die regering van die kerk – 1tim 3:1 · pdf filedat goeie ouderlinge een van die...

30
Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 Paulus se Kerkorde-reëls vir die ouderling-amp (a). Augustus 2014

Upload: hahanh

Post on 06-Feb-2018

244 views

Category:

Documents


14 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 Paulus se Kerkorde-reëls vir die ouderling-amp (a).

Augustus 2014

Page 2: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Ps-vooraf Ps 1: 1, 4

Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen

Seëngroet

Gemeente van ons Here Jesus:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 48: 1, 4, 5

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.

Psalm na die wet – Ps 32: 1, 2

1

Page 3: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed – Ps 32: 3, 4

2

Page 4: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Woorddiens.Opmerking

• Iets oor 1Tim 2

• Ons bely in NGB art 30 dat “alles in die kerk behoorlik en ordelik geskied

wanneer betroubare persone gekies word (as ouderlinge ne diakens)

ooreenkomstig die voorskrif wat die apostel Paulus in die brief aan Timoteus

gee (1 Tim. 3).”

• Dus: Ons moet weet hieroor. En onderrig ontvang hieroor. Daarom gaan ons

gedurende Aug & Sept stilstaan in 1Tim 3.

Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2-3

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 89: 6

Ons Fokus op 1Tim 3:1

Skrifverklaring

InleidingGeliefdes hierdie eerste woorde van 1Tim 3:1

moet ons regtig aangryp.

Hier waar Paulus sê: “Dit is ‘n betroubare woord ...”

Hoekom? Wel omdat dit wys

hoe belangrik Kerk-regering vir ons Here Jesus is.

Toepassing

Baie maal lyk dinge soos die inrigting en die regering van die Kerk

en goed soos die ouderling-amp vervelig.

Dit voel dalk soos een of ander ou argaïese patriargale bestuursmetode

wat eerder lank terug al verander moes word.

Maar nou sê ons Here deur Paulus in vers 1:

“Dit is ‘n betroubare woord:

as iemand na ‘n opsienersamp (of die ouderlingamp1) verlang,

1 Vanuit Hand 20:17 en 28 leer ek dat επισκοπος en πρεσβυτερος die selfde is. Dis verskillende benaminge vir die selfde persoon wat dien in die επισκοπη - vgl ook Tit 1:5-7 (TDNT vol 2 bl 616; Alford se 1Tim komm bl 321; Ryken se 1Tim komm bl 108).

3

Page 5: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

begeer hy ‘n voortreflike werk.”

En met hierdie woorde wys die Here

dat ons hier met 'n baie belangrike saak te doen het.

* * * * *

En 'n saak

wat elkeen van God se gelowige kinders direk raak.

Bewys2

Waarom? Wel omdat 'n ware lewende Kerk

'n Kerk is waar gelowiges vanuit die Skrif verstaan

dat Christus deur sy Gees ons gebruik

om ouderlinge te kies.

Vanuit die Skrif verstaan ons ook

dat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is

wat 'n lewende Kerk nodig het.

En juis daarom is'it so belangrik

dat elkeen van ons moet leer oor die regering-en-inrigting van die Kerk.

En daarom ook oor'ie ouderling-amp.

En nou'sit presies hieroor

dat Paulus geïnspireer deur die Gees in 1Tim 2-3 skryf.

* * * * *

Agtergrond

Nou Timoteus was een van Paulus se medewerkers.3

En in die Kerk van Efese

was Timoteus 'n bedienaar van die Woord.

Ons hoor'it byvoorbeeld in 1Tim 1:3 en 4:13.

2 Vgl NGB art 30-31; Hand 6:33 Vgl Hand 17:14-15; 18:5; 19:22; 20:4; vgl ook Reformation study Bible bl 1749

4

Page 6: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

En dan skryf Paulus twee briewe aan hom: 1 & 2 Timoteus.

En in 1Tim 2-3 skryf Paulus dan aan Timoteus

spesifiek oor die inrigting-en-regering van 'n plaaslike Kerk.4

Bewys

Ons hoor'it as Paulus aan die einde van 1Tim 3 in vers 14-15

vir Timoteus sê: “Ek skryf jou hierdie dinge ...

(dat jy) kan weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God,

wat die gemeente is van die lewende God ...”

* * * * *

A. En nou'sit so treffend.

Wanneer Paulus begin skryf oor Kerkorde

dan begin hy in 1Tim 2:1-7 by gebed.

“In die eerste plek vermaan ek dan

dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word ...”

Toepassing5

Hoor u dit? Paulus begin nie by die ampte nie.

Paulus begin nie by kerklike tug nie.

Of wat ook al anders nie.

Nee! Paulus begin by gebed.

Vir Paulus is dit die eerste en belangrikste Kerkorde-reël

wat daar maar kan wees.

Toepassing

En ons het dit so nodig!

Want ons leef uit genade alleen.

Daarom moet die Kerk wanneer ons saamkom bid.

Ja elke ware plaaslike Kerk moet 'n biddende Kerk wees.

