garden route october issue 2015

20
Rapport, 4 Oktober 2015 Eiendomme Verveeld? Planne om jou besig te hou 2 Vind alles uit oor Monkeyland 3 IN DIE NOVEMBER-UITGAWE: Kollig op Riversdal Hoeveel kos ’n leë erf jou eintlik? 8 EPOS ONS BY - [email protected] 021 801 5400 082 511 1115 BUH-REIN ESTATE WOONSTELLE | MEENTHUISE Diasstrand: Mosselbaai se goue myl Duisende sonsoekers kom jaarliks na dié gesogte area om in vrede en veiligheid op die goue somerstrande te baljaar. 4 meer op bladsy Woorde: Tisha Steyn // Foto: Pam Golding Diasstrand D ie gesogte Diasstrand met sy 3 km lange sandstrand langs die Indiese Oseaan is dit die speelplek van derduisende besoekers wat jaarliks hierheen stroom vir ’n sorgvrye somervakansie. “Daar is nie genoeg woorde om hierdie juweel van die Tuinroete te beskryf nie: Ek noem dit die ‘Monaco van Suid-Afrika’,” sê Bobby van Schalkwyk van Hartenbos Eiendomme. “Die pragtige strand en Mosselbaai se matige klimaat maak Diasstrand gewild onder vakansiegangers,” voeg Hettie Erhardt van Pam Golding by. “Dit is sielsverrykend om in die dag en selfs in die nag langs die strand te stap sonder vrees dat jy deur ’n vreemdeling voorgekeer gaan word,” verseker Andre Piguet van Rawson Eiendomme. Daar is boonop deurentyd menseredders aan diens.

Upload: propertyjunction

Post on 23-Jul-2016

258 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Garden Route October Issue 2015

Rapport, 4 Oktober 2015

EiendommeVerveeld?

Planne om joubesig te hou 2

Vind alles uit oor Monkeyland 3

IN DIE NOVEMBER-UITGAWE: Kollig op Riversdal

Hoeveel kos ’n leë erf jou

eintlik? 8

E P O S O N S B Y - M O R E I N F O @ M S P D . C O . z a 0 2 1 8 0 1 5 4 0 0 0 8 2 5 1 1 1 1 1 5

BUH-REIN ESTATEW O O N S T E L L E | M E E N T H U I S E

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

MSP Developments PJ Rapport_ 1.4 page in Property Section_ April 2015_ 265mm x 94mm.pdf 1 2015/03/23 02:06:48 PM

Diasstrand: Mosselbaai se goue mylDuisende sonsoekers kom jaarliks na dié gesogte area om in vrede en veiligheid op die goue somerstrande te baljaar.

4meer op bladsy

Woorde: Tisha Steyn // Foto: Pam Golding Diasstrand

Die gesogte Diasstrand met sy 3 km lange sandstrand langs die

Indiese Oseaan is dit die speelplek van derduisende besoekers wat jaarliks hierheen stroom vir ’n sorgvrye somervakansie.

“Daar is nie genoeg woorde om hierdie juweel van die Tuinroete te beskryf nie: Ek noem dit die ‘Monaco van Suid-Afrika’,” sê Bobby van Schalkwyk van Hartenbos Eiendomme. “Die pragtige strand en Mosselbaai se matige klimaat maak Diasstrand gewild onder vakansiegangers,” voeg Hettie Erhardt van Pam Golding by.

“Dit is sielsverrykend om in die dag en selfs in die nag langs die strand te stap sonder vrees dat jy deur ’n vreemdeling voorgekeer gaan word,” verseker Andre Piguet van Rawson Eiendomme. Daar is boonop deurentyd menseredders aan diens.

