jacobsdal primêre skool en 15.docx  · web viewdit word maandeliks afbetaal. indien u ‘n...

9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 13 - 20 Februarie 2015 OUERS: SKOOLGELD: Ouers moet asseblief onthou dat skoolgeld vir die hele jaar aan die begin van die jaar op u rekening geplaas word. Dit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde aan die proses is vir u rekening. INTERSKOLE GALA: ‘n Baie groot dankie aan ons ouers wat as beamptes by die Interskole Gala opgetree het. Ons Ouervereniging en hulle helpers het baie hard gewerk om heerlike verversings te verskaf. Ons weet julle het baie warm gekry! Wees verseker dat ons groot waardering vir julle opoffering het. PANNARDAG: Baie dankie aan ons Ouervereniginglede wat baie hard met die Pannardag gewerk het om fondse vir ons skool in te samel. Dankie aan ouers wat vinnig op ons nood-SMS reageer het en daar gaan help het. Ons waardeer julle positiewe gesindheid en is dankbaar vir ouers wat altyd bereid is om te help. (Ons hoop dit is so aansteeklik soos Waterpokkies!) JNA PRESTASIE: [FOTO} Baie geluk aan die graad 6-leerders van 2014 en hulle leerkragte wat ‘n silwer toekenning ontvang het vir Wiskunde en Afrikaans (Jaarlikse Nasionale Assessering). Ons skool was onder die top 50 skole in die Vrystaat. Ons is trots op julle! BEHEERLIGGAAMVERKIESING: Kennis geskied hiermee van die Beheerliggaamverkiesing wat op Vrydag, 13 Maart om 12:00 plaasvind. Nominasievorms is by die kantoor beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die genomineerde ook die vorm moet invul en teken. ‘n Ouerkieslys is in die voorportaal beskikbaar. Ouers kan kontroleer of hulle besonderhede korrek is. 15% van ons ouers moet stem om die verkiesing amptelik te maak. Graad R-ouers neem ook aan die verkiesing deel. GRAAD 7 CD: ‘n Graad 7 Soetdoring kamp-CD is beskikbaar @ R20 elk. Vul die afskeur- strokie in en stuur op Maandag, 16 Februarie terug na die klasonderwysers. Kontant met bestelling asseblief. SMS-STELSEL: [AFSKEURSTROKIE] Daar is nog heelwat ouers wat nog nie by die SMS-stelsel van die skool aangesluit het nie. Dit is verpligtend vir al ons ouers om aan te sluit. Dit kos maar net R60 per selfoonnommer vir die hele jaar se sms’e. Dit is uiters noodsaaklik dat ons ‘n stelsel het waarmee ons dringend kontak met ons ouers kan maak. Stel ons kantoor dadelik in kennis indien u selfoonnommer verander. Ouers wat nog nie die strokie ingevul het nie, moet dit asseblief so gou as moontlik doen en die R60 by die klasonderwysers inbetaal. Aansluiting moet voor Vrydag, 27 Februarie afgehandel wees. Ons moedig ouers van graad R-leerders aan om ook by die stelsel aan te sluit. KOSHUIS: Ouers kan van die volgende kennis neem:

Upload: others

Post on 10-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewDit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 5 13 - 20 Februarie 2015OUERS:SKOOLGELD:Ouers moet asseblief onthou dat skoolgeld vir die hele jaar aan diebegin van die jaar op u rekening geplaas word. Dit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde aan die proses is vir u rekening.

INTERSKOLE GALA:‘n Baie groot dankie aan ons ouers wat as beamptes by die Interskole Gala opgetree het. Ons Ouervereniging en hulle helpers het baie hard gewerk om heerlike verversings te verskaf. Ons weet julle het baie warm gekry! Wees verseker dat ons groot waardering vir julle opoffering het.

PANNARDAG:Baie dankie aan ons Ouervereniginglede wat baie hard met die Pannardag gewerk het om fondse vir ons skool in te samel. Dankie aan ouers wat vinnig op ons nood-SMS reageer het en daar gaan help het. Ons waardeer julle positiewe gesindheid en is dankbaar vir ouers wat altyd bereid is om te help. (Ons hoop dit is so aansteeklik soos Waterpokkies!)

