jacobsdal primêre skool - · web viewdankie ook aan die ouers wat vir ons...

10
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 26 Januarie – 2 Februarie 2018 KWYTSKELDING: Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op 7 Februarie. Navrae en vorms by die finansiële kantoor. Ouers moet elke jaar heraansoek doen. AFSKEURSTROKIES – NUUSBRIEF 1: HOU ASSEBLIEF AL U NUUSBRIEWE IN ‘N LÊER. Daar is heelwat ouers wat nog nie die afskeurstrokies van Nuusbrief 1 (Medisynebrief, gedragskodes, vrywaringsvorms, SMS-stelsel (verpligtend) , brildraers, aflosse vir leerkragte, ouergedragskode ens.) teruggestuur het nie. Handig asseblief alles op Maandag, 29 Januarie by die klasonderwysers in. Alle betalings word ook by die klasonderwysers gedoen. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD MEESTE VAN DIE TYD SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. BUITEMUURS: Geen buitmuurs op Maandag, 29 Januarie. Alle leerders moet asb. die Kleurgala bywoon. Bring blou/geel klere saam en kom sing lekker saam op die pawiljoen. Die skool verdaag om 12:30 sodat leerders kan eet en aantrek. AFRIGTERS: Ons skool benodig ouerhulp met die afrigting van die volgende sportspanne: Rugby: 0/9 Krieket: 0/9 en 0/11 Tennis: 0/13 Indien daar ouers is wat bereid is om te help kan Adéle Lübbe gekontak word. “LOCKERS”: In die seuns- en dogters se kleedkamers is “lockers” wat teen R100 elk vir ‘n leerder se hele Laerskoolloopbaan gehuur kan word. Navrae by die kantoor. KAMMALAND KLEUTERSKOOL: Geen leerders tydens pouses of skoolure by die Kleuterskool nie. REDENAARSKOMPETISIE / MONDELING: Die volgende onderwerpe word gebruik vir ons skool se eerste Redenaarskompetisie op Dinsdag, 6 Maart. Hierdie onderwerpe word ook deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om Mondeling te praat in die Afrikaanse klasse. GRAAD 4 EN 5: Moderne tegnologie Wat is onder die see? GRAAD 6 EN 7: Ligte, kamera, aksie! Het die gesin van vandag ‘n bestaansreg? Keuses ATKV REDENAARS: Ouers wat belangstel om aan die ATKV se redenaarskompetisie deel te neem kan solank kennis neem van hulle onderwerpe: Graad 1 – 3: Goud Druppeltjies Miere Graad 4 – 5: Smaak Vingers Drup

Upload: dangkhue

Post on 16-Feb-2018

250 views

Category:

Documents


17 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -  · Web viewDankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen. Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 26 Januarie – 2 Februarie 2018KWYTSKELDING:Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op 7 Februarie. Navrae en vorms by die finansiële kantoor. Ouers moet elke jaar heraansoek doen.

AFSKEURSTROKIES – NUUSBRIEF 1:HOU ASSEBLIEF AL U NUUSBRIEWE IN ‘N LÊER.Daar is heelwat ouers wat nog nie die afskeurstrokies van Nuusbrief 1 (Medisynebrief, gedragskodes, vrywaringsvorms, SMS-stelsel (verpligtend), brildraers, aflosse vir leerkragte, ouergedragskode ens.) teruggestuur het nie. Handig asseblief alles op Maandag, 29 Januarie by die klasonderwysers in. Alle betalings word ook by die klasonderwysers gedoen.LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD MEESTE VAN DIE TYD SLEGS EEN MAAL GEPLAAS.

BUITEMUURS:Geen buitmuurs op Maandag, 29 Januarie. Alle leerders moet asb. die Kleurgala bywoon. Bring blou/geel klere saam en kom sing lekker saam op die pawiljoen. Die skool verdaag om 12:30 sodat leerders kan eet en aantrek.

