jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewleerders word herinner aan die muntlegging wat...

3
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 8 7 – 14 MAART 2014 OUERS: SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Daar vind ‘n toervergadering vir alle ouers op Maandag, 10 Maart om 7:30 in die skoolsaal plaas. Belangrike inligting word met hierdie geleentheid aan ouers deurgegee. Elke toerlid het ‘n mediese vraelys asook ‘n aktiwiteitslys vir ouers ontvang wat op Maandag, 10 Maart ingehandig moet word. Op versoek van ouers kan toerlede hulle borgvorms op Vrydag, 14 Maart om 8:00 by mnr Wilco kom inhandig. Borggelde word by tannie Marietjie inbetaal. Toerlede se toergeld moet op Maandag, 17 Maart inbetaal wees. VISVANGKOMPETISIE: Baie dankie aan al die ouers en leerders wat die visvangkompetisie ondersteun het. Baie dankie aan die volgende donateurs wat pryse geskenk het: Eunis vd Merwe Schimper v Niekerk PANNAR Bayagro Sentraal Kosie en René Smith Wild FlY Angling Kimberley John Klemp Angling Kby Monsanto Sakkie v Vuuren Diamond Angling Kimberley Midas Kimberley Promosie artikels Albertus Vermeulen GWK Modderrivier Provan Drankwinkel QTS Kimberley Oppi Hoeki Slaghuis BKB Jacobsdal Itau Meule Jacobsdal Slaghuis Leerders wie se visvangkaartjies nog uitstaande is, moet dit op Maandag, 10 Maart terughandig by die klasonderwysers. Indien die kind dit laat wegraak het, word R420 op ouers se skoolrekening geplaas. Sien nuusbrief 39 van 2013. GRAAD 7 CD: ‘n Graad 7 Soetdoring kamp-CD is beskikbaar @ R20 elk. Vul die afskeur- strokie in en stuur op Maandag, 10 Maart terug na die klasonderwysers. Kontant met bestelling asseblief. KOSHUIS: Baie baie dankie aan die volgende persone wat skenkings aan die koshuis gemaak het: Helicia Delport: Eiers Sané Wilken se ouers: Pampoene Adéle Lübbe: Uie en “butternuts” Christo du Toit: Waatlemoene Die koshuis waardeer dit ongelooflik baie! LEERDERDEELNAME: ATLETIEK: Baie sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 8 Maart aan die Vrystaat Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem. TENNIS: Die 0/11A dogterstennisspan het elkeen ‘n inligtingstuk ontvang vir die Truida Kestell Tennistoernooi. INTERSKOLE SPORTDAG TEEN DE AAR: [AFSKEURSTROKIE] ‘n Program vir Vrydag, 14 Maart se wedstryde is by die nuusbrief ingesluit. Die 0/9 rugby- en netbalspanne speel hulle wedstryde om 13:00 by die Junior skooltjie van De Aar. Ouers van rugby- en netbalspelers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 10 Maart na die klasonderwysers terugstuur. Busgeld van

Upload: vuonghanh

Post on 14-Mar-2019

215 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewLeerders word herinner aan die muntlegging wat op Maandag, 10 Maart vir Kanker gehou word. Bring asseblief ‘n donasie om hulle

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 8 7 – 14 MAART 2014OUERS:SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER:Daar vind ‘n toervergadering vir alle ouers op Maandag, 10 Maart om 7:30 in die skoolsaal plaas. Belangrike inligting word met hierdie geleentheid aan ouers deurgegee. Elke toerlid het ‘n mediese vraelys asook ‘n aktiwiteitslys vir ouers ontvang wat op Maandag, 10 Maart ingehandig moet word. Op versoek van ouers kan toerlede hulle borgvorms op Vrydag, 14 Maart om 8:00 by mnr Wilco kom inhandig. Borggelde word by tannie Marietjie inbetaal. Toerlede se toergeld moet op Maandag, 17 Maart inbetaal wees.

