die storie van die wilgerboompatroon

31
Die storie van die Wilgerboompatroon. Deur V Holley

Upload: hetti-nel

Post on 07-Aug-2015

97 views

Category:

Education


9 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die storie van die wilgerboompatroon

Die storie van die Wilgerboompatroon.

Deur V Holley

Page 2: Die storie van die wilgerboompatroon
Page 3: Die storie van die wilgerboompatroon

Het jy geweet?

Het julle ook al gewonder wat die verhaal van die bord met die wilgerboompatroon is?

Die liefde tussen Chang en Koong See in ‘n ou Chinese sprokie het dwarsdeur die wêreld so bekend geraak dat hulle verhaal op ‘n mooi wit en blou bord uitgebeeld word.

Sprokie: In sprokies lees on dikwels van twee mense wat lief word vir mekaar terwyl ‘n derde persoon hard probeer om hulle liefde te vernietig.

Page 4: Die storie van die wilgerboompatroon

Drie mense wat oor ‘n brug vlug1, ‘n eilandjie2 en twee duifies3 kan ook tussen die wilgertakke gesien word en alles is in pragtige blou en wit.

1

23

Page 5: Die storie van die wilgerboompatroon

Karakters

Daar is 2 hoofkarakters:

Koong See – ’n ryk Chinese meisie.

Chang – ’n Arm Chinese man.

Die ander karakters:

Ou mandaryn – Koong See se pa.

Die kamermeisie wat vir Koong See werk.

Die ryk bruidegom wat met Koong See moet trou, Ta-jin

Soldate wat Koong See en Chang agtervolg.

Page 6: Die storie van die wilgerboompatroon

Die storie begin.Honderde jare gelede het daar in China ’n ou man gewoon wat baie ryk maar baie onvriendelik was. Toe hy baie geld besit het, het hy vir hom ’n pragtige paleis naby die rivier gekoop. Omdat hy lui was, het hy ’n jong man met die naam Chang gehuur om vir hom te werk.

Page 7: Die storie van die wilgerboompatroon

Hierdie ryk mandaryn het ’n pragtige dogter met die naam Koong See gehad. Op ’n goeie dag het Chang haar in die tuin gesien en op haar verlief geraak. Maar Chang was self ’n mooi man en Koong See het hom ook liefgekry.

Page 8: Die storie van die wilgerboompatroon

Hulle het egter geweet dat Koong See se vader hulle nooit sou toelaat om met mekaar te trou nie, omdat Chang ’n arm man was.

Page 9: Die storie van die wilgerboompatroon

Maar hulle het mekaar so liefgehad dat hulle belowe het om nooit van mekaar weg te gaan nie. Een van Koong See se kamermeisies moes altyd wag hou terwyl hulle mekaar stilletjies ontmoet.

Page 10: Die storie van die wilgerboompatroon

Eendag ontdek die ou vader toe hulle geheim. Hy was woedend en het Chang dadelik weggestuur. Mooi Koong See is in ’n huis op ’n eilandjie in die rivier toegesluit. Rondom haar was net water.

Page 11: Die storie van die wilgerboompatroon

Alleen op die eilandjie het Koong See bleek en maer geword, omdat sy so opgesluit was. Toe laat haar vader ’n balkon voor haar venster bou en ’n bruggie tot in die tuin.

Page 12: Die storie van die wilgerboompatroon

Intussen het die ou mandaryn sy dogter, Koong See, wat nou oud genoeg was om te trou, aan ’n lelike ou ryk man Ta-jin verloof.

Sodra die eerste bloeisels uitkom, moes sy met hom trou.

Page 13: Die storie van die wilgerboompatroon

Eendag, nadat sy haar al siek gehuil het, het Koong See in die tuin gesit. Meteens sien sy ’n klapperdoppie met ’n seiltjie daaraan na haar toe aangedryf kom. Sy word nuuskierig, neem ’n stok en trek die doppie uit die water uit.

Page 14: Die storie van die wilgerboompatroon

En raai wat is in die doppie? ‘n Briefie van Chang! Daarin skryf hy toe dat hy op haar troudag sou sterf.

Koong See was natuurlik baie harsteer, maar skryf toe vir Chang ‘n briefie waarin sy smeek dat hy haar moet kom red, sit dit in die klapperdoppie en gooi dit in die stroom.

Page 15: Die storie van die wilgerboompatroon

Dae lank het Koong See gewag op ’n boodskap van Chang, maar daar het niks gebeur nie. Toe begin die bome bot en haar troudag kom nader.

Page 16: Die storie van die wilgerboompatroon

Net voor die bruilof het haar vader haar ’n kissie juwele gegee; dit was ’n geskenk van haar ryk bruidegom, Ta-jin.

Page 17: Die storie van die wilgerboompatroon

Terwyl die bruilof aan die gang was, het ’n vreemde man die saal binnegekom. Niemand het gesien dat dit Chang was nie. Hy het stilletjies in Koong See se kamer in gesluip en haar beveel om saam met hom te vlug. Met die kissie juwele by haar is Koong See toe saam met Chang.

