distell jaarverslag 2015

40
OPGESOMDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIëLE JAARSTATE 2015

Upload: elze-le-roux

Post on 15-Jan-2017

494 views

Category:

Documents


17 download

TRANSCRIPT

Page 1: Distell Jaarverslag 2015

OpgesOmde gekOnsOlideerde finansiële jaarstate

2015

Page 2: Distell Jaarverslag 2015

Hoof

trek

ke

die groep gaan voort om stewige dubbelsyfer-omsetgroei te behaal ten spyte van strawwer handelstoestande wêreldwyd

Volume +5,7% Omset +10,4%

suid-afrika: Gee die toon aan te midde van moeilike markomstandighede

Volume +6,7% Omset +11,8%

afrika: Ons is gefokus daarop om ons vastrapplek in Afrika te verstewig

Volume +6,6% Omset +11,6%

internasionaal: Goeie resultate in sekere internasionale markte ten spyte van struikelblokke

Volume -5,5% Omset +3,8%

Stewige VVrBda-groei laat ons toe om in strategiese kapitaalprojekte te belê

Groei in genormaliseerde VVRBDA +8,1%

Ons belê vroegtydig in kern-bemarkingsvermoëns, distribusiestrukture in opkomende markte en nuwe organisatoriese vermoëns

Groei in genormaliseerde bedryfswins +6,5%Groei in genormaliseerde wesensverdienste +6,5%Verbeterde doeltreffendheid in die voorsieningsketting baan die weg vir die implementering van nuwe prysingstrategieë

Bruto marge gehandhaaf op 34,6%Ons gaan voort om ons aandeelhouers te beloon

Totale opbrengs aan aandeelhouers van 24,0% per jaar oor sewe jaar

Totale dividend van 346,0 sent per aandeel vir die jaar

Alle produkte wat in hierdie opgesomde gekonsolideerde finansiële jaarstate vermeld word is nie te koop deur persone onder die ouderdom van 18 jaar nie. Gebruik ons produkte verantwoordelik.

Page 3: Distell Jaarverslag 2015

Hierdie opgesomde

gekonsolideerde finansiële

jaarstate bevat uittreksels van

ons volledige Integrated Report

wat aanlyn beskikbaar is by

www.distell.co.za.

inho

udso

pgaw

eVoorsittersverslag ............................................................................................................ 2

Verslag deur die Groep Besturende Direkteur .................................................................. 6

Verslag deur die Groep Finansiële Direkteur .................................................................. 16

Direkteure se verantwoordelikhede vir finansiële verslagdoening .................................. 23

Onafhanklike ouditeursverslag ....................................................................................... 24

Opgesomde gekonsolideerde state van finansiële stand ................................................... 25

Opgesomde gekonsolideerde inkomstestate .................................................................. 26

Opgesomde gekonsolideerde state van omvattende inkomste ....................................... 27

Opgesomde gekonsolideerde state van veranderinge in ekwiteit .................................... 28

Opgesomde gekonsolideerde kontantvloeistate .............................................................. 29

Aanvullende inligting ..................................................................................................... 30

Kennisgewing aan aandeelhouers van ’n algemene jaarvergadering ............................ 34

Volmagvorm ........................................................................................................Invoegsel

1

Page 4: Distell Jaarverslag 2015

Voor

sitte

rsve

rsla

gEkonomiese en handelstoestandeEkonomiese groei het wêreldwyd ietwat afgeplat van 3,4% in 2014 tot ’n geraamde 3,3% in 2015 (Internasionale Monetêre Fonds), gerugsteun deur ’n baie geleidelike herstel in sommige wêreldmarkte soos die VSA en sekere EU-lande. In die opkomende markte het groei egter marginaal gekrimp van 4,6% in 2014 tot 4,2% in 2015. Veral Afrika het die uitwerking gevoel van die daling in oliepryse asook die swak vraag na kommoditeite.

Groter onbestendigheid in die geldeenhede van opkomende markte het ’n wesenlike uitwerking op die rand gehad, wat met 3,8% verswak het teenoor die mandjie van geldeenhede waarin Distell handel dryf. Ofskoon dit ’n gunstige uitwerking op uitvoerverdienste gehad het, het dit ook ’n styging in ons insetkoste tot gevolg gehad.

Ons risikobestuurstrategie is gemik op geopolitieke konflikte in gebiede waarin ons sake doen soos Nigerië, Kenia en Rusland, en ons was in staat om die uitwerking van aansteeklike siektes soos Ebola te verwerk.

In Suid-Afrika het die plaaslike drankbedryf se verkoopsvolumes verder gedaal te midde van ongunstige handelstoestande.

Distell se finansiële prestasieDie Groep se strategie is daarop gemik om aandeelhouerswaarde deur volgehoue groei in omset en verdienste te verhoog en om werklike geleenthede vir waardeskepping vir al sy belangegroepe te lewer.

Soos wat in ons vorige geïntegreerde verslag gerapporteer is, het die Groep ’n nuwe koers ingeslaan gerugsteun deur ’n strategie wat daarop gemik is om ons teenwoordigheid buite ons

tradisionele tuismark in Suid-Afrika te diversifiseer terwyl aandeelhouerswaarde gelewer word. Ten spyte van die ongunstige plaaslike en internasionale handelstoestande het omset met ’n stewige 10,4% tot R19,6 miljard gestyg. Gerapporteerde verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (VVRBDA) het met 0,6% tot R2,4 miljard gestyg nadat die Groep sy investering versnel het om die bykomende vermoëns te skep wat die nuwe korporatiewe strategie ondersteun. Genormaliseerde VVRBDA, uitsluitend buitengewone items, het met 8,1% gestyg.

Netto bedryfsbates het met 8,5% tot R12,7 miljard verhoog. Investering in vaste bates en voorraad het met onderskeidelik 12,1% en 9,3% gestyg. Die Groep verkeer steeds in ’n sterk finansiële posisie om sy strategiese ambisies te verwesenlik soos blyk uit die verhouding van skuld-tot-skuld-plus-ekwiteit van 27,2%.

Hoewel ekonomiese toestande wêreldwyd ’n meer veeleisende sakeomgewing tot gevolg gehad het, glo ons dat ons strategiese rigting relevant gebly het. Ons gaan dus voort om in strategiese areas van die besigheid te investeer soos uiteengesit in hierdie verslag.

Die regulatoriese omgewingDie rol van alkohol in die gemeenskap kom wêreldwyd toenemend onder skoot met reguleringsliggame wat na maniere soek om die skadelike gebruik van alkohol te verminder terwyl hulle die ekonomiese en maatskaplike voordele van alkoholiese drank erken. Alkohol op sigself is saam met ander leefstyl-risikofaktore as een van die sleuteloorsake van nie-oordraagbare siektes geïdentifiseer. Dit raak toenemend belangrik dat regerings, die burgerlike samelewing en rolspelers in die drankbedryf wêreldwyd kragte saamsnoer en dat navorsings- en

“Ten spyte van die ongunstige

plaaslike en internasionale

handelstoestande het omset

stewig gestyg.”

Bunnahabhain2015 Scotch Whisky Masters Awards (Master Award – Bunnahabhain 18 YO Single Malt)to

eken

ning

2

Page 5: Distell Jaarverslag 2015

bestepraktykvermoëns gedeel word om verantwoordelike gebruik te bevorder.

Ons erken die behoefte om die verantwoordelike gebruik van alkohol te bevorder en werk op ’n nasionale, provinsiale en plaaslike vlak nóú saam met die plaaslike regering en die regerings van ander lande waarin ons handel dryf om regulatoriese en ander beleidsingrypings te ontwikkel wat alkoholmisbruik en die grondoorsake daarvan suksesvol sal takel. Ons is in gesprek met die Suid-Afrikaanse owerhede om insette oor ’n verbeterde drankbeleid te lewer. Nader besonderhede oor ons aktiwiteite in hierdie verband verskyn in ons aanlyn Sustainability Report.

In Suid-Afrika word verskeie stukke wetgewing tans hersien wat ten doel het om die skadelike gebruik van alkohol te beperk. Die sleutelareas waarop hierdie wetgewing fokus, is alkoholbelastings; die bemarking van

alkoholiese drank; drink en bestuur; die wettige ouderdom vir alkoholgebruik; gesondheidswaarskuwings op produkte en in artikels in die media; lisensievoorwaardes; en maatreëls om die beskikbaarheid van alkohol te beperk soos verkorte handelsure en soneringsregulasies.

Ter ondersteuning van die regering volg die Suid-Afrikaanse drankbedryf ’n nougesette proses van selfregulering ten opsigte van sy bemarkingsgedragskode. Distell is saam met ons medelede van die Vereniging vir Verantwoordelike Alkoholgebruik (ARA) aktief by gemeenskapsgebaseerde projekte betrokke. Ingrypings wat spesifiek gemik is op die voorkoming van fetale alkohol-spektrumversteurings (FASD) en die opvoeding van die jeug om verantwoordelike keuses te maak, is ’n hoë prioriteit vir die maatskappy.

Strategiese oorsigDie bestuur het onder leiding van Richard Rushton gefokus gebly op die vestiging van die organisatoriese vermoëns en strukturele veranderings wat ons nuwe korporatiewe strategie vereis. Ons personeel het die nuwe rigting en prioriteite van die maatskappy met oorgawe en toewyding omhels soos blyk uit ons goeie vertoning die afgelope boekjaar.

Ons ontwikkel van ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat na die wêreld uitvoer in ’n maatskappy wat sy teenwoordigheid in Afrika en uitgesoekte internasionale markte diversifiseer en uitbrei.

Ons sake-imperatief is om ons markaandeel in ons toenemend mededingende kern-tuismarkte te verdedig; om die vermoë, aanpasbaarheid en vindingrykheid uit te bou om in lande ver van ons tuisbasis te groei; en om die behoefte aan aantreklike aandeelhouersopbrengste te balanseer met die behoefte aan investering om volhoubare langtermynsukses te handhaaf. Ek is vol vertroue dat ons toegerus is vir die taak en dat ons die talent, vaardigheid asook dissipline en dapperheid het wat vereis word.

Die direksie bly intens by die nuwe besigheidstrategie betrokke en het volle vertroue in die nuwe rigting wat die maatskappy inslaan, wat ten doel het om ons ’n groter en meer gediversifiseerde maatskappy en korporatiewe burger te maak, terwyl volhoubare waarde vir al ons belanghebbendes geskep word. Meer besonderhede oor die vordering met die nuwe korporatiewe strategie verskyn in die besturende direkteur se verslag.

Korporatiewe bestuur en volhoubaarheidDistell word volgens die hoogste etiese standaarde en met professionaliteit, integriteit, billikheid en maatskaplike verantwoordelikheid bestuur.

dm nurekVoorsitter

3

Page 6: Distell Jaarverslag 2015

Ons handhaaf en pas grondliggende en streng korporatiewe bestuursbeginsels toe wat ons sakefilosofie en -waardes ondersteun. Ons het ’n kultuur van goeie korporatiewe bestuur – wat veel meer as net die nakoming van regulasies is – dwarsdeur die Groep gevestig en ons bestuurspraktyke en -maatreëls word voortdurend hersien om te verseker dat dit in pas met beste bestuurspraktyke is.

Die impak van klimaatsverandering, veral ten opsigte van water- en voedselsekerheid, is ’n hoë prioriteit vir die maatskappy. In Afrika waar ons plaaslike besighede oprig, is omgewingsvolhoubaarheid ’n sleutel-bedryfsbeginsel.

Die direksie, wat oorhoofs verantwoordelik is vir korporatiewe bestuursprosesse, beskou homself ten volle verantwoordbaar teenoor belanghebbendes in sy deurlopende verbintenis tot die toepassing van die dissiplines en riglyne soos uiteengesit in die Maatskappywet, 71 van 2008, soos gewysig (die Maatskappywet), die JSE se Noteringsvereistes en die King-kode oor Korporatiewe Bestuur vir Suid-Afrika (King III).

Die direksie is van mening dat (tensy anders vermeld) die vereistes van die Maatskappywet en die JSE-Noteringsvereistes nagekom is. Ooreenkomstig King III se oorheersende ‘pas toe of verduidelik’-beginsel het ons die beginsels van die kode na die beste

van ons wete en in alle wesenlike opsigte vrywillig toegepas. ’n Skedule van Distell se toepassing van King III is op www.distell.co.za beskikbaar.

DireksieDie nuwe rigting wat die maatskappy ingeslaan het, word ook in ons direksiesamestelling weerspieël, naamlik ’n stewige fondament van wyse, hoogs ervare raadgewers wat met nuwe vaardighede en insigte aangevul word en ’n balans tussen nougesette en visionêre denke.

Ons uittredende finansiële direkteur, Merwe Botha, wat die tuig na 18 voortreflike jare neerlê, is ’n uitstekende voorbeeld van die progressiewe, uitgebreide kennis wat die direksie tot sy beskikking gehad het en hy los ’n reuse-nalatenskap. Merwe is ’n beginselvaste, strategiese denker en ’n begeesterde leermeester wat sy vakkennis van finansiële leierskap, algemene en korporatiewe bestuur ruimhartig gedeel het. Ons is diep dankbaar vir sy bydrae en wens hom ’n gelukkige en vervulde aftrede toe. Hartlik welkom aan sy opvolger, Lucas Verwey, in sy nuwe rol in die direksie.

Ons waardering gaan ook aan uittredende direksielid, Johan Carinus, wat aftree nadat hy sedert Distell se ontstaan in die direksie gedien en sy uitgebreide kennis van wyn en die wynbedryf met ons gedeel het.

Scottish Leader2015 Scotch Whisky Masters Awards (Master Award – Scottish Leader Original; Scottish Leader 12 YO)to

eken

ning

ErkenningOns het daarin geslaag om ’n dinamiese en progressiewe maatskappykultuur te vestig met hoogs bekwame en toegewyde persone wat globaal dink, maar plaaslik toepas. Strategiese verandering gaan met nuwe denke en nuwe oplossings gepaard, en die bestuur en personeel het hulle geesdriftig, gefokus en met vasberadenheid van hul taak gekwyt.

Hulle toewyding en lojaliteit het vir bestendigheid en kontinuïteit gesorg in wat as ’n veeleisende tydperk beskryf kan word. Ons is hulle groot dank verskuldig, en ook aan ons aandeelhouers, vennote, kliënte en verskaffers vir hulle volgehoue ondersteuning.

dm nurekVoorsitter

Stellenbosch19 Augustus 2015

4

Page 7: Distell Jaarverslag 2015

5

Page 8: Distell Jaarverslag 2015

rm rushtongroep Besturende direkteur

Vers

lag

deur

die

gro

ep B

estu

rend

e di

rekt

eur

InleidingIn die vorige geïntegreerde verslag is ’n nuwe korporatiewe strategie vir die Groep bekend gestel met ’n sterk fokus op die vestiging van organisatoriese vermoë en kapasiteit om doeltreffend op ’n toenemend mededingende en wêreldwye intergekonnekteerde en veranderlike wêreld te reageer.

Ons het gedurende die oorsigjaar ’n wesenlike belegging gemaak in ons vermoë om ons strategie te implementeer. Ons het sleutelleiers in ons internasionale en Afrika-besigheidseenhede aangestel om die nodige fokus en rigting aan hierdie besighede te verskaf. Ons het ook ervare leiers in ons korporatiewe bemarkings- en menslikehulpbronfunksies aangestel, en ons het die aanstelling aangekondig van ’n aangewese finansiële direkteur in die plek van die Groep se lang dienende finansiële direkteur, Merwe Botha, wat by die komende algemene jaarvergadering uittree na meer as 35 jaar uitsonderlike diens aan die maatskappy. Ons het ook geïnvesteer in die vestiging van bykomende vermoë in verkoops- en bemarkingsafdelings van die besigheid waarna in ander tersaaklike afdelings in die geïntegreerde verslag verwys word.

Teen die agtergrond van investering en verandering by Distell, gekombineer met ’n selfs moeiliker globale makro-ekonomiese omgewing, is ons verheug om te rapporteer dat ons stewige omsetgroei-momentum in volume en verdienste gehandhaaf het en verskeie van ons internasionale mededingers geklop het.

Die verlangsaming in ekonomiese groei wêreldwyd en die gevolglike skerp daling in kommoditeitspryse het ’n impak op handelstoestande in van ons belangrike Afrika-markte gehad. Die daling in kommoditeitspryse, gepaard met ’n kapitaaluitvloei uit die opkomende markte, het ook tot valuta-onbestendigheid in hierdie markte bygedra. Die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan steeds onder strukturele probleme gebuk en het boonop te kampe met lae sake- en verbruikersvertroue, iets wat onwaarskynlik in die jaar vorentoe sal verbeter. In Europa het handelstoestande in ons sleutelmarkte gedemp gebly met dié gebied wat toenemend prysmededingend

was. Ook in Rusland en China het ekonomiese groei verlangsaam met laasgenoemde wat ’n beduidende risiko vir volgehoue groei in kommoditeitsgedrewe lande in Afrika inhou. Ten spyte van hierdie ongunstige toestande gaan ons voort om in ander geografiese gebiede dwarsoor die wêreld te investeer. Ons is vol vertroue dat ons die regte strategiese keuses gemaak het wat in die toekoms volhoubare voordele vir Distell sal ontsluit.

