gedragsreels bardolino leefstyl oord...2019/05/06  · 18 risiko en skadevergoeding 25 19 klagtes 25...

26
1 GEDRAGSREËLS VAN BARDOLINO LEEFSTYL OORD INHOUDSOPGAWE A Woordomskrywing 2 B Doel 5 C Toepassing 5 D Uitleg 5 E Voorskrifte 6 F Riglyne 7 RLS 1 Huishoudelike troeteldiere 8 2 Vullisverwydering 9 3 Parkering, Bestuur en Was van Voertuie 9 4 Skade, Veranderinge, Aanhegtings, Toebehore, Toevoegings of Obstruksies tot

Upload: others

Post on 27-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

1

GEDRAGSREËLS

VAN BARDOLINO

LEEFSTYL OORD

INHOUDSOPGAWE

A Woordomskrywing 2

B Doel 5 C Toepassing 5 D Uitleg 5 E Voorskrifte 6 F Riglyne 7

REËLS 1 Huishoudelike troeteldiere 8 2 Vullisverwydering 9 3 Parkering, Bestuur en Was van Voertuie 9 4 Skade, Veranderinge, Aanhegtings, Toebehore, Toevoegings of Obstruksies tot

Page 2: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

2

die Gemeenskaplike Eiendom en Veranderinge aan Geboue op Voltitel Erwe en Eenhede

11

5 Buite-Voorkoms 18 6 Tekens en Kennisgewings 18 7 Rommel 18 8 Wasgoed 19 9 Bewaring van Vlambare Stowwe en Ander Gevaarlike Optredes 19 10 Verhuur en Bewoning van Erwe / Eenhede 19 11 Uitwis van Plae 20 12 Geraas, Oorlas of Steurnis 20 13 Gemeenskaplike Eiendom en Fasiliteite 21 14 Tuine en Werwe 22 15 Besigheidsaktiwiteite 23 16 Werknemers 24 17 Sekuriteit 24 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26

A. WOORDOMSKRYWING

By die vertolking van hierdie Reëls, tensy uit die samehang anders blyk:

Bestuursagent die persoon of maatskappy soos aangestel deur die Ontwikkelaar of die Vereniging as die besturende agent van die Leefstyl Oord.

Bestuurder

die persoon, soos aangestel deur die Komitee, as Bestuurder van die Leefstyl Oord.

Eenheid ten opsigte van `n Skema, synde `n Deeltitelskema, `n Eenheid soos gedefinieer en onderhewig aan die Deeltitelwet, 1986, en die Deeltitel Bestuurswet, 2011 en regulasies

Eienaar die geregistreerde eienaar van enige Erf in die Leefstyl Oord.

Page 3: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

3

Erf enige erf in die Leefstyl Oord,waarop`n woonhuis opgerig is, of opgerig gaan word, uitsluitend die gemeenskaplike Eiendom

Gedragsreëls die Gedragsreëls soos goedgekeur deur die Vereniging soos verwys word na in klousules 21 en 33 van die Grondwet,saamgelees met en insluitende die gedragsreels soos verwys na in Artikel 10(2)(b) van die Deeltitelbestuurswet van 2011 en in Aanhangsel 2 daartoe uiteengesit

Gemeenskaplike Eiendom soos per die Deeltitelwet gedefinieer, ook die ingange, paaie, loop-paadjies, oop gebiede, sekuriteit grensheinings en alle geboue, ei-enskappe of kenmerke, verbeteringe, fasiliteite en dienste binne die Oord wat bedoel is vir die algemene gebruik en voordeel van die Lede.

Genomineerde bewoner(s) die bewoner(s) van ‘n Erf/ Eenheid wat skriftelik genomineer is deur die geregistreerde eienaar van hierdie Erf/ Eenheid, wat 50 jaar of ouer moet wees en die enigste persoon wat toegelaat word om die Erf/ Eenheid te bewoon, onderworpe aan die bepalings van die Grondwet.

Gesondheidsorg-operateur die operateur van die Gesondheidsorg-sentrum soos aangewys mag word deur die Ontwikkelaar of die geregistreerde eienaar van die Gesondheidsorg-sentrum.

Gesondheidsorgsentrum die Versorgingsfasiliteit wat opgerig gaan word aangrensend tot die Leefstyl Oord.

Heffings die bydraes (gewone heffings) deur Lede van die Vereniging be-taalbaar ingevolge klousule 14 van die Grondwet.

Huurder ʼn Huurder van ʼn Erf/Eenheid soos skriftelik goedgekeur deur die Komitee.

Komitee die Uitvoerende Komitee van die Vereniging.

Plaaslike Owerheid die Munisipaliteit van Mosselbaai en sy opvolgers in titel.

Riglyne die argitektoniese riglyne van die Vereniging soos na verwys word in klousule 19 van die Grondwet.

Skriftelik skriftelik, gedruk of steengedruk, of gedeeltelik die een of gedeeltelik die ander en ander metodes vir die voorstel en produsering van woorde en/of figure in sigbare vorm op papier of ʼn ander duursame materiaal.

Spesiale Resolusie ‘n resolusie aanvaar deur die meerderheid van nie minder as driek-wart van die stemme van Lede wat teenwoordig is of van ʼn ge-

Page 4: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

4

volmagtigde tydens ʼn algemene vergadering van die Vereniging waarvan vooraf skriftelike kennisgewing van ten minste 14 dae geskied het en waarin die voorgestelde spesiale resolusie gespe-sifiseer word.

Page 5: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

5

Toegangsfooi die toegangsfooi betaalbaar deur ʼn Genomineerde Bewoner vir

toegang tot die Gesondheidsorg-sentrum, in ooreenstemming met klousule 23 van die Grondwet.

