jacobsdal primêre skool · web viewhierdie vorms moet op maandag, 5 maart by tannie adéle...

11
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 7 2 – 9 Maart 2018 OUERS: BEHEERLIGGAAMVERKIESING: Ouers moet assebief kennis neem van die inligtingstuk rondom die Beheerliggaamverkiesing wat by die nuusbrief ingesluit is. ASSESSERING: Ouers moet verkieslik nie toelaat dat hulle kinders hulle ouer boetie of sussie of maatjies se werkkaarte, skriftelike werk (opstelle) en toetse afskryf of weergee nie. Ou toetse moet nie beskikbaar wees vir die jonger kind nie. U kind word meer benadeel as bevoordeel aangesien dit nie ‘n getroue weergawe van hierdie kind se werk is nie en hy/sy nie leer om selfstandig die nodige vaardighede baas te raak nie. Ons vertrou dat ons op u samewerking kan staatmaak. REDENAARSKOMPETISIE: Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes uit na ons eerste Redenaarskompetisie wat op Dinsdag, 6 Maart om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. Deelnemers moet asseblief skoolklere aanhê, ook leerders wat toeskouers is. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Alle spelers en graad 7’s het toerbriewe ontvang met vorms wat deur ouers ingevul en so gou as moontlik na tannie Adéle teruggestuur moet word. Voorlopige klere- oorhandiging vir toerspanne: 22 Maart 2018 VALENTYNSOKKIE FOTO’S: Vanaf Maandag, 5 Maart is daar in die boekstoor valentynsokkiefoto’s @ R15 elk te koop. Tannie Clivé het die foto’s geneem. JKJA: Ons benodig ‘n persoon wat ons kan help met JKJA vir gr 6 asseblief. Kontak vir Elza van Wyk as jy bereid is om JKJA te gee. Donderdagoggend van 7:30 tot 8:00. LEERDERDEELNAME: VRYSTAAT ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE: Baie sterkte aan die volgende atlete wat op Saterdag, 3 Maart aan die Vrystaat Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem: Wessel van Niekerk, Marius Etzebeth, Marlien Smith en Sandri van Niekerk. SWEM: Die volgende ses swemmers het as deel van die Suid- Vrystaat swemspan op Donderdag, 1 Maart aan ‘n swemgala teen Noord-Vrystaat deelgeneem: Jannie de Waal, Izeldi Jacobs, Rian Steenkamp, Leané van Eeden, Wessel van Niekerk en Shaun-Michael Zondagh. Baie geluk! JAKKIES SPORTNAWEEK: Sterkte aan al ons leerders wat gaan deelneem aan die tennis en skaak (Vrydagmiddag) en rugby en netbal (Saterdag) die naweek. Finale programme word by die nuusbrief ingesluit. Kom geniet heerlike verversings Saterdag by die verversingslokaal. Dankie aan ons OLK wat daar gaan regstaan saam met ouers wat hulle help.

Upload: others

Post on 03-Jun-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewHierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word. SKAAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 7 2 – 9 Maart 2018OUERS:BEHEERLIGGAAMVERKIESING:Ouers moet assebief kennis neem van die inligtingstukrondom die Beheerliggaamverkiesing wat by die nuusbrief ingesluit is.

ASSESSERING:Ouers moet verkieslik nie toelaat dat hulle kinders hulle ouer boetie of sussie of maatjies se werkkaarte, skriftelike werk (opstelle) en toetse afskryf of weergee nie. Ou toetse moet nie beskikbaar wees vir die jonger kind nie. U kind word meer benadeel as bevoordeel aangesien dit nie ‘n getroue weergawe van hierdie kind se werk is nie en hy/sy nie leer om selfstandig die nodige vaardighede baas te raak nie. Ons vertrou dat ons op u samewerking kan staatmaak.

REDENAARSKOMPETISIE:Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes uit na ons eerste Redenaarskompetisie wat op Dinsdag, 6 Maart om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. Deelnemers moet asseblief skoolklere aanhê, ook leerders wat toeskouers is.