JNA PRESTASIE: [FOTO}Baie geluk aan die graad 6-leerders van 2014 en hulle leerkragte wat ‘n silwer toekenning ontvang het vir Wiskunde en Afrikaans (Jaarlikse Nasionale Assessering). Ons skool was onder die top 50 skole in die Vrystaat. Ons is trots op julle!

BEHEERLIGGAAMVERKIESING:Kennis geskied hiermee van die Beheerliggaamverkiesing wat opVrydag, 13 Maart om 12:00 plaasvind. Nominasievorms is by die kantoor beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die genomineerde ook die vorm moet invul en teken. ‘n Ouerkieslys is in die voorportaal beskikbaar. Ouers kan kontroleer of hulle besonderhede korrek is.15% van ons ouers moet stem om die verkiesing amptelik te maak. Graad R-ouers neem ook aan die verkiesing deel.

GRAAD 7 CD:‘n Graad 7 Soetdoring kamp-CD is beskikbaar @ R20 elk. Vul die afskeur-

strokie in en stuur op Maandag, 16 Februarie terug na die klasonderwysers. Kontant met bestelling asseblief.

SMS-STELSEL: [AFSKEURSTROKIE]Daar is nog heelwat ouers wat nog nie by die SMS-stelsel van die skool aangesluit het nie. Dit is verpligtend vir al ons ouers om aan te sluit. Dit kos maar net R60 per selfoonnommer vir die hele jaar se sms’e. Dit is uiters noodsaaklik dat ons ‘n stelsel het waarmee ons dringend kontak met ons ouers kan maak. Stel ons kantoor dadelik in kennis indien u selfoonnommer verander.Ouers wat nog nie die strokie ingevul het nie, moet dit asseblief so gou as moontlik doen en die R60 by die klasonderwysers inbetaal. Aansluiting moet voor Vrydag, 27 Februarie afgehandel wees. Ons moedig ouers van graad R-leerders aan om ook by die stelsel aan te sluit.

KOSHUIS:Ouers kan van die volgende kennis neem:

Leerders kan water koshuis toe bring en dit in die koshuis se yskaste verkoel.

Stuur asseblief ook in hierdie warm tye vir u kind iets soos Energade of ‘n alternatiewe produk wat elektroliete/soute terugplaas. Die personeel vind dat koshuiskinders energieloos is en gevolglik kom naarheid voor.

SOKKIE:Baie dankie aan die graad 7-leerders en hulle ouers wat bydraes gemaak het om van die Sokkie ‘n groot sukses te maak. Dit word baie waardeer!

LEERDERDEELNAME:FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS:Baie sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 14 Februarie aan die Fichardtpark Atletiekbyeenkoms gaan deelneem. Atlete ontvang hulle hempies voor die tyd en moet dit sommer hou vir deelname aan die Motheo/Xhariep Kampioenskappe. Programme is aan atlete verskaf. Atlete moet asseblief ‘n halfuur voor deelname by mnr Alfred op die paviljoen aanmeld sodat julle kan gaan opwarm.

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE: [AFSKEURSTROKIE]Sterkte aan ons swemspan wat op Dinsdag, 17 en Woensdag, 18 Februarie aan die Vrystaat Swemkampioenskappe gaan deelneem. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om die vervoerreëlings van hulle kinders te

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewDit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde

bevestig. Stuur dit asseblief op Maandag, 16 Februarie terug na die klasonderwysers. Swemmers betaal nie toegangsgelde by die hekke nie. Die volgende twee persone sal as spanbestuurders optree:Lanie Steenkamp: 0836333316Adelé Lübbe: 0824626146Elke swemmer het ‘n program ontvang.

NETBAL:Die netbaltoergroep oefen volgende week op Dinsdag en Donderdag om 15:00 tot 16:00.

KLUBSWEM:Geen klubswem op Dinsdag, 17 en Woensdag, 18 Februarie as gevolg van die Vrystaat kampioenskappe wat op daardie twee dae plaasvind.

