jacobsdal primêre skool  · web view2019. 2. 22. · alle strokies kan tot maandag, 4 maart...

6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 7 22 Februarie – 1 Maart 2019 OUERS: JAKKIES SPORTNAWEEK: Ons jaarlikse sportnaweek vind op 1 en 2 Maart plaas. Die volgende spanne neem aan ons sportdag deel. VRYDAG: Skaak: 0/14, 0/12 en 0/10. Soveel as moontlik kinders kan inskryf! Inskrywings word by meneer Schalk gedoen. Tennis: Die spelers wat gaan speel, sal volgende week in kennis gestel word. SATERDAG: Rugby: 0/13A en B, 0/11, 0/9 en 0/7 Netbal: 0/13A, 0/12, 0/11, 0/10, 0/9, 0/8 en 0/7 Spelers moet 30 minute voor elke wedstryd by hulle afrigters aanmeld. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. DIE OUERLEIERKOMITEE GAAN HEERLIKE VERVERSINGS VERSKAF! Enige mamma of pappa van alle grade word gevra om behulpsaam te wees met die voorbereiding en verkoop van verversings. Kontak Maritza by: 082 415 2679 as u kan help. As u net ‘n deel van die dag kan werk, sal dit al baie help! Die enkele Ouerleierlede wat wel werk is nie genoeg nie. Ons het regtig ons ouers se hulp nodig. Indien dit vir u nie moontlik is om Saterdag hier te wees, sal skenkings van die volgende produkte baie waardeer word: TAMATIESOUS MAYONNAISE KOEKMEEL SUIKER OLIE EIERS (Stuur asseblief die produkte na die boekstoor) Baie dankie dat ons op u hulp kan staatmaak! Kom ons probeer almal ‘n bydra lewer en maak ‘n groot sukses van ons sportdag. SELFOONHORLOSIES: Ouers moet asseblief kennis neem dat selfoonhorlosies nie in ons skool toegelaat word nie. Dit sal afgeneem word en vir die res van die kwartaal in die kluis toegesluit word. REDENAARSKOMPETISIE: Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes na ons eerste Redenaarskompetisie vir gr 4 – 7 wat op Dinsdag, 26 Februarie om 14:30 in juffrou Delene se klas (nr 23) plaasvind. Deelnemers en ondersteuners moet asseblief skoolklere aanhê. WOW SPELKOMPETISIE: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Leerders van gr 1 – 7 spel teen mekaar in klasverband en die beste 5 leerders van elke graad neem aan die Kringkompetisie deel. Leerders wat gekies word, mag nie na die eerste kompetisie onttrek nie. Ouers moet bevestig dat hulle kinders tot die einde gaan meeding. DATUMS VAN KOMPETISIES: Kringkompetisie (Xhariepstreek): Donderdag, 25 Julie – Koffiefontein Distrikkompetisie (Xhariepstreek): Woensdag, 14 Augustus – Bloemfontein Provinsiale kompetisie (Vrystaatstreek): Donderdag, 22 Augustus – Bloemfontein Nasionale kompetisie (Al die provinsies): Saterdag, 19 Oktober - Stellenbosch OUERVERGADERING / BOELIES: Aangesien baie van ons ouers nie die ouervergadering kon bywoon nie het ons dit goedgedink om die inligting op

Upload: others

Post on 23-Mar-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 2. 22. · Alle strokies kan tot Maandag, 4 Maart ingehandig word. Hierdie atlete moet geregistreer word en ontvang dan deelnemersnommers

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 7 22 Februarie – 1 Maart 2019OUERS:JAKKIES SPORTNAWEEK:Ons jaarlikse sportnaweek vind op 1 en 2 Maart plaas.Die volgende spanne neem aan ons sportdag deel. VRYDAG:Skaak: 0/14, 0/12 en 0/10. Soveel as moontlik kinders kan inskryf! Inskrywings word by meneer Schalk gedoen.Tennis: Die spelers wat gaan speel, sal volgende week in kennis gestel word.SATERDAG:Rugby: 0/13A en B, 0/11, 0/9 en 0/7Netbal: 0/13A, 0/12, 0/11, 0/10, 0/9, 0/8 en 0/7Spelers moet 30 minute voor elke wedstryd by hulle afrigters aanmeld.‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.

