jacobsdal primêre skool  · web view2019. 1. 8. · theunie vd merwe (been gebreek) elsabé...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 30 8 – 15 September 2017 SKOOL VERDAAG VROEG/ GR 1 AFDAG: Die skool verdaag op Vrydag, 15 September vir alle leerders om 10:00 as gevolg van die Strategiese Beplanning wat al die personeel en Beheerliggaamlede gaan bywoon. Die Graad 1-klas kry Vrydag, 15 September af en hoef glad nie skool toe te kom nie. Hulle het die meeste geld met die Trollietrekprojek ingesamel en verdien ‘n lekker afdag! FLIEKNIEK: Alle leerders word uitgenooi na die Fliekniek van Jakkies Opwaarts Sentrum wat op Donderdag, 14 September om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop R10, wat ‘n gratis “pop corn” insluit. Snoepie beskikbaar. Bring jou kussing en kombers en geniet die aand saam met ons! TROLLE KONSERT: [AFSKEURSTROKIE] Alle konsertklere moet asseblief op Maandag, 11 September by juffrou Delene ingehandig word. Indien ouers bereid is om die hoedjie en tutu vir ons konsertklerebank te skenk sal ons dit baie waardeer. Ouers kan ‘n konsert DVD teen R70 elk bestel deur die afskeurstrokie in te vul en op Maandag, 11 September, saam met die kontant, na die klasonderwysers te stuur. Slegs een finale bestelling word Maandag gedoen. TOER 2018: Die Sport- en Opvoedkundige toer van 2018 sal DV vanaf 23 tot 28 Maart plaasvind. NETBALKLERE: Leerders wat nog netbalklere (of enige ander sportklere van die skool) by hulle huise het, moet dit dringend op Maandag, 11 September by juffrou Delene kom inhandig. Ons het dit vir die Fotodag nodig. DOGTERS – “SKI PANTS”: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat vir hulle dogters kort groen “ski pants” @ R70 elk wil bestel, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 11 September na die klasonderwysers terugstuur. Kontant met bestelling asseblief. Sperdatum vir bestelling: Maandag, 18 September LEERDERDEELNAME: TWEEKAMP: Baie geluk aan die volgende atlete wat in die Suid- Vrystaat Tweekampspan ingesluit is en op 7 Oktober aan ‘n Interprovinsiale byeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem: A-span: Leo Wilkinson: 0/9 Ewan Burger: 0/11 B-span: Jannes Krause: 0/11 Leané van Eeden: 0/11 Junior van Niekerk: 0/15 C-span: Hanru Krause: 0/13 TENNIS: Die 0/9, 0/11 en 0/13 seunstennisspanne speel op Woensdag, 13 September wedstryde teen Eureka op hulle bane. Spelers kan om 13:15 verdaag en die bus vertrek om 13:30. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om leerders se vervoer te bevestig. R30 busgeld vooraf betaalbaar.

Upload: others

Post on 18-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 1. 8. · Theunie vd Merwe (been gebreek) Elsabé Ueckermann (ma oorlede) Elza van Wyk (bestraling) Madeleine Koorzen (siek) Ina Gericke

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 30 8 – 15 September 2017 SKOOL VERDAAG VROEG/ GR 1 AFDAG:Die skool verdaag op Vrydag, 15 September vir alle leerders om 10:00 as gevolg van die Strategiese Beplanning wat al die personeel en Beheerliggaamlede gaan bywoon.Die Graad 1-klas kry Vrydag, 15 September af en hoef glad nie skool toe te kom nie. Hulle het die meeste geld met die Trollietrekprojek ingesamel en verdien ‘n lekker afdag!

FLIEKNIEK:Alle leerders word uitgenooi na die Fliekniek van Jakkies Opwaarts Sentrum wat op Donderdag, 14 September om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Toegang beloop R10, wat ‘n gratis “pop corn” insluit. Snoepie beskikbaar. Bring jou kussing en kombers en geniet die aand saam met ons!

TROLLE KONSERT: [AFSKEURSTROKIE]Alle konsertklere moet asseblief op Maandag, 11 September by juffrou Delene ingehandig word. Indien ouers bereid is om die hoedjie en tutu vir ons konsertklerebank te skenk sal ons dit baie waardeer.Ouers kan ‘n konsert DVD teen R70 elk bestel deur die afskeurstrokie in te vul en op Maandag, 11 September, saam met die kontant, na die klasonderwysers te stuur. Slegs een finale bestelling word Maandag gedoen.

TOER 2018:Die Sport- en Opvoedkundige toer van 2018 sal DV vanaf 23 tot 28 Maart plaasvind.

NETBALKLERE:Leerders wat nog netbalklere (of enige ander sportklere van die skool) by hulle huise het, moet dit dringend op Maandag, 11 September by juffrou Delene kom inhandig. Ons het dit vir die Fotodag nodig.

