die seebries -...
TRANSCRIPT
Die Seebries
God maak ons golwe van liefde en lig vir die wêreld in nood
Gemeenteblad van die NG Gemeente Jeffreysbaai November 2019
DRINGENDE OPROEP! Seebries is NET VIR JOU! Daarom hierdie dringende oproep aan jou persoonlik om vir ons nuus te stuur wat in jou omgewing, in julle omgeegroep, wyk of sommer net in jou lewe gebeur. 'n Foto daarmee saam, maak daarvan 'n wenner! Die sukses van die volgende Seebries hang dus NET VAN JOU af. Ek en jy IS MOS GOLWE VAN LIEFDE EN LIG VIR DIE WÊRELD rondom ons! Daar is niks meer aangrypend nie as die manier hoe die oseaan die strand aanhou soen en soen en soen, al word sy keer op keer weer weggestuur. Moet dus nie bang wees hoe jou artikel lyk nie. Vir ons hier by die See-bries se redaksie, is dit GOEIE NUUS – soos Jesus se liefde vir ons ELKEEN! Ons wag nou NET VIR JOU bydrae! Stuur dit asb. na [email protected] of lewer dit af by die kerkkantoor, vir aandag Petra.
Foto Roenel de Klerk
Franciscus van Assisi. Die Rooms katolieke Kerk bereik die toppunt van sy invloed en mag teen ongeveer die 13e eeu. Teen hierdie tyd bereik die kerk ook die toppunt van sy politieke invloed en mag sowel as die hoogtepunt van sy rykdom aan aardse goed. Dit is tydens sulke tye wat die kerk maklik vergeet wat sy roeping en taak in hierdie wêreld is.
Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld. Rykdom beskik oor die vermoë om die klem maklik van God na die wêreld te verskuif. Daar was talle predikers wat die kerk in hulle dag gewaarsku het, maar min só duidelik soos Franciscus van Assisi. Franciscus groei in die klein Italiaanse dorpie Assisi as seun van baie
welgestelde ouers op. Hy is dus nie ‘n vreemdeling in die wêreld van rykdom en oorvloed aan aardse goed nie. Op `n dag word hy egter ernstig siek en tydens hierdie siekbed kom daar `n groot omwenteling in sy lewe. Ge-durende sy siekte ontdek hy hoe leeg en sinloos sy lewe tot op hede was. Kort hierna, tydens `n erediens luister hy na `n preek uit Matteus 10 waar Je-sus Sy dissipels uitstuur en o.a. die vol-gende opdrag gee:
Mat.10:9 Moenie vir goud of silwer of koper in julle beursies sorg nie v. 10 en moenie vir die pad `n reissak aanskaf of nog `n kledingstuk of skoene of `n stok nie. `n Arbeider is tog ger-egtig op onderhoud. Hierdie woorde het Franciscus
aangegryp en tot ernstige nadenke gestem. Hy begin dan ook om hierdie opdrag van die Here uit te leef. Met slegs `n enkele kledingstuk en kaalvoet gaan hy rond om sy boodskap uit te dra en vir sy daaglikse brood kyk hy ander in die oë.
Die opdrag van Jesus in Mark 10 aan die ryk jongman, “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het en gee die geld vir die armes en jy sal `n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!” tref hom tussen die oë en Franciscus gee alles wat hy het aan die armes weg en besluit op `n lewe van absolute nederigheid. Kort voor lank begin die skare wat hom volg vinnig in getalle toeneem en sy invloed neem ook dienooreenkomstig toe. Wat was sy geheim? Franciscus het die Woord en die Evangelie ernstig opgeneem. Dit het vir hom suiwer oor God en Sy Woord gegaan. Die laaste twee jaar van sy lewe bring hy in afsondering deur. Weens die eise wat hy aan sy liggaam stel, besef hy dat die dood nie meer ver is nie en vra dat hy na die kapel gedra word waar sy vriende hom op die grond neerlê, terwyl hy opkyk na bo, prewel hy bidden Ps 104; “Ek wil die Here loof,” Hy sterf op 4 Oktober 1226 in die ouderdom van 45 jaar. Oor Christusgelykvormigheid sê hy by geleentheid: “Broers, julle is Christus vir die wêreld. Christus het geen ander hande op aarde as julle sin om mee aan te raak en te vertroos en te genees nie. Hy het geen ander voete as julle sin om mense op die pad van die waarheid te lei nie; Hy het geen ander arms as julle sin om die verstrooides en verdwaaldes nader te trek en te omhels; geen ander tong as julle sin om aan `n lydende mensheid die boodskap van redding en rus in Christus mee te deel nie. Broers, dit is verstommend maar waar: Christus het gekies om deur ons te werk om Sy liefde, deernis en sorg na die wêreld te bring.” Kom ons besin oor hierdie woorde van Franciscus.
