harlotte theron kinder en jeugsorg sentrum, ethlehem nuusbrief - jan 2018.pdf · maluti hooglank...

1
Bergprag Sentrum vir Bejaardes www.engo.co.za January 2018 Januarie 2018 www.engo.co.za [email protected] 051 407 7200 ENGO Bejaardesorg verwelkom Jacobes en Lizamè Silwer Bejaardesorg Ambassadeurs. Beide Lizamè en Jacobus het n spesiale plekkie vir bejaardes in hulle harte en wil graag deel word en n verskil maak by ons bejaardes. Niemand kan die rede beter beskryf as Jacobus self nie. Ek het nog altyd 'n groot waardering gehad vir mense met kennis oor die lewe en 'n respek vir iemand wat die paaie geloop het. My Oupa het 'n stil kennis gehad waarby min mense kon kers vashou en 'n heilige, kinderlike geloof tot in sy ouderdom (1918 - 2012). Ek het altyd gewens ek kon sy stories en grappies opneem en bêre. Ek het mettertyd groot geword en weldra agtergekom dat my Oupa se oorvloed aan kennis meesal toe te skryf was aan sy ouderdom! Herinneringe, stories, grappies, wyshede oor die lewe en geloof - dit was Oupa Gert. Ek dra sy name met trots.So voel baie mense oor hul Oupa of Ouma, Ma of Pa. Elke oumens het daardie stories, ondervindinge en raad wat meeste van hul familie beny en vereer. Hulle het só baie om te gee, en ek kom agter dat daar met meeste van hulle binnekante niks verkeerd is nie - soos 'n jong- mens in 'n gebruikte lyf. Ons gebruik ons lywe om al ons lewenservaring op te doen so ek wil glo hoe meer ervaringe jy van kan vertel, hoe meer wankelrig is jou mondering.. Ons almal is besig met die insameling van lewenservaring. En ons almal se lywe word ouer. Ons gaan ook daar kom.Ek wil graag eendag as ek oud is, vir al die jongelinge iets kan beteken, my ervarings en lewens- lesse sal al wees wat ek kan gee. Ek sal dit slegs kan gee as daar mense is wat lief is vir ou- mense, wat my kan versorg totdat ek 900 jaar oud word en 1000 000 kinders iets kan leer... My ouers is ook tussen 65 en 70, hulle is dalk ook oppad aftree-oord toe. Ek wil hê dat die mense wat na hulle omsien eendag, iemand wat net soveel respek en waardering het vir hulle as ek. Ons is almal oppad soontoe, almal.Jacobus Silwer Jeremia 29:11 herinner ons daaraan dat die Here vir ons voorspoed beplan, dat HY vir ons HOOP vir die toekoms wil gee. Dit is met hierdie belofte dat ENGO vir almal voorspoed wil wens vir 2018. Ons hou vas aan die belofte in Jeremia dat Vader God, nie vir ons teespoed bring nie, maar dat hy vir ons voorspoed beplan in alles wat ons beplan en aanpak. Al loop die lewe met ons draaie, draaie wat ons nie voorsien het nie, nie beplan het nie, onthou Vader God het altyd n plan. Mag 2018 vir elkeen n jaar van Hoop wees, Ewige Hoop. Hoe sê n mens dankiedankie vir jare se lojale ondersteuning, versorging, onvoorwaardelike liefde vir ENGO se Vir ons Kinders-projek wat glimlaggies gelos het op die gesigte van duisende kinders, gesinne en bejaardes in nood regoor die Vrystaat. Die Vir ons Kinders-projek is reeds 9 jaar met groot sukses aangepak en baie kinders, gesinne en bejaardes kon die vrugte pluk daarvan. Nege gelukkige individue was die wenners van n spogvoertuig. Die trekkingsfunksie het nog altyd met groot vreugde, en soms trane van vreugde gepaard gegaan. Die impak van die projek word dikwels beleef wanneer elke sentrum hul geld vanuit die projek ontvang het, nadat die oudit afgehandel is. Ons het by meer as een geleentheid beleef hoe hierdie fondse n jeugsorgsentrum, van ondergang kon red. Dit is ontvang net op die regte tyd en toe die sentrum dit die nodigste gehad het. Dan is die Beheerraad baie dankbaar teenoor almal wat baie hard gewerk het om kaartjies te verkoop. Kinders kon weer glimlag, want hulle het geweet hulle het n bed om in te slaap