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER:Alle spelers en graad 7’s het toerbriewe ontvang met vorms wat deur ouers ingevul en so gou as moontlik na tannie Adéle teruggestuur moet word. Voorlopige klere-oorhandiging vir toerspanne: 22 Maart 2018

VALENTYNSOKKIE FOTO’S:Vanaf Maandag, 5 Maart is daar in die boekstoor valentynsokkiefoto’s @ R15 elk te koop. Tannie Clivé het die foto’s geneem.

JKJA:Ons benodig ‘n persoon wat ons kan help met JKJA vir gr 6 asseblief. Kontak vir Elza van Wyk as jy bereid is om JKJA te gee. Donderdagoggend van 7:30 tot 8:00.

LEERDERDEELNAME:VRYSTAAT ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE:Baie sterkte aan die volgende atlete wat op Saterdag, 3 Maart aan die Vrystaat Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem:Wessel van Niekerk, Marius Etzebeth, Marlien Smith en Sandri van Niekerk.

SWEM:Die volgende ses swemmers het as deel van die Suid-Vrystaat swemspan op Donderdag, 1 Maart aan ‘n swemgala teen Noord-Vrystaat deelgeneem:Jannie de Waal, Izeldi Jacobs, Rian Steenkamp, Leané van Eeden, Wessel van Niekerk en Shaun-Michael Zondagh.Baie geluk!

JAKKIES SPORTNAWEEK:Sterkte aan al ons leerders wat gaan deelneem aan die tennis en skaak (Vrydagmiddag) en rugby en netbal (Saterdag) die naweek. Finale programme word by die nuusbrief ingesluit.

Kom geniet heerlike verversings Saterdag by die verversingslokaal. Dankie aan ons OLK wat daar gaan regstaan saam met ouers wat hulle help. Baie dankie aan die ouers van gr 3 en 4-leerders wat produkte gestuur het. Ons waardeer elke bestanddeel wat julle vir ons stuur!

STAATS SPORTNAWEEK: [AFSKEURSTROKIE]Ons sportspanne neem volgende week (8 en 9 Maart) aan rugby- en netbalwedstryde by Staats in Kimberley deel.Die volgende spanne neem deel:Donderdagmiddag en -aand: (Program aangeheg)Rugby:0/7 en 0/8Netbal:0/7 en 0/8Vrydagmiddag en -aand: (Wag nog vir program)Rugby: 0/9, 0/11 en 0/13Netbal:0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13Ouers moet ons asseblief help met die vervoer van hulle kinders na Kimberley. Ons groot bussie is tans in Kimberley en nie beskikbaar nie.Vul asseblief die afskeurstrokie in om u kind se vervoer te bevestig en stuur dit op Maandag, 5 Maart na die klasonderwysers terug.

TWEEKAMP:Die 3 atlete wat gekies is vir die Suid-Vrystaat Tweekampspan het vorms ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. Hierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewHierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word. SKAAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op Vrydag en Saterdag, 9 en 10 Maart in Bloemfontein wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 inskrywingsgeld, op Maandag, 5 Maart by die klasonderwysers inhandig.

VRYSTAAT / NOORDKAAP WISKUNDE UITDAGING: [AFSKEURSTROKIE]Graad 3 tot 7 leerders wat hierdie jaar vir die Vrystaat/Noordkaap Wiskunde Uitdagingkompetisie wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R10 inskrywingsgeld by die klasonderwysers inbetaal. Die vraestel word op Dinsdag, 24 Julie geskryf maar inskrywings word in hierdie maand al gedoen.Sluitingsdatum vir inskrywings: Donderdag, 22 Maart.

SKIET:Geluk aan Leané du Toit wat op 24 Februarie te Hotazel ‘n 5de plek in die luggeweergroep behaal het. Sy neem weer op 2 Maart aan ‘n kompetisie in Bloemfontein deel. Baie sterkte Leané!

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 2-klas hou hulle koekieverkoping op Maandag, 5 Maart. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Phantom 4+Pro

Kom koop jou kaartjie van R50 by die verversingslokaal op Saterdag, 3 Maart en staan ‘n

kans om hierdie “Drone” te wen!!!

