dr mamphela ramphele hoop herstel die …...ons grondwet is een van die bestes in die wêreld,...

2
DR MAMPHELA RAMPHELE Ons Leier Mamphela Ramphele is haar hele lewe lank ’n kampvegter vir geregtigheid met onuitputlike energie, suiwer vasberadenheid en wêreldklas leierskap. As ’n kind in plattelandse Limpopo het sy armoede, diskriminasie en polisiegeweld beleef, en daarom haar lewe daaraan toegewy om ’n Suid-Afrika te bou waarop ons trots kan wees. As ’n student en jong dokter het sy onverpoosd gewerk om teenstand teen apartheid te reël en om verligting aan arm plattelandse gemeenskappe te bring. In hierdie tyd het sy, saam met Steve Biko en Barney Pityana, die Swart Bewustheidsbeweging (Black Consciousness Movement) gestig; ’n organisasie op voetsoolvlak wat hoop en waardigheid aan swartmense herstel het en sodoende miljoene Suid- Afrikaners teen apartheid in opstand laat kom het. Dr. Ramphele ken die eensaamheid en frustrasie van aanhouding sonder verhoor en weet hoe dit voel om vir haar politieke aktivisme verban te word, maar sy het nog nooit die belofte van vryheid prysgegee nie. As een van die belangrike leiers tydens die anti- apartheidstryd, is sy vandag diep besorg oor die toestand van ons nasie – ons geliefde land wat deur korrupsie en misdaad gekniehalter word, met miljoene burgers wat steeds onder armoede ly as gevolg van skandelike gesondheidsorg, swak onderwys en ’n gebrek aan werksgeleenthede. Dr. Ramphele, ’n voormalige vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad, besturende direkteur van die Wêreldbank en industrieleier, is nou terug in die politiek en sê ’n nuwe stryd aan vir hoop, waardigheid en gelykheid. Kyk na dr. Ramphele se besielende toespraak op YouTube, wat in Junie 2013 by die bekendstelling van Agang SA gelewer is. www.youtube.com/user/AgangSouthAfrica Maak seker jy is geregistreer om te stem Besoek www.elections.org.za (Onafhanklike Verkiesingskommissie) SMS jou ID-nommer na 32810 HERSTEL DIE BELOFTE VAN VRYHEID Dit kan gedoen word Mamphela Ramphele HOOP WAARDIGHEID GELYKHEID VRYHEID STEM VIR ONS GEDEELDE TOEKOMS Stem vir Agang SA in 2014 Om te stem is ONS reg en ONS verantwoordelikheid Elke liewe stem tel Sluit aan by Agang SA om die belofte van vryheid te herstel www.agangsa.org.za agangsa agang-sa AGANGSA DL LEAFLET_AFRIKAANS.indd 1 2013/12/19 10:38 AM

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DR MAMPHELA RAMPHELE HOOP HERSTEL DIE …...Ons grondwet is een van die bestes in die wêreld, geskoei op die grondslagbeginsels van ons nasie: waardigheid, gelykheid en vryheid. Agang

DR MAMPHELA RAMPHELEOns LeierMamphela Ramphele is haar hele lewe lank ’n kampvegter vir geregtigheid met onuitputlike energie, suiwer vasberadenheid en wêreldklas leierskap.

As ’n kind in plattelandse Limpopo het sy armoede, diskriminasie en polisiegeweld beleef, en daarom haar lewe daaraan toegewy om ’n Suid-Afrika te bou waarop ons trots kan wees.

As ’n student en jong dokter het sy onverpoosd gewerk om teenstand teen apartheid te reël en om verligting aan arm plattelandse gemeenskappe te bring.

In hierdie tyd het sy, saam met Steve Biko en Barney Pityana, die Swart Bewustheidsbeweging (Black Consciousness Movement) gestig; ’n organisasie op voetsoolvlak wat hoop en waardigheid aan swartmense herstel het en sodoende miljoene Suid-Afrikaners teen apartheid in opstand laat kom het.

Dr. Ramphele ken die eensaamheid en frustrasie van aanhouding sonder verhoor en weet hoe dit voel om vir haar politieke aktivisme verban te word, maar sy het nog nooit die belofte van vryheid prysgegee nie.

As een van die belangrike leiers tydens die anti-apartheidstryd, is sy vandag diep besorg oor die toestand van ons nasie – ons geliefde land wat deur korrupsie en misdaad gekniehalter word, met miljoene burgers wat steeds onder armoede ly as gevolg van skandelike gesondheidsorg, swak onderwys en ’n gebrek aan werksgeleenthede.

Dr. Ramphele, ’n voormalige vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad, besturende direkteur van die Wêreldbank en industrieleier, is nou terug in die politiek en sê ’n nuwe stryd aan vir hoop, waardigheid en gelykheid.

