horskool strand waar jong arende sweef arendenuusstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af...

12
30 April 2018 | Nuusbrief 4 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong Arende sweef Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid UIT DIE HOOF SE KANTOOR 1 DANKBAAR VIR EERSTE WINTERREËN Die seisoen draai stadig maar seker en daarmee saam het die eerste goeie reën geval. Kom ons verenig in gebed vir reën, sodat hierdie knellende droogte gebreek kan word. AKADEMIESE SAKE Ons dank gaan aan elke ouer en leerder wat die oueraand bygewoon het. Dis belangrik dat personeel, ouers en leerders op alle vlakke van die skoolsamelewing sal hande vat om sukses vir ons leerders en ons skool- gemeenskap te verseker. Dit is kommerwekkend dat daar in hierdie stadium steeds ouers is wat nog nie hulle kinders se rapporte afgehaal het nie. Ons doen ʼn beroep op u om u kind se rapport op die laatste Vrydag, 4 Mei, by ontvangs af te haal. Daar is ʼn mooi verbetering in ons graad 12’s se punte as dit met graad 11 vergelyk word. Ons wil u die versekering gee dat ons besef dat van ons leerders baie hard geleer het om beter te presteer. As die graad 12-leerders dit volhou, soos beplan, sal hulle beslis die vrug op hul arbeid pluk. Ouers moet asseblief kennis neem dat daar slegs 3 en ʼn half weke oor is, voor die Junie-eksamen begin. Dit beteken dat ons kinders van nou af elke dag hard moet werk om sukses te verseker. Graad 10’s moet besef as hulle dieselfde tyd as in graad 9 insit, hulle maklik 20% op hulle gemiddeldes kan daal. Dit is vanselfsprekend dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke dag wat hulle afwesig is, ʼn afwesigheidsbrief by hulle register- onderwyser moet ingee. Ouers moet die skool ook soggens voor 08:00 per e-pos of telefonies laat weet indien hulle kinders afwesig is. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staat maak. Die uitteken van leerders tydens skoolure moet slegs vir ernstige en dringende sake wees. ONS VERWELKOM NUWE PERSONEELLEDE Me. Anso Kemp is sedert 10 April Hoërskool Strand se nuwe bemarker. Me. Kemp is ʼn oud-Arend. Haar passie vir ons skool is aansteeklik. Me. Kemp het vinnig weer in die Arendritme gekom en ons sien met verwagting uit na die waarde wat sy tot die Arendfamilie gaan toevoeg. Nog ʼn oud-Arend, mnr. Cornél Britz, is as ons nuwe rugby-afrigter/organiseerder aangestel. Hy was in 2010 in graad 12 en het homself sedertdien in afrigting geslyp en is tans in sy finale jaar van onderwysstudies. Dit is vir ons ʼn voorreg om oudleerders in ons span te verwelkom! FONDSINSAMELING Die verkoop van swart vullissakke as deel van ons Arendfees van 2018 vorder fluks. Daar was aanvanklik ʼn vertraging in die vervaardiging van die sakke, omdat die vervaardiger lank vir ʼn onderdeel uit Maleisië gewag het, maar die masjiene is herstel en produksie is weer op koers. Ons is afhanklik van elke leerder en ouer om ons in hierdie projek te ondersteun. ʼn Groot dankie veral aan ouers wat hulle maatskappye/werkgewers se swartsakaankope deur die skool doen. Dit gee ons projek ʼn reusehupstoot. TERUGVOER VAN OUERS VAN OPPONERENDE SKOLE Ons het die afgelope tyd uitstekende terugvoer van ouers van skole teen wie ons in sport meeding, gekry. Ons leerders se gedrag op en van die veld word gekomplimenteer. Ek het die meeste van die komplimente aan die leerders deurgegee. Dankie aan u as ouers dat u u kinders hierin ondersteun. Die ouer as primêre opvoeder is instrumenteel in die vorming van kinders se wêreldbeskouing asook in die wyse waarop u kinders besluit om interaktief met hulle wêreld om te gaan. ʼn Stewige stel Christelike waardes verleen ʼn gesonde onderbou vir ons kinders waarmee hulle die wêreld kan ingaan. Dankie dat u saamwerk in die uitbouing en uitlewing van Hoërskool Strand se waardes.

Upload: others

Post on 12-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

30 April 2018 | Nuusbrief 4

H O Ë R S KO O L S T R A N D

ARENDENUUSWaar jong Arende sweef

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

1

DANKBAAR VIR EERSTE WINTERREËN

Die seisoen draai stadig maar seker en daarmee saam het die eerste goeie reën geval. Kom ons verenig in gebed vir reën, sodat hierdie knellende droogte gebreek kan word.

