hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die...

161
1 Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit Stellenbosch. Alle navrae kan gerig word aan: Mnr Theo Broodryk Fakulteit Regsgeleerdheid Universiteit van Stellenbosch Ou Hoofgebou Privaatsak XI Matieland 7602 Tel: 021 808 4853 Epos: [email protected]

Upload: others

Post on 02-Nov-2019

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

1

Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die

Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit Stellenbosch.

Alle navrae kan gerig word aan:

Mnr Theo Broodryk

Fakulteit Regsgeleerdheid

Universiteit van Stellenbosch

Ou Hoofgebou

Privaatsak XI

Matieland

7602

Tel: 021 808 4853

Epos: [email protected]

Page 2: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

2

INHOUDSOPGAWE

REGSKRYFWERK ............................................................. 6

1 Inleiding ........................................................................ 6

Deel 1: Algemene en onontbeerlike beginsels van

regskryfwerk ...................................................................... 7

1 Goeie akademiese skryfwerk is korrekte skryfwerk ..... 7

1 1 Metaforiese taalgebruik ......................................... 9

1 2 Die onbeheerde gebruik van relatiewe terme (die

afwesigheid van kriteria) ...................................... 12

1 3 Vae of onnodige konsepte ................................... 13

2 Taal is onpresies ........................................................ 15

2 1 Dat daar altyd ’n korrekte antwoord op ’n regsvraag

bestaan ............................................................... 15

2 2 Dat die gehalte van jou werk op grond van jou

gevolgtrekkings beoordeel word .......................... 19

3 Kritiek op jou werk ...................................................... 20

Deel 2: Hoe om ’n argument te ontwikkel ..................... 22

1 Oorsig: die drie stappe in die opstel van ’n ............... 22

werkstuk ................................................................... 22

1 1 STAP 1: Insameling van inligting ......................... 26

1 2 STAP 2: Verwerking van inligting......................... 29

1 3 STAP 3: Redigering ............................................ 41

TAAL- EN STYLKWESSIES ............................................ 44

1 Taalhulp in die Fakulteit ............................................. 44

2 Algemene skryfbeginsels ........................................... 44

Page 3: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

3

2 1 Beplan jou tyd...................................................... 44

2 2 Berei voor ............................................................ 45

2 3 Wees (wakker en betrokke) in die klas ................ 45

2 4 Lees in die algemeen soveel moontlik ................. 46

2 5 Wees bedag op spel- en tikfoute ......................... 46

2 6 Gebruik ’n speltoetser en ander spelgidse ........... 46

2 7 Handhaaf gebruiksvriendelike taal ....................... 47

2 8 Gebruik konkrete woorde of frases eerder as

abstrakte woorde of frases .................................. 48

2 9 Handhaaf die korrekte register ............................ 49

2 10 Bou gesonde sinne .............................................. 50

2 11 Struktureer goeie paragrawe ............................... 52

2 12 Gebruik aktiewe werkwoorde eerder as passiewe

werkwoorde ......................................................... 54

2 13 Versiering ............................................................ 55

2 14 Laaste maar nie die minste nie ............................ 55

3 Spesifieke taal- en stylkwessies ................................. 58

3 1 Leestekens .......................................................... 58

3 2 Opskrifte, nommers en bullets ............................. 69

3 3 Syfers .................................................................. 71

3 4 Voorsetsels ......................................................... 72

3 5 Werkwoorde ........................................................ 73

3 6 Byvoeglike naamwoorde ..................................... 75

3 7 Kies die gepaste woord ....................................... 76

3 8 Spelling ............................................................... 79

Page 4: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

4

3 9 Algemeen ............................................................ 89

DIE FAKULTEIT SE STYLRIGLYNE VIR VERWYSINGS 91

1 Inleiding ...................................................................... 91

2 Voetnote ..................................................................... 91

3 Bronverwysings .......................................................... 96

3 1 Boeke .................................................................. 96

3 2 Hoofstukke in geredigeerde boeke ...................... 99

3 3 Losbladpublikasies ............................................ 101

3 4 Proefskrifte ........................................................ 104

3 5 Amptelike publikasies en SA

Regshervormingskommissie-publikasies ........... 105

3 6 Ongepubliseerde materiaal ................................ 106

3 7 Joernaalartikels ................................................. 107

3 8 Artikels in die gedrukte media (tydskrifartikels,

koerantartikels, resensie artikels en vonnisbe-

sprekings) .......................................................... 110

3 9 Sake .................................................................. 111

3 10 Wetgewing ........................................................ 115

3 11 Internetbronne ................................................... 116

3 12 Bibliografie ........................................................ 119

SPESIFIEKE UITKOMSTE ............................................. 123

1 ’n Vraag te lees, verstaan en beantwoord ................ 124

2 Behoorlike inleidings en gevolgtrekkings te skryf ...... 125

3 Gebruikersvriendelike taal te skryf ............................ 126

Page 5: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

5

4 Behoorlike beplanning te doen en ’n behoorlike

struktuur te skep ....................................................... 127

5 Logiese vloei en samehang te verseker ................... 128

6 By die beginsels van akademiese regskryfwerk te hou ...

................................................................................ 129

7 ’n Argument te ontwikkel .......................................... 130

8 Behoorlik te verwys .................................................. 132

9 Behoorlike e-posse en fakse te skryf ........................ 133

PLAGIAAT ..................................................................... 136

US BELEID MET BETREKKING TOT AKADEMIESE

INTEGRITEIT .................................................................. 139

AFKORTINGS VAN BEKENDE SUID-AFRIKAANSE

REGSBRONNE .............................................................. 157

1 Suid-Afrikaanse regsbronne ..................................... 157

2 Nuttige skakels om die aanvaarde afkortings van

regsbronne op te soek .............................................. 160

3 Boeke beskikbaar in die biblioteek wat handel oor

regsafkortings........................................................... 161

Page 6: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

6

REGSKRYFWERK1

1 Inleiding

Die doel van dié gids is om jou die vermoë te help ontwikkel

om jou eie werk krities te beoordeel. As jy deurentyd na die

beginsels in die hieropvolgende gedeeltes terugverwys en

dit konsekwent toepas, gaan jy aktief besig wees om die

gehalte van jou werk te verbeter. Die gids moet gebruik

word tesame met die inhoud van die volgende webwerf:

http://blogs.sun.ac.za/legalwriting. Die webwerf word be-

stuur deur die Universiteit van Stellenbosch se Regs-

fakulteit en probeer hoofsaaklik om jou skryfvaardighede in

’n regskonteks te verbeter.

Die publikasie van hierdie gids is gemotiveer deur die feit

dat byna alle studente voortdurend dieselfde “foute” maak.

Dit dui op ’n sistemiese misverstand by studente oor wat in

die voltooiing van werkstukke en in die beantwoording van

toets- en eksamenvrae verwag word. Alhoewel die gids

hoofsaaklik ontwerp is om jou stap vir stap te wys hoe om

werkstukke te benader, kan die meeste van die beginsels

hierin ook op die beantwoording van korter vrae toegepas

word. Die gids bevat egter nie ’n volledige uiteensetting van

al die beginsels wat noodsaaklik is vir doeltreffende

regskryfwerk nie. Beginsels wat byvoorbeeld te doen het

1 Hierdie afdeling van die gids is opgestel deur Reynard Hulme, Dr Karin

Cattell en Theo Broodryk.

Page 7: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

7

met die interpretasie van wetgewing en "relevansie" word

breedvoerig in ander kursusse behandel.

Ons raai jou aan om dele van die gids só op te som dat

dit effektiewe toepassing in werkstukke sal verseker.

Wanopvattings wat jy dalk oor regskryfwerk gehad het, sal

waarskynlik duideliker word soos jy deur die gids lees. Die

verbetering van jou regskryfwerk het meer te doen met die

afsien van vooropgestelde idees oor akademiese

skryfwyses as die byvoeg van nuwe idees. In dieselfde

verband is doeltreffende argumentering ook eenvoudiger as

wat jy dink. Hierdie eerste afdeling van die gids bestaan uit

twee dele. Die volgorde van die inligting is nie toevallig nie.

Jy moet eers die algemene beginsels van regskryfwerk

begryp (Deel 1) voordat jy ’n argument doeltreffend kan

formuleer (Deel 2). Ons stel dus voor jy begin by Deel 1 en

maak aantekeninge soos jy vorder.

Deel 1: Algemene en onontbeerlike beginsels van

regskryfwerk

1 Goeie akademiese skryfwerk is korrekte

skryfwerk

Baie studente dink skynbaar dat goeie akademiese

regskryfwerk argaïes, vaag of hoogdrawend moet wees.

Frases soos “die mees fundamentele hoekstene van ons

demokrasie” of “’n interpretasie in ooreenstemming met

Page 8: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

8

basiese menslike geregtigheid” maak ’n argument

oënskynlik meer oortuigend, maar doen eintlik presies die

teenoorgestelde. Dit dra geen nuttige insig by nie: dis bloot

nóg ’n abstraksie wat die kernbetekenis van ’n sin versluier

en verwarring skep. As jy van hierdie neiging in jou werk

bewus raak – met ander woorde, as jy jouself betrap dat jy

akademies probeer klink – is jy reeds op pad om beter te

begin skryf.

Die gids sal later uitbrei oor die verskillende lesers van

jou werk, maar ter inleiding: binne die Regsfakulteit is jou

lesers onder andere dosente en medestudente, en in die

praktyk is hulle onder andere kliënte en regters. Dit sal

noodwendig subtiele verskille in jou keuse van woorde en

styl meebring. Hoe dit ook al sy, binne ’n regskonteks is die

mikpunt van skryfwerk om inhoud so eenvoudig en bondig

moontlik oor te dra. Daarom is dit belangrik om te onthou

dat die gehalte van jou skryfwerk in ’n hoë mate deur die

verstaanbaarheid van die inhoud bepaal sal word.

Die gebruik van intelligent-klinkende taal om die inhoud

van ’n argument te verduister, neem hoofsaaklik drie vorme

aan:

Metaforiese taalgebruik;

Die onbeheerde gebruik van relatiewe terme (die

afwesigheid van kriteria); en

Page 9: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

9

Vae of onnodige konsepte.

1 1 Metaforiese taalgebruik

Metafore kan wel in regskryfwerk gebruik word. Die gebruik

van vergelykings is op stuk van sake ’n noodsaaklike

vaardigheid vir die ontwikkeling van regsbeginsels: ’n

metafoor (wat ’n vergelyking is) kan ’n leser help om ’n nuwe

idee te snap deur laasgenoemde met iets, wat aan die leser

bekend is, te verbind.

Baie metafore word egter bloot as ’n taalkonvensie

(taalinstrument) gebruik. So praat politici byvoorbeeld

dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog teen

armoede”. Dwelms en armoede kan uiteraard nie met

letterlike oorlogvoering bestry word nie, maar “oorlog” word

as metafoor gebruik om ’n emosionele reaksie te ontlok. Die

metafoor werk dus ook akkurate beskrywing teen, waarop

regskryfwerk juis gemik is.

Doeltreffende regsargumente berus op sorgvuldige

redenasie. Dit vereis noukeurigheid – beslis nie oordrywing

nie.

Dalk gebruik jy sekere metafore uit gewoonte.

Vra jouself af:

Kommunikeer metaforiese taal die betekenis wat ek wil

oordra meer akkuraat as ’n eenvoudige beskrywing?

Page 10: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

10

Kyk na die volgende voorbeelde:

“Justice is the destination, law is the journey”

Hierdie aanhaling is ’n metaforiese stelling. Die

doeltreffendheid daarvan gaan afhang van die bedoeling

van die skrywer.

As die skrywer byvoorbeeld wil sê die betekenis van

geregtigheid kan geken word (geregtigheid word as ’n

“bestemming” beskryf, met ander woorde dit kan bereik

word, dit is moontlik), is die sin vaag. Die presiese betekenis

van “reis” is ook vaag. Wil die skrywer sê die reg word

ontwikkel (dit neem verskillende vorms aan soos die

kontoere van ’n pad) om geregtigheid te bereik? Of bedoel

die skrywer blote navolging van die reg dra by tot die

bereiking van geregtigheid (met ander woorde, die reg is die

pad na geregtigheid en ons bly op daardie pad slegs deur

die reg na te volg, sonder om dit noodwendig te verander)?

As dié alternatiewe verduidelikings jou verwar (en daar is

selfs méér variasies), is jy nie die enigste een nie. Dit is juis

die punt! As die skrywer net gesê het “die reg word

ontwikkel om geregtigheid te verseker” of “navolging van die

reg lei tot ’n meer regverdige samelewing” sou die stelling

minder dubbelsinnig gewees het en sou jy makliker

daarmee kon saamstem of daarvan verskil.

Page 11: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

11

“Die beskuldigde is oor die vingers getik”

Die frase “oor die vingers getik” is ’n taalkonvensie wat

op ’n ontoereikende of betreklik ligte straf dui. Selfs al is dit

duidelik dat die skrywer wou aandui ’n bepaalde straf was

onvoldoende, is die aard van die ontoereikendheid

onduidelik weens die afwesigheid van ’n meegaande

verduideliking. Die ontoereikendheid hou dalk verband met

sekere eienskappe van die beskuldigde. So word ’n

biljoenêr slegs “oor die vingers getik” wanneer hy of sy met

R100 000 beboet word. Die ontoereikendheid kan ook

verwys na die verhouding tussen die straf en die misdaad,

ongeag die kenmerke van die beskuldigde. Sekere

diereregtegroepe kan byvoorbeeld dieremishandeling as

onmenslike gedrag beskou en daarom die verwante straf

beskryf as “oor die vingers getik”.

Die gebruik van bogenoemde metafoor is dus nie

noodwendig verkeerd nie, mits dit verduidelik word. As jy

verduidelik waarom jy ’n sekere straf as bloot ’n “tik oor die

vingers” beskou, sal jy ’n baie meer doeltreffende argument

lewer. Die noodsaaklikheid van ’n meegaande verduideliking

behoort jou egter te laat wonder of die gebruik van die

metafoor uit die staanspoor doeltreffend was.

Page 12: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

12

1 2 Die onbeheerde gebruik van relatiewe terme (die

afwesigheid van kriteria)

Moet nooit relatiewe terme (terme waarvan die betekenis

slegs bepaal kan word in verhouding tot iets anders) soos

goed of sleg, reg of verkeerd of positief of negatief gebruik

sonder om die kriteria vir die evaluering van goed of sleg,

reg of verkeerd of positief of negatief te definieer nie.

Sonder kriteria beteken hierdie terme niks nie. Dit is juis die

kriteria – die redes waarom jy byvoorbeeld iets positief of

negatief noem – wat van belang is. Dis egter eweneens van

belang om nooit dié relevante terme volgens onnodig

breë maatstawwe te beskryf nie. So is dit byvoorbeeld

absurd om “goed” as “geregtigheid” te beskryf en “sleg” as

“anargie”.

Jou kriteria moet aansluiting vind by die

regsbeginsels wat op jou bespreking van toepassing

is.

Sonder kriteria is enige kritiese waardebepaling of

ontleding onmoontlik. Jy kan met ander woorde nie

“evalueer” of “ontleed” sonder om dit volgens ’n bepaalde

maatstaf in die vorm van ’n waarde-oordeel te doen nie. ’n

Kriterium kan baie eenvoudig wees. As jy byvoorbeeld dink

’n bepaalde stuk wetgewing is te vaag, kan jou kritiek op die

Page 13: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

13

volgende maatstaf gegrond wees: die voorgenome

betekenis van wetgewing moet duidelik genoeg wees dat dit

konsekwent toegepas kan word. Kriteria kan baie meer

kompleks as dit wees, veral wanneer die relatiewe gewig

van verskeie elemente van ’n enkele kriteria verduidelik

moet word.

Wanneer jy dus iets goed, sleg, reg, verkeerd, positief

of negatief noem, vra jouself af: presies waarom sê ek

so?

1 3 Vae of onnodige konsepte

Vae taal verduister jou argument. Onnodige woorde kan

eweneens jou argument verduister, maar is ook ’n

verkwisting – veral as jy by ’n bepaalde woordtelling moet

hou. Die vereiste van ’n woordtelling is deel van die “toets”

van ’n werkstuk. Dosente stel nie daarin belang of jy die

voorgeskrewe aantal bladsye met relevante inligting kan vul

nie. Hulle wil sien of jy tussen meer belangrike en minder

belangrike inligting kan onderskei. ’n Swak werkstuk kan

gepak wees met waarnemings wat slegs relevant is in dié

sin dat hulle op die een of ander manier met die onderwerp

verband hou. ’n Goeie werkstuk toon die vermoë om die

belangrikste beginsels te identifiseer en so noukeurig

Page 14: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

14

moontlik te verduidelik (insluitend die redes vir hul

belang).

KORTOM: WEES SPESIFIEK!

1 Vra jouself af: Kommunikeer metaforiese taal die

betekenis wat ek wil oordra meer akkuraat as ’n

eenvoudige beskrywing?

2 Elke kritiese ontleding het ’n maatstaf nodig.

Wanneer jy dus iets goed, sleg, reg, verkeerd,

positief of negatief noem, vra jouself af: presies

waarom sê ek so?

3 Skrap vae en/of onnodige woorde. Behou ’n vae

woord (wat soms onvermydelik is) slegs as jy bereid

is om dit te verduidelik.

4 ʼn Goeie werkstuk toon die vermoë om die

belangrikste beginsels te identifiseer en so

noukeurig moontlik te verduidelik (insluitend die

redes vir hul belang).

5 Vra jouself af: Is dit wat ek geskryf het die mees

akkurate formulering van die regsvraag,

toepaslike regsbeginsels, argument en

samevatting?

Page 15: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

15

2 Taal is onpresies

In die inleiding tot die gids is daar verwys na die “foute” wat

studente deurgaans maak. “Foute” is doelbewus in

aanhalingstekens geplaas. Die rede daarvoor is dat die

beskrywing van gebreke in jou werk as “foute” die potensiaal

vir ’n groot misverstand bevat. As jy met ’n “fout” die

bestaan (maar afwesigheid) van ’n inherent korrekte

antwoord impliseer, het jy toegegee aan twee grondliggende

wanpersepsies oor die aard van regskryfwerk:

dat daar altyd ’n korrekte antwoord op ’n

regsvraag bestaan; en

dat die gehalte van jou werk op grond van jou

gevolgtrekkings beoordeel word.

2 1 Dat daar altyd ’n korrekte antwoord op ’n regsvraag

bestaan

’n Voorbeeld van ’n feitevraag kan wees of ’n werkgewer vir

’n werknemer gesê het “moenie die moeite doen om môre

terug te kom werk toe nie”. ’n Getuie kan getuig hy of sy het

dit gehoor, trouens, dis dalk selfs opgeneem. Die werkgewer

het dit óf gesê óf nie gesê nie. Dit is dus óf waar óf onwaar.

Die regsvraag ter sake kan egter meer ingewikkeld wees

omdat dit nie noodwendig op bewysbare feite betrekking het

nie. In die voorbeeld hierbo kan die regsvraag wel wees of

Page 16: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

16

die werkgewer se woorde alleen voldoende was om neer te

kom op ’n “ontslag” ingevolge die Wet op Arbeids-

verhoudinge 66 van 1995 ("Wet op Arbeidsverhoudinge").

Enige slotsom in hierdie verband sal berus op ’n

selektiewe interpretasie van regsrelevante taal (begrippe

wat onder meer uit wetgewing en regspresedent

voortspruit). Dié regsvraag het dus geen antwoord wat as

noodwendig “waar” of “onwaar” beskou kan word nie. Die

“korrektheid” van die gevolgtrekking word eerder bepaal

deur die mate waarin daar byvoorbeeld gewys kan word dat

dit voldoen aan ’n aanvaarde interpretasie van regs-

presedent, of waarom ’n alternatiewe interpretasie verkies

behoort te word. Niks weerhou jou daarvan om te wys dat ’n

“ontslag” óf plaasgevind het, óf nie plaasgevind het nie.

Beide slotsomme kan as “korrek” bewys word, ten spyte van

hul teenstrydigheid.

Onthou:

Daar is natuurlik gevalle waar ʼn regsvraag ʼn “korrekte”

antwoord het. Byvoorbeeld, as die regsvraag is “by watter

ouderdom word mens meerderjarig”, dan is die “korrekte”

of die “ware” antwoord “18 jaar”. Maar op die vraag of dit

wenslik is dat die meerderjarigheidsgrens 18 jaar is, is daar

natuurlik geen regte antwoord nie.

Page 17: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

17

Daar is twee redes waarom daar nie sekerheid bestaan oor

die juistheid van gevolgtrekkings wat op beredenerings-

prosesse berus nie:

2 1 1 Woorde het inherent geen betekenis nie

Anders as ’n feit, kan die ware betekenis van ’n woord nie

absoluut bewys word nie. Jy kan wel met oortuiging

argumenteer waarom ’n bepaalde interpretasie voorkeur

behoort te geniet, maar stawende aansprake kan nooit die

betekenis van ’n woord onbetwisbaar “bewys” nie.

Die rede is eenvoudig: só ’n absolute betekenis bestaan

nie. ’n Woord, wat bloot ’n konsep aandui, verwys egter na

ander begrippe, wat weer op hul beurt na verdere konsepte

verwys, ensovoorts. Die grense van dié konsepte is

mensgemaak; dit berus op ooreenkoms en nie waarheid nie.

Maar, geen ooreenkoms kan die woord volledig definieer

nie, omdat so ’n ooreenkoms ook op sy beurt uit meer

woorde en meer konsepte bestaan. ’n Woordeboekdefinisie

van ’n woord is bloot ’n versameling van kruisverwysde

konsepte, waarvan die betekenis nie met absolute sekerheid

bepaal kan word nie – met ander woorde, konsepte wat

gebruik word om die betekenis van ’n woord te verduidelik,

dui bloot op sekere eienskappe wat met die woord

geassosieer word. Die betekenis van ’n woord word dus

altyd uitgestel.

