jacobsdal primêre skool en 15.docx  · web viewouers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 23 - 30 Januarie 2015 OUERS: KWYTSKELDING: Ouers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. Vorms moet ingevul word en dokumente word vir hierdie aansoek benodig. Alle besonderhede is by die finansiële kantoor beskikbaar. Alle ouers wat reeds verlede jaar kwytskelding gekry het, moet weer vanjaar heraansoek doen. LEERDERS – NA SKOOL: Ouers moet asseblief hulle kinders dadelik na skool kom haal indien dit vir u moontlik is, of reëlings tref daaromtrent. Ons wil nie hê leerders moet sonder toesig op die terrein rond dwaal/speel nie. Let wel: Laerskoolleerders mag nie by Kammaland Kleuterskool vir hulle ouers wag nie. OUERS BY SPORTOEFENINGE: Ons wil, soos in die verlede, ‘n beroep doen op ouers om nie tydens hulle kinders se sportoefeninge in die middae teenwoordig te wees nie. Die afrigters sukkel om kinders se aandag te hou en u teenwoordigheid plaas hulle in ‘n moeilike posisie. Dit geld by sporte soos swem, gimnastiek, atletiek, netbal, rugby ens. Geen ander ouers,afrigters of kinders mag in die swembadterrein of swembad wees as skool- of kluboefening plaasvind nie. WISKUNDEKLUB: Die volgende leerders van graad 2 – 7 word by die wiskundeklub geregistreer: Die top 3 wiskundekandidate volgens 2014 se jaareindpunte. Leerders wat ‘n goeie skoolbywoningrekord het. Die wiskundeklub se tye is op die buitemuurse roosters: “LOCKERS”: In die seuns- en dogterskleedkamers is sluitkassies wat vir leerders beskikbaar is om hulle sportsakkies in toe te sluit. Hierdie “lockers” kan @ R100 elk gehuur word. Hierdie bedrag is eenmalig betaalbaar vir u kind se hele Laerskoolloopbaan. Navrae by die kantoor. OUERVERENIGING: Baie geluk en welkom aan Carla Badenhorst, Revenne Oberholzer, Suzaan Wessels, Leoni Scholtz, Joharina Botes en Dalize van der Merwe wat hulle vir die Ouerverenigingkomitee beskikbaar gestel het. Baie dankie dat julle bereid is om hierdie onbaatsugtige werk te verrig. Hierdie ses persone het ‘n groot taak voor hulle en het regtig die hulp van vrywillige ouers nodig. “Moenie vra wat die skool vir my en my kind kan doen nie, vra eerder wat kan ek vir my kind en vir hierdie skool doen.” KLEREWINKEL: Daar is ‘n hele klompie splinternuwe groen sporthempies by die klerewinkel teen HALFPRYS (R50 ELK!) beskikbaar. Dit is die hempies wat van ‘n ander tipe materiaal gemaak is maar ook gedra mag word. (Dit kan goed werk vir ‘n “spaar”-hempie.) “First come first serve” Epos: [email protected] [email protected] www.jakkies.com

Upload: buidieu

Post on 07-Oct-2018

218 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewOuers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. ... tum vir bestellings:

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 23 - 30 Januarie 2015

OUERS:KWYTSKELDING:Ouers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. Vorms moet ingevul word en dokumente word vir hierdie aansoek benodig. Alle besonderhede is by die finansiële kantoor beskikbaar. Alle ouers wat reeds verlede jaar kwytskelding gekry het, moet weer vanjaar heraansoek doen.

LEERDERS – NA SKOOL: Ouers moet asseblief hulle kinders dadelik na skool kom haal indien dit vir u moontlik is, of reëlings tref daaromtrent. Ons wil nie hê leerders moet sonder toesig op die terrein rond dwaal/speel nie.Let wel: Laerskoolleerders mag nie by Kammaland Kleuterskool vir hulle ouers wag nie.

OUERS BY SPORTOEFENINGE:Ons wil, soos in die verlede, ‘n beroep doen op ouers om nie tydens hulle kinders se sportoefeninge in die middae teenwoordig te wees nie. Die afrigters sukkel om kinders se aandag te hou en u teenwoordigheid plaas hulle in ‘n moeilike posisie. Dit geld by sporte soos swem, gimnastiek, atletiek, netbal, rugby ens. Geen ander ouers,afrigters of kinders mag in die swembadterrein of swembad wees as skool- of kluboefening plaasvind nie.

WISKUNDEKLUB: Die volgende leerders van graad 2 – 7 word by die wiskundeklub geregistreer:

Die top 3 wiskundekandidate volgens 2014 se jaareindpunte. Leerders wat ‘n goeie skoolbywoningrekord het.