en kos om te eet. Die ander groot effek van die Vir ons Kinders-projek was nog altyd die besonderse geleentheid wat ENGO het om die dienste van ons sub-programme bekend te stel. Wanneer iemand die prys van n kaartjie skenk, kon ons nog altyd vir hom/ haar sê: Jy sit met hierdie kaartjie n bord kos voor iemand neer. Jy help dat iemand nie vanaand honger gaan slaap nie. Jy maak n verskil, want deur die skenking, gee jy hoop in iemand se lewe.ENGO is ongelooflik dankbaar vir elkeen wat die afgelope 9 jaar die Vir ons Kinders-projek getrou en lojaal ondersteun het, want elke kaartjie het n verskil gemaak. ENGO wil egter in hierdie tiende jaar DANKIE sê: Dankie, dat julle ons projek julle eie gemaak het, dat julle deel is van die Vir ons Kinders-familie en dus ook deel geword het van die ENGO familie. 2018 sal sekerlik sy eie uitdagings inhou soos wat elke jaar het, maar dit is met dankbaarheid in ons harte dat ons kan sê 2018 sal n goeie jaar wees, want ons dien n God wat almagtig is! Hy sal altyd voorsien. Daar sal nie tydens 2018 kaartjies beskikbaar gestel word vir n wenmotor nie, maar indien die projek naby aan jou hart lê en dit steeds op jou hart druk om iets by te dra, wil ons u graag aanmoedig om betrokke te bly deur n debietorder te voltooi. Meer inligting oor die debietorder kan verkry word op ons webtuiste: www.ENGO.co.za onder raak betrokke”. Stuur gerus ook n epos na [email protected] vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak. ENGO, ewige hoop. Nie net hoop vir nou nie, maar hoop vir altyd. Lig in die duisternis. Hier vir God, mekaar en die wêreld! Charloe Theron Kinder-en Jeugsorg Sentrum, Bethlehem Andronika Nzungu is verkies as Malu Hooglank Skool se voorsier vir 2018. Ons is baie trots op jou, sterkte vir die jaar en die nuwe uitdagings. A true leader, leads by example. Frans Maritz Werner Rood Sterkte aan ons Graad 1’s dit is n nuwe begin met nuwe uitdagings Op 25 Desember het ons ʼn lekker fees gehou en die kinders voer Jesus se geboorteop terwyl Cynthia voorgelees het uit die Bybel. Kersvaderhet ook ʼn draai kom maak en elke gesiggie het gestraal. BJs het ons kinders bederf met ʼn lekker Burger en Speelgoed op Kersoggend 2018 Hlohloloane Child and Youth Care Centre was blessed with a wonderful Christmas party at Vlakbult farm just outside of Clocolan. The Clocolan Christen Bediening church and volunteers presented this amazing me of celebraon and fun for the children. They had a me of Worship, games and a wonderful feast of a meal. The children were blessed with Christmas clothes and toiletries also sponsored by the church and management . The broader community of Clocolan helped to sponsor the food for the children at the party. Thank you to Lodie van Reenen for the meat, Makoadi for the watermelon and salads , Mohamed for meat, Shell garage for the ice cream and Bio-sculpture for toiletries and sweets and Carl Scholtz for the maize-meal. Annelie van Rooyen Elsabé Wilkinson Lientjie Mentz is n naam wat baie ken, n formidabele vrou wat nie sommer terugstaan nie. n Vrou met n hart van goud en n passie vir mense. Lientjie en ENGO stap al n lang pad saam, ons het met haar gaan praat oor haar passie en oor hoe sy ENGO ervaar. Vertel ons so bietjie meer oor jouself en hoe jy in die media bedryf beland het? Ek is n gebore Bloemfonteiner en was hier in die ou Laerskool Onze Rust. Aan die einde van my st. 5-jaar het my ouers na Harrismith toe getrek waar ek my skoolloopbaan aan die Hoërskool Harrismith voltooi het. Ek het my BA Kommunikasiekundegraad aan Kovsies behaal en ná my studies vir n jaar in Duitsland gaan Au Pair-werk doen. Met my terugkeer na Suid-Afrika, was my eerste formele werk as redakteur van die