Page 18: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

18

2 1 2 Die inhoud van die reg kan nie alleen deur logika

bepaal word nie

Die woord “behoort” bevat ’n eenvoudige waarheid (Let op

die metaforiese taalgebruik). Net soos met die betekenis

van woorde, is die regverdiging van enige regsbeginsel aan

selektiewe interpretasie onderworpe. Die inhoud (of

bestaan) van enige beginsel staan nie onafhanklik van

mensgemaakte maatstawwe nie.

Die studie van die reg hou daarom verband met die

betekenis van woorde én mensgemaakte kriteria.

Eenstemmigheid rakende die funksie van die reg behoort

derhalwe hier aan die orde van die dag te wees.

Regspraktisyns argumenteer oor watter interpretasie

nagevolg behoort te word. Uiteindelik besluit ’n regter wat hy

of sy meen voorkeur behoort te geniet. Die regter neem

veranderlikes in ag, wat hy of sy glo as relevant behoort

beskou te word, en besluit dan watter relatiewe gewig aan

elke interpretasie toegeskryf behoort te word. Enige

verklaring van wat iets behoort te wees, word ’n “waarde-

uitspraak” genoem. Dit is ’n uitspraak wat berus op “morele

standaarde”, soos dit dikwels genoem word. Die punt is

Al wat jy in dié stadium hoef te aanvaar, is dat woorde

inherent geen betekenis het nie.

Page 19: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

19

egter dat alle morele standaarde – en derhalwe alle waarde-

uitsprake wat in die proklamasie van wette en hul

interpretasie gevel word – aanvegbaar is. Soos verwoord in

die bekende Engelse regspreuk: “Reason alone can yield no

moral judgement”. Dit beteken die inhoud van die reg kan

nie uitsluitlik deur die gebruik van logika bepaal word nie.

2 2 Dat die gehalte van jou werk op grond van jou

gevolgtrekkings beoordeel word

Dit is voldoende om by hierdie punt te besef dat jou dosente

selde omgee of jy tot ’n spesifieke gevolgtrekking gekom

het. Dit is ook onwaarskynlik dat jy eendag ʼn regter sal

beïndruk deur slegs daarop aan te dring dat jou

gevolgtrekking inderdaad die “korrekte” een is. Jou dosente

probeer deur middel van werkstukke ’n bepaalde

vaardigheid by jou ontwikkel: Die vermoë om, ingevolge

regsrelevante beginsels, te regverdig waarom jou

gevolgtrekking verkieslik is bo ander moontlike

gevolgtrekkings en daarom aanvaar behoort te word.

Die hoeveelheid “korrekte” gevolgtrekkings binne ’n

regskwessie kan veelvuldig wees. Jou gevolgtrekking kan

“korrek” wees, selfs al verskil dit van dié van die

Konstitusionele Hof, mits jou beweegredes voldoende is om

dit te regverdig.

Page 20: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

20

KORTLIKS: MOTIVEER JOU INTERPRETASIE!

1 Daar bestaan geen inherent korrekte antwoord

op ’n regsvraag nie.

Woorde het geen inherente betekenis nie.

Die inhoud van wette kan nie deur logika alleen

beslis word nie.

2 Die regverdiging van jou gevolgtrekking is

belangriker as die inhoud daarvan.

Die vaardigheid waarna dosente met opdragte

mik, is: Die vermoë om, ingevolge regsrelevante

beginsels, te regverdig waarom jou gevolg-

trekking verkieslik is bo ander moontlike

gevolgtrekkings.

3 Kritiek op jou werk

Die doel van dié gids is om jou vermoë te ontwikkel om jou

eie werk krities te analiseer. Ons gaan vir jou waardevolle

raad in dié verband gee, maar kom ons kyk eers wat

selfkritiek behels.

Vergeet daarvan dat jy reeds weet hoe om goed te

skryf. Inteendeel, dit is hoogs onwaarskynlik dat jy, as ’n

nuwe eerstejaar-regstudent, oor die nodige skryfvaardig-

hede beskik wat jou in staat sal stel om suksesvol te wees in

jou studies by die Fakulteit. Op hoërskool was die grootste

Page 21: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

21

uitdaging van die meeste begripstoetse om die onderwyser

te wys jy verstaan wat jy gelees het. Dit het jy met

parafrasering gedoen, dit wil sê, jy het die oorspronklike teks

meestal net herformuleer. Baie studente dink derhalwe dit is

wat ’n mens ook in ’n regswerkstuk moet doen: jy moet

eenvoudig wetgewing, gedeeltes uit handboeke of

klasaantekeninge in jou eie woorde oorskryf. Wanneer jy

egter gevra word om ʼn werkstuk op te stel, sal dit beide

onvoldoende en onaanvaarbaar wees om bloot die

oorspronklike teks te herformuleer en so aan jou dosent

weer te gee.

Die voorbereiding vir ’n regswerkstuk verg veel meer as

blote parafrasering, soos jy verderaan sal ontdek.

Kritiek op jou werk is nie kritiek op jou as mens nie.

Moenie jou skryfvermoë met jou identiteit verwar nie. As jy

dít doen, sal jy nooit leer hoe om jou eie werk objektief te

beoordeel en te verander waar en indien nodig nie. Jy

vermors net kosbare energie as jy ongelukkig raak oor wat

jou skryfwerk kwansuis van jou as mens sê. Jy sal dan ook

erg teleurgesteld wees as jy ’n laer punt (’n vorm van kritiek)

kry as wat jy verwag het, pleks dat jy dit bloot sien as ’n

geleentheid om iets wat jy klaarblyklik nog nie onder die knie

het nie, op te skerp. Indien werk en identiteit een en

dieselfde is, sal jy waarskynlik met frustrasie reageer met

gedagtes soos "waarom verstaan ander nie wat ek bedoel,

Page 22: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

22

wanneer dit so duidelik vir my is nie?" Dit is ook

onwaarskynlik dat jy sal geniet wat jy doen wanneer jy glo

dat die resultaat jou identiteit op die spel plaas. Die besef

dat kritiek op jou werk nie persoonlik is nie, skep daarmee

geleentheid vir verbetering in plaas van weerstand teen

verandering en genot in plaas van onnodige spanning.

Verder, wanneer jy jou studies by die Fakulteit voltooi het

en die regsberoep betree, gaan jou werk voortdurend onder

die vergrootglas wees. Jy moet dus so gou moontlik

opbouende kritiek leer waardeer (en benut) as ’n instrument

om die gehalte van jou werk te verbeter.

KORTLIKS: GEBRUIK KRITIEK!

1 Vergeet van die idee dat jy reeds goed kan skryf.

2 Kritiek op jou werk is nie kritiek op jou nie.

Deel 2: Hoe om ’n argument te ontwikkel

1 Oorsig: die drie stappe in die opstel van ’n

werkstuk

Tensy jy ’n kenner op die betrokke gebied is, is dit

onwaarskynlik dat jy genoeg voorkennis het om die sentrale

argument van jou werkstuk te beplan voordat jy navorsing

gedoen het. Die oorkoepelende wenk oor die

navorsingstadium is: Moet jouself nie beperk nie. Samel

slegs inligting in wat op jou onderwerp betrekking het (STAP

Page 23: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

23

1: VERSAMEL INLIGTING). Dit beteken jy moet die

instruksies saam met die opdrag baie noukeurig lees.

Natuurlik mag jy opsommings maak of gedagtes aanstip,

maar moenie in dié stadium dink aan hoe die werkstuk

uiteindelik gaan lyk of selfs samehangende sinne probeer

formuleer nie. Maak liewer ’n Word-dokument oop en skryf

eenvoudig alle relevante inligting en gedagtes neer soos dit

by jou opkom. Met ander woorde: moenie jouself te vroeg

redigeer nie. As jy ’n perk van ses bladsye vir jou opdrag

het, kan dié dokument wat al jou inligting bevat, maklik meer

as vyftien bladsye lank wees. Hoe meer inligting jy het om

mee te begin, hoe groter is jou speelruimte vir moontlike

nuanses in jou argument. Die eerste gedeelte is afgehandel

sodra jy ’n versameling inligting (in geen bepaalde volgorde

of struktuur nie) voor jou het wat jy kan gebruik om oor

temas in jou onderwerp uit te brei.

Die tweede stap is die VERWERKING VAN DIE

INLIGTING (STAP 2). Dit beteken jy begin beplan aan die

formaat wat jou argument gaan aanneem. Dit is veral van

belang dat jy by die verwerking van inligting ʼn behoorlike

raamwerk of struktuur vir die werkstuk skep. Soos met ʼn

legkaart, skuif jy elke stukkie inligting na die gepaste plek.

Die beteken nie jy moet “knip en plak” vanuit die

verskillende regsbronne nie. Dit beteken jy moet gedurende

Stap 2 in staat wees om die regsargument(e) te identifiseer

Page 24: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

24

wat jy in jou werkstuk wil aanvoer, te weet waar jy die

argument(e) gaan aanvoer en watter inligting jy ter

ondersteuning van jou argument(e) gaan gebruik. Om sulke

stukkies inligting aan mekaar te las, kan langer neem as wat

jy dink. Indien jy egter hierdie fase met die eerste fase

probeer kombineer, sal dit selfs nóg langer neem. Dit is dus

beter om nie te besluit wat jy wil sê voor jy nie seker is wat

die belangrikste temas van jou onderwerp is nie. Jy kan nou

selfs begin om sinne te verbind, maar moet jou steeds nie in

dié stadium te veel oor taal- of stylvereistes kwel nie.

Die laaste stadium van jou werkstuk kan losweg

REDIGERING (STAP 3) genoem word. Dit behels dat jy

soveel keer as moontlik deur jou geskrewe werkstuk lees en

veranderinge maak soos jy lees. Dit hou die volgende in:

(her)formuleer jou sinne so bondig en noukeurig as

moontlik, gee aandag aan die formele vereistes (soos

verwysings en grammatika), en maak seker dat al die

aspekte van jou argument genoegsaam ontwikkel is.

Dit is onwaarskynlik dat jy al die nodige veranderinge

gaan raaksien as jy probeer om jou werkstuk alles op een

slag te doen. Die akkuraatheid van jou werk verbeter elke

keer as jy dit weer lees en weer redigeer. Dit is ook moontlik

dat jy deur dié proses tot nuwe insigte sal kom, wat die

gehalte van jou werkstuk kan verbeter as jy dit insluit.

Page 25: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

25

Ons stel voor dat jy dié stappe van jou werkstuk versprei.

Indien jy ’n dag of twee aan jou redigering spandeer, sal jy

bes moontlik ’n vars perspektief ontwikkel. Wanneer jou

redigering voltooi is, het jy ’n dokument wat ons die eerste

konsepvoorstel noem. Nie alle werkopdragte vereis die

inhandiging van ’n eerste konsepvoorstel nie, maar indien

wel, is die doel om kommentaar van jou dosente en tutors

ter verbetering van jou werkstuk in te win.

Hoe deegliker jou eerste konsepvoorstel, hoe nuttiger sal

die opmerkings waarskynlik wees. Soms kry jy die

geleentheid vir selfs ’n tweede konsepvoorstel, ook met die

oog daarop om jou werkstuk te verbeter. Die tweede

konsepvoorstel kan uiteraard slegs gedoen word as jy al die

wysigings aan die eerste voorstel aangebring het. Dit kan

egter ook nodig wees om jou eerste konsepvoorstel in jou

finale werkstuk te omskep.

Hou in gedagte dat die skryfkonsultante jou kan help

om jou eerste en/of tweede weergawe te verbeter

voordat jy dit inhandig.

WENK:

Maak altyd dadelik ’n vinnige nota van elke bron (soos die

skrywer se naam, jaar van publikasie en bladsynommer)

Page 26: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

26

terwyl jy besig is om jou inligting in te samel. As jy dit nie

doen nie kan dit ’n frustrerende en tydrowende soektog

beteken wanneer jy jou verwysings finaliseer.

1 1 STAP 1: Insameling van inligting

1 1 1 Wat is regtens relevant?

Inligting kan om verskillende redes as regtens relevant

beskou word. Indien jy besig is om, byvoorbeeld, ’n

regsvraag te analiseer wat op spesifieke, feitelike

omstandighede gebaseer is, kan regspraak met soortgelyke

feite, relevant wees. Alternatiewelik kan regspraak wat nie

noodwendig dieselfde feite deel nie, maar ’n toepaslike

regsbeginsel aanspreek, ook relevant wees. Dit kan ook

wees dat wetgewing – uitdruklik of stilswyend – aandui

watter feite relevant is. Wetgewing kan byvoorbeeld dui op

’n geslote lys met faktore of bloot voorbeelde van relevante

oorwegings. Uiteindelik het “relevansie” (toepaslikheid) sy

eie regsbeginsels. (Dit word breedvoerig in die kursus

getiteld “Bewysreg” behandel.)

’n Paar algemene opmerkings:

i. Die aard van die regsbeginsel ter sprake sal

bepaal watter inligting relevant is of nie. So kan

dit byvoorbeeld wees dat die persoonlike

omstandighede van of een of meer van die

Page 27: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

27

beskuldigdes, relevant is in die geval waar die

toepaslike regsbeginsel ’n “subjektiewe toets”

(byvoorbeeld die toets vir bedoeling) behels. In

die geval van ’n objektiewe toets is dié soort

oorwegings moontlik nie ter sake nie (soos die

toets vir “nalatigheid”). Let daarop dat die woorde

“subjektief” en “objektief” in die regskonteks ’n

ander betekenis het as die algemene gebruik van

die woorde wat onderskeidelik “opinie” en “feit”

aandui.

ii. Jy moet verduidelik waarom jou inligting

tersaaklik is, ongeag die tipe regsvraag wat

betrokke is. Baie studente maak die aanname

dat die manier waarop die feite en syfers waarna

hulle verwys, hul argument staaf, vir die leser

van hul werkstuk sinvol sal wees. Dit is egter jou

taak – en nie dié van die leser nie – om te sê hoe

dit op jou argument betrekking het.

iii. Jy moet ook verduidelik watter gewig jou inligting

dra. Jy moet dus kan aantoon hoe belangrik

(relatief tot ander inligting) dit is vir die doel van

jou argument, afgesien van jou rede(s) oor

waarom dit relevant is. Die beste manier om dit

te doen, is uiteraard om na regspresedent te

Page 28: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

28

verwys. Jy kan ondersteuning vir die relatiewe

belang van die inligting vind deur byvoorbeeld

die bewoording van ’n bepaalde uitspraak of

wetgewing noukeurig te oorweeg.

iv. Lees jou instruksies sorgvuldig. Slegs indien jy

jou instruksies sorgvuldig lees, sal jy in staat

wees om te verstaan wat jou dosent met die

werkstuk van jou verwag. Indien jy verstaan wat

die vraag is, sal jy ook tussen relevante en

irrelevante inligting vir die werkstuk kan

onderskei. Die relevansie van ’n spesifieke

antwoord hang af van die vraag wat gestel is.

1 1 2 Regsdatabasisse

Aan die begin van jou LLB-kursus is jy vir

biblioteekoriëntering genooi. Jy het toe onder meer gehoor

hoe om regsnavorsing te benader. Indien jy nog nie dié

oriëntasie bygewoon het nie, raai ons jou aan om dit met die

nodige erns te doen. Dit is nie die doel van dié gids om

instruksies omtrent die omvangryke versameling regs-

hulpbronne tot jou beskikking te herhaal nie. Hulp in hierdie

opsig is by die JS Gericke-biblioteek beskikbaar: gaan

gesels met die vakbibliotekaresse van die Fakulteit. Ons wil

egter een kardinale instruksie herhaal wat betref die soek

van joernaalartikels. Dit lyk asof baie studente onder die

Page 29: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

29

indruk is dat Suid-Afrikaanse joernaalartikels uitsluitlik

(slegs) op LexisNexis of Juta te vinde is. Dit is nie die geval

nie. In werklikheid bevat dié twee databasisse nie eens

naastenby alle Suid-Afrikaanse regsjoernale/regstydskrifte

nie. Gebruik dus ook databasisse soos die Repertorium van

Suid-Afrikaanse Tydskrifartikels (“RSAT”). Hierin is ’n lys

van tersaaklike bronne wat jy met behulp van ’n

trefwoordsoektog in ander joernale sal kan opspoor. Let

daarop dat die lys van RSAT-bronne nie die volledige teks

van ’n artikel insluit nie, maar slegs aandui waar om dit te

gaan soek. SA ePublikasies kan gebruik word om soektogte

te behartig vir volteks elektroniese Afrika-artikels. As jy dié

raad sou ignoreer, gaan jy jou navorsing beperk én dit

moeiliker maak as wat dit veronderstel is om te wees.

1 2 STAP 2: Verwerking van inligting

Wanneer jy ʼn wesenlike hoeveelheid relevante inligting

bymekaar het, moenie begin deur jou inleiding of

gevolgtrekking te probeer finaliseer nie. Begin deur jou

argument te beplan en saam te stel.

1 2 1 Die argument

1 2 1 1 Wat is ’n argument?

’n Argument bestaan uit minstens twee verwante

veronderstellings (ondersteunende verklarings) wat, indien

Page 30: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

30

hulle saamgevoeg word, tot ’n gevolgtrekking lei. Let daarop

dat hierdie drie komponente die minimum formele vereistes

vir ’n argument is. Dit kan soos volg uitgedruk word:

A = B Veronderstelling 1

B = C Veronderstelling 2

(derhawel is) A = C Gevolgtrekking

’n Argument kan meer as twee veronderstellings insluit.

Dit kan jou noop om veelvoudige gevolgtrekkings te maak

en hulle as veronderstellings vir ’n uiteindelik oorkoepelende

gevolgtrekking te gebruik. Om op dié wyse aan jou

argument te dink, sal jou help om omstrede kwessies te

identifiseer. Met ander woorde: dit sal duidelik word

watter veronderstellings nadere ondersoek verg of

bykomende regverdiging benodig.

Alhoewel die Filosofiedepartement ’n volledige kursus

oor die toepassing van logika aanbied (“Praktiese Logika en

Kritiese Denkvaardighede”) en argumente onderworpe is

aan sekere algemene vormfoute, is die doel van hierdie

bespreking slegs om jou van ’n paar basiese beginsels te

vergewis.

Oorweeg die volgende stelling:

Page 31: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

31

“Regsfirma X is die beste regsfirma om voor te

werk.”

Is dit ’n argument? Nog nie. As gevolg van die

afwesigheid van stawende veronderstellings is hierdie sin

bloot ’n stelling. Om dit te verhef tot die vlak van “argument”

kan ons die volgende veronderstellings en gevolgtrekking

byvoeg:

Die regsfirma wat die meeste

tyd aan die opleiding van hul

kandidaat-prokureurs bestee, is

die beste regsfirma om voor te

werk.

Veronderstelling 1

Regsfirma X bestee die meeste

tyd aan die opleiding van hul

kandidaatprokureurs.

Veronderstelling 2

(daarom is) regsfirma X die

beste regsfirma om voor te

werk.

Gevolgtrekking

Noudat die sin die vorm van ’n argument aanneem, kan

dit ontleed word. Indien dit bloot ’n ongestaafde stelling

gebly het, sou ’n debat betekenisloos wees, aangesien die

skrywer nie verduidelik het watter vertolking van die frase

Page 32: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

32

“die beste” hy of sy bepleit het nie. ’n Kritiese assessering

sou, met ander woorde nie moontlik wees deur bloot te

spekuleer of X inderdaad “die beste” regsfirma is om voor te

werk of nie. Dit verg noodwendig die dekonstruksie

(“uitmekaarhaal”) van een van die veronderstellings. ’n

Mens kan die argument betwis deur óf Veronderstelling 1 óf

Veronderstelling 2 te bevraagteken. Jy kan byvoorbeeld

motiveer waarom die regsfirma wat die meeste vakansies

toelaat, in werklikheid die beste regsfirma is om voor te werk

(’n teenargument teen Veronderstelling 1). Alternatiewelik

kan jy motiveer dat regsfirma Y, en nie X nie, die meeste tyd

aan die opleiding van hul kandidaatprokureurs bestee (’n

teenargument teen Veronderstelling 2). Dit is ook moontlik

om uit te brei op wat “die meeste tyd” behels – natuurlik

deur middel van ’n afsonderlike argument. Die moontlikhede

is eindeloos.

Kortliks neem ontleding drie vorms aan:

1 Betwisting of bevestiging van die geldigheid van ’n

veronderstelling.

2 Betwisting of bevestiging van die deduktiewe proses

wat in die argument gevolg is.2

2 Dit is redenering waardeur die besondere uit die algemene afgelei word.

Deduktiewe denke het sy vertrekpunt in die algemene en kom dan tot die besondere. Deduksie gaan uit van die algemene reël en probeer dan die besondere of die individuele geval daarby inpas. In ’n deduktief-geldige

Page 33: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

33

3 Uitbreiding (deur middel van ’n afsonderlike argument)

op ’n aspek van ’n veronderstelling wat nie voldoende

omskryf is nie. Wat regsontleding betref, kan dit ’n

aspek van ’n veronderstelling wees wat nie

genoegsaam aan ’n regsbeginsel gekoppel is nie.

1 2 1 2 Die twee noodsaaklike argumente

Indien jou werkstuk van jou vereis om ’n regsbeginsel op ’n

stel feite toe te pas, kan dit nuttig wees om aan die

kernargument van jou stuk te dink as ’n kombinasie van

twee verwante argumente. Die eerste is daarop gemik om te

bewys waarom jou voorgestelde vertolking van die

toepaslike regspresedent gevolg behoort te word. Om ’n

bepaalde betekenis aan regsbeginsels toe te skryf, is wat

ons VERTOLKING noem. Vir die argument om te slaag,

moet jy van sekere algemene beginsels rakende vertolking

bewus wees. Hierdie regsbeginsels word behandel in die

kursus getiteld “Uitleg van Wette”.