AKADEMIESE SAKE

Ons dank gaan aan elke ouer en leerder wat die oueraand bygewoon het. Dis belangrik dat personeel, ouers en leerders op alle vlakke van die skoolsamelewing sal hande vat om sukses vir ons leerders en ons skool-gemeenskap te verseker.

Dit is kommerwekkend dat daar in hierdie stadium steeds ouers is wat nog nie hulle kinders se rapporte afgehaal het nie. Ons doen ʼn beroep op u om u kind se rapport op die laatste Vrydag, 4 Mei, by ontvangs af te haal.

Daar is ʼn mooi verbetering in ons graad 12’s se punte as dit met graad 11 vergelyk word. Ons wil u die versekering gee dat ons besef dat van ons leerders baie hard geleer het om beter te presteer. As die graad 12-leerders dit volhou, soos beplan, sal hulle beslis die vrug op hul arbeid pluk.

Ouers moet asseblief kennis neem dat daar slegs 3 en ʼn half weke oor is, voor die Junie-eksamen begin. Dit beteken dat ons kinders van nou af elke dag hard moet werk om sukses te verseker. Graad 10’s moet besef as hulle dieselfde tyd as in graad 9 insit, hulle maklik 20% op hulle gemiddeldes kan daal. Dit is vanselfsprekend dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon.

U word daaraan herinner dat kinders vir elke dag wat hulle afwesig is, ʼn afwesigheidsbrief by hulle register-onderwyser moet ingee. Ouers moet die skool ook soggens voor 08:00 per e-pos of telefonies laat weet indien hulle kinders afwesig is. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staat maak. Die uitteken van leerders tydens skoolure moet slegs vir ernstige en dringende sake wees.

ONS VERWELKOM NUWE PERSONEELLEDE

Me. Anso Kemp is sedert 10 April Hoërskool Strand se nuwe bemarker. Me. Kemp is ʼn oud-Arend. Haar passie vir ons skool is aansteeklik. Me. Kemp het vinnig weer in die Arendritme gekom en ons sien met verwagting uit na die waarde wat sy tot die Arendfamilie gaan toevoeg. Nog ʼn oud-Arend, mnr. Cornél Britz, is as ons nuwe rugby-afrigter/organiseerder aangestel. Hy was in 2010 in graad 12 en het homself sedertdien in afrigting geslyp en is tans in sy finale jaar van onderwysstudies. Dit is vir ons ʼn voorreg om oudleerders in ons span te verwelkom!

FONDSINSAMELING

Die verkoop van swart vullissakke as deel van ons Arendfees van 2018 vorder fluks. Daar was aanvanklik ʼn vertraging in die vervaardiging van die sakke, omdat die vervaardiger lank vir ʼn onderdeel uit Maleisië gewag het, maar die masjiene is herstel en produksie is weer op koers. Ons is afhanklik van elke leerder en ouer om ons in hierdie projek te ondersteun. ʼn Groot dankie veral aan ouers wat hulle maatskappye/werkgewers se swartsakaankope deur die skool doen. Dit gee ons projek ʼn reusehupstoot.

TERUGVOER VAN OUERS VAN OPPONERENDE SKOLE

Ons het die afgelope tyd uitstekende terugvoer van ouers van skole teen wie ons in sport meeding, gekry. Ons leerders se gedrag op en van die veld word gekomplimenteer. Ek het die meeste van die komplimente aan die leerders deurgegee. Dankie aan u as ouers dat u u kinders hierin ondersteun. Die ouer as primêre opvoeder is instrumenteel in die vorming van kinders se wêreldbeskouing asook in die wyse waarop u kinders besluit om interaktief met hulle wêreld om te gaan. ʼn Stewige stel Christelike waardes verleen ʼn gesonde onderbou vir ons kinders waarmee hulle die wêreld kan ingaan. Dankie dat u saamwerk in die uitbouing en uitlewing van Hoërskool Strand se waardes.

Page 2: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 4 30 April 2018AKADEMIE IS ONS BESIGHEID

2

EERSTE KWARTAAL SE TOP AKADEMIESE PRESTEERDERSDie eerste kwartaal se top akademiese presteerders is tydens ʼn spesiale saalbyeenkoms vereer vir hul volgehoue harde werk.

