eldo-info nuusbrief 7 februarie 2020...die reën het ons oefenkamp op 25 januarie gekelder, maar die...

6
Eldo-Info Nuusbrief 7 Februarie 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK Wie is jy? Waar werk jy? Waarvandaan kom jy? Hierdie is seker vrae wat ons almal al moes beantwoord het. Dis nogal logiese vrae wat mens iemand vra wat jy pas ontmoet het en met wie jy ‘n gesprek wil aanknoop. En wat jou ook ‘n kykie in sy agtergrond en sy lewe kan gee. Jona is ook gepeper met hierdie vrae (Jona 1:8). Die matrose op die skip was oortuig dat Jona die rede was, dat hierdie woeste seestorm hulle getref het. Daarom het hulle probeer uitvind wie en wat hy is. Hulle het geweet daar is iets “anders” aan hom. Is dit nie so dat, wanneer mens met Christene in aanraking kom, mens sommer net kan aanvoel dat daar iets anders is wat hulle motiveer, dat hulle iets anders in hul binneste het, dat hulle iets anders uitstraal met hul woorde en dade? Die Bybel sê ons moet gereed wees met ‘n antwoord as iemand vir ons vra waarom ons “anders” is. “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe” (1 Petrus 3:15). Die antwoord wat Jona gegee het: “Ek dien die Here die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het.” (Jona 1:9) Ten spyte daarvan dat hy van die Here probeer wegvlug het en al sou sy antwoord hom in die moeilikheid laat beland het, het hy steeds onbeskaamd sy getuienis gegee. Is ons gereed met ons antwoord?

Upload: others

Post on 04-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • ELDO-INFO 2017

    Eldo-Info Nuusbrief – 7 Februarie 2020

    www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

    GEDAGTE VIR DIE WEEK

    Wie is jy? Waar werk jy? Waarvandaan kom jy? Hierdie is seker vrae wat ons almal al moes beantwoord het. Dis nogal logiese vrae wat mens iemand vra wat jy pas ontmoet het en met wie jy ‘n gesprek wil aanknoop. En wat jou ook ‘n kykie in sy agtergrond en sy lewe kan gee. Jona is ook gepeper met hierdie vrae (Jona 1:8). Die matrose op die skip was oortuig dat Jona die rede was, dat hierdie woeste seestorm hulle getref het. Daarom het hulle probeer uitvind wie en wat hy is. Hulle het geweet daar is iets “anders” aan hom. Is dit nie so dat, wanneer mens met Christene in aanraking kom, mens sommer net kan aanvoel dat daar iets anders is wat hulle motiveer, dat hulle iets anders in hul binneste het, dat hulle iets anders uitstraal met hul woorde en dade? Die Bybel sê ons moet gereed wees met ‘n antwoord as iemand vir ons vra waarom ons “anders” is. “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe” (1 Petrus 3:15). Die antwoord wat Jona gegee het: “Ek dien die Here die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het.” (Jona 1:9) Ten spyte daarvan dat hy van die Here probeer wegvlug het en al sou sy antwoord hom in die moeilikheid laat beland het, het hy steeds onbeskaamd sy getuienis gegee. Is ons gereed met ons antwoord?

    http://www.hseldo.co.za/

  • 2

    AKADEMIE

    MERIETE AANDE

    Indien ‘n leerder ‘n merietesertifikaat verwerf het, sal dit tydens ‘n formele graadopening oorhandig word en nie tydens

    die amptelike Meriete Aandfunksies nie.

    AANKONDIGING VAN AKADEMIESE TOP 20

    Die akademiese Top 20 sal tydens die vierkantopening op 10 Februarie, voor die skool aangekondig word. Dit is die

    eerste vierkantopening na afloop van die meriete aande.

    TOETSROOSTER

    Die toetsrooster is vanaf 31 Januarie reeds beskikbaar.

    AFBAKENING

    Afbakening van waaroor leerders toets skryf, is op 31 Januarie, in harde kopie uitgedeel in leerders se vakperiodes. Die

    graad 8’s en 9’s se afbakening is in hulle voogklasse uitgedeel.