AFRIGTERS:Ons skool benodig ouerhulp met die afrigting van die volgende sportspanne:Rugby: 0/9Krieket: 0/9 en 0/11Tennis: 0/13Indien daar ouers is wat bereid is om te help kan Adéle Lübbe gekontak word.

“LOCKERS”: In die seuns- en dogters se kleedkamers is “lockers” wat teen R100 elk vir ‘n leerder se hele Laerskoolloopbaan gehuur kan word. Navrae by die kantoor.

KAMMALAND KLEUTERSKOOL:Geen leerders tydens pouses of skoolure by die Kleuterskool nie.

REDENAARSKOMPETISIE / MONDELING: Die volgende onderwerpe word gebruik vir ons skool se eerste Redenaarskompetisie op Dinsdag, 6 Maart. Hierdie onderwerpe word ook deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om Mondeling te praat in die Afrikaanse klasse.GRAAD 4 EN 5:

Moderne tegnologie Wat is onder die see?

GRAAD 6 EN 7: Ligte, kamera, aksie! Het die gesin van vandag ‘n bestaansreg? Keuses

ATKV REDENAARS:Ouers wat belangstel om aan die ATKV se redenaarskompetisie deel te neem kan solank kennis neem van hulle onderwerpe:Graad 1 – 3:

Goud Druppeltjies Miere

Graad 4 – 5: Smaak Vingers Drup

Graad 6 – 7: Hekkies Simbool Tralies

Kostes: R185 per leerder. Inskrywings sluit 16 Februarie en ouers neem self hulle kinders na die kompetisie. Kontak asb. vir juffrou Elza vir inskrywing van u kind. Haar nommer is 0716876477.

LEERDERDEELNAME:KLEURGALA: [BEAMPTELYS]Ons nooi u hartlik uit na ons Kleurgala wat op Maandag, 29 Januarie vanaf 13:00 plaasvind. Leerders wat nie deelneem aan die gala nie moet op die skoolterrein wees tot 14:00.Baie dankie aan al die ouers wat bereid was om as beamptes op te tree. Ons sal ook u hulp met die Interskolegala op 5 Februarie waardeer. Beamptes meld om 12:45 aan. ‘n Beamptelys word by die nuusbrief ingesluit. Kontak Adéle as daar enige probleem is.Leerders verdaag om 12:30 en kan gaan eet en hulle blou/geel klere gaan aantrek. Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings verskaf! BAIE DANKIE aan die graad 1-ouers wat bestanddele geskenk het vir die Kleurgala. Dankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen.Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken. Swemmers wat dit verlede jaar gewen het moet die bekers asb. Maandag by tannie Adéle inhandig.

INTERSKOLE GALA:

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -  · Web viewDankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen. Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken

Ander skole kom aan ons Interskole Gala op Maandag, 5 Februarie om 13:00 deelneem. Swemmers wat eerste en tweede plekke op die Kleurgala behaal het, neem aan die Interskole gala deel. Die Ouerleierkomitee gaan weer heerlike verversings verskaf! Ons vra die GRAAD 2-KLAS SE OUERS om volgende week skenkings van die volgende produkte te maak:

KOEKMEEL EIERS KOOKOLIE SUIKER KANEEL MAYONAISETAMATIESOUS KONDENSMELK SOUT WAATLEMOENE (Gee dit asb. by die boekstoor af)Graad 2-ouers wat behulpsaam kan wees met die voorbereiding en verkoop van verversings kan Jeanette by 0823357333 kontak of net vir haar ‘n boodskap stuur. Baie dankie by voorbaat!

TENNIS:Baie geluk aan die volgende spelers wat vir die Suid-Vrystaat tennisspan gekies is:0/10: Riko Swart, Leo Wilkinson, Nico Smith en Johandri de Wet0/12: Juhan van der Westhuizen, Marius Etzebeth, Suzanne le Roux en Izeldi Jacobs0/14: JC Lübbe, Anneline de Wet, Marlien Smith en Cayla Da CamaraSommige van hierdie spelers neem vandag en môre aan die Vrystaat Tenniskampioenskappe in Bloemfontein deel. Baie sterkte!