4 Vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 69; Bouma se 1Tim komm bl 545 Vgl 1Timoteus 2,1-7(a).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

5

Page 7: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

B. Dit leer Paulus in 1Tim 2:1-7.

In vers 8 leer Paulus

dat die manne in ons samekomste die gebedsvoorgangers moet wees.6

Opmerking

En belangrik: In vers 8 praat Paulus oor manne.

Nie net een man die dominee nie.

Toepassing

En is hierdie nie 'n saak

waaroor ons regtig baie ernstig vanuit die Bybel

moet gaan nadink nie?

Want ek dink nie ons doen

wat Christus deur Paulus hier beveel nie.

Miskien is ek verkeerd.

Maar ek dink regtig ons moet hier oor begin besin.

C. Maar goed. Gaan ons van 1Tim 2:8 af na vers 9-10

kry ons daar Paulus se reëls

oor hoe vroue moet aantrek in die ons samekomste.7

Verduidelik

En die groot beginsel is dat vroue in die manier

waarop hulle aantrek en mooi maak moet wys

dat God absoluut sentraal

in hulle lewens en in ons as Kerk se samekomste staan.

En nie hulle self en hulle mooiheid nie

D. Dis wat Paulus in 1Tim 2:9-10 leer.

In vers 11-14 leer Paulus

dat vroue nie in ons samekomste die leiding mag neem

6 Vgl 1Timoteus 2,8.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php7 Vgl 1Timoteus 2,9-10.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

6

Page 8: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

en mag preek nie.

So vroue mag nie ouderlinge wees nie.8

Nee, waarop vroue wel moet fokus

is die wonder van haar ma-wees-roeping.

Dit sê Paulus in 1Tim 2:15.9

Opmerking

En hieroor kon ons meer leer

toe ons in 2012 deur 1Tim 2 gewerk het.

* * * * *

Terug by vandag

Maar dan as Paulus by 1Tim 3 kom

fokus hy op die ampte van ouderling-en-diaken.10

Opmerking

En as die HERE wil

gaan ons in die res van Augustus en September

deur 1Tim 3 werk en meer hieroor leer.

En dan begin ons vandag by

Paulus se Kerkorde-reëls vir die ouderlingamp

En vandag gaan ons in vers 1 net eers stilstaan by drie dinge:

• Die belangrikheid van die ouderling-amp

• Wat dit behels

• Wat dit vir ons sê

* * * * *

1. So ons begin by die belangrikheid van die ouderling-amp.

En hieroor leer ons in vers 1 waar Paulus sê:

“Dit is ‘n betroubare woord ...”

8 Vgl 1Timoteus 2,11-12.pdf; 1Timoteus 2,13-14.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php9 Vgl 1Timoteus 2,15.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php10 Vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 69,86; Bouma se 1Tim komm bl 65

7

Page 9: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Verduidelik11

En dan's hierdie woord waarvan Paulus praat

iets soos 'n gesegde of 'n spreukwoord.

En hierdie woord of spreukwoord of gesegde

gee Paulus in'ie res van vers 112 as hy sê:

“Dit is ‘n betroubare woord:

En hier kom'ie woord nou:

as iemand na ‘n opsienersamp (of ouderling-amp) verlang,

begeer hy ‘n voortreflike werk.”

Verduidelik

So sien u wat hier aangaan?

Paulus gaan in sy kerkorde-onderrig begin

om oor die ouderling-amp te leer.

En dan sê hy reg aan die begin:

“as iemand na ‘n ouderling-amp verlang,

begeer hy ‘n voortreflike werk.”

En hierdie woord hierdie gesegde is 'n betroubaar.

* * * * *

En nou'sit veral in hierdie “Dit is ‘n betroubare woord ...”

dat ons die ontsettende belangrikheid

van die ouderling-amp moet raaksien.

Hoe so? Wel daar's twee redes.

A. En die eerste rede is Paulus se woordorde

as hy sê: “Dit is ‘n betroubare woord ...”

11 λογος is verwant aan λεγω en is iets wat gesê is – een woord of 'n versameling van woorde; 'n frase van woorde; 'n gesegde/ spreuk – vgl Mat 5:37; 15:12; Luk 20:20. 'n Versameling van woorde of 'n gesegde is hoe λογος hier vers 1 verstaan moet word ... Heel waarskynlik gaan dit hier oor reeds vasgelgede 'leer' waarhede in die kerk (Baljon bl 567-568; NIDNTT vol 3 bl 1106; Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 18; Knight se 1Tim komm bl 99; Macarthur se 1Tim komm bl 93).

12 Vgl Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 54

8

Page 10: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Verduidelik13

Want as ons Paulus se Griekse teks baie letterlik vertaal

staan daar: 'betroubaar die woord'.

Opmerking14

Ons kan'it dan ook vertaal met:

'betroubaar is die woord'.

En nou'sit belangrik om te sien dat Paulus skryf:

'betroubaar is die woord' in pleks van:

'die woord is betroubaar'.

En Paulus doen'it aspris so,

want so beklemtoon Paulus die woord betroubaar.

Opmerking

Dis hoe jy iets in 'n Griekse sin soos hierdie beklemtoon.

