die kuns van mammifisering in ou egipte - graad 3 · pdf fileskep. ra is ook die heerser en...

11
Die kuns van mammifisering in ou Egipte DIE ou Egiptenare het aanvanklik hul dooies sommerso in klein putte in die woestynsand begrawe. (Egipte is ’n woestynland, met die Nylrivier wat soos ’n lewensaar daardeur sny.) Die warm en kurkdroë sand het die lyke vinnig laat ontwater en hulle in natuurlike ―mummies‖ verander wat baie lewensgetrou gelyk het. Mettertyd het die ou Egiptenare hul dooies in doodkiste begin begrawe om te keer dat die woestyn se wilde diere die liggame van die hul gestorwe geliefdes opvreet. Hulle het egter besef dat die lyke in die doodkiste verword en ontbind het omdat die oorskot nie meer aan die warm, droë woestynsand blootgestel was nie. Oor baie eeue heen het die Egiptenare van ouds toe ’n metode ontwikkel om lyke só te bewaar dat hulle steeds lewensgetrou sou bly lyk. Hierdie metode het tot ’n hoogs verfynde kuns ontwikkel. Die proses het behels dat die dooie liggame gebalsem en in stroke linne toegedraai word, en dit staan vandag bekend as mummifisering. Die kennis dat ’n lyk met warm sand gedroog kon word om te keer dat dit verrot, het tot ’n drogingsmetode met natron gelei. Natron is ’n natuurlike sout. Daar is besef dat dit ’n lyk buigbaarder maak en lewendiger laat lyk as wanneer dit met warm sand gedroog word. Natron absorbeer nie net water nie, maar los ook liggaamsvette op en is boonop ’n ligte ontsmettingsmiddel wat vernietigende bakterieë doodmaak. Balseming het tradisioneel sewentig dae geduur, waarvan veertig dae bestee is aan die droging van die lyk. Maar eers moes al die lewensbelangrike organe, wat die vinnigste ontbind, verwyder word. Net die hart is agtergelaat, wat die mummie nodig sou hê ten tyde van die oordeel in die hiernamaals. Die lyk is hierna met palmwyn en speserye gewas en met natron bedek. Later is gesmelte (vloeibare) boomgom oor lyke gegiet om dit behoue te laat bly. Om te keer dat die vel kraak, is dit met ’n mengsel van sederolie, was, natron en gom ingevryf. Dan is die lyk met stopsels linne, sand en selfs saagsels opgestop om dit vorm te gee. Hierna is honderde meters linne gebruik om dit versigtig toe te draai, onderwyl die linne voortdurend met vloeibare gom bestryk is wat die windsels aanmekaar laat kleef het. Sowat vyftien dae is vir die toedraai opsygesit, en deur die hele proses was daar baie

Upload: ngocong

Post on 27-Mar-2018

333 views

Category:

Documents


22 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

Die kuns van mammifisering in ou Egipte DIE ou Egiptenare het aanvanklik hul dooies sommerso in klein putte in die woestynsand begrawe. (Egipte is ’n woestynland, met die Nylrivier wat soos ’n lewensaar daardeur sny.) Die warm en kurkdroë sand het die lyke vinnig laat ontwater en hulle in natuurlike ―mummies‖ verander wat baie lewensgetrou gelyk het. Mettertyd het die ou Egiptenare hul dooies in doodkiste begin begrawe om te keer dat die woestyn se wilde diere die liggame van die hul gestorwe geliefdes opvreet. Hulle het egter besef dat die lyke in die doodkiste verword en ontbind het omdat die oorskot nie meer aan die warm, droë woestynsand blootgestel was nie. Oor baie eeue heen het die Egiptenare van ouds toe ’n metode ontwikkel om lyke só te bewaar dat hulle steeds lewensgetrou sou bly lyk. Hierdie metode het tot ’n hoogs verfynde kuns ontwikkel. Die proses het behels dat die dooie liggame gebalsem en in stroke linne toegedraai word, en dit staan vandag bekend as mummifisering. Die kennis dat ’n lyk met warm sand gedroog kon word om te keer dat dit verrot, het tot ’n drogingsmetode met natron gelei. Natron is ’n natuurlike sout. Daar is besef dat dit ’n lyk buigbaarder maak en lewendiger laat lyk as wanneer dit met warm sand gedroog word. Natron absorbeer nie net water nie, maar los ook liggaamsvette op en is boonop ’n ligte ontsmettingsmiddel wat vernietigende bakterieë doodmaak. Balseming het tradisioneel sewentig dae geduur, waarvan veertig dae bestee is aan die droging van die lyk. Maar eers moes al die lewensbelangrike organe, wat die vinnigste ontbind, verwyder word. Net die hart is agtergelaat, wat die mummie nodig sou hê ten tyde van die oordeel in die hiernamaals. Die lyk is hierna met palmwyn en speserye gewas en met natron bedek. Later is gesmelte (vloeibare) boomgom oor lyke gegiet om dit behoue te laat bly. Om te keer dat die vel kraak, is dit met ’n mengsel van sederolie, was, natron en gom ingevryf. Dan is die lyk met stopsels linne, sand en selfs saagsels opgestop om dit vorm te gee. Hierna is honderde meters linne gebruik om dit versigtig toe te draai, onderwyl die linne voortdurend met vloeibare gom bestryk is wat die windsels aanmekaar laat kleef het. Sowat vyftien dae is vir die toedraai opsygesit, en deur die hele proses was daar baie

