eldo-info nuusbrief 22 mei 2020...eldo-info 2017 eldo-info nuusbrief – 22 mei 2020 • tel: 012...

10
Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens is dat elke gesin ‘n geseënde Hemelvaart beleef het op Donderdag, 21 Mei 2020. Mag die Vader se genade en vrede oor julle rus in hierdie onseker tye en mag jul daagliks Sy volmaakte liefde ervaar. Gaan kyk gerus na die Hemelvaart boodskap wat Christo Viljoen aan die Eldoraigne gemeenskap gebring het by: https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/242598627005851/

Upload: others

Post on 07-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

ELDO-INFO 2017

Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020

www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

GEDAGTE VIR DIE WEEK

HEMELVAART

Ons wens is dat elke gesin ‘n geseënde Hemelvaart beleef het op Donderdag, 21 Mei 2020. Mag die Vader se genade

en vrede oor julle rus in hierdie onseker tye en mag jul daagliks Sy volmaakte liefde ervaar.

Gaan kyk gerus na die Hemelvaart boodskap wat Christo Viljoen aan die Eldoraigne gemeenskap gebring het by:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/242598627005851/

Page 2: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

2

BOODSKAPPE AAN ELKE GRAAD:

GRAAD 8

Beste graad 8-Eldo

Ons as graad 8-groep wil vir u as ouergemeenskap baie dankie sê vir die wyse waarop u gereageer het op die uitdagings

ten opsigte van elektroniese toerusting, data en skedules vir klastye. Elke huishouding het sy eie behoeftes en

uitdagings. Ons wil u verseker dat besluite rakende hierdie proses nie ligtelik opgeneem word nie en dat die skool,

tesame met die verskillende rolspelers, hard daaraan werk dat ons leerders se beste belange voorkeur geniet. Ons

vriendelike versoek aan u is om u kind te ondersteun en te motiveer in hierdie tyd.

Ons graad 8’s het in hierdie verband ‘n verpligting om ons akademiese werk so getrou en volledig moontlik te voltooi,

om sodoende die akademiese jaar suksesvol te kan afsluit. Ons graad 8’s is gelukkig in dié opsig dat ons die graadkamp,

die EVP-program, die Groentjiekonsert en die formele inhuldiging as ware Eldo’s, reeds kon afhandel. Hoe bevoorreg is

ons nie dat almal deel hieraan kon hê nie!

Vakveranderings vir die graad 8-leerders word slegs toegelaat aan die einde van hierdie jaar met die oog op 2021. U kan

u Graadhoofde kontak in verband hiermee, in kwartaal 3. Verdere inligting rakende vakveranderings sal aan u

gekommunikeer word.

Ons vertrou dat ons u spoedig weer by die skool sal sien.

GRAAD 9

Beste graad 9-Eldo

Daar is baie sosiale aktiwiteite, sport- en kultuurgeleenthede wat nie hierdie jaar gaan kan plaasvind nie, as gevolg van

die COVID 19-pandemie. Ons besef dat julle teleurgesteld is oor die geleenthede waaraan julle nie gaan kan deelneem

nie, maar julle veiligheid is egter vir ons die eerste prioriteit.

Baie dankie dat julle ingeskakel het by die aanlyn Teams-lesse, sodat ons hoofprioriteit wat akademie is, kan voortgaan.

Die leerlingaktiwiteit wat ons graad raak, is die graad 9-vakkeuse aand. Ons kan op hierdie stadium die volgende aan

julle kommunikeer, terwyl ons wag vir die Departement van Basiese Onderwys se aangepaste skoolkalender wat in die

Gazette geplaas moet word:

Graad 9 Vakkeuses vir 2021: Toetsing deur ons

eie sielkundiges

Begin van Kwartaal 3

Vakkeuse aand – moontlik virtueel aanbied Twee weke na toetsing

Vakkeuses finaliseer Einde van Kwartaal 3

GRAAD 10

Beste graad 10-Eldo

Covid 19: ‘n virus wat ons alledaagse lewe en gemeenskap swaar ontwrig. Die trauma wat daarmee gepaard gaan,

ontwrig ons op verskillende vlakke: geestelik, emosioneel, ekonomies, liggaamlik en ekologies. Dit skep partykeer

geweldige hoë vlakke van angs en paniek. Jy as graad 10-leerder wou so graag deelneem aan die FNB Classic Clash. Jy

wou so graag by ander aktiwiteite betrokke wees, jy wil so graag met jou maats sosialiseer.

