eenheid 2 plante en diere se strukture › afr › images › graad_4... · doc scientia - hand- en...
TRANSCRIPT
51Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
2.1.1 Basiese strukture van plante
2.1.2 Funksies van plantdele
2.1.3 Verskillende soorte plante
2.1 Plante se strukture
2.2.3 Verskillende soorte diere
2.2.1.1 Gewerweldes
2.2.1.2 Ongewerweldes 2.2.2 Funksies van die verskillende dele
2.2.1 Basiese strukture van diere
2.2 Diere se strukture
Plante en diere se strukture
Eenheid 2
plante en dierese strukture
52
Lewe en lewende dinge
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
In hierdie eenheid gaan ons meer oor strukture leer. Ons gaan na die strukture van plante en diere kyk.
Wat is ’n struktuur? ’n Struktuur is al die dele waaruit iets bestaan en die manier waarop dit aanmekaargesit is.
In Graad 4 gaan ons net na die basiese strukture kyk. Jy sal in komende grade nog meer in diepte oor strukture leer.
2.1 Plante se struktuur
2.1.1 Basiese struktuur van plante
’n Plant se struktuur is die dele waaruit die plant bestaan en hoe dit aanmekaargesit is. Dit is belangrik dat jy die verskillende dele ken en kan identifiseer.
Hallo!! Het ek iets gehoorvan ’n muis?
Wat in die ...?
Aktiwiteit 3Datum: ..................................
Werk saam met die res van jou klas.
Kyk na die diagram hier langsaan. Dit is die basiese struktuur van ’n plant.
53
Eenheid 2: Plante en diere se strukture
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
Watter verskillende dele van die plant kan jy in die diagram sien? Skryf die verskillende dele neer.
.....................................................................................................................................................................................
.....................................................................................................................................................................................
.....................................................................................................................................................................................
Kyk na die diagram hieronder. Daar is byskrifte aan die diagram gegee. Dit dui die verskillende dele van die plant aan.
Die basiese struktuur
van ’n plant
blaar
vrug
saad
stingel
blom
wortel
54
Lewe en lewende dinge
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
Nota: Jy hoef nie hierdie verskillende tipes wortels te leer nie.
1. Wortels
Alle plante het wortels. Meeste plante se wortels groei onder die grond. Wortels is gewoonlik die eerste deel wat begin groei.
Whaaaahhh!! Die plant kan praat!!
Aaaaahh ! !
haarwortels,
bv.
rysplante
kruipwortels,
bv.
klimopboom
penwortels,
bv.
wortels
knolwortels,
bv.
patats
Verskillende plante het
verskillende soorte wortels.
Hier is ’n paar voorbeelde
van verskillende
soorte wortels:
55
Eenheid 2: Plante en diere se strukture
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
Aaaaahh ! !
HOE is dit moontlik?
Aaarrhhh!!
Jy het my bak
gebreek!!
AAAARRRHH!!
EK KAN MY
WORTELS SIEN!!!
HELP!!!
2. Stingel
Somtyds word die stingel ook die stam genoem. Dink byvoorbeeld aan ’n boom. Die stingel of stam groei bo die grond. Dit is die gedeelte waaraan die blare of takke geheg is. Dit is gewoonlik bruin of groen.
3. Blare
Die meeste plante se blare is groen. Blare verskil in grootte en vorm.
Sekere begonias het
nie groen blare nie.
Dit is rooi of selfs
donkerpers.
56
Lewe en lewende dinge
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
4. Blomme
’n Wêreld sonder blomme sou vaal en vervelig gewees het. Blomme is gewoonlik die heldergekleurde deel van die plant. Blomme kom in verskillende groottes en vorms voor.
5. Vrugte
Vrugte kom in verskillende kleure, vorms en geurevoor.
57
Eenheid 2: Plante en diere se strukture
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
6. Sade
Sade kom gewoonlik binne die vrug voor en is meestal diekleinste deel van die plant.
Kyk hier!
2.1.2 Funksies van plantdele
In hierdie gedeelte gaan jy leer wat elke deel se funksie of doel is. Wat is ’n funksie? ’n Funksie is werk wat iets verrig of die doel waarom dit bestaan.
Al die dele van die plant vervul ’n belangrike funksie. Dit help die plant om te leef en voort te bestaan. Jy het klaar geleer uit watter dele ’n plant bestaan. Kom ons kyk nou na die funksie van elke deel.
