horskool strad waar jong arende sweef...

17
31 Oktober 2018 | Nuusbrief 10 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong Arende sweef Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid UIT DIE HOOF SE KANTOOR 1 JAAREINDEKSAMEN Die einde van Oktober beteken eksamentyd. Almal se energie word hierdeur opgeslurp. Ouers word vriendelik versoek om toe te sien dat hulle kinders gedurende die eksamen toegewyd studeer. Hierdie eksamen kan bepaal of ʼn leerder die jaar slaag,of nie, en of die gemiddeld bo 80% is of nie. Dit is veral vir ons graad 11’s baie belangrik om hulle punte so hoog as moontlik te kry om ʼn plek by ʼn tersiêre instansie te verseker. Alle leerders moet besef dat die ekonomie onder druk is en dat die kompetisie in die arbeidsektor baie straf is. Jou rapport/matrieksertifikaat is jou waarborg om ekonomies kompeterend en suksesvol te wees. Kom ons presteer bo ons vermoëns, sodat ons suksesvol kan wees in die arbeidsektor. PERSONEELSAKE Ons verwelkom me. Magdel Human, wat as departementshoof, Fisiese Wetenskappe, aangestel is. Me. Human was hier op skool, so die omgewing is darem nie vreemd vir haar nie. Ons vertrou dat sy baie gelukkig sal wees in die Arendfamilie. Me. Megan Taljaard het ʼn pos by Hoërskool DF Malan aanvaar. Ons is hartseer om haar te verloor, maar ons gun haar hierdie nuwe geleentheid en wens haar net die beste toe. Me. René van Niekerk gaan haar volgende jaar as Engels-onderwyser by haar broer in Suid-Korea aansluit. Ons wens haar alle seën en voorspoed toe met hierdie volgende groot stap op haar lewenspad. Me. Annamaré Francis het mooi herstel na haar heupvervanging en sy het Maandag 29 Oktober teruggekeer skool toe. Ons het me. Francis baie gemis en ons is regtig saam met haar bly dat sy weer terug is by ons. Me. Pauliana Olivier en me. Loraine Verwey herstel ook nog van operasies, maar is reeds terug by die skool en hard aan die werk. Me. Cecile du Plessis, me. Arianne Shaw en me. Elize Nienaber is almal by die skool, maar herstel steeds na beserings. Ons bid vir volkome herstel vir al ons leerkragte. PRESTASIE Me. Lorinda van Wyk het op 28 Oktober in die Endlersaal van die Universiteit Stellenbosch haar praktiese Honneurs-eksamen as dirigent afgelê. Ons skoolkoor, ʼn volwasse koor en koperblaasorkes is deur haar gedirigeer. Dit was ʼn wonderlike geleentheid vir ons leerders en me. Van Wyk het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Ons is baie trots op ons koor, wat hierdie jaar uitsonderlike vordering onder leiding van me. Van Wyk getoon het. Ons doen ʼn beroep op ouers om leerders aan te moedig om by ons skoolkoor aan te sluit, sodat ons ʼn koor van ten minste 50 leerders kan hê. KULTUUR Tydens die Kultuurtoekenningsaand het die teenwoordiges diep onder die indruk gekom van die rykdom aan kultuurtalent by Hoërskool Strand. Dit is ʼn absolute mite dat daar nie kultuuraktiwiteite in Hoërskool Strand is nie. Die teendeel is waar en dit is dat daar ʼn oorvloed kultuurprestasies in Hoërskool Strand behaal word en dat die toppresteerders by kultuurkompetisies, dikwels van Hoërskool Strand kom. Ons is trots op ons kultuurleerders en ons wil hulle aanmoedig om steeds hulle talente te ontwikkel, want hierdie talente maak van hulle gebalanseerde en afgeronde jongmense.

Upload: others

Post on 08-Feb-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 31 Oktober 2018 | Nuusbrief 10

    H O Ë R S KO O L S T R A N D

    ARENDENUUSWaar jong Arende sweef

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    UIT DIE HOOF SE KANTOOR

    1

    JAAREINDEKSAMEN

    Die einde van Oktober beteken eksamentyd. Almal se energie word hierdeur opgeslurp.

    Ouers word vriendelik versoek om toe te sien dat hulle kinders gedurende die eksamen toegewyd studeer. Hierdie eksamen kan bepaal of ʼn leerder die jaar slaag,of nie, en of die gemiddeld bo 80% is of nie. Dit is veral vir ons graad 11’s baie belangrik om hulle punte so hoog as moontlik te kry om ʼn plek by ʼn tersiêre instansie te verseker. Alle leerders moet besef dat die ekonomie onder druk is en dat die kompetisie in die arbeidsektor baie straf is. Jou rapport/matrieksertifikaat is jou waarborg om ekonomies kompeterend en suksesvol te wees. Kom ons presteer bo ons vermoëns, sodat ons suksesvol kan wees in die arbeidsektor.

    PERSONEELSAKE

    Ons verwelkom me. Magdel Human, wat as departementshoof, Fisiese Wetenskappe, aangestel is. Me. Human was hier op skool, so die omgewing is darem nie vreemd vir haar nie. Ons vertrou dat sy baie gelukkig sal wees in die Arendfamilie.

    Me. Megan Taljaard het ʼn pos by Hoërskool DF Malan aanvaar. Ons is hartseer om haar te verloor, maar ons gun haar hierdie nuwe geleentheid en wens haar net die beste toe.

    Me. René van Niekerk gaan haar volgende jaar as Engels-onderwyser by haar broer in Suid-Korea aansluit. Ons wens haar alle seën en voorspoed toe met hierdie volgende groot stap op haar lewenspad.

    Me. Annamaré Francis het mooi herstel na haar heupvervanging en sy het Maandag 29 Oktober teruggekeer skool toe. Ons het me. Francis baie gemis en ons is regtig saam met haar bly dat sy weer terug is by ons.

    Me. Pauliana Olivier en me. Loraine Verwey herstel ook nog van operasies, maar is reeds terug by die skool en hard aan die werk.

    Me. Cecile du Plessis, me. Arianne Shaw en me. Elize Nienaber is almal by die skool, maar herstel steeds na beserings. Ons bid vir volkome herstel vir al ons leerkragte.

    PRESTASIE

    Me. Lorinda van Wyk het op 28 Oktober in die Endlersaal van die Universiteit Stellenbosch haar praktiese Honneurs-eksamen as dirigent afgelê. Ons skoolkoor, ʼn volwasse koor en koperblaasorkes is deur haar gedirigeer. Dit was ʼn wonderlike geleentheid vir ons leerders en me. Van Wyk het haar uitstekend van haar taak gekwyt.

