familienuus september 2011

22
14/15 OKTOBER 2011 KOSTE: R175 P/P Die Bybelreis is volledig op CD beskikbaar. Kontak vir Amanda by die kerkkantoor vir navrae en bestellings. [email protected]

Upload: riana-janse-van-rensburg

Post on 22-Mar-2016

241 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Familienuus vir September 2011

TRANSCRIPT

Page 1: Familienuus September 2011

14/15 OKTOBER 2011 KOSTE: R175 P/P

Die Bybelreis is

volledig op CD

beskikbaar.

Kontak vir Amanda

by die kerkkantoor

vir navrae en

bestellings.

[email protected]

Page 2: Familienuus September 2011

I N H O U D

Beplanning 2

Bedryfshoof 4

Lewenskuns 6

Mannekamp 8

Bybelreis 10

Jeug 12

Ryno se stories 14

Getuienisse 18

Dorpsfees 20

Wat beteken dit om Christus te

volg? Hoe lyk ’n dissipel? Ek is

seker jy wonder soms ook.

In ons geloofsfamilie wil ons dit

graag verstaan as iemand wat

verklaar, ek “Ontdek en Leef

Christus (OLC). Ons wil graag

soveel as moontlik van Christus

beleef, sodat ons soveel as

moontlik van Hom kan

weggee.

Jesus roep ons na ons ge-

meenskap, ons wêreld. Hy stu-

ur ons om die wêreld waarin

ons leef ’n beter plek te maak.

Christenwees is nie ’n passiewe

ontvang van bediening nie.

Nee! Dis aktiewe uitleef van

Christus elke dag, oral waar

ons beweeg.

Vir ons staan drie bewegings

sentraal in ons strewe na

dissipelskap. (V3).

Verwondering: Ons wil mekaar

help om ’n lewe van aanbid-

ding voor die aangesig van

God te lei. Om konstant bewus

te wees van Sy teen-

woordigheid en verras en ver-

wonder te word daardeur.

Volgeling: Om Jesus te dien is

om Hom te volg deur my ged-

agtes, woorde en dade te

vernuwe na Sy voorbeeld en ge-

hoorsaam te wees aan Sy leiding.

Hy is die Here van ons lewe, ons

volg Hom as dissipels en help me-

kaar om dissipels te wees.

Verhoudings: Elkeen van ons

staan in ’n netwerk van verhoud-

ings. Dis waar kerkwees gebeur!

Kerk is nie die gebou of byeen-

koms nie, dit is die wyse waarop

ek met mense, naby en vêr van

my, omgaan.

So sal ons Christus BELEEF en UIT-

LEEF! Dis waarheen ons elkeen in

ons geloofsfamilie wil begelei.

Ook vir jou!

Dis die formule, vir ’n lewe van

vervulling en betekenis.

GEROEP EN GESTUUR!

H O O G T E P U N T E

> Beplanningsweek

> Beroeping

> Bediening

> Mannekamp

> Lewenskuns

> Getuienisse

> Seekamp

> Bybelreis stories

> Solo

> Dorpsfees!

> Awaken/Activate

P I E R R E V A N R Y N E V E L D G E M E E N S K A P S K E R K

FAMILIENUUS Kwartaal 2 2011 Volume 2 Uitgawe 3

Page 3: Familienuus September 2011

BEPLANNINGSWEEK 2011

Bladsy 2 F A M I L I E N U U S

Page 4: Familienuus September 2011

AKSIE, AKTIVEER DIE LIGGAAM!

Bladsy3 V O L U M E 2 / U I T G A W E 3

As ons mekaar wil help om Christus te BEL-EEF sodat ons Hom kan uitleef, moet ons saam dinge doen wat ons AKTIVEER om in beweging te kom. Om mekaar te aktiveer moet ons aksie neem. Ons wil graag ons geloofsfamilie ondersteun en begelei in die soeke na ware dissipelskap. Hierdie is die aksie wat ons gaan neem. AANBIDDING: Deur ons samekomste en eredienste wil ons mekaar help om Christus in Sy volheid te ervaar sodat Hy ons kan inspireer tot ’n lewe van verwondering. JEUG: Ons inspireer, aktiveer en begelei ons “nuwe generasie” om Christus uit te leef en te volg sodat hulle ons kan inspireer met hulle oorgawe en passie en die kerk in die toekoms kan indra. GROEPE: Ons wil ons mense aanmoedig om saam te kom. Selgroepe, manne en vrouegroepe, ons seniors, solobediening en watter ander groeperinge ook al na vore kom. Ons wil sien dat ons mekaar begelei om die drie V’s te leef. Saam op reis! FOKUS OP DIE WÊRELD Ons wil geleenthede skep, aksies loods en ’n aanvoeling vir ons gemeenskap ontwik-kel om mekaar te aktiveer om kerk te wees IN God se wêreld. Leef UIT! DISSIPELSKAP Elkeen wat deel is van ons geloofsfamilie asook die van ons wat leiding neem moet doelgerig begelei word om as dissipel van Jesus te lewe. Minder wyd saai en meer persoonlik saamstap. Dis Jesus se metode!

LEWENSKUNS Ons wil seker maak dat daar genoeg verryk-ing en begeleiding is vir persoonlike, huweliks en gesinsgroei en gesondheid. Soms is dit nodig om mekaar uit krisisse in ons verhoud-ings te help. Ons gemeenskap worstel hi-ermee en ons wil ’n hand uitsteek om daarmee te help! VERSORGING Ons gaan seker maak dat elke lid van ons geloofsfamilie meer ingelig is oor wat gebeur. Ons gaan ook deur ’n versorgingsnetwerk probeer om elkeen te laat deel voel van die groter geloofsfamilie en meer direkte kontak met elkeen daarstel. Hier is ’n geleentheid om te “care” en te “connect”! BYBELREIS Ons wil die Bybelreis uitbrei sodat daar deur-lopende geleenthede van verryking is vir elkeen wat will dieper delf in God se Woord en Sy wysheid. Dis die plan. Maar jy is deel van die uitvoering daarvan. Kom meld jouself aan en word deel van die beweging van ons geloofsfamilie. Ons skuif weg van ’n “attractional” be-diening, na ’n “missional” kerkwees. Verwondering, Volgeling en Verhoudings .... So beleef ons Hom. So leef Hy in ons! So kan ons Hom uitleef!