Met ons fokus op geografiese diversifikasie en die vestiging van ’n sterk en voortreflike kern-handelsmerkportefeulje wat op verskeie verbruiksgeleenthede en verbruikersegmente gemik is, glo ons dat ons in ’n goeie posisie is om groeigeleenthede na te streef. Die omvang van ons handelsmerkportefeulje is ’n sleutel-mededingende voordeel in ’n veranderende wêreld waar verbruikerstendense vinnig verander en meer as ooit deur ekonomiese siklusse beïnvloed word.

Ofskoon die groeimomentum aan die hoofstroom- en bekostigbare kant van die alkoholiesedrankmark in ons gekose speelveld veerkragtig bly, is daar groeipotensiaal in die premium pryssegment en ons het begin om meer gefokus en met groter intensiteit in hierdie segment te investeer.

“Die sterkte, gesogtheid

en diversiteit van Distell se

handelsmerk-portefeulje, asook

ons uitgebreide geografiese

teenwoordigheid oor verskeie ekonomieë heen, sal voortgaan

om geleenthede aan Distell te bied

om verdere reële aandeelhouers-

waarde te ontsluit.”

Alto2015 Concours Mondial (Grand Gold – Alto Cabernet Sauvignon 2010)to

eken

ning

6

Page 9: Distell Jaarverslag 2015

Sleutel- strukturele veranderingsAs deel van ons nuwe korporatiewe strategie het ons ’n aantal kritieke strategiese vermoëns geïdentifiseer ten einde doeltreffend met groot internasionale alkoholiesedrankmaatskappye mee te ding. Benewens die sleutel-leierskapsaanstellings waarna vroeër verwys is en ’n gefokusde talentbestuursprogram ter ondersteuning van hierdie proses, het ons die afgelope jaar verskeie strukturele veranderings geïmplementeer. Dié veranderings word hieronder in meer besonderhede teenoor elkeen van ons kern-strategiese temas uiteengesit:

Neem die voortou in geselekteerde markte•   Voorheen is alle streeksbesigheids-

eenhede buite Suider-Afrika in ons internasionale afdeling gehuisves. In ooreenstemming met ons oorgang van ’n suiwer uitvoermodel na ’n model waar ons ’n wesenlike invloed op ons distribusiestrukture in belangrike streke en lande het, het ons ons Afrika-afdeling (uitsluitend Suider-Afrika) van die internasionale afdeling geskei. Dit laat bestuur toe om op die vasteland van Afrika te fokus, waarheen ons ons teenwoordigheid uitbrei.

•   Ons integreer ook Distell se bestaande Europese wyn- en spiritualieëbedrywighede by ons Bisquit- en Burn Stewart Distillers (BSD)-verkrygings. Ons verwag dat ’n geïntegreerde Europese onderneming in die komende maande en jare belangrike sinergieë sal ontsluit.

•   In Noord-Amerika integreer ons International Beverage Company (IBC) Inc, ’n verspreider van premium ingevoerde spiritualieëhandelsmerke, by Distell se plaaslike handelstrukture om een besigheidseenheid te vorm wat direk by bemarking en verkope betrokke is. Ons is tans besig om te bepaal wat die beste manier is om ons uitvoeronderneming in hierdie belangrike streek van die nodige vermoë en kapasiteit te voorsien.

•   In die Asië-Pasifiese streek het ons ons plaaslike bedrywighede met nuwe leierskap en spesialisvaardighede versterk.

Skep ikoniese en voortreflike handelsmerke•   Ons het besluit om ons 

bemarkingsafdeling in twee afsonderlike handelsmerkgroeperings te struktureer, naamlik Sterk (Power) handelsmerke en Luukse (Luxury) handelsmerke, ten einde doeltreffend te reageer op veranderende internasionale verbruikerstendense

waar verbruikers by sekere geleenthede waarde verkies en by ander geleenthede dalk weer ’n luukser produk.

•   Om ons vermoë te verbeter om ’n voortreflike luukse verbruikers- en kliënte-ervaring vir al ons luukse handelsmerke te lewer, het ons Distell Vineyards and Estates se verkoopstruktuur uitgebrei om spiritualieëhandelsmerke in te sluit. Hierdie verkoopspan sal aanvanklik die luukse handelsbemarkings- en verkoopsvermoëns ontwikkel wat vir ons sleutel- wyn- en spiritualieëhandelsmerkportefeulje in Suid-Afrika benodig word. Opleidingspakkette sal dan ontwikkel, gedokumenteer en toegepas word om ons toe te laat om hierdie benadering oor tyd selektief na ons kern-Afrika- en internasionale markte uit te brei.

Besit die laaste myl•   In pas met ons aspirasies om ons 

reikwydte te vergroot en om ons toe te laat om ‘die laaste myl’ saam met ons kliënte te besit, is ons Suid-Afrikaanse besigheidseenheid herorganiseer in drie gedesentraliseerde streekeenhede, elkeen met ’n gefokusde leierskapspan in die mark. Die verandering het ons reeds in staat gestel om ons verkoopspersoneel-voortreflikheidsproses te implementeer en om ons algehele markdekking te vergroot. Net die afgelope jaar het ons ons dekking van hoofstroom-markafsetpunte meer as verdubbel en meer as 120 nuwe senior verkoopspersoneel uit hierdie gemeenskappe aangestel om ons teenwoordigheid en implementering van ’n kernreeks Sterk en Luukse handelsmerke in hierdie markte te dryf.

•   Ons het ’n beste-in-klas-omsetbestuursvermoë ontwikkel wat handelsmerk-, verpakkings-, kliënte- en verbruikersinsigte met wetenskaplike prysbestuurshulpmiddels in elke

handelsklas kombineer, wat ons toelaat om die omset- en margegroei van ons besigheid te optimaliseer. Dit lui die begin in van ’n nuwe reis in Suid-Afrika, een wat ons glo op die mediumtermyn stewige opbrengste vir die Groep sal begin lewer. Hierdie sleutelvermoë sal vasgelê word en in die komende jare in ander prioriteitsmarkte dwarsoor die wêreld uitgerol word.

Streef na voortreflikheid•   Ons het ons verkrygings-, produksie- 

gehaltebestuurs- en tegniesedienste-funksies in ’n enkele end-tot-end-voorsieningskettingafdeling geïntegreer om doeltreffendheid, verantwoordbaarheid en bate-optimalisering te verbeter. ’n Hersiening van die voorsieningsketting is afgehandel en vordering is gemaak met die sentralisering van ons verkrygingsvermoë in die Groep. Ons is in die proses om ons voorsieningskettingstrategie te definieer en sal in die komende jaar na verwagting verdere verbeterings teweegbring om gestalte te gee aan ons belofte van gehalte, betroubaarheid, diens en doeltreffendheid.

Kerf die toekoms uit•   Ons het ’n besigheidseenheid gevestig 

met ’n ondernemingswye fokus op innovering as ’n sleuteldryfveer van toekomstige groei.

•   Ons het ook ’n korporatiewe ontwikkelingsfunksie gevestig wat op strategiese toekomsbeplanning, strategiese beplanning en nuwebesigheidsontwikkeling in Distell sal fokus.

Ons gee om en maak ’n verskil•   Ons het ons vermoë en afdeling 

versterk wat regerings se beleidsaanbevelings hanteer ter ondersteuning van Distell se bedrywighede in ons prioriteitsmarkte, met ’n spesifieke fokus op Afrika.

7

Page 10: Distell Jaarverslag 2015

BedryfsvertoningOns het die afgelope jaar daarop gefokus om groei in omset te verhoog deur ons produkportefeuljes van toepaslike en superieure handelsmerke te ontwikkel en te optimaliseer. Ons omsetbestuursinisiatief het ’n belangrike geleentheid uitgewys om sekere van ons sleutelhandelsmerk- en verpakkingsprysbesluite te heroorweeg. Ons het gevolglik besluit om nie die volle uitwerking van alle koste plus inflasie en aksynsverhogings aan verbruikers in Suid-Afrika deur te gee nie. Hierdie besluite het ons die afgelope jaar gehelp om ons omset op te stoot. Ons fokus nou op die verbetering van operasionele doeltreffendheid om volume- en omsetgroei om te sit in verbeterde bedryfsmarges en batedoeltreffendheid.

Omset het gedurende die tydperk met 10,4% tot R19,6 miljard verbeter terwyl verkoopsvolumes met 5,7% gestyg het. Die Groep se genormaliseerde verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (VVRBDA) het met ’n geloofwaardige 8,1% tot R2,5 miljard gestyg ten spyte van die strategiese beleggings wat ons gemaak het om die Groep vir langtermyngroei te posisioneer en die onvoorsiene uitgawe as gevolg van die herroeping van produkte in die laaste maand van die finansiële jaar.

Volume- en omsetgroei is moontlik gemaak weens ’n uitsonderlike vertoning

van ons Suid-Afrikaanse bedrywighede en die verbeteringe wat sekere van ons sleutel-handelsmerke internasionaal aangeteken het.

In Suid-Afrika het omset met 11,8% tot R13,5 miljard gegroei met ’n toename van 6,7% in verkoopsvolume. Verdienste voor rente en belasting (VVRB) het met ’n uitstekende 23,4% tot R2,2 miljard gestyg, terwyl die VVRB-marge met 1,6% verbeter het.

In Afrika het omset met 11,6% tot R3,1 miljard gegroei terwyl verkoops-volumes met 6,6% verhoog het weens stewige vertonings in Angola, Mosambiek, Zambië en Kenia. In Afrika gaan ons voort om ons vir die toekoms te posisioneer en het investering versnel in die vestiging van ons eie distribusiekanale in elkeen van ons kernmarkte. Gevolglik het VVRB met 5,2% tot R664,0 miljoen gestyg.

Ons het die afgelope jaar ’n ooreenkoms om 26% van KWA Holdings E.A. Limited (KHEAL) vir 860 miljoen Keniaanse schilling (R111,3 miljoen) te verkry suksesvol afgehandel. KHEAL is Kenia se grootste verspreider van spiritualieë. Ons betrekkinge met die maatskappy dateer terug tot 1998 en ons ekwiteitsverkryging verhef die vennootskap tot op ’n aansienlik meer volhoubare vlak. Ons is nou in staat om ’n gefokusde strategie vir toekomstige groei in vennootskap met ons vennote te dryf en om voort te bou op die sterk

ekwiteit van ons reeds gevestigde handelsmerke in Kenia.

In ons internasionale markte het omset met 3,8% tot R2,9 miljard gegroei terwyl verkoopsvolumes met 5,5% gedaal het. VVRB het met 5,5% tot R456,0 miljoen gedaal. Ondanks die ongunstige ekonomiese toestande dwarsoor Europa en in China wat ’n impak op ons vertoning gehad het, is ons tevrede met die vertoning van ons Burn Stewart-besigheid, wat sy integrasie- en VVRBDA-teikens gehaal het. Ten spyte van die ekonomiese uitdagings wêreldwyd asook die feit dat die internasionale spiritualieë-kategorie die swakste groei sedert die 2008 ekonomiese krisis aangeteken het, het ons gefokus op investering in toekomstige groei en op die vestiging van die nodige vermoë en distribusiestrukture om ons posisie te versterk in die geografiese gebiede waar ons glo ons die beste geplaas is om die potensiaal van ons handelsmerke te verwesenlik. Amarula het sy verbruikersvoetspoor in die buiteland verder uitgebrei en ons enkelmout Skotse whisky-portefeulje wat steeds gewild is veral in Europa, die VSA en Taiwan, het stewige omsetgroei getoon.

Die Groep se vertoning oor verskillende alkoholiesedrankkategorieë heen weerspieël ’n volgehoue fokus op innovering, asook verbeterde wêreldwye bemarkingsvermoë in die die Sterk sowel as die Luukse handelsmerkgroeperings.

•   Die totale siderkategorie het verdere markaandeel in die wêreldwye reg-om-te-drink- (RTD) kategorie gewen. Hunter’s het die sterk groeimomentum van die wêreldwye siderkategorie weerspieël. Die handelsmerk het vir bykans sewe jaar agtereenvolgens dubbelsyfer omsetgroei aangeteken.

•   Savanna het herstel ná ’n stadige begin en in die laaste ses maande volume- en omsetgroei gelewer, gerugsteun deur die bekendstelling van nuwe verpakkingsformate. Ander RTD-produkte het uitstekend in die opkomende markte gevaar, veral Esprit in Afrika en Bernini in Asië.

•   Wat ons spiritualieëhandelsmerke betref, het die Groep se vertoning oor die algemeen gedemp gebly ofskoon bemoedigende groei in sekere areas behaal is. Die voortgesette daling van brandewynverkope

8

Page 11: Distell Jaarverslag 2015

in Suid-Afrika het afgeplat, danksy gefokusde investering in bemarking en prysstrategieë ten opsigte van Viceroy, Klipdrift en Richelieu. Ons Suid-Afrikaanse whiskies, Three Ships en Bain’s Cape Mountain Whisky, het stewige omsetgroei behaal, gerugsteun deur doeltreffende handelsmerkpromosie-inisiatiewe. Scottish Leader, ondersteun deur ’n nuwe produksamestelling, ’n nuwe verpakking en ’n nuwe reklameveldtog, het sedert die handelsmerkvernuwing in die tweede helfte van die jaar stewige omsetgroei in Suid-Afrika sowel as in Taiwan behaal. Ons premium konjak, Bisquit, het ook dubbelsyfer omsetgroei behaal en die groeikoers van konjak-verkoopsvolumes wêreldwyd verbygesteek. Die pas waarteen Distell se wynuitvoere in 2015 gegroei het, is sewe keer so hoog as die pas waarteen wêreldwye wynverbruik gegroei het. Ons totale wynportefeulje het sterk dubbelsyfer volumegroei behaal, spesifiek in Suid-Afrika en Afrika waar die 4th Street-handelsmerk uitstekend vertoon het. Dié prestasie getuig van Distell se vermoë om ons wyne aan meer verbruikers bekend te stel deur middel van produkinnovering wat nuwe verbruiksgeleenthede teiken.

•   Ons premium wyne, veral Nederburg en Durbanville Hills, het ook goed gevaar en dubbelsyfer volumegroei vir die jaar behaal.

Om inkrementele bemarkingsinvestering te kan bekostig en terselfdertyd marges te beskerm, moet Distell doeltreffendheid verbeter en kostes verminder. Ons het ons verklaarde besparingsteiken van R325,0 miljoen vir die jaar bereik en is vol vertroue dat daar nog talle ander geleenthede bestaan om doeltreffendheid in ons voorsieningsketting te verbeter en koste te verminder. Hierdie inisiatiewe sal ’n belangrike maatskappyprioriteit wees sodat ons ons volume- en omsetgroei kan omsit in verbeterde bedryfsmarge- en kontantvloeiprestasie.

Waardeskepping deur die doeltreffende gebruik van ons batebasis bly ’n sleutelprioriteit vir die Groep. ’n Wesenlike investering in grootmaat-spiritualieëvoorraad in veroudering om in ons langtermynsiening van

verbruikersvraag in veral whisky en konjak te voorsien, het bygedra tot die toename in totale bates en die effense afname in bate-omsetsnelheid. Dit is ’n area waarop ons vorentoe meer fokus sal plaas.

Ons het die besluit geneem om ’n klein hoeveelheid van ons gebottelde wyn as ’n voorsorgmaatreël aan die mark te onttrek nadat baie klein stukkies glas in sekere van die bottels gevind is. Gehalteprodukte en die veiligheid van ons verbruikers is van die allergrootste belang van wat ons by Distell doen, en natuurlik integraal om die maatskappy se goeie naam te beskerm.

Ons het die voorval vinnig geïsoleer tot ’n enkele botteleringslyn wat 4,8% van ons totale wynproduksie lewer. Van die bottels wat herroep en inspekteer is, is die klein glasdeeltjies in minder as 0,33% van die gevalle gevind. Ons het die voorraad wat geraak is waar nodig vervang en die situasie is danksy die enorme poging van personeel dwarsoor Distell se waardeketting suksesvol onder beheer gebring. In ons finansiële resultate het ons ten volle voorsiening gemaak vir die uitwerking van die herroeping (R63,5 miljoen in bedryfskoste) en ons fokus nou daarop om ons totale gehaltebelofte waar nodig te verbeter om besigheidsmomentum in die geaffekteerde markte te herstel.

Sleutel- strategiese besigheidsrisiko’sTerwyl ons ons strategiese reis voortsit, is ons bedag daarop om die sleutelrisiko’s wat ons in die gesig staar proaktief te identifiseer, te verminder en die hoof te bied. Risikobestuur bly ’n integrale komponent van die dag-tot-dag-bestuur van ons besigheid. Dit is ons verantwoordelikheid om ons geleenthede ten beste te benut en om die bedreiging wat enige gegewe risiko inhou, te verminder.

Ons het ’n deeglik gestruktureerde proses ontwikkel om die belangrikste risiko’s vir Distell te identifiseer, te monitor en te bestuur. Sien asseblief die Corporate Governance Report in die aanlynweergawe van die Integrated Annual Report.