GRAAD 8

1. Litha Schutte 91.6%2. Lien Hoogenboezem 89.6%3. Guillaume Johann Uys 89.4%4. Nika van Vuuren 89.3%5. Kira Marie Potgieter 88.8%6. Jessica Coetzee 86.8%7. Aneldi Morkel 86.6%8. FC de Necker 85.4%8. Janlo Willem Smith 85.4%10. Anke Lambrechts 85%10. Michelle Martina Pretorius 85%

GRAAD 9

1. CJ Smit 91.7%2. Lisa Westraat 91.6%3. Anjanka Olivier 90.4%3. Ebert Wessels 90.4%5. Derik Nortje 90%5. Pétra van den Bergh 90%7. Kayla Williams 89.8%8. McKenzie Knipe 88.8%9. Mienke Burger 86.9%10. Daniel Gerber 86.7%

GRAAD 10

1. Elrika van der Westhuizen 91.8%2. Mieke van der Merwe 91.5% 3. Elizka Groenewald 87.4%4. Jean-Luc Goosen 87.2% 5. Adelle Haughton 87%6. Anél Swart 85.8%7. Tara Kruger 85.7%8. Ané Braasch 85.4% 8. Kimberley Katts 85.4% 10. Esterlie Maré 85.2%

GRAAD 11

1. Chris Langeveldt 96.4%2, Kristen Meyer 92.8% 3. Zoé-Lee van der Merwe 92.5% 4. Luke Booysen 90.4% 5. Wesley Mc Carthy 90% 6. Niëll Smith 85.2%7. Adriaan Lambrechts 85% 7. Ruan van den Berg 85%9. Carla Coetzee 84.8% 10. Tiaan Engelbrecht 84.5%

GRAAD 12

1. Ben Edwards 93.2% 2. Danie Theron 92.2% 3. Carli Viljoen 89.7% 4. Gunter Möhr 89.2% 5. Oren Renoster 86.7%6. Ryan Osborne 86.2% 7. Kaylin Mariette 85% 8. Pieter Welgemoed 83.7% 9. Bianca Esterhuizen 82.8% 9. Cherri-Lee van Zyl 82.8%

Page 3: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 4 AKADEMIE IS ONS BESIGHEID 30 April 2018

2

3

WETENSKAP- EN TEGNOLOGIE-UITSTAPPIE VIR GRAAD 9-LEERDERS - McKenzie Knipe (gr. 9)Het jy al begin dink watter beroep jy eendag wil volg as jy klaar is met skool? As Wetenskap en Tegnologie êrens in jou toekomsplanne is, sou jy die graad 9-uitstappie gate uit geniet het. Op 20 April 2018 het tien graad 9-leerders, onder leiding van me. Tania van der Walt, die Universiteit van Stellenbosch se Ingenieurs-fakulteit besoek.

Twee dosente het die leerders ʼn voorsmakie gegee van hoe dit kan wees om ʼn chemiese- of elektriese ingenieur te word. Die chemiese eksperimente het die volgende ingesluit: die skei van elemente, ʼn ontploffing uit waterstof, hoe ʼn “sugar rush” uit salpetersuur gevorm word, eksperimente met droë ys, proef-buistoetse vir suiwel, asook vele meer.

Daarna het die leerders die geleentheid gehad om ʼn elektriese stroombaan te bou wat ʼn alarm laat aktiveer. Die beste deel daarvan was die kans om ʼn soldeerbout te gebruik om die onderdele van die stroombaan bymekaar te hou, al het daar ʼn vinger of twee in die slag gebly.

Die uitstappie was ʼn wonderlike ervaring vir elk van die 10 leerders wat vir ʼn paar ure soos gekwalifiseerde ingenieurs en wetenskaplikes gevoel het in hulle wit laboratoriumjassies en veiligheidsbrille.

GRAAD 10-VAKVERANDERINGE 2018 - me. Hannalie vd MerweGraad 10-vakveranderinge vir 2018 moet teen die einde van die tweede kwartaal afgehandel wees. Hulle sal hierna eers weer in 2019 die geleentheid kry om van vakke te verander.

Leerders moet asseblief ʼn brief van hulle ouers en ʼn afskrif van hulle Maart-verslag na me. Hannalie van der Merwe bring. Die nodige dokumantasie sal dan ingevul word.

Navrae: me. Hannalie van der Merwe

TO BE, OR NOT TO BE - THAT IS THE QUESTION. - Maronay TodkillThe second term was barely tangible when the Matric English Home Language class set out to the Artscape Theatre in Cape Town on Wednesday, 11 April. Of course, we missed a day of school (not that we complained about it), but our intention was not to skip school: it was to go and watch “Hamlet”—this year’s Matric Shakespeare text.

In a rendition of a sixteenth century performance of the play off the coast of South Africa, the director led a six-man crew to perform all 18 characters to their most Shakespearean capabilities. The set had sails and real water revolving continually around the stage allowing for dunking, drowning and dying. It was a play with a lot of potential, passionate acting, and elaborate costumes which brought to our eyes an era beyond our reach.