DIE OUERLEIERKOMITEE GAAN HEERLIKE VERVERSINGS VERSKAF! Enige mamma of pappa van alle grade word gevra om behulpsaam te wees met die voorbereiding en verkoop van verversings. Kontak Maritza by: 082 415 2679 as u kan help. As u net ‘n deel van die dag kan werk, sal dit al baie help!Die enkele Ouerleierlede wat wel werk is nie genoeg nie. Ons het regtig ons ouers se hulp nodig. Indien dit vir u nie moontlik is om Saterdag hier te wees, sal skenkings van die volgende produkte baie waardeer word:

TAMATIESOUS MAYONNAISE KOEKMEEL SUIKER OLIE EIERS(Stuur asseblief die produkte na die boekstoor)

Baie dankie dat ons op u hulp kan staatmaak! Kom ons probeer almal ‘n bydra lewer en maak ‘n groot sukses van ons sportdag.

SELFOONHORLOSIES:Ouers moet asseblief kennis neem dat selfoonhorlosies nie in ons skool toegelaat word nie. Dit sal afgeneem word en vir die res van die kwartaal in die kluis toegesluit word.

REDENAARSKOMPETISIE:Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes na ons eerste Redenaarskompetisie vir gr 4 – 7 wat op Dinsdag, 26 Februarie om 14:30 in juffrou Delene se klas (nr 23) plaasvind. Deelnemers en ondersteuners moet asseblief skoolklere aanhê.

WOW SPELKOMPETISIE:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:

Leerders van gr 1 – 7 spel teen mekaar in klasverband en die beste 5 leerders van elke graad neem aan die Kringkompetisie deel.

Leerders wat gekies word, mag nie na die eerste kompetisie onttrek nie. Ouers moet bevestig dat hulle kinders tot die einde gaan meeding.

DATUMS VAN KOMPETISIES:Kringkompetisie (Xhariepstreek): Donderdag, 25 Julie – KoffiefonteinDistrikkompetisie (Xhariepstreek): Woensdag, 14 Augustus – BloemfonteinProvinsiale kompetisie (Vrystaatstreek): Donderdag, 22 Augustus – BloemfonteinNasionale kompetisie (Al die provinsies): Saterdag, 19 Oktober - StellenboschOUERVERGADERING / BOELIES:Aangesien baie van ons ouers nie die ouervergadering kon bywoon nie het ons dit goedgedink om die inligting op ons skool se webtuiste te plaas. Gaan na www.jakkies.com en kliek op die skakels “Boelies en slagoffers”, En “Ouervergadering 22 Feb” om kennis te neem van belangrike sake wat met die ouervergadering bespreek is.

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Graad 7’s wat wil saam toer se ouers moet die afskeurstrokie (nuusbrief 6) op Maandag, 25 Februarie by tannie Adéle inhandig. Ouers wat alreeds ‘n strokie ingestuur het, hoef dit nie weer te doen nie. Slegs leerders wat strokies ingehandig het, word op die toerlys geplaas.Alle mediese vorms moet ook op Maandag, 25 Februarie ingehandig word.Ouers moet onthou dat borgvorms ingehandig moet word, al is daar geen fondse ingesamel nie.Toerlede het ‘n finale inligtingstuk ontvang.

BIDDAG VIR VROUE:Ons nooi ouers en belangstellendes uit om die biddag vir vroue op Vrydag, 1 Maart om 7:30 in die skoolsaal by te woon.

KOSHUIS:TOESIGKRAG IN KOSHUIS: [ADVERTENSIE]

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 2. 22. · Alle strokies kan tot Maandag, 4 Maart ingehandig word. Hierdie atlete moet geregistreer word en ontvang dan deelnemersnommers

Daar is ‘n vakante Beheerliggaam toesigkragpos in die koshuis beskikbaar. Dit behels diens in die koshuis vir een dag ‘n week vanaf 14:00 die middag tot 7:00 die volgende oggend. Koshuisinwoning vir daardie aand verpligtend. Enkele diensbeurte op ‘n Sondagmiddag vanaf 16:00 tot 20:00 kan ook van u verwag word. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is.