Harrismith Chronicle. Ek het in 1999 by Volksblad begin werk en is sedert Mei 2017 die redakteur van Bloemnuus. Ek geniet gemeenskapsjoernalistiek ongelooflik baie en dit is my passie om oral in die stad na nuus te soek – om te skryf oor dit wat pla, maar veral om die goeie nuus met ons lesers te deel. Lientjie, jy is vir jare lank al in die media bedryf en so sien en hoor jy baie dinge. As jy aan ENGO dink, wat is die eerste gedagte wat na vore kom en wat is die gevoel wat jy kry? Dit is danksy die wonderlike werk wat wyle oom Junior Bezuidenhout gedoen het om geld in te samel vir die Volksblad Ons gee Om-fonds wat deur ENGO geadministreer word, dat ek ENGO en sy personeel leer ken het. Bezuidenhout het in 12 jaar meer as R1 miljoen deur middel van veilings vir die fonds in- gesamel en ek het die laaste paar jare gehelp om stories te skryf oor die veilings wat aangebied is asook talle projekte waarheen die geld gaan wat veral EN- GO se kinder- en jeugsorgsentrums insluit. Ek is ook die afgelope twee jaar as trustee by die fonds betrokke en ons werk nou saam met ENGO se bestuur om geld wat ingesamel word, aan liefdadigheidsorganisasies te skenk. Wat was jou eerste indruk met ENGO? Ek het al heelwat stories geskryf oor afdelings van ENGO en projekte waarby ENGO betrokke is en ek is altyd baie beïndruk met die absolute lojaliteit en passie waarmee personeel hul werk doen. n Mens kom baie gou agter dat ENGO se personeel werklik omgee vir mense. Ek het die grootste resepek vir ENGO se uitvoerende hoof, De Wet Claassens, wat met sy absolute ywer en geesdrif ENGO se beeld vernuwe het. Dan is daar huismoeders en - vaders wat met groot liefde na die kinders in hul sorg omsien. Dink jy dat ENGO werklik n verskil maak in die gemeenskap en hoekom sê jy so? Die verskil wat ENGO direk in die lewens van mense maak, is duidelik uit talle stories wat ek al geskryf het. Ek is seker Ons Kinderhuis se personeel en kinders wil bars van trots oor die twee skoonheidstitels wat Fumane Sello onlangs verower het. Dan is daar die opening van Lavender Laan, die afdeling van mense met Altzheimer se siekte, waar personeel baanbrekerswerk gedoen het met die inrig van dié afdeling. Daar is baie hartseer en wanhoop in ons gemeenskap. Juis daarom is dit wonderlik om te weet dat daar n instansie soos ENGO is wie se personeel daadwerklik help om vir gesinne, kinders, bejaardes en ander kwesbare mense hoop en hulp te gee. Ek hoop om nog wonderlike stories te skryf oor ENGO se werk in die gemeenskap. Wat is jou motto in die lewe? Leef positief! Lientjie Mentz; Redakteur van Bloemnuus Sr Ida Britz is sinoniem met Ons Tuiste, die een kan nie van die ander geskei word nie. Na 34 jaar aan die stuur van Ons Tuiste het ENGO op Dinsdag, 23 Januarie 2018, afskeid geneem van Sr Britz. Sy het haar skip gestuur op die beginsels van regverdigheid, liefde en omgee. Sr Britz het n instrumentele rol gespeel in die opbou van Ons Tuiste en die opening van Lavender Laan, n tuiste vir persone wat leef met demensie en n eerste van sy soort in die Vrystaat. Haar toegewydheid aan die Tehuis, inwoners en personeel sal gemis word. ENGO wens haar voorspoed met die nuwe hoofstuk in haar lewe. Met die aanloop tot Kersfees het ons Verpleeg-afdeling dit goed gevind om ons inwoners in te span om lekker koekies te maak vir kersfees! Elke inwoner het sy taak gehad wat hy / sy moes voltooi het. Van deeg uit rol tot versier, dit was n prettige geleentheid en almal het sommer lekker gekuier. Na die koekies gebak is (die reuk het ons almal in die kantoor honger gehad) is die koekies versier en het ons dit op die kers- fees boom gehang. Dit het waarlik pragtig en heerlik gelyk! Jeantelle Bekker Terwyl ons nou wag