Die tweede argument wil vasstel waarom die toepassing

van hierdie regsbeginsel op die feite ’n sekere

gevolgtrekking lewer. Om jou vertolking van die toepaslike

regsbeginsels te gebruik ter motivering van die manier om ’n

argument berus die verhouding tussen die veronderstellings en gevolgtrekking slegs op die betekenis van woorde of frases in die veronderstellings en gevolgtrekking – die gevolgtrekking is implisiet in die veronderstellings van die argument vervat.

Page 34: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

34

sekere regskonflik op te los, staan bekend as

TOEPASSING. Jou gevolgtrekking rakende die gepaste

vertolking van die regsbeginsel word derhalwe ’n

veronderstelling in die argument wat die toepassing van die

feite uiteensit. Dit behels die belyning van die feite van die

saak met die beginsels aanwesig in die bepaalde vertolking

wat jy tot stand gebring het. Indien enigeen van hierdie twee

stadia weggelaat word, sal dit tot gevolg hê dat jou

sogenaamde gevolgtrekking arbitrêr is. Trouens, dit sal

geensins ’n gevolgtrekking wees nie.

KORTLIKS: BEGINSELS VAN ARGUMENTERING

Die weglating van ’n veronderstelling wat logies

noodsaaklik is vir jou argument sal tot gevolg hê dat

die insameling van inligting nie aan die formele

vereistes van ’n argument voldoen nie. Wat jy as jou

“gevolgtrekking” beskou, is dan in wese slegs ’n

“verklaring” – dit wil sê ’n ongestaafde bewering.

Die oorweging van die veronderstellings wat jy nodig

het om by jou gevolgtrekking uit te kom, sal jou in

staat stel om dié dele van jou argument wat meer

aandag moet geniet, uit te ken. Jy sal byvoorbeeld

opmerk dat ’n sekere veronderstelling uitgebrei moet

word deur middel van ’n afsonderlike argument, waar

Page 35: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

35

dit as die gevolgtrekking voorgehou word.

Voorsien ’n argument vir sowel jou vertolking van die

tersaaklike regsbeginsel as die toepassing van

daardie beginsel op die feite.

Dit verg oefening. In ’n sekere sin is jou hele

regstudie – elke kursus, elke lesing en elke werkstuk

– daarop gemik om begrip van hierdie vaardigheid te

ontwikkel.

1 2 1 3 Algemene foute

Die toepassing van die Grondwet

Die Handves van Menseregte is in buitengewoon vae taal

geskryf. Die gevolg is dat regte soos die reg op gelykheid of

waardigheid vatbaar is vir ’n wye reeks moontlike

interpretasies. Die punt is dat ’n grondwetlike reg (of trouens

enige wet) nie toegepas kan word sonder om

noodwendig oor die grense van sy bepalings te

argumenteer nie. ’n Mens kan byvoorbeeld nie vertrou op

die reg op gelykheid soos dit voorkom in die Grondwet nie.

Pleks daarvan moet jy argumenteer vir ’n sekere

interpretasie van die reg op gelykheid op grond van

regspraak, wetgewing en – in die reël – die kriteria soos

uiteengesit in artikel 36 (“beperkingsklousule”) en artikel 39

Page 36: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

36

(“Interpretasie van Handves van Regte”). Jy kan dus nie net

na die Grondwet kyk, om uit te vind wat dit beteken nie.

Die gebruik van demokrasie, billikheid en

regverdigheid om ’n gevolgtrekking te onder-

steun

Dit is betekenisloos om demokrasie, billikheid of

regverdigheid as ’n veronderstelling te gebruik om ’n sekere

gevolgtrekking te ondersteun. Dit is omdat hierdie terme self

noodwendige gevolgtrekkings eerder as verifieerbare

veronderstellings is. Jy kan met ander woorde nie

argumenteer dat jou vertolking van wetgewing gevolg

behoort te word omdat dit die mees demokratiese, billike of

regverdige vertolking is nie. Dit is nie slegs omdat hierdie

terme vaag is nie. Dit is omdat die howe reeds noodwendig

belas is met die oorweging van demokratiese ideale en

regverdigheid in die interpretasie van enige regspresedent.

Dit is onwaarskynlik dat jou argument enigsins daarby sal

baat om die regter daaraan te herinner dat hy/sy ’n plig het

om regverdigheid of billikheid of demokrasie te oorweeg.

Om nie die vraag te beantwoord nie

Dit is nie voldoende om ’n werkstuk in te dien wat ’n

gevolgtrekking bevat wat suksesvol met veronderstellings

ondersteun word nie. Jy moet die vraag wat aan jou

Page 37: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

37

gestel is, beantwoord. Moenie kwessies wat nie met jou

onderwerp verband hou, onnodig bespreek nie (hoe

interessant dit ook al lyk). Indien jy ’n interessante kwessie

ontdek wat buite die bestek van jou onderwerp is, oorweeg

dit om eerder ’n aparte artikel daaroor te skryf.

Ewigdurende ooreenkoms

Jy hoef nie altyd met regters of jou dosente saam te stem

nie. Indien jy byvoorbeeld afkom op ’n gedeelte in ’n

uitspraak wat jy glo dubbelsinnig is (en die dubbelsinnigheid

is relevant vir die doeleindes van die werkstuk), word jy

aangemoedig om daardie waarneming in jou werkstuk te

bespreek. Onthou dat sommige regters en akademici nie

goed skryf nie. Fokus eerder daarop om akkuraat te wees in

plaas daarvan om jou aan hul redenasie te onderwerp of hul

styl na te boots. Beskou dit slegs as ’n soort

standaardontwerp. Voordat jy egter kritiseer, moet jy seker

wees dat jy ’n deeglike poging aangewend het om al die

moontlike vertolkings en gevolge in ag te neem.

Veralgemening van die kwessie

Om presies te wees, beteken ook om die omvang van jou

onderwerp so duidelik moontlik te beskryf. Indien jou

onderwerp byvoorbeeld handel oor skuldlose deliktuele

aanspreekliheid, kan dit onvanpas wees om bloot daarna te

Page 38: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

38

verwys as hoofsaaklik ’n algemene kwessie rakende

deliktuele aanspreekliheid. Die versuim om presies te wees,

kan tot die misbruik van regspresedent lei. Jy kan onwetend

besig wees om te impliseer dat alle kwessies rondom

deliktuele aanspreeklikheid aan dieselfde oorwegings

onderworpe is. In deliktereg word daar egter ʼn onderskeid

getref tussen, onder andere, skuldgebaseerde aanspreek-

likheid en skuldlose aanspreeklikheid (beide is vorme van

deliktuele aanspreeklikheid, maar berus op verskillende

basisse en het verskillende vereistes). Wees daarom bewus

van wat jy impliseer.

Onwilligheid om hulp te kry

Jou dosente is beskikbaar om daardie regskwessies te

bespreek wat jy, nadat jy jou klasaantekeninge en handboek

geraadpleeg het, nie verstaan nie. Die skryfkonsultante is

beskikbaar om jou te help om jou opdragte te struktureer en

te verfyn. Onthou asseblief dat die hulp wat jou dosente of

die skryfkonsultante jou kan gee, sal afhang van hoe goed jy

vir die ontmoeting voorberei.

1 2 2 Die inleiding

Die hoofdoel van jou inleiding is nie om die inhoud van jou

stuk op te som nie. Die doel van ’n inleiding is eenvoudig om

Page 39: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

39

aan die leser te verduidelik waaroor jy skryf, asook die

regskonteks waarin jou bespreking plaasvind.

Moet egter nie die leser se aandag op jou probeer vestig

deur jou onderwerp met oordrewe terme soos “die mees

fundamentele reg van alle mense” in te lei nie. Niks kan

meer voorspelbaar en vervelig wees nie. Dit is nie slegs

“groot” kwessies wat die moeite werd is om te bespreek nie.

Dikwels behels die interessantste besprekings ’n bedui-

dende interpretasie van ’n frase wat voorheen oor die hoof

gesien is.

Vermy variasies van die volgende stelling tot elke prys:

“Hierdie werkstuk sal relevante wetgewing en

regspraak in ag neem ten einde die toepaslike regs-

beginsels krities te evalueer.”

Die bogenoemde stelling is hoogstens uitermate

vanselfsprekend. Dit is onnodig om die leser daaraan te

herinner dat wetgewing en regspraak paslik is by

regsanalise. Die stelling verduidelik ook nie waarom die

kwessie die moeite werd is vir bespreking nie.

Jy kan in jou inleiding ’n aanduiding gee van die vorm

wat jou argument gaan aanneem. Hiermee is geen fout te

vinde nie. Die gevaar is egter dat jy jou inleiding met jou

gevolgtrekking kan verwar. Ten beste word ’n uitvoerige

Page 40: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

40

bespreking van jou argument vir jou gevolgtrekking gebêre,

aangesien jy die kern van jou werkstuk sou benut het om die

veronderstellings daarin uit te brei en te regverdig. Om ’n

deurtastende bespreking van jou veronderstellings en

gevolgtrekkings in die inleiding te gee, sou voortydig wees.

1 2 3 Die gevolgtrekking

Wanneer jy die geldigheid van jou veronderstellings en

gevolgtrekkings bewerkstellig het, is dit gepas om die

werkstuk af te sluit deur die struktuur van jou hoofargument

te skets. Dit is wat met “gevolgtrekking” bedoel word. Jy kan

so daaraan dink: die kern van jou stuk was gemoeid met die

verskaffing van bewyse, terwyl die gevolgtrekking ’n bondige

samevatting is van wat jy bewys het.

Soos met die inleiding kan die versoeking ontstaan om

jou gevolgtrekking met grootse en diepgaande terme te tooi.

Weerstaan die versoeking. ’n Gevolgtrekking hoef nie in

dramatiese tweeledighede soos reg/verkeerd, goed/sleg of

sukses/mislukking aangebied te word nie. ’n Gevolgtrekking

kan ’n beduidende begrip van ’n enkele woord wees, of

daarop aandring dat sekere faktore meer gewig behoort te

dra. Fokus op noukeurigheid. Daar is geen groter prestasie

in regskryfwerk as ’n akkurate en (formele) juiste argument

nie.

Page 41: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

41

1 3 STAP 3: Redigering

Lees jou geskrewe werkstuk soveel keer moontlik deur. As

jou werkstuk die voorgeskrewe aantal woorde oorskry, sal jy

moet onderskei tussen meer relevante en minder relevante

inligting. Uiteindelik sal jou werkstuk ’n versameling van die

inligting wees wat jy as mees relevant vir jou onderwerp ag.

Maak ’n afspraak met jou dosent of ’n skryfkonsultant,

afhangende van die aard van die bystand wat jy benodig.

KONTROLELYS

STAP 1: INSAMELING VAN INLIGTING

1 Lees jou opdrag sorgvuldig deur.

2 Maak seker dat jy bewus is van die regsbronne tot

jou beskikking. Indien nie, klop by die JS Gericke-

biblioteek om hulp aan.

3 Maak ’n Word-dokument oop.

4 Gebruik die biblioteek se databasisse om bronne

op te spoor.

5 Lees deur die toepaslike boeke, artikels, wetgewing

en regspraak. Skryf al die tersaaklike inligting en

idees neer namate jy daarvan bewus raak, en wees

op jou hoede vir:

die voortydige redigering van inligting;

die regsbeginsel waarop die relevansie van die

Page 42: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

42

inligting gegrond is;

Die relatiewe waarde (gewig) van die inligting;

en

Besonderhede wat jy vir verwysingsdoeleindes

kan benodig.

STAP 2: VERWERKING VAN INLIGTING

6 Nadat soveel inligting moontlik versamel is, begin

die raamwerk van jou argument bedink (en onthou

dat dit enige tyd gedurende die skryfproses kan

verander).

7 Maak seker jy kan jou veronderstellings saamvat

om ’n sinvolle gevolgtrekking te maak.

8 Skuif dele van die inligting rond om te pas by die

vloei van jou argument, met ander woorde,

posisioneer inligting só dat dit die veronderstellings

staaf wat jy vir jou gevolgtrekking nodig het.

9 Skryf jou inleiding. Hierin noem jy die onderwerp en

die regskonteks daarvan. Gebruik ook die inleiding

om die volgende vraag te beantwoord: Waarom is

dié onderwerp belangrik genoeg om te bespreek?

10 Skryf jou gevolgtrekking. Hierin som jy kortliks die

verskillende veronderstellings van jou argument en

die gevolgtrekkings op.

Page 43: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

43

STAP 3: REDIGERING

11 Lees jou geskrewe werkstuk soveel keer moontlik

deur en gee spesifiek aandag aan:

Die formulering van jou sinne – so kort en

kragtig moontlik;

Die formele vereistes; en

Dat jou argument voldoende is.

12 As jou werkstuk die voorgeskrewe aantal woorde

oorskry, sal jy moet onderskei tussen meer

relevante en minder relevante inligting. Uiteindelik

sal jou werkstuk ’n versameling van die inligting

wees wat jy as mees relevant vir jou onderwerp ag.

13 Maak ’n afspraak met jou dosent of ’n

skryfkonsultant, afhangende van die aard van die

bystand wat jy benodig.

Page 44: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

44

TAAL- EN STYLKWESSIES3

1 Taalhulp in die Fakulteit

Raadpleeg altyd dié gids indien jy twyfel oor die regte

taalgebruik, styl of verwysings vir werkstukke wat jy by die

Fakulteit moet inhandig. Hierdie deel van die gids bevat

riglyne oor taalkwessies waarmee studente in die Fakulteit

dikwels probleme het. Dit is nie ’n volledige taalgids nie,

maar dit spreek slegs daardie kwessies aan wat vir

regstudente in die algemeen problematies is.

Hou altyd in gedagte dat die Fakulteit ’n gratis

skryfkonsultasiediens verskaf. Dié diens is gewoonlik nie

verpligtend nie, maar kan ’n positiewe verskil aan jou

skryfvaardigheid – en dus jou punte – maak. Geen aspek

van jou skryfwerk, aanbieding of taalvermoë is te gering vir

hulp van die skryfkonsultante nie. Hulle is daar om jou te

help! Onthou net om ’n afspraak te maak voordat jy by ’n

konsultant aanklop.

2 Algemene skryfbeginsels

2 1 Beplan jou tyd

Uitstel tot die laaste oomblik is nie ’n goeie idee nie. Gee vir

jouself genoeg tyd vir (a) voorbereiding, (b) die skryf van

3 Hierdie afdeling van die gids is opgestel deur Rachelle Greeff, Dr Karin

Cattell en Theo Broodryk.

Page 45: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

45

die werkstuk en (c) hersiening agterna. Begroot ook tyd

om ’n draai by ’n skryfkonsultant te maak.

2 2 Berei voor

Dit beteken dat jy moet verstaan wat in jou werkstuk van jou

verwag word; die keuse van en soeke na gepaste bronne;

die lees, interpretasie en analise van hierdie bronne,

ensovoorts. Krabbel eenvoudige aantekeninge vir jouself,

maak ’n breinkaart (mind map), onderstreep of beklemtoon

met ’n glimpen (highlighter) terwyl jy lees. Volg enige

metode wat vir jou werk. Gesels met ’n klasmaat oor die

onderwerp: dit is ’n maklike toets om te sien wat jy verstaan,

of nie. Of probeer die onderwerp so kort en eenvoudig

moontlik vir jou kamer- of huismaat verduidelik. Teen dié tyd

behoort jy ’n redelike goeie idee van jou onderwerp te hê.

En nou eers is jy reg vir skryf.

2 3 Wees (wakker en betrokke) in die klas

Bogenoemde beplannings- en voorbereidingsfases kan net

suksesvol wees as jy klasse bywoon, oplet en vrae vra as jy

onseker is of agter raak. Die skrander, ernstige student

skram nie weg van vrae nie. As jy te bang, skaam of lui is

om vrae te vra, is jy onkundig – en sal so bly. Indien jy egter

skryfverwante vrae het wat jy voor of na klas wil bespreek,

maak ’n draai by ’n skryfkonsultant vir ’n private konsultasie.

Page 46: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

46

2 4 Lees in die algemeen soveel moontlik

Hoe beter jy kan lees, hoe beter sal jy skryf. Net soos skryf,

verbeter lees met oefening. Konsentreer terwyl jy lees.

Skakel jou selfoon af.

2 5 Wees bedag op spel- en tikfoute

Onthou spel- en tikfoute word aan ’n akademiese instansie

soos ’n universiteit – én veral in die regsberoep – streng

afgekeur, meer so as op skool. ’n Opdrag wat spel- en

tikfoute bevat, skep onmiddellik ’n swak indruk, nog voor die

inhoud beoordeel is (Sien die lys van algemene spelfoute op

bladsye 86 - 89). Dit maak dit ook moeiliker vir jou dosent

om te verstaan wat jy sê (dis nie ’n goeie idee nie, want jou

punte gaan dit weerspieël).

2 6 Gebruik ’n speltoetser en ander spelgidse

Die gebruik van ’n speltoetser is ononderhandelbaar.

Onthou egter dat ’n speltoetser sommige woorde as korrek

erken, terwyl dit in ’n bepaalde konteks verkeerd kan wees.

Dit geld veral vir homofone, oftewel gelykklinkende woorde.

Voorbeelde is peil/pyl, fier/vier, feit/fyt, lei/ly, vaal/faal,

fonds/vonds, lid/lit, ryk/reik, ys/eis.

Page 47: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

47

Voorbeeld:

“Die pasiënt moet vir pyn en leiding vergoed word.” ’n

Speltoetser sal “leiding” as die korrekte spelling aanvaar,

terwyl dit in dié konteks “lyding” moet wees. Maak dus seker

van die regte woord vir ’n bepaalde konteks. Aanvullend tot

’n speltoetser moet jy ook belê in die beste woordeboeke en

tesourusse wat jy kan bekostig.4

2 7 Handhaaf gebruiksvriendelike taal

Skryf verstaanbaar, eenvoudig en duidelik, sonder om

gemeensaam (familiêr) en intiem te wees. Vermy lang of

ingewikkelde woorde of frases. As jy dit gebruik om slim te

klink of die woordlengte van ’n opdrag kunsmatig aan te

help, flous jy net jouself en nie die dosent of, oor ’n paar

jaar, jou kliënte of kollegas nie.

Die huidige tendens in die regte is meer

gebruiksvriendelike taal (Engels plain language). Dit

beteken regslui moet maklik verstaanbare taal gebruik om

leke te help om gekompliseerde regskwessies te verstaan.

4 Ons stel voor dat jy die HAT, Pharos se 2-talige woordeboek en De

Stadler se Groot Thesaurus raadpleeg in hierdie verband. Die HAT, Pharos 2-talig en die Groot Thesaurus is ook elektronies beskikbaar. Hiemstra en Gonin se 3-talige Regswoordeboek is ook nou elektronies by Juta beskikbaar. As Afrikaanse spel- en grammatikatoetser kan Skryfgoed gebruik word, wat gekoop kan word by www.spel.co.za.

Page 48: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

48

Voorbeeld:

“Riglyne ten opsigte van omvang en inhoud . . .” is onnodig

lomp. “Riglyne oor omvang en inhoud . . .” lees korter en

makliker.

Onthou:

“Hoe kleiner die woorde, hoe groter die gehoor”.5

2 8 Gebruik konkrete woorde of frases eerder as

abstrakte woorde of frases

Dit verhoog die duidelikheid, feitelikheid en ver-

staanbaarheid van jou skryfwerk. Dit maak daarom

die werk van die leser makliker. Dit help ook om

misverstande en vaaghede te voorkom.

Voorbeelde:

“Die meerderheid van die kiesers…” Die trefkrag van dié

sin, met die abstrakte woord “meerderheid”, verhoog

onmiddellik as jy ’n konkrete feit noem, byvoorbeeld: “70%

van die kiesers…”

“Die betrokke dokumentasie…” wen aan trefkrag as jy

konkreet en spesifiek is, byvoorbeeld: “Die kliëntelêer en

die e-poskorrespondensie…”

5 Law Society of South Africa (L.E.A.D) Practice Manual Business Writing

Skills (2011) 8.

Page 49: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

49

Onthou:

Daar mag egter in die regsberoep omstandighede wees

waar ’n spesifieke saak vereis dat jy ook van abstrakte

woorde of frases gebruik maak. Indien jy byvoorbeeld as

prokureur om strategiese redes die reaksie van ’n

opponerende party wil toets, maar jy nie noodwendig vir

die opponerende party al die informasie wil gee wat jy oor

die kwessie besit nie, kan dit toepaslik wees om abstrakte

woorde of frases te gebruik.

Jou dosent sal egter selde van jou verwag om abstrakte

woorde of frases te gebruik – inteendeel, dit sal

waarskynlik net wys dat jy onseker is of nie jou werk goed

genoeg ken nie!

2 9 Handhaaf die korrekte register6

Mik na ’n redelik formele akademiese aanslag. Die

eenvoudige, gebruiksvriendelike styl beteken nie jy moet

sleng, clichés (holruggeryde segswyses wat geen trefkrag

meer het nie, byvoorbeeld “rolspelers” of “op voetsoolvlak”),

SMS- of gesprekstaal gebruik nie. Vermy byvoorbeeld

informele segswyses soos “probleme uitstryk” (in plaas van

6 “Register” verwys na die styl waarin taal in ’n spesifieke konteks gebruik

word. Dit behels veral die graad van formaliteit (’n formele of informele register) en die keuse van woordeskat. Die register word bepaal deur die toepaslikheid in die konteks en sosiale situasie waarin die skrywer of spreker verkeer.

Page 50: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

50

“probleme oplos”) en “’n voorstel bymekaar sit” (in plaas van

“’n voorstel opstel of ontwerp”). Vermy ook emosionele

stelwyses en onnodige beskrywings soos “enorm pynlik” of

“verskriklik traumaties”.

Skryf in die derde persoon – of maak net die stelling

sonder om na jouself of iemand anders te verwys – behalwe

waar jy in die slotsom om jou eie mening gevra word.