Page 2: Garden Route October Issue 2015

1Tuinroetew Plettenbergbaai-wynfees,

Sentraalstrand, 9-10 Oktober;

Meer inligting: plett-tourism.co.za

w Eden-vlieërfees, Karatara,

25 Oktober; Meer inligting:

visitknysna.co.za

2 Nuus & Leefstyl 4 Oktober 2015

DAGBOEK

GEPUBLISEER DEUR THE CREATIVE GROUP6de Straat 9, Parkhurst, 2193011 476 6293, pamedia.co.za

REDAKSIERedakteur: Marana BrandKreatiewe direkteur: Mark Peddle

ADVERTENSIEVERKOPEMichèle Jones – [email protected] – 084 246 8105 (WK)Jackie Maritz – [email protected] – 078 133 5211 (TR)Susan Erwee – [email protected] – 083 556 9848 (BL)

Kopieredakteur: Marana BrandKunsdirekteur: Lucia Viglietti

PA Mediahoof: Shaun Minnie – [email protected]

Gryp jou dagboek en teken dié belangrike datums aan.

Op die kalender

Woorde: Petrus HendriksFoto's: macufe.co.za, mangaungrosefestival.co.za, verskaf

5plekke

Woorde: Petrus HendriksFoto's: Karusa.co.za, jakkalsvlei .co.za, bramonwines.co.za, sedgefieldgardenroute.com, boplaas.co.za

vir wynproe langs die Tuinroete

LEEFSTYL

Bloemfonteinw Macufe-kuns-en-vermaakfees, tot 11 Oktober; Meer inligting: macufe.co.zaw Roosfees, Loch Logan-waterfront, 23-25 Oktober;

Meer inligting: mangaungrosefestival.co.za

HEROLDLANDGOED, GEORGEAan die bopunt van die Montagupas buite George lê dié weggesteekte klein juweel waar besoekers sommer in die kelder kultivars soos pinot noir, sauvignon blanc en ’n versnit van shiraz, merlot en cabernet sauvignon kan proe. Keldertoere is beskikbaar en so ook ligte etes en verblyf op die plaas. Besoek: heroldwines.co.za

KARUSA, OUDTSHOORNDié landgoed is aan die voet van die Swartberg in die skilderagtige Schoemanshoek op pad na die Kangogrotte. Die fokus is op kultivars van die Middellandse See soos shiraz, viognier, mourvèdre en grenache noir, asook sauvignon blanc en chardonnay. Die intieme proelokaal is weeksdae tot 16:00 en Saterdae tot 14:30 oop. Besoek: karusa.co.za

4

JAKKALSVLEI, HERBERTSDALEDie wynplaas spog met nege wit-, rooi- en soetwynopsies en ’n nuwe proelokaal met ’n uitsig op die wingerde. Dis weeksdae tot 17:00 oop en Saterdae tot 15:00 en die Coffee Edition Pinotage en sauvignon blanc word aanbeveel. ’n Kaasbord en pizza sal die honger stil. Besoek: jakkalsvlei.co.za 2

BRAMONLANDGOED, PLETTENBERGBAAIDie Bramonlandgoed van Peter and Caroline Thorpe is een van ’n stuk of 18 wynplase in die Plettenbergbaai-omgewing. Bramon is veral bekend om sy bekroonde méthode cap classique-vonkelwyn en sy heerlike The Craggs Sauvignon Blanc. Besoek die proesentrum op die N2 of geniet sommer die wyn by die restaurant op die landgoed. Besoek: bramonwines.co.za

3

5BOPLAAS, KLEIN-BRAKRIVIERProe Suid-Afrika se beste sauvignon blanc-wyne op die Boplaaslandgoed, digby Klein-Brakrivier op die N2 tussen Mosselbaai en George. Die proelokaal is van Maandae tot Saterdae oop en die keldermeester, Carel Nel, sal jou trakteer op puik shiraz en die bekroonde Cool Bay Saugivnon Blanc Reserve 2009. Besoek: boplaas.co.za

Page 3: Garden Route October Issue 2015

4 Oktober 2015 Nuus & Leefstyl 3

HOE HET DIE IDEE VIR DIE JAKKALSVLEIWEDLOOP EN -BERGFIETSREN ONTSTAAN? Jantjie Jonker, eienaar en wynmaker op Jakkalsvlei (naby Herbertsdale), is ’n kranige bergfietsryer en hy het gedink dis ’n goeie idee om mense te nooi om die asemrowende mooi Gouritsriviervallei – ’n verborge juweel van die Tuinroete – te leer ken en

om sommer op Jakkalsvlei te kuier en die wyn, kos en gasvryheid te kom geniet. WANNEER WAS DIE EERSTE BYEENKOMS?Verlede jaar. Ons het 400 deelnemers gehad, meestal mense wat via sosiale media, plaaslike advertensies, e-pamflette, en promosies by die Argus-ekspo en ander fietsrybyeenkomste hiervan te hore gekom het.

