die piketberger okt 2015
DESCRIPTION
ÂTRANSCRIPT
1
Jaargang 22 Nr. 9 022-913 1796
Piketberg se koerant vir Piketberg se
mense...
www.piketberg.com
R5,00 Oktober 2015
AUTO ELECTRICAL SPECIALIST
ONE STOP MOTOR PART SHOP
PIKETBERG
022 913 1939 022 913 2404
Alle korrespondensie aan [email protected]
Collect your Rewards card in store
Gimnaste oppad na SA’s
By die onlangse Wes-Kaap uitdunne het altesaam 11 REACH ritmiese gimnaste deurgedring om die Wes-Kaap te ver-teenwoordig by die SA Gym Games
2015 in Gauteng gedurende die skool-vakansie. Agter staan Jané Eksteen,
Christine van der Merwe, Elné Burger en Nicole Steyn. Middel Shanda Whitfield,
Renate Coetzee, Pamela Booys en Su-Mari Hanekom. Voor Mílah Baard,
Lené Nelson en Jade Wilson. Wes-Kaap Kampioene 2015 is Pamela
Booys, Mílah Baard en Shanda Whitfield. Sien volledige uitslae op p34.
Foto: Chrisna Baard
Mienie groet bank...p3 Pieter skitter...p3 Troufoto’s...p4 Steynville Primêr amptelik in gebruik...p12 Aurora Nuus...p13 Plaaswerker Kompetisie Wenners...p18 Matriekafskeid...pp22 - 25 Oupa en Ouma Lente-Tee...p32 Netbal wen ligas...p36 Boland vir Khirwin...p38
2
Redaksioneel
Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com
Redaksie ([email protected])
Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796
Advertensies:
of sms 079 496 2719
Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u
Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter
Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145
Ander groottes op aanvraag.
Barbie Breunissen Marietha Goosen
Liefde Marietha
Briewe van ons lesers...
Sandra Myburgh skryf… Wat ‘n belewenis om sulke flinke diens en vriendelikheid te ervaar by Piketberg Verkeers-departement. Doen so voort, Christine en mede-amptenary.
Annette van Tonder en al die Tuin Park bure skryf… Ons dierbare buurvrou, Hettie Carstens van Tuin Park, Piketberg, het op 11 September haar aardse tentwoning verlaat en na haar Ewige Tuiste verhuis. Die pragtige blombossie met pienk blomme, wat sy voor haar voordeur met soveel liefde en sorg vertroetel het, staan vol-in-die-blom. Net so mooi en kleurvol was haar lewe ook. Ons gaan haar vriendelikheid en grappies baie mis, maar gun haar die rus. Marius, ons bid vir jou en die familie krag en sterkte toe. Dankie vir wat jy vir jou ou Moeder end-uit gedoen het; dis ‘n voorbeeld vir ons almal. Mark 14:8 “Wat sy kon, het sy gedoen…” Sy sal met liefde en mooi herinneringe onthou word.
Bid vir ‘n Matriek Die “Bid spesifiek vir ‘n
Matriek” is ‘n dorps-projek waarby nege kerke op Piketberg
betrokke is. Bid saam vir die 222 matrieks.
Basaar op Redelinghuys Op 17 Oktober om 16:00
in die kerksaal Braaivleis, wors, hoender en Slaaie
R80 Volwassenes R40 Kinders o/12 EKSTRA *Chips
*Pannekoek *Basaar poedings
*Basaar tafel met koek, melktert, koeksisters, klein koekies, brode, ens.
*Groentetafel *Kinderstalletjie op grasperk met speletjies en
pakkies eetgoed - Springkasteel, Gesigverf, Haarsproei
*Perdry *Opveilartikels *Tee en Koffie
BONUS – WB RUGBY OP GROOT DOEK Uitstallers met interessante items
Kom geniet die middag/aand saam met ons Kontaknommer: Gerda Stroebel : 083 321 3124
Hande 'n Reeks foto's van die twee weke oue dingetjie....en ek ver-wonder my saam met sy ouma aan die handjies wat op elke foto 'n "ag-kyk-net-daar" reaksie by my uitlok. Hy wys, hy dink, hy bid, hy peins, hy luister, hy stem in......alles met sy handjies. Terwyl jy deur dié lywige
Piketberger blaai, geniet al die verhale wat hande vertel.......mense wat handskud en trou, hande wat saamstaan, help, bemoedig en lei, hande wat voorberei, mooimaak, regmaak en opruim, hande wat aanraak, koester, vashou en beskerm. Kyk op p4 na klein Leon se hande - ons wat Oupa Carel en Pa Carel ken, kan maar net wonder wat dié handjies eendag gaan doen. Onderaan dié kolom is 'n geleentheid om hande te vat in gebed. Só kan ek aangaan…..
Nicola Nasionale Wenner Nicola Coetzee, ons voorbladgesig van verlede maand se uitgawe is toe aangewys as die Nasionale Wenner van die Woolworths “Making The Difference Through Design” Ontwerp-kompetisie vir skole. Woolworths oorhandig binnekort haar prys aan haar en ons berig volgende maand daaroor.
Die volgende Piketberger verskyn op 29 Oktober 2015.
Berigte en advertensies moet ons bereik
teen 20 Oktober.
Stuur na: [email protected]
3
Mienie groet “Die Bank”
Mienie Scholtz van Nedbank het einde Augustus afgetree. Intussen neem Erika Bredenkamp waar as
Takbestuurder. Foto: Marietha Goosen
Dis bykans 'n maand sedert Mienie Scholtz op 31 Augus-tus as Takbestuurder van Nedbank op Piketberg afgetree het. Teen hierdie tyd is al haar kaste seker reggepak en die liassering van haar persoonlike sake gedoen. Mienie se laaste dag by "Die Bank" was soos om 'n getuigskrif te ontvang van kollegas en kliënte oor baie jare - boodskappe met goeie wense, maar veral ook boodskappe van erkenning vir alles wat sy oor jare vir mense beteken het. Dis 'n tyd van geliefd voel, waarskynlik omdat sy meer as net banksake hanteer het en ook in elkeen se lief en leed belang gestel het. Hoewel Mienie se jongmeisie droom was om 'n motor-werktuigkundige te word, was die geleentheid nie daar om haar droom uit te leef nie. Om sakgeld te verdien, het sy reeds op skool die tikwerk van 'n Joodse sakeman van Aliwal Noord, naby haar tuisdorp, Rouxville, gedoen. Hy was 'n belangrike skakel in haar loopbaan, aangesien sy deur hom 'n betrekking gekry het by Barclays Bank op Burgersdorp. Tot en met sy ag jaar gelede by Nedbank op Piketberg ingestap het, het sy gewerk by Eerste Nasionale Bank, Trustbank en weer 'n keer by Eerste Nasionaal, dié keer op Piketberg. Mienie se aftreeplanne is om 'n paar rekenaarkursusse te doen, haar motorfietslisensie te kry, haar ma op Kimber-ley te besoek, meer tyd met haar kleinseun te spandeer en vele ander dinge waarvoor daar nooit tyd was nie. Verseker gaan sy haar kliënte en kollegas vreeslik mis, want oor die jare het sy vasgegroei aan hulle. Van die voorgenome aftreeplanne het nog nie veel gerealiseer nie, want vir die afgelope maand, ná haar lewe by die (b)ank, is Mienie doenig met (b)emarking, (b)orduur-werk en (b)oeke vir Tokkie Henrico.
Winkel 022-913 2418
022-942 1787
Riana Smit 022-942 1787
082 921 1977
Nuwe Somersvoorraad
Beskikbaar
Pieter skitter by Prestige Aand
Die Kultuur-afdeling van PHS het skitter pres-tasies behaal by die Wes-Boland Prestige byeen-
koms. Hoërskool Piketberg
verower die skild vir Gekombi-
neerde Skole met die meeste
pryswenners, altesaam 27.
Pieter Bruwer, regs, Gr 6-leerder
ontvang die trofee vir die
deelnemer met die meeste
wenne, nl Poësie seuns huistaal;
Poetry boys additional language, Prosa huistaal;
Prose boys additional language, Unprepared Reading additional
language. Pieter se suster, Annette, inlas regs, het ‘n medalje ontvang vir
Poetry - Gr 4 English Additional Language.
Foto’s: Ilse Bruwer
4
Drie Generasies Van Niekerks
Leon van Niekerk, babaseun van Carel (Junior) en Leana van Niekerk en kleinseun van Carel (Senior) van Niekerk is gebore op 19 Augustus 2015 met 'n
gewig van 3.765kg en lengte van 51.5cm.
Foto: Leana van Niekerk
Die Parrs is nou ‘n Paar
Sean Parr, takbestuurder van MKB Moravia en Alta Kriel-Marais is op 12 September in die NG Kerk Piket-
berg getroud. Die onthaal was by Org de Rac. Foto: Ronél Henning
Liza Bonthuys is op 13 September gedoop. Hier is sy by ma Anneke Bonthuys, oumagrootjie Hannie van
der Westhuizen wat haar vashou en ouma Elma Louw. Foto verskaf
Vier geslagte bymekaar
Wêrelde Ontmoet
Chris-Fick van Niekerk en Jen Wu is op 11 September getroud. Hulle het mekaar in die Fillipyne ontmoet toe
beide van hulle daar met vakansie was. Tans is die twee woonagtig in San Francisco. Chris-Fick is die
seun van Michael en Sanet van Niekerk van Piketberg. Foto verskaf
5
6
Voldag huishulp benodig in Piketberg.
Geen rook en drink.
Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.
Gratis LAGDUIFIES
Kom haal gratis op Dinsdae by Proteastraat 6.
