hoërskool brandwag | eeu van dankbaarheid › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · web...

11
GRAAD 9 DIE MENSLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL (REPRODUKTIEWE) FUNKSIE: Die produksie van manlike en vroulike geslagselle wat dit vir die mens moontlik maak om voort te plant sodat die spesie nie uitsterf nie. Komponente van voortplantingstelsel: 1. Testes : produseer manlike geslagselle nl sperms 2. Eierstokke (ovarium): produseer die vroulike geslagselle eierselle(ova) 3. Uterus (baarmoeder) : die embrio ontwikkel daarin Gesondheidskwessies van voortplantingstelsel 1. Onvrugbaarheid : die vrou kan nie swanger raak nie. Dit kan behandel word met hormone. 2. Fetale alkoholsindroom(FAS) : swanger vrou drink alkohol wat kan lei tot : Lae geboorte gewig Geboorte afwykings Leerprobleme Swak geheue Gedragsprobleme : kan nie met ander oor die weg kom nie. 3. Seksueel oordraagbare siektes(SOS`e) : siektes wat deur mikoro- organismes veroorsaak word soos virusse en bakterie. Voorbeelde : genitale vratte, MIV, sifilis, gonoree en genitale herpes. Puberteit Puberteit: Die stadium in die lewe waar die menslike liggaam veranderinge ondergaan totdat die geslagsdele volwassenheid bereik en kan voortplant. Die tyd wat dit begin verskil van persoon tot persoon Dit begin deurdat pituïtêre (basis van brein) sekere hormone afskei. Sekondêre seksuele kenmerke Hormoon afgeskei Sekondêre seksuele kenmerke by seuns Sekondêre seksuele kenmerke by dogters Testosteroon word deur testes afgeskei by Toename in groei Onderarm en pubiese 1

Upload: others

Post on 05-Jul-2020

7 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · Web viewTestes : produseer manlike geslagselle nl sperms. Eierstokke (ovarium): produseer

GRAAD 9DIE MENSLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL (REPRODUKTIEWE)

FUNKSIE: Die produksie van manlike en vroulike geslagselle wat dit vir die mens moontlik maak om voort te plant sodat die spesie nie uitsterf nie.

Komponente van voortplantingstelsel:

1. Testes : produseer manlike geslagselle nl sperms2. Eierstokke (ovarium): produseer die vroulike geslagselle eierselle(ova)3. Uterus (baarmoeder) : die embrio ontwikkel daarin

Gesondheidskwessies van voortplantingstelsel

1. Onvrugbaarheid : die vrou kan nie swanger raak nie. Dit kan behandel word met hormone.2. Fetale alkoholsindroom(FAS) : swanger vrou drink alkohol wat kan lei tot :

Lae geboorte gewig Geboorte afwykings Leerprobleme Swak geheue Gedragsprobleme : kan nie met ander oor die weg kom nie.

3. Seksueel oordraagbare siektes(SOS`e) : siektes wat deur mikoro-organismes veroorsaak word soos virusse en bakterie.Voorbeelde : genitale vratte, MIV, sifilis, gonoree en genitale herpes.

Puberteit

Puberteit: Die stadium in die lewe waar die menslike liggaam veranderinge ondergaan totdat die geslagsdele volwassenheid bereik en kan voortplant.

Die tyd wat dit begin verskil van persoon tot persoon Dit begin deurdat pituïtêre (basis van brein) sekere hormone afskei.

Sekondêre seksuele kenmerke

Hormoon afgeskei Sekondêre seksuele kenmerke by seuns

Sekondêre seksuele kenmerke by dogters

Testosteroon word deur testes afgeskei by seuns

Toename in groeiOnderarm en pubiese hare groeiSkouers word breërPenis en testes word groterLiggaamshare en gesigshare groeiStem word dieper en growwer

Estrogeen word deur ovarium afgeskei d by dogters

Toename in groeiOnderarm en pubiese hare groeiHeupe word breërMenstruasie beginBortse ontwikkel

1

Page 2: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · Web viewTestes : produseer manlike geslagselle nl sperms. Eierstokke (ovarium): produseer

Voortplantingsorgane

Manlike voortplantingsorgane

Funksie :

Produseer sperms Produseer manlike hormoon testosteroon Plaas sperms in die vroulike vagina

Manlike voortplantingsorgane

Funksie van verskillende dele

Penis : plaas die sperms in vroulike vagina, word gebruik vir urinering.Voorhuid : velvou aan bopunt van penis.Testes: produseer spermselleProstaatklier en saadsakkie : produseer semen(wit vloeistof) wat sperms lewendig hou .Spermbuise( vas deferens) : sperms beweeg daardeur vanaf testesSkrotum : sak waarin testes weghou van die liggaam. Belangrik want dit hou die temperatuur laer om gesonde sperms te produseer.