& V A Agter die skerms met…

Drawwers en bergfietsryers kan gerus 31 Oktober in die dagboek aanteken – die dag waarop ’n versteekte juweel van die Tuinroete ontdek kan word.Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: Louise Pieterse (Ultimate Exposure), Alex di Suvero

Sonja Terblanche-Otto, die organiseerder van die Jakkalsvlei-veldloop en -bergfietsbyeenkoms

Die wedloop- en bergfietsroete in die Gouritsriviervallei is werklik asemrowend.“

WAT KAN DRAWWERS EN BERGFIETSRYERS VERWAG?Ons het vanjaar vir die eerste keer ’n veldwedloop oor 13 km, waar ’n deel van die roete op ’n enkelspoor-veldpaadjie beslis word en drawwers met ’n paar klimme te doen sal kry. Albei afstande kronkel in ’n stadium deur Jakkalsvlei se wingerde. Wat die bergfietse betref, is daar vir vanjaar ’n enkelspoorpad

bygevoeg en die langer afstand is van 57 km tot 61 km gerek. Vir dié een moet jy redelik fiks wees. Dit bevat ’n paar stewige klimme, maar die roete is nie baie tegnies nie. As afstand en bulte jou nie afskrik nie, behoort dit doenbaar te wees. Die korter roete bied sy uitdagings, maar dis toegangklik, selfs al is jy ’n beginner.

WAT MAAK DIE JAKKALSVLEI-BYEENKOMS SPESIAAL? Die wedloop- en bergfietsroete in die Gouritsriviervallei is werklik asemrowend. En die kuier op Jakkalsvlei is iets spesiaals – ’n nuwe restaurant en proelokaal het ’n pragtige uitsig oor die

wingerde. Dis ook waar al die aksie begin en eindig.

WAT HOU DIE TOEKOMS VIR DIE BYEENKOMS IN? Ons beplan om dit na ’n tweedaagse byeenkoms uit te brei, maar uit die staanspoor is daar besluit om dit ’n unieke ondervinding vir deelnemers en besoekers te maak en daarom sal ons nooit meer as ’n duisend deelnemers oorweeg nie. Dit sal dus klein bly, maar sy karakter behou en elke keer ’n baie spesiale ervaring wees.

AS MENSE ’N NAWEEK VAN ALLES WIL MAAK, WAAR KAN HULLE OORBLY? Die naaste dorpe is

Boggomsbaai (42 km) en Mosselbaai (51 km), wat albei oorgenoeg verblyfopsies bied. Daar is ook kampeerplek by Vleesbaai (47 km).

HOEVEEL INSKRYWINGS VERWAG JULLE EN KAN MENSE NOG INSKRYF?Vanjaar beperk ons die byeenkoms tot 500 deelnemers (dis nog nie bereik nie) en mense kan tot op die dag van die byeenkoms inskryf. Meer inligting is beskikbaar by trisport.co.za. Die bergfietsafdeling, wat deur die nasionale beheerliggaam van die sport onderskryf word, het ’n been oor 27 km (die inskryffooi is R85) en 61 km (R165). Die pretloop is oor 6 km (R90) of 13 km (R120).

Fokus op: Monkeyland by Plett

FOKUS

Monkeyland is die wêreld se eerste skuiling vir ’n groot

verskeidenheid primate waarvan die meeste nie tot hokke beperk word nie. Trouens, van die 18 primaatspesies by

Monkeyland, kan elf kom en gaan soos hulle wil, terwyl die ander sewe in reusehokke in die hoofwoud is.

