jacobsdal primêre skool - web viewouers word daaraan herinner dat skoolgeld voor die ......

Download JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word daaraan herinner dat skoolgeld voor die ... (0/11A en B speel by HLS) Wedstryde begin om 14:30 Spelers moet die volgende bring: 0/9 en

If you can't read please download the document

Upload: truongduong

Post on 06-Feb-2018

230 views

Category:

Documents


5 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMRE SKOOL

JACOBSDAL PRIMRE SKOOL

NUUSBRIEF: 23 5 12 Augustus 2016

OUERS:

SKOOL-/KOSHUISGELD:

Ouers word daaraan herinner dat skoolgeld voor die 7de van

elke maand betaalbaar is. Koshuisgeld was op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Maandbetalers se geld is op die eerste dag van n maand betaalbaar. Probeer asseblief getrou by hierdie relings hou.

SKOOLDRAG:

Ouers moet asseblief sorg dat leerders die korrekte winterskooldrag aanhet. Baie leerders het nie dasse aan nie. Kontrole word volgende Woensdag gedoen.

OUERKLASBESOEK: [AFSKEURSTROKIE]

Ouerklasbesoek vind op Woensdag, 10 Augustus op die volgende tye plaas:

13:00 Graad 1 en 2 (klaskamers)

13:13 Graad 3 (klaskamer)

15:00 17:00: Graad 4 7 (skoolsaal)

Alle ouers word vriendelik uitgenooi na die Ouervergadering wat om 17:30 in die skoolsaal plaasvind.

Punte reeds op die agenda:

1. Gedragskode vir ouers

2. Akademiese statistieke

Ouers wat nog punte vir die vergadering op die agenda wil plaas kan die afskeurstrokie invul en op Woensdag, 10 Augustus voor 8:00 na die klasonderwysers stuur.

DISSIPLINEVERSLAE:

Leerders wat meer as 15 punte op die Dissiplinre Stelsel het, ontvang n dissiplineverslag wat deur ouers geteken en teruggstuur moet word.

TROMPSBURG KUNSWEDSTRYD: [INSKRYWINGSVORM]

Die jaarlikse Kunswedstryd vind op 12 en 13 September te Trompsburg plaas. Leerders kan Afrikaanse gedigte voordra. Dit is n wonderlike geleentheid vir leerders om ook hierdie besondere vaardighede aan te leer.

Ouers wat hulle kinders vir die Kunswedstryd wil inskryf moet asseblief op die volgende let:

1. U as ouer is self verantwoordelik vir die uitsoek en aanleer van u kind se gedig.

2. U moet u kind self afrig of rel dat iemand u kind help. (Die taalonderwysers is nie daarvoor verantwoordelik nie.)

3. Inskrywingsgeld van R15 per leerder is tot Vrydag, 19 Augustus by die klasonderwysers betaalbaar. (Geen laat inskrywings nie)

4. Geen onttrekkings gaan toegelaat word nie. Indien n kind in uitsonderlike omstandighede onttrek word, moet die klasonderwyser dadelik verwittig word en verbeur die ouer die inskrywingsgeld.

5. Ouers is self verantwoordelik vir die vervoer van leerders na Trompsburg en terug.

6. Voltooi asseblief die inskrywingsvorm en stuur dit saam met die inskrywingsgeld na die klasonderwysers (nie die finansile kantoor nie).

VCSV-KAMP VIR GRAAD 7:

Die jaarlikse graad 7 VCSV-kamp vind vroeg in Oktober plaas.

n BEPERKTE aantal plekke is beskikbaar. Hierdie kamp berei u kind voor vir die Horskool en gee veral leiding op geestelike gebied.

Die kamp kos R460 per leerder, wat vervoer insluit. Die volle bedrag moet teen 30 September betaal wees. Ouers kan hierdie bedrag afbetaal, maar n deposito word vereis om u kind se plek te verseker.

n Inligtingbrief is reeds aan al die graad 7-leerders uitgedeel.

Navrae: Juffrou Elza van Wyk (071 687 6477)

SLEUTELHOUERS - TENNISBAAN:

Ons doen n beroep op ouers wat sleutels van die tennisbane het om asseblief die hek by die sportterrein agter hulle toe te maak as hulle inkom en te sluit as hulle uitgaan. Knip die slot elke keer toe sodat dit nie weggedra word nie. Diere wat inkom vertrap ons veld.

HPV INENTING:

Die tweede HPV inenting vir graad 4 dogters vind op Dinsdag,

16 Augustus plaas.

WAARDEGEDREWE SKOLE OPSKERP 2016: [AFSKEURSTROKIE]

n Opskerpsessie vir onderwysers (15:00 16:30) en ouers

(18:00 19:00) vind op Dinsdag, 23 Augustus by Jim Fouch Laerskool in Bloemfontein plaas. Bywoning vir ouers is gratis. Die spreker is die bekende Dr Johan Smith. Ouers kan die afskeurstrokie invul indien u die sessie wil bywoon.

VCSV - PROJEK

Die VCSV (Christelike vereniging) vier hulle 120ste bestaansjaar. Daarom wil ons graag as skool iets vir minderbevoorregte mense doen.

Ons versoek ons kinders vriendelik om serpe / kouse/ musse / handskoene skool toe te bring wat ons vir hulle kan gee, indien julle voel julle wil n bydra gee / maak.

Plaas dit asseblief in die houer in juffrou Elza se klas.

SPELKOMPETISIE:

Al die Graad 1 7 leerders gaan gedurende die week van 15 Augustus aan n verpligte spelkompetisie deelneem. Inskrywingsgeld beloop R5 per leerder. Pryse word toegeken aan die wenner van elke klasgroep.

