die nuwe kind - hoërskool bergvlam...2019/01/10  · powerpoint presentation author user created...

23
DIE NUWE KIND PIETER STRAUSS (UIT: VONK@VERSE 2. BEST BOOKS. 2011) AANBIEDING OPGESTEL & VERWERK (UIT BRONNE SOOS AANGEDUI) DEUR: LOUISE FULLARD & RIANA GEORGHIADES

Upload: others

Post on 28-Aug-2020

47 views

Category:

Documents


7 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

DIE NUWE KINDPIETER STRAUSS

(UIT: VONK@VERSE 2. BEST BOOKS. 2011)

AANBIEDING OPGESTEL & VERWERK (UIT BRONNE SOOS AANGEDUI) DEUR:

LOUISE FULLARD & RIANA GEORGHIADES

Page 2: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

PIETER STRAUSS

• Pieter Strauss is ’n Afrikaansonderwyser aandie Hoërskool Stellenberg in Bellville.

• Hy het op Kenhardt in die Noord-Kaap skoolgegaan en het reeds in graad 8 begin skryf.

• Sy onderwyser, die bekendeskrywer-digter, George Weideman, het homaangevuur om te skryf.

Page 3: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

AGTERGRONDKENNIS: HECTOR PIETERSON• Die nuwe seun in hierdie gedig het die naam, Hector. Die naam

Hector roep die naam van Hector Pieterson op, en veral die beroemde foto van die sterwende Hector wat in die arms van ’n skoolmaat weggedra word, terwyl sy suster, Antoinette, langs hulle haar arms paniekbevange voor haar uitstrek.

• Die twaalfjarige Hector is op 16 Junie 1976 deur die polisie doodgeskiet tydens die skole-opstand in Soweto. Skoliere het op daardie dag op verskillende plekke in Soweto bymekaargekom om te betoog teen Afrikaans as onderrigtaal.

• Die amptelike dodesyfer was 23, maar van die joernaliste teenwoordig het dit so hoog as 200 gestel. Honderde mense is beseer.

• Hector Pieterson het die simbool geword van die verset teen ’n onregverdige heerskappy.

Page 4: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

AGTERGRONDKENNIS: ROBERT MANGALISO SOBUKWE (1924-1978)

• Die nuwe seun in hierdie gedig het dieselfde van as Robert Mangaliso Sobukwe (1924-1978), die stigter van die Pan Africanist Congress (PAC).

• Sobukwe het in 1948 'n lid van die African National Congress Youth League (ANCYL) geword. Hy was van 1960 tot 1969 in die tronk en daarna in huisarres tot sy dood in 1978. Hy is op Robbeneiland in eensame opsluiting aangehou en was daarna onder huisarres in Kimberley.

• As gevolg van longkanker is hy in 1977 in die hospitaal opgeneem. Sy dokters het versoek dat die regering hom op grond van humanitêre redes vrylaat, maar hierdie versoek is nie toegestaan nie. Hy het op 27 Februarie 1978 gesterf en is op op Graaff-Reinet, sy geboortedorp, begrawe.

Page 5: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

WAAROOR HANDEL DIE GEDIG?In die eerste jare na 1994 het kinders stelselmatig daaraangewoond begin raak dat swart, wit en bruin kinders saam skoolgaan.

In die begin was dit maar moeilik, omdat apartheid mense kunsmatigvan mekaar af weggehou het en daar nog baie vooropgesteldeidees was oor hoe en wat 'n wit kind en 'n swart kind was.

Bowendien is 'n nuwe kind in die skool maar altyd vreemd en eenkant tot hy/sy maats gemaakhet.

Page 6: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

WAAROOR HANDEL DIE GEDIG?Daar is jaarliks groot getalle leerders wat na 'n nuwe skool moet gaan, miskien omdat hulle ouers getrek het. Die gedig handel oor 'n nuwe kind in die skool - Hector Sobukwe - wat 'n swart seun is en na 'n blanke skool moet gaan.

Dit verwys na die negentigerjare, toe swart kinders vir die eerste keer na blanke skole kon gaan. Hierdie kind voel soos 'n buitestander.

Dit gaan oor die feit dat 'n nuwe skool reeds ongemaklikheid veroorsaaken die feit dat sy velkleur ookhier bydra tot die gevoel.