    Ons is baie trots op ons koor, wat hierdie jaar uitsonderlike vordering onder leiding van me. Van Wyk getoon het. Ons doen ʼn beroep op ouers om leerders aan te moedig om by ons skoolkoor aan te sluit, sodat ons ʼn koor van ten minste 50 leerders kan hê.

    KULTUUR

    Tydens die Kultuurtoekenningsaand het die teenwoordiges diep onder die indruk gekom van die rykdom aan kultuurtalent by Hoërskool Strand. Dit is ʼn absolute mite dat daar nie kultuuraktiwiteite in Hoërskool Strand is nie. Die teendeel is waar en dit is dat daar ʼn oorvloed kultuurprestasies in Hoërskool Strand behaal word en dat die toppresteerders by kultuurkompetisies, dikwels van Hoërskool Strand kom.

    Ons is trots op ons kultuurleerders en ons wil hulle aanmoedig om steeds hulle talente te ontwikkel, want hierdie talente maak van hulle gebalanseerde en afgeronde jongmense.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2018AKTUELE SAKE

    2

    SPESIALE TOEKENNINGS VIR UITSONDERLIKE PRESTASIES - me. Marsha du Toit Leerders wat oor die afgelope paar jaar uitsonderlike prestasies op beide akademiese- en sportgebied gelewer het, is op 12 Oktober, tydens die formele afskeid van die graad 12-leerders, vereer.

    SKOOLHOOFDESKILD VIR LEERDER VAN DIE JAAR - Danie TheronDanie het ʼn gemiddeld van 89.3% oor die afgelope vier eksamens gehandhaaf. Hy het aan die Bio Science-olimpiade, sowel as aan verskillende Wiskunde-olimpiades, deelgeneem. Hy skryf ook vir die afgelope drie jaar die strawwe SA Taalbond se tweetaligheidseksamen.

    Danie se optrede is reëlreg in lyn met sy Christelike oortuigings en by FUEL het hy op sy kenmerkende kalm manier sy geloof in God uitgeleef.

    Reeds vroeg in sy skoolloopbaan het Danie die belangrikheid van tydsbestuur besef. Hierdie eienskap het hom in staat gestel om op baie terreine uit te styg deur puik te presteer. Sy kritiese denke en gedissiplineerde en vasberade lewensuitkyk onderskei hom van ander jongmense.

    Danie was vir drie jaar ʼn gewaardeerde lid van die eerste seunshokkiespan. As junior speler in die eerstespan het hy reeds getoon dat hy met net die beste tevrede is en dat hy homself sal bewys. Hy was altyd passievol en hardwerkend – op en af van die veld. As onderkaptein was hy altyd ʼn navolgenswaardige leier wat met sy goeie oordeel die spel kon lees en het daarom ʼn rustigheid in die span gebring. Ten spyte van sy uiters besige akademiese program en ekstra vak, was hy altyd getrou op sy pos en kon ʼn mens op net sy allerbeste staatmaak.

    Sy diplomatiese styl as hoofseun was opvallend, sowel as sy sin vir regverdigheid en empatie met sy medemens. Hy was deeglik in die beplanning en die uitvoering van sy take. Sy bydrae as lid van die beheer-liggaam van Hoërskool Strand was altyd deurdag en sinvol. Danie het nie kanse om te ontwikkel laat verbygaan nie en het ook die ATKV-jeugleierskonferensie bygewoon.

    Sy opregtheid hoef nooit in twyfel getrek te word nie. Danie het altyd tyd gemaak vir ʼn aangename, vriendelike gesprek en ʼn opbeurende woord vir diegene wat dit nodig het. Sy unieke humorsin en glimlag kon ʼn moeilike dag sommer ligter maak. Wat van Danie uitstaan, is dat sy optrede deurgaans van ʼn opgevoede, afgeronde jongman getuig.

    Hierdie is voorwaar ʼn uithaler-uitblinker leerder van Hoërskool Strand wat die gesogte Skoolhoofdeskild vir Leerder van die Jaar verdien.

    ROTARIËRS WISSELTROFEE VIR VEELSYDIGHEID - Gunter MöhrGunter het ʼn gemiddeld van 88.68% oor die afgelope vier eksamens gehandhaaf. Hy het aan verskillende Wiskunde-, sowel as aan die Bio Science- en RTT-olimpiades deelgeneem.

    Hoewel hy die afgelope twee jaar spesifiek op die rugbyveld uitgeblink het, is Gunter ʼn besonder veelsydige sportman. In die jaar of twee wat hy sy aandag op hamergooi toegespits het, het hy in die kort tydjie meer vermag as baie ander atlete wat al hul aandag daaraan wy.

    Op die rugbyveld het hy homself vir die afgelope twee jaar in die eerste rugbyspan onderskei. Hy het vir geen speler teruggedeins nie. Sy intelligente manier van speel het meegebring dat hy ʼn besonder waardevolle speler in die span was. Gunter het deurentyd deur sy voorbeeld gelei.

    Sy sterk leierseienskappe en gewildheid was voorts duidelik sigbaar in die posisies wat hy beklee het. As voorsitter van die sportportefeulje van die VRL was Gunter die een wat gereeld die pas aangegee het, sowel as beredeneerde leiding aan die beplanning van aktiwiteite gegee het. As lid van die verwelkomings-komitee het die kuikens wat aan sy sorg toevertrou is, gou tuis en geborge gevoel omdat Gunter hulle lewens opgevrolik het. As leier openbaar Gunter die vermoë om beide gesag te aanvaar, sowel as om op ʼn motiverende manier leiding te neem. Hy was altyd bereid om inisiatief te neem en die ekstra myl te loop.

    Sy kritiese en ondersoekende denke sonder hom uit. Hy kan opgewonde raak oor ʼn les of ʼn konsep wat hom interesseer en huiwer nie om sy waardering teenoor ʼn onderwyser uit te spreek nie. Ten spyte van sy bedrywige buitemuurse program lewer hy steeds akademiese werk van hoë gehalte. Gunter geniet die lewe ten volle terwyl hy ʼn gesonde balans handhaaf. Hy sal veral onthou word vir sy medemenslikheid, geestigheid en sjarme. Hierdie is ʼn jongman op wie ʼn mens altyd kan staatmaak. Hy is voorwaar ʼn waardige ontvanger van die Wisseltrofee vir Veelsydigheid.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    31 Oktober 2018AKTUELE SAKENuusbrief 10

    2

    3

    PIETER KOEN-BEKER VIR VOLHARDING EN DEURSETTINGSVERMOË - Ryan OsborneHierdie is ʼn jong man wat weet wat hy uit die lewe wil hê en bereid is om baie hard te werk om dit te bereik.

