die pad vorentoe - ng kerk durbanville-bergsig...2020/11/15  · kersfees is een van die beste tye...

6
15 November 2020 Die pad vorentoe ... Elke jaar na Pinkster tot en met Advent beleef die kerk n GEWONEtyd. GEWONE maar nie dié jaar nie!!! 2020 is buitege- woon VREEMD. Iemand sê nou die dag dat daar n letseltjie op haar siel sit na die jaar en sy kan dit net nie pinpointnie. Die kerk was vir ses maande gesluit, maar al die Ge- meente kon aanlyn kerk beleef en dit voel nie die- selfde vir haar nie! Die gelowige VIER die gewone tydperk met n ander woord naamlik: KONINKRYKSTYD dit is die tydperk wat ons die DRIE-ENIGE GOD (Skepper, Verlosser/ Bevryder en Trooster) se HEERSKAPPY op aarde vier. Ons kry RUIMTE en VRY- HEID om in die gewone tyd Sy heerskappy te inte- greer met die alledaagse, gewone lewe wat ons hier beleef. In elke faset van ons lewe moet die heer- skappy van die KONING sigbaar wees. Ons kry ook die taak om God se aardse Koninkryk te bestuur en op te pas. Met dankbaarheid vervul ons dus die Koninkryks- taak. Wat behels die taak? Om as een van Sy Ko- ninkrykbestuurders jou lewe, tyd, talente, ver- moëns, besittings, finan- sies en verkondiging van evangelie verant- woordelik te bestuur. Tradisioneel sou Bergsig n mikpunt daarstel as deel van ons Koninkryks- insameling (Okt. - Febr.) van ongeveer R750 000. Hierdie jaar toon ons Kon- inkryksinkomste slegs R95 000 tot op datum. Die insameling is waar lidmate die Here dank met n offer sodat Sy werk op aarde kan voortgaan. Ons noem dit SAAI in die Ko- ninkryk. Ons het dit ook al voorheen tiendemaand, dankbaarheidsmaand rentmeesterskap-program genoem. MAAR wat sal ons dit rondom die braaivleisvuur noem? Regte fancykerk- terme sal nie daar werk nie. Nee, want mense gaan frons en wonder wat se hoë taal gebruik dit is. In eenvoudige taal vra die Here dat ons n verskil in die wêreld moet maak. Dit sluit alle lewensfasette 22 November 2020, KONINKRYKSTYD 09:00 Familiediens (kerk) ook op YouTube Ds. Johan Els 18:00 @6 Aanddiens (kerk) ook op YouTube Stephanie Steenkamp Deuroffer: Oos- Kaap 09:00 Familiediens (kerk) ook op YouTube Dr. Kobus de Jager 18:00 @6 Aanddiens (kerk) ook op YouTube Ds. Johan Els Deuroffer: Japan 15 November 2020, KONINKRYKSTYD VERVOLG op agterblad Saam sal ons uit DANKBAARHEID bly SING die jaar by die KersSANGdiens op 29 Nov om 19:00. Ons hou piekniek op die gras vanaf 19:00 tot 19:30 waarna ons SING. Bring jou eie piekniekmandjie, kombers/stoele en natuurlik mas- ker. Ons sit verder van mekaar af as gewoonlik. Versigtig vir byeenkomste? Jy kan piekniek hou en saamsing vanuit jou kar deur in te skakel op jou motorradio.

Upload: others

Post on 08-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die pad vorentoe - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2020/11/15  · Kersfees is een van die beste tye van die jaar; dit bring gesinne en vriende bymekaar, bied die nodige tyd om na te

15 November 2020

Die pad vorentoe ...

Elke jaar na Pinkster tot

en met Advent beleef die

kerk ’n “GEWONE” tyd.