It is definite now. After this performance of “Hamlet”, to be or not to be is no longer the question. It has been answered…we are!

Page 4: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 4 KULTUUR IS IN ONS BLOED 30 April 2018

4

STELLENBOSCH KUNSWEDSTRYD (DRAMATIESE KUNSTE) - me. Lillibet BadenhorstHoërskool Strand leerders het vanjaar weer hul woordkunsvaardighede geslyp vir deelname aan die Stellenbosch Kunswedstryd. Die leerders het in verskeie kategorieë meegeding.

Graad 8:

Clint Williams (Cum Laude in Afr. poësie)

Graad 9:

Kelly Botha (Goud Plus in Afr. poësie)Derik Nortje (Goud in Afr. poësie; Goud Plus in Afr. prosa; Goud Plus in Eng. poetry; Goud Plus in Eng. monologue en Cum Laude in Openbare redevoering)Madri van Eck (Goud in Afr. poësie)Lisa Westraat (Silwer Plus in Afr. poësie en Goud Plus in Openbare redevoering)

Graad 10:

Jeandré Rossouw (Silwer Plus in Afr. poësie en Goud Plus in Afr. prosa)

Graad 11:

Luke Booysen (Silwer Plus in Afr. poësie en Goud Plus in Eng. poetry) Kelly Joubert (Cum laude in Afr. poësie en Cum Laude in Afr. gedramatiseerde prosa)Adriaan Lambrechts (Silwer Plus in Afr. monoloog)Lizanne Nortje (Goud Plus in Afr. poësie; Goud Plus in Eng. poetry; Goud plus in Eng. Monologue en Goud Plus in Openbare redevoering)Morgan Rothman (Goud in Afr. poësie)Matt van den Bergh (Silwer Plus in Afr. prosa)

Graad 12:

Rochelle Roos (Goud Plus in Eng. monologue)Anica Vos (Silwer Plus in Afr. poësie; Goud Plus in Eng. poetry en Goud Plus in Afr. monoloog)

JUHAN NAGEL WEN GOUD EN SILWER BY DIE NASIONALE KAMPIOENSKAP VIR UITVOERENDE KUNSTE - me Mary van Wyk

ʼn Graad 12-leerder, Johan Nagel, het by die Nasionale Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Rustenberg ʼn goue medalje vir sang in die country-afdeling en ʼn silwer medalje vir sang in die kontemporêre-afdeling gewen.

Bogenoemde prestasie beteken dat hy vir die Nasionale span, wat in Junie aan die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Kalifornia gaan deelneem, gekies is.

Page 5: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

30 April 2018AKTUELE SAKENuusbrief 4

4

5

OUERBETROKKENHEIDSKOMITEE - me. Eileen LambrechtsDie OBK het reeds begin om die seunsbadkamers te verfraai en die graad 9-, 10&11- en 12- badkamers is nou voltooi. Die graad 8-badkamer lê nog voor. ʼn Groot dankie aan elke ouer wat kom hand bysit het om die badkamers so ʼn bietjie esteties en funksioneel op te knap met hake vir klere en bankies vir kinders om op te sit.

Ons het lekker interessante projekte wat voorlê vir die jaar. Kontak gerus vir Amanda by: 079 517 2824 of Rita by: 072 832 4342 en raak betrokke.

SENIOR FOTOGRAFIEKLUB - me. Erna GroenewaldDie Senior Fotografieklub het die jaar afgeskop met ʼn bewusmakingstema oor die waterkrisis in die Wes-Kaap. Ons tema was “Elke Druppel Tel” en lede moes na fotogeleenthede soek wat die tema ondersteun en die kykers bewus maak van water as lewensbelangrike bron in teenstelling met die droogte se verwoesting.

Ons het aanbiedings oor die komposisie en die assessering van foto’s bygewoon. Die foto’s wat ingedien is, het almal voldoen aan die assesseringsvereistes. Na deeglike oorweging is die volgende wenners aangewys:

1ste plek: Ben Edwards (gr. 12)2de plek: Zandra Joubert (gr. 12)3de plekke: Monique Fouché (gr. 11) Francois-Mari Lessing (gr. 11) Ben Edwards (gr. 12)

Baie geluk aan hierdie leerders! Die wenfoto’s is te sien teen die die Groenklub se aansteekbord aangesien dit kommentaar lewer op en aansluit by die omgee en bewaring van ons natuurlike hulpbronne.