Die direksie hersien hierdie risiko’s op ’n jaarlikse grondslag. Met die onlangse hersiening is nege sleutel- strategiese besigheidsrisiko’s geïdentifiseer wat op die volgende betrekking het:

1) Bedryfskonsolidasie en geografiese risiko’s

2) Besigheidstransformasie

3) Regulatoriese ingrypings en die impak daarvan op ons besigheid

4) Volhoubare voorsiening van grondstowwe

5) Onwettige handel in alkoholiese drank

6) Bestuursvermoë en bestuur van talent

7) Inligtingtegnologiestelsels

8) Vinnige veranderings in verbruikerstendense

9) Integrasie van verkrygings

Sien asseblief die Strategic Risk-tabel in die aanlynweergawe van die Integrated Report.

Toekomstige vooruitsigteIn sy Wêreld Ekonomiese Vooruitsig wat in Julie uitgereik is, het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) die vooruitsig vir wêreldwye BBP-groei in 2015 verder verlaag, van 4,0% tot 3,3%. Die IMF verwag dat die groeikoers volgende jaar tot 3,8% sal versnel, maar daar is beduidende risiko’s aan hierdie vooruitsig verbonde. Die sleuteldryfveer van versnelde groei in ontwikkelde ekonomieë is verbeterde vlakke van sake- en verbruikersvertroue, laer oliepryse en die waarskynlikheid van meer neutrale fiskale beleid in die Eurogebied.

In die opkomende markte bly vooruitsigte gedemp met volgehoue druk op die prys van olie en ander kommoditeite, die verlangsaming van China se groeikoers en die risiko van valuta-onbestendigheid, gestu deur die waarskynlikheid van hoër rentekoerssiklusse in die ontwikkelde wêreld.

Luidens die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BEN) sal reële groei in verbruikersbesteding op nie-duursame goedere (insluitend alkoholiese drank) in Suid-Afrika na verwagting van 2,3% in 2015 tot 1,3% in 2016 verlangsaam. ’n Afname in reële inkomstegroei, hoër inflasie en gedempte indiensnemingsgroei is van die faktore wat verbruikers se koopkrag onder druk sal plaas.

9

Page 12: Distell Jaarverslag 2015

Terwyl die vooruitsigte onseker en meer pessimisties is, bly ons optimisties oor Distell se groeivooruitsigte op die mediumtermyn. Ons sien ook uit na die positiewe uitwerking van doeanevrye marktoegang vir Suid-Afrika se uitvoerprodukte. Dit sluit in Suid-Afrika se moontlike voortgesette insluiting by die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa); en die drieparty-vryhandelsooreenkoms wat deur die lede van die Gemeenskaplike Mark van Oos- en Suider-Afrika (Comesa), Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), en die Oos-Afrika-gemeenskap (EAC) onderteken is. Daarbenewens het doeanevrye marktoegang vir Suid-Afrikaanse wyne aansienlik uitgebrei as deel van die nuwe ekonomiese vennootskapsooreenkoms tussen die SAOG en die Europese Unie.

Die sterkte, gesogtheid en diversiteit van Distell se handelsmerkportefeulje, asook ons uitgebreide geografiese teenwoordigheid oor verskeie ekonomieë heen, sal voortgaan om geleenthede aan Distell te bied om verdere reële aandeelhouerswaarde te ontsluit.

Korporatiewe verantwoordelikheidAs ’n verantwoordelike korporatiewe burger besef ons dat ons ’n verantwoordelikheid het om bedryfstandaarde te handhaaf terwyl ons ’n bydrae lewer om die lewensgehalte van die gemeenskappe waarin ons bedrywig is, te verbeter. Ons is onder meer by die volgende areas betrokke:•  Verantwoordelike drankverbruik•  Aksyns en onwettige handel•  Gemeenskapsontwikkeling•  Gelyke indiensneming•  Ondernemersontwikkeling•   Werknemerbetrekkinge en -welstand•  Transformasie•   Verantwoordelike 

voorsieningskettingbestuur•  Omgewingsvolhoubaarheid.

Daar was vanjaar aktiewe gesprekvoering tussen die drankbedryf en die regering oor die kwessie van verantwoordelike drankverbruik. In Mei 2015 het die Departement van Handel en Nywerheid (dti) ’n openbare gespreksdokument oor drankbeleid gepubliseer wat aan alle belanghebbendes gesirkuleer is. Om die belange en oorweginge van die onderskeie

belanghebbendes te bestuur, is die publiek en die drankbedryf genooi om teen Augustus kommentaar te lewer. Distell het aktief hieraan meegedoen.

Saam met ander rolspelers in die bedryf het ons ons bereid verklaar om saam met die regering te werk om toepaslike oplossings vir alkohol-verwante risiko’s te vind. Ons is vol vertroue dat die drankbeleid wat na omvattende konsultasie bekendgestel sal word gesonde riglyne sal bevat om ekonomiese geleenthede in die drankbedryf te bestuur terwyl gesondheids- en maatskaplike probleme getakel word.

Deur die Distell-stigting ondersteun ons jaarliks verskeie belangrike korporatiewe maatskaplike investerings- (CSI) projekte met ’n besteding van R16,7 miljoen en ’n fokus op twee sleutelareas: jeugontwikkeling en bewusmaking van fetale alkohol-spektrumversteurings (FASD) en stappe om dit te voorkom. Ons strategie is om programme te ondersteun wat ’n holistiese uitwerking op gemeenskappe en individue het. In ooreenstemming met regeringsbeleid ondersteun en bevorder ons die transformasie van die bedryf aktief. Ons besef die potensiaal wat dit inhou om vennootskappe te sluit met entrepreneurs en gemeenskappe wat naby ons produksiefasiliteite woon want dit skep nuwe en meer betekenisvolle rolle vir ontluikende produsente van die grondstowwe wat deur ons besigheid benodig word. Ons is byvoorbeeld opgewonde oor die potensiaal om die plaaslike aanbod van appelkonsentraat te verhoog deur swart entrepreneurs in Suid-Afrika te bemagtig.

Namate ons verder groei en in Afrika uitbrei, sal ons ook maniere ondersoek om vennootskappe te ontwikkel en potensiële ondernemersontwikkelingsgeleenthede in ons portefeulje van besighede te ontsluit.

Ons besef ook ons verpligting teenoor transformasie, in die besonder om te verseker dat ons leierskap- en bestuursgeledere verteenwoordigend is van die demografie van die lande waarin ons bedrywig is. In Suid-Afrika is ons verbind om ons prestasie in hierdie verband te verbeter en om ’n diverse, inklusiewe en verteenwoordigende arbeidsmag op te bou.

Dit sal ons vermag deur ons mense se tegniese, bestuurs- en

leierskapvaardighede te ontwikkel. In ’n hoogs mededingende wêreld waarin talent al hoe skaarser en meer mobiel raak, sal ons altyd verseker dat ons diversiteit, bevoegdheid en leierskapsdoeltreffendheid in gelyke mate in ons arbeidsmag verteenwoordig word.

Sien asseblief ons Corporate Responsibility Report in die aanlynweergawe van ons Integrated Report, asook ons elektroniese Sustainability Report by www.distell.co.za.

Prestasie volgens markSuid-AfrikaDie Suid-Afrikaanse ekonomie het gedurende die oorsigtydperk lae groei behaal terwyl reële groei in verbruikers se besteebare inkomste effens verbeter het. Verbruiker- en sakesentiment het gedemp gebly te midde van kragtekorte, hoë werkloosheid en ’n verswakkende rand. Volgens aanduidings het die totale drankmark lae dubbelsyfergroei in kleinhandelverkope behaal. Verhogings in aksynsbelasting op spiritualieë die afgelope paar jaar het groei in die totale mark onder druk geplaas, met aksynsbelasting wat saam met BTW nou meer as die helfte van die gemiddelde kleinhandelverkoopsprys van ’n bottel brandewyn uitmaak.

Teen hierdie agtergrond het ons Suid-Afrikaanse bedrywighede besonder goed gevaar en verkoopsvolumes met 6,7% teenoor die vorige jaar opgestoot terwyl omset met 11,8% verbeter het.

Dié prestasie kan toegeskryf word aan ons strategiese fokus op gehalteverbetering in ons bemarkings- en verkoopsaktiwiteite. Ons het ook nuwe prys- en omsetbestuurspraktyke in bedryf gestel wat daarop gemik is om ons mededingendheid op kort termyn te verhoog, terwyl dit help verseker dat ons handelsmerke strategies optimaal geplaas is vir volhoubare omset- en margegroei in vergelyking met ons mededingers in die mark.

Ons program wat daarop gemik is om die doeltreffendheid van ons verkoopspersoneel te verbeter (die SFE-program) wat teen die einde van verlede jaar stuksgewys in al die streke van stapel gestuur is, is sedert Februarie 2015 landwyd in bedryf. Hierdie inisiatief het ten doel om ons reikwydte in die nasionale mark te vergroot, asook om

10

Page 13: Distell Jaarverslag 2015

11

Page 14: Distell Jaarverslag 2015

ons dienslewering aan kliënte en ons produktiwiteits- en verkoopsvlakke te verbeter.

Danksy verskeie strukturele en stelselveranderings en die gebruik van nuwe tegnologie en analitiese hulpmiddels kon ons ons reikwydte en penetrasie in ons tuismark vergroot, terwyl ons ons markinsig, reaksie op veranderende marktendense, dienslewering en buigsaamheid verbeter het. Die program het ook ten doel om ons handelsbemarking, verkope en verspreidingsvermoë te verbeter.

’n Belangrike voordeel van die SFE-program is dat dit ons reeds toegelaat het om ons teenwoordigheid in die hoofstroom- en township-markte te verstewig deurdat ons nou areas bedien waar ons voorheen onderverteenwoordig was. Dit open nie net die deur na nuwe besigheidsgeleenthede nie, maar skep ook nuwe werksgeleenthede. Tot dusver is 120 mense uit voorheen benadeelde gemeenskappe permanent in diens geneem danksy hierdie strategiese projek.

Ons het ons verkoops- en verspreidingsbedrywighede in tandem met die SFE-projek gedesentraliseer. Dit verleen groter outonomie aan ons drie streekshoofbestuurders wat almal nou lid van ons Suid-Afrikaanse bestuurspan is. Hierdie stap moedig entrepreneurskap aan terwyl dit ons help om in nouer voeling met die behoeftes van kliënte en die markplek te bly.

Om operasionele doeltreffendheid te dryf, maak ons nuwe besigheidstruktuur ook voorsiening vir gespesialiseerde voortreflikheidsentrums om ons verkoops- en logistieke inisiatiewe te ondersteun deur die beskikbaarstelling van gespesialiseerde analitiese en tegnologiese vermoëns.

Hierdie strategiese inisiatiewe het ’n bydrae gelewer tot omsetgroei op kort termyn, maar nog belangriker, dit het ons op ’n meer gelyke voet met ons internasionale mededingers in die drankmark geplaas om doeltreffend mee te ding om winsgewende groei in markaandeel.

siders en rtd’sOns RTD-portefeulje, insluitend siders, het volumegroei van 4,2% aangeteken met omset wat met 10,3% gestyg het.

Na ’n tydperk van skerp groei het ons sider-verkope verder gestyg, ofskoon

teen ’n stadiger pas, namate die segment volwassenheid in ons tuismark bereik. Hunter’s, die wêreld se nommer twee sider-handelsmerk, het nogmaals robuuste groei aangeteken. Ten spyte van ons siders se sterk posisie in die nasionale mark, het ons SFE-program getoon dat verdere groei behaal kan word in nuwe marksegmente waar ons besigheid nie goed verteenwoordig was nie en ons bly optimisties dat die groeikoers in die afsienbare toekoms volgehou sal word.

Savanna, wat op ’n meer premiumsegment van die mark gerig is, het kwesbaarheid getoon vir die aggressiewe verskuiwing van die biersegment na die premiumkant van die mark. Ofskoon die volumedaling gering was, het ons reageer deur nuwe lewe in die handelsmerk te blaas en die verpakking te vernuwe. Vroeë reaksie op hierdie nuwe inisiatiewe uit die handel en van verbruikers is bemoedigend.

WynOns wynportefeulje was gedurende die oorsigjaar die toppresteerder met volumegroei van 13,6% en omsetgroei van 16,4%. Die volumegroei is aansienlik hoër as dié van die res van die bedryf, wat ’n aanduiding is dat ons markaandeel in ’n uiters mededingende mark gewen het.

4th Street, die betreklik onlangse toevoeging tot ons wynhandelsmerkportefeulje, was die sterpresteerder ofskoon ons perléwyne en Sedgwick’s Old Brown ook stewig gegroei het. Ons fynproewerswyne het ook gebaat by die verdere uitbreiding van die spesialisvermoë wat vereis word om die premiumkant van die wynmark te bedien.

Die Nederburg-wynreeks het in die geheel uitstekende volumegroei behaal, met die fynproewersversameling, Heritage Heroes, wat alle verwagtinge oortref het. Durbanville Hills, Fleur du Cap, Neethlingshof, Plaisir de Merle en Allesverloren het almal uitstekende groei behaal. Die reputasie van hierdie handelsmerke het ’n verdere hupstoot gekry as gevolg van die verskerpte fokus en die goeie resensies in gerespekteerde internasionale wynpublikasies asook uitstekende puntetellings in vooraanstaande wynkompetisies.

Pongrácz, ’n spesialis- Méthode Cap Classique-handelsmerk wat vir ’n minder pryssensitiewe segment van die mark

geposisioneer is, het nogmaals stewige verkoopsgroei behaal.

Met veral fynproewerswyne wat ’n al hoe belangriker deel van ons portefeulje uitmaak, het ons onlangs die nuwe pos van hoofwynmaker geskep. Hierdie rol behels toesig oor die styl en gehalte van Distell se totale wynportefeulje, asook om innovering te dryf. Ons glo dat hierdie sleutelbestuursaanstelling bykomende stukrag sal verleen aan ons vermoë om voortreflike wyne te produseer en ons sal help om ons reputasie in die premiumsegment verder uit te bou en ons mededingende voordeel te verbeter.

spiritualieëOfskoon Distell se spiritualieë-volumes onveranderd gebly het van ’n jaar geleë, het omset met 10,8% gestyg. Totale spiritualieëverkope het merkbaar verbeter as gevolg van die implementering van ons nuwe prysstrategie, gepaard met ons meer gefokusde verkoopsbedrywighede en groter markpenetrasie.

Ons het daarin geslaag om die daling van die brandewynverkope te temper. Soos voorheen gerapporteer, is ons pogings om die herstel in die brandewynkategorie in Suid-Afrika om te keer ’n belangrike langtermyninisiatief. Die herposisionering van die kategorie is van strategiese belang vir Distell en het ook wyer ekonomiese implikasies vir die land gegewe die brandewynsektor se belangrike rol in die Suid-Afrikaanse wynwaardeketting asook kapasiteit om plaaslike werkskepping te genereer vergeleke met ingevoerde spiritualieë.

Verkope van Klipdrift, danksy verbeterde verspreiding, asook dié van Richelieu ná die herposisionering na die meer premiumkant van die mark, is besig om te herstel. Gewilde handelsmerke soos Viceroy en Commando toon uitstekende groei danksy ons verbeterde markpenetrasie.

Ons konjakhandelsmerk, Bisquit, met ’n kombinasie van sterk inherente gehalte en Luukse handelsmerkposisionering, het uitstekend gevaar en die dubbelsyfergroei van die plaaslike konjakmark met ’n wye marge geklop.

Ons Skotse whiskyportefeulje het gedurende die tydperk goed gevaar en ons Scottish Leader-handelsmerk, wat opgradeer is met ’n nuwe

12

Page 15: Distell Jaarverslag 2015

produksamestelling en verpakking, is sedert die herbekendstelling baie goed in die handel en deur verbruikers ontvang.

Ons Suid-Afrikaanse whiskies het hulle groeitrajek voortgesit met Three Ships wat ’n stewige hupstoot gekry het toe die 10 Year Old Single Malt as die 2015 IWSC Best Whisky Worldwide gekroon is. Die groei van Bain’s Cape Mountain Whisky was ook indrukwekkend en die handelsmerk se talle internasionale toekennings demonstreer dat hierdie innoverende produk suksesvol voorsien in die vraag na ’n toeganklike, sagter en soeter Suid-Afrikaanse whisky.

Amarula het sy markleiersposisie behou ondanks toenemende mededinging in die roomlikeurkategorie, ook wat prys betref. Verkoopsvolumes het stewig gegroei gepaard met ’n beduidende styging in omset, wat die gevolg is van ’n suksesvolle strategie om die handelsmerk aan die premiumkant van die mark te posisioneer.

Res van Afrika (insluitend die Blns-lande wat aan suid-afrika grens: Botswana, lesotho, namibië en swaziland)

Ons Afrika-bedrywighede, uitsluitend ons Suid-Afrikaanse besigheid, het stewige resultate gelewer ten spyte van die swakker ekonomiese groei wêreldwyd en die afname in die vraag na kommoditeite, insluitend laer oliepryse, wat ’n ongunstige uitwerking op belangrike Afrika-ekonomieë soos nigerië, angola en ghana gehad het.

Verkoopsvolumes het met 6,6% gegroei terwyl omset met 11,6% gestyg het, met die wynkategorie wat die grootste bydrae tot groei gelewer het, gevolg deur ons siderhandelsmerke. Die groep gaan voort om in die uitbreiding van ons verkoopsmag en vestiging van distribusiestrukture in prioriteitslande dwarsoor die vasteland te investeer. Gevolglik het verdienste voor rente en belasting (VVRB) met 5,2% gestyg. VVRB is die afgelope jaar ook ietwat negatief geraak deur verswakkende geldeenhede.

