iederark 29 november 2015uitgawe 43/2015 › pdf2015 › iederark › 29 nov.pdf · 2015-11-27 ·...
TRANSCRIPT
iederark 29 November 2015
Uitgawe 43/2015
Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers
(018) 294 8197 (018) 297 7926
082 340 7549 083 262 6783
Kerkkantoor
Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900
Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za
E-pos [email protected]
Sendingkantoor [email protected] 018-2946900
Hierdie is die laaste uitgawe
van die Iederark vir 2015.
Mag elkeen van julle ‘n baie
geseënde Christusfees vier.
Dié van julle wat met verlof
gaan, geniet dit en veilig ry.
Vir die res van ons wat
saam met Jan Tuisbly kuier,
geniet dit meer en wees
steeds veilig.
Onthou om jou Bybel in te
pak en Jesus saam te neem
waar jy gaan wees!
Wa
t ge
be
ur D
V in
DESEM
BER
20
15
SON
DA
G
MA
AN
DA
G
DIN
SDA
G
WO
ENSD
AG
D
ON
DER
DA
G
VR
YD
AG
SA
TERD
AG
3
0 N
ov
Gem
eenteb
e-
stuu
r 18
:00
Afslu
iting
Week van
gebed 1
Week van
gebed
2
Week van
gebed
3
Week van
gebed 4
Week van
gebed
5
Man
ne b
id-u
ur
07
:00
6
Eredien
s 09
:15
Geen
Ko
ffiedien
s 7
8
9 SKO
LE SLUIT
10
1
1
Kerk-en
Send
ing
-
kan
tore slu
it
12
Man
ne b
id-u
ur
07
:00
13
Eredien
s 09
:15
Geen
Ko
ffiedien
s 14
1
5
16
GELO
FTEDA
G
Gelo
fte eredien
s
08
:00
17
1
8
19
Man
ne b
id-u
ur
07
:00
20
Eredien
s 09
:15
Geen
Ko
ffiedien
s 21
2
2
23
2
4
25
KER
SDA
G
Kersd
iens 0
8:0
0
26
Man
ne b
id-u
ur
07
:00
27
Eredien
s 09
:15
Geen
Ko
ffiedien
s 28
29
30
D
s Do
rette verjaar
31
O
ujaarsd
iens
1 Jan
N
UW
EJAA
RSD
AG
2 Jan
SENDING GEBEDSVERSOEKE
HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Bid asb vir: Riaan en Sanet wat die boodskap by die
hospitaal bring. Die personeel wat onder moeilike om-
standighede werk. Wanneer die hysbakke nie werk nie, moet hulle die swaar kos-bakke opdra na die verskillende verdiepings en sale toe.
Petro vir die nodige wysheid en krag vir elke dag.
Iemand wat op uitslae van ‘n bloedsiekte wag.
Iemand met emfiseem wat al swakker word. Die person bly alleen en is bekom-merd oor versorging in die toekoms.
BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Ons eer die Here vir ’n geseënde tyd in SA saam met ons kinders, familie en vriende en vir ons veilige terugreis Botswana toe. Bid asb vir: Petro, die meisie in die gevangenis vir
vrede en geloof in God. Al die kinders wat eksamen skryf. Vir ons kerkie in Botswana, dankie vir hulle
mooi voorbeeld van Christen wees en hulle volhoudende kerkbywoning tot eer van die Here.
Eer God vir genade aan almal. Elke volk, taal en
nasie, wie tot bekering kom en Hom alleen as
God gehoorsaam en aanbid. “Vader, Seun en
Heilige Gees.“
VERITAS SENDING
(Ds Dawie en Naomi) Soos verlede week genoem is ek hierdie week besig met die opleiding van Veritas personeellede. Dit is baie geseënd. Ons het ook die voorreg om vir Siphiwo Kity, wat vir die die Xhosa opleiding van Veritas College
3
(hoofsaaklik in Port Elizbeth omgewing) verantwoordelik is hierdie week te huisves. Hy het groot waardering vir die opleiding, maar ons leer eintlik meer by hom omdat hy ‘n diep denker is en sy kultuur ook krities vanuit die Bybel beoordeel. Hy was Maandagaand saam met my na die groepie pastore in Khayelitsha en hy kon begrippe waarmee hulle gesukkel het, in Xhosa aan hulle verduidelik. Hy is ‘n uitstekende fasiliteerder en dit was ‘n belewenis vir ons almal – veral hoe hy elkeen by die gesprekke betrokke gekry het. Bid asb vir: die res van die opleiding wat nog tot
Vrydagmiddag sal aanhou; die geleenthede die volgende twee Sondae
waar die diplomas vir die een groep deelnemers in Khayelitsha en die twee groepe in die Kaap oorhandig gaan word, soos ons verlede week genoem het.