Besoekers word getraktreer op toere (ook bekend as

Oop sedert: 6 April 1998Tuiste: The Craggs, 16 km oos van PlettenbergbaaiArea: 23 haWat sien besoekers: 18 primaatspesiesToegang: ’n Begeleide toer kos R175 vir volwassenes en R88 vir kinders van 3-13Toekennings in 2014: n Lilizela Beste Diens-toekenningn Skål International volhoubare toerisme-toekenningn Wenner van die Beste Dierewelsyn-inisiatiefn Gesamentlike Wêreld-wenner van die Verantwoordelike Toerismetoekenning

Monkeyland is ’n opvoedkundige bosavontuur, waar besoekers leer oor die rehabilitasie van diere.Woorde: Petrus Hendriks // Foto: monkeyland.co.za

aapsafari’s) terwyl die skuiling se nagenoeg 550 vrylopende primate in boomtakke, voetpaadjies en op die indrukwekkende hangbrug van 128 meter – die langste in Afrika – kerjakker.

Die ape kan sommer van naby bekyk word en daar is hope fotogeleenthede. Die safari’s is prettige en opvoedkundige ervarings wat deur ervare en veeltalige wildbewaarders aangebied word. Benewens hul wye kennis oor hierdie bosbewonertjies, vertel hulle besoekers ook meer oor die groot verskeidenheid voëlspesies en die interessante ekosisteem van die woud.

Monkeyland word eintlik beskou as ’n bewaringsentrum vir primate, eerder as ’n skuiling. Die bestuur roem hom daarop dat

die toekoms van al sy “inwoners” veilig is en hy beywer hom ook vir die ontwikkeling en toepassing van die Eden-sindroom – die proses waarvolgens primate wat voorheen in klein hokke in dieretuine of as troeteldiere aangehou is, voorberei word om uiteindelik in Monkeyland vrygelaat te word.

Monkeyland spog met ’n lieflike restaurant – die Blue Monkey Café – wat ligte etes teen billike pryse bied. Besoekers het gratis toegang tot die restaurant se groot stoep, wat oor die woud uitkyk en van waar die primate gesien en gehoor kan word.

As jy by Monkeyland is, maak sommer ’n draai by Birds of Eden met sy indrukwekkende verskeidenheid voëlspesies reg langsaan. Rond die kuiertjie af met ’n besoek

aan die Jukani Wildlife Sanctuary 7 km verder, waar verskeie groot katspesies en ander wilde diere gesien kan word. Dié kombinasietoer duur sowat drie uur en kos R368 vir volwassenes en R184 vir kinders tussen 3 en 12.

Page 4: Garden Route October Issue 2015

4 Kollig op Diasstrand

“Ek noem die woonbuurt die goue myl van

Mosselbaai,” sê Petru Terblanche, ’n plaaslike raadslid. “Vooruitskouings toon dat Diasstrand oor tien jaar ’n luukse woonbuurt gaan wees vir jong sakelui wat nie die beslommernis van ’n groot eiendom wil hê nie,” sê sy.

“Van die oomblik dat jy hier stilhou, hoef jy vir die res van jou vakansie nie weer iewers heen te ry nie,” sê Bobby van Schalkwyk van Hartenbos Eiendomme. “Ouers hoef ook nie oor hul tieners bekommerd te wees nie, want hulle kan oral stap.” Baie van die wooneenhede is in sekuriteitskomplekse en sekuriteit in die buurt, op parkeerterreine en op die strand word gedurende die vakansieseisoen verskerp.

“Dit is so lekker om te sien hoe die kinders in die strate speel, of sonder ouers se toesig op die strand kan baljaar,” sê Andre Piguet van Rawson Eiendomme. “Dit gee ouers die geleentheid om self te ontspan.”

4 Oktober 2015

Woorde: Tisha Steyn // Foto's: Johan Viljoen Eiendomme Diasstrand, Pam Golding Diasstrand

Monaco van Suid-AfrikaLuukse verblyf met ’n uitsig oor die Indiese Oseaan, ’n pragtige, veilige strand en hope pret gedurende die somervakansie maak Diasstrand ’n gesogte woonplek en vakansiebestemming.