Ten spyte van verskeie uitdagings wat die vasteland in die gesig staar, raam die IMF dat reële BBP-groei vir Afrika suid van die Sahara van 4,5% in 2015 tot 5,3% teen 2017 sal versnel. Dié groei sal na verwagting ondersteun word deur volgehoue investering in infrastruktuur, verhoogde landbouproduksie en veerkragtige groei in die dienstesektor.

Ons het dus volle vertroue in die meriete van ons strategiese fokus op Afrika en gaan voort om in die vestiging van ons eie spanne in sleutelareas en die verbetering van ons distribusiestrukture te investeer. Daar is verskeie dinamiese ekonomieë op die vasteland waaraan ons binne versigtig omskrewe risikoparameters deelneem. Ons kern- Sterk handelsmerke groei stewig in die wyn- en siderkategorieë, asook in ’n uitgesoekte mandjie van ons Luukse spiritualieëhandelsmerke in ’n aantal sleutel-Afrika-markte. Ons sal voortgaan om in dié handelsmerk-franchises in hierdie ekonomieë te investeer deur ons uitvoerplatform te gebruik, terwyl ons na ander jurisdiksies sal uitbrei deur waar moontlik plaaslike produksie en verspreiding te gebruik.

Die vier lande wat aan suid-afrika grens, naamlik Botswana, lesotho, namibië en swaziland, is ’n belangrike handelsblok en verteenwoordig ’n belangrike inkomstestroom vir die maatskappy. As ’n eenheid het hierdie lande se verkoopsvolume met 7,3% gestyg terwyl omset met 13,5% teogeneem het, wat die voordele illustreer van ons strategie om sekere handelsmerke aan die premiumkant van die mark te posisioneer. Sleutelhandelsmerke wat stewige groei behaal het, is Hunter’s, Savanna, 4th Street, Klipdrift, Tassenberg en Autumn Harvest Crackling.

Angola is ’n tradisionele Afrika-vesting vir Distell. Ons angolese bedrywighede het die afgelope jaar volume- en omsetgroei van onderskeidelik 7,1% en 13,2% aangeteken. Ons kernhandelsmerke, Savanna, Nederburg, J.C. Le Roux, Amarula en Esprit, het deur die bank stewige omsetgroei gerapporteer ten spyte van die wesenlike makro-ekonomiese en valuta-uitdagings in die land. Hierdie handelsmerk-franchises het veerkragtigheid getoon te midde van moeilike ekonomiese omstandighede. Aangesien angola een van Distell se prioriteitsmarkte is, is grond aangekoop vir die oprigting en inbedryfstelling van ’n splinternuwe spiritualieë- en RTD-produksieaanleg in die land. Ons is ook besig om ons distribusiestrukture te konsolideer en ons verkoopsteenwoordigheid in die mark uit te brei. Hierdie investering sal in die komende jaar versnel word.

mosambiek lewer ’n al hoe groter bydrae tot ons Afrika-vertoning namate

ons ons distribusiestrukture versterk en ons gewildste handelsmerke het die afgelope jaar sterk dubbelsyfer volume- en omsetgroei aangeteken. Ons siders, asook Amarula, Nederburg, Drostdy-Hof en J.C. Le Roux, het almal stervertonings gelewer. Om ons posisie verder te verstewig, is ons in die proses om ons verkoops- en bemarkingsteenwoordigheid in die land uit te brei.

Ofskoon Zimbabwe se ekonomie broos bly, maak ons danksy meer mededingende pryse en verbeterde verspreiding goeie vordering met ons sider- en plaaslike spiritualieëkategorieë wat saam met ons vennote, African Distillers (Afdis), in ons eie produksiefasiliteite vervaardig word.

In Zambië het die verbeterde kleinhandelomgewing goeie geleentheid vir groei in die formele sektor gebied, met Hunter’s en Amarula asook ons ander spiritualieë en wyne wat goeie groei behaal het.

Distell het ’n groeiende voetspoor in Oos-afrika en ons was gedurende die oorsigjaar in staat om ons teenwoordigheid in kenia te verstewig danksy ons belegging in KWA Holdings E.A. Limited (KHEAL), ’n vername vervaardiger en verspreider in die land. Die transaksie om ’n 26% belang in KHEAL te verkry, is in Desember ná uitgebreide onderhandelings gesluit en ons sien uit na aansienlike voordele wat hierdie strategiese belang sal ontsluit. Ons handelsmerke het goed gevaar in die breër streek met ons wynhandelsmerke wat stewige groei getoon het, veral 4th Street, terwyl Viceroy bemoedigende herstel getoon het na ’n aggressiewe aktiveringsprogram.

In tanzanië word ons baie doeltreffend verteenwoordig deur ons vennote, Tanzania Distilleries Limited met sy goed ontwikkelde produksie-, verkoops- en verspreidingsnetwerk. Drostdy-Hof en Savanna was die sterpresteerders.

Die afgelope jaar was veeleisend vir ons Wes-afrika-bedrywighede. Benewens swak kommoditeitspryse en valutaskommelinge het nigerië ook gebuk gegaan onder burgerlike konflik en sekuriteitsomwentelings wat ’n ernstige impak op die ekonomie gehad het. Ten spyte van die daling in omset het ons die verkoopspan verstewig, doeltreffendheid verbeter en ons aktiveringsprogram versnel om ons reikwydte en

13

Page 16: Distell Jaarverslag 2015

teenwoordigheid vir ’n uitgesoekte portefeulje van handelsmerke in die land uit te brei.

Ofskoon ghana nie die probleme wat Wes-Afrika geteister het vrygespring het nie – wat vererger is deur die uitbreek van die Ebola-epidemie – was ons bedrywighede hier veerkragtiger as in nigerië. Ons skryf dit deels toe aan die goeie groei in ons plaaslike vervaardigde siders en spiritualieë en ons beplan om verkope na naburige lande uit te brei deur gebruik te maak van die groter handelsvoordele wat vir plaaslike vervaardigde produkte in die streek beskikbaar is.

Internasionale markte buite AfrikaOns verslag oor ons internasionale markte buite Afrika sluit hooftrekke van Burn Stewart Distillers (BSD) se resultate in, wat in 2013 verkry is en tans in Distell geïntegreer word.

Soos vroeër in hierdie verslag gemeld was wêreldgroei gedemp en swakker as verwag. Ekonomiese uitdagings, veral in die opkomende markte, het ’n ongunstige uitwerking op verbruikersbesteding oor verskeie kategorieë, insluitend alkoholiese drank, gehad. Euromonitor het byvoorbeeld bevind dat die spiritualieëkategorie in 2014 wêreldwyd die swakste groei sedert die 2008 ekonomiese krisis behaal het met volumegroei van net 2,0% op ’n jaargrondslag. Volgens die International Wine & Spirit Research (IWSR) het wynverkope in 2014 wêreldwyd met 1,1% gedaal.

Ten spyte van hierdie uitdagings het ons op toekomstige groei vir Distell gefokus deur in die nodige vermoë, infrastruktuur en distribusiestrukture te investeer om ons posisie te versterk in die geografiese gebiede waar ons glo ons in die beste posisie is om die potensiaal van ons handelsmerke te verwesenlik. Terwyl ons die regte strukture, talent en verspreidingsvennootskappe gevestig het om hierdie doel te verwesenlik, het ons nie nagelaat om handelsmerkekwiteit te beskerm sodat ons onsself suksesvol kan onderskei in die hoogs mededingende markte waarin ons bedrywig is nie. In sommige gevalle het hierdie beskerming beteken dat ons korttermynwinste verruil het vir meer toepaslike geleenthede in ooreenstemming met ons langer-termyn strategiese aspirasies.

In die markte wat geraak is, het ons ook ons bemarking en diensvlakke verbeter om die impak van die herroeping van sekere van ons wyne te versag, wat in meer besonderhede in die verslag deur die besturende direkteur uiteengesit word.

Ons het voortgegaan om lewensvatbare geleenthede in ’n wye verskeidenheid markte te ondersoek, wat ons toegelaat het om belangrike en bemoedigende verkrygings te doen in lande waar ons strategie om sekere van ons handelsmerke na die premiumsegment van die mark te verskuif baie positiewe resultate gelewer het. Amarula het sy profiel versterk en is steeds Suid-Afrika se enigste verteenwoordiger op die Impact Databank Top 100 Premium Spirits se lys van die beste spiritualieëhandelsmerke wêreldwyd.

Ons internasionale bedrywighede het ’n veeleisende jaar agter die rug met verkoopsvolumes wat met 5,5% gekrimp het en omset wat met 3,8% gestyg het.

VVRB verkry van internasionale bedrywighede buite Afrika het met 5,5% gedaal en het ongeveer 20,4% tot Groep-VVRB bygedra.

noord-amerikaOmset het met 19,9% gestyg in reaksie op ons strategie om sekere handelsmerke aan die premiumkant van die mark te herposisioneer. VVRB het met 29,8% gestyg.

Net soos wat ons die BSD-besigheid in ons Europese bedrywighede geïntegreer het, het ons Distell se 100% verkryging van International Beverage Company (IBC) Inc, ’n verspreider van premium ingevoerde spiritualieëhandelsmerke, gebruik om ons vermoëns in die Vsa te verbeter. Ons beskou dit as ’n mark met hoë potensiaal ondanks sy komplekse driekvlakstelsel en wetgewende beperkings wat van staat tot staat verskil. BSD het voorheen ’n meerderheidsbelang in IBC besit. Die maatskappy se konsolidasie met Distell laat ons nou toe om ’n meer gefokusde benadering tot bemarking, verspreiding en distribusiestrukture te volg.

Die handelsmerke wat goeie groei in die Vsa getoon het, was Amarula en die enkelmoutwhiskies in die BSD-portefeulje. Bain’s Cape Mountain Whisky het sy eerste verskyning in die land gemaak en hoewel dit sonder groot ophef in uitgesoekte segmente bekend gestel word, is dit baie positief in die handel en deur verbruikers ontvang.

In kanada het Nederburg ook goeie groei getoon, terwyl die onlangs gewysigde prysstrategie vir Two Oceans ’n positiewe impak behoort te hê.

Die herstel in die Vsa ekonomie is bemoedigend en ons glo dat ons toekomstige vertoning in die streek daarby sal baat vind.

latyns-amerikaOmset in Latyns-Amerika het met 22,4% gestyg en VVRB met 61,8%. Ons stewige vertoning in dié streek is strydig met die tendens van ekonomiese verlangsaming, veral in Brasilië.

Ons het organisatoriese en bestuursveranderinge gemaak om voort te bou op die goeie omsetgroei wat in die streek behaal is.

Amarula het nie net sy oorheersende posisie in die Brasiliaanse mark verder verstewig nie, maar ook stewige volumegroei in argentinië en paraguay behaal.

Net in Brasilië verteenwoordig Distell se handelsmerke 57% van Suid-Afrikaanse wyn wat in die land verkoop is. Ons sterk teenwoordigheid in die land se e-handelbesigheid het verkope ’n hupstoot gegee met veral Neethlingshof en Allesverloren wat goed presteer het.

EuropaEuropa se VVRB-bydrae het met 32,9% gedaal, terwyl omset met 10,1% gedaal het. Ons vertoning is geraak deur die voortgesette makro-ekonomiese uitdagings in die Eurogebied en die impak van Rusland se ekonomiese krisis.

Die besluit wat in die laaste kwartaal van ons finansiële jaar geneem is om al ons uitvoer-, Bisquit- en BSD-bedrywighede in een geïntegreerde onderneming in europa te integreer, het ’n geleentheid gebied om ons Europese bedrywighede te herstruktureer en nuwe lewe in die streek te blaas deur nuwe vaardighede en hulpbronne te vestig om munt te slaan uit geleenthede in die spiritualieë-, wyn- en RTD-kategorieë. Ons is ook oortuig dat die konsolidasie ons mettertyd sal toelaat om kostesinergieë te ontsluit.

In die Verenigde koninkryk het ons ons supermarklystings behou ten spyte van die strawwer mededinging. In duitsland waar die Suid-Afrikaanse kategorie markaandeel aan Europese produsente afgestaan het,

14

Page 17: Distell Jaarverslag 2015

het Nederburg en Two Oceans teen die tendens in uitstekende groei aangeteken. Ook in nederland het Nederburg uitstekende groei behaal.

Ons was egter nie so suksesvol in die Nordiese streek en veral swede nie waar die Suide-Afrikaanse kategorie markaandeel aan hoofsaaklik Italiaanse wyn afgestaan het. Drostdy-Hof, ons grootste handelsmerk hier, het ’n afname in verkope ervaar. Zonnebloem, oor grootste premium handelsmerk in swede, het ook verliese gerapporteer. Ons het bepaalde hulpbronne toegewys om die situasie te probeer omswaai en werk nou saam met ons verspreidingsvennoot om te bepaal wat die beste manier sal wees om verlore veld terug te wen. Met Suid-Afrika se eko-getuigskrifte waarvan deeglik kennis geneem word in die Nordiese streek, brei ons ons organiese wynaanbod uit om in die stygende vraag onder verbruikers te voorsien. Die beperkte beskikbaarheid van organiese druiwe kniehalter egter ons pogings tot ’n mate.

Amarula het goed gevaar in teenstelling met die afname in die roomlikeurmark met die handelsmerk wat op die rug ry van sy Afrika-herkoms en unieke smaakaanbod. Die enkelmoutwhiskies in die BSD-portefeulje was weer gewild en het goeie omsetgroei behaal, terwyl die hergeformuleerde Black Bottle-handelsmerk – die resep is nou nader aan die oorspronklike 19de eeuse resep en die opgedateerde verpakking is ’n treffende swart bottel – ook in frankryk en duitsland bekend gestel is. Na verwagting sal die handelsmerk, wat deur verhoogde bemarkingsinvestering in hierdie lande ondersteun word, belowende vordering maak.

Bisquit het ook daarin geslaag om sy man te staan in sy sleutelmark van België, maar die politieke en ekonomiese onstuimigheid in rusland en die Russiese Statebond van Onafhanklike State het verkope geknou.

reis-kleinhandelOns reis-kleinhandelsarm het sy program van gefokusde uitbreiding voortgesit, wat nie net ten doel het om ons sleutelhandelsmerke aan hierdie mark bekend te stel nie, maar ook om goeie groei te lewer. Nuwe bestuur, die uitbreiding van die Europese eenheid, ’n doeltreffende arm in Asië en die vestiging van bepaalde hulpbronne in

sowel Afrika as die Amerikas lewer baie belowende resultate met indrukwekkende nuwe lystings in sleutelmarkte.

Die Skotse whiskyportefeulje het uitstekend presteer met die gebrek aan voorraad in die enkelmoutkategorie wat die enigste beperking was, ofskoon beperkte beskikbaarheid die skaarsheidwaarde daarvan verhoog het. Amarula en Nederburg het ook uitstekend verkoop.

asië-pasifiese markteVVRB het met 40,9% gegroei. Met die prioriteit wat aan ons premium handelsmerke verleen word en ’n meer gunstige mengsel, het omset met 30,9% gestyg ofskoon volumes gedemp gebly het.

Bisquit en die enkelmoutwhiskies het goed gevaar dwarsoor die Asië-Pasifiese streek met Amarula en ons wynhandelsmerke wat sterk omsetgroei gelewer het.

Ons het taiwan as ’n sleutelmark geïdentifiseer waar ons Scottish Leader se posisie as markleier kan gebruik ons die teenwoordigheid van ander Skotse whiskies in die portefeulje te groei. Dit gee ons ook die infrastruktuur om Amarula se profiel en dié van ons wynhandelsmerke te versterk.

Die optimalisering van ons bedrywighede in China bly ’n belangrike fokus vir die maatskappy. In singapoer het ons stappe gedoen om ons bedrywighede te versterk met die aanstelling van ’n nuwe bestuurspan.

integrasie van verkrygingsPogings om die BSD-verkryging te integreer, het ondersoeke ingesluit na nuwe maniere om waarde te ontsluit, die aanpassing van bemarkingsprioriteite, die hersiening van die totale whiskyportefeulje, die ontwikkeling van produkte spesiaal vir sekere geografiese gebiede, en die vestiging van geïntegreerde bemarking- en distribusiestrukture in prioriteitslande.

Ons is verheug om te rapporteer dat goeie vordering gemaak is en ons het volle vertroue dat BSD aansienlike waarde sal toevoeg namate die besigheid ten volle geïntegreer en in ooreenstemming met Distell se strukture gebring word.

BSD het ’n stewige handels- en finansiële vertoning vir die jaar geëindig 30 Junie 2015 gelewer. Omset het met 2,7% tot £64,8 miljoen gestyg. Netto wins na belasting het met 8,5% tot £3,7 miljoen gestyg.