Ouers wat hulle kinders nog vir privaat tennislesse tydens ons LO periodes op ‘n Woensdag wil inskryf, kan Ruan Venter kontak by: 0828295553

SONE ATLETIEKBYEENKOMS:Baie sterkte aan ons atlete wat op Donderdag, 1 Februarie aan die Sone Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelneem. Atlete het almal volledige inligting ontvang.

EUREKA ATLETIEKBYEENKOMS:Eureka bied op Saterdag, 3 Februarie ‘n Atletiekbyeenkoms aan. Atlete wat belangstel om in te skryf kan die afskeurstrokie invul en Maandag by die klasonderwysers inhandig. Verdere inligting sal dan aan hierdie atlete verskaf word. Ouers neem self hulle kinders na hierdie byeenkoms. Geen inskrywingsfooi nie.

FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]Atlete wat vir die Fichardtpark Uitnodigingsatletiekbyeenkoms (10 Feb) wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 29 Januarie na die klasonderwysers terugstuur.

Toegang beloop R10 per atleet/kind en R20 per volwassene en word by die hekke self betaal. Dit is ‘n baie goeie byeenkoms en gee blootstelling aan ons atlete.

RUGBY EN NETBAL:Uitstaande BokSmartvorms (gesondheidsvorms) moet op Maandag, 29 Januarie by die klasonderwysers ingehandig word.Rugby en netbaloefening begin vir 0/7 – 0/13 op Dinsdag, 6 Februarie. Sien asb. die buitemuurse rooster vir oefentye. Atlete mag eers na die Motheo/Xhariep atletiek rugby en netbal oefen.

KRIEKET:Seuns wat belangstel om hierdie jaar krieket te speel kan vanaf Maandag,12 Februarie op die volgende tye vaardigheidsoefeninge bywoon:0/9: 14:30 – 15:300/11 en 0/13: 15:00 – 16:00

GIMNASTIEK: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat belangstel om gimnastiek of trampolien te neem kan kennis neem vandie gimnastiekbrief wat by die nuusbrief ingesluit is. Afskeurstrokies kan op Maandag, 29 Januarie by die klasonderwysers ingehandig word.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Skaakspelers wat die naweek aan die kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein wil deelneem, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 29 Januarie saam met inskrywingsgeld van R110 na die klasonderwysers terugstuur. ‘n Eenmalige affiliasiefooi van R100 is ook betaalbaar.

NOORKAAP SWEM:Baie sterkte aan Retana Swart en Izeldi Jacobs wat die naweek as deel van die Noordkaap swemspan aan ‘n 4-in-1 swemgala deelneem.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF GEBEDSLYS:

Delene Da Camara (operasie gehad)

Ons is dankbaar vir die reën wat geval het en bid steeds vir droë dele in ons land.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -  · Web viewDankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen. Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken

AFSKEURSTROKIE: FICHARDTPARK ATLETIEK (10/2)

OUER: ____________________________________________

ATLEET/E: ____________________________________ OUD: _____

____________________________________ OUD: _____

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS.

ITEMS:

________________________________________________________

OUERS MOET ATLETE SELF NA DIE BYEENKOMS VERVOER.

ATLETE BETAAL INSKRYWINGSFOOI VAN R10 BY DIE HEKKE HANDTEKENING: _____________________ DAT: __________

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

Ouer: _________________________________________

wil graag my kind/ers:

vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op 2 en 3 Februarie inskryf.

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

DATUM: __________________

Inskrywingsgeld: R110

AFSKEURSTROKIE: EUREKA ATLETIEK (3 FEB)

OUER: ____________________________________________

ATLEET/E: _____________________________ GEB DAT: _________

_____________________________ GEB DAT: _________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE EUREKA ATLETIEKBYEENKOMS.

ITEMS:

________________________________________________________

OUERS MOET ATLETE SELF NA DIE BYEENKOMS VERVOER.