GEBEDSLYS:

Leneatta Weitz (operasie)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewHierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word. SKAAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi

AFSKEURSTROKIE: WISKUNDE UITDAGING (GR 3 – 7) (Sluitingsdatum: 22 Maart)) NAAM VAN OUER: ____________________________________

NAAM VAN LEERDER: _________________________________

GRAAD VAN LEERDER: ______

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE VRYSTAAT / NOORDKAAPWISKUNDE UITDAGING OP 24 JULIE 2018.

INGESLUIT MY INSKRYWINGSGELD VAN R10:

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

Ouer: _________________________________________

wil graag my kind/ers:

vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op 9 en 10 MAART inskryf.

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

DATUM: __________________

Inskrywingsgeld: R110

Wiskunde Ekstra KlasseSukkel jou kind met Wiskunde of om sy/haar Wiskunde-huiswerk

alleen te doen?

Skakel my gerus vir ekstra klasse smiddae ná skool op die skoolterrein.

Clivé Burger - 083 708 3974

AFSKEURSTROKIE: STAATS SPORTNAWEEK(8 en 9 Maart)

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewHierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word. SKAAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi

AFSKEURSTROKIE: STAATS SPORTNAWEEK(8 en 9 Maart)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewHierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word. SKAAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewHierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word. SKAAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi

INLIGTINGSTUK: BEHEERLIGGAAMVERKIESING

Geagte Ouers / Voogde

VERKIESING VAN NUWE BEHEERLIGGAAMDie termyn van die huidige Beheerliggaam wat in 2015 verkies is, verstryk in Maart 2018. Die verkiesing van die ouerlede tot ‘n nuwe Beheerliggaam vir Jacobsdal Primêre Skool sal op Vrydag, 16 Maart vanaf 8:00 in die skoolsaal plaasvind.

Elke derde jaar se Beheerliggaamverkiesing is een van die belangrikste gebeure in die bestuur van die skool. Tydens die verkiesing kry die ouers ‘n geleentheid om by die bestuur (governance) van die skool betrokke te raak deur te kies wie die skool moet beheer. Dit is daarom belangrik dat elke ouer kennis neem van die verkiesing van die nuwe Beheerliggaam en moeite moet doen om geskikte kandidate te nomineer wat oor die nodige vaardighede beskik om waarde toe te voeg tot die funksionaliteit van die skool. Die Beheerliggaam vervul ‘n baie belangrike rol in die beheer van die skool deur kwaliteit en gehalte onderrig te verseker en in belang van die gemeenskap te funksioneer.

VERLOOP VAN DIE PROSES:Die verkiesing van die nuwe Beheerliggaam verloop soos volg:

9 Februarie 2018: Advertensie en kennisgewing op die Nuusbrief12 Februarie 2018: Ouervergadering16 Februarie 2018: Inligtingstuk oor Beheerliggaamverkiesing verskaf aan ouers.

Opstel van ouerkieslys. Hierdie kieslys is in die voorportaal ter insae Amptelike kennisgewing aan ouers oor nominasievergadering en verkiesing op 16 Maart 2018 23 Februarie 2018: Verdere inligting aan ouers op nuusbrief 19 Februarie – 15 Maart 2018: Tydperk vir die indien van nominasievorms by die kantoor8 Maart 2018 om 7:30: Nominasievergadering en verkiesing van Onderrig- en Nie-onderrigpersoneel verteenwoordigers16 Maart 2018: Dag van Beheerliggamverkiesing verloop as volg:

Registrasie by stembeamptes in saal: 7:30 Bepaling van kworum vir nominasievergadering: 8:00 Nominasievergadering vir indien van verdere nominasies: 8:05 Verkiesingsbeampte bepaal geldigheid van nominasies en stel

kandidatelys saam: 8:10 Bepaling van kworum en Beheerliggaamverkiesing indien daar ‘n

kworum teenwoordig is: 8:15 Indien daar nie ‘n kworum teenwoordig is nie, sal die

opvolgverkiesing op 23 Maart 2018 plaasvind Indien verkiesing voortgaan, voorstelling van kandidate en

verduideliking van stemprosedure: 8:15 Afhaal van stembriewe by registrasietafels: 8:30 Kontrole van geldigheid van volmagvorms by registrasietafels Verkiesing tot 12:00 en tel van stemme daarna Bekendmaking van verkiesingsuitslae: 12:30 Nuwe lede vergader saam met ou Beheerliggaam: 19 Maart 2018 om

14:00. Oorhandiging van ou na nuwe Beheerliggaam vind plaas.