Page 7: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

TEMA (THEME)

STEMMING VERTELLEND

Vooroordele teen mense wat van ons

verskil

Page 8: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

UITERLIKE BOU

1. __________2. __________3. __________4. __________

5. __________6. __________7. __________8. __________

9. __________10. __________11. __________12. __________

13. __________14. __________15. __________16. __________

Page 9: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

INNERLIKE BOU

Progressie vindplaas,want dit begin by die nuwe kind se aankoms (arrival) en die verloop van die dag, asook syaanpassing(adjustment) by die nuwe skool.

Dit alles gebeur deurdie loop van die dag.

Page 10: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

STROFE 1

• Hier is 'n kontras tussen die:

• "ons" (huidige blanke leerders) en

• "jou/jy“ wat die buitestaander ('n swart leerder), die nuweling is.

Die “ons” staar na hom en pen hom met hulle oë vas (pin you down in your tracks).

• Na die metafoor volg 'n dubbelpunt om versreël 2 te beklemtoon - hulle staarna die nuwe kind. Weer die onderskeiding tussen "ons" en "jy':

• Die nuwe kind is die buitestaander (outsider), want die kind dra nie syskooldrag nie, maar “ons skooldrag" en hy staan by “ons meneer“.

• Maar hy staan nie uit tussen die ander kinders nie - sy voorkoms is presiessoos die skoolreëls bepaal.

• Om aan te sluit by die gedagte van skool en die skool se reëls is daar presiesheidin die ritme en die rym: paarrym, asook p- en k-alliterasie (versreël 1 en 2), herhaling van “ons" en ee-assonansie “reëls geskeer"

Page 11: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

STROFE 2

• Die hele klas luister fyn na sy naam en kom agter dat hy nie voor op die wa is nie, maar skaam is omdat hy "bedees" (bashful) is, hyantwoord nie hardop nie, maar knik net sy kop en gaan sit in sy bank sonder groot geraas of om enigiets te sê.

• Die aanhalingstekens suggereer dat die onderwyser sy naam vir die klas sê en beklemtoon daarom sy naam.

• Klankherhaling: h-alliterasie (versreël 5), k-alliterasie (versreël 6), herhaling van die b- en die d-klank (versreël 7) en s-alliterasie en i-assonansie (versreël 8).

• Progressie in tyd en plek kom voor, want "die nuwe kind" praat eersvoor in die klas met die onderwyser en loop dan na sy bank.

• Ons kry inversie/omkering van woordorde in versreëls 7 en 8 sodat'n mens die woord "Bedees" eerste raaksien en die woord "bedank" in die rymposisie staan - albei is belangrike woorde.

Page 12: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

STROFE 3

• Inversie/omgekeerde woordorde sorg weer dat die leser die twee gedagtes in versreël 1 dadelik raaklees. Dis duidelik dat die leerders hom nog steeds met arendsoë dophou en sien hoe hy - netsoos almal - sy broodjie eet. Maar dan komdie leser agter dat hoewel hy Iyk en optree soos die ander leerders, hy nog niemaats gemaak het nie, hom eenkant hou.

• Die woord "maar“ wat op 'n wending dui, lei die sin in.

• Die gebruik van "pouses" in die meervoud wys dat dit meer as een keer gebeurhet.

• Die digter beklemtoon die feit dat hy nie deeI van die groep vorm nie, deur die woord "alleen“ tussen twee kommas te plaas - dit dwing die leser om voor en nadie woord te rus.

• Die twee versreëls word ook deur enjambement gebind.

• Die ee-assonansie help om die woord "alleen“ te beklemtoon.

• Die aa-assonansie (versreël 12) neem hierdie gedagte verder.

• aa-assonansie

Page 13: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

STROFE 4

• Inversie sorg dat die versreël met "In die kunsklas“ begin - dit is die nuwe leerder se passie, sy ontsnapping uit hierdie wêreld van leerders wat hom aanstaar.

• Binnerym tussen "kunsklas" en "mas“ beklemtoon hierdieintreegedagte. Die hele strofe is 'n metafoor wat syontsnappingsroete beskryf: Met sy pen/kwas kan hy pragtig tekenwat in sy hart ("ribbekas") is en kan hy in sy verbeelding wegvaaren oor die toekoms droom.

• Alliterasie: Die w-alliterasie (versreël 15) en v-alliterasie (versreël15 en 16) beklemtoon die kernwoorde.

• Die ellips aan die einde voer "Die nuwe kind" se drome verder.

