jacobsdal primêre skool  · web view · 2017-09-23die herregistrasievorm word by die nuusbrief...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 25 19 – 26 Augustus 2016 OUERS: TOELATINGS VIR 2017: [HERREGISTRASIEVORM] Alle huidige leerders in ons skool (gr R – 6) moet herregistreer vir 2017. Dit is ‘n opdrag van die Onderwysdepartement. Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7 nie) Alle herregistrasievorms moet voor of op 23 September ingehandig wees. Neem asseblief kennis van die volgende: Inskrywings vir nuwe leerders (vir 2017) sluit op 30 September 2016. Indien u kennis dra van ouers wat leerders by ons skool wil inskryf, moet u hulle asseblief hiervan in kennis stel. Inskrywings vir graad R in 2017 (by Kammaland/Laaities en Ladies) maak van Jacobsdal Primêr se toelatingsvorm gebruik. Let wel: Huidige graad R-leerders (Kammaland en Laaities en Ladies) van 2016 wat reeds toelatingsvorms (van die Laerskool) voltooi het, is outomaties ingeskryf vir graad 1 vir 2017. Hulle hoef nie weer ‘n toelatingsvorm te voltooi nie, aangesien hulle graad-R toelatingsvorms net so oorgeplaas word na die Laerskool. Ons BEKENDSTELLINGSDAG vind op Vrydag, 23 September om 9:30 plaas en ouers wat van voornemende leerders weet (buite Jacobsdal), kan die sekretaresse van kontakbesonderhede voorsien sodat uitnodigings aan hulle gestuur kan word. ‘n Toelatingsvorm en inligting is op ons webtuiste: www.jakkies.com beskikbaar. “VISION 4 CHANGE”: Petra Diamonds het ‘n projek bewillig om alle skoolkinders in ons omgewing se oë en ore gratis te toets en die leerders wat ‘n bril of gehoorapparaat benodig, gratis daarvan te voorsien. ‘n Oogkundige sal die toetsing op Maandag, 5 September deur die oggend kom doen. Al vereiste is dat ons dit vir hulle dit die moeite werd maak om al die pad van Gauteng af daarvoor te ry. Ouers kan die toestemmingsbriefie, wat elke leerder in die skool ontvang het, volledig invul en op Maandag, 22 Augustus terugstuur na die klasonderwysers. Sodra ons min of meer 70% van die vormpies ontvang het, kan ons vir hierdie projek kwalifiseer. Kom ons maak gebruik van hierdie geleentheid tot voordeel van ons kinders. OUPA-EN OUMADAG: Graad 1 – 3 se Oupa- en Oumadag word voorlopig uitgestel. Kammaland Pre-Primêr gaan voort met hulle dag op Vrydag, 9 September. WISKUNDEKOMPETISIE: ‘n Wiskundekompetisie vir graad 3 – 7 leerders vind op Maandag, 5 September op die volgende tye plaas: Graad 3: 13:15 – 14:15 (Graad 3-klas) Graad 4 & 5: 14:15 – 15:15 (Juffrou Elizna se klas) Graad 6 & 7: 14:15 – 15:15 (Mnr Schalk se klas) Leerders kan hulle R10 inskrywingsgeld by die klasonderwysers inbetaal. Deelnemersertifikate sal uitgereik word en pryse vir elke graad kan gewen word! KOSHUIS: [BRIEF]

Upload: hoangkhue

Post on 07-May-2018

230 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view · 2017-09-23Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 25 19 – 26 Augustus 2016 OUERS:TOELATINGS VIR 2017: [HERREGISTRASIEVORM]Alle huidige leerders in ons skool (gr R – 6) moet herregistreer vir 2017. Dit is ‘n opdrag van die Onderwysdepartement. Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7 nie) Alle herregistrasievorms moet voor of op 23 September ingehandig wees.Neem asseblief kennis van die volgende:Inskrywings vir nuwe leerders (vir 2017) sluit op 30 September 2016. Indien u kennis dra van ouers wat leerders by ons skool wil inskryf, moet u hulle asseblief hiervan in kennis stel.

Inskrywings vir graad R in 2017 (by Kammaland/Laaities en Ladies) maak van Jacobsdal Primêr se toelatingsvorm gebruik.

Let wel: Huidige graad R-leerders (Kammaland en Laaities en Ladies) van 2016 wat reeds toelatingsvorms (van die Laerskool) voltooi het, is outomaties ingeskryf vir graad 1 vir 2017. Hulle hoef nie weer ‘n toelatingsvorm te voltooi nie, aangesien hulle graad-R toelatingsvorms net so oorgeplaas word na die Laerskool.Ons BEKENDSTELLINGSDAG vind op Vrydag, 23 September om 9:30 plaas en ouers wat van voornemende leerders weet (buite Jacobsdal), kan die sekretaresse van kontakbesonderhede voorsien sodat uitnodigings aan hulle gestuur kan word.‘n Toelatingsvorm en inligting is op ons webtuiste: www.jakkies.com beskikbaar.