Kontak asb 084 589 1332
Betrekking Aangebied
Lenteaand met Bun Booyens
‘n Gesellige Lenteaand is gehou saam met Bun Booyens, middel, redakteur van Die Burger. Nico en
Mieta Basson, Marlien Smit, Voorsitter van die Vrouediens, Madelie en Paul
Burger, verskyn hier saam met hom. Foto: Johan Smit
Kook saam met Quentin Somer is alweer in ons midde en kosmaak is die laaste
ding op almal se gedagtes. Met ‘n vinnige slaai kan jy
nooit verkeerd gaan nie en die beste is vrugte en is altyd
‘n wenner in enige gereg.
Hoender, Aarbei en Mango Slaai
Slaaiblare Kersie tamaties Komkommer, gesny Worstels, in stokkies gesny Vars Mango’s in blokkies gesny Aarbeie in kwarte of heel Hoenderfillet Olie Sout en Peper
Metode Verhit ‘n pan met olie en braai die hoender fillet. Geur met sout, peper en vars lemoen-sap. Laat dit afkoel en sit eenkant. In ‘n mengbak meng die slaaiblare, tamaties, komkommer, wortels, mango’s en aarbeie saam. Voeg die hoender by en be-dien met ‘n slaaisous van u keuse. Sprinkel feta krummels oor die slaai vir meer geur. *Roket is baie goed om te gebruik in enige slaai vanweë die pepersmaak en dit gee die nodige elegansie aan enige geleentheid.
Seun Verjaar!
Seun Kitshoff, het soos
gewoonlik, sy verjaarsdag
by die Moutain
Creek Spur gevier.
7
Ons bied die volgende:
Stoffering van banke en stoele
Herstelwerk aan tente en seile
Maak van seil “canopies” vir bakkies
Motorsitplekke en motor- plafonne
Trekkersitplekke
Spesiale versoeke
Christo 083 399 7988 / 022 913 3326
Langstraat 59, Piketberg (oorkant Kaap Agri)
Die KANSA Jaar vergadering van die Suidelike Besigheids Eenheid (SBU- Oos-, Wes-, Suid- en
Noord-Kaap) was gehou op 3 September by die Ath-lone Gholfklub. Ina Janse van Rensburg, middel, het die Mariëtte Loots stigting toekenning ontvang. Dit is
‘n geweldige groot eer vir 'n KANSA vrywilliger om hierdie toekenning te ontvang. Nominasies van
regoor die land word jaarliks by die stigting ingedien. Dit bring vrywilligers en ook KANSA oor-winnaars na die voorgrond vir hul onbaatsugtige
diens vir hul medemens in hul onmiddellike omgewing. By haar is links, Lisna Hugo - Afdelings-
bestuurder: Dienste vir Kaap Metro en Weskus Streek en regs, Elize Joubert - Kansa Waarnemende Hoof -
Uitvoerende Bestuurder. Foto: Julie Jantjies
Groot Eer vir KANSA vrywilliger
8
Op die rakke van die Biblioteek
Volgende Leeskring 21 Oktober om 09:30
Die Aanspraak van Lewende Wesens
- Ingrid Winterbach bespreking deur Annelie Venter
Bespreking deur Marié Grobbelaar
MEDIESE PRAKTISYNS
Drs Smit & Morrison
Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG
7320
022-913 1172 alle ure / all hours
022 913 1907
Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri
Sat 08:00 - 13:00
MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters
en Ouditeure
DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800
Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële
state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW
opgawes by SAID Opstel van testamente
Labirint deur Chanette Paul
Labirint is ’n stewige spannings-roman van 540 bladsye en ondersoek die donker kant van die psige. Die ele-mente van spanning, romanse en misdaad voer jou mee op ’n leesreis met allerlei kinkels en draaie. Byna tot op die laaste bladsy is die skilder, Vasti de Leeuw, onseker oor wie sy kan vertrou. Chanette Paul het baie navorsing vir die boek gedoen. Die minostaurus-legende en die leeumanstorie speel ‘n belangrike rol in die boek. Die verhaal speel op Leeuwendrift en Bredellshoop, in die Overberg af. Vasti neem haar intrek in haar ouma se ou plaashuis langs die rivier nadat haar meenthuis by die Hartebeespoortdam geplunder is en ‘n hele besending skilderye in die slag gebly het. Alles op hierdie rustige Overbergse dorpie is beslis nie pluis nie: Huweliksmaats word uitgeruil, vroue verkul hul mans met ander vroue, ’n sielkundige, Stiaan Sonnekus, steek iets weg, ’n dokter, Dawid Benade, het ’n drankprobleem, ’n prokureur, Nicholl Stadler, het ’n onversadigbare vrou. En dan is daar Philip Falckman/Vis, ’n skreeulelike man met die mooiste ligblou oë, wie se ma “deur ’n otter geraps is” en tot wie Vasti aangetrokke voel. Die lewe het ’n paar liederlike draaie met Vasti geloop. Haar verhouding met haar pa was nie baie goed nie. Haar man, Dolf Verster, het haar verbaal getreiter en fisies aangerand. Alhoewel sy haar telefoonnommer vir niemand gegee het nie, het Dolf haar sewe jaar ná die egskeiding steeds oor die telefoon getreiter en was sy ’n totale senuwrak. Sewe mense sterf binne drie weke. Dolf word vermoor. Gail Stadler val in haar Jacuzzi. Heleen Benadé ver-ongeluk. Amelia Kirsten sterf oënskynlik aan ‘n hartaan-val. Flip Falckman val in die rivier en verdrink. Stiaan skiet Nicholl dood en daarna homself. Wie sit agter al hierdie gebeure of is dit maar per toeval dat almal binne drie weke sterf? Is daar net een moor-denaar of dalk meer? Runa Raubenheimer is Vasti se kunsagent en besit ‘n kunsgalery wat kommersiële skilderye verkoop. Hoe be-troubaar is sy? Aan die einde van die boek kry ons antwoorde op al hierdie vrae as Vis sy weergawe van die storie vertel en Runa die besonderhede invul. Ek kan die boek beslis aanbeveel. Die boek het wel baie bladsye, maar al die intriges behou jou aandag en boei jou tot op die einde. Daar is ook heelwat humor in die boek.
9
10
Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...
Hanlie Linde
Gister het ek nou vir die eerste keer vandat ek hier is soos ‘n regte egte Piketberger gevoel! Nou sien ek myself nie meer as ‘n inkommer nie. Ek was oppad terug op die N7 vanaf Vredendal waar ek ‘n appél-verhoor moes gaan doen vir Mat-zikama Munisipaliteit en het gestop by Ukholo Lodge langs die N7 vir iets om te eet. Terloops, dit is ‘n fantastiese plek net na die Marcuskraal-afdraai wat deur ‘n jong christen man ontwikkel is wat elkeen maar kan ondersteun. Die eienaar is Edmund Thompson en Ukholo beteken “geloof”. Hy het die plek uit niks uit opgebou oor die afgelope drie jaar en doen baie gemeenskapswerk en ontwikkelingswerk daar. Gaan loer gerus in. Ek was altyd nog net beïndruk met sy geloof, kookvermoëns en kreatiwiteit. En dit is uiters bekostigbaar. Hy het ‘n gastehuis en ‘n koffiewinkel. Toe ek daar stop is ‘n afgetrede egpaar besig om in te boek vir die nag en die oom sien my CBY nommerplaat en stap dadelik oor vir ‘n geselsie. Hy stel homself voor as “Jan Johannes Jacobus met ‘n c Coetzee met ‘n z” en gryp my regterhand vas in ‘n stewige handdruk. Hy is ge-bore op 12 Februarie 1935 op die plaas Sterkfontein op Piket Boberg. Sy pa is Dirk Johannes Jacobus Coetzee en sy ma is Hannie. Ek wonder in my stilligheid hoekom sy net een naam gekry het, maar sê niks. Oom Jan was in Sunnybrook Laerskool op die Berg wat later Du Preez Laerskool geword het en het sy hoërskool loopbaan begin by Piketberg Hoërskool in 1949. Hy het in 1951 in st. 8 by PHS die prys gekry vir die mees getroue student en het ‘n boekprys gewen: WA de Klerk se Die Wolke-maker. Hy vertel dat hy die boek talle male gelees het en som sommer gou vir my die inhoud op in drie minute. En so praat ek en Oom Jan en sy vrou Tannie Corrie ‘n hond uit ‘n bos uit. Hulle plaas Sterkfontein is later ver-koop aan Lambrechts-mense wat die naam verander het na iets wat ek nie meer in die nuwe SA hier mag skryf nie. Dit het later Aan’t Vliet geword. Oom Jan was ook 40 jaar in Plaaslike Bestuur en was die stadsekretaris van vele dorpe in Gauteng. Hy skerts dat hy nou behoort aan die AA klub: Aldag Af en Always Away. Hulle was verlede jaar terug op Piketberg en het die hele omgewing weer kom bekyk. Hy het ook goeie terugvoer oor die museum op Piketberg en die grootste lof vir die personeel wat hulle op die toer deur die museum geneem het. Die oom deel nog vele wyshede oor Munisipaliteite en die lewe oor die algemeen en net voor ek moet ry vra hy of ek die storie ken van Swak Piketberg swak! Ek wil so graag sy weergawe daarvan hoor dat ek myself dom hou en hy trek weg en vertel. Ek neem die hele stuk op video op en sal dit altyd koester. Wat ‘n aangename ontmoeting met lekker mense wat kom uit ‘n lekker plek. Oom Jan en Tannie Corrie stuur groete aan almal. Ek sal maar ‘n an-der keer weer Ukholo Lodge toe ry om te hoor hoe dit met Edmund gaan…
Hanlie Linde saam met Jan Johannes Jacobus Coetzee en Corrie Coetzee. (Sien artikel langsaan).