    Ryan was van graad 8 af ʼn leerder aan die Hoërskool Strand, maar in die middel van sy graad 11-jaar moes hy skool staak as gevolg van baie moeilike omstandighede buite sy beheer. In die ses maande wat hierop gevolg het, moes hy groot persoonlike struikelblokke oorkom, maar hy het hom nie laat onderkry nie.

    In Januarie van die volgende jaar besluit hy om terug te kom skool toe en graad 11 te herhaal. So ʼn besluit is nooit maklik nie omdat jy dan in ʼn laer graad as jou vriende is, jou trots moet sluk en die lewe vierkantig in die oë moet kyk.

    Hy het weer betrokke begin raak by buitemuurse aktiwiteite en sy potensiaal 100% benut. Deur toegewyde studie en ʼn duidelike doel voor oë het sy akademie al meer floreer en vandag is hy onder die top 10 leerders in matriek.

    Sy liefde vir mense en sy bereidheid om ander te help word duidelik in sy betrokkenheid by Ti amo waar hy leiding neem, bemoedig en ondersteun waar hy kan.

    Sy onberispelike maniere en betroubaarheid laat hom uitstaan bo baie ander. Ryan beplan om in 2019 onderwys te studeer.

    Baie mense wat in soorgelyke omstandighede verkeer, sou eenvoudig net moed opgee. Hy het ʼn tree vorentoe gegee en kanse met dankbaarheid aangegryp.

    Die Franse komponis, Saint-Saens, het by geleentheid die volgende wysheid kwytgeraak: “A difficulty over-come, is a thing of beauty” en Ryan se lewe spreek hiervan.

    HS Strand eer sy voorbeeld met hierdie toekenning en is trots om hom ʼn Arend te noem.

    THOM POTGIETER-BEKER VIR SPORTVROU VAN DIE JAAR (SPANSPORT) - Leandri Smart, Jamé Phillips en Zounica van der MerweAl drie hierdie leerders is in WP-toutrekspanne opgeneem wat in Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deelgeneem het. Daarna is hulle in die o.23 Disa-span opgeneem en het Suid-Afrika tydens die Wêreldkampioenskap verteenwoordig.

    Hulle het nie net met ʼn verskeidenheid medaljes teruggekom nie, maar spog ook na dese met hul Protea-kleure in toutrek.

    TONIE POTGIETER-BEKER VIR SPORTMAN VAN DIE JAAR (SPANSPORT) - Elandré Kemp

    Elandré is verkies tot die Suid Afrikaanse Toutrekfederasie se Gazelle-span (die Suid-Afrikaanse B-span) om Suid-Afrika in die o.23-span te verteenwoordig. Hiervoor verdien hy sy SA Toutrekfederasie-kleure.

    HECTIC BILTONG-TROFEE VIR SPORTVROU VD JAAR (INDIVIDUELE SPORT) - Marli Botha

    Marli ontvang hierdie trofee vir haar pragtige prestasie in hamergooi. Sy was vierde in haar ouderdomsgroep by die SA Skole-kampioenskap.

    MORKELBEKER VIR SPORTMAN VAN DIE JAAR (INDIVIDUELE SPORT) - Adriaan KennedyAdriaan is ʼn passievolle atleet en het vanjaar by die ASA Jeug- en Junior Kampioenskap ʼn goue medalje in die 4x400 m-aflos behaal.

    STER-TOEKENNING VIR BESTE PRESTASIE IN BUITESPORT - Alexander Smit

    Alexander het ʼn groot liefde vir sport in baie vorme. Hy was vanjaar die Suid-Afrikaanse o.15-kampioen by die Nasionale Vyfkamp-kampioenskap. Dit het pistoolskiet, skerm, swem, perdespring en veldloop ingesluit.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2018AKTUELE SAKE

    4

    DU TOIT-BEKER VIR VEELSYDIGHEID OP SPORTGEBIED: MEISIES - Leandri SmartSy speel vanjaar reeds vir haar derde jaar in die eerste dogtershokkiespan. Sy is verkies as kaptein van die span, waar sy haarself ook as iemand met baie goeie leierseienskappe bewys het.

    In atletiek was Leandri sedert haar graad 8-jaar nog elke jaar ʼn staatmaker wanneer dit by die worpe-items kom.

    Sy het die hoogste sport bereik toe sy vanjaar vir die SA Senior Toutrekspan gekies is, as kaptein aangewys is en aan die Wêreld Toutrekkampioenskap in Kampsbaai deelgeneem het, waar hulle verskeie medaljes verwerf het.

    Leandri was altyd ʼn ambassadeur vir ons skool, op en af van die sportveld. Met haar stil geaardheid het sy diep spore in elke medespeler se hart getrap.

    JOHN JENNINGS-BEKER VIR VEELSYDIGHEID OP SPORTGEBIED: SEUNS - Wiehann MeyerWiehann het hom as ʼn besonder veelsydige sportman bewys.

    Hy is sedert 2014, toe hy in gr. 8 was, ʼn staatmaker in die skool se eerste krieketspan en het op ʼn jong ouderdom sy stempel as middelkolwer en snelbouler afgedruk. Vanjaar het hy briljante tellings as kolwer aangeteken en sy pragtige, vloeiende boulaksie sal onthou word.

    Wiehann is ook ʼn veelsydige rugbyspeler en was vanjaar lid van die o.18B-span.

    Indien hy die tyd kon vind om hom ook op atletiek toe te spits, sou hy ook op daardie gebied die hoogste sport kon bereik. As spiesgooier het hy jaar na jaar sy vaardigheid by die interskole-atletiekbyeenkoms getoon.

    Die selfvertroue waarmee hy sy sport beoefen het, sal ons lank bybly asook sy mentorskap vir jonger spelers en sy onselfsugtige sportmangees.

    Die Hoërskool Strand hou sy vordering op sportgebied met belangstelling dop.

  • Nuusbrief 10 KULTUUR IS IN ONS BLOED 31 Oktober 2018

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 4

    5

    UNISA PRAKTIESE MUSIEKEKSAMEN - me. Wilna Joubert-DunbarVanjaar het vier leerders vir die UNISA praktiese musiekeksamen ingeskryf en as volg presteer:

    Kira Potgieter Klavier graad 2 Slaag met eervolle vermeldingMcKenzie Knipe Klavier graad 3 SlaagMarla Smit Klavier graad 4 SlaagMia Du Plessis Klavier graad 5 Slaag met eervolle vermelding

    HS Strand is trots op sy musiekleerders.