GEWONE … maar nie dié

jaar nie!!! 2020 is buitege-

woon VREEMD. Iemand

sê nou die dag dat daar ‘n

letseltjie op haar siel sit na

die jaar en sy kan dit net

nie “pinpoint” nie. Die kerk

was vir ses maande

gesluit, maar al die Ge-

meente kon aanlyn kerk

beleef en dit voel nie die-

selfde vir haar nie!

Die gelowige VIER die

gewone tydperk met ‘n

ander woord naamlik:

KONINKRYKSTYD … dit

is die tydperk wat ons die

DRIE-ENIGE GOD

(Skepper, Verlosser/

Bevryder en Trooster) se

HEERSKAPPY op aarde

vier.

Ons kry RUIMTE en VRY-

HEID om in die gewone

tyd Sy heerskappy te inte-

greer met die alledaagse,

gewone lewe wat ons hier

beleef. In elke faset van

ons lewe moet die heer-

skappy van die KONING

sigbaar wees.

Ons kry ook die taak om

God se aardse Koninkryk

te bestuur en op te pas.

Met dankbaarheid vervul

ons dus die Koninkryks-

taak. Wat behels die

taak?

Om as een van Sy Ko-

ninkrykbestuurders jou

lewe, tyd, talente, ver-

moëns, besittings, finan-

sies en verkondiging

van evangelie verant-

woordelik te bestuur.

Tradisioneel sou Bergsig

‘n mikpunt daarstel as

deel van ons Koninkryks-

insameling (Okt. - Febr.)

van ongeveer R750 000.

Hierdie jaar toon ons Kon-

inkryksinkomste slegs

R95 000 tot op datum.

Die insameling is waar

lidmate die Here dank met

‘n offer sodat Sy werk op

aarde kan voortgaan. Ons

noem dit SAAI in die Ko-

ninkryk. Ons het dit ook al

voorheen tiendemaand,

dankbaarheidsmaand

rentmeesterskap-program

genoem.

MAAR … wat sal ons dit

rondom die braaivleisvuur

noem? Regte “fancy” kerk-

terme sal nie daar werk

nie.

Nee, want mense gaan

frons en wonder wat se

hoë taal gebruik dit is.

In eenvoudige taal vra die

Here dat ons ’n verskil in

die wêreld moet maak. Dit

sluit alle lewensfasette

22 November 2020, KONINKRYKSTYD

09:00 Familiediens (kerk) ook op YouTube Ds. Johan Els

18:00 @6 Aanddiens (kerk)

ook op YouTube

Stephanie Steenkamp

Deuroffer: Oos-Kaap

09:00 Familiediens (kerk) ook op YouTube Dr. Kobus de Jager

18:00 @6 Aanddiens (kerk)

ook op YouTube

Ds. Johan Els

Deuroffer: Japan

15 November 2020, KONINKRYKSTYD

VERVOLG op agterblad

Saam sal ons uit DANKBAARHEID bly SING die jaar by die KersSANGdiens op 29 Nov om 19:00.

Ons hou piekniek op die gras vanaf

19:00 tot 19:30 waarna ons SING.

Bring jou eie piekniekmandjie,

kombers/stoele en natuurlik mas-

ker. Ons sit verder van mekaar af

as gewoonlik.

Versigtig vir byeenkomste? Jy kan

piekniek hou en saamsing vanuit

jou kar deur in te skakel op jou

motorradio.

Page 2: Die pad vorentoe - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2020/11/15  · Kersfees is een van die beste tye van die jaar; dit bring gesinne en vriende bymekaar, bied die nodige tyd om na te

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré as jy betrokke wil raak: [email protected]

Frontida:

Vriende ons het projekspanlede nodig vir ons sendelinge in Thailand. Hierdie is regtig ‘n baie bevredi-gende projek om by betrokke te wees. Stuur asb ‘n e-pos by [email protected] indien jy meer in-ligting wil hê. Bergsig doen hartswerk in die Koninkryk in Thailand!!!

