in die begin het elohiem die hemel en die aarde geskape. activity booklet_younger...ons moet elke...
TRANSCRIPT
DAG EEN In die begin het Elohiem die hemel en die aarde geskape. Genesis 1:1
DAG TWEE: Elohiem is Gees; en die wat Hom aanbid,moet in gees en waarheid aanbid. Johannes 4:24
DAY DRIE: Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ’n ander. Korintiërs 10:24
DAY VIER: Goue appels op versierde silwerborde, so is ’n woord op sy tyd gepraat. Proverbs 25:11
DAY VYF: Onthou die dag van die Shabbat, dat jy dit afsonder. Eksodus 20:8
DAY SES: Want so sê Yahweh aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!
Amos 5:4
DAY SEWE: Want geen ding sal by Elohiem onmoontlik wees nie. Lukas 1:37
DAY AGT: Ek is die Alef en die Tau, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Openbaring 22:13
BYBEL VERSIES
Probeer om elke dag van die Fees ‘n Bybel versie te leer!
YAHWEH het sewe feeste deur die jaar wat ons moet hou. Die feeste beeld YAHWEH se plan
vir die mensdom, en Sy seun Yahshua, uit. Pesag is die eerste fees wat elke nuwe jaar onderhou
moet word.
So wanneer word Pesag gehou? Die Skrif sê vir ons:
In die eerste maand, op die veertiende van die maand, tussen die aande, is die Pesag van Yahweh. Levitikus 23:5
~ Die Eerste Pesag ~
Die heel eerste Pesag het gebeur toe die Israeliete nog steeds in Egipte was. YAHWEH het elke huisgesin beveel om die bloed van ‘n lam of ‘n bok te vat en dit aan die deurposte van hulle huis te smeer. Dit was die teken vir die doodsengel om hulle huis verby te gaan sodat die eersgeborene nie sou sterf nie. YAHWEH het hulle bevel om ‘n ete van lamsvleis wat oor die vuur gebraai is, saam met
ongesuurde brood en bitter kruie te eet. Terwyl hulle geëet het moes hulle heupe omgord wees,
hulle skoene aan hul voete en hulle staf in hul hand. Hulle mag ook nie hulle huise voor die
volgende oggend verlaat het nie en kon ook niks van die lam wat oorgebly het eet nie. As daar
enige deel van die ete met die lam oorgebly het, moes hulle dit voor die volgende oggend
verbrand het.
Die eerste Pesag wys vir ons hoe die Israeliete se eersgeborenes van die dood gered is deur die uitgestorte bloed van die lam
~ YAHSHUA, ons Lam ~
Toe Yahshua gely en gesterf het, het Hy die Pesag Lam offer vir die sondes van die hele mensdom geword. Na sy dood het ongesuurde brode en wyn die nuwe simbole van Pesag geword, wat ons slegs een keer elke jaar gebruik. Die offer van ‘n dier tydens Pesag was nie meer nodig nie. Die ongesuurde brood verteenwoordig Sy liggaam en die wyn Sy bloed. Hierdie simbole word gebruik in die gedenk ete om ons te herinner aan Yahshua se offer en ons verbondverhouding met Hom.
Wat is die Betekenis van Pesag
Om Iemand Anders se Voete
te was…
(Yahshua het) van die maaltyd opgestaan en sy boklere uitgetrek en ’n doek geneem en dit om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in ’n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het. Johannes 13:4-5
Voor Yahshua se dood, in die tyd van die Pesag, het hy neer gekniel en die voete van sy dissipels
gewas. Hy het vir hulle die nodigheid gewys om die voete van ‘n medegelowige broer, wat ook in die
verbondverhouding is, te was. Hy het gesê dat net die voete gewas moet word en nie die hele
liggaam nie. Dit was om ons te leer dat ons nie meer as eenkeer hoef gedoop te word nie.
Ons moet elke dag aanhou om te baklei teen die sonde. Die voete was met Pesag wys dat ons die
klein kolletjies en plooie uit ons lewens uitwas. Yahshua wys daardeur dat almal gelyk is en niemand is
beter as iemand anders nie. Dit is nederigheid om die voete van ‘n ander persoon te was, en dit wys
dat ons mekaar moet dien!
Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galilea was: Die Seun van
die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en aan ’n folterpaal opgehang word en
op die derde dag opstaan.
Lukas 24:6-7
Vergelyk die Prentjies
Omkring die twee prentjies wat dieselfde is.
Die Pesag Lam
Ons hoef nie meer ‘n lam met Pesag te slag nie want
Yahshua is die Pesag lam!
Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is –
want ook ons Pesaglam is vir ons geslag, naamlik die Messias.