Page 5: Familienuus September 2011

Bladsy 4 F A M I L I E N U U S

Peet Killian is ons Bedryfshoof en

spanleier van die Ondersteunings-

span

Met die diensverlating van Dr. Elmo Pienaar aan die einde van Februarie 2011 en met die voltooiing van Dr. Sampie Niemand se dienskontrak aan die einde van September 2011, is daar twee leraarposte vakant. Die Gemeenteraad het tydens die Beplanningsnaweek 2011 aan die volgende strategiese aspekte aandag geskenk: • Die Geloofsfamilie se verpligting om te

verseker dat daar suksesvol aan die uitvoering van God se Groot Opdrag en Groot Gebod aandag gegee word;

• Die geloofsfamilie se bedienings—benadering gaan voortaan gefokus wees daarop om “Ontdek en Leef Christus” in elkeen se lewe te laat waar word.

• ‘n Aangepaste bedieningstrategie wat deur die Bedieningspan aan die Gemeenteraad voorgehou is; bespreek is en goedgekeur is.

VAN ONS BEDRYFSHOOF

DS.SAMPIE SE FEESDIENS (2 OKT)

Ds Sampie is reeds al meer as 10 jaar (na sy eie “aftrede”!) by ons geloofsfamilie betrokke in verskillende hoedanighede. Eers as gemeen-tebestuurder, later ook as deeltydse pastorale hulp. Die afgelope twee jaar het ons met hom ‘n ooreenkoms gehad om waar te neem in een van ons leraarsposte. Hierdie ooreenkoms loop op 30 September ten einde, en so ook dan die era van sy voltydse betrokkenheid in ons be-diening. Gelukkig bly hy steeds lid van ons gemeente en gaan hy op ‘n deeltydse basis betrokke bly, veral by ons Seniors en die mentorskap van ons leiers. Dis vir ons ‘n voorreg en ‘n vreugde om op 2 Oktober 2011 om 09:00 vir Sampie ‘n “Feesdiens” te hou waartydens ons sy bediening en sy bydrae tot die Koninkryk wil vier. Dit is min wat ‘n mens die geleentheid kry om waardering te betoon aan iemand wat werklik groot impak in die Koninkryk gemaak het, en steeds maak. Ons gaan die geleentheid aangryp! Ons wil nou reeds vra dat jy daardie oggend se diens sal moeite doen om hier te wees om saam met ons te kuier. Ons gaan ook probeer om ‘n “Feesdiens” boekie saam te stel vol stories, staaltjies en herinneringe. Ons vra dat jy ‘n storie, staaltjie of belewenis van Sampie se bediening sal deel, sodat ons dit daarin kan insluit. Stuur dit aan [email protected], of gee in by die kerkkantoor.

• Die meriete verbonde aan die vulling van een van die twee vakante leraarposte is oorweeg en vir vulling met ingang van 1 Maart 2012 (nuwe boekjaar), goedgekeur.

Ons sal dus eersdaags prosesse aktiveer vir die werwing van ‘n derde medeleraar om saam met Ds. Jan Venter, Ds. Henk Janse van Rensburg en die res van die Bedieningspan verantwoordelikheid vir die Gemeente se bedieningsaktiwiteite te aanvaar.

Bid asseblief saam met ons dat die werwing goed sal verloop en dat die regte aanstelling gemaak sal word.

As u kommentaar wil lewer of iemand as medeleraar wil nomineer gee asseblief die besonderhede skriftelik deur aan die Bedryfshoof deur dit in ‘n verseëlde koevert by die Kerkkantoor in te handig, of elektronies aan [email protected] te stuur.

Page 6: Familienuus September 2011

Bladsy 5 V O L U M E 2 , U I T G A W E 3

Aanstelling as Gemeenteraadslid (Adri Swart) Hiermee word bekend gemaak dat Adri Swart van Kirknesslaan 152 in Pierre van Ryneveld, tydens ’n Gemeenteraadsvergadering gehou op 17 September 2011 as ’n Lid van die Gemeenteraad verkies is.

Enige belydende lidmaat van die Gemeente mag binne tien dae vanaf die eerste aankondiging ‘n skriftelike beswaar met opgawe van redes indien teen die leer of lewe van ‘n persoon wat as Gemeenteraadslid verkies is. Enige besware teen die bevestiging van Adri in hierdie amp moet binne die volgende twee weke skriftelik onder die aandag van die Bedryfshoof gebring word by [email protected]. Vakature Daar is nog ’n vakature op die Gemeenteraad wat nou vir vulling oorweeg word. Die Gemeente word genooi om binne die volgende twee weke geskikte persone vir hierdie vakature te nomineer. Slegs belydende lidmate van die Gemeente, wie se attestaat by die gemeente ingedien is, kan as Gemeenteraadslede dien. Die voorgeskrewe nominasievorm is by die Kerkkantoor beskikbaar en moet deur die nominant en genomineerde voltooi word.

UIT DIE GEMEENTERAAD Algemene Sinode Die Algemene Sinode van die NG Kerk vergader elke 4 jaar, en vanjaar vind die vergadering in Boksburg plaas vanaf 10 tot 14 Oktober. Dit sal bygewoon word deur 412 afgevaar-digdes (leraars, ouderlinge en waarnemers) vanuit die 10 sinodale gebiede regoor ons land en Namibië. Soos gebruiklik, omdat die Algemene Sinode die beleidmakende Sinode van ons Kerk is, sal ‘n groot verskeidenheid sake voor die Si-node dien. ‘n Groot verskeidenheid sake sal weer be-spreek word waarvan die belangrikste waarskynlik die volgende is: • Die Belydenis van Belhar • Kerkhereniging • Doopviering • Die huwelik en saamwoon Van hierdie sake is al vir baie jare op die agenda en is baie kontensieus. Hierdie is moeilike sake waaroor besin sal word en dis so belangrik dat die Sinode die stem van die Here sal hoor in hierdie verband. As gevolg hiervan is gemeentes versoek om ons lidmate se voorbidding te vra vir die vergadering en die besluite wat geneem moet word. Soos gebruiklik sal Neels Jackson (van ons gemeente) weer breedvoerig in Beeld verslag doen oor die verloop van sake en ons bid hom die seën van die Here toe op sy groot taak.

Ds. Sampie Niemand woon die Algemene Sinode by as afgevaardigde van die Oos-telike Sinode. Hy was voorheen in sy loop-baan verkies as lid van die Algemene Si-nodale Kommissie en ons is bevoorreg dat hy ’n bydrae kan lewer. Ons bid dat sy wysheid, insig en aanvoeling tot groot seën sal wees.

OKTOBER IS DIT WEER 10DE MAAND DANKOFFER TYD.

ONS VERTROU DAT DIE HERE ONS SAL SEËN MET GENOEG

MIDDELE OM SY ROEPING UIT TE LEEF!