MALAWI SENDING
(Pieter Loots) Pieter skryf: Was vanoggend vroeg lande toe om kalk te gee
vir die wat in die lande werk. Dis baie droog, so die kompos word nou te droog.
Dank die Here vir die mense wat aangaan met Farming God’s way. Hulle lande lyk baie mooi en hulle het nie die uitgawe van baie duur kunsmis gehad nie.
Baie dankie Here. Die Bybelstudie by Makoem-ba, Mpumbe en die 2 groepe wat ek hier doen is geseënd.
Bid asb vir die ou hoofman wat in die hospitaal is. Dit gaan nie goed met hom nie. Sy bloeddruk is baie hoog.
Dank die Here dat ons water nog hou in die village. Dit is baie droog en warm.
4
KERSFEES:
Christelike reaksie
1 Vier Kersfees! Laat die vreugde van die seisoen
in jou lewe sigbaar wees. Leer jou gesin wat die
betekenis van Jesus se geboorte behels en maak
die Kerstradisies betekenisvol in jou huis.
2 Wens ander ’n geseënde Kersfees toe. Wan-
neer jy te kampe het met ’n “gelukkige
feesseisoen’, wens die persoon ’n geseënde Kers-
fees toe! Jy sal verbaas wees hoeveel mense
soortgelyk antwoord. Selfs as jy weerstand
teëkom, moenie toelaat dat dit jou vreugde
demp nie.
3 Spreek die waarheid in liefde (Ef 4:15). Die
Kersseisoen is ’n wonderlike geleent-heid om
Christus se liefde en die Evangelieboodskap te
verkondig.
4 Bid vir diegene in outoritêre posisies
(1 Tim 2:1-3). Bid vir wysheid. Bid vir herlewing
sodat Kersfees deur almal geëer sal word in
plaas daarvan om aanstoot te gee.
Ontneem die gee van geskenke Kersfees
van ware betekenis?
Baie mense neem die idee om geskenke tydens
Kersfees te gee, terug na die vers in Matteus
2:10-11 wat handel oor die wyse manne wat
geskenke aan Jesus gee: “Toe hulle die ster sien,
was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan
en die Kindjie saam met Maria, Sy moeder, ge-
sien en hulle het gekniel en aan Hom hulde
bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopge-
maak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud,
wierook en mirre.”
Geleentheid vir die Evangelie
Die Bybel vertel ’n wonderlike verhaal oor die
Gawe wat God ons gegee het, Jesus Christus, en
ons kan dit as ’n geleentheid gebruik om die
Evangelie te verkondig en liefde te bewys. Die
gee en ontvang van geskenke kan deel daarvan
wees om te vervul wat Paulus oor die gee van
gawes te sê gehad het in 2 Korintiërs 8:7-
8: “Aangesien julle alles in oorvloed het: geloof,
die gawe om julle woord te doen, kennis van
God, onbeperkte ywer en ons liefde vir julle,
wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig.
Ek gee nie ’n opdrag nie, maar ek wys julle op
die ywer van ander om daardeur die opregtheid
van julle liefde te toets.”
Gee aan ander
Paulus het met die kerke gepraat wat finansiële
gawes aan hom gegee het sodat hy met die be-
diening kon voortgaan. Ons kan dit op ons eie
lewens toepas deur aan ander te gee, nie net ty-
dens Kersfees nie, maar deur die hele jaar!