Die wiskundeklub se tye is op die buitemuurse roosters:

“LOCKERS”:In die seuns- en dogterskleedkamers is sluitkassies wat vir leerders

beskikbaar is om hulle sportsakkies in toe te sluit. Hierdie “lockers” kan @ R100 elk gehuur word. Hierdie bedrag is eenmalig betaalbaar vir u kind se hele Laerskoolloopbaan. Navrae by die kantoor.

OUERVERENIGING:Baie geluk en welkom aan Carla Badenhorst, Revenne Oberholzer, Suzaan Wessels, Leoni Scholtz, Joharina Botes en Dalize van der Merwe wat hulle vir die Ouerverenigingkomitee beskikbaar gestel het. Baie dankie dat julle bereid is om hierdie onbaatsugtige werk te verrig. Hierdie ses persone het ‘n groot taak voor hulle en het regtig die hulp van vrywillige ouers nodig. “Moenie vra wat die skool vir my en my kind kan doen nie, vra eerder wat kan ek vir my kind en vir hierdie skool doen.”

KLEREWINKEL:Daar is ‘n hele klompie splinternuwe groen sporthempies by die klerewinkel teen HALFPRYS (R50 ELK!) beskikbaar. Dit is die hempies wat van ‘n ander tipe materiaal gemaak is maar ook gedra mag word. (Dit kan goed werk vir ‘n “spaar”-hempie.) “First come first serve”KLEREWINKELTYE: Maandae: 7:15 – 10:15 - Vrydae: 11:30 – 13:30NB: Wintersklerebestelling: (Daar word slegs een bestelling vir 2015 geplaas)Ouers moet die volgende wintersklere vir hulle kinders bestel. Hierdie klere kan wel oor ‘n paar maande afbetaal word maar moet ten volle betaal wees voordat u kind die klere gaan ontvang. U kan met Carin ‘n skriftelike afbetalingsooreenkoms aangaan. Kostes is as volg:

1 Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)

Nr.: 22 - 32 R400,00 Nr.: 34 - 46 R450,00

2 Sweetpakbaadjie: Nr.: 22 - 32 R300,00 Nr.: 34 - 46 R350,003 Sweetpakbroek: Nr.: 22 - 32 R160,00 Nr.: 34 - 46 R200,00

Daar sal voorbeelde in die Klerewinkel beskikbaar wees vir leerders om aan te pas sodat u seker kan maak van die nommer wat u moet bestel. Maak asseblief gebruik van die afskeurstrokie om u kind se klere te bestel. Sperdatum vir bestellings: Vrydag, 27 Februarie. (Geen laat bestellings).Navrae: Carin Tait 0846739993

AFSKEURSTROKIES – NUUSBRIEF 1:Daar is heelwat ouers wat nog nie die afskeurstrokies van Nuusbrief 1 (Medisynebrief, SMS-stelsel, brildraers, dagskoliere, aflosse vir leerkragte

Epos: [email protected] [email protected] [email protected] [email protected]

www.jakkies.com

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewOuers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. ... tum vir bestellings:

ens.) teruggestuur het nie. Vul dit asseblief in en stuur dit op Maandag, 26 Januarie na die klasonderwysers.

DAGSKOLIERE: (AFSKEURSTROKIE)Dorpsouers wat in hierdie jaar hulle kinders by die koshuis gaan laat eet en studie (ongeag hoeveel keer) moet asseblief die afskeurstrokie invul sodat ons u kind daarvoor kan registreer. Die afskeurstrokie kan op Maandag, 26 Januarie na die klasonderwysers teruggestuur word.

GRAAD 7-LEIERSKAMP:Sterkte aan ons graad 7-leerders wat op Dinsdag, 27 na Soetdoring vertrek vir hulle leierskamp. Leerders moet asseblief om 9:30 by die skool wees. Hulle vertrek om 10:00.

LEERDERDEELNAME:KLEURGALA - 26 JANUARIE: Baie dankie aan al ons graad 1 mammas wat bestanddele vir die Kleurgala gestuur het. Dankie ook vir die ma’s wat met die verversings gaan help.