Vereniging die Bestuursvereniging van Bardolino Life Style Village

B. Doel (1) Hierdie Gedragsreëls het ten doel om die vredevolle, harmonieuse en aangename gemeen-

skapslewe van alle eienaars en bewoners te bevorder, om te verseker dat goeie standaarde gehandhaaf word wat die voorkoms van geboue, strukture en tuine betref en om enige gedrag te voorkom wat die gemeenskapslewe of lewensgehalte van eienaars of bewoners sal be-nadeel, of wat die waarde en voorkoms van gebou(e) of fasiliteite nadelig sal beïnvloed.

C. Toepassing (1) Dit is die plig van ‘n eienaar van ‘n Erf / Eenheid om te verseker dat sy besoeker, familielede,

werkers en kontrakteurs hierdie Reëls eerbiedig. Dit is ook die eienaar van ‘n Erf/ Eenheid se plig om te verseker dat die huurders of die bewoners van sy Erf / Eenheid, insluitende hul be-soekers, familielede, werkers en kontrakteurs hierdie Reëls eerbiedig.

(2) Sou enige van die persone vermeld enige skade aan die gemeenskaplike eiendom veroorsaak

of ‘n Gedragsreël oortree en ‘n boete opgelê word, is die betrokke eienaar van die Erf/ Eenheid aanspreeklik vir die betaling van die skadevergoeding of die boete of enige ander betrokke kostes, na gelang van die geval.

D. Uitleg (1) Die opskrifte van die onderskeie Reëls is slegs geriefshalwe verstrek en moet nie by die uitleg

van hierdie Reëls in aanmerking gebring word nie. (2) Tensy dit anders blyk uit die konteks in hierdie Reëls:-

(a) sluit woorde wat die enkelvoud aandui, ook die meervoud in en omgekeerd;

Page 6: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

6

(b) sluit woorde wat die manlike geslag aandui, ook die vroulike en onsydige geslag in, en

sluit woorde wat die onsydige geslag aandui, ook die manlike geslag en vroulike geslag in;

(c) sluit ‘n verwysing na natuurlike persone ook regspersone, trusts en vernootskappe in

en omgekeerd. (3) Waar enige aantal dae voorgeskryf is in hierdie Reëls, sal die dae bereken word met uitsluiting

van die eerste dag en insluiting van die laaste dag, tensy die laaste dag val op ‘n Saterdag, Sondag of Publieke Vakansiedag in die Republiek van Suid-Afrika, in welke geval die laaste dag die eerste daaropvolgende dag sal wees wat nie ‘n Saterdag, Sondag of Publieke Vakansiedag is nie.

(4) Indien daar ‘n konflik tussen woorde en syfers is by die uitleg van ‘n Reël, sal die woorde voor-

keur geniet. E. Voorskrifte (1) Die Komitee is by magte om van tyd tot tyd skriftelike Voorskrifte betreffende enige Gedrags-

reël uit te reik, te wysig of te herroep. Die Komitee het egter nie die mag om by wyse van hul Voorskrifte nuwe Reëls te skep nie.

(2) Die Komitee se Voorskrifte mag ook nie in botsing wees met enige Reël of die Riglyne nie. (3) Die Komitee mag by wyse van hul Voorskrifte die praktiese toepassing van die Reëls aan ei-

enaars uitstip en die eienaars inlig oor besonderhede wat om praktiese redes nie in die Reël self vervat kan word nie. ‘n Voorbeeld hiervan is Voorskrifte oor die uitplaas van vullis en die uithang van wasgoed.

Page 7: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

7

F. Riglyne (1) Die Komitee is by magte om ‘n Riglynhandleiding of Argitektoniese Riglyne ten opsigte van die

geboue en strukture op die perseel saam te stel en van tyd tot tyd te hersien. (2) Die Riglyne kan ook riglyne en spesifikasies vervat ten opsigte van die uitleg van die

blombeddings van tuine op die Leefstyl Oord. (3) Die Riglyne kan voorts ook spesifikasies en sketsplanne vervat en die aard, materiaal, kleur en

wyse van installasie en dies meer bepaal vir die veranderinge en strukture wat ooreenkomstig Gedragsreël 4 beoog word, asook verdere reëlings betreffende bou-aktiwiteite vervat.

(4) Die tuinbeleid soos van tyd tot tyd deur die Komitee saamgestel of gewysig kan ook in die

Riglyne vervat word.

Page 8: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

8

GEDRAGSREëLS _________________________________________________

1. Huishoudelike Troeteldiere

1.1 n Eienaar of bewoner van ‘n Erf/Eenheid mag nie enige huishoudelike troeteldier (Katte, Honde, Voëls) in ‘n Erf/Eenheid of op die gemeenskaplike eiendom aanhou, sonder die skriftelike toestemming van die Komitee nie.

1.2 Alle Munisipale verordeninge, en by-wette, wat verband hou met die aanhou van huishoudelike troeteldiere, moet te alle tye nagekom word.(lisensiëring, getalle, steri-lisasie, identifisering)

1.3 Huishoudelike troeteldiere moet te alle tye binne die betrokke Erf/Eenheid van `n Ei-enaar of genomineerde Bewoner, of Huurder gehou word.

1.4 Huishoudelike troeteldiere moet te alle tye aan `n leiband, of onder die direkte beheer, van die Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder wees, wanneer die Erf/Eenheid ver-laat word, en ook wanneer die gemeenskaplike eiendom, met `n huishoudelike troeteldier betree word.

1.5 Die Komitee, mag na oorlegpleging enige verdere reels neerlê, wat verband hou met die aanhou van huishoudelike troeteldiere.

1.6 Die Komitee, mag enige toestemming ten opsigte van die aanhou van huishoudelike troeteldiere, terugtrek, sou die Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder versuim om aan die redelike versoeke van die Komitee te voldoen, om aan die neergelegde reels gehoor te gee.