1. Wortels
58
Lewe en lewende dinge
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
Die wortels van plante het drie belangrike funksies:• Dit anker die plant in die grond. Wat beteken
dit? Die wortels hou die plant stewig. Dit keer dat die plant omval. Dit keer ook dat wind die plant wegwaai.
• Die wortels trek (absorbeer) water en minerale uit die grond uit. Minerale is ’n voedingstof. Dit help die plant om te voed.
• Sommige plante se wortels is ’n bron van voedsel vir mense en diere.
Mense eet byvoorbeeld wortels, radyse en aartappels.
2. Stingel/stam
Die stingel van ’n plant het vier belangrike funksies:
• Die stingel hou die plant regop bo die grond.
• Die stingel dra die blare, blomme en vrugte van die plant.
• Die stingel vervoer water en minerale na die res van die plant. Die stingel is amper soos ’n tonnel.
Diere soos vlakvarke vreet ook die wortels van plante.
59
Eenheid 2: Plante en diere se strukture
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
• Die stingel verbind die wortels met die res van die plant. Dit is hoe water en minerale van die wortels na die res van die plant vervoer word.
• Sommige plante se stingels is ’n bron van voedsel vir mense en diere. Voorbeelde is aspersies, suikerriet en seldery.
3. Blare
Blare het twee belangrike funksies:
• Blare maak voedsel vir die plant. Die plant se groen blare gebruik sonlig en koolsuurgas uit die lug uit om voedsel te maak.
• Sommige plante se blare is ’n bron van voedsel, veral vir sekere diere.
Die proses waar plante hulle
eie voedsel maak, word
fotosintese genoem. Jy sal
meer oor fotosintese
in Graad 5 leer.
Ek weet nie wat
was
daai blou goe
d in die
fles nie ... maa
r nou
kan ek praat!
Ek weet ek kan fotosinteer, maar soms is ’n bederfie lekker. Ek sal jou help om daai muis te vang as jy my sal help om ’n vlieg te vang.
60
Lewe en lewende dinge
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
Diere soos kameelperde, koedoes en olifante vreet almal die blare van plante.
Spinasie, blaarslaai en kool is blare wat voedsel aan mense en diere verskaf.
4. Blomme
Die blomme van plante het een hooffunksie. Dit help volwasse plante om voort te plant.
Hoe help die blomme daarmee?• Blomme bevat ’n stof wat
stuifmeel genoem word. • Blomme is gewoonlik mooi
en ruik lekker. Dit lok diere soos bye en suikerbekkies.
• Die stuifmeel sit aan hierdie diere vas wanneer hulle aan die blom raak.
61
Eenheid 2: Plante en diere se strukture
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
• Wanneer die dier na die volgende blom toe skuif, versprei hulle die stuifmeel.
• Dit help die plant om vrugte en sade te maak. So kan die plant dan voortplant. Het jy geweet bye is ’n bedreigde
spesie? Dit beteken dat daar baie
min lewende bye in die wêreld
oor is. Moet dus nooit enige
bye doodmaak nie.
5. Vrugte
Vrugte het twee belangrike funksies:• Dit hou en beskerm die sade. Amper alle sade kom binne vrugte voor.
Die vrug vorm ’n “huisie” vir die sade en beskerm die sade.• Vrugte verskaf voedsel vir mense en diere.
62
Lewe en lewende dinge
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
Kan jy aan ’n voorbeeld dink
waar die sade buite die vrug
sit? Natuurlik! Aarbeie is so
voorbeeld. Mens kan die klein
sade van aarbeie aan die
buitekant sien.
Vrugte en groente vorm deel van ’n
gesonde dieet. Dit is belangrik dat
jy elke dag genoeg vrugte en
groente moet eet. Vrugte en
groente verskaf vitamienes,
minerale en vesel.
63
Eenheid 2: Plante en diere se strukture
Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 4
6. Sade
Jy het in die praktiese aktiwiteit gesien dat sade kan groei. In die regte omstandighede sal die plantjie in die saad begin groei.
Die funksie van sade: • Sade groei en vorm nuwe plante. • Sade verskaf voedsel aan mense en diere.
Voorbeelde is mielies, koring en sonneblomsaad.
Kyk hier!
Oefening 3 Datum: ............................................
1. Hieronder is foto’s van die verskillende dele van ’n plant. Sê elke keer watter deel van die plant dit is. Noem ook een funksie van elke deel.
Deel: .........................................................................................................
Funksie: ..................................................................................................
......................................................................................................................
1.1