hartklop - ngk onrusrivierngkonrusrivier.co.za/wp-content/uploads/2014/04/... · lidmaatskapfooie...
TRANSCRIPT
Wees Lig!
Hartklop 20 April 2014
Ons almal saam in diens van
JESUS CHRISTUS
oral, altyd en in alles
VANOGGEND SE FEESDIENS OPSTANDIGE LEWE (EF. 1:15 - 2:10)
(DS MICHIEL DE KOCK)
JESUS CHRISTUS HET OPGESTAAN,
JA, HY HET WAARLIK OPGESTAAN !
So groet ons vandag mekaar saam met miljoene ge-
lowiges oor die wêreld. Die vraag is of ons dit werklik
glo? Of ons werklik in die Opgestane Here glo en in Sy
Opstandingskrag leef? Verstaan ons? Ons was bestem
vir die ewige dood maar nou is alles anders.
Nou het ons die Ewige Lewe.
Nou het ons ware Hoop en Oorwinning.
Daarom ons tema andag:
“OPSTANDIGE LEWE”
Leef in die Lig en die betekenis van Jesus se opstan-
ding en Staan Op teen alles wat ons wil beroof van
Wie ons in Jesus is en wat ons in Hom het.
Weier om enige iets wat Jesus en Sy waardes
afbreek, in jou lewe toe te laat.
Koester die Lewe in Hom en Leef die Oorwinningslewe
met Oorgawe.
Vra die Gees van God om dit in en deur jou te doen.
God seën jou.
Michiel
HARTLIK WELKOM
Let op met watter woorde ons mekaar vanoggend gegroet het:
Die een persoon groet: ‘Christus het opgestaan!’ Die ander antwoord: ‘Hy het waarlik opgestaan!’
Oral in die wêreld groet gelowiges mekaar op soortgelyke wyse:
Nederland: ‘Christus is opgestaan! / Hij is waarlijk opgestaan!
Engeland: ‘Alleluia! Christ is Risen! / He is risen indeed! Alleluia!’
Rusland: ‘Хрістос воскрес! / Воістину воскрес!
Suid-Korea: ‘그리스도께서 부활하셨네! / 참으로 부활하셨네!’
In Latyn: ‘Christus resurrexit! / Resurrexit vere!’
Al hierdie groete word afgelei van die oorspronklike woorde van die
Emmaüsgangers:
“Die Here het waarlik opgestaan!” (Luk 24:34)
Let ook op met watter gemoed ons mekaar gegroet het:
Almal van ons was opgewek. Nie swaarmoedig nie.
Die vroue by die leë graf het getuig: “Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek” (Matt 28:6&7).
En om hierdie rede is ons vanoggend opgewek,
omdat Jesus waarlik opgewek is!
Daarom sing ons opgewek: Jesus leef . . .
Word my aardse huis gesloop . . .
Hy is lewe. Hy is hoop! (Lied 415:3)
En daarom lees ons ‘n bufferplakker se aanbod agter op ‘n motor:
“As jou God dood is, neem gerus my God aan - HY LEEF!”
MA. 21 APRIL DI. 22 APRIL WO. 23 APRIL
GESINSDAG Sopkombuis
10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak
‘n afspraak by sr. Calitz (073 152 5623)
vir bloeddruk, sukertoetse ens.
08:00 Voete– & hande versorging. Maak
asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.
10:00-11:30 Trimgim in Anneks.
11:00-13:00 Klerekas
18:00 Egskeidings-ondersteuningsgroep in
Gebedskamer.
18:00-19:30 Lofdanse oefening
DO. 24 APRIL VR. 25 APRIL SA. 26 APRIL
10:00 Dienssentrum: Fliek: “The
Student Prince”. (Gratis!!) Moet dit nie
mis nie!! Almal welkom.
9:30-11:30 Teetuin is OOP!
Kom kuier gerus saam met ons.
ONS VERLOSSER LEEF EN ONS SAAM
MET HOM. GAAN EN WEES LIG!
WAT GEBEUR SONDAG 27 APRIL?
09:00 Erediens: Dr Wilhelm Burger
gaan voor. Welkom!
Spes Koll. Getuienis & Evangelisasie-
bediening.