    KONTEMPORÊRE MUSIEKAAND - me. Wilna Joubert-DunbarOp Woensdag, 18 Oktober, het HS Strand, in samewerking met mnr. Mark Lekas, ʼn kontemporêre musiekaand, waartydens musiekleerders van graad 8-12 hul staal op elektriese kitaar, tromme en mikrofone getoon het, aangebied.

    Die leerders het items wat spreek van hoë tegniese vaardigheid en musikaliteit, gelewer. Enrique Barnard se deurlopende hulp met klank en verhoogbestuur, het gesorg dat die aand glad verloop het.

    Die matriekleerders, Paul Verdoes, Enrique Barnard, Maronay Todkill, Elsje-Mari van der Poel, en Kaylin Mariette het die aand op ʼn hoë noot met ʼn volle orkesitem, waarin hulle nie net saam gespeel het nie, maar ook elk ʼn solo-item gelewer het, afgesluit.

    Baie geluk aan mnr. Mark Lekas en die musiekleerders vir nog ʼn baie genotvolle musiekaand by HS Strand.

    KOOROPTREDE IN ENDLERSAAL - me. Lorinda van Wyk

    Hoerskool Strand se koor het op Sondag, 28 Oktober, die geleentheid gehad om in die Endlersaal van die Universiteit van Stellenbosch op te tree. Na maande se hard oefen het hulle ʼn indrukwekkende opvoering voor ʼn waarderende gehoor gelewer.

    Die Arende het die verhoog met Eikestad Seniorkoor asook die universiteit se akademiese koor, Schola Cantorum, gedeel. Die koorleier, Lyudmila Heath, het die leerders begelei.

    Die konsert was deel van die praktiese komponent van me. Lorinda van Wyk se Honneurs-eksamen.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    KULTUUR IS IN ONS BLOED 31 Oktober 2018Nuusbrief 10

    6

    GRAAD 12-LEERDERS SPOG MET HUL KUNSWERKE - me. Erna GroenewaldAs deel van die praktiese komponent van hul matriekeindeksamen is die kunswerke van die matriekleerders in die Kindertrustsentrum uitgestel. Die uitstalling was ʼn toonvenster vir die unieke en eiesoortige vaardighede van ons kunsleerders.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    31 Oktober 2018AKTUELE SAKENuusbrief 10

    6

    SKOOLGELD 2019

    Tydens die ouerbegrotingsvergadering is die skoolgeld vir 2019 soos volg vasgestel:

    SKOOLGELD IS VOORUITBETAALBAAR OP DIE VOLGENDE WYSES :

    1. Volle vereffening van R 22 605.00 per kind voor 28 Februarie 2019.

    1.1 Volle betaling voor of op 31 Januarie 2019: 10% korting R 2 260.50 U betaal dus slegs R 20 344.50 per leerling vir die jaar.

    1.2 Volle betaling voor of op 28 Februarie 2019: 8% korting R 1 808.40U betaal dus slegs R 20 796.60 per leerling vir die jaar.

    2. Maandelikse betalings vanaf 1 Januarie tot en met 1 November 2019: R 2 055.00 per leerling

    (Betalings moet geskied voor of op die 7de van elke maand)

    2.1 Per maandelikse debietorder elke maand vanaf Januarie tot November. Vorms beskikbaar by: me. L. Verwey

    2.2 Direkte inbetaling in ons bankrekening: Bank: ABSA

    Rek. Naam: Hoërskool Strand Takkode: 334312

    Rekening no: 0420146620 Verwysing: Skoolgeldrekeningnommer met voorletters en van

    (Skoolgeldrekening nommer regs bo aan rekeningstaat)

    3. Aansoek om vrystelling / vermindering van skoolgeld. Dit is u eie verantwoordelikheid om die vorms by die skool (me. Verwey) af te haal.

    Vorms beskikbaar vanaf 7 Januarie 2019. Die voltooide vorm met alle meegaande dokumente moet asseblief nie

    later as 28 Februarie 2019 by die skool ingedien word nie.

    TWEEDEHANDSE KLEREBANKOpeningstye 2018/2019

    2018:Dinsdag, 4 Des: 7:15-8:15Woensdag, 5 Des: 13:00-14:00Donderdag, 6 Des: 7:15-8:15 & 13:00-14:00 Vrydag, 7 Des: 7:15-8:15Maandag & Dinsdag, 10 & 11 Des: 7:15- 9:00 & 13:00-14:00Skool sluit: 12 Desember, 2018

    2019:

    Maandag, 7 Januarie (Personeel begin): 8:00-10:00Dinsdag, 8 Januarie (Gr. 8 Kuikens begin): 8:00-10:00 & 14:00-15:00Woensdag, 9 Januarie: (Skool heropen): 14:00-15:00Vrydag, 11 Januarie: 7:15-9:00

    Vanaf Maandag, 14 Januarie 2019:Dinsdae & Vrydae: 7:15-8:15Woensdagoggende: 14:15-15:00

    Vir enige navrae oor die Klerebank, kontak Jessie Serdyn by: 082 376 8824 of Mickey Pretorius by: 0762143270.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2018AKTUELE SAKE

    8

    GRAAD 11-LEERDERS VIER HUL EERSTE DAG AS DIE NUWE SENIORS VAN HS STRAND

    Op Maandag, 15 Oktober, het die graad 11-leerders die gebruiklike Voetedag gevier. Hierdie spesiale dag gedenk die begin van hul laaste jaar by die skool.

    NUWE HOOFLEIERS WORD BEKENDGEMAAK - me. Juliana Kotzé

    Die name van die nuwe hoofleiers is op Vrydag, 12 Oktober, tydens die gebruiklike afskeidseremonie van die matriekleerders bekendgemaak.

    HS Strand wens die nuwe leerders alle seën en sterkte toe met hierdie grootse taak.

    Kristen Meyer (onderhoofdogter); Tara Venter (hoofdogter); Chris Langeveldt (hoofseun) en Luke Booysen (onderhoofseun)

    DAMESOGGEND SAAM MET JAK DE PRIESTER - me. Eileen LambrechtsDie Ouerbetrokkenheidskomitee het op Saterdag, 13 Oktober, die immergewilde Damesoggend saam met die talentvolle liedjieskrywer en sanger, Jak de Priester, aangebied. Jak het sy betekenisvolle lirieke, lewens-verhaal, sielvolle stem, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid ingespan om die gehoor ʼn onvergeetlike ervaring te bied. Jak het definitief diep in elke gas se hart, nesgeskop. Hy is ook deur ʼn talent-volle jong man (die hoenderboer) op die klawerbord begelei. Jak het baie van die liedjies wat op sy jongste CD, 15 Jaar, verskyn, gesing.