PRESTASIEBLAD FOTOSESSIE:

Ouers word gevra om op Woensdag, 10 Augustus leerders wat hierdie jaar provinsiale/nasionale kleure verwerf het, hulle Provinsiale klere (Sweetpak/baadjie/das/trui ens.) saam te bring skool toe sodat ons hulle kan afneem vir die Prestasieblad van ons skool.

SPORTSOORT:

NAME VAN LEERDERS:

Vrystaat Netbal:

Elana, Miandi, Jomari en Michela

Gymkana:

Miandi

Wildeklawer Rugby:

Wikus, Wynand en Vuyani

GW-rugby:

Smittie en Vuyani

Vrystaat Atletiek:

Miandi, Wikus en Wessel

Vrystaat Tweekamp:

Ninke, Jomari, JC en CJ

Noordkaap Hengel:

Lean

Vrystaat Skaak:

Rian en Johandr

Suid-Vrystaat Tennis:

Michela en Jomari

Noordkaap Volkspele:

Nicolene

Koreaanse Krygskuns:

CJ

Kumon Wiskunde:

Anica

+ Enige ander leerder wat ons dalk nie hier noem nie, of waarvan ons nie weet nie!

LEERDERDEELNAME:

TENNIS:

Baie geluk aan ons 8 seuns tennisspelers wat hulle wedstryde teen Luckhoff met 20 4 gewen het.

Die volgende seuns tennisspanne speel op Woensdag, 10 Augustus teen Hopetown op ons bane:

0/9, 0/11A en B en 0/13 (ses spelers) (0/11A en B speel by HLS)

Wedstryde begin om 14:30 Spelers moet die volgende bring:

0/9 en 0/11A: 2L koeldrank

0/11B en 0/13: Groot pak chips

SV TENNIS:

Baie geluk aan Jomari Lbbe wat opgetrek is na die 0/14B Suid-Vrystaat tennisspan en Michela Steenkamp wat opgeskuif het na die A-span. Die A-span speel op 13 Augustus n Interprovinsiale kompetisie in Welkom en die B-span in Bethlehem.

GIMNASTIEK:

Sterkte aan ons gimnaste wat op Saterdag, 6 Augustus aan die Suid-Vrystaat Gimnastiekkampioenskappe deelneem.

XHARIEP KRIEKETPROEWE:

Sterkte aan die genomineerde 0/11 en 0/13 krieketspelers wat op Donderdag, 11 Augustus 2016 vanaf 11:00 aan die Xhariep Krieketproewe op Koffiefontein gaan deelneem.

SKAAK:

Geluk aan ons 6 skaakspelers wat 9 0 teen Luckhoff gewen het.

Sekere spelers word aangewys om op Donderdag, 11 Augustus teen Kimberley Junior te gaan skaak speel. Relings sal reeds met hulle getref.

SKIET:

Baie sterkte aan CJ Oertel wat vir die Vrystaat skietspan vanaf 11 tot 13 Augustus aan die Nasionale Kampioenskappe op Barberton gaan deelneem. Hy gaan aan twee afdelings deelneem: .22 en Jaggeweer.

KOREAANSE KRYGSKUNS:

Baie geluk aan CJ Marx wat in die Nasionale Koreaanse Krygskuns Ontwikkelingspan opgeneem is en later vanjaar aan n Internasionale Kampioenskappe gaan deelneem. Ons is baie trots op jou CJ!

KUMON WISKUNDE:

Baie geluk aan Anica Ueckermann wat in graad 5 as wenner van die Kumon Wiskundekompetisie in Suider-Afrika aangewys is.

ALGEMEEN:

KOEKIEVERKOPING:

Baie dankie vir al die Gr. 5-mammas wat lekker eetgoed gestuur het met hulle koekieverkoping. n Pragtige bedrag van R2 774.00 is ingesamel.

.

PW Tait

SKOOLHOOF

AFSKEURSTROKIE: OUERVERGADERING 10 /8 OM 17:30

OUER SE NAAM EN VAN: __________________________________

WIL GRAAG DIE VOLGENDE PUNT/E OP DIE AGENDAG PLAAS:

_________________________________________________________

_________________________________________________________

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

(Ouers moet self hulle punte aan die vergadering voorl)

AFSKEURSTROKIE: KUNSWEDSTRYD: TROMPSBURG

(12 & 13 September)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN LEERDER: __________________________________

GRAAD VAN LEERDER: ________

WIL GRAAG VIR DIE KUNSWEDSTRYD TE TROMPSBURG INSKRYF.

ONS AS OUERS SAL SELF ONS KIND NA TROMPSBURG VERVOER EN ONDERNEEM OM ALLE VOORWAARDES VIR DIE KOMPETISIE NA TE KOM.

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

INSKRYWINGSGELD: R15

SLUITINGSDATUM: VRYDAG, 19 AUGUSTUS

GEBEDSLYS:

Wilma Appelgryn (moeder)

Jessica en Pieter Erasmus (ouma oorlede)

Gerhard Maritz (skoonpa)

Willandie Swartz (operasie)

Monica van der Merwe (moeder oorlede)

Petri en Mia Schoeman

KOOP JOU LOSLITPLAKKER BY DIE BOEKSTOOR

@ R10 ELK

AFSKEURSTROKIE: WAARDEGEDREWE SKOLE (23 AUG)

OUER SE NAAM EN VAN: __________________________________

WIL GRAAG DIE WAARDEGEDREWE SKOLE SE PRAATJIE BYWOON.

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

KONTAKNOMMER: __________________________