gereformeerde gemeente kuruman 100-jaar oudbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... ·...

18
Uitgawe 524 9 Mei 2019 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUD Deur Ronel Theart Die Gereformeerde Kerk Kuruman is die tweede oudste Gereformeerde gemeente in die Noord- Kaap. Hierdie gemeente is op 10 Mei 2019 100- jaar oud. As naasoudste gemeente van die klassis Griekwaland-Wes, het die gemeente afgestig van die Gereformeerde gemeente Postmasburg, wat vernoem is na ds. Postma. Die borsbeeld van ds. Postma is nog in Postmasburg, op die dorpsplein te sien. Die gemeente Kuruman is op 10 Mei 1919 gestig. Foto’s van die eerste kerkgebou het egter verlore gegaan, maar die tweede kerkgebou, van klip in Stewartstraat is op 21 Maart 1925 ingebruik geneem. My skoonouers is op 28 Junie 1958 in hierdie kerkgebou getroud. Dit is ‘n pragtige gebou wat later tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Die gebou is egter in 1966 vir die bedrag van R60 000 verkoop. Op die kerkperseel is daar ‘n boomstomp met ‘n gedenkplaatjie wat aandui dat dit die boom was waaronder die boukomitee vergader het om die ligging van die nuwe kerkgebou te bespreek. Tydens die beplanning van die kerkgebou is besluit dat die dak ‘n Voortrekkerkappie moes voorstel. Dit het meegebring dat die dak hoër moes wees ten einde die agterste deel van die kappie te vorm. ‘n Kruis wat geteël is, is in die toring ingebou. Die plafon is van sederhout en die klankbord agter die preekstoelstel ‘n gekruisigde figuur met hangende hoof voor. Weerskante van die kansel is ligte wat lyk soos sewe kandelare. Op die hoeksteen is die volgende inskripsie: “Hou maar net vas wat julle het totdat Ek kom.” Openbaring 2:25 BRON: Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke Foto: https://morneweb.wordpress.com/2018/03/20/21-maart-1925- kuruman-kerk-in-gebruik/ Foto : Eie versameling Foto : Eie versameling

Upload: others

Post on 20-Jul-2021

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

T met sy gewee in die hand en bandolier oor

Uitgawe 524 9 Mei 2019

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms

GEREFORMEERDE GEMEENTE

KURUMAN 100-JAAR OUD

Deur Ronel Theart

Die Gereformeerde Kerk Kuruman is die tweede oudste Gereformeerde gemeente in die Noord-Kaap. Hierdie gemeente is op 10 Mei 2019 100-jaar oud.

As naasoudste gemeente van die klassis Griekwaland-Wes, het die gemeente afgestig van die Gereformeerde gemeente Postmasburg, wat vernoem is na ds. Postma. Die borsbeeld van ds. Postma is nog in Postmasburg, op die dorpsplein te sien.

Die gemeente Kuruman is op 10 Mei 1919 gestig. Foto’s van die eerste kerkgebou het egter verlore gegaan, maar die tweede kerkgebou, van klip in Stewartstraat is op 21 Maart 1925 ingebruik geneem. My skoonouers is op 28 Junie 1958 in hierdie kerkgebou getroud. Dit is ‘n pragtige gebou wat later tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Die gebou is egter in 1966 vir die bedrag van R60 000 verkoop. Op die kerkperseel is daar ‘n boomstomp met ‘n gedenkplaatjie wat aandui dat dit die boom was waaronder die boukomitee vergader het om die ligging van die nuwe kerkgebou te bespreek. Tydens die beplanning van die kerkgebou is besluit dat die dak ‘n Voortrekkerkappie moes voorstel. Dit het meegebring dat die dak hoër moes wees ten einde die agterste deel van die kappie te vorm. ‘n Kruis wat geteël is, is in die toring ingebou. Die plafon is van sederhout en die klankbord agter die preekstoelstel ‘n gekruisigde figuur met hangende hoof voor. Weerskante van die kansel is ligte wat lyk soos sewe kandelare.