Jy sit dit so vooraan in die sin.

* * * * *

So wanneer Paulus betroubaar vooraan in hierdie sin sit

dan sê hy daarmee:

'luister hierdie ding van

“as iemand na ‘n opsienersamp verlang,

begeer hy ‘n voortreflike werk” is regtig betroubaar

maar ook baie belangrik.

Dis hoekom ek betroubaar aan die begin sit en beklemtoon.'

13 In πιστος ο λογος het ek te doen met 'n predikatiewe-adjek-naamwoord-konstruk. Omdat die konstruk predikatief is en die attrubotief nie, het dit die betekenis van 'bertoubaar is die Woord'. In hierdie soort konstruk dra die adjek meer klem as die naamwoord. So, Paulus is besig om met groot klem te sê dat ο λογος regtig baie πιστος is (Greek grammer beyond basics bl 307; Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 20,21-22). Dus: 'Baie geloofwaardig is die gesegde wat nou volg.' En dit is regtig baie belangrik en ernstig ... Daarom gebruik Paulus hierdie spesifieke konstruk. Hy wil hê dat Timoteus en die kerk van Efese werklik baie ernstig sal oplet na die gesegde (vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 87; Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 19-20; Reformation study Bible bl 1754).

14 Die ESV vertaal met: “The saying is trustworthy”

9

Page 11: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Toepassing

En nou moet ons tog luister!

Hier praat Paulus die apostel van Jesus Christus die Here.

Paulus bring geïnspireer deur'ie Gees die Woord van Koning Jesus.

En dan praat Paulus op so 'n manier

dat hy daarmee sê:

Hierdie Woord oor die ouderling-amp is baie baie betroubaar

maar ook baie baie belangrik.

So laat ons tog nie dit wat in 1Tim 3 staan

sommer maar net by ons verby laat gaan nie.

* * * * *

B. Maar nou'sit nie net die woordorde van 'betroubaar is die woord'

wat wys hoe belangrik die ouderling-amp is nie.

Nee, daar's ook 'n tweede rede.

En dis dat 'betroubaar is die woord' nie net in 1Tim 3:1 staan nie.

Nee, ons kry'it ook in 1Tim 1:1515

en in 1Tim 4:8-916 en in 2Tim 2:11-1317 en in Tit 3:4-8.18

* * * * *

En hoor bietjie wat sê hierdie tekste.

In 1Tim 1:15 staan:

“Dit is ‘n betroubare woord ...

dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red ...”

In 1Tim 4:8-9 staan:

“... die godsaligheid is nuttig vir alles,

15 Dat die inhoud van πιστος ο λογος in 1Tim 1:15 gekry word – sien Greek grammer beyond basics bl 220. 16 Dat die inhoud van πιστος ο λογος in 1Tim 4:8-9 gekry word – sien Greek grammer beyond basics bl 221; Knight, The

faithful sayings in the Pastoral letters, bl 62-63, 65.17 Dat die inhoud van πιστος ο λογος in 2Tim 2:11-13 gekry word – sien Greek grammer beyond basics bl 220-221; Knight,

The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 112-115.18 Dat die inhoud van πιστος ο λογος in Tit 3:4-8 gekry word – sien Greek grammer beyond basics bl 220-221; Knight se

Titus komm bl 347-350.

10

Page 12: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

omdat dit die belofte van die teenwoordige

en die toekomende lewe het.

Dit is ‘n betroubare woord ...”

In 2Tim 2:11-13 staan:

“Dit is ‘n betroubare woord;

want as ons met Hom gesterf het,

sal ons ook met Hom lewe.

As ons verdra, sal ons met Hom regeer.

As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.

As ons ontrou is, Hy bly getrou;

Hy kan Homself nie verloën nie.”

In Tit 3:4-8 staan:

“Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser,

en sy liefde tot die mens verskyn het—

nie op grond van die werke van geregtigheid

wat ons gedoen het nie,

maar na sy barmhartigheid

het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte

en die vernuwing deur die Heilige Gees ...

sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word

ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

Dit is ‘n betroubare woord ...”

Verduidelik

En wat nou belangrik is van hierdie tekste

is dat hulle regtig gaan oor'ie kern-waarhede van ons geloof.19

Bewys20

Want ons hoor van verlossing deur Jesus Christus.

Ons hoor van wedergeboorte.

19 Vgl Macarthur se 1Tim komm bl 9320 Vgl Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 139, 152

11

Page 13: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Ons hoor van heiligmaking en dissipelskap.

Ons hoor hoe God in getrouheid aan Homself ons sal bewaar

en nooit sal laat verlore gaan nie.

En wanneer Paulus oor hierdie kern-waarhede van ons geloof

in 1Tim en 2Tim en Titus praat dan sê daaroor:

“Dit is ‘n betroubare woord” Of: 'betroubaar is die woord'.

So vir Paulus is verlossing, wedergeboorte,

heiligmaking en dissipelskap, en bewaring deur God

regtig baie betroubaar en baie belangrik.