Durbanville Kinderhuis

Kontak: Johanna Strauss (021 975 6822) ([email protected])

Die Durbanville Kinderhuis (DK), dateer terug na 1883 en is een van die oudste kinderhuise in Suid-Afrika.

As gevind word dat kinders dringend sorg in ’n veilige omgewing benodig, word hulle by ons in die Kinderhuis geplaas – die kinders word almal met ’n hofbevel inge-volge die Wet op Kindersorg verwyder.

Die DK se hooffokus is die sorg, ontwikkeling en rehabili-tasie van 144 emosioneel getraumatiseerde kinders deur middel van ’n proses van ingryping en om die kinders met hul families te herenig indien dit moontlik is.

Die DK wil graag hande vat met Bergsig gemeentelede en so saam verseker dat elke kind ’n gelyke kans gegun word om sy of haar volle potensiaal te bereik.

Die DK benodig vrywilligers wat die kinders met hulle skoolwerk kan help en hulle ook as mentors by te staan.

Deur te kom verf of huisraad te skenk, kan die DK ge-help word om areas te skep wat die kinders sal inspireer om eendag ’n beter lewe vir hulle gesinne te skep.

Die DK verwelkom skenkings van tweedehandse boeke asook klere en snuisterye vir die kinders en die res sal in die DK welsynswinkel en boeke-gang verkoop word om fondse te genereer.

Die Kinderhuis kan 18 A-sertifikate uitreik vir sken-kings. Besighede word genooi om in die DK projekte te belê. Die DK het in 2016 ’n oorbruggingshuis vir die skoolverlaters bekom, waar hulle vir 2 jaar nadat hulle die kinderhuis verlaat het, kan tuisgaan. Gedurende die periode staan die DK hulle dan by om ’n werk te bekom asook verder te studeer.

Die DK borg-’n-kind-projek bied aan omgee-individue en besighede die geleentheid om teen R100 per maand in ’n spesifieke kind se ontwikkeling te belê. U sal teru-gvoer ontvang van die vordering van die kind wat u borg en so ’n belangrike bydrae tot ’n kind se lewe maak.

Sien ook hul versoek hiernaas wat handel oor hul Kers-fees projek. Miskien kan jy ‘n bydrae maak vir hulle.

Kersfees is een van die beste tye van die jaar; dit bring gesinne en vriende bymekaar, bied die nodige tyd om na te dink en dankie te sê vir die wonder-like dinge wat deel van ons lewens is. Dit is gedurende hierdie opwindende tyd van die jaar waar ons besef hoe volop en wonderbaarlik ons lewens werklik is, dat ons meer as ooit weer herinner word aan die dinge waarvoor ons dankbaar moet wees en dat ons 'n helpende hand moet gee aan behoeftiges. Ons Kerspartytjie vir die kinders vind op 28 November plaas, waar ons hulle gaan bederf met lekkernye en waar elke kind 'n Kersgeskenk gaan ontvang. Ons kinders het weer hul Kersfees-wenslysie voltooi en sien daarna uit om dit met u te deel. Ons vra dat u ons ondersteun met ons Kersfees-veldtog deur 'n geskenk te borg of deur 'n finansiële bydrae te lewer vir die Kerspartytjie vir die 144 kinders in ons sorg. Bankbesonderhede: Durbanville Kinderhuis Absa Tjek Rekening 141 029 0983 Durbanville Verwysing: Voorletters + Van/Kersfees2020

Page 3: Die pad vorentoe - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2020/11/15  · Kersfees is een van die beste tye van die jaar; dit bring gesinne en vriende bymekaar, bied die nodige tyd om na te

Bergsig het ’n gebeds-WhatsApp-groep waarop ons gebedsversoeke van individue en die gemeente deel en saam daaroor bid. Indien jy deel wil wees van Bergsig se GEBEDSGROEP stuur asb. jou naam en nommer vir ds. Mizelle by 083 394 1101. Raak deel van die groep veral nou as jy baie alleen voel. Die leraars is beskikbaar om jul te bedien - al is dit per telefoon.