2 10 Bou gesonde sinne

Goeie sinsbou is die basis waarop jou skryfwerk berus. Kry

dit onder die knie. Jy moet veral die volgende onthou:

Hou jou sinne so kort moontlik (’n mens maak dan ook

minder foute). Indien jy wel ’n langer sin moet gebruik,

gebruik leestekens om die leesproses te vergemaklik.7

Korter sinne lees vinniger en makliker. Dit vergemaklik

die leeswerk vir jou dosent en, later in die praktyk, ook

vir jou kliënte of kollegas. ’n Leser wat maklik lees, is

’n positiewe leser!

’n Sin moet ’n onderwerp en ’n gesegde hê (anders is

dit nie ’n sin nie). Dit beteken ’n sin moet ’n werkwoord

(of werkwoordgroep) hê wat direk met die onderwerp

verband hou. Die onderwerp is daardie woord of deel

7

D Müller Skryf Afrikaans van A tot Z – Die essensiële gids vir taalgebruikers (2011) 544.

Page 51: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

51

van die sin waaroor die werkwoord/ werkwoordgroep

gaan.

Gebruik (waar jy kan) ’n enkelwerkwoord eerder as ’n

werkwoordelike frase.

Voorbeeld:

“Die vakbondleiers het tot die beslissing gekom dat . . .” Dit

is ’n werkwoordelike frase in aksie. “Die vakbondleiers het

besluit dat . . .” Dit is ’n sterk, enkelwerkwoord in aksie. Dit is

korter en het die meeste trefkrag.

Wanneer ’n sin ’n hulpwerkwoord plus ’n

hoofwerkwoord het, lees dit makliker as jy die

hoofwerkwoord aan die einde van die sin plaas. Dit is

ook taalkundig die korrekte opsie. Moet egter nie ’n

klomp werkwoorde aan die einde van ’n sin inryg nie.

Voorbeeld:

“Die regter het die saak uitgestel tot 31 Augustus.” Dié sin

sal makliker lees as jy dit só skryf: “Die regter het die saak

tot 31 Augustus uitgestel.”

Kies, waar jy kan, die eenvoudigste woord met die

minste lettergrepe as jy ’n keuse het tussen woorde

Page 52: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

52

wat in die konteks van jou sin dieselfde beteken

(sinonieme).

Gebruik leestekens in jou sinne soos wat jy padtekens

gebruik wanneer jy bestuur. Een van die mees

algemene foute wat studente maak, is om nie kommas

tussen werkwoorde te gebruik nie.

Maak seker dat jou sinne by mekaar aansluit. (Gebruik

die oorbruggingswoorde of -frases wat hieronder

gegee word.) Jou leser moet kan sien hoe ’n sin met

die vorige én die volgende sin verband hou. Dit word

kohesie genoem. Sonder kohesie sal jou leser nie jou

argument kan verstaan nie, omdat die sinne soos los

sinne sonder ’n verband met mekaar gaan lyk.

2 11 Struktureer goeie paragrawe

Die doel van paragrawe is om jou skryfwerk in “verteerbare”

formaat (“happiegrootte”) vir jou leser aan te bied. Hou hulle

so kort moontlik. Let asseblief op die volgende:

’n Paragraaf sentreer as ’n eenheid rondom een

gedagte of punt. Wanneer dié gedagte of punt

afgehandel is, moet jy ’n nuwe paragraaf vir ’n nuwe

gedagte of punt begin.

’n Paragraaf kan – slegs vir buitengewone

beklemtoning – uit selfs net een sin bestaan.

Page 53: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

53

Sorg vir logiese, leesvriendelike vloei binne en tussen

paragrawe. Jou leser moet dus verstaan wat die

verband tussen die einde van een paragraaf en die

begin van die volgende een is. Gebruik

oorbruggingswoorde of -frases om jou hiermee te

help.

Voorbeelde:

Om voorwaarde aan te dui: “op voorwaarde dat”,

“indien”, “tensy”, “mits”

Tydsaanduiding: “eerstens”, “tweedens”, “om mee

te begin”, “gevolglik”, “daarna”

Oorsaak: “omrede”, “omdat”, “aangesien”

Teenstelling: “hierteenoor”, “nogtans”, “in

teenstelling met”, “maar”, “egter”, “alhoewel”

Ooreenkoms: “net soos”, “in ooreenstemming met”,

“eweneens”

Gevolg: “derhalwe”, “dus”, “gevolglik”, “as gevolg

van”

Voorbeelde en illustrasie: “in die geval van”,

“byvoorbeeld”, “as voorbeeld”, “ter illustrasie”, “met

verwysing na”

Bykomende feite/inligting: “hierbenewens”, “en”,

“ook”, “verder”

Page 54: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

54

2 12 Gebruik aktiewe werkwoorde eerder as passiewe

werkwoorde

Die aktiewe gebruik van werkwoorde word merendeels as

die beste skryfwyse beskou. Dit verhelder jou skryfwerk en

maak dit presies. Dit vergemaklik dus die werk van jou leser.

Voorbeeld:

Passief

Die perseel sal eers ontruim

moet word voordat die koop-

kontrak geteken kan word.

Aktief

Die okkupeerder, Johan

Botes, sal eers die perseel

(geleë te ABC Straat 100,

Stellenbosch) moet ontruim

alvorens die verkoper, Thabo

Moloi, en die koper, Sarah

Black, die koopkontrak kan

teken.

Daar is wel uitsonderings op dié reël. 8 Gebruik die

lydende/passiewe vorm wanneer jy doelbewus nie te

spesifiek wil wees nie, nie te krities wil klink nie, inligting wil

versag of ’n spesifieke gedeelte van ’n sin wil beklemtoon.

8 L.E.A.D. Business Writing Skills (2011) 13.

Page 55: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

55

2 13 Versiering

Moenie werkstukke raam nie. Vermy ook versierde

voorblaaie, spoggerige kantlyne of buitensporige bindwerk.

Agtergrondinkleding is ook ontoepaslik in ’n akademiese

werkstuk. Dit gaan jou nie meer punte in die sak bring nie.

Die volgende reëls rakende styl en uitleg is van

toepassing op enige werkstuk wat jy tydens jou

studies by die Fakulteit moet voltooi:

Font: Arial

Grootte: 12

Spasiëring: 1.5

Belyning: Blokkeer

Inkeping: 0.5

Al is dit onwaarskynlik, mag jou dosent aan jou

spesifieke instruksies gee rakende styl en uitleg wat

verskil van hierdie reëls. Slegs in so ’n geval mag jy

afwyk van dié reëls.

2 14 Laaste maar nie die minste nie

Wanneer jou skryfwerk afgehandel is, moet jy steeds

genoeg tyd hê om dit krities deur te lees, verbeteringe aan

te bring, daarna wéér te lees en wéér verbeteringe aan te

bring. Herskryf is helaas onlosmaaklik deel van goed skryf.

Dit verg ongelukkig tyd en geduld! (Die goeie nuus is dat dit

Page 56: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

56

met oefening al hoe makliker word en vinniger gaan.) Leer

dus die gewoonte aan om jouself aan die einde van ’n

werkstuk so objektief moontlik die volgende vrae te vra:

a. Is dit duidelik (sal my leser dit verstaan)?

b. Is dit bondig (is dit vry van vaaghede, onnodige

woorde, frases of herhalings)?

c. Is dit volledig (het ek die hele opdrag gedek, is my

bronne heeltemal reg aangehaal, is my verwysings

volgens die stylriglyne in hierdie gids afgehandel, en

is my dekblad, inhoudsopgawe en bibliografie in

orde)?

d. Is dit korrek (het ek die opdrag reg verstaan, is my

feite, identifisering en uiteensetting van die

regsprobleem en die toepassing daarvan op die feite,

spelling, taalgebruik en akademiese register in die

kol)?

e. Vloei die teks (volg sinne en paragrawe logies en

sinvol op mekaar)?

f. Het ek by die voorgeskrewe woordtelling gehou?

Page 57: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

57

Dit verg oefening om objektief na jou eie werk te kyk, maar

’n eenvoudige kopspeletjie kan help:

Verbeel jou jy is die dosent. Dit is laat in die aand. Die

werkstuk van die student voor jou (dis nou jou eie, onthou)

is die soveelste een wat jy vanaand nasien en daar wag

nóg baie. Jy is moeg en jou geduld raak op. Jy is op stuk

van sake net ’n gewone mens, al is jy ’n slim regsdosent . .

. verbeel jou dit en sien self hoe krities ’n mens in so ’n

situasie kan raak!

’n Ander deurwinterde wenk is om jou werkstuk hardop vir

jouself te lees. Jy sal verbaas wees hoeveel foute skielik

soos rooi vlaggies uit jou teks spring. Jy kan ook iemand

anders vra om jou werkstuk te lees en kommentaar daarop

te lewer.

Onthou ook dat die skryfkonsultante daar is om jou in

enige stadium van die skryfproses te help! En wanneer jy

heeltemal moedeloos raak oor jou skryfvermoë (of die

gebrek daaraan) onthou die woorde van die gholflegende

Gary Player: “The harder I practice, the luckier I get.”

Page 58: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

58

3 Spesifieke taal- en stylkwessies

3 1 Leestekens

3 1 1 Aandagstreep en koppelteken

Dié twee leestekens het verskillende funksies:

Die aandagstreep (rusteken) is langer as ’n

koppelteken en word met ’n spasie aan

weerskante gebruik. Jy kan dit gebruik wanneer

jy iets in ’n sin wil verduidelik of beklemtoon.

Voorbeeld:

Die regter het gelas dat die verweerder – wat die saak

verloor het – al die koste moet dra.

Gebruik aandagstrepe so min moontlik. Te veel

aandagstrepe, en dus te veel verduidelikings of

beklemtonings in jou sinne, verbreek die vloei

van die teks. Dit bemoeilik die lees daarvan.

Gebruik liewer kommas.

Onthou:

As jou werkstuk moeilik lees, is die kans goed dat dit jou

punt negatief sal beïnvloed.

Die koppelteken is kort en word sonder ’n spasie

aan weerskante gebruik. ’n Koppelteken word

Page 59: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

59

gebruik om woorde makliker te laat lees en om

klinkers wat andersins saam (verkeerd)

uitgespreek sou word, te skei.

Jou rekenaar kan woorde aan die einde van ’n

reël outomaties met ’n koppelteken afbreek.

Wanneer jy jou werkstuk herlees, maak seker

dat die koppelteken aan die einde van die reël

ná die afgebreekte woorddeel staan. As dit aan

die begin van die volgende reël vóór die ander

woorddeel/-dele staan, is dit verkeerd.

3 1 2 Punt en afkortings

Onthou om ’n punt aan die einde van ’n sin te

sit. ’n Punt word altyd gevolg deur ’n spasie.

Onthou ook dat afkortings in verwysings in jou

werkstuk sonder punte gebruik word.

Afkortings wat gereeld in die voetnote van

regsartikels gebruik word, sluit die volgende in:

a - artikel; artikels

cf – vergelyk

GK – Goewermentskennisgewing

hfst – hoofstuk; hoofstukke

nr – nommer; nommers

par – paragraaf; paragrawe

Page 60: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

60

prokl – proklamasie

red – redakteur; reds – redakteurs

reg – regulasie

SK – Staatskoerant

uitg – uitgawe

vn – voetnoot; voetnote

vol – volume; volumes

In die hoofteks word geen afkortings gebruik nie,

tensy ’n eienaam herhaaldelik gebruik word. In

so ’n geval word die eerste verwysing na die

eienaam gevolg deur ’n afkorting in hakies, en

word die afkorting daarna deurlopend gebruik. In

die voetnote word afkortings soveel moontlik

gebruik.

As jy in jou werkstuk na ʼn regter verwys, word

die regter se van gevolg deur sy of haar

afgekorte ampstitel in hoofletters.

Voorbeeld:

"die vonnis van regter Hiemstra moet as 'n verfrissende

nuwe stap verwelkom word."9

9 Van der Merwe (1963) THRHR 291.

Page 61: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

61

Voorbeelde van ampstitels:

R – Regter; RR – Regters

AR – Appélregter; ARR – Appélregters

HR – Hoofregter

AHR – Adjunkhoofregter

RP – Regterpresident

AdjRP – Adjunkregterpresident

WnR – Waarnemende Regter

WnAR – Waarnemende Appélregter

P – President

3 1 3 Komma

Dit is steeds ’n Afrikaanse taalreël om ’n komma

tussen werkwoorde te gebruik, anders as wat

baie, jonger taalgebruikers dink.

Voorbeeld:

Vakbondlede wat wil betoog, sal hul werk om twaalfuur

moet verlaat.

3 1 4 Ander kommagebruike

Die meeste taalgebruikers weet jy moet ’n

komma tussen twee of meer byvoeglike

naamwoorde gebruik, asook tussen ’n reeks

selfstandige naamwoorde en getalle.

Page 62: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

62

Voorbeelde:

1 Dit is ’n baie interessante, insiggewende en

omstrede saak.

2 Die beskuldigde word daarvan aangekla dat hy

verskillende items gesteel het en dit sluit geld,

meubels en juweliersware in.

3 Die saak is op 12, 13 en 14 Februarie 2001

aangehoor.

Ekstra inligting in ’n sin word ook tussen

kommas geplaas. ’n Komma wat verkeerdelik

ingevoeg of uitgelaat word, kan ’n groot verskil

aan die betekenis van die sin maak.

Voorbeelde:

Aan my vrou Lara laat ek die volgende na . . .

Die gebrek aan ’n komma voor en ná die bykomende

inligting (die naam van die oorledene se vrou) beteken hy

was ’n poligamis.

Aan my vrou, Lara, laat ek die volgende na . . .

Die komma voor en na “Lara” beteken die oorledene het

(waarskynlik) net een vrou gehad.

Page 63: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

63

Onthou dat ’n komma altyd gevolg (maar nooit

voorafgegaan) word deur ’n spasie nie.

3 1 5 Dubbelpunt

Gebruik voor ’n aanhaling.

Voorbeeld:

Voor ʼn aanhaling:

Die verweerder het op sy onskuld aangedring: “Aangesien

ek die koopsom ten volle vereffen het, is ek die eiser geen

verdere gelde verskuldig nie.”

Voor ʼn lys:

Oorsig: die drie stappe in die opstel van ’n werkstuk:

1 Insameling van inligting

2 Verwerking van inligting

3 Redigering

Gebruik in numeriese tydsbepaling.

Voorbeeld:

09:30 (halftien voormiddag)

16:00 (vieruur namiddag)

3 1 6 Ellips

Gebruik die ellips (weglaatteken) slegs wanneer

jy wil aandui dat irrelevante woorde, frases of

Page 64: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

64

sinne weggelaat is. ’n Ellips bestaan altyd uit net

drie punte of kolletjies met spasies tussenin en

aan weerskante.

’n Aanhaling moet verkieslik nooit begin met ’n

ellips nie, maar kan wel eindig met een.

Voorbeeld:

“Die beginsel van onregmatigheid word beïnvloed deur

verskillende faktore soos . . .”

3 1 7 Aanhalings en kursivering

Probeer om aanhalingstekens spaarsamig, en

verkieslik slegs as treffende illustrasies, te

gebruik.

Probeer om jou aanhaling so kort en kragtig

moontlik te hou sonder om van die krag van die

stelling weg te neem.

Aanhalings moet presies met die oorspronklike

weergawe ooreenstem. Dit beteken dat, waar

die oorspronklike gebruik maak van byvoorbeeld

hoofletters, jou aanhaling dit ook moet doen.

Waar `n aanhaling `n verwysing na `n voetnoot

bevat, moet verkieslik aangedui word dat die

voetnoot uitgelaat is. Andersins moet die

Page 65: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

65

voetnoot in vierkantige hakies in die hoofteks

geplaas word.

Voorbeelde waar aanhalings verwysings na ʼn voetnoot

bevat:

Hoofteks:

Volgens Harms AR:

“The effect of a non-variation clause has been the subject

of two judgments of this Court, namely Shifren and, latterly,

Brisley v Drotsky.123".9

Voetnoot:

9 Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd 2007 3 SA

266 (SCA) para12 (voetnote uitgelaat).

of

Hoofteks:

Volgens Harms AR:

“The effect of a non-variation clause has been the subject

of two judgments of this Court, namely Shifren [SA

Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Bpk v Shifren 1964 (4)

SA 760 (A)] and, latterly, Brisley v Drotsky [2002 4 SA 1

(SCA)]”. 9

Page 66: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

66

Voetnoot:

9 Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd 2007 3 SA

266 (SCA) para 12.

Uitsondering:

Waar jy iets aanhaal wat self ’n aanhaling bevat, moet die

dubbelaanhalingstekens in die sin (". . .") vervang word met

enkel aanhalingstekens (“..‘. . .’..”).

Voorbeeld:

Volgens Nicholson R:

“Of significance are the following comments in 1986 TSAR

232 by Van der Walt who states 'In gevalle soos die wat

hierbo vermeld is, herstel die Hof deur verlening van die

gevraagde regshulp die versteuring van die daadwerklike

beheer …'.”124

Byvoegings tot en weglatings uit aanhalings

moet so ver moontlik vermy word. Indien jy wel

veranderings aan ’n aanhaling maak, moet

daardie veranderings tussen vierkanthakies ge-

plaas word.

Moenie ’n aanhaling met ’n ellips begin nie. Jy

kan dit egter wel met ’n ellips eindig.

Page 67: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

67

Moenie aanhalings kursiveer nie tensy die

oorspronklike teks gekursiveer is.

Onderstreping word nie toegelaat nie, veral nie

as `n alternatief tot kursivering nie.

Woorde uit enige taal anders as die taal waarin

die bydrae geskryf is, word gekursiveer en nie in

aanhalingstekens geplaas nie.

Kursivering word gebruik om woorde, sinsnedes

of sinne te beklemtoon. Indien dit vir hierdie doel

in `n aanhaling gebruik word, moet dit duidelik

so aangedui word aan die einde van die

aanhaling deur frases soos “eie beklemtoning” of

“eie kursivering”. Dit is belangrik om te onthou

dat aanhalingstekens aan die einde van die sin

na die laaste leesteken binne die aanhaling

geplaas moet word.

Voorbeeld:

Volgens Innes HR:

“[T]here can be no ratification of a contract … which is

prohibited … by statute. Counsel [for the appellants] did not

argue this point ...”

Page 68: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

68

3 1 8 Hoofletters

Hoofletters word so min moontlik in Afrikaanse

bydraes gebruik. Gevalle waar dit wel gebruik

word, sluit in eiename (byvoorbeeld voorname,

vanne en plekname) en in ’n volledige

ampsbenaming wat na ’n bepaalde individu

verwys.

Voorbeeld:

Die Minister van Verdediging, die Departement van Handel

en Nywerheid, ens., maar die regter, die minister, die

departement, die hooggeregshof, ens.

In die opskrifte van jou werkstuk word ’n

hoofletter slegs vir die eerste letter van die

eerste woord gebruik, behalwe waar spelreëls

vereis dat hoofletters in die opskrif self gebruik

word.

Opskrifte word nie heeltemal in hoofletters

geskryf nie, byvoorbeeld:

Voorbeelde:

Verkeerd: VERALGEMENING VAN DIE KWESSIE

Verkeerd: Veralgemening Van Die Kwessie

Korrek: Veralgemening van die kwessie

Page 69: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

69

3 2 Opskrifte, nommers en bullets

Dit is baie belangrik dat jy in jou werkstuk van

opskrifte en nommers gebruik moet maak. Dit

maak dit vir die leser makliker om jou werkstuk

te lees en verhoed dat die leser halfpad deur jou

werkstuk moet stop om te probeer verstaan

waaroor jy skryf.

Die verskillende vlakke van opskrifte word soos

volg gedoen:

Vlak 1: swart, vlak 2: gewoon, vlak 3: kursief,

byvoorbeeld:

3 Oorweging van buitelandse reg as basis vir

verbeterde beginsels

3 1 Bespreking van internasionale teorie

3 2 Voorbeelde van internasionale praktyk

3 2 1 Inleiding

Genommerde opskrifte moet in die volgende

formaat wees (laat punte tussen syfers weg):

1

1 1

1 1 1

1 1 2

1 2

Page 70: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

70

2

3

3 1

3 1 1

3 1 1 1

3 1 1 2

3 1 2

3 2

Moet asseblief NIE outomatiese numering by

opskrifte gebruik nie.

Die volgende moet so min moontlik gebruik

word: 1) (1) (i) (I) (III) (a) (d) ens. Indien dit wel

gebruik móét word, is klein Romeinse syfers

verkieslik.

Bullets mag gebruik word om inskrywings in

ongenommerde lyste te skei .

Jy moet nooit slegs een subopskrif op enige vlak

hê nie.

Voorbeeld:

1 Arbeidswetgewing

2 Onbillike ontslag

2 1 Outomatiese onbillike ontslag

3 Gelykheidswetgewing

Page 71: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

71

3 1 Gelykheid

3 2 Wet op Basiese Diensvoorwaardes

Daar moet nie ’n opskrif genommer “2 1” wees nie,

aangesien dit die enigste subopskrif onder “2” is. Die hele

opskrif moet dus verwyder word.

1 Arbeidswetgewing

2 Onbillike ontslag

3 Gelykheidswetgewing

3 1 Gelykheid

3 2 Wet op Basiese Diensvoorwaardes

3 3 Syfers

Die algemene beginsel is dat getalle kleiner as

20 in woorde geskryf moet word (bv: twaalf of

negentien, maar 21, 24). Let egter op die

volgende:

o Geldbedrae word in syfers geskryf. Onthou

ook spasies en kommas is by die gebruik

van geldbedrae belangrik. Bo R1 000

gebruik jy ’n spasie, byvoorbeeld

“R35 000”. Gebruik ’n komma tussen die

rand en sent, byvoorbeeld “R360,75”.

o Ouderdom word altyd in syfers geskryf:

“Die seun was 11 jaar oud.”