Foto verskaf
Judith Muna van Piketberg tree dees- dae op onder die verhoognaam, Jay Nesta May. Sy het in Augustus deel-geneem aan die Showville Talent-kompetisie en neem tans deel aan Worcester se Wes-tern Cape Star Search en Heart FM se Open Mic Jazz Competition. Besoek gerus haar facebook bladsy. Piketberg is baie trots op Judith wat haar eie musiek skryf en sing oor haar ervarings in die lewe. Kyk gerus
vanaf 7 November op SABC2 na die Showville episodes. Die Piketberger het ‘n ooreenkoms met Showville aangegaan om geen verdere inligting te verstrek aan-gaande Showville nie. - Red
Judith Muna Foto: Edó Photography
Judith Muna as Jay Nesta May
Baas Dag Vrydag
16 Oktober
Die Piketberger se Datums vir 2015
Berigte/Advertensie IN
20 Oktober 17 November
VERSKYN
29 Oktober 26 November
11
Die NG Kerk Gemeente van Velddrif het ‘n spesiale Gedenkdiens gehou ter nagedagtenis aan alle Polisie-manne en vroue wat aan diens gesterf het. Die Area-bevelvoerder van die SA Polisie, Kolonel J van Litsen-borgh, het op gepaste wyse die verrigtinge geopen. Ook by hierdie geleentheid het die Bergrivierkoor, onder leiding van Sherlock Fortuin en Alison Müller, tydens die diens opgetree. Alhoewel die koor by hierdie geleentheid heelwat kleiner as gewoonlik was, het die keuse van liedere en hul pragtige sang die gehoor verryk en die hele dag baie spesiaal gemaak. Die koor is ook bygestaan deur Celeste Bartley wat as solis opgetree het. Ds Van Schalkwyk en die gemeente van Velddrif het die Bergriv-ierkoor en lede van die SA Polisie uitgenooi om gesellig saam te verkeer na die diens. Die SA Polisie van die area, ondersteun die Berg-rivierkoor en onderskryf die missie van die koor. Na hul baie suksesvolle optredes in die VSA en in België, het die Bergrivierkoor reeds weer uitnodigings ontvang van or-ganisasies in Amerika en Europa.
Berig en foto’s: Petrusa de Koker
Bergrivierkoor op Velddrif
Lede van die Bergrivierkoor tree op in die NG Kerk Velddrif.
Na Bergrivierkoor se optrede is gesellig gekuier saam met die lede van die polisie en die Velddrif gemeente.
♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥ Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)
12
Tydens die amptelike ingebruikneming van 'n splinter-nuwe Steynville Primêr, het die skoolhoof, mnr Henry Bur-rows, 'n agtergrondskets gegee. Mnr Burrows is reeds vir 35 jaar verbonde aan Steynville Primêr. Die Piket-berger plaas dit net so:
In 2004, met die luisterryke geleentheid waartydens die skool sy nuwe sportkompleks in gebruik geneem het, het dr AC Booyse, 'n oud-leerder, na die inrigting verwys as "die skool wat nooit moes gewees het nie". Steynville Primêr is die produk van ons land se Apart-heidsgeskiedenis toe die Groepsgebiedewet die twee kerkskole, nl die NG-Sendingskool en die AME-Kerkskool, wat in die "dorp" geleë was, gedwing het om te amal-gameer. Die skool is opgerig sonder saalgeriewe, sport infrastruktuur, besoekersgeriewe of voorsiening vir vroeë-kindontwikkeling en tegnologiese hulpbronne. Die skool is in Julie 1968 in gebruik geneem . Die oor-spronklike gebou, opgerig uit vooraf vervaardigde hout-panele wat in 1968 vir 15 jaar gewaarborg is, bestaan uit 32 onderriglokale, 'n adminblok en toiletgeriewe. Die naam Steynville Primêre Skool, is gekies omdat die skool tussen die woonbuurte Steynsrust en Danville geleë was. Die eerste permanent aangestelde hoof was mnr LB Gor-don in 1969. Die leergang het gestrek van Subst A tot st 7 (Gr 1 tot Gr 9).met twee Aanpassingsklasse en 'n leerder-tal van 1300. Daar was 'n oggendskof en 'n middagskof. Ander skoolhoofde wat gevolg het, was mnre JJ Cloete en TJ Booys.
In 2000 is die twee Aanpassingsklasse deur die Skool-beheerliggaam (SBL) omskep in 'n rekenaarlokaal met 25 rekenaars deur die skool self aangekoop. In 2002 het Khanya toegetree en die rekenaarlokaal is uitgebrei tot 40
Steynville Primêr amptelik in gebruik geneem op 5 September 2015
rekenaars. Graad 1-7 het minstens een rekenaar periode per week. In 2002 is die stuk ongebruikte grond aan die oostekant van die skool mbv Bergrivier Munisipaliteit, ouers en 'n vrugteboer uit die omgewing, gelyk gestoot en omskep in 'n rugbyveld. In 2003 is aansoek by die Nasionale Lotery gedoen vir fondse waarmee 'n pawiljoen, kleedkamers en 'n klubhuis opgerig is. In 2008, na 'n aansienlike toename in leerdertal en die WKOD se verklaarde beleid om by alle primêre skole Gr R-klasse in te stel, is aansoek gedoen by die Direktoraat: Operasionele Ondersteuningdienste, vir die oprigting van vyf Gr R-klasse en twee Intermediêre Fase klasse. Die fondse toegeken, was nie voldoende om die boukoste te dek nie, maar mbv finansiële ondersteuning van PPC, kon die projek realiseer en het ons in 2010 met vyf staatgesubsidieerde Gr R-klasse begin. In 2009 het die skool ook sonder finansiële hulp van die WKOD 'n onge-bruikte kleedkamer omskep in 'n Eenheidsklas waarmee in 2010 met 10 leerders begin is.
In 2011 word aangekondig dat die WKOD Steynville Primêr se "Plankieskool" gaan vervang met 'n bak-steengebou. In 2014 is 'n mobiele skool met 40 onder-rigkamers, administratiewe kantore, stoorkamers, toi-letgeriewe en 'n kombuis op die rugbyveld opgerig. Die ou skool is na 47 jaar gesloop en daar is begin met die kon-struksie van die nuwe skool. Op 20 Julie 2015 is die nuwe skool betrek. Tans het ons 'n leerdertal van 1 426 van gr R tot gr 7 en 'n bronneklas. Die personeel bestaan uit 34 WKOD-besoldigde opvoeders, 5 gr R-praktisyns, 2 SBL-besoldigde opvoeders, 2 administratiewe klerke en 4 skoonmakers. Die skool speel 'n leidende rol op akademiese-, sport-, en kulturele gebied en het nog altyd sterk- en onbaatsugtige ondersteuning ontvang van ouers, die sakegemeenskap en vriende van die skool. Deur volgehoue harde werk deur opvoeders en leerders, poog ons om getrou te bly aan ons leuse: "Bekom Wysheid", sodat ons uitstaande akademici, sport- en kultuursterre van die toekoms kan oplewer in ons nuwe demokratiese Suid-Afrika waar ge-lyke geleenthede tot almal se beskikking is. Die Piketberger wens die hoof, personeel, leerders en ouers alles van die heel beste toe vir die toekoms. Ons sien daarna uit om alle prestasies van opvoeders en leerders van Steynville Primêr te plaas. -Red.
Die nuwe skoolgebou van voor.
Die Kringkantoor en Wes-Kaap Onderwysdeparte-ment amptenare, Jannie Beukes, direkteur Weskus
Onderwysdistrik, Anlerie Truter, Hoof Onderwyskun-dige : Kring 2, John Lyners, Adjunk Direkteur Gene-
raal 1 WKOD, Henry Burrows, Skoolbestuurder Steynville Primêr en Sanet van Niekerk, IBB Kring 2.
Die skoolsaal van buite. Foto’s: Elzanne Boshoff
“Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.”
- Nelson Mandela
13
14
Aurora Gemeente Nuus
Dr Francois Wessels, betrokke by die Bediening aan Jode en Ds Johan Jacobs van Aurora.
Foto: Jorina Brand
Die gemeente van Aurora het op 20 September besoek van dr Francois Wessels ontvang. In 1977 word hy as dosent in ‘Nuwe Testament en Sistematies Teologie’ by die Zomba Teologies Kollege op Nkhoma georden. Sedert 1983 bedien hy, saam met me Cecilia Burger, die evangelie aan die Jode in die Kaapse Skiereiland. In 1990 word ‘n onafhanklike Messiaans-Joodse ge-meente, Beit Ariel, gestig waarin Francois in die leierskap dien. Messiaanse Jode hou op ‘n Vrydagaand erediens uit respek vir hul Joodse tradisies. Na die diens eet gesinne saam. Kos en saameet is vir die Jode baie bel-angrik. Al die groot feeste word met kos gevier. Saterdag is die Jode se sabbat. Omdat gesinne vir die Jode baie belangrik is, word die Joodse christene nie altyd, soos vroeër, uit hul families verwerp nie. Om te verduidelik dat die soet en die suur uit die hand van die Here kom, het dr Wessels ‘n appel in wiggies gesny, dit saam met heuning op ‘n bord gesit en aan die gemeente laat uitdeel. Lidmate kon die stukkie appel in die heuning doop en dit dan eet, ‘n Joodse gebruik. Bediening aan die Jode is ‘n “vriendskapsbediening” waarin vertroue gewen word om die evangelie aan ons Joodse bure te bring. Alhoewel dr Wessels in Mei vanjaar sy emeritaat aanvaar het, bly hy steeds betrokke by die bediening aan die Jode. Berig deur Bessie Brand
Die Senior Burgers van Aurora NG Kerk gemeente is bederf met heerlike koek en tee na die diens, Sondag
13 September. Foto: Jorina Brand
HUIS AJ LIEBENBERG : VLEISMARK 2015
Elke resep het sekere bestanddele nodig om suksesvol te wees. As al die bestanddele daar is, moet die metode perfek wees om dit te laat slaag. Die hoof rede vir die sukses van ons Markdag is omdat die resep geskryf is deur OMGEE VRIENDE EN FAMILIE!! Emmers vol DANKIES en sakke vol van DANKBAARHEID aan een en elkeen van u wat behulpsaam was om ons resep te skryf. Ons het nog nie 'n finale bedrag nie, maar ons behoort na aan verlede jaar se bedrag van R120 000.00 te eindig! Ons sien uit na 'n splinternuwe resep vir volgende jaar wanneer ons Tehuis 'n bietjie van 'n „facelift“ gehad het – hou Die Piketberger dop !! Met groot dankbaarheid van die Beheerraad, Personeel en die Inwoners. M de Villiers Hoof
Vleismark groot sukses
Foto’s: Charles Gentle
15
Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens
vir kontant in die sak
Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie
Nou ook oop in
Porterville Jakkalskloofstraat
Kom besoek ons of skakel
Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)
en by ons is dit steeds
Beste prys oor en oor bewys!
16
20 Jaar Gelede — Oktober 1995
022-913 2646
Raak DSTV nou te duur vir jou?
Neem n DVD kontrak uit
en spaar!!!
25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00
Nog meer om uit te kies
Derick Hougaard (foto links) ‘n leerling aan Hoërskool Piket-berg, is vir die tweede agter-eenvolgende jaar verkies tot die Boland Tennisspan. Hulle het in PE teen die OP te staan gekom en ‘n goeie oorwinning behaal.
Tuinbou Nuus
Vanessa Beautement, links het ‘n Tuinbou-uitstappie gereël op Piket-Bo-Berg na die plaas van Mary Duncan, regs, wie se tuin prentjiemooi is. Mary se man, Rob, het die tuinboulede deur die verpakkingstoor van hul uitvoerblomme geneem en verduidelik hoe die blomme
verpak en behandel word voor-dat hulle oorsee gestuur word.
Foto’s verskaf
Die groep tuinboudames wat die "Cape Floral King-dom Expo" in Bredasdorp besoek het. Op die agter-grond is een van die fynbosuitstallings, met agter Micky Visser en Jackie Ferguson, en voor Katinka
Morrison, Vanessa Beautement en Elbeth Liebenberg. Trudie van Schalkwyk, ook 'n lid en die gasvrou by wie die groep gebly het, was ongelukkig
afwesig met die neem van die foto.
Elvida Marcus, wenner van die plaaswerker van
die jaar vir 2015 het aan die vergadering
gewys hoe die koppe van die
Leucospermum uitgebreek word om die blomtydperk te verleng tot wanneer
die blomme in aanvraag is op die
oorsese mark.
Die volgende vergadering van die Piketberg Blom- en Tuinbouklub is op 14 Oktober.
Hulle besoek Kirstenbosch. Indien enige nie-lede wil saamgaan kan hulle
Katinka Morrison kontak by 082 829 6918.
VOORBLAD: Captain Crime Stop land in Piketberg. Hy het al die junior klasse by Hoërskool Piketberg besoek. Hy het op ‘n eenvoudige en praktiese ma-nier vir die leerlinge geleer van persoonlike veiligheid asook die polisie se noodtelefoonnom-mer. Steynville se rugbyspanne het vanjaar geskiedenis ge-maak. Vir die eerste keer sedert sy bestaan het al die rugbyspanne onoorwonne in die Weskus-kompetisie geëindig.
Mnr W Samuels, geskiedenis-onderwyser by Steynville Sek-ondêr het die st 6’e op ‘n uitstappie na Kaapstad geneem. Historiese plekke is besoek en die kleinspan het hulle vergaap aan al die besienswaardighede. Nou weet hulle ten minste die Parade het nie ‘n dak op nie.
Tuinbou besoek Bo-Berg
17
1915 tot 2015
E-Pos: [email protected]
ACVV bederf Sekretaresses Die ACVV het op 2 September 2015 Nasionale Sekretaressedag gevier deur 60 Persoonlike Assistente en Sekretaresses te bederf by ‘n spoggeleentheid te Org de Rac Wynplaas. Belia Lourens, sangeres van Porter-ville wat landswyd optree en veral bekend is vir haar toonsetting van die Tsotsi gedigte geskryf deur Frans van Rensburg, het opgetree tydens die funksie en die dames bekoor met haar stem. Die Munisipale Bestuurder, Hanlie Linde, het as seremoniemeester opgetree in haar hoedanigheid as ACVV-lid van Piketberg. Dit was ‘n wonderlike oggend en die ACVV bedank graag elke werkgewer wat hul mense gestuur het, al die borge en al die vrywilligers wat hiervan so ‘n groot sukses ge-maak het. Volgende jaar maak ons weer so en probeer ons meer mense inpas om ook die waglys te akkom-modeer.
Belia Lourens (gaskunstenaar), Ina Kotze, Marietjie Visser en Marna Bredenkamp. Hulle was die ACVV-
lede wat verantwoordelik was om die reëlings vir die oggend te koördineer. Foto’s: Hanlie Linde
Borge Org de Rac
Praktika Salon Belinda/
Be Pretty Salon Sanet Dup Meubels
Oregon & More RNA-tydskrifte
SAD Fruit Lips
Kochelmanders Mrs Bean Coffee
Shop Monrose Hair
Design ACVV
Sit ‘n Rukkie Koffiewinkel
Miracle Magnesium Vrywilligers,
julle is TOPS!
18
Op Saterdag 5 September het Aurora weereens hul jaar-likse skou en Gymkhana-byeenkoms gehou. Vanjaar het nie minder as ses Springbok ruiters (drie Senior Spring-bokke en drie Junior Springbokke) en vier voormalige Springbok ruiters meegeding in die formele ruitersport kompetisie. Die beoordelaars en tellinghouers het seker gemaak dat al die ruiters by die streng reëls en gedrags-kodes hou sodat voldoen kan word aan Internasionale standaarde vir Gymkhana (ook bekend as “tent peg-ging”). Alhoewel Gymkhana reeds eeue lank onder berede soldate beoefen is, is die International Tent Peg-ging Federation (ITPF) slegs ‘n paar jaar gelede gestig, met 28 lidlande. Die eerste Gymkhana Wêreldbeker kom-petisie is in April 2014 in Barka, Oman gehou met nege lande wat vir die kompetisie gekwalifiseer het. Suid-Afrika het die eerste Gymkhana Wêreldbeker kompetisie gewen en is dus die eerste Gymkhana wêreldkampioene.
Aurora Skou en Gymkhana
Die senior span van Goudini Klub neem deel in die swaard kompetisie. Die ruiters is Johan Jordaan, Daniël Jordaan, Wim du Toit en Albert de Villiers.
Berig en foto: Petrusa de Koker
Plaaswerker Kompetisie
Wenner Beste Plaas – Hochland Farms. Vernon Bas-sett met al die wenners van die aand asook een
bestuurder.
Beste Plaaswerker van die jaar – Streekwenner : Alex
Shoko van Mouton’s Valley.
Foto regs: Plaaswerker van die jaar Streekskompetisie - Plaaswerker met die Beste
Potensiaal : Joram Simbarashe van Mouton’s
Valley.
Foto’s: Chantelle van Dyk
19
20
Wat sê die Woord?