VISVANGKOMPETISIE:Baie dankie aan al die ouers en leerders wat die visvangkompetisie ondersteun het. Baie dankie aan die volgende donateurs wat pryse geskenk het:

Eunis vd Merwe Schimper v Niekerk PANNAR Bayagro Sentraal

Kosie en René Smith

Wild FlY AnglingKimberley

John Klemp Angling Kby Monsanto

Sakkie v Vuuren Diamond Angling Kimberley Midas Kimberley Promosie artikels

Albertus Vermeulen

GWK Modderrivier

Provan Drankwinkel QTS Kimberley

Oppi Hoeki Slaghuis BKB Jacobsdal Itau Meule Jacobsdal

Slaghuis

Leerders wie se visvangkaartjies nog uitstaande is, moet dit op Maandag, 10 Maart terughandig by die klasonderwysers. Indien die kind dit laat wegraak het, word R420 op ouers se skoolrekening geplaas. Sien nuusbrief 39 van 2013.

GRAAD 7 CD:‘n Graad 7 Soetdoring kamp-CD is beskikbaar @ R20 elk. Vul die afskeur-strokie in en stuur op Maandag, 10 Maart terug na die klasonderwysers. Kontant met bestelling asseblief.

KOSHUIS:Baie baie dankie aan die volgende persone wat skenkings aan die koshuis gemaak het:

Helicia Delport: EiersSané Wilken se ouers: PampoeneAdéle Lübbe: Uie en “butternuts”Christo du Toit: WaatlemoeneDie koshuis waardeer dit ongelooflik baie!

LEERDERDEELNAME:ATLETIEK:Baie sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 8 Maart aan die Vrystaat Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem.

TENNIS:Die 0/11A dogterstennisspan het elkeen ‘n inligtingstuk ontvang vir die Truida Kestell Tennistoernooi.

INTERSKOLE SPORTDAG TEEN DE AAR: [AFSKEURSTROKIE]‘n Program vir Vrydag, 14 Maart se wedstryde is by die nuusbrief ingesluit. Die 0/9 rugby- en netbalspanne speel hulle wedstryde om 13:00 by die Junior skooltjie van De Aar. Ouers van rugby- en netbalspelers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 10 Maart na die klasonderwysers terugstuur. Busgeld van R60 is vooraf betaalbaar en die spelers sal op Vrydag, 14 Maart om 10:00 vanaf die skool vertrek. Die res van die skool sal dan ook verdaag.

GIMNASTIEK:Die SAGF registrasiefooi van R500 moet voor of op 14 Maart betaal wees. Geen laat betalings sal aanvaar word nie.

LAPESA TENNIS:Lapesagelde vir Maart beloop R210 en is vooruitbetaalbaar vir elke maand.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die graad 2-ouers wat heerlike eetgoed en kontant gestuur het. Die klas het ‘n fantasiese bedrag van R2 055,15 ingesamel!

SPORTORGANISEERDER:Ouers wat met die Sportorganiseerder, Wilco van der Merwe, wil kommunikeer kan hom skakel by: 0727668893 of vir hom ‘n epos stuur na [email protected].

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewLeerders word herinner aan die muntlegging wat op Maandag, 10 Maart vir Kanker gehou word. Bring asseblief ‘n donasie om hulle

KANKER MUNTLEGGING:Leerders word herinner aan die muntlegging wat op Maandag, 10 Maart vir Kanker gehou word. Bring asseblief ‘n donasie om hulle te ondersteun. Kankerliggies en-plakkers @ R20 en R10 by Kammaland en Candy Cave te koop.

KAMMALAND:Resepteboeke by Kammaland beskikbaar @ R230 elk.

…………………. Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Delene Da Camara en gesin (pa oorlede)Coert Meades

Lappies LabuschagneFelicity VorsterStephan Botes

McLachlan-gesin (afsterwe van oumagrootjie)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewLeerders word herinner aan die muntlegging wat op Maandag, 10 Maart vir Kanker gehou word. Bring asseblief ‘n donasie om hulle

AFSKEURSTROKIE: INTERSKOLE TEEN DE AAR 14 Maart

Ouers se naam en van: ____________________________

Speler se naam en van: ____________________________

Ek neem self my kind na De Aar se sportdag:

Ek kan ______ (aantal) ander spelers saam met my neem.

Ek benodig vervoer vir my kind:

Handtekening: _______________________

Kontaknommer: ______________________

(R60 busgeld is vooraf betaalbaar)

AFSKEURSTROKIE: SOETDORING FOTO CD

Ouers se naam en van: ____________________________

Leerder se naam en van: ____________________________

Ek wil graag _____ (aantal) Soetdoring foto CD’s bestel @ R20 elk.

Bedrag ingesluit: R _____

Handtekening: _______________________

Kontaknommer: ______________________