Page 2: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

rituele en gebede. Dodemaskers is ook gebruik, nie net om die gesig van die mummie te beskerm nie, maar dit kon ook as ’n plaasvervangende kop dien as die mummie se regte kop verlore sou gaan of beskadig sou raak. Sou die dooie se siel dan na die grafkelder terugkeer, kon hy die mummie aan sy masker uitken. Een van die beroemdste kunswerke ter wêreld is die treffende goudmasker wat op die seun-farao Toetankamen se mummie gevind is. Dit is moontlik dat al die dodemaskers van die farao’s van soliede goud was, dikwels verder met edelstene versier. Die gebruik van goud het verband gehou met die geloof dat die songod, met wie die mummie gehoop het om verenig te word, se vlees van suiwer goud was.

LINKS: Die beroemde dodemasker van die jong farao Toetankamen (1341 v.C. – 1323 v.C.), wat slegs nege jaar oud was toe hy farao geword het en sowat tien jaar lank geregeer het. Besluite in sy regeertyd is na alle waarskynlikheid deur raadgewers namens hom geneem. Die ontdekking in 1922 van Toetankamen se ongeskonde grafkelder het wêreldwye belangstelling gewek en die belangstelling in Ou Egipte opnuut laat opvlam. Navorsers stry steeds oor presies hoe die seun-farao dood is, maar in 2005 het ’n span Egiptiese geleerdes tot die slotsom gekom dat hy oorlede is weens gangreen nadat hy sy been gebreek het.

Foto: © Jon Bodsworth, wat vrye gebruik vergun, insluitend kommersieel, op voorwaarde dat hy behoorlik erken word

Page 3: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

Minder belangrike mummies het karton-agtige maskers opgehad, gemaak van ’n soort papierdeeg van linne of afval-papirus wat met pleister of gom aanmekaar gelym is. Die nat karton is gevorm om die mummie te pas. Sodra dit verhard het, kon dit verguld (met bladgoud bedek) of met ryk kleure geverf word. Nadat ’n ou Egiptenaar se lyk gebalsem en in linne toegedraai was, is dit in ’n mummie-kis geplaas, wat nie net die mummie teen wilde diere en grafrowers beskerm het nie, maar ook beskou is as ’n surrogaat-liggaam en ’n huis vir die oorledene se siel. Mummie-kiste lyk nie treurig of neerdrukkend nie en is met helder, vreugdevolle kleure versier. Dis omdat die Egiptenare vas geglo het dat die oorledene na ’n beter wêreld verhuis het.

REGS: ’n Doodkis van ’n amptenaar uit die Egiptiese Middel-Koninkryk (by benadering tussen 2040 v.C. en 1640 v.C.)