Maar net so betroubaar en belangrik

is Kerkorde en die ouderling-amp.21

Hoekom? Wel omdat Paulus in 1Tim 3:1 sê:

“Betroubaar is die Woord,

as iemand na ‘n opsienersamp verlang,

begeer hy ‘n voortreflike werk.”

* * * * *

Toepassing22

So sien u?

Kerkregering en ouderling-amp is nie maar iets

wat iemand in die ou-tyd uitgedink het nie.

Dis'ie iets waaroor ons kan sê:

'ja Ok dis'ie regtig so belangrik nie.'

Daarom moet ons tog oppas vir iets soos:

'Ons verlossing en wedergeboorte en lewe van dissipelskap

is die belangrike goed.

Maar goed soos ouderling-amp is eintlik tyd mors'.

21 Vgl Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 145, 15222 Vgl Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 145-146; Macarthur se 1Tim komm bl 93

12

Page 14: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Nee! Dis verkeerd om so te dink.

Hoekom?

Wel want net so belangrik

soos ons verlossing en wedergeboorte

en heiligmaking en dissipelskap

net so belangrik is die ouderling-amp.

Want verlossing en wedergeboorte en heiligmaking

en dissipelskap en ouderling-amp

is vir die Heilige Gees alles saam 'n betroubare woord.

* * * * *

Oorgang

So Paulus se leer oor Kerkregering en ouderling-amp

is presies net so belangrik

soos verlossing en wedergeboorte en heiligmaking en dissipelskap.

En weet u: die ouderling-amp kan ons ook nooit losmaak

van verlossing en wedergeboorte en heiligmaking

en dissipelskap nie.

2. En presies dit sien ons by ons tweede punt

waar'it gaan oor wat die ouderling-amp behels.

Opmerking

En natuurlik kan ons hieroor ontsaglik baie sê.

En daar's heelwat Skrifgedeeltes wat hieroor gaan.23

Maar kom ons werk vir nou vanuit dit

wat Paulus in 1Tim 3 sê.

En ek dink hier's vier dinge wat 1Tim 3 uitwys

oor wat ouderling-amp behels.

23 Byvoorbeeld Efes 4:11-13; 1Pet 5:1-4.

13

Page 15: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

A. Oor'ie eerste een leer ons

wanneer ons ingaan op'ie betekenis van die woord “opsienersamp”.

Paulus sê mos in vers 1:

“Dit is ‘n betroubare woord:

as iemand na ‘n opsienersamp verlang,

begeer hy ‘n voortreflike werk.”

So nou'sie vraag is: Wat is hierdie opsienersamp?

Wat beteken'it?

Verduidelik

Nou die opsienersamp is'ie amp of'ie werk

of'ie bediening van die opsiener.24

Opmerking25

En Hand 20:17 en Hand 20:28 leer

dat 'n opsiener eintlik net 'n ander naam is vir 'n ouderling.

So die opsienersamp is'ie amp of'ie werk

of'ie bediening waarmee 'n ouderling besig is.

Verduidelik26

En ouderling-werk is 'n bediening van leiding gee of rigting gee.

Dis 'n leier-wees bediening.

Bewys

In 1Tm 5:17 noem Paulus hierdie leier-wees-bediening

dood eenvoudig regeer.

Ja dis wat ouderlinge moet doen.

24 In 1Tim 3:1 verwys επισκοπη spesifiek na 'n amp/diens/soort werk (NIDNTT vol 190, 192; Knight,The faithful sayings in the pastoral letters, bl 56). In Hand 20:28; Fil 1:1 en Tit 1:7, soos ook hier, vervul die επισκοπος in die amp van επισκοπη 'n leierskap-rol (NIDNTT vol 1 bl 191; Knight se 1Tim komm bl 155; TDNT vol 2 bl 615).

25 Vgl TDNT vol 2 bl 616; Alford se 1Tim komm bl 321; Ryken se 1Tim komm bl 10826 In Neh 11:9,14,22; 12:42 is επισκοπος die vertaling van פיקיד en het dit die betekenis van iemand wat in 'n posisie

van gesag oor ander staan. So iemand is 'n opsigter/leier ... hy moet regeer – vgl 1Tim 5:17 (NIDNTT vol 1 bl 190; NIDOTTE vol 3 bl 662; TDNT vol 2 bl 614; Macarthur se 1Tim komm bl 98).

14

Page 16: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Hulle moet in 'n plaaslike Kerk van Jesus regeer.

* * * * *

B. Maar dadelik bring'it ons by die tweede ding

van wat die ouderling-amp behels.

En dis dat hierdie regeer-werk van ouderlinge nooit beteken

dat hulle harde slawedrywer-agtige-base mag wees nie.

Dis 'n leierskap-styl wat net glad nie by ouderlinge pas nie.

* * * * *

Hoe weet ons dit?

Wel in 1Tim 3 sien ons'it raak

as ons so bietjie af beweeg na vers 4-5.

Opmerking

In vers 4-5 is Paulus besig met die vereistes vir ouderlinge.

En soos ons deur 1Tim 3 gaan werk

gaan ons nog daarby kom.