JUNIOR FOTOGRAFIEKLUB - me. Jeanne EngelbrechtOp Maandagmiddag, 23 April, het 11 leerders van die Junior Fotografieklub in die pad geval om die Theewaterskloofdam en omgewing te gaan besigtig. Aangesien dit by ons tema KONTRAS: WATER aansluit, was dit insiggewend om self te ervaar wat die stand van die dam in hierdie stadium is.

Van ver af het ʼn massiewe stofwolk in die dam, as gevolg van die sterk wind wat gewaai het, ons begroet. Ons het in die dam rondbeweeg en kon verskeie droogtebeelde vaslê.

Afgesien van ʼn senutergende terugrit in die stormwind, het almal die uitstappie terdeë geniet.

Page 6: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 4 30 April 2018AKTUELE SAKE

6

KLASKAPTEINE WORD OPGELEI - Marli Botha (gr. 9)Op Donderdagmiddag, 19 April, het die klaskapteine ʼn opleidingsessie bygewoon.

Tydens die opleiding het die klaskapteine weer hul eed afgelê. Aandag is ook geskenk aan dissipline, die rol van die klaskaptein, kommunikasie asook betrokkenheid by skoolaktiwiteite.

GRAAD 11-LEIERSKAPSONTWIKKELING - me. Alecia CoetzeeDie Karmic Group het al twee opleidingsgeleenthede vir graad 11-leerders wat belangstel in leierskapsontwik-keling, by ons skool aangebied.

Ons graad 11-leerders leer onder andere wie hulle as leier wil wees, en waarna om te kyk wanneer ʼn lei-er geïdentifiseer word. Die werk wat die Karmic Group met die opkomende leiers van ons skool doen, dra geweldig by tot die ontwikkeling van ons leerders, nie net as leiers nie, maar ook as individue.

TI AMO LIEFDADIGHEIDSKLUB - me. Sandra van RensburgTi amo se motto vir 2018: “Wees jy die verskil wat jy in ander wil sien.”

Die tweede kwartaal is nie net op akademiese gebied vol en vinnig nie. By Ti amo is daar ook verskeie projekte aan die gang.

Ons huiswerkklas by Badisa vorder elke week en ons begin al ʼn duidelike verskil sien. Hierdie week is die nuut-geverfde klasse ingewy met ʼn besoek van die Distrikspos. Indien jy nuuskierig is, hou gerus die Distrikspos dop!

Ons volgende groot insamelingsprojek vir Ti amo, is ons tweedehandseklereverkoping. Wanneer die seisoen verander, is dit dalk net die regte tyd om so ʼn bietjie die kaste by die huis reg te pak. Alles wat gekrimp het, nie meer mooi is nie, wat jy nie meer gaan dra nie, kan jy in die houer buite k.118 plaas.

Sport- en skoolklere kan direk ingehandig word by me. Sandra van Rensburg, wat dit in die bekwame hande van die klerewinkel sal oorhandig. Al die ander gewone klere en skoene sal gedurende volgende kwartaal weer by ons jaarlikse klereverkoping teen winskopiepryse te koop aangebied word.

Dankie aan elkeen wat Ti amo ondersteun. # EEN STRAND.

Page 7: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Nuusbrief 4 30 April 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 6

7

FONDSINSAMELINGSGELEENTHEID - me. Eileen LambrechtsDie netbal-, tennis- en muurbalafrigters, die organiseerders van Die Suidooster-koerant, asook spelers, leerders en ouers van ons skool word hartlik uitgenooi na ons 5de stylvolle fonds-insamelingsgeleentheid op Woensdag, 9 Mei, in die skoolsaal. Die gaskunstenaar is die bekende aanbieder van Klavierkuiers, Pedro Kruger. Pedro bring by hierdie geleentheid hulde aan rolmodelle wat ʼn groot impak op sy lewe gehad het.

Byvoorbaat dankie aan al die ouers wat as gasvrouens optree en met hulle talente en kreatiwiteit, hul tafels pragtig gaan versier. Aan al ons onderwysers wat ʼn bydrae met die reël van die aand maak – julle is ware staatmakers, dankie daarvoor.