Deur Pastoor Tjaart Olivier
Ek hoop ek sien jou weer. Ek hoop ek kry ‘n beter werk. Ek hoop ons wen die rugby. Ons gebruik daagliks die woord hoop, maar weet ons wat dit werklik beteken? In ’n gesprek tussen twee persone waar die woord hoop gebruik word, deel een
gewoonlik iets ongewoon of tragies wat met hulle gebeur het en dan is die standaard-antwoord: “Ek is jammer om te hoor. Ek hoop dit raak beter,” of “ek hoop dit werk uit.” Die waarde van die hoop wat ons van praat en die waarde van die hoop wat die Woord van praat is nie altyd dieselfde nie. Romeine 8:24 sê: “Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?” Hoop is om iets positief te kan sien. Volgens Paulus is hoop nie iets wat jy fisies kan sien nie, so hoe sien ‘n mens dit dan? Met jou hart. En om iets met jou hart te sien is om jou verbeelding te gebruik. Die hoop wat die Woord dus van praat is om ’n positiewe (Woord-gebaseerde, God se prentjie) verbeelding te hê – ‘n spesifieke verwagting van dit wat die Woord sê reeds joune is in Christus. Hoop is egter nie ‘n passiewe gebeurtenis nie – daar is ‘n verantwoordelikheid. Jy hou daardie hoop lewendig. Ons het laas keer oor die vernuwing van jou denke gesels – dat dit ‘n keuse is wat jy maak om jou gedagtes te ve-rander sodat jy oor jouself en jou omstandighede dink soos wat God daaroor dink en soos die Woord jou beskryf (Romeine 12:2). Hier is ‘n eenvoudige voorbeeld van hoe jou verbeelding werk: ons almal dink tot ‘n sekere mate in prentjies. As ek
vir jou sê: “dink aan ’n appel,” dan sien jy ’n prentjie van ’n appel. As ek sê: “dink aan ‘n rooi appel,” dan verander jou prentjie. As ek sê: “dink aan ’n rooi appel met ’n wurm in,” dan verander jou prentjie weer. Ek kan die prentjie wat jy sien verander met my woorde. Netso kan jy dit waarop jy hoop (jou prentjie van jouself, jou finansies, jou werksituasie of omstandighede by die huis) bestuur en verander deur die Woord. Die hoop wat die Woord van praat is nie daar vir ’n oomblik en dan is dit weg nie. Dit is ’n hoop wat konstant daar is totdat jy jou prentjie (jou hoop) in die werklikheid sien uitspeel het. God het vir elkeen van ons die vermoë gegee om met ons hart te sien - om ’n prentjie te skilder aan die binnekant. Wat is jy besig om te skilder? Neem tyd om saam met die Here die prentjie wat jy graag van jou lewe sal wil sien, te skilder. Dalk het jy genesing nodig? Watter prentjie skilder jy hiervan? Sien jy jouself as siek en het nodig om gesond te word, of sien jy jouself as die per-soon wat reeds deur Jesus genees is (1 Petrus 2:24) en wat die duiwel maar net probéér siek maak? Het jy voor-siening nodig? As jy eerlik is met jouself: watter prentjie het jy geskilder? Is dit ’n prentjie van armoede en vrees? Of is dit ’n prentjie van lewe en oorvloed? (Johannes 10:10; 2 Korinthiërs 8:9; 2 Petrus 1:3) Jy gee die prentjie wat jy in jou hart skilder krag wanneer jy geloof daarin sit. Die Woord sê geloof is ‘n vaste ver-troue waarmee ons hoop: “Die geloof dan is ’n vaste ver-troue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebreërs 11:1) Die prentjie wat jy skilder en dit waarvoor jy glo kan nie teenstrydig wees met mekaar nie. Ons is baie vinnig om te bid en vir die Here te sê wat ons nodig het, maar maak ons werklik tyd om ons verbeelding te gebruik vir dit wat ons wil sien. Begin skilder aan jou prentjie vandag. Werk aan jou hoop. Begin sien soos God sien en jy sal Goddelike re-sultate kry! Vir verdere studie: Jesaja 53:4-7; Jesaja 26:3; Mattheus 8:16-17; Mattheus 6:25-34; Filippense 4:19; Lukas 4:17-19; Johannes 1:5; 2 Korinthiërs 3:18; Romeine 15:4,13 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)
Langstraat, Piketberg 084 205 7900
Vars gebakte jaffels en pannekoek
Konfyte en gebottelde produkte Verskeidenheid beskuit
Skakel en Plaas u Bestelling.
U vra, ek voorsien. Ansie Maré
5 Oktober
Nasionale Oupa en
Ouma Dag
21
PIKETBERG
Splinternuwe Fusion FX-2 bergfietse nou op special
vir slegs R995
Tel. 022 913 1101
SPECIAL:
Merida big9 40D
R6 999
SL
EG
S
Piketberg Bonthuys Bicycles is die verskaffer van Nuwe Fietse, Fiets Toebehore en Herstel van fietse.
Ons het die volledige spesiale gereedskap om aan alle fietse te werk en ons tegnikus het 20 jaar se
Motorwerktuigkundige ondervinding. Vir die beste gehalte vakmanskap op fietse
en fiets skokbrekers.
Ons verskaf onder andere: Birzman, Hope, WTB, Sigma, Cateye, Ryder Produkte, Camelbak,
Maxxis, Michelin, Kenda, IXS, Bell, Parktool, Giro, Olympic, Fox Shocks, Rock Shocks, Fox clothing, Shimano, Shram en vele, vele meer.
22
PHS se Matriekafskeid - Maskerbal in New York
Arno van Deventer en sy metgesel, Lee-Ann Steyn.
Foto: Retha van Deventer
Benna van der Westhuizen en sy metgesel Delané Kotzé. Foto: Joniela Geldenhuys
Adam Barnard en sy metgesel, Suzaan van der Merwe. Foto: Vanessa de Villiers
Tinus Burger en sy metgesel, Anine de Jager.
Foto: Ferdinand Bruwer
Ester Smit en haar metgesel, Arno van der Merwe. Foto: Albert Smit
Marvin Peters en sy metgesel, Sarélle Klaase.
Foto: Elroy-Shawn Schoeman Foto links:
Jean-Marie Sadie en haar
metgesel, Jean-Pierre Burger.
Foto: Pieter Burger
Foto regs:
Louis Runkel en sy metgesel,
Melanie Basson. Foto:
Riekie Basson
23
PHS se Matriekafskeid - Maskerbal in New York
Delaine Wright en haar metgesel, Herbst van der
Merwe. Foto: Margaret Weideman
Jade Visagie en Carmen Petersen, albei in matriek,
Foto: Caylynn de la Cruz
Jandre de Witt en sy metgesel, Elske Pieters.
Foto: Edó Photography
piketberg mediese sentrum
Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)
Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)
Dr Bibi Werle (Sonar)
Ilse Bruwer (Spraakterapeut)
Merina de Waal (Dieetkundige)
Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017
Ma - Vry: 08h00 - 17h30
Sat: 08h00 - 13h00
Elzaan Trautman en haar metgesel, Henrico van
Litsenborgh. Foto: Lizelle Photography
Daniel Goosen en sy metgesel, Roné de Lange. Foto: Marietha Goosen
Wickus Bronkhorst en sy metgesel, Colene Brink.
Foto: Driekie Bronkhorst
24
Ruan Brand en sy metgesel, Thana Stephan. Foto: : Edó Photography
PHS se Matriekafskeid - Maskerbal in New York
Nina Cillié en haar metgesel, Ricardo de Villiers.
Foto: Margaret Weideman
Lee-Anne Prinsloo en Jan-Daniël Roux, albei in matriek.
Foto: Vanessa de Villiers
Jacques Joubert en sy metgesel, Cara van
Aswegen. Foto: Nichole Rich
Lize-Marie Carstens en haar metgesel Arno van Pletsen.
Foto: Lizelle Photography
Melcolm van der Merwe en Nuscha Nyl, albei in matriek. Foto: Soreen Gouws
Marike Koch en haar metgesel, TC Bindeman.
Foto: Soreen Gouws
Driaan van Wyk en sy metgesel, Lize-Marié
Engelbrecht. Foto: Erick Engelbrecht
Elzaan Lambrechts en haar metgesel, Tom Malan.
Foto: Jan Burger
25
PHS’ers by HSP se Matriekafskeid
Elf PHS’ers was metgeselle by Hoërskool Porterville se matriekafskeid. Agter is Daniel Goosen, Benna van der
Westhuizen, Adam Barnard en Mattheus Vorster, middel Carina Brand, Angelique de Villiers, Nicole
Dirks en Celest du Toit. Voor is Zohné Turner, Melissa Beck en Magdaleen Grundlingh.
Foto: Albé Theunissen
Oppad na HSP
Afskeid JH Smal en metgesel
Melissa Beck oppad na Hoër-
skool Porter-ville se matriek-
afskeid. Foto: Lizelle
Photography
Steynville Sekondêr
se Glansaand
Austin Donker-man en Chanté
Gallandt het Steynville
Sekondêr se matriekafskeid bygewoon op 6 Augustus.
Foto:
Soreen Gouws
26
Belastingbeplanning
‘n Dinamiese, Skeppende Proses
deur FJS Finansiële Dienste
Frikkie Strauss
Verlede maand se artikel oor belastingbeplanning het gehandel oor die noodsaaklikheid van goeie belasting-beplanning vir die wins-gewendheid van ‘n private onder-neming en om kapitaal in ‘n onderneming te behou vir die verdere uitbreiding daarvan. Hierdie artikel bevat enkele gedagtes oor die komponente van belastingbeplanning en die praktiese toepassing daarvan. ‘n Drieledige Proses Daar kan drie fases van belastingbeplanning onderskei word, naamlik strategiese-, taktiese- en reaktiewe beplanning. Strategiese beplanning In hierdie fase, die langtermynfase, moet daar besluit word wat die mees belasting-doeltreffende onder-nemingsvorm is waarin ‘n besigheid bedryf behoort te word, in ag genome natuurlik ander nie-belastings-oorwegings ook. Eenmansake, vennootskappe, beslote korporasies, maatskappye en trusts is die vernaamste opsies. Taktiese beplanning Taktiese belastingbeplanning word vir gegewe belasting-jare gedoen en is meer korttermyn van aard. Dit begin gewoonlik met ‘n bedryfsbegroting waaruit die potensiële bedryfswins van ‘n onderneming sal blyk. Dit dien as basis vir aangaan van kapitale verbeteringe, aankope van voertuie, implemente en toerusting, tydsberekening vir die realisering van inkomste en die aangaan van bedryfs-uitgawes en die gebruikmaking van statutêre aftrekkings soos uittree-annuïteite. Reaktiewe beplanning Reaktiewe belastingbeplanning vind plaas ná die belastingjaar verby is en bied baie minder beweegruimte, maar deur die optimale benutting van bestaande aftrekkings-geleenthede wat die belastingwet bied, kan daar nog steeds beduidende belasting-besparing bewerk word. ‘n Pro-Aktiewe Proses Die belastingbeplanningsproses wat FJS Finansiële Dienste volg is in die pro-aktiewe proses wat daarop gerig is om belastingrisiko’s vroegtydig te identifiseer en aan te spreek. Dit geskied binne die volgende raamwerk. Dis ‘n professionele proses. Dis gebaseer op ‘n bepaalde definisie van belasting wat in die vorm van ‘n algebraiëse vergelyking gegiet is en die strategiese doelwit daarmee is om die veranderlikes so te verander om die beste belastingresultaat as antwoord te kry. Dit is ‘n zero-gebaseerde proses. Daar word na ‘n onder-neming gekyk asof daar geen belastingstrategieë in plek is nie, ten einde te verseker dat alle beskikbare belastingbesparingsgeleenthede benut word. Daarvoor maak ons gebruik van ‘n belastingbeplanningsoudit. Dit is ‘n omvattende, gestruktureerde proses. Dit bestaan nie uit ad hoc belastingskemas nie, maar is ‘n fundamentele en sistematiese proses. Dis ‘n geïntegreerde proses. Alle belastings wat moontlik op ‘n kliënt van toepassing mag wees, word daarby betrek. Dit sluit onder andere inkomstebelasting, dividendebelasting en kapitaalwinsbelasting in.