Ds Ben Janse van Rensburg Foto: vanaf Internet
Redaksioneel Oumas & oupas begin alweer beplan vir die
Kersfeeskuier! Wat ‘n wonderlike vooruitsig vir
diegene wat met groot verwagting kan uitsien na
die weersien van hul familie en dalk die gelag
van kinders wat met hul uitbundigheid en
oorvloed van ‘n seevakansie die warmte van ‘n
ouerhuis kom deel.
Warm geure van heerlike tuisgebakte
gemmerkoekies, soetkoekies, Hertzoggies, om
nie eers te praat van die Kersfeesvrugtekoek
wat noual gebak word, om “ryp” te word nie.
Dalk is daar nog van die oumas wat hul eie
gemmerbier en suurlemoenstroop maak.
So baie van hierdie eie Suid-Afrikaanse geregte
word deesdae vervang met ander vreemde
geregte wat of blitsvinnig voorberei of sommer
aangekoop word. Hierdie geregte en nie net die
eet daarvan nie, maar ook die help met die
voorbereiding bring so baie mooi herinneringe
tuis. Herinneringe wat ek koester en wat ’n
warm gevoel van ouerhuisliefde weer tuis bring.
Hoekom deel ek weer hierdie nostalgiese
gedagtes met julle? Ek voel dit is belangrik dat
ons as ouers en grootouers weereens die
wonderlike omgeeliefde, Jesus se liefde, aan
ons kinders en kleinkinders moet deel , want in
ons hedendaagse gejaagde lewe hoor ons
dikwels die woorde: “ek is baie besig en kry nie
altyd tyd vir kuier of ...........nie!”
Hierdie omgeeliefde kan veral in hierdie
moeilike finansiële tye en in hierdie tye van
groot droogte ook verder uitkring. Die
Vrouebediening het besluit om deel te word van
‘n wonderlike omgeeliefde projek - Boks vir ‘n
Boervrou. Groot dank aan almal wat ook ‘n
Boks gepak het en aan die Vrouebediening wat
bereid was om deel te wees van hierdie golf van
liefde.
Seebriesgroete Petra Wilson
2
‘n Unieke rangskik-
king, spesiaal ge-
skep deur Elbie
Smit, het die Alz-
heimer werklikheid
so sensitief en akku-
raat uitgebeeld dat
dit die harte van die
87 gaste, wat die
Alzheimerdag op
27 September 2019
bygewoon het, ge-
raak het.
Die rangskikking (sien foto bo) beeld die gebroke
brein met ‘n wit wasvorm uit. Die Strelitzias aan
die linkerkant verteenwoordig die mooi en helder
oomblikke en die gestroopte takkies regs die ver-
warring, vergeetagtigheid en die leemtes. Die
groep blare onderom verteenwoordig die hande
en harte van geliefdes, versorgers en die onder-
steuningsgroep wat omarm, ondersteun en by-
staan.
Die suksesvolle oggend is geopen deur Margie
Kampman met die boodskap dat God nooit ver-
geet nie, al vergeet diegene wat met die siekte
leef en dat niks, nie eers Alzheimers ons kan skei
van die liefde van God nie.
Suster Linda Swartz, verpleegkundige, het prak-
tiese wenke gegee vir die versorging van ‘n per-
soon met Alzheimer se siekte, in ‘n versorg-
ingseenheid. Sy het dit beklemtoon dat persone
wat versorging bied, kennis moet hê van Alz-
heimers.
Santa van Rooyen, Maatskaplike Werker en
geakkrediteerde Alzheimer instrukteur, het
verskeie gedragspatrone wat by persone wat leef
met Alzheimers kan manifesteer, bespreek. Daar
is egter geen vaste reëls vir die hantering van
hierdie uitdagings nie. Onthou om altyd te fokus
op die PERSOON as mens en nie op ALZHEIMERS
as die siektetoestand nie. Die persoon is steeds
dieselfde mens maar met ‘n siektetoestand. Die
wêreld het vir hierdie persoon verander en dit is
ons verantwoordelikheid om te help sin maak van
die wêreld en om realistiese verwagtinge te hê.
Jane Herbert, spraakterapeut, het met deernis die
slukprobleme wat ervaar mag word, bespreek.
Demensie kan die wyse waarop die persoon kos
ervaar, verander. Die hele eetproses - vanaf die
uitsien na ‘n maaltyd, die neem van die kos, die
kou en sluk daarvan - word deur die brein beheer.
Alzheimers takel die brein af en dus ook al die
prosesse van eet.
Helen van Breda, bestuurder van ‘n gespesia-
liseerde Alzheimer eenheid het gesels oor die
proses van afskeid en opname in ‘n versorg-
ingsoord. ‘n Persoon wat met Alzheimers leef
behoort nooit alleen gelaat te word nie.