    Driehonderd gaste is met geskenke, geskenkbewyse, asook heerlike verversings en tee bederf.

    Die komiteelede het as gasvrouens opgetree. Hulle het hul unieke talente ingespan om die tafels pragtig te versier.

    ʼn Opregte dank aan Isa Carstens en Miladys van Somerset Mall wat hierdie baie spesiale geleentheid geborg het.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    31 Oktober 2018AKTUELE SAKENuusbrief 10

    8

    9

    TI AMO-LIEFDADIGHEIDSKLUB - me. Sandra van RensburgTi amo se motto vir 2018: “Wees jy die verskil wat jy in ander wil sien.”

    Ti amo se bedrywighede is op ʼn hoë noot afgesluit met ons jaarlikse kersboomprojek. Dit was moeilik om te bepaal wie dit die meeste geniet het - ons leerders of die kinders van Sandvoetjies. Dit was ʼn ongelooflike ervaring om ons jaar se huiswerkklas so te kon afsluit. Elke kind het skryfbehoeftes ontvang met ʼn spesiale potloodsakkie wat deur me. Anita Zhiel gemaak is. Die skryfbehoeftes en speelgoed is met groot sorg deur me. Hannalie van der Merwe bymekaargemaak en verpak.

    Dit was ʼn middag van pret en plesier. Ankia Buys van Eazy Parties het vir ons twee springkastele gratis beskikbaar gestel. Hul spookasem-masjien was ook ʼn treffer! Almal het na die heerlike samesyn met ʼn glimlag en ʼn te hoë suikervlak huiswaarts gekeer.

    Ons is baie dank verskuldig aan elke leerder en onderwyser wat hul middag opgeoffer het om dit ʼn onthoudag vir hierdie kinders te maak.

    Ons laaste Ti amo-projek staan ook einde se kant toe. Ons het 3 ton water gepak en dit is gereed om na HS Sentraal in Beaufort-Wes vervoer te word.

    Duisend dankies aan elke ouer, onderwyser en leerder wat hierde jaar gehelp het dat ons ons motto daadwerklik kon uitleef.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2018AKTUELE SAKE

    10

    ARENDE VLIEG OORSEE - Esterlie Maré (graad 10) Burgerschool Roeselare-uitruilskema

    Om te reis is kraakvars, opwindend en baie pret. Voeg hierby 12 goeie skoolmaats en twee ewe prettige onderwysers en jy kry ʼn onvergeetlike ondervinding wat geld nie kan koop nie. Altans nie jóú geld nie.

    Die feit dat ons die bekendheid van ons daaglikse omgewing, bekendes en ons ouers verlaat het, was baie uitdagend en ietwat waaghalsig. Ons moes ons oopstel vir nuwe ervarings en ontdekkings; om nie eers te praat van die groot verantwoordelikheid om met jou sakgeld-begroting uit te kom nie!

    Vir maande het ons saam gedroom en gekoukus oor alles wat op ons wag en met ons – toe nog onbekende vriende in België - begin kontak maak.

    En toe breek die uur uiteindelik aan - 23 September 2018. Almal groet, hier en daar pik ʼn mamma ʼn traan, groepfoto’s, familiefoto’s, foto’s saam met vriende en ʼn laaste wuif aan die anderkant van die dik glas.

    Ons eerste paar dae het ons in Londen deurgebring. Ons uiters bekwame gidse, Sabine en Gideon, het ons in die vyf dae na elke toeriste-besienswaardigheid denkbaar geneem: Trafalgar Square, London Eye, Sea Life, Sky Garden, Buckingham Palace, St. Paul’s Cathedral, Hyde Park, Imperial War Museum, Camden Town, Kings Cross en natuurlik winkels soos Harrods, waar ons net met ons oë kon koop en Primark waar ons met ons (en ons ouers) se geld kon koop. Klere, aandenkings, geskenke, skoene en babaklere (juf. Wolff), en nog babaklere (juf. Wolff). ʼn Definitiewe hoogtepunt was toe juffrou Wolff en juf. Kotzé saam met die koningin-moeder, prins William en ander koninklikes op die balkon kon staan en vir ʼn foto poseer. Ons ander was gelukkig om bekendes soos Tom Cruise, One Direction, James Bond, Usian Bolt, Nadal en Brad Pitt te ontmoet, oftewel langs hierdie was ewebeelde te kon staan vir foto’s. Selfs ons eie Madiba pronk in die bekende Madame Tussauds museum.

    Die Eurostar het ons na ons volgende opwindende bestemming geneem waar ons hartlik deur die Belge ontvang is en uitgeplaas is na ons eerste week se huisgesinne. Gedurende hierdie ongelooflike week het ons wateraktiwiteite by Aan de Plas geniet, ʼn safari-ete saam met al die huisgesinne van die Belgiese groep geniet en ʼn Wêreldoorlogterrein besoek. Altwee groepe kinders het ʼn pretbelaaide resies langs die strand in billenkarre (trapkarre) meegemaak en die volgende dag ons eie eg Belgiese sjokolades gemaak. In Brugge het ons museums en mooi geskiedkundige plekke besoek asook op ʼn boottochtje gegaan. In Brussels het ons die hele Europa en die Atonium in ʼn asemrowende miniatuur wêreld beleef. Daarna het ons die Stadsspel van Roeselare bygewoon. Die naweek het ons saam met die Belgiese leerders en hul onderwysers in die sprokiesland by De Knapzak in Bohan ontspan. Hier is ons roeivermoë getoets tydens ʼn 10 km vaart vanaf Pouphan na Alle sur Semois. Dít was nou vet pret!

    Die tweede week is ons uitgeplaas na ander huisgesinne. Tydens dié week in België het ons die Burgerschool en die dorp, Leper, besoek, daarna die Tyne Cot Cemetry en museum, die Grote Markt en die Last Post waar ons deel kon hê aan die neerlegging van ʼn krans. Ons het ook die pragtige stad, Gent, besoek. ʼn Hoogtepunt gedurende hierdie week was die twee dae besoek aan Parys, die ongelooflike Eiffel toring in die nag en enige kind (en onderwyser-grootmens) se droom – Euro Disney! Ons laaste Vrydag in België het ons aan ʼn “paintball”-aktiwiteit deelgeneem voordat ons die formele Avondfeest bygewoon het.