Op die hoeksteen is die volgende inskripsie: “Hou maar net vas wat julle het totdat Ek kom.” Openbaring 2:25

BRON: Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke

Foto: https://morneweb.wordpress.com/2018/03/20/21-maart-1925-kuruman-kerk-in-gebruik/

Foto : Eie versameling

Foto : Eie versameling

Page 2: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

R18 000-prysgeld geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die

UV

en ’n slypskool by bekroonde en veelvertaalde oud-misdaadjoernalis en

spanningskrywer, Karen Brynard, op die spel!

Digters en skrywers in die hoërskool (gr. 8 – 12), studente en volwasse skrywers, insluitende niemoedertaalskrywers van Afrikaans, het nog ongeveer ’n maand oor om in te skryf vir die bekende Nasionale BSV-skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) wat die 13de Mei 2019 sluit.

Die wedstryd bestaan reeds sedert 1979 en word aangebied in samewerking met dieNasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat die inskrywings ontvang. Die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat tree vanjaar vir die tiende agtereenvolgende jaar as borg van die skryfwedstryd op omdat die ontdekking van veral jong talent vir beide die BSV en die UV na-aan die hart lê. Vier gesoute onafhanklike beoordelaars, self bekroonde skrywers en akademici, identifiseer jaarliks meesterlik onontdekte skryftalent.

Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en dosent verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, lewer die wedstryd jaarliks nuwe, onontdekte skrywerstemme op wat kort voor lank debuteer, soos 2017 se Ingrid Jonkerpryswenner, Hilda A. Smits wat haar bundel uit Amerika by die BSV in NALN, Bloemfontein kom bekendstel het en daarna vereer is met ’n nasionale letterkundeprys. Binnekort debuteer Hannes Visser, gereelde BSV-Slypskoolgabger en BSV-wenner en redakteur van Courant in Oudtshoorn ook en ook hy kom in Mei sy bundel by die BSV in NALN bekendstel. (Vroeëre BSV-wenners sluit bekende skrywer in, soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Carina Diedericks-Hugo, Carina Stander, Piet Steyn, Sonja Loots, om maar enkele van die welbekende skrywers wat die BSV-wedstryd as wegspringplek gebruik het, te noem.)

Veral skoolgroepe en tersiêre studente word aangemoedig om in groot getalle deel te neem aan hierdie tradisieryke skryfwedstryd met ’n heerlike verskeidenheid onderwerpe vir elke smaak. Ook vir niemoedertaaldeelnemers van Afrikaans is daar aanmoedigingspryse op die spel, asook die moontlikheid van beurse om die slypskool gratis by te woon. Buiten vir kontantpryse en die publikasie van weninskrywings in Inkvars, word al die wenners van al die kategorieë genooi om gratis die jaarlikse Nasionale BSV-slypskool vir Ontluikende Skrywers, wat ook deur die publiek bygewoon kan word, op 24 Augustus 2019 by die dinamiese bekroonde en veelvertaalde oud-misdaadjoernalis en spanningskrywer, Karen Brynard, by te woon.

Genres waaraan deelgeneem kan word, is ’n kortverhaal, kortkortverhaal, skets/vertelling, essay en ’n gedig. Buiten vir prysgeld, trofeë en sertifikate, word die weninskrywings jaarliks in die publikasie, Inkvars (Redakteur: Corlietha Swart) gepubliseer – ’n publikasie wat deur die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen, Nederland/ Zuid-Afrika befonds word en met groot vrug deur stelwerkonderwysers in stelwerkklasse gebruik kan word, omdat selfs die beoordelaarsverslae van die vier gerekende BSV-beoordelaars in die publikasie opgeneem word.

BSV-kryfwedstrydreëls en inskrywingsvorms kan self elektronies afgelaai word by http://bloemsv.wordpress.com onder Skryfwedstryd 2019, of u kan die BSV-sekretaresse, mej. Roline Brits, kontak by [email protected]. Ons hou die pos dop vir u inskrywings!

Page 3: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

Lekker verjaar …,

Lekker verjaar!!!! van u, vriende, kollega’s en families.

10 Mei Nico Kotze

Mike Prinsloo Grieta Fourie

12 Mei Marelize Mostert 13 Mei Barnie Mostert 14 Mei Christina Malan

The University of the Third Age

hold their AGM on Thursday, 23 May 2019, at 09:30

at the Sewe Damme Hall, General Beyers Street,

followed by a talk by Ruda Landman on “40 Years

of Reporting on S Africa and Her People”.