Dit is ‘n verantwoordelike proses. Ons eksperimenteer nie met twyfelagtige belastingskemas nie. Persone wat meer inligting oor die belastingbeplanningsdienste van FJS FINANSIËLE DIENSTE verlang, kan ons skakel by 022 – 913 2391 / 082 493 3785 of ons web-tuiste besoek by www.waardeskepper.co.za.
Perdry is Terapie vir Siektes VLV-Nuus
Tydens die onlangse VLV-Gesondheid-ledevergadering, gehou op Donderdag, 17 September het Julia Valentyn van Porterville as gasspreker opgetree. Sy het kom vertel wat die waarde van perdry-terapie vir persone met enige siekte-ongesteldheid kan wees. Sy gee perdry-klasse in Porterville vir oud en jonk – mense getuig hoe hulle daarby baat. ‘n Geskikte perd moet vir elke persoon gekies word, wat by hom/haar sal pas. Van haar leerders neem al aan kompetisies en skoue deel. Dit is nie net goeie oefening nie, maar die hele liggaam en brein baat ook daarby asook ‘n persoon se selfver-troue en mooi regop houding is nog voordele daaraan verbonde.
Die volgende vergadering : Leefstyl – hoe om jou eie pasta te maak en baie lekker resepte is op die Agenda vir 15 Oktober. Die vergadering vind plaas in die Biblioteeksaal om 09h00 vir 09h30.
Almal is welkom – nie-lede R25 (teegeld) Navrae : Nicoline Brown - 0824770665
Carin Rossouw (Gesondheid Sameroeper), Julia Valentyn (Spreker) en Marizca Swart (nuwe lid).
Foto: Dinette Lochner
Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers
27
Foto’s: Marietha Goosen
28
Steynville Primêr ondersteun Loslitdag
Steynville Primêr se leerders het vanjaar ook
deelgeneem aan Loslitdag en vertrou dat
hulle bydrae 'n verskil sal maak in hierdie mense se
lewens. Die juffrouens het ook
volgens die tema aangetrek. Regs is
Wilna Davids, Nicoline Geswindt en
Elzanne Boshoff.
Foto’s: Elzanne Boshoff
Die Gr. R-3 leerders wat elkeen 'n sticker gekoop het en dit met trots gedra het.
Gr. 4-7 leerders met hul stickers wat hulle gekoop het.
Steynville Primêr se Eenheidsklas by hul juffrou, Yolandie Wessels en klasassistent, Serelda Brink.
Pienk Lap vir Kansa Piketberg wil graag weer die dorp met
PIENK LAP toedraai! Sien die plakkaat hieronder vir bestellings – ons beplan om van einde September weer te begin toedraai. Op DONDERDAG, 1 OKTOBER, sal daar ‘n pienk stalletjie by Boland Superspar wees waar pakkies mate-riaal van 2 meter vir R50 te koop aangebied gaan word. Indien u ‘n EFT-betaling direk in die bank wil doen is die besonderhede dieselfde as verlede jaar. Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Hoërskool Piketberg, Absa Bank, Piketberg, takkode 334-211, Tjekrekeningnommer 1180620024. Verwysing: Persoon/Mpy/Besigheid + Lap
Beesbiltong R180,00 per kg Koedoe droëwors R200,00 per kg
Maalvleis R55,00 per kg
Skakel Nellis 083 441 4032
Te Koop
29
30
Ererol vir Adriana
Adriana Visser
het Lof (97%)
behaal vir
gr 5 Trinity
Sangeksamen.
Met hierdie
prestasie is haar
naam op die
Ererol geplaas.
Foto’s:
Marietha Goosen
Klavierleerders presteer uitstekend
Alison Müller se klavierleerders het uitstekende pres-tasies behaal by die Wes-Boland Eisteddfod: Van links na regs is Johan du Toit (Solo A en B Brons en Goud),
Zana Vorster (Solo A en B Silwer en Goud), Levona Rob-erts (Solo A en B 2xGoud en Cum Laude vir Trio), Shan-da Whitfield (Solo A en B Silwer en Goud en Cum Laude
vir Trio), Jade Wilson (Solo A en B 2xGoud), Diané Ungerer (Konsertprogram Cum Laude en 3xGoud) en
Harry Roux (Konsertprogram Cum Laude en 3xGoud en Cum Laude vir Trio).
Blokfluitspelers
Individuele blokfluit spelers het pragprestasies behaal met Goud (G) en Cum Laude (CL): Agter is Nikitha Booys (CL), Helana Rossouw (G), Natasha
Botha (G), Willem Wiggens (CL), Ciara Lintnaar (G) en voor Dayle Julius (CL), Rénay Esau (G), Komien van der Westhuizen, Suné Pickard (G) en Marsha Otto
(G). Adriana Visser (G) was afwesig weens 'n besering.
By die Wes-Boland Eisteddfod het die Blokfluit Ensemble olv Komien van der Westhuizen Goud en Silwer verwerf: Agter is Daniël Brand, Hughen Esau, Henri van der Westhuizen, Willem Wiggens en voor
by Komien is Christine van die Merwe en Andrea Visser. Foto’s: Marietha Goosen
Hierdie blokfluitleerlinge van Komien van der Westhuizen het by die Wes-Boland Eisteddfod
medaljes ontvang as pryswenners vir beste in hul kategorie in die Wes-Boland. Adriana Visser, heel
links en Willem Wiggins, heel regs, (beste blokfluit-duet - hoërskole), Nikitha Booys (beste solo-speler -
laerskool) en Dayle Julius (beste solo-speler - grondslagfase). Foto: Alta Nelson
31
Kix praat Sjona
Gr 3(dV) met die Sjona sin "Mwari wakanaka" wat beteken "God is goed", "God is good". Kix samel geld in vir kategese materiaal vir Morgenster in
Zimbabwe.
Gr 5B-dogters het twee sinne voltooi: "Kura pakuten-da" wat beteken "Groei in geloof" en "Kura pakuziva
Jesu" wat beteken "Groei in kennis van Jesus". Foto’s: Marietha Goosen
Siphenkosi
Protection Services
Your security Our priority
Now in Piketberg (behind Rangers)
Psira 2409406
Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control.
Contact for free
Email: [email protected]
Phone: 022 913 1128 Cell: 062 286 9583
We’re looking for
our Class of 2016… What’s cooking at Ikusasa? In 2010 the first batch of eager Ikusasa students kicked off their year of culinary training at the newly established Ikusasa School of Cooking. The School is a joint project of St. Martin’s Diocesan Home for Children, Chaine Des Rotisseurs Foundation Trust, The International Hotel School and many other partners and sponsors. Ikusasa’s aim is to provide the opportunity of studying an accredited culinary course to young men and women who would normally not have this kind of opportunity available to them. Children from Children’s Homes or Children from the community whose families would battle financially to put their children into a regular cookery School are the Schools prime candidates. Ikusasa also caters to those that have battled academically in mainstream schools, with the course being largely practical. Course details: IHS Basic Cooking Skills Course; First Aid Course; Food Safety Course; City & Guilds – Certi-ficate in Food Pre- paration and Cooking IVQ : 8065-01 Please note: Since the course is in English, it is necessary for candi-dates to be reasonably good in reading, writing and un-derstanding English. There is limited accommodation available at a fee at the Riebeek Valley Special School for candidates living far from Ikusasa.
Phone 022-461-2369 for application form
Your security Our priority
32
PHS se Laerskool VRL hou Oupa en Ouma Lente-Tee
Op 'n reënerige Maandag het die Laerskool VRL van PHS hul oupas en oumas bederf met 'n heerlike lente-tee waartydens die Laerskool Koor en die Gr 6 en 7 spreekkoor opgetree
het. Hulle het ook geluister na twee blokfluit uitvoerings. Daar was ook voordrag deur leer-
ders vanaf graad R tot 7. Die oupas en oumas is verder bederf deurdat elkeen 'n bossie proteas
persent gekry het na 'n lekker saamkuier-oggend met warm tee en verversings.
Foto’s: Alta Nelson
33
34
Saterdag, 15 Augustus het die Weskus distriks-uitdunne plaasgevind by De Hoek, Piketberg.
REACH gimnaste het uitstekend gevaar in onderskeie "levels" en ouderdomme.
Agter Nicole Steyn, Christine van der Merwe, Jané Eksteen en Petra Dippenaar. 2de ry: Marelize Crous,
Shanda Whitfield, Mílah Baard, Pamela Booys, Sumari Hanekom en Elné Burger. 3de ry: Jade Wilson, Madelein van Zyl en Renate Coetzee.