KINDERSPELETJIES“Mense gaan sukkel om verveeld te raak met alles wat Diasstrand bied,” sê Van Schalkwyk. Die strand is ’n verhoog vir deurlopende georgani­seer de vakansievermaak, waarvan baie deur die Dias­hotel aangebied word. “Die Summer Sun Festival (14 Desember­2 Januarie) word die afgelope 14 jaar deur die hotel aangebied,” sê die nuwe eienaar Francois Conradie.

Benewens die vol aktiwiteitsprogram op die strand is hier ook ’n hardloopklub, ’n gimnasium, en jogaklasse.

Vir die “Valies” wat die branders wil bemeester, is daar lesse in branderplankry. Die Waterworld­kompleks digby die strand bied hope vermaak vir jillende kinders van alle ouderdomme.

Vir diegene wat ’n bietjie wil lyn natmaak is Diasstrand ook net die plek. “Diasstrand is van die beste hengelareas in die wêreld en talle visspesies

word hier ingekatrol,” sê Piguet.

“Selfs die dolfyne en walvisse dink Diasstrand is ’n lekker plek,” skerts Hettie Erhardt van Pam Golding.

Die Dias­hotel se winkelsentrum bied ietsie van alles sodat jy nie een keer die vakansieverkeer hoef aan te durf nie, maar as die weer guur is, is die Langeberg­inkopiesentrum en Mosselbaai se knus kuierplekke net ’n paar minute per motor ver.

VOETE IN DIE WATERDie eksklusiewe woon­buurt bestaan uit residensiële ontwikkelings wat hoofsaaklik gemik is op vakansieverblyf, soos luukse hotelle, woonstelblokke met deeltitel­eenslaap kamer­eenhede tot luukse dakeenhede, talle gastehuise en elegante privaat wonings. Enkele hoëdigtheid­ontwikkelings bied goedkoper verblyf.

“Die meeste woonstelle en meenthuise by Diasstrand het ’n see­uitsig en is

binne loopafstand van die strand,” sê Johan Viljoen van Johan Viljoen Eiendomme.

“Tans is die meeste eiendomme vakansie­eenhede, maar ons ondervind dat al meer senior burgers van die binneland hier aftree­eenhede kom koop,” sê hy. Hy meen hierdie tendens gaan die area in ’n meer permanente woonbuurt verander.

Terblanche voeg boonop by dat die Mosselbaai­munisipaliteit pas bekend gemaak het dat ’n aftree­oord/leefstylontwikkeling met losstaande en woon­steleenhede, sowel as ’n sorgsentrum, beplan word.

“Eiendom is nog bekostigbaar in vergelyking met ander vakansiebestemmings in Suid­Afrika,” sê Van Schalkwyk. Volgens hom wissel eiendomspryse tussen sowat R400 000 en R10 miljoen.

Volgens Viljoen wissel pryse van sowat R750 000 vir ’n

eenslaapkamerwoonstel tot R5 miljoen of meer vir ’n dakwoonstel.

Volgens Erhardt is daar reeds bykans 30 eiendomme verkoop. “Die aanvraag neem beslis toe en pryse wissel van R600 000 tot R1,5 miljoen. Die Dias­hotel se Beach Club­ontwikkeling wat uit 84 deeltitel­eenhede bestaan, gaan onder die nuwe bestuur voltooi word. Dit is die laaste seefront­ontwikkeling op Diasstrand,” sê Conradie.

“Met al die huidige positiewe verwikkelinge op Diasstrand gaan pryse beslis begin styg en nou is die regte tyd om te koop. Al nadeel waaraan ek kan dink, is dat iemand wat nie hier ’n eiendom besit nie iets unieks misloop!” aldus van Schalkwyk.

Mense gaan

sukkel om verveeld te raak met alles wat Dias bied.

Page 5: Garden Route October Issue 2015

Kollig op Diasstrand 5

EIENDOMSPRYSE IN DIASSTRAND

n ’n Tipiese eiendom wat in Diasstrand te koop is, is ’n tweeslaapkamer-woonstel teen ’n gemiddelde vraprys van R1,055 miljoen.n 71% van eiendom te koop is woonstelle en/of eenhede teen ’n gemiddelde vraprys van R1,38 miljoen.n 13% van eiendom te koop is in ’n gebouekompleks, teen ’n gemiddelde vraprys van R1,41 miljoen.n Die gemiddelde maandelikse huur vir ’n tweeslaapkamer-woonstel is R4 500.n Alle eiendom wat in Diasstrand te huur is, is woonstelle.