Page 72: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

72

o Jaartalle: let op die gebruik van woorde

saam met die getalle, byvoorbeeld “van

2008 tot 2010” en “tussen 2008 en 2010”.

Vermy “2008–2010” – dit is ’n meer

informele skryfwyse.

o Persentasie: gebruik altyd die %-teken en

nooit die woord “persentasie” nie,

byvoorbeeld “10%” en nie “10 persent” of

“tien persent” nie. Daar is ook geen spasie

tussen die syfer en die %-teken nie.

o Bladsynommers: die nommer van die

bladsy waarna jy verwys, moet altyd in

syferformaat uitgedruk word.

3 4 Voorsetsels

Vaste voorsetselgroepe bestaan uit verbindings

van twee of meer woorde wat minstens twee

voorsetsels insluit. Die woorde in hierdie groepe,

asook die volgorde waarin hulle gebruik word,

mag nie verander word nie.

Voorbeelde:

in antwoord op

by wyse van

met verwysing na

Page 73: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

73

aan die hand van

ten opsigte van

in verband met

as gevolg van

deur middel van

As jy jou sinne kort en duidelik wil hou (presies

dít waarna jy in jou skryfwerk streef), kan jy dié

voorsetselgroepe egter met een woord vervang:

Voorbeelde:

as gevolg van . . . weens/vanweë

by geleentheid van . . . by

deur middel van . . . deur

in verband met . . . oor/rakende

na aanleiding van . . . rakende

ten opsigte van . . . oor

uit hoofde van . . . deur

na afloop van . . . na

3 5 Werkwoorde

’n Werkwoord is ’n woord wat ’n aksie

(byvoorbeeld: eet, lees, speel), ‘n gebeurtenis

(byvoorbeeld: gebeur, word), of ’n toestand van

bestaan (byvoorbeeld: bestaan, leef) aandui.

Page 74: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

74

Werkwoorde het ’n teenwoordige tyd om aan te

toon dat ’n aksie plaasvind, ’n verlede tyd om

aan te toon dat ’n aksie klaar gedoen is/ gebeur

het en ’n toekomende tyd om aan te toon dat ’n

aksie gaan gebeur. ’n Sin moet ’n onderwerp en

werkwoord hê en ’n voltooide gedagte wees om

grammaties korrek te wees.

Wees konsekwent in die gebruik van tye in jou

werkstuk.

Die werkwoord “was” word in die verlede tyd

dikwels verkeerdelik gebruik in die plek van “is”.

Dit is weens die invloed van die Engelse was.

Voorbeeld:

Met die aanstelling van prof. Summers as dekaan WAS die

verhouding tussen manlike en vroulike personeellede na

60:40 verhoog.

Dié sin moet lees:

Met die aanstelling van prof. Summers as dekaan IS die

verhouding tussen manlike en vroulike personeellede na

60:40 verhoog.

Werkwoorde wat met be-, ge-, er-, her-, ont- en

ver- begin – byvoorbeeld begin, gesels, erken,

Page 75: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

75

onthou, verstaan – kry nie “ge-” in die verlede

tyd nie.

Voorbeeld:

Die reglement is verlede jaar herstruktureer.

Dit is korrek. Jy sê nie “geherstruktureer” nie.

Die woorde “probeer”, “makeer” en “waardeer”

kry ook nie “ge-” in die verlede tyd nie.

3 6 Byvoeglike naamwoorde

Trappe van vergelyking

Die vergrotende (tweede) trap word gewoonlik

soos volg gebruik: met die agtervoegsel “-er” of

met “meer” voor die woord (as dit ’n lang woord

is).

Die oortreffende (derde) trap word gewoonlik

soos volg gebruik: met “die” en die agtervoegsel

“-ste” of “die mees” voor die woord (as dit ’n lang

woord is).

Voorbeelde:

Groot groter die grootste

Oorredend meer oorredend die mees oorredende

Kyk wat gebeur as ’n woordgroep as geheel ’n byvoeglike

Page 76: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

76

naamwoord is:

Voor die hand liggend: die voor die hand liggendste

argument (Let op die spelling van hierdie woordgroep.)

Praktiese wenk:

Moet nooit die twee moontlike vorme van die vergrotende

of oortreffende trap vermeng nie. Dit is byvoorbeeld

verkeerd om “meer belangriker” of “die mees belangrikste”

te gebruik.

3 7 Kies die gepaste woord

Anglisismes

As jy te veel anglisismes gebruik, wys dit jou

woordeskat is beperk. Dit is ook nie goeie

akademiese skryfstyl nie.

Voorbeeld:

Die toekenning van ’n skadevergoedingseis aan die

regering kan die media daarvan afsit om in die toekoms

omstrede inligting te versprei.

- “Afsit” is ’n anglisisme. Dit is direk uit die Engels

vertaal (put off). Die woord “weerhou” sou ’n beter

keuse wees.

Page 77: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

77

Die volgende vaste uitdrukkings word dikwels

verkeerd gebruik:

o “in terme van” (in terms of). Gebruik

“ooreenkomstig”, “kragtens” of “inge-

volge”.

o “ten alle koste” (at all costs). Gebruik “tot

elke prys”.

Argaïese (outydse) en oordrewe formele woorde

en stelwyses

Probeer sover moontlik moderne Afrikaans

gebruik. “Modern” verwys egter nie na die

Afrikaans wat jy op Facebook of in SMS’e

gebruik nie! Jy moet in volsinne en in suiwer

Afrikaans skryf. Jou sinne moet tot elke prys

duidelik en verstaanbaar wees en respek

teenoor jou leser betoon.

Vermy byvoorbeeld die volgende:

“Waarde heer” as aanspreekvorm in ’n brief in plaas

van “Beste meneer . . .”

“Seer hoogagtend die uwe” ter afsluiting van ’n brief

pleks van “Die uwe”.

“Die vakbondleiers het gepoog om . . .”

Vakbondleiers kan sommer net “probeer”.

Page 78: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

78

“Nademaal” in plaas van “aangesien”.

Herhaling van woorde met dieselfde betekenis

(toutologie)

In die Algemene Beginsels-gedeelte van dié gids

het jy gesien goeie skryfwerk berus onder meer

op kort, bondige sinne sonder enige “rommel”

(clutter). Hierbo het jy reeds ’n paar maniere

gesien om dit reg te kry. Nog ’n manier is om

toutologie – ’n opeenhoping van woorde met

dieselfde betekenis – uit te skakel.

Voorbeelde:

1 Die basiese grondliggende beginsels waarop die wet

berus . . .

In dié konteks beteken “basiese” (’n woord wat in elk geval

dikwels onnodig as stopwoord gebruik word) en

“grondliggend” dieselfde. Maar dis nie al nie. “Beginsel” dui

ook op “grondslag” of “grondreël”. Die sin kan dus soos

volg verkort en verhelder word: “Die beginsels waarop die

wet berus . . .”

2 Persoonlik voel ek dat die Grondwet nie alle

menseregte beskerm nie.

Page 79: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

79

Die woorde “persoonlik” en “ek” sê dieselfde ding. Verbeter

die sin só: “Ek voel die Grondwet beskerm nie alle

menseregte nie.” Kyk sommer ook wat het met die woord

“dat” gebeur – nóg ’n woord wat dikwels onnodig is.

3 8 Spelling

Woorde is kodes wat gebruik word om inligting oor te dra

en/of te ontvang. Tale het dus spelreëls en riglyne sodat

mense mekaar kan verstaan. Dit is noodsaaklik dat jy as

student – en later as regspraktisyn – korrek moet spel. Daar

is ook geen ruimte vir dubbelsinnigheid en feitefoute (albei

kan op slegs spelling berus) in die reg óf die akademie nie.

Die goeie nuus wat spelling betref: daar is geen grys

gebiede nie. ’n Woord is óf reg gespel, óf verkeerd.

Maak seker dat jou Afrkikaanse speltoetser opgestel is in

Microsoft Word. Jy kan dit hier aflaai: http://goo.gl/ueIB4l.

Verdere spelling en taalhulp is beskikbaar op die Fakulteit

se Regskryfwerk blog onder die opskrif "Resources",

beskikbaar by:

http://blogs.sun.ac.za/legalwriting/resources/.

3 8 1 Los en vas skryf

Die keuse tussen los en vas skryf is ’n algemene

probleem vir Afrikaansgebruikers. Een van die

Page 80: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

80

redes is dat daar in Engels – een van die tale

waarmee Afrikaanssprekendes daagliks in

aanraking is – meestal los geskryf word.10 Die

Afrikaanse Woordelys & Spelreëls gee duidelike

riglyne hieroor. Dit is ’n uitstekende bron, maar

maak seker dat jy die jongste uitgawe aanskaf,

aangesien die taal lewend is en voortdurend

groei en verander.

As algemene norme kan jy die volgende in

gedagte hou:

o Die volgende woordsoorte word ge-

woonlik vas aan mekaar geskryf:

Selfstandige naamwoord + selfstandige

naamwoord

Voorbeelde:

haat + spraak = haatspraak

prokureur + orde = prokureursorde (jy gebruik ’n “s” om dié

twee woorde te verbind)

MAAR reg + student = regstudent (NIE regsstudent NIE)

privaat + reg + taak = Privaatregtaak

Selfstandige naamwoord + werkwoord

10

Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Afrikaanse Woordelys & Spelreëls (2009) 115.

Page 81: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

81

Voorbeelde:

staat (s.nw.) + inmeng (ww.) = staatsinmenging (let op

verbindings-s)

hof (s.nw.) + verskyn (ww.) = hofverskyning

kind (s.nw.) + mishandel (ww.) = kindermishandeling (let op

die verbindings-er)

Selfstandige naamwoord + byvoeglike

naamwoord

Voorbeelde:

gebruiker + vriendelik = gebruikersvriendelik

reg + tegnies = regstegnies (let op die verbindings-s in albei

voorbeelde)

Selfstandige naamwoord + deelwoord

Voorbeelde:

proses + georiënteerd = prosesgeoriënteerd

uitkoms + gebaseer = uitkomsgebaseer

Bywoord + werkwoord

Voorbeelde:

tereg + wys = teregwys

Page 82: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

82

byeen + bring = byeenbring

Voorsetsel + werkwoord

Voorbeelde:

onder + steun = ondersteun

aan + stig = aanstig

Let wel: Wanneer twee woorde met ’n verbindings-s

saamgevoeg word (kyk weer na die voorbeelde hierbo),

word dit altyd as een woord geskryf.

Praktiese wenk:

Wanneer jy onseker is oor ’n bepaalde skryfwyse (los of vas)

en geen bron jou kan help nie, is dit jou keuse om die woord

óf los óf vas te skryf. Gebruik jou gekose skryfwyse dan

konsekwent in jou werkstuk.

3 8 2 Koppelteken

As ’n saamgestelde woord so lank word dat dit

moeilik lees, kan jy ’n koppelteken tussen die

samestellende dele gebruik:

Voorbeeld:

“protesaksie-regsgeding” eerder as “protesaksieregsgeding”

Page 83: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

83

Gebruik ook ’n koppelteken wanneer die eerste

deel van ’n woordgroep van vreemde herkoms

is:

Voorbeelde:

ad hoc-komitee

de facto-beslissing

pro bono-advies

3 8 3 Diakritiese (onderskeidende) tekens

Akuutaksent (´)

o Dit word vir betekenisonderskeiding of

beklemtoning gebruik.

Voorbeelde:

a) Die polisie het ’n ondersoek ná die voorval gedoen.

Soos jy kan sien, beteken die voorbeeldsin hierbo nie

dieselfde as die onderstaande een nie. Die akuut word in dié

konteks dus vir betekenisonderskeiding gebruik.

b) Die polisie het ’n ondersoek na die voorval gedoen.

Dit was nie ons nie, dit was húlle! (Hier word die akuut vir

beklemtoning gebruik.)

o Dit word ook gebruik vir woorde van

vreemde herkoms in hul oorspronklike

spelvorm, soos “attaché” of “cliché”.

Page 84: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

84

Gravisaksent (`)

o Dit word meestal gebruik om uitspraak

aan te dui, soos “appèl” (maar appelleer)

en “nè?” [nè word gewoonlik vooraf-

gegaan deur ʼn komma en gevolg deur ʼn

vraagteken, want dit word voorafgegaan

deur ’n pouse en dit stel ʼn vraag].

o Gebruik dit ook vir woorde van vreemde

herkoms in hul oorspronklike spelvorm,

byvoorbeeld “tantième”, “première” en

“vis-à-vis”.

Kappie (^)

o Die piepklein kappie, snaaks genoeg,

skep dikwels ’n groot probleem. Probeer

die volgende spellings onthou: “bêre”,

“lêer”, “nêrens”, “wêreld” en “sekondêr”.

o Woorde wat algemeen verkeerdelik met ’n

kappie gespel word, is “ver” en “ster”.

(Sterre is nie stêrre nie. Snags flonker die

een in die hemelruim en bedags sit jy op

die ander een in die lesingsaal.)

Page 85: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

85

Deelteken (¨)

o Die deelteken dui die begin van ’n

nuwe lettergreep aan in woorde soos

beïnvloed, diëte.

o As twee of meer vokale (klinkers) op

mekaar volg en tot verskillende

lettergrepe behoort, word die

deelteken gebruik om aan te toon

waar ’n nuwe lettergreep begin,

byvoorbeeld reën, verleë, materiële,

alkalië, drieë (drie eindig reeds op ’n -

e, daarom die tweede -e met ’n

deelteken; so ook industrieë).

o Dit word veral gebruik waar dit dalk as

een lettergreep uitgespreek kan word

en die woord dan ’n ander betekenis

sou kry, soos: voel en voël, oe en oë,

hoer en hoër.

o Woorde wat op -ieel, -ieer of -ieet

eindig, kry nie ’n deelteken nie, maar

die verboë vorme (met een e na die i)

kry wel ’n deelteken, byvoorbeeld :

finansieel – finansiële

prinsipieel – prinsipiële

definieer – definiëring

Page 86: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

86

subsidieer – subsidiëring

dieet – diëte

o By leenwoorde word die deelteken

gebruik soos in die taal waaraan die

woord ontleen is, byvoorbeeld Führer.

Woorde wat dikwels verkeerd gespel word

Reg Verkeerd

aggressie

akkommodeer

analise

appèl

appelleer

appellant

arbeidsappèlhof

assimileer

baseer

billik

deurgaans

definitief

delegeer

Derdewêreldland

diskresie

e-pos

agressie

akkomodeer

analiese

appel

appèlleer

appelant of appèlant

arbeidsappelhof

asimmileer

basseer

bilik

deurgans

defnitief

deligeer

Derdewêreld land

diskressie

epos / Epos

Page 87: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

87

e-posadres

finansiële

finansieel

gebaseer

geïdentifiseer

geïllustreer

gevangene (prisoner)

gevangenis (prison)

gevangenisstraf

gevangenskap of

gevangeskap

gevange neem

gewelddadig

graffiti

juridiese

hiërargie

implementeer

interessant

klousule

kommissie

komitee

kontrakbreuk

kontroversieel

kontroversiële

e-pos-adres / eposadres

finansiele

finansieël

gebasseer

geidentifiseer

geillustreer

geweldadig

graffitti/grafiti

juriediese

hierargie

implimenteer

interresant

klosule

komissie / kommisie

kommitee

kontrakbreek

kontroversieël

kontroversieele

Page 88: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

88

lêer

lyding (suffering)

leiding (guidance;

leadership; transmission)

minderbevoorreg

mindergegoede

minderjarige

onmiddellik

professioneel

rassisme

rassegroepe

regsbank of regbank

spreek

statutêre

Suid-Afrikaans

te kort skiet (om nie ver

genoeg te skiet nie)

vermoë

verrassing (surprise)

verassing (cremation)

verteenwoordigend

visedekaan of vise-dekaan

leêr

minder bevoorreg

minder gegoede

minder jarige

onmiddelik

proffessioneel

rasisme

rasse groepe

spreuk11

statutere

Suid Afrikaans / Suid-

afrikaans / Suid Afrikaans

tekortskiet, tekort skiet

(ontoereikend wees)

vermoe

verassing

verrassing

verteenwoordegend

viesie-dekaan

11

Spreek = praat (talk) spreuk = ’n sinryke gesegde (motto/proverb).

Page 89: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

89

voorheen benadeelde

voorheen vermelde

voorheen veroordeelde

voorkeurbehandeling

voorheenbenadeelde

voorheenvermelde

voorheenveroordeelde

voorkeur behandeling (ook

nie voorkeer nie)

3 9 Algemeen

Waar tussen hakies geskryf word, word

leestekens (punte, kommas, dubbelpunte ens)

altyd na die laaste hakie geplaas. Waar 'n volsin

binne 'n paragraaf egter tussen hakies voorkom,

word die punt voor die laaste hakie geplaas.

Vermy die gebruik van uitdrukkings soos “die

geleerde regter”, “met eerbied”, “respekvol” ens.

Geslagsneutrale taal word aangemoedig. Dit

word byvoorbeeld bevorder deur die gebruik van

meervoudsvorme of die vermy van geslag-

spesifieke persoonlike voornaamwoorde. Indien

dit nie moontlik is nie, gebruik òf “hy” òf “sy”,

maar moet dan nie afwissel tussen die twee in `n

spesifieke deel van die teks nie. Moet ook nie

“hy/sy” gebruik nie.

Page 90: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

90

Voorbeeld:

Die faktore is dwaling (error), bedrog (dolus) en

vreesaanjaging (metus).

Pienaar getuig verder dat die omstandighede wat die goud

gewas is, soos aangedui op die foto’s, nie normale

werksomstandighede vir die appellante was nie.

(Voormelde gebeure word ook bevestig deur die getuienis

van Labuschagne.)12

12 Dzanibe and Another v S (A96/2009) [2010] ZAFSHC 16.

Page 91: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

91

DIE FAKULTEIT SE STYLRIGLYNE VIR VERWYSINGS13

1 Inleiding

Die doel van verwysings is in essensie tweeledig:

1 1 Om erkenning te gee aan die intellektuele

goedereregte van ander en sodoende te vermy dat jy

van plagiaat aangekla word. Sien die plagiaat-

afdeling van hierdie gids vir meer inligting;

1 2 Om lesers in staat te stel om die bronmateriaal

waarna daar in die skryfstuk verwys word, op te

spoor en meer te leer oor die gespesifiseerde

aangehaalde aspekte van die werkstuk.

Dit is daarom uiters belangrik dat die inligting in jou

werkstuk onderskeid tref tussen inligting wat jy geleen het

by iemand anders en inligting wat jy self ontwikkel het.

Hierdie verwysingsriglyne sal jou in staat stel om dié

onderskeid te tref en dit moet toegepas word op elke

werkstuk wat jy tydens jou studies by die Fakulteit voltooi.

2 Voetnote

Voetnote verskyn aan die einde van elke

bladsy en nie aan die einde van die manuskrip

13

Hierdie dokument is ’n verwerkte en aangepaste weergawe van die Stellenbosse Regstydskrif se riglyne, (oorspronklik aangepas deur prof. Sandy Liebenberg) vir gebruik in voorgraadse studie. Theo Broodryk en Dr Karin Cattell is verantwoordelik vir die verwerking en aanpassing van die voorafgaande riglyne.

Page 92: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

92

nie. Voetnote moet opeenvolgend genommer

wees in Arabiese syfers.

Wanneer jy ’n voetnoot maak, moet die

voetnootnommer altyd na die laaste lees- of

aanhalingsteken verskyn.

Voorbeeld:

- Verkeerd: “dit is die beste fakulteit1” of “dit is die

beste fakulteit”1.

- Korrek: “dit is die beste fakulteit”.1

Voetnootnommers word nie gekursiveer nie.

Voorbeeld:

- Verkeerd: “in die hart van Stellenbosch”.1

- Korrek: “in die hart van Stellenbosch”.1

Plaas ’n punt aan die einde van elke voetnoot.

Voorbeeld:

- Verkeerd: (Voetnootinskrywing) Bean Engaging

Ideas 117

- Korrek: (Voetnootinskrywing) Bean Engaging

Ideas 117.

Voetnote moet geblokkeer word.

Page 93: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

93

Voorbeeld:

- Verkeerd:

1 Allison Boye “How do I create meaningful and effective

assignments?” Teaching, Learning, and Professional

Development Center Texas Tech University

<http://www.tlpd.ttu.edu/teach/TLTC%20Teaching%20R

esources/CreatingEffectiveAssignments.asp (accessed

11-12-2012).

- Korrek:

1 Allison Boye “How do I create meaningful and effective

assignments?” Teaching, Learning, and Professional

Development Center Texas Tech University

<http://www.tlpd.ttu.edu/teach/TLTC%20Teaching%20Re

sources/CreatingEffectiveAssignments.asp (accessed

11-12-2012).

Bladsyverwysings moet verkieslik tot voetnote

beperk word.

Voorbeeld:

- Verkeerd:

“met verwysing na bladsy 57 van die uitspraak"1 of "op

bladsy 34 beweer die skrywer"2.

Page 94: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

94

- Korrek:

“volgens die hof”1 of “die skrywer beweer”2 – die

voetnoot moet na die relevante bladsynommer

verwys.

Die afkorting "p" vir "pagina" of “bl” vir bladsy

moet nooit in voetnote gebruik word nie.

Waar daar na opeenvolgende bladsye verwys

word, moet die bladsynommers ten volle

weergegee word.

Voorbeeld:

- Verkeerd: 72–9 of 164–78 .

- Korrek: 72–79 of 164–178.

Moenie supra en infra in jou werkstuk gebruik

nie. Herhaal eerder die verwysing na die

bronne met die relevante bladsynommers

waarna jy wil verwys deur gebruik te maak van

ʼn verkorte verwysing.

Die gebruik van ibid, op cit en/of loc cit word

nie toegelaat nie.