Waarop fokus jy?
Kan die gee van geskenke die fokus van Kersfees
word, in plaas van dankbaarheid teenoor die
Here vir die gawe van sy Seun (Joh 3:16)?
Natuurlik! Beteken dit dat die gee van geskenke
noodwendig die ware betekenis van Kersfees sal
wegneem? Nee. Nie as ons op die wonderlike
gawe van verlossing wat die Here aan ons ges-
kenk het, fokus nie (Jes 9:6). Om aan ander te
gee, is ’n natuurlike uitdrukking van daardie
dankbaarheid. Die sleutel lê by ons fokus. Is jou
fokus op die geskenk, of op die skenker van
gawes, ons genadige Hemelse Vader? “Elke goeie
gawe en elke volmaakte geskenk kom van
Bo.” Jak 1:17.
Is Kersbome en -versierings heidense ri-
tuele?
Die moderne gebruik om ’n Kersboom te versier,
kom nie van enige heidense gewoonte nie. Daar
is geen bewyse van enige heidense godsdiens
wat ’n spesiale denneboom vir hulle mid-
winterfeeste versier het nie, hoewel die Romeine
die wintersonnestilstand met ’n fees, Saturnalia,
ter ere van Saturnus, die god van landbou gevier
het.
Hulle het hulle huise met groenigheid en ligte
versier en geskenke uitgeruil. In die laat Mid-
deleeue het Duitsers en Skandinawiërs immer-
groen bome in hulle huise of net buite hulle voor-
deur geplaas om hulle hoop in die komende lente
te toon.
Eerste Kersboom
Die eerste Kersboom is in die 16de eeuse Duit-
sland deur Protestante Christene versier. Ons
moderne Kersboom het uit hierdie vroeë Duitse
tradisies ontwikkel.
Wat sê die Bybel?
Daar is niks in die Bybel wat Kersbome gebied of
verbied nie. Daar word verkeerdelik deur som-
mige verklaar dat Jeremia 10:1-16 die afkap en
versier van bome op dieselfde manier as wat ons
dit gedurende Kersfees doen, verbied. Selfs met
’n vlugtige deurlees van die teks is dit egter
5
duidelik dat Jeremia in dié gedeelte die verbod
op die maak van vergulde of versilwerde houtaf-
gode uitlê.
’n Soortgelyke teks verskyn in Jesaja 44 waar
Jesaja praat oor die dwaasheid van die afgodedi-
enaars wat ’n boom afkap, ’n gedeelte daarvan
verbrand om hulleself warm te hou en die ander
deel gebruik om ’n afgod te maak waarvoor hulle
dan neerbuig en dit aanbid.
Behaag die Here
Tensy ons dus voor ons Kersboom neerbuig, ’n
afgod daaruit kerf en dit aanbid, is hierdie teks-
gedeeltes nie van toepassing op Kersbome nie.
Daar is geen geestelike betekenis daarin om ’n
Kersboom te hê of nie. Watter keuse ons ook al
maak, die motivering, soos in alle gewetensake,
moet wees om die Here te behaag. Romeine
14:5-6 spel die beginsel uit in ’n teksgedeelte oor
vryheid: “Vir die een is een dag belangriker as
ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik.
Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees
van sy opvatting. Die een wat ’n bepaalde dag op
’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die
Here.”
Geestelike hoogmoed
Die Here is bedroef wanneer Christene op
mekaar neersien oor die viering of nie van Kers-
fees. Dit is geestelike hoogmoed. Wanneer ons
voel dat ons ’n hoër geestelikheid bereik het deur
iets te doen of nie te doen waaroor die Bybel niks
sê nie, misbruik ons ons vryheid in Christus,
skep verdeeldheid in Sy Liggaam en doen Hom
oneer aan. “Of julle eet en of julle drink of wat
julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” 1
Kor 10:31.