vir die 14de Februarie is Bergprag se inwoners hard besig om versierings te maak vir Valentynsdag. Die kleure maak n mens sommer klaar lus om die liefde te vier en ek is seker daar is n paar van die inwoners wat n geskenkie maak vir hul maatjie. Die inwoners is hard besig om te knip en te plak en ons kry elke dag nuwe idees wat ons graag wil maak. Jeantelle Bekker Jacobus en Lizamè (foto deur Flaming Fire Photography) ENGO Gesinsorg Odendaalsrus bied op n gereelde basis projekte by die verskillende skole aan en die behoefte is geidentifiseer dat die nuwe graad 1-ouers baie onseker is oor die verwagtinge wat van hulle gekoester word rakende die leiding, ondersteuning en stimulering van hulle kinders. Hierdie behoefte is in ons twee Sotho- gemeenskappe aangespreek en ons twee maatskaplike hulpwerkers het by die opedae van die verskillende laerskole inligtingsessies aangebied. 629 ouers het die verskillende inligtingssessies bygewoon. Inligting is gegee oor die volgende onderwerpe: Hoe kan ek my kind help om n liefde te ontwikkel. Gesonde studiemetodes. My kind is angstig. Hoe help ek hom of haar. Dinge wat ek as ouer moet onthou byvoorbeeld die noodsaaklikheid van dissipline, roetine en die voorsiening van die nodige items soos potlode, linaal, ens. Hoe bied ek leiding en ondersteuning aan my kind. Hoe stimuleer ek my kind. Mag ek die onderwyseres gaan spreek indien ek oor my kind bekommerd is. Hoe kan ek hulpmiddels uit afvalmateriaal maak om my kind te stimuleer en die kostes tot die minimum te beperk. Hoe kan ek bepaal of my kind skoolgereed is. Na afloop van die inligtingsessies is baie positiewe terugvoer van die ouers en die onderwysers ontvang en daar word beplan om dit op n jaarlikse basis aan te bied sodat daar verseker dat nuwe graad 1- ouers en –leerders hulle eerste skooljaar met selfvertroue kan ingaan. On 8 December 2017, ENGO Family Care Bloemfontein concluded their foster care group sessions for the year In Turflaagte. The purpose of this session was to give the foster parents information on how to nature their foster childrens creativity by involving themselves and dealing with situations confronted within their families during the year. The group made a family wire tree and hanged discussion topics on the tree. The topics included challenges they faced, how to relieve stress and to share the challenges they experi- ence and how to overcome it. The group members also learned that they are not alone in their problems and that no challenge is too big to solve and overcome. From leſt; Me Magawu, Mpho – Auxialry Social Worker, Me Lenceaona and Me Badela ENGO Family Care, Welkom held a stationary drive to assist our foster children with their school stationary needs for 2018. This became especially necessary for one of our foster care children who was in desperate need of assistance. Unfortunately the foster care grant isnt sufficient to cover all of the needs of the foster child and Family Care Welkom decided to jump in. As a result of the generosity of the community in Welkom not only are we able to provide the foster child in need with new stationary and school clothes but we are also able to provide stationary to 30 plus foster families. Being able to give a child hope when it all seems hopeless is the greatest gift that anyone can give. It shows that people do care and are willing to help. ENGO Gesinsorg, Welkom se tweede donasie boeke vir ons lees projek, Feed your brain vir ons pleegkinders. Enige iemand wat kinder- boeke afrikaans of engelse het wat rondle en wil skenk kan u dit by ons kantoor by NG-Suid in Badenhorstraat aflaai. Kontak ons gerus indien u enige verdere inliging nodig het by 057 352 6381 of 062 805 4141.