Page 3: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

3

Hierdie dinge is nou eers vir ‘n tydperk van jou ontneem en sal weer in die toekoms vir jou beskore wees, maar nou

moet ons eers berus en glo dat alles weer na normaal sal terugkeer, want dit sal!

Vandag wil ek vir jul dankie sê. Dankie dat jul so mooi ingeval het by die aanlyn-onderwys, dankie dat jy elke dag in al jou

“klasse” is en saam met die onderwysers werk. Dankie dat jy jou huiswerk so mooi doen. Dankie dat jy jou vriende

motiveer en positief hou. Elkeen van jul is regtig spesiaal. Hierdie tydperk is ook kosbare gesinstyd - daarom moet jy

dankie sê vir jou ouers se liefde, dat hul so baie vir jou omgee, dat hul sorg dat jy data het, dat hul sorg dat jy in jou

“klasse” is en dat hul daar is vir jou in hierdie ‘vreemde” tyd.

Jul graad 10-leerders is ‘n besonderse groepie en daarom weet ons jul gaan sterker hier uitkom en alles baie meer

waardeer! As gelowige word ons gedra deur die liefde, nie deur vrees of paniek nie. Deur ons hande en voete is ons die

draers van Goeie Nuus – die hoop wat God hierdie wêreld bied.

GRAAD 11

Beste graad 11-leerders en ouers

In hierdie onsekere tye, sal ons doelwit altyd wees om julle met inligting te bemagtig, wat moontlike vrae kan

beantwoord en vrese kan stil. Ons wil jul gerusstel oor die beplanning rondom aksies wat op die oorspronklike graad

11-kalender was:

Die LR verkiesing sal definitief hierdie jaar plaasvind. Die moontlike tydgleuf waarna gekyk word, is aan die

einde van Kwartaal 3. Meer inligting sal volg sodra die beplanning en kalender amptelik aangepas is.

Die Modeparade word jaarliks deur die graad 11’s gereël, maar dié aksie is onderhewig aan ‘n besluit oor die

Matriekafskeid. Ons staan gereed om op enige datum of situasie te reageer.

Die Sun City daguitstappie vir die jaar is vir nou afgestel, omdat ons die veiligheid en gesondheid van ons

leerders as prioriteit ag. Reëlings oor ander opsies sal volg namate die regulasies vir sosiale skoolaksies deur die

owerhede aangepas word.

Ons sal nuwe inligting met julle deel soos dit bekend gemaak word. Dankie vir elkeen se volgehoue ondersteuning in

hierdie tyd.

Opregte Eldo-groete

AKADEMIE

BELANGRIKE INLIGTING TYDENS GRENDELTYD

Ons hoop dat u en u gesin in hierdie tyd veilig is en met ‘n positiewe ingesteldheid die nuwe uitdagings wat aan ons

almal gebied word, die hoof bied.

Ons beleef die nuwe denke ten opsigte van onderwys as uitdagend, dog baie opwindend. Die uitdagings wat aan ons as

onderwyspersoneel gebied word, het veroorsaak dat ons kreatief en innoverend moes begin dink oor kommunikasie en

onderrigmetodes. U is reeds welbekend met die konsep van selfgerigte leer en dat die fokus nie meer primêr op

onderwyser gesentreerde leer kan wees nie.

Die terugkeerplan vir die skool sal in fases aan u gekommunikeer word, soos die grade in fases moet terugkeer skool

toe.

Die graad 12- leerders keer 1 Junie terug, waarna die ander grade in fases infaseer sal word.

U kind se onderrig sal steeds aanlyn plaasvind, selfs wanneer hul fase van terugkeer aanbreek. U sal vooraf ‘n volledige

dokument ontvang met riglyne ten opsigte van die vereistes vir die terugkeer van u kind.

Page 4: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

4

SPORT

SAGTEBAL

Ons hoop julle het die woordsoek in die vorige uitgawe geniet en dat julle daardie spesiale woord ook kon vind.