Page 9: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

9

2. Vullisverwydering ‘n Eienaar of bewoner van ‘n Erf/ Eenheid moet;

2.1 ‘n houer vir vullis (vullisdrom) in ‘n higiëniese en droë toestand hou in sy Erf/ Eenheid

of op ‘n deel van die gemeenskaplike eiendom skriftelik deur die Komitee vir die doel aangewys;

2.2 verseker dat vullis voordat dit in die vullisdrom geplaas word in enige sodanige gebied,

goed toegedraai is in geskikte, sterk plastieksakke (vullissakke), en, in die geval van blikke en ander houers, dit vry van vloeistof is, voordat dit in ‘n vullissak en daarna in die vullisdrom geplaas word;

2.3 verseker dat glasbottels en gebreekte glas goed toegedraai in ‘n aparte vullissak langs die vullisdrom geplaas word;

2.4 die vullisdrom(me), vir die doel van vullisverwydering plaas op die plek en op die tye soos deur die Komitee bepaal.

2.5 wanneer die vullis verwyder is, die vullisdrom onmiddellik terugneem na sy

Erf/Eenheid.

3. Parkering, Bestuur en Was van Voertuie

3.1 ‘n Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder van ‘n Erf/Eenheid moet sy voertuig par-keer of laat staan in die motorhuis of op die parkeergebied geallokeer aan die Erf/Eenheid waarvan hy die Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder is.

3.2 ‘n Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder van ‘n Erf/Eenheid mag sy voertuig par-

keer of laat staan op die besoekersparkering, maar moet nie misbruik daarvan maak deur permanent sy voertuig op die besoekersparkering te parkeer nie. Die Komitee is by magte om parkeergelde te hef of te vorder ten opsigte van besoekersparkering.

Page 10: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

10

3.3 Geen vragmotors, woonwaens, sleepwaens, bote of ander swaar voertuie mag op die perseel geparkeer word sonder dat die Komitee vooraf skriftelik daartoe toegestem het nie.

3.4 Geen voertuig mag meer as een parkeerplek beset nie en voertuie mag ook nie op so

‘n wyse parkeer word dat dit die verkeersvloei of toegang tot en uitgang uit motorhuise of parkeergebiede belemmer nie.

3.5 Ten einde ‘n ongewenste gesig te voorkom moet motorhuisdeure normaalweg

toegehou word.

3.6 Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders van Erwe/Eenhede moet voorsorg probeer tref dat hulle voertuie en die voertuie van hulle besoekers en gaste nie olie of remvloeistof op die gemeenskaplike eiendom drup of die gemeenskaplike eiendom op enige ander wyse skend nie.

3.7 Geen Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder word toegelaat om op enige gedeelte

van die gemeenskaplike eiendom of ‘n Erf/Eenheid, enige voertuig uitmekaar te haal of groot herstelwerk daaraan te doen nie.

3.8 Geen persoon mag permanent in ‘n voertuig of karavaan of sleepwa op die gemeen-

skaplike eiendom of in ‘n motorhuis slaap nie. 3.9 Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders moet op gemeenskaplike eiendom:-

3.9.1 met die bestuur van hul voertuie alle padtekens eerbiedig en moet veral op die

uitkyk wees vir voetgangers. 3.9.2 moet die maksimum spoed van 15 (vyftien) kilometer per uur oorskry nie en

moet ook nie op ‘n wyse bestuur wat na mening van die Komitee, nie in die belang van veiligheid is nie.

3.9.3 moet nie toelaat dat ‘n ongelisensieerde persoon enige voertuig op die ge-

meenskaplike eiendom bestuur nie.

Page 11: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

11

3.9.4 moet nie op ‘n wyse bestuur wat ‘n steurnis vir ander Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders kan veroorsaak nie.

3.9.5 toeters gebruik slegs as waarskuwing vir onmiddellike of dreigende gevaar of

in ‘n noodgeval. 3.9.6 Geen harde musiek mag vanuit voertuie gespeel word nie.

3.10 Parkering van voertuie op die gemeenskaplike eiendom is onderhewig aan die voor-

waarde dat alle voertuie op eie risiko en verantwoordelikheid van die eienaar daarvan geparkeer of gelaat word en dat die Komitee en/of sy agente/werknemers/kontrakteurs nie verantwoordelik gehou kan word vir enige verlies of skade van watter aard ookal, wat ‘n persoon mag ly as gevolg van sodanige parkering, nie.

3.11 Die Komitee mag van tyd tot tyd binne die raamwerk van hierdie Reël, Voorskrifte

uitreik.

3.12 Die Komitee mag enige voertuig wat strydig met hierdie Reël op die gemeenskaplike eiendom geparkeer is, daarop staan of daarop geabandoneer is, op die koste en risiko van die eienaar daarvan laat verwyder of wegsleep, of sodanige voertuig se wiele vasklamp of laat vasklamp. Die Komitee mag verder ‘n redelike boete vasstel waarteen sodanige voertuig vrygestel mag word, ten einde die koste van die proses te verhaal.

4. Skade, Veranderinge, Aanhegtings, Toebehore, Toevoegings of Obstruksies tot die

Gemeenskaplike Eiendom en Veranderinge aan Geboue op Voltitel Erwe en Een-hede.

4.1 Algemeen

4.1.1 Die buitekant van eenhede, insluitende vensters en deure, is deel van die ge-meenskaplike eiendom, en word streng gereguleer deur die bepalings van die Deeltitelwet, 1986, en die Deeltitelbestuurswet, 2011 ,en die regulasies daartoe uitgevaardig, en mag `n Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder van ‘n een-heid NIE die gemeenskaplike eiendom beskadig, verander of enige verbeter-inge , aanhegtings, of veranderinge daaraan aanbring , sonder die voor-

Page 12: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

12

afverkreë toestemming, soos uitdruklik in bogenoemde wetgewing na verwys nie.