Plasing in ‘n versorgingsoord is nie gebrek aan
liefde nie. Sy beveel aan dat ouers reeds op ‘n
vroeë stadium hul wense met betrekking tot ver-
sorging in die toekoms, sou dit nodig wees, met
hul kinders en geliefdes bespreek om skuldge-
voelens te verminder. Voor ‘n besluit geneem
word, besoek verskeie versorgingsoorde, vergewis
jouself van hul programme, personeel, hul regis-
trasiestatus en of dit ‘n oord is waarheen jy self
bereid sal wees om te gaan en waarheen jy jou
kinders kan kan neem vir be-
soeke aan grootouers. Opname
in ‘n oord is ‘n rouproses, waar
jy rou oor die persoon soos jy
hom/haar geken het en begin
om hom/haar as die persoon
wat hy/sy geword het, lief te hê.
Word deel van die Alzheimer
Ondersteuningsgroep op Jef-
freysbaai, kontak ons vir in-
ligting, onderskraging en ver-
wysings.
Anna-Marie Jacobs
082 874 6328
Marietjie Boonzaaier
084 409 3119
NIE EERS ALZHEIMERS KAN ONS SKEI VAN DIE LIEFDE VAN GOD NIE….
Foto: Marietjie Boonzaaier
ONDERSTEUNINGS
BEDIENING Ons benodig vrywilligers om te help
met besoeke aan: Siekes; Persone wat
geliefdes aan die dood afgestaan het
asook Kankerpasiente.
Kom word deel van die Ondersteu-
ningsfamilie en help om die liefde
van Jesus uit te dra na geliefdes wat
deur ‘n moeilike tyd gaan.
HOE LYK LIEFDE?
Dit het hande om ander te help.
En voete om na die behoeftiges te
gaan. Dit het oë om ander se nood te
sien. Ore om ander se hartseer te
hoor.......dis hoe die liefde lyk. Kontak: Anna-marie Jacobs 082 874
6328 /
Kantoor 042 007 0375
3
Woensdag 20 November 2019 om 9.30 in die Kompleks. Ek staan die naweek voor die kliphouer by die Kerk in Da Gamaweg wat
ons tydens die 40 dae Doelgerigte Lewe opgestapel het as geloofsbeves-
tiging en sien duidelik ook die een by die Kompleks in my geestesoog en
ek wonder…. Ons is tans so geweldig afhanklik van ons Heer se groot
genade en ons roep Hom aan in ons land se nood. Wil Hy nie dalk ons
vroue gebruik om die eerste tree te gee na tasbare hernieude geloofs-
bevestiging in ons gemeente, kerk of gemeenskap nie?
Ons vrouebyeenkoms van 20 November 2019 gaan 9:15 open met ‘n
kliplegging voor die Kompleks by die hoofingang by die kliphouer. Sal
jy liewe vriendin, ‘n klip saam bring met jou gebed of teks van geloof
daarop geskryf, om op die woorde, EK GLO, wat uitgespel is te plaas.
‘n Spesiale versoek dat kleingroepe , Bybelstudie-groepe, besture en jou
gebedsvriendinne almal julle name op ‘n groter klip sal skryf en ook
kom plaas. Ons sal dit later in die houer plaas.
Na die kliplegging en opening daar, gaan ons
julle verras in die Skip en sommer ook heerlik
saam kuier en ek glo, lag.
Ons bid vriendin vir jou behoefte om deel te
wees van hierdie oggend.
Ons is baie opgewonde om hierdie dag baie
spesiaal te maak.
Kom geniet die oggend saam met die
Speldekussings
Mariëtta Smith (082 325 4264)
Vrouebyeenkoms - Afsluiting
E k wonder of ons nie kan sê gebed is
deel van ’n skeppingsproses nie. Dit is
jyself wat geskep word. Wanneer jy in
stilte voor God kom, by Hom tuiskom, aan
Hom oorgee, dan word die gebed heilige
oomblikke waar jy gevorm word. Jy word ge-
vorm om hoe langer, hoe meer te lyk en dink en
funksioneer soos Jesus. Jy word losgemaak van
valshede, vrygemaak van vrese, ook vir mense,
jy word genees van ‘afgode’. Maar onthou, dit
is nie jy wat werk nie, dit is die Gees wat werk.
So kan ons sê gebed is ’n risiko. As jy nie
bereid is om te verander nie, om gevorm te
word soos klei nie, moet jy liewer nie bid nie.
Gebed is soveel meer as vra…. Dit is darem ’n
veilige risiko, iets wat jy kan najaag, MOET
najaag. Maar wees gerus, dit is nie net jy wat
dit najaag nie, dit is ook God wat jou najaag.
Hy kom soek jou, Hy trek jou nader, Hy wag op
sy kind, soos die Vader van die verlore seun.
