 4 – 7 leerders wat graag in die Bybelvasvraspan wil kom kan Josua 1 – 3 leer. Die kwalifiserende toets vind volgende Vrydag, 4 Maart, plaas. Die span neem later vanjaar aan ‘n Nasionale kompetisie deel.

RUAN VENTER TENNISKLINIEK:Spelers kan nog steeds die tenniskliniek van Ruan Venter op Saterdag,27 Februarie bywoon. Gaan maar net voor die tyd tennisbaan toe en skryf in. Kostes: R200 per speler. Die kliniek begin om 8:30 en duur tot 10:30.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 2-klas hou ‘n koekieverkoping op Maandag, 29 Februarie. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Hanru Krause (arm-operasie)Nic en Sarie Knoetze (kleinkind – operasie)Geluk: Anke Duvenhage (Boetie gekry!)

CHIHUAHUA HONDJIES:Twee pragtige, milo kleurige reuntjies, te koop.

Opregte kortbeen, “shortcoat appleheads”Op 26 Februarie is hulle 6 weke oud

Skakel 0834179933 indien u belangstel.

AFSKEURSTROKIE: RUGBY TE PRIESKA – SAT 5 MAART NAAM VAN OUER: ______________________________________

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/nuussewe16.docx  · Web viewingehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.) Sakgeld moet asseblief by die kantoor ingehandig

Jakkies Opwaarts Sentrum:Baie dankie aan al die maats wat ons met die Valentynsdagprojek

ondersteun het. Met julle hulp het ons ‘n mooi bedrag van R3 145.00 ingesamel. Ouers wat op ‘n Vrydag vir hulle kinders wag, kan gerus ‘n

koppie tee/koffie by die Sentrum kom drink. Koste: Tee/koffie + muffin – R30

Moet asseblief nie u leë tuna-blikkies weggooi nie. Stuur dit asseblief vir Maryka by die boekstoor. Ons kan dit handig gebruik!

Ons jaarlikse PAASPRET vind weer op die eerste dag van volgende kwartaal plaas. Ons gaan speel en lekker pret hê. Moenie vergeet van

ons “Lucky draw” nie! ‘n Snoepie met heerlike lekkernye gaan beskikbaar wees.

Bring gewone klere saam skool toe. Toegangsgeld: R5 per leerderSkenkings van paaseiers kan by die boekstoor ingehandig word.

AFSKEURSTROKIE: RUGBY TE PRIESKA – SAT 5 MAART NAAM VAN OUER: ______________________________________

AFSKEURSTROKIE: JAKKIE-PET (R70 PER PET) NAAM VAN OUER: _____________________________________

NAAM VAN LEERDER: __________________________________

EK WIL GRAAG ‘N BESTELLING PLAAS VIR JAKKIE-PET/TE:

SEUNSPET: _____ (AANTAL)

DOGTERSPET: _____ (AANTAL)

BEDRAG INGESLUIT: R ________

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

AFSKEURSTROKIE: WORSBROODJIEBESTELLING (11/3) NAAM VAN OUER: _____________________________________

NAAM VAN LEERDER: ____________________________GR: ___

EK WIL GRAAG ‘N BESTELLING PLAAS VIR WORSROLLETJIES:

_____ (AANTAL) @ R15 ELK.

BEDRAG INGESLUIT: R ________

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

AFSKEURSTROKIE: “MASTERCHEF” (11/3) NAAM VAN MA: _____________________________________

NAAM VAN PA: _____________________________________

EK WIL GRAAG INSKRYF VIR “MASTERCHEF”:

BEDRAG INGESLUIT: R ________

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/nuussewe16.docx  · Web viewingehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.) Sakgeld moet asseblief by die kantoor ingehandig

‘n Heerlik “buffet” word aangebied op 28 Februarie 2016 te Moredou Padstal.

Ons bied aan:x1 Voorgereg, x2 Vleise, x1 Soet groete, x1 Sout groente,

x2 Stysels, Slaai, x1 Warm poeding, x1 Koue Poeding.

Koste: R 130.00 per persoonR 70.00 per kind, 10 jaar en jonger.GEEN eie drank word toegelaat nie,

en geen vergunnigs sal gemaak word op die dag nie!Moredou Padstal het sy eie lisensie en drankies sal te koop wees te Moredou Padstal

vir die aangeleentheid.Besprekings vir aansit sowel as wegneemetes moet asb geplaas word

voor of op 24 Februarie 2016.Kontakpersoon: Odrie 073 231 4757

HOOP ONS SIEN JOU DAAR!!

MOREDOU PADSTAL HOU ETE!DATUM: 28 FEBRUARIE 2016TYD: 12:00PLEK: MOREDOU PADSTAL

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/nuussewe16.docx  · Web viewingehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.) Sakgeld moet asseblief by die kantoor ingehandig

‘n Heerlik BURGER-AAND word te Moredou Padstal aangebied, elke Maandagaand!

Koop 1 Burger kry 1 Burger GRATIS!

GEEN eie drank word toegelaat nie, en geen vergunnigs sal gemaak word!

Moredou Padstal, het sy eie lisensie en drankies sal te koop wees te Moredou Padstal vir die aangeleentheid.

GEEN wegneemetes word op burger-aande toegelaat nie!

Kontak persoon: Odrie 073 231 4757

HOOP ONS SIEN JOU DAAR!!

MOREDOU PADSTAL HOU BURGER-AANDE

TYD: VANAF 18:00 IN DIE MIDDAE

PLEK: MOREDOU PADSTAL

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/nuussewe16.docx  · Web viewingehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.) Sakgeld moet asseblief by die kantoor ingehandig