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Vandag word ons stil voor U. Ons bely, ons is U

kinders, dus Koninkrykskinders.

Ons erfenis is in die Hemel.

Help ons om U Koninkryk sinvol te integreer met ons

aardse bestaan en verantwoordelik te bestuur. Help ons

om in oordenking te gaan voor U, ons te verootmoedig

en in stilte U wil te vra vir 2021 vir ons elkeen se eie

lewe, maar ook vir Durbanville-Bergsig Gemeente se

Koninkrykswerk.

Hoe wil U hê dit moet wees?

Wat wil U met my en deur my Gemeente bereik?

Hoe sien U die pad vorentoe?

Aan U kom al die eer en heerlikheid toe.

Ons vertrou dat U, U kerk self in stand sal hou.

Vader, vandag bring ons die REALITEIT van Covid-19

na U. Ons bring die VERLIESE, EENSAAMHEID, MAG-

TELOOSHEID, ONBEGRIP wat dit meegebring het tot

by U voete en kom sit dit neer. Dit was moeilik.

Ons eer U reeds vir HERSTEL & VERNUWING en vir

die OPBOU van dit wat skade gelei het.

******

Ons staan in gebed saam met ander.

Oorweeg dit ook om saam met die res van S.A. ‘n swart

armband te dra 25-29 Nov. om die VERLIESE te erken.

Page 4: Die pad vorentoe - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2020/11/15  · Kersfees is een van die beste tye van die jaar; dit bring gesinne en vriende bymekaar, bied die nodige tyd om na te

22 Nov 2020

Ds. Johan Els is die prediker 9:00

Stephanie Steenkamp bring die boodskap 18:00

Bespreek jou plek vir volgende So.:

http://bit.ly/bergsig-bywoon

Gebruik die skakel of bel die kerkkantoor direk by:

021-9764106 Kerk vind steeds aanlyn plaas soggens om 9:00.

Ons verstaan dat sommige nog nie kan bywoon nie.

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

VRYGEWIGHEID Hierdie leer wys vir ons prakties hoe die mense oorsee

kerk gelde beleef en ervaar. Dit is ‘n lekker beeld oor

vrygewigheid. Jul sal ook sien ons lyntjie loop op ‘n op-

waartse kurwe - die einddoel dat daar VRUG sal wees.

Page 5: Die pad vorentoe - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2020/11/15  · Kersfees is een van die beste tye van die jaar; dit bring gesinne en vriende bymekaar, bied die nodige tyd om na te

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Page 6: Die pad vorentoe - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2020/11/15  · Kersfees is een van die beste tye van die jaar; dit bring gesinne en vriende bymekaar, bied die nodige tyd om na te

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected]

www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551

Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning [email protected]

S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

https://pos.snapscan.io/qr/ALS0527

soos gawes, talente, finan-

sies ens. In. Dit is egter nie

net ‘n eenvoudige hande-

ling nie. Jy kan nie net geld

gee vir die bergie op straat

nie, want dan help jy hom

van die wal af tot in die

sloot.

Jy kan nie jou tyd gee by

die kerk terwyl jy staan en

skinder oor ander nie. Dit

breek die liggaam van

Christus af.

Betrokkenheid by die kerk

vra die regte ingesteldheid

en houding.

Hoe kan ek dit verant-

woordelik doen?

Ondersoek jou hart voordat

jy in die Gemeente en

wêreld gaan werk, as ‘n

Koninkrykwerker.

Is jy TEVREDE met wat jy

het? Of jaag jy ALTYD na

meer? Hardloop jy die rotre-

sies? Of raak jy stil tevrede

met jou omstandighede?

Is jy dankbaar en

VRYGEWIG met jou

gawes, talente en geld?