Page 95: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

95

Onthou:

- As daar in twee of meer opeenvolgende voetnote

slegs na een bron verwys word (byvoorbeeld

Conradie v Rossouw 1965 2 SA 589 (C) 593F

(volle verwysing) of Conradie v Rossouw 593F

(verkorte verwysing)), kan slegs die relevante

bladsy-/paragraafnommers in die volgende

voetnoot aangedui word (byvoorbeeld 593F).

- Sodra daar weer in ’n voetnoot na meer as een

bron verwys word, moet ’n volle verwysing vir elke

bron gegee word.

Verskeie bronne in ’n voetnoot moet deur ’n

kommapunt van mekaar geskei word.

Voorbeeld:

Bean Engaging Ideas 6; Allison Boye “How do I create

meaningful and effective assignments?” Teaching, Learning,

and Professional Development Center Texas Tech

University <http://www.tlpd.ttu.edu/teach/TLTC%20Teaching

%20Resources/CreatingEffectiveAssignments.asp

(accessed 11-12-2012).

Page 96: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

96

3 Bronverwysings

3 1 Boeke

In die eerste verwysing na 'n boek, verskaf die

volgende inligting:

o Voorlettter(s) en van(ne) van die

outeur(s) - indien daar twee outeurs is,

moet die name van beide outeurs verbind

word deur 'n ampersand ("&");

o Indien daar meer as twee outeurs is,

moet alle outeurs se name, geskei deur

kommas en 'n ampersand ("&") voor die

laaste outeur se naam, in die eerste

verwysing verskyn;

o Titel van die boek gekursiveer;

o Slegs tweede of verdere uitgawe word na

verwys;

o Jaar van publikasie tussen hakies; en

o Bladsy(e) waarna verwys word.

Voorbeeld (volle/eerste verwysing):

3FJ van Zyl & JD van der Vyver Inleiding tot die

Regswetenskap 2 uitg (1982) 526.

Soos die voorbeeld hierbo uitlig, word die volle

verwysing weergegee wanneer daar vir die

Page 97: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

97

eerste keer na die boek verwys word. Vir

opeenvolgende verwysings word slegs ’n

verkorte verwysing gebruik wat uit beskrywende

sleutelwoorde bestaan.

In die geval van meerdere bandnommers volg

die nommer van die betrokke band in

gekursiveerde Romeinse of Arabiese syfers na

die titel, afhangende van watter tipe syfers in die

publikasie gebruik word, sonder “vol” of “bk”

vooraf. Dit geld vir sowel die volledige as die

verkorte titel.

Waar twee of meer keer in opeenvolgende

voetnote na dieselfde bron verwys word, en

slegs na daardie bron, hoef bloot 'n

bladsynommer in die verdere voetnote vermeld

te word.

Voorbeeld:

1 I Currie & J De Waal The Bill of Rights Handbook 5 uitg

(2005) 119.

2 121 – 123.

3 128.

Page 98: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

98

NIE

1 I Currie & J De Waal The Bill of Rights Handbook 5 uitg

(2005) 119.

2 Currie & De Waal The Bill of Rights Handbook 124.

3 128.

MAAR WEL

1 I Currie & J De Waal The Bill of Rights Handbook 5 uitg

(2005) 119.

2 121 – 123.

3 128.

4 2003 1 SACR 143 (SCA).

5 Currie & De Waal The Bill of Rights Handbook 131.

Let op die gebruik van die verkorte verwysing (voetnoot

5) van ʼn bron waar direk opvolgende bronne deur die

invoeging van ʼn nuwe bron (2003 1 SACR 143 (SCA))

onderbreek word.

In daaropvolgende verwysings hoef jy dus slegs

die volgende inligting te verskaf:

o Van(ne) van outeur(s). Indien daar twee

outeurs is, moet die vanne van beide

outeurs verbind word deur 'n

ampersand ("&"). Indien daar meer as

twee outeurs is, kan slegs na die eerste

Page 99: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

99

outeur se van, gevolg deur "et al" verwys

word. "et al" word nie gekursiveer nie;

o Afgekorte titel;

o Bladsy(e) waarna verwys word;

o Die voorletters, uitgawe en datum van

publikasie word dus in daaropvolgende

verwysings uitgelaat.

3 2 Hoofstukke in geredigeerde boeke14

Die eerste verwysing moet die volgende

inligting verskaf:

o Voorletter(s) en van van die outeur(s)

van die hoofstuk. Indien daar twee

outeurs is, moet die name van beide

outeurs verbind word deur 'n ampersand

("&");

o Indien daar meer as twee outeurs is,

moet alle outeurs se name, geskei deur

kommas en 'n ampersand ("&") voor die

laaste outeur se naam, in die eerste

verwysing verskyn;

14

n Geredigeerde boek is ‘n boek wat in hoofstukke verdeel is wat elk deur ‘n verskillende outeur of groep outeurs geskryf is.

Page 100: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

100

o Titel van die hoofstuk in dubbel-

aanhalingstekens, nie gekursiveer en

gevolg deur die woord “in”;

o Voorletter(s) en van, van die redakteur(s)

gevolg deur "(red)" of "(reds)";

o Titel van die boek gekursiveer;

o Jaar van publikasie tussen hakies; en

o Eerste bladsy van die hoofstuk gevolg

deur die bladsynommer(s) waarna

verwys word.

Daaropvolgende verwysings moet die

volgende inligting verskaf:

o Van(ne) van die outeur(s) van die

hoofstuk. Indien daar twee outeurs is,

moet die vanne van beide outeurs

verbind word deur 'n ampersand ("&").

Indien daar meer as twee outeurs is, kan

slegs na die eerste outeur se van, gevolg

Voorbeeld (volle verwysing):

M Tushnet “Comparative Constitutional Law” in A Reimann

& R Zimmermann (reds) The Oxford Handbook of

Comparative Law (2006) 1225 1229-1230.

Page 101: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

101

deur "et al" verwys word. "et al" word nie

gekursiveer nie;

o Verkorte titel van die hoofstuk in dubbel-

aanhalingstekens, nie gekursiveer nie en

gevolg deur die woord “in”;

o Verkorte titel van die boek gekursiveer;

o Bladsy(e) waarna verwys word; en

Voorletters, die naam van die redakteur(s), die

datum van publikasie en die eerste bladsy van

die hoofstuk word dus uitgelaat.

Voorbeeld (verkorte verwysing):

Tushnet “Comparative Constitutional Law” in Handbook of

Comparative Law 1231-1233.

3 3 Losbladpublikasies

Die eerste verwysing, waar die spesifieke

afdeling van die losbladpublikasie aan ʼn

spesifieke outeur(s) toegskryf kan word, moet

die volgende inligting bevat:

o Voorletter(s) en van(ne) van die

outeur(s). Indien daar twee outeurs is,

moet die name van beide outeurs verbind

word deur 'n ampersand ("&"). Indien

daar meer as twee outeurs is, moet alle

Page 102: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

102

outeurs se name, geskei deur kommas

en 'n ampersand ("&") voor die laaste

outeur se naam, in die eerste verwysing

verskyn;

o Titel van die afdeling in dubbele

aanhalingstekens gevolg deur die woord

“in”;

o Die voorletter(s) en van(ne) van die

redakteur(s) en die woord (red) of (reds);

o Die titel van die losbladpublikasie ge-

kursiveer;

o Tweede en verdere uitgawes, indien

enige;

o Die afkorting “OD” vir oorspronklike diens

of “HD” vir hersieningsdiens, tesame met

die hersieningsnommer tussen hakies

(waar dit aangedui word), gevolg deur die

jaar van publikasie van die huidige

opgedateerde uitgawe van die losblad-

publikasie (nie die betrokke afdeling of

hoofstuk nie) .

o Die bladsy(e) waarna verwys word.

Voorbeeld (volledige verwysing):

T Roux “Democracy” in S Woolman, T Roux & M Bishop

Page 103: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

103

(reds) Constitutional Law of South Africa 2 uitg (HD 1 2009)

10-3 – 10-22.

Verdere verwysings na losbladpublikasies

moet hanteer word soos verkorte verwysings

na hoofstukke in boeke.

Voorbeeld (verkorte verwysing):

Roux “Democracy” in CLOSA 10-22.

Indien daar geen aanduiding is dat ’n

spesifieke outeur of outeurs verantwoordelik is

vir ’n spesifieke afdeling van ’n

losbladpublikasie nie, moet ’n verwysing na

sulke losbladpublikasies die volgende

besonderhede bevat:

o Die voorletter(s) en van(ne) van die

outeur(s) of redakteur(s) met (“red”) of

(“reds”);

o Die titel van die losbladpublikasie ge-

kursiveer;

o Tweede of verdere uitgawes (indien

enige);

o Die afkorting “OD” vir oorspronklike diens

of “HD” vir hersieningsdiens, tesame met

Page 104: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

104

die hersieningsnommer tussen hakies

(waar dit aangedui word), gevolg deur die

jaar van publikasie van die huidige

opgedateerde uitgawe van die

losbladpublikasie (nie die betrokke

afdeling of hoofstuk nie);

o Die bladsy(e) waarna verwys word.

Voorbeeld (volledige verwysing):

E du Toit, F de Jager, AP Paizes, A St Q Skeen & SE van

der Merwe Commentary on the Criminal Procedure Act (RS

44 2010) 5-34A.

Verdere verwysings word soos verkorte

verwysings van hoofstukke in boeke gedoen.

Voorbeeld (verkorte verwysing):

Du Toit et al Commentary on the CPA 5-34A.

3 4 Proefskrifte

Die eerste verwysing moet die volgende

inligting vervat:

o Voorletter(s) en van van outeur;

o Volledige titel gekursiveer;

Page 105: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

105

o Naam van die graad waarvoor die

proefskrif ingedien is;

o Naam van die universiteit;

o Jaar (tussen hakies);

o Bladsynommers waarna verwys word.

Voorbeeld (volledige verwysing):

S Scott Unjust Enrichment by Transfer in South African Law:

Unjust Factors or Absence of Legal Ground? DPhil thesis

Oxford (2005) 8-9.

Die verkorte verwysing word op dieselfde wyse

gedoen as boeke se verkorte verwysings:

o Van van outeur;

o Verkorte titel van die proefskrif;

o Bladsyverwysings.

Voorbeeld (verkorte verwysing):

Scott Unjust Enrichment 8-9.

3 5 Amptelike publikasies en SA

Regshervormingskommissie-publikasies

Hierdie publikasies het dieselfde stylvoorskrifte as boeke.

Indien ’n verslag ’n nommer het, moet dit gebruik word in

plaas van die datum.

Page 106: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

106

Voorbeeld (volledige verwysing):

RSA First Report of the Constitutional Committee of the

President’s Council PC 3/1982 112-115.

Voorbeeld (verkorte verwysing):

RSA First Report of the Constitutional Committee 112-115.

3 6 Ongepubliseerde materiaal

Verwysings na ongepubliseerde werke moet sover moontlik

vermy word. Indien dit wel gebruik word, word dit soos

boekverwysings hanteer en daar moet aangedui word

hoe/waar die relevante materiaal geraadpleeg kan word.

Voorbeelde (volledige verwysing):

LM du Plessis The Courts, the Legal Profession and the

Legal Process in a future South Africa (1989)

ongepubliseerde referaat gelewer by ’n kongres oor A new

Jurisprudence for a Future South Africa aangebied deur die

Sentrum vir Menseregte Studies by die Universiteit van

Pretoria, 26-10-1990 (kopie op rekord by outeur).

D Banisar Whistleblowing: International Standards and

Developments (2006) unpublished paper prepared for the

First International Conference on Corruption and

Transparency at Mexico City, 23 to 25-03-2006 (available at

Page 107: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

107

www.corrupcion.unam.mx/documentos/investigaciones/bani

sar_paper.pdf).

Voorbeelde (verkorte verwysing):

Du Plessis Courts, Legal Profession and the Legal Process.

Banisar Whistleblowing: International Standards and

Developments.

3 7 Joernaalartikels

Wanneer jy na ’n joernaalartikel verwys, moet

jou eerste verwysing die volgende inligting

verskaf:

o Voorlettter(s) en van(ne) van die

outeur(s) - indien daar twee outeurs is,

moet die name van beide outeurs verbind

word deur 'n ampersand ("&"). Indien

daar meer as twee outeurs is, moet alle

outeurs se name, geskei deur kommas

en 'n ampersand ("&") voor die laaste

outeur se naam, in die eerste verwysing;

o Titel van die artikel in dubbelaanhalings-

tekens, nie gekursiveer nie;

o Jaar van uitgawe in hakies;

o Volumenommer maar nie die uitgawe-

nommer nie;

Page 108: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

108

o Erkende, verkorte naam van tydskrif /

joernaal, gekursiveer; en

o Eerste bladsy van die artikel, gevolg deur

die bladsy(e) waarna jy verwys.

In die geval van vervolgartikels word die

spesifieke artikel waarna verwys word soos 'n

bandnommer van 'n boek aangedui. Die

Romeinse syfer volg direk na die titel van die

artikel binne die aanhalingstekens. Dit is egter

nie nodig om in afgekorte artikelverwysings die

spesifieke aflewering van 'n vervolgartikel te

identifiseer nie.

Daaropvolgende verwysings moet die

volgende inligting bevat:

Voorbeeld (volledige verwysing):

Verkeerd:

E Snyman “Die Nuwe Lex Mercatoria” (2011) 22 (3)

Stellenbosch Law Review 247 253.

Korrek:

E Snyman “Die Nuwe Lex Mercatoria” (2011) 22 Stell LR

247 253.

Page 109: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

109

o Van(ne) van die outeur(s). Indien daar

twee outeurs is, moet die vanne van

beide outeurs verbind word deur 'n

ampersand ("&"). Indien daar meer as

twee outeurs is, kan slegs na die eerste

outeur se van, gevolg deur "et al" verwys

word. "et al" word nie gekursiveer nie;

o Jaar van uitgawe tussen hakies;

o Erkende, verkorte naam van tydskrif /

joernaal, gekursiveer;

o Slegs bladsy(e) waarna daar verwys

word; en

o As daar meer as twee outeurs is, kan

daaropvolgende verwysings slegs na die

eerste outeur, gevolg deur "et al",

verwys. "et al" word nie gekursiveer nie.

o Die voorletters, naam van artikel,

volumenommer van tydskrif en eerste

bladsy van artikel word dus uitgelaat.

Voorbeeld (verkorte verwysing):

Snyman (2011) Stell LR 255.

Page 110: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

110

3 8 Artikels in die gedrukte media (tydskrifartikels,

koerantartikels, resensie-artikels en

vonnisbesprekings)

Die verwysingsmetode na artikels in die

gedrukte media, soos koerante en tydskrifte

stem ooreen met die wat gebruik word in die

geval van joernaalartikels.Die name van

bekende koerante en tydskrifte word nie

afgekort nie.

Voorbeeld (volledige verwysing):

LM du Plessis “SA Howe – Grammofone of Politieke

Kanaalgrawers?” Rapport (18-05-1986) 23.

Voorbeeld (verkorte verwysing):

Du Plessis Rapport (18-05-1986) 23.

ʼn Verwysing na ʼn vonnisbespreking of

boekresensie moet die volledige titel bevat

waaronder dit oorspronklik verskyn het.

Voorbeelde:

Vonnisbesprekings

LM du Plessis & M Olivier “Ngqumba v Staatspresident,

Damons NO v Staatspresident, Jooste v Staatspresident

Page 111: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

111

1988 4 SA 224 (A)” (1989) SA Publiekreg 134 136-137.

(volledige verwysing)

Du Plessis & Olivier (1989) SA Publiekreg 136-137.

(verkorte verwysing)

Boekresensie

C Lewis “Unjustified Enrichment by Daniel Visser” (2008)

125 SALJ 462 464. (volledige verwysing)

Lewis (2008) SALJ 464. (verkorte verwysing)

3 9 Sake

In Suid-Afrikaanse regspraak word leestekens

en hakies weggelaat behalwe in verwysings na

1946, waar jurisdiksieverwysings in hoofletters

tussen ronde hakies geplaas word.

In verwysings na Suid-Afrikaanse beslissings

voor 1910 word die riglyne neergelê in Hahlo &

Kahn The South African Legal System and its

Background (1973) 293-301 nagekom, maar

verwysings na leestekens weggelaat.

Verwys altyd na die gerapporteerde weergawe

van ’n saak, en slegs as die saak nie

gerapporteer is nie, verwys jy na die

internetverwysing vir die saak. Uitsprake wat

slegs elektronies toeganklik is en in 'n bekende

Page 112: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

112

bron verskyn wat uitsprake rapporteer, word

aangehaal volgens die gevestigde gebruik vir

daardie bron.

Ongerapporteerde uitsprake moet die volgende

inligting bevat: die naam van die saak; 'n

jurisdiksieverwysing afgekort in die taal waarin

die bydrae geskryf word; die datum waarop

uitspraak gegee is (in die vorm dd-mm-jjjj) en

die saaknommer.

Verskaf slegs die verwysings na een stel

hofverslae en nie meer as een nie.

Die naam van die saak moet gekursiveer

wees.

Slegs die naam van die saak (gekursiveer)

word in die hoofteks aangehaal. Die res van

die besonderhede word in die bygaande

voetnoot uiteengesit.

Wanneer daar verwys word na ʼn saak deur

middel van ʼn aanhaling, maar die saak word

nie by die naam genoem nie, word die

volledige saaknaam (gekursiveer) en hof-

verslag verwysing in die voetnota gegee.

Geen hakies word weerskante van die

volumenommer van die hofverslag geplaas nie.

Page 113: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

113

Voorbeelde:

Gerapporteerde sake:

Hoofteks: Government of the Republic of South Africa v

Grootboom ("Grootboom")1

Voetnoot: 2001 1 SA 46 (CC) para 96.

of

Ongerapporteerde uitsprake:

Waks v Jacobs en die Stadsraad van Carletonville TPA 30-

10-1989 saak nr 5971/89.

of

Uitsprake wat slegs elektronies beskikbaar is

Strydom v Liebenberg [2007] JOL 20689 (SCA).

Esau v Minister van Veiligheid en Sekuriteit (100/2008) 2009

ZANCHC 24 (4 Mei 2009) SAFLII <http://www.saflii.org/za/

cases/ZANCHC/2009/24.html> (besoek 10-12-2010).

Of, wanneer ʼn saak slegs deur middel van ʼn aanhaling

na verwys word in die hoofteks en nie spesifiek genoem

word nie:

Voetnoot: Government of the Republic of South Africa v

Grootboom 2001 1 SA 46 (CC) para 96.

Leestekens moet, indien moontlik, nooit binne

die saak se naam gebruik word nie.

Page 114: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

114

Na die eerste volle verwysing na ’n saak kan ’n

verkorte verwysing in die hoofteks en in

voetnote gebruik word. Die verkorte verwysing

moet die name van die partye en die relevante

bladsy- of paragraafnommers(s) bevat.

Voorbeelde (volle verwysing en verkorte verwysing):

Volle verwysing:

Government of the Republic of South Africa v Grootboom1

Voetnoot: 2001 1 SA 46 (KH) para 96. Verkorte verwysing:

Government of the Republic of South Africa v Grootboom1

Voetnoot: Para 96.

Volle verwysing:

POPCRU obo Maseko v Department of Correctional Services1

Voetnoot: 2011 2 BLLR 450 (AH) para 37.

Verkorte verwysing:

POPCRU obo Maseko v Departement of

Correctional Services1

Voetnoot: Para 37.

Volle verwysing:

Dadoo Ltd v Krugersdorp Municipal

Council1

Voetnoot: 1920 A 530 544.

Verkorte verwysing:

Dadoo v Krugersdorp Municipal Council1

Voetnoot: 544.

Page 115: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

115

3 10 Wetgewing

Die eerste verwysing na wetgewing in jou

werkstuk moet die naam, nommer en jaar in

die hoofteks verskaf. Daarna word slegs die

naam gebruik.

Voorbeeld:

Die Interpretasiewet 33 van 1957 (“Interpretasiewet”)

handel oor…

3 10 1 Die Grondwet

Daar word nie meer na die Grondwet verwys

as Wet 108 van 1996 nie. Die amptelike titel

van die Grondwet is: Grondwet van die

Republiek van Suid-Afrika, 1996.

Voorbeeld:

Artikel 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-

Afrika, 1996 (“Grondwet”), handel oor…

3 10 2 Ondergeskikte wetgewing

Verwysings na ondergeskikte wetgewing moet

verkieslik ook die Staatskoerant identifiseer

waarin dit voorkom.

Page 116: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

116

Voorbeeld:

Prokl R138 in SK 8331 van 06-08-1982 31. (vir

proklamasies)

GK R3 in SK 7356 van 02-01-1981. (vir regulasies)

The Sectional Titles Schemes Management Bill (konsep) in

GK R1447 SK 32666 van 30-10-2009. (vir wetsontwerpe)

3 11 Internetbronne

Verwysings na elektroniese bronne word net

toegelaat wanneer die bron slegs elektronies

beskikbaar is.

Wanneer jy na ’n internetbron verwys, moet jou

eerste verwysings die volgende inligting

verskaf:

o voorletter en van(ne) van die outeur(s) of

redakteur(s). Indien daar nie ʼn outeur is

nie, "Anoniem" of die naam van die

instelling wat as outeur, redakteur of

samesteller dien;

o titel van die dokument waarna daar

verwys word in dubbelaanhalingstekens;

o die datum van elektroniese publikasie of

die nuutste opdatering van die webwerf;

o die titel van die webwerf;

Page 117: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

117

o <URL adres> in hakies (< >). Onthou om

die hiperskakel uit die teks van die artikel

te verwyder;

o die URL wat voorsien word behoort direk

te lei na die dokument of teks waarna

vewys word. Dus, indien die dokument of

teks waarna verwys word nie op die

tuisblad van die webwerf verskyn nie, is

'n URL wat na die tuisblad van die

webwerf lei onvoldoende;

o die datum waarop jy die dokument laas

besoek het (besoek dd-mm-jjjj);

o die bladsy- `of paragraafverwysing

(indien enige) moet net voor die URL

adres verskyn.