Maar vir nou kan ons tog iets uit vers 4-5 leer

oor'ie regeer-bediening van ouderlinge.27

Want hoor wat sê vers 4-5.

Dit sê dat 'n ouderling iemand moet wees

“wat sy eie huis goed regeer

en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.

Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie,

hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?”

En nou's hierdie laaste woorde belangrik.

Want hier leer ons

dat ouderlinge vir die gemeente moet sorg dra.

27 Vgl Knight se 1Tim komm bl 163

15

Page 17: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Verduidelik28

En'ie Griekse woord wat ons vertaal met sorg dra is επιμελεομαι.

En die enigste ander plek in die NT

waar ons ook επιμελεομαι kry

is in Jesus se gelykenis van die barmhartige Samaritaan.29

Jesus vertel dat 'n Samaritaan 'n man

wat halfdood geslaan was deur rowers

se “wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi het.

Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp

en hom na ‘n herberg geneem

en vir hom gesorg.”30

En dan's hierdie versorging deur'ie Samaritaan ook επιμελεομαι

nes hier in 1Tim 3:5.

En dadelik leer ons iets oor'ie regeer-werk van die ouderlinge.

Soos die barmhartige Samaritaan moet ouderlinge

met dienende omgee-liefde

leiers wees en regeer.

* * * * *

C. Maar nou's daar ook 'n derde ding wat help

om'ie regeer-werk van ouderlinge beter te verstaan.

En Paulus se gebruik van'ie woord opsiener

hier in 1Tim 3:1-2

vat ons na hierdie derde ding toe.

Want die woord opsiener

vat ons na Paulus se gesprek toe

met die ouderlinge van'ie Kerk in Efese.

28 Vgl Knight se 1Tim komm bl 163; Ridderbos se 1Tim komm bl 9429 Luk 10:25-3730 Luk 10:34

16

Page 18: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Opmerking

Ons kry daardie gesprek in Hand 20.

En in Hand 20:28 sê Paulus dan vir'ie ouderlinge:

“Gee dan ag ... op die hele kudde

waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het

om as herders die gemeente van God te versorg ...”

Verduidelik31

So sien u wat moet ouderlinge doen?

Hulle moet leiers wees. Hulle moet regeer.

Maar dan beslis nie soos harde base nie.

Nee! Soos die barmhartige Samaritaan moet ouderlinge versorg.

En hulle moet soos herders van skape wees.

Sê Paulus in Hand 20:28.

En wat doen goeie herders vir hulle skape?

Wel dit sien ons by Jesus.32

Bewys

Want in 1Pet 2:25 hoor ons

dat Jesus in die eerste plek

“die Herder en Opsiener van (ons) siele” is.

Daarom moet ouderlinge waaragtig gelowige-dissipels wees.

By Jesus moet ouderlinge leer van herder-ouderling wees.

By Jesus wat in Mat 11:29 gesê het:

“Neem my juk op julle en leer van My,

31 Baie belangrik egter vir die verstaan van hierdie leierskap-rol/opsigter-werk is dat επισκοπος/ πρεσβυτερος reeds in Num 27:16-17 verbind word met ποιμην. Iets wat ons ook raaksien in Hand 20:28 - “Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners (επισκοπους) aangestel het om as herders (ποιμαινειν) die gemeente van God te versorg.” Hier sien ek dus dat die leiersrol en taak van die επισκοπος is om die plaaslike Kerk te 'herder' – vgl 1Pet 5:2 (NIDNTT vol 1 bl 191; TDNT vol 2 bl 615,616, vol 6 bl 498; Ridderbos se 1Tim komm bl 88).

32 Vgl TDNT vol 6 bl 498

17

Page 19: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

want Ek is sagmoedig en nederig van hart ...”

Dis hierdie Jesus wat in Joh 21:15-17 vir'ie apostel Petrus

wat homself in 1Pet 5:1 'n “mede-ouderling” noem

gesê het: “Laat my lammers wei” en “Pas my skape op.”

So ouderlinge moet soos goeie herders met goeie kos

gelowiges laat groei.33

Waarin?

Verduidelik

Wel in al daardie kern-waarhede

waarvan Paulus in 1Tim en 2Tim en Titus sê:

“Dit is ‘n betroubare woord ...”34

I So ouderlinge moet soos goeie herders met goeie kos

gelowiges laat groei in hulle verhouding met Jesus Christus

wat “in die wêreld gekom het om sondaars te red ...”

Die betroubare woord van 1Tim 1:15.

II Ouderlinge moet soos goeie herders met goeie kos

gelowiges laat groei in die wonderlike kennis van wedergeboorte

en die ontsaglike gevolge daarvan in ons lewens.

Die betroubare woord van Tit 3:4-8.

III Ouderlinge moet soos goeie herders met goeie kos

gelowiges laat groei in 'n lewe van heiligmaking en dissipelskap.

Die betroubare woord van 1Tim 4:8-9 en 2Tim 2:11-13.

IV As instrumente in die hand van Jesus

moet ouderlinge soos goeie herders gelowiges beskerm.