LEERDERDEELNAME:AFRIGTERS:Ons doen ‘n beroep op ouers om afrigters toe te laat om u kind na die beste van sy/haar vermoë af te rig. Ons is afhanklik van gewillige ouers wat hulle tyd vir ons opoffer. Ons vra u mooi om nie teenwoordig te wees by oefeninge nie en u daarvan te weerhou om in te meng by enige afrigter. Kom ons ondersteun ons afrigters en stel ons vertroue in hulle.Baie dankie dat ons op u kan staatmaak.

MOTHEO/XHARIEP ATLETIEK:Baie geluk aan die atlete wat tydens die Motheo/Xhariep baie pragtig presteer het:Le-Rick Naudé: 1ste plek 80m en 2de plek 60mDecoda Kilian: 6de plek gewigstootIzeldi Jacobs: 6de plek 75mH en 6de plek SGSandri van Niekerk: 3de plek HSJustine Rampaleng: 1ste plek 200m, 5de plek 800m en 6de plek 100mLeo Wilkinson: 6de plek 70mH en 6de plek 1200mRiko Swart: 6de plek GSMarius Etzebeth: 3de plek SGWianco Ludike: 5de plek GS en 5de plek SG

Bostaande atlete (behalwe Le-Rick wat te jonk is), neem op Saterdag, 2 Maart aan die Vrystaat Atletiekkampioenskapppe in Sasolburg deel. Ouers vervoer atlete self na Sasolburg. Baie sterkte!

SWEM:Baie geluk aan tannie Verona Burger en haar span swemmers wat so mooi geswem het tydens die Vrystaat Swemkampioenskappe. Die volgende swemmers het plekke onder die eerste 6 behaal:Louis-Harm Fourie: 1ste plek 50m rug en 3de plek 100m rugIzeldi Jacobs: 4de plek 50m rug, 5de plek 50m vlinder, 5de plek 100m rug en 6de plek 100m vlinder

Die 0/12 seuns (Louis-Harm, Ewan, Jannie en Jaco) het ‘n derde plek in die wisselslag aflos behaal.Die 0/12 dogters (Sandri, Danique, Izeldi en Leané) het ‘n derde plek in die wisselslag aflos behaal.Baie trots op julle!

Sterkte aan die volgende swemmers wat op 22 en 23 Februarie aan die NOCASA SPRINTS deelneem:Elri de Waal, Jaco de Waal, Jannie de Waal, Ewan Burger en Izeldi Jacobs

XHARIEP TENNIS:Sterkte aan die volgende spelers wat op Vrydag, 22 Februarie vir die Xhariepspan teen Oos-Kaap speel:0/12: Johandri de Wet, Zanté Oertel, Hanru Hugo, Riko Swart en Lehan Hugo0/14: Suzanne le Roux, Juhan vd Westhuizen, Marius Etzebeth en Stefan Hugo

NETBAL:Sterkte aan die 0/13 netbalspan wat op 22 en 23 Februarie aan die Diamantveld Sportnaweek deelneem. Die 0/8 en 0/9 speel op Vrydag, 22 Februarie om 14:30 in die Pompom netbaldag by Eureka.

TWEEKAMP: Baie sterkte aan die atlete wat op Dinsdag, 26 Februarie aan die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe deelneem. Registrasie vind om 13:00 plaas. Hardloopitems begin om 14:00 by Pelliespark (Universiteit van die Vrystaat) en die swemitems net daarna by die Universiteitswembad.

LANDLOOP: [AFSKEURSTROKIE]Alle leerders wat hierdie jaar aan landloop wil deelneem, moet asseblief die afskeurstrokie invul en by die klasonderwysers inhandig. Alle strokies kan tot Maandag, 4 Maart ingehandig word. Hierdie atlete moet geregistreer word en ontvang dan deelnemersnommers.