Page 14: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

Ons oë pen jou in jou spore vas:

die nuwe kind hier in ons klas.

In óns skooldrag, langs óns meneer,

jou hare volgens die reëls geskeer.

DIE NUWE KINDSTROFE 1

Metafoor

Kontras tussen die:"ons" - huidige blanke leerders &

"jou/jy“ - 'n swart leerder

p- en k-alliterasie

ee-assonansie

Herhaling:óns

a

a

b

b

Paarrym

Skoolklere(school uniform)

Dubbelpunt: inligting volg

Page 15: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

“Hector Sobukwe,” hoor ons jou naam,

“’n koningskind” – al is jy skaam.

Bedees knik jy asof jy óns bedank

en gaan sit dan stil in jou bank.

DIE NUWE KINDSTROFE 2

"bedees" (bashful/ timiditly)

aanhalingstekens suggereer dat die onderwyser sy naam vir die klas sê - beklemtoning

inversie/omkering van woordorde in versreëls 7

en 8 sodat 'n mens die woord "Bedees" eersteraaksien en die woord

"bedank" in die rymposisie

c

c

d

d

Paarrym

s-alliterasie & i-assonansie

herhaling van die b- en die d-klank (versreël 7)

k-alliterasie (versreël 6)

h-alliterasie (versreël 5)

twee versreëlsword ook

deurenjambe-

mentgebind.

vloei

Page 16: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

Uit ’n Tupperware-bakkie, soos dit hoort,

eet jy pouses jou snytjies brood.

maar eenkant, alleen, onder ’n boom

gaan staan jy dan en droom.

DIE NUWE KIND STROFE 3

"maar“ wat op 'n wending dui,

lei die sin in

"pouses" in die meervoud wys dat dit meeras een keer gebeur het

Inversie/omgekeerde woordorde sorg weer dat die leser die twee gedagtes in versreël 1 dadelik raaklees.

ee-assonansie help om die woord"alleen“ te beklemtoon.

twee versreëlsword ook deurenjambement

gebind.vloei

e

e

f

f

Paarrym

nie deeI van die groep vorm nie, deur die woord "alleen“ tussen twee kommas te plaas

aa-assonansie (versreël 12) neem hierdie gedagte verder

oo

-asson

ansie

s-alliterasie

Page 17: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

In die kunsklas word jou pen ’n mas,

hys jy prentjieseile uit jou ribbekas,

vaar jy weg oor wit papier

die toekoms in, nog ver van hier…

DIE NUWE KINDSTROFE 4

Binnerym tussen "kunsklas" en "mas“beklemtoon hierdie intreegedagte

Die hele strofe is 'n metafoor wat sy

ontsnappingsroete(to escape) beskryf

Inversie sorg datdie versreël met "In die kunsklas“

begin

g

g

h

h

w-alliterasie

Paarrym

v-alliterasie

ellips aan die einde voer “Die nuwe kind” se

drome verder

neoglismehoist

sailtwee versreëlsword ook deurenjambement

gebind.vloei

Page 18: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM
Page 19: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM
Page 20: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

THE NEW CHILD1. Our eyes pin you in your tracks:

2. the new child here in our class.

3. In our school uniform, with our teacher,

4. your hair cut according to the rules.

5. "Hector Sobukwe," we hear your name,

6. "a royal child" - even though you're shy.

7. Timidly you nod, as if you're thanking us

8. and then sit quietly at your desk.

Page 21: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

9. From a Tupperware container, as it should be,

10. you eat your slices of bread at break.

11. but under a tree, alone

12. you then go and stand and dream.

13. In the art class your pen becomes a mast,

14. you hoist picture sails from your ribcage,

15. you sail over white paper

16. into the future, still far from here…

THE NEW CHILD

Page 22: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM

BRONNELYSVERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD 12 VOORGESKREWE GEDIGTE

(SAAMGESTEL DEUR RIENS VOSLOO)

BEST BOOKS STUDIEWERKGIDS VERSKUNS

VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12

(SAAMGESTEL DEUR BEST BOOKS)

GOOGLE IMAGES

VIR VISUELE ILLUSTRASIES

(HTTPS://WWW.GOOGLE.CO.ZA/IMGHP)

Page 23: DIE NUWE KIND - Hoërskool Bergvlam...2019/01/10  · PowerPoint Presentation Author user Created Date 1/30/2019 8:33:04 AM