jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewdie finale kwartaalprogram en buitemuurse...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 32 12 - 19 Oktober 2018 KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge aangebring. MELODRAMA: Die Melodrama Kleedrepetisie vind op Woensdag, 17 Oktober om 18:30 plaas. Toegang is R20 en kaartjies is by die deure beskikbaar. Ons groot Melodrama Konsert vind op Donderdag, 18 Oktober om 18:30 plaas. Kaartjies kos R100 per persoon (per sitplek) en dit sluit ‘n ete in. Besprekings word by Maritza gedoen. Kom ondersteun ons, dit gaan groot pret wees!! REDENAARS: UITSLAE VAN FINALE: PLEK : GRONDSLAGFASE: GRAAD 4 & 5: GRAAD 6 & 7: 1ste Luhan v d Linden Mariet du Plessis Anica Ueckermann 2de Ella du Toit Luther Bruwer Brinkie Bruwer 3de Andreas Schutte Izeldi Jacobs Marizanne Jacobs BAIE GELUK!! INSIDENTESTATISTIEK: Ouers moet asseblief kennis neem van die insidentestatistiek wat by die nuusbrief ingesluit is. KONTROLE VAN HANDBOEKE: Leerders se handboeke word deur leerkragte gekontroleer. Let wel: Indien leerders hulle handboeke verniel of beskadig het, sal ouers ‘n rekening ontvang om daardie boek/boeke te vervang. KLEREWINKEL: [BESTELVORM] Ouers het die geleentheid om vir dogters groen “ski- pants” te bestel wat hulle onder hulle rokkies aantrek. Dit is in die volgende nommers beskikbaar en kos R60 elk. Nr 22, 24, 26, 28, 30, 32, 34 Vul asseblief die bestelvormpie in en stuur met die korrekte bedrag na die klasonderwysers. Sperdatum vir bestelling: Maandag, 22 Oktober LEERDERDEELNAME: ATLETIEKOEFENING DONDERDAG: Alle atlete, baan- en velditems, oefen op Donderdag, 18 Oktober almal saam van 16:00 tot 17:00. KRIEKET: Ons 0/13 span verloor met 9 paaltjies teen Hartswater in die Pro-20 liga. Die 0/13 krieketspan speel op Donderdag,18 Oktober om 14:30 ‘n Pro-20 krieketwedstryd teen Kimberley Junior. Spelers kan om 13:15 verdaag. Die bus vertrek om 13:30 en R30 busgeld is vooraf betaalbaar. TENNIS: Baie sterkte aan die tennisspelers wat die naweek aan die Novals Tennistoernooi op De Aar deelneem. Mnr Tait vergesel hulle.

Upload: vuongtruc

Post on 19-Oct-2018

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by . die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge ... sal ouers ‘n rekening

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 32 12 - 19 Oktober 2018KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge aangebring.

MELODRAMA:Die Melodrama Kleedrepetisie vind op Woensdag, 17 Oktober om 18:30 plaas. Toegang is R20 en kaartjies is by die deure beskikbaar.Ons groot Melodrama Konsert vind op Donderdag, 18 Oktober om 18:30 plaas. Kaartjies kos R100 per persoon (per sitplek) en dit sluit ‘n ete in. Besprekings word by Maritza gedoen.Kom ondersteun ons, dit gaan groot pret wees!!

REDENAARS:UITSLAE VAN FINALE:

PLEK:

GRONDSLAGFASE: GRAAD 4 & 5: GRAAD 6 & 7:

1ste Luhan v d Linden Mariet du Plessis Anica Ueckermann2de Ella du Toit Luther Bruwer Brinkie Bruwer3de Andreas Schutte Izeldi Jacobs Marizanne Jacobs

BAIE GELUK!!

INSIDENTESTATISTIEK:Ouers moet asseblief kennis neem van die insidentestatistiek wat by die nuusbrief ingesluit is.

KONTROLE VAN HANDBOEKE: Leerders se handboeke word deur leerkragte gekontroleer. Let wel: Indien leerders hulle handboeke verniel of beskadig het, sal ouers ‘n rekening ontvang om daardie boek/boeke te vervang. KLEREWINKEL: [BESTELVORM]Ouers het die geleentheid om vir dogters groen “ski-pants” te bestel wat hulle onder hulle rokkies aantrek. Dit is in die volgende nommers beskikbaar en kos R60 elk.Nr 22, 24, 26, 28, 30, 32, 34 Vul asseblief die bestelvormpie in en stuur met die korrekte bedrag na die klasonderwysers.Sperdatum vir bestelling: Maandag, 22 Oktober

LEERDERDEELNAME:ATLETIEKOEFENING DONDERDAG:Alle atlete, baan- en velditems, oefen op Donderdag, 18 Oktober almal saam van 16:00 tot 17:00.

KRIEKET: Ons 0/13 span verloor met 9 paaltjies teen Hartswater in die Pro-20 liga.Die 0/13 krieketspan speel op Donderdag,18 Oktober om 14:30 ‘n Pro-20 krieketwedstryd teen Kimberley Junior. Spelers kan om 13:15 verdaag. Die bus vertrek om 13:30 en R30 busgeld is vooraf betaalbaar.

TENNIS: Baie sterkte aan die tennisspelers wat die naweek aan die Novals Tennistoernooi op De Aar deelneem. Mnr Tait vergesel hulle.

Ouers wat hulle kinders vir die Karoobokkie Tennistoernooi op 26 en 27 Oktober by Hopetown wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 15 Oktober na die klasonderwysers terugstuur. (Adéle wil net weet wie almal gaan speel!) Hierdie toernooi is ook vir kinders wat nog leer om tennis te speel en ‘n tellinghouer word vir elke baan voorsien.Ouers moet die aangehegte inskrywingsvorm invul en saam met bewys van betaling self epos na [email protected] of faks na 053 203 0093.Sluitingsdatum vir inskrywings: 24 Oktober.