Ná die kisting is die dooie in ’n grafkelder neergesit—miskien saam met sy of haar pantoffels, grimering, ’n brood, ’n pragtige stoel, gunsteling-oorringe. Die mummie moes goed voorberei word om die lewe in die hiernamaals te geniet. Party mummies het die gereedskap van die werk wat hulle gedoen het, of die simbole van hul rang, saam graf toe geneem. Toetankamen is saam met sy kinderspeelgoed gevind. Só was dit juis die ou Egiptenare se ywer om hul afgestorwenes se stoflike oorskot en besittings te bewaar, wat die wêreld gehelp het om die lewenswyse in die Egipte van destyds te herontdek—en met behulp van die moderne wetenskap se x-strale en dinge kan daardie tydelose liggame ons nog selfs verstommender dinge omtrent die lewe en dood in die antieke land vertel. Hoe anders sou ons byvoorbeeld geweet het dat ’n farao soos Ramses II erg moet gely het weens absesse in sy kakebeen en artritis in die heupe in sy later jare? Die moderne mens het inderdaad in ’n sekere sin die grieselige mummies van ouds weer ―lewend‖ gemaak.

REGS: Die kop van die mummie van die farao Ramses II, met die linnedoeke verwyder, in 1889 afgeneem deur die Duitse

Egiptoloog Emil Brugsch. Ramses II (of Ramesses II) was die seun van Seti I, waarvan die mummie bo-aan hierdie artikel afgebeeld

is. (Op ’n stuitiger noot: Seti I was die pappie van hierdie mummie!)

Page 4: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

Mummifisering

Die bewaring van die liggaam was noodsaaklik vir die lewe ná die dood. Die Egiptenare se positiewe siening van die dood en die lewe ná die dood het tot uitdrukking gekom in die proses van mummifisering (balsemproses). Dit was een van die belangrikste begrafnisgebruike wat vandag nog aandag trek.

Die woord "mummie" word afgelei van 'n Arabiese woord met 'n Persiese oorsprong wat "bitumen" beteken. Die "bitumen" (oftewel balsemsout) is die materiaal wat gebruik is om die liggaam te balsem.

Die heel vroegste mummies (die oudste bekende een dateer vanaf ongeveer 3 200 vC, met die bynaam "Ginger") is in vlak grafte in die warm woestynsand gevind sonder enige balsemsoute. Die liggaam, wat in die fetus-posisie geplaas is, het verdroog sonder dat enige bakteriëe die liggaam kon verteer.

Vanaf die eerste dinastie in Egipte is die voorbereiding van die liggaam of balseming oor sewentig dae toegepas. Direk ná die dood is die brein en die organe verwyder. Slegs die hart is agtergelaat. Die uitdroogproses het veertig dae geduur, waarna die liggaam dan voorberei is met ander middels soos natron. Daarna het die verbinding en toedraai van die liggaam in linne en ander kledingstowwe gevolg.

Ra

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie. Spring na: navigasie, soek

Die Songod Ra

Ra (soms ook Rê of Atoem) is die Oud-Egiptiese Songod. Hy word as die belangrikste god in die Egiptiese mitologie met sy nege groot gode beskou, wat danksy die sonkrag die lewe op die Aarde eers moontlik maak. Ra is die God van die Oorsprong, wat uit die sogenaamde Oerheuwel verrys en die mensheid

Page 5: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

skep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam Seun van Ra.

Die belangrikste simbool in die kultus van Ra is die obelisk. Oud-Egiptiese afbeeldings vertoon Ra met 'n sonskyf op sy hoof. Volgens die legende heers aan die begin van die skepping die gode as konings op die Aarde. Ra is die eerste van hierdie konings, wat hom later in die Hemel terugtrek. Ra vaar bedags met die sonbark deur die Hemel. Snags vaar hy met die nagbark deur die Doderyk.

Ra is in die verloop van die Egiptiese geskiedenis met die God van die Egiptiese Ryk, Amoen, versmelt tot die Egiptiese hoofgod Amoen-Ra.

Die farao’s is reeds baie vroeg as gode beskou, maar die ou Egiptenare het ook nog baie ander gode en godinne gehad.

LINKS: Slegs ’n paar van die grafkelders van die honderde farao’s wat in Egipte se Goue Tydvak in manjifieke grafte ter ruste gelê is, het betreklik ongeskonde behoue gebly. Een van hulle is die grafkelder van die legendariese Toetankamen. Toe die Britse argeoloog Howard Carter in 1922 die graf met sy duisende skatte oopgegrawe het, was dit een van die grootste argeologiese vondste in die geskiedenis. Tutankhamen (omstreeks 1346-1328 v.C.) staan bekend as die seun-farao, want hy het die heerskappy oorgeneem toe hy slegs omtrent nege jaar oud was en tot sy dood op sowat agttienjarige leeftyd geregeer. Op die foto is sy baie bekende 54 cm hoë

dodemasker, wat in die binneste mummie-omhulsel in sy grafkelder gevind is. Dit is van goud met inlegsels van sekere gesteentes (lasuursteen en kornalyn).