Page 7: Familienuus September 2011

Seker een van die grootste besluite in die lewe is die een om te trou. Deur die loop van Augustus het sewe verloofde paartjies die ONS TROU kursus deurloop en is ons saam met hulle opgewonde vir die huweliksreis wat voorle. Tydens die vier sessies het hulle mekaar se grootword jare en die moontlike invloed op hul huwelik saam ontdek, geleer om mekaar regtig te hoor en onderwerpe soos grense, finansies, familie, kinders en die intieme ver-houding van die huwelik bespreek. Heerlike en uitdagende onderwerpe – wat ‘n voorreg om saam daaroor te dink en droom! Hier volg dan ook een van die paartjies se terugvoer oor die kursus: “Laat my asb. toe om in my eenvoudige ma-nier my gedagtes oor die kursus oor te dra: In die natuur word die lammetjie nie “sommer net” gebore nie, die veld blom nie “sommer net” in die lente nie en die natuur oorleef en vernuwe homself nie “sommer net” nie. Ek glo nie aan “sommer net” nie. Net soos by alle dinge glo ek dat die huwelik nie “sommer net “ is nie. Net soos in die natuur moet jy jou kant bring om voorspoedig te wees en aan te pas.”

ONS DROOM: Om saam met ‘n gemeenskap hande te vat om meer verhoudingsgerig te leef en sodoende God se hande en voete vir hierdie wêreld te wees. ONS DOEN: Die sentrum vir Lewenskuns waar terapeu-tiese en voorkomende dienste gelewer word, met die oog op herstel en groei van verhoudings. Ons wil beradingsdienste lew-er aan: • Individue, • Gesinne, • Organisasies in die gemeenskap; • Ons Donateurs ONS BIED: Ondersteuning deur die volgende dienste:

Interpersoonlike verhoudings; Vasgevang is in verslawing; Verlies/Roubegeleiding; Streshantering ; Trauma verwerking ; Eie identiteitsontwikkeling; Beroepsleiding; Huwelik-

voorbereiding, begeleiding verryking terapie;

Egskeidingsbegeleiding. FOOIE Neem asseblief kennis dat ons ‘n diensfooi/donasie van R250.00 per sessie hef, maar tree in met ons in gesprek, ons subsideer ook beradingsgesprekke.

ONS TROU!

Bladsy 6 F A M I L I E N U U S

LEWENSKUNS SENTRUM

Page 8: Familienuus September 2011

ONS BERADERS: BERNA PRETORIUS

My eie geloofsreis klink baie soos die een in Ps 23. ek sou verseker ook 'n Ps 23 kon skryf, want die plekke en venues daarin is werk-likhede in my eie lewe. Ek kan lekker reso-neer met die groen weivelde na waters van rus en ook met die skaduwees van diep en donker plekke, nogtans sit ek by 'n feesmaal en vind ook my "calling" in hierdie Psalm, Om oppad te wees met mede reisigers. Soms kuier ons by waters waar ons kan rus en ander kere vier ons saam fees. Die plek van donkerte en dood sal altyd deel van ons bestaan hier wees. Ek be-gelei graag reisigers om op hulle unieke ma-nier, hul bekers van oorvloed te ontdek en met oorgawe daaruit te drink. Ek is al die afgelope 9 jr betrokke by die pas-toraat in ons gemeente en gemeenskap. Ek is 'n Narratiewe Pastorale Berader. Ek be-gelei graag mense van alle ouderdomme. Ek stel baie belang in missionale gemeente- wees en is opgewonde oor die feit dat daar al hoe meer mense is wat kerkwees op 'n aktiewe manier buite die gebou snap en leef.

Bladsy 7 V O L U M E 2 , U I T G A W E 3

Kontak Berna by die Sentrum vir Lewenskuns

012-6621708

LEES LIZELLE FABER SE PRAGTIGE VERTELLING “SOOS ’N WINDPOMP VAN VREUGDE” OP DIE TUISBLAD VAN ONS WEBWERF (WWW.PVR.CO.ZA)

Page 9: Familienuus September 2011

Bladsy 8 F A M I L I E N U U S

Vir my was hierdie afgelope mannekamp ‘n fantastiese belewenis en ‘n geleentheid wat ‘n mens nie kan mis nie en definitief meer van moet kry. Die rede hiervoor is dat jy in die eerste plek prima tyd spandeer met God in Sy skepping en sodoende groei in jou verhoud-ing met Hom. Tweedens groei ons ook ver-houdings met medegelowiges wat so nodig is om mekaar te kan ondersteun in ‘n wêreld wat deesdae baie druk op ons as mans plaas.

MANNEKAMP ... KWALITEIT TYD,

Wat ‘n voorreg om saam met

sulke passievolle manne te kon

tyd spandeer. Wat vir my werk-

lik uitgestaan het die naweek is

absolute stilte wat ek beleef het

in die klowe met ons solo-tyd.

Dit is iets wat ek nie doen in my

besige roetine nie, maar ‘n plan

nou gaan maak om meer tyd

(one-on-one) met God te span-

deer, want dan kan ek luister en

hoor wat Hy vir my sê. Jesus het

vir Petrus gesê in Luk 5 vers 10

“Moenie bang wees nie. Jou

werk begin nou eers.”

Die vers het weer vir my

bevestig dat ons aan die begin

staan van ‘n nuwe era rondom

missionale Christenskap en dit

gaan moeilik wees, maar ons

moet nie bang wees nie, want

God is met ons ALTYD! Dit is ons

wat nie altyd by Hom is nie.

Wat 'n wonderlike naweek. Die alleentyd het my baie nader aan die Here gebring en my laat besef dat dit iets is wat ek graag in my lewe sal wil toepas. Al die manne het bygedra tot 'n baie wonderlike ervaring.

‘n Groep mans saam op ‘n kamp klink na lekker naweek, maar hierdie een was meer as dit, dit was opwindend , lekker en propvol pret en gedagtes. Wat ‘n klomp vriende het ek bygekry, nuwe mense leer ken en ook van my vrese oorkom. So as jy val, val jy, en as jy gly, gly jy en glo my dit kan lekker en vol pret wees om met ka-bels oor klowe te gly. Dalk het ons nog nie tot besef gekom wat alles vir ons gegee is deur God nie , Alles, ja ALLES wat ons het en sien. Daar in die kloof word dit so duidelik as jy die boodskap in Johan-nes 21:15-25 lees.

Page 10: Familienuus September 2011

Bladsy 9 V O L U M E 2 , U I T G A W E 3

SAAM MET “KLAS” MANNE!

Ek het die naweek ‘n tegniek geleer wat my konneksie met God so ‘real’ gemaak het en my weereens laat besef het dat Hy die werklik Lewende God is! Daardie fonteintjie waarlangs ons gesit het, het strome van lew-ende water geword!