    Totsiens-sê is nooit maklik nie, die spanning oor tasse wat dalk nie aan die gewigspesifikasies sou voldoen nie, het beslis die aandag van al die hartseer afgetrek. Gelukkig vir een juffrou, was daar ʼn ekstra tas en ʼn nuwe kleinkind wat op die lughawe in Kaapstad gewag het en vir ʼn ander juffrou ʼn oulike kêrel met ʼn groot bos Proteas.

    En vir ons twaalf bevoorregte Arende was daar ouers, boeties, sussies en vriende wat met ʼn luide gejuig (en trane) ons begroet het, daarna ʼn dis by die huis, soos vooraf uit Dubai bestel, en ure se stories tot laatnag. Terug. Veilig in ons nessies.

    Hierdie geleentheid sou ons nie te beurt geval het as dit nie vir ons dierbare ouers, ons borge en wonderlike toerma’s was nie. “It was CRAZzzzYYYY!”

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    31 Oktober 2018AKTUELE SAKENuusbrief 10

    10

    11

    GROEN WOEKER OM DIE OMGEWING TE BEWAAR - me. Megan Taljaard

    Die GROEN-Klub is in die derde kwartaal van 2017 deur me. Megan Taljaard tot stand gebring.

    Die lede van die klub het nie op hulle laat wag nie en binne ʼn jaar reeds ʼn watertenk vir die skool gekoop, twee keer bome op die skoolterrein geplant, die parkie oorkant die skool skoongemaak en bosse verwyder, ʼn paar keer die strand skoongemaak en ʼn wonderlike werksverhouding met die span van die Cheetah Outreach in Somerset-Wes gesmee. Die leerders wat gereeld gegaan het om vrywilligheidswerk te doen, kon die jagluiperds persoonlik ontmoet.

    Die leerders geniet dit ook elke keer om langs die strand te stap en rommel op te tel, want hulle weet hulle maak ʼn daadwerklike verskil in die hoeveelheid rommel wat in die see beland en sodoende die seelewe bedreig.

    Me. Taljaard verlaat ons aan die einde van die jaar, maar sy is opreg dankbaar vir die groot verskil wat die GROEN-klublede gemaak het in die bewaring van ons omgewing.

    Aidon McDuling, Alexander Ludeke en Stefan Naudé verdien spesiale vermelding omdat hulle altyd reg-gestaan het vir die uitreike en eerste hulle moue opgerol om te help.

  • Nuusbrief 10 31 Oktober 2018SPORTNUUS

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    GHOLFDAG - me. Anso KempDie HS Strand jaarlikse gholfdag het vanjaar op Vrydag, 28 September, by die Strand gholfklub plaasgevind. Dit is verblydend om te sien hoe die gemeenskap jaar na jaar saamstaan om hierdie geleentheid te onder-steun. Vanjaar was, ten spyte van die moeilike ekonomiese omstandighede, geen uitsondering nie.

    HS Strand is opreg dankbaar vir al die borge wat sonder skroom bygedra het om hierdie fonsinsamelings-geleentheid ʼn sukses te maak. ʼn Spesiale dankie aan ons skool se hoofborg, mnr. Christo Victor, van De Jagers.

    EERSTE KRIEKETSPAN MAAK INDRUK BY KFC-KRIEKETFEES - mnr. Andries LouwDit was vanjaar die sewende agtereenvolgende jaar dat HS Strand aan Hoërskool Punt se KFC-krieketfees deelgeneem het.

    Op dag een het HS Strand ʼn baie goeie oorwinning van 75 lopies oor HS Oudtshoorn behaal. Jarred Verwey met 71 sprankelende lopies het HS Strand gehelp om 200 lopies aan te teken. Hy is baie goed deur Estiaan Marais ondersteun, wat 37 baie goeie lopies aangeteken het en in ʼn groot mate die kolfbeurt geanker het.

    Reinhardt le Roux, ʼn graad 9-speler, het skitterend geboul en 5 paaltjies vir 34 lopies platgetrek – nogal in sy debuut vir die eerste span. Gevolglik is Oudtshoorn tot 125 lopies beperk.

    Guillaume Jansen, die span se mees ervare bouler, is tydens sy kolfbeurt beseer en kon glad nie boul nie. Dit was dus verblydend dat jong boulers, soos Reinhardt le Roux, Armandt le Roux en Chris Jurgens hand opgesteek het en baie goed geboul het.

    Op Sondag, 30 September, het HS Strand teen die gedugte Brandwag van Uitenhage te staan gekom. Ons is tot 96 lopies beperk op ʼn kolfblad wat houespel moeilik gemaak het. Nogtans het die kaptein, Liam Martin, ʼn uitstekende 46 lopies aangeteken. Brandwag het toe die 96 lopies verbygesteek met vyf paaltjies plat. Campbell Stuart het baie ekonomies geboul en slegs 11 lopies in 5 boulbeurte afgestaan en ʼn belangrike paaltjie platgetrek.

    Die Maandag het HS Strand die voorreg gehad om op die Van Riebeeck-velde se hoofveld teen Hoërskool Framesby van Port Elizabeth te speel. Framesby is as een van die drie sterkste spanne op die fees gereken en het ook die toernooi onoorwonne afgesluit.

    HS Strand het eerste gekolf en het 98 lopies aangeteken. Henco Stofberg, die span se onderkaptein het baie goed gekolf en 37 lopies aangeteken.

    Framesby het die telling met 5 paaltjies staande, verbygesteek. Daar moet melding gemaak word van die Strand se briljante boul- en veldwerk. Die afrigter van Boland Landbou wat die wedstryd dopgehou het, was vol lof vir HS Strand se veggees.

    Wat die wedstryde teen die genoemde Oos-Kaapse skole merkwaardig maak, is die feit dat die Oos-Kaapse skole deur die bank met hulle graad 12-spelers deelneem. HS Strand het met ʼn baie onervare span gaan toer en waardevolle ondervinding opgedoen. (Daar was drie graad 9-spelers en een graad 8-speler in die span.)

    Die spangees was ongelooflik goed en hulle het groot indruk met hulle mooi speeldrag, geborg deur die FIAFI-groep, gemaak. Die koshuispersoneel van Huis Pepler, waar die span tuisgegaan het, was vol lof vir die spelers se goeie maniere.