Upload: trannhan

Post on 10-Jul-2019

218 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Bergprag Sentrum vir Bejaardes

www.engo.co.za January 2018 Januarie 2018

www.engo.co.za • [email protected] • 051 407 7200

ENGO Bejaardesorg verwelkom Jacobes en Lizamè Silwer Bejaardesorg Ambassadeurs. Beide Lizamè en Jacobus het ‘n spesiale plekkie vir bejaardes in hulle harte en

wil graag deel word en ‘n verskil maak by ons bejaardes. Niemand kan die rede beter beskryf as Jacobus self nie.

“Ek het nog altyd 'n groot waardering gehad vir mense met kennis oor die lewe en 'n respek vir iemand wat die paaie geloop het. My Oupa het 'n stil kennis gehad waarby

min mense kon kers vashou en 'n heilige, kinderlike geloof tot in sy ouderdom (1918 - 2012). Ek het altyd gewens ek kon sy stories en grappies opneem en bêre. Ek het

mettertyd groot geword en weldra agtergekom dat my Oupa se oorvloed aan kennis meesal toe te skryf was aan sy ouderdom! Herinneringe, stories, grappies, wyshede

oor die lewe en geloof - dit was Oupa Gert. Ek dra sy name met trots.”

“So voel baie mense oor hul Oupa of Ouma, Ma of Pa. Elke oumens het daardie stories,

ondervindinge en raad wat meeste van hul familie beny en vereer. Hulle het só baie om te gee,

en ek kom agter dat daar met meeste van hulle binnekante niks verkeerd is nie - soos 'n jong-

mens in 'n gebruikte lyf. Ons gebruik ons lywe om al ons lewenservaring op te doen so ek wil glo

hoe meer ervaringe jy van kan vertel, hoe meer wankelrig is jou mondering.. Ons almal is besig

met die insameling van lewenservaring. En ons almal se lywe word ouer. Ons gaan ook daar

kom.”

“Ek wil graag eendag as ek oud is, vir al die jongelinge iets kan beteken, my ervarings en lewens-

lesse sal al wees wat ek kan gee. Ek sal dit slegs kan gee as daar mense is wat lief is vir ou-

mense, wat my kan versorg totdat ek 900 jaar oud word en 1000 000 kinders iets kan leer... My

ouers is ook tussen 65 en 70, hulle is dalk ook oppad aftree-oord toe. Ek wil hê dat die mense

wat na hulle omsien eendag, iemand wat net soveel respek en waardering het vir hulle as ek.”

“Ons is almal oppad soontoe, almal.”

Jacobus Silwer

Jeremia 29:11 herinner ons daaraan dat

die Here vir ons voorspoed beplan, dat

HY vir ons HOOP vir die toekoms wil

gee.

Dit is met hierdie belofte dat ENGO vir

almal voorspoed wil wens vir 2018. Ons

hou vas aan die belofte in Jeremia dat

Vader God, nie vir ons teespoed bring

nie, maar dat hy vir ons voorspoed

beplan in alles wat ons beplan en

aanpak.

Al loop die lewe met ons draaie, draaie

wat ons nie voorsien het nie, nie beplan

het nie, onthou Vader God het altyd ‘n

plan.

Mag 2018 vir elkeen ‘n jaar van Hoop

wees, Ewige Hoop.

Hoe sê ’n mens dankie…dankie vir jare se lojale ondersteuning, versorging, onvoorwaardelike liefde vir ENGO se “Vir ons Kinders”-projek wat glimlaggies gelos het op

die gesigte van duisende kinders, gesinne en bejaardes in nood regoor die Vrystaat.

Die “Vir ons Kinders”-projek is reeds 9 jaar met groot sukses aangepak en baie kinders, gesinne en bejaardes kon die vrugte pluk daarvan. Nege gelukkige individue

was die wenners van ‘n spogvoertuig.

Die trekkingsfunksie het nog altyd met groot vreugde, en soms trane van vreugde gepaard gegaan.

Die impak van die projek word dikwels beleef wanneer elke sentrum hul geld vanuit die projek ontvang het, nadat die oudit afgehandel is. Ons het by meer as een

geleentheid beleef hoe hierdie fondse ‘n jeugsorgsentrum, van ondergang kon red. Dit is ontvang net op die regte tyd en toe die sentrum dit die nodigste gehad het.

Dan is die Beheerraad baie dankbaar teenoor almal wat baie hard gewerk het om kaartjies te verkoop. Kinders kon weer glimlag, want hulle het geweet hulle het ‘n bed

om in te slaap en kos om te eet.