Page 18: Die storie van die wilgerboompatroon

Die ou vader het hulle egter gesien en agternagesit. Kyk net na die patroon op die bord, dan sal julle sien hoe Koong See heel voor hardloop; dan kom Chang met die kissie juwele en agter hom die ou man met ’n sweep.

Page 19: Die storie van die wilgerboompatroon

Die jong paartjie het darem ontvlug en in die huisie van Koong See se kamermeisie gaan woon nadat hulle getroud is.

Page 20: Die storie van die wilgerboompatroon

Dis darem nie die einde van die storie nie. Koong See se ou bruidegom, Ta-jin, het uitgevind waar hulle woon en sy soldate agter hulle aan gestuur.

Page 21: Die storie van die wilgerboompatroon

Terwyl hulle by die deur probeer inkom het, het Chang gou ’n bootjie gaan haal, Koong See daarin getel en met haar gevlug. Op die bord sal julle die klein bootjie met Chang en Koong See daarin sien.

Page 22: Die storie van die wilgerboompatroon

Met die geld van die juwele het hulle ’n eilandjie gekoop en baie gelukkig daarop gewoon.

Page 23: Die storie van die wilgerboompatroon

Chang wat ‘n knap boer was, skryf toe ‘n boek oor boerdery.

Die ou mandaryn kry die boek te sien en vind uit waar hulle woon.

Dadelik stuur hy sy soldate na die eilandjie.

Page 24: Die storie van die wilgerboompatroon

Chang het dapper geveg, maar is uiteindelik doodgesteek.

Toe Koong See sien dat haar geliefde Chang sterf, steek sy die huis aan die brand omdat sy ook nie langer wou lewe nie.

Page 25: Die storie van die wilgerboompatroon

Maar die Chinese gode was jammer vir Chang en Koong See.

Hulle het die twee geliefdes in duifies verander sodat hulle vir ewig by mekaar kon wees.

Page 26: Die storie van die wilgerboompatroon

Woorde waaroor jy wonder.wilgerboom ‘n Mooi boom met lang takke wat amper tot op die grond hang en

meestal naby water staan.

mandaryn ‘n Hoë amptenaar wat vir die regering in China werk.

kamermeisie ‘n Meisie wat in die kamers van ‘n hotel of paleis werk.

eilandjie ‘n Stukkie land wat met water omring is.

bleek Sonder kleur.

balkon ‘n Stoep wat aan die buitekant van die boverdieping van ‘n gebou.

bloeisels Die eerste blomme van die lente.

klapperdoppie Die harde dop of skil van ‘n kokosneut.

seiltjie ‘n Stukkie materiaal wat aan die klapperdop vasgemaak is sodat dit in die wind soos ‘n skippie kan beweeg.

nuuskierig As jy baie graag iets wil weet, is jy nuuskierig.

bruidegom ‘n Man op sy troudag.

paartjie Twee mense, ‘n man en ‘n vrou wat vir mekaar lief is.

ontvlug Wegkom deur te vlug.

knap Fluks en flink en glad nie lui nie.

Page 27: Die storie van die wilgerboompatroon

Woordeskatklapperdoppie balkon eilandjie

bloeisels bleek seiltjie

Page 28: Die storie van die wilgerboompatroon

Lees die verhaal versigtig deur en antwoord dan die volgende

VRAE

Page 29: Die storie van die wilgerboompatroon

1. Wie is die hoofkarakters in die verhaal? (2)

2. Waar speel die verhaal af? (1)

3. Waarom het Chang by die mandaryn kom werk? (2)

4. Waarom het Koong See op Chang verlief geraak? (1)

5. Waarom kon die geliefdes nie trou nie? (2)

6. Wat het gebeur toe die geliefdes se geheim ontdek is?(3)

7. Hoe het Koong See op die eiland gewoon? (2)

Page 30: Die storie van die wilgerboompatroon

8. Watter verskriklike ding het gebeur toe Koong See op die eiland was?

(3)9. Wanneer sou haar huwelik plaasvind?

(2)Haal ‘n gedeelte aan om dit te bewys.

10.Hoe het Chang met Koong See kontak gemaak?

(1)11.Watter slegte nuus het Koong See van Chang

ontvang?

(1) 12.Wat laat weet Koong See vir Chang?

(1)13.Wat was haar trougeskenk van Ti-jin?

(1)14.Hoe het Chang so ongesiens ingekom by die

bruilofsfees?

(2)

Page 31: Die storie van die wilgerboompatroon

15.Was die paartjie gelukkig nadat hulle ontsnap het? Ja/Nee (1)Hoe weet jy dit? (2)

16.Het die paartjie die tweede keer ontsnap? (1)

17.Waar het hulle die tweede keer gelukkig gewoon? (2)

18.Watter werk het Chang nou gedoen? (1)

19.Hoe het die mandaryn uitgevind waar hulle woon? (2)

20.Hoe het Chang aan sy einde gekom? (2)

21.Waarom het Koong See die huis aan die brand gesteek? (2)

22.Verduidelik wat ‘n sprokie is? (2)