Everyone is welcome.

Entrance costs R10 for non-members and includes tea.

Call Sheila Addison 082 850 8801 or Chrissela van

Tonder 082 802 7429 for further information

Page 4: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

Plot 35, 9de Laan, Kelly's View, Bl

Bloemfontein

KAARTJIE VERKOPE Kiki Corner (051-4465666) Langenhoven Park, Pick 'n Pay-sentrum. Sommige kaartjies sal beskikbaar wees by Toms Musiek Winkel (051-4300665), 59 on Plenty(Levisseur Gallery) , hulle no. is 0514441683 of 0826726157 Hulle is op die h.v. Dan Pienaar rylaan en Levisseur St. ook by die deur beskikbaar indien nie uitverkoop. Jy sal in die meeste gevalle afslag kry as jy jou kaartjies vooraf koop by bogenoemde verkopers. As jy te ver is of nie iewers of betyds kaartjies kry nie, epos jou naam, sel nommer en die vertoning wat jy wil bywoon en hoeveel mense julle gaan wees na [email protected] of bel vir Lollie op 0797967975 vir 'n bespreking.

Meer inligting op

http://vulture-aasvoelclub.com/events-page/ Alle vertonings begin 8 nm tensy anders vermeld. 10 Mei – Refense en “Band” R130 23 Mei – Bee Gees Tribute by the 1925 Band R100 25 Mei – Oulaw-Rock band R100 31 Mei – Abba Tribute by the Imposters R100 1 Junie – History of Rock by Cloud 9 R100(sold out) 5 Junie – Jan Blom R150 7 Junie – Eddie van Potch Band R100 2-7 Julie – “Kunstefees vertonings by Aasvoëlklub o.a. Koos Kombuis, die Wasgoedlyn, Mel Botes “Pink Floyd Tribute”, “The Eva Cassidy story”, Piet Botha ens. 30 Aug – Dennis East en Pierre de Charmoy R100 31 Aug – Thys die Bosveldklong R120 6, 7 Sept – Touch of Class R130 13 Sept – Andre Swartz R120 20 Sept – Andrea Bocelli Tribute Extend version by Jacobus Silwer Featuring Cezanne Yzzel R150 21 Sept – Hallo Lente dans met 3’s Company R60pp of R100 p paar 11 Olt – Dozi R100

TRUKSVY 0767688726

19 Mei

Ontbyt 08h00 tot 10h00

Selfskep ete 12h30, en die

Sondag is dit

SKAAPBOUD

WILDSPASTEI , ons begin met tuisgebakte brood

botter en konfyt, groentes,

mielierys, aartappels, slaai en

malvapoeding met vla

@ R148-00,

bespreek vir die een.

Bestel gerus ook ‘n ekstra afval vir

jou tafel

Moedersdag

12 Mei Ons het ‘n Beesstert en

Hoenderpastei buffet,

maar vir ons moeders

het ons met die ete dan

‘n nageregtafel en ‘n

geskienkie vir haar.

R220 per persoon

Page 5: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

17 Mei, 19:00, R60

te planetarium Naval Hill,

1. Cuatro Estaciones Portenas (A Piazolla) 2. Por una cabeza, from Scent of a woman (C Gardel) 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla) 6. La Puerto Riquena (I Hernandez) 7. Angelica, from Pirates of the Caribbean (H Zimmer) 8. Assassins Tango, from Mr and Mrs Smith (J Powell) 9. El Tango de Roxanne, from Moulin Rouge (The Police)

Elsabé Raath (viola)

Rina Schutte (cello) Jonalene Taylor (double bass) Belinda le Roux (piano)

Werner Stander (piano, djembe, castanets)

Page 6: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

10-16 Mei

Avengers 3D 10-12PGDLV Fri-Thu; 12:00, 15:00, 17:00, 20:00, 20:15 The Hustle 13LSV Fri–Thu; 12:00, 18:00, 20:00 Ugly Dolls 7-9PGPV Fri-Thu; 13:15, 15:15, 18:15 Skemerson 10-12PG Fri -Thu; 12:00, 16:00, 20:00 Poms TBA Fri –Thu;14:00, 18:00 Extremely Wicked, Shockingly Evil And Vile

16DLSSVV

Fri –Thu; 14:00, 18:00 Morning Shows on Saturdays and Public Holidays –refer www.epiccinemas.co.zafor show times.