    ELDO TV

    OPNAMES

    Gaan loer gerus na die vogende opnames van verskeie aktiwiteite by die volgende skakels:

    1. Interhuis: https://digitv.co.za/#/video/18336/23255/Vod 2. Graad 8-Inligtingsoggend: https://digitv.co.za/#/video/16885/23155/Vod 3. EVP-Program: Dag 1 - https://digitv.co.za/#/video/16886/23157/Vod Dag 2 - https://digitv.co.za/#/video/16960/23218/Vod 4. Graad 8-Ontheffing: https://digitv.co.za/#/video/18387/24576/Vod 5. Groentjiekonsert: https://digitv.co.za/#/video/18375/24553/Vod

    SPORT

    TENNIS

    Die jaar het afgeskop met die Gauteng-Noord Kampioenskappe. Jonathan Thomson in graad 10 het aan die 0/19-

    kampioenskappe deelgeneem van 20 – 24 Januarie by Groenkloof se bane. Hy het 34ste uit 54 geëindig – baie geluk!

    Stephan Hart (graad 9) en Mireille de Kooker (graad 8) het aan die 0/15-Gauteng-Noord Kampioenskappe deelgeneem

    van 27 – 31 Januarie. Dit het onderskeidelik by Groenkloof en LC De Villiers se bane plaasgevind. Stephan het 23ste

    geëindig. Baie geluk.

    Daagwedstryde vir die senior seunsspanne is aan die gang en die laaste daagwedstryd mag op Maandag, 17 Februarie,

    geregistreer word.

    OEFENTYE:

    Maandagoggende 06:15 – 07:15

    Maandagmiddae 14:15 – 16:00

    Donderdagoggende 06:15 – 07:15

    https://digitv.co.za/#/video/18336/23255/Vodhttps://digitv.co.za/%23/video/16885/23155/Vodhttps://digitv.co.za/%23/video/16886/23157/Vodhttps://digitv.co.za/%23/video/16960/23218/Vodhttps://digitv.co.za/%23/video/18387/24576/Vodhttps://digitv.co.za/#/video/18375/24553/Vod

  • 3

    HOKKIE

    Op Vrydagmiddag, 24 Januarie, het die A-span afrigters ‘n baie suksesvolle vergadering gehad. Waardevolle inligting vir

    die seisoen is bespreek. Al die afrigters is baie opgewonde en entoesiasties vir die komende seisoen.

    Die reën het ons oefenkamp op 25 Januarie gekelder, maar die 0/16-seuns het ‘n goeie bordsessie gehad. Fano Blignaut

    het die bloudruk verduidelik vir die komende seisoen.

    Op Maandag, 27 Januarie, het die dogters ‘n baie suksesvolle oggendfiksheidsessie gehad.

  • 4

    TROMPOPPIES

    Op 1 Februarie, het die Trompoppies opgetree tydens die Twizza Atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Pretoria.

  • 5

    KULTUUR

    KOORKAMP

    Die Eldo-Ridente het die afgelope naweek hulle jaarlikse koorkamp gehou by die Joy Unspeakable-kampterrein op die

    oewer van die Roodeplaatdam. Die koor is vergesel deur mnr Ferdinand Liebenberg (dirigent), mnr Ferdi Liebenberg

    (begeleier en stemafrigter), me Elaine Pretorius (koorpromotor) en Me Hanlica Erasmus (Kooradministrasie). Ons is

    begroet deur uiters vriendelike personeel, pragtige groen grasperke en die mooiste oefenarea/kapel. Drie stemafrigters

    het daar by ons aangesluit om te help met die aanleer van die eerste liedere van die jaar.

    Na vele oefensessies is alles Saterdag bymekaar gesit en die koor klink fantasties! Saterdagaand is afgesluit met ‘n

    inhuldigingsfunksie wat gesorg het vir hoendervleis.

    Sondagoggend het die ouers ook by die kamp aangesluit en na ‘n kort diens het die leerders hulle nuwe liedere vir die

    ouers gesing. Daar was trane. ‘n Ouervergadering is gehou en ‘n ouerforum is begin vir 2020.

    Die kamp was ‘n reuse sukses wat aanleer van note, stemontwikkeling en gees betref. Die etes voorsien deur die

    personeel was besonders, die slaapgeriewe uitstekend en die kampterrein van die beste gehalte.

    Ons sien baie uit na 2020!

  • 6

    LIEF EN LEED

    Juffrou Marié Joubert het ‘n knie-operasie ondergaan en sterk tans aan.

    Me. Almari Janse van Rensburg, nou Burger, het op 1 Februarie getrou.

    VERJAARSDAE

    Baie geluk aan die volgende personeellede wat onlangs verjaar het. Ons wens julle ‘n besonderse lewensjaar toe vol

    vreugde en voorspoed!

    Juf. Jossie Grobler Me. Lizelle Hugo Juf. Hester Swart

    (3 Feb. 2020) (6 Feb. 2020) (6 Feb. 2020)