WYKE DIENSBEURTE
Gebed (Konsistorie) (Wyk 14)
Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 3b)
PO
LS
SA
LG
VI
R
D
IE
WE
EK
SIEKTE & NOOD IN DIE DONKERSTE
UUR SKYN GOD SE
LIG OP SY
HELDERSTE - ONS
ERVAAR DIT SO!
VERSOEKE Annette 072 903 9189
NOODKETTING Sheila 084 800 0947
Hy Leef! Hy Leef!
Die Heiland leef vandag.
Hy praat met my in Sy Heil’ge Woord
Al langs my lewensweg.
Hy Leef! Hy Leef!
Verlossing te bewerk
Jy vra my hoe ek weet Hy leef,
Hy leef hier in my hart.
Amen.
Gister het ons mekaar gegroet met die woorde: “Die Heer het waarlik opgestaan” Vader, Seun en Heilige
Gees, U is ons Hemelkoning en ons wil U kinders wees. Dankie dat U vir ons sondes op die kruis gesterf het, en dat U waarlik opgestaan het om vir ons ‘n plek te gaan voorberei by Ons Vader.
Abba Vader: Vers 1: Abba Vader ek wil net kom dankie sê vir die liefde, die seën uit U hand. Vir sonskyn elke môre en elke
druppel dou. Vir klein magrietjies en helder blommeprag. Vir ‘n geelvink en ‘n swaeltjie wat ‘n nes so slim kan bou en vir skemerrooi aan die einde van die dag.
Vers 2: Abba Vader ek wil net kom dankie sê vir die troos en die voorspraak van U Gees. Vir leiding as ek sukkel teen
die steiltes op my pad. Vir die fluister wat ek sag in my gees kan hoor. U gee my lewensvreugde en vrede in my hart en oorwinning as dit voel of ek verloor.
Vers 3: Abba Vader ek wil net kom dankie sê vir U Seun se liefdesoffer aan die kruis. Vir die sweepslae, die spykers
en elke druppel bloed. Hy’t so gewillig daar gehang en daar gelei. En dankie vir oorwinning oor die dood se donker graf want ek weet . . . Hy het opgestaan vir my.
Daarom loof ek U en daarom prys ek U uit my hart, diep uit my hart. Ja dankie Abba Vader, want . . . Wat ookal gebeur
U bly altyd volkome in beheer. Jesus, U het opgestaan vir ons en U is die anker van geloof waaraan ons vas kan hou. Dankie Jesus dat ons U liefde en genade kan ervaar.
GEEN KATEGESE
LANGNAWEEK
Rina vd Westhuizen
Willie du Toit
Sybil Fourie Andries v Niekerk
Pieter de Leeuw
Neil Human
Danie Liebenberg
Ras & Cissy Coetzee
Leana Court
Magriet Louw
Sarel Roux
Malan Claassen
SPESIALE GEBED:
Ons bid vir elke
Paasnaweekpakkies wat
uitgedeel is. Ons bid dat
die Heilige Gees in elke
persoon wat dit ontvang
het se hart sal werk en
dat dié wat nog nie ‘n
oorgawe gedoen het nie
of nie sekerheid het nie
God sal vind.
DANKIE OPGESTANE HEER
VRYDAG 25 APRIL 2014 Die TEETUIN is weer oop en aan die
gang! Kom beleef JESUS se liefde en
gasvryheid vanaf 09:30 - 11:30.
Lede: Slegs R10, Nie-lede: R20.
Koek & Tee ingesluit.
BRING GERUS U VRIENDE
EN BURE. ALMAL IS MEER
AS WELKOM!
Mnr Ben Minnaar (2/4)
Mev Joey Brink (9/4)
Mnr Claude v Aswegen (9/4)
Mnr Gert v Zyl (14/4)
Mnr Kosie du Toit (19/4)
Dr Andries Gous (27/4)
Mej Alida Cilliers (28/4)
Mnr Koos Kotze (28/4)
Mev Lola Stander (29/4)
VERJAARSDAE BO 80 ONS BID GOD SE SEëN U TOE
ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian.
MIDDAGETES BY DIE DIENSSENTRUM Bestel asb voor 12:00 die vorige dag by die kerkkantoor. Lede van die
Dienssentrum: persone wat hul etes by die Dienssentrum kom geniet, sal
voortaan sop as voorgereg saam met die maaltyd ontvang - dus ‘n tweegang
maaltyd vir dieselfde prys!