ErkenningsEk het hoë verwagtinge van die bestuur en personeel gekoester om verandering te omhels en daarby aan te pas, nie net wat die maatskappy se fokus en struktuur betref nie, maar ook die kultuur en ingesteldheid. In elke faset van die besigheid, van proses tot uitvoering, is hoë eise aan ons mense gestel, terwyl daar van hulle verwag is om standaarde te verhoog en vindingryker te raak. Eerder as om verandering as ’n ontwrigting en ’n bedreiging te beskou, het ons ‘handelsmerkinnoveerders’ ’n bereidwilligheid en vermoë getoon om die uitdagings met geesdrif, vernuftigheid en vasberadenheid te takel. Dit is hierdie ‘ons kan’-ingesteldheid wat die dryfkrag agter ons vordering en groei is, en sal verseker dat ons in ons pogings sal slaag om in die behoeftes van ’n snelveranderende en toenemend mededingende wêreldwye handelsomgewing te voorsien.

Ek is baie trots en opgewonde oor wat ons kon bereik, veral onder sulke moeilike handelstoestande. Ek is baie dank verskuldig aan my uitsonderlike span direkteure, bestuurders en personeellede dat hulle ons korporatiewe visie gedeel het en dit verwesenlik het op ’n manier wat al ons belanghebbendes bevoordeel. Ek beskou dit as ’n groot voorreg om so ’n vasbeslote, geesdriftige en toegewyde span te lei.

rm rushtonGroep Besturende Direkteur

Stellenbosch19 Augustus 2015

15

Page 18: Distell Jaarverslag 2015

Verbind strategie, strategiese inisiatiewe en waardedrywers

Finansiële waarde-drywers

Streef na voortreflikheid

Skep ikoniese en voortreflike handelsmerke

Ons gee om en maak ’n

verskil

Neem die voortou in

geselekteerde markte

Kerf die toekoms uit

Besit die laaste myl

Strategiese temas

OmsetSider

produksie-tegnologie

Voer sider groeistrategie

uit

– Suid-Afrika– Afrika– Een ander

Effektiwiteit van

verkoopspan

OmsetbestuurBemagtig

strategiese inisiatiewe

Bruto winsOndernemings-ontwikkelings-

projekteVerspreidings-

netwerk optimaliseer

Bedryfs-uitgawes

Handelsmerk-investerings-

plan Bou luukse vermoeë

– Suid-Afrika– Afrika– Een ander

Innovasie

Tegnologie

Ons mense

42 61 53

Verkryging

Produksie-netwerk

optimaliseer

1

2

3

Vers

lag

deur

die

gro

ep f

inan

siël

e di

rekt

eur

WaardeskeppingOns uiteindelike bestuursdoelwit is om waarde vir alle belanghebbendes en veral vir aandeelhouers te skep. Ses strategiese temas vorm die hoeksteen van ons strategiese reis. Die afhandeling van ons missie en die bereiking van ons langtermyndoelwitte hang in ’n groot mate af van die suksesvolle implementering van hierdie strategiese inisiatiewe.

“Distell het oor ’n tydperk van

tien jaar ’n totale aandeelhouers-

opbrengs van 24,8% per jaar behaal,

beter as ander groot internasionale

mededingers in die alkoholiese-

drankmark.”

Elkeen van hierdie strategiese temas, en hul bemagtigende inisiatiewe, is nou verweef met ons finansiële waardedrywers. Intern meet ons ons vermoë om maksimum waarde binne ’n omvattende ‘waardegebaseerde bestuursraamwerk’ te ontsluit, en word ons vordering in hierdie opsig gemeet deur die sleutelkomponente van waarde te meet:•  Omset•  Verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (VVRBDA)•  Winsgewendheid soos gemeet deur VVRBDA-marge•  Investering en batedoeltreffendheid•  Vryekontantvloei•  Opbrengs op belegging

Finansiële hooftrekkeMarges

R’m% ver-

andering2015

%2014

%Omset 19 589 10,4Bruto wins 6 775 10,5 34,6 34,6VVRBDA 2 447 8,1 12,5 12,8Bedryfswins 2 138 6,5 10,9 11,3Netto wins na belasting 1 446 6,0 7,4 7,7Wesensverdienste 1 443 6,5Vryekontantvloei 1 266 88,1

* Genormaliseer

16

Page 19: Distell Jaarverslag 2015

Om ons vermoë om maksimum waarde te ontsluit, in ooreenstemming met ons strategiese doelwitte en inisiatiewe, gebruik ons ’n reeks sleutelprestasie-aanwysers, finansieël sowel as nie-finansieël, om vordering omvattend te monitor en by veranderings in die eksterne omgewing aan te pas. Ten einde ’n gevoel van eienaarskap en doelgerigtheid te skep, en om dit op ’n tasbare wyse aan die korporatiewe strategie en strategiese inisiatiewe te verbind, word sleutelprestasiemaatstawwe in ons korttermynaansporingskema ingesluit – opgedeel in teikens op korporatiewe, besigheidseenheid- en funksionele ondersteuningspan-vlak. Die volgende gewigte word aan teikens op korporatiewe sowel as spanvlak toegeken:

•   60% gewig vir die bereiking van finansiële teikens

•   40% gewig vir die suksesvolle implementering en bereiking van strategiese inisiatiewe.

Bestuur die onderliggende drywers van aandeelhouerswaarde

NWNB%

7,4% 7,7%

Bate-omset

1,42 1,42

Netto wins na belasting (NWNB)

R1 446m R1 364m

Totale bates

R13 750m R12 477m

Omset

R19 589m R17 740m

Opbrengs op belegging (ROI)

10,5% 10,9%

Insluitend nie-rentedraende laste

Tendens

106,0

110,4

110,2

Die waarde wat ’n maatskappy vir sy aandeelhouers skep, word die beste gemeet deur ‘totale aandeelhouersopbrengs’ (TAO), ’n kombinasie van die styging in die aandeleprys en dividende betaal oor die medium tot langer termyn. Distell het oor ’n tydperk van tien jaar ’n TAO van 24,8% per jaar behaal, beter as ander groot internasionale mededingers in die alkoholiesedrankmark.

Ontleding van ons huidige prestasieBedryfswinsDistell het ’n bevredigende vertoning gelewer te midde van voortgesette moeilike handelstoestande in talle van die markte waarin ons handel dryf. Omset het met 10,4% tot R19,6 miljard gegroei, terwyl bedryfsuitgawes met 10,9% tot R17,5 miljard gestyg het. Handelswins, wat ‘ander winste’ uitsluit, het gevolglik met 7,0% tot R2,1 miljard toegeneem.

Bedryfswins soos gerapporteer het met 1,8% tot R2,1 miljard gedaal. Die Groep het Burn Stewart Distillers Limited (BSD) in April 2013 verkry. Die aankoopprys vir hierdie verkryging het ’n voorwaardelike aanspreeklikheid van £10 miljoen ingesluit. Die voorwaardelike aanspreeklikheid is in die vorige finansiële jaar herwaardeer en teruggeskryf en ’n bedrag van R159,0 miljoen is in ‘ander winste’ weerspieël. Genormaliseerde bedryfswins, wat die uitwerking van die herwaardasie van die voorwaardelike aanspreeklikheid insluit, het met 6,5% gestyg.

Ons rapporteer ook VVRBDA aangesien dit ’n sleutelprestasie-aanwyser is wat intern gebruik word om bedryfsprestasie te bestuur en te evalueer. Op ’n genormaliseerde grondslag het VVRBDA met 8,1% tot R2,5 miljard toegeneem, terwyl die VVRBDA-marge ietwat gekrimp het tot 12,5%.

* Genormaliseer 2014/15 2013/14mj Botha

groep finansiële direkteur

17

Page 20: Distell Jaarverslag 2015

Die 10,4% toename in omset is behaal deur ’n kombinasie van:•   Algehele volumegroei van 5,7%•   Selektiewe prysverhogings om mededingende pryse teen verantwoordelike marges 

te verseker•   ’n Verandering in die produk- en verkoopsmengsel•  Valutabewegings

OmsetOns bedrywighede in Suid-Afrika en ander ontwikkelende markte in die res van Afrika het stewige volumegroei behaal. Ons suid-afrikaanse bedrywighede het beter as hul grootste mededingers gevaar ondanks die ongunstige marktoestande, ’n prestasie wat toegeskryf kan word aan strategiese inisiatiewe soos ons verbeterde ‘omset en margebestuur’- en ‘verkoopspersoneeldoeltreffendheid’-programme.

Die uitbreiding van die Groep se bedrywighede in die res van afrika bly ’n strategiese prioriteit. Die streek het daarin geslaag om sterk volumegroei aan te teken ten spyte van veeleisende handelstoestande in sekere Wes-Afrika-lande gedurende die oorsigtydperk. Die moeilike ekonomiese en handelstoestande in Europa en die Asië-Pasifiese streek het ’n negatiewe uitwerking op ons vertoning in oorsese markte gehad. Volumeverliese in hierdie streke is gedeeltelik teëgewerk deur stewiger vertonings in Noord- en Latyns-Amerika. Die rand, op ’n geweegde gemiddelde grondslag, het met 3,8% verswak teenoor die geldeenhede van die lande waar ons handel dryf en het dus ’n positiewe uitwerking gehad op omset en verdienste wat uit internasionale bedryfsaktiwiteite verkry is.

Omset verkry uit bedrywighede buite Suid-Afrika, op ’n nie-aksynsbetalingsgrondslag, maak nou 35,8% van die Groep se omset uit.

BedryfsuitgawesOm hierdie strategiese prioriteite te ondersteun en ons finansiële doelwitte te behaal, vereis dat ons bedryfsdoeltreffendheid dwarsdeur die onderneming verbeter. Die voordele wat uit verhoogde deurset en verbeterde doeltreffendheid voortspruit, het ons toegelaat om in strategiese areas van die onderneming soos handelsmerkontwikkeling en -ondersteuning te herinvesteer, bemarkingsinisiatiewe te verbeter en bemarkings- en verkoopsvermoë asook ons distribusiestrukture in die plaaslike en ander prioriteitsmarkte uit te brei.

Die bruto marge is op 34,6% gehandhaaf. Deur ons besigheidsproses-verbeteringsinisiatiewe was ons in staat om ons besparingsteiken van R325,0 miljoen vanjaar te haal. Gunstige resultate wat uit die voorraadketting-verbeteringsinisiatiewe en die voordelige

Skep ikoniese en voortreflike handelsmerke Besit die laaste mylNeem voortou in

geselekteerde markte

Strategiese temas om aanvraag te skep

Drywers van omsetgroei

100,0 5,4 (2,8) 0,4 6,2 1,2 110,4

17 740

966

Volume2014 geskiedenis

R’miljoen

Indeks

492

Verkoops-mengsel

73

Wisselkoers

1 093

Prys

209

Nuwe produkte

2015 werklik

19 589

18

Page 21: Distell Jaarverslag 2015

impak van die swakker rand op internasionale omset en verdienste voortspruit, is grootliks teëgewerk deur die skerper stygings in aksynsbelasting wat in sekere pryssensitiewe produkkategorieë nie ten volle aan verbruikers deurgegee is nie.

Ons verspreidingsnetwerk-optimaliseringsprojek het resultate begin lewer. Verspreidingskoste het met 3,8% gestyg vergeleke met ’n toename in plaaslike verkoopsvolumes van 6,7%, wat tot ’n afname van 2,7% in koste per eenheid verkoop gelei het.

Die styging in ander oorhoofse koste is hoofsaaklik as gevolg van investering in sleutel- strategiese vermoëns soos wat in Distell se Korporatiewe Strategie in die vooruitsig gestel word. Dit sluit in:

•   Investering om ons Afrika-strukture te verbeter en uit te brei (Neem die voortou in geselekteerde markte)

•   Herstrukturering van ons bedryfsaktiwiteite in Europa, Noord-Amerika en Asië, insluitend die integrasie van BSD in Distell, om nuwe vaardighede en hulpbronne in te bring (Besit die laaste myl)

•   Vestiging van die nodige strategiese vermoë en kapasiteit by ons korporatiewe sentrum (Streef na voortreflikheid, Kerf die toekoms uit)

•   Vestiging van verkoops- en bemarkingsvermoë en -kapasiteit wat ons in staat sal stel om markpenetrasie, -dekking en diensaanbod te uit te brei (Omsetbestuur, Besit die laaste myl)

•   Investering in kernhandelsmerk-vernuwingsprojekte (Skep ikoniese en voortreflike handelsmerke).

Hierdie beleggings, wat die bestuur met sorg oorweeg het, sal Distell se mededingendheid verhoog om volhoubare omset- en winsgroei oor die mediumtermyn te lewer.

Ons het onlangs aangekondig dat ’n beperkte hoeveelheid van ons wyne by verspreiders in verskillende markte teruggeneem gaan word. Dit is slegs ’n voorkomingsmaatreël en is in ooreenstemming met die maatskappy se uiters streng beleid ten opsigte van gehalte en verbruikersveiligheid. Voorsiening is gemaak vir al die koste wat hiermee verband hou, naamlik ’n bedrag van R63,5 miljoen wat onder

‘administrasie en onder koste’ in die inkomstestaat weerspieël word.

Ten spyte van die feit dat verskeie van ons markte onder druk verkeer, het ons op investering gefokus om die toekomstige groei van ons besigheid moontlik te maak deur die nodige kapasiteit, vermoë, infrastruktuur en distribusiestrukture te vestig, maar sonder om marges in te boet.

Belang in ekwiteitsverantwoorde verdiensteDie Groep se belang in ekwiteitsverantwoorde verdienste bestaan uit sy deel van die na-belastingwinste van geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings.

Geassosieerde maatskappyeOns investering in geassosieerde maatskappye sluit ’n 35%-belang in Tanzania Distilleries Limited (TDL), ’n 26%-belang in Grays Inc. Limited in Mauritius, en ’n 26%-belang in KWA Holdings E.A. Limited (KHEAL) in.

Alhoewel die maatskappye onderliggend goed presteer het, het Distell se deel van die na-belastingwinste van geassosieerde maatskappye met 5,4% tot R69,3 miljoen gedaal as gevolg van die nadelige uitwerking van wisselkoersbewegings met die omskakeling na die Groep se rapporteringsgeldeenheid.

Ons strategiese prioriteite

Skep aanvraag

• Neem die voortou in geselekteerde markte

• Skep ikoniese en voortreflike handelsmerke

• Besit die laaste myl

Voldoen aan aanvraag

• Streef na voortreflikheid

• Kerf die toekoms uit

• Ons gee om en maak ’n verskil

Verbeterde marges van 0,6% herinvesteer in prys-, kapasiteits- en bekwaamheidontwikkelingstrategieë

110,4 113,3 109,7 109,0 110,5 112,3 106,9 93,9 106,3

19 589

BB Bruto omset

NBB% 14/15

100,0BB% 14/15

NBB% 13/14

100,0BB% 13/14

4 167

Aksyns-belasting

21,3

20,7

15 422

NBB omset

100,0

78,7

100,0

79,3

8 647

Koste van verkope

56,1

44,1

56,4

44,7

6 775

Bruto wins

43,9

34,6

43,6

34,6

4 641

Uitgawes

30,1

23,7

29,4

23,3

2 134

Handels-wins

13,8

10,9

14,2

11,3

93

Ekwiteits-inkomste/

ander

0,6

0,5

0,7

0,6

2 227

Genormali-seerde VVRB

14,4

11,4

14,9

11,8

R’miljoen

Indeks

Nota: Omset na handels- en vereffeningskortings

Nota: BB = Belasting betaald NBB = Nie-belasting betaald

19

Page 22: Distell Jaarverslag 2015

Gesamentlike ondernemingsInvestering in gesamentlike ondernemings bestaan uit die Groep se 50%-aandeel in die Zimbabwiese maatskappy, African Distillers Holdings Private Limited, en LUSAN Holdings, ’n wynproduserende maatskappy op Stellenbosch. Ons deel van die wins van gesamentlike ondernemings het met 54,7% tot R20,1 miljoen toegeneem.

finansieringskoste en kontantvloeiTotale rentedraende lenings, netto van kontant en kontantekwivalente, het van R3,4 miljard tot R3,6 miljard gestyg.

Netto kontant uit bedryfsaktiwiteite voortgebring, voor bedryfskapitaal-bewegings, het met 14,1% tot R2,6 miljard toegeneem.

Bedryfskapitaal het met 7,4% gestyg en tot ’n kontantuitvloei van R529,3 miljoen gelei (2014: R755,7 miljoen).

As gevolg hiervan het kontant uit bedryfsaktiwiteite voortgebring R2,1 miljard beloop (2014: R1,6 miljard).

Finansieringskoste en belasting betaal het marginaal tot R701,7 miljoen gestyg.

Kontantuitvloei uit beleggingsaktiwiteite het R841,7 miljoen beloop. Dit het kapitaalbesteding vir die vervanging en uitbreiding van bates ten bedrae van R768,4 miljoen (2014: R691,8 miljoen)

en die aankoopprys van ’n belang van 26% in KHEAL ten bedrae van R111,3 miljoen ingesluit.

Kontantinvloei voor finansierings-aktiwiteite het R575,2 miljoen bedra. Dividende betaal aan aandeelhouers het R745,7 miljoen (2014: R708,0 miljoen) beloop.

Die tekort van R170,5 miljoen is befonds deur ’n toename in rentedraende lenings.

Finansieringskoste betaal het van R232,4 miljoen in die vorige jaar tot R197,1 miljoen gedaal.