Voor Lise Bruwer, Alex Ince, Lené Nelson, Lana Boys en Leigh Wall. Afwesig: Zhara Kotze, Zoey Boys en
Kehara Human. Foto: Chrisna Baard
Die Wes-Kaap uitdunne het plaasgevind op 4-5 September 2015 in Wynberg. Gimnaste vanaf vlak 4 en op kan kwalifiseer om aan SA's deel te neem. Alle kostes is vir die gimnas se rekening en verskeie fondsinsamelings projekte is deur die klub aange-bied. Graag wil ons die publiek, vriende en families bedank wat tot dusver die klub ondersteun het. Die uitslae van die 11 REACH ritmiese gimnaste wat die Wes-Kaap span by die SA Gym Games (sien voor-blad) gaan verteenwoordig is as volg: Jané Eksteen (o/15 2de plek v7 Silwer), Christine v/d Merwe (o/15 5de plek v7), Elné Burger (o/11 6de plek v5), Nicole Steyn (o/13 3de plek v7 Brons), Shanda Whitfield (O/15 1ste plek v7 Goud), Renate Coetzee (o/11 3de plek v5 Brons), Pamela Booys (o/11 1ste plek v5 Goud), Su-Mari Hanekom (o/11 2de plek v5 Silwer), Mílah Baard (o/15 1ste plek v7 Goud), Lené Nelson (o/9 3de plek v4 Brons) en Jade Wilson (o/11 2de plek v6 Silwer). Groep deelname beide junior en senior groepe het ook deelgeneem en 1ste plek Goud ontvang. Junior groep: Su-Mari Hanekom, Pamela Booys, Elné Burger en Renate Coetzee; Senior groep: Nicole Steyn, Mílah Baard, Shanda Whitfield, Jade Wilson, Jané Eksteen en Christine van der Merwe.
Wes-Kaap Uitslae
REACH te Perd na SA’s Reach ritmiese gimnaste en hul ouers is fluks besig om geld in te samel vir hul deelname aan die jaarlikse SA Gym Games te Johannesburg. Een van hierdie insamel-ingsprojekte, was ‘n “Cowboy” dansgeleentheid te PPC De Hoek op 12 September 2015. Die aand was ‘n groot sukses en het afgeskop met ‘n lyndans van die gimnaste. Die gaste het gou begin deelneem aan die geselligheid en kort voor lank het die voete, arms en lywe begin draai en swaai soos wafferse “cowboys” van ouds. Deurentyd was daar geleentheid gebied aan gaste om die foto-hoekie te besoek, opge-maak met sale, bale en genoeg items om die agtergrond te skets. Buiten vir Jaco Crous wat sy tande verloor het in die geveg om bo-op die saal te bly terwyl hy die perd tem, was daar geen ander voorvalle nie. Die alombekende Rooiwinkel (Hanique Handelaars) het die gaste van heerlike hamburgers en skyfies voorsien en daarna, onder leiding van Riaan Carstens, het ‘n veiling van formaat begin. Dit was ‘n taai stryd en Riaan se fyn oë het nie een beweging misgekyk nie. Met items uit die boonste rakke het die bieërs mekaar goed die stryd aangesê. Die bodpryse het gegaan aan Toeloet Nelson, Etienne Botes, Petri Smith, Tinus Joubert en Willie Wiese. Baie dankie vir jul ondersteuning. Sonder die Piketberg gemeenskap, familie, vriende en natuurlik die waardevolle bydraes van die gimnastiek af-rigter Tina van Lill en die ouers, sou dit nooit moontlik kon wees om oor die R22 145 te kon insamel vir die aand. Dit was voorwaar ‘n suksesvolle spanpoging. Namens die Reach gimnaste wil ons ook ons innige dank uitspreek teenoor die volgende persone en besighede: Gimnas Ouers, Rooiwinkel (Hanique Handelaars), Voy-ager Sound Inc (Marcél Fourie), Winkelshoek, PPC De Hoek Recreation Club en hul vriendelike personeel, Ri-aan Carstens, Etienne Botes, Christie Nelson, Johan Steyn, Petri Smith, Thinus Joubert en Willie Nieuwoudt (Uitsig Plaas) asook die getroue ondersteuning van Piket-berg inwoners en omgewing.
Berig en foto’s: Karen Steyn
REACH gim uitslae
PHS Gholfdag
17 Oktober
35
Marulaboom kom kuier by
Potbelly Restaurant
Vrydag 30 Oktober
2015 vanaf 20:00
Kaartjies R120 per persoon Kontantkroeg en Teaterspyskaart beskikbaar.
Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 3nm tot 10nm en Kroeg 3nm tot laat
Sondae gesluit
Pierre & Anzel Coetzer 084 296 2670
Specials VIR DAMES: en enige Medium Pizza vir slegs R100 Vrydae en Saterdae: Big Screen Rugby. Springbokkie Shooters R10 Dubbel Klipdrift en Coke R25
36
PHS se laerskoolleerders het deelgeneem aan die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Wiskunde in
Aksie. Vier leerders is onder die top 30 presteerders in die Wes-Kaap. Hulle is Nico Blanckenberg, Renay
Esau, Angus Duncan en John-Elize Runba. Foto: Sanet Ackermann
Wiskunde in Aksie Plofstof - ATKV jeugtak Nuwe Bestuur
Van Wyk Saayman, Ané Nelson (ondervoorsitter), Matthew Luyt, Louwrens Laing, Aerin Kotzee
(Voorsitter) en Liana Prins. Afwesig: Letjé Burger en Carla O'Connell
Foto: Sanet Ackermann
Netbalklub wen ligas
Piketberg Netbalklub bring weer liga bekers huis toe. Beide die A- en B-span was liga wenners in hul ver-skillende afdelings. A-span is liga wenners van die A2-liga en die B-span liga wenners van die C2-liga.
Nadine Isaacs is gekies vir beste Vedediger in A2 en Candre Lesh vir beste verdediger in C2. (Sien foto’s
heel onder). Die spanne is: Voorsitter – Petra Isaacs A Span – Jani De Villiers (Kaptein), Nadine Isaacs, Emeline Davids, Nelda Van Zyl, Elserine Schutte
(Klub Afrigter), Maryke Visser en Enanda Haasbroek. B Span – Charne Young (Kaptein), Chandre Lesch,
Ronalda Laing, Isabelle Smit, Jo-anne Smit, Sammy–Jo Isaacs, Janique Lombard, Sally Swarts en
Tarren Swartz. (Die name is nie in ooreenstemming met die foto nie).
Chandre Lesch Nadine Isaacs
5 Oktober is Wêreld Onderwysersdag
Kom ons elkeen bewys ons dankbaarheid en waardering aan hierdie ongelooflike mense in ons
kinders se lewens vir die fantastiese werk en opoffering wat hulle doen!
37
Zebras nou Sharks
Oud PHS’ers hou steeds Piketberg se naam “oppi map”. Christie van der Merwe (links) en Erich
Kankowski (regs) was PHS klasmaats en Witskip Eerste Rugby-spanmaats en het saam gematrikuleer in 2014. Hulle is nou huismaats en steeds rugbyspan
maats – dié keer albei as gekontrakteerde o/19 Sharks spelers. Die foto is geneem ná die wedstryd by Nelson Mandela Stadion in Port Elizabeth op 29
Augustus waar hulle saam uitgedraf het vir die o/19-Curriebeker span.
Foto: Juanita van der Merwe
Leaney Beste Afrigter
Leaney Barnard is aangewys as Afrigter van die Jaar van
Hoërskool DF Malan se o/16A- en B-Netbalspanne. Die o/16 A-span is ook aangewys as die mees belowende span. Leaney rig ook die WP o/16
spanne af. Foto verskaf
Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere
Professioneel 50jr Ondervinding
Alle Areas
Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276
Arno van Deventer met Evelyn Klaase van Liebco Vleis-
handelaars. Foto: Retha van Deventer
Lootjie Wenner
Baie dankie Liebco Vleishandelaars
(Jacobus Liebenberg) wat ‘n
geskenkpak bewillig het vir
Arno van Deventer se fondsinsameling vir die Tony Stoops
rugbytoer na Ier-land. Martin Saay-
man was die geluk-kige wenner daar-van. Arno bedank elkeen wat hom ondersteun het.
Vier PHS'ers saam met Tony Stoops na Ierland
Vier o/19-rugbyspelers van PHS is gekies vir die Tony Stoops span wat op 28 September na Ierland
vertrek. Hulle is Dewald Kirsten, Arno van Deventer, Jan-Daniël Roux en Benna van der Westhuizen.
Foto: Marietha Goosen
Vernelle Spelling Bee
Vernelle van Zyl, 'n gr 6-leerder van PHS het gedurende die provin-siale Spelling Bee die
vierde rondte gehaal. Op daardie
stadium was meer as die helfte van die 33
distrikswenners reeds uitgeskakel.
Foto: Alta Nelson
38
Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320
Tel. 022 913 1600 022 913 2075
Moenie dat die lente
bloeisels jou onder kry
nie. Kom kry verligting vir jou allergie
by ons.
Boland vir Khirwin
Khirwin Erasmus, leerder by Goedverwacht Primêr, is opgeneem in die Boland o/12 rugbyspan wat vanaf
1 - 3 Oktober aan ‘n toernooi op Riversdal deelneem. Khirwin is die eerste leerder van Goedverwacht
Primêr wat in ‘n Bolandspan opgeneem is, na sy ma, Charlene Erasmus se opname in 1995 in die Boland Netbalspan. Khirwin se oupa, William Erasmus, was 34jaar in diens, eers by Steynville Primêr en daarna
by Goedverwacht Primêr. Sien foto hieronder.
Khirwin Erasmus saam met sy oupa, William Erasmus en sy ma, Charlene Erasmus.
Foto’s verskaf
Die volgende Piketberger verskyn op 29 Oktober 2015.