Hoe kom jy daar? Eintlik nogal maklik, onttrek
maar net aan die geraas van die wêreld waarin
ons leef. Gaan bietjie eenkant, na die
“olyfberg”, soek vir God, Hy sal Hom deur jou
laat vind. Maar kom uit die geraas.
Jy sal vinnig vind dat hierdie ‘vormtyd’ so kos-
baar is dat jy weer en weer daarheen sal wil
terugtrek. Maar begin net eers.
Ds Janida van der Westhuizen
Gebed is …om gevorm te word
Foto: Petra Wilson
Foto: Internet geleen.
KLEREBOUTIQUE Ons innige dank aan almal wat by-
gedra het tot die REUSE sukses van
ons Opedag!
Dis die domateurs, helpers en
kopers wat dit moontlik gemaak
het!!!
Kersmark Aan ons donateurs: Dit is nou jul
geleentheid om asseblief kaste reg te
pak en ‘n skenking te maak.
Dit is ons laaste geleentheid van die
jaar om fondse in te samel vir
mense in nood.
‘n Geseënde Kerstyd vir almal.
Boutiquegroete
Boutiquespan
Navrae:
Ella 082 657 1584 /
Liefie 082416 3937
4
S ondag, 15 September 2019 was 'n pragtige, lenteog-gend - baie gepas vir die Lentelofdiens wat in die
Kompleks gehou is. Die Jubelkoor, paslik uitgedos met pas-telkleurige serpe en sakdoeke, het die gesamentlike sang vooraf gelei en ook die diens geopen met 'n vrolike lente-loflied:
Aan God die eer vir blomme en reën; Die hemel blou, 'n seemeeu in vlug. Vir al die gawes wil ek U loof! Aan God die eer.
Dank aan die Heer vir alles wat groei, Vir planttyd en oestyd en lente wat bloei. Vir gawes ryk en vry, Aan God die eer!
Aan God die eer vir blomme en reën Die hemel blou, die branders, die see Vir al U gawes wil ek U loof. Aan God die eer!
Dit was ‘n loutere vreugde om vrolike kinder- en jong-mensgesiggies tussen dié van ons ouer gemeentelede in die kerkbanke te sien en die volle spektrum van stemme die jubelende lofprysinge te hoor sing.
Trouens, die lentelofdiens was ‘n fees van gesamentlike sang en musiek; met ritmiese orkesspel het Jannie Venter en sy span die informele sang voortgegaan. Die ryk en vol orrelspel van Miemie Hüsselman, wat die begeleiding van
die koor en gemeente waargeneem het, het goeie balans verskaf.
Ds Komatie van Niekerk het met gepaste solo-trompetspel sy teksvoordragte afgewissel en só die boodskap van lewegewende vrede oorgedra. Blokfluitspel deur Amoré Coetsee, begelei deur Annatjie Smit, het bygedra tot ‘n rustige atmosfeer tydens die dankoffers.
Op die verhoog is die geheel-prentjie voltooi en die atmosfeer onderskraag met 'n prag-tige, pastelkleurige lente-ruiker deur Jan de Beer. Dié blom-merangskikking het ook die vredestema van die Len-telofdiens uitgebeeld. Die Geesvervulde geleentheid is afgesluit met ‘n groot ver-rassing toe ‘n groepie voorskoolse kindertjies onder leiding van Hessie van der Watt, ‘n roos aan die begeleier, die koorafrigter en elk van die koorlede oorhandig het. Dit het harte vermurwe en die koorlede het groot waardering uitgespreek vir die gebaar. Opregte dank aan al die betrokkenes vir die uitruil van idees, akkommodering van mekaar se wense, harde werk vooraf en agter die skerms, en vir die mooi samewerking om die 2019 Lentelofdiens tot eer van ons Skepper glad en vlot te laat verloop.
Myra Bosch
LENTELOFDIENS 2019
Die Mmôremark vind elke Vrydag gedurende
skoolkwartale plaas. Vir die bestuur om te
funksioneer is ons geheel en al afhanklik van ons
gemeentelede.
Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak
om die uitstallers te bedank wat gereeld Vrydae
daar is om ons gaste te voorsien van uitstaande
goedere en saam te kuier. Ons het groot waarde-
ring vir al die moeite wat hul doen om daar te
wees.
Ons wil ook elke dame wat ‘n eetding maak en
van vroeg af daar is om pannekoek te bak en eet-
en drinkgoed te bedien van harte bedank. Dit is
julle wat die mark moontlik maak. Laastens baie
dankie aan elkeen wat ons ondersteun. Almal
word ‘n geseënde feestyd en ‘n goeie nuwe jaar
toegewens.
Vergun my, Magda, om ook die bestuur te bedank
vir al hul harde werk deur die jaar. Die gees
waarin saam gewerk word is besonders.