NAUTILUS:Leerders van graad 4 – 7 wat vir die eerste Nautiluskompetisie van 7 Maart in Bloemfontein wil inskryf, kan vanaf Maandag, 16 Februarie hulle inskrywingsgeld van R150 by die finansiële kantoor inbetaal. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 27 Februarie 2015

BYBELVASVRA:Graad 5 – 7 leerders wat hierdie jaar wil probeer om in die Bybelvasvraspan te kom, kan solank die volgende skrifgedeeltes leer: Eksodus 1, 2 en 3. Die kwalifiserende toets vind op Woensdag, 25 Februarie vanaf 17:10 tot 17:30 in die graad 2-klas plaas.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

“MIND MOVES” WERKSWINKEL 25 – 27 FEBRUARIEOuers wat belangstel om die Mind Moves Werkswinkel by te woon

GEBEDSLYS:Van der Walt familie ( Miranda en Clivé

– moeder/ouma oorlede)Juffrou Rina van Zyl (knie-operasie)

Abré Strauss (oogoperasie)Drikus van Rooyen (pa in hospitaal)

JAKKIES OPWAARTS SENTRUM:

(Op die terrein van die Ou Skool)

Ons begin volgende week tuin maak by die sentrum.

As ouers die volgende vir ons kan skenk, sal ons dit vreeslik waardeer:

Vetplante, bolle, knolle, steggies, LM gras,

enige soort boom, ‘n vrag mis en ‘n vrag rooi grond.Is ‘n borg van Jacobsdal Primêre Skool

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewDit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde

kan die volgende afskeurstrokie invul:

Volledige inligting is by die nuusbrief ingesluit.

AFSKEURSTROKIE: VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN SWEMMER: ______________________________

NEEM SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

AFSKEURSTROKIE: SOETDORING FOTO-CD

Ouers se naam en van: ____________________________

Leerder se naam en van: ____________________________

Ek wil graag _____ (aantal) Soetdoring foto-CD’s bestel @ R20 elk.

Bedrag ingesluit: R _____

Handtekening: _______________________

Kontaknommer: ______________________

TE KOOP: Ou Rugbytruie R50 per trui.

Navrae: Mnr Alfred Hodgson

AFSKEURSTROKIE: “MIND MOVES” 25 – 27 FEBRUARIE

EK: ___________________________________________ WIL GRAAG VIR

DIE “MIND MOVES” WERKSWINKEL INSKRYF.

KONTAKNOMMER: _________________________

EPOS ADRES: _______________________________________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewDit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde

AFSKEURSTROKIE: SMS-STELSEL

AANSLUITING BY SMS-STELSEL VIR 2015:

OF

(Merk asb. jou keuse met ‘n X)

U KINDERS IN ONS SKOOL SE NAAM, VAN EN GRAAD:

____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

(Elke leerder in die gesin se naam en graad word aan die selfoonnommer gekoppel)

SELFOONNOMMER: 1 (Gewoonlik Mamma!)

NAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: _______________________

SELFOONNOMMER: 2 (Gewoonlik Pappa!)

NAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: ________________________

NB: Ouers wat verlede jaar op die stelsel was, moet weer vir 2015 registreer en betaal.

Graad R-leerders moet asb. ook by die stelsel inskakel.Indien u wil “reply” op ‘n skool-sms is u welkom.

Dit kom as ‘n epos na die skool toe terug.

AFSKEURSTROKIE: VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN SWEMMER: ______________________________

NEEM SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

1 X Selfoonnommer :R60 per jaar

(gewoonlik ma se nr.)

2 X Selfoonnommers: R120 per jaar

(gewoonlik pa se nr.)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewDit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewDit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde

Jacobsdal Primêre SkoolGRAAD 6 ONDERWYSPOS

Vakke:

AFRIKAANS, ENGELS, NATUURWETENSKAP & TEGNOLOGIE,

SOSIALE WETENSKAPPE EN LEWENSVAARDIGHEDE

Aanvangsdatum:13 APRIL 2015

Salaris:

R10 000,00 PER MAAND

Sluitingsdatum vir aansoeke:VRYDAG, 27 FEBRUARIE 2015

Rig volledige CV en aansoekbrief aan die Beheerliggaam

en stuur na:[email protected]: 053 5910103

Posbus 107 Jacobsdal 8710Navrae: Mnr PW Tait

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewDit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde

053 5910039053 5910039

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewDit word maandeliks afbetaal. Indien u ‘n paaiement mis, word die totale bedrag na 90 dae aan die prokureurs oorhandig. Kostes verbonde