die ligdraer ‘n julie 2014 - agsmiederpark.co.zas/nuusbriewe/nuusbrief 2014-07.pdf · psalm 36:6...

4
DIE LIGDRAER (Vir die laaste keer, volgende maand het hierdie blad ‘n ander naam) JULIE 2014 Vader, wanneer die koue van die winterseisoen daarbuite die hoë toon voer en ons eerder in die bed wil bly; Here, wanneer die winter in ons harte heers, in ons lewens is en ons nie meer wil opstaan nie; Vader, verlaat ons tog nie wanneer molshope berge is en ons nie die nuwe seisoen raaksien nie omdat die winter te lank is en ons hoop vervaag het op lente. Vader, hoe maklik verval ons nie tot ongeloof in U, vergeet van die vorige kere wat U ons gehelp het! Here, hoe gou vergeet ons dat U ’n Waarmaker is van gebede, dat U ons nog nooit in die steek gelaat het wanneer ons U in geloof nader met ons hartsbegeerte nie. Vader, maak ons vry van ongeloof en hooploosheid; gee ons insig op die lente vanuit ‘n grou winter. Amen.

Upload: others

Post on 25-Oct-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE LIGDRAER ‘n JULIE 2014 - agsmiederpark.co.zas/Nuusbriewe/Nuusbrief 2014-07.pdf · Psalm 36:6 – 10: Here, U liefde reik tot in die hemel, U trou tot in die wolke, U geregtigheid

DIE LIGDRAER

(Vir die laaste keer, volgende maand het hierdie blad ‘n ander naam)

JULIE 2014

Vader, wanneer die koue van die winterseisoen daarbuite die hoë toon voer en ons eerder in die bed wil bly; Here, wanneer die winter in ons harte heers, in ons lewens is en ons nie meer wil opstaan nie; Vader, verlaat ons tog nie wanneer molshope berge is en ons nie die nuwe seisoen raaksien nie omdat die winter te lank is en ons hoop vervaag het op lente. Vader, hoe maklik verval ons nie tot ongeloof in U, vergeet van die vorige kere wat U ons gehelp het! Here, hoe gou vergeet ons dat U ’n Waarmaker is van gebede, dat U ons nog nooit in die steek

gelaat het wanneer ons U in geloof nader met ons hartsbegeerte nie. Vader, maak ons vry van ongeloof en hooploosheid; gee ons insig op die lente vanuit ‘n grou winter. Amen.

Page 2: DIE LIGDRAER ‘n JULIE 2014 - agsmiederpark.co.zas/Nuusbriewe/Nuusbrief 2014-07.pdf · Psalm 36:6 – 10: Here, U liefde reik tot in die hemel, U trou tot in die wolke, U geregtigheid

DIE SEISOENE IN ONS LEWE Geniet die Lente! Dank die Here vir die

wonderlike seisoen in jou lewe.

Gebruik die tyd om te groei deur

getrou te wees aan jou stiltetyd en

wees diensbaar.

Raak betrokke by die sake van die Koninkryk, maar moenie bekommerd wees as alles nie blomme dra nie. Soek na nuwe maniere om die Here te dien. Getuig van Sy goedheid!

Die Somer is gewoonlik ‘n tyd wanneer geoes word. Baie vrugte en ‘n besige tyd.

Ook in ons geestelike lewe is daar somers wanneer ons die vrug van die Gees sien in ons lewens: Vrede, vreugde, diensbaarheid, geloof. Dis ‘n tyd wat daar vastigheid in ons lewens is. Ons hou by ons stiltetyd en is betrokke by die gemeente. Ons ervaar ‘n groot mate van vastigheid in ons verhouding met die Here en twyfel nie baie nie. Ja, daar kom ook versoekings, maar ons ervaar baie geestelike krag om weerstand te bied en vertrou die Here in alles. Dawid was heel moontlik in die somer van sy verhouding met God toe hy geskryf het:

Ps. 18:30 – 33: Met U hulp loop ek ‘n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. Wat God doen is volmaak; wat die Here sê is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Waarlik, wie anders as die Here is God. Ja, wie anders as ons God is ‘n rots? God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig.

Fokus veral in die somer hoe diensbaar jy kan wees, hoe jy ander kan help of ‘n verskil kan maak in ander se lewens!