TWEEKAMP:Baie geluk aan Christiaan Wilkinson wat ‘n vyfde plek en Elri de Waal wat ‘n sesde plek behaal het met die afgelope Interprovinsiale tweekampbyeenkoms in Bloemfontein.

ATLETIEK: [AFSKEURSTROKIES]Atlete wat vir die Newton atletiekbyeenkoms op Woensdag, 17 Oktober om 16:00 wil inskryf, moet op Maandag, 15 Oktober hulle afskeurstrokies by die klasonderwysers inhandig. Geen inskrywings sal ná Maandag gedoen word nie! ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit en deelname is gratis. Atlete neem in volgende jaar se ouderdomsgroep deel.Atlete wat aan die Jim Fouché atletiekbyeenkoms op Saterdag, 27 Oktober wil deelneem, moet op Maandag, 15 Oktober hulle afskeurstrokies, saam met inskrywingsgeld van R20, by die klasonderwysers inhandig. Ouers neem self hulle kinders na hierdie byeenkoms. ‘n Program word by

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by . die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge ... sal ouers ‘n rekening

die nuusbrief ingesluit. Geen inskrywings sal ná Maandag gedoen word nie! Atlete neem in volgende jaar se ouderdomsgroep deel.

SWEM:Sterkte aan die swemmers wat Saterdag aan die eerste “Age group” swemgala deelneem.

SKAAK:Sterkte aan Rian Steenkamp wat op 12 en 13 Oktober aan ‘n Kwalifiserende Skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem.

UNISA MUSIEKTEORIE:Baie sterkte aan Marlien Smith, Anica Ueckermann en Carla Meintjes wat volgende week hulle UNISA musiekeksamens aflê. (Teorie)

SKIET:Baie geluk aan die volgende twee leerders wat vir die Vrystaat Geweerspan gekies is en volgende jaar aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem:CJ Oertel (0/14): Hy behaal ook ‘n algehele eerste plek op Provinsiale vlak in sy ouderdomsgroep.Zanté Oertel: Sy is die enigste dogter wat in die 0/14-afdeling kwalifiseer vir die Vrystaatspan.Trots op julle twee!Leané du Toit het met haar deelname aan SANSU 2018 ‘n goue medalje losgeskiet in die 10m staan-afdeling vir dogters 0/14. Baie geluk Leané!

‘MARTIAL ARTS”:Twee van ons leerders het in die vakansie aan die Nasionale kampioenskappe deelgeneem en as volg presteer:Matthew de Wet (0/10 - 0/11): Finalis in “point” en “continuous fighting”SW Engelbrecht (0/8 - 0/9): Finalis in “point fighting” en derde plek in “light Contact fighting”Baie geluk!

ALGEMEEN:JOS ROOMYSVERKOPING:Jakkies Opwaarts Sentrum verkoop om Maandag, 15 Oktober lekker roomys by die skool. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Karin Page (gesondheid)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by . die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge ... sal ouers ‘n rekening

GEBEDSLYS:

Karin Page (gesondheid)

AFSKEURSTROKIE: KAROOBOKKIE TENNISTOERNOOI (26 & 27 Oktober)

OUER: __________________________________

SPELER/S: ______________________________________________

MY KIND/ERS GAAN AAN DIE KAROOBOKKIE TENNISTOERNOOI OP HOPETOWN DEELNEEM HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

(OUERS NEEM SPELERS SELF NA DIE TOERNOOI)

BESTELVORM: “SKI-PANTS” VIR DOGTERS

OUER: _________________________________________

DOGTER: ______________________________ GR.: ______

WIL GRAAG _____ [AANTAL] “SKI-PANTS” BESTEL, NR.: _______

INGESLUIT DIE TOTALE BEDRAG VAN: R _________

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

AFSKEURSTROKIE: ATLETIEKBYEENKOMS TE NEWTON (Woensdag, 17 Oktober)

OUER: _________________________________________

ATLEET: ______________________________ 0/ ______

WIL GRAAG VIR DIE NEWTON ATLETIEKBYEENKOMS INSKRYF.

AFSKEURSTROKIE: JIM FOUCHÉ ATLETIEKBYEENKOMS (Saterdag, 27 Oktober)

OUER: _________________________________________

ATLEET: ______________________________ 0/ ______

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by . die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge ... sal ouers ‘n rekening

AFSKEURSTROKIE: ATLETIEKBYEENKOMS TE NEWTON (Woensdag, 17 Oktober)

OUER: _________________________________________

ATLEET: ______________________________ 0/ ______

WIL GRAAG VIR DIE NEWTON ATLETIEKBYEENKOMS INSKRYF.

AFSKEURSTROKIE: JIM FOUCHÉ ATLETIEKBYEENKOMS (Saterdag, 27 Oktober)

OUER: _________________________________________

ATLEET: ______________________________ 0/ ______

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by . die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge ... sal ouers ‘n rekening
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by . die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge ... sal ouers ‘n rekening

deur

Jakkies opwaarts sentrumKom bederf jouself en raak ontslae van die hitte !!!

Maandag 15 Oktober 2018

RoomysRoomys verkopingverkoping

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by . die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge ... sal ouers ‘n rekening

tydens 1ste pouse Roomys op ‘n stokkie @ R15 of R20 per roomys van jou keuse !!!

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by . die nuusbrief ingesluit. Daar is veranderinge ... sal ouers ‘n rekening