BelastingDie effektiewe belastingkoers het van 25,4% in die vorige jaar tot 28,6% verhoog. Dit is as gevolg van die voordeel van die herwaardasie van die BSD voorwaardelike aanspreeklikheid wat nie in die vorige jaar belasbaar was nie.

WesensverdiensteGenormaliseerde wesensverdienste, uitsluitend ‘ander verliese’ wat uit die herwaardasie en terugskrywing van die voorwaardelike aanspreeklikheid vir BSD die vorige jaar ontstaan het, het met 6,5% gestyg. Gerapporteerde wesensverdienste het met 5,2% gedaal om ’n saamgestelde jaarlikse groeikoers (SJGK) van 6,2% oor ’n tydperk van sewe jaar te behaal.

Belegging en befondsingTotale bates het met R1,9 miljard tot R17,8 miljard toegeneem, ’n styging van 12,3% teenoor die vorige jaar. Terselfdertyd het netto bedryfsbates (m.a.w. vaste bates, ontasbare bates, voorraad en debiteure minus krediteure) met 8,5% tot R12,7 miljard verhoog.

Kapitaalbesteding het R768,4 miljoen beloop (2014: R691,8 miljoen), waarvan R321,8 miljoen aan die vervanging van bates bestee is, terwyl ’n verdere R446,6 miljoen aan kapasiteitsuitbreiding toegewys is.

Netto bedryfskapitaal het met R442,1 miljoen tot R6,4 miljard toegeneem, ’n styging van 7,4% teenoor die vorige jaar. Voorraad, die hoofkomponent, het met 9,3% tot R7,5 miljard gestyg. Grootmaatvoorraad in veroudering, wat beplan word in ooreenstemming met die Groep se langtermynsiening van verbruikersvraag na ons handelsmerke in hierdie kategorie, het met 11,7% tot R3,3 miljard gestyg. Investering in gebotteleerde voorraad en verpakkingsmateriaal het met 14,3% toegeneem.

Ons finansier ons bedrywighede met kontant wat deur die besigheid gegeneer word, ’n kombinasie van kort- en mediumtermyn-bankkredietfasiliteite en banklenings, en poog om die potensiële ongunstige uitwerking van valutablootstelling te verminder deur in rand te leen wanneer dit as kostedoeltreffend beskou word.

Ons befondsingstruktuur is soos volg:

2015r’m

2014R’m

Bankoortrekking (388) (444)Kontant en kontantekwivalente 619 452Mediumtermyn-banklenings (3 323) (3 114)Korttermyn-banklenings (482) (318)  (3 574) (3 424)leningterugbetalings-profiel    Binne 1 jaar 482 318Tussen 1 en 2 jaar 2 123 614Tussen 2 en 5 jaar 1 200 2 500

Kontantvloei en befondsing

3 424

Netto lenings 30 Junie 2014

529

Bedryfs-kapitaal

2 641

Bedryfs-wins

1 441

Uitkerings (fin koste,

belasting en dividend)

13

Tesourie-aandele

842

Vaste en ontasbare

bates

8

Ander

3 574

Netto lenings 30 Junie 2015

R’miljoen

20

Page 23: Distell Jaarverslag 2015

Bedryfskapitaalbehoeftes word befonds deur die beskikbaarheid van algemene bankfasiliteite ten bedrae van R2,1 miljard, waarvan R1,7 miljard onbenut bly. Ons het voldoende beweegruimte om ons bedryfsaktiwiteite en deurlopende kapitaalinvesteringsbehoeftes te diens.

Die Groep bly in ’n sterk finansiële posisie met rentedraende skuld, netto van kontant en kontantekwivalente, wat op R3,6 miljard staan en ’n verhouding van skuld-tot-skuld-plus-ekwiteit van 27,2%.

Lenings wat binne die volgende 18 maande verval beloop R1,3 miljard. Op 30 Junie 2015 was beskikbare onbenutte leningsfasiliteite en kontant en kontantekwivalente voldoende om alle fasiliteite te dek wat binne die volgende 24 maande verval.

Met ’n totale skuldkapasiteit van meer as R5,9 miljard, is die Groep goed geplaas om beleggingsgeleenthede te benut namate dit na vore kom.

Opbrengs op geïnvesteerde kapitaal en ekonomiese winsOpbrengs op geïnvesteerde kapitaal en ekonomiese wins is metings wat deur die bestuur gebruik word om die opbrengs behaal uit die Groep se batebasis te evalueer en word bepaal om die algehele prestasie van die maatskappy en onderliggende besigheidseenhede te evalueer.

Opbrengs op geïnvesteerde kapitaalDie wins wat gebruik is in die evaluering van die opbrengs op totale geïnvesteerde kapitaal weerspieël die bedryfsprestasie van die onderneming, aangetoon voor buitengewone items en finansieringskoste, en na toepassing van die belastingkoers voor buitengewone items vir die jaar. Die gemiddelde totale geïnvesteerde kapitaal word bereken deur gebruik te maak van die gemiddelde verkry uit die gekonsolideerde state van finansiële stand aan die begin, middel en einde van die jaar. Gemiddelde kapitaal aangewend/gemiddelde totale geïnvesteerde kapitaal bestaan uit gemiddelde netto bates vir die jaar (na-aftrede netto laste/bates uitgesluit) en gemiddelde netto lenings.

Ekonomiese winsEkonomiese wins word bepaal om die Groep se opbrengs op sy batebasis te evalueer, vergeleke met ’n standaard koste van kapitaal. Dit word bereken as die verskil tussen die standaard opbrengskoers op die gemiddelde totale batebeleggings, en die werklike opbrengs wat die Groep op hierdie bates behaal het. Die standaard opbrengskoers wat op die gemiddelde totale geïnvesteerde kapitaal toegepas word, is tans 10,7%.

Berekenings vir opbrengs op gemiddelde totale geïnvesteerde kapitaal en ekonomiese wins is soos volg:

ekonomiese wins

2015r’m

2014R’m

Trend(%)

Bedryfswins 2 129,0 2 167,3 (1,8)Belang in ekwiteitsverantwoorde verdienste 89,4 86,3 3,6 Buitengewone items 8,9 (159,0) (105,6)Belasting (637,0) (576,0) 10,6Werklike opbrengs behaal 1 590,3 1 518,6 4,7Kapitaalkoste 1 286,7 1 165,9 10,4 Ekonomiese wins 303,6 352,7 (13,9)Gemiddelde totale geïnvesteerde kapitaal 12 025,4 10 895,8 10,4 Opbrengs op gemiddelde totale geïnvesteerde kapitaal 13,2 13,9

* Genormaliseer

DividendGenormaliseerde wesensverdienste het met 6,5% tot R1,4 miljard gestyg. Die geweegde gemiddelde getal uitgereikte aandele het met 4,1% tot 218,6 miljoen aandele toegeneem, hoofsaaklik as gevolg van die nakoming van die Groep se verpligtinge ingevolge sy uiters suksesvolle, innoverende en welfaartskeppende SEB-eienaarskapsinisiatief in die vorige jaar. Op ’n genormaliseerde grondslag het wesensverdienste per aandeel dus met 2,3% tot 660,3 sent gestyg.

Die direkteure het besluit om ’n finale bruto kontantdividend nommer 54 van 188,0 sent per aandeel te verklaar, wat die totale dividend vir die jaar geëindig 30 Junie 2015 op 346,0 sent per aandeel (2014: 337,0 sent per aandeel) te staan bring. Die totale dividend van R762,7 miljoen verteenwoordig ’n styging van 2,2% teenoor die vorige jaar en ’n dividenddekking van 1,9 keer (2014: 2,1 keer) op wesensverdienste.

Ons riglyn is om ’n dividenddekking van tussen 2,0 en 2,5 keer op wesensverdienste te behaal.

mj BothaGroep Finansiële Direkteur

Stellenbosch19 Augustus 2015

21

Page 24: Distell Jaarverslag 2015
Page 25: Distell Jaarverslag 2015

Die onafhanklike ouditeursfirma, PricewaterhouseCoopers Geïnk., aan wie onbeperkte toegang tot alle finansiële rekords en verwante data gegee is, insluitende notules van alle vergaderings van die aandeelhouers, die direksie en komitees van die direksie, het die finansiële jaarstate waaruit die opgesomde finansiële jaarstate opgestel is geoudit. Die direkteure is van mening dat alle aanbiedinge aan die onafhanklike ouditeure gedurende die oudit geldig en toepaslik was. PricewaterhouseCoopers Geïnk. se ouditverslag verskyn op bladsy 24.

Die opgesomde finansiële jaarstate, soos uiteengesit op bladsye 25 tot 33, is opgestel onder toesig van die Groep finansiële direkteur, Merwe Botha GR(SA), deur die direksie goedgekeur en word namens hulle onderteken deur:

dm nurekVoorsitter

rm rushtonGroep Besturende Direkteur

Stellenbosch19 Augustus 2015

direkteure se VerantWOOrdelikHede Vir finansiële VerslagdOening vir die jaar geëindig 30 Junie 2015

Die opgesomde finansiële jaarstate van die Groep is die verantwoordelikheid van die direkteure van Distell Groep Beperk. In die nakoming van hierdie verantwoordelikheid steun hulle op die bestuur van die Groep om die finansiële jaarstate, afsonderlik beskikbaar op www.distell.co.za, in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS) en die Suid-Afrikaanse Maatskappywet (No. 71 van 2008) voor te berei. Gevolglik sluit die opgesomde finansiële jaarstate bedrae in wat gebaseer is op ramings en aannames gemaak deur bestuur. Die inligting verskaf is omvattend en word aangebied op ’n verantwoordelike wyse.

Die direkteure aanvaar verantwoordelikheid vir die voorbereiding, integriteit en redelike weergawe van die opgesomde finansiële jaarstate en is tevrede dat die stelsels en interne finansiële kontroles, geïmplimenteer deur bestuur, effektief is.

Gebaseer op vooruitskattings en beskikbare kontantbronne is die direkteure van mening dat die maatskappy en die Groep oor voldoende hulpbronne beskik om bedrywighede voort te sit as ’n lopende saak in die afsienbare toekoms. Die finansiële jaarstate ondersteun die lewensvatbaarheid van die maatskappy en die Groep.

23

Page 26: Distell Jaarverslag 2015

OnafHanklike OuditeursVerslag oor Opgesomde Finansiële State aan die aandeelhouers van Distell Groep Beperk

Die opgesomde gekonsolideerde finansiële state van Distell Groep Beperk, soos uiteengesit op bladsye 25 tot 33 van die opgesomde verslag, wat bestaan uit die opgesomde gekonsolideerde state van finansiële stand soos op 30 Junie 2015, en die opgesomde gekonsolideerde inkomstestate, state van omvattende inkomste, veranderings in ekwiteit en kontantvloeie vir die jaar wat op daardie datum geëindig het, en verwante aantekeninge, is afgelei vanaf die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state van Distell Groep Beperk vir die jaar geëindig 30 Junie 2015. Ons het ’n ongemodifiseerde ouditmening uitgespreek oor die gekonsolideerde finansiële state in ons verslag gedateer 19 Augustus 2015. Ons ouditverslag oor die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state het ’n Ander Aangeleentheid-paragraaf: “Ander Verslae wat deur die Maatskappywet vereis word” bevat (verwys hieronder).

Die opgesomde gekonsolideerde finansiële state bevat nie al die openbaarmaking soos vereis deur ‘International Financial Reporting Standards’ en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos toepaslik op finansiële jaarstate nie. Die lees van die opgesomde gekonsolideerde finansiële state kan gevolglik nie as plaasvervanger dien vir die lees van die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state van Distell Groep Beperk nie.

direkteure se verantwoordelikheid vir die opgesomde gekonsolideerde finansiële state Die maatskappy se direkteure is verantwoordelik vir die voorbereiding van ’n opsomming van die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state ooreenkomstig die vereistes van die JSE Beperk (JSE) vir opgesomde finansiële state, soos uiteengesit in die aanvullende inligting, aantekening 1 tot die opgesomde gekonsolideerde finansiële state, en die vereistes van die

Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing op opgesomde finansiële state, en vir sodanige interne beheer as wat die direkteure nodig ag om die opstel van die finansiële state, wat vry is van wesenlike wanvoorstelling, hetsy weens bedrog of foute, in staat te stel.

Ouditeur se verantwoordelikheidDit is ons verantwoordelikheid om ’n mening oor hierdie opgesomde gekonsolideerde finansiële state uit te spreek gebaseer op ons prosedures, wat ooreenkomstig ‘International Standard on Auditing (ISA) 810, Engagements to Report on Summary Financial Statements’, uitgevoer was.

meningNa ons mening is die opgesomde gekonsolideerde finansiële state wat afgelei is vanaf die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state van Distell Groep Beperk vir die jaar geëindig 30 Junie 2015, in alle wesenlike opsigte, konsekwent met die gekonsolideerde finansiële state, ooreenkomstig met die vereistes van die JSE vir opgesomde finansiële state, soos uiteengesit in die aanvullende inligting, aantekening 1 tot die opgesomde gekonsolideerde finansiële state, en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing op opgesomde finansiële state.

ander Verslae wat deur die maatskappywet vereis wordDie “Ander Verslae wat deur die Maatskappywet vereis word” -paragraaf in ons ouditverslag gedateer 19 Augustus 2015 dui aan dat ons as deel van ons oudit van die gekonsolideerde finansiële state vir die jaar geëindig 30 Junie 2015 die Verslag van die Raad van Direkteure, die Verslag van die Oudit-en-Risikokomitee en die Verklaring deur die Maatskappysekretaris gelees het ten einde wesenlike teenstrydighede tussen hierdie verslae en die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state te identifiseer.

Hierdie verslae is die verantwoordelikheid van die onderskeie opstellers daarvan. Die Ander Aangeleentheid-paragraaf dui aan dat ons nie wesenlike teenstrydighede tussen hierdie verslae en die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state gebaseer op die lees van hierdie verslae geïdentifiseer het nie. Die paragraaf dui verder aan dat ons nie hierdie verslae geoudit het nie en dienooreenkomstig nie ’n mening oor hierdie verslae uitspreek nie. Die Ander Aangeleentheid-paragraaf het geen uitwerking op die opgesomde gekonsolideerde finansiële state of ons mening daaroor nie.

pricewaterhouseCoopers geïnk.direkteur: H ZeelieGeregistreerde OuditeurStellenbosch19 Augustus 2015

24

Page 27: Distell Jaarverslag 2015

OpgesOmde gekOnsOlideerde state Van finansiële stand soos op 30 Junie

2015r’000

2014R’000

Bates

nie-bedryfsbates

Eiendom, aanleg en toerusting 4 351 965 3 882 077

Biologiese bates 105 914 104 559

Lenings en debiteure 191 159 211 288

Beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates 99 754 91 424

Beleggings in geassosieerdes 233 685 77 064

Beleggings in gesamentlike ondernemings 160 423 137 901

Ontasbare bates 1 879 680 1 798 065

Aftreevoordeelbates 310 985 265 293

Uitgesteldebelasting-bates 101 686 71 210

totale nie-bedryfsbates 7 435 251 6 638 881

Bedryfsbates

Voorraad 7 509 937 6 872 615

Handels- en ander debiteure 2 223 009 1 839 808

Lopendebelasting-bates 20 204 56 818

Kontant en kontantekwivalente 619 367 451 611

totale bedryfsbates 10 372 517 9 220 852

totale bates 17 807 768 15 859 733

ekwiteit en aanspreeklikhede

kapitaal en reserwes

Kapitaal en reserwes 9 537 114 8 569 623

Nie-beherende belang 19 283 31 532

totale ekwiteit 9 556 397 8 601 155

nie-bedryfslaste

Rentedraende lenings 3 323 446 3 114 090

Aftreevoordeelverpligtinge 24 243 25 176

Uitgesteldebelasting-laste 627 983 584 221

totale nie-bedryfslaste 3 975 672 3 723 487

Bedryfslaste

Handels- en ander krediteure 3 017 128 2 567 301

Rentedraende lenings 870 378 761 761

Voorsienings 331 655 203 038

Lopendebelasting-aanspreeklikhede 56 538 2 991

totale bedryfslaste 4 275 699 3 535 091

totale ekwiteit en aanspreeklikhede 17 807 768 15 859 733

25

Page 28: Distell Jaarverslag 2015

OpgesOmde gekOnsOlideerde inkOmstestatevir die jare geëindig 30 Junie

2015r’000

2014R’000

Omset 19 588 970 17 739 609

Bedryfsuitgawes (17 454 599) (15 744 401)Koste van produkte verkoop (12 813 730) (11 610 234)Verkoops- en bemarkingskoste (2 699 733) (2 501 977)Verspreidingskoste (1 120 368) (1 063 200)Administrasie en ander koste (820 768) (568 990)

Ander verliese (5 315) 172 114 Bedryfswins 2 129 056 2 167 322

Dividendinkomste 6 698 6 150 Finansieringsinkomste 23 241 15 082 Finansieringskoste (259 711) (232 709)Belang in ekwiteitsverantwoorde verdienste 89 401 86 266 Wins voor belasting 1 988 685 2 042 111 Belasting (569 024) (517 846)Wins vir die jaar 1 419 661 1 524 265

toeskryfbaar aan: Ekwiteithouers van die maatskappy 1 437 136 1 523 304 Nie-beherende belang (17 475) 961