Prediker 3:1-11: Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: (2) daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek, (3) 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, (4) 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans, (5) 'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van omhelsing af, (6) 'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak, 'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi, (7) 'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk, 'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat, (8) 'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede. (9) Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? (10) Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou. (11) God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. As die herfs kom, word die blare bruin en val af en in die winter is dit koud en alles kaal. Dan begin die lente weer en so gaan dit elke jaar in die natuur. Ook in ons verhouding met die Here gaan elke mens deur seisoene. Ons weet dat God altyd dieselfde is en hoe Hy oor ons voel, maar ons belewenis wissel soms.

LENTE: Na ‘n koue winter en kaal bome en triestigheid, begin die bome bot en blommetjies steek oral kop uit. Die eerste heldergroen blaartjies sit aan die bome. Ook in ons verhouding met die Here is daar sulke tye. Dikwels na ‘n tyd van geestelike droogte, begin daar nuwe dinge in jou hart en lewe bot. Jou gebedslewe is lekker en lewendig. Jy maak nuwe ontdekkings in jou lewe oor die Here en die Bybel en die lewe en dit maak jou opgewonde. Daar is geestelike groei en jy ervaar dat die Here naby jou is. Dis nie moeilik om versoekings te weerstaan nie en jou hart klop warm vir die Here. Dis lekker om stiltetyd te hou en om saam te sing en die Here te dien. Dis wanneer ons voel soos die Psalmskrywer:

Psalm 36:6 – 10: Here, U liefde reik tot in die hemel, U trou tot in die wolke, U geregtigheid tot op die hoogste berge; die reg wat U spreek tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is U trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In U huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van U goedheid.

U IS DIE BRON VAN DIE LEWE, DEUR U LIG LEWE ONS!!!

Page 3: DIE LIGDRAER ‘n JULIE 2014 - agsmiederpark.co.zas/Nuusbriewe/Nuusbrief 2014-07.pdf · Psalm 36:6 – 10: Here, U liefde reik tot in die hemel, U trou tot in die wolke, U geregtigheid

* HERFS: Die bome kan nie vir altyd vrugte dra en groen wees nie. Die lug is nie altyd vol warmte en oorvloed nie. Terwyl jy so stap, val daar skielik ‘n blaartjie van ‘n boom en as jy opkyk, sien jy hier en daar begin die groen blare plek maak vir geel en bruin en oranje strepies. Die dae raak korter en die nagte koeler.

Dis ook waar van ons geestelike lewe. Daar kom tye wanneer die vrug minder word. Ons voel nie elke dag dat die Here so naby aan ons is nie. Soms gaan dit nie altyd so goed in jou lewe soos dit vroeër gegaan het nie. Daar is dalk onopgeloste probleme en daar kom soms vrae in jou gemoed. Wat vroeër sommer vanself gekom het, soos om te bid en te vertel van die Here, is nou vir jou moeite. Ek dink die dissipels was dalk in herfs na Jesus se dood. Hulle stap die pad saam met Hom en hier sterf Hy. Toe Jesus skielik tussen hulle verskyn, sê Hy vir hulle:

Lukas 24:38 - “Waarom is julle so verskrik en waarom kom daar twyfel in julle harte?”

In die herfs kyk ons na ons wortels. Verstewig dit. Doen liewers minder, maar hou vol om die basiese dinge te bly doen. Pas die dissipline van stiltetyd en gebed getrou toe - ook as jy nie vuur in jou hart ervaar nie. Hou meer vas aan wat die Bybel sê as wat jy self dalk dink en voel. Wees daarop voorbereid dat die duiwel ook versoekings op jou pad gaan bring. Bly standvastig. Gee veral aandag aan gebed en selfs vas. Moet net nooit ophou doen wat jy weet reg is nie. Vra vir gelowiges naby aan jou om vir jou te bid en praat met iemand wat jy kan vertrou.

Ons ken die winter. Die dae is kort en koud. Daar is nie ‘n blaar aan die bome nie en geen vrugte behalwe die die by Fruit en Veg nie.

Ja, ons gaan almal ook soms deur die winter van ons verhouding met die Here. Gewoonlik is dit nie ‘n lekker tyd nie. Daar is bitter min vrug in ons lewens. Ons sukkel met onsself. Jy kan amper nie dink dat daar ‘n tyd was wat jy getuig het van die Here se goedheid nie. Jy bid en daar beur net niks. God voel ver. Soms wonder jy of Hy nog daar is. Jy vra dikwels die vraag: “Waarom, hoekom?” Die ergste van alles is as daar nie antwoorde kom nie. Dikwels is dit ‘n tyd van groot beproewings in jou lewe – dis ‘n woestynervaring waarin daar niks anders, as niks is nie. Jy voel selfs waardeloos oor jou eie lewe en dink jy beteken in elk geval vir niemand iets nie.