33 Vgl Hendriksen se Joh komm bl 489; Macarthur se 1Tim komm bl 9834 Vgl Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 145-146

18

Page 20: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Iets wat ons ook leer

vanuit die betroubare woord van 2Tim 2:11-13.35

En dis so nodig.

Want in sy gesprek met die ouderlinge van die Kerk in Efese

sê Paulus in Hand 20:29

“ek weet dit,

dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom

en die kudde nie sal spaar nie.”

* * * * *

En dadelik sien ons

dat die betroubare woord oor'ie ouderling-amp in 1Tim 3:1

alles te maak het met al'ie ander betroubare woorde

in Paulus se briewe aan Timoteus en Titus.

Bewys

Want ouderlinge moet soos goeie herders oor gelowiges waak

en met goeie kos hulle laat opgroei

• in hulle verhouding met Jesus Christus

• in hulle kennis oor wedergeboorte

• en hulle lewe van heiligmaking en dissipelskap.

Dit waaroor die betroubare woorde in 1 en 2 Tim en Titus gaan.36

* * * * *

D. Maar nou'sie vraag:

Wat is'ie goeie kos

waarmee ouderlinge gelowiges moet laat opgroei?

Hoe moet ouderlinge toerus en waak?

Opmerking

En weereens is daar baie plekke in'ie Woord

35 Vgl Reformation study Bible bl 176336 Daarom dat Paulus in Efes 4:11-13 ook sê dat dat Christus “herders en leraars (gegee het), om die (gelowiges) toe

te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God ...” Vgl ook Knight, The faithful sayings in the Pastoral letters, bl 145-146; Ridderbos se 1Tim komm bl 90-91; Macarthur se 1Tim komm bl 108

19

Page 21: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

wat hieroor praat.

Maar kom ons konsentreer eers op 1Tim 3.

En oor hoe ouderlinge gelowiges moet toerus en laat groei

leer ons vanuit 1Tim 3:2 waar Paulus sê:

“‘n Opsiener ... moet ... bekwaam wees om te onderrig.”

Opmerking

Dis'ie vierde ding oor wat ouderling-werk behels.

Ouderlinge moet onderrig gee.37

Met onderrig

moet ouderlinge in dienende liefde leiding gee.

Met onderrig

moet ouderlinge regeer.

Met onderrig

moet ouderlinge soos goeie herders gelowiges laat groei

• in hulle verhouding met Jesus Christus

• in hulle kennis oor wedergeboorte

• in hulle lewe van heiligmaking en dissipelskap.

Met onderrig

moet ouderlinge waak teen misleiers

wat ons wil los skeur van'ie waarheid.

* * * * *

Onderrig in wat?

Wel in'ie Woord van God.

37 διδακτικον = die akk ml ev van διδακτικος en val in die selfde semantiese veld as διδασκω. διδακτικος het die betekenis van 'iemand wat aan ander kan onderrig gee in die gesonde leer (1Tim 6:3-4; 2Tim 4:1-3; Tit 1:9; 2:1)'; Hy is in staat om dit te kan doen; Hy is goed daarmee – vgl 1Tim 5:17; 2Tim 2:2 (TDNT vol 2 bl 165; NIDNTT vol 3 bl 759, 765; Lange se 1Tim komm bl 38; Knight se 1Tim komm bl 159-160; Alford se 1Tim komm bl 323). Ridderbos se 1Tim komm bl 90-91 wys my dat Paulus al in Efes 4:11 die herder amp ook aan 'leer' gekoppel het. Dit is die manier hoe die herder moet lei. Hy doen dit deur onderrig met die 'gesonde leer' (vgl ook Macarthur se 1Tim komm bl 108).

20

Page 22: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Bewys38

Moses leer'it wanneer hy in Deut 8:3 sê

“dat die mens (sal) lewe van (elke woord39)

wat uit die mond van die HERE uitgaan.”

En Petrus leer in 1Pet 2:2

dat ons opgroei deur die Woord.

En toe Jesus eenmaal in Mark 6:34 die skare gesien het

“het Hy vir hulle innig jammer gevoel,

omdat hulle soos skape sonder herder was;

en Hy het hulle baie dinge begin leer.”

Luk 9:11 vertel dat Jesus die skare

die Evangelie van die Koninkryk geleer het.

So sien u? Ouderlinge moet leiding gee

en regeer en opbou en laat groei

met onderrig vanuit God se Woord.

En so moet hulle ook waak en beskerm.

Met God se Woord.

Bewys

Daarom sê Paulus in Tit 1:9

dat 'n ouderling moet “vashou aan die betroubare woord

wat volgens die leer is,

sodat hy in staat kan wees

om met die gesonde leer te vermaan

sowel as om die teësprekers te weerlê.”

* * * * *

38 Sien voetnoot 36; vgl ook Hendriksen se Joh komm bl 489; Macarthur se 1Tim komm bl 9839 Mat 4:4

21

Page 23: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Oorgang

So dis is wat ons sover kon leer uit 1Tim 3:1

oor Christus se kerkorde-reël deur Paulus oor'ie ouderling-amp.