Hiermee die anwtoorde van die woordsoek:

S A F E B F G V B M E

A T S T A G M I T H L

G Y O F T B A T J O D

A A E L T P C W S M O

E L S Y E I H E J E S

B P T S R N S E L P A

G E R C S A B R W L G

L C I O B T R A I A T

H R K R O C L G S T E

I O E E X K L V E E B

T F Q H O M E R U N A

R J W C H A T B A L L

Hou die Eldo-Info dop vir alle Sagtebal inligting en verrassings wat nog gaan volg!

Sagtebal-groete

Juffrou Zanne-Marié Pienaar

TENNIS

Ons hoop almal is nog fiks en gesond gedurende die tydperk! Daar is natuurlik baie onsekerheid van wanneer ons weer

op die baan kan wees. Tennis SA is verseker ons dat dit so vroeg as moontlik sal wees.

Die Internasionale Tennis Vereniging (ITF) het ook hierdie voorgestelde reëls aangebring vir wanneer ons weer mag

speel:

Examples of some of the suggested measures include:

Players remain at least 2m from one another and have no physical contact (such as a post-match handshake) Players go around opposite sides of the net at changeovers Players use separate sets of balls (and mark them clearly prior to play) Players should not share equipment (rackets, towels, water bottles, etc.) Only singles matches should be played

Page 5: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

5

Ek is seker julle het al die verskillende volley challenges gesien op sosiale media wat die rondte doen . Ek daag julle almal uit om te kyk hoeveel vlughoue jy kan doen in 1 minuut en dit dan te deel op ons tennisgroepe. Daar sal van volgende week af oefeninge en video’s rondom taktiek en meer gedeel word op hierdie groepe.

Tennis-groete

Coach Fanie Janse van Rensburg

KRIEKET

Gaan kyk gerus na ons krieket-akademie, Cricket 101, se video’s vir week 3 op ons webblad. Maak seker jou vaardighede

bly opgeskerp tydens die inperking by:

https://www.hseldo.co.za/cricket101

Krieket-groete

Meneer Abré Vollgraaff

HOKKIE

Dit is weer Maandag tyd vir ons Zoom-kuier. Ian Hartley, ‘n sportsielkundige en

spesialis kom met ons gesels. Hy gaan tema’s soos kultuur in sport en kognitiewe

optrede aanraak. Die Zoom-link sal aan alle hokkiespelers gestuur word.

Daar gaan binnekort ‘n spesiale verrassing vir alle graad 7-hokkiespelers

aangekondig word. Hou ons sosiale media en Toekomstige Eldo’s

(@toekomstige_eldos) Instagram bladsy dop vir hierdie opwindende aksie!

Hokkie-groete

Richard Pautz en Chad Petersen

Ian Hartley

Page 6: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

6

SOSIAAL

ELDO-EINSTEIN

Page 7: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

7

KULTUUR

REDENAARS

Die volgende gedeelte is geskryf deur Jayden Berry. Jayden is in Graad 9 en verseker nog ‘n puik redenaar om mee rekening

te hou! Haar teenstaanders vrees haar, die beoordeellaars bemin haar en die gehore hang aan elke woord. Dankie dat jy

steeds jou talent met ons deel, Jayden!

Voorsitter, dames en here…

2020 is ‘n jaar van beperkinge, ‘n jaar van inperkinge, maar nog steeds kraai Redenaars en Orators KONING!!!

Redenaars en Orators is dié lekkerste aktiwiteit vir my op skool.

Al my vriende stem saam dat ek ‘n groot babbelbek is en dat dit moeilik is om ‘n woordjie in te kry met my in die omtrek.

Met Redenaars en Orators kry ek die geleentheid om lank en aanhoudend te praat sonder enige onderbrekings. Hierdie

aktiwiteit kweek by my die selfvertroue om enige tyd en enige plek standpunt in te neem, buite die boks te dink en mense

te oortuig dat my standpunt die een is om te glo.

Dis ‘n GROOT voorreg dat my geliefkoosde aktiwiteit steeds tydens die grendeltydperk kan voortgaan met kreatiewe

oplossings wat deur verskeie kompetisies aangebied word.

Die aanstuur van Video’s en “live” sessies op die BlueJeans toep is beslis nie my eerste keuse nie, maar as jy so lief is vir

redenaars soos ek, dan maak jy ‘n plan anders gaan jy beslis agter bly.