U is welkom om kaartjies by enige van die volgende gasvrouens te koop:

MA DOGTER SEKSIE E-POSADRES

Annelise van Zyl Anika van Zyl 8A [email protected] Hopley Cambill Wenn 8F Magda Lambrechts Anke Lambrechts 8B [email protected] Jooste Keylah Jooste 8A [email protected] Bosman Kiara Viviers 8A [email protected] Botha Melissa Botha 9B [email protected] Bosman Marli Botha 8B [email protected] Smit Marla Smit 8B [email protected] Ludick Jancke Ludick 9D [email protected] Moolman Erene Moolman 9A [email protected] Woodward Liza Woodward 9C [email protected] Gouws Zoë Gillespie 8A [email protected] Hughes Megan Hughes 8A [email protected] Jantjies Kimberlen Jantjies 8G Suzelle Steyn Jean-marie Steyn 12D [email protected] Swart Anel Swart 10A [email protected] Eileen Lambrechts Onderwyser [email protected] van der Walt Onderwyser [email protected] Lategan Onderwyser [email protected] Braasch Ane Braach 9B [email protected] Meyer Karine Meyer 10A [email protected] Scheepers Jan-Albert Mare 11C Lorraine Westraat Lisa Westraat 9B [email protected] Steenkamp Megan Engelbrecht 9G [email protected] Mariska Havenga Lumari Havenga 12A [email protected] vd Merwe Zoé-lee vd Merwe 11A [email protected] Annelize Morkel Charl Morkel 10B [email protected] Henn Michaela Pericatti 8A [email protected] Smit CJ Smit 9B [email protected]

Judy Smit Amber-Lee Smit 11G [email protected]

GROENKLUB - me. Megan TaljaardDie leerders het op Vrydag, 13 April, weer hul moue opgerol om ons strand skoon te maak. Ons het van die lewensreddingsklub tot by die privaat strand én weer terug tot by Ben’s Restaurant skoongemaak. Me. O’dine Lategan en van haar netbalspelers het ook na hul oefening by ons aangesluit.

Dit is altyd groot pret en baie lekker om te weet dat ons die omgewing beter maak. Ons doen dit ook om mense bewus te maak van die impak wat ons op ons natuurlike omgewing het.

Op Dinsdag, 24 April, het dertig leerders van die Groenklub die Cheetah Outreach in Somerset-Wes besoek. Ons het geleer van die belangrikheid van jagluiperds, rooikatte, tierboskatte, bakoorjakkalse en Anatolian herdershonde en die rol wat hulle in die natuur speel. Die leerders kon al die diere sien en was veral mal oor die tierboskatte! Ons het na ʼn aanbieding gekyk en daarna het ons weereens ons moue opgerol en vrywilligerswerk gedoen. Die leerders het ontslae geraak van klippe wat die katte se voete

seermaak en het molgate toegemaak wat gevaarlik is om in te trap.

Page 8: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Nuusbrief 4 30 April 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 8

SA-ROLBALKAMPOENSKAP - me. Leana Scott

Vier Hoerskool Strand rolbalspelers is in die o.20 en o.15 WP-spanne opgeneem en het in April in Bloemfontein aan die SA-rolbalkampioenskapstoernooi deelgeneem.

Die WP o.15B-span waarin McKenzie Knipe gespeel het, het goud verower. Die WP O.15A-span waarvan Shannon Phillips lid was, het ʼn brons medalje verower.

Jason Fouché en Juan Joubert het in die o.20 WP-span gespeel en ʼn derde plek in die plaatkompetisie be-haal.

ASA JEUG- EN JUNIOR ATLETIEKKAMPIOENSKAP - me. Annamarie LouwAdriaan Kennedy het gedurende die vakansie aan die ASA Jeug- en Junior Atletiekkampioenskap in die Paarl deelgeneem. Hy het gekwalifiseer om aan die S.18 400 m hekkies finaal deel te neem en boonop ʼn goue medalje as lid van die S.18 4x400 m-aflos verower.

ATLETIEKTOEKENNINGSFUNKSIE - me. Annamarie LouwTydens die atletiektoekenningsfunksie is alle atlete wat by die Sentraal Boland Kampioenskap en aan verdere provinsiale byeenkomste deelgeneem het, beloon – al was dit net met ʼn aansporingsertifikaat.

Die aand se verrigtinge is verder ingekleur deur die aanwesigheid van Zaid Williams, ʼn oudatleet van Hoërskool Strand, wat in 2016 die goue medalje in die 800 m by die SA Skole Kampioenskap verower het. Hy het in ʼn kort toespraak die atlete aangemoedig om altyd hul drome na te jaag, want slegs dan kan jy sukses bereik.

Twee atlete, Anél Swart en Marli Botha, het die Klub 900-toekenning ontvang, omdat hulle vanjaar 900 punte en meer vir hul onderskeie items behaal het.

Anél Swart het halfkleure verdien deurdat sy in die Boland-span opgeneem is om aan die Wes-Kaap Kampioenskap deel te neem. Die volgende atlete het volkleure behaal, aangesien hulle gekwalifiseer het om aan die SA Skole Kampioenskap in Potchefstroom deel te neem: Marli Botha, Carli Swart, Adriaan Kennedy, Caitlin Isaacs en Jada Dippenaar.