4 Oktober 2015

eenslaapkamerwoonstel tot R5 miljoen of meer vir ’n dakwoonstel.

Volgens Erhardt is daar reeds bykans 30 eiendomme verkoop. “Die aanvraag neem beslis toe en pryse wissel van R600 000 tot R1,5 miljoen. Die Dias-hotel se Beach Club-ontwikkeling wat uit 84 deeltitel-eenhede bestaan, gaan onder die nuwe bestuur voltooi word. Dit is die laaste seefront-ontwikkeling op Diasstrand,” sê Conradie.

“Met al die huidige positiewe verwikkelinge op Diasstrand gaan pryse beslis begin styg en nou is die regte tyd om te koop. Al nadeel waaraan ek kan dink, is dat iemand wat nie hier ’n eiendom besit nie iets unieks misloop!” aldus van Schalkwyk.

Nou is die regte tyd om te koop!“

Page 6: Garden Route October Issue 2015

BeachClubAd5PATHS.indd 1 22/09/2015 11:38

Page 7: Garden Route October Issue 2015

Eiendomsnuus 7 4 Oktober 2015

Woorde: Bridget McNulty // Foto: iStock, verskaf

Dit is nie die eerste keer dat Private Property ’n

multimiljoenrand-huis op nasionale televisie weggee nie. Dit het, om die waarheid te sê, ’n bietjie van ’n gewoonte geword. Sy eerste huisweggee het in 2013 plaasgevind, toe ’n dakwoonstel in Kaapstad as deel van ’n insetsel op Top Billing weggegee is. Verlede jaar het Private Property die konsep ’n stap verder geneem met hulle borgskap van ’n nuwe televisierealiteitsprogram, Win a Home, toe hulle nog ’n dakwoonstel, hierdie keer in Steyn City, weggegee het. Vanjaar is die droomhuis in Umhlanga

Hoekom ’n huisweggee sakesin maak

HOE OM ’N HUIS TE WEN1. Skryf in vir die weeklikse Win a Home-kompetisie deur die sleutelwoord wat tydens die Win a Home-televisieprogram gegee word, te SMS na 33728. 2. Skryf aanlyn in by www.privateproperty.co.za of www.winahome.tv.

WANNEER OM TE KYK:Win a Home: The Design Edition het op 21 Augustus begin wys en duur 13 weke. Dit wys elke Vrydagaand om 19:30 op SABC 3 en word Saterdae om 16:30 herhaal. Die kompetisie sluit Sondag 1 November om middernag.

in KwaZulu-Natal.DIE PRYS VAN PUBLISITEIT“Vir ons gaan dit alles oor eiendom en mense. En om mense te bemagtig om die huis van hul drome te kry, is onlosmaaklik verbind aan ons visie,” verduidelik Simon Bray, uitvoerende hoof van Private Property. “Ons het reusesukses met hierdie veldtog behaal. Terwyl die reeks aan die gang was, het die program deurentyd een van die hoogste kykertalle gehad. Die aanvanklike syfers vir die tweede reeks dui daarop dat dit vanjaar selfs beter sal wees.”

’n Dakwoonstel is ’n duur prys om vir publisiteit te

Hoekom sal ’n eiendomsportaal soos Private Property hulle bemarkingsenergie daaraan bestee om ’n huis op ’n televisieprogram weg te gee? Só werk die sakesin agter dié besluit.