I Dis ontsettend belangrik.

Dit leer ons wanneer Paulus reg aan die begin van sy leer

oor'ie ouderling-amp in vers1 sê:

“Dit is ‘n betroubare woord.”

II En ons kon ook vanuit vers 1 begin leer

wat die ouderling-amp behels.

• Dat dit gaan oor regeer-en-leiding-gee met dienende liefde.

• Dat dit herder-werk is,

waarin ouderlinge vanuit die Woord onderrig,

=> en gelowiges so laat groei in hulle geloof

=> en ook so waak teen die

wat ons van die waarheid wil los skeur.

3. Maar wat sê dit nou alles hier-en-nou vir ons?

Hoe's dit alles op ons van toepassing?

Opmerking

En nou's ons by ons laaste punt.

A. Wel ek dink daar's twee toepassings vir ons almal.

I Die eerste is dat Christus deur sy Gees ons as kerk gebruik

om ouderlinge te kies.

Opmerking

Ons bely dit in ons Nederlandse geloofsbelydenis by art 31.

En as die HERE wil sal ons volgende week meer hieroor leer

wanneer ons in 1Tim 3:1 stilstaan by die betekenis van begeer

22

Page 24: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

as Paulus sê: “as iemand na ‘n opsienersamp verlang,

begeer hy ‘n voortreflike werk.”

Maar vir nou moet dit ons tog aangryp!

Christus gebruik ons om ouderlinge te kies.

En nou't ons uit 1Tim 3:1 geleer

dat die ouderling amp ontsettend belangrik is.

Bewys

Net so belangrik soos verlossing in Christus.

Net so belangrik soos wedergeboorte.

Net so belangrik soos heiligmaking en dissipelskap.

So dis'ie maar net nog iets ou-tyds

as ouderlinge verkies word nie.

Nee! As ouderlinge verkies word

dan'sit 'n ontsettende belangrike saak.

* * * * *

II Maar dadelik is ons by ons tweede toepassing vir ons almal.

En dit is:

As'it so is dat Christus ons gebruik om ouderlinge te kies

en'it is so

dan moet ons mos weet

waaroor die ouderling-amp gaan

sodat ons die regte broeders kan kies.

Voorbeeld

So wanneer ons ouderlinge kies

moet ons koppe vol wees met 1Tim 3

en nie met die wêreld nie.

23

Page 25: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Want wat vir'ie wêreld leiers is

is nie vir Christus ouderlinge nie.

En daardie ou wat goed rugby speel

of wat een of ander voorbok in die gemeenskap is

of wat dalk hoofseun was

of wat al lank in die gemeente is

of van wie ek persoonlik hou

is nie noodwendig vir Christus 'n ouderling nie

En wanneer ons met wêreldse standaarde

en persoonlike voorkeure ouderlinge kies

dan storm die kerk in Daspoort op 'n ramp af.

* * * * *

Opmerking40

Een van die kommentare wat ek gelees het

sê dat as daar 'n krisis in die lewe van plaaslike Kerke is

die oorsaak baie maal in die ouderlinge lê

wat nie regtig 'n idee het

wat die ouderling-amp behels nie.

Ons NGB art 30 sê vanuit die Skrif die selfde.

Maar hoe't hulle ouderlinge geword?

Wel omdat ons hulle gekies het.

En ons ook nie eintlik 'n idee het

wat die ouderling-amp behels nie.

Vir ons is dit maar net iets

wat vir die afgelope 75 jaar hier in die kerk is.

Amper soos die kerk-banke.

Maar wat die ouderling-amp behels weet ons nie eintlik nie.

40 Vgl macarthur se 1Tim komm bl 94

24

Page 26: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

So geliefdes dis so belangrik.

Ons almal moet weet waaroor die ouderling-amp gaan.

En daarom het ons almal onderrig in 1Tim 3 nodig.

En dis'ie twee toepassings

waaraan ek gedink het

wat op ons almal van toepassing is.

Opmerking

Maar ek sal baie graag wil hê

dat ons saam nog verder hieroor moet praat

by ons preek-bespreking byvoorbeeld.

* * * * *

B. Maar kom ons maak ook twee toepassings

spesifiek vir'ie ouderlinge.

I Die eerste een gaan ook oor'ie belangrikheid

van'ie ouderling-amp.

Broeders as'ie ouderling-amp net so 'n betroubare woord is

ja net so belangrik is

soos die betroubare woord

oor Jesus se verlossingswerk

en die Heilige Gees se wedergeboorte-werk

en die betroubare woord oor ons heiligmaking en dissipelskap

dan moet ons ouderling-werk ons mos waaragtig aangryp.

* * * * *

Maar meer nog.

Hierdie belangrikheid van die ouderling-amp

moet ons wys hoe belangrik ons verhouding met Jesus is.

Selfondersoek

En hier's nou 'n selfondersoek-vraag.

25

Page 27: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Hoe staan'it met ons ouderlinge se verhouding met Jesus?

Is ons waarlik dissipels van Jesus?