    Hierdie deelname aan die toernooi het beslis die grondslag gelê vir die bou van ʼn nuwe opwindende span. Alle eer aan die span se afrigter, Christiaan Theron, wat baie doelgerig met die span te werk gaan.

    12

  • Nuusbrief 10 31 Oktober 2018SPORTNUUS

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    13 12

    o.15-KRIEKETSPAN TOER NA KNYSNADie o.15-krieketspan het van 7-9 Oktober aan ʼn kriekettoernooi in Knysna deelgeneem. In die proses is baan-brekerswerk verrig, want dit was die eerste keer dat ʼn junior krieketspan op toer gegaan het.

    Alhoewel hulle al drie wedstryde teen gevestigde krieketskole soos Paul Roos en HS Milnerton verloor het, is die ondervinding wat in die proses opgedoen is, van onskatbare waarde.

    Daar moet ook bygevoeg word dat dit ʼn gemengde span van o.14- en o.15- spelers was. Baie van die o.15-spelers doen tans diens in die eerste krieketspan. Daar het dus talle jonger spelers broodnodige bloot-stelling aan kompeterende krieket gekry.

    Volgens die afrigters, mnre. Kieron van der Merwe en Daniël de Wet, het die seuns die toer baie geniet en hulle baie goed gedra. Hulle was goeie ambassadeurs vir die Hoërskool Strand.

    GROOT EER VAL BELOWENDE JONG KRIEKETSPELERS TE BEURTLiam Martin, Shane Craythorne, Jarred Verwey en Henco Stofberg is gekies om in Junie 2019 in Sri-Lanka te gaan krieket speel.

    HS Strand is trots op sy krieketspelers!

    KRIEKET SLUIT 2018 MET LOPIEFEES AF - mnr. Andries Louw2018 se krieketwedstryde het voorlopig tot ʼn einde gekom. Ten spyte van die versengende hitte is die lopies opgestapel.

    Die o.19A-span het HS Stellenbosch in die nasionale 20/20-kompetisie met 53 lopies geklop. HS Strand het ʼn indrukwekkende 191/2 opgestapel. Henco Stofberg het 48 nie uit nie aangeteken. Hy is baie goed deur Jarred Verwey met 38, Liam Martin met 35 en Shane Craythorne met 31 lopies ondersteun. HS Stellenbosch is daarna tot 134/5 beperk. Reinhardt le Roux met 2 paaltjies vir 31 lopies het die beste geboul om HS Strand met 57 lopies te laat wen.

    Die o.19B-span met drie eerstespanlede in hul geledere het met 7 paaltjies teen HS Dirkie Uys se o.19A-span verloor. HS Strand het met, Shane Craythorne, met 56 lopies aan die spits, 146/7 aangeteken. HS Dirkie Uys, met ʼn baie sterk kolflys, het hierdie totaal met slegs 3 paaltjies plat, verbygesteek en sodoende met 7 paaltjies gewen.

    Die o.15A-span het Parel Vallei met 8 paaltjies geklop. HS Strand het Parel Vallei tot slegs 87/6 beperk. Donovan Brooks, met 3 paaltjies vir slegs 8 lopies, het uitstekend geboul. Die Strand het daarna met 88 lopies vir die verlies van slegs 2 paaltjies hulle telling verbygesteek.

    Die o.15’s het daarna ook met HS Stellenbosch afgereken en met 21 lopies in ʼn baie warm Stellenbosch gewen. Die Strand het 107 lopies aangeteken met Lorenzo Liebenberg met 33 en Johan Verdoes met 30 lopies wat uitgeblink het.

    Die o.14A-span het teen HS Labori gespeel en met 117 lopies geseëvier. HS Strand het ʼn indrukwekkende 170 lopies vir slegs 4 paaltjies opgestapel. Guillaume Uys het ʼn briljante 74 lopies van slegs 49 balle gemoker. HS Labori is daarna vir slegs 53 lopies uitgeboul. Campbell Wenn het met skitterende boulwerk vorendag ge-kom en 3 paaltjies vir slegs 4 lopies platgetrek.

    Wat verblydend is, is dat die junior spanne se kolwers toenemend ook groot tellings begin aanteken.

    In die geheel gesien, was 2018 ʼn baie goeie krieketjaar.

  • Nuusbrief 10 31 Oktober 2018SPORTNUUS

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    ATLETE PRESTEER BY BREDASDORP TOP 10-BYEENKOMS - me. Annamarie Louw

    Die atlete op die foto het almal medaljes by die Bredasdorp Top 10-byeenkoms verower. In die afdeling waarin hierdie atlete deelgeneem het, het hulle teen 77 ander spanne meegeding.

    Christopher Smit (hamergooi o.14: 1e plek), Bianca van Deventer (spiesgooi o.17: 1e plek), Adriaan Kennedy (400 m hekkies S.17: 3e plek) en Marli Botha ( hamergooi D.15: 1e plek).

    HELDERBOSCH-ATLETIEKBYEENKOMS - me. Annamarie LouwOngeveer 80 atlete van Hoërskool Strand het vanjaar aan die Helderbosch-byeenkoms deelgeneem. Die deelnemende skole was Rhenish, HS Strand, HS Stellenbosch en Boland Landbouskool.

    Twee atlete van HS Strand verdien vermelding:

    Caitlin Isaacs het die beste o.17-baanprestasie behaal – 810 punte vir die 100 m en is ook as die Senior Victrix Ludorum van die byeenkoms aangewys. Sy het die 100 m en 200 m vir D.17 gewen.

    Adriaan Kennedy is as die Senior Victor Ludorum van die byeenkoms aangewys. Hy het die S.17 hoogspring, 110 m hekkies en 200 m gewen.

    HS Strand is trots op die atlete wat ons skool verteenwoordig het en hul beste gelewer het.

    14

    O.15 TENNISSPAN TOER NA BREDASDORP - me. Lydia Opperman Die o.15 tennisspan het van 11-13 Oktober aan ʼn tennistoernooi in Bredasdorp deelgeneem.

    Die seunspan bestaande uit CJ Smit, Krisjan van Zanten, Ebert Wessels, Herman Ras en Ian Ter Haar asook die dogterspan bestaande uit Hanlie Huisman, Lisa Westraat, Karla Pienaar, Aneldi Morkel en Michelle Pretorius het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.

    Die beste dubbelspaar was CJ Smit en Krisjan van Zanten, wat 4 van hul 5 wedstryde gewen. Die beste gemengde paar was Ian Ter Haar en Aneldi Morkel wat ook 4 van hul 5 wedstryde gewen het. Krisjan van Zanten en Aneldi Morkel wat elk 7 van hul 10 wedstryde gewen het, is as die spelers van die toernooi aangewys.