(Hierdie “winskopie” is nie vir wegneemetes nie.)
Kom geniet die geselskap oor middagetes en
eet heerlik saam. Welkom!
MOSSIES OP DIE KLEINSTE MUNTSTUK
Anette Marais sit op ‘n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë
vrouens. Net ‘n paar treë verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker
ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ‘n boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog . . .
Anette lees die woorde van Matt 10:29 - “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder
die wil van julle Vader nie.” Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ‘n vaal klein mossie op haar skouer. Die groepie
vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die
konsentrasiekamp in Bethulie. Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ‘n baken van geloof en
hoop word vir hierdie vrouens.
Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het oppad terug na haar huis gestap by ‘n vrou met invloed en haar vertel van die ‘mossie’-
boodskap. Sy het dit weer oorvertel en Genl Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat
verskyn.
Amper 80 jaar later sit Jak de Piester in ‘n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn
en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie”-boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!
Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag
het. Hy spring op die eerste trein en begin met ‘n lang dag se onderhoude. Moeg
maar gelukkig en met ‘n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.
Toe hy inklim sien hy ‘n muntstuk op die vloer lê. Hy tel dit op en daar op ‘n trein
in Londen, hou hy ‘n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ‘n mossie agterop. Hy
vertel dat die wêreld rondom hom gaan stil staan het. Dat hy besef het dat God
daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende
wêreld.
Vandag ‘n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit ‘n 1c neer vir my
vriendin met borskanker, nog ‘n 1c vir huwelike wat sukkel, ‘n 1c vir iemand na
aan my hart se werksomstandighede, vir enkel-ouers en weduwees. Ek besef die
mossieboodskap is dalk net een versie in ‘n dik Bybel, maar ‘n Almagtige,
liefdevolle God staan daar agter!
Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons
help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U om op die perfekte tyd ons om-
standighede te verander. Gister terwyl ek vir my kliente sit en wag en ek die-
selfde boodskap vir my vrou gestuur het, het drie mossies op my voertuig se
voorste “bushbar” kom sit ek het ek dadelik geweet ons Koning praat met my om
my gerus te stel. Daar is niemand soos Hy nie en Hy sal altyd na ons kyk en ons
versorg. Hy’s net ‘n gebed ver. Geseënde ‘mossie’-dag vir jou.
Groot dank en waardering vir ons kalenderborg vir die maand
wat die druk van ons gemeentekalender moontlik gemaak het.
Ons bid Vader God se seën op jul besigheid en gesin.
Deon & Aurelia Esterhuyse
(028) 3163393
083 284 0027
www.aida.co.za * Onrus * Vermont *
* Sandbaai *
* Hemel-en-Aarde*
KOSPAKKIES Baie dankie vir al die items ontvang. Dit wat net ‘n vreugde om die liefdegawes te pak en uit te deel.
ROOIBUS KAAPSTAD: DI. 6 MEI DV Finale reëlings: Ons kom 05:30 by die Kerk bymekaar. Bus vertrek stiptelik om 06:00! Bring hoed, sonroom, kamera, warm
baadjie & jou glimlag saam! Vertrek weer 15:00 vanaf die Water-
front. Arriveer tussen 17:00 & 18:00 by die
Kerk DV. Mag ons Vader vir ons ‘n pragtige dag
gee met ‘n veilige reis heen en weer. DIENSSENTRUM : “The Student Prince” FLIEK, DO. 24 APRIL 10:00 DV. Alle lede van die Dienssentrum kom drink gratis ‘n koppie tee om 09:30 en fliek daar-na ook gratis met popcorn & coke. Nie-lede mag ‘n donasie gee vir die fliek maar dis vrywillig. Kom geniet die pragtige stem van Mario Lanza en studentepret van Heidelberg met o.a. Edmund Purdom & Ann Blyth. Moet dit nie mis nie!!
NUWE ONDERSTEUNINGSGROEP Daar is ‘n groot groep vroue wat in huwelike staan waar hulle emosioneel en/of fisies mishandel word. ’n Groep is gestig om saam te praat, saam te ondersteun en gemotiveer te word. Kom praat saam met ander vrouens wat in hierdie moeilike situasie staan. Kontak Erika 028 316 3115 oor die datum en tyd van hierdie groep.