KIESERSLYSDie skool stel vooraf ‘n kieserslys saam van al die stemgeregtigde ouers van die skool met ‘n maksimum van twee stemgeregtigdes per huisgesin. Indien ‘n persoon se naam nie op die kieserslys verskyn nie, sal die persoon nie toegelaat word om te stem nie. Stemgeregtigdes se ID-nommers of paspoortnommers moet op die kieslys verskyn. Sorgverskaffers van leerders moet bewys van voogskap lewer alvorens hy/sy toegelaat sal word om te stem. Die kieslys sal twee weke voor die verkiesing gefinaliseer word.

STEMGEREGTIGDESBiologiese ouers, wettige voogde of sorgverskaffers (“care givers”) wat die rol van ‘n ouer vervul van leerders wat by Jacobsdal Primêre Skool ingeskryf is. Stemgeregtigdes is al die persone wat op die skool se inskrywingsregister verskyn as ouers, voogde of sorgverskaffers van leerders. Slegs twee persone per gesin as wettige ouers, wettige voogde of sorgverskaffers (“care givers”) wie se name op die kieserslys verskyn, sal elk ‘n stembrief ontvang om te stem.

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewHierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word. SKAAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi

KWORUMDaar moet ‘n kworum van 15% van die skool se ouers teenwoordig wees by die verkiesing van lede tot die Beheerliggaam. Indien ‘n kworum nie teenwoordig is nie, sal die verkiesingsbeampte ‘n datum, tyd en plek bepaal vir ‘n tweede nominasievergadering en verkiesing.

NOMINASIESEnige ouer/voog van ‘n leerder van die skool wie se naam op die kieserslys verskyn, kan genomineer word as ‘n kandidaat.‘n Ouer wat in diens van die skool is as opvoeder of nie-opvoeder mag nie genomineer word om ouers op die Beheerliggam te verteenwoordig nie. Die kandidaat wat genomineer word, asook die voorsteller en sekondant, se name moet op die kieserslys verskyn. Jacobsdal Primêre Skool moet vyf ouers verkies. Indien daar net 5 nominasies inkom, sal geen stemming plaasvind nie.

VOORWAARDES VIR NOMINASIES‘n Persoon sal nie op die Beheerliggaam van Jacobsdal Primêre Skool kan dien, indien hy/sy; geestesongesteld is (mentally ill); ‘n dwelmafhanklike is; ‘n ongerehabiliteerde insolvente persoon is; ‘n persoon is wat gevonnis is vir ‘n oortreding tot gevangenisstraf

sonder die keuse van ‘n boete vir ses maande of langer, of; ‘n persoon wat nog nie sy/haar volle gevangenisstraf uitgedien het

nie; ‘n persoon wat nie langer in die kategorie val om ouers van die skool

te verteenwoordig nie.

VEREISTES VAN ‘N LID VAN DIE BEHEERLIGGAAMDie persoon moet ‘n Suid-Afrikaanse burger en ‘n ouer van die skool wees en moet verkieslik kan lees en skryf. Die persoon mag nie resorteer in die kategorieë van persone soos direk hierbo genoem nie.

DIENSTYDPERK VAN BEHEERLIGGAAMLEDETydperk van diens is drie jaar. Die uitvoerende lede wat ‘n voorsitter, sekretaris en tesourier moet ingesluit, word tydens die eerste vergadering van die Beheerliggaam verkies. Die dienstermyn van die uitvoerende

lede is slegs een jaar in die amp tensy die persoon vir ‘n volgende jaar in ‘n amp herverkies sou word.

LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAMDie Beheerliggaam sal bestaan uit:5 Ouerlede (ouers stem vir hulle)2 Opvoederlede (opvoeders stem vir hulle)1 Nie-opvoeder (nie-opvoeders stem vir hulle)Skoolhoof (ex officio)

PLIGTE VAN DIE BEHEERLIGGAAMLEDEBeheer (“govern”) die skool deur beleid te formuleer, die finansies te bestuur en die verskillende belangegroepe te verteenwoordig. Vergaderings van die Beheerliggaam moet bygewoon word. (Minimum van een vergadering per kwartaal) Die Skoolhoof bestuur (manage) die skool van dag tot dag.

HERVERKIESING‘n Lid van die Beheerliggaam wie se termyn verstryk het, mag weer genomineer en verkies word tot die Beheerliggaam indien hy/sy nog steeds ouers van die skool is.

NOMINASIETYDPERKVanaf 16 Februarie tot 15 Maart 2018 kan nominasies ingehandig word. (Nominasies sluit 24 uur voor die verkiesing.) Verdere nominasies kan ook tydens die nominasievergadering gedoen word op Vrydag, 16 Maart vanaf 8:00 tot 8:30, indien ‘n kworum teenwoordig is (15% van stemgeregtigtes).

NOMINASIEVORMSNominasievorms kan by die administratiewe kantoor afgehaal word vanaf 16 Februarie tot 15 Maart 2018 om 8:00

INDIEN VAN NOMINASIEVORMSVoltooide nominasievorms moet voor 15 Maart 2018 om 8:00 in die nominasiebus geplaas word by die administratiewe kantoor van die skool.

VERWERPING VAN NOMINASIEVORMSIndien die nominasievorm nie deur die voorsteller of sekondant of kandidaat onderteken is nie, die voorsteller of sekondant se naam nie op die skool se kieserslys van stemgeregtigdes verskyn nie, of die

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewHierdie vorms moet op Maandag, 5 Maart by tannie Adéle ingehandig word. SKAAK: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi

nominasievorm nie binne die gespesifiseerde tyd ingehandig is nie, sal die nominasievorm verwerp word.

AFWESIGHEID TYDENS NOMINASIEVERGADERING‘n Persoon wat nie die nominasie- en verkiesingsvergadering kan bywoon nie en moontlik daar genomineer kan word as lid van die Beheerliggaam, moet ‘n skriftelik getekende bewys stuur na die nominasie- en verkiesingsvergadering en vir goedkeuring aan die verkiesingsbeampte voorlê by die vergadering dat hy/sy bereid is om te dien as lid van die Beheerliggaam.

BEKENDSTELLING VAN GENOMINEERDESDie kandidaat sal die volgende aan die gehoor mag noem: Sy/haar naam en van Die graad/e waarin sy/haar kind/ers is Noem hoe hy/sy waarde tot die skool kan voeg Drie dinge wat hy/sy vir die skool sal doenPraattyd word tot twee minute per kandidaat beperk.

NOMINASIEVERGADERINGDie nominasievergadering vir ouerlede van die Beheerliggaam sal op 16 Maart 2018 om 8:00 tot 8:30 in die skoolsaal plaasvind.VERKIESINGDie verkiesing van ouerlede van die Beheerliggaam sal vanaf 16 Maart 2018 om 8:30 tot 12:00 in die skoolsaal plaasvind.

DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN OUERS

U het nou al die inligting tot die verkiesing van die Beheerliggaam

U verantwoordelikheid: Vergewis uself van die Provinsiale Beheerliggaamregulasies. Neem kennis van die verloop van die proses. Kontroleer en kyk of u naam op die kieserslys verskyn. Identifiseer en nomineer geskikte kandidate vir die

Beheerliggaam wat waarde kan toevoeg. Die belangrikste is om die nominasie- en verkiesingsvergadering

by te woon.

Stem vir die mees geskikte kandidate vir die Beheerliggaam wat na die belange van die skool en ouers sal omsien.

Die uwe

........................... Mnr PW Tait SKOOLHOOF Jacobsdal Primêre Skool