’n Erf is net ’n goeie belegging as daar goeie kapitale groei

is, want ’n mens kan geen inkomste – soos huur – daaruit verdien nie.”Dié vermaning kom van Hette-Lize Marshall, ’n prokureur, aktebesorger en konsultant by HWD Prokureurs. Sy wys ook daarop dat benewens die rente op jou verband, daar ook koste soos munisipale belasting op ’n erf is – wat hoër is op ’n leë erf as wanneer dit bebou is.Volgens Liz de Mink van De Mink Property Finance Consultants is ’n belegging in ’n leë erf nie so eenvoudig as wat jy dink nie. Sy sê daar’s belangrike faktore om in ag te neem:

n LIGGING: As dit ’n residensiële erf is, moet jy kyk na toegang tot skole, winkels en dienste. As die erf vir sakebedrywighede aangewend kan word, moet jy kyk na toegang tot openbare vervoer en hoofpaaie.

n TOEKOMSTIGE ONTWIKKELINGS: Doen navorsing oor wat die munisipaliteit se langtermynplanne vir grondgebruik en paaie vir die omliggende gebiede is. n DIENSTE: Enige leë erf vir residensiële of sakedoeleindes benodig dienste soos water, riool en elektrisiteit. Maak seker dit is wel daar voordat jy enige koopkontrak teken! Leë erwe wat nie aan dié dienste gekoppel is nie, sal nie maklik herverkoop nie, omdat dit koste vir die koper sal inhou. n VERBAND: As jy ’n verband vir die koop van ’n leë erf nodig het, moet jy in gedagte hou dat ’n maksimum lening van 60% van die koopprys goedgekeur kan word

“Soos mense meer omgewingsbewus word en maniere soek om geld te spaar, raak huise wat minder

hulpbronne gebruik, toenemend gewild. As jy jou huis ‘groener’ maak deur songeisers, waterbesparende maatreëls en toestelle wat energie effektief gebruik, sal die koste van huiseienaarskap verminder en jou huis meer aanloklik wees vir kopers wanneer jy gereed is om te verkoop.”

Net ’n lappie grond …Die ligging is lieflik, die uitsig asembenemend, en terwyl jy wag om jou droomhuis te kan bou, is die erf wat jy wil hê boonop ’n goeie belegging. Of is dit regtig? Woorde: Riekie Human

– en die maksimum leningstydperk is tien jaar. Boonop is die rentekoers wat deur die banke gehef word gewoonlik hoër op leë erwe.

As jy steeds wonder of jy die mas sal kan opkom met jou lappie droomgrond, vra jouself af of jy oor die nodige fondse beskik vir versekering teen insinking en grondverskuiwings, sê Marshall. “Jy moet ook seker maak die erf se sonering is korrek vir die doel waarvoor jy dit koop, anders sal hersonering jou baie uit die sak jaag!”

KAT IN DIE SAKNicola Davies-Laubscher en haar man, Theuns, het ses jaar gelede twee erwe gekoop: een op Stanford en een op St. Helenabaai aan die Weskus. “Dit het gelyk na ’n goeie belegging wat ons vinnig weer teen ’n wins sou kon verkoop.”Dit het egter in ’n nagmerrie ontaard …

“Die ontwikkelaar het in beide gevalle nie sy beloftes van die ontwikkelings gehou nie – die spa is nooit gebou nie en by die ander een is munisipale dienste nooit ingesit nie. Naas die grond, is daar dus niks om te verkoop nie – en ons sit met maandelikse verbandpaaiemente en munisipale rekeninge vir eiendom wat niemand wil hê nie.”

Sy sê vir die geld wat hulle elke maand op dié eiendomme bestee, kon hulle ’n fantastiese woonstel in Kaapstad gekoop het wat jaarliks kon toeneem in waarde én ’n huurinkomste kon genereer. “Ek sal nooit weer ’n erf koop nie, tensy dit ’n hartsbesluit is en grond is waarop ons self bou en woon.”

betaal, maar dit lyk of dit die moeite loon met ’n bestendige skerp styging in unieke besoekers aan die webtuiste gedurende en onmiddellik ná elke program uitgesaai is. “Ons kan sinergie sien tussen

aanlyn, sosiale media en televisie,” sê Bray. “Ons aantal weblesers het elke jaar verdubbel, en ’n deel van daardie groei kan beslis aan hierdie tipe advertensieveldtog toegeskryf word.”