Legende van Sint Nikolaas
Nikolaas het op 6 Desember ongeveer 340 of 350
n. C. gesterf en die dag van sy dood het ’n jaar-
likse fees geword waar kinders kos vir Nikolaas
en strooi vir sy donkie kon uitsit. Daar word gesê
dat die heilige gedurende die nag uit die Hemel
sou neerdaal en die geskenkies met speelgoed
en geskenke sal vervang – maar net vir die soet
seuntjies en dogtertjies. Daar is verskillende
variasies van die legende van Sint Nikolaas,
maar almal is geïnspireer deur die jolige gewer
van geskenke in ’n rooi uitrusting wat ons nou as
Vader Kersfees ken.
Leef liefde van Christus uit
Daar kan egter nie ontken word dat daar ’n
neiging is om Christus op ’n manier tog uit Kers-
fees te verwyder nie. In die nastrewing van ver-
draagsaamheid, insluiting en politieke korrek-
theid, poog sommige mense om die Christelike
oorsprong van Kersfees te verdoesel – asof ons
samelewing se materialisme nie alreeds die be-
tekenis van Kersfees vertroebel nie. Of hulle nou
na ‘Xmas’ of die ‘feesseisoen’ verwys, sal som-
mige nie tevrede wees voordat die feesviering
geheel en al sekulêr is nie. In reaksie hierop
moet ons die liefde van Christus in woord en
daad uitleef eerder as om kwaad te word of oor
die gebruik van ‘Xmas’ te kla.
Die ware betekenis van Kersfees
Die ware betekenis van Kersfees is liefde. Johan-
nes 3:16-17 lui: “God het die wêreld so lief ge-
had dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié
wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar
die ewige lewe sal hê. God het nie Sy Seun na
die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel
nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan
word. “ Die ware betekenis van Kersfees is die
viering van hierdie ongelooflike daad van liefde.
Die ware Kersverhaal
Die ware Kersverhaal is die verhaal van God wat
’n mens geword het in die gestalte van Jesus
Christus. Hoekom het God dit gedoen? Omdat Hy
ons liefhet! Hoekom was Kersfees nodig? Omdat
ons ’n Verlosser nodig gehad het! Hoekom het
God ons so lief? Omdat Hy liefde is (1 Joh 4:8).
Hoekom vier ons elke jaar Kersfees? Uit dank-
baarheid vir wat God vir ons gedoen het, ons
herdenk Sy geboorte deur geskenke vir mekaar
te gee, Hom te aanbid en veral bewus te wees
van die armes en behoeftiges.
Vrye Gawe van Liefde
Die ware betekenis van Kersfees is liefde. God
het wat Sy eie is, liefgehad en het ’n Weg
voorsien – die enigste Weg – sodat ons die
ewigheid saam met Hom kan wees. Hy het Sy
enigste Seun gegee om ons straf vir ons sondes
te dra. Hy het die prys ten volle betaal, en ons is
vry van oordeel wanneer ons die vrye Gawe van
liefde aanvaar. “Maar God bewys Sy liefde vir ons
juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons
nog sondaars was.” Rom 5:8.
6
7
Des
ember verja
ars
da
e
Beperkte spasie is beskikbaar gestel vir klein advertensies @ R100 pm (vir vier plasings)
vir ‘n spasie van 75mm x 70mm. Dit sluit ‘n outomatiese verskyning op die webblad in.
Die koste van ‘n A5 bladsy beloop dan R600 pm. Inbetalings word by die kerkkantoor ge-
doen. Advertensies word vooraf opgestel en elektronies tesame met die inbetalings-
bewys na Naomi gestuur. (Naomi en die Mediabestuur hou die reg voor om adverten-
sies wat indruis teen die etos van die gemeente, nie te plaas nie. Die voorreg om in die
Iederark te adverteer is slegs vir ingeskrewe lidmate van die gemeente beskikbaar.)
Die grootte van die oplaag word nie gewaarborg nie en word steeds gedruk na die be-
hoefte van gemeente getalle.
Redakteur:
Naomi Scheepers
E-pos gerus enige voorstelle, idees of
bydraes na:
(Kritiek Welkom!)
STAFFIES
9 weke oud, R800-00 elk. 2 inenting en ontwurmings gehad 1 x reun = wit en swart bors 1 x reun = wit en swart kolle Kontak: 073 182 9917