Vroulike voortplantingsorgane

Funksie Produseer vroulike hormone nl.estrogeen en progesteroon Produseer ova(eiersel) Ontvang die sperms Beskerm en voed die ontwikkelende fetus

2

Page 3: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · Web viewTestes : produseer manlike geslagselle nl sperms. Eierstokke (ovarium): produseer

Vroulike voortplantingsorgane

Uterus: die fetus ontwikkel daar Die baarmoederwand verdik en word voorberei vir swangeskap. Indien daar geen swangerskap is nie breek die wand af en menstruasie vind plaas.

Eierstokke(ovarium): produseer die ovaFallopiese buis(eierleiers): sperm versmelt met die ova in die buis en dan word dra die ova van die eierstokke na die uterus daardeur gedra.Vagina: gespierde deurgang vanaf uterus na buite.

Sperms word in vagina vrygestel tydens kopulasie. Tydens geboorte beweeg die baba deur die kanaal

Serviks: gesierde opening wat vanaf vagina na baarmoeder. Rek oop tydens geboorteProsesseMenstruasie: Maandelikse vloei van bloed waar uteruswand afgewerp word indien bevrugting nie plaasvind nie.Ovulasie : eierselletjie(ova) word vrygestel tydens menstruele siklus, ova wat nie bevrug word nie sal doodgaanKopulasie : wanneer die sperms oorgedra word deur die penis in die vagina te plaas en dan daar vrygestel te word.Bevrugting : sperms beweeg deur serviks, uterus en fallopius buis tot by ova. Slegs een sperm kan ova bevrug. Selkern van ova en sperm versmelt en sigoot vorm.

Menstruele siklus

1. Ovum ontwikkel in die ovarium2. Ovulasie vind plaas wanneer die ovum vrygestel word3. Uteruswand is verdik om die embrio te ontvang tydens inplanting4. Ovum is nie bevrug nie en sterf af. Uteruswand disintergreer en word geleidelik deur vagina

uitgeskei deur menstruasie

3

Page 4: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · Web viewTestes : produseer manlike geslagselle nl sperms. Eierstokke (ovarium): produseer

Swangerskap: Na bevrugting beweeg die sigoot stadig deur die Fallopiusbuis terwyl dit verdeel(mitoties). Sigoot is nou `n balletjie selle (week 1) Wanneer dit die uterus bereik vind inplanting plaas en word nou `n embrio genoem (week

2 tot 8). Embrio ontwikkel vingeragtige uitsteeksels wat uterus wand binne dring en word plasenta

gevorm. Plasenta en embrio word verbind deur naelstring. Plasente verskaf suurstof en voedingstowwe en neem weg die koolsuurgas en

afvalstowwe. Soos embrio groei neem plasenta ook toe in grootte.

Funksie van plasenta1. Fetus se bloed neem koolstofdioksied en ander afvalstowwe na plasenta deur die naestring slagaar2. Die ma se bloed vloei tot in ruimtes in die plasenta en bring suurstof en voedingstowwe 3. Suurstof beweeg dan deur dun wande van bloedvate deur diffusie na die bloed van fetus en

afvalstowwe beweeg uit die bloed van fetus na plasenta tot in moeder se bloed.4. Moeders se bloed neem afvalstowwe weg.5. Fetus se bloed neem suurstof en voedingstowwe deur die naelstring aar van die plasenta na die

fetus. Die fetus lê in sakkie met vloeistof nl. Amnion met amniotiese vloeistof wat fetus beskerm teen

uitdroging en skokke(beserings) Embrio ontwikkel en na twee maande van swangerskap noem ons dit `n fetus Ontwikkelingstydperk van fetus is ongeveer 280 dae(nege maande) Tydperk tussen bevrugting en geboorte staan bekend as dratyd of swangerskap.

4

Page 5: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · Web viewTestes : produseer manlike geslagselle nl sperms. Eierstokke (ovarium): produseer

Leefstyl van moeder tydens swangerskap Tydens swangerskap moet die ma let op wat sy eet, drink en medikasie wat sy gebruik. Genoegsame vars groente ,vrugte, proteïene en oefening is belangrik vir ontwikkeling van fetus . `n Ongesonde leefstyd kan tot nadeel van die ontwikkelende fetus wees. Net soos noodsaaklike stowwe die fetus bereik deur plasenta en naelstring kan skadelike stowwe

ook die fetus so bereik.