MOEDERSDAG 12 Mei

Ons geskenk aan

al die Moeders –

Die Cheetah Trein kom vermaak al die kinders

GRATIS tussen 11h30 en 14h30

Ons vorige jare se pryse:

2016 – R190

2017 – R200

2018 – R220

Vanjaar, 2019, slegs R230!!

Twee Sessies: 11h00 & 13h00

Single Kiddies Burger & Chips R35

Double Kids Burger & Chips R45

Three Course Meal

Starter: Soup Buffet

Beef & Chick Pea Soup with Toasted Bruschetta

Main: Plated

Slow Braised Lamb Shanks

Chicken Fillet Alfredo

Jasmine Rice

Roasted Baby Potatoes with Bacon & Parmesan Cheese

Lightly Curried Moussaka

Butternut, Sweetcorn & Pea Casserole

Dessert: Plated

Mixed Fruit Blinis with Lemon Curd Mousse

Bespreek jou tafel vooruit om terleurstelling te voorkom– 083 432 9927 of [email protected]

N ee m as s eb l i e f k en n i s d a t vo o r r a d e b ep er k

i s e nd a t t e r m e vo o rw a a rd e s g e l d .

V o o r k eur w o rd a a n b e s p r e ek t e t a f e l s g egee .

Page 7: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

KAARTJIES IS BESKIKBAAR BY KIKI CORNER IN LANGENHOVENPARK OF KAN BESPREEK WORD BY

[email protected] navrae 079 387 3614

4 Mei FAK in STYLe! Komedie met Ilne Fourie en Heinrich Lategan 9 Mei DEON MEIRING & ALMERO Musiek en Stories 11 Mei BOTTOMLESS COFFEE BAND 14 Mei JAN BLOHM 22&23 Mei STEVE HOFMEYR 29 Mei CORLEA BOTHA 5 Junie The Music of QUEEN met JOSEPH CLARK 6 Junie MANIE JACKSON 9 Junie JANNIE MOOLMAN & KEVIN LEO

Alle kaartjies beskikbaar by kiki corner in

langenhovenpark of bespreek by

[email protected] (buiten waar

anders vermeld)

Heerlike pizzas en kontantkroeg beskikbaar,

middagvertoning geen pizzas

Vertonings begin om 19h30

Onthou ook van die paintball by MEERKATKOLONIE vir die kinders. Skakel Pieter vir navrae by 079 664 6814

KONTAK 079 387 3614 vir volledige program of besoek ons facebookblad.

We are daily exposed to different kinds of stress: Mechanical - such as injury, strain or bad posture. Chemical - such as air pollutants, additives and colorants in food. Mental / Emotional - such as circumstances outside of your control having an emotional effect on you. Releasing body stress will allow your body to cope better with your daily life and restore your natural state of self healing. Body stress release is a gentle non-therapeutic technique and does not treat any condition.

Werner Frylinck MBSRA (SA)

Bloemfontein

062 910 2531 [email protected]

www.bodystressrelease.com

10/04/2019 Vriend/Vriende, Graag nooi die Nasionale Vrouemonument Kommissie u en u organisasie/instelling uit na ‘n kitsberaad wat op 31 Mei 2019 van 9:00-11:30 by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat gehou word. Die tema is “Die boodskap van die Nasionale Vrouemonumentkommissie vandag”. Dit is ‘n beraad of ‘n gesprek vir vriende of ondersteuners van die Monument. Tee en iets ligs word na afloop van die beraad aangebied. Die beraad is gratis en die versoek u eie mening en inset. Ons nooi u én/of u as organisasie/instelling om almal te stuur wat belangstel. Laat weet ons asb. teen 20 Mei 2019 van die getal en persone met ‘n kontaknommer by [email protected]. Die rede hiervoor is dat ons die lokaal en die teegoed wil finaliseer. Die doel van die Nasionale Vrouemonumentkommissie is om die belangrikheid en aktualiteit van die Monument vir vandag te beklemtoon. Die beraad begin stiptelik om 09:00 met ‘n paar kort inleidings (10 minute) van bekendes en daarna volg bespreking van die teenwoordiges. Indien moontlik, kan ons ‘n konsensus of twee formuleer. U ontvang hierdie uitnodiging namens die Nasionale Vrouemonumentkommissie. Dankie vir u aandag aan die saak. Prof Piet Strauss Voorsitter Nasionale Vrouemonumentkommissie.