1 Korintiërs 5:7
Die Fees van Ongesuurde Brode Eksodus 13:6-7
Die tweede fees wat YAHWEH ons bevel om te hou is die fees van Ongesuurde
Brode. Die fees begin die dag na Pesag en hou aan vir sewe dae. YAHWEH sê ons moet al
die suurdeeg uit ons huise verwyder.
Suurdeeg is enige iets wat gebruik word om deeg of
beslag te laat styg. Soos gis, bakpoeier en koeksoda.
Die bestanddele kom in baie van die kos wat ons eet
voor.
So, op die dag gedeelte van Pesag deursoek ons die kombuis en enige ander plek in die
huis waar kos gebêre word en gooi dan alle kos wat die bestanddele in het weg. In die
Bybel word daar baie keer na suurdeeg as ‘n tipe sonde verwys.
Ongesuurde Brood is plat brood wat geen rysmiddel bevat nie. Dit
verteenwoordig die afwesigheid van sonde. YAHWEH beveel ons om ongesuurde brood
te eet gedurende die feestyd om die teenoorstaande van sonde te simboliseer en dit wys
ook ons aktiewe gehoorsaamheid aan Hom.
Hoekom word die fees vir 7 dae gehou? Wel, die nommer sewe is YAHWEH se
spesiale nommer wat voltooiing en perfeksie beteken. So die sewe dae van die Fees van
Ongesuurde Brode herinner ons daaraan dat YAHWEH wil hê Sy mense moet daarna
streef om sonde heeltemal uit hulle lewens te sit.
Met bekering en die doop, vee YAHSHUA se offer al die sondes van ons verlede uit. Hy het
gesterf sodat ons nie die straf van die dood hoef te betaal nie. Na bekering en die doop
verwag
Wat is suurdeeg?
Net soos suurdeeg op pof, pof sonde ook op!
Wat kan ons eet?
Tydens die Fees van Ongesuurde Brode is daar sekere kos
wat ons van kan eet en nie kan eet nie. Kan jy uit die
prentjies hieronder al die kos wat ons kan eet omkring?
“Vind die Suurdeeg Speletjie”
Hoe om die speletjie te speel:
Sny elke prentjie hieronder uit.
Kry iemand om die prentjies in verskillende plekke in ‘n kamer in die huis
weg te steek.
Wanneer al die prentjies weggesteek is moet jy probeer om hulle te kry.
Geniet dit en maak beurte om dit weg te steek en te soek!
Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit
julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, daardie siel
moet uit Israel uitgeroei word.
Eksodus 12:15
Soek die Suurdeeg
Kan jy help om die vrou vind die suurdeeg?
Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
1 Korintiërs 5:6
Wat is die Fees van Eerste Vrugte? Levitikus 23:10-11
Gedurende die Fees van Ongesuurde Brode het ons ‘n baie spesiaal en belangrike dag
wat die fees van Eerste Vrugte genoem word.
Hierdie dag is altyd op die eerste Sondag (eerste dag van die week) na die weeklikse
Shabbat, gedurende die fees van Ongesuurde Brode. Dit is die dag waarop Yahshua
opgewek is nadat hy vir drie dae en drie nagte in die graf was na sy kruisiging. Dit word
die dag van eerste vrugte genoem want Yahshua was die eerste om uit die dood
opgewek te word in YAHWEH se Familie. Hy het opgevaar na die hemel en is deur Sy
Vader, en ons Vader, aanvaar as die eerste vrug van die lewende.
Hierdie dag begin ook die 50 dae aftelling na Shavout of Pinkster,
YAHWEH se derde jaarlikse fees.
Gedurende die fees van Ongesuurde Brode in die nag gedeelte van die eerste dag van die
week, sny die mense ‘n gerf van die nuwe gars uit hulle velde. Hulle sal dit fyn maal om
meel te maak in die hoeveelheid van ’n omer en dit na die priester bring.
Die priester sal dit in die lug beweeg om deur YAHWEH aanvaar te word as die eerste
vrug van hulle fisiese oes. Daarna kon die oes begin. Die mense is nie toegelaat om van
hulle oes te eet totdat hulle hul eerste vrug offer na die priester gebring het om deur
YAHWEH aanvaar te word nie.
YAHSHUA het dit vervul deur op te styg na YAHWEH in die hemel en
aanvaar te word as die eerste vrug van die groot geestelike oes wat
sou volg.
Insameling van die beweeg gerf Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan
So, wat is ‘n Omer?
Dit is ‘n bybelse eenheid van droë meting
omtrent soveel soos twee liter!