“VISION 4 CHANGE”: Petra Diamonds het ‘n projek bewillig om alle skoolkinders in ons omgewing se oë en ore gratis te toets en die leerders wat ‘n bril of gehoorapparaat benodig, gratis daarvan te voorsien. ‘n Oogkundige sal die toetsing op Maandag, 5 September deur die oggend kom doen. Al vereiste is dat ons dit vir hulle dit die moeite werd maak om al die pad van Gauteng af daarvoor te ry. Ouers kan die toestemmingsbriefie, wat elke leerder in die skool ontvang het, volledig invul en op Maandag, 22 Augustus terugstuur na die klasonderwysers. Sodra ons min of meer 70% van die vormpies ontvang het, kan ons vir hierdie projek kwalifiseer. Kom ons maak gebruik van hierdie geleentheid tot voordeel van ons kinders.

OUPA-EN OUMADAG:Graad 1 – 3 se Oupa- en Oumadag word voorlopig uitgestel. Kammaland Pre-Primêr gaan voort met hulle dag op Vrydag, 9 September.

WISKUNDEKOMPETISIE:‘n Wiskundekompetisie vir graad 3 – 7 leerders vind op Maandag, 5 September op die volgende tye plaas:Graad 3: 13:15 – 14:15 (Graad 3-klas)Graad 4 & 5: 14:15 – 15:15 (Juffrou Elizna se klas)Graad 6 & 7: 14:15 – 15:15 (Mnr Schalk se klas)Leerders kan hulle R10 inskrywingsgeld by die klasonderwysers inbetaal.Deelnemersertifikate sal uitgereik word en pryse vir elke graad kan gewen word!

KOSHUIS: [BRIEF]Kareehof Koshuis hou hulle gholfdag op Saterdag, 5 November om fondse te genereer vir dringende herstelwerk by die koshuis. Koshuisouers (of enige ander ouer) kan die meegaande brief deurlees en invul indien u wil help om ‘n borg vir die geleentheid te gee.

LEERDERDEELNAME:TWEEKAMP:Die tweekampproewe vind op Dinsdag, 6 September in Bloemfontein plaas. Inskrywings moet asseblief teen Woensdag, 24 Augustus ingehandig wees om ons kans te gee om almal betyds in te skryf. Nog net 4 atlete het ingeskryf! Inskrywingsgeld beloop R80 per atleet. Kontak gerus die Sportorganiseerder

GIMNASTIEK:Baie geluk aan die volgende gimnaste wat op 26 en 27 Augustus vir die Suid-Vrystaat Gimnastiekspan aan die Sonebyeenkoms in Centurion gaan deelneem:Zanté Oertel, Suzaan le Roux, Mariné Oosthuizen, Sandri van Niekerk, Monique van Zyl, Carma Burger en Nicolene Scholtz. Ons is baie trots op julle!

TENNIS: UITSLAE:

SPAN: DOUGLAS:0/9 Wen 9 – 3 0/11A Verloor 4 – 2 0/11B Gelykop 2 – 2 0/13 Wen 5 – 1

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view · 2017-09-23Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7

TENNIS TEEN EUREKA [AFSKEURSTROKIE]Seuns tennisligawedstryde teen Eureka vind op Woensdag, 24 Augustus as volg plaas. Die 0/13A speel hier op ons bane en 0/11A en die 0/9A speel by Eureka. Ouers word gevra om die afskeurstrokie in te vul en op Maandag, 22 Augustus na die klasonderwysers terug te stuur. Die bus vertrek om 13:30 en busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.

MINI-KRIEKETTOERNOOI: Sterkte aan ons 0/7 en 0/8 mini-krieketspanne wat op Saterdag, 20 Augustus aan die Mini-kriekettoernooi hier by ons veld deelneem. 6 Skole gaan teen mekaar meeding. Die wedstryde begin om 08:30 en die spelers moet reeds om 08:00 by hul afrigters aanmeld. Daar sal heerlike verversings te koop aangebied word. Kom geniet die dag saam met ons!!

KRIEKET:Baie geluk aan die volgende 0/11 en 0/13 krieketspelers wat vir die Xhariep Krieketspan gekies is en vir die span aan verskeie wedstryde gaan deelneem:0/11:Juhan Swanepoel, Marius Etzebeth, Phillip Noeth, Rian Steenkamp en Wessel van Niekerk.0/13:CJ Marx, Johandre van den Berg, Julian Range en Vuyani Moore.

Die skool se 0/11 en 0/13 krieketspanne speel op Dinsdag, 23 Augustus teen De Aar. Wedstryde begin om 13:30. 0/11’s speel op ons veld en die 0/13’s speel op HLS se veld.

SKAAK:Sterkte aan Johandre vd Berg en Rian Steenkamp wat hierdie naweek aan die laaste kwalifiserende skaaktoernooi deelneem.

BYBELVASVRA:Sterkte aan ons Bybelvasvraspan wat op Maandag, 22 Augustus die tweede rondte vraestelle om 14:30 in die skoolsaal skryf.

SWEMKLUB:Ouers wat hierdie seisoen hulle kinders by die Swemklub wil inskryf vir swemlesse/swemoefening, moet asseblief so gou as moontlik die nodige inskrywings-/affiliasievorms by Maryka (by die boekstoor) gaan afhaal.