Voorbeelde (volle verwysing):

Webwerwe

P de Vos “Fifa World Cup: Bad for Human Rights?”

(29-01-2010) Constitutionally Speaking

<http://constitutionallyspeaking.co.za/fifa-world-cup-

bad-for-human-rights/> (accessed 7-12-2010).

Elektroniese joernale

N Kornet “Contracting in China: Comparative

Page 118: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

118

Observations on Freedom of Contract, Contract

Formation, Battle of Forms and Standard Form

Contracts” (2010) 14 Electronic Journal of

Comparative Law 1 3-4 ˂http://www.ejcl.org/141/

art141-1.pdf> (besoek 7-12-2010).

Media / Video

E McArdle “FutureEd 2: A Major Conference

explores how Legal Education will change amidst

Rapid Globalization (Video)” (2-12-2010) Harvard

Law School

˂http://www.law.harvard.edu/news/spotlight/classro

om/futureed-conference.html> (besoek 7-12-2010).

Verdere verwysings moet die volgende inligting

bevat:

o van van die outeur. Indien daar nie ʼn

outeur is nie, "Anoniem";

o volledige titel van die dokument in

dubbele aanhalingstekens;

o die titel van die webwerf gekursiveer.

Indien al die besonderhede wat nodig is vir

verkorte verwysings nie beskikbaar is nie, moet

die volledige verwysing vir daardie spesifieke

bron gebruik word (insluitend die URL).

Page 119: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

119

Voorbeelde (verkorte verwysing):

De Vos “Fifa World Cup: Bad for Human Rights?” (29-01-

2010) Constitutionally Speaking.

Kornet “Electronic Journal of Comparative Law 4.

McArdle “FutureEd 2: A Major Conference explores how

Legal Education will change amidst Rapid Globalization

(Video)” Harvard Law School.

Raadpleeg jou dosent vir verwysingsriglyne

wanneer jy na internasionale bronne verwys,

byvoorbeeld OSCOLA 2006 (Oxford Standard

for Citation of Legal Authorities) ʼn Elekroniese

weergawe kan afgelaai word by:

www.law.ox.ac.uk/oscola.

3 12 Bibliografie

Al die bronne waarna jy verwys, moet aan die

einde van jou werkstuk volledig in ʼn bibliografie

verskyn. Moenie bronne by die bibliografie insluit

indien jy nie in die teks daarna verwys nie. Die

volgende gegewens moet oor die algemeen

verstrek word:

o die naam van die outeur/redakteur van

die werk. Eerste outeur se voorletter na

Page 120: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

120

van. Tweede en verdere outeurs se

voorletters voor vanne.

o die volledige titel van die artikel/boek;

o datum van publikasie tussen hakies;

o volumenommer van die betrokke

regstydskrif;

o die volledige titel van die tydskrif;

o die uitgewer (van ’n boek);

o bladsyreeks van die betrokke artikel of

hoofstuk in die boek.

Skep ’n itemlys met opskrifte, kyk na die eerste

outeur se van en sorteer alfabeties onder die

opskrif.

Voorbeelde:

Boeke:

Currie I & J de Waal The Bill of Rights Handbook 5 uitg

(2005), Kaapstad: Juta & Kie.

Klaaren J (red) A Delicate Balance: The Place of the

Judiciary in a Constitutional Democracy (2006), SiberInk.

Hoofstukke in geredigeerde boeke:

Tushnet M “Comparative Constitutional Law” in A Reimann

& R Zimmerman (eds) The Oxford Handbook of

Comparative Law (2006) 1225-1230, Oxford University

Page 121: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

121

Press.

Losbladpublikasies:

Roux T “Democracy” in S Woolman, T Roux & M Bishop

(eds) Constitutional Law of South Africa 2 ed (RS 1 2009)

10-3 -10-22.

Proefskrifte:

Scott S Unjust Enrichment by Transfer in South African Law:

Unjust Factors or Absence of Legal Ground? DPhil thesis

Oxford University (2005).

Amptelike publikasies:

RSA First Report of the Constitutional Committee of the

President’s Council PC 3/1982 112 -115.

Ongepubliseerde bronne:

LM du Plessis The Courts, the Legal Profession and the

Legal Process in a future South Africa (1989)

ongepubliseerde referaat gelewer by ’n kongres oor A new

Jurisprudence for a Future South Africa aangebied deur die

Sentrum vir Menseregte Studies by die Universiteit van

Pretoria, 26-10-1990.

Regstydskrifartikels:

Albertyn C & B Goldblatt “Facing the Challenge of

Transformation: Difficulties in the Development of an

Indigenous Jurisprudence of Equality” (1998) 14 South

Page 122: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

122

African Journal of Human Rights 248 - 276.

Gedrukte media:

Du Plessis LM “SA Howe – Grammofone of Politieke

Kanaalgrawers?” Rapport (18-05-1986) 23.

Sake:

Government of the Republic of South Africa v Grootboom

2001 1 SA 46 (CC).

Wetgewing:

Strafproseswet 51 van 1977.

Ondergeskikte wetgewing:

Proklamasies: Prokl R138 in SK 8331 van 06-08-1982 31.

Regulasies: GK R3 in SK 7356 van 02-01-1981.

Wetsontwerpe: The Sectional Titles Schemes Management

Bill (konsep) in GK R1447 SK 32666 van 30-10-2009.

Internet:

Kornet N “Contracting in China: Comparative Observations

on Freedom of Contract, Contract Formation, Battle of

Forms and Standard Form Contracts” (2010) 14 Electronic

Journal of Comparative Law 1 3-4

˂http://www.ejcl.org/141/art141-1.pdf>.

Page 123: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

123

SPESIFIEKE UITKOMSTE

Daar word vir elke jaar van die voorgraadse LLB-program

skryf-intensiewe modules geïdentifiseer waartydens

spesifieke aandag gegee word aan die ontwikkeling van

skryfvaardighede addisioneel tot die substantiewe reg onder

bespreking. In elk van hierdie modules word daar baie

spesifieke doelwitte gestel wat betref skryfvaardighede en

elke jaar bou op die vaardighede wat die vorige jaar/jare

ontwikkel is. Hierdie doelwitte word spesifiek onderrig – met

ander woorde, daar is spesifieke sessies in hierdie modules

waartydens hierdie skryfvaardighede met die studente

behandel word. Hierdie sessies kan óf in die vorm van

hooflesings plaasvind óf in kleiner groepe soos

tutoriaalsessies. Sodanige onderrig staan egter nie apart

van die substantiewe reg onder bespreking in die module

nie; dit geskied gelyktydig. ’n Belangrike voordeel van

hierdie benadering is dat die student nie alleen generiese

skryfvaardighede ontwikkel nie, maar spesifieke

skryfvaardighede binne die akademiese diskoers van ons

omgewing ontwikkel – hulle leer dus nie net om te skryf nie,

maar om te skryf binne ’n regskonteks. By die identifikasie

van skryf-intensiewe modules, word daar nougeset probeer

om spesifieke skryfvaardighede met die inhoud van die

relevante modules in ooreenstemming te bring. In hierdie

opsig, byvoorbeeld, kan modules met prosedurele inhoud

Page 124: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

124

goed pas by die ontwikkeling van meer praktiese vorms van

skryf, soos pleitstukke. Andersins, kan finalejaarmodules

goed aangewend word vir hoëvlak akademiese skryf-

vaardighede.

Daar is egter sekere basiese skryfvaardighede wat elke

student behoort te hê aan die einde van sy of haar eerste

voorgraadse jaar by die Fakulteit. Hierdie vaardighede vorm

die grondslag vir die verdere ontwikkeling van meer

gespesialiseerde skryf- en navorsingsvaardighede in die

skryf-intensiewe modules waarna hierbo verwys is.

Gevolglik behoort studente aan die einde van hul eerste

jaar in staat te wees om:

1 ’n Vraag te lees, verstaan en beantwoord

Dit behels:

o Die lees en verstaan van instruksies.

o Die vermoë om verskillende tipes vrae

te kan onderskei en te weet wat met

elke soort vraag verwag word.

o Die ontleding van die vraag deur op

sleutelwoorde te fokus.

o Die volg van riglyne/instruksies in die

beantwoording van die vraag.

o Die vermoë om die verband te sien

tussen die vraag en die spesifieke deel

Page 125: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

125

van substantiewe reg waarmee daar

gehandel word.

o Navorsing doen deur die relevante deel

in die handboek te oorweeg en

navorsing hiervandaan uit te brei. Die

regsbibliotekaresse te besoek en haar

hulp te vra indien nodig.

2 Behoorlike inleidings en gevolgtrekkings te skryf

Betreffende inleidings behels dit die vermoë

om:

o Die belangrikheid van die onderwerp te

verduidelik, spesifiek in verband met die

logiese vloei en samehang van die

skryfstuk.

o Alreeds in die eerste paar sinne die

onderwerp te identifiseer of te noem,

die noodsaaklike konteks te verskaf en

die spesifieke fokus van die skryfstuk

aan te dui.

o Die leser te oortuig van die waarde van

die skryfstuk.

o Die struktuur of organisasie van die

skryfstuk behoorlik uiteen te sit.

o Dit kort en tersaaklik te hou.

Page 126: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

126

Betreffende die gevolgtrekking, behels dit:

o Die verskaffing van ’n finale perspektief

op die onderwerp.

o Geen gebruik (of misbruik) van geykte

clichés soos “ten slotte”, “laastens”

“samevattend”, “om op te som”, ens om

die gevolgtrekking mee te begin nie.

o Die samevatting van die hoofpunte

sonder om dit bloot te lys, te

herformuleer of te herhaal.

o Die oordenking van die belangrikheid

en implikasies van die argument.

o Geen inbring van nuwe idees of inligting

in die gevolgtrekking nie.

3 Gebruikersvriendelike taal te skryf

Dit behels dat:

o Abstrakte woorde en frases waar

moontlik vermy word, die aktiewe vorm

eerder as die passiewe vorm gebruik

word en moeilike woorde vervang word

met woorde wat makliker is om te

verstaan (sinonieme).

o Sinne kort en tersaaklik gehou word

deur oorbodige woorde en frases weg

Page 127: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

127

te laat en lang, ingewikkelde sinne op te

breek in korter, eenvoudiger sinne

sonder om woorde en frases kunsmatig

te verkort.

o Die gemiddelde lengte van ’n sin 15 -

20 woorde is.

o Goeie woordorde verseker word deur

die onderwerp en werkwoord naby

mekaar te gebruik.

o Gebruikersvriendelike taal die afwesig-

heid impliseer van onsekerheid of

dubbelsinnigheid in verband met wat

gekommunikeer is.

4 Behoorlike beplanning te doen en ’n behoorlike

struktuur te skep

Dit behels dat:

o Studente weet dat die kwaliteit-aandag

wat aan die aanvanklike beplanning

bestee is, duidelik sal blyk uit die finale

skryfstuk vir sover beplanning die

kwaliteit beïnvloed van ander aspekte

soos die argument, struktuur en vloei.

Struktuur vloei logies uit beplanning

Page 128: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

128

sodat die opdrag sinvol is, logies vloei

en samehangend is.

o Opskrifte gebruik word om die

verskillende afdelings van die skryfstuk

(inleiding, hoofdeel en gevolgtrekking)

te identifiseer en in staat te stel om

logies te vloei.

o Studente in staat is om ’n argument te

formuleer en dit in logiese, opeen-

volgende paragrawe te ontwikkel.

o Studente vaardig is in die bestuur van hul tyd.

5 Logiese vloei en samehang te verseker

Dit behels dat:

o Studente wys hoe noodsaaklik beplan-

ning, die skryf van ’n inleiding en

gevolgtrekking en die verbinding van

die verskillende dele van die skryfstuk

met mekaar, vir logiese vloei en

samehang is.

o Daar in ’n logiese volgorde van een

onderwerp na ’n ander beweeg word

sodat die gedagtegang en argument

duidelik en toeganklik kan wees.

Page 129: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

129

o Die argument al in die inleiding begin

en in elke volgende afdeling daarop

voortbou.

o Die idees en stappe in die argument

verbind word deur aan die einde van

elke afdeling te verduidelik hoe daardie

afdeling by die argument inpas. Dit

moet ook duidelik wees hoe dit, wat in

die volgende afdeling gebeur, volg op

en verband hou met wat pas in die

vorige afdeling verduidelik is.

6 By die beginsels van akademiese regskryfwerk te

hou

Dit behels dat:

o Studente die vermoë demonstreer om

vir verskillende tipes lesers te kan skryf.

o Inligting wat gegee word, bruikbaar en

toeganklik is.

o Daar in gedagte gehou word dat die

kwaliteit van die skryfwerk en die

meriete van die argument direk pro-

porsioneel is tot die verstaanbaarheid

van die skryfwerk.

Page 130: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

130

o Studente in staat is om in eenvoudige,

gebruikersvriendelike taal te skryf,

tersaaklik, leser-georiënteerd en op so

’n manier dat die kern van die argument

duidelik is.

o Waar moontlik metaforiese taal,

ongekontroleerde gebruik van relatiewe

terme (soos “ryk”, “koud”) en vae of

onnodige konsepte vermy word.

7 ’n Argument te ontwikkel

Dit behels die:

o Versameling van inligting (deur

navorsing), verwerking van inligting en

redigering.

o Vermoë om tussen die verskillende

regbronne te onderskei, te weet waar

om dit op te spoor en hoe om dit te

gebruik.

o Vermoë om tussen relevante en

irrelevante inligting te onderskei.

o Noukeurige lees van instruksies. Die

verstaan van die vraag maak dit

moontlik om die relevansie van die

inligting te identifiseer.

Page 131: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

131

o Maak van aantekeninge van bronne (en

bladsynommers) terwyl inligting inge-

samel word om sodoende frustrasie te

voorkom wanneer verwysings saam-

gestel moet word.

o Die skep van ’n struktuur vir die

werkstuk.

o Die identifisering van die argument(e)

wat aangevoer gaan word asook die

inligting wat gebruik gaan word om die

argumente te staaf.

o Demonstrasie van die vermoë om te

onderskei tussen die betekenis van en

verskil tussen ’n proposisie/stelling, ’n

veronderstelling, ’n gevolgtrekking en ’n

argument.

o Demonstrasie van die vermoë om te

verseker dat veronderstellings saam-

werk om ’n gevolgtrekking te lewer wat

logies sin maak.

o Posisionering van die inligting sodat dit

die veronderstellings ondersteun wat tot

die gevolgtrekking(s) lei.

o Gebruik van die inleiding om die

onderwerp en sy regskonteks te ver-

Page 132: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

132

duidelik en duidelik te maak waarom

hierdie onderwerp ’n bespreking werd

is.

o Skryf van ’n gevolgtrekking wat die

verskillende veronderstellings en ge-

volgtrekkings wat in die argument

gebruik is, kortliks opsom.

o Lees van jou werkstuk (talle kere) en

die aanbring van nodige veranderings.

o Genoegsame ontwikkeling van alle

aspekte van die argument(e).

o Die verspreiding van die redigerings-

fase oor ’n paar dae om ruimte te laat

vir nuwe insigte en ’n vars perspektief.

o Aandag gee aan verwysings, taal en die

presiese formulering van sinne.

o Verkryging van terugvoer van ’n

skryfkonsultant, ’n tutor of ’n dosent.

8 Behoorlik te verwys

Dit behels dat studente:

o Besef dat daar verskillende verwysings-

metodes is (bv Harvard, Stellenbosse

Regstydskrif, ens).

Page 133: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

133

o Kan verduidelik wat die doel van

verwysings is.

o Hierdie gids se verwysingsriglyne, wat

gebaseer is op die riglyne soos vervat

in die Stellenbosse Regstydskrif, be-

hoorlik benut.

9 Behoorlike e-posse en fakse te skryf

Dit behels die vermoë om te demonstreer dat:

o Die formaliteit van ’n e-pos afhang van

hoe goed jy die persoon ken en wat die

aard van julle verhouding is.

o Formele e-posse korter en minder

formeel is as formele briewe.

o Dit ’n vereiste is om jou e-pos te

proeflees voordat jy dit stuur om seker

te maak dat dit foutvry is, dat dit nie

aanstoot gee nie en dat die betekenis

duidelik is.

o Die onderwerpreël ’n noodsaaklike deel

is van die e-pos, dit kort en tersaaklik is

en ’n duidelike aanduiding gee van die

doel van die boodskap en dikwels

verwysings of lêernommers bevat.

Page 134: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

134

o Geen punte of ander leestekens in die

aanhef of slot gebruik word nie.

o Die titel van die persoon met ’n klein

letter geskryf word (anders as in

Engels) en saam met die van gebruik

word. Die naam en van, sonder ’n titel,

slegs gebruik word as jy nie weet wat

die geslag van die persoon is nie.

o Jy in die algemeen ‘Geagte’ (meer

formeel) of ‘Beste’ (minder formeel)

gebruik. NIE ‘Liewe’, "Hallo" of "Hi" nie.

o Jy NIE navraag doen oor die

gesondheid van die persoon aan wie jy

skryf nie.

o Jy begin met die rede waarom jy aan

hierdie persoon skryf.

o Jy, om af te sluit, "Die uwe" in formele

situasies gebruik (dit gaan saam met

"Geagte") of as jy die persoon aan wie

jy skryf, nie ken nie. As jy die persoon

ken, gebruik "Vriendelike groete" NIE

"Baai" of "Bye" nie.

o Jy die e-pos eindig deur jou naam en

van te gee in die eerste e-pos wat jy vir

die persoon skryf. Die persoon kan jou

Page 135: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

135

dan óf aanspreek op jou naam óf jou

titel en van in die antwoord gebruik.

o Jy die naam van jou maatskappy en jou

posbeskrywing in die eerste paragraaf

of na jou naam aan die einde van die

brief moet noem, afhangend van of jy ’n

briefhoof gebruik of nie.

o Jy die e-pos of faks nie afsluit met

"dankie" of "baie dankie" as dit nie

toepaslik is nie.

o Jy ’n versoek baie beleefd doen deur

woorde/uitdrukkings soos "is/sal dit

moontlik (wees) om" of "Kan u/jy

asseblief…" te gebruik.

o Die formaat van ’n faks soortgelyk aan

’n semi-formele brief is.

o ’n Volledige posadres nie nodig is nie.

o Bladsye genommer word sodat dit

duidelik is as daar dalk een of meer

bladsye nie deurgaan nie.

o Genoeg relevante inligting in die

onderwerpreël gegee word maar dit

steeds kort en tersaaklik gedoen word.

Page 136: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

136

PLAGIAAT15

Etiese wetenskaplike skrywe

Etiese wetenskaplike skrywe is altyd eerlik, duidelik en

akkuraat en gee erkenning vir 'n skrywer se idees en teks

(insluitende kort frases). Etiese wetenskaplike skrywe

impliseer 'n kontrak tussen jou as skrywer en die leser,

waardeur die leser glo dat alles wat jy geskryf het, jou eie

werk is en as dit nie die geval is nie, jy dit duidelik in

aanhalingstekens sal aandui en die bron sal aanhaal, soos

van toepassing.

(Miguel Roig. A Guide to Ethical Writing. Beskikbaar vir

aflaai by:

http://ori.hhs.gov/education/products/plagiarism/)

Wat is plagiaat?

"Plagiaat is die oorneem en gebruik van die idees, materiaal

en ander intellektuele eiendom van ander persone asof dit

jou eie werk is. Plagiaat word ook letterdiefstal genoem." US

Beleid met betrekking tot Akademiese Integriteit: Die

voorkoming en hantering van Plagiaat [Internet].

Stellenbosch Universiteit. Beskikbaar:

15

Anoniem "Plagiaat vermy" SUN Biblioteek en Inligtingsdiens <http://library.sun.ac.za/Afrikaans/howdoi/ Pages/Avoid-plagarism.aspx> (besoek 04-01-2015).

Page 137: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

137

http://www0.sun.ac.za/research/af/beleidsdokumente. [2011,

9 September].16

Wat is Turnitin en hoe werk dit?

Turnitin word gebruik deur studente by verskillende

akademiese instellings om plagiaat te meet. Studente laai

hul opdragte op die Turnitin databasis waar die dokumente

vergelyk word met biljoene ander dokumente op die internet

(Tunitin Offisiële webblad). Die resultate word terugverwys

in die vorm van 'n oorspronklike verslag wat duidelik aandui

waar plagiaat voorkom.

Hoe laai ek Turnitin-opdragte op in SUNLearn?

Hierdie riglyne en leidrade sal jou help om Turnitin opdragte

in SUNLearn op te laai, of volg die volgende video. Laai die

(20mb mp4) video hier af: Jy kan jou fakulteitsbibliotekaris

kontak, of jou versoek rig aan Ask a Librarian indien

toegang tot Turnitin nie moontlik is nie en toegang verlang

word na die biblioteek se Turnitin-module op SUNLearn.

Waar kan ek hulp en opleiding kry?

Plagiaat word in die meeste biblioteekopleidingsessies

behandel. Ask a Librarian indien jy hulp nodig het.

16

SU Senaat 2010 US Beleid met betrekking tot Akademiese Integriteit: Die voorkoming en hantering van Plagiaat [2011, 9 September].

Page 138: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

138

Ander steundienste:

Die Skryflaboratorium bied skryfwerkswinkels en

konsultasies in akademiese skryfvaardighede aan,

waarin hulle ook aandag gee aan plagiaat.

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling bied Etiek-

werkswinkels aan.

Verder kan die skryfkonsultante jou van hulp wees

met die korrekte verwysing van jou bronne om

sodoende plagiaat te vermy.