    BINNENSHUISE HOKKIE - me. Annamarie Louw

    Die volgende hokkiespelers is almal in Boland Binnenshuise hokkiespanne opgeneem en neem in Desember aan die Nasionale PSI-toernooi in Kaapstad deel:

    Onder 14: Durand van Deventer, Danelie Pienaar en Antoinette Bredenkamp.Onder 16: Nia Theron, Hanlie Huisman en Martin Louw.Onder 18: Pieter Lambrechts, Chris Langeveldt en Tara Venter.

    Adriaan Lambrechts is in een van die WP se o.18-spanne opgeneem om aan die PSI-toernooi deel te neem.

  • Nuusbrief 10 31 Oktober 2018SPORTNUUS

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    15 14

    ROLBALNUUS - me. Leana ScottDie volgende Hoërskool Strand rolspelers, wat die WP by die Envar Buys-streekstoernooi in Oudtshoorn verteenwoordig het, is met medaljes beloon:

    o.15 Ope spanneGoud: Shannon Phillip Silwer: Mckenze Knipe

    o.15 Newby-spanGoud: Zelda Marée en Armand Smit

    o.20 Newby-spanBrons: Eugene Louw, Paul Engelbrecht, Ian Mostert en Janlo Smith

    HOKKIETOEKKENINGSFUNKSIE 2018 - me. Annamarie LouwDie hokkietoekenningsfunksie van 2018 het op Woensdagaand, 26 September, plaasgevind. Dit was verblydend om te sien dat die hokkie-ouers die funksie in sulke groot getalle bygewoon het.

    Die beste seun- en dogterspeler van elke ouderdomsgroep het ʼn trofee ontvang:

    D.14: Lecé van WykD.16: Zani WillmotD.18: Carlin FisherS.14: Durand van Deventer S.16: Jayde Nel S.18: Edward Russouw

    Die beste o.18-spelers het die volgende trofees ontvang:

    Van Deventer-trofee beste vordering Pieter WelgemoedCDP van Zyl-trofee vir belowendste voorspeler Christiaan de WetCDP van Zyl-trofee vir belowendste agterspeler Xander BarnardJo Potgieter-trofee vir belowendste voorspeler Dominique CarstensTertia Steyn-trofee vir belowendste agterspeler Elrika vd Westhuizen

    Enya Scholtz en Attie Lambrechts is as die beste doelwagters van die jaar aangewys. Rochelle Roos (o.18B) was die ontvanger van Die Golden Striker-trofee.

    Die beste spanne van 2018 is die D. o.18B-span (van me. Leana Scott) en die S. o.18A-span (van me. Leani van der Merwe).

    GIMNASTIEKMia du Plessis het die volgende uitslae in die ouderdomsafdeling 14-17 van die pas afgelope SA Gimnastiekkampioenskap behaal:

    Sy het ʼn 3de plek vir Spronge (Vault) behaal en ʼn algehele 10de plek in die kampioenskap behaal.

  • Nuusbrief 10 31 Oktober 2018SPORTNUUS

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    RUGBY TOEKENNINGSFUNKSIE - mnr. Kieron vd Merwe2018 se rugbytoekenningsfunksie was, soos elke jaar, ʼn besondere gebeurtenis. Rugbyspelers is tydens hierdie geleentheid vir hul uitsonderlike prestasies beloon.

    Die twee hoogtepunte van vanjaar se rugbyseisoen was Tumela Morena se insluiting in die o.15 Akademiese span en Viagne Venter se insluiting in die WP se o.15 Elite-span.

    Die volgende spelers het prestige toekennings ontvang:

    o.14-speler van die jaar Tashreeq Mollero.15-speler van die jaar Christo Le Rouxo.16-speler van die jaar Henco Viljoeno.19 -speler van die jaar Tumelo Moremi

    1STE SPANDe Villiers Dumas o.19 wisseltrofee vir beste sportmangees: Johann LootsDJ de Villiers-trofee vir spelers se beste speler: Gunter MöhrPieter Lombaard-trofee vir meeste toewyding: Mauritz SwartFaasen-trofee vir beste vordering in rugby (voorspelers): Kallie FreemantleBosman-Trofee vir beste vordering in rugby (agterspelers): Gershon September

    LAASTE SPORTDAG: MATRIEKS TEEN DIE RES VAN DIE SKOOL - mnr. Kieron vd Merwe

    Hierdie jaar is die eerste jaar in ʼn baie lang tyd wat die matrieks van HS Strand teen die res van die skool meegeding het.

    Die eerste wedstryd van die dag - netbal – het gesorg vir ʼn titaniese stryd waarin die “res-span” aanvanklik die voortou geneem het. Die matriekspan het egter met ʼn goeie terugvegpoging die wedstryd met 32-28 in hul guns beklink.

    Tydens die dogters se hokkiewedstryd het die twee spanne mekaar op en af regoor die hele veld gedryf, maar die “res-span” was net te sterk vir die matriekspan en het die wedstryd 2-0 gewen.

    In die seuns se hokkiewedstryd het die matriekspan van meet af gewys dat hulle ʼn gedugte span is en die “res-span” van die veld af gespeel om met 5-3 te seëvier.

    Die dag is afgesluit met die rugbywedstryd wat in die aand onder spreiligte op Charles Morkel se A-veld beklink is. Albei spanne het baie fisiek gespeel en die skare kon die stampe en duikslae tot op die pawiljoen hoor. Na net 5 minute het Johann Loots, kaptein van die matriekspan, die veld verlaat met ʼn besering. Die matriekspan, sonder hul leier, se rigtingloosheid het hulle die wedstryd gekos. Die “res-span” het glad nie teruggestaan vir die klomp “hardebaarde” nie en ʼn oorwinning van 36-24 behaal.

    Dalk kan hierdie geleentheid in die toekoms weer ʼn gereelde instelling vir die matrieks en die res van die skool word.

    16

    STAANPLANKROEI

    Henco Scholtz het op 6 Oktober sy SA-kleure vir bogenoemde sportsoort ontvang.

    Hy vertrek op 17 November na China waar hy aan die Wêreldkampioenskap gaan deelneem.

  • Nuusbrief 10 31 Oktober 2018SPORTNUUS

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    16 17

    KARATEAnushka Humphreys, in graad 8, het by die Nasionale GOJU RYU-karatekampioenskap ʼn silwer medalje vir die kata-styl in haar afdeling behaal.