Ook die mense van die Bybel se tyd ken die winter. Ps. 10:1 Waarom staan u so ver weg, Here Waarom trek U, U terug in tye van nood?

Jesus self het aan die kruis die winter van God beleef toe Hy uitgeroep het:

Matt. 27:46 My God, my God waarom het U My verlaat?

Wat doen die mens wanneer jou geestelike lewe yskoud en vaal is? Dis dan wanneer ons moet bly wag op die Here, al sien ons niks nie. Dikwels is dit die tyd wanneer ons wortels die sterkste word en ons innerlik groei sodat dit weer kan oorgaan in ‘n lente. Hê geduld met jouself en bly vashou aan die Here. Bly doen die basiese dinge. As jy later dalk nie eers meer kan bid nie, vra iemand om vir jou te bid. Dink terug aan die lente en somer sodat dit jou moed gee vir more. BO ALLES: BLY DIE HERE VERTROU.

In watter sesoen is jy?

Ek wil jou aanmoedig om die beste te doen vir die tyd waarin jy is en nie moed te verloor nie, maar in die lente ook te weet dat daar ‘n winter voorlê.

Wees ook sensitief vir die seisoene waar ander kinders van die Here is en wees liefdevol en geduldig met hulle. Weet net dit, dat God altyd dieselfde is en altyd jou vas- hou en liefhet. Mag die Here ons almal dra deur elke seisoen van ons lewens.

Page 4: DIE LIGDRAER ‘n JULIE 2014 - agsmiederpark.co.zas/Nuusbriewe/Nuusbrief 2014-07.pdf · Psalm 36:6 – 10: Here, U liefde reik tot in die hemel, U trou tot in die wolke, U geregtigheid

GEMEENTE “dinge”

• XXX Geen Aanddienste gedurende Julie nie.

• 1/7 Raadsvergadering 18:30

• 21/7 Skole open

• 24/7 Kruisbrigade besoek Mike’s Kitchen

• 26/7 Musiekopleiding

• 29/7 Departementele vergadering

• GEEN COOLKIDS TYDENS VAKANSIE

Pastoorspaar: Tom & René Bekker 082 928 2894

Tesourier: Hannes Troskie 084 200 1196 Koster / Faktotum: Johan Cock 079 273 0821 Kerkkantoor: Kotie Troskie 08:00 – 13:00, 018 293 0142 Bussiebestuurder: Roland van der Westhuizen

071 138 4802 COOLkids: Esmé Combrinck 082 823 0887 COOLbabies: Amelia Boardman 082 474 4426

JAM: Tiener-Jeugbediening Bennie Jonker 0734099630

Kruisbrigade: Seun en Gladys Jacobs 084 605 4082

Hananja Welsyn: René Bekker 082 921 6585 (kospakkies) Hananja Welsyn: Marjorie Viljoen 072 693 1184 (klerestoor)

Musiekdepartement: Andrij van der Merwe 078 962 1725

INDIEN JY BELANGSTEL OM BY ENIGE DEPARTEMENT OF BEDIENING BETROKKE TE RAAK, KONTAK GERUS DIE VERTEENWOORDIGENDE PERSOON(E) ANDERS SKAKEL GERUS MET DIE KERK KANTOOR

2 Sandro Lucas 0769821593

4 Bennie Jonker 0734099630

5 Jaques Botes 0748987283

5 Ronnie Leach 0832975840

6 Pieter Conradie 0825736532 7 Carla Kirsten 0799339543

7 Marjorie Viljoen 0726931184

12 Magdalena

Nelson 0794140922

13 Henrico Van der Schyff

14 De Waal Coetzer

15 Marietjie Leach 0832975840

16 Ludick Nel

16 Valerie Van Heerden 0833153998

17 Rina Lowe 0828511264

17 Yolandi Van der Schyff 0827695239

17 Wilma Van Heerden 0825328997

17 Jack Veenendaal

20 Pieter Cloete 0827070300

20 Chriszelda Venter

24 Marko Botha 0796937400

25 Nick Geldenhuys 0724604050

29 Roland Van der Westhuizen

0711384802