Die atlete van die jaar is Adriaan Kennedy en Caitlin Isaacs. Albei het aan die ASA Jeug- en Junior Kampioenskap deelgeneem. Albei het boonop ʼn medalje op nasionale vlak ontvang – Caitlin vir haar deelname in die D.17-span wat die brons medalje in die 4x100 m aflos by die SA Skole Kampioenskap verower het en Adriaan vir sy betrokkenheid by die 4x400 m aflosspan wat ʼn goue medalje by die ASA Jeug- en Junior Kampioenskap verower het.

Page 9: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Nuusbrief 4 30 April 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 8

9

KENAKO GHOLFTOERNOOI - mnr. Hans HumanVier van ons top gholfspelers, Ebrahiem van Niekerk, Charl Morkel, Etienne van Zyl en Sonja Veldsman, het van 25 - 27 Maart aan die Kenako Gholftoernooi in George en omgewing, deelgeneem. Met die Wildernis Hotel as ons basis het ons op drie bane - George, Kingswood en Mosselbaai, teen verskeie skole gespeel.

Hoërskool Strand het ʼn algehele 7de plek in die spanafdeling behaal. Etienne van Zyl was ons beste presteerder en het ʼn 19de plek in die individuele afdeling behaal. Hy het ook ʼn prys gewen vir sy bofhou op die 15de gat in George, wat die naaste aan die pen tot stilstand gekom het.

ARTHUR JOHNSON NETBALTOERNOOI - me. Tania vd WaltDie o.19A-netbalspan het vanaf 29 Maart tot 2 April in Mosselbaai aan die Arthur Johnson netbaltoernooi deelgeneem. HS Strand het ʼn algehele 7de plek uit 21 spanne behaal.

Bianca van Deventer is aangewys as een van die 14 uitnodigingspelers wat ʼn vertoonwedstryd aan die einde van die toernooi gespeel het. Suné Pentz en Leané van Deventer is ook genader om deel te vorm van die Travel Agency wat spelers identifiseer om as ʼn groep die Arthur Johnson netbaltoernooi in Wallis te verteenwoordig.

Ons kan ook dan met trots aankondig dat Anja Linde as die onderkaptein en Suné Pentz as die kaptein vir 2018 aangewys is.

Dankie aan elke ouer wat ons langs die baan of per whatsapp ondersteun het. Ons sien uit na ʼn uitdagende maar sinvolle seisoen.

Page 10: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Nuusbrief 4 30 April 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 10

OAKDALE RUGBYWEEK - mnr. Kieron vd MerweDie rugbytoerspan het tydens die Oakdale rugbyweek drie wedstryde teen HS Overberg, Wesvalia en Jeugland gespeel.

Al was die tellings nie in HS Strand se guns nie, is daar waardevolle ondervinding opgedoen ter voorbereiding vir die seisoen wat voorlê.

HS STRAND VERWELKOM ENGELSE TOERSPANDie kwartaal het afgeskop met die Welbeck-toerspan van Engeland wat tuis teen HS Strand se o.19A-rugbyspan gespeel het.

Die spelers wat drieë gedruk het, was Kallie Freemantle, Nathan Wylbach, Kerwin Stewart en Phillip Cronjé. Kerwin Stewart het met drie doelskoppe geslaag. Die eindtelling van 26-5 in die guns van HS Strand was beslis ʼn hupstoot vir die span se selfvertroue.

Na die wedstryd is albei spanne deur die ouers van die rugbymanne met lekker Suid-Afrikaanse braaivleis onthaal.

VOORSEISOEN-RUGBYWEDSTRYDE TEEN BREDASDORPAangesien die Nowan Cornelius Sportfees in Hermanus op die laaste nippertjie as gevolg van die onrus daar gekanselleer is, is daar vinnig planne gemaak om wel wedstryde vir die o.14, o.15 en o.16-rugbyspanne te reël. Hulle het toe op Donderdagoggend, 29 Maart, die lang pad na Bredasdorp aangepak om hul kragte daar te gaan meet.

Daar was gemengde uitslae – die o.14’s het met 19-14 geseëvier en die o.16’s met 36 -12. Ongelukkig het die o.15’s hulle in ʼn baie sterk span van Bredasdorp vasgeloop en is met 70-0 afgeransel.

Page 11: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Nuusbrief 4 30 April 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 10

BLOEMHOF INVESTEC ONDER 16-HOKKIETOERNOOIDie dogters o.16-hokkiespan het gedurende die vakansie onder leiding van me. Lydia Ziehl aan die Bloemhof Investec hokkietoernooi op Stellenbosch deelgeneem. 22 spanne het vanjaar aan die toernooi deelgeneem.