Ek kan nie onthou dat ek al ooit op ‘n mannekamp was waar almal so “real” en met so min “plastic“ was nie. Dapper ouens wat kon erken dat hulle ook “struggles” het net soos ek. Dit was “amazing” om die Vader te beleef in die natuur en in hoe Hy direk met my gepraat het deur die Bybel. Onvergeetlik!

GELUKKIG, en DANKIE VADER kon ek die naweek saamgaan. En ek is so bly God het my nie gelos nie, (ek weet Hy sal nooit nie) en ek weet as ek terugkyk dat die een ry spore wat ek sien, is toe Hy my gedra het… Nou het ek die “refresh” knop-pie gedruk, en ek is oppad na Hom toe waar Hy staan en vis braai op die strand, en my roep. Ek het die boodskap gekry “Volg My” Volg jy MY” Ek sien soooo daarna uit om weer my verhouding met God en my gesin op koers te kry!! Wanneer jou verhouding met God reg is, en dit die 1ste prioriteit is, is dinge in alle aspekte van die lewe soveel makliker, en val ver-houdings ook in plek soos dit moet wees.

My gevolgtrekking dus is dit: om tot bekering te kom is een ding (Petrus was “bekeer” toe hy saam met Jesus gewandel het) maar om waarlik ‘n verhouding met die Here te he wat ons in staat stel om ‘n verskil in God se koningkryk te maak

Om daar tussen die bome te sit met die blaartjies wat afval en en die sonstrale wat hier en daar deurbreek was weereens vir my die bevestiging dat die Here daar was en ons naweek geseën het. Wonderlik om te sien dat manne ook kan "fun" hê en steeds die Here kan loof en

Page 11: Familienuus September 2011

Waarom ek as gewone gemeentelid jaar na jaar nie die Bybelreis wil misloop nie. Met groot onsekerheid en baie gebed het ek besluit om die eerste Bybelreis in die gemeente mee te maak. Vanaf die eerste sessie was ek oortuig dat dit 'n groot voorreg is. Ek het met opgewondenheid en nuuskierigheid daarna uitgesien. Die kursus is aangebied sodat ek as gewone gemeentelid met my beperkte kennis en insig, kon verstaan en onmeetlik daarby kon baat vind. Bybellees het vir my verstaan, waardeer en 'n wonderlike openbaring geword. Ek het baie meer en beter verstaan wat ek lees. Met kennis oor die verskillende skrywers van die Bybelboeke en die tyd waarin gebeurtenisse plaasgevind het en met behulp van die verduideliking van dr Stephan Joubert en onder leiding van die Heilige Gees, is elke sessie werklik 'n Bybelreis. 'n Belewing van God se beplanning en groot Genade in (elk van ons se) my lewe. Ek sien opgewonde uit na die volgende sessie. Studie materiaal(aantekeninge) en CD's stel my in staat om op my eie tyd weer na die lesing te luister. Ek het groot waardering vir die oggendsessies wat hierdie jaar ingestel is en wat dit vir my aansienlik vergemaklik omdat ek dan nie in die aand nodig het om te ry nie. My gebed is dat die Bybelreis nog lank sal voortgaan en wie dit nog nie meegemaak het nie, betrokke sal raak. Dit is vir my 'n baie verrykende ervaring. Ina van der Walt

Wat ‘n jammerte dat ‘n jaar so kort is dat net 4 Bybelreise aangebied kan word, want saam met Dr Stephan Joubert, sal ek heel jaar deur aan die voete van die Here sit. Elkeen van die Bybelreise het vir my ongelooflik baie beteken. In dié Bybelreis deur 1 Petrus en 2 Petrus kom daar nuwe betekenis in my ge-breekte lewe vol krake en skerwe! Ek kom opnuut, die eerste aand van ons reis, tot die besef hoe God ons oproep tot arête (deugsaamheid) en ek leer van al die nuwe woorde wat geskep is in 2 Petrus. Die belofte van God in 1 Petrus 5: 6 & 7 staan vir my uit daardie aand en ek gaan met baie vrede weg. “Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op Sý tyd sal Hy julle groot maak. Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.” Waar ek somtyds sukkel om myself te dissi-plineer, sê 2 Petrus 1:6 dit baie duidelik: “As ‘n mens God ken, kan jy jouself dissi-plineer.” En ek juig, want ek kry nuwe ener-gie om weer my lewe met God se krag te probeer regruk! Stephan maak aktuele sake soos die vals profete en die aanbreek van die laaste dae soveel duideliker en ek kan uitgaan in die wete dat ek nou gereed moet wees vir die koms van die Here, want Sy tyd is nie ons tyd nie. Ek maak Bybelreis 3 klaar en ek juig saam met 2 Petrus 2.9: “Die Here weet dus om dié mense wat naby aan Hom leef, uit beproewing en swaarkry te red.” My toekoms lê blink voor my. Wanneer begin die volgende Bybelreis, my naam is op! Pietro Bosman

BYBELREIS ... GETUIENISSE VAN VERDIEPING

Bladsy 10 F A M I L I E N U U S

Page 12: Familienuus September 2011

Stephan Joubert het gedurende die derde kwartaal se Bybelreis gefokus op die tweede brief van Petrus wat ‘n baie indrukwekkende Bybelboek is.

Die omvang van die brief was vir my ‘n vars ervaring. Dit is duidelik dat Petrus weet dat hy aan die einde van sy lewe staan en wil met die brief sy lesers vertel dat hulle geestelike rykdom van onskatbare waarde sal erf. Om hierdie erfenis te bekom, is die voorwaarde: geloof in Jesus Christus.

Vir my is die eintlike skrywe van die brief sy waarskuwing teen vals leraars. Petrus was bekommerd dat vals leraars begin om kerke te infiltreer. Hy het Christene gevra om in hul geloof aan te hou groei en sterker te word sodat hulle die dwaalleringe kan herken en beveg.

In vergelyking met die eerste eeu se Christene is ons as Christene in die 21ste eeu verseker nader aan Jesus Christus se terugkeer.

Vir my het Petrus ook die wederkoms van Jesus Christus in perspektief gebring. Hy maan gelowiges om ‘n heilige lewe te lei en spoor hul aan om uit te sien na die tweede koms van Jesus Christus. Verder noem Petrus ook dat die vals leraars se dwaalleer met die terugkeer van Jesus Christus spot. Hy wil egter nie hê dat gelowiges moet daardeur van stryk gebring word nie en eerder onverpoos op Sy onverwagse terugkeer wag. Johnny Billson.