______________________________

Page 139: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

139

US BELEID MET BETREKKING TOT AKADEMIESE

INTEGRITEIT

Die voorkoming en hantering van plagiaat

Senaat: 26 November 2010

1 Agtergrond

Akademiese werk aan `n universiteit bring mee dat

akademici en studente blootgestel word aan idees,

geskrewe materiaal en verskeie intellektuele en kreatiewe

produkte van mede-studente en kollegas. Die bedoeling met

akademiese werk is juis dat die idees van die

dosent/navorser en student deur hierdie idees en materiaal

van ander gevorm en geslyp sal word. Terselfdertyd is daar

`n proses van kritiese evaluasie nodig wat nuwe en

oorspronklike insette of sinteses maak om dit so van

toepassing te maak op eietydse internasionale en plaaslike

problematieke. Hierin lê die besondere bevrediging van

akademiese werk op universiteitsvlak.

Uiteraard kan die oorspronklike bydrae van `n persoon slegs

ge-evalueer word as dit van die bydraes van ander persone

duidelik onderskei word. Dit gebeur by wyse van erkende

stelsels van erkenning en aanhaling. Deur nie hierdie

konvensies te volg en die nodige erkenning te gee nie, word

die grondslag van die akademiese werk aan `n universiteit

Page 140: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

140

ondermyn. Deur hierdie werk (woorde, idees, skeppinge)

van ander persone oor te neem asof dit die skrywer se eie

is, word plagiaat gepleeg.

Die US wil verseker dat die meganismes in plek is om

personeel en studente in staat te stel om akademiese

integriteit te bevorder en plagiaat uit te skakel. Terselfdertyd

is dit belangrik dat daar deurentyd konsekwent en billik te

werk gegaan word in die hantering van sake wat verband

hou met plagiaat. Dit is dus noodsaaklik dat die US `n beleid

in plek het wat hierdie aspekte ondervang en `n raamwerk

skep waarbinne funksioneer moet word.

Die volgende beleid word dus voorgehou en moet gelees

word tesame met die US Raamwerkbeleid t.o.v. eties-

verantwoordbare navorsing, die dissiplinêre kode vir

studente van die US, die dissiplinêre kode vir personeel van

die US, asook enige ander US beleide en riglyne, wat soos

van tyd tot tyd van toepassing mag wees.

2 Plagiaat: omskrywing en breë kategorieë

2 1 Omskrywing:

Plagiaat is die oorneem en gebruik van die idees, materiaal

en ander intellektuele eiendom van ander persone asof dit

jou eie werk is. Plagiaat word ook letterdiefstal genoem.

Intellektuele eiendom hierin vervat is onder andere:

Page 141: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

141

a. literêre werke, wat insluit artikels, boeke,

verhandelings, proefskrifte, koerante, tydskrifte,

notas, kursusmateriaal, medestudente se werk-

stukke, e-posboodskappe, data, rekenaarkode,

internetbronne,

b. gesproke teks, wat insluit toesprake, kasset-

opnames, lesings, onderhoude, ens.

c. artistieke werke, wat insluit beeldende en grafiese

kuns, foto`s, ens.

d. multi-media produkte, wat insluit webwerwe,

videoproduksies, films, CD`s, ontwerpprojekte, ens.

e. musiekwerke, wat insluit komposisies, lirieke, CD`s,

DVD`s. musiek of klankgrepe op die internet, ens.

2 2 Kategorieë:

Alle gevalle van plagiaat kom neer op `n ernstige oortreding,

wat vir die persoon betrokke ernstige gevolge kan hê, selfs

skorsing of uitsetting (in die geval van `n student) of ontslag

(in die geval van `n personeellid) uit die Universiteit,

afgesien van moontlike kriminele of siviele optrede.

In terme van die US se hantering van oortredings m.b.t.

plagiaat word oortredings in drie breë kategorieë verdeel:

Kategorie 1: Geringe oortredings wat beskou kan word as

onkundigheid, nalatigheid of onnoukeurigheid

Page 142: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

142

in die omgang met en erkenning van bronne,

maar wat steeds plagiaat is.

Kategorie 2: Minder blatante gevalle, waar daar op `n

onoordeelkundige wyse met

bronne/werk/materiaal omgegaan word, maar

wat uiteraard steeds plagiaat is. Kategorie 1

en 2 oortredings word normaalweg deur die

betrokke departement hanteer in die geval van

studente. Herhaalde kategorie 2 oortredings

kan in die geval van studente na die Sentrale

Dissiplinêre Komitee (SDK) verwys word en

sal in die geval van personeel ingevolge die

Dissiplinêre Kode vir Personeel (verwys na

minder ernstige oortredings) hanteer word.

Kategorie 3: Blatante gevalle, m.a.w. waar die

werk/materiaal van `n ander persoon op `n

opsetlike en doelbewuste wyse oorgeneem en

gebruik word. In die geval van studente, sal

hierdie gevalle normaalweg na die Sentrale

Dissiplinêre Komitee (SDK) verwys word en in

die geval van personeel ingevolge die

Dissiplinêre Kode vir Personeel (verwys na

ernstige oortredings) hanteer word.

Page 143: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

143

3 US-benadering

Die US se beleidsbenadering word gebaseer op `n

ontwikkelings- of bewusmakingsdimensie, veral in die geval

van studente en met inagname van die US Leer- en

Onderrigbeleid. Dit beteken nie dat die US toegeeflik is in sy

hantering van plagiaat nie; inteendeel, dit skep `n basis vir

`n ferm, konsekwente en houdbare hantering van gevalle

van plagiaat. Deur middel van hierdie dimensie skep die US

die geleentheid dat oortredings m.b.t. plagiaat op

gedesentraliseerde wyse hanteer kan word, en dat sekere

gevalle op departementele vlak afgehandel kan word en

ander deur dissiplinêre prosesse aangespreek kan word,

soos uiteengesit in 3.1 en 3.2 van hierdie dokument.

3 1 Beweerde oortreding(s) deur `n personeellid

(a) Die departementele voorsitter sal slegs op

skriftelike klagtes dat plagiaat na bewering gepleeg

is, tesame met die nodige bewysmateriaal, reageer.

Sodanige klagte mag anoniem wees.

(b) Waar vermoed word dat `n personeellid hom/haar

aan plagiaat skuldig gemaak het, word die saak

deur die voorsitter van die departement gefasiliteer.

Indien die personeellid wat die plagiaat uitgewys

het, self ook die departementele voorsitter is, moet

Page 144: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

144

`n ander personeellid in die betrokke departement

by die proses betrek word.

(c) Die departementele voorsitter doen navraag by die

Afdeling Regsdienste om vas te stel of daar reeds

enige vorige oortreding m.b.t. plagiaat aangemeld

is. Hierdie inligting word in berekening gebring in

die verdere hantering van die saak.

(d) Optrede teen ’n personeellid is onderworpe aan die

bepalinge van die Disiplinêre Kode vir Personeel. ’n

Eerste oortreding indien van ’n minder ernstige

graad word deur die dekaan van die fakulteit

hanteer. Alle klagtes van beweerde ernstige

(tweede of meerdere) oortredings deur ’n

personeellid, sal i.t.v. die bepalinge van die

Dissiplinêre Kode vir Personeel vir ernstige

oortredings hanteer word.

3 2 Beweerde oortreding(s) deur studente

(a) Waar vermoed word dat `n student hom/haar aan

`n vorm van plagiaat skuldig gemaak het, word die

saak verder deur die voorsitter van die departement

en die betrokke dosent hanteer. Indien die dosent

wat die plagiaat uitgewys het, self ook die

departementele voorsitter is, moet `n ander dosent

Page 145: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

145

in die betrokke departement by die proses betrek

word.

(b) Die student moet skriftelik ingelig word dat hy/sy na

bewering `n oortreding begaan het en dat die saak

kragtens die reëls van die US op die uitsluitlike

versoek van die student direk na die SDK verwys

kan word, dat die proses voor die SDK formeel is

en dat daar onder andere “die reg op bystand”

(kragtens die Studente Dissiplinêre Kode) vir die

student bestaan. Die student se aandag moet ook

gevestig word op die moontlike strawwe wat deur

die SDK oplê mag word.

(c) Die departementele voorsitter doen navraag by die

Afdeling Regsdienste om vas te stel of daar reeds

enige vorige oortreding, tov die betrokke student,

m.b.t. plagiaat aangemeld is. Hierdie inligting word

in berekening gebring in die verdere hantering van

die saak. (Kyk (d) en (e) hieronder).

(d) In die geval van `n Kategorie 1 of 2 oortreding:

i. Kategorie 1 gevalle word departementeel

hanteer en herhaalde gevalle van kategorie 2

word na die Sentrale Dissiplinêre Komitee vir

studente (SDK) verwys.

Page 146: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

146

ii. `n Eerste kategorie 2 oortreding kan op

departementele vlak hanteer word. Die student

moet egter self `n ingeligte keuse maak oor die

moontlikheid dat die saak intern hanteer word, in

welke gevalle daar bepaalde sanksies kan wees

(bv. dat `n punt van nul toegeken word, dat die

werkstuk oorgedoen word ens). In geval van

optrede op departementele vlak, verval die

student se “reg op bystand”, en die reg op

aanspraak op `n proses wat voor die SDK

gevoer word. Die keuse deur die student moet

skriftelik geskied, op die voorgeskrewe vorm wat

vanaf die Afdeling Regsdienste verkry word.

iii. Die minimum straf deur `n departement is `n

mondelingse waarskuwing.

(e) In die geval van `n Kategorie 3 oortreding:

iv. Die departementele voorsitter moet die saak na die

Bestuurder: Studentedissipline verwys, wat die

saak dan ingevolge die SDK se protokolle hanteer.

v. Die besluit van die Sentrale Dissiplinerê Komitee

(SDK) oor optrede teenoor die student vind

eweneens skriftelike neerslag.

Page 147: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

147

vi. Die Afdeling Regsdienste word skriftelik, op die

voorgeskrewe vorm wat vanaf Regsdienste verkry

kan word, ingelig oor die geval.

3 3 Rekordhouding ten einde konsekwente hantering

van plagiaat te verseker

3 3 1 Departementele voorsitters moet alle gevalle van

beweerde plagiaat by die Afdeling Regsdienste

aanmeld. Dit geld ook vir sake waar die betrokke

persoon onskuldig bevind is, vir kennisname.

3 3 2 Die volgende inligting moet alle aanmeldings

vergesel:

i. Plagiaat: Departementele Hantering (vorm

soos voorgeskryf in Bylae 2)

ii. Skriftelike klag wat ingedien is

iii. Beweerde bewysmateriaal wat ingedien is

iv. Name van persone wat met die ondersoek /

verhoor betrokke was

v. Bewys dat beweerde oortreder, in die geval

van studente, sy/haar keuse uitgeoefen het

om die saak eerder direk na die SDK te

verwys, al dan nie.

vi. Bevinding, met die straf, waar van

toepassing.

vii. Bewys dat beweerde oortreder van die

beslissing in kennis gestel is.

Page 148: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

148

3 3 3 Die Afdeling Regsdienste moet op ’n jaarlikse basis

alle gevalle yk - die rede hiervoor is om konsekwente

optrede op institusionele vlak te verseker en `n

mediaan-straf vasstel. In gevalle waar dit duidelik is

dat ’n betrokke departement buite die mediaan

strawwe oplê, moet die betrokke departement

ooreenkomstig verwittig word en van die nuutste

riglyne voorsien word.

3 3 4 Appélle word ooreenkomstig die bestaande

protokolle en prosedures hanteer.

3 3 5 Alle sake moet as streng vertroulik hanteer word.

4 Implementering

4 1 Dit is die verantwoordelikheid van departemente om

seker te maak dat alle studente en personeel bewus

is van die beleid en seker te maak dat die prosesse

daarin vervat konsekwent toegepas word.

4 2 Dit is verpligtend dat die Plagiaatverklaring (soos

aangeheg in Bylae 1) deur studente onderteken word

en aangeheg word by enige relevante studie-

opdragte, soos voorgeskryf deur die betrokke

departement. Dit is verder noodsaaklik dat

personeellede bewus is dat hulle hulself ook

onderwerp aan hierdie verklaring as werknemer van

die Universiteit.

Page 149: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

149

4 3 US beskik oor `n ontwikkelingsinstrument (Turnitin

programmatuur) wat beskikbaar is om studente in die

leerproses te help om dokumente te kontroleer.

Dosente word aangemoedig om hiervan gebruik te

maak. Die Sentrum vir Onderrig en Leer sal met

opleiding behulpsaam wees, waar van toepassing.

Die US Biblioteek en Inligtingsdiens verskaf ook

inligtingsgeletterdheidsessies waar plagiaat aange-

spreek word.

4 4 In die geval waar `n tesis/dissertasie/mini-dissertasie

ondersoek word vir plagiaat, moet die item vir die

periode van die ondersoek onttrek word van

SUNScholar asook enige ander aanlyn vorme van

die dokument (bv. op departementele webwerwe).

Indien geen vorm van plagiaat gevind word nie, kan

die dokument weer beskikbaar gestel word.

4 5 Departemente moet daarna streef om die grootste

moontlike mate van konsekwentheid in die

implementering van die beleid m.b.t. die hantering

van plagiaat te verseker, om daardeur billikheid vir

alle personeel en studente te verseker.

4 6 Hierdie beleid geniet voorrang bo enige ander

reëlings van fakulteite en departemente m.b.t. die

hantering van plagiaat en die nodige aanpassings

aan sulke huidige fakultêre en departementele

Page 150: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

150

reëlings moet gemaak word om te verseker dat dit in

ooreenstemming is met hierdie beleid.

4 7 Die verantwoordelikheid vir die ondersteuning aan

betrokkenes in die hantering van plagiaat word

toegewys aan die Afdeling Navorsingsontwikkeling,

wat in konsultasie met ander gepaste

steundiensafdelings, soos bv. die Afdeling Regs-

dienste en die US Biblioteek en Inligtingsdiens, sal

plaasvind.

4 8 Die Afdeling Regsdienste hou rekord van alle gevalle

van plagiaat wat of deur die betrokke departement of

deur die betrokke dissiplinêre komitees gerapporteer

word.

______________________________

Page 151: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

151

ADDENDUM 1

Plagiaatverklaring / Plagiarism Declaration

1 Plagiaat is die oorneem en gebruik van die idees,

materiaal en ander intellektuele eiendom van ander

persone asof dit jou eie werk is.

Plagiarism is the use of ideas, material and other

intellectual property of another’s work and to present

is as my own.

2 Ek erken dat die pleeg van plagiaat 'n strafbare

oortreding is aangesien dit ‘n vorm van diefstal is.

I agree that plagiarism is a punishable offence

because it constitutes theft.

3 Ek verstaan ook dat direkte vertalings plagiaat is.

I also understand that direct translations are

plagiarism.

4 Dienooreenkomstig is alle aanhalings en bydraes

vanuit enige bron (ingesluit die internet) volledig

verwys (erken). Ek erken dat die woordelikse aanhaal

van teks sonder aanhalingstekens (selfs al word die

bron volledig erken) plagiaat is.

Page 152: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

152

Accordingly all quotations and contributions from any

source whatsoever (including the internet) have been

cited fully. I understand that the reproduction of text

without quotation marks (even when the source is

cited) is plagiarism.

5 Ek verklaar dat die werk in hierdie skryfstuk vervat,

behalwe waar anders aangedui, my eie oorspronklike

werk is en dat ek dit nie vantevore in die geheel of

gedeeltelik ingehandig het vir bepunting in hierdie

module/werkstuk of ‘n ander module/werkstuk nie.

I declare that the work contained in this assignment,

except otherwise stated, is my original work and that I

have not previously (in its entirety or in part) submitted

it for grading in this module/assignment or another

module/assignment.

Studentenommer / Student

number

Handtekening / Signature

Voorletters en van / Initials

and surname

Datum / Date

Page 153: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

153

ADDENDUM 2

DEPARTMENTAL TREATMENT OF PLAGIARISM

Mr/ Ms ………………………………………..........................…

Student number: ....................................................................

You have allegedly committed plagiarism in the assignment

................................................................................................

that you submitted to the Department of ...............................

on __ __ / __ __ / __ __ __ __ as part of the module

................................................................................................

In terms of the SU Policy on Academic Integrity: The

Prevention and Handling of Plagiarism, alleged plagiarism

can be addressed either departmentally or by the Central

Disciplinary Committee (CDC), on the basis of the following

guidelines:

Category 1: Minor offences that can be regarded as

resulting from ignorance, negligence or

inaccuracy in working with and

acknowledging sources, but that can still be

regarded as plagiarism.

Page 154: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

154

Category 2: Less serious cases, where

sources/work/material has/have been

handled injudiciously, but that by nature still

constitute plagiarism. Category 1 and 2

offences are usually dealt with by the

department concerned in the case of

students.

Category 3: Blatant cases, i.e. where the work/material of

another person has been taken and used

intentionally and deliberately. In the case of

students, such cases must be referred to the

Central Disciplinary Committee (CDC).

The CDC process is a formal one and you have “the right to

legal representation” in terms of the Disciplinary Code for

Students. The sanctions that can be imposed by the CDC

include suspension or expulsion from the University; the

forfeiture of a degree or diploma; the forfeiture of a class

mark or other forms of credit that have been attained. The

CDC may also publicise the details of the offence and the

sanction, together with the student’s name, on notice boards

on campus.

Page 155: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

155

The Department of ............................................................ is

of the opinion that your alleged offence mentioned above is

a category ...... offence and that the case can be handled at

the departmental level.

If you should choose to have the matter dealt with

departmentally, the following sanctions are in force:

(i) .............................................................................

.............................................................................

.............................................................................

(ii) Your “right to legal representation” lapses.

(iii) You forfeit the right to have the process

conducted before the CDC.

If the departmental option above does not appeal to you, the

matter can be referred to the CDC to be dealt with further.

Hereby I, .............................................................................,

with student number.................................................., choose

that the case is dealt with at the departmental level.

that the case is referred to the Central Disciplinary

Committee (CDC).

Page 156: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

156

.................................................. ......................................

(signature of student) (date)

............................................... ......................................

(signature of lecturer) (date)

................................................... ......................................

(signature of departmental chairperson) (date)

Note: After it has been signed, a copy of this form must

be sent to:

The Manager: Student Discipline, Legal Services, office

B4207, Administration Block B, Stellenbosch Campus.

Page 157: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

157

AFKORTINGS VAN SUID-AFRIKAANSE REGSBRONNE

1 Suid-Afrikaanse regsbronne

AA Butterworths Arbitration Awards

AD Appellate Division

All SA LR All South African Law Reports

ALR African Law Review

AN Administrator’s Notice

ASSAL Annual Survey of South African Law

BCLR Butterworths Constitutional Law Reports

BLLR Butterworths Labour Law Reports

BML Businessman’s Law

BN Board Notice

BP Burrell’s Patent Law Reports

CILSA Comparative and International Law Journal of

South Africa

CLD Commercial Law Digest

CON Consultus

Con

Bulletin

Conveyancing Bulletin

DJ De Jure

DR De Rebus

Page 158: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

158

EL Employment Law

GenN General Notice

GN Government Notice

ILJ Industrial Law Journal

ILR Industrial Law Reports

INS TAX Insurance and Tax

ITC Income Tax Cases. The SA Tax Cases

Reports

ITR Income Tax Reporter

JJS Journal of Juridical Science

JOC Judgments on Copyright

JOL Judgments on Line (LN Butterworths)

JSCD Juta’s Supreme Court Digest

LAWSA Law of South Africa

LLD Labour Law Digest

LLN & CR Labour Law News and Court Reports

Mag Magistrate

MB Modern Business Law

R Moderne Besigheidsreg

Med Medii Meditiones Medii

MJHRT Monitor: Journal of the Human Rights Trust

Page 159: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

159

MN Municipal Notice

NULSR Natal University Law And Society Review

PAB Publication Appeal Board Reports

PH Prentice Hall Reports

PN Provincial Notice

Proc Proclamation

RM Responsa Meridiana

SAHRLLY SA Human Rights and Labour Law Yearbook

SAILJ SA Insurance Law Journal

SAJHR SA Journal on Human Rights

SALJ SA Law Journal

SALLR SA Labour Law Reports

SALR SA Law Reports

SALT SA Law Times

SA Merc J SA Mercantile Law Journal

SAPL SA Public Law

SAS SA Journal of Criminal Justice

SASK SA Tydskrif vir Strafregpleging en

Kriminologie

SASV SA Strafregverslae

SATC SA Tax Cases Reports

Page 160: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

160

SATJ SA Tax Journal

SATR SA Tax Review

SCD (Juta’s) Supreme Court Digest

Stell LR Stellenbosch Law Review

TaxPl Tax Planning

THRHR Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-

Hollandse Reg

TM The Magistrate

TRLJ Transkei Law Journal

TRW Tydskrif vir Regswetenskap

TSAR Tydskrif vir die SA Reg

2 Nuttige skakels om die aanvaarde afkortings van

regsbronne op te soek

Cardiff Index to Legal

Abbreviations

http://www.legalabbrevs.car

diff.ac.uk

Legal Abbreviations http://www.legal-

abbreviations.org

Oxford University Press: List

of Abbreviations for legal

materials

http://global.oup.com/uk/aca

demic/authors/lawspecific/li

stofabbreviations/

Page 161: Hierdie skryfgids is gepubliseer onder die vaandel van die ...blogs.sun.ac.za/legalwriting/files/2015/02/Skryfgids-2015-A5.pdf · dikwels van die “stryd teen dwelms” of die “oorlog

161

University of Washington:

Bluebook Abbreviations

http://lib.law.washington.ed

u/cilp/abbrev.html

3 Boeke beskikbaar in die biblioteek wat handel

oor regsafkortings

3 1 D Raistrick Index to legal citation and abbreviations 3

ed (2008).

3 2 I I Kavass & M Miles Prince (eds) World dictionary of

legal abbreviations 6 ed (1991).

3 3 N M Ferreira & K E Breckon South African legal

abbreviations (1999).

3 4 C Fong & A J Edwards Australian and New Zealand

legal abbreviations (2008).

_________________________________