Dankie aan
almal. Jesus groete
Magda Strydom
082 417 2594
Môremark 2019
Vrouebediening Uitreike 2019 Groot dank & waardering aan almal wat betrokke is met die uitreike asook die dames wat in die komende jaar hul hande opsteek om te help. Dankie vir al jul liefde, deernis en gewilligheid om uit te reik na verswakte bejaardes in die Aftree-oorde asook die Munisipale kliniek. Duisend dankies Marietta Buchanan
Foto: Myra Bosch
5
GOD SE BESTUURDERS - DEEL 2
I n die Oktober Seebries is daarop gewys
dat daar veral sewe sake is wat die heelal
stelsematig aftakel. Aan vyf sake is
aandag gegee. Hiermee die laaste twee
sake.
Omvorming van planeetverandering
Die aarde se temperatuur word bepaal deur ‘n
balans na aanleiding van die son se uitstraling
en weerkaatsing van hitte.
Verskillende chemiese gasse absorbeer die te-
rugkaatsing van energie in die heelal.
Die gevolg is aardverwarming omdat die hitte
nie meer kan ontsnap in die atmosfeer in nie.
Dit word die kweekhuis-effek ge-noem. As
gevolg van ontbossing, die drooglê van
vleilande en uitlaatgasse van fossielbrandstof,
bou koolstofdioksied op in die atmosfeer. Dit
bring mee dat die aarde nie ontslae kan raak
van sy hitte nie. Die verskynsel raak die smelt
van ys in die poolgebiede en die voorkomste
van te veel reën en droogtes wêreldwyd.
Die vernietiging van die osoonlaag het onder
andere gelei tot groter voorkomste van vel-
kanker by mense en diere. Die selfregulerende
prosesse in die heelal, soos vasgestel deur God
se goeie skepping, word deur gulsigheid en in
die naam van vooruitgang en groei vernietig.
Gelowiges se taak is om hierdie aardver-
nietiging teen te werk
Menslike en kulturele degradering
Primitiewe volke se habitat word dikwels
bedreig en selfs uitgeroei deur natuur-
veranderinge. Stedelike ontwikkeling en groei
bedreig voedselproduserende landbougrond.
‘n Goeie voorbeeld is die baie vrugbare lan-
bougrond in Filippi in Kaapstad wat plek moet
maak vir ontwikkeling. Hewige belastings en
die bou van soveel hoofpaaie met noodsaak-
like bane dryf mense weg van hulle eeue-oue
woonpekke en plase. In die trope moet in-
heemse volke padgee om plek te maak vir
myne en ontginning. Dit lei tot die uitsterf van
antieke kulture, veral in
Afrika. Natuurlike organiese voedsel en
medisyne bly ook in die slag. Groei-en oessei-
soene word kunsmatig gereguleer.
Landbou word in baie gevalle rykdombou. En
werkgeleenthede bly dikwels, in ongeskooldes
se geval, in die slag.
Kosbare bronne, veral ook in Afrika, word op-
geslurp ter wille van finansiële voordeel vir
die magtiges, maar ten koste van die
inheemse armes wat nie altyd die kennis en
vermoëns het om ditself te ontgin nie.
Ons roeping is nie om net reikhalsend uit te
sien na die wederkoms van Christus nie, maar
ook om God se geskape leefwêreld te
respekteer en sy aardse tuin verantwoordelik
vanuit ‘n God-perspektief te bewerk. En om
ook die uitroei van spesies , aardverwarming,
die vergiftiging van die heelal en skepping-
saftakelende praktyke te beveg met woord en
daad.
Eksklusiewe selfsug en selfverryking moet
eerder verander in omgee, leef en laat leef in
harmonie met God se goeie skepping.
Op ekologiese terrein gaan dit oor lewe en
dood, meelewing of aftakeling, herstel of ver-
nietiging. Die vraag is: hoe is jy, ja hoe is ons
as gemeente betrokke om mens en natuur
namens God te bestuur?
Ds Johan Lindeque
Die spekboom is een van die plante wat die luggehalte bevorder
en dit help met die bevegting van aardverwarming.
Dit groei maklik.
Die spekboom is ook “waterwys”, met ander woorde meestal
droogtebestand.
Dit is inheems - eg Suid-Afrikaans.
Hierdie plant aard oral in ons land.
Die spekboom kan in potte of beddings
geplant word en kan ook in ‘n bonsai verander
word.
Die plant kan ook in vleis - en slaai geregte be-
dien word om geëet te word. Petra Wilson
Spekboom se hulp aan die natuur.
6
Die Vrouebediening van Jeffreysbaai se VG Kerk het op 19 September 2019 die bejaardes te Jeffreysrus besoek. Hul het ‘n kort programmetjie tydens die besoek aangebied, wat almal baie geniet het. Hulle het gesê ons moet weer kom. ‘n Kaartjie en blomme is aan suster Annelize Rathbone gegee. Beriggie & foto ingestuur deur Rosy Andrews.