Die ander groot effek van die “Vir ons Kinders”-projek was nog altyd die besonderse geleentheid wat ENGO het om die dienste van ons sub-programme bekend te

stel. Wanneer iemand die prys van ‘n kaartjie skenk, kon ons nog altyd vir hom/ haar sê: “ Jy sit met hierdie kaartjie ‘n bord kos voor iemand neer. Jy help dat iemand

nie vanaand honger gaan slaap nie. Jy maak ‘n verskil, want deur die skenking, gee jy hoop in iemand se lewe.“

ENGO is ongelooflik dankbaar vir elkeen wat die afgelope 9 jaar die “Vir ons Kinders”-projek getrou en lojaal ondersteun het, want elke kaartjie het ‘n verskil gemaak.

ENGO wil egter in hierdie tiende jaar DANKIE sê: Dankie, dat julle ons projek julle eie gemaak het, dat julle deel is van die “Vir ons Kinders”-familie en dus ook deel

geword het van die ENGO familie. 2018 sal sekerlik sy eie uitdagings inhou soos wat elke jaar het, maar dit is met dankbaarheid in ons harte dat ons kan sê 2018 sal ’n

goeie jaar wees, want ons dien ‘n God wat almagtig is! Hy sal altyd voorsien.

Daar sal nie tydens 2018 kaartjies beskikbaar gestel word vir ’n wenmotor nie, maar indien die projek naby aan jou hart lê en dit steeds op jou hart druk om iets by te

dra, wil ons u graag aanmoedig om betrokke te bly deur ’n debietorder te voltooi. Meer inligting oor die debietorder kan verkry word op ons webtuiste: www.ENGO.co.za

onder “raak betrokke”. Stuur gerus ook ’n epos na [email protected] vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak.

ENGO, ewige hoop. Nie net hoop vir nou nie, maar hoop vir altyd. Lig in die duisternis. Hier vir God, mekaar en die wêreld!

Charlotte Theron Kinder-en Jeugsorg Sentrum, Bethlehem

Andronika Nzungu is verkies as

Maluti Hooglank Skool se voorsitter

vir 2018. Ons is baie trots op jou,

sterkte vir die jaar en die nuwe

uitdagings.

A true leader, leads by example.

Frans Maritz Werner Rood

Sterkte aan

ons Graad 1’s

dit is ‘n nuwe

begin met

nuwe

uitdagings

Op 25 Desember het ons ʼn lekker fees gehou en die

kinders voer “Jesus se geboorte” op terwyl Cynthia

voorgelees het uit die Bybel. “Kersvader” het ook ʼn

draai kom maak en elke gesiggie het gestraal.

BJ’s het ons kinders

bederf met ʼn lekker

Burger en Speelgoed

op Kersoggend

2018

Hlohloloane Child and Youth Care Centre was blessed with a wonderful Christmas party at Vlakbult farm just outside of Clocolan.

The Clocolan Christen Bediening church and volunteers presented this amazing time of celebration and fun for the children. They had a time of Worship, games and a wonderful feast of a meal.

The children were blessed with Christmas clothes and toiletries also sponsored by the church and management . The broader community of Clocolan helped to sponsor the food for the children at the party.

Thank you to Lodie van Reenen for the meat, Makoadi for the watermelon and salads , Mohamed for meat, Shell garage for the ice cream and Bio-sculpture for toiletries and sweets and Carl Scholtz for the maize-meal.

Annelie van Rooyen

Elsabé Wilkinson

Lientjie Mentz is ‘n naam wat baie ken, ‘n formidabele vrou wat nie sommer terugstaan nie. ‘n Vrou met ‘n hart van goud en ‘n passie vir mense. Lientjie en ENGO stap

al ‘n lang pad saam, ons het met haar gaan praat oor haar passie en oor hoe sy ENGO ervaar.

Vertel ons so bietjie meer oor jouself en hoe jy in die media bedryf beland het?