Kyk na dr. Ramphele se besielende toespraak op YouTube, wat in Junie 2013 by die bekendstelling van Agang SA gelewer is. www.youtube.com/user/AgangSouthAfrica

Maak seker jy is geregistreer om te stemBesoek www.elections.org.za

(Onafhanklike Verkiesingskommissie)SMS jou ID-nommer na 32810

HERSTEL DIE BELOFTE VAN VRYHEID

Dit kan gedoen word

Mamphela Ramphele

HOOP WAARDIGHEID GELYKHEID VRYHEIDSTEM VIR ONS GEDEELDE TOEKOMSStem vir Agang SA in 2014Om te stem is ONS reg en ONS verantwoordelikheidElke liewe stem tel

Sluit aan by Agang SA om die belofte van vryheid te herstel

www.agangsa.org.za

agangsa agang-sa

AGANGSA DL LEAFLET_AFRIKAANS.indd 1 2013/12/19 10:38 AM

Page 2: DR MAMPHELA RAMPHELE HOOP HERSTEL DIE …...Ons grondwet is een van die bestes in die wêreld, geskoei op die grondslagbeginsels van ons nasie: waardigheid, gelykheid en vryheid. Agang

Ons as Suid-Afrikaners het ver gekom sedert die einde van apartheid, maar die ANC regering het nie ver genoeg of gou genoeg gevorder nie.

20 jaar is te lank om te wag vir waardige werksgeleenthede en huise, gehalte onderwys en gesondheidsorg, veilige strate en ’n polisiediens wat ons almal beskerm.

Ons het nie die stryd aangevat en gesterf sodat miljoene van ons landsgenote steeds, soos vergete burgers, in armoede moet leef, terwyl korrupte amptenare en hul kamerade Suid-Afrikaners van hul regte beroof nie.

Vryheid verg ’n skoon regering. Geen verdraagsaamheid vir korrupte amptenare nie

BELOFTEOns grondwet is een van die bestes in die wêreld, geskoei op die grondslagbeginsels van ons nasie: waardigheid, gelykheid en vryheid. Agang SA beloof om vir hierdie regte te veg. Ons bied vars hoop vir al ons burgers.

AGANG I AKHANI I AKANI I AHANG I PFATANI I BOU I BUILD

ONS BELEIDSRIGTINGSBesoek ons webwerf www.agangsa.org.za om ons beleidsrigtings te sien. Sluit ook aan by ons Zwakala-proses om ons te help om dit te verwesenlik. Zwakala is ’n Zoeloewoord wat beteken Wees Gehoor. Ons wil al ons ondersteuners betrek wanneer ons saam ons beleidsrigtings debatteer en formuleer, want ons is ’n party wat luister en verantwoordbaar is teenoor die mense.

AGANGAgang beteken Bou in Suid-Sotho, een van Suid-Afrika se 11 amptelike landstale. Ons het 11 driehoeke in ons embleem wat vir elke taal staan. Ons doen ’n beroep op alle burgers om saam te werk om ’n beter Suid-Afrika te bou.

HERSTEL20 jaar gelede het die pasverkose ANC regering vryheid beloof – vryheid van armoede, gebrek aan waardigheid, werkloosheid, polisiegeweld en skandelike onderwys en gesondheidsdienste. Nie genoeg het verander nie. Agang SA is daartoe verbind om die belofte van vryheid te herstel

ONS KLEUR GROENGroen is die kleur van nuwe groei, vars energie en ’n party wat verstaan dat dit ’n gesonde omgewing verg vir ’n gesonde ekonomie en burgery om vandag, en in toekomsgeslagte, te kan blom – sodat daar genoeg sal wees, vir almal, vir altyd.

ONS SAAKOns saak is om die belofte van vryheid te herstel. Ten einde dit te doen, het ons ’n ekonomie nodig wat doeltreffend en verantwoordelik werk. Ons embleem is ’n uitbeelding van eenheid in uiteenlopendheid en beweging rondom ’n gedeelde saak. Agang SA is ’n party vir alle Suid-Afrikaanse burgers.

VRYHEID BETEKENBehoorlike huise met water, sanitasie en elektrisiteit.Veiligheid en sekuriteit in ons woonbuurte.Professionele gesondheidsdienste wat vir almal omgee.Uitnemende onderwys wat elke student help om diensbaar te wees.Werksgeleenthede vir almal sodat niemand in armoede hoef te leef nie.Skoon regering met geen verdraagsaamheid vir korrupsie nie.

AGANGSA DL LEAFLET_AFRIKAANS.indd 2 2013/12/19 10:38 AM