huisgodsdiensriglyne22julie2012

4
Week 15 (NR 51-53) BYBELSTUDIE RIGLYNE IN DIE BEGIN Die Woord word mens Johannes 1:1-1:18 1.Watter aspekte van die skepping (volgens Gen 1) word vir jou duideliker as jy Johannes 1 bestudeer? 2.Volgens die woorde in Genesis 1 waar “God gesê het en die betekenis van die Woord volgens Johannes 1. Wat was die fokus van Jesus Christus se werk met die Skepping? 3.Wat gebeur met mense wat in Jesus Christus glo? Volgens onder andere vers 12 en 16. Gabriël se boodskap Lukas 1:1 – 1:80 1.Wie het die geboorte van Johannes die Doper aangekondig en wat was die reaksie daarop? 2.Wie het Jesus se geboorte aangekondig en wat was die reaksie daarop? 3.Wat is die kern van Elizabet , Maria en Sagaria se liedere?

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 29-Jan-2016

215 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

nuusbrief,brief

TRANSCRIPT

Page 1: Huisgodsdiensriglyne22julie2012

Week 15 (NR 51-53)BYBELSTUDIE RIGLYNE

IN DIE BEGIN

Die Woord word mensJohannes 1:1-1:181. Watter aspekte van die skepping (volgens Gen 1) word vir jou

duideliker as jy Johannes 1 bestudeer?2. Volgens die woorde in Genesis 1 waar “God gesê het en die

betekenis van die Woord volgens Johannes 1. Wat was die fokus van Jesus Christus se werk met die Skepping?

3. Wat gebeur met mense wat in Jesus Christus glo? Volgens onder andere vers 12 en 16.

Gabriël se boodskapLukas 1:1 – 1:801. Wie het die geboorte van Johannes die Doper aangekondig en

wat was die reaksie daarop?2. Wie het Jesus se geboorte aangekondig en wat was die reaksie

daarop?3. Wat is die kern van Elizabet , Maria en Sagaria se liedere?

Die geboorte van JesusLukas 2:1 – 2:401. Watter gebeure rondom Jesus se geboorte is vir jou die mees

opvallendste?2. Waarom moes Jesus Hom onderwerp aan die Joodse gebruike

van oa die besnydenis?3. Wat is vir jou die mees opvallendste van die woorde en lewe van

Simeon en Anna?

Page 2: Huisgodsdiensriglyne22julie2012

HUISGODSDIENSRIGLYNEMaandag - Die Woord word mensJohannes 1:1-1:181. Watter verskil is daar tussen die wet en Jesus volgens Johannes 1:17?2. Wat is die kern van Jesus se menswording volgens Johannes 1:14?3. Watter rol het Johannes in die koms van Jesus Christus gehad?

Dinsdag - Die Woord word mens (vervolg)Johannes 1:1-1:181. Wat is die verband tussen lig en lewe volgens Johannes 1:4 - 9?2. Hoe het alles tot stand gekom? Wat was die fokus van die Vader, Jesus Christus

en die Heilige Gees by die skepping?3. Wat was en is die twee reaksies op die menswording van Jesus Christus ?

Woensdag - Gabriël se boodskapLukas 1:1 – 1:801. Waarom het Sagaria getwyfel oor die geloofwaardigheid van die woorde van die

engel Gabriël? 2. Waaroor twyfel mense vandag tov die geloofwaardigheid van die skepping en die

Herskepper, Jesus Christus? 3. Hoedanig sal die koningskap van Jesus wees volgens Lukas 1:32?

Donderdag - Gabriël se boodskap (vervolg)Lukas 1:1 – 1:801. Wat was Johannes se reaksie op Jesus reeds voor sy geboorte?2. Wat gebeur met mense wat in die Here glo en mense wat nie in die Here glo nie

volgens die lofsang van Maria?3. Wat kondig Sagaria in sy loflied aan volgens Lukas 1:70 – 72?

Vrydag – Die geboorte van JesusLukas 2:1 – 2:401. Waarom het die engele aan die herders eerste verskyn toe Jesus gebore is?2. Wat was die reaksie van die herders op Jesus se geboorte?3. Wat het Simeon aan Maria gesê volgens Lukas 1:34 – 35 oor dit wat met Jesus in

die toekoms gaan gebeur?

Saterdag - Die geboorte van Jesus (vervolg)Lukas 2:1 – 2:401. Watter betekenis het die profetes Anna se daaglikse gebede en gevas gehad?2. Wat word van Jesus vertel in Lukas 1: 40 en wat beteken dit?3. Waarvoor het die profetes Anna die Here gedank volgens Lukas 1:38?