0/7 RUGBY:Die 0/7 (Gr R en gr 1 seuns) oefen op ‘n Dinsdag en ‘n Donderdag om 14:00 by die volgende afrigters:Riaan van den Heever: 071 764 1163Fanie Roos: 079 045 5320 Baie dankie dat julle bereid is om te help. Ons waardeer dit regtig baie.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 2. 22. · Alle strokies kan tot Maandag, 4 Maart ingehandig word. Hierdie atlete moet geregistreer word en ontvang dan deelnemersnommers

Ons wil ouers van hierdie seuns aanmoedig om hulle gr R en gr 1 seuntjies na elke oefening te bring al is hulle nog klein. Ons buite-afrigters offer baie van hulle tyd op om ons spelers die nodige vaardighede aan te leer. Kom ons ondersteun hulle waar ons kan.

VRYSTAAT / NOORDKAAP WISKUNDE UITDAGING: [AFSKEURSTROKIE]Graad 3 tot 7 leerders wat hierdie jaar vir die Vrystaat/Noordkaap Wiskunde Uitdagingkompetisie wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R10 inskrywingsgeld by hulle wiskundeonderwysers inbetaal. Die vraestel word op Dinsdag, 16 Julie geskryf maar inskrywings moet voor of op 8 Maart in wees.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Wynand du Plessis (hospitaal)Elmé Vorster (sussie)

AFSKEURSTROKIE: WISKUNDE UITDAGING (GR 3 – 7) (Sluitingsdatum: 8 Maart) NAAM VAN OUER: ____________________________________

NAAM VAN LEERDER: _________________________________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 2. 22. · Alle strokies kan tot Maandag, 4 Maart ingehandig word. Hierdie atlete moet geregistreer word en ontvang dan deelnemersnommers

AFSKEURSTROKIE: WISKUNDE UITDAGING (GR 3 – 7) (Sluitingsdatum: 8 Maart) NAAM VAN OUER: ____________________________________

NAAM VAN LEERDER: _________________________________

AFSKEURSTROKIE: LANDLOOP NAAM VAN OUER: ____________________________________

NAAM VAN LEERDER: _________________________________

OUDERDOM VAN LEERDER: ______

WIL GRAAG AAN LANDLOOP DEELNEEM EN ONDERNEEM OM ELKE OEFENING BY TE WOON.

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

KONTAKNOMMER: _________________________

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 2. 22. · Alle strokies kan tot Maandag, 4 Maart ingehandig word. Hierdie atlete moet geregistreer word en ontvang dan deelnemersnommers

Jacobsdal Primêre SkoolSPORTDAG: 2 MAART 2019

RUGBYPROGRAM:

TYD: SPANNE:08:00 - 08:20 Hopetown 0/9 vs Staats 0/9 08:20 - 08:40 Jacobsdal 0/9 vs Eureka 0/9 08:40 - 09:05 Staats 0/11 vs Eureka 0/11 09:05 – 09:30 Futurum 0/11 vs Hopetown 0/11 09:30 - 09:50 Futurum 0/7 1 vs Jacobsdal 0/7

Futurum 0/7 2 vs Hopetown 0/709:50 - 10:30 Jacobsdal 0/13 B vs Hopetown 0/13 10:30 - 10:50 Hopetown 0/9 vs Futurum 0/9 10:50 - 11:10 Eureka 0/9 vs Staats 0/9 11:10 - 11:35 Jacobsdal 0/11 vs Futurum 0/11 11:35 - 12:00 Hopetown 0/11 vs Staats 0/11 12:00 – 12:20 Jacobsdal 0/7 vs Futurum 0/7 2

Hopetown 0/7 Futurum 0/7 112:20 - 13:00 Eureka 0/13B vs Futurum 0/13 13:00 - 13:20 Futurum 0/9 A vs Jacobsdal 0/9 A13:20 - 13:45 Jacobsdal 0/11 vs Eureka 0/11 13:45 – 14:25 Staats 0/13 vs Jacobsdal 0/13