Hartlike gelukwense! Ons stel graag aan ons lesers bekend ons nuwe lidmate wat op Sondag 13 Oktober 2019 Belydenis van geloof afgelê het. Ons dra hul in ons gebede op aan on Hemelse Vader en ons vertrou dat hul daagliks vrede en vreugde in die Here sal vind en dat hul dit ook sal oordra aan elkeen wat hul pad kruis.
Van links na regs op die foto: Christiaan de Nysschen, Conrad van Vuuren, Diemoné Schoeman, Gideon van den Berg, Janka Potgieter, Janku Heydenrych, Jean-Maré Bothma, Karla Viviers, Kyla Bezuidenhout, Louis Botha, Matthys Louw, Meré Pieterse, Monique van Eeden, Stefan Badenhorst. Ds Nardus Greyling Foto: Leané Cilliers
AFGETREDE VERPLEEGKUNDIGES Gesellige byeenkoms Vrydag 22 November 2019
om
09:30 by die Kompleks
Bespreek vroegtydig & kom kuier lekker saam!
Kontak: Rienee Botha 082 321 4809
Louisa Koortzen 071 383 5094 /
042 293 3933
7
In liefde onthou ons
Floors Steenkamp (80) 28 September 2019
Breggie Bredenhann 07 Oktober 2019
Eric Erasmus (80) 08 Oktober 2019
Tienie Engelbrecht (75) 08 Oktober 2019
Tertius Bezuidenhout (54) 12 Oktober 2019
Ria Coertze (73) 14 Oktober 2019
Mariaan van Tonder (81) 16 Oktober 2019
Joan Loots (91) 22 Oktober 2019
Ek staan op die strand en bewonder die wit
branders en die eindelose, donkerblou horison.
Soos ek die koel seelug inasem, wil my hele hart
ontplof van pure blydskap! Dis so wonderlik om
hier, in Jeffreysbaai, te kan wees ...
Ons gesinnetjie, my man, ons 3-jarige seuntjie en
ek, woon al amper 5 jaar op ‘n klein eilandjie in die
Maldives, ‘n streng Moslemland in Suid-Oos Asië.
Die eiland is ‘n luukse vyfster-oord en al 300
mense wat daarop woon, werk in die hotel. Ons is
die enigste gesin en my seuntjie, die enigste, ja
enigste kind op die eiland. Dit is ‘n idilliese
tropiese paradys, sowaar, maar die probleem is,
aangesien ek nie self in die oord werk nie, slegs
my man wat werk, en my seuntjie wat die enigste
kind is wat op die eiland woon, is ons so tussen die
boom en die bas. Alhoewel ek nie in die oord werk
nie, is ek ook nie ‘n gas nie. Ek en my seuntjie mag
daar wees, maar ons moet probeer om nie gesien
te word nie. Dis nou vir jou ‘n eensame storie!
Dit neem ongeveer 15 minute om reg rondom die
hele eiland te stap. Daar is nie paaie, karre of
enige winkels nie, net die pragtige hotel. Dit is ‘n
droom wêreld, maar geheel en al afgesonder en
ver weg van die werklikheid.
Nou staan ek op die strand, hier in Jeffreysbaai,
propvol vreugde! Ek is swanger met ons tweede
seuntjie. Ons babatjies kan in die Maldives ge-
bore word, maar dit is ‘n gekompliseerde affêre
met die papierwerk en die geloof; daarom vertoef
ek en my seuntjie by my ouers hier in Jeffreys-
baai vir die geboorte van baba nommer twee.
Hoog swanger en ver weg van my man af, vir min-
stens 5 maande. Hy sal my kom bystaan tydens
die geboorte. Die opoffering is groot, inderdaad
ja, maar vir my is dit gladnie ‘n hartseer saak nie.
Dit is so wonderlik om hier te kan wees. Die men-
se op die dorp het vir my en my seuntjie so hart-
lik welkom geheet! Dis lekker om orals te kan
vashaak en gesels. Dis fantasties om aan funksies
van die gemeente deel te neem en om openlik oor
God te kan praat en saam te kan staan en bid in
die openbaar. My seuntjie kom selfs smiddae by
die huis en sing elke dag ‘n nuwe Jesus liedjie,
halleluja! Wild vreemdelinge plaas links en regs
hulle hande op my swanger magie en spreek die
mooiste seëninge oor my ongebore baba uit. So,
ek is hier met ‘n ontembare blydskap en dank-
baarheid in my bors. My ouers en die mense van
die lieflike dorpie is pryslose skatte waarmee die
Here my bederf. Ek koester elke oomblik, elke
dag en elke persoon.