4.1.2 Die Komitee van die Leefstyl Oord sien toe tot die instandhouding van die ge-

meenskaplike eiendom, wat buite die grense van die gemeenskaplike eiendom van die Deeltitelskema val. Die komitee sien verder toe tot die instandhouding van die buitekante van alle geboue, en wonings opgerig op Erwe, welke koste van instandhouding, sal wees vir die Eienaar, en wat sal geskied aan die hand van die neergelegde riglyne.

4.2 Veranderinge/ Aanhegtings

4.2.1 ‘n Eienaar/ Genomineerde bewoner/Huurder van ‘n Eenheid mag nie sonder om vooraf die skriftelike toestemming van die Komitee te verkry nie, enige ge-deelte van die gemeenskaplike eiendom verf of merke daarop aanbring, spyk-ers of skroewe of iets soortgelyks daarin slaan of dit andersins beskadig of ve-rander nie.

4.2.2 Nieteenstaande subreël 4.2.1, mag ‘n eienaar of ‘n persoon deur hom gemag-

tig:

4.2.2.1 enige sluittoestel, veiligheidshek, diefwering of ander veiligheidstoestel vir die beskerming van sy eenheid; of

4.2.2.2 enige skerm of ander toestel om diere of insekte uit te hou; installeer, met dien verstande dat die Komitee eers skriftelik die aard en on-twerp van die toestel asook die wyse waarop dit geïnstalleer word, goedgekeur het.

4.2.3 ‘n Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder, of ‘n persoon deur hom gemagtig,

mag nie die volgende veranderinge, aanhegtings, toebehore of toevoegings (strukture) op enige gedeelte van Erwe/Eenhede of die gemeenskaplike eien-dom aanbring, sonder om vooraf die skriftelike toestemming van die Komitee te verkry nie:-

Page 13: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

13

4.2.3.1 Radio-, televisie lugdrade, televiesieskottels, sonverhittingstelsels, lugverkoelers, skoorstene, kappe, sonkappe, sonskerms, skadunette, motorafdakke, trappe, buitebraaiplekke en soortgelyke items.

4.2.3.2 Die Komitee kan enige redelike voorwaardes aan hul toestemming

koppel.

4.2.3.3 Die Komitee kan te eniger tyd hul toestemming terugtrek as daar nie aan hul voorwaardes voldoen word nie. By die terugtrekking van die Komitee se toestemming moet die betrokke eienaar onmiddellik op sy eie koste die struktuur of artikel verwyder en die gemeenskaplike ei-endom herstel. Sou ‘n eienaar versuim om die struktuur te verwyder en om die gemeenskaplike eiendom te herstel en enige sodanige ver-suim voortduur vir ‘n tydperk van 14 (veertien) dae na skriftelike ken-nisgewing om te verwyder (en te herstel) deur die Komitee of die bestuursagent namens die Komitee, kan die Komitee die struktuur laat verwyder op die eienaar se risiko en koste en die gemeenskaplike ei-endom herstel, en sal die eienaar geen skadevergoedingseis of ander aksie teen die Komitee of teen die bestuursagent, werknemer/kontrakteurs van die Komitee kan instel weens sodanige verwydering nie.

4.2.4 Nieteenstaande die bepalings van subreël 4.2.3, mag die Komitee slegs inge-

boude buitebraaiplekke magtig, onderhewig daaraan dat:-

4.2.4.1 in geval van Eenhede, die lede van die regspersoon, van die Deeltitels-kema, dit by wyse van ‘n spesiale besluit, streng volgens die bepalings van die Deeltitelwet goedgekeur het, en in geval van Erwe, die lede by wyse van `n spesiale besluit, dit goedgekeur het,

4.2.4.2 enige eienaar(s) wat deur die ingeboude buitebraaiplekke geaffekteer

sal word skriftelik daartoe toegestem het.

4.2.5 Die proses om kragtens voorgenoemde subreëls, op te tree moet as volg geskied: ‘n Eienaar (of persoon deur hom gemagtig) moet skriftelik aansoek doen by die Komitee, en die aansoek moet vergesel word van voldoende

Page 14: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

14

planne en spesifikasies wat die aard, ontwerp, vorm, grootte, materiaal, kleure en plek van installasie van die voorgestelde struktuur omskryf.

4.3 Strukturele Veranderinge aan Geboue/Wonings op Erwe

4.3.1 Die toebou van ‘n stoep, balkon of ‘n werf word beskou word as ‘n strukturele verandering vir doeleindes van hierdie Reël.

4.3.2 Die volgende bepalings sal (bykomend tot enige ander relevante bepalings

,waaronder die neergelegde Argitektoniese riglyne) geld ten opsigte van enige werk wat deur eienaars gedoen word, wat, in die uitsluitlike diskresie van die Komitee, strukturele veranderinge of toevoegings tot ‘n gebou of woning op `n Erf behels, insluitende die verwydering van, skepping van of veranderinge aan mure of enige strukturele gedeelte van ‘n gebou en enige veranderinge, toevoegings, verbeteringe of dekoratiewe werk wat die buitevoorkoms van ‘n gebou of woning op `n Erf beïnvloed:-

4.3.2.1 ‘n Skriftelike aansoek met spesifikasies, tydskedule, en ‘n sketsplan

van die voorgestelde veranderinge moet by die Komitee ingedien word om hul voorlopige toestemming te bekom.