Posbus 11822, Universitas, Bloemfontein, 9321 Sekretaresse Esta Jones - [email protected]

Page 8: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

Hoërskool Gimnasium Potchefstroom: Reünie 2019

Op 25 Mei 2019 hou ons reünie by Gimmies vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70 jaar);1959 (60 jaar); 1969 (50 jaar); 1979 (40 jaar); 1989 (30 jaar) en 1999 (20 jaar), asook die volgende 5-jaar intervalle: 1954 (65 jaar),1964 (55 jaar),1974 (45 jaar),1984 (35 jaar),1994 (25 jaar) en 2004 (15 jaar).

Kontak: Anel Hulley (018) 293 0267

[email protected]

of

Facebook: Potchefstroom Gimnasium Oud-Gimmiebond

Would you like to …….

be your own boss??

Earn an additional income, part-

time or full time in a health and

wellness venture.

Ask me how.

Call 082 377 6169 to set up an appointment

KENNISGEWING VAN ’N BAK-FUNKSIE:

DONDERDAG, 6 JUNIE 2019

Die Bestuur van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) nooi u graag uit

na ’n prestige Eretoekenningsfunksie, wat op Donderdag, 6 Junie 2019, om 18:00 vir

18:30 by NALN

in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) aangebied word.

Tydens die geleentheid sal erkenning aan die volgende

persone gegee word vir hul bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur:

Coenie de Villiers, Lucas Maree (postuum), Anton Esterhuyse en Elsa Krantz.

Leon Gropp tree as gaskunstenaar op met die tema:

Die rol van kuns en skoonheid in die kultuurlewe van die

Afrikaner,

met toonsettings van gedigte van NP van Wyk Louw.

Kaartjies vir die funksie is beskikbaar teen R100.00 p.p. (vingerete ingesluit) by:

➢ Hennie Maartens (083 388 0047)

➢ Barry Frey (083 4621963)

➢ Willie Engelbrecht (082 728 1489)

➢ Chris Verwoerd (082 800 4708)082 564 0967)

➢ Arno Odendaal (060 525 1865)

➢ NALN (Annelien Diedericks: 051-405 5407).

Parkering is beskikbaar langs die NALN-gebou vanuit Miriam

Makebastraat.

Page 9: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)
Page 10: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)
Page 11: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

OPREGTE RIFRUG HONDJIES TE KOOP

Kontak Ronel 082 490 3112

Page 12: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

Die vertoning sal Nataniël se nuutste Afrikaanse en Engelse stories en vertellings insluit met bekende pop, blues en rock musiek. Daarbenewens is daar musiek uit sy eie pen. Nataniël deel die verhoog met die Charl du Plessis Trio en Juan Oosthuizen op kitaar. Hierdie viermanskap speel reeds etlike jare vir Nataniël. Nuwe kostuums deur modeontwerper Floris Louw sal die gehoor na hulle asems snak.

SAND DU PLESSIS

TEATER

Dinsdag 30 Julie

Nuwe produksie MESSENGER. Besprekings kan reeds gedoen word by

PACOFS 0514477772 en kaartjies beloop R160, R200 en R260.

The University of the Third Age

,9 May 2019, 10:00

at the Synagogue Hall, 1 Dickie-Clark Street,

Talk by Dr Idalia Venter on

“Edith Cavell – The Enigma”.

Everyone is welcome.

Entrance costs R10 for non-members and

includes tea.

Call Sheila Addison 082 850 8801 for

further information.