Sit ons by die voete van Jesus

wat eenmaal in Mat 11:29 gesê het:

“Neem my juk op julle en leer van My,

want Ek is sagmoedig en nederig van hart ...”

sodat ons vir ander kan onderrig

• oor Jesus Christus

• en wedergeboorte

• en heiligmaking en dissipelskap?

En dan nie net met boeke-kennis nie

maar ook met ons lewens.

Verduidelik

Want die apostel Petrus sê in 1Pet 5:3

dat ons voorbeelde moet wees.

* * * * *

II Maar dit bring ons by die tweede toepassing.

Ouderlinge moet met dienende liefde lei en regeer.

Ouderlinge moet leer en onderrig gee.

Ons moet toerus en opbou en laat groei in'ie geloof.

En dit met onderrig uit die Woord.

Daarom sê Paulus in 1Tim 3:2 dat ouderlinge

“bekwaam (moet wees) om te onderrig.”

Verduidelik41

En hoor bietjie mooi. Paulus sê nie:

Die dominee moet bekwaam wees om te onderrig nie.

Paulus ken nie eers so woord soos dominee nie.

41 Vgl Ryken se 1Timkomm bl 115-116

26

Page 28: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Nee! Paulus leer geïnspireer deur die Gees

dat ouderlinge42 moet onderrig.

En dis waar. In 1Tim 5:17 sê Paulus

dat daar sekere ouderlinge is

wat spesifiek fokus op onderrig gee.

Maar dit sê beslis nie

dat die ander ouderlinge eintlik nie bekwaam hoef te wees

om te onderrig nie.

* * * * *

Selfondersoek43

En nou'sie vraag broeders: Kan ons onderrig?

Hoe lyk dit met ons kennis oor die leer van die Skrif?

Hoe lyk dit met ons kennis

oor die leer van die betroubare woorde

in 1&2 Tim en Titus?

• Ja hoe staan'it met ons kennis

oor'ie leer van Jesus Christus

wat “in die wêreld gekom het om sondaars te red.”?

• Hoe staan'it met ons kennis oor'ie wedergeboorte ?

• Kan ons onderrig gee oor heiligmaking en dissipelskap?

42 τον επισκοπον = akk ev van επισκοπος wat hier die funksie het van subj in 'n infin konstruk (Greek grammer beyond basics bl 192). Belangrik hier is dat die lidwoord τον nie daarop wys dat ek hier met die enigste επισκοπος in die kerk van Efese te doen het nie. Nee, τον het hier die doel om te verwys na 'n klas/soort. Die konteks wys daarop. In 1Tim 2-3 word daar deurgaans gewerk met ev en mv wat telkens na 'n soort of klas verwys. 1Tim 5:17; Tit 1:5 en Fil 1:1 praat ook van mv επισκοποι in een kerk (vgl Greek Grammer beyond basics bl 229; Ridderbos se 1Tim komm bl 90-91). Nog iets wat ons moet raaksien vanuit Hand 20:17 en 18 is dat επισκοπος/ πρεσβυτερος dien in 'n plaaslike kerk en dat daar meer as een is en die een nie bo die ander nie – bv predikant is nie hoër as die res van die ouderlinge nie (TDNT vol 2 bl 616; Ryken se 1Tim komm bl 109).

43 Vgl Clarc se 1Tim komm bl 56

27

Page 29: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

En broeders dis waaroor die Skrif gaan.

So is ons as ouderlinge van die Kerk van Daspoort besig

om ons self toe te rus om te kan onderrig?

Weet u: Ek dink ek moet oor hierdie saak tot bekering kom.

En moet ons as Kerk nie vir 'n slag hieroor praat nie

by preek-bespreking byvoorbeeld.

Oor hoe dit in ons gejaagde lewe kan werk

om ons toe te rus in kennis van die Skrif

en kennis om te onderrig. Want dit moet.

* * * * *

Slot

Geliefdes in 1Tim 3:1 sê Paulus:

“Dit is ‘n betroubare woord:

as iemand na ‘n opsienersamp verlang,

begeer hy ‘n voortreflike werk.”

Kom ons bid

dat die Heilige Gees ons met hierdie woorde sal aangryp.

Kom ons bid

dat Christus ons deur sy Gees en Woord ernstig sal maak

oor ware kerk-wees en die ouderling-amp.

Kom ons bid

dat daar by ons hieroor bekering kom.

* * * * *

En as die HERE wil

kom ons leer volgende week meer vanuit vers 1

vir wie die ouderling-amp is,

wat dit beteken om die ouderling-amp te begeer

en hoekom die ouderling-amp 'n voortreflike werk is.

AntwoorddiensAmen

28

Page 30: Die regering van die Kerk – 1Tim 3:1 · PDF filedat goeie ouderlinge een van die belangrike dinge is wat 'n lewende Kerk nodig het. En juis daarom is'it so belangrik

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 89: 6

Gebed

Barmhartigheidsdiens

Psalm tydens kollekte : Ps 12: 1, 2, 5, 6, 7

Slotpsalm : Ps 87: 1, 2, 4, 5

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.

29