4.3.2.2 Die Komitee mag hul voorlopige toestemming verleen, of weier in wel-

ke geval hul redes vir hul weiering moet verskaf. Wanneer die Komitee sodanige voorlopige toestemming verleen, kan hulle enige re-delike voorwaardes stel. Die Komitee mag, indien hulle dit nodig ag, versoek dat die eienaar ‘n verslag deur ‘n strukturele ingenieur of ‘n argitek moet bekom.

4.3.2.3 Indien die Komitee hul voorlopige toestemming verleen het, moet die

eienaars voortgaan met die voorbereiding van bouplanne en dit deur die plaaslike owerheid laat goedkeur (indien vereis), welke bouplanne nie van die aanvanklike sketsplan mag afwyk nie.

4.3.2.4 Voordat die verandering finaal goedgekeur word, moet die eienaar dit

met sy onmiddellike bure bespreek en hul kommentaar daarop verkry en sodanige kommentaar dan by die Komitee vir hul oorweging indien.

Page 15: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

15

4.3.2.5 Die eienaar moet ‘n afskrif van die goedgekeurde bouplan (of bewys

dat ‘n bouplan nie vereis word nie) by die Komitee indien. 4.3.2.6 As die Komitee dit nodig ag, mag die Komitee met ‘n argitek, inge-

nieur, regsadviseur of ‘n ander professionele konsultant oor die voorgestelde veranderinge konsulteer.

4.3.2.7 Binne 14 (veertien) dae nadat die Komitee al die nodige inligting en

advies bekom het, sal die Komitee die aansoek oorweeg, en ‘n redelike besluit neem en die eienaar van sodanige besluit verwittig. As die Komitee hul toestemming weier, moet hulle redes vir hul weiering verskaf. Die Komitee mag by die verlening van hul toestemming ook enige redelike voorwaardes stel.

4.3.2.8 ‘n Terugbetaalbare deposito soos van tyd tot tyd deur die Komitee

vasgestel, sal deur die eienaar betaal moet word, voordat daar begin mag word met die werk.

4.4 Alle Veranderinge

4.4.1 Die volgende voorwaardes is van toepassing op alle veranderinge aan geboue of wonings op Erwe, kragtens hierdie Reël ongeag wat die veranderinge be-hels:-

4.4.1.1 Die betrokke eienaar aanvaar verantwoordelikheid, en sal aanspreeklik wees teenoor die Komitee (en/of teenoor ander eienaars afhangend van geval tot geval) vir enige skade wat hy of sy werknemers of kon-trakteurs aan die gemeenskaplike eiendom, en/of aan ander geboue of wonings op Erwe, veroorsaak het. Die betrokke eienaar vrywaar die Komitee teen enige skade en/of enige eise wat daaruit mag voorts-pruit.

Page 16: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

16

4.4.1.2 Die betrokke eienaar mag nie die Leefstyl Oord se elektrisiteitstoevoer gebruik sonder die skriftelike toestemming van die Komitee nie en die Komitee mag die koste vir sodanige elektrisiteitsgebruik vasstel, welke koste vir die re-kening van die eienaar sal wees. 4.4.1.3 Enige werk wat kragtens hierdie Reël gedoen word, mag op Maandae tot Vrydae tussen die ure 08:00 tot 17:00 en nie op enige Openbare Vakansiedae gedoen word nie. 4.4.1.4 Die werk moet met die minimum ongemak, steurnis, oorlas, ob-struksie vir die ander eienaars of bewoners, gedoen word, en moet so vinnig as moontlik afgehandel word of binne die vasgestelde tydperk soos deur die Komitee bepaal

4.4.1.5 Enige deposito wat ‘n eienaar kragtens hierdie Reël moet betaal, moet aan die Komitee of bestuursagent betaal word voordat daar met die werk begin word. Die deposito moet binne 60 (sestig) dae na afhandeling van die werk aan die eienaar terugbetaal word, onderhewig aan enige aftrekkings wat die Komitee of die bestuursagent gemaak het of mag maak.

4.4.1.6 Alle kostes, skade, uitgawes en boetes aan ‘n eienaar opgelê ingevolge hierdie Reël, is op aanvraag betaalbaar en indien dit nie betaal word nie, mag die Komitee of die bestuursagent sodanige kostes aftrek van die eienaar se deposito en/of mag die bedrag bygevoeg word by die eienaar se heffingsre-kening.

4.4.1.7 Die eienaar moet verseker dat sy werknemers en kontrakteurs voldoen aan die toepaslike bepalings van hierdie Reël.

4.5.2 Waar die plaaslike of ander owerheid se toestemming of permit vereis word vir enige veranderings, aanhegtings, verbeteringe, toebehore, toevoegings of soortgelyke items of strukture, moet die eienaar sodanige toestemming of permit verkry voordat hy met die werk mag begin.

Page 17: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

17

4.5.3 Waar enige werk wat kragtens hierdie Reël gedoen word, kostes of uitgawes vir die Komitee meebring (omrede dat dit obstruksies vir die werknemers of kontrakteurs van die komitee veroorsaak of hul in die uitvoering van hul werk belemmer of andersins) sal die betrokke eienaar aanspreeklik wees vir die be-taling van sodanige kostes of uitgawes, welke bedrag bygevoeg mag word by ‘n eienaar se heffingsrekening.

4.5.4 Enige verandering, aanhegtings, verbeteringe, toebehore, toevoegings of

soortgelyke items of strukture wat deur of ten behoewe van ‘n eienaar aange-bring is kragtens hierdie Reëls, sal deur die betrokke eienaar op sy eie koste herstel of in ‘n goeie toestand in stand gehou word. Sou ‘n eienaar versuim om sodanige veranderinge, aanhegtings, verbeteringe, toebehore, toevoegings of soortgelyke items of strukture behoorlik te herstel of in stand te hou, en enige sodanige versuim voortduur vir ‘n tydperk van 30 (dertig) dae na skrift-elike kennisgewing om te herstel of in stand te hou deur die Komitee of die bestuursagent namens die Komitee, kan die Komitee die eienaar se versuim regstel en die redelike koste daarvan van sodanige eienaar verhaal.