Glo my, dis baie vreemd om jou toespraak net vir ‘n kamera te lewer, want die effek en gevoel wat die adrenalien

veroorsaak wanneer jy voor ‘n gehoor en beoordelaars staan, kan nie vervang word nie, al kan jy bietjie verneuk en die

stop-knoppie druk en … oor begin ;)

Al kom 2020 se nuwe norm met groot uitdagings, beperkinge en inperkinge, sê ek dankie vir tegnologie, wat vir my en my

mede-redenaars ‘n nuwe platform bied, maar die grooste dank gaan aan Liewe Jesus dat ek steeds my talent kan uitleef!

Winston Churchill het gesê: “There is nothing like oratory; it is a skill that can turn a commoner into a king” en ek stem

heelhartig met hom saam.

Jayden Berry

Page 8: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

8

KUNS

Page 9: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

9

TONEEL

My naam is Duandré Vorster, ‘n Graad 11 leerder in Hoërskool Eldoraigne. Ek het Hoërskool Eldoraigne gekies met die

visie om ‘n nuwe hoofstuk van my lewe te begin, minwetend dat ek my passie vir drama hier sou ontdek.

Dit het als gebeur toe ek my eerste rol in die juniorproduksie, Vetbusters, losgeslaan het en beste Junior Akteur gewen

het. Vetbuster was die eerste juniorproduksie wat in die skool se geskiedenis deurgedring het na die Interntoneelfees se

Top 5. Dit was die begin van my toneel en drama loopbaan. Die volgende jaar het ek in die skool se vlagskiptoneel, Eden,

gespeel. Ons het ‘n tweedeplek behaal by die ATKV Tienertoneelfees en was gekroon as die wenners van Aardklop

Pronkpodium. In 2019 was ek in die produksie Lentelus en was deel van ATKV Tienertoneelfees se Top 5. Dit was ‘n

wonderlike ervaring toe ek saam my vriende kon deelneem en Stellenbosch kon besoek.

Toneel vir my is soos ‘n nuwe gesin, waar ons saam kan lag en saam kan huil. Hoërskool Eldoraigne beteken vir my

ongelooflik baie en het vir my ‘n hele nuwe wêreld oopgemaak. Anaïs Lotz en Pieter Reyneke is nie net my vriende nie,

maar ook my mede toneelspelers. Ons stap die toneelpad al van graad agt af saam. Ons het saam getoer, saam gewen en

saam verloor en dit het ons nie gekeer om ‘n volgende toneelstuk aan te pak nie.

Die raad wat ek aan toekomstige toneelspelers kan gee is, daar sal altyd ‘n akteur, aktrise of selfs toneelstuk wees wat

beter as jy gaan wees, en daarom moet jy hard werk vir dit wat jy liefhet, die toneellewe. En die belangrikste komponent

is om net elke oomblik te geniet!

Duandré Vorster

GRAAD 12-LOOPBAAN INLIGTING

BESKIKBARE INLIGTING

Alle graad 12-leerders kan belangrike inligting rakende voorgraadse studies vanaf Tuks, UJ en Varsity College raadpleeg

op die volgende platforms raadpleeg:

Communicator. Bronne, Leerlingakiwiteite;

LO Teams-klasse onder files.

FINANSIES

TOERGELDE

Dankie aan al die ouers wat vir ons terugvoer gegee het rakende die terugbetaling van toergelde. Ons is tans in proses

om die toergelde te rekonsilieer en sal volgende week die proses finaliseer. Ons waardeer u geduld en ondersteuning

rakende die aangeleentheid.

Page 10: Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens

10

LIEF EN LEED

PERSONEEL VERJAARDAE

Baie geluk aan die volgende personeellede wat onlangs en binnekort verjaar tydens die inperking. Ons wens julle ‘n

besonderse lewensjaar toe vol vreugde en voorspoed!

Juf. Adri Strydom Mnr. Vian Steynen

(25 Mei 2020) (27 Mei 2020)

MYSCHOOL

Nou kan jy ons skool deur die MySchool App ondersteun. Laai vandag die MySchool App op jou selfoon af en registreer

Hoërskool Eldoraigne as die skool van jou keuse. Dankie vir die volgehoue ondersteuning van ons skool!