Die voorreg om die Bybelreis-aanbieding van Stephan Joubert te kon bywoon, was en is waarskynlik die mees verrykende ervaring vir my op geestelike gebied. Wat vir my die af-gelope jaar uitgestaan het:

HANDELINGE: Die krag van die Gees verander ons nie in

supermense nie. Die Gees se krag is 'n spesifieke soort krag. Dis die krag om getuies vir Je-sus te wees. Dis leefkrag, praatkrag, liefhê krag, bidkrag, omgeekrag en vasbytkrag. Die Heilige Gees skenk aan ons die wysheid en die insig om "die regte dinge" te doen wanneer krisisse wink. Die Heillige Gees is die Een wat nuwe lofmusiek komponeer in die harte van elkeen wat aan Christus be-hoort, soos wat Paulus in Efesi-ers 5 skets. Die Heilige Gees is God in naby-aksie.

GOD SE WIL: God se wil gaan eksklusief oor God, nie oor ons nie. Gebed is nie net praat, glo en ver-horings nie; gebed is gefokusde aan-wesigheid op die lewende God se teen-woordigheid. Wanneer ons gebed so verstaan, dan word dit die uitdrukking van 'n lewende verhouding en van ons verwagting dat God aanwesig is. Egte gebed gaan nie oor onsself nie, maar oor Hom.

2 PETRUS: Ons moet leef asof die Here beslis vandag terugkom. Dan sal ons nie speletjies met die sonde speel nie. Dan sal ons baie meer moeite doen om ander mense uit te nooi na die Here se fees. Christus se koms is net so naby soos ons eie dood. Ons moet sorg dat ons feesklere wit gewas is in die bloedrooi bloed van die Lam.

Eline Vos

BYBELREIS ... NOG GETUIENISSE

Bladsy 11 V O L U M E 2 , U I T G A W E 3

BYBELREIS 4 BEGIN OP 19 OKTOBER EN

STREK OOR 3 WEKE.

Page 13: Familienuus September 2011

pen mens dit vas met letters op papier?

Om nuwe vriendskappe te kon bou met die leiers, ruimte te skep vir mekaar se talente en gawes en te beleef dat daar ook vir ons menswees plek is, is van onskat-bare waarde. Ons neem graag weer die "strained life" opsie saam met God - want genade hierdie week was 'n wonderwerk, 'n belewenis, seën in oorgawe, wat ons vir niks op aarde sal en wil verruil nie. Dankie vir die geleentheid dit word opreg en uit ons harte waardeer.

Dankie dat ons deel kon wees.

Henk en Lizelle

GETUIENIS OOR DIE SEEKAMP

Die Seekamp van 2011was die grootste “blessing”, ervaring, deelwees van iets baie groter as wat ons in ons 16 jaar in PvR Jeugbediening nog beleef het. Hoe meer liefde ons elke dag kon weggee, hoe meer het ons dit dubbel en party dae selfs trippel terug ontvang!

Hoe meer ons gebou het aan die verstaan van verhoudings, hoe meer het ons geleer.

Om Jesus in ons jongmense se lewens te sien, te voel en te bel-eef, was so groot, en het ons nie woorde om dit te beskryf nie. God se krag, van so laat in die bed kom, na vol dae en gesprekke en dan weer vroeg opstaan, het ons beleef elke dag, elke oomblik van bewus wees van Sy liefde in ons lewens en ook in die jongmense se lewens.

Hoe die Gees in jou werk en sensi-tief maak vir hul seer - ag, hoe

Bladsy 12 F A M I L I E N U U S

Hanlie Boshoff Die leier van ons Jeugbediening

Page 14: Familienuus September 2011

maar, toe is dit huistoe gaan tyd en ons kon nie

glo die week is verby!

Met ‘smiles’ op ons harte het ons die kidz gegroet

en geweet daar gaan al die liggies uit in die

wêreld om ‘n GROOT verskil te maak. BAIE

DANKIE aan al die mamma’s en pappa’s wat hul

oulike kidz aan ons geleen het vir die week EN

ook BAIE DANKIE aan Izette vir jou menswees en

dat jy ‘n lig is in baie kidz se lewens.

Ek het so baie geleer by die kidz en hul ANT-

WOORDE die week, hulle het my laat besef dat

my lig elke dag behoort te skyn en ek net kan

‘smile’ en klaar ‘n verskil kan maak! Laaste maar

defnitief nie die minste nie,

DANKIE aan ons Pappa God wat ons hande altyd

vashou en liggies in ons hartjies sit…gaan uit en

laat jou lig skyn en “SMILE”.

Wow, waar begin ek om te sê hoe “GREAT, AWE-

SOME” en “FUN” die jaar se pinkster was saam die

kidz…kom ek begin by ons Pappa Vader, hy het

ons in die 4 dae bewus gemaak van hoe

(((BAIE))) ons beteken in die wêreld.

Ons (die leiers) het die middag voor pinkster ge-

oefen om “moves” uit te werk vir ons week se te-

ma lied: ‘let your light shine’ en het ons kidz

geskyn die week?! JA!!!

Maandagaand het ons in Matt 5 :14 gelees dat

ons die lig is vir die wêreld en ons het mekaar leer

ken en gejol en gejol en gejol EN gedans!

Dinsdagaand het ons al die ligte afgesit en toe

lees Izette waar God sê in Gen 13:21-22 “laat

daar lig wees” en toe was daar lig. Ons het die

ligte aan- gesit. Woensdagaand het ons gelees

oor Saulus wat verblind word deur ‘n skerp lig uit

die hemel…en was dit pret?! Ons het almal toe

oë gelê en gemaak of ons blind is, vergeet ek

amper ONS HET GEDANS en GEJOL en GESKYN.

Die kidz het dit so baie geniet maar, daar was

darem nog 1 aand oor en dit was ons laaste

aand. Woensdag het ons baie hard geoefen aan

ons dansie vir ons mamma’s en pappa’s wat vir

Phil Underwood luister in die kerk.

Elke aand het moeiliker geword om nag te sê

want ons almal wil net nog speel en rêrig, wie wil

nou al gaan slaap? Die laaste aand het aange-

breek en ons het toe met die kidz gereël om WIT

aan te trek en toe het ons gesels oor God wat ons

pottebakker is en Hy maak dat daar lig deur ons

krake (foute/sonde) skyn, maar hou altyd Sy hand

om die klei terwyl Hy ons maak wie ons is.

Ons het toe “glow in the dark sticks” om almal se

voete en hande gesit en toe verras ons die ouers

in die kerk met ons ‘let your light shine’ liedjie

waaraan ons die hele week geoefen het. Met

ons NEON ligte, FUN moves en fantastiese KIDZ

het ons dit opgevoer en die ouers met trane in hul

oë gelos…weer saaltjie toe om verder te JOL,

Bladsy 13 V O L U M E 2 , U I T G A W E 3

PINKSTER SAAM MET ONS KINDERS....