Die Kleurgala begin stiptelik om 13:00 en beamptes moet asseblief om 12:45 by die galaskeidsregters aanmeld. Beamptes se kleredrag: Wit toppie en navyblou broek. (So ver moontlik asseblief)‘n Beamptelys word by die nuusbrief ingesluit. Maak asseblief seker waar u werk en kontak mnr Alfred Hodgson vir enige navrae. Ons sal dit waardeer indien u ons ook met die Interskole Gala op 9 Februarie behulpsaam kan wees.Ons benodig ‘n paar Gazebo’s wat ons by die Kleurgala op die grasperk kan opslaan. Indien ouers dit vir ons kan leen, sal ons dit baie waardeer!Leerders verdaag om 12:30 en kan dan gaan eet en hulle blou/geel klere gaan aantrek. Ouers moet kennis neem dat die vier beste items van swemmers gebruik word om die swem Victor en Victrix Ludorum te bepaal. Die aantal rekords wat ‘n swemmer breek, word nie in aanmerking geneem nie. Die swemspan na die SV Swemkampioenskappe word direk ná die Kleurgala, volgens ‘n prestasie puntetabel, deur die Sportkomitee gekies.

SONE A ATLETIEK: [AFSKEURSTROKIE]Die Sone A Atletiekbyeenkoms vind op Dinsdag, 3 Februarie in

Bloemfontein plaas. Ons vra ouers om asseblief die afskeurstrokie in te vul en op Maandag, 26 Januarie terug te stuur na die klasonderwysers. Finale inskrywings word dan gedoen. R15 inskrywingsfooi per atleet is betaalbaar. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar.Daar is atlete wat nie atletiekoefening bywoon nie. Hulle maak ook nie verskoning by die afrigters nie. Ouers moet onthou dat atlete wat drie oefening sonder verskoning gemis het, uit die span gehaal kan word.

TWEEKAMP:Uitslae van die Tweekampkompetisie is op die kennisgewingbord geplaas. Slegs atlete wat bokant 1500 punte behaal het, sal vir die Suid-Vrystaat Tweekampproewe oorweeg word.

SKAAK: Baie sterkte aan Phillip, Fransien en Johandre wat die naweek aan die kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein gaan deelneem.

KOOR: [AFSKEURSTROKIE]Baie geluk aan al die leerders wat vir die Senior Skoolkoor gekies is. Ons hoop julle gaan die jaar sommer lekker saamsing. Wat ‘n voorreg om ook op hierdie gebied jou skool te verteenwoordig. Kooroefening begin op Dinsdag, 27 Januarie. Koorleerders moet elke Dinsdag en Donderdag reeds om 7:20 voor die saal aantree. Ouers van hierdie koorleerders moet asseblief kennis neem van die belangrike inligting op die afskeurstrokie. Vul asseblief die strokie in en bevestig so dat u kind homself/haarself vir die koor beskikbaar stel.Stuur asseblief die afskeurstrokie op Maandag, 26 Januarie na die klasonderwysers.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Lianca Geldenhuys (oumagrootjie oorlede)

Kobus du Toit (siek)

Is ‘n borg van Jacobsdal Primêre Skool

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewOuers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. ... tum vir bestellings:

AFSKEURSTROKIE: DAGSKOLIERE

EK (OUER): ______________________________________

WIL DIE VOLGENDE LEERDER/S AS ‘N DAGSKOLIER/E IN DIE KOSHUIS REGISTREER:

____________________________________________________________ HANDTEKENING: ________________________

DATUM: _____________

U kind moet elke jaar registreer, ongeag hoeveel keer hy/sy van die diens gebruik gaan maak.

GESOEK:

‘n Tweedehandse kitaar wat u wil verkoop,

of vir ‘n kort rukkie vir my

kan leen.

Hannelie Viljoen: 0833105744

KANON HOTEL:

Kom geniet ‘n heerlike ontbyt vanaf7:30 met ‘n gratis beker “boeretroos”

saam met elke ontbyt.

Selfsorg-eenheid by die Kanon Hotelte huur.

Twee slaapkamersKontak Lukas Steenkamp:

0828545663

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewOuers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. ... tum vir bestellings:

BESTELLING: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder:Graad van leerderNommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)Bedrag: R

Nommer van Sweetpakbaadjie:Bedrag: RNommer van Sweetpakbroek:Bedrag: R

Totale bedrag ingesluit: R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________

NB: Leerders kan met hierdie strokie na Tannie Carin toe kom as die Klerewinkel oop is, en voorbeelde kom aanpas

om seker te maak dat hulle die regte nommers bestel.

AFSKEURSTROKIE: SONE-A ATLETIEK – 3 FEBRUARIE

OUER: ____________________________________________

AFSKEURSTROKIE: SENIOR SKOOLKOOR

EK : ___________________________________

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewOuers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. ... tum vir bestellings:

AFSKEURSTROKIE: SONE-A ATLETIEK – 3 FEBRUARIE

OUER: ____________________________________________

AFSKEURSTROKIE: SENIOR SKOOLKOOR

EK : ___________________________________

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx  · Web viewOuers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. ... tum vir bestellings: