fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_web... ·...

305
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf J AARBOEK 2013 DEEL 12

Upload: others

Post on 28-Dec-2019

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Dekaan:Prof JA VolminkBSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf

JAARBOEK 2013DEEL 12

Page 2: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

1

INHOUDSOPGAWE

1. Algemene Inligting 3 2. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 14 3. Programaanbod 25

Grade en Diplomas 25 Baccalaureusgrade 27 Baccalaureus in Geneeskunde en Baccalaureus in Snykunde (MB,ChB) 27 Baccalaureus in Arbeidsterapie (BArb) 39 Baccalaureus in die Natuurwetenskappe in Dieetkunde (BScDieetk) 44 Baccalaureus in die Natuurwetenskappe in Fisioterapie (BScFisio) 50 Baccalaureus in Spraak-Taal- en Gehoorterapie (BSpraak-Taal en Gehoor) 58

Verlengde Graadprogramme (VGP) 64 Verlengde Graadprogram (VGP) vir MB,ChB 64 Verlengde Graadprogram (VGP) vir BSc in Dieetkunde 66 Verlengde Graadprogram (VGP) vir BSc in Fisioterapie 66 Verlengde Graadprogram (VGP) vir B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie 68

Honneursgrade 70 Honneurs-Baccalaureus in die Natuurwetenskappe 70 Honneurs-Baccalaureus in Verpleegkunde 91

Magistergrade 96 Magister in Arbeidsterapie 96 Magister in Geneeskunde 99 Magister in die Natuurwetenskappe 145 Magister in die Wysbegeerte 165 Magister in Fisioterapie 180 Magister in Menslike Rehabilitasiestudies 183 Magister in Oudiologie 185 Magister in Patologie 186 Magister in Spraak-Taalterapie 187 Magister in Verpleegkunde 188

Page 3: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

2

Magister in Voeding 192

Doktorsgrade 194 Doktor in die Natuurwetenskappe 194 Doktor in die Wysbegeerte 195 Transdissiplinêre Doktorale Program toegespits op Kompleksiteit en Volhoubaarheidstudies 199 Diplomas 202 Nagraadse Diploma in Beroepsgeneeskunde 202 Nagraadse Diploma in Farmaseutiese Geneeskunde 204 Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek 207 Nagraadse Diploma in Huisartskunde 209 Nagraadse Diploma in Infeksiebeheer 212 Nagraadse Diploma in Verpleegkunde 213 Nagraadse Diploma in Verslawingsorg 219

4. Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme 222 5. Navorsings- en Diensinstansies 297

Page 4: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

3

1. ALGEMENE INLIGTING

VASTE UITNODIGINGS AAN ALLE OUDSTUDENTE

Die Registrateur nooi hiermee alle oudstudente van die Universiteit van Stellenbosch hartlik uit om hom skriftelik van adresveranderings te verwittig. Die Registrateur verneem voorts baie graag van akademiese of ander onderskeidings wat deur oudstudente behaal is, asook die titels van publikasies deur hulle uitgegee. Die Senior Direkteur: Biblioteek- en Inligtingsdiens ontvang eweneens met graagte eksemplare van sulke publikasies namens die Universiteitsbiblioteek.

TAALBELEID EN -PLAN: OPSOMMING

Die amptelike Taalbeleid en -plan van die Universiteit van Stellenbosch is in 2002 deur die Raad van die Universiteit goedgekeur. Die volgende opsomming word verskaf in belang van bondigheid, maar moet gelees word in samehang met, en ondergeskik aan die volledige Taalbeleid en -plan. Die volledige weergawe is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/taal.

Taalbeleid

1. Die Universiteit is verbind tot die gebruik en volgehoue ontwikkeling van Afrikaans as akademiese taal in ʼn meertalige konteks. Taal word aan die Universiteit gebruik op ʼn wyse wat gerig is op die omgang met kennis in ʼn diverse samelewing.

2. Die Universiteit erken die besondere status van Afrikaans as akademiese taal en aanvaar ook die verantwoordelikheid om dit te bevorder. Terselfdertyd word rekening gehou met die status van Engels as internasionale kommunikasietaal en isiXhosa as ontluikende akademiese taal.

3. Die Universiteit onderskei tussen die gebruik van die drie tale op die volgende maniere:

Afrikaans is voorgraads by verstek die leer- en onderrigtaal terwyl Engels op nagraadse vlak tot ʼn groter mate gebruik word.

isiXhosa word bevorder as ontluikende akademiese taal en geleenthede word geskep vir studente en personeel om kommunikasievaardighede in isiXhosa te verwerf.

4. Die institusionele taal van die Universiteit is by verstek Afrikaans, met Engels wat na gelang van omstandighede ook as interne kommunikasietaal gebruik word. Al drie tale word, waar doenlik, vir eksterne kommunikasie gebruik.

Page 5: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

4

Taalplan

1. Die Taalplan onderskei tussen die implementering van die beleid in leer- en onderrigsituasies en in die ondersteuningsdienste en bestuur.

2. In die leer- en onderrigsituasies word keuses uitgeoefen vir verskillende taalopsies na gelang van die taalvermoë van die dosent en die samestelling van die studente en die program. Hierdie taalopsies word in ʼn hiërargie geplaas en ʼn motivering moet voorgelê word indien die verstekopsie nie gevolg word nie (kyk punt 4 vir besonderhede).

Die Universiteit kan, in buitengewone en dwingende omstandighede, afwyk van die taalspesifikasie van ʼn module of program, met dien verstande dat enige sodanige afwyking na elke semester hersien moet word ten einde te bepaal of die voortsetting daarvan steeds regverdigbaar is. Die dekane hanteer hierdie proses en doen verslag daaroor aan die Uitvoerende Komitee (Senaat). Die Taalkomitee moet ingelig word oor alle sodanige afwykings en moet die geleentheid kry om navraag daaroor te doen, indien nodig.

3. Daar is drie algemene riglyne wat geld t.o.v. die taal van leer en onderrig in die klas:

Taalonderrigmodules vind hoofsaaklik in die doeltaal plaas (bv. isiXhosa word hoofsaaklik onderrig in isiXhosa, Mandaryns in Mandaryns) en opdragte, toetse en eksamens word dienooreenkomstig opgestel en beantwoord.

In alle ander modules word vraestelle in Afrikaans en Engels opgestel en die student mag in Afrikaans of Engels antwoord.

Tensy taalverwerwing of taalstudie die doel van ʼn module is, kan studente vrae vra en antwoorde verwag in Afrikaans of Engels.

4. Die verskillende taalspesifikasies word as volg uitgeoefen en geïmplementeer deur departemente (bg. drie punte geld deurgaans vir alle opsies):

A-spesifikasie* Rasionaal Geld as verstek vir alle voorgraadse modules. Dit beteken dat geen motivering aangebied hoef te word vir die uitoefening van hierdie opsie nie.

Kenmerke Onderrig is hoofsaaklik in Afrikaans. Studiemateriaal (handboeke, notas, transparante, elektroniese leer- en

onderrigmateriaal) kan in Afrikaans en/of Engels wees.

Page 6: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

5

Studieraamwerk is in Afrikaans en Engels.

T-spesifikasie* (tweetalige klasse) Rasionaal Word gebruik vir klasse waar

studente se taalvaardighede meer gebruik van Engels noodsaak ʼn program aangebied word wat uniek is tot die Universiteit meertaligheid belangrik is in die konteks van ʼn spesifieke beroep die dosent nog nie Afrikaans voldoende beheer nie.

Kenmerke Onderrig is vir ten minste 50% van die tyd in Afrikaans. Handboeke en leeswerk is in Afrikaans en/of Engels. Studienotas, transparante en elektroniese leer- en onderrigmateriaal

volledig in Afrikaans en Engels of afwisselend in Afrikaans en Engels.

E-spesifikasie (hoofsaaklik Engels as onderrigmedium) Rasionaal Word by hoë uitsondering gebruik vir

unieke programme in Suid-Afrika programme waar studente nie voldoende akademiese taalvaardighede

het nie (buitelandse of Engelssprekende studente) modules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie streeksamewerking en strategiese doelwitte wat Engels noodsaak.

Kenmerke Onderrig is primêr in Engels. Handboeke en leeswerk is in Afrikaans en/of Engels. Notas is in Engels met kernnotas in Afrikaans. Transparante, elektroniese leer- en onderrigmateriaal is in Engels.

A & E-spesifikasie (afsonderlike ‘strome’ in Afrikaans en Engels) Rasionaal Word by hoogste uitsondering gebruik wanneer akademies en finansieel verantwoordbaar en haalbaar vir

modules met ʼn groot getal studente streeksamewerking en strategiese doelwitte

Page 7: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

6

programme wat met satelliettegnologie of interaktiewe telematiese onderwys aangebied word.

Kenmerke Die kenmerke van die A- en E-opsies geld onderskeidelik hier. * Vir beide hierdie opsies is akademiese taalvaardigheid in Afrikaans en Engels noodsaaklik vir suksesvolle studie.

5. In die ondersteuningsdienste en bestuur is die taal van kommunikasie by verstek Afrikaans en alle amptelike dokumente van die Universiteit is in Afrikaans beskikbaar. „By verstek‟ beteken egter nie „uitsluitlik‟ nie, en belangrike beleidsdokumente is daarom in Engels beskikbaar en kommunikasie met personeel vind ook in Engels plaas. Riglyne word neergelê vir die taal van vergaderings. Dokumente wat verband hou met diensvoorwaardes van personeel is beskikbaar in Afrikaans, Engels en isiXhosa.

6. Skriftelike kommunikasie met studente vind plaas in Afrikaans en Engels en werwing vind, waar moontlik, ook in isiXhosa plaas. Mondelinge kommunikasie vind in Afrikaans of Engels volgens die voorkeurtaal van die student plaas.

7. Die korporatiewe beeld van die Universiteit weerspieël die Taalbeleid en -plan.

8. ʼn Taalkomitee word deur die Raad aangewys om die Taalbeleid en -plan uit te voer.

9. Die Taalsentrum aanvaar die verantwoordelikheid vir die verskaffing en/of koördinering van die tersaaklike taalondersteuning wat vir die effektiewe uitvoering van die Taalbeleid en -plan vereis word.

LET WEL: ʼn Verdere verduideliking van die taalspesifikasies en die taalspesifikasie van individuele modules word onder die afdeling Vakke, Modules en Module-inhoude aangetref.

GEDRAGSKODE VIR TAAL IN DIE KLASKAMER

Hierdie Gedragskode is opgestel met die doel om praktiese riglyne te verskaf ten opsigte van die verstaan en toepassing van die US se Taalbeleid en -plan wat in 2002 deur die Universiteitsraad aanvaar is. Dit is vir die Raad belangrik dat die US se Taalbeleid en -plan met integriteit toegepas word. Die Kode word aangebied as ʼn meganisme wat kan help om moontlike probleme of onduidelikhede op ʼn konstruktiewe wyse te hanteer.

Page 8: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

7

Die kernbeginsel wat die daaglikse omgang met taal op die kampus rig, is dat alle personeel, studente en kliënte van die Universiteit die verantwoordelikheid en verwagting sal hê dat taalkwessies en -dispute in ʼn gees van samewerking en ʼn soeke na werkbaarheid aangepak en hanteer sal word. In die Gedragskode word ʼn onderskeid getref tussen die verantwoordelikhede en verwagtings van dosente en studente. Die normale prosedures geld vir akademiese klagtes oor taalkwessies. Die Taalbeleid en -plan stel die minimum taalvereistes vir studente wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer (Taalplan 2002:5). Studente wat ʼn A-module of T-module volg, benodig in die algemeen akademiese taalvaardigheid in sowel Afrikaans as Engels vir effektiewe studie op voorgraadse vlak. In nagraadse studie word ʼn hoër vlak van akademiese taalvaardigheid in Afrikaans en/of Engels vereis. Ten opsigte van dosente, veral wat betref hulle verpligtinge om werkopdragte, toetse en vraestelle in Engels en Afrikaans op te stel en te assesseer, word daar verwag dat hulle binne ʼn redelike tydperk vanaf hulle aanstelling, genoeg reseptiewe vaardighede (luister en lees) in Afrikaans en Engels sal ontwikkel om klasbesprekings te volg, opdragte en eksamenvrae in albei tale op te stel, en die antwoorde van studente in albei tale te verstaan. Dit moet hulle ook in staat stel om oor die ekwivalensie van vertalings te oordeel en antwoorde in Afrikaans en Engels regverdig te beoordeel.

Dosente se verantwoordelikhede Dosente het die verantwoordelikheid om – 1. die taalspesifikasie van ʼn gedoseerde module uit te voer, in

ooreenstemming met die voorskrifte van die Taalplan (kyk veral par. 3 van die Taalplan).

2. die taalspesifikasies na gelang van omstandighede (nuwe teksboeke, ander dosente) te hersien en aan te pas soos nodig.

3. die keuses en alternatiewe waarvoor die taalspesifikasie voorsiening maak aan die begin van die onderrig van ʼn module kortliks aan studente bekend te maak, mondeling en in die moduleraamwerk.

4. te verseker dat vrae in werkopdragte, toetse en eksamens presies dieselfde inhoud in Engels en Afrikaans het.

5. voldoende taalvaardigheid te ontwikkel om werkopdragte, toetse en eksamens in Afrikaans en Engels na te sien, of andersins bevredigende reëlings te tref dat dit plaasvind.

Page 9: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

8

6. te verseker dat, in ooreenstemming met die riglyne vir die T-opsie (kyk 3.3.1.2 van die Taalplan), studente se taalvaardighede in Afrikaans en Engels genoegsaam ontwikkel en die nodige maatreëls in plek gestel word om Afrikaanse en Engelse vaktaalvaardigheid te verseker.

7. te alle tye daarna te streef om hoflik en akkommoderend op te tree wanneer situasies hanteer moet word wat met taalgebruik te make het (bv. wanneer vrae in die klas in Engels gevra word as die taalspesifikasie van die module A is).

Dosente se verwagtings Dosente kan van studente verwag dat – 1. hulle kennis sal neem van die eienskappe van die taalspesifikasie soos

van toepassing in die spesifikasie wat vir ʼn module geld (kyk par. 3, Taalplan).

2. hulle so vroeg moontlik die dosent in kennis sal stel van hulle behoeftes ten opsigte van akademiese taalvaardigheid.

3. hulle die gees van die Taalbeleid en -plan, veral ten opsigte van die ontwikkeling van vaardighede in ʼn taal wat nie hulle voorkeurtaal is nie, sal respekteer deur doelbewus aandag te skenk, aktief deel te neem in die klas en mee te werk aan hulle kennis van vakterminologie en vakdiskoers in albei tale. Hierdie verwagting geld veral ten opsigte van die T-spesifikasie vir modules.

Studente se verantwoordelikhede Studente moet die verantwoordelikheid neem om – 1. hulle te vergewis van die taalopsies vir elke module en veral van die

konsekwensies daarvan, bv. dat vertalings in sommige omstandighede nie beskikbaar sal wees nie.

2. eerlik en openhartig te wees omtrent hulle taalvaardighede en die verantwoordelikheid vir vroegtydige en gepaste optrede te neem indien hulle probleme ondervind.

3. doelbewus die reseptiewe vaardighede (luister en lees) in die nie-voorkeurtaal van leer en onderrig deur aktiewe deelname in die klas te ontwikkel.

4. die voorgeskrewe materiaal (veral handboeke) te koop en te gebruik om hulle taalvaardigheid in die vak te verbeter.

5. hoflik en akkommoderend te wees en op te tree in situasies waar taalgebruik ʼn kwessie is, bv. ten opsigte van die probleme van die minderheidstaalgroep in ʼn klas.

Page 10: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

9

6. te aanvaar dat (ʼn) enkele student(e), vanweë tekortkominge in sy/hulle taalvaardigheid, nie ʼn vetoreg ten opsigte van die gebruik van Afrikaans of Engels in die klassituasie mag (probeer) uitoefen nie.

Studente se verwagtings Studente kan verwag dat – 1. hulp in taalvaardigheidsontwikkeling verskaf sal word indien hulle

akademiese taalvaardigheid in Afrikaans en/of Engels onvoldoende is. 2. hulle vrae kan vra en besprekings kan voer in Afrikaans of Engels (tensy

ander tale, soos in taalmodules, vereis word), met inagneming van mekaar en die dosent se taalvaardighede.

3. Afrikaanse en Engelse weergawes van werkopdragte en vraestelle beskikbaar sal wees en dat dit dieselfde inhoud sal hê.

4. daar sensitiwiteit sal wees vir taalprobleme, sodat taalfoute wat in eksamensituasies begaan word, met diskresie beoordeel sal word.

NIE-RASSIGHEID

Die Universiteit van Stellenbosch laat studente van enige ras, kleur, nasionaliteit of etniese herkoms toe tot al die regte, voorregte, programme en aktiwiteite wat in die algemeen aan studente van die Universiteit verleen of beskikbaar gestel word. Die Universiteit diskrimineer nie op grond van ras, kleur, nasionaliteit of etniese herkoms by die uitvoering van sy opvoedkundige beleid, sy beurs- en leningsprogramme, of sy sportprogramme nie.

LET WEL: 1. In hierdie publikasie sluit woorde wat die manlike geslag aandui die

vroulike geslag in, tensy die samehang van die woorde uitdruklik die teendeel aandui of daarmee strydig is.

2. Studente moet, voordat hulle finaal besluit oor hulle keuse van modules wat in ʼn spesifieke akademiese jaar gevolg gaan word, die klas-, toets- en eksamenroosters sorgvuldig nagaan. Waar dit dan blyk dat enige twee voorgenome modules binne dieselfde tydgleuf op ʼn spesifieke rooster val, mag die twee modules nie saam gevolg word nie.

3. Die Universiteit behou hom die reg voor om te eniger tyd wysigings aan die Jaarboek aan te bring. Die Raad en die Senaat van die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat in die inhoud van die Jaarboek mag voorkom nie. Alle redelike sorg is egter gedra om te verseker dat die Jaarboek die tersaaklike inligting wat met die ter perse gaan beskikbaar was, akkuraat en volledig weergee.

Page 11: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

10

4. Deel 1, 2 en 3 van die Jaarboek bevat algemene inligting wat op alle studente van toepassing is. Studente word versoek om hulle te vergewis van die eksamen- en promosiebepalings in die hoofstuk oor Universiteits-eksamens in Deel 1 van die Jaarboek.

JAARBOEKVERDELING

Gerieflikheidshalwe is die Jaarboek in die volgende dele verdeel:

Algemeen Deel 1

Beurse en Lenings Deel 2

Studentegelde Deel 3

Lettere en Sosiale Wetenskappe Deel 4

Natuurwetenskappe Deel 5

Opvoedkunde Deel 6

AgriWetenskappe Deel 7

Regsgeleerdheid Deel 8

Teologie Deel 9

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Deel 10

Ingenieurswese Deel 11

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Deel 12

Krygskunde Deel 13

Afrikaanse (Deel 1 – 12) en Engelse kopieë van die afsonderlike dele is op aanvraag by die Registrateur verkrygbaar.

KOMMUNIKASIE MET DIE UNIVERSITEIT

Studentenommer

By die hantering van nuwe formele aansoeke ken die Universiteit aan elke aansoeker ʼn nommer toe. Die nommer dien as unieke identifikasie van die betrokke individu om toekomstige kommunikasie te vergemaklik. In die Universiteit se “taal” noem ons hierdie nommer u studentenommer. Die blote toekenning van so ʼn studentenommer impliseer egter nie dat die aansoeker finaal aanvaar is vir die gevraagde studieprogram nie. Vir aanvaarding al dan nie word aparte briewe uitgestuur. Wanneer u studentenommer aan u bekend gemaak is, moet u dit asseblief in alle toekomstige korrespondensie met die Universiteit vermeld.

Page 12: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

11

Adresse van die Sentrale Administrasie

Korrespondensie in verband met akademiese aangeleenthede, d.w.s. studie-aangeleenthede, beurse en lenings, ens., asook koshuisplasings, moet gerig word aan: Die Registrateur Universiteit van Stellenbosch Privaat Sak X1 MATIELAND 7602

Korrespondensie in verband met finansiële en dienste-aangeleenthede, insluitend diensaspekte van koshuise, moet gerig word aan: Die Uitvoerende Direkteur: Bedryf en Finansies Universiteit van Stellenbosch Privaat Sak X1 MATIELAND 7602

Ander amptelike adresse

Die Dekaan Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Posbus 19063 TYGERBERG 7505

Afdeling Studentesake (Nie-akademiese sake) Neelsie Privaat Sak X1 MATIELAND 7602

Page 13: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

12

Belangrike Telefoon- en Faksnommers

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Tygerberg

Telefoon

Faks

Direkteur: Besigheidsbestuur: ESA Mouton

(021) 938 9054/ (021) 938 9437

(021) 933 6330

Adjunkregistrateur: P Retief (021) 938 9379 (021) 938 9060 Hoof: Kursusse en Fakulteitsekretaris: JE Coetzer

(021) 938 9204 (021) 938 9060

Hoof: Eksamens: MA de Vries (021) 938 9309 (021) 932 5977 Keuringsbeampte (Medies): E van Wyk

(021) 938 9203 (021) 931 9834

Keuringsbeampte (Aanvullende Gesondheidswetenskappe): C de Doncker

(021) 938 9533 (021) 931 9834

Beursnavrae: P Lewis (021) 938 9458 (021) 931 9834 Losies: A Scholtz (021) 938 9378 (021) 931 9834 Aansoek om toelating (Stellenbosch): JJ Spies

(021) 808 4842 (021) 808 4499

Gesondheidswetenskappe-biblioteek (Tygerberg)

(021) 938 9368 (021) 933 7693

Groot eenhede volgens kampus

Biblioteek (JS Gericke) (Stellenbosch)

(021)808 4385/ (021) 808 4883

(021) 808 4336

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Fakulteit (Tygerberg)

(021) 938 9111 (021) 931 7810

Krygskunde, Fakulteit (Saldanha)

(022)702 3999 (022) 814 3824

Nagraadse Bestuurskool (Bellvillepark)

(021) 918 4111 (021) 918 4112

Skool vir Publieke Leierskap (Bellvillepark)

(021) 918 4122 (021) 918 4123

Telematiese Dienste (Stellenbosch)

(021) 808 3563 (021) 808 3565

Page 14: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

13

Ander eenhede

Beurse (Nagraadse kandidate) (021) 808 4208 (021) 808 2739 Beurse en Lenings (Voorgraadse kandidate)

(021) 808 9111 (021) 808 2954

Eksamens (021) 808 9111 (021) 808 3822 Kommunikasie en Skakeling (021) 808 4633 (021) 808 3800 Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK)

(021) 808 4628 (021) 808 3799

Navorsingsontwikkeling (021) 808 4914 (021) 808 4537 Ontwikkeling en Alumniverhoudings

(021) 808 4020 (021) 808 3026

Sentrum vir Onderrig en Leer (Verlengde Graadprogramme)

(021) 808 3717 (021) 886 4142

Sentrum vir Studentegemeenskappe

(021) 808 2848 (021) 808 2847

Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling

(021) 808 3894 (021) 808 4706

Fakulteitsekretarisse

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Aansoeke, Stellenbosch

(021) 808 9111 (021) 808 3822

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Tygerberg

(021) 938 9204 (021) 931 7810

AgriWetenskappe (021) 808 9111 (021) 808 3822 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

(021) 808 9111 (021) 808 3822

Ingenieurswese (021) 808 9111 (021) 808 3822 Krygskunde (021) 808 9111 (021) 808 3822 Lettere en Sosiale Wetenskappe (021) 808 9111 (021) 808 3822 Natuurwetenskappe (021) 808 9111 (021) 808 3822 Opvoedkunde (021) 808 9111 (021) 808 3822 Regsgeleerdheid (021) 808 9111 (021) 808 3822 Teologie (021) 808 9111 (021) 808 3822

Page 15: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

14

2. DIE FAKULTEIT GENEESKUNDE

EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE

INLEIDING

Die Fakulteit Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bestaan uit tien akademiese departemente, naamlik Anestesiologie en Kritieke Sorg, Biomediese Wetenskappe, Mediese Beelding en Kliniese Onkologie, Chirurgiese Wetenskappe, Geneeskunde, Interdissiplinêre Gesondheids-wetenskappe, Patologie, Pediatrie en Kindergesondheid, Psigiatrie en Verloskunde en Ginekologie. Elke departement word bestuur deur ‟n uitvoerende departementshoof. Met die uitsondering van vier departemente, bestaan elke departement uit afdelings, elk met ‟n afdelingshoof. Die fakulteitsbestuur bestaan uit die dekaan, ‟n visedekaan: onderrig, ‟n visedekaan: navorsing, ‟n visedekaan: gemeenskapsdiens en -interaksie en ‟n direkteur: besigheidsbestuur. Die Fakulteit huisves ongeveer 3 000 voltydse voor- en nagraadse studente en lewer gemiddeld 160 geneeshere, 60 spesialiste en 180 gegradueerdes en gediplomeerdes uit die aanvullende gesondheidswetenskappe per jaar. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is ‟n inrigting met kenmerkend uitnemende akademiese opleidingsprogramme, gegrondves op navorsing van hoogstaande gehalte en goed geïntegreerde administratiewe en komiteestrukture. Dit voorsien in die behoeftes van die verskeidenheid gesondheidsdissiplines in die Wes-Kaap, die res van Suid-Afrika en Afrika. Die opleidingskompleks bestaan uit die Tygerberg-hospitaal, die Kliniese Gebou, die Fisangebou en die Onderwysblok met moderne lesing-, biblioteek-, rekenaar- en laboratoriumfasiliteite, asook ‟n Kliniese Vaardigheidsentrum. Onderrig- en navorsingsaktiwiteite vind ook toenemend in perifere gesondheidsfasiliteite in die res van die Wes-Kaap plaas. Die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid voorsien hierdie platform vir diens, opleiding en navorsing vir voor- en nagraadse studente in landelike gebiede. Die Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderwys versterk die Fakulteit se reputasie van voortreflikheid op die gebied van onderrig en navorsing met sy sterk akademiese fokus op die kwaliteit van onderrig. Benewens die akademiese aktiwiteite, word plaaslike ontwikkelings- en steundienste vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe volgens ‟n matriksmodel onder toesig van die volgende ampsbekleërs aangebied: ‟n direkteur:

Page 16: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

15

besigheidsbestuur, ondersteun deur ‟n hoof: finansies, ‟n adjunkregistrateur (akademiese administrasie), ‟n bestuurder: menslike hulpbronne en ‟n bestuurder: navorsingsontwikkeling.

Historiese agtergrond Die Fakulteit Geneeskunde het in 1956 voornemende geneeshere begin oplei in ‟n opslaangebou agter die Karl Bremer-hospitaal wat as tussentydse maatreël as ‟n opleidingshospitaal beskikbaar gestel is. Om as ‟n volwaardige fakulteit te funksioneer, moes paslike fisiese strukture geskep word. Op 14 Maart 1975 is die nuwe akademiese gebouekompleks op die Tygerbergkampus amptelik in gebruik gestel, hoewel dit reeds die voorafgaande paar jare ten dele benut is. Die ongeskrewe missie van die stigterslede was uit die staanspoor: opleiding en ontwikkeling van individue op alle voor- en nagraadse vlakke in al die vakkundige rigtings in geneeskunde, met inbegrip van die aanvullende gesondheidsberoepe. Die grondslag vir die Fakulteit Geneeskunde is gelê deur visioenêre leiers soos prof FD du Toit van Zijl, die “vader” van die nuwe fakulteit, en ‟n groepie geneeskundige spesialiste soos proff AJ Brink en JN de Villiers. Prof Van Eck Kirsten is kort daarna aangestel as professor in Anatomie, terwyl twee professore, te wete proff HW Weber (Anatomiese Patologie) en HD Brede (Geneeskundige Mikrobiologie), in Duitsland gewerf is. Binne ‟n jaar ná hulle aankoms in Suid-Afrika kon albei in Afrikaans doseer.

Die visie en missie van die Fakulteit Visie Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch word erken as onmisbare leier in die gesondheidswetenskappe in Afrika en vir die waarde wat dit internasionaal toevoeg.

Missie Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is verbind tot die doel van optimale gesondheid in suidelike Afrika deur:

selfstandige professionele persone wat hulle plek in die gemeenskap kan volstaan binne ‟n leerkultuur te ontwikkel;

nuwe kennis in die gesondheidswetenskappe uit te bou deur middel van navorsing wat toepaslik is vir Afrika;

waarde toe te voeg tot die breë gemeenskap deur deelname en dienslewering.

Page 17: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

16

Die Tygerbergkampus Die Tygerbergkampus is geleë in Parowvallei wat deel uitmaak van die noordelike voorstede van groter Kaapstad. Dit is 35 kilometer vanaf Stellenbosch, waar die hoofkampus van die Universiteit geleë is, en 20 kilometer vanaf Kaapstad. Benewens die akademiese kompleks is daar ook die Tygerberg Studentesentrum, uitgebreide sportfasiliteite en vier koshuise op die kampus. Die Tygerberg Studentesentrum huisves onder andere die Tygerberg Studenteraad se komiteekamers en kantore, spreekkamers vir die Studentegesondheidsdiens, ‟n gemeenskapsaal vir sport- en massabyeenkomste, ‟n moderne gimnasium, kafeteria en die Mankadan-onthaallokaal en -herberg (vir besoekende wetenskaplikes, oudstudente en ouers). ‟n Gastehuis op die Tygerbergkampus maak voorsiening vir buitelandse besoekende studente.

Studentebehuising Losies is in vier Universiteitskoshuise op die Tygerbergkampus beskikbaar, te wete Hippokrates, Huis Francie van Zijl, Kerkenberg en Meerhoff. Volledige inligting hieroor verskyn in Deel 3 van die Universiteit se Jaarboek.

Tegnologie-gemedieerde onderwys Benewens die normale wyse van aanbieding, kan die volgende programme deur middel van tegnologie-gemedieerde onderwys aangebied word:

HonsBVerpleegk HonsBSc (Verloskunde en Ginekologie) MVerpleegk M in Voeding MMed (Fam Med) MPhil in Gesondheidswetenskappe-onderwys Nagraadse Diploma in Verpleegkunde Nagraadse Diploma in Huisartskunde

Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid Die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid het in Junie 2001 as ‟n inisiatief van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe ontwikkel. Die doel van Ukwanda is om omvattende gemeenskapsgebaseerde opleiding aan alle studente van die Fakulteit, asook navorsing, te koördineer en te steun. Ukwanda gee dus aan studente die geleentheid om in landelike gebiede opgelei te word en om blootstelling aan die uitdagings wat daar in hierdie gebiede is, te kry.

Page 18: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

17

Ukwanda verskaf tans: akkommodasie en steundienste in Worcester en Hermanus, intranet- en internettoegang by die verskillende landelike opleidingsentrums, telegesondheid, ‟n omvattende kennisdiens aan die gemeenskappe betrokke by Ukwanda en die ontwikkeling van gesondheidsplatforms in ander landelike gebiede.

Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderwys Die Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderwys (SGBO) het in Januarie 2006 tot stand gekom ten einde die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se reputasie van voortreflikheid op die gebied van onderrig en navorsing met sy sterk akademiese fokus op die gehalte van onderrig te versterk. Die SGBO bevorder uitnemendheid en wetenskaplike en bewysgebaseerde onderrig in die gesondheidswetenskappe op institusionele en nasionale vlak asook in die res van Afrika. Die SGBO is verbind tot interdissiplinêre leer en onderrig, gemeenskapsgebaseerde onderrig en landelike gesondheidsbevordering, bevorderlike leeromgewings, die bevordering van diversiteit, wetenskaplikheid, ‟n etiese benadering tot gesondheidsorg, asook lewenslange leer.

ALGEMENE INLIGTING

Immunisering Alle studente wat vir MB,ChB I, BSc in Dieetkunde I, B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie I, BSc in Fisioterapie I en B in Arbeidsterapie I gekeur is, moet vir Hepatitis B getoets word deur hulle eie mediese praktisyn of by die Kampusgesondheidsdiens (KGD) van die Universiteit. Studente wat negatief toets, moet hulle laat immuniseer alvorens hulle as studente by die Universiteit aanmeld. ʼn Sertifikaat om te bevestig dat hulle wel getoets en, indien nodig, geïmmuniseer is, moet vóór die einde van die eerste akademiese jaar by die KGD, Tygerbergkampus ingelewer word. B in Arbeidsterapiestudente moet bewys van immunisasie tydens registrasie aan die begin van die eerste jaar inlewer, aangesien hulle reeds gedurende die eerste jaar met pasiënte in aanraking kom. In die geval van MB,ChB-studente wat voor die aanvang van die midjaar-eksamens van MB,ChB II nog nie bewys gelewer het van immunisering nie, sal hulle uitslae vir hierdie eksamens weerhou word tot tyd en wyl hulle wel bewys van minstens inisiële immunisering by die KGD ingelewer het. Indien studente teen die einde van die module Inleiding tot Kliniese Geneeskunde 271 (MB,ChB II) nie bewys gelewer het dat die volledige immuniseringskedule voltooi is nie, sal hulle punte vir hierdie module teruggehou word.

Page 19: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

18

Studente word ook sterk aangeraai om hulle teen Hepatitis A, Varicella (waterpokkies) en masels te laat immuniseer.

Hertoelating ná onsuksesvolle studie Volledige besonderhede met betrekking tot hertoelating ná onsuksesvolle studie word in Deel 1 (Algemeen) van die Universiteitsjaarboek uiteengesit. Aansoeke om hertoelating moet aan die Adjunkregistrateur (Tygerbergkampus) gerig word vir oorweging deur die Hertoelatingskomitee van die Senaat.

Beurse en lenings Inligting in verband met beurse en lenings kan van die Afdeling Akademiese Administrasie van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe verkry word.

Eksamen oor ’n module Aan die einde van elke semester word ‟n eksamen oor al die semestermodules van daardie semester afgelê. In jaarmodules word eksamen aan die einde van elke jaar afgelê. Hierdie bepaling geld nie vir modules waar daar van deurlopende assessering gebruik gemaak word nie. Alle eksamenantwoordstelle (en klastoetsantwoordstelle) moet in ink beantwoord word.

Hereksamens en herevaluering Studente is nie geregtig op ‟n hereksamen of herevaluering in ‟n module nie, tensy hulle ‟n prestasiepunt van minstens 40 daarvoor behaal het. Hereksamens/herevaluering is van toepassing soos aangedui onder elke program.

Mondelinge eksamens/herevaluerings Indien studente (voorgraads of nagraads) ‟n klaspunt van 60 of meer vir ‟n module behaal het en ‟n eksamenpunt van minstens 30 in die betrokke module behaal het, moet hulle aan ‟n mondelinge eksamen/herevaluering onderwerp word voordat ‟n prestasiepunt van minder as 50 toegeken word. In die geval van die modules vir MB,ChB, BArb, BScFisio, BScDieetk, BSpraak-Taal en Gehoor en die NG Dipl (Verpleegkunde), waar ‟n mondelinge en/of praktiese eksamen ‟n integrale deel van die gewone Universiteitseksamen oor die betrokke modules uitmaak, kan studente wat ‟n klaspunt van 60 of meer vir ‟n module behaal het, hulle nie op ‟n mondelinge eksamen/herevaluering beroep as hulle ‟n prestasiepunt van minder as 50 behaal het nie.

Page 20: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

19

Berekening van ‟n prestasiepunt ná ‟n hereksamen of herevaluering (sien ook programspesifieke bepalings met betrekking tot herevaluering, aanvullende eksamens en spesiale eksamens) By die bepaling van ‟n eksamenpunt ná ‟n hereksamen word die eksamenpunt van die eerste eksamen saam met die eksamenpunt van die hereksamen in die verhouding 50 tot 50 in berekening gebring. ‟n Nuwe prestasiepunt word bereken deur die klaspunt en die nuwe eksamenpunt in die verhouding 40 tot 60 saam te voeg. Indien die eksamenpunt in die hereksamen 50 of hoër is, mag die prestasiepunt nie laer as 50 wees nie. In die geval van herevaluering word die punt wat in die herevaluering behaal word as prestasiepunt gebruik, met dien verstande dat die punt wat behaal word, nie laer mag wees as die oorspronklike prestasiepunt wat in die eksamen behaal is nie, maar nie hoër as 50 nie.

Hereksamens van modules wat in ander fakulteite gevolg word Vir studente wat graad- of diplomaprogramme in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe volg, maar wat ook modules in ander fakulteite volg, geld die eksamenbeleid vir daardie modules soos vervat in die afdeling Eksamen- en Promosiebepalings in die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 (Algemeen) van die Universiteitsjaarboek (soos van toepassing op die Stellenboschkampus).

Bespreking van eksamenantwoorde met dosente Indien studente uit hulle foute wil leer, staan dit sodanige studente vry om hulle eksamenantwoorde met die betrokke dosent(e) te bespreek, met dien verstande:

Dat studente slegs in die teenwoordigheid van die betrokke dosent(e) insae in hulle nagesiene eksamenantwoordskrif(te) kan verkry.

Dat die bespreking van die antwoordskrif(te) in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe kan plaasvind ná die amptelike bekendmaking van prestasiepunte op die eksamen- of ander toepaslike kennisgewingborde en met inagneming van enige verdere reëlings wat die betrokke departement of afdeling met die goedkeuring van die Fakulteitsraad getref het.

Dat studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheids-wetenskappe, indien hulle aan herevaluering of aanvullende eksamens onderworpe is, die bespreking van hulle antwoordskrifte vóór die herevaluering of aanvullende eksamen kan aanvra.

Dat studente sodanige bespreking moet versoek binne een maand ná die amptelike bekragtiging deur die Viserektor (Onderrig) van die betrokke eksamenuitslae.

Page 21: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

20

Dat die geleentheid om antwoordskrifte met dosente te bespreek nie as ‟n geleentheid vir die herbeoordeling van die toegekende eksamenpunt bedoel is nie.

LET WEL: Eksamenskrifte word twee maande ná die datum van die amptelike bekragtiging van die eksamenuitslae vernietig.

Herbeoordeling van eksamenantwoordskrifte ‟n Student wat ‟n eksamen in ‟n module sak en ʼn prestasiepunt van 35 tot 39, of 45 tot 49 behaal het, kan, met betaling van ‟n deposito soos jaarliks deur die Universiteit bepaal en in die Algemene Jaarboek (Deel 1) gepubliseer word, skriftelik by die Adjunkregistrateur (Tygerbergkampus) aansoek doen om herbeoordeling van die betrokke eksamenantwoordskrif en onderworpe aan die bepalings soos hieronder uiteengesit.

Algemene bepalings Aansoeke (op die voorgeskrewe vorm wat beskikbaar is op die web

of by die Eksamenkantoor), vergesel van bogenoemde deposito, moet die Adjunkregistrateur bereik nie later nie as sewe kalenderdae na afloop van die amptelike bekendmaking van die eksamenuitslae op die relevante kennisgewingborde van die Fakulteit.

Geen aansoek om herbeoordeling van die antwoordskrif van ʼn valskermtoets, herevaluering, spesiale of aanvullende eksamen sal toegelaat word nie.

In die geval van modules waar ʼn skriftelike herevaluering direk na afloop van die eksamen plaasvind (normaalweg binne ʼn week ná die bekendmaking van die eksamenuitslae), sal studente eers na afloop van die bekendmaking van die punte van die betrokke herevaluering kan aansoek doen om herbeoordeling, en beide die oorspronklike eksamenantwoordstel en die antwoordstel van die herevaluering sal dan aan herbeoordeling onderworpe wees.

Geen aansoek om herbeoordeling van praktiese vakke (bv. kliniese rotasies) of vir enige modules waarby eksterne eksaminatore betrokke was, sal oorweeg word nie.

Geen aansoek om herbeoordeling waar ‟n mondelinge, praktiese of kliniese eksamen ‟n integrerende deel uitmaak van die gewone universiteitseksamen, sal oorweeg word nie.

In die geval van modules wat deur middel van deurlopende assessering beoordeel word, word geen herbeoordeling van toetsantwoordstelle en ander assesseringsopdragte oorweeg nie. ‟n Student wat van oordeel is dat sy prestasiepunt verkeerd bereken is, kan wel met die betaling van ‟n deposito, soos jaarliks deur die

Page 22: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

21

Universiteit vasgestel, skriftelik by die Adjunkregistrateur (Tygerbergkampus) aansoek doen om ‟n herberekening deur die betrokke departement of afdeling of modulespan van sy prestasiepunt in die betrokke module. Aansoeke vergesel van die deposito moet die Adjunkregistrateur nie later nie as sewe kalenderdae na amptelike bekendmaking van die betrokke eksamenuitslae bereik.

Interne herbeoordeling Die herbeoordeling word in die eerste plek deur die interne

eksaminatore onderneem. Indien die student se aansoek voldoen aan die algemene bepalings

hierbo, word die betrokke modulevoorsitter per brief deur die afdeling van die Adjunkregistrateur van die aansoek verwittig. Die brief gee ook duidelike instruksies oor die interne herbeoordelingsproses wat deur hom gevolg moet word en ‟n kopie van hierdie bepalings word daarby ingesluit. Die betrokke eksamenantwoordskrif(te) (met inbegrip van dié van die bogenoemde skriftelike herevaluering, waar van toepassing), die vraestel en die memorandum word deur die betrokke modulevoorsitter van die betrokke dosent(e) bekom.

Die modulevoorsitter tref reëlings vir die herbeoordeling deur die betrokke interne eksaminatore, nadat hy homself vergewis het daarvan dat geen berekeningsfoute in die bepaling van die punt vir die antwoordskrif gemaak is nie.

Die resultaat van die herbeoordeling moet skriftelik deur die modulevoorsitter aan die kantoor van die Adjunkregistrateur besorg word binne vyf werksdae na aanvanklike ontvangs van die betrokke antwoordskrif(te).

Eksterne herbeoordeling Indien die interne eksaminatore die aanvanklike eksamenuitslag

handhaaf (d.w.s. indien die student ná interne herbeoordeling steeds die module sak in die geval waar die student ʼn punt van 45 tot 49 behaal het, of steeds geen toegang tot ʼn herevaluering of aanvullende eksamen het nie in die geval waar die student ʼn punt van 35 tot 39 behaal het), word die eksamenantwoordskrif deur een bevoegde eksterne eksaminator herbeoordeel.

Wanneer ‟n student se antwoordskrif(te) kwalifiseer vir eksterne herbeoordeling, verkry die betrokke dosent/modulevoorsitter die naam van ʼn beskikbare eksterne eksaminator vir die betrokke module.

Page 23: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

22

Die Adjunkregistrateur voorsien die eksterne eksaminator van die tersaaklike eksamenantwoordskrif(te) (met inbegrip van die herevalueringsantwoordskrif, waar van toepassing), die vraestel(le) en die memorandum(s), sowel as ‟n kopie van hierdie bepalings, in ‟n verseëlde koevert. In ‟n meegaande skrywe aan die eksterne eksaminator versoek die Adjunkregistrateur die volgende: o Dat die eksterne eksaminator die antwoordskrif(te) nagaan vir

nasienfoute, bv. berekeningsfoute, punte vir ʼn betrokke vraag wat nie opgetel is nie of afwykings van die memorandum.

o Dat die eksterne eksaminator die antwoordskrif(te) herbeoordeel en ‟n punt toeken in ooreenstemming met die memorandum(s).

o Dat, indien die betrokke eksaminator nie saamstem met die memorandum(s) nie, dit skriftelik gemotiveer word en die eksaminator aandui wat die toegekende punt sou wees indien die antwoordskrif(te) sonder inagneming van die memorandum(s) bepunt sou word. Die eksterne eksaminator moet dus twee punte toeken, een in ooreenstemming met die memorandum en een in ooreenstemming met die eksterne eksaminator se voorgestelde aangepaste memorandum.

o Dat, indien die punt van die eksterne eksaminator verskil van die oorspronklike punt, daar skriftelik duidelik aangedui moet word hoe die nuwe punt verkry is en waar en hoekom daar van die interne eksaminatore verskil word.

o Dat daar ook in die skriftelike terugvoer aangedui word of daar akkoord gegaan word al dan nie met die betroubaarheid en geldigheid van die memorandum(s), met opgaaf van redes in die geval van laasgenoemde (soos ook hierbo genoem).

Die eksterne eksaminatore word versoek om die Adjunkregistrateur binne tien werksdae skriftelik van die resultaat van hulle onderskeie herbeoordelings in te lig (met inbegrip van al die bogenoemde aspekte).

Die bevindinge van die eksterne eksaminator sal aan die modulevoorsitter (en deur laasgenoemde aan die ander interne eksaminatore/dosente soos van toepassing) gekommunikeer word, wat moet aandui of die bevindinge aanvaarbaar is al dan nie.

Dispuutresolusie Indien daar ‟n duidelike verskil van opinie bestaan tussen die

eksterne eksaminator en die modulevoorsitter (en die ander interne eksaminatore/dosente) in so mate dat dit steeds nie duidelik is of die student slaag of sak nie, sal die programkoördineerder reël vir ‟n

Page 24: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

23

buitengewone vergadering van die betrokke eksamenkomitee, tesame met die Visedekaan: Onderrig of sy gedelegeerde(s). Hierdie komitee neem dan ‟n finale en bindende besluit.

Dieselfde reëling as hierbo sal geld in die geval van ‟n dispuut oor die geldigheid van die memorandum(s).

Kondonering van prestasiepunt Behalwe in die geval van situasies soos beskryf in die paragraaf direk hierbo, sal die finale prestasiepunt wat die student behaal (met inbegrip van kondonering van die punt) deur die Visedekaan: Onderrig, in oorleg met die betrokke programkoördineerder en die betrokke modulevoorsitter (indien van toepassing), bepaal en bekragtig word.

Spesiale reëlings m.b.t. gradeplegtighede vir MB,ChB VI-herhalers MB,ChB VI-studente wat aan die einde van hulle finale jaar slegs een domein sak en slegs een domein moet herhaal (met ander woorde geen ander bywoningsdomeine het nie), kan hulle graad in die daaropvolgende jaar tydens die gradeplegtigheid in Maart/April verwerf. Sodanige studente sal steeds aangeslaan word vir die betrokke domein se klasgeld. MB,ChB VI-studente wat aan die einde van hulle finale jaar meer as een domein sak of een domein sak en een of meer domeine moet bywoon en wie se kliniese rotasies en eksamens drie weke vóór die gradeplegtigheid in Maart/April afgehandel is, kan in Maart/April van daardie jaar hulle MB,ChB-graad ontvang. MB,ChB VI-studente wat aan die einde van hulle finale jaar meer as een domein sak en een of meer domeine moet bywoon, maar wie se kliniese rotasies en eksamens nie drie weke vóór die gradeplegtigheid in Maart/April afgehandel is nie, sal eers in Desember van daardie jaar hulle MB,ChB-graad kan ontvang.

Klasgelde Klasgelde vir alle gestruktureerde M-grade word vanaf 2010 per module gehef. Klasgelde vir MMed-programme word egter tot verdere kennisgewing soos in die verlede per jaargang gehef met die uitsondering van die klasgelde vir die MMed (Fam Med)-program wat per module gehef word. Klasgelde vir navorsingsmodules binne die gestruktureerde M-graadprogramme sal oor twee jaar versprei word (70% in die eerste jaar van registrasie en 30% in die tweede jaar) om te voorkom dat studente twee jaar agtereenvolgens vir die volle bedrag aangeslaan word. ‟n Student wat binne een studiejaar sy navorsingsmodule afhandel sal dus net 70% van die klasgelde vir die betrokke module betaal. ‟n Student wat egter nie binne die

Page 25: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

24

voorgeskrewe twee jaar met die navorsingsmodule klaarmaak nie, sal dan vanaf jaar drie en verder die volle koste van die module per jaar betaal. Studente wat navorsings-M-grade volg, sal die volle bedrag in die eerste jaar van studie betaal met ‟n voortsettingsfooi vir jare twee en drie. In die vierde en verdere studiejare sal die voortsettingsfooi egter verdubbel.

Aanvang van nagraadse studie Alle nagraadse studente moet aan die begin van die akademiese jaar vir hulle bepaalde programme registreer. Die enigste program wat studente ook aan die begin van die tweede semester mag inneem en registreer, is die MMed-programme en die MSc in Kerngeneeskunde. Versoeke vir uitsonder op hierdie reël kan met spesiale motivering by die Visedekaan: Onderrig ingedien word.

Page 26: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

25

3. PROGRAMAANBOD

GRADE EN DIPLOMAS

Die volgende grade en diplomas word deur die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aangebied en word alfabeties gelys onder elk van die vyf onderafdelings:

Baccalaureusgrade Afkorting

Baccalaureus in Arbeidsterapie BArb

Baccalaureus in Geneeskunde en Baccalaureus in Snykunde MB,ChB

Baccalaureus in die Natuurwetenskappe in Dieetkunde BScDieetk

Baccalaureus in die Natuurwetenskappe in Fisioterapie BScFisio

Baccalaureus in Spraak-Taal- en Gehoorterapie BSpraak-Taal en Gehoor

Honneursgrade

Honneurs-Baccalaureus in die Natuurwetenskappe HonsBSc

Honneurs-Baccalaureus in Verpleegkunde HonsBVerpleegk

Magistergrade

Magister in Arbeidsterapie MArb

Magister in die Geneeskunde MMed

Magister in die Natuurwetenskappe MSc

Magister in die Wysbegeerte MPhil

Magister in Fisioterapie MFisio

Magister in Oudiologie MOud

Magister in Patologie MPat

Magister in Menslike Rehabilitasiestudies MMensRehab

Magister in Spraak-Taalterapie MSpraak

Magister in Verpleegkunde MVerpleegk

Magister in Voeding MVoeding

Page 27: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

26

Doktorsgrade

Doktor in die Natuurwetenskappe DSc

Doktor in die Wysbegeerte PhD

Nagraadse Diplomas

Nagraadse Diploma in Beroepsgeneeskunde NG Dipl (Beroepsgeneeskunde)

Nagraadse Diploma in Farmaseutiese Geneeskunde

NG Dipl (Farmaseutiese Geneeskunde)

Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek

NG Dipl (Gesondheidsnavorsingsetiek)

Nagraadse Diploma in Huisartskunde NG Dipl (Huisartskunde)

Nagraadse Diploma in Infeksiebeheer NG Dipl (Infeksiebeheer)

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde NG Dipl (Verpleegkunde)

Nagraadse Diploma in Verslawingsorg NG Dipl (Verslawingsorg)

VOORGRAADSE PROGRAMME

Voorgraadse Inskrywingsbestuur Ten einde die Raadsteikens ten opsigte van die grootte (die totale getal studente) en vorm (studierigtings en diversiteitsprofiel) van die Universiteit van Stellenbosch (US) se studentebevolking te kan bereik, is dit is nodig om die voorgraadse inskrywings aan die US te bestuur. Die US se totale getal inskrywings word bestuur om in te pas binne die beskikbare kapasiteit. Die US bied ‟n gebalanseerde pakket programme aan wat strek oor al drie hoofstudievelde, naamlik (a) die humaniora, (b) die ekonomiese en bestuurswetenskappe, en (c) die natuurwetenskappe, landbouwetenskappe, gesondheidswetenskappe en ingenieurswese (Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie / Science, Engineering and Technology of SET). Die US is verbind tot die bevordering van diversiteit. Voorgraadse-inskrywingsbestuur aan die US geskied binne die raamwerk van die nasionale hoëronderwysstelsel. ‟n Verantwoorde samehang tussen nasionale en institusionele doelwitte met respek vir belangrike beginsels soos institusionele outonomiteit, akademiese vryheid en openbare verantwoordelikheid word nagestreef. Die volgende vertrekpunte is van toepassing:

Page 28: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

27

Die uitbouing van akademiese uitnemendheid deur die handhawing van hoë akademiese standaarde.

Die handhawing en verbetering van hoë sukseskoerse. Die nakoming van die US se verbintenis tot regstelling, tot sosiale

verantwoordelikheid, en tot die lewering van ‟n bydrae tot die opleiding van toekomstige rolmodelle uit alle bevolkingsgroepe.

Die verbreding van toegang tot hoër onderwys veral aan studente uit onderwysbenadeelde en ekonomies behoeftige omstandighede wat oor die akademiese potensiaal beskik om suksesvol aan die US te studeer.

As gevolg van die beperkte beskikbaarheid van plekke en die strategiese en doelgerigte bestuur van inskrywings sal nie alle voorgraadse aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes van ‟n betrokke program voldoen, noodwendig toegelaat word nie. Besonderhede oor die keuringsprosedures en toelatingsvereistes vir voorgraadse programme is by www.maties.com en by www.sun.ac.za/prospect_select beskikbaar. Vir die 2014-inname en verdere jare moet alle voornemende voorgraadse studente die Nasionale Normtoets (NNT) (National Benchmarking Test of NBT) skryf. Raadpleeg die NBT-webtuiste (www.nbt.ac.za) of die US se webtuiste (www.maties.com) vir meer inligting oor die Nasionale Normtoetse. Die uitslae van die Nasionale Normtoetse kan deur die US vir die volgende doeleindes gebruik word (besonderhede is beskikbaar by www.maties.com):

ondersteuning met die besluitneming oor die plasing van studente in verlengde graadprogramme,

keuring, en kurrikulumontwikkeling.

BACCALAUREUSGRADE

Baccalaureus in Geneeskunde en Baccalaureus in Snykunde (MB,ChB) Spesifieke toelatingsvereistes 1. Vir toelating tot die MB,ChB-graadprogram (hoofstroom en verlengde

graadprogram) moet ‟n student in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met universiteitstoelating, soos gesertifiseer deur Umalusi, of ‟n gelykwaardige kwalifikasie met ‟n gemiddeld van minstens 70% (vlak 6), en met minstens 50% (vlak 4) in Wiskunde,

Page 29: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

28

sowel as Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Studente wat Wiskundige Geletterdheid (en nie Wiskunde nie) aanbied, mag onder buitengewone omstandighede oorweeg word, indien hulle goed presteer in die Nasionale Normtoetse (NNT‟s) (National Benchmark Tests of NBTs). Voornemende studente word sterk aangeraai om Afrikaans vir die NSS aan te bied. Verwys ook na die keuringsriglyne by www.sun.ac.za/prospect_select.

LET WEL: Slegs ‟n beperkte getal studente word jaarliks tot die eerste studiejaar van die MB,ChB-program toegelaat. Toelating tot die program is derhalwe onderhewig aan keuring. Aansoeke om toelating vir ‟n bepaalde jaar moet nie later nie as 31 Mei van die voorafgaande jaar ingelewer word. Keuring vir die program geskied volgens duidelike riglyne op die grondslag van sowel akademiese as nie-akademiese meriete van die aansoeker. Alle kandidate wat aansoek doen om voorgraadse programme in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheids-wetenskappe moet die NNT skryf. 2. ‟n Student moet, ter verkryging van die MB,ChB-graad, vir minstens die

finale drie akademiese jare die goedgekeurde program aan hierdie Universiteit volg.

3. Onderrig geskied vanaf die eerste studiejaar op die Tygerbergkampus, in die Tygerberg-hospitaal en in verskeie geakkrediteerde naasliggende en perifere hospitale en klinieke. In die eerste jaar word sekere praktika van eerstesemester-modules op Stellenbosch aangebied.

4. Studente is nie op registrasie as student-interns geregtig nie tensy hulle vir ‟n tydperk van minstens vier en ‟n half jaar by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as studente in Geneeskunde geregistreer was.

5. Studente van ander universiteite wat in MB,ChB I of BSc I gesak het en nie verder aan hulle onderskeie universiteite tot die studie in Geneeskunde toegelaat word nie, word ook nie aan hierdie Universiteit tot MB,ChB I toegelaat nie.

Hernuwing van inskrywing as student 1. ‟n Student wat nie aan die slaagvereistes vir MB,ChB I voldoen nie, sal

weer aan keuring of hertoelating onderwerp word vir herinskakeling by die program. Die eksamen- en promosiebepalings vir die program geld ook steeds (sien Eksamen- en promosiebepalings vir MB,ChB hieronder).

2. Studente wat die MB,ChB I–V-program volg en wat by ‟n tweede geleentheid steeds nie aan die slaagvereistes vir ‟n betrokke jaargang

Page 30: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

29

voldoen nie, moet opnuut aansoek doen om tot die program hertoegelaat te word.

3. Studente in Geneeskunde wat in twee opeenvolgende jaargange van die program nie by die eerste geleentheid aan die slaagvereistes voldoen nie, moet opnuut aansoek doen om tot die program hertoegelaat te word.

4. Finalejaar- MB,ChB-studente wat twee maal onsuksesvol is om die eksamen in enige domein te slaag ná volledige herhaling van so ʼn domein, moet aan die Fakulteitsraad voorgelê word vir toestemming om die betrokke domein weer te mag herhaal, terwyl studente wat die derde maal onsuksesvol is, vir hertoelating aansoek moet doen.

5. Studente wat die MB,ChB-program staak, moet opnuut aansoek doen om tot die program toegelaat te word. So ʼn aansoek sal deur die MB,ChB-programkomitee oorweeg word vir ʼn aanbeveling aan die Komitee vir Voorgraadse Onderrig.

Registrasie as student in die Geneeskunde by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika Studente moet, ooreenkomstig die regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, aansoek doen om as studente in die Geneeskunde geregistreer te word.

Modules vir die MB,ChB-program (volgens studiejare) Die inhoud van alle modules in die prekliniese en kliniese vakke is in ooreenstemming met die voorskrifte van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika. Vir inligting met betrekking tot die inhoud van modules raadpleeg die hoofstuk Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme. Weens die noue integrasie tussen teorie en praktyk is die bywoning van alle eerste- en tweedejaarmodules verpligtend. Studente wat hulle skuldig maak aan swak bywoning sou akademies gepenaliseer kon word en selfs ‟n onvoltooide punt vir die betrokke module(s) behaal. MB,ChB I Verpligte modules (bywoning verpligtend)

Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang

111(17)

Chemie vir Gesondheidswetenskappe 111(17)

Persoonlike en Professionele Ontwikkeling

111(17)

Gesondheid in Konteks 111(19)

Page 31: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

30

Basis van Siekteprosesse 141(30)

Beginsels van Terapie 141(20)

Inleiding tot Kliniese Geneeskunde 141(20)

MB,ChB II Verpligte modules (bywoning verpligtend)

Respiratoriese Sisteem 271(30)

Kardiovaskulêre Sisteem 271(30)

Spysverteringsisteem 271(30)

Urogenitale Sisteem 271(30)

Endokriene Sisteem 271(15)

Reproduktiewe Sisteem 271(20)

Inleiding tot Kliniese Geneeskunde 271(20)

MB,ChB III Verpligte modules

Neurowetenskappe 371(30)

Muskuloskeletale Sisteem 371(30)

Hematologiese Sisteem 371(20)

Vroeë Kliniese Rotasies 371(67)

MB,ChB IV Verpligte modules

Infeksies en Kliniese Immunologie 471(20)

Die Vel 471(10)

Anestesiologie 471(15)

Gesondheid en Siekte in Gemeenskappe

471(20)

Geregtelike Geneeskunde 471(10)

Middel- Kliniese Rotasies 471(62)

Voortsettingsmodule

Elektief 441(20)

Page 32: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

31

MB,ChB V Verpligte modules

Gesondheidsbestuur 511(10)

Etiek 511(10) (bywoning verpligtend)

Kliniese Farmakologie 511(15)

Elektief 541(20)

Middel- Kliniese Rotasies 511(54)

Voortsettingsmodule

Laat- Kliniese Rotasies 541(45)

MB,ChB VI Verpligte modules

Laat- Kliniese Rotasies 678(150)

Eksamen- en promosiebepalings vir MB,ChB Toekenning van prestasiepunte In gevalle waar afgewyk word van die algemene bepalings, verskaf die MB,ChB-programkomitee aan die begin van die jaar aan studente besonderhede oor hoe die betrokke prestasiepunte verdien word. Kyk hieronder vir die eksamen- en promosiebepalings van die MB,ChB I–VI-program.

Eerste jaar LET WEL: Bywoning van kontaksessies vir alle MB,ChB I-modules is verpligtend en ʼn klaspunt van minder as 50% kan toegeken word aan studente wie se bywoning onbevredigend is.

Promosie 1. ‟n Student moet in al die modules van die eerste jaar slaag, dit wil sê in

elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal, om na MB,ChB II te promoveer.

2. Die skriftelike eksamen oor alle modules van die eerste semester moet tydens die eksamengeleentheid aan die einde van die eerste semester afgelê word, met die uitsondering van die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111, wat deurlopend geassesseer word.

Page 33: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

32

3. Indien ‟n student aan die einde van die eerste semester ‟n prestasiepunt van minder as 40 in Lewensvorme en funksies van Kliniese Belang 111 en/of Chemie vir Gesondheidswetenskappe 111 behaal, kan die student nie tydens die tweede semester met die program voortgaan nie, tensy sodanige student volgens bestaande kriteria toegelaat word om in die tweede semester by die verlengde graadprogram in te skakel. Indien hierdie student in die tweede semester as spesiale student in die Natuurwetenskappe inskryf, al die betrokke modules slaag, ʼn geweegde gemiddelde prestasiepunt van minstens 60% behaal en skriftelik aandui dat hy weer vir MB,ChB oorweeg wil word, sal sy aansoek in Desember vir herkeuring voorgelê word. (Let daarop dat herkeuring nie outomaties geskied nie en voldoening aan die genoemde voorwaardes NIE ʼn waarborg tot herkeuring is nie.)

4. ‟n Student wat in die eerste semester ‟n klaspunt en/of ‟n prestasiepunt van minder as 40 in enige twee modules behaal, sal nie tydens die tweede semester met die program kan voortgaan nie, tensy sodanige student volgens bestaande kriteria toegelaat word om in die tweede semester by die verlengde graadprogram in te skakel. Indien die student in die tweede semester as spesiale student in die Natuurwetenskappe inskryf, al die betrokke modules slaag, ʼn geweegde gemiddelde prestasiepunt van 60% behaal en skriftelik aandui dat hy weer vir MB,ChB oorweeg wil word, sal sy aansoek in Desember vir herkeuring voorgelê word. (Let daarop dat herkeuring nie outomaties geskied nie en voldoening aan die genoemde voorwaardes NIE ʼn waarborg tot herkeuring is nie.)

5. ‟n Student wat nie aan die slaagvereistes vir MB,ChB I voldoen nie en meer as twee modules gesak het, moet aansoek doen om hertoelating tot die program. ‟n Student wat een of twee modules gesak het, sal onderwerp word aan herkeuring vir die program (kyk ook paragrawe 3 en 4 hierbo).

Herevaluering Herevaluering geld vir alle modules van die eerste jaar met die uitsondering van die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111 (sien Herassessering in die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111 hieronder). Om vir ‟n herevaluering te kwalifiseer, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 40 behaal. Alle herevaluerings sal skriftelik geskied en direk ná die eksamentydperk (maar nie binne 48 uur ná bekendmaking van die prestasiepunte nie) afgeneem word. ‟n Student moet minstens 50 in die herevaluering behaal om die module te slaag. Die prestasiepunt ná die herevaluering moet nie laer as die oorspronklike prestasiepunt wees nie en ook nie meer as 50 wees nie.

Page 34: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

33

Herassessering in die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111 Indien ‟n student minder as 40 behaal vir ‟n assesseringsgeleentheid in die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111, wat by wyse van deurlopende assessering geassesseer word, word die student ‟n herassesseringsgeleentheid gebied direk na die toetsperiode (maar nie binne 48 uur ná bekendmaking van die toetspunt nie). Studente wat 40% tot 50% in die oorspronklike assesseringsgeleentheid behaal het, het die keuse om ook van die herassesseringsgeleentheid gebruik te maak ten einde hulle punt te verbeter. Die punt ná herassessering moet nie laer wees as die oorspronklike punt nie, maar ook nie hoër as 50 nie. ‟n Student moet minstens 40 behaal ná elke herassessering om uiteindelik die module as geheel te slaag, met dien verstande dat die student se gemiddelde prestasiepunt vir die module in geheel minstens 50 moet wees.

Agterstallige krediete 1. Vir ‟n student wat aan die einde van die eerste semester slegs een module

agterstallig is, sal in Julie van dieselfde jaar ‟n spesiale eksamen toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig ten einde ‟n module in die Julie-eksamen te slaag. Die prestasiepunt ná die spesiale eksamen moet nie laer wees as die oorspronklike punt nie, maar ook nie hoër as 50 nie. Spesiale eksamens word nie toegestaan indien Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 of Gesondheid in Konteks 111, wat by wyse van deurlopende assessering geassesseer word, agterstallig is nie.

2. Vir ‟n student wat aan die einde van die tweede semester slegs een tweedesemestermodule agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig ten einde ‟n module in die Januarie-eksamen te slaag. Die prestasiepunt ná die spesiale eksamen moet nie laer wees as die oorspronklike punt nie, maar ook nie hoër as 50 nie.

Herhaling van jaarprogram ‟n Student wat nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die eerste jaar herhaal (‟n prestasiepunt moet opnuut behaal word), indien die student toegelaat word om MB,ChB I te herhaal (kyk paragrawe 3, 4 en 5 onder Promosie hierbo).

Page 35: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

34

Neem van modules van MB,ChB II vooruit ‟n Student wat nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, alle modules van die eerste semester van MB,ChB I geslaag het, en Basis van Siekteprosesse 141 en/of Beginsels van Terapie 141 gesak het met ʼn prestasiepunt van minstens 40 in beide modules, sal toegelaat word om modules van die eerste semester van MB,ChB II vooruit te neem. ʼn Student wat nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, en Basis van Siekteprosesse 141 en Beginsels van Terapie 141 geslaag het, sal toegelaat word om modules van die tweede semester van MB,ChB II vooruit te neem met die uitsondering van Inleiding tot Kliniese Geneeskunde 271, wat nie vooruit geneem kan word nie.

Tweede jaar LET WEL: Bywoning van kontaksessies vir alle MB,ChB II-modules is verpligtend en ʼn klaspunt van minder as 50% kan toegeken word aan studente wie se bywoning onbevredigend is.

Promosie ‟n Student moet in al die modules van die tweede jaar slaag, d.w.s. in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal, om na MB,ChB III te promoveer.

Aanvullende eksamens Geen herevaluering sal in MB,ChB II-modules plaasvind nie. ‟n Aanvullende skriftelike eksamen sal in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word vir alle agterstallige modules waarin ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 40 behaal het. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig om ‟n module te slaag. Slegs die eksamenpunt van die aanvullende eksamen sal in ag geneem word by die berekening van die prestasiepunt van die module tensy die punt vir die aanvullende eksamen swakker is as vir die oorspronklike eksamen, in welke geval die laasgenoemde eksamen se punt gebruik sal word. Die toegekende prestasiepunt sal nie hoër as 50 wees nie.

Herhaling van jaarprogram ‟n Student wat nie tot die derde jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die tweede jaar herhaal (‟n prestasiepunt moet opnuut behaal word).

Neem van modules van MB,ChB III vooruit ‟n Student wat nie tot die derde jaar kan promoveer nie, sal modules van MB,ChB III vooruit kan neem, mits daar geen oorvleueling plaasvind met MB,ChB II-modules wat herhaal moet word nie (met inbegrip van

Page 36: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

35

oorvleueling met toets- en/of eksamendatums), en met dien verstande dat daar in die tweede semester ʼn maksimum van twee MB,ChB II-modules herhaal word. Die kliniese rotasiemodules van MB,ChB III kan nie vooruit geneem word nie.

Derde en vierde jaar en eerste semester van vyfde jaar LET WEL: Bywoning van die Etiek 511-module is verpligtend. Bywoning van praktiese sessies vir alle ander teoretiese modules is verpligtend, asook van alle kliniese rotasies. ʼn Klaspunt van minder as 50% kan toegeken word aan studente wie se bywoning onbevredigend is.

Promosie 1. ‟n Student moet ‟n prestasiepunt van minstens 50 in elke module van elke

jaargang behaal om na die volgende jaargang van die program te promoveer.

1.1 In die geval van die elektiewe modules sal die student, indien hy slegs een elektiewe module agterstallig is, die betrokke module aan die einde van die MB,ChB V (in die vakansietyd) moet herhaal.

1.2 Indien die student die elektiewe module by meer as een geleentheid nie slaag nie, of aan die einde van MB,ChB V albei die elektiewe modules agterstallig is, sal die student nie na MB,ChB VI kan promoveer nie en sal die elektiewe module(s) herhaal moet word.

2. ‟n Student moet in elk van die domeine van die Vroeë en Middel- Kliniese Rotasies ‟n deurlopende assesseringspunt van minstens 50 behaal om na die volgende jaargang of fase (in die geval van die eerste semester van MB,ChB V) te promoveer.

2.1 Indien ‟n student nie ‟n deurlopende assesseringspunt van minstens 50 in enige van die domeine van hierdie kliniese rotasie(s) behaal nie, sal hy ‟n herevaluering oor sodanige domein(e) moet aflê, mits ‟n deurlopende assesseringspunt van minstens 40 behaal is. ‟n Punt van minstens 50 moet in hierdie herevaluering(s) behaal word om na die volgende jaargang/fase te promoveer.

2.2 In die geval van MB,ChB III sal daar aan die einde van die jaar ʼn formele assessering plaasvind van die kliniese vaardighede wat deur die loop van die jaar onderrig is. Die inlewering van ʼn bevredigend voltooide logboek is ʼn voorvereiste vir toelating tot die kliniese vaardigheidsassessering. ʼn Student sal minstens 50 in hierdie assessering moet behaal om na MB,ChB IV te promoveer. Herevaluering geld ook hiervoor (mits ʼn punt van minstens 40 in die oorspronklike assessering behaal is) en ʼn punt van

Page 37: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

36

minstens 50 moet in die herevaluering behaal word om na MB,ChB IV te promoveer.

2.3 In die geval van MB,ChB V sal daar aan die einde van die eerste semester ʼn formele assessering plaasvind van die kliniese vaardighede wat deur die loop van die Middel- Kliniese Rotasies in MB,ChB IV en die eerste semester van MB,ChB V onderrig is. Die inlewering van ʼn bevredigend voltooide logboek is ʼn voorvereiste vir toelating tot die kliniese vaardigheidsassessering. ʼn Student sal minstens 50 in hierdie assessering moet behaal om na die Laat- Kliniese Rotasies in die tweede semester van MB,ChB V te promoveer. Herevaluering geld vir die kliniese vaardigheidsassessering (mits ʼn punt van minstens 40 in die oorspronklike assessering behaal is) en ʼn punt van minstens 50 moet in die herevaluering behaal word om na die Laat- Kliniese Rotasies te promoveer.

2.4 Indien ‟n student aan die einde van die betrokke jaargang of fase nie meer as een domein van vier weke lank, of twee domeine van elk twee weke lank, of twee domeine van een week elk en een domein van twee weke agterstallig is nie, en indien die student al die betrokke teoretiese modules sowel as die kliniese vaardigheidsassessering geslaag het, sal die student toegelaat word om die rotasie(s) in die betrokke domein(e) aan die einde van die betrokke jaar in die vakansie, of, in die geval van MB,ChB V, in die tydperk vir Elektiewe Module 541 (in welke geval die elektiewe module aan die einde van die jaar in die vakansie afgehandel moet word) te herhaal (‟n nuwe deurlopende assesseringspunt moet behaal word). Hierdie geld vir sowel domeine waarin die student ‟n deurlopende assesseringspunt van minder as 40 behaal het (en dus nie gekwalifiseer het vir herevaluering nie) as domeine wat na herevaluering gesak is. Indien die deurlopende assesseringspunt in een of meer van die agterstallige domeine weer minder as 50 is, sak die student die jaar en moet die volledige kliniese rotasie-module van die betrokke jaargang (al die domeine) in die daaropvolgende jaar herhaal word en weer (in ooreenstemming met 2.1 en 2.3) geslaag word alvorens die student na die volgende jaargang/fase kan promoveer.

3. Bywoning van die Etiek 511-module is verpligtend. Studente wat hulle skuldig maak aan swak bywoning sou akademies gepenaliseer kon word en selfs ‟n onvoltooide punt vir die module behaal.

Agterstallige krediete 1. ‟n Stelsel van aanvullende skriftelike eksamens geld vir agterstallige

modules van die derde en vierde jaar en eerste semester van die vyfde jaar, en geen herevaluerings sal plaasvind nie. Vir ‟n student wat aan die

Page 38: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

37

einde van die derde of vierde jaar of eerste semester van die vyfde jaar enige teoretiese module(s) agterstallig is, sal ‟n aanvullende eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar (of in Junie van die betrokke jaar, in die geval van die eerste semester van die vyfde jaar) toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig ten einde ‟n module in die aanvullende eksamen te slaag. Slegs die eksamenpunt van die aanvullende eksamen sal gebruik word by die berekening van die prestasiepunt (tensy die punt vir die aanvullende eksamen swakker is as vir die oorspronklike eksamen, in welke geval die laasgenoemde eksamen se punt gebruik sal word) en ‟n prestasiepunt van meer as 50 sal nie toegeken word nie.

2. Indien ‟n student aan die einde van die eerste semester in die vyfde jaar enige van die teoretiese modules agterstallig is en mits die student die module Kliniese Rotasies 511 geslaag het, sal die student toegelaat word om met die Laat- Kliniese Rotasies in die tweede semester voort te gaan. Die agterstallige teoretiese module(s) moet egter gedurende die eerste semester van die daaropvolgende jaar herhaal word (‟n klaspunt, eksamenpunt en prestasiepunt moet opnuut behaal word). Sodanige studente hoef nie die Middel- Kliniese Rotasies van die eerste semester van MB,ChB V te herhaal nie, maar sal toegelaat word om voort te gaan om toepaslike domeine van die Laat- Kliniese Rotasies te volg, mits daar nie oorvleueling plaasvind met die teoretiese modules wat herhaal word nie. Indien die student die agterstallige teoretiese module(s) slaag, sal die student toegelaat word om weer die Laat- Kliniese Rotasies in die tweede semester voort te sit.

Herhaling van jaarprogram ‟n Student in MB,ChB III of IV wat nie tot die volgende jaargang kan promoveer nie, moet al die ontbrekende teoretiese modules van die huidige jaar herhaal (‟n klaspunt, eksamenpunt en prestasiepunt moet opnuut behaal word). Al die kliniese rotasies, met inbegrip van evaluerings, van die betrokke jaargang moet herhaal word. Die prestasiepunt wat met die herhaling van die kliniese rotasies behaal word, sal as uiteindelike prestasiepunt vir die betrokke kliniese rotasiemodule dien en die bepalings vir die kliniese rotasies (soos in 2 onder Promosie hierbo uiteengesit), geld dus opnuut.

Page 39: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

38

Sesde jaar LET WEL: Bywoning van die Laat- Kliniese Rotasies is verpligtend en ʼn klaspunt van minder as 50% kan toegeken word aan studente wie se bywoning onbevredigend is.

Finale eksamen ‟n Student slaag in die finale eksamen deur aan die volgende vereiste te voldoen: Slaag in die kernmodule Laat- Kliniese Rotasies 678 (dit wil sê ‟n prestasiepunt van minstens 50). (Studente word ook verwys na die fakulteitspesifieke eksamen- en promosiebepalings wat vir die Laat- Kliniese Rotasies geld.)

Herevaluering Verwys na fakulteitspesifieke bepalings met betrekking tot herevaluering in domeine van die Laat- Kliniese Rotasies.

Herhaling van jaarprogram Studente wat aan die einde van die sesde jaar enige domein(e) van die Laat- Kliniese Rotasies agterstallig is (gesak het), sal die agterstallige domein(e) in die daaropvolgende jaar moet herhaal en opnuut ‟n klaspunt, eksamenpunt en prestasiepunt in daardie domein(e) moet behaal. Vir herhalers sal daar, naas die amptelike eksamenperiodes vir student-interns (SI‟s) in April en November elke jaar, hoogstens nog twee addisionele eksamengeleenthede geskeduleer word in Januarie/Februarie en in die loop van die tweede semester.

Cum Laude Om te bepaal of ‟n kandidaat die MB,ChB-graad cum laude slaag, sal die prosedure gevolg word soos uiteengesit onder Eksamen- en Promosiebepalings in die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 van die Jaarboek.

Reiskoste Die koste verbonde aan die vervoer van studente na opleidingsentra kan ten volle van die studente verhaal word.

LET WEL: Enige navrae oor bedrae ten opsigte van vervoer gehef, moet direk met die betrokke akademiese departemente/afdelings uitgeklaar word.

Page 40: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

39

Baccalaureus in Arbeidsterapie (BArb) Verpligte praktiese/kliniese werk Alle studente wat die graadprogram in Arbeidsterapie volg, moet verpligte praktiese/kliniese werk doen. Dit mag vóór die aanvang van klasse of gedurende die kort vakansies of ná die eksamen gereël word. Studente sal vroegtydig van die reëlings in kennis gestel word. Die tydperk van verpligte praktiese/kliniese werk sal egter nie meer as vyf weke oor die vier jaar van studie in beslag neem nie.

Inhoud vir die B in Arbeidsterapie-program Raadpleeg die hoofstuk Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die B in Arbeidsterapie-graadprogram moet ‟n student in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met universiteitstoelating, soos gesertifiseer deur Umalusi, of ‟n gelykwaardige kwalifikasie met ‟n gemiddeld van minstens 50% (vlak 4), en in Wiskunde minstens 40% (vlak 3) en Lewenswetenskappe minstens 50% (vlak 4). Voornemende studente word sterk aangeraai om Fisiese Wetenskappe en Afrikaans vir die NSS aan te bied. Verwys ook na die keuringsriglyne by: www.sun.ac.za/prospect_select.

LET WEL: Slegs ‟n beperkte getal studente word jaarliks tot die eerste studiejaar van hierdie program toegelaat. Aansoeke om toelating vir ‟n bepaalde jaar moet nie later nie as 31 Mei van die voorafgaande jaar ingelewer word. Keuring vir die program geskied volgens duidelike riglyne op die grondslag van sowel akademiese as nie-akademiese meriete van die aansoeker. Alle leerders wat aansoek doen om toelating tot die program sal ook die Nasionale Normtoets moet aflê. Studente wat gekeur word, sal van ‟n mediese sertifikaatvorm voorsien word wat ingevul en aan die Universiteit voorgelê moet word. Studente wat aan die einde van die eerste jaar sak, word weer aan keuring onderwerp.

Modules vir die B in Arbeidsterapie-program Eerste jaar Die eerste jaar van die program word hoofsaaklik op Stellenbosch gevolg, en die verdere jare by die Tygerbergkampus. Die volgende modules word in hierdie program gevolg:

Page 41: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

40

Verpligte modules

Arbeidsterapie 178(50)

Sielkunde 114(12), 144(12)

Sosiologie 114(12), 144(12)

Spesiale Fisika 142(8)

Bedryfsielkunde 162(6)

Bedryfsielkunde (Arbeidsterapie) 132(6)

Biologie (ARB) 111(18), 153(14)

Tweede jaar Verpligte modules

Arbeidsterapie 278(60)

Sielkunde 212(8), 222(8), 242(8), 252(8)

Fisiologie (AGB) 278(26)

Anatomie (AGB) 278(36)

(Biologie (Geneeskunde) 111 en Biologie (AGB) 153 is ‟n slaagvoorvereiste vir Anatomie (AGB) 278 en vir Fisiologie (AGB) 278.)

Derde jaar Verpligte modules

Arbeidsterapie: Teorie 374(32)

Arbeidsterapie: Prakties 374(62)

Patologie (AGB) 324(10), 334(8), 354(7)

Navorsingsmetodologie in Arbeidsterapie

372(12)

(Sielkunde 212, 222, 242 en 252 is slaagvoorvereistes vir Patologie (AGB) 324.)

Vierde jaar Verpligte modules

Arbeidsterapie: Teorie 484(26)

Arbeidsterapie: Prakties 478(112)

Navorsingsmetodologie in Arbeidsterapie

482(12)

Page 42: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

41

Toekenning van prestasiepunte In gevalle waar afgewyk word van die algemene bepalings, verskaf die betrokke akademiese afdeling aan die begin van die jaar aan studente besonderhede oor hoe die betrokke prestasiepunte bereken word.

Eksamen- en promosiebepalings vir B in Arbeidsterapie Die algemene bepalings insake hertoelating ná onsuksesvolle studie en die voortsetting van ‟n module, soos vervat in Deel 1 van die Jaarboek, is ook op hierdie program van toepassing.

Eerste jaar Promosie ‟n Student moet in al die modules van die eerste jaar slaag (d.w.s. ‟n prestasiepunt van minstens 50 daarin behaal) om na B in Arbeidsterapie II te promoveer.

Herevaluering Herevaluering geld slegs vir Arbeidsterapie 178. Vir die ander modules geld die eksamenbeleid soos vervat in die afdeling Eksamen- en Promosiebepalings van die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 van die Jaarboek (soos van toepassing op die Stellenboschkampus).

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die jaar slegs een semestermodule agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is.

Herhaling van jaarprogram Indien ‟n student nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die eerste jaar herhaal word, d.w.s. ‟n klaspunt moet opnuut behaal word.

Neem van modules van B in Arbeidsterapie II vooruit ‟n Student wat nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, kan Sielkunde 212, 222, 242 en 252 volg, met dien verstande dat Sielkunde 114 of 144 geslaag is en mits die roosters dit toelaat.

Tweede jaar Promosie ‟n Student moet in al die modules van die tweede jaar slaag (d.w.s. ‟n prestasiepunt van minstens 50 daarin behaal) om na B in Arbeidsterapie III te promoveer.

Page 43: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

42

Herevaluering Herevaluering geld vir al die tweedejaarmodules van hierdie program behalwe Sielkunde 212, 222, 242 en 252. Vir hierdie modules geld die eksamenbeleid soos vervat in die afdeling Eksamen- en Promosiebepalings van die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 van die Jaarboek (soos van toepassing op die Stellenboschkampus).

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die jaar slegs Anatomie (AGB) 278 of Fisiologie (AGB) 278 of een semestermodule agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is.

Herhaling van jaarprogram Indien ‟n student nie tot die derde jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die tweede jaar herhaal word, d.w.s. ‟n klaspunt moet opnuut behaal word, met dien verstande egter dat, indien die student Arbeidsterapie 278 geslaag het, daardie modules weer bygewoon en ‟n bevredigende bywoningsertifikaat verwerf moet word.

Neem van modules van B in Arbeidsterapie III vooruit ‟n Student wat slegs Sielkunde 212, 222, 242 of 252 agterstallig is en nie tot die derde jaar kan promoveer nie, kan Patologie (AGB) 334, 354 volg mits die roosters dit toelaat.

Derde jaar Promosie ‟n Student moet al die modules van die derde jaar slaag (d.w.s. ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal) om na B in Arbeidsterapie IV te promoveer.

Herevaluering Herevaluering geld vir al die derdejaarmodules van hierdie program.

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die jaar slegs een van Epidemiologie en Statistiek 372 of Patologie AGB 324 of Patologie AGB 334 of Patologie AGB 354 agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is.

Herhaling van jaarprogram Indien ‟n student nie tot die vierde jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die derde jaar herhaal word, met dien verstande

Page 44: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

43

egter dat indien die student in Arbeidsterapie: Teorie 374 en/of Arbeidsterapie: Prakties 374 geslaag het, daardie module(s) weer bygewoon en ‟n bevredigende bywoningsertifikaat verwerf moet word.

Neem van modules van B in Arbeidsterapie IV vooruit ‟n Student wat Epidemiologie en Statistiek 372 van die derde jaar geslaag het, kan slegs Epidemiologie en Statistiek 472 volg, mits die roosters dit toelaat.

Vierde jaar Finale eksamen ‟n Student slaag in die finale eksamen as ‟n prestasiepunt van minstens 50 in al die modules van die program behaal word. ‟n Student wat in November in die finale eksamen Epidemiologie en Statistiek 472 en een van óf Arbeidsterapie: Teorie 484 óf Arbeidsterapie: Prakties 478 gesak het en ‟n prestasiepunt van minstens 40 daarin behaal het, word toegelaat tot herevaluering gedurende die November-eksamenperiode. ‟n Student wat in November in die finale eksamen sowel Arbeidsterapie: Teorie 484 as Arbeidsterapie: Prakties 478 gesak het, moet al die ontbrekende modules van die vierde jaar herhaal en in November van die daaropvolgende jaar weer eksamen daarin aflê. Dieselfde bepaling geld ook vir ‟n student wat slegs Arbeidsterapie: Teorie 484 of Arbeidsterapie: Prakties 478 moet herhaal. Geen Dekaansvergunnings-eksamen sal vir Arbeidsterapie: Teorie 484 toegestaan word nie. Finalejaarstudente in Arbeidsterapie wat twee jaar nadat hulle vir die eerste keer eksamen gedoen het, nog nie geslaag het nie, kan, op aanbeveling van die Fakulteitsraad, die reg ontneem word om hulle vir verdere hereksamen aan te meld.

Reiskoste Die koste verbonde aan die vervoer van studente na opleidingsentra kan ten volle van die studente verhaal word.

LET WEL: Enige navrae oor bedrae gehef ten opsigte van vervoer moet direk met die betrokke akademiese afdeling uitgeklaar word.

Page 45: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

44

Baccalaureus in die Natuurwetenskappe in Dieetkunde (BScDieetk) Spesifieke toelatingsvereistes Vir oorweging vir keuring tot die vierjarige BSc in Dieetkunde-graadprogram moet ‟n kandidaat in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met universiteitstoelating, soos gesertifiseer deur Umalusi, of ‟n gelykwaardige kwalifikasie met ‟n gemiddeld van minstens 50% (vlak 4), en met minstens 50% (vlak 4) in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Studente wat Wiskundige Geletterdheid (en nie Wiskunde nie) aanbied, kan onder buitengewone omstandighede oorweeg word, indien hulle uitnemend presteer in die Nasionale Normtoetse (NNT‟s).

Voornemende studente word sterk aangeraai om ook Afrikaans vir die NSS aan te bied. Verwys ook na die keuringsriglyne by: www.sun.ac.za/prospect_select.

LET WEL: Slegs ‟n beperkte getal kandidate word jaarliks tot hierdie program toegelaat. Aansoeke om toelating vir ‟n bepaalde jaar moet nie later nie as 31 Mei van die voorafgaande jaar ingelewer word. Keuring vir die program geskied volgens duidelike riglyne op grond van sowel akademiese as nie-akademiese meriete van die aansoeker. Alle leerders wat aansoek doen om toelating tot die program sal ook die Nasionale Normtoetse (NNT‟s) moet aflê. Studente wat die eerste jaar vir die tweede agtereenvolgende jaar sak, word weer aan keuring onderwerp.

Modules vir die BSc in Dieetkunde-program Eerste jaar Verpligte modules

Chemie vir Gesondheidswetenskappe 111(17)

Geneeskundige Mikrobiologie 142(7)

Fisiologiese Biochemie 142(6)

Voeding 142(29)

Voedingstatusbepaling 144(12)

Voedsel 144(14)

Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang

111(17)

Gesondheid in Konteks 111(19)

Page 46: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

45

(Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111 is ‟n slaagvoorvereiste vir Fisiologie (AGB) 278; Geneeskundige Mikrobiologie 142 is ‟n voorvereiste vir Voedselproduksie en -sisteme 214 en Toegepaste Voedselwetenskap 254; Voedsel 144 is ‟n slaagvoorvereiste vir Voedselproduksie en -sisteme 214; Voeding 142 is ‟n slaagvoorvereiste vir Voeding in die Lewensiklus 214 en Terapeutiese Voeding 244; Voedingstatusbepaling 144 is ‟n slaagvoorvereiste vir Terapeutiese Voeding 244 en Voeding in die Lewensiklus 214.)

Tweede jaar Verpligte modules

Fisiologie (AGB) 278(26)

Anatomie (AGB) 231(9)

Terapeutiese Voeding 244(10)

Toegepaste Voedselwetenskap 254(14)

Voedselproduksie en -sisteme 214(20)

Voeding in die Lewensiklus 214(15)

Sielkunde vir Gesondheidswetenskappe

242(7)

Etiek en Menseregte 214(3)

Praktykopleiding 272(17)

Gemeenskapsvoeding 244(7)

(Fisiologie (AGB) 278 is ‟n slaagvoorvereiste vir Terapeutiese Voeding 378; Voeding in die Lewensiklus 214 is ʼn slaagvoorvereiste vir Terapeutiese Voeding 378 en Gemeenskapsvoeding 376; Voedselproduksie en -sisteme 214 is ʼn slaagvoorvereiste vir Toegepaste Voedselwetenskap 254; Praktykopleiding 272 is ‟n newevereiste vir Voedselproduksie en -sisteme 214, Toegepaste Voedselwetenskap 254, Voeding in die Lewensiklus 214, Gemeenskapsvoeding 244 en Terapeutiese Voeding 244; Terapeutiese Voeding 244 is ‟n slaagvoorvereiste vir Terapeutiese Voeding 378; Etiek en Menseregte 214 is ʼn slaagvoorvereiste vir Etiek en Menseregte 341; Gemeenskapsvoeding 244 is ʼn slaagvoorvereiste vir Gemeenskapsvoeding 376. Praktykopleiding 272 is ʼn slaagvoorvereiste vir Praktykopleiding 374.)

Page 47: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

46

Derde jaar Verpligte modules

Terapeutiese Voeding 378(35)

Gemeenskapsvoeding 376(27)

Bestuursbeginsels 377(18)

Navorsingsmetodologie 312(9)

Biostatistiek en Epidemiologie 322(9)

Etiek en Menseregte 341(4)

Praktykopleiding 374(28)

(Praktykopleiding 374 is ʼn newevereiste vir Terapeutiese Voeding 378, Gemeenskapsvoeding 376 en Bestuursbeginsels 377.)

Vierde jaar Verpligte modules

Navorsingsmetodologie 413(16)

Voedseldiensbestuur 476(37)

Terapeutiese Voeding 478(58)

Gemeenskapsvoeding 478(37)

Studente word ook vir 34 weke blootgestel aan die kliniese infrastruktuur van die afdeling, waartydens hulle praktykopleiding in die drie basiese komponente van Dieetkunde, nl. gemeenskapsvoeding, terapeutiese voeding en voedseldiensbestuur, ondergaan.

Programinhoud Raadpleeg die hoofstuk Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme.

Toekenning van prestasiepunte In gevalle waar afgewyk word van die algemene bepalings verskaf die betrokke akademiese afdeling aan die begin van die jaar aan studente besonderhede oor hoe die betrokke prestasiepunte bereken word.

Eksamen- en promosiebepalings vir BSc in Dieetkunde Die algemene bepalings insake hertoelating ná onsuksesvolle studie en die voortsetting van ‟n module, soos vervat in Deel 1 van die Jaarboek, is ook op hierdie program van toepassing.

Page 48: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

47

Eerste jaar Promosie 1. ‟n Student moet al die modules van die eerste jaar slaag (d.w.s. in elke

module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal) om na BSc in Dieetkunde II te promoveer.

2. ‟n Stelsel van deurlopende assessering word in Gesondheid in Konteks 111 gevolg. Werkstukke, projekte, tutoriale, teorietoetse en praktiese assesseringsgeleenthede word gebruik om die prestasiepunt te bepaal.

3. Die skriftelike eksamen oor alle modules van die eerste semester moet tydens die eksamengeleentheid aan die einde van die eerste semester afgelê word, met die uitsondering van Gesondheid in Konteks 111 wat deurlopend geassesseer word.

Herevaluering Herevaluering geld vir alle modules van die eerste jaar, behalwe die modules wat deurlopend geassesseer word. Om vir ‟n herevaluering te kwalifiseer, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 40 behaal. Alle herevaluerings sal skriftelik wees en direk ná die eksamenperiode (maar nie binne 48 uur ná bekendmaking van die prestasiepunte nie) afgeneem word. ‟n Student moet minstens 50 in die herevaluering behaal om die module te slaag. Die prestasiepunt ná die herevaluering moet nie laer wees as die oorspronklike prestasiepunt nie.

Herassessering in die module Gesondheid in Konteks 111 Indien ‟n student minder as 40 behaal vir ‟n assesseringsgeleentheid in die module Gesondheid in Konteks 111, wat by wyse van deurlopende assessering geassesseer word, word die student ‟n herassesseringsgeleentheid gebied direk ná die toetsperiode (maar nie binne 48 uur ná bekendmaking van die toetspunt nie). Studente wat 40% tot 50% in die oorspronklike assesseringsgeleentheid behaal het, het die keuse om ook van die herassesseringsgeleentheid gebruik te maak ten einde hulle punt te verbeter. Die punt ná herassessering moet nie laer wees as die oorspronklike punt nie, maar ook nie hoër as 50 nie. ‟n Student moet minstens 40 behaal ná elke herassessering om uiteindelik die module as geheel te slaag, met dien verstande dat die student se gemiddelde prestasiepunt vir die module in geheel minstens 50 moet wees.

Agterstallige krediete 1. Vir ‟n student wat aan die einde van die eerste semester slegs een module

agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Julie van dieselfde jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig ten einde ‟n

Page 49: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

48

module in die spesiale Julie-eksamen te slaag. ʼn Student wat slegs Gesondheid in Konteks 111 agterstallig is aan die einde van die eerste semester kwalifiseer nie vir ʼn spesiale eksamen nie (verwys na vorige punt).

2. Vir ‟n student wat aan die einde van die tweede semester slegs een tweedesemester-module (behalwe diensmodules) agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig ten einde ‟n module in die Januarie-eksamen te slaag.

Herhaling van jaarprogram ‟n Student wat nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die eerste jaar herhaal, d.w.s. ‟n klaspunt en prestasiepunt moet opnuut behaal word. Sodanige student sal wel mag voortgaan met die program, mits die student genoeg HEMIS-krediete behaal het (vergelyk Deel 1 van die Jaarboek). Raadpleeg ook fakulteitspesifieke oorgangsmaatreëls met betrekking tot die oorgang vanaf die huidige na die hersiene kurrikulum.

Neem van modules van BSc in Dieetkunde II vooruit ‟n Student wat nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, kan modules van die tweede jaar volg, mits die klas-, toets- en eksamenroosters dit toelaat en met dien verstande dat ook aan algemene bepalings insake slaag-, newe- en voorvereistes en die voortsetting van modules voldoen word.

Tweede jaar Promosie ‟n Student moet al die modules van die tweede jaar slaag (d.w.s. in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal) om na BSc in Dieetkunde III te promoveer.

Herevaluering Herevaluering geld vir al die modules van die tweede jaar.

Agterstallige krediete 1. Vir ‟n student wat aan die einde van die eerste semester slegs een module

agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Julie van dieselfde jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig om ‟n module in die spesiale Julie-eksamen te slaag.

2. Vir ‟n student wat aan die einde van die jaar Fisiologie (AGB) 278 of slegs een tweedesemestermodule agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen

Page 50: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

49

in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig om ‟n module in die spesiale Januarie-eksamen te slaag. ʼn Student wat aan die einde van die jaar slegs Praktykopleiding 272 agterstallig is, kwalifiseer nie vir ʼn spesiale eksamen nie aangesien deurlopende assessering vir hierdie module geld.

Herhaling van jaarprogram ‟n Student wat nie tot die derde jaar kan promoveer nie moet al die ontbrekende modules van die tweede jaar herhaal, d.w.s. ‟n klaspunt moet opnuut behaal word.

Neem van modules van BSc in Dieetkunde III vooruit ‟n Student wat nie tot die derde jaar kan promoveer nie, kan modules van die derde jaar volg, met die uitsondering van Navorsingmetodiek 312, mits die klas-, toets- en eksamenroosters dit toelaat en met dien verstande dat ook aan algemene bepalings insake slaag- en voorvereistes en die voortsetting van modules voldoen word.

Derde jaar Promosie ‟n Student moet al die modules van die derde jaar slaag (d.w.s. in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal) om na BSc in Dieetkunde IV te promoveer.

Herevaluering Herevaluering geld vir al die modules van die derde jaar.

Agterstallige krediete 1. Vir ‟n student wat aan die einde van die eerste semester slegs een module

agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Julie van dieselfde jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig om ‟n module in die spesiale Julie-eksamen te slaag.

2. Vir ‟n student wat aan die einde van die jaar slegs een jaar- of tweedesemestermodule agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig om ‟n module in die spesiale Januarie-eksamen te slaag. ʼn Student wat aan die einde van die jaar slegs Praktykopleiding 374 agterstallig is, kwalifiseer nie vir ʼn spesiale eksamen nie aangesien deurlopende assessering vir hierdie module geld.

Page 51: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

50

Herhaling van jaarprogram ‟n Student wat nie tot die vierde jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die derde jaar herhaal, d.w.s. ‟n klaspunt moet opnuut behaal word.

Neem van modules van BSc in Dieetkunde IV vooruit ‟n Student wat nie tot die vierde jaar kan promoveer nie, kan Navorsingsmetodiek 413 volg, mits Navorsingsmetodiek 312 en Biostatistiek en Epidemiologie 342 geslaag is en met dien verstande dat die roosters dit toelaat.

Vierde jaar Promosie ‟n Student slaag in die finale eksamen as hy in al die modules van die vierde jaar slaag (d.w.s. in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal).

Herevaluering Herevaluering geld vir al die modules van die vierde jaar.

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die jaar slegs een module agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 behaal is.

Herhaling van jaarprogram ‟n Student wat in November in die finale eksamen gesak het, moet die uitstaande module(s) in die volgende jaar herhaal.

Reiskoste Die koste verbonde aan die vervoer van studente na opleidingsentra word ten volle van die studente verhaal.

LET WEL: Enige navrae oor bedrae gehef ten opsigte van vervoer moet direk met die betrokke akademiese afdeling uitgeklaar word.

Baccalaureus in die Natuurwetenskappe in Fisioterapie (BScFisio) Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die vierjarige BSc in Fisioterapie-graadprogram (hoofstroom en verlengde graadprogram) moet ‟n student in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met universiteitstoelating, soos gesertifiseer deur Umalusi, of ‟n gelykwaardige kwalifikasie met ‟n gemiddeld van 60%

Page 52: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

51

(vlak 5) en met minstens 50% (vlak 4) in Wiskunde, sowel as Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Studente wat Wiskundige Geletterdheid (en nie Wiskunde nie) aanbied, kan onder buitengewone omstandighede oorweeg word, indien hulle goed presteer in die Nasionale Normtoetse (NNT‟s). Voornemende studente word sterk aangeraai om Afrikaans vir die NSS aan te bied. Verwys ook na die keuringsriglyne by: www.sun.ac.za/prospect_select. Slegs ‟n beperkte getal studente word jaarliks tot die eerste studiejaar van die BSc in Fisioterapie-program toegelaat. Toelating tot die program is derhalwe onderworpe aan keuring. Aansoeke om toelating vir ‟n bepaalde jaar moet die Registrateur vóór 31 Mei van die voorafgaande jaar bereik. Keuring vir die program geskied volgens duidelike riglyne op grond van sowel akademiese as nie-akademiese meriete van die aansoeker. Alle leerders wat aansoek doen om toelating tot die program sal ook die Nasionale Normtoetse (NNT‟s) moet aflê. Studente wat gekeur word, moet ‟n mediese sertifikaat aan die Universiteit voorlê. (‟n Voorgeskrewe vorm word vir dié doel verskaf.)

Verpligte vakansiewerk Alle studente wat die graadprogram in Fisioterapie volg, moet tydens die kort vakansie in die tweede semester van die eerste studiejaar verpligte verpleegondervinding opdoen. Alle studente wat die graadprogram in Fisioterapie volg, moet verpligte fisioterapeutiese kliniese ondervinding opdoen gedurende ‟n vakansie in hulle finale studiejaar.

Kliniese blootstelling Kliniese onderrig van studente vind plaas op primêre, sekondêre en tersiêre vlakke van die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel, asook by verskeie instansies wat ressorteer onder die Departement van Onderwys. Daar word van stedelike en landelike rotasies gebruik gemaak.

Registrasie as student in Fisioterapie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika Studente moet, ooreenkomstig die regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, aansoek doen om as student in Fisioterapie geregistreer te word.

Modules vir die BSc in Fisioterapie-program Eerste jaar Verpligte modules Onderrig geskied vanaf die eerste studiejaar op die Tygerbergkampus.

Page 53: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

52

Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang

111(17)

Chemie vir Gesondheidswetenskappe 111(17)

Persoonlike en Professionele Ontwikkeling

111(17)

Gesondheid in Konteks 111(19)

Spesiale Fisika 142(8)

Anatomie (AGB) 141(13)

Sielkunde 144(12)

Fisioterapie-wetenskap 152(20)

Tweede jaar Verpligte modules Fisiologie (AGB) 278(26)

Anatomie (AGB) 211(12)

Anatomiese Patologie 221(3)

Fisioterapie-wetenskap 272(75)

Kliniese Fisioterapie 254(5)

Patologie (AGB) 254(7)

Derde jaar Verpligte modules

Patologie (AGB) 312(2), 334(8)

Navorsingsmetodiek (Fisioterapie) 372(10)

Toegepaste Fisioterapie 373(66)

Kliniese Fisioterapie 374(40)

Vierde jaar Verpligte modules

Navorsingsmetodiek (Fisioterapie) 472(10)

Toegepaste Fisioterapie 473(19)

Kliniese Fisioterapie 474(96)

Fisioterapie-praktykvoering 474(4)

Page 54: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

53

Programinhoud Raadpleeg die hoofstuk Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme.

Toekenning van prestasiepunte – nie-Fisioterapie-modules In gevalle waar afgewyk word van die algemene bepalings, verskaf die Fisioterapie-voorgraadseprogramkomitee aan die begin van die jaar aan studente besonderhede oor hoe die betrokke prestasiepunte bereken word. Die skriftelike eksamen oor alle modules van die eerste semester moet tydens die eksamengeleentheid aan die einde van die eerste semester afgelê word.

Berekening van deurlopende assesseringspunt vir alle Fisioterapie-modules Die getal assesseringsgeleenthede en die gewig wat elkeen tot die finale prestasiepunt bydra ten opsigte van die bogenoemde modules, word deur die Fisioterapie-voorgraadseprogramkomitee bepaal volgens die spesifieke konteks van die modules in die program en die omvang van elke module. Die riglyne soos uiteengesit in die Jaarboek Deel 1 van die Universiteit sal as uitgangspunt dien om die getal assesseringsgeleenthede en gewigte te bepaal.

Eksamen- en promosiebepalings vir BSc in Fisioterapie Algemene bepalings insake hertoelating ná onsuksesvolle studie en die voortsetting van modules, soos vervat in Deel 1 van die Jaarboek, is ook op hierdie program van toepassing.

Eerste jaar Promosie 1. ‟n Student moet in al die modules van die eerste jaar slaag, d.w.s. in elke

module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal, om na BSc in Fisioterapie II te promoveer.

2. ‟n Stelsel van deurlopende assessering word in Fisioterapie-wetenskap 152, Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111 gevolg. Werkstukke, projekte, tutoriale, teorietoetse en praktiese assesseringsgeleenthede word gebruik om die prestasiepunt te bepaal.

3. Die skriftelike eksamen oor alle modules van die eerste semester moet tydens die eksamengeleentheid aan die einde van die eerste semester afgelê word, met die uitsondering van die modules Fisioterapie-wetenskap 152, Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111, wat deurlopend geassesseer word.

4. Indien ‟n student aan die einde van die eerste semester ‟n klaspunt of prestasiepunt van minder as 40 in Lewensvorme en -funksies van

Page 55: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

54

Kliniese Belang 111 behaal, word die student nie in die tweede semester tot Anatomie (AGB) 142 en Fisioterapie-wetenskap 152 toegelaat nie. Sodanige student sal aansoek kan doen om volgens die bestaande kriteria toegelaat te word om in die tweede semester by die verlengde graadprogram in te skakel. Indien sy aansoek nie suksesvol is nie, en die student in die tweede semester as spesiale student in die Natuurwetenskappe met Sielkunde as vak inskryf, moet hy al die betrokke modules slaag en skriftelik aandui dat hy weer vir BSc in Fisioterapie oorweeg wil word. Sy aansoek sal in Desember vir herkeuring voorgelê word.

‟n Student wat in die eerste semester ‟n klaspunt of prestasiepunt van minder as 40 in enige twee modules behaal (buiten Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111), sal nie in die tweede semester tot Fisioterapie-wetenskap 152 toegelaat word nie. Sodanige student sal aansoek kan doen om in die tweede semester by die verlengde graadprogram in te skakel. Indien sy aansoek nie suksesvol is nie, sal die student Sielkunde 143 en 144 en Anatomie (AGB) 141 mag volg. Sodanige student sal nie na die tweede jaar mag promoveer nie, maar sal mag voortgaan met die program, mits hy genoeg HEMIS-krediete behaal het.

5. ‟n Student wat in die eerste semester ‟n klaspunt en/of ‟n prestasiepunt van minder as 40 in enige twee modules behaal, sal aansoek kan doen om volgens die bestaande kriteria toegelaat te word om in die tweede semester by die verlengde graadprogram in te skakel.

Agterstallige krediete 1. Vir ‟n student wat aan die einde van die eerste semester slegs een module

agterstallig is, sal in Julie van dieselfde jaar ‟n spesiale eksamen toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig ten einde ‟n module in die Julie-eksamen te slaag. Spesiale eksamens word nie toegestaan nie indien Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 of Gesondheid in Konteks 111, wat by wyse van deurlopende assessering geassesseer word, agterstallig is.

2. Vir ‟n student wat aan die einde van die tweede semester slegs een tweedesemestermodule agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig ten einde ‟n module in die Januarie-eksamen te slaag. Spesiale eksamens word nie toegestaan nie indien Fisioterapie-

Page 56: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

55

wetenskap 152, wat by wyse van deurlopende assessering geassesseer word, agterstallig is.

3. Weens die aard van die eksamenstelsel wat op die Stellenboschkampus gevolg word (verwys na die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 van die Jaarboek), word geen spesiale eksamens toegestaan vir Sielkunde-modules en Spesiale Fisika nie.

Herevaluering 1. Herevaluering geld vir alle modules van die eerste jaar met die

uitsondering van die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111, Gesondheid in Konteks 111 en Fisioterapie-wetenskap 152 (sien Herassessering in die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111 hieronder). Om vir ‟n herevaluering te kwalifiseer, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 40 behaal.

2. Alle herevaluerings sal skriftelik geskied en direk ná die eksamentydperk (maar nie binne 48 uur ná bekendmaking van die prestasiepunte nie) afgeneem word. ‟n Student moet minstens 50 in die herevaluering behaal om die module te slaag. Die prestasiepunt ná herevaluering sal nie laer wees as die oorspronklike prestasiepunt nie.

Herassessering in die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111 Indien ‟n student minder as 40 behaal vir ‟n assesseringsgeleentheid in die modules Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en Gesondheid in Konteks 111, wat by wyse van deurlopende assessering geassesseer word, word die student ‟n herassesseringsgeleentheid gebied direk na die toetsperiode (maar nie binne 48 uur ná bekendmaking van die toetspunt nie). Studente wat 40% tot 50% in die oorspronklike assesseringsgeleentheid behaal het, het die keuse om ook van die herassesseringsgeleentheid gebruik te maak ten einde hulle punt te verbeter. Die punt ná herassessering moet nie laer wees as die oorspronklike punt nie, maar ook nie hoër as 50 nie. ‟n Student moet minstens 40 behaal ná elke herassessering om uiteindelik die module as geheel te slaag, met dien verstande dat die student se gemiddelde prestasiepunt vir die module in geheel minstens 50 moet wees.

Herhaling van jaarprogram Indien ‟n student nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die eerste jaar herhaal word, d.w.s. ‟n prestasiepunt moet opnuut behaal word. Sodanige student sal wel mag voortgaan met die program, mits die student genoeg HEMIS-krediete behaal het (vergelyk Deel 1 van die Jaarboek).

Page 57: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

56

Neem van modules van BSc in Fisioterapie II vooruit ‟n Student wat nie aan die slaagvereistes vir BSc in Fisioterapie I voldoen nie omdat slegs een module nie geslaag is nie, kan die volgende tweedejaarmodules volg, mits die rooster dit toelaat: Anatomie (AGB) 211 indien Anatomie (AGB) 141 geslaag is; Fisiologie (AGB) 278 indien Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111 en Chemie vir Gesondheidswetenskappe 111 geslaag is; Anatomiese Patologie 221 en/of Patologie (AGB) 254 indien Fisiologie (AGB) 278 geneem mag word.

Tweede jaar Promosie 1. ‟n Student moet in al die modules van die tweede jaar slaag om na BSc in

Fisioterapie III te promoveer. 2. Daar is geen amptelike eksamen oor Anatomiese Patologie 221 nie. Die

klaspunt word die prestasiepunt. ‟n Gemiddeld van 50% word vereis om hierdie module te slaag. Slegs studente wat nie aan die slaagvereistes voldoen nie, kwalifiseer vir ‟n verbeteringstoets aan die einde van die tweede semester.

Herevaluering 1. Herevaluering geld vir al die modules van die tweede jaar behalwe

Fisioterapie-wetenskap 272 en Kliniese Fisioterapie 254, wat aan deurlopende assessering onderworpe is.

2. Om vir herevaluering te kwalifiseer, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 40 behaal. Alle herevaluerings sal skriftelik geskied en direk ná die eksamentydperk (maar nie binne 48 uur ná bekendmaking van die prestasiepunte nie) afgeneem word. ‟n Student moet minstens 50 in die herevaluering behaal om die module te slaag. Die prestasiepunt ná herevaluering moet nie laer wees as die oorspronklike prestasiepunt nie.

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die jaar slegs een van Anatomie (AGB) 211, Anatomiese Patologie 221, Fisiologie (AGB) 278 of Patologie (AGB) 254 agterstallig is, sal in Januarie van die daaropvolgende jaar ‟n spesiale eksamen toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. ‟n Eksamenpunt van minstens 50 is nodig ten einde ‟n module in die Januarie-eksamen te slaag.

Herhaling van jaarprogram Indien ‟n student nie tot die derde jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die tweede jaar herhaal word.

Page 58: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

57

Neem van modules van BSc in Fisioterapie III vooruit ‟n Student wat nie tot die derde jaar kan promoveer nie omdat Fisioterapie-wetenskap 272 of Kliniese Fisioterapie 254 nie geslaag is nie, kan die volgende derdejaarsmodules volg, mits die rooster dit toelaat: Patologie (AGB) 312, 334.

Derde jaar Promosie ‟n Student moet in al die modules van die derde jaar slaag om na BSc in Fisioterapie IV te promoveer.

Herevaluering 1. Herevaluering geld slegs vir Patologie (AGB) 312, 334. 2. Om vir herevaluering te kwalifiseer, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van

minstens 40 behaal. Alle herevaluerings sal skriftelik geskied en direk ná die eksamentydperk (maar nie binne 48 uur ná bekendmaking van die prestasiepunte nie) afgeneem word. ‟n Student moet minstens 50 in die herevaluering behaal om die module te slaag. Die prestasiepunt ná herevaluering moet nie laer wees as die oorspronklike prestasiepunt nie.

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die jaar slegs een van Patologie (AGB) 334 of Patologie (AGB) 312 agterstallig is, sal in Januarie van die daaropvolgende jaar ‟n spesiale eksamen toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is.

Herhaling van jaarprogram Indien ‟n student nie tot die vierde jaar kan promoveer nie, moet al die ontbrekende modules van die derde jaar herhaal word.

Neem van modules van BSc in Fisioterapie IV vooruit ‟n Student wat slegs Kliniese Fisioterapie 374 agterstallig is, kan Navorsingsmetodiek (Fisioterapie) 472 volg, mits die roosters dit toelaat.

Vierde jaar Promosie ‟n Student moet in al die modules van die vierde jaar slaag om die program te slaag. Deurlopende assessering geld vir alle modules wat in die vierde studiejaar gevolg word.

Herhaling van jaarprogram Indien ‟n student nie aan die slaagvereistes voldoen nie, moet al die ontbrekende modules van die vierde jaar herhaal word.

Page 59: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

58

Reiskoste Die koste verbonde aan die vervoer van studente na kliniese opleidingsentra kan ten volle van die studente verhaal word. LET WEL: Enige navrae oor bedrae gehef ten opsigte van vervoer moet direk met die betrokke akademiese afdeling uitgeklaar word.

Baccalaureus in Spraak-Taal- en Gehoorterapie (BSpraak-Taal en Gehoor) Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die vierjarige B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie-graadprogram moet ʼn student in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS), soos deur Umalusi vir toelating tot baccalaureusgraadstudie gesertifiseer, of ʼn gelykwaardige kwalifikasie, met ʼn gemiddeld van minstens 50% (vlak 4), en met minstens 50% (vlak 4) in Engels en Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal). Voornemende studente word sterk aangeraai om ʼn derde taal vir die NSS aan te bied, terwyl Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe as verdere aanbevelings dien. Verwys ook na die keuringsriglyne by: www.sun.ac.za/prospect_select.

LET WEL: Die volgende toelatingsvereistes sal vanaf 2015 (met die oog op die 2016-inname) afdwingbaar wees, maar aansoekers wat met ingang 2013 volledig daaraan voldoen, sal reeds vir die 2014-inname vir keuring oorweeg kan word: ʼn Student moet in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met toelating tot baccalaureusgraadstudie, soos gesertifiseer deur Umalusi, of ʼn gelykwaardige kwalifikasie met ʼn gemiddeld van minstens 60% (vlak 5), en met minstens 60% (vlak 5) in twee van die volgende drie tale: Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) en/of Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) en/of ʼn derde taal; en met minstens 50% (vlak 4) in Fisiese Wetenskappe of Lewenswetenskappe. Slegs ʼn beperkte getal studente word jaarliks tot die eerste studiejaar van die program toegelaat. Aansoeke om toelating vir ʼn bepaalde jaar moet nie later nie as 31 Mei van die voorafgaande jaar ingelewer word. Keuring vir die program geskied volgens duidelike riglyne op die grondslag van sowel akademiese as nie-akademiese meriete van die aansoeker. Alle leerders wat aansoek doen om toelating tot die program sal ook die Nasionale Normtoetse (NNT‟s) moet aflê.

Page 60: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

59

Modules vir die B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie-program Die eerste en tweede jaar van die program word hoofsaaklik op die Stellenboschkampus gevolg, en die verdere jare op die Tygerbergkampus. Die program behels ‟n studie van die volgende modules:

Eerste jaar Verpligte modules Xhosa 178(24) óf

Afrikaanse Taalverwerwing 178(24) óf 188(24) (Studente word volgens die uitslag van ʼn taalvaardigheidstoets in een van hierdie modules geplaas.)

Spraakheelkunde 121(12), 122(12), 142(6), 162(12)

Sielkunde 114(12), 144(12)

Kliniese Spraakheelkunde 184(12)

Toegepaste Anatomie 117(12)

Algemene Taalwetenskap 178(24)

Inligtingsvaardighede 172(6)

Tweede jaar Verpligte modules

Spraakheelkunde 212(6), 222(6), 241(6), 251(6), 252(6), 278(24)

Kliniese Spraakheelkunde 274(26)

Algemene Taalwetenskap 278(32)

Sielkunde 212(8), 222(8), 242(8), 252(8)

Derde jaar Verpligte modules

Spraakheelkunde 331(12), 332(12), 364(6), 378(24)

Neuroanatomie en Kliniese Neurologie

372(14)

Kliniese Spraakheelkunde 374(26)

Sielkunde 318(24), 348(24)

Page 61: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

60

Vierde jaar Verpligte modules Spraakheelkunde 411(6), 413(12), 478(24)

Kliniese Spraakheelkunde 474(62)

Skripsie 472(18)

Programinhoud Raadpleeg die hoofstuk Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme.

Toekenning van prestasiepunte In gevalle waar afgewyk word van die algemene bepalings, verskaf die betrokke akademiese afdeling aan die begin van die jaar aan studente besonderhede oor hoe die betrokke prestasiepunte bereken word.

Eksamen- en promosiebepalings vir B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie Die algemene bepalings insake hertoelating ná onsuksesvolle studie en die voortsetting van ‟n module, soos vervat in Deel 1 van die Jaarboek, is ook op hierdie program van toepassing.

Eerste jaar Promosie ‟n Student moet in al die modules van die eerste jaar slaag (dit wil sê in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal) en moet ook in die praktiese komponent van Kliniese Spraakheelkunde 184 ‟n punt van minstens 50 behaal om na B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie II te promoveer. Ten einde na die modules Spraakheelkunde (Basiese Oudiometrie) 162 en Spraakheelkunde (Artikulasie en Fonologiese Afwykings) 142 te promoveer, moet ‟n student die module Spraakheelkunde (Spraak- en Gehoorwetenskap) 121 geslaag het. ‟n Student wat hoogstens Sielkunde 114 of 144, Toegepaste Anatomie 117 en Xhosa 178 of Afrikaanse Taalverwerwing 178 of 188 agterstallig is, mag met die tweede jaargang van die program voortgaan, mits die rooster dit toelaat.

Herevaluering Herevaluering geld slegs vir Spraak-Taal- en Gehoorterapie-modules. Vir die ander modules geld die eksamenbeleid soos vervat in die afdeling Eksamen- en Promosiebepalings van die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 van die Jaarboek (soos van toepassing op die Stellenboschkampus).

Page 62: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

61

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die eerste semester slegs een nie-Spraakheelkunde-module agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. Dieselfde reëling geld vir die tweede semester. Indien ‟n student een Spraakheelkunde-module in die eerste semester agterstallig is, en die agterstallige module dien ook as voorvereiste vir een/meer Spraakheelkunde-modules in die tweede semester, word die student tot ‟n derde eksamengeleentheid oor die agterstallige module toegelaat, vóór die aanvang van die tweede semester. Sodanige student verbeur dan ‟n verdere derde eksamengeleentheid, sou hy een module in die tweede semester uitstaande hê.

Herhaling van jaarprogram 1. Indien ‟n student nie tot die tweede jaar kan promoveer nie, moet al die

ontbrekende modules van die eerste jaar herhaal word, d.w.s. ‟n klaspunt moet opnuut behaal word.

2. Studente moet, ongeag of ‟n slaagpunt in die kliniese modules behaal is, dié modules herhaal en ‟n bevredigende bywoningsertifikaat verwerf.

Tweede jaar Promosie ‟n Student moet in al die modules van die tweede jaar slaag (dit wil sê in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal) en moet ook in die praktiese komponent van Kliniese Spraakheelkunde 274 ‟n punt van minstens 50 behaal om na B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie III te promoveer.

Herevaluering Herevaluering geld vir al die tweedejaarmodules van die program, behalwe Algemene Taalwetenskap 278 en Spraakheelkunde (Taalafwykings) 278, wat aan deurlopende assessering onderworpe is, asook Sielkunde 212, 222, 242 en 252. Vir hierdie modules geld die eksamenbeleid soos vervat in die afdeling Eksamen- en Promosiebepalings van die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 van die Jaarboek (soos van toepassing op die Stellenboschkampus).

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die eerste semester slegs een nie-Spraakheelkunde-module agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is.

Page 63: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

62

Dieselfde reëling geld vir die tweede semester. Indien ‟n student een Spraakheelkunde-module in die eerste semester agterstallig is, en die agterstallige module dien ook as voorvereiste vir een/meer Spraakheelkunde-modules in die tweede semester, word die student tot ‟n derde eksamengeleentheid oor die agterstallige module toegelaat, vóór die aanvang van die tweede semester. Sodanige student verbeur dan ‟n verdere derde eksamengeleentheid, sou hy een module in die tweede semester uitstaande hê.

Herhaling van jaarprogram 1. Indien ‟n student nie tot die derde jaar kan promoveer nie, moet al die

ontbrekende modules van die tweede jaar herhaal word, dit wil sê ‟n klaspunt moet opnuut behaal word.

2. Studente moet, ongeag of ‟n slaagpunt in die kliniese modules behaal is, dié modules herhaal en ‟n bevredigende bywoningsertifikaat verwerf.

Neem van modules van B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie III vooruit ‟n Student wat slegs Sielkunde 212, 222, 242 of 252 agterstallig is, mag modules van die derde jaargang van die program volg, mits die roosters dit toelaat.

Derde jaar Promosie ‟n Student moet in al die modules van die derde jaar slaag (dit wil sê in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal) en moet ook in die praktiese komponent van Kliniese Spraakheelkunde 374 ‟n punt van minstens 50 behaal om na B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie IV te promoveer. Spraakheelkunde (Neurogene Kommunikasie-afwykings) 378 word deurlopend geassesseer.

Herevaluering Herevaluering geld vir al die derdejaarmodules van die program behalwe Sielkunde 318 en 348. Vir hierdie modules geld die eksamenbeleid soos vervat in die afdeling Eksamen- en Promosiebepalings van die hoofstuk oor Universiteitseksamens in Deel 1 van die Jaarboek (soos van toepassing op die Stellenboschkampus).

Agterstallige krediete Vir ‟n student wat aan die einde van die eerste semester slegs een module agterstallig is, sal ‟n spesiale eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar toegestaan word, mits ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die betrokke module behaal is. Dieselfde reëling geld vir die tweede semester.

Page 64: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

63

Herhaling van jaarprogram 1. Indien ‟n student nie tot die vierde jaar kan promoveer nie, moet al die

ontbrekende modules van die derde jaar herhaal word, dit wil sê ‟n klaspunt moet opnuut behaal word.

2. Studente moet, ongeag of ‟n slaagpunt in die kliniese modules behaal is, dié modules herhaal en ‟n bevredigende bywoningsertifikaat verwerf.

Vierde jaar Promosie Die module Spraakheelkunde (Gevorderde Seminare in Spraak-Taal- en Gehoorterapie) 478 word deurlopend geassesseer. Daar bestaan dus nie ʼn eksamengeleentheid vir hierdie module nie. ‟n Student moet ‟n prestasiepunt van 50% behaal om hierdie module te slaag.

Finale eksamen ‟n Student slaag in die finale eksamen as hy slaag in al die modules van die vierde jaar, dit wil sê ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal. ‟n Student moet ook in die praktiese komponent van Kliniese Spraakheelkunde 474 ‟n punt van minstens 50 behaal.

Herevaluering Herevaluering geld vir al die vierdejaarmodules van die program, behalwe Spraakheelkunde (Gevorderde Seminare in Spraak-Taal en Gehoorterapie) 478, wat aan deurlopende assessering onderworpe is.

Verbetering van prestasiepunt ‟n Student wat Skripsie 472 in November gesak het en ‟n prestasiepunt van minstens 40 behaal het, kan die prestasiepunt tot einde Januarie van die daaropvolgende jaar verbeter.

Herhaling van jaarprogram 1. Indien ‟n student nie aan die slaagvereistes voldoen nie, moet al die

ontbrekende modules van die vierde jaar herhaal word. 2. Studente moet, ongeag of ‟n slaagpunt in die kliniese modules behaal is,

dié modules herhaal en ‟n bevredigende bywoningsertifikaat verwerf.

Reiskoste Die koste verbonde aan die vervoer van studente na opleidingsentra kan ten volle van die studente verhaal word. LET WEL: Enige navrae oor bedrae gehef ten opsigte van vervoer moet direk met die betrokke akademiese afdeling uitgeklaar word.

Page 65: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

64

VERLENGDE GRAADPROGRAMME (VGP)

Verlengde graadprogramme word in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aangebied met die doel om gekeurde studente vir die programme MB,ChB, BSc in Dieetkunde, BSc in Fisioterapie en B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie wat as gevolg van ontoereikende skoolopleiding benadeel is, te help met die ontwikkeling van hulle potensiaal met die oog op die verwerwing van ‟n graad in die Geneeskunde, Dieetkunde, Fisioterapie of Spraak-Taal- en Gehoorterapie.

Verlengde Graadprogram (VGP) vir MB,ChB Modules vir die verlengde graadprogram vir MB,ChB Eerste jaar (hersiene kurrikulum) Verpligte modules

Inleiding tot Gesondheidswetenskappe

198(10)

Persoonlike en Professionele Ontwikkeling

111(17)

Biologie (Geneeskunde) 197(12)

Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang

111(17)

Basis van Siekteprosesse 141(30), 198(5)

Strategiese Kommunikasie 199(16)

Praktiese Kliniese Blootstelling 198(10)

Tweede jaar (hersiene kurrikulum) Verpligte modules

Chemie vir Gesondheidswetenskappe 111(17)

Chemie (Geneeskunde) 197(12)

Gesondheid in Konteks 111(19)

Statistiese Begrippe en Rekenaarvaardighede

197(12)

Basiese Terapeutiese Beginsels 198(5)

Intermediêre Metabolisme 198(5)

Beginsels van Terapie 141(20)

Page 66: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

65

Inleiding tot Kliniese Geneeskunde 141(20)

Ná suksesvolle voltooiing van die verlengde graadprogram sluit studente by die tweede jaar van die MB,ChB-program aan. LET WEL: Die syfers wat tussen hakies naas die onderskeie modules aangedui word, is die kredietwaarde van die betrokke module. Die inhoud van die verlengdegraadprogram-modules word in die hoofstuk Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme weergegee.

Eksamen- en promosiebepalings vir die verlengde graadprogram vir MB,ChB Eerste jaar (hersiene kurrikulum) Promosie 1. ‟n Student moet ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal in Biologie

(Geneeskunde) 197 en Inleiding tot Gesondheidswetenskappe 198 om na die tweede jaar van die verlengde graadprogram te promoveer. ‟n Student wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, sal nie met die program kan voortgaan nie en moet aansoek doen om hertoelating tot die program.

2. Die skriftelike eksamen oor Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111 moet tydens die eksamengeleentheid aan die einde van die eerste semester afgelê word. Indien ‟n student aan die einde van die eerste semester ‟n klaspunt of prestasiepunt van minder as 40 in Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111 behaal, kan die student nie tydens die tweede semester met die program voortgaan nie. Indien sodanige student in die tweede semester as spesiale student in die Natuurwetenskappe inskryf, al die betrokke modules slaag, ʼn geweegde gemiddelde prestasiepunt van minstens 60% behaal en skriftelik aandui dat hy weer vir MB,ChB oorweeg wil word, sal sy aansoek in Desember vir herkeuring voorgelê word.

3. ‟n Student wat ‟n prestasiepunt van minder as 50, maar minstens 40, in Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111 en/of ‟n prestasiepunt van minder as 50 in Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en/of Strategiese Kommunikasie 199 en/of Praktiese Kliniese Blootstelling 197 en/of Basis van Siekteprosesse 141 behaal, moet daardie module(s) in die eerste en/of tweede semester (soos toepaslik) van die tweede jaar van die verlengde graadprogram herhaal.

Page 67: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

66

Tweede jaar (hersiene kurrikulum) Promosie 1. ‟n Student moet in al die modules van die verlengde graadprogram slaag,

d.w.s. in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal, om na MB,ChB II te promoveer.

2. Die eksamen- en promosiebepalings vir MB,ChB I ten opsigte van herevaluering en herassessering, en agterstallige krediete is ook van toepassing op die tweede jaar van die verlengde graadprogram.

3. ‟n Student wat die verlengde graadprogram nie binne die twee jaar suksesvol voltooi nie, moet aansoek doen om hertoelating tot die program.

Verlengde Graadprogram (VGP) vir BSc in Dieetkunde Modules vir die verlengde graadprogram vir BSc in Dieetkunde Geen studente word tans tot die verlengde graadprogram toegelaat nie.

Eksamen- en promosiebepalings vir die verlengde graadprogram vir BSc in Dieetkunde Tans nie van toepassing nie.

Verlengde Graadprogram (VGP) vir BSc in Fisioterapie Modules vir die verlengde graadprogram vir BSc in Fisioterapie Eerste jaar Verpligte modules

Biologie (Geneeskunde) 197(12)

Strategiese Kommunikasie 199(16)

Sielkunde 144(12)

Inleiding tot Gesondheidswetenskappe 198(10)

Persoonlike en Professionele Ontwikkeling

111(17)

Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang

111(17)

Praktiese Kliniese Blootstelling 198(10)

Basis van Siekteprosesse 198(5)

Page 68: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

67

Tweede jaar Verpligte modules

Chemie vir Gesondheidswetenskappe 111(17)

Chemie (Geneeskunde) 197(12)

Gesondheid in Konteks 111(19)

Statistiese Begrippe en Rekenaarvaardighede

197(12)

Anatomie (AGB) 141(13)

Fisioterapie-wetenskap 152(20)

Spesiale Fisika 142(8)

Ná suksesvolle voltooiing van die verlengde graadprogram sluit studente aan by die tweede jaar van die BSc in Fisioterapie-program. LET WEL: Die syfers wat tussen hakies naas die onderskeie modules aangedui word, is die kredietwaarde van die betrokke module. Die inhoud van die verlengdegraadprogrammodules word in die hoofstuk Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme weergegee.

Eksamen- en promosiebepalings vir die verlengde graadprogram vir BSc in Fisioterapie Eerste jaar Promosie 1. ‟n Student moet ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal in Biologie

(Geneeskunde) 198 en Inleiding tot Gesondheidswetenskappe 197 om na die tweede jaar van die verlengde graadprogram te promoveer. ‟n Student wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, en dus nie na die tweede jaar van die verlengde graadprogram kan promoveer nie, sal wel mag voortgaan met die program, mits die student genoeg HEMIS-krediete behaal het (vergelyk die Jaarboek Deel 1).

2. Die skriftelike eksamen oor Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111 moet tydens die eksamengeleentheid aan die einde van die eerste semester afgelê word. Indien ‟n student aan die einde van die eerste semester ‟n klaspunt of prestasiepunt van minder as 40 in Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111 behaal, kan die student nie met die program tydens die tweede semester voortgaan nie. Indien hierdie studente in die tweede semester as spesiale student in die Natuurwetenskappe inskryf, al die betrokke modules slaag en skriftelik

Page 69: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

68

aandui dat hulle weer vir BSc in Fisioterapie oorweeg wil word, sal hulle aansoeke in Desember vir herkeuring voorgelê word.

3. ‟n Student wat ‟n prestasiepunt van minder as 50, maar minstens 40, in Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111 en/of ‟n prestasiepunt van minder as 50 in Strategiese Kommunikasie 199 en/of Sielkunde 144 en/of Persoonlike en Professionele Ontwikkeling 111 en/of Praktiese Kliniese Blootstelling 198 en/of Basis van Siekteprosesse 198 behaal, moet die modules in die tweede jaar van die verlengde graadprogram herhaal.

Tweede jaar Promosie 1. ‟n Student moet in al die modules van die verlengde graadprogram slaag,

dit wil sê in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal, om na BSc in Fisioterapie II te promoveer.

2. Die eksamen- en promosiebepalings vir BSc in Fisioterapie I ten opsigte van agterstallige krediete is ook van toepassing op die tweede jaar van die verlengde graadprogram.

3. ‟n Student wat die verlengde graadprogram nie binne die twee jaar suksesvol voltooi nie, moet aansoek doen om hertoelating tot die program.

Verlengde Graadprogram (VGP) vir B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie Modules vir die verlengde graadprogram vir B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie Eerste jaar Verpligte modules

Spraakheelkunde 122(12), 142(6)

Algemene Taalwetenskap 178(24)

Sielkunde 114(12), 144(12)

Xhosa 178(24) óf

Afrikaanse Taalverwerwing 178(24) óf 188(24) (Studente word volgens die uitslag van ʼn taalvaardigheidstoets in een van hierdie modules geplaas.)

Inligtingsvaardighede 172(6)

Page 70: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

69

Tweede jaar Verpligte modules

Spraakheelkunde 121(12), 162(12)

Kliniese Spraakheelkunde 184(12)

Toegepaste Anatomie 117(12)

Ná suksesvolle voltooiing van die verlengde graadprogram sluit studente aan by die tweede jaar van die B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie-program.

LET WEL: Die syfers wat tussen hakies naas die onderskeie modules aangedui word, is die kredietwaarde van die betrokke module. Die inhoud van die verlengde graadprogram-modules word in die hoofstuk Module-inhoude vir Voor- en Nagraadse Programme weergegee. Eksamen- en promosiebepalings vir die verlengde graadprogram vir B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie

Eerste jaar Promosie 1. Ten einde na die module Spraakheelkunde (Artikulasie en Fonologiese

Afwykings) 142 te promoveer, moet ‟n student die module Spraakheelkunde (Menslike Kommunikasie) 122 geslaag het. ‟n Student moet ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal in Spraakheelkunde (Artikulasie en Fonologiese Afwykings) 142 om na die tweede jaar van die verlengde graadprogram te promoveer. ‟n Student wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie, sal nie met die program kan voortgaan nie en sal weer aan keuring vir hertoelating tot die program onderwerp word.

2. Indien ‟n student ‟n klaspunt of ‟n prestasiepunt van minder as 40 in Spraakheelkunde (Artikulasie en Fonologiese Afwykings) 142 behaal, kan die student nie voortgaan met die program nie en moet hy dus die program in daardie stadium staak.

Tweede jaar Promosie 1. Om na die module Spraakheelkunde (Basiese Oudiometrie) 162 te

promoveer, moet ‟n student die module Spraakheelkunde (Spraak- en Gehoorwetenskap) 121 geslaag het.

2. ‟n Student moet in al die modules van die verlengde graadprogram, met inbegrip van die praktiese komponent van Kliniese Spraakheelkunde 184

Page 71: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

70

slaag, dit wil sê in elke module ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal, om na B Spraak-Taal- en Gehoorterapie II te promoveer.

3. ‟n Student wat nie die verlengde graadprogram binne die twee jaar suksesvol voltooi nie, sal weer aan keuring vir hertoelating tot die program onderwerp word.

4. Die eksamen- en promosiebepalings vir B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie I ten opsigte van herevaluering en agterstallige krediete is ook van toepassing op die tweede jaar van die verlengde graadprogram.

NAGRAADSE PROGRAMME

HONNEURSGRADE

Honneurs-Baccalaureus in die Natuurwetenskappe

Aard van honneursprogramme Die doel van die program is om studente toe te rus met insig, praktiese bevoegdhede en grondige kennis van die student se gekose studieveld. By voltooiing van die program moet die student in staat wees om onafhanklik as ‟n navorser en akademikus in die Suid-Afrikaanse konteks te funksioneer. Die program het ten doel om:

gesondheidsorg in die Suid-Afrikaanse gemeenskap te bevorder; gesondheidsnavorsing te fasiliteer en te innoveer; kritiese en etiese beredenering te fasiliteer; evalueringsbestuur, kommunikasie en wetenskaplike kennis te

bevorder; studente vir verdere studie voor te berei; en lewenslange leer te bevorder.

Toelating van gediplomeerdes tot HonsBSc-studie Persone in besit van ‟n Nasionale Hoër Diploma in Geneeskundige Tegnologie kan vir toelating tot HonsBSc-graadstudie oorweeg word indien hulle:

‟n toepaslike B-graad of ekwivalente graad aan ‟n goedgekeurde inrigting vir tersiêre onderwys verwerf het;

óf

in uitsonderlike gevalle aan die volgende minimum vereistes voldoen: o kandidate moet in besit wees van die Matrikulasiesertifikaat of ‟n

vrystellingsertifikaat van die Matrikulasieraad;

Page 72: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

71

o kandidate moes tydens die diplomaprogram akademies bogemiddeld gepresteer het;

o kandidate moes vóór toelating akademies verbonde en/of professioneel aktief gebly het vir ‟n minimum tydperk van drie jaar, waartydens minstens een navorsingsprojek suksesvol deurgevoer en in ‟n erkende vaktydskrif gepubliseer is.

Kandidate moes geslaag het in ‟n tentamen:

wat afgeneem is volgens duidelik omskrewe kriteria deur die Fakulteitsraad neergelê, ten einde ‟n toereikende wetenskaplike standaard te verseker;

wat ontwerp is om die teoretiese agtergrond en wetenskaplike rypheid van die kandidaat te peil; en

wat waargeneem is deur die hoof van die departement/afdeling waarin die voorgenome nagraadse studie beoog word as sameroeper, of sy gevolmagtigde, saam met minstens een ander deskundige in die betrokke vakgebied soos deur die dekaan benoem.

Kandidate word op meriete deur die Komitee vir Nagraadse Onderrig oorweeg aan die hand van ‟n curriculum vitae en ‟n skriftelike aanbeveling van die tentamenkomitee.

Toelating van BTech-gekwalifiseerdes tot HonsBSc-studie Persone in besit van ‟n toepaslike BTech- of ‟n ekwivalente graad aan

‟n goedgekeurde inrigting vir tersiêre onderwys kan vir toelating tot HonsBSc-graadstudie oorweeg word met dien verstande dat:

aanvullende werk deur departemente/afdelings vereis kan word; kandidate tydens die graadprogram akademies bogemiddeld

gepresteer het; en kandidate geslaag het in ‟n tentamen: o wat afgeneem is volgens duidelik omskrewe kriteria deur die

Fakulteitsraad neergelê, ten einde ‟n toereikende wetenskaplike standaard te verseker;

o wat ontwerp is om die teoretiese agtergrond en wetenskaplike rypheid van die kandidaat te peil; en

o wat waargeneem is deur die hoof van die departement/afdeling waarin die voorgenome nagraadse studie beoog word as sameroeper, of sy gevolmagtigde, saam met minstens een ander deskundige op die betrokke vakgebied soos deur die dekaan benoem.

Kandidate word op meriete deur die Komitee vir Nagraadse Onderrig oorweeg aan die hand van ‟n curriculum vitae en ‟n skriftelike aanbeveling van die tentamenkomitee.

Page 73: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

72

HonsBSc in Epidemiologie Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc-graadprogram met Epidemiologie as hoofstudierigting, moet die kandidaat in besit wees van een van die volgende kwalifikasies van hierdie Universiteit of van ‟n ander erkende universiteit:

die grade MB,ChB of BChD; óf

‟n baccalaureusgraad in ‟n biologiese rigting wat verkieslik ‟n eenjaarprogram in Wiskunde en/of Statistiek insluit;

óf

‟n gelykwaardige kwalifikasie wat deur die Senaat vir hierdie doel goedgekeur is, met dien verstande dat die aansoeker wel Wiskunde op skoolverlatingsvlak geslaag het.

Duur Die program word deeltyds oor twee akademiese jare aangebied. Dit behels twee Verpligte modules en weeklikse kontaksessies van twee uur elk.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Biostatistiek 772(60)

Epidemiologie 771(60)

Assessering en eksaminering Twee formele klastoetse word tydens die twee akademiese jare afgelê en aan die einde van die program word drie drieuur-vraestelle geskryf, waarvan een handel oor Epidemiologie en een oor Biostatistiek. Die derde vraestel is probleemgebaseerd en dek geïntegreerde voorbeelde. Hierdie skriftelike assessering word ondersteun deur ‟n verpligte mondelinge eksamen wat deur ‟n eksterne eksaminator bygewoon word (nadat die eksaminator ook die eksamenskrifte gemodereer het) en wat ook probleemgebaseerd en geïntegreerd is. By die berekening van die finale punt vir die program geld die volgende:

assessering deur middel van twee skriftelike klastoetse (20% van die prestasiepunt);

drie skriftelike eksamenvraestelle (60% van die prestasiepunt); en ‟n mondelinge eksamen (20% van die prestasiepunt).

Page 74: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

73

Kandidate moet beide modules slaag met ‟n minimum van 50% om die graad te verwerf.

Navrae Programkoördineerder: Dr JM Barnes Tel.: (021) 938 9480 E-pos: [email protected] of [email protected]

HonsBSc in Farmakologie Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc-graadprogram met Farmakologie as hoofstudierigting moet die kandidaat in besit wees van een van die volgende kwalifikasies van hierdie Universiteit of van ‟n ander erkende universiteit:

‟n BSc-graad met Fisiologie, Biochemie of Mikrobiologie met ‟n prestasiepunt van minstens 60% vir vakke op derdejaarsvlak;

‟n MB,ChB- of BChD-graad of gelykstaande kwalifikasie; of ‟n BPharm-graad of gelykstaande kwalifikasie.

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Afrikaans en Engels word as tale van onderrig gebruik, na gelang van die voorkeure van die gehoor.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Beginsels van Farmakologie 774(40)

Farmakologie van Sisteme 775(40), 776(40)

Assessering en eksaminering Die finale prestasiepunt word op grond van die volgende bereken:

drie skriftelike eksamens oor die teoretiese werk (45% van die prestasiepunt);

deurlopende assessering deur middel van klastoetse (15% van die prestasiepunt);

werkstuk en voordrag (20% van die prestasiepunt); en mondelinge eksamen (20% van die prestasiepunt).

Gedurende die tweede jaar van die program word van die student vereis om ‟n bevredigende werkstuk in te lewer na aanleiding van ‟n farmakologiese/toksikologiese projek. Die doel van die werkstuk is om die student se vermoë te bepaal om ‟n wetenskaplike ondersoek selfstandig uit te voer en die resultate daarvan te interpreteer.

Page 75: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

74

Navrae Programkoördineerder: Prof JM van Zyl Tel.: (021) 938 9344 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Geneeskundige Fisiologie Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc (Geneeskundige Fisiologie)-graadprogram, moet die kandidaat in besit wees van een van die volgende kwalifikasies van hierdie Universiteit of van ‟n ander erkende universiteit:

‟n BSc-graad met Fisiologie as hoofvak, of gelykstaande kwalifikasie, met ‟n prestasiepunt van minstens 60% vir Fisiologie op derdejaarsvlak;

‟n MB,ChB- of BChD-graad, of gelykstaande kwalifikasie; of ‟n BVSc- of BPharm-graad, of gelykstaande kwalifikasie.

Aanbieding Afrikaans en Engels word as tale van onderrig gebruik, na gelang van die voorkeure van die gehoor.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Teoretiese Geneeskundige Fisiologie 771(60)

Navorsing in Geneeskundige Fisiologie 772(60)

Assessering en eksaminering Die finale prestasiepunt word op grond van die volgende bereken:

een skriftelike eksamen oor die teoretiese werk; ‟n oopboek-eksamen; deurlopende assessering; kopkrapperprojek; en mini-tesis.

Navrae Programkoördineerder: Prof H Strijdom Tel.: (021) 938 9387 E-pos: [email protected]

Page 76: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

75

HonsBSc in Geneeskundige Mikrobiologie Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc (Geneeskundige Mikrobiologie)-graadprogram moet die kandidaat in besit wees van ‟n relevante BSc-graad van ‟n erkende universiteit met ‟n kombinasie van toepaslike vakke soos Mikrobiologie, Biochemie, Biotegnologie en Genetika. ‟n Slaagsyfer van 60% of meer in die finale jaar is ‟n vereiste. Indien meer kandidate aansoek doen om toelating as waarvoor die program voorsiening maak, sal die nagraadseprogramkomitee van die Afdeling Geneeskundige Mikrobiologie kandidate keur op grond van hulle curriculum vitae en op ‟n kortlys plaas. Finale keuring sal geskied na ‟n kort onderhoud.

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Geneeskundige Mikrobiologie 776(25)

Immunologie 714(10)

Mediese Biotegnologie 771(10)

Molekulêre Biologie 771(10)

Navorsingsmetodologie 715(5)

Navorsingsprojek 771(60)

Assessering en eksaminering Die jaarpunt word saamgestel uit die volgende assesseringsgeleenthede:

skriftelike eksamengeleenthede (30% van die jaarpunt); die voltooiing van werkboeke (10%); ‟n praktiese eksamen (10%); en ‟n navorsingstaak (50%).

Die slaagsyfer is 50% en ‟n punt van 75% of meer is nodig vir ‟n onderskeiding.

Navrae Programkoördineerder: Dr K Hoek Tel.: (021) 938 4035 E-pos: [email protected]

Page 77: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

76

HonsBSc in Geneeskundige Virologie Programbeskrywing Die HonsBSc-program vorm deel van volgehoue pogings om ‟n studiekultuur vir studente en navorsers te skep wat ‟n betekenisvolle bydrae tot Geneeskundige Virologie kan lewer. Geneeskundige Virologie bied praktiese navorsingsondervinding en fokus spesifiek op navorsing relevant tot Afrika, byvoorbeeld ten opsigte van MIV/vigs.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot hierdie program moet die kandidaat beskik oor ‟n onlangse BSc-graad met Virologie as hoofvak of ‟n BSc-graad in Mikrobiologie, Biochemie, Genetika of ‟n soortgelyke vakrigting. Kandidate moes ‟n slaagsyfer van 60% of hoër in die finale jaar behaal het en aanmeld vir ‟n kort onderhoud. Weens die beperkte getal studente wat tot die program toegelaat kan word, sal kandidate wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie, gewoonlik nie tot die program toegelaat word nie.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Teorie van Geneeskundige Virologie 771(60)

Praktiese Navorsingsprojek (Geneeskundige Virologie)

772(60)

Assessering en eksaminering Assessering van die teoretiese module geskied in die vorm van deurlopende assessering (5% van die finale prestasiepunt), ‟n semestereksamen (20% van die finale prestasiepunt) en ‟n finale eksamen (25% van die finale prestasiepunt). Assessering van die praktiese navorsingsprojek geskied in die vorm van werkstukke, seminare en ‟n mini-tesis (50% van die finale prestasiepunt).

Navrae Programkoördineerder: Prof W Preiser Tel.: (021) 938 9353 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Hiperbariese Geneeskunde Programbeskrywing Die program verskaf opleiding aan mediese praktisyns in die Hiperbariese Geneeskunde-studierigting. Mediese praktisyns word blootgestel aan verskeie Hiperbariese Geneeskunde-konsepte, met die hooffokus op hiperbariese

Page 78: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

77

geneeskundige praktyk in die hospitaal-kliniese omgewing. Die program dek nie die beroepsgeneeskundige aspekte van duikmedisyne of hiperbariese tonnelwerk nie (hierdie aspekte word gedek in die Onderwatergeneeskundeprogram).

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc-graadprogram met Hiperbariese Geneeskunde as hoofstudierigting moet die kandidaat beskik oor:

die graad MB,ChB van hierdie Universiteit of ‟n ander goedgekeurde universiteit, of ‟n gelykwaardige kwalifikasie aanvaarbaar vir registrasie as mediese praktisyn;

voltooide internskapjaar/-jare; en ‟n geldige duik- mediese sertifikaat (of in staat wees om een te

verkry) vóór deelname aan hiperbariese blootstelling.

Duur Die program word oor die bestek van twee jaar aangebied vir deeltydse studente en oor een jaar vir voltydse studente.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Basiese Hiperbariese Geneeskunde 772(25)

Operasionele Hiperbariese Geneeskunde

773(35)

Gevorderde Hiperbariese Geneeskunde

774(20)

Navorsingsmetodologie 775(10)

Navorsingswerkstuk 776(30)

Assessering en eksaminering Studente wat slegs sekere van die modules voltooi, skryf eksamen slegs oor daardie modules. Die finale prestasiepunt van studente wat die hele program voltooi, word bereken op grond van:

die suksesvolle voltooiing van die afsonderlike module-eksamens (10% van finale punt);

twee skriftelike gesloteboek-vraestelle van drie uur elk (50% van finale punt);

‟n mondelinge eksamen van minstens dertig minute (20% van finale punt); en

Page 79: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

78

‟n navorsingsprojek wat bewys lewer van vaardigheid in basiese navorsingsmetodologie (20% van finale punt).

Navrae Programkoördineerder: Dr CJ Roberts Tel.: (021) 938 9810 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.hyperbaricmedicine.co.za

HonsBSc in Kerngeneeskunde Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc (Kerngeneeskunde)-graadprogram moet die kandidaat in besit wees van een van die volgende kwalifikasies van hierdie Universiteit of van ‟n ander erkende universiteit:

die graad MB,ChB; óf

‟n baccalaureusgraad met Fisiologie as hoofvak en Fisika I; óf

‟n baccalaureusgraad met óf Chemie óf Biochemie as hoofvak met dien verstande dat Fisiologie tot tevredenheid van die Senaat aangevul word indien Fisiologie nie die tweede hoofvak is nie.

‟n Minimum slaagsyfer van 60% in die hoofvak is ‟n voorvereiste vir toelating. Kandidate wat oor ʼn BTech-kwalifikasie beskik, sal vir toelating oorweeg word indien hulle:

die BTech-graad met ʼn minimum prestasiepunt van 60% geslaag het; en

ʼn tentamen in Kerngeneeskunde (soos deur die nagraadseprogramkomitee bepaal) afgelê en met ʼn minimum eksamenpunt van 60% geslaag het.

Duur Die HonsBSc (Kerngeneeskunde)-graadprogram is ‟n een jaar lange voltydse of twee jaar lange deeltydse program.

Aanbieding Engels.

Page 80: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

79

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Stralingsfisika en Instrumentasie 771(30)

Kliniese Kerngeneeskunde 772(60)

Navorsingswerkstuk (Kerngeneeskunde)

773(30)

Assessering en eksaminering Al drie modules moet geslaag word met ‟n minimum slaagsyfer van 50% om die kwalifikasie te verwerf. Deeltydse studente Studente wat die program op ‟n deeltydse basis volg, sal toegelaat word om die eksamen soos volg af te lê: een drieuur-vraestel ná verloop van een jaar en twee drieuur-vraestelle en ‟n mondelinge eksamen ná verloop van twee jaar. Voltydse studente Drie drieuur-vraestelle en ‟n mondelinge eksamen ná verloop van een jaar.

Navrae Programkoördineerder: Prof A Ellmann Tel.: (021) 938 4265 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Kliniese Mensgenetika Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot hierdie graadprogram moet die kandidaat een van die volgende kwalifikasies van hierdie Universiteit of ‟n ander erkende tersiêre opleidingsinstelling besit:

‟n MB,ChB- of BChD-graad; óf

‟n baccalaureusgraad in ‟n kliniese vakgebied, bv. Verpleegkunde. Die kandidaat moes minstens 60% in die finale eksamen behaal het. Kandidate met ‟n gemiddelde punt van minder as 60% kan toegelaat word op grond van voldoende motivering, suksesvolle voltooiing van bykomende werk of bewys van bekwaamheid.

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Page 81: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

80

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Mensgenetika-teorie 771(60), 773(60)

Assessering en eksaminering Die finale punt word soos volg bereken:

projekverslag/werkstuk: 20% twee skriftelike eksamens: 80%

Navrae Programkoördineerder: Dr M Urban Tel.: (021) 938 9787 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Mensgenetika Programbeskrywing Hierdie program sal die student toerus met sowel teoretiese as praktiese agtergrond tot basiese konsepte van molekulêre biologie en mensgenetika. Die program bestaan uit die bywoning van lesings, deelname aan besprekings van wetenskaplike tydskrifte, die skryf van ‟n literatuuroorsig, deelname aan ‟n ses maande lange navorsingsprojek en skriftelike eksamens teen die middel en aan die einde van die akademiese jaar. Hierdie program oorvleuel met die HonsBSc (Molekulêre Biologie)-program, maar sluit onder andere afsonderlike lesings in oor sitogenetika, kliniese genetika en forensiese genetika.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot hierdie graadprogram moet die kandidaat een van die volgende kwalifikasies van hierdie Universiteit of ‟n ander erkende tersiêre opleidingsinstelling besit:

‟n MB,ChB- of BChD-graad; óf

‟n baccalaureusgraad met Genetika as een van die hoofvakke; óf

‟n baccalaureusgraad met enige twee van die volgende hoofvakke: Mikrobiologie, Biochemie, Fisiologie en Soölogie.

Om vir toelating tot die program te kwalifiseer, moes die kandidaat minstens 60% in die finale eksamen behaal het. Kandidate met ‟n gemiddelde punt van minder as 60% kan toegelaat word op grond van voldoende motivering, suksesvolle voltooiing van bykomende werk en/of bewys van bekwaamheid.

Page 82: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

81

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Mensgenetika-teorie 775(45)

Mensgenetika-navorsingsprojek 776(75)

Assessering en eksaminering Modules moet met ‟n minimum van 50% geslaag word om die toepaslike krediete te verdien. Die finale punt word soos volg bereken:

Projekverslag/mini-tesis: 25% Projekleiersverslag: 12.5% Projekvoordrag: 12.5% Oorsigartikel: 12.5% Drie skriftelike eksamens: 37.5%

Navrae Programkoördineerder: Dr S Bardien Tel.: (021) 938 9681/9692 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Menslike Anatomie Programbeskrywing Die program het ten doel om die landwye tekort aan anatome aan te roer. Dit bestaan uit ʼn teoretiese en ʼn praktiese komponent wat die suksesvolle kandidaat nie alleen in staat sal stel om by opleiding betrokke te wees nie, maar hom ook sal toerus met ʼn deeglike kennis van die gebruik van mensweefsel vir navorsingsdoeleindes.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc-graadprogram met Menslike Anatomie as hoofstudierigting moet die kandidaat in besit wees van een van die volgende kwalifikasies van ʼn erkende instelling:

BSc met Menslike Anatomie as hoofvak, en Biochemie, Fisiologie, Genetika, Mikrobiologie of Soölogie as addisionele hoofvak;

MB,ChB of BChD;

Page 83: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

82

BTech met toepaslike vakke en motivering. Afhangende van die betrokke studierigting kan addisionele werk vereis word óf kan daar van die kandidaat verwag word om ʼn toelatingseksamen te skryf; of

enige ander toepaslike kwalifikasie soos goedgekeur deur die Senaat van die Universiteit van Stellenbosch.

Vir al die bogenoemde kwalifikasies word ʼn slaagsyfer van ten minste 65% vereis in die Anatomie-modules van die tweede en derde jaar, en ten minste 65% in die addisionele hoofvak.

Duur Een jaar voltyds of twee jaar deeltyds.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Verpligte modules (80 krediete)

Anatomiese Tegnieke 771(10)

Gebruik van Diere in Navorsing 771(5)

Laboratoriumpraktyk 771(10)

Makro-Streeksanatomie 771(20)

Regs- en Etiese Aspekte 771(5)

Werkstuk (HonsBSc in Menslike Anatomie)

771(30)

Elektiewe modules (waaruit modules met ʼn totaal van 40 krediete gekies moet word)

Fisiese Antropologie 771(10)

Kliniese en Chirurgiese Anatomie 771(10)

Menslike Anatomiese Variasie 771(10)

Mikroskopiese Anatomie en Histologiese Tegniek

771(20)

Ontwikkelingsanatomie 771(10)

Radiologiese Anatomie 771(10)

Selbiologie 771(10)

Vergelykende Anatomie 771(10)

Page 84: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

83

Assessering en eksaminering ʼn Subminimum van 50% word vereis in elk van die onderstaande assesseringskomponente:

ʼn skriftelike drieuur-eksamen oor die inhoud van die elektiewe modules (20% van finale punt);

ʼn skriftelike drieuur-eksamen oor die inhoud van die Verpligte modules (20% van finale punt);

suksesvolle voltooiing en inlewering van die navorsingsprojekverslag/mini-tesis (30% van finale punt);

mondelinge voordrag van die navorsingsprojek (10% van finale punt);

oorsigartikel voltooi (10% van finale punt); en voorbereiding van ʼn aanbieding óf ʼn plakkaat met die oog op die

voordrag daarvan tydens die Akademiese Jaardag van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en/of ʼn kongres (10% van finale punt).

Die finale prestasiepunt word bepaal deur die geweegde gemiddelde te bereken van die punte wat behaal is in elk van die komponente wat geassesseer is.

Navrae Programkoördineerder: Prof BJ Page Tel: (021) 938 9430 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Molekulêre Biologie Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc (Molekulêre Biologie)-graadprogram moes die kandidaat ‟n gemiddelde resultaat van bo 60% in een van die volgende kwalifikasies van hierdie Universiteit of van ‟n ander erkende inrigting vir tersiêre onderrig behaal het:

‟n baccalaureusgraad met Biochemie, Genetika, Mikrobiologie of Biotegnologie op derdejaarsvlak;

óf

die grade MB,ChB of BChD. Kandidate met ‟n gemiddelde resultaat van minder as 60% op derdejaarsvlak kan toegelaat word op grond van ‟n voldoende motivering en/of die suksesvolle voltooiing van enige addisionele werk, asook ‟n bewys van bekwaamheid wat verlang kan word.

Page 85: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

84

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Molekulêre Biologie-teorie 774(45)

Molekulêre Biologie-projek 775(75)

Assessering en eksaminering Albei modules moet met minstens 50% geslaag word om die betrokke krediete te behaal. Die assesseringsgeleenthede sluit in:

twee skriftelike eksamens en ‟n oorsigartikel vir die teoriemodule; en ‟n navorsingsverslag, navorsingsvoordrag, projekleiersverslag en

skriftelike eksamen vir die projekmodule.

Navrae Programkoördineerder: Prof TC Victor of Me GA Durrheim Tel.: (021) 938 9251/9696 E-pos: [email protected] of [email protected]

HonsBSc in Morfologiese Wetenskappe Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc-graadprogram met Morfologiese Wetenskappe as hoofstudierigting moet die kandidaat in besit wees van ‟n relevante BSc-graad van ‟n erkende universiteit met toepaslike vakke soos Fisiologie, Histologie, Soölogie of Anatomie as hoofrigting. Met ander vakke as hoofrigting, byvoorbeeld Genetika of Mikrobiologie, of met ‟n BTech-graad, kan addisionele werk vereis word. ‟n Slaagsyfer van 60% of meer in die finale jaar is ‟n vereiste.

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Die Laboratorium-module word eerste aangebied en die elektiewe modules daaropvolgend afgehandel. Epidemiologie en Navorsingsmetodologie, en Algemene Histologie en Beginsels van Makroskopiese Anatomie, asook die navorsingsprojek, strek oor die duur van die program.

Page 86: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

85

Verpligte modules

Laboratoriumpraktyk 775(3)

Epidemiologie en Navorsingsmetodologie

775(10)

Morfologiese Wetenskappe-navorsingsprojek

775(60)

Algemene Histologie en Beginsels van Makroskopiese Anatomie

775(35)

Elektiewe modules (student moet drie kies)

Morfometrie en Lasermikrodisseksie en Mikrofotografie

775(4)

Immunohistochemie 775(4)

Elektronmikroskopie 775(4)

Vloeisitometrie 775(4)

Toegepaste Histologie en Histopatologie

776(4)

Assessering en eksaminering Die jaarpunt word saamgestel uit die volgende assesseringsgeleenthede: Vir die navorsingsprojek sal ‟n skriftelike verslag en ‟n mondelinge voordrag beoordeel word. Al die ander modules sal geassesseer word met behulp van ‟n skriftelike en/of praktiese toets en verslag of portefeulje, proporsioneel tot die kredietwaarde van die modules. ‟n Subminimum van 50% word vir elke module vereis.

Navrae Programkoördineerder: Dr SH Kotzé Tel.: (021) 938 9428 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Onderwatergeneeskunde Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc-graadprogram met Onderwatergeneeskunde as hoofstudierigting moet die kandidaat in besit wees van:

die graad MB,ChB van hierdie Universiteit of ‟n ander goedgekeurde universiteit, of ‟n gelykwaardige kwalifikasie aanvaarbaar vir registrasie as mediese praktisyn;

voltooide internskapjaar/-jare; en

Page 87: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

86

‟n geldige duik- mediese sertifikaat (of moet in staat wees om een te verkry) vóór deelname aan hiperbariese blootstelling.

Aanbieding Engels

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Basiese Onderwatergeneeskunde 772(30)

Gevorderde Onderwatergeneeskunde 774(20)

Operasionele Onderwatergeneeskunde 773(30)

Navorsingsmetodologie 775(10)

Navorsingswerkstuk 776(30)

Assessering en eksaminering Studente wat slegs sekere modules voltooi, skryf die module-eksamen slegs oor daardie betrokke modules. Die finale punt vir studente wat die hele program voltooi, word bereken op grond van:

suksesvolle voltooiing van die afsonderlike module-eksamens (20% van finale punt);

drie skriftelike gesloteboek-vraestelle van drie uur elk (50% van finale punt);

‟n mondelinge eksamen van minstens 30 minute (15% van finale punt); en

‟n navorsingsprojek wat bewys lewer van vaardigheid in basiese navorsingsmetodologie (15% van finale punt).

Navrae Programkoördineerder: Dr WAJ Meintjes Tel.: (021) 938 9272 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.divingmedicine.co.za

HonsBSc in Patologie Programbeskrywing Ná voltooiing van die program sal graduandi vaardighede openbaar in:

die herkenning en oplos van probleme; doeltreffende en verantwoordelike toepassing van wetenskaplike

metodes en tegnologie; doeltreffende insameling, organisasie, ontleding, beoordeling,

integrasie en toepassing van inligting;

Page 88: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

87

bekwame en doeltreffende persoonlike organisasie en selfbestuur; persoonlike selfontwikkeling met die klem op insig,

verantwoordelikheid, verantwoordbaarheid, volgehoue studie, selfkritiek, aanvaarding van kritiek van andere en die vermoë om onafhanklik te werk;

die vermoë om in ‟n span te werk en waarde toe te voeg tot die groter groep deur konstruktiewe samewerking;

doeltreffende kommunikasie deur die vaardige aanbieding van inligting;

ontwikkeling van ‟n holistiese benadering tot probleemoplossing binne die konteks van respek en sensitiwiteit vir ander mense, die gemeenskap en die omgewing;

begrip van gesondheidswetenskappe se belang in die algemeen en laboratorium-geneeskunde vir die gemeenskap in die besonder deur die kommunikasie van inligting en resultate en die oordra van toepaslike tegnologie; en

bewustheid van geleenthede, uitdagings, behoeftes, vereistes en etiese beginsels wat van toepassing is op navorsing en goeie laboratoriumpraktyk in die gesondheidswetenskappe.

Graduandi moet verder beskik oor:

‟n grondige kennis van teoretiese beginsels soos van toepassing op die vakinhoud van die verpligte en betrokke elektiewe modules in patologie;

die vermoë om onafhanklik te werk aan werksopdragte en navorsingsprojekte;

die vermoë om inligting krities te beoordeel en aan te wend vir doeltreffende probleemoplossing deur gebruik te maak van toepaslike metodes rakende die betrokke patologie-dissipline(s);

die vermoë om tegniese vaardighede en wetenskaplike metodes toe te pas en toepaslike toerusting te gebruik om navorsing te doen binne die toepaslike wetlike, veiligheids- en bio-etiese vereistes; en

die vermoë om onafhanklik navorsingsprojekte te ontwerp, in ‟n groep uit te voer, die resultate en gevolgtrekkings in ‟n geskikte wetenskaplike formaat aan te bied en die verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc (Patologie)-graadprogram moet die kandidaat in besit wees van:

Page 89: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

88

ʼn MB,ChB- of BChD-graad of ‟n ekwivalente kwalifikasie wat hierdie Universiteit as voldoende beskou;

óf

‟n baccalaureusgraad van ‟n erkende universiteit met Anatomie, Fisiologie, Histologie, Chemie, Biologie, Genetika of Mikrobiologie as hoofrigting tot op derdejaarsvlak, of ‟n ander kwalifikasie soos goedgekeur deur die Senaat. Kandidate met ander hoofvakke tot op derdejaarsvlak kan toegelaat word op grond van voldoende motivering en suksesvolle voltooiing van ‟n toelatingseksamen. Na gelang van die studierigting, kan aanvullende werk en/of bewys van vaardigheid vereis word;

óf

‟n BTech-graad op voorwaarde dat die kandidaat aan al die betrokke vereistes voldoen soos bepaal word deur hierdie Universiteit. Na gelang van die studierigting, kan aanvullende werk en/of bewys van vaardigheid vereis word.

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Verpligte modules

Laboratoriumpraktyk 776(3)

Epidemiologie en Navorsingsmetodologie

775(10)

Inleiding tot Molekulêre Patologie 775(17)

Patologie-navorsingsprojek 775(60)

Elektiewe modules (student moet een kies)

Anatomiese Patologie 775(30)

Chemiese Patologie 775(30)

Hematologie 775(30)

Immunologie 775(30)

Page 90: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

89

Assessering en eksaminering Die finale prestasiepunt word bepaal deur die geweegde gemiddelde van die punt vir elk van die komponente wat geassesseer is. ʼn Subminimum van 50% word vereis vir elk van die onderstaande assesseringskomponente:

‟n skriftelike drieuur-eksamen oor die elektiewe modules; die suksesvolle voltooiing van die navorsingsprojek; ‟n skriftelike verslag en ‟n mondelinge aanbieding met die voltooiing

van die navorsingsprojek; evaluering van praktiese vaardighede; en ‟n logboek ten opsigte van die leeraktiwiteite en vaardighede wat

bemeester is, met inbegrip van ‟n opsomming van die laboratoriumlogboek.

Die slaagsyfer is 50% en ‟n punt van 75% of meer is nodig vir ‟n onderskeiding.

Navrae Programkoördineerder: Mnr D Geiger Tel.: (021) 938 5321 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Reproduktiewe Biologie Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc-graadprogram in Reproduktiewe Biologie moet die kandidaat in besit wees van die volgende kwalifikasie van hierdie Universiteit of van ‟n ander erkende universiteit: ‟n baccalaureusgraad met Fisiologie, Biochemie, Mikrobiologie of Mensgenetika as hoofvak en minstens een van dié vakke op tweedejaarsvlak.

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Andrologie 771(45)

In vitro-bevrugting 741(45)

Navorsingsprojek 771(30)

Page 91: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

90

Assessering en eksaminering Elke module word afsonderlik en deurlopend geassesseer en ‟n gesamentlike assesseringspunt van 50% moet behaal word. Vir eksamendoeleindes word twee drieuur-vraestelle en ‟n mondelinge eksamen afgelê.

Navrae Programkoördineerder: Dr M-L de Beer Tel.: (021) 938 4940/5487 E-pos: [email protected]

HonsBSc in Verloskunde en Ginekologie Programbeskrywing Ná voltooiing van die program sal graduandi ‟n wye kennis hê van algemene Verloskunde en Ginekologie, met inbegrip van gemeenskapsverloskunde en -ginekologie, basiese ginekologiese onkologie, uroginekologie, kontrasepsie en gesinsbeplanning, asook die vermoë ontwikkel het om onafhanklike leerders te wees wat toegewy is aan professionele ontwikkeling. Die program bestaan uit vyf modules wat oor ‟n tydperk van twee jaar voltooi word. Selfstudie word met tegnologie-gemedieerde onderwysmetodes gekombineer. Lesings word op DVD vasgelê en aan studente voorsien. ‟n Geleentheid vir vrae oor en bespreking van elke DVD word in ‟n virtuele klaskamer geskep. Een week praktiese opleiding by die Tygerberg-hospitaal, of enige ander akademiese hospitaal in Suid-Afrika, vorm deel van die program. Waar opleiding by ander akademiese hospitale gedoen word, moet die goedkeuring van die hoof van die betrokke akademiese departement verkry word.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die HonsBSc-graadprogram in Verloskunde en Ginekologie moet die kandidaat in besit wees van die MB,ChB-graad of ‟n gelykwaardige kwalifikasie van hierdie Universiteit of van ‟n ander erkende universiteit.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Obstetrie/MIV/vigs 771(22)

Obstetrie 771(23)

Hierdie twee modules sluit algemene verloskunde, basiese ultraklank en MIV/vigs in.

Gesinsbeplanning 771(22)

Page 92: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

91

Algemene Ginekologie en Reproduktiewe Biologie

771(23)

Hierdie modules sluit algemene ginekologie, basiese infertiliteitsorg, hantering van menopouse, gesinsbeplanning en etiek van toepassing in die veld in.

Navorsingsprojek 771(30)

Assessering en eksaminering Vier eksamens word gedurende die verloop van die program afgeneem. Die student moet al die eksamens en die navorsingsverslag slaag.

Navrae Programkoördineerder: Prof GB Theron Tel.: (021) 938 9209 E-pos: [email protected]

Honneurs-Baccalaureus in Verpleegkunde

Algemene inligting Die program en/of modules kan deur middel van tegnologie-

gemedieerde onderwys aangebied word. Die program is onderhewig aan die bepalings insake eksamen,

promosie en hereksamen in ‟n enkele module soos uiteengesit in Deel 1 van die Jaarboek.

Addisionele areas van spesialisasie mag in samewerking met die afdelingshoof bepaal word.

Toelatings- en keuringsvereistes Studente moet oor ‟n Verpleegkunde-graad en registrasiesertifikaat/-

sertifikate van die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleegkunde in die relevante dissiplines beskik.

Studente wat in besit is van ‟n toepaslike BTech- of ekwivalente graad van ‟n goedgekeurde inrigting vir tersiêre onderwys, kan vir toelating tot die HonsB-graad in Verpleegkunde oorweeg word met dien verstande dat: o aanvullende werk deur die afdeling vereis mag word; o kandidate tydens die BTech-program akademies bogemiddeld

gepresteer het; o kandidate suksesvol ‟n tentamen afgelê het wat afgeneem is

volgens duidelik omskrewe kriteria soos deur die Fakulteitsraad neergelê ten einde die teoretiese agtergrond en wetenskaplike rypheid van die kandidaat te peil, soos bepaal deur die

Page 93: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

92

afdelingshoof of sy gevolmagtigde as sameroeper, saam met ten minste een ander deskundige op die vakgebied soos deur die dekaan benoem. Kandidate word op meriete deur die Komitee vir Nagraadse Onderrig oorweeg aan die hand van die kandidaat se curriculum vitae en ‟n skriftelike aanbeveling van die tentamenkomitee.

Rekenaarvaardigheid word sterk aanbeveel.

Aard van program Ná voltooiing van die graad behoort die student in staat te wees om die volgende vaardighede te demonstreer: Dat die student:

oor gevorderde kennis en vaardighede beskik en dit in die praktyk kan toepas (op hoër kognitiewe, psigomotoriese en affektiewe vlak);

buiten die spesialisveldkennis ook ander toepaslike kennis op gebiede soos die gesondheidstegnologie, navorsing- en gesondheidsdienslewering versamel en geïntegreer het;

onafhanklik kan studeer en navorsing doen; die toepaslike akademiese en professionele waardes en etiek tydens

die program geïnternaliseer het en, op akademiese gebied en in die praktyk, toegepaste en analities-sintetiese denke gedemonstreer het;

as gevorderde verpleegpraktisyn deelgeneem het aan die bevordering van die lewenskwaliteit van die plaaslike gemeenskap, die Suid-Afrikaanse bevolking en die globale gemeenskap;

die gesondheidsprobleme op die spesialisgebied geïdentifiseer, geanaliseer en oplossings daarvoor gevind het deur middel van basiese navorsing en die gebruik van kritiese en kreatiewe denke;

oor leierseienskappe binne die gesondheidsorgspan en groepe in die gemeenskap beskik;

die vaardighede het om op ‟n verantwoordelike en effektiewe wyse gesondheidsdienste/pasiëntesorg te organiseer en bestuur;

effektief met gesondheidsdiensorganisasies kan kommunikeer deur gebruik te maak van visuele, verbale, nie-verbale en skryfvaardighede;

‟n groot verskeidenheid van navorsingstrategieë kan ontgin om wetenskaplike ondersoeke in die gesondheidsveld te bevorder;

oor ‟n diepgaande kennis (breedte en diepte) van die spesialiteitsarea van keuse beskik;

Page 94: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

93

die beginsels en konsepte waarop hierdie spesialisarea van studiegebied gebaseer is, en die grense en beperkinge, asook inisiatiewe en moontlikhede, verstaan;

oor ‟n breë insig t.o.v. resente, relevante en belangrike navorsing in die spesialiteitsgebied beskik;

vaardig is in navorsing; navorsingsbevindinge effektief aan kollegas kan oordra ten einde

diensprogramme te verbeter; die uitdagings, eise en probleme rakende professionele gedrag/etiek

in die werksomgewing kan hanteer en oplos; kritiese denke kan openbaar en inisiatief kan neem en effektief en

oortuigend kan argumenteer in ‟n intellektuele debat; tot ‟n gegronde teoretiese oordeel kan kom om enige

teenstellende/weersprekende inligting te identifiseer, ortodokse teorieë en praktyke uit te daag en om dan nuwe metodes/hanteringswyses voor te stel; en

oor grondige teoretiese kennis (kognitiewe vaardighede) beskik en die gepaardgaande spesialis- kliniese vaardighede bemeester het wat hom verder in staat sal stel om onafhanklik te studeer en op hierdie vlak navorsing te doen.

Doel van program Die doel van die program is om die student blootstelling te gee aan ‟n spesialiteitsarea in die Verpleegkunde en toe te rus met gevorderde, grondige teoretiese kennis en kliniese vaardighede om effektief in die gekose spesialiteitsrigting te praktiseer, krities-analitiese denke te bevorder; en ‟n mini-navorsingswerkstuk suksesvol te voltooi.

Assessering ‟n Verskeidenheid van formatiewe en summatiewe assesseringmetodes word gebruik. Elke student word individueel geassesseer deur middel van:

werksopdragte die toepassing van navorsingsbeginsels in ‟n navorsingsprojek voordragte van pasiëntgevalle kliniese rondtes gevallestudies kliniese assessering skriftelike toetse en eksamens assessering van psigomotoriese vaardighede in die betrokke

spesialisarea.

Page 95: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

94

Die assesseringuitslae moet aantoon dat uitkomste bereik is. Evaluering van die verpleegspesialis in die praktyk moet dui op die bereiking van gepaste akademiese diepte en fokus en integrasie van teorie en praktyk. Elke module word afsonderlik geassesseer met ‟n minimum slaagsyfer van 50%. Die prestasiepunt van die program word bereken op grond van die relatiewe gewigte van die modules soos uitgedruk in die krediete van elke module. ‟n Finale prestasiepunt van 75% is nodig om die graad cum laude te verwerf (Verwys na Algemene Jaarboek Deel 1).

Honneurs-Baccalaureus Verpleegkunde in Volwasse Kritieke Sorgverpleegkunde Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10), 741(10)

Beginsels en Prosesse van Kritieke Sorg-Verpleegkunde

742(20)

Sisteemabnormaliteite: Kritieke Sorg-Verpleegkunde

743(20)

Kliniese Grondslae: Kritieke Sorg-Verpleegkunde

774(30)

Navorsingswerkstuk: Verpleging 771(30)

Navrae Programkoördineerder: Me J Bell Tel.: (021) 938 9299/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe beampte: Me F Kleinhans Tel.: (021) 938 9822/9036 E-pos: [email protected]

Honneurs-Baccalaureus Verpleegkunde in Gevorderde Verloskunde en Neonatale Verpleegkunde Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Beginsels van Gevorderde 711(10), 741(10)

Page 96: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

95

Verpleegpraktyk

Beginsels en Prosesse van Gevorderde Verloskunde

774(20)

Beginsels en Prosesse van Gevorderde Neonatalogie

773(20)

Kliniese Grondslae: Gevorderde Verloskunde en Neonatalogie

714(30)

Navorsingswerkstuk: Verpleging 771(30)

Navrae Programkoördineerder: Me D Mugendi M‟Rithaa Tel.: (021) 938 9240/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe beampte: Me C Maclons Tel.: (021) 938 9821/9036 E-pos: [email protected]

Honneurs-Baccalaureus Verpleegkunde in Gevorderde Psigiatriese Verpleegkunde Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10), 741(10)

Beginsels en Prosesse van Gevorderde Psigiatriese Verpleegkunde

776(40)

Kliniese Grondslae: Gevorderde Psigiatriese Verpleegkunde

775(30)

Navorsingswerkstuk: Verpleging 771(30)

Navrae Programkoördineerder: Dr K Joyner Tel.: (021) 938 9293/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe beampte: Me M Castle Tel.: (021) 938 9593/9036 E-pos: [email protected]

Page 97: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

96

MAGISTERGRADE

Magister in Arbeidsterapie

Toelatings- en keuringsvereistes Tot die graad Magister in Arbeidsterapie word studente toegelaat wat:

in besit is van die vierjarige B-graad in Arbeidsterapie of die honneursgraad van hierdie Universiteit of van ‟n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het en wat as arbeidsterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer is;

op skriftelike aansoek deur die Senaat, of die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat, tot die kursus Magister in Arbeidsterapie toegelaat is;

‟n tentamen geslaag het vir direkte toegang tot die M in Arbeidsterapie wat slegs ‟n tesis vereis. Studente wat ‟n goedgekeurde leergang van navorsing en/of gevorderde studie (ná behaling van die voorgenoemde kwalifikasies) aan hierdie Universiteit of op ‟n ander plek gevolg het, kan van die tentamen vrygestel word.

Voornemende kandidate wat die Handterapie-spesialiteitsrigting wil volg, moet oor ondervinding van minstens een jaar in die behandeling van handtoestande/-beserings beskik. Kandidate wat die Handterapie-spesialiteitsrigting volg, moet vir die duur van die program in areas werk waar hulle persone met handtoestande/-beserings kan behandel.

Doel van program Die program het ten doel om:

studente toe te rus met gevorderde kennis om begrip rakende die teorie wat verband hou met die Arbeidsterapieprofessie te ontwikkel;

studente tot bemeestering te lei deurdat hulle nuwe inligting sal kan analiseer en die inligting toepaslik kan benut om probleme en uitdagings binne die professie aan te pak;

studente in navorsingsmetodologie te onderrig om hulle in staat te stel om gevorderde, onafhanklike navorsing te doen wat sal realiseer in die publikasie van artikels;

studente voor te berei om verdere studie te onderneem; en studente te kwalifiseer wat as professionele persone die professie op

‟n bevoegde wyse sal uitbou.

Page 98: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

97

Programstruktuur en -inhoud Studente kan een van twee keuses volg vir die Magisterprogram in Arbeidsterapie, naamlik: Magister in Arbeidsterapie (gestruktureerd) Studente volg ‟n tweejarige modulêre program wat oor ‟n tydperk van minstens twee akademiese jare strek en gevorderde studie behels oor ‟n aantal breë onderwerpe wat deur die afdeling vasgestel word, asook ‟n werkstuk. Die student het ‟n keuse van vier spesialisrigtings. Magister in Arbeidsterapie (tesis)

Magister in Arbeidsterapie (gestruktureerd) Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Verpligte modules Navorsingsmetodologie en -statistiek 871(15)

Die module Navorsingsmetodologie en -statistiek word elke jaar aangebied.

Tweede jaar Verpligte modules

Navorsingswerkstuk 872(60)

Generiese arbeidsterapiemodules

Aktiwiteitskunde 872(15)

Modelle in Arbeidsterapie 872(15)

Arbeidsterapie Praktykvoering 872(15)

Die generiese arbeidsterapiemodules word elke tweede jaar aangebied en is verpligtend. Spesialiteitsmodules

Arbeidsterapie Praktykvoering: Bepalings in Spesialiteitsrigting

876(20)

Arbeidsterapie Praktykvoering: Intervensies in Spesialiteitsrigting

871(40)

Die spesialiteitsmodules word elke tweede jaar aangebied.

LET WEL: Alhoewel slegs Navorsingsmetodologie en -statistiek en Navorsingswerkstuk as verpligte modules in die eerste en tweede studiejare onderskeidelik

Page 99: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

98

aangedui word, moet ‟n student elke jaar vir ten minste ‟n verdere twee modules registreer afhangende van die modules wat in daardie spesifieke jaar aangebied word.

Spesialiteitsrigtings Pediatrie Handterapie Werksrehabilitasie Psigiatrie

Assessering en eksaminering Skriftelike en mondelinge assessering, asook werksopdragte, word deurlopend tydens die kontaksessies afgeneem. Die werkstuk bied ‟n finale geleentheid om die student se integrasie en toepassing van gevorderde kennis, kritiese en kreatiewe denke, gevorderde kliniese beredenering en bestuur van uitkomste (dienste op alle vlakke, eie ontwikkeling en die bestuur van prosesse) te assesseer en word aangebied as ‟n weldeurdagte, goed geformuleerde, logiese en samehangende dokument. ‟n Geweegde punteberekening word gedoen op grond van die kredietwaardes van modules. Om te slaag moet ‟n punt van minstens 50 in elke module behaal word. Die onderskeie modules se geweegde punte dra by tot die berekening van die finale prestasiepunt. Interne en eksterne moderering geskied volgens die reglemente van die Universiteit.

Magister in Arbeidsterapie (tesis) Programbeskrywing Hierdie programkeuse bestaan slegs uit ‟n tesis wat die resultate bevat van selfstandige navorsing oor ‟n onderwerp wat deur die hoof van die afdeling en die kandidaat in onderlinge oorleg bepaal word.

Duur Hierdie programkeuse strek oor ‟n tydperk van minstens een akademiese jaar.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis 895(180)

Assessering en eksaminering Die tesis integreer ‟n omvattende literatuuroorsig, data-insameling en ontleding, bespreking van die resultate en aanbevelings. Die studie word aangebied as ‟n weldeurdagte, goed geformuleerde, logiese en samehangende dokument. Om te slaag moet ‟n punt van minstens 50 vir die tesis behaal word.

Page 100: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

99

Navrae Programkoördineerder: Prof L van Niekerk Tel.: (021) 938 9307 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://academic.sun.ac.za/healthsciences

Magister in die Geneeskunde

Vakgebiede Die vakgebiede waarin die Magistergraad in die Geneeskunde (MMed) verleen word, en die verkorte benaming van die graad (met aanduiding tussen hakies van die onderskeie vakgebiede), is soos volg:

Anestesiologie MMed (Anes) Beroepsgeneeskunde MMed (Beroepsgen) Chirurgie MMed (Chir) Dermatologie MMed (Derm) Gemeenskapsgesondheid MMed (Gem Ges) Geneeskundige Genetika (Geneesk Gen) Huisartskunde MMed (Fam Med) Interne Geneeskunde MMed (Int) Kerngeneeskunde MMed (Kerngen) Kliniese Farmakologie MMed (Klin Farm) Neurochirurgie MMed (Neurochir) Neurologie MMed (Neurol) Noodgeneeskunde MMed (Noodgen) Oftalmologie MMed (Oftal) Oor-, Neus- en Keelheelkunde MMed (ONK) Ortopedie MMed (Ortop) Patologie (Anatomies) MMed (Anat Pat) Patologie (Chemies) MMed (Chem Pat) Patologie (Geregtelik) MMed (Geregt Pat) Patologie (Hematologies) MMed (Hem Pat) Patologie (Klinies) MMed (Klin Pat) Patologie (Mikrobiologies) MMed (Mikrobiol Pat) Patologie (Virologies) MMed (Virol Pat) Pediatrie en Kindergesondheid MMed (Ped) Pediatriese Chirurgie MMed (Ped Chir) Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie MMed (Plast en Rekons) Psigiatrie MMed (Psig)

Page 101: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

100

Radiologiese Diagnose MMed (Rad D) Stralingsonkologie MMed (Str Onk) Torakschirurgie MMed (Tor Chir) Urologie MMed (Urol) Verloskunde en Ginekologie MMed (V en G)

Toelating Vir toelating tot die MMed-graadprogram moet ‟n student minstens

drie jaar in besit wees van die graad MB,ChB van hierdie Universiteit of van ‟n ander kwalifikasie wat deur die Universiteit as voldoende beskou word, en by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as mediese praktisyn geregistreer wees. Hierbenewens moet voornemende kandidate in die vakgebiede Anestesiologie, Neurochirurgie, Noodgeneeskunde, Oor-, Neus- en Keelheelkunde, Ortopedie en Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie ook in besit wees van ATLS/ACLS/PALS of APLS.

Aansoeke moet skriftelik ingelewer word en die Senaat, of die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat, besluit of ‟n student tot die MMed-program toegelaat kan word.

Kandidate wat om opleidingsposte aansoek doen by die Tygerberg-hospitaal, die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Gesondheid of ʼn ander instelling wat deur hierdie Universiteit as ekwivalent beskou word, moet hulle deeglik vergewis van programspesifieke aanbevelings wat vir die onderskeie MMed-programme geld. Navrae hieroor kan aan die betrokke programkoördineerder gerig word.

Duur Die opleiding vir die graad strek oor vier of vyf jaar, na gelang van die vereistes van die betrokke departement/afdeling waaronder die hoofvak van die student ressorteer. Onder hoofvak word verstaan daardie erkende spesialiteitsgebied van die Geneeskunde waarop die student hom toelê. Studente wat tussen 1 Januarie en 31 Maart van ‟n betrokke jaar as kliniese assistente aangestel word, ontvang hulle graad tydens die Desember-gradeplegtigheid wat die voltooiing van die spesifieke vier òf vyf jaar voorgeskrewe opleidingstyd direk voorafgaan, met dien verstande dat hulle in daardie stadium aan al die akademiese vereistes van die graad voldoen. Studente wat vir ‟n vierjarige program ingeskryf is, moet die volle voorgeskrewe opleidingstydperk daarna suksesvol voltooi, ten einde as ‟n spesialis by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika te registreer. Studente wat vir ‟n vyfjarige program ingeskryf is en wat reeds as ‟n spesialis

Page 102: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

101

by die Raad geregistreer is, op grond van die feit dat hy ‟n Genoot van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika is, moet ook die volle voorgeskrewe opleidingstydperk daarna voltooi, alvorens die Universiteit ‟n sertifikaat aan die Raad sal uitreik om te bevestig dat die MMed-graadkwalifikasie ook teenoor die student se naam geregistreer kan word.

Kliniese ondervinding Kandidate vir die MMed-graad moet die Universiteit tevrede stel dat hulle:

‟n Voltydse opleidingspos vir ‟n tydperk van vier of vyf jaar, volgens die vereistes van die betrokke departement/afdeling, met welslae beklee het aan die Tygerberg-hospitaal, die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Gesondheid of ‟n ander instelling wat deur hierdie Universiteit as ekwivalent beskou word. Die eerste jaar van spesialiste se aanstelling word as opleidingstyd erken vir dissiplines wat vyf jaar residensie vereis.

Teoretiese, praktiese en kliniese onderrig ontvang het soos in Duur hierbo bepaal.

Met welslae die Universiteitseksamen – skriftelik, mondeling, en prakties en/of klinies – soos voorgeskryf, afgelê het.

Vrystelling Moontlike vrystelling, geheel of gedeeltelik, op grond van

vergelykbare opleiding en ervaring wat aan ‟n ander erkende inrigting opgedoen is, kan deur die Universiteit verleen word ten opsigte van die werk onder Duur en Kliniese ondervinding hierbo genoem.

Moontlike vrystelling, geheel of gedeeltelik, op grond van modules wat by ‟n ander erkende inrigting geslaag is, kan deur die Universiteit verleen word t.o.v. die voorgeskrewe modules onder Module-inhoud hieronder genoem.

Aard en doel van MMed-programme Die doel van die kwalifikasie is om ‟n basies gekwalifiseerde mediese praktisyn (met ‟n MB,ChB of ekwivalente kwalifikasie) toe te rus met gespesialiseerde kennis, asook die vaardighede en ingesteldheid wat nodig is as ‟n spesialis op die gegradueerde se gekose vakgebied wat ten minste in ooreenstemming is met die vereistes van die betrokke Suid-Afrikaanse Beroepsraad. Dit sal die gegradueerde in staat stel om binne enige dienslewerings- en akademiese omgewing as ‟n onafhanklike praktisyn op die betrokke vakgebied te funksioneer, deur die kennis en vaardighede te verwerf en die ingesteldheid te verkry om:

op ‟n deeglike wyse omvattende gesondheidsorg aan die pasiënt as ‟n individu en as ‟n lid van die gemeenskap te lewer;

Page 103: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

102

die ingesteldheid en vermoëns te ontwikkel om ‟n onafhanklike leerder te word en die verantwoordelikheid te aanvaar vir deurlopende, lewenslange professionele ontwikkeling, met inbegrip van die vermoë om toepaslike literatuur krities te evalueer en te interpreteer, en dit in die professie toe te pas;

navorsing met betrekking tot die gegradueerde se gekose vakgebied te beplan, uit te voer, te interpreteer en te publiseer;

indien die gegradueerde die ambisie koester, die hoogste vlak van akademiese werk vir doktorale studie te bereik en ‟n benadering te bevorder wat op akademiese integriteit en etiek berus;

by te dra tot die poel van akademici en professionele persone met die bevoegdheid en kritiese intellektuele vermoëns om toekomstige vooruitgang op die gegradueerde se gekose vakgebied te verseker, en voorsiening te maak vir die land se behoefte aan ‟n geskoolde werksmag van die hoogste gehalte en te verseker dat die land mededingend bly in ‟n era van toenemende globale kompetisie.

Module-inhoud Die kurrikula vir die verskillende vakrigtings waarin die MMed-graad verwerf kan word, bestaan uit die volgende:

MMed Anestesiologie Spesifieke toelatingsvereistes Die kandidaat moet as onafhanklike praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer wees. Aanbevelings vir aanstelling van kliniese assistente sluit die volgende in: die suksesvolle voltooiing van primêre vakke in Anestesiologie; ondervinding in Interne Geneeskunde ná gemeenskapsdiens by ʼn instansie waar ʼn spesialis teenwoordig is; ondervinding van narkose; en gepaste diplomas soos ACLS, ATLS, PALS en DA. Kandidate wat vir die MMed (Anes) inskryf, moet ʼn pos as kliniese assistent in die Departement Anestesiologie en Kritieke Sorg beklee. Uitsonderings sal slegs in die volgende gevalle oorweeg word:

waar ʼn kandidaat as spesiale student by die Universiteit geregistreer is met die uitsluitlike doel om die primêre vakke af te handel vóór aanstelling as kliniese assistent; en

waar ʼn kandidaat sy opleidingstyd suksesvol voltooi het en slegs registreer om sy navorsingswerkstuk af te handel.

Page 104: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

103

Programstruktuur Die program bestaan uit narkose- en kritiekesorgmodules. Laasgenoemde word op ‟n nagraadse vlak aangebied in daaglikse kliniese onderrig en tydens drie formele akademiese byeenkomste (van vier uur elk) per week. Die kandidaat moet ‟n werkstuk as studieprojek voltooi wat deel uitmaak van die finale assessering vir die MMed-graad. Die protokol vir die werkstuk moet goedgekeur wees deur die nagraadseprogramkomitee van die Departement en die betrokke fakulteitstrukture nie later nie as 30 maande ná aanvang van residensie as MMed-student. Die werkstuk moet nie later nie as 48 maande ná aanvang van residensie as MMed-student afgehandel wees (assessering voltooi).

Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Anestesiologie 874(216)

Toegepaste Fisika en Beginsels van Meettegnieke

873(48)

Toegepaste Fisiologiese Wetenskappe

872(48)

Algemene Farmakologie 871(48)

Navorsingswerkstuk 875(120)

Assessering en eksaminering Die assessering van die primêre modules, nl. Toegepaste Fisika en

Beginsels van Meettegnieke, Toegepaste Fisiologiese Wetenskap en Algemene Farmakologie, bestaan uit een skriftelike vraestel van drie uur elk en ‟n mondeling onder leiding van die hoof van die Departement of sy gedelegeerde. Die suksesvolle voltooiing van die primêre eksamen van die Departement sal aan kandidate wat met ingang Januarie 2011 vir die MMed (Anes)-program geregistreer het toegang verleen tot die enkel- nasionale uitgangseksamen.

Van kandidate word verwag om al drie primêre vakke binne twee jaar ná registrasie as kliniese assistent in Anestesiologie te slaag. Indien die kandidaat nie aan hierdie vereiste voldoen nie moet hy die pos as kliniese assistent ontruim. Slegs in uitsonderlike gevalle, en met die voorlegging van ʼn toepaslike motivering, sal die nagraadseprogram-

Page 105: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

104

komitee van die Departement voortsetting van diens in ʼn klinieseassistentpos oorweeg.

Kliniese assistente word deurlopend geassesseer deur middel van gereelde gestruktureerde mondelinge assesseringsgeleenthede. Die eksamenkomitee van die Departement neem die finale besluit oor die deurlopende assesseringspunt by voltooiing van die MMed (Anes)-graadstudie.

Die finale eksamen (MMed (Anes) Deel II) bestaan uit drie komponente: twee vraestelle van drie uur elk, twee kliniese gevalle en twee mondelinge eksamens. Dit word uitgevoer in die teenwoordigheid van die hoof en senior lede van die Departement sowel as ‟n onafhanklike internis vir die kliniese gevalle en ‟n eksterne eksaminator vir die ander komponente. Intrakomponent-kompensasie is toelaatbaar, maar interkomponent-kompensasie sal slegs in uitsonderlike gevalle oorweeg word.

‟n Gevalleboek moet tydens die studieperiode bygehou word en deur die hoof van die Departement goedgekeur word voordat die MMed (Anes)-studie as afgehandel beskou word.

Die werkstuk moet voltooi word voordat die graad toegeken word. Die werkstuk kan as formele vollengte-werkstuk ingelewer word of as voltooide manuskrip in ‟n eweknie-beoordeelde vaktydskrif aanvaar word.

Die finale punt word soos volg bereken: die eksamenpunt tel 70% en die werkstuk 30%.

Kandidate wat vóór Januarie 2011 vir die MMed (Anes)-program ingeskryf en die MMed (Anes) Deel II-eksamen aan die Universiteit suksesvol voltooi het, word direk toegelaat tot die finale eksamen van die Kollege van Narkotiseurs (Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika) sonder dat die primêre eksamens van die Kollege suksesvol afgelê is.

Vir kandidate wat met ingang Januarie 2011 vir die MMed (Anes)-program ingeskryf het, geld die volgende: Die RGSA vereis dat kandidate die enkel- nasionale uitgangseksamen suksesvol voltooi om as spesialis te registreer. Die Departement aanvaar hierdie eksamen as ekwivalent tot en in die plek van die MMed (Anes) Deel II-eksamen. Dit bly egter steeds die verantwoordelikheid van die hoof van die Departement om die volgende te bevestig: suksesvolle voltooiing van kliniese opleidingstyd; volledige byhou van ʼn gevalleboek; suksesvolle voltooiing van die werkstuk in ooreenstemming met die regulasies van die Universiteit in hierdie verband; en die suksesvolle voltooiing van deurlopende assessering.

Page 106: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

105

Navrae Programkoördineerder: Prof AR Coetzee Tel.: (021) 938 9226 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://academic.sun.ac.za/anaes/

MMed Beroepsgeneeskunde Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Teoretiese modules (almal verpligtend)

Omgewingsgesondheid 872(20)

Epidemiologie en Biostatistiek 871(60)

Beroepshigiëne 872(20)

Beroepsgesondheid-bestuurstelsels 871(13)

Beroepsgeneeskunde 872(80)

Navorsingsprojek 873(100)

Maatskaplike en Gedragswetenskappe

871(3)

Praktiese modules (verpligtend)

Begeleide Praktiese Blootstelling 874(184)

Assessering en eksaminering Die MMed (Beroepsgeneeskunde)-eksamen bestaan uit twee dele:

die MMed-navorsingwerkstuk met ‟n slaagsyfer van minstens 50%; en

die eksamen van die Kollege van Geneeskunde (Beroepsgeneeskunde) met ‟n slaagsyfer van minstens 50% (geweegde gemiddeld).

Navrae Programkoördineerder: Dr SE Carstens Tel.: (021) 938 9206 E-pos: [email protected]

Page 107: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

106

MMed Chirurgie Duur Die program duur vyf jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Basiese Wetenskappe 871(90)

Chirurgiese Beginsels 872(90)

Kliniese Chirurgie 871(180)

Navorsingswerkstuk 812(120)

Assessering en eksaminering Skriftelike en mondelinge/praktiese eksamens ná afloop van elke module. Die prestasiepunt word bereken op eksamenuitslae (75%) en ‟n werkstuk (25%).

Navrae Programkoördineerder: Prof BL Warren Tel.: (021) 938 9271 E-pos: [email protected]

MMed Dermatologie Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Anatomie en Histologie 871(60)

Dermatologie 872(240)

Fisiologie 873(60)

Navorsingswerkstuk 828(120)

Assessering en eksaminering Assessering vind plaas deur middel van twee skriftelike vraestelle en ‟n mondelinge eksamen. Die navorsingsprojek tel 25% van die totale krediete en moet handel oor ‟n toepaslike onderwerp in Dermatologie van die kandidaat se keuse. Deur die werkstuk moet die kandidaat toon dat hy onafhanklik

Page 108: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

107

navorsing kan doen. Die verslag moet volgens ‟n standaardformaat voltooi word ter bevrediging van ‟n interne en ‟n onverbonde eksterne eksaminator.

Navrae Programkoördineerder: Prof HF Jordaan Tel.: (021) 938 5429/9486 E-pos: [email protected]

MMed Gemeenskapsgesondheid Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Teoretiese modules (almal verpligtend)

Bestuurs-/Administrasieteorie en Gedragswetenskappe

871(30)

Meting van Gesondheid- en Siektelas/Gesondheidsinligting en -indikatore

871(50)

Die Epidemiologie van Oordraagbare en Nie-oordraagbare Siektetoestande van Openbare Gesondheidsbelang

871(40)

Gemeenskapsgesondheid 872(100)

Navorsingswerkstuk 820(120)

Praktiese modules (almal verpligtend)

Hospitaalbestuur 873(60)

Bestuur van Provinsiale Gesondheidsdienste

873(50)

Bestuur van Plaaslike Owerheid-gesondheidsdienste

873(15)

Beroepgesondheidsdienste 873(15)

Assessering en eksaminering Die MMed (Gemeenskapsgesondheid)-eksamen bestaan uit twee dele:

die MMed-navorsingwerkstuk (slaagsyfer van minstens 50%); en

Page 109: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

108

die eksamen van die Kolleges van Geneeskunde (Gemeenskapsgesondheid, Medisyne) met ‟n slaagsyfer van minstens 50% (geweegde gemiddeld).

Navrae Programkoördineerder: Dr SE Carstens Tel.: (021) 938 9206 E-pos: [email protected]

MMed Geneeskundige Genetika Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Basiese Beginsels van Genetika 871(175)

Toegepaste Mediese Genetika 871(175)

Navorsingsmetodologie 816(10)

Navorsingswerkstuk 841(120)

Assessering en eksaminering Vir toekenning van die graad moet die student:

die voorgeskrewe opleidingstermyn suksesvol voltooi; die skriftelike eksamen in die Navorsingsmetodologie-module slaag; ‟n gevalleboek van praktiese werk en ‟n portefeulje van aktiwiteite

gedurende die studieperiode voorlê; ‟n werkstuk inlewer wat volgens Universiteitsriglyne geëksamineer

word deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering, en ‟n mondelinge voorlegging doen; en

die Deel I- en Deel II-eksamens van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika slaag.

Die student moet die Deel I-eksamen van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika verkieslik binne 18 maande slaag, maar definitief binne 24 maande. Die Deel II-eksamen kan nie vóór voltooiing van 36 maande van die program afgelê word nie, maar moet binne 48 maande geslaag word. Die Deel II-eksamen bestaan uit ‟n skriftelike eksamen (40%), ‟n praktiese eksamen (50%), ‟n OSKE (10%) en ‟n mondelinge eksamen (na goeddunke van die eksaminatore).

Page 110: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

109

Die finale prestasiepunt word bereken as die geweegde gemiddelde van die werkstuk (25%) en die Deel II-eksamen (75%). Die slaagpunt is 50% en ‟n onderskeidingspunt 75%.

Navrae Programkoördineerder: Dr M Urban Tel.: (021) 938 9124 E-pos: [email protected]

MMed Huisartskunde Spesifieke toelatingsvereistes Daar mag van buitelandse kandidate wat nie hulle voorgraadse kwalifikasie met Engels as onderrigtaal verwerf het nie verwag word om bewys te lewer van hulle akademiese skryf- en mondelinge bevoegdheid in Engels.

Duur Die program strek oor vier jaar.

Aanbieding Engels.

Notas Die jaarboekinskrywings moet gelees word in samehang met die meer volledige uiteensetting van die programregulasies wat aan kandidate voorsien word met toelating tot die program.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Verpligte webgebaseerde modules

Konsultasie in Huisartskunde 811(20)

Kliniese Riglyne vir Onderrig van Bewysgebaseerde Geneeskunde

812(20)

Etiek in Huisartskunde 843(20)

Gesinsgeoriënteerde Primêre Sorg 815(20)

Chroniese Toestande, Gesondheidsbevordering en Voorkoming van Siekte

816(20)

Gemeenskapsgeoriënteerde Primêre Sorg

841(20)

Onderrig en Leer 811(20)

Gesondheidsbestuur en Administrasie 851(20)

Page 111: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

110

Twee elektiewe webgebaseerde modules uit:

Rehabilitasie in Huisartskunde 815(20)

Geriatrie in Huisartskunde 843(20)

Palliatiewe Sorg in Huisartskunde 871(20)

Geregtelike Geneeskunde in Huisartskunde

871(20)

Beginsels en Praktyk van Landelike Gesondheidsorg

813(20)

Teoretiese en Filosofiese Beginsels van Integrerende Geneeskunde

813(20)

Praktiese modules

Kliniese Huisartskunde 871(45), 872(45), 873(35), 874(35)

In hierdie vier modules word voltydse praktiese professionele ervaring opgedoen wat van toepassing is op die beoefening van huisartskunde onder aanvaarbare en goedgekeurde professionele toesig in ʼn opleidingspos wat deur die Universiteit goedgekeur is.

Navorsingswerkstuk Toegepaste Navorsing 814(120)

Assessering en eksaminering Assessering

Kandidate moet ʼn leerportefeulje byhou oor die vier jaar wat die program duur. Verwerwing van die graad is onderhewig aan die goedkeuring van die leerportefeulje deur die Hoof van die Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg.

Die volgende het betrekking op die eksamen vir kandidate in Suid-Afrika:

Kandidate wat vóór Januarie 2011 vir die MMed (Fam Med)-program van die Universiteit ingeskryf het en hulle kursuswerk suksesvol voltooi het, mag kies om die Universiteitseksamen óf die enkel- nasionale uitgangseksamen af te lê, óf albei.

Vir kandidate wat sedert Januarie 2011 ingeskryf het, vereis die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) die suksesvolle voltooiing van die enkel- nasionale uitgangseksamen om as spesialis te registreer. Die Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg erken hierdie eksamen as ekwivalent tot en in die plek van die MMed (Fam Med)- finale kliniese eksamen van die Universiteit. Dit bly egter die

Page 112: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

111

verantwoordelikheid van die Hoof van die Afdeling om die volgende te bevestig vóór toelating tot die ekwivalente nasionale uitgangseksamen: o suksesvolle voltooiing van kliniese opleiding vir drie jaar; o ʼn suksesvol voltooide leerportefeulje; en o ʼn huidige CPR-, ACLS- of ATLS-sertifikaat of ekwivalente

vaardigheidsertifikaat. Om die navorsingskomponent (Deel II) van die eksamen van die Kollege van Huisartse suksesvol te voltooi, moet die Hoof van die Afdeling bevestig dat die kandidaat die navorsingswerkstuk van die Universiteit suksesvol voltooi het volgens die riglyne van die Universiteit.

Die volgende het betrekking op die eksamen vir kandidate van buite Suid-Afrika: Kandidate wat nie by die RGSA geregistreer is nie, moet die finale eksamen van die Universiteit aflê.

Toekenning van MMed-graad Ten einde die MMed (Fam Med)-graad te ontvang, moet die kandidaat:

ʼn leerportefeulje byhou oor die vier jaar wat die program duur. Verwerwing van die graad is onderhewig aan die goedkeuring van die leerportefeulje deur die Hoof van die Afdeling.

ʼn prestasiepunt van 50% of meer behaal soos bereken uit die: o klaspunt (50%) (deur ʼn punt van nie minder nie as 50% te behaal

in alle modules, bereken as gelyke gewigte van die gemiddelde van die punte behaal in elk van die webgebaseerde modules en die gemiddelde van die punte behaal in die vier Kliniese Huisartskunde-modules);

o eksamenpunt (25%) (deur elke individuele afdeling van die eksamen met ʼn punt van 50% of meer te slaag); en

o navorsingswerkstuk (25%). Slaag cum laude Ten einde die MMed (Fam Med)-graadprogram cum laude te slaag, moet die kandidaat ʼn prestasiepunt van minstens 75% vir die program in geheel behaal. Aanvullende eksamens en herhaling van modules

Indien ‟n kandidaat nie ‟n Universiteitseksamen geslaag het nie, kan ‟n aanvullende eksamen afgelê word. ‟n Kandidaat wat reeds een aanvullende Universiteitseksamen onsuksesvol afgelê het, kan op

Page 113: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

112

aanbeveling van die Fakulteitsraad die reg ontneem word om verdere aanvullende eksamens af te lê.

Indien ʼn kandidaat nie ʼn module geslaag het nie, mag hy die module herhaal. ʼn Kandidaat wat ʼn module vir die tweede keer nie slaag nie, kan op aanbeveling van die Fakulteitsraad die reg ontneem word om die module weer te herhaal.

Navrae Programkoördineerder: Prof J Blitz Programadministrateur: Me N Cordon-Thomas Tel.: (021) 938 9061/9170 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.sun.ac.za/fammed/

MMed Interne Geneeskunde Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Neem kennis dat modules parallel verloop en nie opeenvolgend nie. Alle modules is verpligtend; daar is nie elektiewe modules nie.

Eerste tot tweede jaar Basiese Mediese Wetenskappe 811(96)

Dit behels al die basiese wetenskappe relevant tot die praktyk van Interne Geneeskunde bv. fisiologie, patologie, farmakologie en beginsels van etiek. Suksesvolle voltooiing van die module vereis bevredigende bywoning, asook om ‟n toetspunt van 50% in die LKI (SA) Deel I-eksamen te kry. Die student moet die Deel I-eksamen binne agtien maande, en verkieslik binne een jaar, ná registrasie slaag.

Eerste tot vierde jaar Kliniese Interne Geneeskunde 811(264)

Suksesvolle voltooiing van hierdie module vereis bevredigende deelname terwyl die student roteer as kliniese assistent by Algemene Interne Geneeskunde en die sub-spesialiteite, asook om minstens 50% in die LKI (SA) Deel II-eksamen te behaal. Die student word gereeld geassesseer as deel van die deurlopende assesseringstrategie en daar word van hom vereis om ‟n

Page 114: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

113

gevalleboek as ‟n rekord te hou van sy kliniese blootstelling en ervaring met prosedures.

Eerste tot derde jaar Navorsingswerkstuk 833(120)

Die student moet die navorsingsprotokol binne een jaar laat registreer en die navorsingswerkstuk binne drie jaar ná registrasie voltooi. Dit behoort in die vorm van ‟n persklaar artikel ingedien te word. Voltooiing van hierdie module word vereis voordat die student die finale (Deel II)-eksamen mag aflê.

Assessering en eksaminering Die bydrae van die modules tot die finale punt is soos volg:

Basiese Mediese Wetenskappe 20%; Kliniese Interne Geneeskunde 55%; en Navorsingswerkstuk in Interne Geneeskunde 25%.

Navrae Programkoördineerder: Prof MR Moosa Tel.: (021) 938 9044 E-pos: [email protected]

MMed Kerngeneeskunde Programuitkomste Ná afhandeling van die program moet die graduandus in staat wees om:

Kerngeneeskunde volgens internasionaal aanvaarde stralingsbeskermingsbeginsels te bedryf;

die korrekte Kerngeneeskunde-ondersoeke of terapeutiese prosedures vir ‟n spesifieke siekteproses te kies;

die korrekte radiofarmaseutika vir die spesifieke prosedure of terapie te kies;

Kerngeneeskundestudies en -terapie volgens internasionaal aanvaarde standaarde te bedryf;

Kerngeneeskunde-studies korrek te interpreteer en te rapporteer; en gevorderde en onafhanklike navorsing toepaslik vir Kerngeneeskunde

te beplan, uit te voer, te interpreteer en te publiseer.

Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Page 115: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

114

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Fisiologie 870(35)

Stralingsfisika en Instrumentasie 872(60)

Toegepaste Anatomie 873(25)

Tweede tot vierde jaar Kliniese Kerngeneeskunde 883(240)

Navorsingswerkstuk 834(120)

Assessering en eksaminering Primêre modules Stralingsfisika en Instrumentasie

Deurlopende assessering; Skriftelik (een vraestel) binne die eerste 12 maande van die student se

studietydperk; en Mondeling (op aanbeveling van ‟n eksaminator en indien deur ‟n

departementele nagraadseprogramkomitee nodig geag). Fisiologie

Skriftelik (een vraestel) binne die eerste 12 maande van die student se studietydperk; en

Mondeling. Toegepaste Anatomie

Deurlopende assessering; Skriftelik (een vraestel) binne die eerste 12 maande van die student se

studietydperk; en Mondeling (op aanbeveling van ʼn eksaminator en indien deur ʼn

departementele nagraadseprogramkomitee nodig geag). Van die kandidate word verwag om Stralingsfisika en Instrumentasie sowel as Fisiologie en Toegepaste Anatomie binne 18 maande ná registrasie as kliniese assistent in Kerngeneeskunde suksesvol te voltooi.

Finale modules Kliniese Kerngeneeskunde

Deurlopende assessering, wat beoordeling van onder andere die studente se akademiese voordragte, ‟n werksopdrag, pasiënthantering en algemene houding ten opsigte van die werk sal insluit; en

Page 116: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

115

Formele eksamen aan die einde van die opleidingstydperk. Navorsingswerkstuk

Die navorsingswerkstuk moet binne drie jaar ná registrasie voltooi word. Dit behoort in die vorm van ‟n persklaar artikel ingedien te word; en

Voltooiing van hierdie module word vereis voordat die student die finale (Deel II-) eksamen mag aflê.

Vir al die bogenoemde modules geld ʼn minimum slaagsyfer van 50%.

Navrae Programkoördineerder: Prof A Ellmann Tel.: (021) 938 4265 E-pos: [email protected]

MMed Kliniese Farmakologie Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die MMed-graadprogram moet ‟n student in besit van ‟n professionele mediese graad (MB,ChB of ekwivalent) wees en by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as mediese praktisyn geregistreer wees. Die kandidaat moet ook oor minstens twee jaar mediese ervaring beskik.

Programstruktuur Die program bestaan uit modules oor beginsels van kliniese farmakologie, toegepaste kliniese farmakologie en navorsingsmetodiek. Hierdie modules word aangebied deur middel van lesings, tutoriale, onafhanklike selfstudieopdragte en praktiese ondervinding in die werkplek, wat kliniese pasiëntesorg insluit. Die volgende areas sal gedek word: kliniese gebruik van geneesmiddels, wat insluit farmakologiese effekte en meganisme van werking, farmakokinetika en geneesmiddelmetabolisme, effektiwiteit en newe-effekte van geneesmiddels; raad aan gesondheidsorgverskaffers wat die gepaste en koste-effektiewe gebruik van geneesmiddels betref; geneesmiddel-epidemiologie; regs- en etiese kwessies; ontwikkeling van nuwe geneesmiddels; kliniese proewe; veiligheid van geneesmiddels; gesondheidsekonomie; en regulering van geneesmiddels. Die kandidaat moet ‟n studieprojek in die vorm van ‟n navorsingswerkstuk voltooi; dit sal deel van die finale assessering vir die MMed-program uitmaak. Die nagraadseprogramkomitee van die Departement, en die betrokke fakulteitstrukture, moet die protokol vir die navorsingswerkstuk goedkeur nie later nie as 12 maande nadat ‟n student sy MMed-studies begin het. Die navorsingswerkstuk moet afgehandel word voordat Deel II van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika (KGSA)-eksamen afgelê word.

Page 117: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

116

Duur Die program strek oor vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Beginsels van Kliniese Farmakologie 871(80)

Toegepaste Kliniese Farmakologie 871(270)

Werkstuk (MMed (Klin Farm)) 871(120)

Navorsingsmetodiek (Kliniese Farmakologie)

871(10)

Assessering en eksaminering Die KGSA-eksamen sal die summatiewe assessering van die student

uitmaak. Deel I van die eksamen moet na twee jaar afgehandel wees, maar dit is verkieslik dat dit in vyftien maande afgehandel word. Deel II van die eksamen moet na vier jaar afgehandel wees, maar dit is verkieslik dat dit in drie kalenderjare afgehandel word.

‟n Logboek van praktiese werk moet tydens die studieperiode gehou word en deur die hoof van die afdeling goedgekeur word voordat die student se studie as afgehandel beskou sal word.

Die student moet ‟n portefeulje indien met alle relevante aktiwiteite gedurende die opleidingsperiode, veral inligting oor voorleggings in die betrokke afdeling, by slypskole of werksessies, of by kongresse of simposia.

Suksesvolle voltooiing en assessering van die navorsingswerkstuk is ‟n voorvereiste vir die toekenning van die graad.

Die voorvereistes vir toelating tot die finale eksamen is: (a) voltooiing van vier kalenderjare as ‟n geregistreerde student vir die MMed in Kliniese Farmakologie en (b) ‟n punt van ten minste 50% in alle modulêre toetse, die navorsingswerkstuk ingesluit, gedurende die vierjaarprogram.

Die finale eksamenpunt word saamgestel deur die gemiddelde bydrae van elke komponent. Die gewigte is: 25% vir die werkstuk en 75% vir die totale punt wat in die KGSA-eksamen behaal is. Die KGSA-eksamenpunt word as volg bereken: (a) twee geskrewe vraestelle (25% vir elke vraestel, om 50% van die finale punt op te maak), (b) ‟n objektief-gestruktureerde kliniese eksamen (OSKE) wat kliniese skyfies, interpretering van laboratoriumresultate en kort

Page 118: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

117

gevallestudies insluit (20%) en (c) ‟n mondelinge eksamen in die diskresie van die eksaminatore (30%) (vir besonderhede sien Regulasies vir Toelating tot die Genootskap van die Kollege van Kliniese Farmakoloë van Suid-Afrika, die GKKlinFarm(SA)). Om die MMed (Kliniese Farmakologie)-program te slaag, word ‟n prestasiepunt van 50% vir die finale eksamen vereis. Om die MMed (Kliniese Farmakologie)-program cum laude te slaag, moet die student ‟n prestasiepunt van minstens 75% vir die finale eksamen behaal.

Navrae Programkoördineerder: Prof B Rosenkranz Tel.: (021) 938 9331 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.sun.ac.za/pharmacology

MMed Neurochirurgie Duur Die program duur vyf jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Die program is ingedeel in die volgende modules: Primêre fase Basiese wetenskappe

Neuroanatomie en Toegepaste Regionale Anatomie

871(20)

Fisiologie 872(20)

Anatomiese Patologie 873(20)

Intermediêre fase

Neurochirurgie (Intermediêr) 874(30)

Finale fase

Neurochirurgie 875(270)

Navorsingswerkstuk 836(120)

Page 119: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

118

Assessering en eksaminering Primêre fase Assessering vind plaas deur middel van ʼn skriftelike eksamen en, waar gespesifiseer, ʼn mondelinge eksamen in die basies wetenskappe soos uiteengesit onder Primêre Fase hierbo en/of die Primêre Eksamen van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika (LKG Chirurgie deel Ia). Hierdie eksamen moet binne die eerste agtien maande van residensie suksesvol afgelê word; die suksesvolle afhandeling van die eksamen is ʼn absolute vereiste om met die program te mag voortgaan. Intermediêre fase Assessering deur middel van die chirurgiese intermediêre eksamen van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe of/en die intermediêre chirurgiese (LGK Chirurgie deel 1b)-eksamen van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika. Hierdie eksamen moet binne die eerste drie en ‟n half jaar van residensie suksesvol afgelê word; dit is ‟n absolute vereiste om met die program voort te gaan. Finale fase Assessering geskied deur middel van die finale Neurochirurgie-eksamen van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (drie skriftelike vraestelle wat vrae ten opsigte van die relevante basiese wetenskappe met betrekking tot neurochirurgie insluit, en ʼn kliniese mondelinge eksamen) en/of die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika, wat afgelê word in die vierde of vyfde jaar van studie. ‟n Werkstuk wat deur sowel interne as eksterne eksaminatore nagesien word, moet ingelewer word. Die werkstuk dra 25% by tot die finale punt. Die minimum slaagsyfer vir sowel die finale eksamen as die werkstuk is 50%. Studente wat onsuksesvol in die eksamen is, word toegelaat om ‟n hereksamen af te lê, mits dit geskied in die bepaalde tydperk soos hierbo aangedui. Daar kan in sekere gevalle ‟n verlenging van die bogenoemde tydperk deur die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe toegestaan word, na gelang van die meriete van die geval.

Navrae Programkoördineerder: Prof HB Hartzenberg Tel.: (021) 938 9265 E-pos: [email protected]

Page 120: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

119

MMed Neurologie Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels

Module-uiteensetting en kredietwaardes Die program bestaan uit die volgende modules: Primêre fase Basiese wetenskappe

Neuropatologie 872(30)

Neuropsigiatrie 873(40)

Neuroradiologie 871(40)

Finale fase

Neurofisiologie: EEG 874(60)

Neurofisiologie: EMG 875(60)

Algemene Neurologie 876(130)

Navorsingswerkstuk 837(120)

Assessering en eksaminering Primêre fase Assessering geskied deur middel van die primêre eksamen van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika (FCN deel 1). Finale fase Assessering geskied deur middel van die finale eksamen van die Kollege van Neuroloë, wat afgelê word in die 3de of 4de jaar van studie.

Navrae Programkoördineerder: Prof J Carr Tel.: (021) 938 9478/5500 E-pos: [email protected]

MMed Noodgeneeskunde Programstruktuur Die vierjarige MMed-graad in Noodgeneeskunde is ‟n gestruktureerde magistergraad met ‟n werkstukkomponent wat 25% van die finale

Page 121: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

120

prestasiepunt behels. Die program word gesamentlik deur die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad as ‟n gekombineerde program aangebied.

Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Basiese Toegepaste Wetenskappe 874(120)

Kliniese Noodgeneeskunde 875(240)

Navorsingswerkstuk 810(120)

Assessering en eksaminering Die eksamen behels die suksesvolle voltooiing van Noodgeneeskunde Primêr (Basiese Wetenskappe) van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika binne 18 maande vanaf die eerste registrasie. Die finale eksamen vereis die voltooiing van ‟n werkstuk en suksesvolle voltooiing van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika se Deel I-eksamen. Die finale eksamen mag slegs geskryf word nadat minstens 36 maande van opleiding in ‟n geakkrediteerde klinieseassistentpos voltooi is. Die suksesvolle voltooiing van die werkstuk/publikasie in ‟n vaktydskrif word vereis voordat die graad toegeken word.

Navrae Programkoördineerder: Prof Lee A Wallis Tel.: (021) 948 9908 E-pos: [email protected]

MMed Oftalmologie Spesifieke toelatingsvereistes Erkenning word verleen aan vorige opleiding deurdat toelatingsvoorkeur verleen word aan kandidate wat reeds die Primêre Eksamen (Deel I) van die Kollege van Oftalmoloë van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika (of ekwivalent) voltooi het. Kandidate wat die Diploma in Oftalmologie van dieselfde kolleges voltooi het, word insgelyks bevoordeel.

Programstruktuur Gedurende die eerste vier-en-twintig maande fokus die program op die basiese vakke, naamlik kop- en nek-anatomie, oftalmiese en toegepaste algemene fisiologie, optika en patologie. Die fokusarea van die daaropvolgende vier-en-twintig maande is gevorderde teorie en die

Page 122: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

121

toepassing daarvan in oftalmologie tesame met ‟n omvattende en gespesialiseerde kennis van algemene oftalmologie, gevorderde tegniese en chirurgiese vaardighede, en ‟n begrip van vakliteratuur en die jongste navorsing in die vakgebied. Gedurende die finale jaar van studie moet die student reeds demonstreer dat hy ‟n kapasiteit vir onafhanklike studie en navorsing ontwikkel het deur ‟n skripsie of publikasie te voltooi oor ‟n onderwerp van eie keuse in die vakgebied.

Duur Die program duur agt-en-veertig maande.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste en tweede jaar Alle modules is verpligtend. Die kandidaat kan die basiese wetenskapmodules in enige volgorde aflê.

Optika 874(40)

Anatomie 874(40)

Fisiologie vir Oftalmologie 871(40)

Patologie vir Oftalmologie 876(40)

Derde en vierde jaar Oftalmologie 875(200)

Navorsingswerkstuk 824(120)

Assessering en eksaminering Die basiese wetenskapmodules sal onafhanklik geassesseer word deur middel van ‟n skriftelike sowel as ‟n mondelinge/kliniese eksamen. Chirurgiese vermoëns word deurlopend geassesseer aan die hand van ‟n chirurgiese logboek/portefeulje. Die finale punt is egter ‟n saamgestelde punt van die finale Oftalmologie (875)-eksamen (skriftelik, klinies en mondeling) en die navorsingskripsie in die verhouding 75:25.

Navrae Programkoördineerder: Prof David Meyer Tel.: (021) 938 9380 E-pos: [email protected] Webtuiste vir meer besonderhede oor die program: www.sun.ac.za/eye

Page 123: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

122

MMed Oor-, Neus- en Keelheelkunde Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Deel I (Primêr)

Anatomie 873(33)

Fisiologie 871(33)

Anatomiese Patologie 872(34)

Deel II (Intermediêr)

Oor-, Neus- en Keelheelkunde 871(100)

Deel III (Finaal)

Oor-, Neus- en Keelheelkunde 871(160)

Werkstuk

Navorsingswerkstuk 823(120)

Assessering en eksaminering Die Deel III (finale)-eksamen bestaan uit die volgende:

skriftelike eksamens van twee drieuur-vraestelle van drie vrae elk. Elke vraag bestaan uit drie dele;

‟n kliniese eksamen van een uur wat gebaseer is op die assessering van pasiënte; en

‟n halfuur lange viva voce-/OSKE-eksamen op voorbereide eksamenmateriaal wat aan die kandidaat verskaf word.

Navrae Programkoördineerder: Prof JW Loock Tel.: (021) 938 9041/9318 E-pos: [email protected]

MMed Ortopedie Duur Die program duur vyf jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Page 124: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

123

Module-uiteensetting en kredietwaardes Primêr

Anatomiese Patologie 874(25)

Anatomie 875(25)

Fisiologie 874(25)

Intermediêr

Ortopediese Chirurgie (Intermediêr) 871(100)

Ortopediese Chirurgie 873(185)

Werkstuk

Navorsingswerkstuk 825(120)

Assessering en eksaminering Primêr Een vraestel en mondelinge eksamen vir elk van die drie modules. ‟n Punt van 50% of meer word benodig om te slaag en 75% moet behaal word om met onderskeiding te slaag. Intermediêr Een vraestel en mondelinge eksamen vir elk van die twee modules. ‟n Punt van 50% of meer word benodig om te slaag en 75% moet behaal word om met onderskeiding te slaag. Finale eksamen Die finale eksamen word deur interne en eksterne eksaminatore geassesseer en behels die volgende komponente:

Skriftelik: kandidate skryf een interne en een eksterne vraestel van drie vrae elk.

Klinies: een lang geval en drie kort gevalle. Operasie en operasiebespreking: X-straalbespreking, gipstegniek en

ortotika. Navorsingswerkstuk ‟n Werkstuk van publikasiegehalte moet ingelewer word vir eksaminering voordat die graad toegeken word. Die werkstuk word deur sowel interne as eksterne eksaminatore geassesseer en goedgekeur. ‟n Punt van 50% moet behaal word om te slaag, en 75% om met onderskeiding te slaag.

Page 125: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

124

Navrae Programkoördineerder: Prof GJ Vlok Tel.: (021) 938 9266 E-pos: [email protected]

MMed Anatomiese Patologie Spesifieke toelatingsvereistes

Voltooiing van die module Patologie vir Nie-patologie-dissiplines voordat aansoek om toelating tot die program gedoen word, word sterk aanbeveel.

Voltooiing van die module Patologie vir Nie-patologie-dissiplines en amptelike bewys van taalvaardigheid in akademiese Engels (byvoorbeeld IELTS – band 7) is toelatingsvereistes vir potensiële botallige kliniese assistente.

Programstruktuur Bywoning van alle leergeleenthede in alle modules is verpligtend. Indien kliniese assistente leergeleenthede nie kan bywoon nie, moet hulle dosente vroegtydig in kennis stel met ʼn bevredigende gepaardgaande verduideliking.

Duur Die program duur vyf jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Anatomiese Patologie Deel I 874(30)

Anatomiese Patologie Deel II 872(210)

Laboratoriumbestuur 876(10)

Navorsingsmetodologie 873(10)

Neuropatologie 871(20)

Post Mortemtegnieke en Beginsels van Geregtelike Geneeskunde

811(20)

Sitopatologie 875(30)

Toegepaste Histologie 875(10)

Molekulêre Patologie 875(10)

Goeie Laboratoriumpraktyk en Mediese Etiek

875(10)

Page 126: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

125

Navorsingswerkstuk 873(120)

Assessering en eksaminering Toelating tot summatiewe assessering

Om toelating te verkry tot die Deel I- en Deel II-eksamens moet die student ‟n slaagpunt van 50% behaal in deurlopende assessering.

Die werkstuk moet ingehandig word vir assessering voordat die kandidaat toegelaat sal word om die Deel II-eksamen af te lê, en nie later nie as in die agste semester van die program.

‟n Portefeulje van bewysstukke moet ingedien word as deel van deurlopende assessering voordat die graad toegeken kan word. Besonderhede van deurlopende assessering word in die studiegids verskaf.

Assessering Die finale prestasiepunt word soos volg bereken:

MMed-werkstuk: 25% Anatomiese Patologie Deel II: 65% Deurlopende assessering: 10%

Getal pogings per eksamen

ʼn Kliniese assistent mag die eerste geleentheid tot die Deel I-eksamen benut ná 12 maande vanaf aanvang van die program, maar NIE later nie as ná 18 maande. Daar sal drie geleenthede wees om die Deel I-eksamen af te lê. Die finale poging tot die Deel I-eksamen moet suksesvol afgelê word binne 30 maande (aan die einde van die vyfde semester). Kandidate wat nie binne 30 maande suksesvol is nie, sal uitgesluit word van verdere bywoning van die program.

ʼn Kliniese assistent mag die eerste geleentheid tot die Deel II-eksamen benut ná vier jaar vanaf aanvang van die program, maar nie later nie as ná vier jaar en ses maande. ʼn Kliniese assistent moet die klinieseassistentpos normaalweg na vyf jaar ontruim, ongeag of hy die Deel II-eksamen geslaag het. Daar sal drie geleenthede wees om die Deel II-eksamen af te lê. Die finale poging tot die Deel II-eksamen moet suksesvol wees binne ses jaar. Kandidate wat nie binne ses jaar suksesvol is nie, sal uitgesluit word van verdere bywoning van die program.

Navrae Programkoördineerder: Dr J Bezuidenhout Tel.: (021) 938 4041 E-pos: [email protected]

Page 127: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

126

MMed Chemiese Patologie Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Basiese Beginsels van Chemiese Patologie en Basiese Biochemie

871(60)

Molekulêre Patologie 875(10)

Tweede en derde jaar Elektroliete, bloedgasse, lewerfunksies en lipiede

811(65)

Endokrinologie 872(65)

Ensieme, proteïene, tumormerkers en aangebore metaboliese siektes

843(65)

Voeding en spoorelemente, toksikologie en immunologie

875(65)

Laboratoriumbestuur 875(10)

Navorsingsmetodologie 873(10)

Goeie Laboratoriumpraktyk en Mediese Etiek

875(10)

Navorsingswerkstuk 876(120)

Assessering en eksaminering Die assessering van die eerstejaarmodules bestaan uit ‟n skriftelike en mondelinge eksamen. Die modules word geassesseer deur skriftelike vraestelle, asook praktiese en mondelinge assessering waar nodig ná voltooiing van elke module. Die finale eksamen word gebaseer op die suksesvolle voltooiing van al die modules en bestaan uit twee skriftelike vraestelle, ‟n OSKE, ‟n praktiese eksamen, ‟n mondelinge eksamen en gevalle. Die werkstuk moet in die voorgeskrewe formaat aangebied word en deur die interne en eksterne eksaminatore goedgekeur word. Die finale punt is 100 (gewig = 120 krediete). Die finale eksamen sal 75% en die werkstuk 25% tot die prestasiepunt bydra. ‟n Portefeulje van bewysstukke moet

Page 128: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

127

ingedien word as deel van deurlopende assessering voordat die graad toegeken kan word. Detail van deurlopende assessering word in die studiegids verskaf.

Navrae Programkoördineerder: Prof RT Erasmus Tel.: (021) 938 4107 E-pos: [email protected]

MMed Geregtelike Patologie Spesifieke toelatingsvereistes Die Diploma in Geregtelike Geneeskunde van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika (Dip For Med (SA) Path) word ten sterkste aanbeveel vir voornemende kandidate vir die MMed in Geregtelike Patologie-program.

Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Toegepaste Histologie vir Geregtelike Patologie

876(20) *

Navorsingsmetodologie 873(10) *

Molekulêre Patologie 875(10) *

Goeie Laboratoriumpraktyk en Mediese Etiek

875(10) *

Laboratoriumbestuur 876(10) *

Geregtelike Patologie 872(80), 873(220)

Navorsingswerkstuk 827(120)

*Generiese patologiemodules

Assessering en eksaminering Alle modules wat deur die Afdeling Geregtelike Patologie aangebied

word, word geassesseer deur middel van skriftelike vraestelle en/of mondelinge eksamens en/of mikroskopiese/makroskopiese patologie- praktiese evaluerings en deurlopende evaluering.

Daar word sterk aanbeveel dat:

Page 129: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

128

o die module in Toegepaste Histologie vir Geregtelike Patologie afgehandel word voordat met die Geregtelike Patologie Deel I-module begin word; en

o die Navorsingsmetodiek-module afgehandel word voordat met die werkstuk begin word.

Toelating tot die Geregtelike Patologie Deel II-eksamen sal slegs verleen word indien al die modules suksesvol voltooi is. Die eksamen bestaan uit: o twee skriftelike vraestelle; o ‟n medies-geregtelike lykskouing; o ‟n histopatologie-eksamen; en o ‟n mondelinge eksamen.

Evaluering van polisiedossiere kan na goeddunke van die eksaminatore van die kandidaat verwag word.

Die werkstuk moet in ‟n voorgeskrewe formaat as ‟n navorsingstuk aangebied word en sal deur interne sowel as eksterne eksaminatore nagesien word.

Die Geregtelike Patologie Deel II-eksamen sal 65% bydra tot die finale prestasiepunt, die werkstuk 25% en deurlopende assessering 10%. ‟n Portefeulje van bewysstukke van leer, met inbegrip van rekord van prosedures en aktiwiteite (logboek), moet ingedien word as deel van deurlopende assessering voordat die graad toegeken kan word. Detail van deurlopende assessering word in die studiegids verskaf.

Navrae Programkoördineerder: Prof SA Wadee Tel.: (021) 938 9325 E-pos: [email protected]

MMed Hematologiese Patologie Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste en tweede jaar Hematologiese Patofisiologie 875(45)

Immunologie 875(25)

Page 130: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

129

Molekulêre Patologie 875(10)

Navorsingsmetodologie 873(10)

Tweede tot vierde jaar Bloedtransfusie 812(60)

Hematologiese Patologie Deel II 871(190)

Laboratoriumbestuur 875(10)

Goeie Laboratoriumpraktyk en Mediese Etiek

875(10)

Navorsingswerkstuk 829(120)

Assessering en eksaminering Assessering vind plaas volgens die spesifikasies van die Kollege van Patoloë van Suid-Afrika. Die eerste assessering is deur twee skriftelike vraestelle wat geslaag moet word binne die eerste 24 maande. Die tweede assessering is deur twee skriftelike vraestelle, die eerste handel oor Hematologiese Patologie en Bloedtransfusie; die tweede oor praktiese aspekte van die hoofmodules, goeie laboratoriumpraktyk en laboratoriumbestuur. Elke vraestel tel 100 punte. Praktiese eksamens handel oor bloedtransfusiepraktyk, laboratorium-hematologie, diagnostiese mikroskopie van bloed- en beenmurgpatologie en kliniese gevalle. ‟n Mondelinge eksamen is ook ingesluit. Elke afdeling van die assessering moet met ‟n subminimum punt van 50% geslaag word. Die werkstuk moet in ‟n voorgeskrewe formaat as ‟n navorsingstuk aangebied word en deur sowel interne as eksterne eksaminatore nagesien word. ‟n Portefeulje van bewysstukke moet ingedien word as deel van deurlopende assessering voordat die graad toegeken kan word. Detail van deurlopende assessering word in die studiegids verskaf.

Navrae Programkoördineerder: Prof A Abayomi Tel.: (021) 938 4608 E-pos: [email protected]

MMed Kliniese Patologie Duur Die program duur vyf jaar.

Aanbieding Engels.

Page 131: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

130

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste sewe semesters

Chemiese Patologie 872(70)

Hematologie 873(70)

Geneeskundige Mikrobiologie 874(70)

Geneeskundige Virologie 871(70)

Molekulêre Patologie 875(10)

Navorsingsmetodologie 873(10)

Finale drie semesters

Geїntegreerde Patologie 871(60)

Werkstuk

Werkstuk (Chemiese Patologie) 811(120) of

Werkstuk (Hematologiese Patologie) 811(120) of

Werkstuk (Geneeskundige Mikrobiologie)

811(120) of

Werkstuk (Geneeskundige Virologie)

811(120)

Assessering en eksaminering Skriftelike vraestelle en praktiese en mondelinge eksamens moet na afloop van elke module geslaag word. Indien twee modules nie binne ʼn maksimum tydperk van drie jaar geslaag word nie, kan die Programkomitee aanbeveel dat studies gestaak word. ‟n Portefeulje van bewysstukke moet ingedien word as deel van deurlopende assessering voordat die student toegelaat word tot assessering van die verpligte Geїntegreerde Patologie-module of tot die Deel II-eksamen van die Kollege van Patologie. Detail van deurlopende assessering word in die studiegids voorsien. Die werkstuk moet afgehandel en ingehandig wees vir assessering alvorens die student toegelaat sal word tot die Deel II-eksamen van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika.

Page 132: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

131

Navrae Programkoördineerders: Prof RT Erasmus (Chemiese Patologie – programsameroeper); Prof A Abayomi (Hematologie); Dr H Orth (Geneeskundige Mikrobiologie); Prof W Preiser (Geneeskundige Virologie) Tel.: (021) 938 4107 E-pos: [email protected]; [email protected]; [email protected]; [email protected]

MMed Mikrobiologiese Patologie Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Geneeskundige Virologie 875(40)

Immunologie 876(40)

Infeksiebeheer, Sterilisasie en Ontsmetting

874(40)

Infektiewe Organismes en Infektiewe Siektes

872(100)

Laboratoriumdiagnose van Bakterieë, Fungi en Parasiete

871(100)

Laboratoriumbestuur 873(10)

Molekulêre Patologie 875(10)

Navorsingsmetodologie 873(10)

Goeie Laboratoriumpraktyk en Mediese Etiek

875(10)

Navorsingswerkstuk 835(120)

Assessering en eksaminering Deurlopende assessering is gebaseer op die gereelde evaluering van ʼn portefeulje van bewysstukke wat die kandidaat aan die toesighouer moet voorlê. Deel I se skriftelike eksamen kan ná ‟n minimum van 12 maande afgeneem word en moet met ‟n minimum van 50% geslaag word. Toelating tot die Deel II-eksamen van die Universiteit en die Deel II-eksamen van die

Page 133: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

132

Kollege van Patologie vereis vooraf toestemming deur die hoof van die afdeling in oorleg met die nagraadseprogramkomitee van die afdeling. Die Deel II-eksamen moet ook met ‟n subminimum van 50% geslaag word. Die werkstuk tel 25% van die totale krediete en moet handel oor ‟n toepaslike onderwerp van die kandidaat se keuse in Mediese Mikrobiologie. Deur die werkstuk moet die kandidaat toon dat hy onafhanklik navorsing kan doen. Die werkstuk moet voltooi word volgens universiteitsriglyne in ‟n standaardformaat en tot bevrediging van ‟n interne en ‟n onverbonde eksterne eksaminator. Indien die kandidaat nie die Deel I-eksamen binne die maksimum periode van twee jaar slaag nie, kan die programkomitee aanbeveel dat studies gestaak word. Die programkomitee kan ook aanbeveel dat studies gestaak word indien die Deel II-eksamen en die suksesvolle voltooiing van die werkstuk nie binne ʼn maksimum opleidingstyd van vyf jaar afgehandel word nie.

Navrae Programkoördineerder: Dr H Orth Tel.: (021) 938 4021 E-pos: [email protected]

MMed Virologiese Patologie Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Geneeskundige Mikrobiologie 875(40)

Geneeskundige Virologie 876(280)

Goeie Laboratoriumpraktyk en Mediese Etiek

874(10)

Laboratoriumbestuur 874(10)

Molekulêre Patologie 875(10)

Navorsingsmetodologie 813(10)

Navorsingswerkstuk 819(120)

Modules 1-6 behels oorwegend onderrig en module 7 navorsing. Modules 1-4 is generiese patologiemodules.

Page 134: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

133

Assessering en eksaminering ‟n Student moet die vier generiese patologiemodules en die

Molekulêre Patologie-module wat ‟n ses maande lange rotasie deur Geneeskundige Mikrobiologie behels in die eerste 24 maande voltooi. Bewys van bevredigende bywoning word vereis.

‟n Vlak 1-eksamen van Molekulêre Patologie en komponente van navorsingsmetodiek moet binne 18 maande afgehandel word. Studente wat nie die Vlak 1-eksamen binne 18 maande slaag nie sal aangeraai word om die kursus te staak.

Voorvereistes vir toelating tot die Vlak 2-eksamen is minstens 42 maande kliniese assistentskap in Geneeskundige Virologie en die bereiking van die vereistes vir die navorsingsmodule. Die Vlak 2-eksamen behels die assessering van navorsingsmetodiek (teoretiese, praktiese en mondelinge eksamen).

Die minimum slaagsyfer vir sowel Vlak 1- as Vlak 2-eksamens is 50%.

Die vereistes vir die toekenning van die graad behels vier jaar studie en die suksesvolle afhandeling van albei eksamens en die werkstuk.

‟n Portefeulje van bewysstukke moet ingedien word as deel van deurlopende assessering voordat die graad toegeken kan word. Detail van deurlopende assessering word in die studiegids verskaf.

Navrae Programkoördineerder: Prof W Preiser Tel.: (021) 938 9353 E-pos: [email protected]

MMed Pediatrie en Kindergesondheid Programstruktuur Die MMed-program in Pediatrie en Kindergesondheid behels opleiding in Algemene Pediatrie en die subspesialisareas daarvan. Die kandidaat moet die voorgeskrewe opleidingsperiode suksesvol voltooi, die MMed-Deel I- en MMed-Deel II-eksamen van die Universiteit, of die GKPed-Deel I- en GKPed-Deel II-eksamen van die Kollege van Pediaters van Suid-Afrika slaag, en ʼn navorsingswerkstuk voltooi. Die kurrikulum dek onder andere die volgende: algemene pediatrie, ambulante pediatrie, neonatologie, pediatriese intensiewe sorg, neonatale intensiewe sorg, kardiologie, pulmonologie, gastro-enterologie, neurologie, neuro-ontwikkelingspediatrie, nefrologie, endokrinologie, infeksiesiektes, hematologie, onkologie en allergie.

Page 135: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

134

Duur Die program strek oor vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Navorsingsmetodiek (Pediatrie) 871(20)

Spesialispediatrie 871(240)

Toegepaste Basiese Wetenskappe 871(100)

Navorsingswerkstuk 813(120)

Assessering en eksaminering Die MMed-eksamen bestaan uit die MMed-Deel I- en MMed-Deel II-eksamen van die Universiteit, of die gelykwaardige GKPed-Deel I- en GKPed-Deel II-eksamen van die Kollege van Pediaters van Suid-Afrika. Die kandidaat moet die Deel I-eksamen binne die eerste 18 maande van studie slaag. Die MMed- of GKPed-Deel II-eksamen kan eers in die derde of vierde jaar van studie afgelê word, onderhewig aan die voltooiing van die navorsingswerkstuk of publikasie(s). Die werkstuk, wat binne die eerste drie jaar van studie voltooi moet word, moet die kandidaat se bemeestering van die volgende illustreer:

die vermoë om ʼn navorsingsprojek te beplan; die vermoë om ʼn literatuursoektog toepaslik vir die navorsingsprojek

te onderneem; die vermoë om ʼn navorsingsprojek te voltooi; en die vermoë om die navorsing aan te teken, verkieslik in die vorm van

ʼn artikel geskik vir publikasie. Studente moet al drie komponente (die Deel I- en Deel II-eksamen en die navorsingswerkstuk) slaag om die MMed-graad in Pediatrie en Kindergesondheid te verwerf.

Navrae Programkoördineerder: Prof M Kruger Tel.: (021) 938 9220 E-pos: [email protected]

MMed Pediatriese Chirurgie Duur Die program duur vier jaar.

Page 136: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

135

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Pediatriese Chirurgie (Primêr) 871(80)

Pediatriese Chirurgie (Intermediêr) 871(100)

Pediatriese Chirurgie (Finaal) 871(170)

Navorsingsmetodologie 881(10)

Navorsingswerkstuk 830(120)

Assessering en eksaminering Primêre fase Assessering vind plaas deur middel van die primêre eksamen van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe of die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika. Die eksamen bestaan uit twee veelkeusevraestelle. Intermediêre fase Assessering vind plaas deur middel van die intermediêre eksamen van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe of die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika. Die eksamen bestaan uit twee drieuur-vraestelle (algemene beginsels en die toepassing van pediatriese chirurgiese beginsels in kliniese praktyk) en ‟n mondelinge eksamen. Finale fase Assessering vind plaas deur middel van die finale eksamen van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe of die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika. Die eksamen bestaan uit twee drie uur lange vraestelle (algemene beginsels en die toepassing van pediatriese chirurgiese beginsels in kliniese praktyk), en ‟n mondelinge eksamen met ‟n kliniese komponent (kliniese gevalle) en ‟n nie-kliniese komponent (OSKE met tien tot vyftien stasies). Navorsingsmetodologie Assessering vind plaas deur middel van ‟n geskrewe eksamen om kernvaardighede te toets. Werkstuk Die skriftelike navorsingswerkstuk word geëksamineer volgens Universiteitsriglyne deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering.

Page 137: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

136

Navrae Programkoördineerder: Prof SW Moore Tel.: (021) 938 9439 E-pos: [email protected]

MMed Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie Duur Die program duur vyf jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Anatomie 876(33)

Anatomiese Patologie 875(34)

Fisiologie 875(33)

Plasties en Rekonstruktiewe Chirurgie (Intermediêr)

871(100)

Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie

871(160)

Navorsingswerkstuk 826(120)

Assessering en eksaminering Die Deel I- skriftelike eksamen word binne 18 maande afgeneem en moet met ‟n minimum van 50% geslaag word. Die intermediêre eksamen word skriftelik en mondelings afgelê en moet met ‟n minimum van 50% geslaag word binne 3½ jaar. Deel II bestaan uit skriftelike, praktiese en mondelinge eksamens wat met ‟n subminimum van 50% geslaag moet word. Die navorsingsprojek tel 25% van die totale krediete en moet handel oor ‟n toepaslike onderwerp in Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie in ‟n dissipline van die kandidaat se keuse. Deur die werkstuk moet die kandidaat toon dat hy onafhanklik navorsing kan doen. Die verslag moet volgens ‟n standaardformaat voltooi word ter bevrediging van ‟n interne en ‟n onverbonde eksterne eksaminator.

Navrae Programkoördineerder: Prof FR Graewe Tel.: (021) 938 9432 E-pos: [email protected]

Page 138: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

137

MMed Psigiatrie Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Neuroanatomie 875(30)

Neurofisiologie 875(30)

Spesiale Sielkunde 875(30)

Psigiatrie 872(270)

Navorsingswerkstuk 815(120)

Assessering en eksaminering Deel I Daar word vereis dat kandidate Deel I van die kursus voltooi binne 18 maande vanaf aanvang van studie. Assessering vind plaas in die vorm van kursuswerk en skriftelike en mondelinge eksamens. Deel II Kandidate moet reeds Deel I voltooi het voordat Deel II aangepak mag word. Alle kandidate moet ook die kursuswerk en die navorsingsprojek voltooi voordat Deel II aangepak word. Deel II-eksamens word saamgestel uit die Deel II-eksamens van die Kollege van Psigiaters van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika en die werkstuk. Die eksamen verteenwoordig 75% van die finale punt en die navorsingsprojek 25%. Kandidate moet albei afdelings slaag om te kwalifiseer.

Navrae Programkoördineerder: Dr B Chiliza Tel.: (021) 938 9510 E-pos: [email protected]

MMed Radiologiese Diagnose Spesifieke toelatingsvereistes Die kandidaat moet as ʼn onafhanklike mediese praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer wees. Daar word van kandidate verwag om ʼn klinieseassistentpos in die Afdeling Radiodiagnose te beklee vir die duur van hulle opleiding, behalwe waar ʼn kandidaat:

Page 139: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

138

by die Universiteit geregistreer is as ʼn spesiale nagraadse student met die uitsluitlike doel om die Deel I-vakke af te handel voordat hy om ʼn klinieseassistentpos aansoek doen; of

sy opleidingstyd voltooi het en slegs geregistreer bly om die navorsingswerkstuk te voltooi.

Die volgende aanbevelings geld vir toelating tot die klinieseassistent-opleidingsprogram:

suksesvolle afhandeling van die Deel I-vakke in Diagnostiese Radiologie; en

kliniese ondervinding onder toesig in enige aspek van diagnostiese beelding.

Programstruktuur Die program bestaan uit eenheidspesifieke opleidingsmodules wat as diensverwante kliniese opleiding onder toesig aangebied word. Opleidingsmodules sluit in: X-straalfilmrapportering, algemene ultraklank, fluoroskopie, gerekenariseerde tomografie (RT), intervensionele/vaskulêre radiologie, mammografie, kerngeneeskunde, pediatriese radiologie, obstetriese ultraklank, Doppler-ultraklank en magnetiese resonansiebeeldvorming (MRB). Bykomende onderrigaktiwiteite sluit daaglikse kliniko-radiologie-terugblikvergaderings in, asook etensuur-filmrapporteringsessies en multidissiplinêre kliniko-radiologie-vergaderings, ʼn weeklikse vaktydskrifbespreking en ʼn formele weeklikse didaktiese akademiese program wat drie ure duur. Die kandidaat voltooi ʼn navorsingsprojek in die vorm van ʼn navorsingswerkstuk wat deel vorm van die finale assessering vir die MMed-graad. Die protokol vir die navorsingswerkstuk moet binne ten minste 30 maande na aanstelling as kliniese assistent vir goedkeuring voorgelê word aan die Afdeling se Nagraadseprogramkomitee en ander relevante Fakulteitstrukture, met inbegrip van die Gesondheidsnavorsingsetiek-komitee.

Duur Die program strek oor vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Page 140: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

139

Module-uiteensetting en kredietwaardes Deel I (primêre eksamen) Moet verkieslik voltooi word as ʼn spesiale nagraadse student vóór registrasie vir die MMed (Rad D)-graad en vóór toelating tot die klinieseassistent-opleidingsprogram.

Fisiologie 872(40)

Radiologiese Fisika 873(40)

Anatomie 871(40)

Deel II (gestruktureerde vierjarige klinieseassistent-opleidingsprogram)

Radiologiese Diagnose 874(240)

Navorsingswerkstuk

Navorsingswerkstuk 816(120)

Assessering en eksaminering Deel I (primêre eksamen)

Die Deel I-eksamen bestaan uit die volgende: o Fisiologie: een drie uur lange vraestel aangebied deur die

Afdeling Geneeskundige Fisiologie; o Anatomie: een skriftelike vraestel, ʼn mondelinge eksamen en ʼn

Radiologiese Anatomie-uitkentoets (spot test) aangebied deur die Afdeling Anatomie en Histologie; en

o Fisika: een drie uur lange vraestel en ʼn mondelinge eksamen aangebied deur die Afdeling Mediese Fisika.

Kandidate wat toegelaat word tot die klinieseassistent-opleidingsprogram vóór afhandeling van die Deel I-eksamen moet al drie dele van die Deel I-eksamen binne 18 maande voltooi vanaf diensaanvaarding as kliniese assistent.

Daar is wedersydse erkenning van die Deel I van die MMed (Rad D) van die Universiteit van Stellenbosch en die Deel I van die GK Rad (Diag)SA van die Kollege van Radioloë van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika. Die suksesvolle voltooiing van die MMed (Rad D) Deel I verleen aan kandidate wat sedert Januarie 2011 geregistreer het toegang tot die enkel- nasionale uitgangseksamen soos aangebied deur die Kollege van Radioloë van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika.

Page 141: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

140

Deel II (gestruktureerde vierjarig klinieseassistent-opleidingsprogram)

Indien ʼn kandidaat nie daarin slaag om al drie Deel I-eksamens binne 18 maande na diensaanvaarding in ʼn klinieseassistentpos te voltooi nie, moet hy die pos ontruim. Slegs in buitengewone gevalle en met die voorlegging van ʼn toepaslike motivering, sal die Nagraadseprogramkomitee van die Afdeling ʼn verlenging van klinieseassistent-opleidingstyd oorweeg.

Kandidate sal aan die einde van elke modaliteit-spesifieke module van die gestruktureerde opleidingsprogram geassesseer word. Assessering sal die vorm aanneem van ʼn mondelinge eksamen of ʼn rapporteringsessie. Om die klinieseassistent-opleidingsprogram suksesvol te voltooi, moet ʼn kandidaat ʼn minimum punt van 50% vir elke einde-van-module-assessering behaal. Kandidate wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie, sal die spesifieke opleidingsmodule moet herhaal.

ʼn Gevalle-logboek moet bygehou word tydens die studietydperk. Dit sal deur die Afdelingshoof goedgekeur word om te bevestig dat die kandidaat sy gestruktureerde klinieseassistent-opleidingsprogram suksesvol voltooi het.

Kandidate wat inskryf vir die Deel II-eksamen in Radiologiese Diagnose moes reeds 36 maande van die gestruktureerde klinieseassistent-opleidingsprogram voltooi het en aan die minimum vereistes voldoen vir alle einde-van-blok-assesserings.

Die MMed (Rad D) Deel II-eksamen bestaan uit drie komponente: o twee drie uur lange skriftelike vraestelle (25% van die

eksamenpunt); o langgevalrapporteringsessie (25% van die eksamenpunt); en o twee halfuur lange mondelinge eksamens (50% van die

eksamenpunt). Die Deel II-eksamen is die verantwoordelikheid van die

Afdelingshoof, met ondersteuning van senior akademiese personeel van die Fakulteit en twee eksterne eksaminatore wat albei senior akademici van ander Suid-Afrikaanse universiteite is.

Vir kandidate wat sedert Januarie 2011 ingeskryf is vir die MMed (Rad D)-program vereis die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika die suksesvolle voltooiing van ʼn enkel- nasionale uitgangseksamen vir registrasie as spesialis. Die Afdeling erken hierdie eksamen as gelykstaande aan en in plek van die MMed (Rad D) Deel II-eksamen. Dit bly egter die verantwoordelikheid van die Afdelingshoof om die volgende te bevestig: suksesvolle voltooiing

Page 142: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

141

van klinieseopleidingstyd en deurlopende assessering in alle eenheidsmodules, inlewering van ʼn voltooide gevalle-logboek en suksesvolle afhandeling van ʼn navorsingswerkstuk volgens Universiteitsvoorskrifte.

Navorsingswerkstuk Die navorsingswerkstuk moet afgehandel word voordat die graad toegeken word. Die navorsingswerkstuk moet ingelewer word in die vorm van ʼn vollengte verhandeling of as ʼn gepubliseerde manuskrip in ʼn eweknie-beoordeelde wetenskaplike vaktydskrif. Vir kandidate wat sedert Januarie 2011 vir die MMed (Rad D)-program geregistreer is, is die suksesvolle voltooiing van die navorsingswerkstuk ʼn voorvereiste vir spesialisregistrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Navrae Programkoördineerder: Prof Richard Pitcher Tel.: (021) 938 9320/9052 E-pos: [email protected]

MMed Stralingsonkologie Programuitkomste Die doel van die kwalifikasie is om:

‟n Gekwalifiseerde mediese dokter (met ‟n MB,ChB of ekwivalente kwalifikasie) op te lei in die nie-chirurgiese hantering van kankers (hoofsaaklik bestraling en chemoterapie) tot ‟n standaard van veiligheid wat voldoen aan die vereistes van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, die Kolleges van Geneeskunde (Stralingsonkologie), asook die internasionale gemeenskap van gesondheidsorg;

In ooreenstemming met die strategiese raamwerk van die Universiteit van Stellenbosch en die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, ‟n onkoloog op te lei wat op ‟n konsensieuse manier, omvattende (gespesialiseerde) gesondheidsorg aan die pasiënt as individu en lid van die gemeenskap sal verskaf;

Individuele denke te stimuleer, asook die verantwoordelikheid van voortgesette professionele selfontwikkeling;

Vaardig te raak in die kritiese interpretering van literatuur en die toepassing daarvan in die daaglikse praktisering van onkologie;

Die vermoë te ontwikkel om relevante literatuur krities te evalueer en te interpreteer en dit op die professie toe te pas;

Toesig van die opleiding van onkoloë op die vlak van tegniese beplanning en behandelingsprogramme tydens bestraling;

Page 143: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

142

Te verseker dat vaardighede bekom word vir besluitneming oor behandeling in die gebiede van bestraling, chemoterapie en chirurgiese intervensies;

Studente voor te berei wat streef na die hoogste vlak van akademiese werk vir ‟n doktorale studie en om ‟n benadering gebaseer op akademiese integriteit en etiek te bevorder; en

By te dra tot die ontwikkeling van die spesialiteit se mannekrag, wat die nodige bekwaamhede en kritiese denke het om te sorg vir die vooruitgang van Stralingsonkologie, en wat verantwoordelik sal wees vir die land se behoefte aan ‟n opgeleide werk van die hoogste kaliber. Dit sal verseker dat Suid-Afrika mededingend bly in ‟n era van groeiende globale kompetisie.

Duur Die program duur vier jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Anatomiese Patologie 871(40)

Anatomie 872(20)

Fisiologie 873(20)

Radiobiologie 872(80)

Radiologiese Fisika 874(80)

Radioterapie en Radio-isotope 874(120)

Navorsingswerkstuk 817(120)

Assessering en eksaminering Die finale uitslae word bepaal deur die nasien van twee skriftelike eksamens (50%), ‟n praktiese en mondelinge eksamen (25%) asook ‟n werkstuk (25%).

Navrae Programkoördineerder: Prof FJAI Vernimmen Tel.: (021) 938 5992/4727 E-pos: [email protected] of [email protected]

Page 144: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

143

MMed Torakschirurgie Duur Die program duur vyf jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Anatomie 861(33)

Anatomiese Patologie 876(34)

Fisiologie 876(33)

Torakschirurgie 871(160)

Torakschirurgie (Intermediêr) 871(100)

Navorsingswerkstuk 831(120)

Assessering en eksaminering Die Deel I- skriftelike eksamen word binne 18 maande afgeneem en moet met ‟n minimum van 50% geslaag word. Die Intermediêre eksamen word skriftelik en mondelings afgelê en moet met ‟n minimum van 50% geslaag word binne 3½ jaar. Deel II bestaan uit skriftelike, praktiese en mondelinge eksamens wat met ‟n subminimum van 50% geslaag moet word. Die werkstuk tel 25% van die totale krediete, moet handel oor ‟n toepaslike onderwerp in Torakschirurgie in ‟n dissipline van die kandidaat se keuse. Deur die werkstuk moet die kandidaat toon dat hy onafhanklik navorsing kan doen. Die verslag moet volgens ‟n standaardformaat voltooi word ter bevrediging van ‟n interne en ‟n eksterne eksaminator.

Navrae Programkoördineerder: Prof GJ Rossouw Tel.: (021) 938 9432 E-pos: [email protected]

MMed Urologie Duur Die program duur vyf jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Page 145: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

144

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Anatomiese Patologie 877(15)

Anatomie 867(15)

Fisiologie 877(15)

Urologie 877(45), 876(180)

Urologie (Intermediêr) 877(90)

Navorsingswerkstuk 832(120)

Assessering en eksaminering Die Deel I-eksamen moet binne 18 maande afgelê word en ‟n slaagpunt van 50% moet behaal word. Die Intermediêre eksamen bestaan uit ‟n skriftelike en mondelinge eksamen met ‟n minimum slaagpunt van 50% en moet afgehandel word in 3½ jaar. Die Deel II-eksamen bestaan uit skriftelike, praktiese en mondelinge eksamens waarvan elke deel ‟n slaagpunt met ‟n subminimum van 50% bydra. Die werkstuk beslaan 25% van die totale krediete, en moet fokus op ‟n relevante onderwerp in Urologie. Die kandidaat moet bewys lewer dat hy in staat is om onafhanklike navorsing te doen. Die werkstuk moet in ‟n voorgeskrewe formaat as ‟n navorsingstuk aangebied word en deur interne sowel as onverbonde eksterne eksaminatore nagesien word. Die prestasiepunt bestaan uit ‟n samestelling van:

Finale (Klinies, Deel II) eksamen: 75% MMed-werkstuk: 25%

Navrae Programkoördineerder: Prof CF Heyns Tel.: (021) 938 9282 E-pos: [email protected]

MMed Verloskunde en Ginekologie Spesifieke toelatingsvereistes Aansoeke van kliniese assistente wat ingeskrewe studente vir die MMed (O&G)-program elders in die land is/was en reeds agtien maande opleiding in ʼn genommerde opleidingspos voltooi het, sal slegs oorweeg word indien die Deel I-eksamen van die Kollege van Obstetrici en Ginekoloë suksesvol afgelê is.

Duur Die program duur vier jaar.

Page 146: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

145

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Die program bestaan uit vier modules wat oor ‟n tydperk van vier jaar voltooi word.

Basiese Wetenskappe 874(120)

Verloskunde 872(120)

Ginekologie 873(120)

Navorsingswerkstuk 818(120)

Assessering en eksaminering Geregistreerde studente moet die Basiese Wetenskappe-module vóór die einde van die tweede jaar slaag. Studente moet die oorblywende modules in die finale eksamen slaag. Die minimum slaagsyfer is 50%. Die Deel I-eksamen van die Kollege van Obstetrici en Ginekoloë moet binne twee jaar na aanvang van studie geslaag word.

Navrae Programkoördineerder: Prof GB Theron Tel.: (021) 938 9209 E-pos: [email protected]

Magister in die Natuurwetenskappe

Hoofstudierigtings Die Magistergraad in die Natuurwetenskappe (MSc) kan in die volgende hoofstudierigtings verwerf word:

Baromediese Wetenskappe Epidemiologie Farmakologie Geneeskundige Fisika Geneeskundige Fisiologie Geneeskundige Mikrobiologie Geneeskundige Virologie Histologie Infeksievoorkoming en -beheer Kerngeneeskunde Kliniese Epidemiologie Mensgenetika

Page 147: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

146

Molekulêre Biologie Reproduktiewe Biologie Sitopatologie

Toelatings- en keuringsvereistes vir MSc-programme Vir toelating tot die MSc-graadprogramme moet ‟n kandidaat in besit wees van ‟n honneurs-baccalaureusgraad in die Natuurwetenskappe van hierdie Universiteit; of van ‟n ander honneursgraad wat die Senaat vir die doel goedgekeur het; of op ‟n ander wyse ‟n standaard van bekwaamheid bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir die doel toereikend is. Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur ‟n departementele navorsingskomitee goedgekeur, asook deur die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. In gevalle waar navorsing op diere gedoen word, word die voorstel deur die Komitee vir Proefdiernavorsing van die fakulteit goedgekeur.

Aard en doel van MSc-programme Tesis-Msc-programme behels ‟n selfstandige navorsingsprojek wat uitloop op ‟n tesis wat 100% van die prestasiepunt van die program uitmaak. Die navorsingsprojek word gekies ter ondersteuning van die fakulteit se navorsingsfokusareas. Die volgende doelstellings word oorkoepelend vir die MSc-graadprogramme gestel:

om die student toe te rus met meer gevorderde kennis en ‟n dieper insig in ‟n gekose veld van studie binne die vakgebied;

om die student in staat te stel om die gekose onderwerp te bemeester deur middel van hoër vlakke van analise van nuwe inligting en om die vermoë te ontwikkel om kompleksiteit te hanteer en oplossings vir sulke probleme te vind;

om die student in staat te stel om gevorderde en onafhanklike navorsing te doen deur streng opleiding in navorsingsmetodes en om die student in te lei in die vaardighede wat vir akademiese kommunikasie nodig is;

om die student wat na hoër vlakke van akademiese navorsingswerk streef vir doktorale studie voor te berei en om ‟n benadering te kweek wat op akademiese integriteit en etiek gebaseer is;

om by te dra tot die poel van akademici en professionele persone met bevoegdhede en kritiese intellektuele vaardighede om die gesonde voortbestaan van ‟n gekose veld of professie te verseker; en

Page 148: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

147

om die student voor te berei ten einde sy vaardighede aan te wend om die probleme en vraagstukke van die land in daardie veld te help oplos.

MSc in Baromediese Wetenskappe Programbeskrywing Die navorsingsgebaseerde program bestaan uit ‟n navorsingsprojek, tesis en projekvoordrag. Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur die departementele navorsingskomitee en die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe goedgekeur.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die MSc (Baromediese Wetenskappe) moet die

kandidaat in besit wees van die HonsBSc (Onderwatergeneeskunde) of HonsBSc (Hiperbariese Geneeskunde) van hierdie Universiteit of ‟n ander erkende tersiêre instelling; of ‟n ander kwalifikasie wat die Senaat vir die doel goedgekeur het; of op ‟n ander wyse ‟n standaard van bekwaamheid bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir die doel toereikend is.

Kandidate wat oor ‟n kwalifikasie op honneursvlak met ‟n ander hoofvak beskik, sal vir toelating oorweeg word op grond van ‟n motivering en/of die suksesvolle afhandeling van ‟n toelatingseksamen. Afhangende van die studieveld, kan addisionele werk en/of bewys van bekwaamheid vereis word.

Duur Die program strek oor ‟n minimum tydperk van een jaar vir voltydse studente of twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Tesis: Baromediese Wetenskappe 895(180)

Assessering en eksaminering Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi en die resultate in ‟n tesis saamvat, wat volgens Universiteitsriglyne geëksamineer word deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering. Die slaagpunt is 50%.

Page 149: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

148

Navrae Programkoördineerder: Dr WAJ Meintjies Tel.: (021) 938 9272 E-pos: [email protected]

MSc in Epidemiologie Programbeskrywing Dit is ‟n volle tesisgebaseerde magisterprogram.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis: Epidemiologie 872(180)

Assessering en eksaminering Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi wat volgens Universiteitsriglyne geëksamineer word deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering.

Navrae Programadministrateur: Me RM Langford Tel.: (021) 938 9375 E-pos: [email protected]

MSc in Farmakologie Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Twee bane is beskikbaar vir deelname aan die voltydse magisterprogram wat oor twee jaar strek: Tesis in Farmakologie ʼn Laboratoriumnavorsingsprojek (100%) wat lei tot die skryf van ʼn tesis.

Tesis: Farmakologie 896(180)

Doseer- en Navorsingsmodule in Farmakologie ʼn Laboratoriumnavorsingsprojek wat ʼn werkstuk insluit, asook kursuswerk wat identies aan die HonsBSc-program in Farmakologie is.

Farmakologie van Sisteme 874(40), 875(40)

Beginsels van Farmakologie 872(40)

Page 150: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

149

Navorsingswerkstuk 884(60)

Assessering en eksaminering Vir die eerste baan (Tesis in Farmakologie) geld die standaardreëls van hierdie Universiteit vir die assessering van M-tesisse. Vir die tweede baan (Doseer- en Navorsingmodule in Farmakologie) geld die standaardevaluering van kursuswerk soos vir HonsBSc 778. Vir die tesis geld die standaardreëls van hierdie Universiteit vir die assessering van M-tesisse. Eksamens in die modules (Beginsels van Farmakologie, asook Farmakologie van Sisteme 1 & 2) moet geslaag word met ‟n minimum slaagsyfer van 50%. Die tesis moet voltooi en deur eksaminatore goedgekeur word met ‟n slaagsyfer van 50% vóór die graad verwerf kan word.

Navrae Programkoördineerder: Prof B Rosenkranz Tel.: (021) 938 9331 E-pos: [email protected]

MSc in Geneeskundige Fisika Programbeskrywing Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur ‟n departementele navorsingskomitee en die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe goedgekeur.

Spesifieke toelatingsvereistes ʼn Kandidaat moet in besit wees van ‟n honneurs-baccalaureusgraad van hierdie Universiteit met Geneeskundige Fisika as vakrigting; of ‟n ander baccalaureus- of honneursgraad wat die Senaat vir die doel goedgekeur het; of op ‟n ander wyse ‟n standaard van bekwaamheid bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir die doel toereikend is. ‟n Kandidaat moet as geneeskundige fisikus by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer wees.

Duur Die program duur twee jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Tesis: Geneeskundige Fisika 872(180)

Page 151: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

150

Assessering en eksaminering Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi wat volgens Universiteitsriglyne geëksamineer word deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering. Die finale punt word bereken uit die punte wat vir die navorsingsprojek, tesis en mondelinge eksamen behaal word.

Navrae Programkoördineerder: Dr WA Groenewald Tel.: (021) 938 6027 E-pos: [email protected]

MSc in Geneeskundige Fisiologie Programbeskrywing Die program bestaan uit ‟n uitgebreide navorsingsprojek wat tot die indien van ‟n tesis lei. Die onderwerp van die projek word deur noue samewerking tussen student en promotor gekies, verkieslik binne die kundigheidsveld van die afdeling. Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur ‟n departementele navorsingskomitee en die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe goedgekeur. Vordering met eksperimentele werk word deurgaans deur die promotor gemonitor.

Spesifieke toelatingsvereistes Kandidate wat oor ‟n BTech-kwalifikasie beskik, sal:

vir toelating oorweeg word indien hulle die BTech-graad met ‟n minimum prestasiepunt van 60% geslaag het; en

daarna toegelaat word indien hulle die HonsBSc (Geneeskundige Fisiologie)-eksamen as ‟n tentamen afgelê en met ‟n minimum eksamenpunt van 60% geslaag het.

Duur Die program duur twee jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Tesis: Geneeskundige Fisiologie 882(180)

Assessering en eksaminering Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi wat in ‟n tesis saamgevat word en volgens Universiteitsriglyne geëksamineer word deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering.

Page 152: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

151

Navrae Programkoördineerder: Prof H Strijdom Tel.: (021) 938 9387 E-pos: [email protected]

MSc in Geneeskundige Mikrobiologie Programbeskrywing Die program bestaan uit ‟n uitgebreide navorsingsprojek wat tot die indien van ‟n tesis lei. Die onderwerp van die projek word deur noue samewerking tussen student en promotor gekies, verkieslik binne die kundigheidsveld en navorsingsfokusareas van die afdeling, voordat die student toegelaat word om vir die program te registreer. Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur ‟n departementele navorsingskomitee en die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe goedgekeur. Vordering met eksperimentele werk word deurgaans deur die promotor gemonitor. Indien die student nie bevredigende vordering toon nie, kan die programkomitee aanbeveel dat studies gestaak word.

Spesifieke toelatingsvereistes Dieselfde toelatings- en keuringsvereistes as vir die ander MSc-programme geld vir die MSc (Geneeskundige Mikrobiologie)-program. Kandidate wat oor ‟n BTech-kwalifikasie beskik, sal:

vir toelating oorweeg word indien hulle die BTech-graad met ‟n minimum prestasiepunt van 60% geslaag het; en

daarna toegelaat word indien hulle die HonsBSc-eksamen in die betrokke studierigting as ‟n tentamen afgelê en met ‟n minimum eksamenpunt van 60% geslaag het.

Slegs ‟n beperkte getal studente kan aanvaar word.

Duur Die program behels twee jaar voltydse studie.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis: Geneeskundige Mikrobiologie 872(180)

Page 153: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

152

Assessering en eksaminering Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi wat volgens Universiteitsriglyne geëksamineer word deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering.

Navrae Programkoördineerder: Dr K Hoek Tel.: (021) 938 4035 E-pos: [email protected]

MSc in Geneeskundige Virologie Programbeskrywing Die program word driejaarliks aangebied. Dit is hoofsaaklik prakties. Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur ‟n departementele navorsingskomitee en die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe goedgekeur. Vordering met eksperimentele werk word deurgaans deur die promotor gemonitor.

Spesifieke toelatingsvereistes Voornemende kandidate vir die MSc (Geneeskundige Virologie)-program wat oor ‟n BTech-kwalifikasie beskik, sal:

vir toelating oorweeg word indien hulle die BTech-graad met ‟n minimum prestasiepunt van 60% geslaag het; en

daarna toegelaat word indien hulle die HonsBSc-eksamen in die betrokke studierigting as ‟n tentamen afgelê en met ‟n minimum eksamenpunt van 60% geslaag het.

Duur Die program strek oor ‟n minimum tydperk van twee jaar.

Aanbieding Afrikaans en Engels

Module-uiteensetting en kredietwaardes Tesis: Geneeskundige Virologie 872(180)

Assessering en eksaminering Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi en ‟n mondelinge eksamen aflê wat volgens Universiteitsriglyne geëksamineer word deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering.

Page 154: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

153

Navrae Programkoördineerder: Prof W Preiser Tel.: (021) 938 9353 E-pos: [email protected]

MSc in Histologie Programbeskrywing Dit is ‟n volle tesisgebaseerde magisterprogram. Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur ‟n departementele navorsingskomitee en die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe goedgekeur.

Spesifieke toelatingsvereistes Kandidate wat oor ‟n BTech-kwalifikasie beskik, sal:

vir toelating oorweeg word indien hulle die BTech-graad met ‟n minimum prestasiepunt van 60% geslaag het; en

daarna toegelaat word indien hulle die HonsBSc-eksamen in die betrokke studierigting as ‟n tentamen afgelê en met ‟n minimum eksamenpunt van 60% geslaag het.

Duur Die program strek oor een jaar.

Aanbieding Engels

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis: Histologie 872(180)

Assessering en eksaminering Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi wat lei tot die indien van ‟n tesis en volgens Universiteitsriglyne geëksamineer word deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering. Die finale prestasiepunt word bereken op grond van die punte wat vir die navorsingprojek en tesis behaal is, asook vir ‟n voordrag en ‟n mondelinge eksamen.

Navrae Programkoördineer: Dr CC Chase Tel.: (021) 938 9427 E-pos: [email protected]

Page 155: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

154

MSc in Infeksievoorkoming en -beheer Programbeskrywing Dit is ‟n navorsingsgebaseerde graadprogram wat uit ‟n navorsingsprojek (100% van die krediete) bestaan met geen teoretiese modules nie. Die kandidaat moet ‟n navorsingsprojek beplan en uitvoer, en ‟n tesis inlewer in die formaat wat in die studiegids voorgeskryf is.

Programuitkomste Infeksievoorkoming en -beheer (IVB) is ‟n opkomende vakgebied in Suid-Afrika, maar navorsing op hierdie gebied van gesondheidsorg ontbreek nog. Die eiesoortige MSc-graadprogram in Infeksievoorkoming en -beheer wil bevoegdhede ontwikkel vir hoëvlak- IVB- en verwante navorsing wat op gesondheidsorg in Afrika gerig is, en het die volgende ten doel:

om ‟n gevorderde vlak van kennis op die gebied van IVB te verseker deur middel van hoëvlak-ontleding van nuwe inligting, die vermoë om kompleksiteit te hanteer en die vind van werkbare oplossings vir probleme en uitdagings;

om studente voor te berei wat streef na akademiese navorsing op ‟n meer gevorderde vlak vir doktorale studies, en om ‟n benadering te bevorder wat op akademiese integriteit en professionele etiek gegrond is;

om by te dra tot die poel van akademici en beroepslui met die bevoegdheid en kritiese intellektuele vermoëns om vooruitgang op die gebied van IVB te verseker, en om in die land se behoeftes te voorsien deur ‟n wetenskaplike werksmag van die hoogste gehalte op te lei;

om studente voor te berei om hulle vaardighede aan te wend om tersaaklike vrae te beantwoord en in die kritieke behoeftes van die land te voorsien; en

om mense op te voed en op te lei wat onafhanklik navorsing kan doen en wat op gevorderde vlak tot die ontwikkeling van IVB-kennis kan bydra.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die MSc in IVB-graadprogram moet die kandidaat in besit wees van:

‟n toepaslike honneurs-baccalaureusgraad met die vereiste getal krediete op vlak 8;

én

Page 156: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

155

die Nagraadse Diploma in Infeksiebeheer (NG Dipl (Infeksiebeheer)) van hierdie Universiteit;

óf ‟n soortgelyke kwalifikasie van ‟n ander erkende universiteit;

óf ander hoofvakke in die natuurwetenskappe op honneursvlak, met sterk motivering vir aansoek om en suksesvolle aflegging van ‟n toelatingseksamen (sodanige studente mag toegelaat word op voorwaarde dat hulle voldoen aan die toelatingsvereistes soos beskryf in die Jaarboek van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheids-wetenskappe van hierdie Universiteit). Aanvullende werk of bewys van vaardigheid (of beide) mag ook vereis word, met inagneming van die studieveld.

Kandidate moet ook ‟n basiese kennis van databestuur en statistiek hê óf hulle moet die Grondbeginsels vir Epidemiologie- en/of die Biostatistiek I-module aan die Universiteit volg. Die beplanning en uitvoering van ‟n navorsingsprojek op voorgraadse vlak is ʼn verdere vereiste. Rekenaargeletterdheid word sterk aanbeveel. Slegs ‟n beperkte getal kandidate word jaarliks vir die program gekeur.

Duur Die program strek oor minstens een jaar vir voltydse studente en twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis (Infeksievoorkoming en -beheer)

872(180)

Assessering en eksaminering Die finale punt vir die program word soos volg bereken:

protokol (20% van die finale punt); gemiddeld van die punte deur die interne en eksterne eksaminatore

toegeken vir die tesis (65% van die finale punt); en mondelinge eksamen (15% van die finale punt). Die mondelinge

eksamen is verpligtend.

Page 157: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

156

Navrae Programkoördineerder: Prof S Mehtar Tel: 021 938 5054 E-pos: [email protected] Opleidingskoördineerder: Me M Aucamp Tel: 021 938 5054/9 E-pos: [email protected] Opleidingsadministrateur: Me C Demink Tel: 021 938 5054 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.sun.ac.za/uipc

MSc in Kerngeneeskunde Programbeskrywing Twee bane is beskikbaar: Navorsingsbaan ʼn Navorsingsprojek (100%) wat lei tot die skryf van ʼn tesis. óf Kursuswerk- en navorsingbaan Kursuswerk identies aan dié van die HonsBSc (Kerngeneeskunde)-program en ʼn navorsingprojek wat ʼn werkstuk insluit. Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur ‟n departementele navorsingskomitee goedgekeur, asook deur die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Vordering met eksperimentele werk word deurgaans deur die studieleier gemonitor.

Spesifieke toelatingsvereistes ‟n Kandidaat moet in besit wees van een van die volgende

kwalifikasies van hierdie Universiteit of van ‟n ander erkende universiteit: o die graad MB,ChB; o ‟n baccalaureusgraad met Fisiologie as hoofvak en Fisika I en

Chemie I; o ‟n baccalaureusgraad met Chemie of Biochemie as hoofvak met

dien verstande dat Fisiologie tot tevredenheid van die Senaat aangevul word indien Fisiologie nie die tweede hoofvak is nie; of

o ‟n baccalaureusgraad in aptekerswese; of o ‟n ander kwalifikasie wat die Senaat vir die doel goedgekeur het. ‟n Minimum slaagsyfer van 60% in die hoofvak is ‟n voorvereiste vir toelating.

Page 158: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

157

Kandidate wat oor ‟n BTech-kwalifikasie beskik, sal vir toelating oorweeg word indien hulle: o die BTech-graad met ‟n minimum prestasiepunt van 60% geslaag

het; en o ‟n tentamen in die betrokke studieveld (soos deur die

nagraadseprogramkomitee bepaal) afgelê en met ‟n minimum eksamenpunt van 60% geslaag het.

Duur Die program duur ‟n minimum tydperk van twee jaar.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Navorsingsbaan

Tesis: Kerngeneeskunde 875(180)

Kursuswerk- en navorsingsbaan Verpligte modules

Kliniese Kerngeneeskunde 872(20)

Radiofarmasie (Basies) 871(20)

Stralingsfisika en Instrumentasie 871(20)

Navorsingsprojek 883(60)

Elektiewe modules

Radiofarmasie (Gevorderd) 873(30)

Kliniese Kerngeneeskunde Diagnosties (Gevorderd)

874(30)

Kliniese Kerngeneeskunde-terapie (Gevorderd)

875(30)

Twee van die drie elektiewe modules moet met ‟n slaagsyfer van 50% geslaag word vir verwerwing van die graad.

Assessering en eksaminering Navorsingsbaan Vir die navorsingmodule geld die standaardreëls vir die assessering van M-tesisse van hierdie Universiteit.

Page 159: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

158

Kursuswerk- en navorsingsbaan Vir die kursusgedeelte van die kursuswerk- en navorsingsbaan geld die standaardevaluering van kursuswerk soos vir die HonsBSc-program. Vir die werkstukgedeelte geld die standaardreëls vir die assessering van M-werkstukke van hierdie Universiteit.

Navrae Programkoördineerder: Prof A Ellmann Tel.: (021) 938 4265 E-pos: [email protected]

MSc in Kliniese Epidemiologie Programbeskrywing Kliniese Epidemiologie is die wetenskap vir die toepassing van die beste beskikbare navorsingsgetuienis in pasiëntesorg. Dit wend die metodes van epidemiologie aan om geldige antwoorde te kry op vrae oor diagnose, voorkoming, terapie en prognose en om sodoende die getuienisbasis vir die versorging van individuele pasiënte te verbeter. Die program bied metodologiese opleiding aan diegene met ‟n agtergrond van of ondervinding in ‟n gesondheidsverwante dissipline en wat ‟n beroep in kliniese navorsing of bewysgebaseerde praktyk wil volg. Potensiële navorsers wat nougesette opleiding verlang in navorsingstegnieke, met inbegrip van gevorderde konsepte en metodes van epidemiologie, sal ook by die program baat vind.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die MSc (Kliniese Epidemiologie)-program moet ‟n kandidaat in besit wees van:

‟n MB,ChB- of ekwivalente graad; óf

‟n vierjarige professionele baccalaureusgraad in ‟n gesondheidsverwante dissipline;

óf

‟n honneurs-baccalaureusgraad van hierdie Universiteit of ‟n ander erkende universiteit;

óf

‟n gelykwaardige kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur. Wiskunde op matriekvlak, rekenaarvaardigheid en om vlot in Engels te kommunikeer (verbaal en skriftelik), is vereistes vir toelating tot die program.

Page 160: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

159

Duur Die program word deeltyds aangebied en duur ʼn minimum tydperk van twee jaar.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Die program bestaan uit modules met ʼn totaal van 120 krediete en ʼn navorsingsprojek van 60 krediete. Studente moet tien modules voltooi waarvan agt verpligte en twee elektiewe modules (uit ʼn keuse van vier) is. Verpligte modules

Grondbeginsels vir Epidemiologie 875(12)

Diagnose en Sifting 875(12)

Ewekansigbeheerde Proewe 875(12)

Biostatistiek I 875(12)

Skryf en Beoordeling van Wetenskaplike Manuskripte

875(12)

Skryf van Navorsingsvoorstel en Kundigheid met Bekom van Navorsingsteun

875(12)

Biostatistiek II 875(12)

Stelselmatige Oorsig en Meta-analise 875(12)

Elektiewe modules (kies twee)

Infeksiesiektes-epidemiologie 875(12)

Kliniese Riglyne 875(12)

Onderrig van Bewysgebaseerde Gesondheidsorg

875(12)

Ekonomiese Evaluering in Gesondheidsorg

875(12)

Kwalitatiewe Navorsingsmetodologie vir Gesondheid

875(12)

Navorsing in Gesondheidstelsels en -dienste

875(12)

Page 161: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

160

Navorsingsprojek

Navorsingsprojek 875(60)

Assessering en eksaminering Modules: Deurlopende en summatiewe assessering van modules (120 krediete) sal toegepas word deur middel van skriftelike eksamens, mondelinge voordragte, skriftelike opdragte en deelname aan besprekings. ‟n Minimum slaagsyfer van 50% word vir elke module vereis met ʼn subminimum van 45% vir sowel deurlopende as summatiewe assessering. ʼn Kandidaat wat enige module sak, kan die reg ontneem word om vir die program te herregistreer. Daar sal van die studente verwag word om suksesvol aan projekte, verslae en opdragte deel te neem en kennis daardeur te integreer. Navorsingsprojek: Die voltooide navorsingsprojek moet ingelewer word in die voorgeskrewe formaat en sal onderworpe wees aan interne en eksterne eksaminering.

Navrae Programkoördineerder: Dr T Young Programadministrateur: Mev L Fisher Tel.: (021) 938 9157 E-pos: [email protected] of [email protected]

MSc in Mensgenetika Programbeskrywing Die program bestaan uit ‟n navorsingsprojek, tesis en projekvoordrag. Die navorsingsvoorstel word deur die student opgestel met die hulp van die promotor en aan die Komitee vir Nagraadse Onderrig voorgelê.

Spesifieke toelatingsvereistes Kandidate wat oor ‟n BTech-kwalifikasie beskik, sal:

vir toelating oorweeg word indien hulle die BTech-graad met ‟n minimum prestasiepunt van 60% geslaag het; en

daarna toegelaat word indien hulle die HonsBSc-eksamen in die betrokke studierigting as ‟n tentamen afgelê en met ‟n minimum eksamenpunt van 60% geslaag het.

Duur Die program strek oor twee jaar.

Aanbieding Engels.

Page 162: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

161

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis: Mensgenetika 872(180)

Assessering en eksaminering Die student moet ‟n navorsingsprojek uitvoer. Vordering met eksperimentele werk word deurgaans deur die promotor gemonitor. Navorsingsresultate moet in ‟n tesis saamgevat word vir eksaminering deur ‟n interne en eksterne eksaminator en ‟n projekvoordrag moet gelewer word. Die finale punt word bereken uit die punte wat vir die navorsingsprojek (promotor se punt), tesis (interne en eksterne eksaminator) en projekvoordrag toegeken word. Die slaagpunt is 50% en ‟n onderskeidingspunt is 75%.

Navrae Programkoördineerder: Dr S Bardien Tel.: (021) 938 9681/9692 E-pos: [email protected]

MSc in Molekulêre Biologie Programbeskrywing Die program bestaan uit ‟n navorsingsprojek, tesis en projekvoordrag. Die navorsingsvoorstel word deur die student met die hulp van die promotor opgestel en aan die Komitee vir Nagraadse Onderrig voorgelê.

Duur Die program strek oor twee jaar.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Tesis: Molekulêre Biologie 872(180)

Assessering en eksaminering Dit is ‟n tesisgebaseerde program met geen studiemodules nie. Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi, die resultate in ‟n tesis saamvat en ‟n projekvoordrag lewer. Die tesis word volgens Universiteitsriglyne geëksamineer deur ‟n interne en eksterne eksaminator. Die finale punt word bereken uit die punte wat vir die navorsingsprojek (promotor se punt), tesis (interne en eksterne eksaminatore) en projekvoordrag toegeken word. Die slaagpunt is 50% en ‟n onderskeidingspunt is 75%.

Page 163: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

162

Navrae Programkoördineerder: Prof TC Victor/Me G Durrheim Tel.: (021) 938 9251/9696 E-pos: [email protected] of [email protected]

MSc in Reproduktiewe Biologie Programbeskrywing Hierdie program behels ‟n selfstandige navorsingsprojek op die gebied van Reproduktiewe Biologie (Andrologie en/of in vitro-bevrugting) wat uitloop op ‟n tesis wat 100% van die prestasiepunt van die program uitmaak. Die navorsingsprojek word gekies na gelang van die agtergrond en belangstelling van die student en in ondersteuning van die fakulteit se navorsingsfokusareas. Die aanvanklike navorsingsvoorstel word deur ‟n departementele navorsingskomitee goedgekeur, asook deur die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Vordering met eksperimentele werk word deurgaans deur die promotor gemonitor.

Spesifieke toelatingsvereistes Kandidate wat oor ‟n BTech-kwalifikasie beskik, sal:

vir toelating oorweeg word indien hulle die BTech-graad met ‟n minimum prestasiepunt van 60% geslaag het; en

daarna toegelaat word indien hulle die HonsBSc-eksamen in die betrokke studierigting as ‟n tentamen afgelê en met ‟n minimum eksamenpunt van 60% geslaag het.

Duur Een jaar voltyds of twee jaar deeltyds.

Aanbieding Afrikaans en Engels

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis: Reproduktiewe Biologie 872(180)

Assessering en eksaminering Die voltooide navorsingsprojek moet in ‟n voorgeskrewe formaat as ‟n navorsingstuk aangebied word en deur sowel interne as eksterne eksaminatore nagesien word.

Navrae Programkoördineerder: Dr M-L de Beer/Prof TF Kruger Tel.: (021) 938 5487/9217 E-pos: [email protected] of [email protected]

Page 164: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

163

MSc in Sitopatologie Programuitkomste Die program beoog om:

die student toe te rus met meer gevorderde kennis en ‟n dieper insig in die studieveld;

die student te help om die gekose onderwerp te bemeester deur nuwe inligting op ‟n hoër vlak te ontleed en deur die ontwikkeling van vaardighede om ingewikkelde probleme te hanteer en oplossings vir sulke probleme te vind;

die student in staat te stel om onafhanklike navorsing te doen; die student wat na hoër vlakke van akademiese navorsingswerk streef

vir doktorale studie voor te berei en om ‟n benadering aan te kweek wat op akademiese integriteit en etiek gebaseer is;

by te dra tot die poel van akademici en professionele persone met bevoegdhede en kritiese intellektuele vaardighede om die gesonde voortbestaan van die gekose veld of professie te verseker; en

die student voor te berei ten einde sy vaardighede aan te wend om die probleme en vraagstukke van die land in daardie veld te help oplos.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die MSc-graadprogram met Sitopatologie as hoofstudierigting moet ‟n kandidaat in besit wees van:

‟n MB,ChB-/BChD-graad met ‟n nagraadse kwalifikasie in Anatomiese Patologie of Mondpatologie;

óf

‟n MB,ChB-/BChD-graad met minstens twee jaar ervaring in ‟n sitologielaboratorium onder die toesig van ‟n spesialis-sitopatoloog of histopatoloog met ervaring in sitopatologie;

én

registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid Afrika (nie van toepassing op kandidate van buite Suid-Afrika nie).

Duur Die minimum duur van die program is twee jaar.

Aanbieding Engels.

Page 165: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

164

Module-uiteensetting en kredietwaardes Die program word aangebied in ‟n modulêre formaat.

Aanvullende Diagnostiese Navorsingstegnieke

875(15)

Abdominale Massas/Retroperitoneum/Mediastinum

875(5)

Borste 875(5)

Ginekologiese Sitologie 1 875(5)

Ginekologiese Sitologie 2 875(5)

Ginekologiese Sitologie 3 875(5)

Kop en Nek 875(5)

Kwaliteitsbeheer 875(15)

Lewer 875(5)

Limfnode – neoplasties 875(5)

Limfnode – nie-neoplasties 875(5)

Navorsingsmetodiek 875(10)

Navorsingswerkstuk 875(60)

Neurositologie, Serebrospinale Vog en Breinsmere

875(5)

Nie-ginekologiese Eksfoliatiewe Sitologie 1

875(5)

Nie-ginekologiese Eksfoliatiewe Sitologie 2

875(5)

Nier/Manlike Genetale Traktus 875(5)

Pankreas en Ekstrahepatiese Galweë 875(5)

Pediatriese Sitologie 875(5)

Praktiese Module 875(15)

Respiratoriese Traktus 875(5)

Sagteweefsel en Been 875(5)

Siftingsprogramme 875(15)

Sitopatologie van Immuunonderdrukking 875(5)

Page 166: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

165

Skildklier 875(5)

Speekselklier 875(5)

Vloeistofgebaseerde Sitologie 875(10)

Assessering en eksaminering Die student moet:

minstens 50% behaal in sowel die teoretiese as die praktiese komponente van elke module;

suksesvol deelneem aan en kennis integreer tydens projekte, patologieverslae en werksopdragte;

‟n navorsingsprojek voltooi wat handel oor ‟n gekose aspek van sitopatologie, en wat voldoen aan die standaarde en vereistes vir ‟n meestersgraadprojek; en

deur middel van die projek bewys lewer dat hy teoretiese begrippe en navorsingsvaardighede suksesvol kan integreer.

Navrae Programkoördineerder: Dr PT Schubert Tel.: (021) 938 5349 E-pos: [email protected]

Magister in die Wysbegeerte

Magister in die Wysbegeerte in Aansteeklike Siektes Programbeskrywing Moderering en studieleiding sal geskied volgens die program vir die Magister in Wysbegeerte, soos aanvaar deur die Fakulteitsraad, en is beskikbaar by die hoof van die Afdeling Gemeenskapsgesondheid.

Spesifieke toelatingsvereistes Studente moet in besit wees van ‟n honneursgraad in ‟n

gesondheidsverwante veld, met inbegrip van sielkunde of sosiale wetenskap, soos deur die Senaat goedgekeur is vir hierdie doel, om tot die program toegelaat te word,

óf

Alternatiewelik moet aansoekers ‟n vierjarige baccalaureusgraad verwerf het, met ‟n betekenisvolle bydrae tot ‟n navorsingspublikasie op die gebied van aansteeklike siektes wat oorwegend gelykstaande is aan ‟n honneursgraad en wat deur die Senaat vir hierdie doel goedgekeur is. Hierdie metode van die verwerwing van ‟n meestersgraad is bedoel vir studente wat reeds ‟n hoë vlak van kennis

Page 167: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

166

en vermoë in navorsing in een of meer aansteeklike siekte-probleme gedemonstreer het.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Assessering en eksaminering Die onderwerp van die tesis sal bepaal word in konsultasie met toepaslike kenners van die terrein saam met die hoof van die afdeling. Kandidate sal geassesseer word op grond van ‟n aanvaarbare skriftelike tesis en ‟n wetenskaplike mondelinge voordrag, gevolg deur vrae van ‟n paneel van interne en eksterne eksaminatore.

Navrae Programkoördineerder: Dr Neil Cameron Tel.: (021) 938 9440 E-pos: [email protected]

Magister in die Wysbegeerte in Gemeenskapsgeestesgesondheid Programbeskrywing Die onderwys- en leerstrategie in elke module word bepaal deur die aard van die studieveld. Die modules word aangebied binne die raamwerk van ‟n student-gesentreerde benadering met die doel om kritiese denke te stimuleer. Die program maak gebruik van didaktiese lesings, interaktiewe sessies, groepsessies en kliniese werk onder toesig. Onafhanklike studie word aangemoedig. Die navorsingsprojek word onder leiding van ‟n studieleier gedoen.

Spesifieke toelatingsvereistes Om toegelaat te word tot die Magister in die Wysbegeerte in Neuropsigiatrie (Gemeenskapsgeestesgesondheid) moet die student in besit wees van die volgende kwalifikasies:

‟n meestersgraad in Sosiale Werk/Kliniese Sielkunde/Verpleging/Arbeidsterapie;

óf

‟n MB,ChB-graad; óf

‟n MMed (Psig)/uitgangseksamen van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika;

én

Page 168: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

167

as mediese praktisyn/maatskaplike werkster/kliniese sielkundige/ geregistreerde ver-pleegster/arbeidsterapeut by die betrokke professionele raad in Suid-Afrika geregistreer wees.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Etiek 872(5)

Navorsingsmetodiek 871(5)

Gemeenskapsgeestesgesondheid 871(55)

Tweede jaar Verpligte modules

Sosiale Psigiatrie 871(5)

Kulturele Psigiatrie 871(5)

Openbare Sorgpsigiatrie 871(5)

Navorsingswerkstuk 871(60) *

Elektiewe modules

Gemeenskapsielkunde 871(20)

Psigososiale Rehabilitasie 871(20)

Gemeenskapspsigiatrie 871(20)

* Die navorsingswerkstuk word oor die twee jaar van die kursus voltooi.

Assessering en eksaminering Deurlopende assessering geld vir alle modules en ‟n prestasiepunt van 50% word vereis om te slaag. Daar word van die student verwag om ‟n aanvaarbare navorsingswerkstuk in te lewer wat sy vermoë demonstreer om ‟n onafhanklike wetenskaplike ondersoek te loods, die resultate daarvan te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit te maak. Die werkstuk word volgens riglyne van die Universiteit van Stellenbosch geassesseer en ‟n punt van minstens 50% moet behaal word om te slaag. Die prestasiepunt word bepaal volgens die geweegde krediete van elke module. Om in die program te slaag moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal.

Page 169: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

168

Navrae Programkoördineerder: Dr MS van Heerden Tel.: (021) 918 1627 E-pos: [email protected]

Magister in die Wysbegeerte in Gesondheidswetenskappe-onderwys Spesifieke toelatingsvereistes Slegs ‟n beperkte getal studente kan jaarliks tot die eerste studiejaar van die MPhil in GWO-program toegelaat word. Toelating tot die program geskied dus op die basis van die volgorde waarin kwalifiserende aansoeke vóór die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang word. Aansoeke om toelating vir ‟n bepaalde jaar moet nie later nie as 30 November van die voorafgaande jaar ingelewer word. Om toegelaat te word tot die Magister in die Gesondheidswetenskappe-onderwysprogram moet ‟n student in besit wees van die volgende kwalifikasies:

‟n vierjarige baccalaureusgraad in ‟n Gesondheidswetenskappe-verwante rigting en tans werk in ‟n Gesondheidswetenskappe-omgewing;

óf

‟n honneurs-baccalaureusgraad in die Opvoedkunde of die Sosiale Wetenskappe en tans werk in ‟n Gesondheidswetenskappe-omgewing;

óf

‟n ander graad op NKR-vlak 7 of hoër en toepaslike ervaring in tersiêre onderwys, met inbegrip van ervaring in navorsing oor onderwys of die sosiale wetenskappe en tans werk in ‟n Gesondheidswetenskappe-omgewing;

óf

‟n toepaslike graad of diploma en ‟n Nagraadse Diploma in Hoër Onderwys en toepaslike ervaring in tersiêre onderwys, met inbegrip van navorsing oor onderwys of die sosiale wetenskappe en tans werk in ‟n Gesondheidswetenskappe-omgewing;

óf

‟n toepaslike graad en ‟n relevante Hoër Onderwysdiploma en toepaslike ervaring in tersiêre onderwys met inbegrip van navorsing oor onderwys of die sosiale wetenskappe en tans werk in ‟n Gesondheidswetenskappe-omgewing;

Page 170: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

169

óf

‟n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het of die student moet op ‟n ander wyse ‟n standaard van bekwaamheid in sy bepaalde studierigting bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir hierdie doel toereikend is.

Om toegelaat te word tot die tesisprogram moet ‟n student voldoen aan bogenoemde vereistes, ‟n volledig navorsingsprotokol tot bevrediging van die programkomitee voorlê en bewys lewer van voldoende navorsingservaring in die onderwys of sosiale wetenskappe. Indien die voornemende student nie bewys kan lewer van sodanige navorsingservaring nie, is die suksesvolle afhandeling van die volgende modules van die gestruktureerde program ‟n addisionele vereiste:

Onderwysnavorsing vir Verandering in Gesondheidswetenskappe-onderwys; en

Navorsingmetodiek-komponent van die Navorsingswerkstuk.

Programstruktuur Die program word tegnologie-gemedieerd aangebied met een kontaksessie per jaar. Daar word van die student wat die gestruktureerde program volg, verwag om die kontaksessies by te woon. In die geval van studente wat vir die tesisopsie toegelaat word, is bywoning van die kontaksessies opsioneel, behalwe in die geval van studente wat nie bewys van voldoende navorsingservaring soos hierbo beskryf kan lewer nie. Sodanige studente moet die kontaksessies vir die modules Onderwysnavorsing in Gesondheidswetenskappe-onderwys en die Navorsingsmetodiek-komponent van die Navorsingswerkstuk bywoon en slaag. Die program is navorsingsgebaseerd en het ten doel om die student toe te rus om die volgende binne die leer- en onderrigkonteks in gesondheidswetenskappe te verstaan, krities te evalueer en toe te pas:

kontemporêre en toepaslike onderwysbenaderings; beginsels van professionele praktyk, met spesifieke verwysing na

etiek, refleksie en sosiale responsiwiteit; en bevindings afgelei van internasionale en Afrika-spesifieke navorsing

in gesondheidswetenskappe-onderwys binne die konteks van diversiteit en wisselende hulpbronvlakke.

Aanbieding Afrikaans en Engels (A & E).

Page 171: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

170

Module-uiteensetting en kredietwaardes Gestruktureerde program

Eerste jaar Verpligte modules

Gesondheidswetenskappe-onderwys in Konteks

881(5)

Leer in Gesondheidswetenskappe-onderwys

882(15)

Fasilitering van Leer in Gesondheidswetenskappe-onderwys

883(15)

Onderwysnavorsing vir Verandering in Gesondheidswetenskappe-onderwys

884(10)

Navorsingsmetodologie 885(10)

Elektiewe modules

Vaardigheidsontwikkeling 891(10)

Leierskap in Gesondheidswetenskappe-onderwys

892(10)

Tweede jaar Verpligte modules

Leer en Onderrig vir Primêre Gesondheidsorg

886(15)

Kurrikulumontleding in Gesondheidswetenskappe-onderwys

871(15)

Assessering in Gesondheidswetenskappe-onderwys

871(15)

Navorsingswerkstuk 871(60)

Elektiewe modules

E-leer in Gesondheidswetenskappe-onderwys

895(10)

Akademiese Personeel- en Professionele Ontwikkeling

893(10)

Page 172: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

171

Tesisprogram

Tesis 895(180)

Assessering en eksaminering Gestruktureerde program Deurlopende assessering geld vir alle modules en ‟n prestasiepunt van 50% word vereis om te slaag. Daar word van die student verwag om ‟n aanvaarbare navorsingswerkstuk in te lewer wat sy vermoë demonstreer om ‟n onafhanklike wetenskaplike ondersoek te loods, die resultate daarvan te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit te maak. Die werkstuk word volgens riglyne van die Universiteit van Stellenbosch geassesseer en ‟n punt van minstens 50% moet behaal word om te slaag. Die prestasiepunt word bepaal volgens die geweegde krediete van elke module. Om die program te slaag, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal. Tesisprogram Daar word van die student verwag om ‟n aanvaarbare navorsingstesis in te lewer wat sy vermoë demonstreer om ‟n onafhanklike wetenskaplike ondersoek te loods, die resultate daarvan te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit te maak, en wel op ‟n hoër vlak as wat vereis word vir die navorsingswerkstuk vir die gestruktureerde program. Die tesis word volgens riglyne van die Universiteit van Stellenbosch geassesseer en om te slaag moet ‟n punt van minstens 50% behaal word. Sak van modules

ʼn Student wat ʼn module sak, sal die geleentheid gebied word om die werksopdrag(te) weer in te handig wat bygedra het tot die prestasiepunt vir die module. Dit word aan die diskresie van die betrokke modulevoorsitter oorgelaat om te besluit of die onderwerp en aard van die werksopdrag(te) onveranderd bly en of ʼn nuwe opdrag(te) vereis word.

Die nuwe werksopdrag(te) moet binne twee maande ingelewer word ná bekendmaking van die prestasiepunt vir die module. Indien die student nie die sperdatum haal nie, sal hy die volgende jaar weer vir die module moet registreer.

Indien ʼn student ʼn module by meer as een geleentheid sak, sal die student nie kan voortgaan met die program nie.

Navrae Programkoördineerder: Prof BB van Heerden Tel.: (021) 938 9595 E-pos: [email protected]

Page 173: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

172

Magister in die Wysbegeerte in Kinder- en Adolessentepsigiatrie Programbeskrywing Die onderwys- en leerstrategie in elke module word bepaal deur die aard van die studieveld. Modules word aangebied binne die raamwerk van ‟n studentgesentreerde benadering met die doelwit om kritiese denke te stimuleer. Die program maak gebruik van didaktiese lesings, interaktiewe sessies, groepsessies en kliniese werk onder toesig. Onafhanklike studie word aangemoedig. Die navorsingsprojek word onder leiding van ‟n studieleier gedoen.

Spesifieke toelatingsvereistes Om toegelaat te word tot die program moet die student in besit wees van die volgende kwalifikasies:

‟n meestersgraad in Geneeskunde in Psigiatrie; óf

‟n meestersgraad in Kliniese Sielkunde; óf

‟n genootskap van die Kollege van Psigiaters van Suid-Afrika; óf

‟n soortgelyke kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het;

én

geregistreer wees as mediese praktisyn/kliniese sielkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Etiek 873(5)

Etiek en Wetgewing 871(5)

Ontwikkelingpsigiatrie 871(10)

Kliniese Kinderpsigiatrie 871(40)

Tweede jaar Verpligte modules

Konsultasie-liaisonpsigiatrie 871(15)

Page 174: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

173

Navorsingsmetodologie en -projek 871(70)

Elektiewe modules

Substansmisbruik by Jong Pasiënte 871(15)

Forensiese Kinderpsigiatrie 871(15)

Baba- en Kleutergeestesgesondheid 871(15)

Gevorderde Pediatriese Psigofarmakologie

871(10)

Pediatriese Neurosielkunde 871(10)

Gevorderde Kinderpsigoterapie 871(10)

Kindergeestesgesondheid-diensontwikkeling

871(10)

Assessering en eksaminering Deurlopende assessering geld vir alle modules en ‟n prestasiepunt van 50% word vereis om te slaag. Daar word van die student verwag om ‟n aanvaarbare navorsingswerkstuk in te lewer wat sy vermoë demonstreer om ‟n onafhanklike wetenskaplike ondersoek te loods, die resultate daarvan te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit te maak. Die werkstuk word volgens riglyne van die Universiteit van Stellenbosch geassesseer en ‟n punt van minstens 50% moet behaal word om te slaag. Die prestasiepunt word bepaal volgens die geweegde krediete van elke module. Om in die program te slaag moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal.

Navrae Programkoördineerder: Dr SM Hawkridge Tel: 021 938 9174 E-pos: [email protected]

Magister in die Wysbegeerte in Neuropsigiatrie Kliniese Neuropsigiatrie

Programbeskrywing Die onderwys- en leerstrategie in elke module word bepaal deur die aard van die studieveld. Die modules word aangebied binne die raamwerk van ‟n studentgesentreerde benadering met die doel om kritiese denke te stimuleer. Die program maak gebruik van didaktiese lesings, interaktiewe sessies, groepsessies en kliniese werk onder toesig. Onafhanklike studie word aangemoedig. Die navorsingsprojek word onder leiding van ‟n studieleier gedoen.

Page 175: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

174

Spesifieke toelatingsvereistes Om toegelaat te word tot die Magister in die Wysbegeerte in Neuropsigiatrie (Kliniese Neuropsigiatrie) moet die kandidaat in besit wees van die volgende kwalifikasies:

‟n meestersgraad in Geneeskunde in Psigiatrie of Neurologie; óf

‟n genootskap van die Kollege van Psigiaters/Neuroloë van Suid-Afrika;

óf

‟n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het;

én

geregistreer wees as mediese praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Etiek 871(5)

Navorsingsmetodiek 871(5)

Neuropsigofarmakologie 871(5)

Toegepaste Psigiatrie van die Bejaarde

871(10)

Toegepaste Neurologie 871(10)

Toegepaste Psigosomatiese Geneeskunde

871(10)

Toegepaste MIV-geneeskunde 871(10)

Tweede jaar Kliniese Neuropsigiatrie 871(55)

Neurosielkundige en Gespesialiseerde Evaluasies

871(5)

Kliniese Beelding 871(5)

Navorsingswerkstuk 871(60) *

Page 176: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

175

* Die navorsingsprojek word oor die twee jaar van die kursus voltooi.

Assessering en eksaminering Deurlopende assessering geld vir alle modules en ‟n prestasiepunt van 50% word vereis om te slaag. Daar word van die student verwag om ‟n aanvaarbare navorsingswerkstuk in te lewer wat sy vermoë demonstreer om ‟n onafhanklike wetenskaplike ondersoek te loods, die resultate daarvan te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit te maak. Die werkstuk word volgens riglyne van die Universiteit van Stellenbosch geassesseer en ‟n punt van minstens 50% moet behaal word om te slaag. Die prestasiepunt word bepaal volgens die geweegde krediete van elke module. Om in die program te slaag moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal.

Navrae Programkoördineerder: Dr L Asmal Tel.: (021) 938 9623 E-pos: [email protected]

Magister in die Wysbegeerte in Neuropsigiatrie Psigogeriatrie

Programbeskrywing Die onderwys- en leerstrategie in elke module word bepaal deur die aard van die studieveld. Die modules word aangebied binne die raamwerk van ‟n studentgesentreerde benadering met die doel om kritiese denke te stimuleer. Die program maak gebruik van didaktiese lesings, interaktiewe sessies, groepsessies en kliniese werk onder toesig. Onafhanklike studie word aangemoedig. Die navorsingsprojek word onder leiding van ‟n studieleier gedoen.

Spesifieke toelatingsvereistes Om toegelaat te word tot die Magister in die Wysbegeerte in Neuropsigiatrie (Psigogeriatrie) moet die student in besit wees van die volgende kwalifikasies:

‟n meestersgraad in Geneeskunde in Psigiatrie/Neurologie; óf

‟n genootskap van die Kollege van Psigiaters/Neuroloë van Suid-Afrika;

óf

‟n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het;

én

Page 177: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

176

geregistreer wees as ‟n mediese praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Etiek 871(5)

Navorsingsmetodiek 871(5)

Neuropsigofarmakologie 871(5)

Toegepaste Neuropsigiatrie 871(10)

Toegepaste Neurologie 871(10)

Toegepaste Psigosomatiese Geneeskunde

871(10)

Toegepaste MIV-geneeskunde 871(10)

Tweede jaar Psigogeriatrie 871(45)

Toegepaste Geriatriese Geneeskunde 871(10)

Neurosielkundige en Gespesialiseerde Evaluasies

871(5)

Kliniese Beelding 871(5)

Navorsingswerkstuk 871(60) *

* Die navorsingswerkstuk word oor die twee jaar van die kursus voltooi.

Assessering en eksaminering Deurlopende assessering geld vir alle modules en ‟n prestasiepunt van 50% word vereis om te slaag. Daar word van die student verwag om ‟n aanvaarbare navorsingswerkstuk in te lewer wat sy vermoë demonstreer om ‟n onafhanklike wetenskaplike ondersoek te loods, die resultate daarvan te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit te maak. Die werkstuk word volgens riglyne van die Universiteit van Stellenbosch geassesseer en ‟n punt van minstens 50% moet behaal word om te slaag. Die prestasiepunt word bepaal volgens die geweegde krediete van elke module. Om in die program te slaag, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal.

Page 178: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

177

Navrae Programkoördineerder: Dr FCV Potocnik Tel.: (021) 938 9023 E-pos: [email protected]

Magister in die Wysbegeerte in Neuropsigiatrie Psigosomatiese Geneeskunde

Programbeskrywing Die onderwys- en leerstrategie in elke module word bepaal deur die aard van die studieveld. Die modules word aangebied binne die raamwerk van ‟n studentgesentreerde benadering met die doelwit om kritiese denke te stimuleer. Die program maak gebruik van didaktiese lesings, interaktiewe sessies, groepsessies en kliniese werk onder toesig. Onafhanklike studie word aangemoedig. Die navorsingsprojek word onder leiding van ‟n studieleier gedoen.

Spesifieke toelatingsvereistes Om toegelaat te word tot die Magister in die Wysbegeerte in Neuropsigiatrie (Psigosomatiese Geneeskunde) moet die student in besit wees van die volgende kwalifikasies:

‟n meestersgraad in Geneeskunde in Psigiatrie/Neurologie; óf

‟n genootskap van die Kollege van Psigiaters/Neuroloë van Suid-Afrika;

óf

‟n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het;

én

geregistreer wees as mediese praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Etiek 871(5)

Navorsingsmetodiek 871(5)

Neuropsigofarmakologie 871(5)

Page 179: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

178

Toegepaste Psigiatrie van die Bejaarde

871(10)

Toegepaste Neurologie 871(10)

Toegepaste Neuropsigiatrie 871(10)

Toegepaste MIV-geneeskunde 871(10)

Tweede jaar Psigosomatiese Geneeskunde 871(55)

Neurosielkundige en Gespesialiseerde Evaluasies

871(5)

Kliniese Beelding 871(5)

Navorsingswerkstuk 871(60) *

* Die navorsingsprojek word oor die twee jaar van die kursus voltooi.

Assessering en eksaminering Deurlopende assessering geld vir alle modules en ‟n prestasiepunt van 50% word vereis om te slaag. Daar word van die student verwag om ‟n aanvaarbare navorsingswerkstuk in te lewer wat sy vermoë demonstreer om ‟n onafhanklike wetenskaplike ondersoek te loods, die resultate daarvan te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit te maak. Die werkstuk word volgens riglyne van die Universiteit van Stellenbosch geassesseer en ‟n punt van minstens 50% moet behaal word om te slaag. Die prestasiepunt word bepaal volgens die geweegde krediete van elke module. Om in die program te slaag, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal.

Navrae Programkoördineerder: Dr B Chiliza Tel.: (021) 938 9510 E-pos: [email protected]

Magister in die Wysbegeerte in Substansafhanklikheid Programbeskrywing Die onderwys- en leerstrategie in elke module word bepaal deur die aard van die studieveld. Die modules word aangebied binne die raamwerk van ‟n studentgesentreerde benadering met die doelwit om kritiese denke te stimuleer. Die program maak gebruik van didaktiese lesings, interaktiewe sessies, groepsessies en kliniese werk onder toesig. Onafhanklike studie word aangemoedig. Die navorsingsprojek word onder leiding van ‟n studieleier gedoen.

Page 180: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

179

Spesifieke toelatingsvereistes Om toegelaat te word tot die Magister in die Wysbegeerte in Substansafhanklikheid moet die kandidaat in besit wees van die volgende kwalifikasies:

‟n meestersgraad in Geneeskunde in Psigiatrie; óf

‟n genootskap van die Kollege van Psigiaters van Suid-Afrika; óf

‟n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het;

én

geregistreer wees as mediese praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Etiek van Verslawing 871(5)

Evaluering van Substansmisbruikprobleme

871(10)

Kliniese Verslawingpsigiatrie 871(70)

Neurobiologie van Chemiese Afhanklikheid

871(5)

Tweede jaar Diensbestuur 871(5)

Farmakologie van Chemiese Afhanklikheid

871(5)

Navorsingsmetodiek 871(5)

Openbare Gesondheidsbenaderings tot Verslawing

871(5)

Psigososiale Ingrepe 871(10)

Navorsingswerkstuk 871(60) *

* Die navorsingswerkstuk word oor die twee jaar van die kursus voltooi.

Page 181: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

180

Assessering en eksaminering Deurlopende assessering geld vir alle modules en ‟n prestasiepunt van 50% word vereis om te slaag. Daar word van die student verwag om ‟n aanvaarbare navorsingswerkstuk in te lewer wat sy vermoë demonstreer om ‟n onafhanklike wetenskaplike ondersoek te loods, die resultate daarvan te interpreteer en gevolgtrekkings daaruit te maak. Die werkstuk word volgens riglyne van die Universiteit van Stellenbosch geassesseer en ‟n punt van minstens 50% moet behaal word om te slaag. Die prestasiepunt word bepaal volgens die geweegde krediete van elke module. Om in die program te slaag moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal.

Navrae Programkoördineerder: Prof WP Pienaar Tel.: (021) 938 9454 E-pos: [email protected]

Magister in Fisioterapie

Toelatings- en keuringsvereistes Vir toelating tot die magistergraad in Fisioterapie, moet ‟n kandidaat:

in besit wees van ‟n vierjarige baccalaureusgraad in Fisioterapie of ‟n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het en as ‟n fisioterapeut/fisioterapie-student by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer wees;

óf

in besit wees van ‟n diploma in Fisioterapie, met dien verstande: o dat dit op aanbeveling van die Komitee vir Nagraadse Onderrig

geskied; o dat die student sedert die verwerwing van die diploma akademies

en professioneel aktief gebly het ten opsigte van die betrokke vakgebied;

o dat die student bewys moet lewer dat hy die Ortopediese Manuele Terapie I (OMT I)-kursus geslaag het;

o dat die student ‟n tentamen tot bevrediging van die Komitee vir Nagraadse Onderrig afgelê het; en

o dat aanvullende werk vereis mag word; én

‟n minimum van een jaar kliniese ondervinding in Fisioterapie ná verwerwing van die baccalaureusgraad hê;

én

Page 182: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

181

‟n skriftelike aansoek ingedien het wat onderhewig is aan goedkeuring deur die Senaat, of die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat.

Vir toelating tot die gestruktureerde magistergraad in Fisioterapie (Orto-manipulatiewe Terapie), moet ʼn kandidaat (addisioneel tot bogenoemde toelatingsvereistes) bewys lewer van:

die suksesvolle voltooiing van die Ortopediese Manuele Terapie I (OMT I)-kursus;

óf

toepaslike kliniese ondervinding en deurlopende professionele onderrig.

Aard van program Die doel van die program is om:

studente toe te rus met gevorderde kennis en vaardighede ten opsigte van die gekose rigting in Fisioterapie;

studente se verwerwing van hoërorde-vaardighede ten opsigte van kritiese analise en evaluasie van kennis en vaardighede te bevorder;

studente met die nodige vaardighede toe te rus sodat hulle oorspronklike, gevorderde en onafhanklike navorsing op die gebied van Fisioterapie kan doen;

studente voor te berei vir verskillende vorms van wetenskaplike professionele kommunikasie;

beroepslui te lewer wat oor die bevoegdhede en kritiese kognitiewe vermoë beskik wat die beroep sal bevorder en om by te dra tot die poel van professionele en akademiese beroepslui in die veld van Fisioterapie.

Magister in Fisioterapie (gestruktureerde opsie) Spesialiteitsrigting Orto-manipulatiewe Terapie

Module-uiteensetting en kredietwaardes Die modules vir die teoretiese deel word deeltyds gevolg oor ‟n minimum van twee jaar.

Biomeganika 873(8) (E)

OMT – Benaderings en Konsepte 863(20) (E)

OMT – Boonste Kwadrant 873(12) (E)

OMT – Onderste kwadrant 882(15) (E)

Page 183: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

182

OMT – Geïntegreerde en gevorderde praktyk

852(10) (E)

OMT – Klinies 892(25) (E)

Tesis (Fisio – OMT) 894(90) (E)

Assessering en eksaminering ‟n Minimum punt van minstens 50% moet in elke module, met

inbegrip van die tesismodule, behaal word om te slaag. Die teoretiese modules word deurlopend geassesseer aan die hand

van kliniese portefeuljes, skriftelike toetse, kliniese, skriftelike en mondelinge aanbiedings en verslae.

Wat die tesismodule betref, vind deurlopende assessering van die kandidaat se vordering deur die loop van die navorsingsproses plaas. Die kandidaat voltooi ʼn navorsingsprojek en dien ʼn tesis in. Die tesis word volgens Universiteitsriglyne geassesseer deur ‟n interne en eksterne eksaminator. Die assessering van die tesis sluit ʼn mondelinge eksamen in. Die finale punt word saamgestel uit ʼn deurlopende assesseringspunt (10%) en die punte toegeken deur die eksaminatore. ʼn Minimum prestasiepunt van 50% moet vir die tesismodule behaal word om te slaag.

Magister in Fisioterapie (tesisopsie) Tesis (Fisioterapie) 872(180) (E)

Die tesisonderwerp word in oorleg met die studieleier bepaal.

Assessering en eksaminering Deurlopende assessering van die kandidaat se vordering vind deur die loop van die navorsingsproses plaas. Die kandidaat voltooi ʼn navorsingsprojek en dien ʼn tesis in. Die tesis word volgens Universiteitsriglyne geassesseer deur ‟n interne en eksterne eksaminator. Die assessering van die tesis sluit ʼn mondelinge eksamen in. Die finale punt word saamgestel uit ʼn deurlopende assesseringspunt (10%) en die punte toegeken deur die eksaminatore. ʼn Minimum prestasiepunt van 50% moet vir die tesismodule behaal word om te slaag.

Navrae Programkoördineerder: Dr SD Hanekom Tel.: (021) 938 9300 E-pos: [email protected]

Page 184: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

183

Magister in Menslike Rehabilitasiestudies

Toelatings- en keuringsvereistes Vir toelating tot die M in Menslike Rehabilitasiestudies-graadprogram moet ‟n student in besit wees van ‟n MB,ChB-graad, ʼn baccalaureusgraad, ʼn vierjarige baccalaureusgraad in die Natuurwetenskappe of ‟n honneurs-baccalaureusgraad in ‟n toepaslike gesondheids- of aanverwante rigting, of van ‟n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié doel goedgekeur het, of moes hy op ‟n ander wyse ‟n standaard van bekwaamheid in sy bepaalde studierigtings bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir hierdie doel toereikend is.

Aard van die program Hierdie program

Spreek die huidige behoefte vir gevorderde interdissiplinêre studie en navorsing in die gestremdheid- en rehabilitasieverwante velde aan, soos verwag word in verskeie provinsiale, nasionale en internasionale beleidsdokumente, handveste en verhandelinge.

Verskaf ‟n interdissiplinêre groep gespesialiseerde Rehabilitasie-professionele persone van ‟n verskeidenheid professionele agtergronde wat oor die nodige kliniese besluitneming-, bestuur-, navorsing- en opvoedkundige kennis, vaardighede en sosio-politieke houdings beskik, sodat posisies van leierskap binne die veld van Rehabilitasie aanvaar kan word.

Verskaf rehabilitasiespesialiste wat as spesialis-konsultante kan optree in die publiek en private rehabilitasiedienste, binne en verder as hulle spesifieke professionele praktykvelde.

Rus die gekwalifiseerde leerder toe met ‟n gesofistikeerde kennis en begrip van verskynsels wat betrekking het op die gestremdheid- en Rehabilitasie-verwante velde, binne ‟n menseregte- en sosiale model-perspektief.

Verseker die bemeestering in die veld van Rehabilitasie, deur hoërvlak-analise van nuwe inligting, die vermoë om kompleksiteit te hanteer en om merkbare oplossings te vind vir probleme en uitdagings.

Stel die gekwalifiseerde leerder in staat om gevorderde en onafhanklike navorsing te doen.

Stel die kwalifiserende leerder bekend aan die wêreld van skolastiese kommunikasie, onder andere deur bystand met die publisering van sy eie navorsingsverslae.

Page 185: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

184

Dra by tot die groep Rehabilitasie-akademici en professionele persone met die vaardigheid en kritiese intellektuele vermoë om die toekoms in die veld van Rehabilitasie te bevorder.

Spreek die land se behoeftes vir Rehabilitasie-spesialiste van die hoogste gehalte aan.

Studente kan een van twee keuses volg vir die program Magister in Menslike Rehabilitasiestudies, naamlik: Magister in Menslike Rehabilitasiestudies (gestruktureerd) Studente in besit van ‟n baccalaureus- of ʼn vierjarige baccalaureusgraad in die Natuurwetenskappe volg ‟n deeltydse, tweejarige modulêre program. Magister in Menslike Rehabilitasiestudies (tesis) Studente in besit van die MB,ChB- of ‟n toepaslike honneurs-baccalaureusgraad voltooi slegs ‟n bevredigende tesis. Die tesisonderwerp word in oorleg met die Hoof van die Sentrum vir Rehabilitasiestudies bepaal. Aanvullende studie uit die teoretiese modules van die gestruktureerde program mag na gelang van die individuele geval deur die Hoof van die Sentrum bepaal word. LET WEL: Teoretiese modules word ook by wyse van tegnologie-gemedieerde onderrig aangebied.

Magister in Menslike Rehabilitasiestudies (gestruktureerd) Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Epidemiologie en Navorsingsmetodologie

842(40)

Rehabilitasie I 871(40)

Tweede jaar Rehabilitasie II 872(40)

Navorsingswerkstuk 814(60)

Assessering en eksaminering Die module Epidemiologie en Navorsingsmetodologie asook

Rehabilitasie I word aan die einde van die eerste studiejaar en die

Page 186: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

185

module Rehabilitasie II en Navorsingswerkstuk aan die einde van die tweede studiejaar voltooi.

Deurlopende assessering in die vorm van toetse en werkopdragte is van toepassing. Skriftelike eksamens word afgelê in die Rehabilitasie I- en II-modules.

Ten einde die program te slaag is ʼn minimum punt van 50% vir elke module nodig. Die student moet ʼn bevredigende navorsingswerkstuk indien waaruit dit duidelik blyk dat hy in staat is om ʼn onafhanklike wetenskaplike studie te verrig en uitslae te interpreteer.

Magister in Menslike Rehabilitasiestudies (tesis) Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis (Rehabilitasie) 872(180)

Assessering en eksaminering Om te slaag, moet ‟n punt van minstens 50% vir die tesis behaal word.

Navrae Programkoördineerder: Me G Mji Tel.: (021) 938 9528/9090 E-pos: [email protected]

Magister in Oudiologie

Spesifieke toelatingsvereistes Om toegelaat te word tot die Magister in Oudiologie-graadprogram moet ‟n student in besit wees van ‟n vierjarige Baccalaureusgraad in Oudiologie van ‟n geakkrediteerde universiteit, of ʼn gelykwaardige kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur. ‟n Student kan op skriftelike aansoek deur die Senaat of deur die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat tot die program toegelaat word. Slegs ʼn beperkte getal studente word jaarliks vir die program gekeur. Elke kandidaat moet by aansoek om toelating ʼn voorlopige navorsingsvoorstel aan die Afdelingshoof voorlê vir goedkeuring soos met laasgenoemde ooreengekom.

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Page 187: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

186

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Tesis: Oudiologie 872(180)

Assessering en eksaminering Die tesis word deur minstens een interne en een eksterne eksaminator geassesseer en dra 100% tot die finale prestasiepunt van die program by. Die assessering sluit ʼn mondelinge eksamen in. Om die program te slaag, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal vir die tesis.

Navrae Programkoördineerder: Mev D Klop Tel.: (021) 938 9494 E-pos: [email protected]

Magister in Patologie

Programbeskrywing Die navorsingsgebaseerde program bestaan uit ‟n goedgekeurde navorsingsprojek, ‟n tesis, ‟n mondelinge aanbieding en ‟n studente-portefeulje. Die navorsingsprojek kan in die vakgebiede Anatomiese, Chemiese of Hematologiese Patologie, of Immunologie gedoen word.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die Magister in Patologie-program moet ‟n kandidaat in besit wees van:

‟n honneurs-baccalaureusgraad met Patologie, Morfologiese Wetenskappe, Anatomie, Fisiologie, Histologie, Chemie, Biologie, Genetika of Mikrobiologie, of ‟n ander kwalifikasie wat die Senaat vir die doel goedgekeur het. Kandidate met ander hoofvakke op honneursvlak in die biologiese wetenskappe mag oorweeg word op grond van genoegsame motivering en die suksesvolle voltooiing van ‟n toelatingseksamen. Afhangende van die studieveld kan addisionele werk en/of bewys van bekwaamheid vereis word.

óf

‟n BTech-graad, op voorwaarde dat die kandidaat aan die vereistes voldoen soos deur die Universiteit van Stellenbosch bepaal. Afhangende van die studieveld kan addisionele werk en/of bewys van bekwaamheid vereis word.

Page 188: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

187

Duur Die program behels ten minste twee jaar van voltydse studie of drie jaar van deeltydse studie.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Tesis (Anatomiese Patologie) 871(180) óf

Tesis (Chemiese Patologie) 871(180) óf

Tesis (Hematologiese Patologie) 871(180) óf

Tesis (Immunologie) 871(180)

Assessering en eksaminering Die aanvanklike navorsingsprotokol word deur die betrokke fakulteitskomitee goedgekeur, sowel as deur die navorsingskomitee van die betrokke departement en/of afdeling. Vordering met eksperimentele werk word deurgaans deur die toesighouer(s) gemonitor. Die student moet ‟n navorsingsprojek voltooi wat geassesseer word volgens Universiteitsriglyne deur ‟n proses van interne en eksterne eksaminering. Die student moet ook met voltooiing van die navorsingsprojek ‟n mondelinge voorlegging doen en ‟n studente-portefeulje inlewer wat ‟n gedetailleerde gevalleboek van alle aktiwiteite tydens die studieperiode insluit. Die finale punt word bereken volgens die punte wat behaal is vir die tesis, mondeling en portefeulje. Die slaagsyfer is 50% en ‟n punt van 75% of meer word as onderskeiding beskou.

Navrae Programkoördineerder: Mnr D Geiger Tel.: (021) 938 5321 E-pos: [email protected]

Magister in Spraak-Taalterapie

Spesifieke toelatingsvereistes Om toegelaat te word tot die Magister in Spraak-Taalterapie-graadprogram moet ‟n student in besit wees van die vierjarige Baccalaureusgraad in Spraak-Taal- en Gehoorterapie van die Universiteit van Stellenbosch, of ʼn vierjarige Baccalaureusgraad in Spraak-Taalterapie van ‟n ander geakkrediteerde universiteit, of ʼn gelykwaardige kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur.

Page 189: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

188

‟n Student kan op skriftelike aansoek deur die Senaat of deur die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat tot die program toegelaat word. Slegs ʼn beperkte getal studente word jaarliks vir die program gekeur. Elke kandidaat moet by aansoek om toelating ʼn voorlopige navorsingsvoorstel aan die Afdelingshoof voorlê vir goedkeuring, soos met laasgenoemde ooreengekom.

Duur Een jaar vir voltydse studente; twee jaar vir deeltydse studente.

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Tesis: Spraak-Taalterapie 872(180)

Assessering en eksaminering Die tesis word deur minstens een interne en een eksterne eksaminator geassesseer en dra 100% tot die finale prestasiepunt van die program by. Die assessering sluit ʼn mondelinge eksamen in. Om die program te slaag, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal vir die tesis.

Navrae Programkoördineerder: Mev D Klop Tel.: (021) 938 9494 E-pos: [email protected]

Magister in Verpleegkunde

LET WEL: Die Magister in Verpleegkundeprogram het twee bane, naamlik ʼn gestruktureerde en ʼn navorsingsbaan.

Spesifieke toelatingsvereistes Die Magister in Verpleegkunde-program is ʼn keuringsprogram. Die sluitingsdatum vir alle aansoeke is 30 September van die voorafgaande jaar. Spesifieke keuringskriteria is van toepassing, met inbegrip van ʼn gemiddelde punt van ten minste 65% vir die laaste kwalifikasie wat behaal is en ten minste twee jaar ondervinding as ʼn geregistreerde professionele verpleegkundige. Huidige registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging is ʼn vereiste. Gestruktureerde baan Vir toelating tot die gestruktureerde M in Verpleegkunde moet die kandidaat oor die Nasionale Senior Sertifikaat en een van die volgende beskik:

ʼn vierjarige professionele B-graad;

Page 190: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

189

ʼn driejarige B-graad in Verpleegkunde óf ʼn vierjarige voorgraadse Diploma in Verpleegkunde met bewys van suksesvolle afhandeling van toepaslike voorafleer op NKR-vlakke 8 of 9 wat veral fokus op voorbereiding in toepaslike navorsingsvaardighede. In hierdie geval word die kandidaat se aansoek deur die Nagraadseprogramkomitee van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe oorweeg aan die hand van die Universiteit se Beleid vir die Assessering en Erkenning van Vorige Leer, en berus finale goedkeuring by die Senaat. en ten minste ʼn eenjarige nagraadse tersiêre kwalifikasie;

ʼn ander kwalifikasie wat deur die Senaat as voldoende beskou word. Aansoekers moes ook professioneel aktief wees ná voltooiing van bogenoemde kwalifikasies. Navorsingsbaan Vir toelating tot die navorsingbaan van die M in Verpleegkunde moet die kandidaat oor die volgende beskik:

die Nasionale Senior Sertifikaat; en ʼn HonsBVerpleegk-graad.

Aansoekers moes ook professioneel aktief wees ná voltooiing van bogenoemde kwalifikasies.

Aard en doel van program Ná voltooiing van die program behoort die student in staat te wees om die volgende vaardighede te bemeester:

Doeltreffende toepassing van die wetenskap van gesondheidsorg ten opsigte van siekte en tegnologie, en van gevorderde en gesofistikeerde teoretiese en kliniese vakdata in die gekose spesialisgebied van verpleegwetenskap.

Verantwoordelike en verantwoordbare deelname aan die bevordering van die lewenskwaliteit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en aan gesondheidsorg-dienslewering in Suid-Afrika met inagneming van kulturele verskille.

Demonstrasie van verpleegleierskap deur die: o identifisering en oplossing van gesondheidsorgkwessies en -

probleme deur middel van navorsing en kreatiewe en kritiese denke;

Page 191: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

190

o doeltreffende organisering en bestuur van omvattende gesondheidsorgdienste; en

o doeltreffende leiding van gesondheidsorgspanne op akademiese en kliniese gebied.

Onafhanklike navorsing en die doeltreffende kommunikasie van bevindinge om opleidingsprogramme en gesondheidsorgdienste te verbeter.

Uitgebreide kennis in die spesifieke spesialis- of navorsingsgebied. Gevorderde teoretiese kennis van die verpleegwetenskap en

toepassing daarvan in die praktyk. Vertroudheid met resente literatuur en navorsing in die spesifieke

spesialis- of navorsingsgebied. Demonstrasie van die volgende: o kortlikse evaluering van toepaslike literatuur; o identifisering, definiëring en navorsing van komplekse probleme; o onafhanklike navorsing wat alle stappe van die navorsingsproses

insluit; o ekstrapolering van data-implikasies en -impak en verbandlegging

met breër kwessies; en o bevraagtekening van ortodokse teorieë en praktyke, en voorstel

en uitvoer van nuwe idees en metodes. Begrip en aanwending van toepaslike akademiese en professionele

waardes. Selfbesinning en aanpassing by ‟n hoër graad van akademiese milieu

en beredenering. Die program het ten doel om:

die student toe te rus met gesofistikeerde kennis en begrip van fenomene uniek tot die verpleegwetenskap;

die student te bemagtig om gevorderde en onafhanklike navorsing te doen; en

‟n poel van gespesialiseerde verpleegkundiges daar te stel met die nodige kliniese, bestuurs-, navorsings- en opvoedkundige kennis, vaardighede en ingesteldheid om leierskapposisies te beklee en as spesialiskonsultante in gesondheidsorgdienste op te tree.

Taalspesifikasie Engels.

Page 192: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

191

Programstruktuur Module-uiteensetting en kredietwaardes Magister in Verpleegkunde (gestruktureerd)

Eerste jaar Navorsingsmetodologie 872(60)

Kontemporêre Gesondheids- en verpleegkundepraktyke

874(30)

Tweede jaar Navorsingstesis 876(90)

Magister in Verpleegkunde (tesis)

Navorsingstesis 881(180)

Assessering en eksaminering Gestruktureerde baan Deurlopende assessering vind in die eerste jaar plaas. ʼn Klaspunt van ten minste 40% moet in elke module behaal word om te kwalifiseer vir die eksamen in elke module. ‟n Finale prestasiepunt van 50% moet in elke module verwerf word. Die klaspunt en die eksamenpunt dra elk 50% by tot die prestasiepunt vir elke module. Die prestasiepunt vir die eerste studiejaar word bereken as die geweegde gemiddelde van die punte vir die twee eerstejaarsmodules. Deurlopende assessering vind gedurende die navorsingsproses in die tweede jaar plaas, asook assessering deur ʼn interne en ʼn eksterne eksaminator ná voltooiing van die tesis. Hierdie assessering sluit ʼn mondelinge eksamen in. Die prestasiepunt vir die tesis word soos volg bereken: interne eksaminator 30%, eksterne eksaminator 30%, studieleier 10% en mondelinge eksamen 30%. ʼn Prestasiepunt van 50% moet vir die tesis behaal word. Die prestasiepunte vir die eerste studiejaar en die tesis dra elk 50% by tot die finale prestasiepunt vir die M-graad. Navorsingsbaan Deurlopende assessering vind gedurende die navorsingsproses plaas, asook assessering deur ʼn interne en ʼn eksterne eksaminator ná voltooiing van die tesis. Hierdie assessering sluit ʼn mondelinge eksamen in. Die prestasiepunt vir die tesis word soos volg bereken: interne eksaminator 30%, eksterne eksaminator 30%, studieleier 10% en mondelinge eksamen 30%. ʼn Prestasiepunt van 50% moet vir die tesis behaal word.

Page 193: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

192

Navrae Programkoördineerder: Dr EL Stellenberg Tel.: (021) 938 9244 E-pos: [email protected] Administratiewe assistent: Me J Petersen Tel.: (021) 938 9823 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.sun.ac.za

Magister in Voeding

Programbeskrywing Twee bane is beskikbaar, naamlik ʼn gestruktureerde en ʼn navorsingsbaan. MVoeding (gestruktureerd) Dit is ‟n gestruktureerde program wat bestaan uit twee modules en ‟n navorsingsprojek (50% van die totale krediete). Indien die akademiese jaar oor 40 weke strek, word daar van die student verwag om 22,5 denkbeeldige ure per week te gebruik om die program te voltooi. MVoeding (navorsing) Hierdie program bestaan slegs uit ‟n navorsingsprojek (100% van krediete) en geen teoretiese modules nie. Indien die akademiese jaar oor 40 weke strek, word daar van die voltydse student verwag om 45 denkbeeldige ure per week te gebruik om die program te voltooi en van die deeltydse student 22,5 ure per week. Die program behels die beplanning en implementering van ‟n navorsingsprojek en die inlewering van ‟n tesis of verkieslik twee artikels vir publikasie in ‟n eweknie-geëvalueerde vaktydskrif in die formaat wat in die studiegids aangedui is.

Spesifieke toelatingsvereistes ‟n Student word tot die Magister in Voeding-graadprogram toegelaat indien hy in besit is van ‟n relevante B-graad met ‟n NKR-uittreevlak van 8 (of internasionale ekwivalent) en hy minstens Voeding (op ʼn gevorderde vlak), asook Fisiologie, Biochemie en Navorsingsmetodiek voltooi het, of indien hy op ‟n ander wyse ‟n standaard van bekwaamheid bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir dié doel toereikend is. Vir die navorsingbaan word ervaring in die beplanning en implementering van ʼn navorsingprojek op voorgraadse vlak vereis. Slegs ‟n beperkte getal studente word jaarliks vir die program gekeur.

Page 194: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

193

Duur Die gestruktureerde baan strek oor ‟n minimum van twee jaar, en die navorsingsbaan voltyds oor ʼn minimum van een jaar of deeltyds oor twee jaar.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Gestruktureerde baan

Eerste jaar Voedingsepidemiologie 842(45)

Tweede jaar Voeding en Dieetkunde 843(45)

Eerste en Tweede jaar Navorsingsprojek 882(45), 882(45)

(Voedingsepidemiologie 842 is ʼn slaagvoorvereiste vir Navorsingsprojek 882.) Navorsingsbaan

Tesis (Voedingswetenskappe) 871(180)

Assessering en eksaminering Gestruktureerde baan

Die finale punte vir die teoretiese modules word bereken deur die klaspunt vir WebCT- en skriftelike take (35%) te voeg by die eksamenpunt (65%). ‟n Minimum finale punt van 50% word vir al drie studie-eenhede van die module Voeding en Dieetkunde vereis.

Studente word slegs twee geleenthede toegestaan om teoretiese modules te volg en te slaag. Indien ʼn student ná twee geleenthede steeds nie ‟n teoretiese module geslaag het nie, mag hy nie weer vir die program registreer nie.

Die finale punt vir die navorsingsprojek word soos volg bereken: klaspunt (protokol) (20%), gemiddeld van die interne en eksterne eksaminatore se punte vir die tesis (70%), mondelinge eksamen (10%).

Die finale graadpunt word bereken deur die gemiddeld van die finale punte vir die teoretiese modules (50%) by die finale punt vir die navorsingsprojek (50%) te voeg.

Page 195: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

194

‟n Mondelinge eksamen soos afgeneem deur die eksaminatore is verpligtend.

Navorsingsbaan Die finale graadpunt word soos volg bereken: protokolpunt (20%), gemiddeld van die punte van die interne en eksterne eksaminatore vir die tesis (65%), mondelinge eksamen (15%). ‟n Mondelinge eksamen soos afgeneem deur die eksaminatore is verpligtend.

Navrae Programkoördineerder: Mev J Visser Tel.: (021) 938 9259 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.sun.ac.za/nutrition

DOKTORSGRADE

Maksimum duur Die maksimum duur vir alle doktorsgrade aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is vyf jaar. Die kandidaat se promotor mag ʼn aanvaarbare motivering vir die verlenging van die tydperk voorlê aan die Komitee vir Nagraadse Onderrig van die Fakulteit, minstens ses maande voor die verstryking van die vyf jaar.

Doktor in die Natuurwetenskappe

Spesifieke toelatingsvereistes Die graad DSc kan aan ‟n student toegeken word op voorwaarde dat hy -

gevorderde navorsing en/of skeppende werk, ten genoeë van die Universiteit, op die gebied van die Gesondheidswetenskappe verrig het;

oorspronklike, reeds gepubliseerde werk(e) van hoë standaard wat oor ‟n sentrale tema handel en wat na die oordeel van die Senaat toon dat die student ‟n wesenlike en hoogstaande bydrae tot die verryking van die kennis aangaande Gesondheidswetenskappe gelewer het, ingelewer het.

Indien hy reeds in besit is van ‟n Doktorsgraad in die Wysbegeerte in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, of ‟n ander, na die oordeel van die Senaat, gelykstaande kwalifikasie, moet hy

vir minstens een akademiese jaar as student aan hierdie Universiteit ingeskryf wees alvorens die graad aan hom toegeken kan word; en

die Registrateur minstens een jaar voordat hy as kandidaat vir die graad aanmeld, skriftelik van hierdie voorneme in kennis stel en die

Page 196: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

195

titel(s) en bestek van die voorgestelde werk(e) insluit. Indien die Senaat die aanmelding aanvaar, word ‟n promotor en eksaminatore aangestel.

Indien hy nog nie in besit van ‟n Doktorsgraad in die Wysbegeerte in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe of ‟n ander, na die oordeel van die Senaat, vergelykbare kwalifikasie is nie, moet hy

vir minstens drie akademiese jare as student aan hierdie Universiteit ingeskryf wees alvorens die graad aan hom toegeken kan word; en

die Registrateur minstens drie jaar voordat hy as student vir die graad aanmeld, skriftelik van hierdie voorneme in kennis stel en die titel(s) en bestek van die voorgestelde werk(e) insluit. Indien die Senaat die aanmelding aanvaar, word ‟n promotor en eksaminatore aangestel.

Daar moet minstens vyf jaar verloop het nadat genoemde graad Doktor in die Wysbegeerte of ander graad of kwalifikasie aan hom toegeken is.

Assessering en eksaminering Die kandidaat moet vóór 1 Augustus (indien hy in Desember wil promoveer) of vóór 15 Oktober (indien hy in Maart wil promoveer) vier eksemplare van die werk(e) wat hy wil aanbied, by die Universiteitskantoor inlewer, vergesel van ‟n verklaring dat dit sy eie werk is en dat dit nie reeds aan hierdie of ‟n ander universiteit ter verkryging van ‟n graad voorgelê is nie. Waar ‟n aansienlike deel van die werk(e) wat voorgelê word, nie in die student se eie naam alleen gepubliseer is nie, moet die student bevredigende getuienis lewer oor watter deel van die werk wel sy eie is en moet hy meld wie dit aangevoer het, onder wie se leiding dit plaasgevind het, wie dit uitgevoer, verwerk en op skrif gestel het, en watter deel van die werk, indien enige, reeds ter verkryging van ‟n graad aan ‟n universiteit voorgelê is. Met betrekking tot die verdere vereistes waaraan voldoen moet word alvorens die graad toegeken kan word, geld die algemene bepalings vir doktorsgrade soos aangegee onder Reëls betreffende Gevorderde Grade in Deel 1 van die Jaarboek, asook in die Inligtingstuk oor D-grade van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

Doktor in die Wysbegeerte

Programbeskrywing Die Doktorsgraad in Wysbegeerte (PhD) kan in die volgende dissiplines van die Gesondheidswetenskappe aan ‟n student toegeken word:

Anatomiese Patologie Anestesiologie Arbeidsterapie Chemiese Patologie

Page 197: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

196

Chirurgie Dermatologie Epidemiologie Farmakologie Fisioterapie Gemeenskapsgesondheid Geneeskundige Fisika Geneeskundige Fisiologie Geneeskundige Mikrobiologie Geneeskundige Virologie Gesondheidswetenskappe-onderwys Gesondheidswetenskappe-rehabilitasie Hematologiese Patologie Histologie Huisartskunde Interne Geneeskunde Kerngeneeskunde Mensgenetika Molekulêre Biologie Neurochirurgie Noodgeneeskunde Obstetrie en Ginekologie Oogheelkunde Oor-, neus- en keelheelkunde Ortopedie Oudiologie* Pediatrie Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie Psigiatrie Radiologiese Diagnose Radioterapie en Radio-isotope Spraak-Taalterapie* Torakschirurgie Urologie Verpleegkunde Voedingswetenskappe

Page 198: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

197

*Die aanbieding van hierdie program is onderhewig aan die goedkeuring van die Komitee vir Gehalte in Hoër Onderwys.

Spesifieke toelatingsvereistes ‟n Student kan tot die graad PhD in Gesondheidswetenskappe toegelaat word op voorwaarde dat:

daar minstens twee jaar verloop het nadat die graad MB,ChB of BChD aan hom toegeken is;

óf

‟n toepaslike honneursgraad in Gesondheidswetenskappe direk ná ‟n MB,ChB/BChD-graad aan hom toegeken is;

óf

‟n M-graad in Fisioterapie aan hom toegeken is; óf

ʼn M-graad in Voeding/Dieetkunde aan hom toegeken is; óf

‟n toepaslike MSc-graad (magistergraad in die Natuurwetenskappe) van die Universiteit of ‟n ander universiteit wat deur die Senaat goedgekeur word, aan hom toegeken is;

óf

‟n ander kwalifikasie (en tydperk ná verwerwing van die kwalifikasie) wat na die oordeel van die Senaat voldoende is, aan hom toegeken is;

én

hy verder aan al die ander bepalings van doktorsgrade (soos aangegee onder Reëls betreffende Gevorderde Grade, asook die Inligtingstuk oor D-grade) voldoen het.

ʼn Student kan tot die Doktorsgraad in Wysbegeerte in Gesondheidswetenskappe-onderwys (PhD in GWO) toegelaat word op voorwaarde dat:

die aansoeker oor ʼn toepaslike kwalifikasie in die Gesondheidswetenskappe en/of toepaslike ondervinding in die Gesondheidswetenskappe beskik;

én

ʼn M-graad in Gesondheidswetenskappe-onderwys of Hoër Onderwys aan hom toegeken is;

óf

Page 199: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

198

hy oor bewese en toepaslike ervaring met opvoedkundige navorsing en/of navorsing in die sosiale wetenskappe beskik;

óf

die aansoeker oor ‟n ander kwalifikasie (en tydperk ná verwerwing van die kwalifikasie) beskik wat na die oordeel van die Senaat voldoende is;

én

hy oor bewese en toepaslike ervaring met opvoedkundige navorsing en/of toepaslike navorsing in die sosiale wetenskappe beskik.

LET WEL: Toelatingsvereistes is onderhewig aan wysiging na aanleiding van nuwe vereistes van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

Ander vereistes By aansoek om registrasie (inskrywing as student) – op ‟n spesifieke vorm, verkrygbaar by die Administrasie – moet besonderhede oor kwalifikasies (vergesel van gewaarmerkte afskrifte van sertifikate indien die kwalifikasies nie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf is nie), die plek en die onderwerp van die proefskrif aan die Senaat vir goedkeuring verstrek word. By sodanige goedkeuring sal die promotor aangewys word.

Programstruktuur Die graad PhD kan aan ‟n student toegeken word

nadat hy vir minstens twee akademiese jare vir die PhD-graad aan die Universiteit geregistreer was;

op voorwaarde dat hy – met die toestemming van die promotor – minstens ses maande voordat hy die graad wil verwerf, skriftelik aan die Registrateur kennis gee van sy voorneme om ‟n proefskrif in te lewer;

op grond van ‟n proefskrif – onder toesig van ‟n promotor – wat handel oor ‟n probleem uit een of ander gebied van die Gesondheidswetenskappe of Gesondheidswetenskappe-onderwys (in die geval van ʼn PhD in GWO). (Die proefskrif moet, ten genoeë van die Universiteit, bewys lewer van gevorderde oorspronklike werk wat ‟n bydrae lewer tot die verryking van fundamentele, teoretiese en/of kliniese kennis op die bepaalde gebied van navorsing);

op voorwaarde dat die proefskrif vergesel word van ‟n verklaring dat dit nie reeds aan ‟n ander universiteit of instansie ter verkryging van ‟n graad of diploma voorgelê is nie, en dat dit die student se eie werk is;

Page 200: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

199

nadat hy ‟n mondelinge eksamen geslaag het. ‟n Mondelinge eksamen vir die doktorsgraad word in die reël vereis (uitgesonderd die gevorderde doktorsgrade), maar onderworpe aan die goedkeuring van die Senaat kan vrystelling van hierdie eksamen in spesiale gevalle op grond van voldoende motivering verleen word.

Assessering en eksaminering Die D-graad word toegeken as erkenning vir hoë kwaliteit en

oorspronklike navorsing en word konvensioneel op die basis van ‟n proefskrif geassesseer.

Addisioneel hiertoe kan ‟n D-graad ook op ‟n alternatiewe wyse verwerf word, naamlik primêr gebaseer op gepubliseerde wetenskaplike artikels. Dit is egter nie moontlik om ‟n PhD-graad te verwerf wat uitsluitlik uit gepubliseerde artikels bestaan nie. Meer besonderhede hieroor verskyn in die inligtingstuk oor D-studie van die Fakulteit wat verkrygbaar is by die Fakulteitsekretaris.

Met betrekking tot die datum van inlewering van die proefskrif, die getal eksemplare wat ingelewer moet word, asook die verdere vereistes waaraan voldoen moet word voordat die graad toegeken kan word, geld die algemene bepalings vir doktorsgrade soos aangegee onder Reëls betreffende Gevorderde Grade in Deel 1 van die Jaarboek, asook in die Inligtingstuk oor D-grade van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

Die PhD-graad is nie ‟n kwalifikasie wat kan dien as registrasie as spesialis by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika nie, maar is wel registreerbaar as ‟n addisionele kwalifikasie.

Transdissiplinêre Doktorale Program toegespits op

Kompleksiteit en Volhoubaarheidstudies

Programbeskrywing Interdepartementele en fakulteitsaanbieding Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, in samewerking met die fakulteite Lettere en Sosiale Wetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, AgriWetenskappe, Ingenieurswese, Regte, Natuurwetenskappe en Teologie, bied geleenthede aan voornemende studente wat graag navorsing wil doen oor die soeke na volhoubare oplossings vir komplekse probleme rakende sosiaal-natuurlike probleme wat nie noodwendig vanuit ʼn besondere, monodissiplinêre perspektief bestudeer kan word nie, ten einde hulle doktorale studies in enige van hierdie fakulteite te verryk met kursusse oor die teorie en praktyk van transdissiplinariteit. Die huidige plaaslik-globale uitdagings en krisisse met betrekking tot die

Page 201: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

200

vraagstukke van onder andere armoede, verstedeliking, water, afval, energie, voedsel, grond, konflik en geweld, en gelykheid en regverdigheid is tipiese probleme/temas wat hulle tot navorsing op hierdie gebied leen.

Programuitkomste Studente wat hierdie doktorale program volg, kan nie net verwag om toegerus te word met ʼn grondige nuwe begrip van die komplekse aard van die probleme wat die Afrika-vasteland en die wêreld oor die algemeen in die gesig staar nie, maar hulle sal ook die kruis-dissiplinêre denkvaardighede ontwikkel wat nodig is vir deelname in multidissiplinêre spanne toegespits op die soeke na langtermyn- holistiese oplossings.

Spesifieke toelatingsvereistes Toelating, registrasie en studieleiding Voornemende studente lê voorstelle ten opsigte van hulle doktorale navorsing voor aan ʼn paneel studieleiers bestaande uit verteenwoordigers van die deelnemende fakulteite. Hierdie verteenwoordigers word deur die dekane van die deelnemende fakulteite aangewys. Die paneel studieleiers sal, in oorleg met die voornemende student, die navorsingsvoorstel met die oog op die transdissiplinêre meriete daarvan evalueer en sal ʼn geskikte multidissiplinêre span bestaande uit hoof- en mede-studieleiers vir elke suksesvolle navorsingsvoorstel aanbeveel. Dié paneel sal ook ʼn gepaste akademiese departement en fakulteit aanbeveel waarbinne die navorsing geregistreer word. Die gewone kriteria en prosesse ten opsigte van toelating, registrasie en die aanstelling van die doktorale studieleier(s) van die deelnemende fakulteite is van toepassing.

LET WEL: Inskrywings vir die program word slegs al om die derde jaar aanvaar.

Programstruktuur Proefskrif, kernmodules en leermodel Hierdie program behels ʼn proefskrif wat al die krediete van die graad uitmaak. ʼn Stel kernmodules, aangebied deur internasionale en plaaslike kenners op die gebied van transdissiplinêre epistemologie, metodologie en kompleksiteitsteorie sal by die aanvang van die program aangebied word. Hierdie modules dra geen krediete nie. Skriftelike assessering van ʼn deeglike begrip van die materiaal gedek tydens hierdie modules sal ʼn vereiste wees vir die voortsetting van die program. Daarbenewens sal daar vir die duur van die program van studente verlang word om ʼn gereelde reeks nagraadse seminare by te woon, wat aan hulle die geleentheid sal gee om die werk waarmee hulle besig is, vir hulle medestudente en hulle studieleiers aan te bied en dit te bespreek.

Page 202: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

201

Duur Hierdie voltydse program strek oor twee jaar waartydens studente, so ver prakties moontlik, saam met ander studente geplaas sal word ten einde maksimum transdissiplinêre sinergie met en tussen medestudente en studieleiers te verseker. Studente sal ook addisionele tyd toegestaan word om hulle proefskrifte te voltooi.

Notas Kwalifikasie Die doktorale kwalifikasie van die fakulteit waarin ʼn student geregistreer is, word toegeken.

Assessering en eksaminering Die gewone eksamenprosedures van die Universiteit en die fakulteit waaraan ʼn student verbonde is, is van toepassing.

Aansoek Befondsing en beurse Studente wat tot hierdie program toegelaat word, kan vir beurse wat deur die Universiteit en ander befondsingsinstellings in dié verband beskikbaar gestel word, aansoek doen. Meer besonderhede en aansoekvorms kan van die programkoördineerder verkry word.

Navrae Benewens voltooiing van die gewone nagraadse aansoekvorms van die Universiteit moet voornemende studente die nodige aansoekvorms vir hierdie program skriftelik voltooi en inlewer. Hierdie vorms kan aangevra word by: John van Breda Koördineerder: Transdissiplinêre Doktorale Program Kamer 1019, AI Perold-gebou Universiteit van Stellenbosch Tel.: (021) 808 2152 Faks: (021) 808 2085 E-pos: [email protected]

Page 203: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

202

DIPLOMAS

Nagraadse Diploma in Beroepsgeneeskunde

Programbeskrywing Die program het ten doel om mediese praktisyns te voorsien van kennis en vaardighede van toepaslike breedte en diepte, sodat hulle kan voldoen aan die wetlike vereistes vir die praktisering van Beroepsgesondheid in Suid-Afrika. Aan die einde van die program sal die gegradueerde in staat wees om beroepsgesondheidsdienste effektief te beplan, te implementeer en te bestuur, asook om pasiënte met beroepsverwante siekte en/of besering effektief te hanteer binne die multidissiplinêre span.

Programuitkomste Ná voltooiing van die diplomaprogram sal die student in staat wees om die volgende te demonstreer:

Effektiewe hantering van individue met beroepsverwante siektes of beserings deur die gebruik van toepaslike kennis en vaardighede in Beroepsgeneeskunde waaronder toepaslike sifting, korrekte diagnose en behandeling sowel as toepaslike verwysing vir verdere behandeling.

Die vermoë om beroepsgesondheidverwante probleme binne die werkersgemeenskap te identifiseer en te kwantifiseer en toepaslik daarop te reageer deur die formulering en implementering van werkbare oplossings gegrond op beroepsgesondheidskennis en vaardighede van toepaslike diepte en breedte.

Die vermoë om as koördinerende skakel tussen die werkgewer, werknemer en die multidissiplinêre Beroepsgesondheidspan te dien om sodoende optimale werkergesondheid te verseker.

Die vermoë om beroepsgesondheidsdienste te beplan, te implementeer en effektief te bestuur gebaseer op beroepsgesondheidskennis en -vaardighede van toepaslike breedte en diepte.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die Nagraadse Diplomaprogram in Beroepsgeneeskunde moet ‟n student minstens twee jaar in besit wees van die MB,ChB van hierdie Universiteit of van ‟n ander kwalifikasie wat deur die Universiteit as voldoende beskou word, en minstens een jaar by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as mediese praktisyn geregistreer wees. Aansoeke moet skriftelik ingelewer word en die Senaat, of die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat, besluit of ‟n student tot die Diplomaprogram in Beroepsgeneeskunde toegelaat kan word.

Page 204: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

203

Aanbieding Afrikaans en Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Teoretiese modules (almal verpligtend)

Beroepsgesondheidbestuur en Wetgewing

772(12)

Beroepshigiëne en Risikobestuur 772(10)

Chemiese Risikofaktore in die Werkplek

772(12)

Fisiese Risikofaktore in die Werkplek 772(12)

Ergonomiese Risikofaktore in die Werkplek

772(12)

Biologiese Risikofaktore in die Werkplek

773(6)

Psigososiale Risikofaktore in die Werkplek

773(6)

Kliniese Beroepsgeneeskunde 771(16)

Evaluasie van Gestremdheid en Geskiktheid vir Werk/Diens

771(16)

Navorsingsmetodologie 772(10)

Gesondheidsbevordering en Kommunikasie

773(4)

Omgewingsgesondheid 773(4)

Praktiese module (nie verpligtend nie)

Blootstelling d.m.v. Industriële Besoeke

773(6)

Assessering en eksaminering Die eksamen vir hierdie program word in November van die tweede jaar van inskrywing afgelê. Die eksamen bestaan uit drie drieuur-vraestelle en om te slaag moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50 behaal. Die prestasiepunt word bereken op grond van ‟n geweegde gemiddelde punt in verhouding 30:70 ten opsigte van deurlopende assessering en die eksamenpunt. ‟n Student wat in November gesak het, sal toegelaat word om in die daaropvolgende Januarie ‟n hereksamen te doen, indien ‟n

Page 205: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

204

prestasiepunt van minstens 40 behaal is. Die hereksamen sal die vorm aanneem van ‟n gestruktureerde mondelinge assessering.

Navrae Programkoördineerder: Dr SE Carstens Tel.: (021) 938 9206 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Farmaseutiese Geneeskunde

Programbeskrywing Die doel met die Nagraadse Diploma in Farmaseutiese Geneeskunde (NG Dipl (Farmaseutiese Geneeskunde)) is om ‟n studieprogram aan toepaslik gekwalifiseerde wetenskaplikes te bied wat hulle kennis en bekwaamheid in farmaseutiese geneeskunde sal verbreed. Farmaseutiese geneeskunde dek alle aspekte van nie-kliniese en kliniese geneesmiddelontwikkeling, regulatoriese aangeleenthede en die bemarking van farmaseutiese produkte, sowel as die veiligheid van geneesmiddels/farmaseutiese waaksaamheid. Hierdie dissipline behels in die besonder die volgende areas:

Ontdekking van Nuwe Geneesmiddels Farmaseutiese Ontwikkeling Toksisiteitstoetsing Regs- en Etiese aangeleenthede Ontwikkeling van Geneesmiddels Kliniese Proewe Statistiek en Databestuur Veiligheid van Geneesmiddels Regulatoriese Sake Inligting, Bevordering en Onderrig Ekonomie van Gesondheidsorg

Die program het dit ook ten doel om die gehalte van wetenskaplikes wat aan die ontwikkeling en toetsing van nuwe geneesmiddels werk, te verbeter en om professionele ontwikkeling in die veld van farmaseutiese geneeskunde te voorsien. Gegradueerdes in die NG Dipl (Farmaseutiese Geneeskunde)-program moet toon dat hulle:

Oor ‟n deeglike en sistematiese kennis van farmaseutiese geneeskunde en geneesmiddelontwikkeling beskik.

Relevante navorsingsvrae in die veld van farmaseutiese geneeskunde kan identifiseer, ‟n navorsingsprojek kan ontwerp en uitvoer, navorsingsresultate kan analiseer en die resultate kan voorlê in ‟n wetenskaplike formaat en in ooreenstemming met die vereistes wat beheerliggame stel.

Page 206: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

205

In staat is om nuwe kennis, insig en vaardighede in die veld van farmaseutiese geneeskunde in Suid-Afrika krities te evalueer en prakties toe te pas.

In staat is om die mees toepaslike veranderinge in die professionele praktyk in ooreenstemming met die beste beskikbare gegewens teweeg te bring nadat hulle die nodige selfevaluering van en nadenke oor hulle persoonlike en professionele sterk punte en swakhede uitgevoer het.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die nagraadse diplomaprogram in Farmaseutiese Geneeskunde (NG Dipl (Farmaseutiese Geneeskunde)) moet ‟n student beskik oor:

‟n MB,ChB- of BChD-graad; of ‟n BPharm-graad; of ‟n BVerpleegk- of BSc (Biologiese Wetenskappe of Biowiskunde)-

graad met ten minste twee jaar se ervaring van middelontwikkeling/farmaseutiese geneeskunde; of

‟n ander kwalifikasie wat deur die Universiteit as voldoende beskou word.

Kandidate wat nie aan enige van hierdie kriteria voldoen nie, kan ingeskryf word ná ʼn suksesvolle onderhoud met programkoördineerders en die goedkeuring van die Senaat of die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat. Toelating gebaseer op goedgekeurde vorige opleiding sal oorweeg word vir aanbeveling deur die Senaat of die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat. Aansoeke om toelating moet skriftelik ingelewer word. Aansoekers met oorsese kwalifikasies wat nie voorgraads deur die medium van Engels gestudeer het nie, kan versoek word om bewys van hulle mondelinge en akademiese skryfvaardighede in Engels te lewer.

Duur Die program strek oor twee jaar en word op ‟n modulêre wyse deur middel van sowel kontaksessies as selfstudieopdragte aangebied. Die program sluit ook ‟n navorsingsprojek in.

Aanbieding Engels.

Notas Hierdie Jaarboekinskrywings moet gelees word saam met die meer volledige uiteensetting van programregulasies wat aan alle kandidate voorsien word wanneer hulle tot die program toegelaat word.

Page 207: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

206

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar Inleiding tot Farmaseutiese Geneeskunde

775(24)

Nie-kliniese Ontwikkeling van Geneesmiddels

775(24)

Tweede jaar Kliniese Ontwikkeling van Geneesmiddels

775(24)

Farmaseutiese Waaksaamheid, Bemarking en Gesondheidsorg-ekonomie

775(18)

Eerste- en tweedejaarmodules Navorsingsprojek in Farmaseutiese Geneeskunde

775(30)

Uitgangskriteria Ten einde die NG Dipl (Farmaseutiese Geneeskunde) te verwerf, moet studente:

twee kalenderjare as ‟n geregistreerde NG Dipl (Farmaseutiese Geneeskunde)-student voltooi;

ten minste 50% in hulle modulêre toetse gedurende die tweejaarprogram behaal;

twee drie uur lange skriftelike eksamens, wat al die modules dek, slaag; en

na voltooiing van ‟n navorsingsprojek, ‟n skriftelike verslag indien en ‟n mondelinge voordrag lewer.

Assessering en eksaminering Studente moet elkeen van die vier modules slaag met ‟n gemiddelde punt van minstens 50%. Ten einde die NG Dipl (Farmaseutiese Geneeskunde)-program suksesvol te voltooi, moet die student ‟n prestasiepunt van 50% of meer vir die program behaal. Ten einde die NG Dipl (Farmaseutiese Geneeskunde)-program cum laude te voltooi, moet die student ‟n prestasiepunt van 75% of meer vir die program behaal. Die prestasiepunt vir die volle program word bereken as die aangepaste gemiddelde van die punt vir elke komponent, naamlik:

twee drie uur lange skriftelike eksamens (2 x 30%);

Page 208: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

207

‟n skriftelike navorsingsprojek en die mondelinge voordrag daarvan (25%); en

‟n mondelinge eksamen in die teenwoordigheid van ‟n eksterne eksaminator (15%).

Navrae Programbestuurder: Prof B Rosenkranz Programadministrateur: Me L Hanekom Tel.: (021) 938 9331/9045 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek

Programbeskrywing Die Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek is ‟n omvattende program wat saamgestel is uit ‟n gestruktureerde versameling praktiese ervarings en loopbaanontwikkelingsaktiwiteite wat tersaaklik is vir die etiese ontleding en beoordeling van navorsing waarby menslike deelnemers in hulpbronbeperkte omgewings betrokke is. Hierdie program beoog om op die gebied van gesondheidsnavorsingsetiek in Suider-Afrika kapasiteit te bou en kundigheid te verhoog. Gegradueerdes in die Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek sal:

‟n deeglike en sistematiese kennis van die geskiedenis van gesondheidsnavorsingsetiek verwerf het;

‟n begrip van die filosofiese grondslag van navorsingsetiek ontwikkel het;

die vermoë ontwikkel het om tersaaklike en netelige kwessies in gesondheidsnavorsingsetiek te debatteer en bespreek;

vaardighede ontwikkel het om ‟n bevoegde beoordeling van gesondheidsprotokolle te doen, gegrond op wetenskaplike en etiese perspektiewe;

die vermoë ontwikkel het om ‟n leiersrol op te neem of opnuut op te neem nadat hulle na hulle tuisinstansie/land van herkoms teruggekeer het, en om opleiding te verskaf vir lede van navorsingsetiekkomitees en ander fakulteite wat belangstel; en

die vermoë ontwikkel het om ‟n navorsingsetiekkomitee (NEK) in hulle instansie tot stand te bring as daar nie reeds een bestaan nie.

Page 209: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

208

Spesifieke toelatingsvereistes Om tot die Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek toegelaat te word, moet ‟n kandidaat:

beskik oor ‟n agtergrond wat op aansienlike belangstelling in bio-etiek of navorsingsetiek dui;

beskik oor ‟n graad in die gesondheidswetenskappe, regsgeleerdheid, sosiale wetenskappe of geesteswetenskappe (bv. filosofie en teologie);

‟n ondersteuningsbrief van hulle tuisinstansie inlewer wat aantoon dat hulle instansie hulle ondersteun, en wat verduidelik hoekom die kandidaat se vermoë om navorsingsetiek-kapasiteit te bou vir die tuisinstansie belangrik is; en

rekenaargeletterd wees, internettoegang hê en Engels vlot kan praat en skryf.

Aansoeke om toelating moet skriftelik ingelewer word. Die Senaat, of die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat, sal oor die toelating van elke kandidaat tot die Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek besluit. Aansoekers met oorsese kwalifikasies wat nie voorgraads deur die medium van Engels onderrig is nie, kan versoek word om bewys van hulle mondelinge vaardigheid en akademiese skryfvaardigheid in Engels te lewer.

LET WEL:

Volwasse professionele persone wie se loopbaan op dreef is en wat ervaring van navorsingsetiek het, sal voorkeur geniet.

Voorkeur sal ook aan lede van navorsingsetiekkomitees (nasionaal, institusioneel of privaat) en regulerende agentskappe gegee word.

In navolging van Suid-Afrikaanse riglyne vir diversiteit in NEK-lidmaatskap sal geslag en ras in ag geneem word in die keuring van kandidate vir opleiding.

Duur Die program strek oor een jaar en word op ‟n modulêre wyse aangebied deur middel van drie kontaksessies van twee weke elk.

Aanbieding Engels.

Notas Hierdie Jaarboekinskrywing moet gelees word saam met die meer volledige uiteensetting van programregulasies, wat aan studente voorsien word wanneer hulle tot die program toegelaat word.

Page 210: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

209

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Inleiding tot Bio-etiek, Gesondheidswetgewing en Menseregte

775(30)

Tweevoudige Oorsig oor Navorsing as Etiese Imperatief

775(30)

Navorsing en Kwesbaarheid 775(30)

Navorsingswerkstuk (Gesondheidsnavorsingsetiek)

775(30)

Elke student sal in die loop van die program geleentheid kry om met ‟n kliniese navorsingsterrein en ‟n gesondheids-NEK te werk.

Uitgangskriteria Om die Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek te

verwerf, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 50% behaal. Om die Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek cum

laude te verwerf, moet ‟n student ‟n prestasiepunt van minstens 75% behaal.

Maksimum duur ‟n Student wat nie die program binne twee jaar voltooi nie, sal nie ‟n verdere geleentheid gegun word om die program voort te sit nie.

Assessering en eksaminering Studente moet al drie modules en die navorsingstaak met ‟n punt van minstens 50% slaag. Aan die einde van die program sal die prestasiepunt bereken word as die gemiddelde van die punte vir die drie modules en die navorsingstaak.

Navrae Programbestuurder: Prof Keymanthri Moodley Programadministrateur: Me Meagan van Ster Tel.: 021 938 9600 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.sun.ac.za/bioethics

Nagraadse Diploma in Huisartskunde

Programbeskrywing Die Nagraadse Diplomaprogram in Huisartskunde (NG Dipl (Huisartskunde)) se doel is om dokters te voorsien van ‟n kursus wat hulle kennis en vaardighede in Huisartskunde en Primêre Sorg kan uitbrei. Die program se

Page 211: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

210

doel is ook om die kwaliteit van huisartskunde/algemene praktyk te verbeter en om professionele ontwikkeling in die dissipline te voorsien. Gegradueerdes in die NG Dipl (Huisartskunde)-program moet demonstreer dat hulle:

pasiënte met sowel ongedifferensieerde as meer spesifieke probleme koste-effektief volgens die bio-psigososiale benadering kan assesseer en behandel;

alle gesondheidsorg op ‟n etiese, simpatieke en verantwoordelike wyse met die nodige respek vir menseregte kan hanteer;

die algemene gesondheid en lewensgehalte van die gemeenskap kan bevorder; en

gebaseer op die beskikbare bewyse, hulle professionele praktyk kan verander nadat hulle die nodige selfevaluering en besinning oor hulle persoonlike en professionele goeie en minder goeie hoedanighede gedoen het.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die Nagraadse Diplomaprogram in Huisartskunde (NG Dipl (Huisartskunde)) moet ‟n student minstens drie jaar in besit wees van die graad MB,ChB van hierdie Universiteit of ‟n ander kwalifikasie wat deur die Universiteit as voldoende beskou word, en by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, of ‟n ekwivalente registrasieliggaam buite Suid-Afrika, geregistreer wees. Aansoeke moet skriftelik ingelewer word. Die Senaat of die Uitvoerende Komitee, handelende namens die Senaat, sal besluit of ‟n student tot die Diploma in Huisartskunde-program toegelaat kan word. Aansoekers met oorsese kwalifikasies wat nie voorgraads deur die medium van Engels gestudeer het nie, kan versoek word om bewys te lewer van hulle mondelinge en akademiese skryfvaardigheid in Engels. Kandidate moet in ‟n kliniese omgewing werk wat geskik is vir toepassing van en leer in huisartskunde.

Duur Die program word op ‟n modulêre wyse aangebied en strek oor twee jaar. Die program word aangebied deur middel van Inligting- en Kommunikasietegnologie (IKT).

Aanbieding Engels.

Page 212: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

211

Notas Die jaarboekinskrywings moet gelees word in samehang met die meer volledige uiteensetting van die programregulasies wat aan die kandidate voorsien word met aanvaarding tot die program.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerste jaar

Konsultasie in Huisartskunde 711(20)

Kliniese Riglyne vir Onderrig van Bewysgebaseerde Geneeskunde

712(20)

Etiek in Huisartskunde 743(20)

Tweede jaar Gesinsgeoriënteerde Primêre Sorg 715(20)

Chroniese Toestande, Gesondheidsbevordering en Voorkoming van Siekte

716(20)

Gemeenskapsgeoriënteerde Primêre Sorg

741(20)

Vrystelling Moontlike vrystelling, geheel of gedeeltelik, op grond van vergelykbare akademiese opleiding en kliniese ondervinding wat aan ‟n ander erkende inrigting opgedoen is.

Uitgangskriteria Ten einde die NG Dipl (Huisartskunde) te ontvang, moet die kandidaat ‟n finale prestasiepunt van 50% of meer behaal. Ten einde die NG Dipl (Huisartskunde) cum laude te slaag, moet die student ‟n finale prestasiepunt van 75% behaal.

Maksimum duur ‟n Kandidaat wat nie die program in die voorgeskrewe maksimum periode van vier jaar slaag nie, sal nie weer ‟n geleentheid gegun word nie.

Assessering en eksaminering Studente moet al ses modules slaag met ‟n punt van nie minder nie as 50%. Aan die einde van die program sal die finale prestasiepunt bereken word as die gemiddelde van die punt wat in elk van die ses voltooide modules behaal is.

Page 213: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

212

Navrae Programkoördineerder: Prof J Blitz Programadministrateur: Me N Cordon-Thomas Tel.: (021) 938 9061/9170 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.sun.ac.za/fammed/

Nagraadse Diploma in Infeksiebeheer

Programbeskrywing Die program word deur middel van modules aangebied. Elke module bestaan uit kontaksessies, navorsings- en selfstudieopdragte, projekopskrywing en assessering. Die Inleiding tot Mikrobiologie-module word elke jaar aangebied en die ander vier modules al om die twee jaar. Kandidate moet by registrasie vasstel watter modules in daardie spesifieke jaar aangebied word en watter in die daaropvolgende jaar.

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Infeksiebeheer moet die kandidaat in besit wees van ‟n baccalaureusgraad (bv. MB,ChB of BVerpleegk) of ‟n toepaslike kwalifikasie op minstens NKR-vlak 7 en/of ‟n BSc- of MSc-graad in Mikrobiologie of ‟n gelykwaardige kwalifikasie. Toelating op grond van goedgekeurde vorige opleiding sal oorweeg word vir aanbeveling deur die Senaat, of die Uitvoerende Komitee sal namens die Senaat besluit of ‟n student tot die Nagraadse Diploma in Infeksiebeheer toegelaat sal word.

Duur Die program strek oor ‟n minimum tydperk van twee jaar (maksimum vier jaar).

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Eerstejaarmodule Inleiding tot Mikrobiologie 775(25)

Eerste- of tweedejaarmodules Risikobestuur en Veilige Praktyk 775(25)

Sterilisasie en Dekontaminasie 775(25)

Waaktoesig, Epidemiologie en 775(20)

Page 214: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

213

Navorsingsmetodologie

Rol van Infeksievoorkoming en -beheer in Hospitaalontwerp en -bestuur

775(25)

Assessering en eksaminering Kandidate word per module geassesseer, onderhewig aan:

die suksesvolle aflegging van ‟n skriftelike eksamen (33,3%); die assessering van veldwerk gebaseer op logboekinskrywings deur

die studieleier (33,3%); en

‟n kort navorsingsprojek (33,3%). Daar word van kandidate verwag om elke module afsonderlik te slaag. Onsuksesvolle kandidate moet óf die modules herhaal, óf ‟n aanvullende assessering ondergaan, soos deur die Fakulteitsraad bepaal.

Navrae Programkoördineerder: Prof S Mehtar Tel.: (021) 938 5054 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.sun.ac.za/uipc

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde

LET WEL: Rekenaarvaardigheid word sterk aanbeveel.

Doel van programme Om die student met die nodige teoretiese kennis en kliniese

vaardighede toe te rus om effektief in ‟n gekose spesialiteitsrigting te praktiseer.

Om krities-analitiese denke te bevorder. Om die student toe te rus met basiese beginsels en vaardighede van

navorsingsmetodologie.

Aard van programme Programme en/of spesifieke modules word deur middel van

interaktiewe telematiese onderwystegnologie aangebied. Addisionele areas van spesialisasie mag in samewerking met die

afdelingshoof bepaal word. Ná voltooiing van die nagraadse diploma behoort die student in staat

te wees om die volgende vaardighede te bemeester:

Page 215: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

214

o Demonstreer dat hy effektief, met vertroue en sistematies gevorderde kennis en vaardighede van die spesialisgebied in die praktyk kan toepas (aanwending van hoër kognitiewe, psigomotoriese en effektiewe vaardighede).

o Demonstreer dat hy eenvoudige basiese navorsingsbeginsels en metodes kan toepas.

o Demonstreer as praktisyn dat hy spesialiskennis (teoreties en klinies) effektief kan toepas in relevante gesondheidsareas. Hierdie spesialiskennis verskil in diepte en breedte van die HonsBVerpleegk-program.

o Demonstreer kritiese denke op hierdie vlak van onderrig in die spesialisgebied.

o Demonstreer vaardighede om effektief in gesondheidsdiens/ gesondheidsdiens-eenheid/pasiëntesorg soos van toepassing in ‟n spesialisgebied te organiseer en te bestuur.

o Demonstreer effektiewe kommunikasie met gesondheidsdiens-verbruikers en kollegas in gesondheidsdienste d.m.v. visuele, verbale, nie-verbale en skryfvaardighede.

o Demonstreer nakoming van professionele gedragskode, etiese kode, bestek van praktyk en effektiewe oplos van professionele/etiese/ praktyk/bestuursprobleme.

o As generiese uitkoms demonstreer hy dat hulle deelneem aan bevordering van die Suid-Afrikaanse gemeenskap se lewenskwaliteit, maar terselfdertyd word as spesifieke uitkoms gedemonstreer dat die individu, groep of gemeenskap se gesondheidsbehoefte op spesialisveld effektief gehanteer word – binne erkenning van kulturele verskille.

o Toepaslike akademiese, etiese en professionele waardes word toegepas en gedemonstreer as rolmodel in die professie.

o Strategieë word geëksploreer ten einde effektiewe leer, akademiese self-refleksie en aanpasbaarheid te bevorder.

o ‟n Voorkomende, bevorderende, kuratiewe en rehabilittatiewe diens word gelewer aan die mens op enige punt van die gesondheid-siektekontinuum.

Taalspesifikasie Engels.

Assessering Alle programme is onderhewig aan die bepalings insake eksamen,

promosie en hereksamen in ‟n enkele module soos uiteengesit in Deel 1 van die Jaarboek.

Page 216: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

215

‟n Verskeidenheid van formatiewe en summatiewe assesseringmetodes word gebruik. Elke student word individueel geassesseer deur middel van: o werkopdragte; o toepassing van navorsingsbeginsels en -metodologie; o voordragte – pasiënt; o kliniese rondtes; o gevallestudies; o kliniese assessering; o skriftelike toetse en eksamens; en o assessering van psigomotoriese vaardighede in ‟n betrokke

spesialisarea. Die assesseringuitslae toon aan dat uitkomste bereik is. Evaluering

van die verpleegspesialis in die praktyk dui op gepaste akademiese diepte, fokus en integrasie van teorie en praktyk.

Elke module word afsonderlik geassesseer met ‟n minimum slaagsyfer van 50%.

Die prestasiepunt van die program word bereken op grond van die relatiewe gewigte van die modules soos uitgedruk in die krediete van elke module.

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde (Kliniese Programme) Kritieke Sorg-verpleegkunde

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10), 741(10)

Navorsingsmetodologie 771(10)

Beginsels en Prosesse van Kritieke Sorg-Verpleegkunde

772(20)

Sisteemabnormaliteite: Kritieke Sorg-Verpleegkunde

773(25)

Kliniese Grondslae: Kritieke Sorg- Verpleegkunde

774(45)

Page 217: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

216

Navrae Programkoördineerder: Me J Bell Tel.: (021) 938 9299 / 9036 E-pos: [email protected] Administratiewe assistent: Me F Kleinhans Tel.: (021) 938 9822/9036 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde (Kliniese Programme) Gevorderde Verloskunde en Neonatologie

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10), 741(10)

Navorsingsmetodologie 771(10)

Beginsels en Prosesse van Gevorderde Verloskunde

775(25)

Beginsels en Prosesse van Gevorderde Neonatologie

776(25)

Kliniese Grondslae: Gevorderde Verloskunde en Neonatologie

714(40)

Navrae Programkoördineerder: Me D Mugendi M‟Rithaa Tel.: (021) 938 9240/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe assistent: Me C Maclons Tel.: (021) 938 9821/9036 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde (Kliniese Programme) Operasiesaal-verpleegkunde

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10), 741(10)

Navorsingsmetodologie 771(10)

Beginsels en Prosesse van Operasiesaalverpleegkunde

718(50)

Kliniese Grondslae: Operasiesaalverpleegkunde

719(40)

Page 218: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

217

Navrae Programkoördineerder: Me J Bell Tel.: (021) 938 9299/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe assistent: Mev F Kleinhans Tel.: (021) 938 9822/9036 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde (Kliniese Programme) Primêre Gesondheidsorg-verpleegkunde

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10), 741(10)

Navorsingsmetodologie 771(10)

Beginsels en Prosesse van Primêre Gesondheidsorg

773(15)

Gesondheidsdiagnose, Behandeling en Sorg

774(25)

Farmakologie 771(20)

Beginsels van Kliniese Primêre Gesondheidsorgverpleegpraktyk

775(30)

Navrae Programkoördineerder: Me D Kitshoff Tel.: (021) 938 9058/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe assistent: Mev C Maclons Tel.: (021) 938 9821/9036 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde (Kliniese Programme) Gevorderde Psigiatriese Verpleegkunde

Module-uiteensetting en kredietwaardes Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10), 741(10)

Navorsingsmetodologie 771(10)

Beginsels en Prosesse van Gevorderde Psigiatriese Verpleegkunde

718(50)

Page 219: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

218

Kliniese Grondslae: Gevorderde Psigiatriese Verpleegkunde

719(40)

Navrae Programkoördineerder: Dr K Joyner Tel.: (021) 938 9293/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe assistent: Me M Castle Tel.: (021) 938 9593/9036 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde (Nie-Kliniese Programme) Verpleegonderwys

Module-uiteensetting en kredietwaardes

Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10), 741(10)

Navorsingsmetodologie 771(10)

Onderwyspraktyk 772(20)

Didaktiek 773(15)

Kurrikulering: Verpleegopleiding 774(20)

Opvoedkundige Sielkunde 712(15)

Toegepaste Onderwys: Gesondheidsorg en Verpleegkunde

713(20)

Navrae Programkoördineerder: Me J Bell Tel.: (021) 938 9299/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe assistent: Mev F Kleinhans Tel.: (021) 938 9822/9036 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Verpleegkunde (Nie-Kliniese Programme) Verpleegbestuur

Module-uiteensetting en kredietwaardes Beginsels van Gevorderde Verpleegpraktyk

711(10)

Navorsingsmetodologie 771(10)

Bestuursprosesse in Verpleegkunde 712(15)

Page 220: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

219

en Gesondheidsbestuur

Gesondheidsekonomie en Finansiële Beplanning

713(15)

Menslike Hulpbronbestuur 742(15)

Risikobestuur in Gesondheidsorg 743(15)

Beleidsanalise 714(15)

Beleidsformulering en -implementering

744(15)

Arbeidsverhoudinge in Gesondheidsbestuur

745(10)

Navrae Programkoördineerder: Me A Damons Tel.: (021) 938 9472/9036 E-pos: [email protected] Administratiewe assistent: Mev B Durelle Tel.: (021) 938 9826/9036 E-pos: [email protected]

Nagraadse Diploma in Verslawingsorg

Programbeskrywing Die Nagraadse Diploma in Verslawingsorg poog om praktisyns in die verslawingsorgveld se kennis te verbreed en te konsolideer deur vir hulle ‟n oorsig van die huidige relevante bewysgebaseerde literatuur in die veld te bied. Die diplomaprogram poog om die kandidaat se pasiëntesorg te verbeter, eerder as om basiese kennis of navorsingskapasiteit daar te stel. Die kurrikulum dek die belangrikste verslawingsorgtemas om sodoende goed afgeronde verslawingsorgpraktisyns op te lei. Na voltooiing van die program behoort kandidate te beskik oor omvattende teoretiese kennis wat relevant vir die gebied van verslawingsorg is. Verder sal kandidate oor holistiese vaardighede beskik om effektiewe, bewysgebaseerde intervensies aan pasiënte met substansgebruikversteurings aan te bied. Kandidate sal ook oor toepaslike vaardighede beskik om professionele en etiese praktyke te bestudeer.

Page 221: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

220

Spesifieke toelatingsvereistes Vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Verslawingsorg moet ‟n kandidaat in besit wees van ‟n baccalaureusgraad en toepaslike professionele registrasie in ‟n gebied relevant vir gesondheid of welsyn, bv. maatskaplike werk, geneeskunde, verpleging, sielkunde (‟n vierjarige baccalaureusgraad, soos die BPsig, of ‟n driejarige baccalaureusgraad en ‟n eenjarige honneursgraad, soos ‟n BA in Sielkunde opgevolg deur ‟n HonsBA) of arbeidsterapie. Minstens twee jaar professionele ondervinding word aanbeveel. Dit is ‟n vereiste dat die kandidaat vlot moet wees in beide geskrewe en gesproke Engels.

Duur Die program word op ‟n modulêre wyse aangebied en strek oor een jaar indien dit voltyds bygewoon word, of oor twee jaar indien dit deeltyds bygewoon word.

Aanbieding Engels.

Module-uiteensetting en kredietwaardes Studente moet al agt verpligte modules, asook een van die drie opsionele modules, suksesvol voltooi. Verpligte modules

Evaluasie van Substansmisbruikprobleme

775(12)

Gevalsbestuur en -monitering 775(6)

Berading en Substanse 775(12)

Bewysgebaseerde Behandeling 775(36)

Familie en Verslawing 775(6)

Inleiding tot Verslawing 775(12)

Wet, Etiek en Professionaliteit 775(6)

Substanse en Komorbiditeit 775(18)

Opsionele modules

Dubbele Diagnose-steurings 775(12)

Psigofarmakologie 775(12)

Substansmisbruik en die Jeug 775(12)

Aanvullend tot die formele lesings en eksamen is daar voorafleeswerk, selfstudie, werkstukke en huiswerktake wat voltooi moet word. Die modules

Page 222: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

221

Evaluering van Substansmisbruikprobleme, Substanse en Komorbiditeit, Bewysgebaseerde Behandeling, en Familie en Verslawing het verpligte praktiese plasings. Alle modules behalwe die module Inleiding tot Verslawing het supervisiesessies buite die aangeduide lesingtye.

Assessering en eksaminering Studente moet elk van die nege modules slaag met ‟n prestasiepunt van minstens 50%. Die prestasiepunt vir die program word bereken as die gemiddeld van die punte vir die nege voltooide modules.

Navrae Programkoördineerders: Drs EM Weich en L Kramer Tel: (021) 940 4400 E-pos: [email protected] of [email protected]

Page 223: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

222

4. MODULE-INHOUDE VIR VOOR- EN

NAGRAADSE PROGRAMME

VERKLARING VAN NOMMERS EN AFKORTINGS

Alle vakke word deur ‟n vyfsyfer-vaknommer geïdentifiseer. Daarbenewens word die modules waaruit ‟n vak saamgestel is elk deur ‟n driesyfer-modulekode onderskei, waarin die jaargang en die semester van aanbieding (tensy anders vermeld) saamgevat is. Die vakke, met hulle samestellende modules, krediete, module-onderwerpe, doseerladings, taalindikatore en module-inhoude, word hieronder aangegee.

Voorbeeld: 65684 LEWENSVORME EN -FUNKSIES VAN KLINIESE BELANG

111 17 Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang

6L, 4P T

Verduideliking: 65684 is die vaknommer en verwys na die vak Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang. 111(17) (die 17 sal normaalweg tussen hakies geskryf word) is die modulekode met module-onderwerp Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang. Die modulekode 111(17) het die volgende betekenis:

Die eerste syfer dui die jaargang aan waarin die module aangebied word.

Die tweede syfer dien as ‟n onderskeidingsyfer tussen verskillende modules van dieselfde vak in ‟n spesifieke jaargang en dui die semester aan (tensy anders vermeld) volgens die onderstaande patroon: o 1, 2 of 3: modules wat in die eerste semester aangebied word; o 4, 5 of 6: modules wat in die tweede semester aangebied word; en o 7, 8 of 9: modules wat oor beide semesters strek, d.w.s.

jaarmodules. Die derde syfer het geen spesifieke betekenis nie, maar kan dien as

onderskeidingsyfer tussen verskillende modules van dieselfde vak in ‟n spesifieke jaargang.

Die syfer in die tweede blokkie (andersins tussen hakies) dui die kredietwaarde aan wat aan die module gekoppel word.

Page 224: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

223

Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111(17) is derhalwe ‟n module wat in die eerste semester van die eerste jaar aangebied word; ‟n student verwerf 17 krediete daarvoor. Die doseerlading van die module word in die blokkie ná die module-onderwerp aangetoon. Die volgende afkortings word vir die doseerlading gebruik: L = lesing (bv. 1L) P = praktikumperiode (bv. 1P, 2P, 3P) S = seminaar (bv. 1S, 2S) T = tutoriaal (bv. 1T, 2T) Die doseerlading vir Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111(17) beloop derhalwe ses lesings en vier praktikumperiodes per week vir die duur van die module, nl. een semester. In die laaste blokkie word die taalindikator van die module aangetoon. Die volgende spesifikasies word gebruik:

A-spesifikasie Voorgeskrewe handboeke is in Afrikaans en/of Engels. Klasnotas opgestel deur die dosent is o volledig in Afrikaans, of o waar moontlik, volledig in Afrikaans en volledig/gedeeltelik (bv.

kernklasnotas) ook in Engels. Ander verpligte leeswerk (bv. vaktydskrifartikels, boeke) is in

Afrikaans en/of Engels. Moduleraamwerke en studiegidse opgestel deur die dosent is in

Afrikaans en word, waar moontlik, in sowel Afrikaans as Engels aan studente wat Engels as hulle voorkeurtaal vir studie het, verskaf.

Transparante en dataprojeksie-inhoude wat dosente in lesings, seminaarklasse, tutoriale en praktika gebruik, is in Afrikaans.

Die mondelinge kommunikasietaal van die dosent in lesings, seminare, tutoriale en praktika is Afrikaans, maar sleutelterme en -konsepte kan ook kortliks in Engels toegelig word. Studente wat vrae in Engels stel, kan deur die dosent in Engels beantwoord word. Gaslesings kan per geleentheid deur buitelandse en/of Suid-Afrikaanse dosente met ‟n onvoldoende akademiese taalvaardigheid in Afrikaans in Engels gelewer word.

Toets- en eksamenvraestelle is volledig in Afrikaans en volledig in Engels op dieselfde vraestel.

Page 225: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

224

Skriftelike opdragte van dosente vir tutoriale, seminare en praktika wat vir assessering aangewend word, is volledig in Afrikaans en volledig in Engels in dieselfde opdragstuk.

Die skriftelike beantwoording van toets- en eksamenvraestelle en werkopdragte deur studente kan in Afrikaans of Engels gedoen word.

Die mondelinge aanbiedings deur studente in lesings, seminare, tutoriale en praktika kan in Afrikaans of Engels gedoen word.

T-spesifikasie Voorgeskrewe handboeke is in Afrikaans en/of Engels. Klasnotas opgestel deur die dosent is o volledig in Afrikaans en volledig in Engels, of o afwisselend in Afrikaans en Engels.

Ander verpligte leeswerk (bv. vaktydskrifartikels, boeke) is in Afrikaans en/of Engels.

Moduleraamwerke en studiegidse is o volledig in Afrikaans en volledig in Engels, of o afwisselend in Afrikaans en Engels ooreenkomstig die

mondelinge kommunikasietaal van die dosent in die betrokke klas.

Transparante en dataprojeksie-inhoude wat dosente in lesings, seminare, tutoriale en praktika gebruik, is in Afrikaans of Engels.

Die mondelinge kommunikasietaal van die dosent in lesings, seminare, tutoriale en praktika van ‟n module is o in dieselfde klas Afrikaans en Engels, met dien verstande dat die

gebruik van Afrikaans minstens 50% is, of o afwisselend Afrikaans en Engels in verskillende klasse van ‟n

module of program, met dien verstande dat die gebruik van Afrikaans minstens 50% is.

Toets- en eksamenvraestelle is volledig in Afrikaans en volledig in Engels op dieselfde vraestel.

Skriftelike opdragte van dosente vir tutoriale, seminare en praktika wat vir assessering aangewend word, is o volledig in Afrikaans en volledig in Engels in dieselfde

opdragstuk, of o afwisselend in Afrikaans of Engels in ooreenstemming met die

taal van die nie-assesseringsmateriaal (klasnotas, moduleraamwerke, studiegidse, ens.), waar die gemiddelde gebruik van Afrikaans minstens 50% moet wees.

Page 226: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

225

Die skriftelike beantwoording van toets- en eksamenvraestelle en werkopdragte kan in Afrikaans of Engels plaasvind volgens studente se voorkeur- akademiese taal.

Die mondelinge aanbiedings deur studente in lesings, seminare, tutoriale en praktika is in Afrikaans of Engels volgens hulle voorkeur- akademiese taal.

Onderaan die module-inhoud word, waar toepaslik, die slaagvoorvereiste modules, die voorvereiste modules en die newevereiste modules wat daarop betrekking het, aangedui. Die volgende afkortings word gebruik: S = slaagvoorvereiste module V = voorvereiste module N = newevereiste module In hierdie verband geld die volgende omskrywings:

‟n Slaagvoorvereiste module is ‟n module waarin ‟n student eers moet slaag alvorens die module(s) waarvoor dit ‟n slaagvoorvereiste is, gevolg kan word.

‟n Voorvereiste module is ‟n module waarin ‟n klaspunt van minstens 40 of ‟n prestasiepunt van minstens 40 in die geval van ‟n module wat deurlopend geassesseer word, behaal moet word alvorens die studie in die module waarvoor dit ‟n voorvereiste is, voortgesit mag word.

‟n Newevereiste module is ‟n module wat vóór of in dieselfde akademiese jaar gevolg moet word as die module waarop dit betrekking het.

LET WEL: ‟n Graad sal nie toegeken word alvorens ‟n student al die voorgeskrewe voorvereiste en newevereiste modules geslaag het nie.

57487 AFRIKAANSE TAALVERWERWING 178 24 Afrikaans vir

vreemdetaalsprekers 3L, 2P

Slegs studente met geen opleiding in Afrikaans nie of wat Afrikaans as Tweede Addisionele Taal geneem het, word tot hierdie module toegelaat. Geen Moedertaalsprekers van Afrikaans mag die module neem nie. Die vier kommunikasievaardighede – lees, luister, praat en skryf – word op ‟n geïntegreerde wyse in die module behandel. Elementêre interaksie rondom ‟n verhaalteks en tematies-verwante tekste (algemeen en literêr)

Page 227: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

226

Strategiese lees- en luistervaardighede in die akademiese lesingsituasie Relevante taalstudie en woordeskatuitbreiding Opmerkings 1. Aanbevelings vir die plasing van studente in Afrikaanse Taalverwerwing

178 of in Afrikaans as Tweede Taal word gemaak op grond van departementele taalvaardigheidstoetse wat aan die begin van die jaar afgelê word.

2. Studente in Spraak-Taal- en Gehoorterapie I en die Verlengde Graadprogram vir Spraak-Taal- en Gehoorterapie I aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe word volgens die uitslag van ‟n taalvaardigheidstoets in Xhosa 178 of Afrikaanse Taalverwerwing 178 of 188 geplaas.

3. Hierdie module lei nie na Afrikaans en Nederlands 278 nie. 4. Kyk departementele inligtingstuk vir verdere besonderhede. ‟n Stelsel van deurlopende assessering word in Afrikaanse Taalverwerwing gebruik. Studente word aan die begin van die jaar skriftelik ingelig oor die manier waarop die prestasiepunt bereken word en ontvang in die loop van die module gereelde terugvoering oor hulle vordering. ‟n Mondelinge eksamen word aan die einde van elke semester afgelê. Tuisdepartement: AFRIKAANS EN NEDERLANDS

188 24 Afrikaans as tweede taal 3L, 2P

Slegs studente wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal geneem het en wie se huistaal nie Afrikaans is nie, word tot hierdie module toegelaat. Geen moedertaalsprekers van Afrikaans of studente wat Afrikaans as Huistaal geneem het, mag die module neem nie. Die vier kommunikasievaardighede – lees, luister, praat en skryf – word op ‟n geïntegreerde wyse in die module behandel. Studente maak kennis met verskeie metodes van taalstudie: Gevorderde interaksie rondom tematies-verwante tekste (algemeen en literêr) Strategiese lees- en luistervaardighede in die akademiese lesingsituasie Visuele media- en filmstudie Relevante taalstudie Mondeling vaardighede Opmerkings 1. Aanbevelings vir die plasing van studente in Afrikaans as Tweede Taal

Page 228: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

227

of in Afrikaans en Nederlands 178 word gemaak op grond van departementele taalvaardigheidstoetse wat aan die begin van die jaar afgelê word.

2. Studente in Spraak-Taal- en Gehoorterapie I en die Verlengde Graadprogram vir Spraak-Taal- en Gehoorterapie I aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe word volgens die uitslag van ‟n taalvaardigheidstoets in Xhosa 178 of Afrikaanse Taalverwerwing 178 of 188 geplaas.

3. Hierdie module lei nie na Afrikaans en Nederlands 278 nie. 4. Kyk departementele inligtingstuk vir verdere besonderhede. ‟n Stelsel van deurlopende assessering word in Afrikaans as Tweede Taal gebruik. Studente word aan die begin van die jaar skriftelik ingelig oor die manier waarop die prestasiepunt bereken word en ontvang in die loop van die module gereelde terugvoering oor hulle vordering. ‟n Mondelinge eksamen word aan die einde van elke semester afgelê. Tuisdepartement: AFRIKAANS EN NEDERLANDS

64696 ALGEMENE HISTOLOGIE EN BEGINSELS VAN MAKROSKOPIESE ANATOMIE 775 35 Algemene Histologie en

Beginsels van Makroskopiese Anatomie

Teoretiese en praktiese histologie oor basiese weefsels en orgaanhistologie. Makroskopiese struktuur van die menslike liggaam en orgaansisteme (funksionele anatomie), asook beginsels van vergelykende anatomie. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

10942 ALGEMENE NEUROLOGIE 876 130 Algemene Neurologie

Diagnose en hantering van relevante neurologiese toestande Tuisdepartement: INTERNE GENEESKUNDE

Page 229: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

228

10294 ALGEMENE TAALWETENSKAP 178 24 Inleiding tot die

Taalwetenskap 3L, 1T T

Aard en doelstellings; funksies van taal; opbou van (‟n) taal uit ‟n klankstelsel, ‟n betekenisstelsel en stelsels vir die vorming van woorde en sinne; beginsels van taalgebruik; taalverskeidenheid en -variasie; interaksie tussen taal en sosiale verskynsels; taalverandering; taalverwerwing; taal in die brein; taalproduksie en -persepsie. Tuisdepartement: ALGEMENE TAALWETENSKAP

278 32 Taal En Die Menslike Gees

3L T

Beginsels en praktyk van die analise van taalstruktuur (sintaksis en fonologie, ander aspekte van taalstruktuur); beginsels en praktyk van die analise van taalgebruik (pragmatiek/diskoersanalise); sosiolinguistiese aspekte van taal; kernvrae oor taalverwerwing en taalprosessering; capita selecta wat bydra tot die bereik van die uitkomste van die module. In module 278 word gebruik gemaak van ‟n stelsel van deurlopende assessering. Tuisdepartement: ALGEMENE TAALWETENSKAP Prestasiepuntformule: Studente word aan die begin van die jaar skriftelik ingelig oor die manier waarop die prestasiepunt bereken word, en ontvang in die loop van die jaar gereelde terugvoering oor hulle vordering.

22810 ANATOMIE 873 33 Anatomie

Die fokus van die Anatomiemodule is die kop, nek en toraks. Grondige kennis word benodig van die anatomie en embriologie van die oor, neus en keel. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

874 40 Anatomie

Die fokus van die anatomie sal die kop- en nekarea wees. Grondige kennis van die anatomie en embriologie van die orbit, oog en adneksa sal verwag word. Tuisdepartement: OOGHEELKUNDE

Page 230: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

229

52183 ANATOMIE (AGB) 141 13 Anatomie (AGB) 3L, 3P T

Inleiding tot anatomie; osteologie; anatomie van die muskuloskeletale sisteem, kardiovaskulêre sisteem en respiratoriese sisteem; histologie en oppervlak-anatomie. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

211 12 Anatomie (AGB) 2L, 2P T

Anatomie en neuroanatomie van die kop en nek; oorsig oor abdomen, pelvis en perineum; urinêre sisteem, vel, endokriene sisteem, manlike en vroulike reproduktiewe sisteem, senuweesisteem en epitelium; histologie en oppervlak-anatomie. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

231 9 Anatomie (AGB) 2L, 0.5P T

Histologie: been en kraakbeen, beenvorming, senuwees, bloedselle, bloedvate, vel, spysverteringsisteem, respiratoriese sisteem, urinêre sisteem. Anatomie: osteologie, endokriene sisteem, spysverteringsisteem. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

278 36 Anatomie (AGB) 3.5L T

Anatomie en neuroanatomie van die kop en nek; toraks, abdomen, pelvis en perinium en ledemate; histologie; sel en intrasellulêre substansie, bloed, been, respiratoriese sisteem, urinêre sisteem, vel, endokriene sisteem, manlike en vroulike reproduktiewe sisteem, senuweesisteem, epitelium. Die studente dissekteer nie self nie, maar studeer op geprosekteerde kadawers. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

10391 ANATOMIESE PATOLOGIE 221 3 Anatomiese Patologie 2L T

Algemene inleiding tot Anatomiese Patologie en beginsels van siekteprosesse, besering en genesing. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

Page 231: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

230

872 34 Anatomiese Patologie

Die anatomiese patologie-module bestaan uit die beginsels van histologie en sitologie, sellulêre beserings, inflammasie, herstel, hemodinamikasteurings, neoplasma, genetika en pediatrie, omgewingskieme, respiratoriese sisteem-patologie, hematologie en limfo-patologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

10421 ANATOMIESE PATOLOGIE 775 30 Anatomiese Patologie

Algemene Anatomiese Patologie; basiese beginsels van sitopatologie; toepaslike sistemiese patologie (orgaangebaseerd en relevant tot die omvang van die navorsingsprojek); tegnieke en diagnostiese modaliteite in Anatomiese Patologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

10413 ANATOMIESE PATOLOGIE DEEL I 874 30 Anatomiese Patologie Deel

I

Gevorderde basiese kennis en bemeestering van die teorie en die toepassings in Anatomiese Patologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

10948 ANATOMIESE PATOLOGIE DEEL II 872 210 Anatomiese Patologie Deel

II

‟n Omvattende en gespesialiseerde kennis en bemeestering van die gevorderde teorie en die toepassing in Anatomiese Patologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

13027 ANATOMIESE TEGNIEKE 771 10 Anatomiese Tegnieke

Navorsingsgebaseerde studie van die geskiedenis van preservering en balseming van menslike weefsel, en die toepassing van die kennis daarvan. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

Page 232: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

231

10448 ANESTESIOLOGIE 471 15 Anestesiologie 3 weke T

(i) Die module voorsien inleidende beginsels t.o.v. narkose, resussitasie en intensiewe sorg. (ii) Dit behels die volgende lesingonderwerpe: Apparaat: Narkosemasjien en koolsuurgas-absorpsie; Monitering; Farmakologie: Outonome senuweestelsel; Induksiemiddels; Inhalasiemiddels; Spierverslappers; Inhalasiemiddels: Kinetika; Middelinteraksies; Premedikasie; Lugweg: Anatomie, assessering, intubasie; Intubasie (voortsetting): Gefaalde intubasie; Stroombane; Vog en bloed; Narkosetoediening; Postoperatiewe naarheid en braking; Kardiovaskulêr: Fisiologie met inbegrip van monitering van SVD; Isgemiese hartsiekte; Hipertensie en hartversaking; Klepletsels, aritmieë, pasaangeërs; Pulmonologie: Fisiologie; Effek van narkose op long en asemhaling; Obstruktiewe en restriktiewe siekte; Opiate; Pyn: Fisiologie en patofisiologie; Asma, infeksie en trauma; Oor-, neus- en keelheelkunde/Oogheelkunde; Sentrale senuweestelsel; Niere; Lewer; Hantering van pyn met inbegrip van postoperatiewe pyn; Endokriene patologie: Diabetes mellitus; Bynierkorteks: Hipo- en hiperfunksie; Maligne hipertermie; Vetsug en geriatrie; Porfirie en atipiese respons op suksametonium; Pediatriese narkose; Verloskunde: Algemeen; Aspirasie; Lokale verdowing: Farmakologie met inbegrip van toksiese dosisse en newe-effekte; Spinaal- en epiduraalnarkose; Ander blokke; Bewuste sedasie: Laparoskopiese chirurgie; Resussitasie: Algemene resussitasie met inbegrip van anafilakse; Kardiopulmonêre resussitasie; Akute vergiftiging: Diagnose en hantering: Akute vergiftiging: Slange, skerpioene, spinnekoppe en seediere; Akute vergiftiging: Intensiewe sorg – CO-salisilaat, TAD, organofosfaat, parasetamol en plante; Bloedgasse en ventilasie; Amper verdrinking; Septiese skok, sistemiese inflammasie. (iii) Dit sluit ook ‟n werkswinkel (klein groepe) in oor die beginsels van kardiopulmonêre resussitasie. Tuisdepartement: ANESTESIOLOGIE EN KRITIEKE SORG

Page 233: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

232

10464 ARBEIDSTERAPIE 178 50 Arbeidsterapie 4L, 2P T

Inleiding tot: aktiwiteite van die daaglikse lewe; disfunksie; kliniese werk; terapeutiese modaliteite; aanvullende media-onderwerpe (3); algemene beginsels ten opsigte van professionele gedrag; aktiwiteitstudie: teorie en prakties. Professionele ontwikkeling deur die vestiging van kennis, houdings, gesindhede en vaardighede. Persoonlike ontwikkeling word gefasiliteer deur sorg te dra dat die student opleidingsgeleenthede optimaal en suksesvol benut ten einde te verseker dat die student sy plek as volwaardige persoon in die breë gemeenskap sal kan volstaan. Die ontwikkeling van lees- en skryfvaardighede binne die akademiese omgewing in die algemeen en spesifiek die Gesondheidswetenskappe. Hantering en verstaan van relevante akademiese tekste, begrip vir die onderlinge teksdele, en die gebruik van vloeiende, korrekte en gepaste taal. Die ontwikkeling van basiese praat- en luistervaardighede in óf Afrikaans óf Engels óf isiXhosa binne die mediese konteks. Die aard en dinamika van die professionele konsultasie. Tuisdepartement: ARBEIDSTERAPIE

278 60 Arbeidsterapie 3L T

Bepaling; komponente van funksie; probleme ten opsigte van aktiwiteite van die daaglikse lewe; gesondheid; aanvullende media (3 onderwerpe); aktiwiteitstudie: teorie en prakties; kliniese werkbepaling: prakties; terapeutiese modaliteite. Tuisdepartement: ARBEIDSTERAPIE

43990 ARBEIDSTERAPIE: PRAKTIES 374 62 Arbeidsterapie: Prakties 17P T

Die toepassing van direkte Arbeidsterapie-dienslewering aan pasiënte/kliënte hoofsaaklik in hospitale volgens die arbeidsterapieproses. Tuisdepartement: ARBEIDSTERAPIE

Page 234: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

233

478 112 Arbeidsterapie: Prakties 3L T

Die toepassing van direkte en indirekte arbeidsterapie-dienslewering aan pasiënte in hospitale, inrigtings, skole en in die gemeenskap. Integrasie van arbeidsterapie – teorie en prakties volgens behoeftes van individue of groepe Tuisdepartement: ARBEIDSTERAPIE

43982 ARBEIDSTERAPIE: TEORIE 374 32 Arbeidsterapie: Teorie 8L T

Teorie van behandelingsbeginsels van: probleme t.o.v. komponente van funksie en aktiwiteite van die daaglikse lewe; disfunksie (algemene en spesifieke beginsels). Toepassing in kliniese werk van: terapeutiese modaliteite; aanvullende media. Aktiwiteitstudie. Tuisdepartement: ARBEIDSTERAPIE

484 26 Arbeidsterapie: Teorie 1L T

Behandeling van disfunksie. Professionele aangeleenthede rakende die beroep, gesondheidsdienslewering, arbeidsterapiedienste. Toepassing in kliniese werk van terapeutiese modaliteite en aanvullende media (4 onderwerpe). Praktykvoering – integrasie van teorie en praktiese werk. Tuisdepartement: ARBEIDSTERAPIE

10956 BASIESE HIPERBARIESE GENEESKUNDE 772 25 Basiese Hiperbariese

Geneeskunde

Nadat hierdie module suksesvol voltooi is, sal die mediese praktisyn in staat wees om enige pasiënt te evalueer en te besluit of daar genoegsame bewyse is om die pasiënt na ‟n hiperbariese eenheid vir hiperbariese suurstofterapie te verwys. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

10957 BASIESE MEDIESE WETENSKAPPE 811 96 Basiese Mediese

Wetenskappe

Dit behels al die basiese wetenskappe relevant tot die praktyk van Interne Geneeskunde bv. fisiologie, patologie, farmakologie en beginsels van etiek. Suksesvolle voltooiing van die module vereis bevredigende bywoning,

Page 235: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

234

asook om ‟n toetspunt van 50% in die LKI (SA) Deel I-eksamen te kry. Die student moet die Deel I-eksamen binne twee jaar, en verkieslik binne een en ‟n half jaar, ná registrasie slaag. Tuisdepartement: INTERNE GENEESKUNDE

10958 BASIESE ONDERWATERGENEESKUNDE 772 30 Basiese

Onderwatergeneeskunde

Nadat hierdie module suksesvol voltooi is, sal die mediese praktisyn in staat wees om ‟n duiker te ondersoek en sy geskiktheid as duiker te bepaal. Die praktisyn sal ook in staat wees om by die Departement van Arbeid as ‟n Aangewese Mediese Praktisyn te registreer in terme van die Duikregulasies. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

66133 BASIESE TERAPEUTIESE BEGINSELS 198 5 Basiese Terapeutiese

Beginsels 4L, 1T T

Inleidende aspekte van geneesmiddelterapie. Hoe geneesmiddels werk: algemene beginsels en molekulêre aspekte; absorpsie en distribusie van geneesmiddels; geneesmiddel-opruiming en farmakokinetika. Die outonome senuweestelsel, invloed van geneesmiddels op andrenerge en cholinerge impulsoordrag, en geneesmiddels wat op die sentrale senuweestelsel inwerk. Anti-inflammatoriese en immuunonderdrukkende middels, pynstillende middels, en chemoterapie van infeksie en kanker. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

10959 BASIESE TOEGEPASTE WETENSKAPPE 874 120 Basiese Toegepaste

Wetenskappe

Moet binne die eerste 18 maande van inskrywing afgehandel word en omvat Toegepaste Anatomie, Fisiologie, Farmakologie en Basiese Kliniese Patologie. Tuisdepartement: NOODGENEESKUNDE

Page 236: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

235

10961 BASIESE WETENSKAPPE 871 90 Basiese Wetenskappe

Chirurgiese Anatomie en Fisiologie, en Algemene Patologie Moet binne 18 maande van eerste registrasie voltooi wees. Tuisdepartement: CHIRURGIE

874 120 Basiese Wetenskappe

Die module sluit vakke in wat die basis is van Verloskunde en Ginekologie soos Anatomie, Fisiologie en Endokrinologie. Tuisdepartement: VERLOSKUNDE EN GINEKOLOGIE

65749 BASIS VAN SIEKTEPROSESSE 141 30 Basis van Siekteprosesse 6 weke T

Selbesering, dood en adaptasie; akute en chroniese inflammasie; herstel: selregenerasie, fibrose en wondgenesing; hemodinamiese afwykings, trombose en skok; siektes van die immuunsisteem; neoplasie; genetiese en pediatriese siektes; beginsels van infeksies: bakteriologie en parasitologie; beginsels van infeksies: virologie. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

198 5 Basis van Siekteprosesse 2L T

Inleidende aspekte van siekteprosesse en infeksies. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

10553 BEDRYFSIELKUNDE 162 6 Ergonomika 1.5L,

0.5P A & E

Aard en geskiedenis van Ergonomika, konteks van Ergonomika (algemene omgewingseffekte, wetgewing, bestuur en produktiwiteit, geboude omgewing), biologiese basis van gedrag (die senuweestelsel en die brein), sensasie en persepsie (sintuie, waarneming, bewuste en onbewuste, geheue en aandag), werksomgewing (ruimte en vorm, beligting, geluid en vibrasie, temperatuur, lug en chemies, tyd), verwerking (informasie en riglyne vir ontwerp), inset (vertonings), uitset (aktiwiteite en rusperiodes), handewerk,

Page 237: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

236

beheer en gereedskap, stelselwanfunksie (foute, veiligheid en gesondheid), inleiding tot Informasie-ergonomika (kognitiewe kaarte en bruikbaarheid), samevatting. Tuisdepartement: BEDRYFSIELKUNDE

36846 BEDRYFSIELKUNDE (ARBEIDSTERAPIE) 132 6 Bedryfsielkunde

(Arbeidsterapie) 2L T

Die mens as werknemer; menslike hulpbronbeplanning; werwing, keuring, plasing en induksie; kommunikasie; motivering; leierskap in ondernemings; oorsig oor arbeidsverhoudinge. Hierdie module is ontwikkel vir studente in Arbeidsterapie en hierdie perspektiewe word gevolglik deurlopend toegelig. Tuisdepartement: BEDRYFSIELKUNDE

52272 BEGINSELS VAN TERAPIE 141 20 Beginsels van Terapie 4 weke T

Farmakokinetika; farmakodinamika; agoniste/antagoniste van cholinerge reseptore; agoniste/antagoniste van adrenerge reseptore; agoniste/antagoniste van dopamienreseptore; agoniste/antagoniste van GABA-reseptore; agoniste/antagoniste van serotonienreseptore; agoniste/antagoniste van histamienreseptore; middels wat ensieme inhibeer; middels wat pompe en aktiewe opnameprosesse inhibeer; middels vir beheer van pyn en inflammasie; ontwikkeling van geneesmiddels, kwaliteitsbeheer en kontrole; beginsels van stralingsterapie; beginsels van chirurgie. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

64807 BESTUURSBEGINSELS 377 18 Bestuursbeginsels 2.5L T

Basiese bestuursbeginsels wat nodig is om ‟n suksesvolle entrepreneuriese dieetkundige te wees: beplanning, organisasie, leiding en kontrole. Leierskap, kommunikasie, etiek, en menslikehulpbronne- en mensebestuur. Saamstel van ‟n besigheidsplan. Basiese beginsels van finansiële bestuur. Toepaslike wetgewing (Arbeidswet, Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op Gelyke Indiensneming en Wet op Beroepsgesondheid en -

Page 238: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

237

veiligheid). Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

12545 BIOLOGIE (ARB) 111 18 Basiese Biologie 5L, 4P T

Inleiding, organismeryk-klassifikasie, die sel en seldeling, voortplantingsgenetika, basiese mensgenetika, outosoom- en geslagschromosoomafwykings; dominante, resessiewe en geslagsgekoppelde genetiese afwykings. Ekologie, evolusie, embriologie, inleiding tot soogdierbiologie. Medies belangrike plante en diere. Aangebied deur die Departement Plant- en Dierkunde Tuisdepartement: PLANT- EN DIERKUNDE

153 14 Biologie 4L T

Selchemie, membraanstruktuur, biosintese van nukleïensure en proteïnes, metabolisme, inleidende beginsels van mikrobiologie. Tuisdepartement: PLANT- EN DIERKUNDE

25534 BIOLOGIE (GENEESKUNDE) 197 12 Biologie (Geneeskunde) 4L T

ʼn Hulpmodule ter ondersteuning van die module Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang 111. Dit dek die organismeryk, asook selstruktuur en -funksie en inleiding tot orgaansisteme en -funksies Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

56340 BIOMEGANIKA 873 8 Biomeganika

Breedvoerige kennis en toepassing van funksionele anatomie en biomeganika van gewrigte, en miofassiale en perifere neurale sisteme van die menslike liggaam; normale en abnormale bewegingspatrone. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

Page 239: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

238

39985 BIOSTATISTIEK EN EPIDEMIOLOGIE 322 9 Biostatistiek en

Epidemiologie 2L T

Beskrywende statistiek; waarskynlikheid; hipotesetoetsing; parametriese en nie-parametriese toetse; regressie- en korrelasie-analise; analise van variansie met spesifieke verwysing na toepassing in dieetkunde. Praktiese onderrig in die gebruik van Excel. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

25518 CHEMIE (GENEESKUNDE) 197 12 Chemie vir VGP-Studente 4L, 1P E

Hierdie hulpmodule word parallel met die hoofstroom Chemie 111 (Gesondheidswetenskappe) aangebied en dien as ʼn inleiding tot chemie vir studente wat ʼn loopbaan in die gesondheidswetenskappe beoog. Slegs kwalifiserende studente volg hierdie module. Tuisdepartement: CHEMIE EN POLIMEERWETENSKAP

11657 CHEMIESE PATOLOGIE 775 30 Chemiese Patologie

Algemene Chemiese Patologie; tegnieke en diagnostiese modaliteite in Chemiese Patologie; beginsels van bloedanalise; toepaslike tegnieke met inbegrip van spektrofotometrie, chromatografie, atoomabsorpsie, elektroforese, vloeisitometrie, DNA-ekstraksie en polimerasekettingreaksie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

872 70 Chemiese Patologie

Nierfunksie, elektroliete, bloedgasse, lewerfunksies, lipiede en kardiale merkers

Ensieme, proteïene, tumormerkers, gastroïntestinale sisteem en vog

Endokrinologie en spoorelemente Afdelings word geassesseer deur skriftelike vraestelle, praktiese en mondelinge assessering waar nodig ná voltooiing van die module en ʼn portefeulje van bewysstukke as deel van deurlopende assessering en ʼn voorvereiste vir toekenning van die graad. Detail van deurlopende

Page 240: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

239

assessering word in die studiegids voorsien. Die finale eksamen vind plaas ná die suksesvolle voltooiing van al die afdelings en bestaan uit ʼn skriftelike vraestel, OSKE en mondelinge eksamen. Eksterne eksaminatore is betrokke volgens die Universiteitsriglyne. Tuisdepartement: CHEMIESE PATOLOGIE

65692 CHEMIE VIR GESONDHEIDSWETENSKAPPE 111 17 Chemie vir

Gesondheidswetenskappe 5L, 3P T

Die module dek areas van algemene chemie wat vereis word as ʼn basis vir verdere studie in die gesondheidswetenskappe. Dit behels atoomstruktuur en binding; stoïgiometrie; gaswette; eienskappe van oplossings; chemiese kinetika; chemiese ewewigte; sure, basisse en bufferoplossings; elektrochemie; organiese chemie en biomolekules. Tuisdepartement: CHEMIE EN POLIMEERWETENSKAP

10980 CHIRURGIESE BEGINSELS 872 90 Chirurgiese Beginsels

Algemene beginsels van Chirurgie en beginsels van die Chirurgiese spesialiteite Moet binne 42 maande van eerste registrasie voltooi wees. Tuisdepartement: CHIRURGIE

52442 DIE VEL 471 10 Die Vel 2 weke T

Funksie van die vel; terminologie/benadering; epidemiologie van velsiektes; sosio-sielkundige aspekte van dermatologie; keratienafwykings; psoriaseforme reaksiepatrone; pannikulêre reaksiepatrone; dermatitis-familie van reaksiepatrone; fotodermatologie as ‟n reaksiepatroon; die effek van fisiese faktore op die vel; lichenoïede reaksiepatrone; eritroderma as reaksiepatroon; reaktiewe eriteem en vaskulitis as reaksiepatroon; vaskulêre en limfvatpatologie; adneksale patologie; hipo- en hiperpigmentasie; bulleuse letsels; veltumore; genodermatose; infeksies van die vel; dermatoses van parasiete en infeksies; diabetes en die vel; kutane manifestasies van swangerskap; pediatriese dermatologie; interne maligniteit van die vel; outo-immuunsiektes; middelreaksies; dermatoterapie; MIV en die vel.

Page 241: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

240

Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

64742 ELEKTRONMIKROSKOPIE 775 4 Elektronmikroskopie

Voorbereiding en prosessering van weefsel vir transmissie-elektronmikroskopie. Sny en kleuring van snitte. Gebruik van ‟n transmissie-elektronmikroskoop. Identifisering en fotografering van ultrastrukturele detail van selle. Oorsig van ultrastruktuur van geselekteerde klinies-relevante gevalle in Anatomiese Patologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

52353 ENDOKRIENE SISTEEM 271 15 Endokriene Sisteem 3 weke T

Die embriologie; die makro- en mikroskopiese struktuur van: die hipotalamus, hipofise, tiroïed, paratiroïed, pankreas en bynier; die sekresie van chemiese boodskappers; die werking van wateroplosbare chemiese boodskappers; die werking van vetoplosbare chemiese boodskappers; interaktiewe werking van boodskapperstelsels van die liggaam. Diabetes mellitus; hipoglukemie; tiroïedsiektes; been- en mineraalmetabolisme; pituïtêre siektes en iatrogene hiperkortisolemie; kort kind en vertraagde puberteit; byniersiektes en hirsutisme; diverse siektetoestande. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

56022 EPIDEMIOLOGIE EN NAVORSINGSMETODOLOGIE 775 10 Epidemiologie en

Navorsingsmetodologie

Inleiding tot epidemiologie: koerse, ratio‟s, proporsies, insidensie, prevalensie, morbiditeit en mortaliteit, demografika en populasiedinamika. Navorsingsontwerp: steekproewe, sydigheid, sifting, sensitiwiteit, spesifisiteit en oorsaaklikheid. Skryf van ‟n navorsingsvoorstel en navorsingsartikel. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

Page 242: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

241

64602 ETIEK 511 10 Etiek 3 weke T

Mediese etiek: die outonomie van die mens; goedwilligheid, nie-kwaadwilligheid en privaatheid; geregtigheid; die geneesheer en die reg. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

12162 ETIEK EN MENSEREGTE 214 3 Etiek en Menseregte 2L T

Etiese beginsels en universele teorieë van toepassing in die gesondheidsorg-omgewing word verken, asook die toepassing(s) daarvan in die praktyk. Etiese reëls en regulasies volgens die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) word bespreek, en die toepaslike professionele gedrag as dieetkundige. Ter inleiding word die geskiedenis en internasionale konteks van menseregte geskets en verskillende kategorieë van menseregte toegelig. Die toepassing van menseregte in Suid Afrika word ondersoek aan die hand van relevante instellings en kodes, o.a. die Grondwet van Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Grondwethof, Handves van Pasiënteregte en Batho Pele-konsep. Die konsep van ʼn mensereg-gebaseerde benadering tot gesondheid word ondersoek. Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) se rasionaal vir onderrig oor etiek en menseregte, en die transformasie van die gesondheidsektor word gekontekstualiseer, asook die “herstel-van-onregmeganisme” (“redress”) in die gesondheidsorgstelsel. Toepaslike besoeke word afgelê. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

341 4 Etiek en Menseregte 2L T

Toepassing van ‟n mensereg-gebaseerde benadering tot ontwikkeling binne die konteks van ontwikkeling. Die konsep en geskiedenis van die reg op voldoende voedsel, en die waarde daarvan vir menslike ontwikkeling, voedselsekuriteit en programme om armoede te verminder; die relevansie van ander menseregte. Regte-houers, die Staat se verpligtinge, en die verantwoordelikhede van individue en ander rolspelers in die samelewing. Die proses om die reg op voedsel te implementeer; herstelmeganismes om

Page 243: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

242

oortredinge teen die reg op voedsel aan te spreek; relevansie van die Reg-op-Voedselriglyne as ʼn instrument om die progressiewe verwesenliking van die reg op voedsel te ondersteun. Die huidige situasie in Suid-Afrika en die rol van die Grondwet in die verwesenliking van die reg op voldoende voedsel onder verskillende omstandighede en onder kwesbare bevolkingsgroepe. Toepaslike besoeke word afgelê. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

13036 FISIESE ANTROPOLOGIE 771 10 Fisiese Antropologie

ʼn Omvattende studie van die skelet van ʼn normale individu, asook die naspeur van ouderdomsverwante veranderinge vanaf geboorte tot 70+ jaar. ʼn Gedetailleerde studie van fisiese antropologie en die toepassing daarvan in die forensiese en ander soortgelyke wetenskappe. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

13080 FISIOLOGIE 872 20 Fisiologie

Fisiologie met inbegrip van neurofisiologie Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE FISIOLOGIE

22829 FISIOLOGIE 871 33 Fisiologie

Die kurrikulum bestaan uit fisiologie van die boonste lugweë (neus en sinusse, larinks, mond, farinks, esofagus), gehoor en vestibulêre sisteme sowel as die algemene fisiologie, immunologie, hematologie, kardiovaskulêre, respiratoriese en spierfisiologie, asook die sentrale senuweestelsel. Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE FISIOLOGIE

Page 244: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

243

52205 FISIOLOGIE (AGB) 278 26 Fisiologie (AGB) 4L, 1P T

Chemiese samestelling van die liggaam, skeletspierfisiologie, hematologie en immunologie, kardiovaskulêre fisiologie, respiratoriese fisiologie, neurofisiologie, nier- en geslagsfisiologie, fisiologie van die spysverteringskanaal en endokrinologie. Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE FISIOLOGIE

58262 FISIOLOGIESE BIOCHEMIE 142 6 Fisiologiese Biochemie 2L T

Proteïene (struktuur, voedselbronne, vertering en absorpsie); aminosuurmetabolisme en katabolisme; ensieme (struktuur en funksie); koolhidrate (struktuur, voedselbronne, vertering en absorpsie); koolhidraat metabolisme en katabolisme; vet (struktuur, voedselbronne, vertering en absorpsie); vetmetabolisme en katabolisme; vet- en wateroplosbare vitamiene; nukleïensuurmetabolisme; lewerfunksie en cholesterolmetabolisme; lipoproteïenmetabolisme; geïntegreerde metabolisme (beheer van bloedglukose, metabolisme tydens vasting en voeding, metabolisme tydens oefening). Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE FISIOLOGIE

60828 FISIOLOGIE VIR OFTALMOLOGIE 871 40 Fisiologie vir Oftalmologie

Algemene fisiologie soos verwant aan oftalmologiese toestande sal bemeester word tesame met ʼn grondige kennis van oftalmologiese fisiologie. Tuisdepartement: OOGHEELKUNDE

64610 FISIOTERAPIE-PRAKTYKVOERING 474 4 Fisioterapie-

praktykvoering 1L T

Aspekte van praktykbestuur; selfstandige, selfverantwoordelike praktykvoering; self- en personeelontwikkeling; gevorderde aspekte van etiese besluitneming; integrasie van alle aspekte van fisioterapeutiese praktykvoering. Verskillende vlakke van fisioterapeutiese dienslewering:

Page 245: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

244

gemeenskapsfisioterapie; professionalisme; beroepstrukture; gesondheidsorgwetgewing; toegepaste etiese en morele dilemmas in gesondheidsorg; prosesse van gehalteversekering binne die Suid-Afrikaanse konteks. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

52140 FISIOTERAPIE-WETENSKAP 152 20 Fisioterapie-wetenskap 5L T

Inleidende kennis en ontleding van die normale liggaamshouding (staties). Basiese biomeganiese konsepte (kinematika, kinetika) ; inleiding tot die beheer van en normale patrone van beweging. Ontleding van normale beweging; normale ontwikkeling. Kennis van normale fisiologiese waardes waarvan toepassing op fisioterapie. Die radiologiese identifisering van normale strukture waar van toepassing. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

272 75 Fisioterapie-wetenskap 5L, 6P T

Die fisioterapeutiese onderhoud; voorkomende aspekte van gesondheidsorg in die algemeen en fisioterapie spesifiek; toepassing van fisioterapeutiese beginsels op spesifieke anatomiese strukture en volgens verlangde fisiologiese effekte. Basiese beginsels van fisioterapeutiese evaluerings- en behandelingstegnieke. Biomeganika van die werwelkolom; heropleiding van normale bewegingspatrone; spesifieke oefenprogramme vir die kernaspekte van fisioterapie: individuele en groepshantering; massering; basiese beginsels van passiewe handtegnieke; elektroterapie. Fisioterapeutiese tegnieke wat gebruik word om tonus te normaliseer; asemhalingsoefeninge; tegnieke om sekresies te mobiliseer; loophulpmiddels; beginsels van posisionering. Basiese kennis van algemeen toepaslike uitkomsmetings. Uitkomsgebaseerde terapie. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

13039 GEBRUIK VAN DIERE IN NAVORSING 771 5 Gebruik van Diere in

Navorsing

Inwin van kennis en begrip oor die etiese hantering, versorging en gebruik van proefdiere vir wetenskaplike navorsingdoeleindes. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

Page 246: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

245

38962 GEЇNTEGREERDE PATOLOGIE 871 60 Geїntegreerde Patologie

Geïntegreerde Patologie wat Chemiese, Hematologiese, Mikrobiologiese en Virologiese Patologie insluit, asook Laboratoriumbestuur. Tuisdepartement: HEMATOLOGIESE PATOLOGIE

34568 GEMEENSKAPSGESONDHEID 872 100 Gemeenskapsgesondheid

Insluitend Omgewingsgesondheid, Beroepsgesondheid, Bestuur van Gesondheidsdienste en Sistematiese/Intervensionele Epidemiologie. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

46973 GEMEENSKAPSVOEDING 244 7 Gemeenskapsvoeding 2L T

Die doelstellings van Primêre Gesondheidsorg (PGS) en die menseregte-gebaseerde benadering tot gesondheidsorg; die rol van die dieetkundige in PGS; die omskrywing, omvang, oorsake en gevolge van wanvoeding. Die verband tussen voedingsvoorligting, lewenstyl en gesondheidsbevordering. Kommunikasiebeginsels, interkulturele kommunikasie, beginsels vir doeltreffende onderrig, onderrigbeplanning, uitkomste, inhoudseleksie. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

376 27 Gemeenskapsvoeding 2.5L, 2P T

Blootstelling aan die Geïntegreerde Voedingprogram (GVP) van die nasionale en provinsiale Departement van Gesondheid, voedingbeleid, gesondheidsprofiel van die SA bevolking; voedingintervensie, met inbegrip van globale en plaaslike aksies, deurlopende voedingmonitering, die teoretiese en praktiese beginsels van voedingvoorligting, onderrigmetodes, toepaslike tegnologie, evaluering, voordele van verskillende media, mediaseleksie, gedragsverandering en gesondheidsbevordering aan individue en groepe, faktore wat voedselsekuriteit beïnvloed; ekonomiese, sosiale, kulturele, sielkundige, tegnologiese en godsdiensfaktore wat voedselinname beïnvloed; die verandering van voedingsgedrag; gemeenskapsdeelname en -ontwikkeling; projekbeplanning en besigheidsplanne. Praktika: Beplanning van ‟n toereikende spyskaart vir ‟n gesin met ‟n

Page 247: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

246

beperkte huishoudelike begroting; ondersoek na bemarking/beskikbaarheid van voedsel in die gemeenskap; ondersoek na die omvang van verandering in eetgewoontes van drie geslagte om die konsep van voedingsoorgang te verstaan; besoeke aan gemeenskapsgesondheidsentra en gemeenskapsgebaseerde projekte wat betrekking het op die teorie; produksie en formatiewe evaluering van materiaal vir voedingvoorligting, beplanning van gesondheids- en voedingsbevorderingsaktiwiteite; basiese formulering van ‟n besigheidsplan volgens die spesifikasies van die GVP. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

478 37 Gemeenskapsvoeding 10P T

Blootstelling aan en betrokkenheid by dienslewering in die Geïntegreerde Voedingsprogram van die nasionale en provinsiale Departement van Gesondheid by stedelike gemeenskapsgebaseerde platforms, asook by Ukwanda, die semi-stedelike en landelike gemeenskapsgebaseerde platforms van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Betrokkenheid by die Gesondheidfasiliteitgebaseerde Voedingprogram (HFBNP). Blootstelling aan die implementering van die Voeding- Terapeutiese program (NTP), die Enterale Voedingsprogram, die Geïntegreerde Hantering van Kindersiektes (IMCI), die Vitamien A Supplementasieprogram en die Baba-vriendelike Hospitaalinisiatief (BFHI). Monitering van die HFBNP by ‟n gemeenskapsgesondheidsentrum (GGS). Voedingsvoorligting (konsultasies) aan volwassenes en kinders wat die primêre gesondheidsorg (PGS)-klinieke (gesonde baba, wanvoeding en TB) bywoon, asook aan swanger vrouens en moeders van pasgebore babas; dieetterapie aan pasiënte wat by GGS‟e behandel word; gesondheidsbevorderingsaktiwiteite by klubs (vroue, bejaardes, pasiënte met diabetes, hipertensie en oorgewig), klinieke, skole en dagsorgsentra; blootstelling aan en besinning oor voedingintervensieprogramme; saamstel en interpretasie van ‟n gemeenskapsprofiel; blootstelling aan die werk van ‟n gemeenskapsdieetkundige, privaat praktiserende dieetkundiges en ander lede van die PGS-span (bv. intra-professionele span, en skool- en distriksverpleegkundiges); ontwikkeling van gemeenskapsvoeding-bestuursvaardighede, blootstelling aan globale voedings- en voorspraakprogramme, en menseregte en etiek in gesondheidsorg; blootstelling aan media-aktiwiteite met inbegrip van koerantberigte en radiopraatjies. Blootstelling aan en betrokkenheid by die Gesondheidsbevorderende Skole-inisiatief binne die skoolgesondheidsomgewing. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

Page 248: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

247

43737 GENEESKUNDIGE MIKROBIOLOGIE 142 7 Geneeskundige

Mikrobiologie 2L, 0.5P T

Mikro-organismes en hulle eienskappe; infeksies en die verspreiding van mikro-organismes; belangrike voedselpatogene; die rol van die dieetkundige in die hantering van die MIV-positiewe pasiënt; voeding en immuniteit; sterilisasie en ontsmetting; praktiese mikrobiologiese aspekte met betrekking tot voedselvoorbereidingsareas. Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE MIKROBIOLOGIE

874 70 Geneeskundige Mikrobiologie

Die volgende word aangebied:

geneeskundig belangrike bakterieë, fungi en parasiete;

laboratoriumdiagnose van siektes veroorsaak deur bakterieë, fungi en parasiete; en

basis van infektiewe siektes, antimikrobiale terapie en toetsing, immunologie, kwaliteitsbeheer, patologie in primêre sorg en infeksiebeheer.

Dit is ‟n vereiste dat ‟n portefeulje van gevallestudies en ‟n gevalleboek van laboratoriumtegnieke saamgestel word gedurende die rotasie. Een skriftelike vraestel, ‟n praktiese eksamen en ‟n mondelinge eksamen. Eksterne eksaminatore is betrokke by hierdie assessering soos deur Universiteitsriglyne aanbeveel. Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE MIKROBIOLOGIE

43745 GENEESKUNDIGE VIROLOGIE 871 70 Geneeskundige Virologie

Onderrig bestaan uit ‟n teoretiese en ‟n praktiese module en opvoedkundige aktiwiteite:

Praktiese onderrig en vaardigheidsontwikkeling in laboratoriumtegnieke.

Klinieseassistentbesprekings, seminaaraanbiedinge, saalrondte-bywoning.

Die student neem verantwoordelikheid om self ‟n portefeulje saam te stel met die doel om voortdurend alle nuwe vaardighede en opvoedkundige aktiwiteite by te bring.

Page 249: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

248

Deurlopende assessering: ʼn portefeulje van bewysstukke moet ingehandig word as deel van deurlopende assessering voordat die graad toegeken kan word. Besonderhede van deurlopende assessering word in die studiegids verskaf. Finale formele assessering van die Virologie-rotasie by wyse van ‟n skriftelike, praktiese en mondelinge eksamen. Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE VIROLOGIE

.

57819 GEREGTELIKE GENEESKUNDE 471 10 Geregtelike Geneeskunde 2 weke T

Algemene regsgeneeskundige beginsels met inbegrip van natuurlike teenoor onnatuurlike sterfte; die voltooiing van die doodskennisgewingsvorm; die patologie van wonde met inbegrip van basiese wondpatrone, asook meer komplekse meganismes van verwonding (brandwonde, skietwonde, elektriese beserings, hoofbeserings, ens.); die patologie van die komplikasies van verwonding; invloede van chemiese substanse op die liggaam met inbegrip van alkohol; benadering tot skielike dood met inbegrip van die skielike onverwagse doodsindroom in babas (sg. wiegiesterftes); vroeë en laat- postmortale veranderinge; inleiding tot basiese wetlike beginsels in die Suid-Afrikaanse regsisteem; toepaslike wette en regulasies wat die volgende beginsels in die geneeskundige veld reguleer: doodsondersoeke, weefselretensie, vrugafdrywing, narkose-verwante sterftes en etiese en morele kodes wat statutêr gestipuleer word. Tuisdepartement: GEREGTELIKE GENEESKUNDE

11100 GEREGTELIKE PATOLOGIE 872 80 Geregtelike Patologie I

Gevorderde basiese kennis en die bemeestering van praktiese en toeretiese komponente van Anatomiese Patologie Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

52450 GESONDHEID EN SIEKTE IN GEMEENSKAPPE 471 20 Gesondheid en Siekte in

Gemeenskappe 4 weke T

Mediese sosiologie; sosiologiese/antropologiese begrippe en perspektiewe; politieke, sosiale en kulturele konteks van siekte en gesondheid; gesondheidsverwante gedrag; epidemiologie; demografie; epidemiologiese waaktoesig; epidemiologie en aansteeklike siektes; navorsingsmetodiek;

Page 250: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

249

dataverwerking; inligtingbenutting; gemeenskapsgerigte primêre gesondheidsorg; gesondheidsbevordering; siektevoorkoming; gesondheidsbehoeftebepaling; effek van lewenstyl op gesondheid en siekte; beroepsgesondheid; omgewingsgesondheid; vroue- en kindergesondheid as prioriteitsprogram; rehabilitasie en die hantering van fisiese gestremdheid; trauma; die gesin in siekte en gesondheid. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

65706 GESONDHEID IN KONTEKS 111 19 Gesondheid in Konteks 7L T

Die module het dit ten doel om die gesondheidwetenskappe-student ‟n basiese kennis en insig in verskillende inleidende onderwerpe te help verwerf wat sal insluit: Psigososiale perspektiewe op gesondheid; Risikofaktore vir siekte en gesondheidsbevordering, met inbegrip van die meting daarvan; Beginsels van toegepaste bio-etiek en professionalisme en ‟n oorsig oor gesondheidsdienste en -beroepe. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

47511 GESONDHEIDSBESTUUR 511 10 Gesondheidsbestuur 2 weke T

Gesondheidsbestuur: algemene bestuur en bestuursbeginsels; finansiële bestuur; menslike hulpbronbestuur; bemarking van gesondheidsdienste. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

10999 GEVORDERDE HIPERBARIESE GENEESKUNDE 774 20 Gevorderde Hiperbariese

Geneeskunde

Hierdie module dui die perke van die huidige kennis oor Hiperbariese Geneeskunde aan. Dit berei die student voor vir die module oor navorsingsmetodologie en vir die navorsingsprojek. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

Page 251: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

250

11000 GEVORDERDE ONDERWATERGENEESKUNDE 774 20 Gevorderde

Onderwatergeneeskunde

Hierdie module dui die perke van die huidige kennis oor Onderwatergeneeskunde aan. Dit berei die student voor vir die module oor navorsingsmetodologie en die navorsingsprojek. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

11090 GEVORDERDE STUDIE IN OUDIOLOGIE 812 45 Gevorderde Studie in

Oudiologie

Die inhoud van hierdie module word deur die afdelingshoof in oorleg met die student bepaal. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

11001 GINEKOLOGIE 873 120 Ginekologie

Die module sluit in algemene ginekologie, gemeenskapsginekologie, geassisteerde reproduksie, reproduktiewe endokrinologie, ginekologiese onkologie, uroginekologie, patologie (met inbegrip van histo- en sitopatologie verwant aan die vakgebied), kontrasepsie en gesinsbeplanning. Tuisdepartement: VERLOSKUNDE EN GINEKOLOGIE

64793 HEMATOLOGIE 775 30 Hematologie

Laboratoriumtegnieke en instrumente in Hematologie; morfologie en fisiologie van nor male bloed en beenmurgselle; normale waardes van bloedseltellings en stollingstoetse; anemie; sitopenieë en sitoses; immunologiese aspekte van Hematologie en bloedgroepe; hemostase en trombose; hematologiese maligniteite. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

Page 252: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

251

47090 HEMATOLOGIE 873 70 Hematologiese Patologie

Hemopoïese en limfopoïese, hemolise, hemostase, roetine-laboratoriumtoetse wat in Geïntegreerde Patologie behandel is; hemolitiese anemieë; anemieë van hematiniese gebreke: patofisiologie en diagnose.

Leukemieë en limfome; miëloproliferatiewe siektes, beenmurg-versakingsindroom: diagnose en klassifikasie van hierdie siektes sal ondersteun word deur mikroskopiese en verwante diagnostiese toetse.

Hemostatiese en trombotiese siektes: diagnose en hantering van bloedingsiektes en hiperstolbaarheid, antistolterapie-monitering; laboratoriumaangeleenthede van bloedoortapping en immunohematologie.

Voortgesette assessering deur laboratoriumrapportering, kliniese gevalle-aanbiedings, voorbereide akademiese seminare en vaktydskrifklubbesprekings, en ‟n gevalleboek. ʼn Portefeulje van bewysstukke moet ingedien word as deel van deurlopende assessering en is ʼn voorvereiste vir toekenning van die graad. Detail van deurlopende assessering word in die studiegids voorsien. Formele assessering geskied in die vorm van een skriftelike vraestel wat uit lang en korter vrae oor die huidige stand van kennis in Hematologiese Patologie bestaan. Praktiese eksamens: ‟n interpreterende praktikum oor bloedoortapping, en hemostatiese en hemolitiese toestande en ‟n morfologiese eksamen wat handel oor mikroskopiese diagnose van bloed- en beenmurgpatologie. Mondelinge eksamen. Eksterne eksaminatore is betrokke volgens die riglyne van die Universiteit. Tuisdepartement: HEMATOLOGIESE PATOLOGIE

52426 HEMATOLOGIESE SISTEEM 371 20 Hematologiese Sisteem 4 weke T

Hematologiese temas: komponente van bloed; hemopoiëse; bloedgroepe; bloedstolling. Immunologiese temas: verdedigingsmeganismes van die liggaam; die nie-spesifieke immuunsisteem; die spesifieke immuunsisteem. Anemie; bloedingsiektes; sitopenie en sitoses; hematologiese maligniteite; bloedgroepering en transfusie; trombotiese toestande. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

Page 253: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

252

64734 IMMUNOHISTOCHEMIE 775 4 Immunohistochemie

Preservering en voorbereiding van selle en weefsels vir immunohistochemie. Monoklonale en poliklonale antiliggame as molekulêre merkers. Kontroles en kwaliteitsbeoordeling. Merkerpanele en klinies-morfologiese korrelasie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

11008 IMMUNOLOGIE 775 30 Immunologie

Inflammatories/Infektief; outo-immuunparameters; infeksieserologie; limfosiet- en neutrofielstudies; vloeisitometrie; kliniese immunologie: primêre immuungebreke, infeksies en reumatologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

52434 INFEKSIES EN KLINIESE IMMUNOLOGIE 471 20 Infeksies en Kliniese

Immunologie 4 weke T

Beginsels van infeksiesiektes; kongenitale en verworwe immuungebreke; koors van onbekende oorsprong; tuberkulose; septisemie en bakteremie; infeksies wat lei tot skok; MIV; tropiese en reisgeassosieerde infeksies; seksueel oordraagbare infeksies; soönoses; infeksies in die pasgebore baba; kinderinfeksiesiektes; bioterrorisme; toksienverwante infeksies; hantering van gemeenskap-uitbraak; infeksiebeheer; inenting; rol van spesiale ondersoeke; anti-infektiewe terapie. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

11579 INLEIDING TOT GESONDHEIDSWETENSKAPPE 198 10 Inleiding tot

Gesondheidswetenskappe 2L T

Die module het ten doel om (i) die grondslag te lê by die nuwelingstudent in die Gesondheidswetenskappe vir professionele ontwikkeling deur die vestiging van toepaslike kennis, houdings en vaardighede; en (ii) persoonlike ontwikkeling te fasiliteer ten einde opleidingsgeleenthede optimaal en suksesvol te benut om sy plek as volwaardige professionele

Page 254: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

253

persoon in die breë gemeenskap vol te staan. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

52388 INLEIDING TOT KLINIESE GENEESKUNDE 141 20 Inleiding tot Kliniese

Geneeskunde 4 weke T

Basiese vakkundige (mediese) geletterdheid en terminologie. Algemene kliniese taalvaardighede en kommunikasie met pasiënte en hulle families, en kollegas van alle dissiplines in die kliniese omgewing. Toepassing van die Goue Drade (kommunikasie, professionalisme, professionele etiek, bewysgebaseerde onderrig en informasie-geletterdheid) in ‟n kliniese konteks. Basiese kliniese ondersoekmetodes met inbegrip van oppervlak-anatomie met die fokus op normaliteit. Basiese aanleer van ‟n derde taal. Gebruik van Myers-Briggs-vraelys. Waarskuwingstekens van uitbranding. Die dokter-pasiëntverhouding. Nie-verbale kommunikasie. Verkry van akkurate en bondige informasie in ‟n agteropeenvolgende orde van ‟n pasiënt of informant oor die pasiënt se siekte, en individuele en kontekstuele faktore. Rol wat geskiedenis van die volgorde en ontwikkeling van die siekte het op die ontwikkeling van ‟n kliniese hipotese/diagnose. Sistematiese benadering tot die fisiese ondersoek: algemene ondersoek, ondersoek vir vitale tekens, kardiovaskulêre sisteem, pols (kenmerke en ligging van die pols), bloeddruk in die volwassene, bejaarde en kind, respiratoriese sisteem, gastro-intestinale sisteem, urine-doopstokkie-ondersoek, basiese kliniese epidemiologie. Kliniese navorsingstudie-ontwerpe. “GATE”-raamwerk van kritiese beoordeling. Waarskynlikheid en beginsels van inferensie. Populasies en steekproewe. Stogastiese veranderlikes en waarskynlikheidsverdelings. Steekproefverdeling, beraming en hipotesetoetsing. Navorsingsprobleme rakende groepe. Inferensie van die rekenkundige gemiddelde. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

271 20 Inleiding tot Kliniese Geneeskunde

4 weke T

Die struktuur, geleenthede en kommunikasievaardighede benodig vir onderhoudvoering. Verkryging en dokumentering van siektegeskiedenis. Sistematiese fisiese ondersoek en dokumentering. Observasies. Handewas. Interaksie van siekte, lewensomstandighede en psige van die pasiënt. Eise wat die konsultasie aan die geneesheer stel. Veiligheidsrisiko‟s vir die dokter. Beginsels van kliniese epidemiologie. Optimale dokter-

Page 255: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

254

pasiëntverhouding. Grense van toepaslikheid en volledigheid tydens ‟n konsultasie. Grondbeginsels van toegepaste mediese etiek. Invloed van geslag, kultuur, taal, sosio-ekonomiese status en geletterdheidsverskille op die dokter-pasiëntvertrouensverhouding. Beginsels van palliatiewe sorg. Die IMCI-benadering. Persentielkaart. Pad na gesondheidskaart. Psigiatriese geskiedenis en ondersoek. Kardiovaskulêre ondersoek. Respiratoriese ondersoek. Pediatriese ondersoek. Vier parallelle van neurologiese ontwikkeling. Normale neurologiese ontwikkeling op die ouderdomme van 3, 6, 9 en 12 maande. Urologiese ondersoek. Ginekologiese ondersoek. Gastro-intestinale ondersoek. Muskuloskeletale ondersoek. Chirurgiese toestande: massa, ulkus, breuk, mondholte, speekselkliere, servikale limfnodes, tiroïed en borste. Oor-, neus- en keelondersoek. Urine-ondersoek. Benadering tot die geriatriese pasiënt: normale fisiologiese veranderinge van veroudering en praktiese implikasies daarvan, geriatriese evaluasie (met inbegrip van ʼn MMSE, en funksionele en sosiale assessering). Geriatriese Sindroom: demensie, delirium, onvas op die voete (met inbegrip van duiseligheid), immobiliteit, inkontinensie en gebruik van medikasie by die bejaarde pasiënt. Kognitiewe, emosionele en gedragsresponse van ‟n pasiënt. Veelsydige uitwerking wat siekte op ‟n pasiënt en sy omgewing het. Eiesoortige probleme wat siekte in elke lewensfase meebring. Verskil tussen gesonde en ongesonde siekte-aanpassing. Integrerende Geneeskunde. KPR. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

64777 INLEIDING TOT MOLEKULÊRE PATOLOGIE 775 17 Inleiding tot Molekulêre

Patologie

DNS, RNS en oorerflikheidsinligting; struktuur van die menslike genoom; patrone van oorerwing: uitdrukking van fenotipes; strategieë om mutasies te identifiseer wat siektes veroorsaak; DNA-volgordebepalings; filogenetika en molekulêre epidemiologie; aantoon en amplifikasie van nukleïensure; in situ-tegnieke; proteonomika; vloeisitometrie; weefselkultuur en sitogenetika. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

Page 256: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

255

53899 INLIGTINGSVAARDIGHEDE 172 6 Informasie- en

Rekenaarkompetensie 1L, 1P A &

E

Studie van en inoefening in informasiegebruik, die WWW en geselekteerde sagteware-programme op die gebiede van woordverwerking, aanbiedings, databasisse en sigblaaie in soverre dit vir kommunikasie- en informasiedoeleindes in die geesteswetenskappe noodsaaklik is. Word deurlopend geassesseer. Tuisdepartement: INLIGTINGWETENSKAP Prestasiepuntformule: Die klaspunt geld as prestasiepunt.

66141 INTERMEDIÊRE METABOLISME 198 5 Intermediêre Metabolisme 2L T

Inleidende aspekte van intermediêre metabolisme: glukose-, lipied-, proteïen- en energiemetabolisme. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

52310 KARDIOVASKULÊRE SISTEEM 271 30 Kardiovaskulêre Sisteem 7 weke T

Kardiovaskulêre eienskappe van die borskaswand en borskasholte; die sirkulatoriese sisteem: organisasie en hemodinamika; die kardiale pomp: struktuur en funksie; die arteriële sisteem: organisasie en struktuur; die veneuse sisteem: organisasie en struktuur; mikrosirkulasie en die limfatiese sisteem; basis van elektrofisiologie; kontrolemeganismes in die kardiovaskulêre sisteem. Evaluasie; siektes van ritme en geleiding; kardiovaskulêre sisteem-risikofaktore: algemeen; dislipidemie; hipertensie; iskemiese hartsiekte; vaskulêre siekte; klepsiektes; infektiewe en inflammatoriese siektes van die hart; hartversaking en miokardiale siekte; kongenitale hartsiekte; kardiovaskulêre sisteem in sistemiese siektes, trauma, swangerskap, narkose. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

Page 257: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

256

11019 KLINIESE CHIRURGIE 871 180 Kliniese Chirurgie

Chirurgiese- en operatiewe praktyk Tuisdepartement: CHIRURGIE

13029 KLINIESE EN CHIRURGIESE ANATOMIE 771 10 Kliniese en Chirurgiese

Anatomie

ʼn Kadawergebaseerde studie van uitgesoekte aspekte van die menslike liggaam, asook die funksionele en kliniese belang van die uitgesoekte strukture en/of areas in die liggaam. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

12178 KLINIESE FARMAKOLOGIE 511 15 Kliniese Farmakologie 3 weke T

Nadelige middelreaksies; skryf van voorskrifte en skedulering van middels; farmakokinetika en terapeutiese middelmonitering; antimikrobiale middels; behandeling van kongestiewe hartversaking; hantering van asma, iskemiese hartsiekte (stabiele angina), diep veneuse trombose, tipe II diabetes mellitus, en akute en die algemeenste vergiftigings. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

52191 KLINIESE FISIOTERAPIE 254 5 Kliniese Fisioterapie 3P T

Kliniese blootstelling om die beginsels van fisioterapiepraktyk toe te pas as voorbereiding vir kliniese praktykvoering in die derde jaar. Gestruktureerde pasiëntonderhoude; individuele waarneming en assistensie tydens pasiëntbehandelings deur fisioterapeute en senior studente; pasiëntdemonstrasies in geselekteerde areas van fisioterapie; rehabilitasiebeginsels; multi- en interdissiplinêre spanwerk en verwysings. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

Page 258: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

257

374 40 Kliniese Fisioterapie 14P T

Praktiese kliniese ervaring van fisioterapeutiese praktykvoering; die hantering van algemene, eenvoudige probleme, sowel as geselekteerde areas van gevorderde pasiëntsorg; individuele en groephantering (onder toesig) van pasiënte en versorgers tydens drie kliniese blokindelings. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

474 96 Kliniese Fisioterapie 28P T

Praktiese kliniese ervaring van fisioterapeutiese praktykvoering in alle areas en op alle vlakke van pasiëntsorg. Minder toesig sal verskaf word en meer onafhanklike optrede word verwag om die student toe te rus om as volwaardige terapeut te funksioneer. Vyf kliniese blokindelings, spoeddiensbeurte oor naweke en ‟n elektiewe blok sal deel wees van die vereistes vir dié module. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

11025 KLINIESE INTERNE GENEESKUNDE 811 264 Kliniese Interne

Geneeskunde

Suksesvolle voltooiing van hierdie module vereis bevredigende deelname terwyl die student roteer as kliniese assistent by Algemene Interne Geneeskunde en die sub-spesialiteite, asook om minstens 50% in die LKI (SA) Deel II-eksamen te behaal. Die student word gereeld geassesseer as deel van die deurlopende assesseringstrategie en daar word van hom vereis om ‟n gevalleboek as ‟n rekord te hou van sy kliniese blootstelling en ervaring met prosedures. Tuisdepartement: INTERNE GENEESKUNDE

11027 KLINIESE NOODGENEESKUNDE 875 240 Kliniese Noodgeneeskunde

Word as ‟n jaarkursus oor elk van die vier ingeskrewe jare van die graad aangebied en omvat teoretiese asook praktiese kernaspekte van Noodgeneeskunde. Tuisdepartement: NOODGENEESKUNDE

Page 259: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

258

50946 KLINIESE SPRAAKHEELKUNDE 184 12 Kliniese Spraakheelkunde 4L T

Bekendstelling en blootstelling aan normale ontwikkeling, kommunikasie-vaardighede, basiese generiese kliniese vaardighede, aspekte van assessering van kommunikasie-ontwikkeling en professionele optrede in die beroepsveld van spraak-taal- en gehoorterapie. Bogenoemde geskied tydens waarneming in voorskoolse omgewings. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

274 26 Kliniese Spraakheelkunde 4L T

Spraak- en taalsifting, fonologiese bewustheid; taalprogramme in voorskoolse omgewings; intervensie vir kinders met afwykings ten opsigte van taal, fonologiese bewustheid, artikulasie en fonologie; gehoorsifting. Xhosa-kommunikasiebevoegdheid in die kliniese konteks. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

374 26 Kliniese Spraakheelkunde 1P T

Intervensie vir persone met kommunikasie-afwykings; observasie van intervensie in verskillende omgewings. Inleiding tot gebaretaal; die dowe-gemeenskap en -kultuur; houdings; bronne in die gemeenskap; geskiedenis van gebaretaal in Suid-Afrika; gebaretaal; vingertaalspelling; gebruik van tolke in verskillende kontekste. Konsepte en beleide wat verband hou met gestremdheidstudies, byvoorbeeld die sosiale, mediese en biopsigososiale modelle van gestremdheid, die WGO se International Classification of Function, Disability and Health (ICF), gemeenskapsgebaseerde rehabilitasie (GBR), en relevante wetgewing. Xhosa-kommunikasiebevoegdheid in die kliniese konteks. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

474 62 Kliniese Spraakheelkunde 20P T

Spraak-taalterapie en intervensie vir ‟n verskeidenheid ontwikkelings- en verworwe kommunikasie-afwykings in kinders en volwassenes; die intervensie vir die kind of volwassene met slukprobleme of disfagie; uitreikdienste na gemeenskappe in primêre gesondheidsklinieke of sentrums; meertaligheid en tweedetaal-aanleerprobleme. Kliniese rotasie by hospitale, hoofstroomskole, in die gemeenskap, skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes en rehabilitasiesentrums. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

Page 260: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

259

65730 LAAT- KLINIESE ROTASIES 678 150 Laat- Kliniese Rotasies 60 weke T

Dit vorm saam met Kliniese Rotasies 541 die student-internjaar. Geen amptelike teoretiese lesings word aangebied nie. Die praktiese toepassing van die kliniese dissiplines word gedurende Laat- Kliniese Rotasies 678 gekonsolideer d.m.v. pasiëntesorg, saalrondtes, gevalbesprekings, seminare en buitepasiënt-klinieke in die Tygerberg-hospitaal en ander relevante streekhospitale, daghospitale en klinieke. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

11032 LABORATORIUMBESTUUR 876 10 Laboratoriumbestuur

Om die beginsels van laboratoriumbestuur te verstaan soos dit van toepassing is op patologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

64718 LABORATORIUMPRAKTYK 771 10 Laboratoriumpraktyk

Laboratoriumveiligheid, en wetlike en bio-etiese aspekte. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

775 3 Laboratoriumpraktyk

Laboratoriumveiligheid, regsaspekte, bio-etiek. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

776 3 Laboratoriumpraktyk

Bio-etiek van laboratoriumpraktyk, laboratoriumveiligheid en wetlike aspekte van laboratoriumpraktyk. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

Page 261: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

260

65684 LEWENSVORME EN -FUNKSIES VAN KLINIESE BELANG 111 17 Lewensvorme en -funksies

van Kliniese Belang 6L T

Inleiding; organismeryk-klassifikasie; embriologie; evolusie; die sel en weefsel (struktuur en funksie); molekulêre biologie (seldeling, voortplanting, inleidende genetika en selsiklus); inleiding tot menslike fisiologie; bloed en immuunsisteem; inleiding tot menslike anatomie. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

13032 MAKRO-STREEKSANATOMIE 771 20 Makro-streeksanatomie

ʼn Kadawergebaseerde studie van die sisteme van die liggaam. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

11038 MENSGENETIKA-NAVORSINGSPROJEK 776 75 Mensgenetika-

navorsingsprojek

Die student sal onder leiding van die toesighouer navorsing doen oor ‟n onderwerp verwant aan mensgenetika. Aan die einde van die projek moet die student met die hulp van die toesighouer ‟n tesis skryf wat ingedien moet word vir eksaminering, asook ‟n projekvoordrag lewer. ‟n Skriftelike eksamen en die punt toegeken deur die toesighouer dra verder by tot die projekpunt. Tuisdepartement: MOLEKULERE BIOLOGIE EN MENSGENETIKA

47295 MENSGENETIKA-TEORIE 775 45 Mensgenetika-teorie

Hierdie module bestaan uit lesings, twee skriftelike eksamens en die skryf van ‟n literatuuroorsig. Tuisdepartement: MOLEKULERE BIOLOGIE EN MENSGENETIKA

Page 262: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

261

13033 MENSLIKE ANATOMIESE VARIASIE 771 10 Menslike Anatomiese

Variasie

Anatomiese variasie kom voor by alle individue en is sigbaar in die gebrek aan bilaterale simmetrie by enige individu en in die variasie binne enige bepaalde bevolkingsgroep. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

11103 MENSLIKE KOMMUNIKASIE EN KOMMUNIKASIE-AFWYKINGS 812 45 Menslike Kommunikasie en

Kommunikasie-afwykings

Die inhoud van hierdie module word deur die afdelingshoof in oorleg met die student bepaal. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

13035 MIKROSKOPIESE ANATOMIE EN HISTOLOGIESE TEGNIEK 771 20 Mikroskopiese Anatomie

en Histologiese Tegniek

Laboratoriumtegniek vir die ondersoek van die verband tussen die struktuur en funksie van mensweefsel deur van roetine- en gespesialiseerde kleuringstegnieke gebruik te maak. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

64688 MORFOLOFIESE WETENSKAPPE-NAVORSINGSPROJEK 775 60 Morfologiese Wetenskappe-

navorsingsprojek

‟n Toepaslike navorsingsprojek wat vloei uit die huidige navorsing in een van die afdelings wat by die HonsBSc (Morfologiese Wetenskappe)-program betrokke is, sal aan die student toegedeel word. Die inhoud sal deur die aard van die projek bepaal word. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

Page 263: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

262

64726 MORFOMETRIE EN LASERMIKRODISSEKSIE EN MIKROFOTOGRAFIE 775 4 Morfometrie en

Lasermikrodisseksie en Mikrofotografie

Konsepte en tegnieke wat in ligmikroskopie, digitale beelding, fotomikrografie en beeldprosessering gebruik word. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

52302 MUSKULOSKELETALE SISTEEM 371 30 Muskuloskeletale Sisteem 7 weke T

Been: klassifikasie, ontwikkeling en groei; die skelet; gewrigte; kraakbeen: samestelling en funksie; samestelling en funksie van sinoviale vog; skeletspier: organisasie, struktuur en funksie. Toegepaste anatomie van die boonste ledemaat, onderste ledemaat en spinale kanaal, toegepaste fisika. Muskuloskeletale terminologie en deformiteite; kliniese ondersoek-metodes; infektiewe toestande van die muskuloskeletale stelsel; degeneratiewe muskuloskeletale toestande; radiologiese ondersoeke en toepaslike spesiale ondersoeke; rumatologiese toestande; artroplastieë van die muskuloskeletale sisteem; kongenitale en ontwikkelingstoestande; onkologiese toestande van been, gewrigte en sagteweefsel; toestande en deformiteite van die werwelkolom; toestande en deformiteite van die boonste ledemate; toestande en deformiteite van die onderste ledemate; vaskulêre toestande van die muskuloskeletale sisteem; rehabilitasie en hulpmiddels; noodhantering van traumatiese toestande en die multibeseerde pasiënt; die algemene beginsels in die diagnose en hantering van traumatiese toestande; gipstegniek, spalke en verbande; kompartementsindroom; frakture en ontwrigtings van die werwelkolom en bekken; frakture en ontwrigtings van die boonste ledemate; frakture en ontwrigtings van die onderste ledemate; sportbeserings en oorgebruikbeserings; sagteweefselbeserings van die muskuloskeletale sisteem. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

Page 264: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

263

11043 NAVORSING IN GENEESKUNDIGE FISIOLOGIE 772 60 Navorsing in

Geneeskundige Fisiologie

Laboratoriumnavorsingsprojek (wat lei tot die indiening van ‟n mini-tesis), laboratoriumrotasies en selfbeplande eksperimente (SPEKS‟e). Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE FISIOLOGIE

54305 NAVORSINGSMETODIEK (FISIOTERAPIE) 372 10 Navorsingsmetodiek

(Fisioterapie) 1L, 3P T

Epidemiologiese beginsels; inleiding tot navorsing, navorsingsbeginsels, metodologie, steekproefneming, meting, organisering van data, biostatistiek. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

472 10 Navorsingsmetodiek (Fisioterapie)

1L, 2P T

Beginsels van bewysgesteunde praktyk; die ontwikkeling van ‟n basiese navorsingsprotokol. Die praktiese uitvoer van ‟n basiese navorsingsprojek en die rapportering van bevindinge. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

13047 NAVORSINGSMETODIEK (PEDIATRIE) 871 20 Navorsingsmetodiek

(Pediatrie)

Navorsingsgids: literatuursoektog; formulering van die navorsingsvraag; inleiding tot navorsingsmetodologie; aanbieding van navorsing; wetenskaplike skryfvaardigheid en eweknie-oorsig. Hulpmiddels vir navorsers: inleiding tot navorsingsetiek en -administrasie; navorsingsfondse; biostatistiese ondersteuning. Kuns en filosofie van navorsing: om ʼn akademikus te word. Tuisdepartement: PEDIATRIE EN KINDERGESONDHEID

Page 265: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

264

47015 NAVORSINGSMETODOLOGIE 312 9 Navorsingsmetodologie 2L, 1.5P T

Probleemformulering, beplanning van ‟n navorsingsprogram, meetinstrumente, saamstel van ‟n navorsingsprotokol; insameling van data, organisasie, klassifikasie, analise en interpretasie van data, skryf van navorsingsverslae; standaardisering en opleiding van veldwerkers. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

413 16 Navorsingsmetodologie 3P T

Die beplanning, uitvoering, verwerking en rapportering van ‟n navorsingsprojek in gemeenskapsvoeding, terapeutiese voeding of voedseldiensbestuur. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

811 45 Navorsingmetodologie

Hierdie module bestaan uit 15 weke van Internetgebaseerde onderrig in navorsingsmetodiek gepaard met weeklikse praktiese opdragte en twee take. Die take vorm die basis van die inleiding en metodologie van die student se navorsing. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

812 45 Navorsingsmetodologie

Hierdie module bestaan uit 15 weke van Internetgebaseerde onderrig in navorsingsmetodiek gepaard met weeklikse praktiese opdragte en twee take. Die take vorm die basis van die inleiding en metodologie van die student se navorsing. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

873 10 Navorsingsmetodologie

Om die kwaliteit van navorsingsuitsette van nagraadse studente in patologie te verbeter. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

51764 NAVORSINGSMETODOLOGIE 775 10 Navorsingsmetodologie

Temas wat in hierdie module behandel word, sluit basiese biostatistiek en basiese epidemiologie in. Studente ontvang tutoriale oor navorsingsprojekte en moet hulle eie navorsingsprojek in die vakgebied

Page 266: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

265

van Hiperbariese Geneeskunde voltooi. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

13044 NAVORSINGSMETODOLOGIE IN ARBEIDSTERAPIE 372 12 Navorsingsmetodologie in

Arbeidsterapie 2L T

Inleiding tot navorsing, navorsingsbeginsels en -metodologie, met inbegrip van navorsingsprotokol, steekproefneming, meting, organisering van data en biostatistiek. Tuisdepartement: ARBEIDSTERAPIE

482 12 Navorsingsmetodologie in Arbeidsterapie

1L T

Rapportering van data, verskillende navorsingsbenaderings en uitvoering van ‟n navorsingsoefening. Tuisdepartement: ARBEIDSTERAPIE

55867 NAVORSINGSPROJEK 771 30 Navorsingsprojek

ʼn Toepaslike navorsingsverslag in die formaat van ʼn literatuuroorsig, gevallestudie of kliniese navorsingsprojek word vereis. Dit word in samewerking met ʼn projekleier gedoen. Tuisdepartement: VERLOSKUNDE EN GINEKOLOGIE

882 45 Navorsingsprojek

Die eerste jaar behels die beplanning van ‟n navorsingsprojek en die inlewering van ‟n protokol vir etiese goedkeuring. Die implementering van ‟n navorsingsprojek en inlewering van ‟n tesis, of verkieslik een artikel vir publikasie in ‟n eweknie-geëvalueerde vaktydskrif, volgens die formaat aangedui in die studiegids, word in die tweede jaar afgehandel. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

Page 267: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

266

56375 NAVORSINGSWERKSTUK 810 120 Navorsingswerkstuk

Behels ‟n magistervlak-navorsingstuk wat verkieslik in ‟n vaktydskrif gepubliseer moet word. Vir studente wat vanaf 2008 tot die program toegelaat word, moet die werkstuk voltooi word alvorens toelating tot die finale eksamen van die Kolleges van Geneeskunde verleen word. Die werkstuk moet ook voltooi word voordat die graad toegeken word. Studente word sterk aangeraai om ʼn kursus in kliniese navorsingsmetodes te voltooi, sodat hulle die werkstukmodule suksesvol kan afhandel. Tuisdepartement: NOODGENEESKUNDE

812 120 Navorsingswerkstuk

Wetenskaplike publikasie of verhandeling gebaseer op oorspronklike navorsing uitgevoer oor die 5 jaar van residensie. Tuisdepartement: CHIRURGIE

814 60 Navorsingswerkstuk

Navorsingswerkopdrag, Die onderwerp en die bestek van die werkopdragte word bepaal deur die Hoof van die Sentrum vir Rehabilitasiestudies. Tuisdepartement: SENTRUM VIR REHABILITASIE STUDIES

818 120 Navorsingswerkstuk

‟n Toepaslike werkstuk wat deur interne sowel as eksterne eksaminatore geëksamineer word. Tuisdepartement: VERLOSKUNDE EN GINEKOLOGIE

823 120 Navorsingswerkstuk

‟n Werkstuk wat onafhanklik aangepak en uitgevoer word en aangebied word as ‟n formele navorsingsprojek is die minimum vereiste. Die gehalte van die werkstuk moet ooreenkom met ‟n gepubliseerde artikel in ‟n eweknie-geëvalueerde wetenskaplike tydskrif. Tuisdepartement: OOR- NEUS- EN KEELHEELKUNDE

824 120 Navorsingswerkstuk

Die minimum vereiste is ‟n navorsingsprojek wat onafhanklik onderneem, uitgevoer en opgeskryf is in die vorm van ‟n tesis of ‟n gepubliseerde eweknie- wetenskaplike artikel. Die vlak van die skripsie sal dieselfde wees as dié van ‟n artikel in ‟n wetenskaplike tydskrif. Tuisdepartement: OOGHEELKUNDE

Page 268: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

267

833 120 Navorsingswerkstuk

Die student moet die navorsingsprotokol binne 1 jaar laat registreer en die navorsingswerkstuk binne 3 jaar ná registrasie voltooi. Dit behoort in die vorm van ‟n persklaar artikel ingedien te word. Voltooiing van hierdie module word vereis voordat die student die finale (Deel II)-eksamen mag aflê. Tuisdepartement: INTERNE GENEESKUNDE

836 120 Navorsingswerkstuk

In die formaat soos voorgeskryf deur die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Tuisdepartement: NEUROCHIRURGIE

837 120 Navorsingswerkstuk

Werkstuk wat ‟n magistervlak-navorsingstuk behels wat verkieslik in ‟n vaktydskrif gepubliseer moet word. Die werkstuk moet voltooi word voordat toelating tot die finale eksamen van die Kolleges van Geneeskunde verleen word. Die werkstuk moet ook voltooi wees voordat die graad toegeken word. Tuisdepartement: INTERNE GENEESKUNDE

873 120 Navorsingswerkstuk

Die kapasiteit vir onafhanklike studie deur die voltooiing van ‟n werkstuk of navorsingspublikasie gedurende die finale jaar. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

59285 NEUROANATOMIE EN KLINIESE NEUROLOGIE 372 14 Neuroanatomie en Kliniese

Neurologie 3L T

Neuroanatomie: Onderafdelings van die senuweesisteem – serebrum, breinstam, kraniaalsenuwees, serebellum, diënkefalon, basale ganglia, hippokampus, hipotalamus, limbiese sisteem, outonome senuweesisteem, spinaalkoord. Beginsels en metodes van neurologiese ondersoek; letsels van die korteks en interne kapsel; koma en die bewustelose pasiënt; breinstamletsels; letsels van die ekstrapiramidale stelsel, letsels van die serebellum; rugmurgletsels. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

Page 269: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

268

11055 NEUROANATOMIE EN TOEGEPASTE REGIONALE ANATOMIE 871 20 Neuroanatomie en

Toegepaste Regionale Anatomie

Neuroanatomie en toegepaste regionale anatomie wat die anatomie van die sentrale senuweestelsel en perifere senuweestelsel insluit en regionale anatomie toepaslik tot neurochirurgie. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

16543 NEUROCHIRURGIE 875 270 Neurochirurgie

Beginsels en praktyke van neurochirurgie. Uitgebreide kennis van patologie, en kliniese en diagnostiese beelding. Hantering en chirurgie van die volgende toestande: kongenitaal, neurovaskulêr, neuro-onkologies, neurospinaal en neuro-infektief, en hantering van pyn in sowel volwassenes as kinders. Tuisdepartement: NEUROCHIRURGIE

32212 NEUROCHIRURGIE (INTERMEDIÊR) 874 30 Neurochirurgie

(Intermediêr)

Chirurgiese beginsels en spesialiteite, en intensiewe sorg. Tuisdepartement: NEUROCHIRURGIE

11056 NEUROFISIOLOGIE: EEG 874 60 Neurofisiologie: EEG

Beginsels en interpretering van EEG. Tuisdepartement: INTERNE GENEESKUNDE

11057 NEUROFISIOLOGIE: EMG 875 60 Neurofisiologie: EMG

Beginsels en interpretering van EMG Tuisdepartement: INTERNE GENEESKUNDE

Page 270: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

269

11058 NEUROPATOLOGIE 871 20 Neuropatologie

Die vaardighede en kennis om die mees algemene SSS-toestande te diagnoseer. Vertroudheid met die algemene aspekte van ‟n neuropatologie-laboratorium. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

11059 NEUROPSIGIATRIE 873 40 Neuropsigiatrie

Diagnose en hantering van neuropsigiatriese toestande Tuisdepartement: PSIGIATRIE

11060 NEURORADIOLOGIE 871 40 Neuroradiologie

Beginsels van neuroradiologiese spesiale ondersoeke; radiologiese kenmerke van neurologiese toestande Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

52299 NEUROWETENSKAPPE 371 30 Neurowetenskappe 8 weke T

Ontwikkeling en morfologie van die neuron en sentrale, perifere en outonome senuweesisteme (organisasie, oordragstowwe en reseptore); sensoriese, motoriese en integratiewe (hoër) funksies van die brein; ventrikulêre sisteem en serebrospinale vog; neuroglia en die bloedbreinskans. Lokalisasie van neurologiese letsels; afwykings van embriogenese; bewussynstoornis; verhoogde intrakraniale druk en ruimte-opnemende letsels; epilepsie; trauma van die brein en spinaalkoord; serebrovaskulêre ongeluk; balans- en bewegingsteurnisse; agteruitgang van sentrale senuweesisteemfunksie en chroniese neurologiese siekte; swakheid; hoofpyn, gesigspyn en wortelpyn; infeksie van die sentrale senuweesisteem; koste-effektiewe neurologie; algemene neurologiese noodtoestande; substansafhanklikheid en -misbruik; skisofrenie en ander psigoses; neuropsigiatrie; gemoedsteurings; angssteurings; somatoforme

Page 271: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

270

steurings en psigosomatiese siektes; geslagsidentiteit en seksualiteit; eetsteurings; impulsbeheersteuring; slaapsteurings; forensiese neurowetenskap en etiek; aanpassingsteurings, dissosiatiewe steurings, verhoudingsprobleme en konflikhantering; persoonlikheidsteurings; psigoterapie; normale en abnormale fisiese en psigiese ontwikkeling in kinders; psigogeriatrie; Suid-Afrikaanse kultuurspesifieke sindrome; visuele sisteem; oogondersoek; akute visieverlies; chroniese visieverlies; oftalmologiese noodtoestande; die oog in sistemiese siektes; adneksale en eksterne oogsiektes; motiliteitstoornisse van die oog; gemeenskapsoogsorg; gehoor en perifere balanssisteem; gehoorverlies; otalgie; otoree; komplikasies van oorinfeksies; verlamming van die sewende kraniaalsenuwee. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

17159 OFTALMOLOGIE 875 200 Oftalmologie

‟n Uitgebreide en grondige kennis van die mediese en chirurgiese aspekte van oftalmologie, sowel as toegepaste mikrobiologie en kliniese patologie word verwag. Tuisdepartement: OOGHEELKUNDE

11063 OMT – BENADERINGS EN KONSEPTE 863 20 OMT – Benaderings en

Konsepte

Huidige beginsels en toepassing van konsepte in manuele terapie en rehabilitasie, asook pynwetenskappe. Beginsels van evaluering, kliniese redenering en hantering van neuromuskulêre artikulêre sisteem. Konsepte van mediese en gedragswetenskappe. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

11064 OMT – BOONSTE KWADRANT 873 12 OMT – Boonste Kwadrant

Evaluering, toepaslike hantering en voorkoming van boonste ledemaatdisfunksie van die neuromuskulêre artikulêre sisteem met inagneming van huidige konsepte en gebaseer op beginsels van

Page 272: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

271

bewysgesteunde kliniese beredenering in ʼn biopsigo-sosiale model. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

11065 OMT – GEÏNTEGREERDE EN GEVORDERDE PRAKTYK 852 10 OMT – Geïntegreerde en

Gevorderde Praktyk

Toepassing van kliniese beredenering, integrasie van funksionele rehabilitasiemodelle en variasie van toepaslike hanteringstrategieë in die rehabilitasie van kroniese/uitgebreide/gekompliseerde neuromuskulêre artikulêre gevalle na aanleiding van huidige konsepte erken deur die Internasionale Federasie van Ortopediese Manipulatiewe Terapeute en die Wêreldgesondheidsorganisasie. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

11066 OMT – KLINIES 892 25 OMT – Klinies

Assessering, onafhanklike kliniese beredenering en hantering van pasiënte met ʼn verskeidenheid neuromuskulêre artikulêre disfunksies, en bewys van:

gevorderde praktiese vaardigheid in assessering en hantering; en rehabilitasie van ʼn pasiënt tot maksimale funksionering en

deelname. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

11067 OMT – ONDERSTE KWADRANT 882 15 OMT – Onderste

Kwadrant

Evaluering, toepaslike hantering en voorkoming van onderste ledemaatdisfunksie van die neuromuskulêre artikulêre sisteem met inagneming van huidige konsepte en gebaseer op beginsels van bewysgesteunde kliniese beredenering in ʼn biopsigo-sosiale model. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

Page 273: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

272

13031 ONTWIKKELINGSANATOMIE 771 10 Ontwikkelingsanatomie

Die onderlinge verwantskappe tussen werweldiere, met inbegrip van die mens, soos geïllustreer deur die embriologiese ontwikkeling van die Chordata. ʼn Studie van die sistemiese anatomiese ontwikkeling van die menslike embrio met verwysing na die omgewings- en ander invloede op die normale ontwikkeling en/of kongenitale afwykings. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

17183 OOR-, NEUS- EN KEELHEELKUNDE 871 160 Oor-, Neus- en

Keelheelkunde

Spesialiskennis word vereis in:

Gevorderde ONK- basiese wetenskappe ONK-medisyne ONK-chirurgie Kop- en nekchirurgie

Vier jaar ondervinding in ‟n geakkrediteerde akademiese ONK-afdeling word vereis voordat die finale ONK-eksamen afgelê mag word. Tuisdepartement: OOR- NEUS- EN KEELHEELKUNDE

45330 OOR-, NEUS- EN KEELHEELKUNDE 871 100 Oor-, Neus- en

Keelheelkunde

Drie tot ses maande ervaring in die intensiewesorgeenheid word vereis alvorens die Deel II-eksamens afgelê kan word. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

Page 274: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

273

11070 OPERASIONELE HIPERBARIESE GENEESKUNDE 773 35 Operasionele Hiperbariese

Geneeskunde

Nadat hierdie module suksesvol voltooi is, sal die mediese praktisyn in staat wees om hiperbariese suurstofterapie aan ‟n pasiënt toe te dien. Die opleiding sluit blootstelling aan hiperbariese geneeskundige praktyk in, asook die hantering van noodgevalle wat daarmee verband hou. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

11071 OPERASIONELE ONDERWATERGENEESKUNDE 773 30 Operasionele

Onderwatergeneeskunde

Nadat hierdie module suksesvol voltooi is, sal die mediese praktisyn in staat wees om aan ‟n maatskappy waarby duikers betrokke is (of enige ander groep duikers) operasionele mediese bystand te verleen, met inbegrip van die voorskryf en voorsien van rekompressie-terapie in die geval van ‟n duikongeluk. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

17221 OPTIKA 874 40 Optika

Basiese en toegepaste optika word gedek. Teen die einde van die module sal die kandidaat die vermoë moet demonstreer om ‟n suksesvolle kliniese refraksie uit te voer. Tuisdepartement: OOGHEELKUNDE

47813 PATOLOGIE (AGB) 254 7 Patologie (AGB) 2L T

Algemene Patologie: etiologie, patologie, kliniese beeld, farmakologiese aspekte, mediese en chirurgiese behandeling en prognose van verskillende toestande, in die volgende vakke: interne geneeskunde, neurologie, pediatrie, geriatrie, gemeenskapsgesondheid. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

Page 275: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

274

312 2 Patologie (AGB) 1L T

Oorsig oor klassifikasie, psigiatriese ondersoek, gemoeds-, angs-, psigotiese, kognitiewe, aanpassings-, substansverwante, persoonlikheids-, somatoforme, faktitiewe steurings, kinderpsigiatrie, roureaksie, krisishantering, malingering, psigofarmakologie. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

324 10 Patologie (AGB) 4L T

Anatomiese Patologie; Psigiatrie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

334 8 Patologie (AGB) 3L T

Chirurgie; Ortopedie; Neurochirurgie; Verloskunde en Ginekologie; Oogheelkunde; Plastiese Chirurgie. Tuisdepartement: CHIRURGIE

354 7 Patologie (AGB) 2L T

Geriatrie; Interne Geneeskunde; Neurologie; Gemeenskapsgesondheid; Pediatrie. Tuisdepartement: GEMEENSKAPSGESONDHEID

64785 PATOLOGIE-NAVORSINGSPROJEK 775 60 Patologie-navorsingsprojek

‟n Toepaslike navorsingsprojek wat vloei uit die huidige navorsing in een van die departemente/afdelings wat by die HonsBSc (Patologie)-program betrokke is, sal aan die student toegedeel word. Die aard van die projek sal bepaal word deur die elektiewe module in Anatomiese Patologie, Chemiese Patologie, Hematologie of Immunologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

12746 PATOLOGIE VIR OFTALMOLOGIE 876 40 Patologie vir Oftalmologie

Basiese en toegepaste patologie met die klem op orgaanspesifieke patologie sal bemeester word. Tuisdepartement: OOGHEELKUNDE

Page 276: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

275

65374 PERSOONLIKE EN PROFESSIONELE ONTWIKKELING 111 17 Persoonlike en

Professionele Ontwikkeling

4L T

Professionele ontwikkeling deur die vestiging van kennis, houdings, gesindhede en vaardighede. Persoonlike ontwikkeling word gefasiliteer deur sorg te dra dat die student opleidingsgeleenthede optimaal en suksesvol benut ten einde te verseker dat die student sy plek as volwaardige persoon in die breë gemeenskap sal kan volstaan. Die ontwikkeling van lees- en skryfvaardighede binne die akademiese omgewing in die algemeen en spesifiek die Gesondheidswetenskappe. Hantering en verstaan van relevante akademiese tekste, begrip vir die onderlinge teksdele, en die gebruik van vloeiende, korrekte en gepaste taal. Die ontwikkeling van basiese praat- en luistervaardighede in óf Afrikaans óf Engels óf isiXhosa binne die mediese konteks. Die aard en dinamika van die professionele konsultasie. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

11073 POST MORTEMTEGNIEKE EN BEGINSELS VAN GEREGTELIKE GENEESKUNDE 811 20 Post Mortemtegnieke en

Beginsels van Geregtelike Geneeskunde

Gedetailleerde kennis van en praktiese en interpreteringsvaardighede met ‟n post mortem en kennis van die geregtelike aspekte van patologie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

55239 PRAKTIESE KLINIESE BLOOTSTELLING 198 10 Praktiese Kliniese

Blootstelling 10L T

Blootstelling van student aan verskillende rolspelers in hospitaal, identifisering en behandeling van siektetoestande by pasiënte, wyses van inligtingverkryging via pasiënt. Belangrikheid van effektiewe kommunikasie, effektiewe visuele waarneming en kritiese beoordeling. Kennisname van die kritiese rol wat die fisioterapeut het in terme van verantwoordelikheid.

Page 277: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

276

Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

11119 PRAKTIESE NAVORSINGSPROJEK (GENEESKUNDIGE VIROLOGIE) 772 60 Praktiese Navorsingsprojek

(Geneeskundige Virologie)

Basiese Virologie, Molekulêre Virologie of Virale Immunologie Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE VIROLOGIE

47007 PRAKTYKOPLEIDING 272 17 Praktykopleiding 7P T

Blootstelling aan pasiëntsorg d.m.v. terapeutiese praktykgerigte take asook voedseldiens- en gemeenskapsvoedingsaktiwiteite, waar teoretiese beginsels in die praktyk gedemonstreer en toegepas word. Hierdie inleidende module tot isiXhosa en Afrikaans is daarop gemik om basiese en vakverwante taalvaardighede te ontwikkel. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

374 28 Praktykopleiding 12P T

Blootstelling aan en evaluering van teoretiese beginsels wat gedemonstreer en in die praktyk toegepas word. Dit sluit in pasiëntsorg d.m.v. saalrondes, voordrag en bespreking van gevallestudies en praktiese gemeenskapsvoeding- en bestuursgeoriënteerde take. Evaluering van voedingstatus en dieetaanbevelings word in isiXhosa en Afrikaans gedoen. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

13037 RADIOLOGIESE ANATOMIE 771 10 Radiologiese Anatomie

ʼn Studie van die interne strukture van die menslike liggaam met behulp van X-strale, RT- en MRB-skanderings en ander mediese beeldingstegnieke. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

Page 278: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

277

13034 REGS- EN ETIESE ASPEKTE 771 5 Regs- en Etiese Aspekte

Basiese vaardighede en kennis om verbaal en skriftelik samehangend te kommunikeer oor die huidige wetlike posisie en oor die vernaamste etiese en morele implikasies van die gebruik van mensweefsel vir opvoedkundige en navorsingsdoeleindes. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

52418 REPRODUKTIEWE SISTEEM 271 20 Reproduktiewe Sisteem 5 weke T

Die volwasse reproduktiewe sisteem: normale struktuur en funksie; menstruele afwykings; infertiliteit; kontrasepsie; aborsie; seksuele disfunksie; die bors; die menopouse; normale swangerskap; abnormale swangerskap; fetale evaluasie; normale kraam; abnormale kraam; verloskundige noodtoestande; die puerperium; organisasie en evaluasie van dienste; genetiese en kongenitale afwykings en hantering; nie-sistemiese aspekte van die neonaat. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

52329 RESPIRATORIESE SISTEEM 271 30 Respiratoriese Sisteem 7 weke T

Embriologie en ontwikkeling van die lugweë en long; respiratoriese eienskappe van die borskaswand en die torakale en pleurale holtes; boonste en onderste lugweë: struktuur; longe: struktuur en verwantskap tot respiratoriese meganika en ventilasie; ventilasie/perfusieverwantskappe binne die longe; gaswisseling en suurstoftransport; suurstofdravermoë: interaksie van die kardiale en respiratoriese sisteme; beheer van asemhaling; rol van die longe in suurbasis-ewewig; funksionele anatomie, fisiologie, mikrobiologie, patologie en farmakologie; evaluering van die respiratoriese sisteem; kop-en nekinfeksies; infeksies van die laer respiratoriese sisteem; obstruktiewe lugwegsiekte; pleurale siektes; longneoplasmas; tumore van die kop en nek; borskastrauma en postoperatiewe chirurgiese komplikasies; neonatale longsiektes; voorkoming en rehabilitasie van longsiektes; omgewinggeïnduseerde en interstisiële longsiekte; respiratoriese versaking; geïntegreerde benadering

Page 279: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

278

tot algemene respiratoriese simptome. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

13028 SELBIOLOGIE 771 10 Selbiologie

Die sel is die funksionele eenheid van die liggaam en disfunksie binne die sel hou verband met patologie. Oorerflike en omgewingsfaktore (patogene, bestraling, toksiese/karsinogeniese stowwe) is betrokke by die disfunksie van die sel wat aanleiding gee tot orgaanversaking en dood. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

18414 SIELKUNDE 114 12 Sielkunde as Wetenskap 2L, 1T T

Hierdie module bied ‟n breë oorsig van die sielkunde as ‟n wetenskap en ‟n professie, met spesifieke klem op sielkundige kwessies wat pertinent is vir die Suid-Afrikaanse konteks. Sielkunde word geposisioneer by die sameloop van ‟n aantal tradisies van navorsing en praktyk, insluitende biologiese, filosofiese en pragmatiese tradisies. Hierdie inleidende module verskaf aan studente ‟n basis vanwaar verdere studie van die dissipline benader kan word. Tuisdepartement: SIELKUNDE

144 12 Sielkunde in Konteks 2L, 1T T

In hierdie module word die basiese beginsels in Sielkunde toegepas ten einde die persoon in konteks te verstaan, met spesifieke verwysing na kern- sosiale kwessies en uitdagings in die Suid-Afrikaanse samelewing. Tuisdepartement: SIELKUNDE

Page 280: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

279

212 8 Benaderings tot Sielkundige Teorieë oor die Persoon

1.5L T

In hierdie module word sielkundige teorieë oor en beskouings van die persoon aangespreek, met verwysing na belangrike hedendaagse benaderings. Van hierdie teorieë kan sistemiese, psigodinamiese, gedrags-, kognitiewe en eksistensiële komponente insluit, met inagneming van die toepaslikheid van sielkundige teorieë vir kontekste in Afrika. S Sielkunde 114, 144 Tuisdepartement: SIELKUNDE

222 8 Sosiale Sielkunde 1.5L T

Hierdie module behandel teoretiese en metodologiese ontwikkelinge in die hedendaagse sosiale sielkunde, en ondersoek sosiale verhoudings en identiteit in die lig van sosiale kategorieë soos geslag, ras, etnisiteit en seksuele oriëntasie, met klem op die Suid-Afrikaanse konteks. S Sielkunde 114, 144 Tuisdepartement: SIELKUNDE

242 8 Menslike Ontwikkeling in Konteks

1.5L T

In hierdie module word menslike ontwikkeling bestudeer, met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse konteks. S Sielkunde 114, 144 Tuisdepartement: SIELKUNDE

252 8 Psigopatologie 1.5L T

Hierdie module bied ʼn inleiding tot konsepte van normale en abnormale gedrag vanuit verskillende perspektiewe en klassifikasiesisteme, met spesifieke verwysing na die geestesgesondheidskonteks in Suid-Afrika. S Sielkunde 114, 144 Tuisdepartement: SIELKUNDE

Page 281: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

280

318 24 Navorsingsmetodes en Data Analise in die Sielkunde

4L T

Hierdie module bied aan studente die kennis en vaardighede om navorsing in die sielkunde te beplan en uit te voer, om data voor te stel, te beskryf en te analiseer, en om die resultate van navorsing krities te interpreteer en te rapporteer. S drie modules van Sielkunde 212, 222, 242, 252 Tuisdepartement: SIELKUNDE

348 24 Sielkundige Intervensies 4L T

Sielkundiges werk binne verskeie kontekste, vanaf individuele psigoterapieë tot gemeenskapsintervensies. In hierdie module word die beginsels onderliggend aan die bydraes wat sielkundiges tot menslike gesondheid maak, ontwikkeling en individuele sowel as kollektiewe welsyn krities bespreek, met spesifieke verwysing na die hedendaagse Suid-Afrikaanse gesondheids- en geestesgesondheidskonteks. S drie modules van Sielkunde 212, 222, 242, 252 Tuisdepartement: SIELKUNDE

12272 SIELKUNDE VIR GESONDHEIDSWETENSKAPPE 242 7 Sielkunde vir

Gesondheidswetenskappe 2L T

Kliniese kommunikasietegnieke; klassieke en operante kondisionering; die invloed van die gesin en ander interpersoonlike verhoudings op gedrag; emosionele binding en ontwikkeling gedurende die babajare; psigososiale en intellektuele ontwikkeling gedurende die vroeë kinderjare en die vaslegging van gedragspatrone; persoonlikheidsontwikkeling en identiteitsvorming; aanpassings gedurende die volwasse jare, veroudering en bejaardheid; voedingsprobleme. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

57193 SITOPATOLOGIE 875 30 Sitopatologie

Gedetailleerde kennis van en praktiese en interpreteringsvaardighede in ginekologiese sitopatologie en in algemene sitopatologie en die kennis en vaardighede om die mees algemene gevalle te diagnoseer. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

Page 282: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

281

50962 SKRIPSIE 472 18 Skripsie 2L T

Studente moet ‟n navorsingstudie onderneem in Spraakheelkunde. ‟n Verslag moet aan die begin van die tweede semester gelewer word. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

19003 SOSIOLOGIE 114 12 Inleiding tot Sosiologie en

Sosiale Antropologie 3L T

Inleiding tot konseptuele en teoretiese temas in Sosiologie en Sosiale Antropologie, met inbegrip van besprekings rondom sosiale ongelykheid, sosiale stratifikasie, kultuur, identiteit (insluitend gender, „ras‟ en etnisiteit), sosialisering, en ouderdom in die konteks van ‟n lewensloop-perspektief. Hierdie temas word in sosiale teorie en metodologiese benaderings van die sosiale wetenskappe gefundeer. Tuisdepartement: SOSIOLOGIE EN SOSIALE ANTROPOLOGIE

144 12 Sosiale kwessies in Suid-Afrika

3L T

ʼn Seleksie van sosiale vraagstukke wat die kompleksiteit van die eietydse Suid-Afrikaanse samelewing reflekteer. Voorbeelde van temas sluit in: sosiale verandering; armoede en ontwikkeling; sosiale instellings soos die gesin, onderwys en religie; misdaad en sekuriteit; gesondheid, die liggaam en MIV/VIGS; politieke en ekonomiese verhoudings. Tuisdepartement: SOSIOLOGIE EN SOSIALE ANTROPOLOGIE

19267 SPESIALE FISIKA 142 8 Fisika vir

Gesondheidswetenskappe 2L, 1T T

Struktuur van materie; kinematika, statika, dinamika, warmte, temperatuur, hidrostatika, hidrodinamika, golfbeweging en elektrisiteit. Tuisdepartement: FISIKA

Page 283: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

282

13046 SPESIALISPEDIATRIE 871 240 Spesialispediatrie

Rotasies in algemene pediatrie, ambulante pediatrie, neonatologie, pediatriese intensiewe sorg, neonatale intensiewe sorg, kardiologie, pulmonologie, gastroënterologie, neurologie, neuro-ontwikkelingspediatrie, nefrologie, endokrinologie, infeksiesiektes, hematologie, onkologie en allergie. Tuisdepartement: PEDIATRIE EN KINDERGESONDHEID

46221 SPRAAKHEELKUNDE 121 12 Spraak- en

gehoorwetenskap 3L, 1T T

Fisiologiese en neurologiese basis van kommunikasie; die rol van asemhaling, resonansie, artikulasie en suprasegmentele eienskappe in spraakproduksie; terugvoer-meganismes in spraak-klank-produksie; teorieë van spraakproduksie; teorieë van spraakpersepsie; spraakpersepsie in verskillende populasies. Die anatomiese verdeling van die ouditiewe sisteem; die funksionele rol van die dele van die ouditiewe sisteem; frekwensie, intensiteit en duur van klanke. Basiese klankfisika. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

122 12 Menslike Kommunikasie 3L, 1T T

Definisies van spraak, taal en kommunikasie; die komponente van taal; verskillende tipes kommunikasie; definisies van fonasie, respirasie, resonansie en artikulasie; beginsels van normale kommunikasie-ontwikkeling; eienskappe van normale kommunikasie-ontwikkeling by kinders van 0 tot 3 jaar; gehegtheid en die implikasie vir ontwikkeling; ontwikkeling van vroeë geletterdheid en fonologiese bewustheid. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

142 6 Artikulasie- en Fonologiese Afwykings

3L, 1T T

Oorsig van die aard en omvang van artikulasie- en fonologiese afwykings; assessering en intervensie van artikulasie- en fonologiese ontwikkelingsafwykings. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

Page 284: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

283

162 12 Basiese Oudiometrie 3L, 1T T

Patologieë van die oor; teoretiese aspekte van gehoortoetsing; basiese oudiometriese toetsbattery (suiwertoon-oudiometrie, lug- en beengeleiding, maskering, spraakdrempel-toetsing, imitansiemeting van die middeloor); gevalsgeskiedenis en onderhoud; otoskopiese ondersoek en stemvurktoetse; klassifikasie van gehoorverliese. Identifikasie-oudiometrie; gehoorsifting van voorskoolse en skoolgaande kinders en volwassenes; die effek van geraas op gehoor; industriële gehoorsifting; wetgewing rakende geraas in die werksomgewing; gehoorkonservasieprogramme. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

212 6 Bevordering van Normale Kommunikasie en Voorkoming van Gestremdheid

3L, 1T T

Gesondheidsbevordering en voorkoming; vroeë identifikasie van kommunikasie-afwykings en gestremdhede; prevalensie van gestremdhede; gesondheidsbeleid; primêre gesondheidsorg; filosofiese agtergrond. (Die module kan volgens ‟n diensleerbenadering aangebied word.) Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

222 6 Kraniofasiale Afwykings 3L, 1T T

Hersiening van embriologie, anatomie en fisiologie van die orale, nasale en faringeale strukture; gesplete lip en/of verhemelte; voeding, spraak- en resonansie-eienskappe van babas en kinders met gesplete lip en/of verhemelte; intervensie vir die kliënt en familie deur die multidissiplinêre span. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

241 6 Beginsels van Bio-etiek 3L, 1T T

Beginsels van bio-etiek, naamlik goedwilligheid, nie-kwaadwilligheid, geregtigheid en respek vir outonomie (met inbegrip van die kliëntgesentreerde benadering). Etiese besluitneming. Professionele optrede en bevoegdheid. Professionele etiese kodes, met inbegrip van die SASLHA Etiese Kode en die RGSA se etiese reëls. Die posbeskrywing van die spraak-taalterapeut. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

Page 285: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

284

251 6 Taalafwykings in Spesifieke Populasies

3L, 1T T

Intervensie van spraak- en taalafwykings in spesifieke populasies. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

252 6 Stemafwykings 3L, 1T T

Anatomie en fisiologie van die fonatoriese meganisme; aard en omvang van stemafwykings; intervensie van stemafwykings; inleiding tot trageo-esofagiale stemherstelling; multidissiplinêre dienslewering. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

278 24 Taalgestremdheid 3L, 1T T

Inleiding tot en agtergrond oor kinders met primêre taalgestremdheid. Taalassessering en -intervensie vir kinders van 0 tot 3 jaar, en 4 tot 6 jaar. Assessering en intervensie vir skoolgaande kinders met taalgestremdheid. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

331 12 Intervensie vir Persone met Gehoorverlies

3L, 1T T

Die rol van die spraak-taalterapeut; die kommunikasiemodel as uitgangspunt vir rehabilitasie vir gehoorgestremde persone; rehabilitasietegnologie; akoestiek van spraak; spraakpersepsie en gehoorverlies; benaderings tot ontwikkeling van spraakpersepsie in kinders met gehoorverlies; spraak-, taal- en kommunikasieontwikkeling van kinders met gehoorverlies; evaluering van die spraak-, taal- en kommunikasievaardighede van kinders met gehoorverlies; terapiebenaderings vir die ontwikkeling van die spraak-, taal- en kommunikasievaardighede van kinders met gehoorverlies; vroeë intervensie in die gehoorgestremde populasie (beginsels onderliggend aan suksesvolle ouerleidingsprogramme, ouerondersteuning deur berading, vroeë kommunikasie-evaluering); opvoedkundige behoeftes van en uitdagings vir leerders met gehoorverlies. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

332 12 Vlotheidsafwykings 3L, 1T T

Definisie van vlotheid en normale nie-vlotheid; aard en omvang van vlotheidsafwykings; benadering tot intervensie van spraakonvlotheid by kinders en volwassenes. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

Page 286: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

285

364 6 Inleiding tot Navorsing as Beroepsfunksie

3L, 1S T

Navorsing as proses en aksie; verskeie navorsingsparadigmas; induktiewe en deduktiewe redenering; identifikasie van ‟n navorsingsprobleem; die opstel van die navorsingsvraag; definiëring en operasionalisering van konsepte; meting in navorsing. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

378 24 Neurogene Kommunikasie-afwykings

3L, 1T T

Oorsake van aangebore en verworwe neurogene kommunikasie-afwykings; klassifikasie van neurogene kommunikasie-afwykings; definisie en kommunikasie-eienskappe van afasie, spraak-motorafwykings, traumatiese breinbesering, regterhemisfeerskade en demensie; spesifieke benaderings tot die evaluering van neurogene kommunikasie-afwykings; beginsels van en benaderings tot die behandeling van neurogene kommunikasie-afwykings geassosieer met afasie, spraak-motorafwykings, traumatiese breinbesering, regterhemisfeerskade en demensie; gesinsgesentreerde en interdissiplinêre spanbenaderings tot intervensie. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

411 6 Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie

3L, 1T T

Inleiding tot AAK; simbolesisteme; beginsels van intervensie; tegnologie in AAK; AAK-intervensie vir individue met ontwikkelings- en verworwe gestremdhede; gesinsgesentreerde intervensie; multidissiplinêre intervensie. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

413 12 Disfagie 3L, 1T T

Aard en omvang van disfagie; neurologie van sluk; ontwikkeling van voeding en sluk; kliniese; instrumentele en radiologiese evaluering van sluk; benaderings tot intervensie vir neurologiese, meganiese en ander slukafwykings; multidissiplinêre spansamewerking. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

478 24 Gevorderde Seminare in Spraak-Taal- en Gehoorterapie

3L, 1T T

Geletterdheid: beginsels van geletterdheid; intervensie vir skryftaalprobleme; geletterdheidsprogramme in hoërisiko-

Page 287: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

286

gemeenskappe; spansamewerking. Beginsels van uitkomsgebaseerde onderwys in Suid-Afrika;

beginsels van leesontwikkeling en -ondersteuning; inklusiewe onderwys. Die rol van die spraak-taalterapeut in die onderwysomgewing. Toepassing van huidige onderwysbeleid en -wetgewing.

Nuwe teorieë en navorsing in spraak-taalterapie. Vernaamste benaderings tot etiese besluitneming (reëlmoraliteit,

konsekwensialisme, etiek van deugde) en metodes vir etiese besluitneming.

Sekondêre beroepsfunksies, bv. die spraak-taalterapeut as konsultant in regerings-, nie-regerings- en privaat sektore; regsverteenwoordiging en praktyk in spraak-taal- en gehoorterapie; etiese en morele praktykvoering; onderrig en opleiding van ander beroepslui; bestuursfunksies: beplanning, organisasie, implementering en monitering; bronnebeheer: personeel, finansies, tegnies, toerusting.

Gevorderde teorieë en navorsing in spraak-taal- en gehoorterapie; toepassing in die Suid-Afrikaanse konteks.

Tegnologiese ontwikkelinge in intervensie en rehabilitasie. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

57681 SPYSVERTERINGSISTEEM 271 30 Spysverteringsisteem 7 weke T

Embriologie van die spysverteringskanaal (SVK) en peritoneale holte; anterior buikwand: struktuur en oppervlakanatomie; mondholte, tong, speekselkliere en farinks: struktuur en funksie; esofagus en gastro-intestinale kanaal: struktuur en funksie; buikholte-organe: lewer, galblaas, galweë, pankreas en milt: struktuur, verhoudings, funksie. Patofisiologie en patologie van die algemene siektetoestande van die abdomen en spysverteringsisteem met kliniese korrelasie t.o.v. kenmerkende simptoomkomplekse; die mondholte, speekselkliere, farinks en esofagus; die maag en duodenum; die dunderm; die kolon en appendiks; die lewer, galweë en pankreas; die buikwand, diafragma, retroperitoneum en peritoneale holte; abdominale noodtoestande: trauma, die akute buik en gastro-intestinale bloeding; funksionele spysverteringstoestande; die uitwerking van sistemiese siektes en medies-chirurgiese hantering op die spysverteringsisteem; pediatriese gastro-enterologie en abdominale chirurgie.

Page 288: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

287

Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

65765 STATISTIESE BEGRIPPE EN REKENAARVAARDIGHEDE 197 12 Statistiese Begrippe en

Rekenaarvaardighede 2L, 2P T

Die module het ten doel om addisionele hulp te verskaf aan studente t.o.v. die module Gesondheid in Konteks 111 van die fondasiefase van die MB,ChB-program, en veral binne die tema Risikofaktore vir Siekte en Gesondheidsbevordering. Basiese kennis oor die meting van gesondheid en siekte word opgedoen, risikofaktore word bepaal en die beginsels van gesondheidsbevordering en bewysgebaseerde gesondheidsorg word op ‟n basiese vlak bemeester. Studente met ‟n agterstand in rekenaarvaardigheid sal baat vind by hierdie module wat onderrig in Webstudies, die Universiteit se intranet, e-pos en bedryfstelsels, en die internet en soekenjins insluit. Bestuur van kliniese data wat die insameling, stoor, rangskikking en grafiese voorstelling daarvan insluit, word bemeester. Fokus is op rekenaarvaardigheid en klem word geplaas op die gebruik van Microsoft Word en Microsoft Excel om data statisties te ontleed en bevindinge in die vorm van ‟n verslag weer te gee. Relevante konsepte en die onderliggende beginsels om kliniese data statisties te ontleed met rekenaarprogrammatuur word verduidelik wat die terminologie van inleidende en beskrywende Biostatistiek en Epidemiologie insluit. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

55204 STRATEGIESE KOMMUNIKASIE 199 16 Kommunikasievaardighede 4L T

Generiese taalvaardighede soos luistervaardighede, professionele mondelinge aanbiedings, leestegnieke, akademiese skryfvaardighede en denkvaardighede word binne die konteks van studie in die Gesondheidswetenskappe ontwikkel. Elementêre navorsingstegnieke word behandel en studievaardighede deurlopend opgeskerp. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

Page 289: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

288

11087 TEORETIESE GENEESKUNDIGE FISIOLOGIE 771 60 Teoretiese Geneeskundige

Fisiologie

Seminare oor capita selecta, navorsingsartikel-evaluasie, tydskrif-tutoriale en kopkrapperprojekte. Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE FISIOLOGIE

11129 TEORIE VAN GENEESKUNDIGE VIROLOGIE 771 60 Teorie van Geneeskundige

Virologie

Weefselkultuur en isolasie: selkultuurtegnieke, direkte immunofluoressensie Serologie: ELISA-metode Molekulêre Virologie: DNS-isolasie, PKR-volgordebepaling Sellulêre Immunologie: PBMS-isolasie, sellulêre fenotipering (met inbegrip van FACS-analise) Tuisdepartement: GENEESKUNDIGE VIROLOGIE

50849 TERAPEUTIESE VOEDING 244 10 Terapeutiese Voeding 2L, 2P T

Interpretasie van biochemiese metings en hematologie, en terapeutiese dieetaanpassings. Insig in die mediese agtergrond en behandeling van siektes; mediese dokumentasie; toegepaste voedingstatusevaluering by spesifieke siektetoestande; kennis van en insig in die rol van voeding in die etiologie en behandeling van voedingverwante siektes/toestande; implementering van teoretiese beginsels in die praktyk; gevallestudies van pasiënte met verskeie siektetoestande. Praktika: Evaluering van voedingstatus; beplanning van voedingondersteuning van die relevante toestande. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

378 35 Terapeutiese Voeding 4L, 5P T

Insig in die mediese agtergrond en behandeling van siektes; mediese dokumentasie; voedingstatusevaluering; kennis van en insig in die rol van voeding in die etiologie en behandeling van voedingverwante siektes/toestande, sowel as die praktiese implementering van ‟n voedingsplan; voedingsondersteuning (enterale en parenterale voeding);

Page 290: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

289

bywoning van en deelname aan saalrondtes vir implementering van teoretiese beginsels in die praktyk; gevallestudies van pasiënte met verskeie siektetoestande. Nutrigenomika. Pediatriese voeding. Praktika: Evaluering van voedingstatus, beplanning en implementering van voedingondersteuning en opvolg van pasiënte se behandeling. Voordrag van gevallestudies tydens voedingsaalrondtes. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

478 58 Terapeutiese Voeding 10P T

Toepassing van voeding- en gedragswetenskappe, asook die studie van voedsel, in die totale voedingsorg van pasiënte deur die verskaffing van voedingvoorligting en dieetvoorskrifte. Studente ontwikkel vaardighede in die vier basiese komponente van terapeutiese voeding, nl. behoeftebepaling, beplanning, implementering en evaluering van voedingsorg in verskeie siektetoestande (gevallestudies met voordrag van gevalle tydens saalrondtes; dieselfde konsepte word by buitepasiëntklinieke beoefen). Deelname aan dieetkundige en mediese saalrondtes; neem verantwoordelikheid, onder toesig, vir die totale voedingsorg van pasiënte in geselekteerde sale. Beplanning van enterale en parenterale voedingsprotokolle; hantering van pasiëntstatistiek; benutting van die rekenaar in terapeutiese voeding. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

56367 TESIS 872 90 Tesis

Tydens die tweede jaar moet die student ‟n navorsingsprojek afhandel en ‟n bevredigende tesis daaroor inlewer. Die navorsingsprojek moet toepaslik wees vir die vakgebied Spraakheelkunde en die aard en omvang word deur die afdelingshoof bepaal. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

873 90 Tesis

Tydens die tweede jaar moet die student ‟n navorsingsprojek afhandel en ‟n bevredigende tesis daaroor inlewer. Die navorsingsprojek moet toepaslik wees vir die vakgebied Oudiologie en die aard en omvang word deur die afdelingshoof bepaal. Tuisdepartement: SPRAAK-TAAL- EN GEHOORTERAPIE

Page 291: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

290

13053 TESIS (FISIO – OMT) 894 90 Tesis

Beginsels van navorsingsmetodologie. Skryf van ʼn navorsingsprotokol en verkryging van etiese goedkeuring. Beplanning, uitvoering en verwerking van en rapportering ten opsigte van ʼn navorsingsprojek. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

46264 TOEGEPASTE ANATOMIE 117 12 Toegepaste Anatomie 3L, 1P T

Algemene struktuur van die liggaam, weefsel, die skelet, kop en nek, toraks, en spiere van asemhaling, abdomen en byspiere van asemhaling. Histologie. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

13045 TOEGEPASTE BASIESE WETENSKAPPE 871 100 Toegepaste Basiese

Wetenskappe

Breë oorsig oor menslike biologie op genetiese, molekulêre en sellulêre vlak. Normale anatomie en fisiologie van alle orgaanstelsels van die menslike liggaam met inbegrip van die immuunstelsel. Fisiologiese veranderinge van pasgeborene, kind en adolessent. Patofisiologiese veranderinge as gevolg van siekte. Beginsels van laboratorium- diagnostiese metodes en beeldingstegnieke. Farmakoterapeutiese beginsels. Beginsels van mediese etiek. Beginsels van epidemiologie en navorsingsmetodes met inbegrip van statistiese ontleding. Tuisdepartement: PEDIATRIE EN KINDERGESONDHEID

52159 TOEGEPASTE FISIOTERAPIE 373 66 Toegepaste Fisioterapie 2L, 2P T

Keuse, toepassing en aanpassing van fisioterapeutiese beginsels op basiese en meer komplekse pasiëntbeelde met inbegrip van neurologiese, ortopediese, pulmonologiese en dermatologiese probleme in babas, kinders, adolessente, volwassenes en bejaardes; kliniese besluitnemingsprosesse. Multi- en interdissiplinêre spanwerk en

Page 292: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

291

verwysings. Basiese oorsig oor die uitwerking van farmakologiese middels. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

473 19 Toegepaste Fisioterapie 3L, 6P T

Keuse, toepassing en aanpassing van fisioterapeutiese beginsels op geselekteerde komplekse gevalle. Integrasie van alle aspekte van pasiënthantering. Tuisdepartement: FISIOTERAPIE

64769 TOEGEPASTE HISTOLOGIE EN HISTOPATOLOGIE 776 4 Toegepaste Histologie en

Histopatologie

Algemene Anatomiese Patologie: kenmerke, klassifikasie en insidensie van siektes; diagnostiese patologie in kliniese praktyk; respons op selbesering; iskemie, infarksie en skok; immunologie en immunopatologie; inflammasie; karsinogenese en neoplasie. Tegnieke en diagnostiese modaliteite wat in Anatomiese Patologie gebruik word. Beginsels van fiksering; weefselprosessering; weefselvoorbereiding; histochemie en ensiem-histochemie. Tuisdepartement: ANATOMIESE PATOLOGIE

11830 TOEGEPASTE VOEDSELWETENSKAP 254 14 Toegepaste

Voedselwetenskap 4L, 4P T

Sensoriese evaluering; voedseleksperimente, en ontwikkeling en evaluering van terapeutiese resepte; beginsels van spyskaartbeplanning en noodspyskaarte; metodes van voedselpreservering en die effek daarvan op die kwaliteit en voedingswaarde van voedsel; verpakking van voedsel; toepassing van HACCP; nanotegnologie; aspekte van geneties gemodifieerde en organiese voedsel. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

52337 UROGENITALE SISTEEM 271 30 Urogenitale Sisteem 7 weke T

Nier-/urologiese temas: Embriologie van die urogenitale sisteem; die nier: struktuur en funksie; globale renale funksie: glomerulêre, tubulêre en

Page 293: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

292

versamelbuisfunksie; renale bloedvloei en glomerulêre filtrasie; regulering van normale sout- en waterbalans; vogkompartemente: samestelling/veranderings en kwantifisering; rol van die nier in suurbasisewewig; die urienweë: struktuur en funksie in urienvervoer; blaas: struktuur en funksie. Genitale/reproduktiewe temas: struktuur en funksie van die manlike genitale sisteem; struktuur en funksie van die vroulike reproduktiewe sisteem. Nierversaking; hematurie; proteïenurie; blaas: urineretensie en inkontinensie; obstruksie van die boonste urienweë; infeksies van die urienbaan; urienbaanstene; neoplasmas van die urienbaan; genitale stelsel: skrotale swelling; peniele letsels; urogenitale trauma; pelviese pyn; vaginale afskeiding en genitale ulsera; genitale prolaps; tumore van die vroulike genitale traktus. Tuisdepartement: GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE SENTRAAL

13030 VERGELYKENDE ANATOMIE 771 10 Vergelykende Anatomie

Die vergelykende anatomie van sekere orgaansisteme in uitgesoekte verteenwoordigende vertebraatspesies met inbegrip van algemeen gebruikte proef- en huisdiere. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

20923 VERLOSKUNDE 872 120 Verloskunde

Die module bestaan uit algemene verloskunde, gemeenskapsverloskunde, hoërisiko-verloskunde en moeder- en fetale geneeskunde. Tuisdepartement: VERLOSKUNDE EN GINEKOLOGIE

64750 VLOEISITOMETRIE 775 4 Vloeisitometrie

Fluorochrome, antiliggaammerkers, immunofluoressensie, spektrale oorvleueling en kompensasie. Gebruik van vloeisitometer en toepaslike sagteware. Immunobiologie-CD4-monitering en absolute tellings. Sel-oppervlak en intrasellulêre kleuring. Mono- en multikleurtegnieke vir sel-oppervlakmerkers. Tuisdepartement: ANATOMIE EN HISTOLOGIE

Page 294: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

293

36080 VOEDING 142 29 Voeding 9L, 3P T

Tema 1: Energiemetabolisme. Kennis, insig, interpretasie en toepassing van die voedingstofaanbevelings vir makrovoedingstowwe in die lig van hormonale en metaboliese interverwantskappe. Metabolisme en voedingsimplikasies van alkohol. Tema 2: Kennis, interpretasie en toepassing van en insig in voedingstofaanbevelings vir mikrovoedingstowwe; inleidende kennis oor funksionele voedsel en antioksidantfunksies van mikrovoedingstowwe; hulpmiddels by dieetbeplanning, met inbegrip van dieetgidse; uitvoering van ‟n mini-voedingsprojek wat die ontleding en interpretasie van dieetrekords insluit. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

57800 VOEDING EN DIEETKUNDE 843 45 Voeding en Dieetkunde

Enige kombinasie van drie beskikbare elektiewe studie-eenhede mag gekies word vir die voltooiing van hierdie module*: aspekte van kwaliteitsversekering: HACCP; basiese pediatriese voeding; diabetes mellitus; voedingsondersteuning (enteraal en parenteraal); entrepreneurskap; etiek in voeding; finansiële bestuur; voedselsekuriteit; gastro-intestinale siektetoestande; gesondheidsbevordering; arbeidsverhoudinge; hantering van voedselallergieë; nutrigenomika; voeding en MIV/vigs; onkologiese voeding; renale voeding; sportvoeding; diagnostiese tegnieke van voedingstatus I (antropometrie); diagnostiese tegnieke van voedingstatus II (dieetmetodologie); diagnostiese tegnieke van voedingstatus III (biochemies, klinies en liggaamsamestellingstegnieke).

‟n Minimum van vier studente per studie-eenheid word benodig voordat die onderwerp beskikbaar sal wees.

As alternatief tot die kombinasie van drie elektiewe studie-eenhede kan die NOMA (Norad‟s Programme for Master‟s Studies)-opsie gekies word. Die NOMA-opsie bestaan uit drie sub-eenhede (Voeding, Menseregte en Regeringspraktyke I, II en III) wat deur die Universiteit van Stellenbosch in Suid-Afrika, Noorweë en Uganda aangebied word in samewerking met die Universiteite van Oslo en Akershus (Noorweë) en die Universiteit van Makerere

Page 295: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

294

(Uganda). Studente moet bereid wees om na hierdie lande te reis vir ʼn tydperk van ses weke per land. Studie-eenhede word in die geval van voltydse studie befonds deur Noorweë en studente kom in aanmerking vir ʼn tweejaar-studiebeurs. Slegs ʼn beperkte getal studente word jaarliks gekeur.

*Terapeutiese Voeding-opsies is slegs beskikbaar vir studente met die relevante voorgraadse kwalifikasies. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

46957 VOEDING IN DIE LEWENSIKLUS 214 15 Voeding in die

Lewensiklus 3L, 1P T

Studie van voedingsbehoeftes, voedingsorg en die mees algemene voedingverwante probleme, asook die voorkoming en behandeling hiervan in die onderskeie stadiums van die lewensiklus (swangerskap, laktasie, baba en jong kind, adolessent, volwassene en bejaarde). Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

56049 VOEDINGSEPIDEMIOLOGIE 842 45 Voedingsepidemiologie

Voedingsmonitering, voedingsepidemiologie, navorsingsmetodiek en epidemiologie ten opsigte van voedingsafwykings. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

11828 VOEDINGSTATUSBEPALING 144 12 Voedingstatusbepaling 3L, 3P T

Bestudering en praktiese toepassing van tegnieke beskikbaar vir die evaluering van die voedingstatus van ‟n individu en die gemeenskap (dieetmetodiek, antropometrie, liggaamsamestellingsbepaling, kliniese ondersoek, inleiding tot biochemiese interpretasie). Demonstrasie en interpretasie van basiese bepalings van liggaamlike fiksheid met behulp van nie-indringende metodes en roetine-ondersoekmetings (uriene-glukose en -minerale, vingerprik-bloedglukose, hemoglobien en cholesteroltoetse). Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

Page 296: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

295

36072 VOEDSEL 144 14 Voedsel 3L, 3P T

Voedingstofsamestelling, chemiese struktuur en bepaalde chemiese en fisiese eienskappe van voedsel; algemene konsepte ten opsigte van voedselbronne vir proteïene: vleis, vis, hoender, eier, gelatien, melk en getekstureerde plantproteïene; vrugte en groente; vette en olies; algemene konsepte ten opsigte van grane, deeg, beslag en rysmiddels. Verduideliking van die invloed van verskillende voedselbereidingsmetodes. Inleiding tot spyskaartbeplanning. Praktiese oefening om verskillende konsepte vas te lê. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

52086 VOEDSELDIENSBESTUUR 476 37 Voedseldiensbestuur 10P T

Praktiese blootstelling aan verskillende voedseldienssisteme. Beplanning van normale en terapeutiese keusespyskaarte en uitvoering van resepontwikkeling. Kritiese waarneming van en aktiewe deelname aan alle aspekte van effektiewe voedseldiensbestuur, met inbegrip van beplanning, implementering, voorraad- en kwaliteitsbeheer, kliënttevredenheid en menslikehulpbronne-, mense- en finansiële bestuur. Sanitasie, higiëne en voedselveiligheid, en implementering van HACCP. Blootstelling aan die bestuur van uitgekontrakteerde voedseldienseenhede. Toepassing van relevante wetgewing en etiese beginsels. Diensleer-komponent: dienslewering aan gemeenskapsvennote (Tygerberg Akademiese Hospitaal, Departement van Gesondheid en privaat hospitale) volgens hulle behoefte. Blootstelling aan en betrokkenheid by die voedseldienskomponent van dienslewering by gemeenskapsgebaseerde platforms in Ukwanda. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

11829 VOEDSELPRODUKSIE EN -SISTEME 214 20 Voedselproduksie en -

sisteme 3.5L, 3P T

Rol van die dieetkundige in die voedselindustrie. Beplanning en evaluering van die uitleg en ontwerp van voedseldienseenhede; aankoop en instandhouding van toerusting; ergodinamika en veiligheid in die werksomgewing; inleiding tot verskillende sisteme van voedselbereiding en -bediening; rantsoenskale en resepstandaardisering. Implementering van

Page 297: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

296

voedselstandaarde en toepaslike wetgewing; die proses van voedselaankope (met inbegrip van spesifikasies en tenders), voedselvoorbereiding en bediening; voorraadkontrole, afvalbestuur en gehaltebeheer. Sanitasie, higiëne en voedselveiligheid (met inbegrip van HACCP); kliënttevredenheid. Etiese aspekte in die voedseldiens. Twee dae praktiese waarneming in ‟n voedseldienseenheid. Tuisdepartement: MENSLIKE VOEDING

21687 XHOSA 178 24 Inleiding tot Xhosa Taal

en Kultuur 3L, 1T

Klassifikasie van die Afrikatale. Taalbeplanning en taalbeleid vir die Afrikatale. Die kommunikasievaardighede praat, luisterbegrip, lees en skryf in sosio-kulturele kontekste. Kultuurperspektiewe en taalverwante kultuurkonvensies relevant vir basiese kommunikasie in Xhosa. Die grammatika van Xhosa relevant vir die aanleer van kommunikasievaardighede in Xhosa. Inleiding tot die taalkunde van Xhosa. Inleiding tot kommunikasie in outentieke voorgeskrewe tekste uit die gedrukte media (koerant, tydskrif). Inleiding tot die letterkunde van Xhosa. Opmerkings 1. Studente wat Xhosa of Zulu Eerste Taal vir die Matrikulasie of daarmee gelykstaande eksamen geslaag het, mag nie Xhosa 178 vir graaddoeleindes volg nie, maar wel Xhosa 188. 2. Studente in Spraak-Taal- en Gehoorterapie I en die Verlengde Graadprogram vir Spraak-Taal- en Gehoorterapie I aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe word volgens die uitslag van ‟n taalvaardigheidstoets in Xhosa 178 of Afrikaanse Taalverwerwing 178 of 188 geplaas. 3. Geen vorige kennis van Xhosa word vereis nie. Tuisdepartement: AFRIKATALE

Page 298: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

297

5. NAVORSINGS- EN

DIENSINSTANSIES

Buro vir Bio-Ingenieurswese

Die Buro is gesetel in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en die Tygerberg-hospitaal met toegang tot die fasiliteite van die Fakulteit Ingenieurswese van die Universiteit van Stellenbosch. Die doelstellings van die Buro is die koördinering, beskikbaarstelling en bevordering van bio-ingenieurswese. Dit behels die identifisering van probleemareas en die uitvoering van ontwerptake en doenlikheidstudies in kliniese en laboratoriumnavorsing wat gespesialiseerde en gevorderde kennis op die gebied van bio-ingenieurswese vereis.

Desmond Tutu TB-Sentrum

Die Desmond Tutu TB-sentrum (www.sun.ac.za/tb) is ‟n akademiese navorsingsentrum in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Die Sentrum se hoofkantoor is op die Tygerbergkampus, met satellietkantore in verskeie gemeenskappe wat deur TB en swak gesondheid geaffekteer word. Die Desmond Tutu TB-sentrum se missie is om gesondheid onder weerlose groepe te verbeter deur beleid te beïnvloed aan die hand van nuwe kennis uit navorsing wat fokus op gesondheidsfaktore – veral TB en MIV. Hiervoor word daar nou saamgewerk met die Departement Gesondheid en plaaslike gemeenskappe. Die Sentrum bied opleiding aan akademiese en gesondheidsorgpersoneel, bou kapasiteit in die Universiteit en die Departement Gesondheid, lewer dienste aan gemeenskappe en tree raadgewend op ten opsigte van TB en gesondheid.

DST/NRF Sentrum van uitnemendheid vir Biomediese

Tuberkulosenavorsing (CBTBR)

Die CBTBR is een van ses sentrums van uitnemendheid wat deur die Nasionale Navorsings- en Ontwikkelingstrategie van die Suid-Afrikaanse regering geskep is. Die Departement van Wetenskap en Tegnologie het die sentrums gestig en hulle word geïmplementeer deur die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika. Die CBTBR bestaan sedert Julie 2004 en toon die regering se toewyding om ‟n oplossing vir tuberkulose, een van die land se mees dreigende siektes, te vind. Die CBTBR bestaan uit twee internasionaal erkende tuberkulose-navorsingsinstansies, te wete die Afdeling van Molekulêre Biologie en Mensgenetika aan die Universiteit van Stellenbosch en die NHLS-

Page 299: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

298

laboratorium aan die Universiteit van die Witwatersrand. Dié gesamentlike kundigheid en ervaring maak dit moontlik om by te dra tot nasionale en internasionale pogings om tuberkulose te beheer, asook om ‟n leerskool te skep vir opkomende biomediese wetenskaplikes van uitstaande gehalte. Die navorsingsprogram van die CBTBR omsluit ‟n breë spektrum van aktiwiteite, vanaf basiese navorsing wat poog om ‟n beter begrip te ontwikkel van die TB-bakterie se vermoë om vinnig te versprei, tot die toepassing van navorsingsbevindinge in kliniese praktyk asook in voorkomingsprogramme. Laasgenoemde sluit multidissiplinêre navorsing in wat daarop gemik is om ‟n beter insig in die epidemiologie van die siekte te verkry, asook om toepaslike merkers van sowel die bakterium as die gasheer te identifiseer waardeur die ontwikkeling van nuwe diagnostiese tegnieke bespoedig kan word.

Eenheid vir Angs- en Stressteurings (US/MNR)

Steurings van die psige is besig om een van die belangrikste bydraers tot gesondheidsprobleme te word, in ontwikkelende sowel as ontwikkelde lande. Die eenheid vir Angs- en Stressteurings is laat in 1997 gestig met die mandaat om:

spesifiek te fokus op navorsing oor angssteurings, met inbegrip van posttraumatiese stressteuring;

‟n multidissiplinêre benadering tot dié toestande aan te moedig; ‟n biopsigososiale fokus te inkorporeer; die bewusmaking van hierdie toestande in die gemeenskap te

bevorder; die nodige kapasiteit op te bou.

Die navorsing behels ‟n breë spektrum, met inbegrip van laboratoriumwerk, proewe by die bed, benutting van dieremodelle, genetiese studies, asook verskeie tersaaklike aspekte van gemeenskapsielkunde en -kultuur. Die praktiese implementering van die bevindings in die belang van die gemeenskap, soos deur die Eenheid se Geestesgesondheid-inligtingsentrum wat ‟n 24-uur-inbeldiens insluit, geniet hoë prioriteit.

Kraniofasiale Eenheid: Tygerberg-Hospitaal

Die Kraniofasiale Eenheid hanteer hoofsaaklik kongenitale afwykings waarvan gesplete lip en gesplete verhemelte die algemeenste is. Vanweë die bekendheid van die Eenheid word pasiënte met ander kongenitale gesig- en skedeldeformiteite vanaf verskeie ander provinsies hierheen verwys. Die Eenheid funksioneer gewoonlik op ‟n interdissiplinêre grondslag deur deelname aan neurochirurgie, kaak-, gesig- en mondchirurgie, ortodonsie, oogheelkunde, arbeids- en fisioterapie, ens.

Page 300: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

299

Navorsingsentrum vir kliniese voeding van die

Universiteit van Stellenbosch (CNRRC (US))

Status Die Sentrum is ‟n koördinerende en rigtinggewende instelling vir navorsing en opleiding van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch, in die veld van kliniese voeding en verwante terreine. Die Sentrum setel in die Afdeling Menslike Voeding en rapporteer aan die Fakulteitsraad van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

Missie Die Sentrum is verbind tot die ontwikkeling van uitnemendheid in kliniese voeding en ander verwante velde van voedingnavorsing.

Doelstellings Die Sentrum strewe na die:

Aanmoediging en uitvoering van oorspronklike, fundamentele en toegepaste navorsing, parallel met die opleiding van nagraadse studente in kliniese voeding en ander verwante velde van voeding.

Handhawing en instandhouding van die hoogste moontlike etiese standaarde.

Ontwikkeling en instandhouding van strategies belangrike areas van uitnemendheid ten einde relevante bydraes op plaaslike gebied te lewer, asook om voortdurend sy aansien internasionaal te versterk.

Ontwikkeling en ondersteuning van sy personeel om hulle volle potensiaal as navorsers te verwesenlik.

Fasilitering van optimale groei en ontplooiing van kundigheid en infrastruktuur in die Fakulteit en Universiteit, vir die beoefening van navorsing en opleiding in die kliniese voedingsveld en ander verwante velde van voeding, op die hoogste moontlike vlak van bevoegdheid.

Noue samewerking met relevante akademiese instellings en die privaat sektor in Suid-Afrika, Afrika en internasionaal.

Stimulering en handhawing van samewerking met ander rolspelers op elke vlak in Suid-Afrika, Afrika en internasionaal.

Verwerwing van die status van ‟n Sentrum van Uitnemendheid in Suid-Afrika, Afrika en internasionaal.

Voorsiening van ‟n voedingkundige diens in evaluering van voedingstatus in Suid-Afrika, Afrika en internasionaal.

Page 301: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

300

Voorsiening van ‟n adviserende diens op die gebied van kliniese voeding en ander verwante velde van voedingnavorsing in Suid-Afrika, Afrika en internasionaal.

Verspreiding van voedinginligting gebaseer op navorsingsbevindinge in Suid-Afrika, Afrika en internasionaal.

Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg (SBGS)

Die doel van die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg (SBGS) (www.sun.ac.za/cebhc) is om bewysgebaseerde gesondheidsorg (BGS) in voor- en nagraadse onderrig te ontwikkel en te bevorder; om BGS-ondersteuning en -hulpbronne aan alle professionele gesondheidsorgpersoneel beskikbaar te stel, sodat die hoogste standaard van gesondheidsorg gehandhaaf kan word; en om die gebruik van BGS in gesondheidspraktyk en -beleid deur die regering, nie-regeringsorganisasies en die privaat sektor te verbeter. Die sleutelaktiwiteite van die SBGS is navorsing, onderrig en kennisoordrag. Navorsing: Die SBGS konsentreer op die uitvoering van sistematiese oorsigte en meta-analises van hoë gehalte; op navorsing oor struikelblokke vir en vaardighede ter bevordering van die gebruik van beste bewyse in gesondheidspraktyk en -beleid; en op die toets van ingrypings wat daarop gemik is om bewysgebaseerde besluite te bevorder. Onderrig: Die SBGS onderneem ‟n groot verskeidenheid BGS-opleiding waaronder:

Die integrasie van BGS-kennis en -bevoegdheid as ‟n sleutelvaardigheid in die voor- en nagraadse onderrig van dokters, verpleegkundiges en ander professionele gesondheidsorgpersoneel wat aan die US opgelei word.

Opleiding van en tegniese ondersteuning aan meestersgraad- en doktorale studente in die uitvoering van sistematiese oorsigte van hoë gehalte – óf as ‟n navorsingsprojek vir ‟n meestersgraad óf as ‟n afdeling van ‟n doktorstesis.

Opleiding van dosente in die onderrig van BGS en die uitvoering van navorsing in die veld van BGS.

Ondersteuning van die MSc (Kliniese Epidemiologie)-program en ander verwante graad- en diplomaprogramme wat BGS as fokuspunt insluit.

Oordrag van Kennis: Die SBGS bevorder die gebruik van beste bewyse in besluitneming ten opsigte van gesondheidsorg, asook die benutting van beste bewyse in gesondheidsorgbeleid en -praktyk. Dit word bereik deur bewys-evaluerings saam te stel wat gebaseer is op toegang tot, evaluasie van en interpretasie van sistematiese oorsigte oor spesifieke vrae, en deur

Page 302: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

301

navorsingsbevindinge aan belangegroepe oor te dra. Hierdie belangegroepe sluit die algemene publiek, die media, professionele gesondheidsorgpersoneel en beleidvormers in.

Sentrum vir Infeksiesiektes (SIS)

Die SIS is ‟n multidissiplinêre entiteit wat die voorkoming en beheer van infeksies en infeksiesiektes, op streeks- en nasionale grondslag, in die Suid-Afrikaanse gemeenskap ondersoek. Die doel is om ‟n wetenskaplik gegronde diens met betrekking tot die voorkoming, diagnose en behandeling van infeksiesiektes te lewer. Die Sentrum sal sy grondslag van wetenskaplike kennis en vaardighede deur die aanbieding van ‟n groot verskeidenheid formele (op voor- en nagraadse vlak) en informele onderrig- en opleidingsprogramme oordra. SIS integreer die volgende dissiplines as medewerkende funksionele gebiede op ‟n gedeelde dienste- en akademiese platform:

die funksionele gebied van infeksiesiektes by volwassenes, die funksionele gebied van pediatriese infeksiesiektes, die funksionele gebied van die patologie van infeksiesiektes, die funksionele gebied van die voorkoming en beheer van infeksie, aspekte rakende openbare gesondheid by die Eenheid vir

Infeksiesiektes by die Tygerberg-hospitaal, die maatskaplike en etiese aspekte van infeksiesiektes, en die molekulêre biologie van infeksiesiektes, as ʼn basiese

wetenskaplike hulpmiddel ter ondersteuning en ontwikkeling van die kliniese wetenskappe.

SIS streef die volgende oogmerke na:

Navorsing: Die verbetering van die begrip van infeksies en infeksiesiektes in ons gemeenskappe ten opsigte van die patogenese, epidemiologie, voorkoming, behandeling en versorging daarvan.

Onderrig en opleiding: Die voorsiening van ʼn platform vir formele voor- en nagraadse programme oor verskeie aspekte van infeksie en infeksiesiektes. Die onderrig- en opleidingsplatform sal ook as wegspringplek dien vir kort en informele kursusse vir diegene in gesondheidsorg.

Diens: Diensverskaffing op die gebiede van diagnose, bestuur, en infeksiebeheer en -voorkoming.

Page 303: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

302

Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg (SMER)

Die oogmerk met die Sentrum vir Mediese Etiek en Reg in die Departement van Geneeskunde aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch is om op die onderrig en praktyk van mediese en navorsingsetiek te fokus en dit te verbeter. Die bedoeling is om professionele gesondheidsorgwerkers in staat te stel om morele nadenke met die vereistes van die praktyk te kombineer, op sowel voorgraadse as nagraadse vlak. Verder streef die Sentrum daarna om steun en hulpbronne wat etiek betref aan professionele gesondheidsorgwerkers te verskaf sodat hulle gesondheidsorg van die hoogste standaard kan praktiseer, en om die gehalte van die regering, nieregeringsorganisasies en die privaat sektor se beraadslaging oor etiese sake te verbeter wat gesondheidsorgbeleid en -praktyk betref. Die kernbedrywighede van die SMER is onderrig, navorsing en dienslewering. Onderrig: Die SMER onderneem onderrig oor ‟n wye spektrum, byvoorbeeld:

Integreer etiekkennis en -vaardighede as ‟n kernvaardigheid in die voorgraadse en nagraadse opleiding van dokters en ander professionele gesondheidsorgwerkers wat aan die US opgelei word.

Lei nagraadse studente op magister- en doktorale vlak in verskeie gesondheidsorgdissiplines op en hou oor hulle toesig.

Lei navorsingsetiekkomiteelede in Afrika as deel van die ARESA-program (vir die bevordering van navorsingsetiekopleiding in suidelike Afrika) op om die Nagraadse Diploma in Gesondheidsnavorsingsetiek te behaal.

Lei onderrigpersoneel by wyse van die maandelikse etiek-besprekingsgroep op om etiek in alle vakgebiede sowel as in kontak met pasiënte te onderrig.

Lei navorsers in goeie kliniese praktyk op. Verskaf steun aan ander programme asook verbandhoudende graad-

en diplomaprogramme wat etiek as fokusarea insluit. Navorsing: Die SMER is daarop ingestel om empiriese navorsing van hoë gehalte uit te voer wat sowel kwantitatief as kwalitatief van aard is en wat op belangrike vrae in mediese en navorsingsetiek fokus. Die Sentrum bied ook studieleiding vir nagraadse projekte oor navorsingsetiek. Diens: Die SMER bied aan dokters in die privaat praktyk ‟n konsultasiediens oor etiek per inbeldiens en per e-pos. ‟n Konsultasiediens oor etiek word ook aan Tygerberg Hospitaal verskaf by wyse van die Tygerberg Komitee vir Kliniese Etiek en ad hoc-noodkonsultasies. Bedrywighede met betrekking tot voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) word onderneem in die vorm

Page 304: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

303

van VPO-praatjies oor etiek en ‟n intydse program oor VPO wat aansluit by die boek oor etiek wat die Sentrum uitgegee het.

Sentrum vir Molekulêre en Sellulêre Biologie (US/MNR)

Die Sentrum is in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gestig met gesamentlike steun van die MNR, die US en die destydse KPA (tans PAWK). Die besluit om hierdie Sentrum in die lewe te roep, is gegrond op die dringende behoefte om eie kundigheid oor gesofistikeerde molekulêre biologiekundigheid te ondersteun en te ontwikkel, asook om aan die groeiende biotegnologiese eise van die navorsings- en nywerheidsektore te voldoen. Molekulêre biologie en veral die vermoë om gene te manipuleer (met inbegrip van amplifisering, klonering, analise en modifikasie van DNS-fragmente), het ‟n totaal nuwe insig gegee in biologie en die begrip van die lewensprosesse. Dit is verder uiters belangrik dat hierdie ontwikkelinge aangewend word om plaaslike siekteprobleme beter te verstaan en te hanteer. Die Sentrum gebruik hierdie gevorderde en ontwikkelende tegnieke in die bestudering van infeksiesiektes (veral tuberkulose, die infektiewe organismes en die gasheer se immuunrespons), genetiese siektes, veral hartsiektes (om bv. pre-/postnatale diagnoses te maak), kanker (met inbegrip van familiële kankers) en die immuunsisteem. Die mandaat van die Sentrum behels nie net navorsing en nagraadse opleiding nie, maar ook die belangrike funksie om as sentrale verwysingspunt vir die ontwikkeling van kundigheid oor molekulêre biologie te dien. Dit sal kleiner navorsingsgroepe wat by ander Suid-Afrikaanse universiteite met MNR-steun werk, verder verstewig deur advies, opleiding en logistiese ondersteuning.

Sentrum vir Navorsing en Opleiding in Mensgenetika

(GENRED)

Die Sentrum vir Navorsing en Opleiding in Mensgenetika (GENRED) is gesetel in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch. Projekte in mensgenetika word tans in sewe departemente/afdelings en twee ander sentrums in die fakulteit bedryf. Die stigting van die sentrum in 2003 het voorsien in die behoefte aan ‟n erkende koördinerende liggaam om die ontwikkeling van hierdie hoë-impakgebied van navorsing, opleiding en tegnologie te fasiliteer en te rig. Die sentrum het ten doel om oorspronklike, fundamentele en toegepaste navorsing op die gebied van mensgenetika te stimuleer en te koördineer, en betrokke te wees by die opvoeding, onderrig en opleiding van studente en die gemeenskap. Die sentrum streef daarna om hierdie doelstellings te bereik in samewerking met ander nasionale en internasionale belanghebbendes.

Page 305: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappestbweb01.stb.sun.ac.za/jaarboek/2013/2013_WEB... · Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

304

Sentrum vir Rehabilitasiestudies

Die Sentrum vir Rehabilitasiestudies is ‟n gesamentlike onderneming tussen die Universiteit van Stellenbosch en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap. Dit word in die gebouekompleks van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe op die Tygerbergkampus gehuisves. Die Sentrum is ‟n koördinerings- en rigtinggewende inrigting wat toegespits is op uitnemendheid met betrekking tot die huidige behoeftes van gevorderde interdissiplinêre studies, navorsing en dienslewering op die terrein van gestremdesorg en rehabilitasie. Hierdie doelwitte word bereik deur die onderrig en opleiding van gesondheidsorgpersoneel uit verskillende rigtings, om hulle beter toe te rus om as konsultante en leiers op die gebied op te tree. Die betrokke beroepslui se vaardighede en vermoëns word op verskillende terreine uitgebou, onder andere kliniese besluitneming, kennis en vaardighede, bestuursvermoë, navorsing, onderrig en sosiopolitiese aanvoeling. Die Sentrum is gekoppel aan die Afdeling Gemeenskapsgesondheid sover dit die aanbied van kursusse en programme, asook gehaltebeheer betref. Die Sentrum se missie word ondersteun deur die toepassing van die beginsels wat betrokke is by primêre gesondheidsorg en word bereik deur samewerking met ander instellings op die gebied van gestremdesorg en rehabilitasie.