Page 15: Familienuus September 2011

GEROEP EN GESTUUR! “AWAKEN EN ACTIVATE”

Bladsy 14 F A M I L I E N U U S

Ek was bevoorreg om die “Awaken en Activate”ervaring saam met Elmarie en Phil by te woon. Ek het glad nie geweet wat om te verwag nie.

Die terugkyk na my lewe van amper 60 jaar was soms seer maar ook lekker om weer te onthou. Wat ‘n wonderlike ontdekking, God het my deur alles gedra. Al hierdie gebeure het my ge-vorm tot wie ek vandag is, en God was daar.

Die terugkyk na my storie was bevrydend. Ek het ‘n wonderlike identiteit van God ontvang - “jy is ‘n dogter van God”. Hy is my Pappa wat my beter ken as ekself en die ander rondom my. Hy rus my toe met krag om soos Paulus vir Hom te werk en ook soms stampe en stote te hanteer.

Ek het betrokke geraak by Buti se be-diening en wil hom help. Die Heilige Gees is besig om my voor te berei vir hierdie groot taak. Op die oomblik bly dit by Brood smeer sodat hy dit kan uitdeel by die asgat in Elarduspark. Ek bid vir hom vir sy werk wat hy onder die vreemdelinge, maar ook God se kinders doen. Hy is betrokke by baie ander pro-jekte. Ek is nog baie onseker oor my taak maar glo die Heilige Gees sal my wys wat en hoe en wanneer ek reg is daarvoor. Susan van Tonder

Hoe verduidelik ’n mens die ervaring wanneer God deur Sy Gees, jou verras met ’n totaal nuwe perspektief op jou menswees en roep-ing? Dis eintlik onmoont-lik, maar kom ons probeer. Die her-fokus” proses waarmee ons as geloofsfamilie besig is, het ons die afgelope tyd uitgedaag tot groot verskuiwings en vernuwings in ons menswees. Die “Geroep en Gestuur” (Awaken en Acti-vate) ervarings is in my ervaring die eerste proses wat werklik die diep kamers van ’n mens se hart ontsluit en oopmaak vir die werking van die Heilige Gees. Ons het elkeen beleef dat vernuwing in Jesus gebeur net as ons in absolute afhanklikheid en gehoor-saamheid, volledig, op Hom vertrou vir ons roeping en toekoms. In die proses “her-fokus” die Heilige Gees ons op die pad wat God eintlik vir ons in ged-agte het. Elkeen, ja, elke liewe mens in ons Geloofsfamilie wil ons deur hierdie ervaring lei. Ons wil dit deel met elkeen en ons wil sien hoe God ons geloofsfamilie total vernuwe, omdat ons en die mense om ons vernuwe word daardeur. Jy is nie net uitgenooi nie.... Jy is GEROEP EN GESTUUR om daarvan deel te word. Moenie hierdie geleentheid mis nie!

14/15 OKTOBER 2011 KOSTE: R175 P/P

Page 16: Familienuus September 2011

Hoe lyk jou hemel? Ek’s seker dat elkeen van ons, ons eie prentjie teken van die hemel in ons gedagtes! Wel, hier’s my hemel-prentjie: Ek’s mos ‘n bos-kind! In my hemel-prentjie is jy in die Bosveld. Maak toe jou oë en kom stap saam in my Bosveld-hemel-prentjie! Ek’s gevra om in hierdie Fami-

lienuus myself voor te stel. Ek kan

nie myself voorstel as ek nie die

mense in my lewe saambring nie.

Wie ek is het baie te make met die

mense in my lewe. Ek nooi jou om

saam met my en my mense te kom sit by ‘n

hardekool-vuur en saam ons storie te vertel.

As mens aan die Bosveld dink sien mens

onmiddellik ‘n klomp bome. Netso met my –

ek kan nie my lewe sonder mense indink nie!

Daar is ‘n ryke aantal bome in die Bosveld:

Kameeldorings, hardekool, kremetartboom,

sekelbos, swarthaak, hak-en-steek en nog

baie ander doringbome.

Met elke soort Bosveldboom kan ek mense in

my lewe mee assosieer. Die Kameeldoring-

mense – mense by wie ek altyd kan rustig

raak, myself word in hul ska-

duwee, groot uitgesprei.

Die Hardekool-mense –

mense wat sterk staan en

die lewe aanvat, ‘n Bosveld

-vuur met hardekool-hout

kan vir ure brand – netso

my mense, hulle gee nooit

op nie – hulle hou net aan

en maak die mense warm

om hulle. Die

Kremetartboom-mense – dis die mense wat

uitsteek bo almal en alles, die staatmakers in

my lewe, hulle gryp die lewe aan. Die

Sekelbos-mense is die mense wat “kleur” in

ONTMOET VIR: IZETTE MALAN (KINDERBEDIENING)

Bladsy 15 V O L U M E 2 , U I T G A W E 3

my lewe gee – het jy al die lantern-blomme

van die sekelbos in die somer beleef?

Dis sommer uitspattig mooi! Die hak-en-steek-

mense is die wat my net terug aarde

toe bring en my “sagkens”

terugtrek na Hom toe. Dan is daar al

die doring-in-my-vlees-mense – dis die

mense wat my gereeld herinner

hoekom ek so lief is vir hulle en vir wie

ek baie omgee.

Watter tyd in die Bosveld is die beste?

Natuurlik daai halfuur wat die dag en

die nag oorvleuel! Het jy al stil gesit en luister

hoe die dag rustig sterf en die nag ontwaak?

Dis asof daar ‘n afwagting, ‘n uitsien is vir

nag. Elke plant soek die lafenis van die koele

aand briesie, die insekte – ai al die besies wat

wakker word, die voëls – ‘n nonnetjie-roep

wat jou laat regop sit, of die naguiltjie wat

jou herinner aan God se genade en die di-

ere – ‘n jakkals se gesels-roep vir sy maat!

Maar dan die beste van die Bosveldnag – sy

sterreprag! In die Bosveld is die sterre net die

mooiste, mens voel dat hulle so helder-naby

jou is dat jy net kan strek

en aan hulle kan vat. In

die stêrre sien ek elke kind

wat my lewe kruis, my lewe

aanraak, my kom bederf

met hulle onskuldige-no-

nonsense-liefde! Ek weet

ek het ‘n hele hemelrium-

bosveld-kinders! Ek is baie

bevoorreg met al my

Bosveld-hemel-mense.

So, in my Bosveld-hemel ervaar ek al klaar ‘n

Bosveld-paradys. Dankie vir elkeen van my

Bosveld-mense wat my lewe ‘n ryke, grote

Bosveld-hemel maak!