4.5.5 Die Komitee sal vir die doeleindes van hierdie Reël, die diskresie hê om te

besluit of iets ‘n “klein verandering”, of ‘n “strukturele verandering” of ‘n “in-terne verandering” is, onderhewig aan enige Voorskrifte van die Komitee.

4.5.6 Waar ‘n eienaar enige werk soos verwys na in hierdie Reël verrig sonder die

toestemming van die Komitee of waar ‘n eienaar versuim om te voldoen aan hierdie Reël of waar ‘n eienaar versuim om te voldoen aan die Komitee se voorwaardes of aan die riglyne soos vervat in die Riglyne, mag die Komitee versoek dat die eienaar die struktuur op sy eie koste verwyder en die eiendom herstel. Sou ‘n eienaar versuim om die struktuur te verwyder en die gebou of woning te herstel en enige sodanige versuim voortduur vir ‘n tydperk van 14 (veertien) dae na skriftelike kennisgewing om te verwyder (en te herstel) deur die Komitee of die bestuursagent namens die Komitee, kan die Komitee die struktuur laat verwyder op die eienaar se risiko en koste te herstel, en sal die eienaar geen skadevergoedingseis of ander aksie teen die Komitee of teen die bestuursagent werknemers/kontrakteurs van die Komitee kan instel weens so-danige verwydering nie.

Page 18: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

18

5. Buite-Voorkoms

5.1 Die Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder van Erwe/Eenhede, mag nie iets op enige

gedeelte van die Erwe/Eenhede, of die gemeenskaplike eiendom, plaas, stoor, laat of iets daarop doen wat na die oordeel van die Komitee esteties afkeurenswaardig, onaangenaam of ongewens voorkom, nie.

5.2 Eienaars/Genomineerde Bewoners/Huurders sal nie tydelike strukture of tente op die Erwe/Eenhede of gemeenskaplike eiendom oprig, tensy die Komitee se skriftelike toes-temming vooraf daarvoor verkry is nie.

6. Tekens en Kennisgewings

6.1 Geen Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder, mag sonder die voorafverkreë skrift-

elike toestemming van die Komitee ‘n teken, kennisgewing, aanplakbord of advertensie van enige aard hoegenaamd op enige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom of van ‘n Erf/Eenheid aanbring sodat dit van buite sigbaar is nie. Die Komitee mag enige redelike voorwaardes koppel aan hul toestemming.

6.2 Die Komitee mag enige ongemagtigde tekens, kennisgewings, aanplakborde of ad-

vertensies verwyder of laat verwyder op die betrokke eienaar se risiko en koste. Die eienaar sal geen verhaalsreg of skadevergoedingseis teen die Komitee of enige van hul werknemers hê nie.

7. Rommel

‘n Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder van ‘n Erf/Eenheid mag nie rommel, insluitende

advertensiemateriaal, vullis, sigaretstompies, oorskietkos of ander vuilgoed op die gemeen-skaplike eiendom stort of gooi laat stort of gooi of toelaat dat dit gedoen word nie, behoudens soos bepaal in Gedragsreël 2 nie.

Page 19: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

19

8. Wasgoed

8.1 Die uithang van enige wasgoed sal op eie risiko van die Eienaar/Genomineerde be-woner/Huurder geskied.

8.2 Wasgoed sal diskreet en buite sig en met goedkeuring van die komitee opgehang word

in die aangewese area van die Erf/ Eenheid.

9. Bewaring van Vlambare Stowwe en ander Gevaarlik Optredes ‘n Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder, mag nie in die Erf/Eenheid of op die gemeenskap-

like eiendom enige stof bewaar of enige ander gevaarlike handeling verrig of laat verrig of toe-laat dat dit verrig word wat die verhoging van die tarief van die premie betaalbaar deur die Komitee op enige versekeringspolis sal of kan meebring nie.

10. Verhuur en Bewoning van Erwe/ Eenhede

10.1 Alle Genomineerde bewoners, en Huurders van Erwe/ Eenhede en ander persone aan wie die reg tot okkupasie deur enige eienaar van ‘n betrokke Erf/Eenheid verleen is, moet hierdie Gedragsreëls nakom, ondanks andersluidende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of die toestaan van ‘n reg tot okkupasie.

10.2 Dit is ‘n eienaar se plig om te verseker dat sy huurder of die bewoner van sy

Erf/Eenheid van die Bestuursreëls en Gedragsreëls kennis neem en dit eerbiedig. 10.3 ‘n Eienaar moet die Komitee voorsien van ‘n afskrif van ‘n huurooreenkoms of ‘n ander

ooreenkoms tot die reg van verblyf tesame met afskrifte van die Genomineerde be-woner/Huurder se identiteitsdokumente.

10.4 Eienaars of bewoners van eenhede mag nie toelaat dat meer as 2 persone per eenheid

permanent woon nie.

Page 20: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

20

10.5 Nieteenstaande subreël 10.4 mag ‘n addisionele persoon of persone wel ‘n eenheid bewoon indien die Komitee se skriftelike toestemming daartoe verkry is. Die Komitee mag by die verlening van hul toestemming enige redelike voorwaardes stel.

11. Uitwis van Plae ‘n Eienaar moet sy Erf/Eenheid vry hou van witmiere, boor-insekte en ander insekte wat hout

vernietig, en moet vir hierdie doel die Komitee, die bestuursagent en hul behoorlik gemagtigde agente, of werknemers toelaat om sy deel van tyd tot tyd te betree om die Erf/Eenheid te in-spekteer en sodanige stappe te doen as wat redelikerwys noodsaaklik is om enige sodanige plae uit te wis. Die koste van die inspeksie, die uitwissing van sodanige plae as wat binne die Erf/Eenheid gevind word en die vervanging van enige hout of ander materiaal wat deel vorm van sodanige Erf/Eenheid en deur sodanige plae beskadig is, word deur die eienaar van die be-trokke Erf/ Eenheid gedra.

12. Geraas, Oorlas of Steurnis

12.1 Eienaars /Genomineerde bewoners/Huurders moet verseker dat stilte tussen 13:00 en 15:00 en tussen 21:00 en 06:00 gehandhaaf word en te alle tye moet geraas tot ‘n minimum beperk word.

12.2 Radios, hoëtrou-stelle, televisies, musiekinstrumente, elektriese- en batterykrag-

masjinerie moet nie so aangewend word dat dit na oordeel van die Komitee ‘n onrede-like steurnis vir ander Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders of meebring nie.

12.3 Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders/Gaste/Besoekers mag nie op die Leefstyl

Oord op hul motortoeters druk nie, behalwe as ‘n waarskuwing van onmiddellike gevaar of in ‘n noodgeval.

12.4 Geen vuurwerke en klappers mag in die Leefstyl Oord afgevuur of geskiet word nie. 12.5 Geen vuurwapens mag in die Leefstyl oord gerig of afgevuur word nie, behalwe in die

geval van selfverdediging en verwante doeleindes.

Page 21: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

21

12.6 Geen aktiwiteite of stokperdjies wat na oordeel van die Komitee ‘n onnodige of onrede-like steurnis vir ander eienaars of bewoners meebring, mag op die Leefstyl Oord bedryf word nie.

13. Gemeenskaplike Eiendom en Fasiliteite Die Leefstyl Oord beskik oor die volgende fasiliteite vir die benutting deur eienaars en be-

woners:

13.1 Gesondheidsorgsentrum

13.1.1 Eienaars en bewoners, sowel as buite-pasiënte met gesondheidsorg behoefte of met die behoefte tot dienste van die Gesondheidsorgsentrum is geregtig op die dienste soos van tyd tot tyd deur die Gesondheidsorgsentrum verskaf, onderhewig aan die volgende:-

13.1.1.1 Eienaars en bewoners moet die Reëls wat op die Gesond-

heidsorgsentrum betrekking het en die redelike voorwaardes, soos van tyd tot tyd deur die Gesondheidsorg-Operateur neergelê, nakom.

13.1.1.2 Die opname van persone in die Gesondheidsorgsentrum en/of die

verskaffing van dienste is onderhewig aan die beskikbaarheid van beddens, personeel en diensverskaffers.

13.1.1.3 Die opname van persone in die Gesondheidsorgsentrum is onder-

hewig aan die betaling van die tariewe soos neergelêe deur die Gesondheidsorg-operateur, onderhewig aan die bepalings van klousule 23.2 van die Grondwet.

13.1.1.4 Sekere van die dienste wat verskaf word by die Gesondheidsorgsen-

trum kan ook buite die Gesondheidsorgsentrum aangebied word onderhewig aan die nakoming van die Reëls, die Gesondheidsorg-Operateur se voorwaardes, asook die beskikbaarheid van personeel.

Page 22: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

22

13.1.1.5 Voorsiening van versorgingsdienste sal geskied op aanbeveling van die hoofverpleegkundige van die Gesonheidsorgsentrum, in oorleg met ‘n me-diese konsultant.

13.2 Ander dienste van die Gesondheidsorgsentrum:

Eienaars en bewoners is geregtig om gebruik te maak, teen betaling van die neergelegde tariewe, van die dienste van die Gesondheidsorgsentrum,waarby inbe-grepe, en insluitende die eetkamer, sitkamer, biblioteek, haarkapster, raadsaal, bui-tebraai fasiliteit en stoep-area, posfasiliteite, minibusdienste en die gemeenskaplike tuine, indien beskikbaar, en onderhewig aan die volgende:-

13.2.1 Persone moet die redelike voorwaardes wat die Gesondheidsorg-operateur van

tyd tot tyd mag neerlê nakom.

13.2.2 Persone moet die tarief en koste ter sprake (soos van tyd tot tyd deur die Gesondheidsorg-operateur vasgestel) betaal ten einde ‘n betrokke fasiliteit te benut.

13.2.3 Persone moet vooraf die Gesondheidsorg-operateur se skriftelike toestemming

verkry, alvorens die fasiliteite deur ‘n groep persone benut kan word. 13.2.4 Eienaars se besoekers mag slegs van die fasiliteite benut indien hulle deur ‘n

eienaar of bewoner vergesel word. 13.2.5 Eienaars of bewoners moet nie ‘n steurnis vir ander eienaars of bewoners

veroorsaak nie. 13.2.6 Eienaars of bewoners moet alle fasiliteite na gebruik skoon laat.

14. Tuine en Werwe

14.1 Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders moet, wat tuine betref, voldoen aan die riglyne en tuinbeleid soos van tyd tot tyd deur die Komitee neergelê.

Page 23: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

23

14.2 Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders mag ‘n blom- of struikbedding op die

Erwe/Eenhede, of die gemeenskaplike eiendom rondom `n betrokke Deel skep, onder-hewig daaraan dat hulle aan die volgende voorwaardes voldoen:-

14.2.1 Slegs goedgekeurde bome en struike kragtens die Komitee se tuinbeleid en

soos vervat in die Riglyne mag aangeplant word. 14.2.1 By die aanplant van die blom- of struikbedding moet die goedgekeurde af-

stande van naburige Erwe/Eenhede en die verdeling van grond, soos vermeld in die Riglyne, gehandhaaf word.

14.2.2 Bome mag slegs op die gemeenskaplike eiendom aangeplant word met die

skriftelike toestemming van die Komitee en onderhewig aan die voorskrifte soos gestel deur die Komitee.

14.2.3 Die Eienaar/Genomineerde bewoner/Huurder moet sy tuin en grasperk op sy

eie koste natlei. 14.2.4 Geen kruipende of klimmende plante of bome mag te naby of teen enige

Erf/Eenheid geplant word nie of toegelaat word om oor enige Erf/Eenheid te rank of te klim nie, om skade aan eiendom te voorkom.

14.2.5 Die Komitee mag verdere Voorskrifte betreffende hierdie Reël neerlê.

15. Besigheidsaktiwiteite

15.1 Eienaars/Genomineerde bewoners mag nie hul Erwe/Eenhede vir kommersiële, of in-dustriële doeleindes aanwend nie. Geen besigheid mag bedryf word op Erwe/Eenhede sonder dat die Komitee se skriftelike toestemming vooraf verkry is nie, sowel as die toestemming van die plaaslike owerheid (indien toepaslik).

15.2 Geen veilings, of soortgelyke verkopings of uitstallings, sal op `n Erf/Eenheid, of op die

gemeenskaplike eiendom gehou word, sonder dat die Komitee se skriftelike toestem-ming vooraf verkry is nie.

Page 24: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

24

15.3 Geen smouse mag op die Leefstyl Oord toegelaat word nie. 15.4 Kollektelyste mag slegs binne die Leefstyl Oord, gesirkuleer word indien die Komitee se

skriftelike toestemming vooraf daarvoor verkry is. 16. Werknemers

16.1 Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders mag nie die Komitee se werknemers ge-durende hul werksure versoek om enige werk vir hulle te doen nie.

16.2 Eienaars/Genomineerde bewoners/Huurders mag nie met die Komitee se werknemers

inmeng by die verrigting van hul pligte nie. 16.3 Dit is die plig van elke Eienaar/Genomineerde bewoner om te verseker dat sy eie

werknemers (insluitende huiswerker, gesondheidswerkers en kontrakteurs) by die Komitee geregistreer word en die Gedragsreëls nakom.

17. Sekuriteit Eienaars/genomineerde bewoners van Erwe/ Eenhede sal in die belang van die veiligheid en

sekuriteit van alle ander eienaars en bewoners:-

17.1 verseker dat hekke toe en deure by die in-en-uitgang van die Leefstyl Oord behoorlik toegemaak is.

17.2 verseker dat geen ongemagtigde of onbekende persoon die Leefstyl Oord deur enige

deur of hek betree nie en nooit ‘n hek of deur vir ‘n ongemagtigde of onbekende per-soon oopmaak nie.

17.3 meld die teenwoordigheid van verdagte persone aan by die kantoor, of sekuriteitsper-

soneel.

Page 25: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

25

17.4 kom enige verdere sekuriteitsmaatreëls na wat van tyd tot tyd deur die Komitee inges-tel word.

18. Risiko en Skadevergoeding

18.1 Persone betree die Leefstyl Oord op eie risiko en maak op eie risiko van die fasiliteite gebruik.

18.2 Die komitee, of sy werknemers is nie aanspreeklik vir enige besering, mediese

onkostes, verlies aan lewe, skade of verlies aan eiendom, of enige eise deur eienaars, besoekers, familielede, bewoners van ‘n Erf/Eenheid, kontrakteurs, afleweraars of werknemers van ‘n Eienaar/Genomineerde bewoner, wat ontstaan op die individuele Erwe/Eenhede, of by gebruik van die geriewe en wat voortspruit uit brand, diefstal, strukturele defekte aan enige gebou of fasiliteite van die Leefstyl Oord, of veroorsaak word deur ‘n mens, dier, natuurverskynsel of andersins of vir enige handeling of nalate deur die Komitee of enige van die komitee se werknemers, agente of kontrakteurs nie.

18.3 Die Komitee of sy werknemers of agente aanvaar geen verantwoordelikheid van enige

aard vir die beskadiging, verlies, of geen aflewering van goedere of pos aan enige ei-enaar of bewoner nie.

18.4 Indien ‘n Eienaar/Genomineerde bewoner van ‘n Erf/Eenheid of sy kontrakteur,

huiswerker of besoeker, enige skade van watter aard ookal aan die gemeenskaplike ei-endom veroorsaak, sal die eienaar aan die Komitee verantwoordelik wees vir die skade.

19. Klagtes Eienaars of bewoners moet die Komitee/bestuursagent skriftelik in kennis stel van enige klag-

tes, versoeke of probleme wat hulle met betrekking tot die Leefstyl Oord ondervind.

Page 26: Gedragsreels Bardolino Leefstyl Oord...2019/05/06  · 18 Risiko en Skadevergoeding 25 19 Klagtes 25 20 Oortreding van Gedragsreëls 26 21 Oplegging van Boetes 26 A. WOORDOMSKRYWING

26

20. Oortreding van Gedragsreëls

20.1 Die Komitee kan namens die Leefstyl Oord regstappe neem waar die gedragsreëls oortree word.

20.2 Die oortreding van gedragsreëls sal aan die hand van die bepalings van klousules 30,

31 en 32 van die Grondwet, hanteer word. 21. Oplegging van Boetes

21.1 Die Komitee kan van tyd tot tyd bedrae bepaal vir boetes ten opsigte van `n eerste, of daaropvolgende oortredinge, onderworpe aan die riglyne verskaf of die beperkings op-gelê deur die lede van die Leefstyl Oord, tydens `n Algemene vergadering.