Die dogters het 5 van die 7 wedstryde in die B-afdeling gewen en ook die semi-finaal teen Rhenish B 1-0 gewen. Ongelukkig moes hulle die knie in die finaal teen HS Hugenote buig met ʼn telling van 0-1.

Die spelers wat doele aangetekn het, was Megan Carstens (6), Kimberley Katts (5), Esterlie Maré en Jadyn Engel (4 doele elk) en Lisa Westraat (1).

11

OAKHILL HOKKIETOERNOOI IN KNYSNADie eerste seuns- en meisiehokkiespanne het vanaf 4-8 April aan ʼn hokkiefees in Knysna deelgeneem.

Tydens die wedstryde het elke span hulle MVP (“most valuable player”) in die opponent se span aangewys. In die mesiespan was Carlin Fisher die genomineerde en by die seuns Eben de Klerk.

Die hokkiefees was ʼn goeie leerskool vir albei spanne. Alhoewel die tellings nie altyd in Hoërskool Strand se guns was nie, het die spanne geleer om as span saam te speel. Die spanne se spel het na elke wedstryd baie verbeter – sodanig dat die seuns op die derde dag met briljante hokkie teen Oakhill, wat as een van die gunstelinge gereken is, gelykop gespeel het.

PAARL GIMNASIUM HOKKIETOERNOOIDie seuns o.16A-hokkiespan het die vakansie aan ʼn hokkietoernooi by Paarl Gimnasium deelgeneem.

Dit was vir die onder 16-spelers ʼn goeie leerskool, aangesien baie van hulle in 2017 nog in o.14-spanne gespeel het en vinnig moes gewoond raak aan die vinniger spel, wat ook baie meer gestruktureerd is. Na die eerste dag het die samespel en vertroue verbeter, asook die balbeheer en verdediging.

Die toernooi was vir die seuns en afrigter van groot waarde, aangesien ʼn mens goeie foutontleding kon doen en kon agterkom op watter vaardighede en strategieë gefokus moet word.

Page 12: HORSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images... · dat ons leerders van nou af nog meer getrou skool sal moet bywoon. U word daaraan herinner dat kinders vir elke

Nuusbrief 4 30 April 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

MODERNE VYFKAMPAlexander en Christopher Smit het op Saterdag 14 April aan die Wes-Kaap Moderne Vyfkamp in Stellenbosch deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

Alexander het ʼn goue medalje en Christopher ʼn silwer medalje in die o.15 seunsafdeling verower.

Hiermee word hulle albei tot die Wes-Kaap span verkies om aan die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkamp Kampioenskap in die Paarl deel te neem.

Op Sondag, 15 April, het Alexander en Christopher Smit aan die Wes-Kaap “Lazer Run” in die Paarl deelge-neem.

Die kompetisie was baie sterk en die gehalte van die atlete was hoog en nogtans het hulle uitstekend gevaar.

Alexander behaal ʼn eerste plek vir seuns o.15 en Christopher het ʼn 5de plek.

Albei word verkies tot die Wes-Kaap span.

12

BEATRAE WALKER PRESTEER IN RUITERKUNSBeatrae Walker is ʼn knap ruiter wat reeds WP-kleure verwerf het vir hierdie interessante sportsoort wat sy nog net twee jaar lank beoefen.

Sy het onlangs aan interprovinsiale “English Mounted Games” tussen die WP, Gauteng en Kwazulu-Natal by die Wild Clover Farm buite Stellenbosch deelgeneem.

Hierdie kompetisie behels dat die perd en ruiter so vinnig as moontlik tussen ʼn klomp regopstaande pale deurbeweeg en voorwerpe (soos koppies, ringe, tennisballe en vlae) van die pale moet afhaal. Hierdie spoedoefening vind in ʼn afgemete terrein van 20m x 60m plaas. Vaardigheid en spoed is ʼn definitiewe voorvereiste. Sedert Beatrae aan hierdie kompetisie begin deelneem het, het sy nog elke keer ʼn eerste plek in haar klas behaal.

Oor twee maande neem sy aan die SANESA-kampioenskapstoernooi deel. Hierdie kompetisie sluit die volgende in: dressuurkuns (“dressage”), landloop en perdespring.

Sy is ook lid van die Helderberg Ponieklub en neem op 6 Mei aan ʼn interklubkompetisie deel.

Voorwaar ʼn interessante tydverdryf wat baie vaardigheid van perd en ruiter vereis.