Ek prys die Here vir die voorreg om hier in Jef-
freys te kan bly vir ‘n rukkie en ek bid dat hierdie
borrelende waardering vir my eie land, taal, kultu-
ur, kerk en bowenal, openlike liefde vir Jesus
Christus, nimmer as te nooit sal verflou nie.
Dankie Zanne vir jou pragtige briefie en dat ons weereens deur ‘n ander se oë na ons eie blyplek kan kyk om net weer te besef hoe bevoorreg ons is om hier te mag woon. Ons bid jou baie sterkte en vreugde toe. Petra Wilson
Dit borrel in my, want ek is so bly!........Zanne Steyn
Steyngesin op die Maldives Foto: Zanne Steyn
Geestelike beserings is nie die hoofstorie van jou lewe nie, Jesus is deur Stephan Joubert
Wanneer rugbyspelers ’n bloedbesering opdoen tydens ’n wedstryd dan moet hulle die veld verlaat. Hulle moet eers klaar bloei voordat hulle weer kan terugkeer na die speel-veld toe. Lyk my dit gebeur met baie gelowiges ook… en met myself! Ons tel allerlei beserings op aan diens. Ons is kwaad vir hierdie gelowige, of vir daardie kerkleier. Of sommer vir ‘die kerk.’ Dan is ons ‘diep’ seergemaak. Of ‘verwond.’ Dan kan ons nie speel in die Here se span terwyl ons langs die veld sit en bloei nie. Dieselfde gebeur by ons werk, of in ons families.
Kom ons sê dit padlangs vir mekaar: Ons almal was al iewers langs die pad die slagoffers van goor gebeure en van moeilike mense. Soms kry ons sulke seerkry net nie uit ons gestel nie. Dit lei daartoe dat ons selfs ‘n ongeneeslike ‘geestelike besering aan diens’ opgedoen het, wat ons heeltemal uit spel haal daar waar dit saak maak. Hoor hier, sulke wonde is nie veronderstel om die storie van ons lewe te wees nie. Ons vertel nie van vroeg tot laat vir almal hoe seer almal ons gemaak het nie. Om lewenslank aan seerkry vas te klou, is om net so lank ook die gevangene hiervan te wees. Dit verander ons in die hoof-slagoffers van al wat ‘n slegte storie van ons lewe. Iewers moet ons ons seerkry-boeke toemaak. Ons is nie verwonde mense nie, maar mense op die pad van herstel.
Ons hoofstorie is dat Jesus ons raakgeloop het. Hy begelei ons op die pad van herstel en nuut word. Sy storie van vryheid en lewe is nou ons s’n ook.
Pampoenskulpie:
“So what can you do in the midst of adversity? You can kneel; you can weep, and weep, and weep. This you can do. There is one thing you must not do. Complain if you must, groan if you must, and get angry if you must. But oh, dear brother, stay far distant from bitterness and from blaming others. No matter what it is, don’t blame others. Do that and you are dangerously close to for-feiting all future spiritual growth” (Gene Edwards, aangehaal deur Deon Loots)
Ingestuur: Ds Janida van der Westhuizen
Heelwees - mens Vader, ek leef meestal met ‘n groot vertoon-glimlag.
Tog wil ek soms uitroep
“Eina,Here!, Eina!”
Dankie dat U juis gekom het om gebroke mense soos ek heel te maak.
Vandag gee ek U toestemming om u hand van heling oor my lewe te streel,
Die einas in my heel te maak en die dele wat té stukkend is….
Sommer heeltemal oor te maak.
Doen dit, Here, Maar werk saggie, asseblief.
Milanie Vosloo
Tel 042 007 0375
Olienhoutstraat & Torchwoodlaan, Wavecrest POSADRES: Posbus 45, Jeffreysbaai, 6330
[email protected] / [email protected]
www.ngkjeffreys.co.za Maandae: 10:00 - 13:00 Dinsdae - Vrydae: 09:00 - 13:00
NG Gemeente Jeffreysbaai
Rekeningnommer: 5170145625 Taknommer: 334 515
Verwysing: Wyk nommer / Projek
Ds David Higgs 082 492 9032
Ds Janida van der Westhuizen 083 703 2018
Ds Nardus Greyling 084 240 4111
LET WEL Die Seebriesredaksie en Kommunikasiebediening onderskryf nie noodwendig die menings wat deur
medewerkers uitgespreek word nie. Advertensies kan slegs geplaas word indien ruimte beskikbaar is.
SLUITINGSDATUMS VIR DIE SEEBRIES VAN DESEMBER 2019
Advertensies: 15 November 2019 Berigte: 18November 2019
SKAKELPERSONE / REDAKSIELEDE:
Petra Wilson 042 007 0375 (k)
Annekie Heyns 084 406 9001
Janus Roux 082 820 5041
DRUKWERK: paarlcoldset
Ivor Benn Close, Fairview Port Elizabeth 6070
Tel +27 41 503 6111 Fax +27 41 503 6113
E-pos [email protected]
WYKSBYEENKOMS:
Plek:......................................Datum….....................Tyd:……….....