Ek is ‘n gebore Bloemfonteiner en was hier in die ou Laerskool Onze Rust. Aan die einde van my st. 5-jaar het my ouers na Harrismith toe getrek waar ek my

skoolloopbaan aan die Hoërskool Harrismith voltooi het. Ek het my BA Kommunikasiekundegraad aan Kovsies behaal en ná my studies vir ‘n jaar in Duitsland

gaan Au Pair-werk doen. Met my terugkeer na Suid-Afrika, was my eerste formele werk as redakteur van die Harrismith Chronicle. Ek het in 1999 by Volksblad

begin werk en is sedert Mei 2017 die redakteur van Bloemnuus. Ek geniet gemeenskapsjoernalistiek ongelooflik baie en dit is my passie om oral in die stad na

nuus te soek – om te skryf oor dit wat pla, maar veral om die goeie nuus met ons lesers te deel.

Lientjie, jy is vir jare lank al in die media bedryf en so sien en hoor jy baie dinge. As jy aan ENGO dink, wat is die eerste gedagte wat na vore kom en wat is die

gevoel wat jy kry?

Dit is danksy die wonderlike werk wat wyle oom Junior Bezuidenhout gedoen het om geld in te samel vir die Volksblad Ons gee Om-fonds wat deur ENGO

geadministreer word, dat ek ENGO en sy personeel leer ken het. Bezuidenhout het in 12 jaar meer as R1 miljoen deur middel van veilings vir die fonds in-

gesamel en ek het die laaste paar jare gehelp om stories te skryf oor die veilings wat aangebied is asook talle projekte waarheen die geld gaan wat veral EN-

GO se kinder- en jeugsorgsentrums insluit. Ek is ook die afgelope twee jaar as trustee by die fonds betrokke en

ons werk nou saam met ENGO se bestuur om geld wat ingesamel word, aan liefdadigheidsorganisasies te skenk.

Wat was jou eerste indruk met ENGO?

Ek het al heelwat stories geskryf oor afdelings van ENGO en projekte waarby ENGO betrokke is en ek is altyd baie

beïndruk met die absolute lojaliteit en passie waarmee personeel hul werk doen. ‘n Mens kom baie gou agter dat

ENGO se personeel werklik omgee vir mense. Ek het die grootste resepek vir ENGO se uitvoerende hoof, De Wet

Claassens, wat met sy absolute ywer en geesdrif ENGO se beeld vernuwe het. Dan is daar huismoeders en -

vaders wat met groot liefde na die kinders in hul sorg omsien.

Dink jy dat ENGO werklik ‘n verskil maak in die gemeenskap en hoekom sê jy so?

Die verskil wat ENGO direk in die lewens van mense maak, is duidelik uit talle stories wat ek al geskryf het. Ek is

seker Ons Kinderhuis se personeel en kinders wil bars van trots oor die twee skoonheidstitels wat Fumane Sello

onlangs verower het. Dan is daar die opening van Lavender Laan, die afdeling van mense met Altzheimer se

siekte, waar personeel baanbrekerswerk gedoen het met die inrig van dié afdeling. Daar is baie hartseer en

wanhoop in ons gemeenskap. Juis daarom is dit wonderlik om te weet dat daar ‘n instansie soos ENGO is wie se

personeel daadwerklik help om vir gesinne, kinders, bejaardes en ander kwesbare mense hoop en hulp te gee. Ek

hoop om nog wonderlike stories te skryf oor ENGO se werk in die gemeenskap.

Wat is jou motto in die lewe?

Leef positief! Lientjie Mentz; Redakteur van Bloemnuus

Sr Ida Britz is sinoniem met Ons Tuiste,

die een kan nie van die ander geskei word

nie. Na 34 jaar aan die stuur van Ons

Tuiste het ENGO op Dinsdag, 23 Januarie

2018, afskeid geneem van Sr Britz.

Sy het haar skip gestuur op die beginsels

van regverdigheid, liefde en omgee. Sr

Britz het ‘n instrumentele rol gespeel in

die opbou van Ons Tuiste en die opening

van Lavender Laan, ‘n tuiste vir persone

wat leef met demensie en ‘n eerste van sy

soort in die Vrystaat.

Haar toegewydheid aan die Tehuis,

inwoners en personeel sal gemis word.

ENGO wens haar voorspoed met die

nuwe hoofstuk in haar lewe.

Met die aanloop tot Kersfees het

ons Verpleeg-afdeling dit goed

gevind om ons inwoners in te

span om lekker koekies te maak

vir kersfees!

Elke inwoner het sy taak gehad

wat hy / sy moes voltooi het. Van

deeg uit rol tot versier, dit was ‘n

prettige geleentheid en almal het

sommer lekker gekuier.