MENGELMARKIE Sat 3 Mei 2014 by die De Wetsaal, Roosstr.,
Onrusrivier. Kom vroeg, snuffel rond en kry
iets lekker vir die naweek!
BYBELSKOOL Die Bybelskool het gesluit en sal eers Julie weer heropen. (Behalwe vir Pase en Pinkster is daar ‘n menigte vakansiedae voor die wintervakansie).
DANIEL KONFERENSIE - MAN NA GOD
SE HART 16 - 18 Mei (NG kerk Stanford)
Koste : R50 per persoon. Skool kinders wat
saam met hulle pa kom, is gratis. Info :
www.facebook.com/groups/DanielStanford
Navrae en besprekings:
Nico Roos 083 230 1325
VEILIGHEIDSKURSUSSE 22 & 24 APRIL : Die Afriforumtak in Hermanus bied gratis selfverdediging-, teenverkragtings- & noodhulpkursusse aan vir alle dames & huishulpe in Hermanus area. Kontak asb vir Marianne Rossouw by 082 454 9756 of Elmarie van Dalen by 079 366 1000.
WAAR kan WAAR kan
ek DIENek DIEN??
DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier
Bank: ABSA
Rek. 406 215 2718
SENDING Geloof Belofte Offer
Bank: ABSA
Rek. 916 9799 886
LIGBOEKLIGBOEK
DIENSSENTRUM BEHOEFTES
Wol & breipenne vir brei-oggende (Dienssentrum)
Ons benodig vrywilligers wat sal uitreik na be-jaardes wat alleen is. Kontak asb vir Erika indien jy graag by hierdie bediening wil inskakel.
GROOT BEHOEFTE: Die Dienssentrum benodig rekenaar- of TV speletjies asb.
LIDMAATSKAPFOOIE VIR 2014: Kom betaal asb by Mervian (Kerkkantoor). Die ledegeld bly dieselfde as 2013 - ‘n winskopie ! ! !
OVERSTRAND ARMOEDE DINKSKRUM Onrusrivier Gemeente gee Dinsdae 30 vrugte aan Laerskool Hermanus. Indien u bereid is om betrokke te raak by die verskaffing van die vrugte, kontak asb vir Erika.
OVERBERG DIERE PROJEK: ‘n Winterprojek ‘Kos en Komberse-rit’ vir rondloper/hawelose diere word geloods in die Kleinmond tot Gansbaai omgewing. U ondersteuning word gevra vir donasies van komberse en/of enige vorm van honde– en katkos. ’n Vol maag sit weer huppel in hul trip-pel. Kontak [email protected]
BAIE DANKIE aan al die lidmate en helpers
wat die Paasnaweekprojek (en pakkies byme-
kaar sit en uitdeel) so ‘n groot sukses gemaak
het. Sonder al julle LIGGIES wat so helder
brand kon dit nie. Vader seën elkeen van julle.
Koster
KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -
13h00
Tel (028) 316-2116
DS MICHIEL DE KOCK
028 316 4174 (K)
083 468 8194 [email protected]
DR WILHELM BURGER
028 316 2110 (K)
083 448 1651
DR CLIFFORD HEYS
028 316 4895
VOORSITTER KERKRAAD
Philip Opperman
082 900 0697
EVANGELIS
Chookie Naudé
072 355 9633 [email protected]
VERSORGINGSKOÖRD.
Dr Erika Oosthuysen
028 316 3115 (K)
079 322 0998
KOMMUNIKASIE BEST.
Karin de Bruin
084 305 2086 [email protected]
ONTVANGS
Mervian van der Merwe
084 875 7875
REK BEAMPTE
Rika Eveleigh 082 679 1312
ADMIN BEAMPTE
Hanna de Jager
082 441 9759 [email protected]
KOSTER
Hennie Davies
084 745 4531
Vir navrae en kommentaar
op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)
Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die
Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.
Tel: 028 316 3743 Optimumsentrum, Hoofweg 10, Onrus Sel: 082 416 6788 Epos: [email protected]
KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00
Tel (028) 316-2116 [email protected]
www.ngkonrusrivier.co.za