Page 8: Garden Route October Issue 2015

Areagids AgentegidsTuinroeteBoetie le Roux Eiendomme 17De Kaap Eiendomme 17Fine & Country International Realty 12Hartenbos Eiendomme 6, 9, 13Japie Krige Eiendomme 15Johan Viljoen Eiendomme 16Kurios Eiden Eiendomme 15Nedbank 8, 18Private Property 20Propmann 12Seeff Eiendomme 10, 11

KaapstadMSP Ontwikkelings 1

AAalwyndal 12

BBayview 15, 16

DDanabaai 11, 15De Bakke 13De Rust 12Diaz Strand 6, 9, 10, 12, 16

FFraai Uitsig 17

GGeorge 13, 17Glentana 17Groot Brakrivier 17

HHartenbos 11, 12, 13, 15, 16Hartenbos Eco Estate 15Hartenbos Heuwels 12, 13, 15

HeiderandHeroldsbaai 12Hersham 17

IIsland View 11,16

KKlein Brakrivier 17

LLadismith 13Linkside 13

MMonte Christo 11, 16Mosselbaai 11, 12, 13, 16, 17

OOuteniquastrand 17

PPinnacle Point 11, 12

RReebok 11, 12, 15, 17Ruiterbosch 13

TTergniet 12, 17

SSantos 10, 13Seemeeupark 12, 13, 16Springerbaai 12

VVillage On Sea 11, 16Vleesbaai 12

KaapstadBBuh-Rein Estate 1

Eiendomme

Tuinroete

SperdatumsPublikasiedatum Spertyd vir

besprekingsMateriaal-spertyd: Promosie-artikels

Materiaal-spertyd: Ander

01 November 2015 12 Oktober 2015 14 Oktober 2015 19 Oktober 2015

ADVERTENSIE-NAVRAE

Jackie Maritz

- 078 133 5211

- [email protected]

Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.

Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in.

nedbank.co.za Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).

Home loanChapter 8

application process

1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN

Home loanChapter 8

application process

2. GET A BOND APPROVAL

Home loanChapter 8

application process

3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME

Home loanChapter 8

application process

4. LOAN IS APPROVED

Home loanChapter 8

application process

5. BOND REGISTRATION

Home loanChapter 8

application process

6. HOME OWNERSHIP

9168

MAKE

HAPPEN

HOME LOANS IN SIX SIMPLE STEPS

8 Eiendomsforum 4 Oktober 2015

12, 13

Page 9: Garden Route October Issue 2015

4 Oktober 2015 | propertyjunction.co.za 9

Page 10: Garden Route October Issue 2015

propertyjunction.co.za | 4 Oktober 201510

Page 11: Garden Route October Issue 2015

4 Oktober 2015 | propertyjunction.co.za 11

Page 12: Garden Route October Issue 2015

propertyjunction.co.za | 4 Oktober 201512

Page 13: Garden Route October Issue 2015

4 Oktober 2015 | propertyjunction.co.za 13

Page 14: Garden Route October Issue 2015
Page 15: Garden Route October Issue 2015

4 Oktober 2015 | propertyjunction.co.za 15

Page 16: Garden Route October Issue 2015

propertyjunction.co.za | 4 Oktober 201516

Page 17: Garden Route October Issue 2015

4 Oktober 2015 | propertyjunction.co.za 17

Page 18: Garden Route October Issue 2015

18 Eiendomsforum

Areagids Agentegids Lenova Konstruksie & Ontwikkeling

19Hillside 19Lilyvale 19Wild Olive 19

ADVERTENSIE-NAVRAE Susan Erwee: 083 556 9848, [email protected]

Eiendomme

Bloemfontein

Kollig op: Riversdal

4 Oktober 2015

Foto:Guillaume Marais

Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.

Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in.

nedbank.co.za Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).

Home loanChapter 8

application process

1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN

Home loanChapter 8

application process

2. GET A BOND APPROVAL

Home loanChapter 8

application process

3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME

Home loanChapter 8

application process

4. LOAN IS APPROVED

Home loanChapter 8

application process

5. BOND REGISTRATION

Home loanChapter 8

application process

6. HOME OWNERSHIP

9168

MAKE

HAPPEN

HOME LOANS IN SIX SIMPLE STEPS

Page 19: Garden Route October Issue 2015

4 Oktober 2015 | propertyjunction.co.za 19

Page 20: Garden Route October Issue 2015