1 419 661 1 524 265

Prestasie per aandeel: Getal gewone aandele uitgereik (’000) 221 737 221 435 Geweegde getal gewone aandele (’000) 218 621 209 881

Verdienste per gewone aandeel (sent) – basieseverdienste-basis 657,4 725,8 – verwaterdeverdienste-basis 654,9 695,6 – wesensbasis 656,2 721,3 – verwaterde wesensbasis 653,7 691,3

dividende per gewone aandeel (sent)– tussen 158,0 154,0 – finaal 188,0 183,0

346,0 337,0

Rekonsiliasie van wesensverdienste:netto wins toeskryfbaar aan ekwiteithouers van die maatskappy 1 437 136 1 523 304 aangesuiwer vir (na belasting):

netto ander kapitaalwinste (2 575) (9 421)Wesensverdienste 1 434 561 1 513 883 aangesuiwer vir (na belasting):

herwaardasie van voorwaardelike vergoeding 8 891 (159 029)genormaliseerde wesensverdienste 1 443 452 1 354 854

26

Page 29: Distell Jaarverslag 2015

OpgesOmde gekOnsOlideerde state Van OmVattende inkOmste vir die jare geëindig 30 Junie

2015r’000

2014R’000

Wins vir die jaar 1 419 661 1 524 265

ander omvattende inkomste (netto van belasting) 244 821 474 198

Items wat vervolgens herklassifiseer kan word na wins en verlies:

Billikewaarde-aanpassings

– beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates 5 692 10 917

Valutaomrekeningsverskille 178 460 465 254

Items wat nie herklassifiseer sal word na wins en verlies:

Hermeting van na-aftredevoordele 60 863 1 215

Belang in ander omvattende inkomste van geassosieerdes (194) (3 188)

totale omvattende inkomste vir die jaar 1 664 482 1 998 463

toeskryfbaar aan:

Ekwiteithouers van die maatskappy 1 683 154 1 997 292

Nie-beherende belang (18 672) 1 171

1 664 482 1 998 463

27

Page 30: Distell Jaarverslag 2015

OpgesOmde gekOnsOlideerde state Van Veranderinge in ekWiteit vir die jare geëindig 30 Junie

2015r’000

2014R’000

toeskryfbaar aan ekwiteithouers

saldo soos op 1 julie 2014 8 569 623 7 246 885

Omvattende inkomste

Wins vir die jaar 1 437 136 1 523 304

ander omvattende inkomste (netto van belasting)

Billikewaarde-aanpassings:

– beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates 5 692 10 917

Valutaomrekeningsverskille 179 657 465 044

Hermeting van na-aftredevoordele 60 863 1 215

Belang in ander omvattende inkomste van geassosieerdes (194) (3 188)

Totale ander omvattende inkomste 246 018 473 988

totale omvattende inkomste vir die jaar 1 683 154 1 997 292

transaksies met eienaars

Werknemeraandeleskema:

– aandele betaal en gelewer 13 436 17 463

– waarde van werknemers se dienste 31 265 20 582

Dividende betaal (745 680) (708 049)

Verandering van belang in filiale sonder verlies van beheer (14 684) (4 550)

totale transaksies met eienaars (715 663) (674 554)

toeskryfbaar aan ekwiteithouers 9 537 114 8 569 623

nie-beherende belang

Beginsaldo 31 532 30 650

Verlies vir die jaar (17 475) 961

Dividende betaal (831) (742)

Valutaomrekeningsverskille (1 197) 210

Bydrae deur nie-beherende belange – 8 104

Transaksies met nie-beherende belange 7 254 (7 651)

totale nie-beherende belang 19 283 31 532

totale ekwiteit soos op 30 junie 2015 9 556 397 8 601 155

28

Page 31: Distell Jaarverslag 2015

OpgesOmde gekOnsOlideerde kOntantVlOeistatevir die jare geëindig 30 Junie

2015r’000

2014R’000

kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite

Bedryfswins 2 129 056 2 167 322

Nie-kontantvloei-items 512 207 148 225

Bedryfskapitaalveranderinge (529 325) (755 655)

Voorraad (580 136) (390 088)

Handels- en ander debiteure (363 624) (41 380)

Handelskrediteure en voorsienings 414 435 (324 187)

kontant deur bedryfsaktiwiteite voortgebring 2 111 938 1 559 892

Netto finansieringskoste (190 380) (226 245)

Belasting betaal (504 671) (459 101)

netto kontant deur bedryfsaktiwiteite voortgebring 1 416 887 874 546

netto kontantuitvloei uit beleggingsaktiwiteite (841 650) (671 770)

netto kontantinvloei uit finansieringsaktiwiteite 369 797 552 158

Dividende betaal (745 680) (708 049)

toename in netto kontant, kontantekwivalente en bankoortrekkings 199 354 46 885

Kontant, kontantekwivalente en bankoortrekkings aan die begin van die jaar 7 335 (70 197)

Valutawinste op kontant, kontantekwivalente en bankoortrekkings 24 179 30 647

kontant, kontantekwivalente en bankoortrekkings aan die einde van die jaar 230 868 7 335

29

Page 32: Distell Jaarverslag 2015

aanVullende inligting vir die jare geëindig 30 Junie

1. grOndslag Van VOOrBereiding, rekeningkundige Beleid en VergelYkende sYfers Distell Groep Beperk se opgesomde gekonsolideerde finansiële jaarstate is opgestel in ooreenstemming met die bepalings van

die JSE Beperk (JSE) vir opgesomde finansiële jaarstate en die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet van toepassing op opgesomde finansiële jaarstate. Die JSE vereis dat opgesomde finansiële jaarstate voorberei word in ooreenstemming met die raamwerkkonsepte, die erkennings- en metingsgrondslae van Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS), die SAICA Riglyne vir Finansiële Verslagdoening soos uitgereik deur die Komitee vir Rekeningkundige Praktyke en as ’n minimum ook voldoen aan die vereistes van IAS 34: Interim Financial Reporting. Die direkteure is verantwoordelik vir die voorbereiding van die opgesomde gekonsolideerde finansiële state wat voorberei is onder toesig van die Groep finansiële direkteur, MJ Botha GR (SA).

Die rekeningkundige beleide wat toegepas is in die voorbereiding van die opgesomde gekonsolideerde finansiële state waaruit hierdie resultate verkry is, is ooreenkomstig IFRS en in ooreenstemming met die rekeningkundige beleide wat toegepas is in die voorbereiding van die Groep se vorige gekonsolideerde finansiële jaarstate, met die uitsondering van die implementering van die volgende nuwe rekeningkundige standpunte en wysigings:

  •   Amendments to IAS 32: Financial Instruments – Presentation (met ingang 1 Januarie 2014)

  •   Amendments to IAS 19: Employee Benefits (met ingang 1 Julie 2014)

  •   Amendments to IAS 36: Impairment of Assets – Recoverable amount disclosures for non-financial assets (met ingang 1 Januarie 2014)

  •   Annual Improvements 2010-12 cycle (met ingang 1 Julie 2014)

  •   Annual Improvements 2011-13 cycle (met ingang 1 Julie 2014)

Die implementering van die ander wysigings en standpunte het nie ’n wesenlike uitwerking op die gekonsolideerde resultate van die huidige of vorige tydperke gehad nie.

30

Page 33: Distell Jaarverslag 2015

2015r’000

2014R’000

2. VerkOOpsVOlumes (liter ’000) 653 670 618 664

3. nettO rentedraende lenings

rentedraende lenings

Nie-bedryfslaste 3 323 446 3 114 090

Bedryfslaste 870 378 761 761

4 193 824 3 875 851

kontant en kontantekwivalente (619 367) (451 611)

3 574 457 3 424 240

4. kOntantuitVlOei uit BeleggingsaktiWiteite

Aankoop van eiendom, aanleg en toerusting (EAT) om bedrywighede te handhaaf (321 801) (276 349)

Aankoop van EAT om bedrywighede uit te brei (446 580) (415 463)

Opbrengs met verkoop van EAT 14 550 19 286

Aankoop van finansiële bates en geassosieerdes (111 428) (23 939)

Opbrengs met verkoop van finansiële bates 44 159 66 486

Aankoop van ontasbare bates (13 120) (41 791)

Verkryging van filiale, netto van kontant verkry (7 430) –

(841 650) (671 770)

5. kapitaalVerpligtinge

Gekontrakteer 411 334 196 268

Gemagtig, nie gekontrakteer 1 052 387 1 181 503

1 463 721 1 377 771

6. WaardeVermindering Van eiendOm, aanleg en tOerusting 290 335 246 870

7. nettO BateWaarde per aandeel (sent) 4 310 3 884

31

Page 34: Distell Jaarverslag 2015

8. segmentVerslag Bedryfsegmente word geïdentifiseer op grond van finansiële inligting wat op ’n gereelde grondslag deur bestuur nagegaan word met

die doel om prestasie te meet en om hulpbronne aan segmente toe te deel. Aksynsbelasting word by verkope ingesluit.

2015r’000

2014R’000

Omset vanaf eksterne klanteVerkope van alkoholiese drankRepubliek van Suid-Afrika 13 499 183 12 073 559 Internasionaal 6 002 238 5 577 014

19 501 421 17 650 573 Ander nie-alkoholiese items 87 549 89 036 gekonsolideerde omset 19 588 970 17 739 609

BedryfswinsRepubliek van Suid-Afrika 2 216 159 1 796 352 Internasionaal 843 890 886 703

3 060 072 2 683 055 Korporatiewe dienste (925 701) (687 847)

2 134 371 1 995 208 Ander verliese (5 315) 172 114

gekonsolideerde bedryfswins 2 129 056 2 167 322

9. finansiële risikOBestuur en finansiële instrumente finansiële risikofaktore Die Groep se bedrywighede stel dit bloot aan ’n verskeidenheid van finansiële risiko’s: markrisiko (ingesluit buitelandse valutarisiko,

billikewaarde-rentekoersrisiko, kontantvloeirentekoersrisiko en prysrisiko), kredietrisiko en likiditeitsrisiko.

Die opgesomde finansiële state sluit nie alle finansiële risikobestuursinligting en openbaarmaking benodig in die finansiële jaarstate in nie; dit moet saamgelees word met die Groep se finansiële jaarstate soos op 30 Junie 2015. Daar was geen wesenlike verandering in die Groep se krediet-, likiditeit- en markrisiko of sleutelaannames in die meting van billike waarde sedert 30 Junie 2014 nie.

Billikewaarde-ramings Die tabel hieronder ontleed finansiële instrumente gedra teen billike waarde per waardasiemetode. Die verskillende vlakke word soos volg

gedefinieer:

Vlak 1: Gekwoteerde pryse in aktiewe markte vir identiese bates en laste Vlak 2: Insette wat waarneembaar is Vlak 3: Insette wat nie gebaseer is op waarneembare markinligting nie

Billike waarde gemeet op 30 Junie 2015: Vlak 1r’000

Vlak 2r’000

Vlak 3r’000

totaalr’000

Beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates 16 554 15 734 67 466 99 754

Biologiese bates – – 105 914 105 914

Afgeleide finansiële bates – 1 401 – 1 401

Afgeleide finansiële laste – (5 658) – (5 658)

16 554 11 477 173 380 201 411

Daar was geen oordragte tussen vlak 1, 2 of 3 gedurende die tydperk nie, en daar was nie enige beduidende veranderinge aan die waardasiemetodieke en insette gebruik om billike waardes te bepaal nie.

aanVullende inligting vir die jare geëindig 30 Junie (vervolg)

32

Page 35: Distell Jaarverslag 2015

Waardasiemetodieke om vlak 2 en 3 billike waardes te bereken:

Beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates Hierdie is bereken as die huidge waarde van beraamde toekomstige kontantvloeie.

Beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates en laste sluit die volgende in: Buitelandse valutatermynkontrakte Hierdie word waardeer deur gebruik te maak van valutabod- of aanbodkoerse op jaareinde.

rentekoersruiltransaksies Die billike waarde van rentekoersruiltransaksies is bereken as die huidge waarde van beraamde toekomstige kontantvloeie deur

gebruik te maak van verdiskonteerde kontantvloei-tegnieke wat net waarneembare markinligting insluit.

Biologiese bates Die billike waarde van druiwe geoes is bereken met verwysing na die prys wat ontvang sal word om ’n bate te verkoop of betaal

word om ’n las oor te dra in ’n ordelike transaksie tussen markdeelnemers op die metingsdatum. Die billike waarde van die volwasse wingerde is bereken as die huidge waarde van beraamde toekomstige netto kontantvloeie.

Die beweging in die vlak 3 instrumente vir die jaar geëindig 30 Junie 2015 is soos volg:

2015 r’000

2014 R’000

Beginsaldo 167 662 157 695

Toevoegings 578 2 830

Vervreemdings – (3 315)

Afname as gevolg van oeste (50 651) (51 166)

Toename weens veranderinge in prys, opbrengs, ouderdom en uitgawes 51 428 51 654

Winste en verliese in die state van omvattende inkomste erken 4 363 9 964

Saldo aan die einde van die jaar 173 380 167 662

finansiële laste teen billike waarde openbaar:

drabedragr’000

Billike waarder’000

Vlak 1r’000

Vlak 2r’000

Vlak 3r’000

Banklenings 3 323 307 3 240 187 – 3 240 187 –

Finansieringsbruikhuurverpligtinge 139 139 – – 139

Die billike waarde van langtermynlenings is bereken deur kontantvloeie te verdiskonteer teen ’n koers gebaseer op die leningskoers. Die billike waarde van korttermynlenings is in ooreenstemming met hulle drawaarde.

33

Page 36: Distell Jaarverslag 2015

kenn

isge

Win

g aa

n aa

ndee

lHOu

ers

Van

’n a

lgem

ene

jaar

Verg

ader

ing Kennis word hiermee, in terme van artikel 62 (1)

van die Maatskappywet, 71 van 2008 (soos gewysig) (“Maatskappywet”), aan aandeelhouers gegee van Distell Groep Beperk (“die maatskappy”) dat die 27ste algemene jaarvergadering van die maatskappy op Woensdag, 28 Oktober 2015 om 12:00 by Van Ryn’s Distilleerdery & Brandewynkelder, Van Ryn Pad, Vlottenburg, Stellenbosch, Wes Kaap, gehou sal word om die volgende besluite met of sonder wysiging aan te neem:

1. goedkeuring van die geouditeerde finansiële jaarstate vir die jaar geëindig 30 junie 2015

Die geouditeerde finansiële jaarstate word op bladsye 50 tot 121 van die 2015 geïntegreerde jaarverslag uiteengesit en is elektronies beskikbaar by www.distell.co.za. Die geouditeerde finansiële state van die maatskappy vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2015, met inbegrip van die direkteursverslag en die verslag van die onafhanklike ouditeure, word vir aanvaarding voorgelê.

gewone besluit nommer 1 ‘Besluit dat die geouditeerde finansiële

jaarstate van die maatskappy vir die jaar geëindig 30 Junie 2015, saam met die verslae van die onafhanklike ouditeure en direkteure daarin vervat, oorweeg en aanvaar word.’

2. Heraanstelling van pricewaterhouseCoopers geïnk. as onafhanklike ouditeure van die maatskappy vir die 2015/2016 finansiële jaar

Die huidige oudit-en-risikokomitee het die heraanstelling van PricewaterhouseCoopers Geïnk. as onafhanklike ouditeure van die maatskappy vir die 2015/2016 finansiële jaar aanbeveel. Mnr. Hugo Zeelie sal die individuele aangewese ouditeur wees.

gewone besluit nommer 2   ‘Besluit dat PricewaterhouseCoopers Geïnk. 

heraangestel word as die maatskappy se ouditeure vir die 2015/2016 finansiële jaar; en daar word kennis geneem dat Mnr. Hugo Zeelie die individuele aangewese ouditeur sal wees.’

3. Herverkiesing van direkteure wat deur rotasie aftree

   Mnr PE Beyers, Mnr JJ Durand, Mnr MJ Madungandaba, Mnr AC Parker, Me CE Sevillano-Barredo and Mnr BJ van der Ross, wie se biografiese besonderhede hieronder verskyn, tree deur rotasie af, kwalifiseer en stel hulself beskikbaar vir herverkiesing:

gewone besluite nommers 3.1 tot 3.6 ‘Besluit om  3.1 PE Beyers 3.2 JJ Durand 3.3 MJ Madungandaba  3.4 AC Parker 3.5 CE Sevillano-Barredo 3.6 BJ van der Ross elkeen deur middel van afsonderlike stemming

as ’n direkteur van die maatskappy te herverkies.’

3.1 Piet Beyers (65) BCom LLB, MBA Voormalige direkteur van onder andere

Remgro,Richemont Société Anonyme en British American Tobacco. Aangestel op die Distell-direksie in 2000.

3.2 Jannie Durand (48) BAcc (Hons), MPhil (Oxon), GR(SA) Hoof uitvoerende beampte van Remgro en

’n direkteur van, onder andere, RCL Foods, RMB Holdings, Capevin Holdings, Discovery Holdings, Grindrod, Mediclinic International en Unilever SA Holdings. Aangestel op die Distell-direksie, vergoedingskomitee en nominasiekomitee in 2012.