DOGTERS – “SKI PANTS”: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat vir hulle dogters kort groen “ski pants” @ R70 elk wil bestel, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 11 September na die klasonderwysers terugstuur. Kontant met bestelling asseblief.Sperdatum vir bestelling: Maandag, 18 September

LEERDERDEELNAME:TWEEKAMP: Baie geluk aan die volgende atlete wat in die Suid-Vrystaat Tweekampspan ingesluit is en op 7 Oktober aan ‘n Interprovinsiale byeenkoms in

Bloemfontein gaan deelneem:A-span:Leo Wilkinson: 0/9Ewan Burger: 0/11B-span:Jannes Krause: 0/11Leané van Eeden: 0/11Junior van Niekerk: 0/15C-span:Hanru Krause: 0/13

TENNIS:Die 0/9, 0/11 en 0/13 seunstennisspanne speel op Woensdag, 13 September wedstryde teen Eureka op hulle bane. Spelers kan om 13:15 verdaag en die bus vertrek om 13:30. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om leerders se vervoer te bevestig. R30 busgeld vooraf betaalbaar.

XHARIEP KRIEKETPROEWE:Die 0/11 en 0/13 krieketspelers wat deur die afrigters geïdentifiseer is, speel op Dinsdag, 12 September Xhariepproewe in Bloemfontein. Al die spelers ry met die skoolbussie en vertrek reeds om 9:00. Leerders moet kospakkies saambring en busgeld van R80 is vooraf betaalbaar. Mnr Meintjies vergesel die seuns.

KRIEKET:UITSLAE TEEN HOPETOWN:Die 0/11 en 0/13 spanne het albei met 7 paaltjies verloor.Die 0/9 krieketspan speel op Maandag, 11 September teen Hopetown hier op ons veld. Die wedstryd begin om 14:30.Die 0/11 en 0/13 krieketspanne speel op Donderdag, 14 September wedstryde teen Douglas op hulle velde. Al die seuns ry met HLS se bus. Spelers kan om 11:30 verdaag en die bus vertrek om 11:45. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar

LANDLOOP:Sterkte aan Leo Wilkinson, Jannes Krause en Hanru Krause wat hierdie naweek vir Griekwaland-Wes se landloopspan aan die SA Kampioenskappe in Potchefstroom deelneem.

BYBELVASVRA:Ons Bybelvasvraspan het in die tweede rondte ‘n vierde plek in die Vrystaat behaal. Nege skole het deelgeneem. Baie geluk aan Yuna, Carlé, Anadia en Anica.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 1. 8. · Theunie vd Merwe (been gebreek) Elsabé Ueckermann (ma oorlede) Elza van Wyk (bestraling) Madeleine Koorzen (siek) Ina Gericke

DRAMAKOMPETISIE: [INSKRYWINGSVORM]Leerders word herinner aan die Dramakompetisie op Maandag, 11 September. Ons sluit weer ‘n inskrywingsvormpie by die nuusbrief in. Vul dit volledig in en handig by die klasonderwysers in. Deelname is gratis!

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan al die graad 2-mammas wat lekker eetgoed gestuur het. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R2 378.00 ingesamel!

PANTOFFELDAG:Leerders kan op Vrydag, 15 September hulle pantoffels skool toe aantrek. ‘n Donasie van R3 moet by die klasonderwysers betaal word en Bybels sal met die geldjies wat ingesamel word, aangekoop word.Wilma Appelgryn

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

R30 per bakkieKontak Riaan Jacobs:

0823718143Marisan Jacobs:

0825554760

GEBEDSLYS:

Theunie vd Merwe (been gebreek)Elsabé Ueckermann (ma oorlede)

Elza van Wyk (bestraling)Madeleine Koorzen (siek)Ina Gericke (arm gebreek)

Danél du Toit (siek)Natasha vd Westhuizen (siek)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 1. 8. · Theunie vd Merwe (been gebreek) Elsabé Ueckermann (ma oorlede) Elza van Wyk (bestraling) Madeleine Koorzen (siek) Ina Gericke

AFSKEURSTROKIE: KONSERT DVD - R70

OUER: ________________________________________________

LEERDER: _______________________________ GR.: ______

WIL GRAAG ‘N KONSERT DVD @ R70 ELK BESTEL:

AANTAL DVD’S: _________ BEDRAG: __________

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: ___________

SLEGS EEN BESTELLING WORD OP MAANDAG, 11 SEPTEMBER GEDOEN

AFSKEURSTROKIE: DOGTERS “SKI PANTS” - R70

OUER: _____________________________________________

LEERDER: _______________________________ GR.: ______

WIL GRAAG ‘N GROEN “SKI PANT” @ R70 ELK BESTEL.

GROOTTES BESKIKBAAR:

7 – 8jr 9 – 10jr 11 – 12jr 13 – 14jr

X-SMALL SMALL MEDIUM

AANTAL: _____ GROOTTE: ________

AANTAL: _____ GROOTTE: ________

TOTALE BEDRAG: ________

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: __________

Sperdatum vir bestelling: Maandag, 18 September

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN EUREKA (0/9, 0/11 & 0/13) (Woensdag, 13 September)

OUER: __________________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN: ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ______________________ DAT: _________

Busgeld vir elke speler: R30

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 1. 8. · Theunie vd Merwe (been gebreek) Elsabé Ueckermann (ma oorlede) Elza van Wyk (bestraling) Madeleine Koorzen (siek) Ina Gericke
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019. 1. 8. · Theunie vd Merwe (been gebreek) Elsabé Ueckermann (ma oorlede) Elza van Wyk (bestraling) Madeleine Koorzen (siek) Ina Gericke