Vrygewig … deel jy jou huis

gasvry met mense wat dit

nodig het? Ontvang jy hulle

met Jesus se liefde?

Kook jy met vreugde sop vir

die haweloses omdat jy

kan? Glimlag jou oë as jy

mense by die kerk

ontvang? Dink jy oor jou

finansiële bydrae met ‘n

ligte, dankbare hart?

Die Gemeente beleef ‘n

finansiële verknorsing in ag

genome dat die deure vir

ses maande gesluit was.

Die kerkraad is besig om

intensief koste besparing

planne. Die Oppi-hoek in-

samelings was suksesvol

gewees en ons dank die

Here dat ons dadelik ons

moue kon oprol en nuwe

planne uitrol.

Ons pad vorentoe gaan een

moet wees waar lidmate hul

opnuut met ‘n vreugdevolle

hart aan Bergsig verbind,

DANKBAAR om in ‘n

gelooftuiste dié Een te

aanbid wie ons bely ons

liefhet. Dis iets wat in jou

hart brand.

Inligting soos ontvang

vanaf die Sinode, wat op

Bergsig reflekteer en ons

bekommer:

Lae kerkbywoning. Ons

kerkbywoning van lid-

mate raak elke jaar laer

en of is wisselvallig -

teen begin van die jaar

hoog en teen die derde

kwartaal is die kerk leeg.

Laagste bydrae, per lid-

maat, in die Ring van

Durbanville.

Veranderings vir 2021 -

die pad vorentoe …

Minder leraars en per-

soneel

Tekorte op die be-

groting

Meer lidmate wat moet

moue oprol om die

gapings te vul wat ont-

staan

Personeel het reeds

geen verhogings en ’n

minus 15% op

salarisse geabsorbeer,

asook werk begin

opvang van afgetrede

en uittredende perso-

neel. Vir 2021 lyk die

prent dieselfde.

2021 se Durbanville

Plaasfees kan nie

plaasvind nie weens te

veel onsekerhede han-

gende. Die verlenging

van die ramptoestand,

die 73 bladsye “Event

Covid-19 Regulations”

dokument waaraan vol-

doen moet word en die

hoofborg wat self ver-

liese moet absorbeer

speel ’n rol. Die verant-

woordelike besluit om

dit nie te laat plaasvind

nie, moes geneem

word. Die kerk se be-

groting word onmid-

dellik met ’n minus van

R500 000 gelaat.

Terugbeweeg na die

Durbanville-Bergsig

HOEK met ons Oppi-

hoek inisiatiewe.

Moet tog nie moedeloos

raak nie - ons bly vol

HOOP. Hoop is ook die

jaartema van 2021.

Hoekom? Want my enigste

troos in lewe en dood is dat

ek aan Jesus Christus be-

hoort. Hy belowe dat Hy

self sy kerk sal onderhou -

ONS GLO DIT!

Ons moet as Gemeente

egter nou die nuwe tyd wat

ons ingaan gebruik om

dinge te verander, te her-

stel, herbeplan en uit te rol

sodat Sy ligdraers in ‘n

donker bleek wêreld steeds

skyn. Dit is ons visie en

missie en is herbevestig by

die September 2020 leiers-

beraad van die kerk. Dit is

hoe ons as Gemeente in

1982 uitgestuur is … om ‘n

lig in die Koeberg-kontrei te

wees met Matteus 5:14-16

as teksvers.

Versigtig en verant-

woordelik gee ons die tree

vorentoe op die pad na

2021 - ’n jaar wat anders

lyk as die vorige jare - ‘n

BEPLANNINGSJAAR - met

die HOOP om in 2022 weer

met meer sekerheid voor-

waarts te beweeg.

Kom stap saam die Ko-

ninkrykspad. Kom saai

saam. Kom wees deel en

verbind jou weer opnuut

aan jou GEMEENTE OM

SAAM GOD TE EER IN

DIE WêRELD!