Berigte en advertensies moet
ons bereik teen 20 Oktober.
Stuur na: [email protected]
39
Wêreldbeker Kompetisie by Total Winkelshoek
Koop een van die volgende promosie kombinasies en staan ‘n kans om te wen.
2 x 125g Simba chips R22.00 1 x 2lt Coca Cola &1 x 80g Cadbury R27.00 1 x 330ml Appeltiser & 1 x Jungle Bar R15.00 1 x 330ml Liqui-Fruit Prisma pack & 1 x 36g Willards Chips R12.00 2 x 500ml Coca Cola R17.00 2 x 500ml Powerade R18.00 Ontvang ‘n “scratch card” en staan ‘n kans om onmiddellik ‘n prys te wen (Rugbybal, SA Cap, Taki’s snack pack).
Indien jy nie ‘n gelukkige wenner is nie, kan jy nog steeds ‘n kans staan om ‘n Curved Samsung 48” TV of Rugbytrui te wen. SMS jou naam, van en unieke “till” strokienommer na
45205. Om jou kanse te verbeter, maak jou Facebook status, “I want to win with #TotalHomeTeam”,
of tweet dit.
40
Piket-Bo-Berg Cycle Challenge
Eswé Visagie van Nexus, tweede van regs, het die span van PHS geborg. Hier is die manne na die Piket-Bo-Berg MTB Cycle Challenge afgeneem: Christof Smith, Jac Goosen, Harry Roux, Schalk
Mouton en Schalk Visagie.
Corné Smith, Bendert Smit, Barend Smit, Phillip Veldhoen en Joubert van der Merwe.
Sakkie du Toit, Riaan Koch en Peet Myburgh.
Steynville se span : Cyril Kyster, Riaan Britz, Matthew
Toontjies, Diaan Kasper, Bradley Klaasen, Morden
Benjamin.
Hanlie Linde en vriende.
Lynne Liebenberg, Karen Laus-
berg, Komien van der
Westhuizen en Salomie
Pieters het deelgeneem aan die 16km padwedloop.
Foto’s: Martin en Marietha
Goosen
Ockie Coetzee
Phillip Jankielsohn, Casey Bryant en Robert
Jankielsohn.
41
Marietha Goosen aan die einde van die 8km stap.
MTB Cheerladies
Die Piketberg Uitdaag
Berig en foto’s: Anelle Vercuiel
Op Saterdag, 29 Augustus het die Piketberg Landbou en Industriële Tentoonstelling Genootskap (Skou Genootskap), die eerste Piketberg Uitdaag aangebied. Die dag is gereël met die doel om aan te kondig dat die Skou Genootskap nuwe gronde bekom het. Die Skou Genootskap is reeds ‘n geruime tyd besig om te onder-handel met die Munisipaliteit ivm die ou skougronde. Dit behels ‘n ruiltransaksie waarin die Munisipaliteit die ou skougronde oorneem vir verdere uitbreiding en ontwikke-ling en ‘n nuwe stuk grond buite die dorp aan die ge-nootskap gee. Die dag het bestaan uit ‘n Bakkie-roete Uitdaag, waarin spanne van 2-4 persone per voertuig ‘n vraestel en verskeie aktiwiteite op ‘n roete moes voltooi om punte te werf vir pryse. Aktiwiteite het ingesluit kettie-skiet, gewig-skat, paalloop, bal-en-emmer en klei-duif-skiet. Dit moes ook binne ‘n sekere tyd voltooi word. By Org de Rac (hoofborg) was ‘n Mini-roete Uitdaag met ‘n korter vraestel en soortgelyke aktiwiteite, vir afsonder-like pryse. Daar was ook ‘n 1km en 2.5km Lenteloop wat met honde gestap kon word, sjokolade-en-wyn proe, ‘n springkasteel en worsrolletjies vir kinders.
Die wenspanne van die Bakkie-Uitdaag was as volg: 1ste Plek: Four Cousins (Conrad Basson, Etienne Bo-tes, Pieter Eksteen, Eben Burger) 2de Plek: Burgersvlei (Pierretjies Visser, Jan-Hendrik Visser, Stiaan Liebenberg, Adel Liebenberg) 3de Plek: Kwagga Komando (Hans Burger, André Ken-nedy, Louis Viviers) Die Skou Genootskap bedank graag al die borge wat bygedra het tot die dag se sukses. Veral dank aan Cindy en Nelda van Org de Rac vir al hul harde werk en ook aan die volgendes, hetsy in die vorm van pryse, kontant, uitstallings of aktiwiteite: Kaap Agri, Andrag Agrico, A-Z Supplies, Overberg Agri/MKB, Weskus Meganisasie, GM Perdeberg Motors, Pot-belly Restaurant, Midas, Boland SuperSpar, Liebco Vleishandelaars, Nexus 24 (Eswé Visagie), Dunlop Piket-berg Bande, Trentyre Moorreesburg, CPM Landboudi-enste, Eben Burger (Nulandis/Omnia), Piketberg Drukkers, Build-it/Fox Electro, Keya Skoonheidsalon (René Langeveld), Kobus Boonzaaier (Wenkem), N7 Bande, Nitrophoska (Kowie Carstens) en HG Molenaar.
Soreen en Tinus Gouws Foto’s: Martin en Marietha Goosen
Ná die Bakkie- en Mini-roete Uitdaag, het al die deel-nemers ‘n ete, wynproe en verversings geniet met lekker musiek en die dag afgesluit met die prysuitdeling. Almal het dit vreeslik geniet en die Skou Genootskap hoop om volgende jaar weer ‘n Uitdaag aan te bied en meer lede van die gemeenskap te betrek.
More Piket-Bo-Berg Mountain Bike Challenge supporters
42
Praise Kids Creche bou
Kleine Klitsies Bewaar-skool hou ‘n braai
Praise Kids Creche het op 29 Augustus etes
verkoop ten bate van hulle boufonds. Boland Superspar het hand bygesit deur hulle te
voorsien van die maalvleis vir die frikkadelle wat te koop was. Marietjie Pedro oorhandig
die maalvleis.
Kleine Klitsies Bewaarskool het op 12 September ‘n braai gehou om fondse in te samel vir die skooltjie. Boland Superspar het tot die braai bygedra deur middel van worsrolletjies. Hester Hagen
oorhandig hier die worsrolletjies aan Maritza Maschilla.
Steynville Primêr hou
modeparade
Steynville Sekondêr Rugbytoer
Steynville Primêr het op 11 September ‘n
modeparade gehou om fondse in te samel vir die skool. Die aand was ‘n groot sukses.
Boland Superspar het die geleentheid onder-steun deur worsrolletjies te skenk. Hier oor-
handig Santie van der Berg die skenking aan
Bonita Roman.
Steynville Sekondêr het hulle jaarlikse toer op 28 Augustus gedoen,
dié jaar na die Noord-Kaap. Die manne was baie opgewonde aangesien dit baie van hulle se eerste keer in die Noord-Kaap was.
Ongelukkig het die telbord nie saam gespeel nie en het hulle verloor. Boland Superspar het die toer ondersteun deur die spelers met ontbyt
te voorsien.
43
Boland Superspar wil net baie geluk sê aan Arend wat ons Pork Carnival wenner is. Hy het ‘n koopbewys ter
waarde van R500 gewen. Sally Dietrich (Slaghuis spanleier) oorhandig sy prys aan hom.
Pork Carnival Wenner
PHS Gholfdag
Die Piketberg Challenge
NG Kerk hou Lenteaand
Op 29 Augustus
het Piketberg Skou die Piket-
berg Challenge gehou. Dit was
‘n dag vol
avontuur met 4x4 roetes, klei-
duif en vele meer. Boland
Superspar het ‘n bydrae in die
vorm van wors-
rolletjies ens gegee.
Op 3 September het Bun Booysen, Redakteur van Die
Burger, die Vrouediens toegespreek by hulle Lenteaand. Volgens die vroue was die aand ‘n groot sukses. Boland
Superspar het bygedra in die vorm van brood vir die broodtafel.
44
To receive SPAR Rewards, simply shop at BOLAND SUPERSPAR!
Use your cell phone for the once off registration and we will send you your new SPAR Rewards Product Coupons via SMS, every 2
weeks. Easy!
You will receive 10 discount coupons per product.
BOLAND SUPERSPAR Piket-Bo-Berg Cycle 2015 Challenge Reuse Sukses
Die BOLAND SUPERSPAR Piket-Bo-Berg Bergfiets en Draf
uitdaging was vanjaar ’n reuse sukses. Die geleentheid het vanjaar net duskant 600 deelnemers gelok na Piket-
berg. Hierdie geleentheid word jaarliks aangebied deur die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging as fondsinsamel-
ingsprojek. Johann Rabie het die 63km afstand gewen
met ‘n rekordtyd van 3:05, Jarrod van der Heever tweede en Sipho Madolo derde. In die dames kategorie het Katie
Lennard die 63km gewen met ‘n rekord tyd van 3:54, met
Ila Stow tweede, en Judy Scheepers derde. Bergrivier se
Munisipale Bestuurder, Adv. Hanlie Linde het pryse ter waarde van R5 000 geskenk vir die wenners in die ont-
wikkelingspan en Univeg het ‘n Korporatiewe Span in-geskryf. Hul inskrywing het dit moontlik gemaak om
fondse te allokeer tot die aankoop van skryfbehoeftes vir
die 2016 Gr1-klas van Stawelklip. Piketberg Hoërskool het ook vir die opeenvolgende jaar die Nexus Skooluitdaging
gewen. Besoek www.piketbobergcyclechallenge.com vir meer inligting.