Page 17: Familienuus September 2011

Ek het die voorreg gehad om van Mei tot Augustus die Getroue Getuies kursus aan te bied vir ons Gr 11 jongmense, ter voorbe-reiding en afronding vir belydenisaflegging. Dit was ongelooflik! Die Getroue Getuies kursus is ‘n kursus in evangelisasie. Uit gewoonte dink sommige van ons dadelik aan “konfrontering” of “prediking” of “uitreik” as mens die woord evangelisasie noem. Trouens, ek glo die woord “getuig” is meer gepas vir evange-lisasie. Om te getuig is anders as om te preek of te konfronteer. Wanneer mens getuig, ver-tel jy wat met jou gebeur het, wat jy gesien het, wat jy ervaar het. Getroue getuies help ons om te kan getuig oor ons verhouding met Jesus. Ons lewe in ‘n tyd wat Jesus vir ons die mandaat gegee het om vir die wêreld die goeie nuus te ver-kondig en mense met God te versoen. Dit is ons werk en taak as dissipels van Jesus, en soms skram ons weg daarvan af omdat ons voel dat iets ons daarvan verhinder: vrese, ongemaklikheid, onvermoë. Hierdie kursus het juis ten doel gehad om die Gr 11’s ‘n hupstoot te gee in hierdie wonder-like getuienis, en ook om hulle te help om na hulle eie verhale te kyk en ‘n deeglike greep te kry op die verhouding wat hulle met die Here het. Die kursus begin interessant genoeg eers met luistervaardighede, en gespreksvaar-dighede: waarna en hoe luister mens, en hoe vra jy vrae wat gesprek stimuleer. Daar-na word daar gefokus op die uniekheid van elkeen van ons se verhouding met die Here, en eers daarna begin die deel wat ons tradisioneel in ‘n kursus sou verwag. Die kennis inset van die Getroue Getuies kur-sus is ook baie verrykend. Daar word onder andere gekyk na die aard van ons geloof, die aard van die Koninkryk wat Jesus ver-

kondig het, en die aard van die Goeie Nuus wat Hy verkondig het. Die kursus leer ons om vaardig met hierdie sake om te gaan en dit maklik te kan integreer in gesprekke oor geloof en Jesus. Die jongmense het ook prakties hierdie nuwe vaardighede op mekaar geoefen, tot groot vermaak en diep leer ervarings van die hele groep. Ons Gr 11 groep van 2011 is ‘n besonderse

groep jongmense, en hulle is na ons tyd saam

vaardig om dit te doen waarvoor ons lewe, te

getuig van ‘n liefdevolle Vader en ‘n genade

Here, deur die krag van die Heilige Gees.

GETROUE GETUIES.. BEGIN UITLEEF!

Bladsy 16 F A M I L I E N U U S

Page 18: Familienuus September 2011

Ons is in Koninkrykstyd in die litur-giese/kerklike jaar, in Engels word dit “Ordinary Time” genoem. Dit is die tyd tussen Pinkster en Kersfees, ons noem dit “Die Tussenin” by die aanddiens.

Hierdie tydperk in die kerklike jaar is die langste van al die tye/seisoene, en dit bied vir ons ‘n geleentheid om breedvoerig en in diepte na te dink oor wat dit beteken om ‘n vol-geling van Jesus te wees. Die “Tussenin” beskryf ook iets van die toestand van ‘n reisiger, dat hy/sy altyd tussenin die een en die ander is. Dit is die “vibe” van die aand-diens tot die einde van die jaar.

Ons is op soek na “wysheid” vir ons lewenswandel in klomp verskillende areas. Ons het in Julie en Augustus in twee vier-week siklusse stilgestaan by die wysheid van “roetine” en ook die wysheid van “gehoorsaamheid”. Dit behels dat ons in die aand eredienste stilstaan by hierdie tema en saam met me-kaar die Bybel lees en ontdek wat dit beteken in ons lewens as geloofsfamilie van Pierre van Ryneveld.

Dit behels ook dat ons dan as deel van ons daaglikse lewe stilstaan by hierdie tema en nadink daaroor aan die hand van vrae of ‘n inset daaroor. Beide van die siklusse was ‘n fantastiese belewenis, om saam te ontdek en saam aksie te neem na aanleiding van wat ons in die Bybel lees, is voorwaar ‘n avontuur. Dit kweek ‘n eenheid en samehorigheid wat op min ander plekke gesien kan word.

Om saam op ‘n “mission” te wees is definitief een van die grootste voorregte van Christenwees.

Ons hou daarvan om van die

aanddiens bywoners te dink as ‘n

familie, en die familie se deure

staan natuurlik wawyd oop vir

enigeen om saam met ons te reis.

Kom geniet energieke musikale

aanbidding saam met ons, terwyl

ons soek na die “wysheid” van die

lewe in die alledaagse, terwyl ons

tussenin is.

Die aanddiens is elke Sondgaand

van 18:30 tot 20:00

“DIE TUSSEN-IN” - AANDDIENS!

Bladsy 17 V O L U M E 2 , U I T G A W E 3

Ryno Meyer Gemeentejaar (Aanddiens)

Page 19: Familienuus September 2011

Bladsy 18 F A M I L I E N U U S

Die week van die vakansieprogram het ons groen gegaan - en het ons nie GROEN ge-gaan nie. Groen serpe, groen klei, groen koeldrank, groen verf, groen hotdogs-sous, groen cap-cakes, groen pannekoek, groen rys, groen mash, groen veters en BRUIN hot choclate!!! Ons kuier saam met Shrek wat vir niks bang is nie (Dawid wat vir Goliat aanpak) tot Shrek wat nie sonder sy familie kan wees nie (Josef wat nie langer kon stilbly voor sy broers nie). Ons verf, ons plak, ons ry J-bord, ons eet roomys, ons ry fiets, ons kleur in, ons sing & dans, ons skryf briefies, ons hardloop op-en-af mini "Stone Hedge" toe, ons kuier en kuier!! Ek dink die beste ding wat gebeur het is die verhoudings wat gebou is. Veral tussen die kinders en die groepleiers. Die groepleiers was en is net “stunning”! Baie dankie vir julle tyd wat julle afgestaan het vir die kinders - julle het nie 'n idee wat julle omgee & liefde vir die kinders beteken nie! Julle het Shrek-familie vir die kinders gewys!