Ouers moet asseblief kennis neem dat die Swemklub alle swemoefening hanteer en geen swem meer deur die skool aangebied gaan word nie.Vorms en gelde moet voor of op Donderdag, 25 Augustus weer by Maryka ingehandig word. Registrasie moet voor ‘n sekere datum by Swem Suid-Afrika gedoen word.

SKIET:Geluk aan CJ Oertel wat mooi presteer het op die SA Kampioenskappe en ons naam daar hoog gehou het!

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING KOORFEES:Baie dankie aan al die ouers wat lekker eetgoed gestuur het. Die koekieverkoping het ‘n bedrag van R1 234,50 opgelewer.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

KOOP JOU LOSLIT-

PLAKKER BY DIE BOEK-STOOR

@ R10 ELK

GEBEDSLYS:

Ons is dankbaar vir die reën wat geval het.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view · 2017-09-23Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN EUREKA ( 0/9 en 0/11) (Woensdag, 24 Augustus)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA EUREKA VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA EUREKA: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

MIELIERESTE:Ronde netbaleR850 per ton

Gemiddelde gewig per baal: 210kgKontak Christo du Toit: (Jacobsdal)

0823750773

MINIATUUR KRUIDENIERSWAREBring asb. al julle klein kruideniersware wat Checkers uitgee, en wat jy nie gebruik nie, vir juffrou Maryna!

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view · 2017-09-23Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view · 2017-09-23Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7

REGISTRASIE EN TOELATING VAN LEERDERSBY PUBLIEKE SKOLE IN 2017

OMSENDBRIEF: BYLAAG E

BEVESTIGING VAN INFORMASIE VAN ‘N LEERDER WAT REEDS BY HIERDIE SKOOL GEREGISTREER IS

Geagte Ouer/Voog

Maak asseblief seker van die korrektheid van die informasie wat by die skool van u kind beskikbaar is. Indien informasie soos u adres of telefoonnommer verander, moet u die skool daarvan verwittig sodat ons dit op die toelatingsregister (SA SAMS) kan verander.

Vul die onderstaande afskeurstrokie in en handig dit terug voor die volgende datum:

Dag: 30 Maand: September Jaar: 2016

Indien u kind hierdie skool gaan verlaat, moet u ‘n oorplasingsvorm aanvra om toelating tot ‘n volgende skool te verkry.

Die uwe

_____________SKOOLHOOFJacobsdal Primêre Skool

_________________________________________________________________________

AFSKEURSTROKIE:

Voltooi asseblief en stuur voor bostaande datum terug.

My kind/ers:

_________________ / _________________ / _________________/ __________________

sal in 2017 terugkeer na hierdie skool, (Onderstreep asb. die korrekte opsie)

sal nie in 2017 terugkeer na hierdie skool toe nie.

Hiermee doen ek aansoek vir ‘n oorplasingsertifikaat:

OUER SE HANDTEKENING: ______________________

DATUM: _______________(VOORSKRIFTELIKE DEPARTEMENTELE VORM)

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view · 2017-09-23Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7

Liewe Borg/Donateur/Ouer Datum: 19/08/2016

Kareehof Koshuis hou op Saterdag, 5 NOVEMBER 2016 ‘n gholfdag te Jacobsdal Gholfklub. Ons beoog om baie noodsaaklike opgraderingswerk in en om die koshuis te doen. Ons benodig dus heelwat fondse hiervoor en neem graag die vrymoedigheid om u te vra vir ‘n bydrae deur een of meer van die onderstaande opsies:

Borg R10 000 as hoofborg en ontvang vrye teuels vir die oprigting van u advertensiemateriaal, gratis natgat en 1 x 4-hand inskrywing gratis.

Borg R5000 – advertensiemateriaal mag opgerig word en 1 x 4-hand inskrywing gratis. Die borg van ‘n gatjie beloop R1000 ‘n Natgat beloop R1500, waarby u enige advertensiemateriaal mag oprig met die verversings van u

keuse wat u aan die spelers verskaf. ‘n 4-Hand inskrywing beloop R1000 (“Better ball scramble”). Halfweg-ete en aandete ingesluit. –

BEPERKTE AANTAL SPELERS!! Skenk enige artikel, item of geldjie wat aangewend kan word as ‘n prys.

Ek hoor graag van u!! Kom geniet die dag saam met ons en ervaar plattelandse gasvryheid.

JakkiegroeteElderei Steenkamp076 790 4878

Vul strokie in en faks tesame met bewys van betaling na 086-6328467

Hiermee borg ek ___________________________________ namens _____________________

die bedrag van R__________ vir Kareehof Koshuis Jacobsdal se Gholfdag.

Bank: Eerste Nasionale Bank

Takkode: 230303

Rekening nommer: 52560006664

Tipe rekening: Tjekrekening

Posbus 107JACOBSDAL8710

Tel. no.: 076 790 4878Faks: 086-6328467E-pos: [email protected]

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view · 2017-09-23Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. Alle kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7