jacobsdal primÊre skool - jakkies.com  · web viewword gevra om asseblief saam met hulle kinders...

6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 20 9 - 16 Junie 2017 OUERS: WILDS- EN VEEVEILING: ‘n Baie groot dankie aan al die persone wat pakkette beskikbaar gestel of geskenk het vir die veiling met die afgelope Sportafsluitingsfunksie. Ons waardeer die oop hand waarmee julle ons skool ondersteun. Sonder ouers se finansiële ondersteuning het ons skool nie ‘n kans op oorlewing nie. Baie dankie aan gewillige kopers van die pakkette. Ons waardeer dit opreg. Wees verseker dat die fondse wat ingesamel word, weer net so teruggeploeg word in ons skool en dat al ons kinders voordeel hieruit trek. LAATKOMMERS: Ouers word gevra om asseblief saam met hulle kinders kantoor toe te kom as hulle laat is vir skool. Ouers moet die laatkomregister invul voordat leerders na klasse mag gaan. Leerders gaan nie by die skoolterrein ingelaat word sonder hulle ouers nie. REDENAARSKOMPETISIE: Kwartaal twee se Redenaarskompetisie vind op Maandag, 12 Junie om 14:30 in die Biblioteek plaas. Ouers en belangstellendes baie welkom. Alle leerders moet skooldrag aanhê. NWT / NW VRAESTELLE: In opdrag van die Onderwysdepartement skryf gr 4 – 6 leerders Departementele NWT vraestelle op 13 Junie vanaf 9:00 – 10:30. Graad 7 skryf op dieselfde dag hulle NW vraestel vanaf 9:00 – 11:30. Leerders moet asseblief deeglik voorberei. LEERDERDEELNAME: RUGBY: UITSLAE RUGBYRAMME: Die 0/13-span verloor teen Hartswater/Seodin. Die 0/9-span wen teen Bloemhof/Hartswater maar verloor in die finaal teen Naudeville 12 – 5. KRIEKET: Ons is dringend op soek na ‘n ouer wat ons kan help met die afrigting van die 0/11 krieketspan volgende kwartaal. Stel asseblief vir Alfred in kennis indien jy beskikbaar is. DRAMAKLUB: Veels geluk aan die volgende leerders wat wenners was met die afgelope dramakompetisie: Junior afdeling: Mariet du Plessis Senior afdeling: Kayla van der Linden, Mariné Cloete en Anica Ueckermann. ALGEMEEN: KOEKIEVERKOPING: Baie dankie aan al die graad 4 ouers wat heerlike eetgoed gestuur het. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R2 243.90 ingesamel. VADERSDAG: Vadersdaggeskenke is @ R10 elk by juffrou Tersia te koop ten bate van die graad 7-fonds.

Upload: others

Post on 21-Sep-2019

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewword gevra om asseblief saam met hulle kinders kantoor toe te kom as hulle laat is vir skool. Ouers moet die laatkomregister invul

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 20 9 - 16 Junie 2017OUERS:WILDS- EN VEEVEILING:‘n Baie groot dankie aan al die persone wat pakkettebeskikbaar gestel of geskenk het vir die veiling met die afgelopeSportafsluitingsfunksie. Ons waardeer die oop hand waarmee julle ons skool ondersteun. Sonder ouers se finansiële ondersteuning het ons skool nie ‘n kans op oorlewing nie.Baie dankie aan gewillige kopers van die pakkette. Ons waardeer dit opreg. Wees verseker dat die fondse wat ingesamel word, weer net so teruggeploeg word in ons skool en dat al ons kinders voordeel hieruit trek.

LAATKOMMERS:Ouers word gevra om asseblief saam met hulle kinders kantoor toe te kom as hulle laat is vir skool. Ouers moet die laatkomregister invul voordat leerders na klasse mag gaan. Leerders gaan nie by die skoolterrein ingelaat word sonder hulle ouers nie.

REDENAARSKOMPETISIE:Kwartaal twee se Redenaarskompetisie vind op Maandag, 12 Junie om 14:30 in die Biblioteek plaas. Ouers en belangstellendes baie welkom. Alle leerders moet skooldrag aanhê.

NWT / NW VRAESTELLE:In opdrag van die Onderwysdepartement skryf gr 4 – 6 leerders Departementele NWT vraestelle op 13 Junie vanaf 9:00 – 10:30.Graad 7 skryf op dieselfde dag hulle NW vraestel vanaf 9:00 – 11:30.Leerders moet asseblief deeglik voorberei.

LEERDERDEELNAME:RUGBY:UITSLAE RUGBYRAMME:Die 0/13-span verloor teen Hartswater/Seodin. Die 0/9-span wen teen Bloemhof/Hartswater maar verloor in die finaal teen Naudeville 12 – 5.

KRIEKET:Ons is dringend op soek na ‘n ouer wat ons kan help met die afrigting van die 0/11 krieketspan volgende kwartaal. Stel asseblief vir Alfred in kennis indien jy beskikbaar is.

DRAMAKLUB:Veels geluk aan die volgende leerders wat wenners was met die afgelope dramakompetisie:Junior afdeling: Mariet du PlessisSenior afdeling: Kayla van der Linden, Mariné Cloete en Anica Ueckermann.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan al die graad 4 ouers wat heerlike eetgoed gestuur het. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R2 243.90 ingesamel.

VADERSDAG:Vadersdaggeskenke is @ R10 elk by juffrou Tersia te koop ten bate van die graad 7-fonds.

............................ Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Gerhard Maritz (operasie gehad)

LAASTE GELEENTHEID OM TROLLIETREKKAARTJIES TE KOOP!!

Maandag, 12 JunieAlle kaartjies wat nie verkoop is nie moet by die

klasonderwysers ingehandig word, anders word dit op ouers se skoolfondsrekening gedebiteur.

TREKKING: Donderdag, 15 Junie om 7:30

Baie dankie vir almal se ondersteuning by “Jakkies got Talent”Ons waardeer dit baie!

Jakkies Opwaarts Sentrum

Page 2: JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewword gevra om asseblief saam met hulle kinders kantoor toe te kom as hulle laat is vir skool. Ouers moet die laatkomregister invul
Page 3: JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewword gevra om asseblief saam met hulle kinders kantoor toe te kom as hulle laat is vir skool. Ouers moet die laatkomregister invul

Sukkel jou kind met sy huiswerk smiddae of moontlik met ‘n spesifieke vak? Laat Biolink jou help! Die eksamen lê en loer. Laat ons die druk van jou as ouer afneem. Biolink help graag!

Ons bied smiddae ekstra klasse by die laerskool aan. Skakel my gerus vir meer inligting. Miranda van der Walt - 083 7090 688 of [email protected].

Page 4: JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewword gevra om asseblief saam met hulle kinders kantoor toe te kom as hulle laat is vir skool. Ouers moet die laatkomregister invul