3.3 Joe Madungandaba (57) CPA(SA) Groep hoof uitvoerende beampte van

Community Investment Holdings Groep, nie-uitvoerende voorsitter van Schneider Electric, nie-uitvoerende ondervoorsitter van Jasco Electronic Holdings en nie-uitvoerende direkteur van Air Liquide Healthcare en van Afrocentric Beperk. Aangestel op die Distell-direksie in 2000.

3.4 André Parker (64) MCom Voorsitter van Tiger Brands. Afgetrede

besturende direkteur van SABMiller Africa & Asia, het op verskeie direksies van filiale van SABMiller in hierdie gebiede gedien en was ook ’n lid van die uitvoerende komitee van SABMiller plc. Ook ’n direkteur van Standard Bank. Aangestel op die Distell-direksie in 2008 en as voorsitter van die vergoedingskomitee in 2013. Is ook ’n lid van die nominasiekomitee.

3.5 Catharina Sevillano-Barredo (52) BCom Hons, GR(SA) Stigtersdirekteur en hoof finansiële

beampte van die Universal Healthcare groep van maatskappye. Voorheen ’n direkteur van Wiphold en voorsitter van die direksie van Concor Beperk ouditkomitee. Aangestel op die Distell-direksie in 2008 en as voorsitter van die oudit-en-risikokomitee in 2009.

Distell Groep Beperk (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid Afrika)Registrasie nommer 1988/005808/06ISIN code: ZAE000028668Share code: DST(‘die maatskappy’)

34

Page 37: Distell Jaarverslag 2015

3.6 Ben van der Ross (68) Regsdiploma Direkteur van FirstRand, Naspers,

Lewis Stores en MMI Holdings, sowel as verskeie ander ongenoteerde maatskappye. Aangestel op die Distell-direksie in 2008.

4. Verkiesing van oudit-en-risikokomiteelede Die direksie, deur die nominasiekomitee, het

die direkteure hieronder genoem genomineer vir verkiesing as lede van die oudit-en-risikokomitee. Die nominasiekomitee is oortuig dat elke genomineerde lid voldoen aan die vereistes van artikel 94(4) en 94(5) van die Maatskappywet en regulasie 42 van die Maatskappyregulasies, 2011 en die aanbevelings van die “King Report on Corporate Governance for South Africa”, 2009 (“King III”).

gewone besluite nommers 4.1 tot 4.3 ‘Besluit om die volgende direkteure, wie se

biografiese besonderhede hieronder verskyn, elkeen deur middel van afsonderlike stemming as ’n lid van die oudit-en-risikokomitee vir die volgende jaar te verkies:

  4.1 GP Dingaan

4.2 DM Nurek

4.3 CE Sevillano-Barredo (Onderhewig aan die aanvaarding van die gewone besluit 3.5)’

4.1 Gugu Dingaan, onafhanklike nie-uitvoerende direkteur (39)

BCom (Rekeningkunde), H Dip Acc, GR(SA) Beleggingsbestuurder by Wiphold en

dien as nie-uitvoerende raadslid en lid van die ouditkomitee van Landis+Gyr, SA Corporate Real Estate Beperk en Novus Holdings Beperk. Sy is ook ’n nie-uitvoerende direkteur van Adcorp Holdings Beperk en Novus Holdings Beperk. Aangestel op die Distell-direksie in 2005, as lid van die oudit-en-risikokomitee in 2006 en as voorsitter van die maatskaplike-en-etiesekomitee in 2012.

4.2 David Nurek, onafhanklike nie-uitvoerende direkteur (65)

Regsdiploma, Nagraadse Diploma in Gevorderde Maatskappywetgewing

Voorsitter van die direksie en nominasiekomitee. Streeksvoorsitter van Investec Wes-Kaap, voorsitter van Clicks Groep, TFG, Lewis Groep en, onder andere, ook ’n direkteur van Trencor. Aangestel op die Distell-direksie, oudit-en-risikokomitee, en vergoedingskomitee in 2000.

4.3 Catharina Sevillano-Barredo, onafhanklike nie-uitvoerende direkteur (52)

BCom Hons, GR(SA) Stigtersdirekteur en hoof finansiële

beampte van die Universal Healthcare groep van maatskappye. Voorheen ’n direkteur van Wiphold en voorsitter van die direksie van Concor Beperk ouditkomitee. Aangestel op die Distell-direksie in 2008 en as voorsitter van die oudit-en-risikokomitee in 2009.

5. goedkeuring vir die plasing van onuitgereikte aandele onder die beheer van die direkteure

gewone besluit nommer 5 ‘Besluit dat 10% (tien persent) van die

gemagtigde maar onuitgereikte aandele in die maatskappy hiermee onder beheer van die direkteure geplaas word, wat gemagtig word om aandele in die maatskappy volgens sodanige bepalings en voorwaardes geheel na eie goeddunke toe te ken, uit te reik en andersins van die hand te sit, onderhewig aan die vereistes van die Maatskappywet, die Akte van Oprigting van die maatskappy en die Noteringsvereistes van die JSE Beperk, waar van toepassing.’

6. Ondertekening van dokumente. gewone besluit nommer 6 ‘Besluit dat enige direkteur of die sekretaris

van die maatskappy hiermee gemagtig word en is om alle sodanige dinge te doen en alle dokumente te onderteken en alle sodanige stappe te doen wat hulle nodig mag ag vir die implementering van die besluite wat uiteengesit is in die kennisgewing van hierdie algemene jaarvergadering.’

7. Vergoedingsbeleid In terme van beginsel 2.27 van die

King III verslag moet die maatskappy se vergoedingsbeleid voorgelê word aan die aandeelhouers vir ’n nie-bindende adviesstem by die algemene jaarvergadering.

Gevolglik word aandeelhouers versoek om deur ’n nie-bindende adviesstem die maatskappy se vergoedingsbeleid, uiteengesit op bladsye 150 tot 153 van die 2015 geïntegreerde jaarverslag aanlyn beskikbaar by www.distell.co.za, te onderskryf.

gewone besluit nommer 7 ‘Besluit dat die aandeelhouers, deur ’n nie-

bindende adviesstem wat deur King III vereis word, die maatskappy se vergoedingsbeleid onderskryf.’

8. goedkeuring van nie-uitvoerende direkteure se vergoeding: 2016

spesiale besluit nommer 1 ‘Besluit by wyse van ’n spesiale besluit

dat die volgende jaarlikse vergoeding vir nie-uitvoerende direkteure, halfjaarliks terugwerkend betaalbaar, vir die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2016 goedgekeur word:

HuidigR

Voor-gestel

RRaadsvoorsitter 735 500 954 975Raadslid 202 725 242 435Oudit-en-risikokomitee-voorsitter 205 840 246 161Oudit-en-risikokomiteelid 84 287 109 513Vergoedings-komiteevoorsitter 119 700 155 525Vergoedings-komiteelid 63 000 81 855Maatskaplike-en-etiesekomitee-voorsitter 94 500 122 783Maatskaplike-en-etiesekomiteelid 56 196 73 015Beleggings-Voorsitter – 155 525Beleggingslid – 81 855’

Die rede vir spesiale besluit nommer 1 is om in ooreenstemming met artikel 66(9) van die Maatskappywet aandeelhouers se goedkeuring vir die vergoeding van elk van die nie-uitvoerende direkteure van die maatskappy te verkry. Die gevolg van die aanvaarding van hierdie spesiale besluit sal wees dat die vergoeding van elke nie-uitvoerende direkteur van die maatskappy vir die jaar eindigende 30 Junie 2016 in ooreenstemming met artikel 66(9) van die Maatskappywet goedgekeur is.

Om te verseker dat die maatskappy nie-uitvoerende direkteure, met die nodige kwalifikasie en ondervinding, kan aanstel en behou, word ’n verhoging in fooie na die mark-gemiddeld, versprei oor drie jaar, voorgestel. Dit is die tweede jaar van belyning.

9. finansiële bystand ingevolge artikel 45 van die maatskappywet

Kennis word gegee dat die maatskappy van tyd tot tyd finansiële bystand mag verleen aan persone wat verwant of onderling verwant (soos in die Maatskappywet beoog) aan die maatskappy is (insluitende, sonder beperking, enige huidige of toekomstige filiale van die maatskappy, sy beheermaatskappy en filiale van sy beheermaatskappy en/of enige ander maatskappy of korporasie wat verwant of onderling verwant aan die maatskappy is of word) (gesamentlik vir doeleindes van hierdie besluit die ‘geassosieerdes’ genoem), hetsy in die vorm van, maar nie beperk tot, lenings en/of leningsfasiliteite, waarborge en/of waarborgfasiliteite, verbande, pandregte, sessies, skuldbriewe, of andersins, op sodanige voorwaardes as wat deur die direkteure van die maatskappy gemagtig mag

35

Page 38: Distell Jaarverslag 2015

word (gesamentlik vir doeleindes van hierdie besluit ‘finansiële bystand’ genoem).

spesiale besluit nommer 2 ‘Besluit dat, ingevolge en onderhewig

aan die bepalings van artikel 45 van die Maatskappywet, die aandeelhouers van die maatskappy hiermee, as ’n algemene magtiging, goedkeuring gee vir die verlening deur die maatskappy van finansiële bystand aan geassosieerdes, welke goedkeuring van krag sal wees vir ’n tydperk van twee jaar vanaf die datum waarop hierdie spesiale besluit aangeneem word. Die aandeelhouers van die maatskappy besluit hiermee dat die direkteure van die maatskappy, onderhewig aan voldoening aan die vereistes van die maatskappy se Akte van Oprigting, die Maatskappywet en die Noteringsvereistes van die JSE Beperk van toepassing op die maatskappy, elkeen soos huidig saamgestel en soos van tyd tot tyd gewysig, magtiging aan die maatskappy gee om direkte of indirekte finansiële bystand aan geassosieerdes te verleen soos beoog in artikel 45.’

10. maatskaplike-en-etiesekomitee Ons vra die aandeelhouers om die verslag aan

die aandeelhouers van die maatskaplike-en-etiesekomitee te oorweeg, soos uiteengesit op bladsye 154 en 155 van die 2015 geïntegreerde verslag aanlyn beskikbaar by www.distell.co.za, in ooreenstemming met die Maatskappyregulasies, 2011 gepubliseer in terme van die Maatskappywet.

goedkeuring vereis vir besluiteGewone besluite nommers 1 tot 7 wat in hierdie kennisgewing van algemene jaarvergadering vervat is, vereis goedkeuring deur meer as 50% van die stemme wat uitgebring word ten opsigte van die besluite deur aandeelhouers wat by die algemene jaarvergadering teenwoordig is of deur volmag verteenwoordig word, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet, die Akte van Oprigting van die maatskappy en die Noteringsvereistes van die JSE.

Spesiale besluite nommer 1 en 2 wat in hierdie kennisgewing van algemene jaarvergadering vervat is, vereis goedkeuring deur ten minste 75% van die stemme wat uitgebring word ten opsigte van die besluite deur aandeelhouers wat by die algemene jaarvergadering teenwoordig is of deur volmag verteenwoordig word, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet, die Akte van Oprigting van die maatskappy en die Noteringsvereistes van die JSE.

en om enige ander besigheid te verrig wat op ’n algemene jaarvergadering verrig mag word.

rekorddatumDie rekorddatum, vir die doel om te bepaal watter aandeelhouers van die maatskappy geregtig is

om kennis van die algemene jaarvergadering te ontvang, is Vrydag, 18 September 2015 en, ingevolge artikel 59(1)(b) van die Maatskappywet, is die rekorddatum vir die doel om te bepaal watter aandeelhouers van die maatskappy geregtig is om aan die algemene jaarvergadering deel te neem en daarop te stem, Vrydag, 23 Oktober 2015. Gevolglik is die laaste datum waarop aandele verhandel mag word ten einde in die register van lede van die maatskappy opgeteken te word en dus geregtig te wees om deel te neem aan en te stem by die algemene jaarvergadering, Vrydag, 16 Oktober 2015.

stemming en volmagteAandeelhouers wat nie hulle aandele gedematerialiseer het nie, of wat hulle aandele gedematerialiseer het en dit in hulle eie naam geregistreer het, is geregtig om die vergadering by te woon, daarop te praat en te stem. Enige sodanige aandeelhouer het die reg om ’n gevolmagtigde of gevolmagtigdes te benoem om die vergadering in sy/ haar plek by te woon, daarop te praat en te stem. So ’n gevolmagtigde hoef nie ’n aandeelhouer van die maatskappy te wees nie.

Behoorlik voltooide volmagvorms moet ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretarisse, Computershare Investor Services Eiendoms Beperk, Grondverdieping, Marshallstraat 70, Johannesburg 2001, of kan gepos word aan die oordragsekretarisse by Posbus 61051, Marshalltown 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later nie as Maandag, 26 Oktober 2015, om 12:30 (Suid-Afrikaanse tyd).

Volmagvorms moet slegs voltooi word deur aandeelhouers wat nie hul aandele gedematerialiseer het nie of wat hul aandele in hul eie naam geregistreer het.

By stemming per stembrief sal elke aandeelhouer van die maatskappy een stem hê vir elke aandeel wat deur die aandeelhouer in die maatskappy gehou word. By stemming met die opsteek van hande, sal elke lid van die maatskappy wat persoonlik teenwoordig is of deur volmag verteenwoordig word slegs een stem hê.

Aandeelhouers wat hulle aandele gedematerialiseer het en dit in die naam van ’n sentrale-sekuriteitebewaarplekdeelnemer (SSBD) of ’n makelaar geregistreer het, moet NIE die volmagvorm voltooi nie, maar moet in aanraking kom met hulle SSBD of makelaar op die wyse en tyd soos uiteengesit in hulle bewaringsooreenkomste:

•   om hulle SSBD of makelaar van hul stemopdragte te voorsien; en

•   in die geval waar hulle die jaarvergadering self wil bywoon, die nodige magtiging te bekom om dit te doen deur ’n brief van verteenwoordiging ingevolge die ooreenkoms.

So ’n brief van verteenwoordiging moet ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretarisse, Computershare Investor Services Eiendoms Beperk, Grondverdieping, Marshallstraat 70, Johannesburg 2001, of kan gepos word aan die oordragsekretarisse by Posbus 61051, Marshalltown 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later nie as Maandag, 26 Oktober 2015, om 12:30 (Suid-Afrikaanse tyd).

Aandeelhouers kan ook bywoon en deelneem, maar nie stem nie, by die algemene jaarvergadering deur middel van ’n “webcast”. Indien u van die fasiliteit gebruik wil maak, maak asseblief kontak met Mev. Heréne Malan per e-pos by [email protected] of skakel +27 21 809 8104, nie later nie as 12:30 (Suid-Afrikaanse tyd) op Maandag 19 Oktober 2015.

Aandele wat deur ’n aandeletrust of -skema namens werknemers gehou word se stemme sal nie in berekening gebring word vir die doeleindes van besluite aangeneem ingevolge die Noteringsvereistes van die JSE nie. Tesourie-aandele mag ook nie stem nie.

identifikasieIngevolge die vereistes van artikel 62(3) van die Maatskappywet word kennis hiermee gegee dat ingevolge artikel 63(1) daar van aandeelhouers en gevolmagtigdes, wat die algemene jaarvergadering bywoon, vereis sal word om aanvaarbare vorme van identifikasie te voorsien dws ’n geldige identiteitsdokument, rybewys en/of paspoort.

Maatskappye en ander korporatiewe instellings kan ’n persoon magtig om ingevolge artikel 57(5) van die Maatskappywet op te tree en vir hierdie doel moet ’n gesertifiseerde afskrif van die besluit wat die verteenwoordiger magtig, by die maatskappy se oordragsekretaris by die adres hierbo vermeld, ingedien word.

In opdrag van die direksie.

l malanMaatskappysekretaris

Stellenbosch29 September 2015

36

Page 39: Distell Jaarverslag 2015

distell groep BeperkIngelyf in die Republiek van Suid-Afrika(Registrasienommer: 1988/005808/06)ISIN: ZAE000028668JSE-aandelekode: DST

maatskappysekretarisL Malan

geregistreerde kantoorAan-de-Wagenweg, Stellenbosch 7600Posbus 184, Stellenbosch 7599Telefoon: 021 809 7000Faksimilee: 021 886 4611E-pos: [email protected]

OordragsekretarisseComputershare Investor Services Eiendoms BeperkMarshallstraat 70, Johannesburg 2001Posbus 61051, Marshalltown 2107Telefoon: 011 370 7700Faksimilee: 011 688 5238

OuditeurePricewaterhouseCoopers Geïnk.Stellenbosch

noteringJSE BeperkSektor: Verbruikersgoedere – Voedsel en

Drank – Drank

BorgRand Aksepbank (’n Divisie van FirstRand Bank Beperk)

Webwerfwww.distell.co.za

adm

inis

tras

iealgemene jaarvergadering Oktober 2015

finansiële verslag

Tussentydse verslag Februarie 2016

Voorlopige aankondiging van jaarresultate Augustus 2016

Finansiële jaarstate September 2016

gewone dividende

Tussentydse dividende

– verklaring Februarie 2016

– betaalbaar Maart 2016

Finale dividende

– verklaring Augustus 2016

– betaalbaar September 2016

datu

ms

Van

Bela

ng

Vir

aand

eelH

Ouer

s

Page 40: Distell Jaarverslag 2015