Dan moet julle tel van die dag na die Shabbat, van die dag af as julle die omer as beweegoffer bring, sewe volle weke moet dit wees; tot die dag na die sewende Shabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ’n nuwe voedseloffer aan Yahweh bring.
Levitikus 23:15-16
Wil jy die dae na Shavout aftel?
WONDERLIK!
Haal die “Aftelling na Shavout” kalender uit jou aktiwiteit
boekie en sit dit op ‘n plek waar jy dit elke dag kan sien.
Merk op April 20, 2014 (Dag 1) die dag af sodra die dag verby
is, en elke dag hierna tot by dag 50 – Shavout
IDEES om die dae af te merk:
1. Teken ‘n kruis deur elke dag met ‘n kruit, potlood, pen of merker.
2. Kleur die nommer boksie elke dag met ‘n ander kleur in.
3. Plak ‘n klein voorwerp op die dag. Jy kan elke dag iets anders gebruik, of
dieselfde voorwerp elke dag op plak. Van die goed wat jy kan opplak is:
Wees kreatief en geniet dit! Shavout sal hier wees
nog voor jy dit weet!
AFTELLING NA SHAVOUT . . .
Eerstens!
Aftelling na Shavout
Weggesteekte Voorwerpe Prentjie
Kan jy die prentjies hieronder in die Pesag ete hierbo kry?
As jy al die prentjies gekry het kan jy die prent inkleur!
Ou Verbond Woord Soektog
Eksodus hoofstukke 11-12
D E U R P O S T E B Y E
P O S I H F H K L R T G
O Z Z H A G O O O A M I
W T D T A G E Q N E J P
C A S G G D A L A M N T
O M Q H D A F S I I W E
M C G L X N D Q E E P T
P C T O Q X O S Q P M J
Bloed Hisop Pesag Deurposte Lam Skoene Egipte Matzo Staf
En hierdie dag moet vir julle ’n herinneringsdag wees, en julle moet dit as ’n fees tot eer van Yahweh vier. Julle moet
dit in julle geslagte as ’n ewige insetting vier. Eksodus 11:14
Pad na Emmaüs
En kyk, twee van hulle was dieselfde dag op pad na ’n dorp wat sestig stadia van Jerusalem af was, met die naam van Emmaüs.
En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het. Lukas 24:13-14
Soek die Verskil In elke ry is daar een prentjie wat anders is as die ander.
Vind die een wat verskil en omkring dit!
Nuwe Verbond Woord Soektog Matteus 26:17-30 Markus 14:12-26 Lukas 22:13-38 Johannes Hoofstukke 13-17
K I Q V C D D U F S L B
X R U M B Z D A R N Y R
I C U J B L O E D W A O
G H C I C C K U Y N S O
D E G O E E A N R J H D
J L L L B L A M I B U E
U Y Q K J N I M W H A J
R V Z Q X D I B K Q Y A
Bloed Kruie Wyn Brood Lam Yahshua Bekers
Daarna neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir
julle gegee word; doen dit as herinnering aan my. Lukas 22:19
Net so neem Hy ook die beker na die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe verbond in my bloed
wat vir julle uitgestort word. Lukas 22:20
Lig van die Wêreld
Verbind die kolletjies om die prentjie te voltooi en kleur
dit dan in.
En Yahshua het weer met hulle gepraat en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal beslis nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
Johannes 8:12
Maak jou eie Boekmerk Sny die boekmerk op die volgende bladsy uit en sit jou
eie prentjie en ‘n Bybel versie by
‘n Paar idees…
Om jou boekmerk stewig te maak kan jy dit uit dik gekleurde paper of dun karton (soos ‘n beskuitjie of graankos boks) uit sny deur die boekmerk knipsel as ‘n patroon te gebruik.
Kleur ‘n prentjie op die bladsy in wat jy kan uitsny en op jou boekmerk plak.
Skryf jou gunsteling Bybelvers daarop, of sny ‘n versie uit die boekie en plak dit op.
Teken jou eie prentjie daarop en kleur dit in.
Sit ‘n plakker of twee op.
Sit ‘n lintjie aan die punt en maak dit met ‘n klein knoop vas.
BOEKMERK
UITKNIPSELS
Pesag en Ongesuurde Brode Vasvra
Omkring die antwoord onder die vraag
1. Watse tipe brood kan ons met Ongesuurde Brode eet?
2. Wie is ons Pesag Lam?
3. Hoeveel dae en nagte was Yahshua in die graf?
4. Hoeveel dae in die “aftel” na Shavout?
20 50 30
5. Wie het YAHWEH uit Egipte gebring?
YAHSHUA
1 2 3
Israeliete Egiptiese Soldate