Na die koekies gebak is (die reuk

het ons almal in die kantoor

honger gehad) is die koekies

versier en het ons dit op die kers-

fees boom gehang.

Dit het waarlik pragtig en heerlik

gelyk!

Jeantelle Bekker

Terwyl ons nou wag vir die 14de Februarie is

Bergprag se inwoners hard besig om

versierings te maak vir Valentynsdag.

Die kleure maak n mens sommer klaar lus om

die liefde te vier en ek is seker daar is n paar

van die inwoners wat n geskenkie maak vir

hul maatjie.

Die inwoners is hard besig om te knip en te

plak en ons kry elke dag nuwe idees wat ons

graag wil maak.

Jeantelle Bekker

Jacobus en Lizamè (foto deur Flaming Fire Photography)

ENGO Gesinsorg Odendaalsrus bied op ‘n gereelde basis projekte by die

verskillende skole aan en die behoefte is geidentifiseer dat die nuwe graad

1-ouers baie onseker is oor die verwagtinge wat van hulle gekoester word

rakende die leiding, ondersteuning en

stimulering van hulle kinders.

Hierdie behoefte is in ons twee Sotho-

gemeenskappe aangespreek en ons twee

maatskaplike hulpwerkers het by die

opedae van die verskillende laerskole

inligtingsessies aangebied. 629 ouers

het die verskillende inligtingssessies

bygewoon.

Inligting is gegee oor die volgende onderwerpe:

Hoe kan ek my kind help om ‘n liefde te ontwikkel.

Gesonde studiemetodes.

My kind is angstig. Hoe help ek hom of haar.

Dinge wat ek as ouer moet onthou byvoorbeeld die noodsaaklikheid

van dissipline, roetine en die voorsiening van die nodige items soos

potlode, linaal, ens.

Hoe bied ek leiding en ondersteuning aan my kind.

Hoe stimuleer ek my kind.

Mag ek die onderwyseres gaan spreek indien ek oor my kind

bekommerd is.

Hoe kan ek hulpmiddels uit afvalmateriaal maak om my kind te

stimuleer en die kostes tot die minimum te beperk.

Hoe kan ek bepaal of my kind skoolgereed is.

Na afloop van die inligtingsessies is baie positiewe

terugvoer van die ouers en die onderwysers

ontvang en daar word beplan om dit op ‘n jaarlikse

basis aan te bied sodat daar verseker dat nuwe

graad 1- ouers en –leerders hulle eerste skooljaar

met selfvertroue kan ingaan.

On 8 December 2017, ENGO Family Care

Bloemfontein concluded their foster care

group sessions for the year In Turflaagte.

The purpose of this session was to give the

foster parents information on how to nature

their foster children’s creativity by involving

themselves and dealing with situations

confronted within their families during the

year.

The group made a family wire tree and hanged discussion

topics on the tree. The topics included challenges they faced,

how to relieve stress and to share the challenges they experi-

ence and how to overcome it. The group members also

learned that they are not alone in their problems and that no

challenge is too big to solve and overcome.

From left; Me Magawu, Mpho – Auxialry Social

Worker, Me Lenceaona and Me Badela

ENGO Family Care, Welkom held a stationary drive to

assist our foster children with their school stationary

needs for 2018. This became especially necessary for

one of our foster care children who was in desperate

need of assistance. Unfortunately the foster care grant

isn’t sufficient to cover all of the needs of the foster child

and Family Care Welkom decided to jump in.

As a result of the generosity of the community in

Welkom not only are we able to provide the foster child

in need with new stationary and school clothes but we

are also able to provide stationary to

30 plus foster families.

Being able to give a child hope when

it all seems hopeless is the greatest

gift that anyone can give. It shows

that people do care and are willing to

help.

ENGO Gesinsorg, Welkom

se tweede donasie boeke vir

ons lees projek, Feed your

brain vir ons pleegkinders.

Enige iemand wat kinder-

boeke afrikaans of engelse

het wat rondle en wil skenk

kan u dit by ons kantoor by

NG-Suid in Badenhorstraat

aflaai.

Kontak ons gerus indien u

enige verdere inliging nodig

het by 057 352 6381 of 062

805 4141.