Baie dankie vir die groen pannekoeke, verf & klei Tannie Susan. Baie dankie dat ons net altyd op jou knoppie kan druk & jy help ons! Lizette, ek kon net vra en dit gebeur - baie baie dankie. Riana - baie dankie vir jou raad, kos maak (veral die groen rys), groen cupcakes en sommer vir die dissipline ook!Ook vir die ma's wat in die middae kom help het en die kan-toorpersoneel wat net uitgehou het. ‘n Groot spesiale dankie aan die groepleiers. ‘n Mens se lewe word toe gegooi met julle liefde, menswees, insig, pret-maak en julle passie om ander te dien! Julle deel van julle elkeen se unieke, menswees met die kinders, het hulle lewens net ongelooflik baie aanger-aak. Baie dankie! Al die eer aan ons Hemelse Vader wat ons opgepas het (net 'n paar steke was nodig), vir al ons energie wat Hy gegee het, vir elke kinder-gesiggie wat ons elke dag opgehelder het.

“SHREK” IN PVR ... VAKANSIEPROGRAM!

Groen “Shrek” Pannekoeke—Gril lekker!

Page 20: Familienuus September 2011

Bladsy 19 V O L U M E 2 , U I T G A W E 3

Die Solo bediening is vir al die enkelouers in die Gemeente. Die naam “Solo” impliseer ‘n persoon wat besonder begaafd is om ‘n al-leen vertoning te lewer met sang, dans, of ‘n instrument , maar wat tog binne n groter prentjie inpas! So beskou ons al ons enkelouers as Soliste, wat elkeen ‘n meester van hulle vaar-dighede as enkelouers is, en wat ‘n sinvolle bydrae lewer tot hulle gesinne en die ge-meenskap. Elke jaar by die Solo kamp, word die Soliste saamgevoeg tot ‘n simfonie! Dan ontdek ons mekaar op ‘n nuwe wyse. Ouers kry die kans om te ontspan en mekaar te versterk met hulle wyshede. Kinders kry geleendheid om te karjakker, en te gesels met jeugmentors indien nodig. Daar word grappies gemaak, geëet, geswem, gespeel, gesels, gegiggel, geslaap, gestap, en sommer net “gesolo en gesinfonie”! Die eerste kamp vir die Soliste is 4 jaar terug gehou. Sederdien gaan dit van krag tot krag, en het dit ‘n bekostigbare oase op die jaar-likse kalender geword. Hierdie jaar is geen uitsondering nie, en die kamp geskied van 21-23 Oktober by Nylstroom Lodge. Maak NOU kontak met Lizette Klinkhamer by

078 077 9394 of e-pos haar: [email protected]

(onthou dat die geld jou nie mag keer nie...

daar is bystand!)

SOLO..KAMP SAAM!

Soms het dit gevoel asof God ons totaal en al verlaat het. Ek het gebid, soms het dit gevoel asof ek my knieë deur bid en God antwoord nie.

Ek het Bybel gelees van die oggend tot die aand, skriffies gekry en elke dag opgestaan met die hoop, miskien vandag, net miskien sal alles vandag beter gaan, maar dit het nie.

Finansieël het dit broekskeur gegaan en baie dae het ek letterlik gesit en wonder waar gaan daar doeke vir my seun vandaan kom? Waar gaan sy medisyne wat die medies nie dek nie, vandaan kom? Waar gaan die geld vandaan kom om al ons finansiële verpligtinge te dek? Elke einde van die maand het ek ‘n maagseer ontwikkel, maar elke einde van die maand het God tog gesorg. Hulp het van alle oorde af gekom.

Ek en my man se werksituasie het verbeter, en ons het begin inkomste verdien.

Ons het getrek en skielik is dit weer deposito, huur, water en ligte aansluiting ens , hier begin die stres alweer, maar God is groot en Hy sorg weer. Ek kry ‘n kontrak wat verseker dat uitgawes nie vir my ‘n probleem sal wees nie.

Tussen al die finaniële swaarkry deur het ek en my seun wipplank gery met ons gesondheid en gaan daar nie ‘n dag verby wat hy nie absoluut ondraaglike pyn het nie, maar hierdie seuntjie het my ook geleer, God gee ons REGTIG nie meer as wat ons kan hanteer nie. Ten spyte van die pyn glimlag hy, hy glimlag ALTYD, want God LEEF in sy hart, en deur hom het God ons hele gesin aangeraak.

Ons is positief, ons glimlag, ons is dankbaar. Dis die belangrikste les, ons is dankbaar vir wat ons het, want ons weet wat ons NIE gehad het nie.

Ek glo daar gaan nog bekomemrnisse op ons pad kom en pyn en siekte, maar dit kan maar kom, want ons gesin weet, GOD IS GROOT – HY VOORSIEN! (Chrissi Malherbe)

ONS GETUIENIS

Page 21: Familienuus September 2011

Bladsy 20 F A M I L I E N U U S

Bedieningspan:

Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected] Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected] Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected] Karel Verhoef - 662 2908 / 083 297 1242 > [email protected] Stephan Joubert - [email protected] Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected] Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected]) Elmarie van Wyk - 072 238 0549 > [email protected] Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected] Ryno Meyer (Gemeentejaar - 082 460 2103 > [email protected]

Henk en Lizelle Faber (YA’s) - 082 375 2033 > [email protected]

NAVRAE EN INLIGTING 012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]

www.pvr .co.za

KONTAK

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected] Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected] Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected] Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected] Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected] Alta Potgieter (Koster): 0828181622 Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923 Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901 Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns) Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658 SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630

Sondae: Skoolvakansies 09:00 - Erediens

13:00 - Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolkwartale 08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

18:30 - Vars!

TYE

Kerkkantoor: Ma: 11:00—16:00 Di - Do: 08:00—16:00 Vr: 08:00 - 13:00

B A N K B E S O N D E R H E D E

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

Page 22: Familienuus September 2011

Saterdag 29 Oktober

Gemeenskapskerk gronde 06:30 Pretdraf/Funrun 09:00 Basaar/Fete Gholf - “Pitch kompetisie Boeresport(s) Kindervermaak en Spele 10:00 Baba Olimpiade Brei en Spykerkap Kompetisie 11:00 Mnr/Mej. Pierre van Ryneveld 15:00 Jeugprogram 17:00 Rugby: Curriebeker Finaal 19:00 Wynveiling Wildsfees Thys die Bosveldklong

Saterdag 29 Oktober

Ryneveld Sentrum (Spar) 08:30 Spinning kompetisie Designer Physique 10:00 Sterkman Kompetisie

Lifestyle Sentrum 10:00 Fiksheidskompetisie Curves

Van Ryneveld weg 13:00 Valskermspringers Oggend: 4x4 Kompetisie Oggend: M.T.B. Wedren Heeldag uitstallings

Vrydag 28 Oktober

19:00 Verskeidenheids konsert

Gemeenskapskerk Ouditorium Ons kies “Die Snor” van PvR! Verskeie plaaslike kunstenaars!

Sondag 30 Oktober Gemeenskapskerk Lofdienste 08:00 en 10:00