Rook van sigarette Skadelike stowwe in moeder se bloed kan fetus bereik.Fetus ervaar `n tekort aan suurstof wat die hartjie onder spanning plaasBaba het lae geboortegewigKan sukkel om te oorleef

Alkohol Dit kan die baba in gevaar stel om fetalealkoholsindroom(FAS) te ontwikkel met die volgende effekte:Verstandelike gestremdheidHartgebrekeKlein liggaamsgrootteKlein koppies

Gebruik van medisyne en dwelms Kan geboorte afwykings veroorsaak.Gebruik slegs medikasie soos voorgeskryf deur die ouers.Enige onwettige dwelmmiddel het ernstige nagevolge vir die baba

Gebrekkige dieet en tekort aan oefening Kan fetus verswak as sy nie gesond eet nie.Gebrek aan oefening kan vrou se liggaam verswak sodat sy moeilik kraam

Duitse masels(virus siekte) Indien vrou dit kry binne eerste 12 weke van swangerskapkan dit lei totDoofheidBlindheidHartdefekte by baba

MIV/Vigs Virus kan van moeder na baba oorgedra word, indien moeder nie die regte medikasie gebruik nie kan baba vroeg na geboorte sterf

5

Page 6: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · Web viewTestes : produseer manlike geslagselle nl sperms. Eierstokke (ovarium): produseer

Geboorte van `n baba

`n Paar weke voor geboorte draai fetus gewoonlik sodat dit kan lê met koppie na onder. Geboorteproses begin met periodieke kontraksies van uterus wat kraam genoem word. Die serviks verwyd en baba word gebore Met geboorte is baba nogsteed aan plasenta verbind deur naelstring. Baba kan nou self asemhaal en word die naelstring geknip. Tydens swangerskap vergroot ma se borste en melkkliere maak melk sodat die baba dadelik aan

die ma kan drink.

Voorkoming van swangerskap met kontrasepsie(voorbehoeding) Geboortebeperking: voorkoming van swangerskap Voorbehoedmiddels: metode om geboortebeperking te verseker

Metode Hoe dit werk Beskerming teen SOS`eManlike kondoom Versperring sodat sperms nie

vagina binne dring nieBied beskerming

Vroulike kondoom Versperring sodat sperms nie vagina binne dring nie

Bied beskerming

Diafragma Versperring by serviks sodat sperms nie uterus binne dring nie

Geen beskerming nie

Voorbehoed pil Bevat kusmatig hormone wat die vrystelling ova/ovulasie verhoed

Geen beskerming nie

Ritme Seksuele omgang word drie tot vier dae voor en na ovulasie vermy

Geen beskerming nie

Onthou dat die enigste 100% veilige metode is onthouding van seksuele omgang!

Hersieningsaktiwiteit 4

1. Onderskei tussen1.1 sigoot1.2 embrio1.3 fetus1.4 baba2. Die volgende diagram toon die menslike fetus aan.2.1 Benoem die diagram deur van die volgende woorde gebruik te maak

uteruswand; plasenta; naelstring; uterus; serviks; vagina

6

Page 7: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · Web viewTestes : produseer manlike geslagselle nl sperms. Eierstokke (ovarium): produseer

2.2 Wat is die funksie van die plasenta?2.3 Wat is die funksie van die naelstring?2.4 Wat word die periode tussen bevrugting en geboorte genoem.2.5 Wat sal gebeur met die eiersel(ovum) indien dit nie bevrug word nie?

3. Wat is die verskil tussena. `n eiersel en sigootb. `n embrio en fetusc. die ureter en uterus

4.4.1 Wat is menstruasie?4.2 Linda begin haar periode op 7 Januarie. Sy het `n vaste siklus van 28 dae en menstrueer vir 6 dae.

a. Op watter dag het Linda ophou omte menstrueer?b. Op watter dag in Januarie het Linda waarskynlik ovuleer?c. Wanneer sal Linda haar volgende periode hê?

d. Linda se vriendin Susan begin om te menstrueer op 2 Januarie. Sy het `n 24-dag siklus. Wanneer sal sy waarskynlik ovuleer?5. Bestudeer die diagramme van die prosesse in die menslike voortplantingsiklus en beantwoord die vrae.

7

Page 8: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID › wp-content › uploads › 2017 › 02 …  · Web viewTestes : produseer manlike geslagselle nl sperms. Eierstokke (ovarium): produseer

5.1 Verskaf die nommer op die diagram in die siklus waar 'n eiersel vrygestel word. 5.2 Identifiseer die naam van die proses wat in 5.1 plaasvind. 5.3 Benoem en verduidelik die proses wat by nommer 4 plaasvind. 5.4 Verduidelik kortliks die proses van bevrugting5.5 Noem die hormoon wat 'n noodsaaklike rol in die manlike voortplantingstelsel speel. 5.6 In vrouens word daar na die vagina verwys as die kopulasiekanaal sowel as die geboortekanaal.

Verduidelik die stelling kortliks. 6. Bestudeer die meegaande diagramme oor die groei van die fetus gedurende swangerskap en trek `n lyngrafiek om die massa oor `n tydperk uit te beeld.

8