VROUE BYBELSTUDIE:
Plek:......................................Datum…….................Tyd:.................
LERAARS
KERK Da Gamaweg 09:00 & 17:30
KOMPLEKS: GESINSDIENS & JONK-DIENS 09:00 & 17:30
hv. Olienhoutstraat & Torchwoodlaan
PARADYSSTRANDSAAL Johan Muller Boulevard 09:00
ALGEMENE INLIGTING
EREDIENSTYE
…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………...
Ds Evert de Kock 082 490 7192
Ds Ben Janse van Rensburg 083 564 0398
Ds Jan Kampman 082 657 2375
Ds Komatie van Niekerk 082 455 0359
Ds Sas Swart 082 552 3175
Ds Johan Vosloo 083 320 8427
Ds Jasper Louw 082 490 6340
HERDERS
BEDIENING KOŐRDINEERDER
November Gebedsrooster Gebedskultuur [6de Golf 2007] - Kom bid saam hierdie maand vir die volgende sake:
SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
1 Nader tot
God
Soos ‘n wildsbok
wat smag na water,
smag my siel na U,
o Heer.
Lied 163
2 Nader tot
God
U alleen is my
hartsverlange en
ek bring aan U die
eer. Lied 163
Bid hierdie maand oor die droogte in SA. Kom ons word stil voor God en vra dat Hy vir ons uitkoms sal skenk. Kom ons dink gedurende hierdie maand veral aan al ons boere wat geweldig swaarkry onder
hierdie geweldige droogte toestande.
3 Nader tot
God
U alleen is my bron
van krag; in U
teenwoordigheid wil
ek wag.
Lied 163
4 Nader tot God
U alleen is my
hartsverlange en ek
bring aan U die eer. Lied 163
5 Nader tot God
Soos ‘n wildsbok
smag na
waterstrome, so
smag ek na U, o
God. Ek dors na
God, na die lewende
God. Psalm 42
6 Die Here
Sorg
Laat jou lewe aan
die Here oor en
vertrou op Hom;
Hy sal sorg. Psalm 37:5
7 Die Here
Sorg
Werp al julle
bekommernisse op
Hom, want Hy
sorg vir julle.
1 Petrus 5:7
8 Die Here
Sorg
My God, hou dan
nou hierdie plek
onder U sorg en
verhoor tog elke
gebed hiervandaan.
2 Kronieke 6:40
9 Die Here
Sorg
Ek sal na julle
omsien en vir julle
sorg: julle sal
bewerk en beplant
word.
Esegiël 36:9
10 God se
Getrouheid
Laat ons styf
vashou aan die
hoop wat ons bely,
want God is
getrou: Hy doen
wat Hy beloof het.
Hebreërs 10:23
11 Bid oor
Droogte
Bid vir gesinne in
die droogste dele van
die land.
12 Bid oor
Droogte
Bid vir plaasboere
wat sukkel om oeste
te produseer.
13 Bid oor
Droogte
Bid vir plaasboere
wat sukkel om vee
aan die lewe te
hou.
14 Bid oor
Droogte
Bid vir die
vrouens van droë
dorpe.
15 Bid oor
Droogte
Bid vir kinders van
plaasgesinne wie se
opvoeding en groei
deur droogte
geraak word.
16 Bid oor
Droogte
Bid vir
plaaswerkers wat
onseker is oor
werk en
veiligheid.
17 Bid oor
Droogte
Bid vir
gemeenskappe wat
gebuk gaan onder
die droogte enwat
moedeloos geword
het.
18 Bid oor
Droogte
Bid vir
ondersteunings-
werkers, kerke en
gemeenskappe wat
met nooddienste
uitreik aan
droogtelyers.
19 Bid oor
Droogte
Bid vir die ekonomie
wat deur die droogte
aangetas word.
20 Bid oor
Droogte
Bid vir die ekologie
(diere en natuur)
wat ook onder die
droogte ly.
21 Ek is...
Die brood wat lewe
gee.
Johannes 6:35
22 Ek is...
Die lig vir die
wêreld.
Johannes 8:12
23 Ek is...
Die Goeie Herder.
Johannes 10:11
24 Ek is...
Die opstanding en
die lewe.
Johannes 11:25
25 Ek is... Die wingerdstok.
Johannes 15:5
26 Vertrou!
Habakuk 3:1-2
27 Vertrou!
Habakuk 3:3
28 Vertrou!
Habakuk 3:17
29 Vertrou!
Habakuk 3:18
30 Vertrou!
Habakuk 3:19