HANDTEKENING: _____________________ DAT: __________

BESIGHEIDSURE:

Maandag tot Donderdae 7:00 tot 10:30Vrydae en Saterdae enige tyd

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -  · Web viewDankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen. Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken

MATTE

Indien iemand ‘n los mat of twee het wat hy/sy nie meer gebruik nie en bereid is om dit vir ons graad 3 klasse te skenk, sal ons dit baie

waardeer.(ongeveer 4m x 4m)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -  · Web viewDankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen. Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken

BEAMPTELYS: KLEURGALA 2018

Afsitter: Mnr Pieter Tait Afsittershulp:Skeidsregters: Verona Burger en Clivé BurgerSpanbestuurders:(Blouspan) Deandri van Vuuren en Mariska Marais(Geelspan) Rozanne Meyer en Chantell Deetlefs

Aankondiger en Musiekfabriek: Linette CarbuttRekenaar: Tersia Mostert en Rehetta Schoeman

HOOFTYDHOUER: Riaan JacobsBAAN 1: Linda Jansen en Anele HugoBAAN 2: Lizette Jacobs en Liezel RoodtBAAN 3: Irene Wilkinson en Celeste de JagerBAAN 4: Karlien de Waal en Lozet MullerBAAN 5: Martie van Zyl en Jurie SwartBAAN 6: John Roelofse en Hanlie CloeteEkstra tydhouers (bystand) Lindy Oosthuizen/Peet Steenkamp

Danie Noeth/ Monique OlewagenTydkoördineerders: Naomi van Eck en Marisan Jacobs

Baanplasings: Karin Page en Jaco Erasmus

Verversings: OLKMedaljes: Maryka van Straaten en Madeleine KoorzenFoto’s: Elza van WykNoodhulp: Chrismae de Witt

ORGANISEERDER: Adéle Lübbe (0824626146 )

BORGE VAN KLEURGALA MEDALJES:Harry en Jeanette Engelbrecht

Irene Wilkinson(Dankbaar!)

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -  · Web viewDankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen. Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken

GIMNASTIEK INLIGTINGSBRIEF: 2018

Ons beoog om met trampolien-gimnastiek vir seuns en dogters ook te begin hierdie jaar. Indien u belangstel vul asb die vorm onderaan die brief. Artistiese gimnastiek slegs vir dogters, beginners tot vlak 3. Ons wil vroeg in Februarie met ons 1ste oefening begin en tye sal nog presies deurgegee word.

Gimnaste moet met ‘n swembroek en lap kortbroek, of styfpassende klere soos “ski-pants” en stywe toppie kom oefen. Geen jeans nie asb. Hare in 2 boksterte of Franse vlegsel, anders sukkel gimnaste om vooroorrolle te maak.

Kostes beloop R200.00 per maand en klubregistrasie van R200 per jaar. As jou kind aan kompetisies gaan deelneem kom ‘n registrasiefooi van R500 per jaar by. Dit is aan SAGF betaalbaar (April). Daar word aan 3-4 kompetisies deelgeneem en inskrywingsgelde beloop ±R250.00 per kompetisie.

Suid-Vrystaat Kampioenskappe en Sentrale Sone Kampioenskappe vind later in die jaar plaas. Beginners neem nog nie in die eerste jaar aan kompetisies deel nie, slegs vir vlak 1 – 3.

Kontakpersone: Suné Oosthuizen 082 092 3888 of Shelene Oertel 083 428 6579

Vul asb. in en stuur op Maandag 29 Januarie terug skool toe. (Klasonderwysers)Baie dankie

Volle naam en van van gimnas/te:

Id nr van gimnas/te: ___________________________________________________________________

Naam van ouer en kontak nr: _________________________________________________________

Epos adres: _______________________________________________________________________

Enige siekte bv. Diabetes of bloeier ____________________________________________________

Belangstelling:

Artisties

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -  · Web viewDankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen. Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken

Trampolien

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -  · Web viewDankie ook aan die ouers wat vir ons Gazebo’s leen. Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word wel op die Kleurgala toegeken

Kammaland verkoping! KONTANT MET BESTELLING NA KAMMALAND TOT WOENSDAG, 31 JANUARIE – 14:00