Page 13: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

FUNCTIONAL TRAINING @ R690 P/M

Personal trainer + body stats + kids access to The Playground

079 921 1193 or [email protected]

T’s & C’s apply

1st

MONTH R400 / No joining fee

Guy Robyn Adéle

Page 14: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)
Page 15: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

OPREGTE WORSHONDJIES TE KOOP

Kontak Ronel 082 490 3112

Page 16: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

Die Vrystaattak van die Genealogiese Genootskap

van Suid-Afrika

kom op Maandag 13 Mei 2019 om 6:30 nm

in die ouditorium van die Anglo-Boereoorlogsmuseum byeen.

Ons eie Mnr Chris Hendriks is die spreker.

Onderwerp: Genealogie en Weerlig – Die Switserse Konneksie.

Besoekers is welkom en betaal R 20.00 elk.

Tee/Koffie word bedien.

Kontak John Webb by 051-4368537 of

083-2588986.

Page 17: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)

STOMPKOPKEWER (“POLYPHAGOUS SHOT HOLE BORER”)

Verskeie bevestigde gevalle van besmetting deur hierdie uiters skadelike stompkopkewer kom reeds in Bloemfontein voor.

Hierdie indringer het reeds landwyd ‘n ernstige bedreiging vir ons bome, selfs ons kosbare inheemse bome, veroorsaak. Dit vra

vir vinnige, daadwerklike aksie.

Die Fichardtpark Woonbuurtassosiasie (FWA) het besluit om die leiding met hierdie aksie te neem.

Om af te skop word daar op Maandagaand, 13 Mei, om 18:00, ‘n belangrike inligting/bewusmakingsessie in die kerksaal van

NG Kerk Fichardtpark gehou, te Altona singel 9, Fichardtpark. Prof. Wijnand Swart, plantpatoloog van die Universiteit van die

Vrystaat (UV), sal as geleentheidspreker optree. Hy sal deur twee ander UV-kollegas, ook kundiges op die gebied, bygestaan

word.

Ons nooi u uit om met erns deel van hierdie aksie word. Woon asseblief die vergadering by en word deel van ‘n belangrike

proses om ons bome met alle mag te beskerm. Ons kan dit nie bekostig dat hierdie uitheemse kewer ons kosbare erfenis

vernietig nie! Stadige reaksie in ander stede en lande het reeds tot onberekenbare skade gelei.

Baie welkom by UNIKUM BROKKIES

Tummy Hug

Dit is ‘n realiteit in ons land dat al hoe meer mense sukkel om kos op die tafel te sit!

Almal voel die druk van die ekonomie aan hulle sakke en lywe, maar daar is mense wat werklik daagliks nie kos het

nie. Wat kan ek en jy doen? Dalk baie meer as wat ons besef!

Koop ‘n ekstra item (of as jy kan meer) wanneer jy kruideniers koop (al is dit iets klein). Gee dit vir iemand wat werklik

‘n behoefte aan kos het (Tummy Hug). Daar is vele moontlikhede. Dink maar aan die behoeftige mense by verkeersligte

of karwagte. Dalk is daar ‘n behoeftige maatjie by die skool vir wie jy ‘n ekstra broodjie saam met jou kind kan stuur,

of dalk werk jy saam met iemand wat regtig sukkel om die mas op te kom. Wie is ons om ander in hulle

omstandighede te oordeel? Ek wil julle uitnooi om deel van hierdie projek te word wat ek “Tummy Hug” noem. Al

doen jy dit net 1 keer per maand. Ek sal baie graag wil hoor wat julle doen en wat julle oorspronklike idees is sodat

ons mekaar kan aanspoor. Stuur asseblief vir my ‘n boodskap of epos met jou naam en wat jy bereid is om te doen ter

wille van ‘n “Tummy Hug”

Wanneer ons goed aan ander doen – skep dit ook by onsself ‘n positiewe gevoel.

Ek hoor graag van julle

Never too old ~ too bad ~ too broken ~ too late ~ to make a new beginning

Jannine Bester

Berader BA(Hons) Tall Trees Fasiliteerder

Tel 082 902 3556, Epos [email protected]

Page 18: GEREFORMEERDE GEMEENTE KURUMAN 100-JAAR OUDbloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/... · 3. Café 1930 (A Piazzolla) 4. La Cumparsita (G Rodriguez) 5. Oblivion (A Piazzolla)