HoeRA vir RA!

Ya-amen wat in Memphis sit het spoke opgeja:

"Elkeen wat so die son aanbid, is met die maan gepla."

Die volk skree: "Nee, hoeRa vir Ra!

Ag mummie, jou moroon!" "Jou ketter!" só trompetter, ja,

selfs Farao op sy troon.

Page 6: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

Lewend gebalsem, werp hul hom

toe heelhuids in die Nyl — waar hy vandag nog seil —

want geen wou ya en amen brom op wat Ya-amen yl...

— Vers deur Dugeot, Mieliestronk.com

IE gediggie hierbo, stuitig soos dit is, bevat tog interessante inligting oor die godsdiensbeoefening in die Egipte van weleer. Ra (of Re en later onder meer Amun-Ra

of Re-Harakhte ) was die songod van die antieke Egiptenare—en daar was waarskynlik nie baie mense van destyds wat dit sou durf waag om die geloof in Ra openlik te veroordeel nie.

Vir die ou Egiptenare, soos vir verskillende volkere in die geskiedenis*), het die son immers lig, warmte en dus groei verteenwoordig en is hy met verloop van tyd as die heerser van alles beskou. Die son, só is daar in Egipte geglo, is óf die liggaam óf die oog van Ra.

Teen die vyfde dinastie van die Egiptiese konings van die Oudheid is hy al as ’n baie vername godheid vereer. Hy is hoofsaaklik met die middagson vereenselwig, en die belangrikste kultussentrum van Ra was heel eerste in Heliopolis, wat dan ook ―Stad van die Son‖ beteken.

Tydens latere dinastieë is Ra vereenselwig met die god Horus, wat toe Re-Harakhte—Horus van die twee horisonne—genoem is. (Re-Harakhte is net een van verskillende spellings van die naam.) Die Egiptenare het gereken dat hy oor die lug, aarde en onderwêreld heers, en hulle het hom met ’n voël, die valk, geassosieer. Ra het, volgens sekere kenners, so ’n sentrale plek ingeneem dat die ander ―gode‖ nie soseer as wesens uit eie reg beskou is nie, maar bloot as sekere vorms van Ra.

In behoue geblewe kunswerke word hy meestal in ’n menslike vorm uitgebeeld met die kroon van ’n farao—as teken van sy koningskap oor die gode—en die skyf van die son op sy kop. Dikwels het hy die kop van ’n valk, soos Horus. Dit is interessant dat ons vandag meestal die naam Ra uitspreek soos dit gespel word (soos in hoera!) maar dat dit waarskynlik eerder as ―Ry‖ uitgespreek behoort te word (soos in hoe ry die boere). Dit verklaar waarom Ra ook dikwels in Engels Re geskryf word.

D

Page 7: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

Geleerders weet nie meer definitief wat die naam Ra beteken nie, maar dit is bes moontlik iets soos ―skeppend‖, indien dit nie ’n ou Egiptiese woord vir ―son‖ was nie. Die mens sou uit Ra se trane of sweet geskep gewees het, met die gevolg dat die ou Egiptenare hulself die ―Beeste van Ra‖ genoem het.

___________________________

*) In Mesopotamië was die songod Sjamasj ’n belangike godheid wat gelyk gestel is met geregtigheid. In Griekeland was daar twee songode, te wete Apollo en Helios. Die invloed van die son word ook in ander godsdienste gesien, byvoorbeeld in die Zoroastrianisme, die Romeinse religie, Hindoeïsme en Boeddhisme, asook die godsdienste van die Kelte van Engeland (met hul druïde-priesters), die Asteke van Mexiko, die Inkas van Peru en baie Amerikaanse inboorlingstamme.

Kulturele ontwikkeling (binne elke tydperk)

Nefertiti (14de eeu vC), die gemalin van die farao Akhenaton, is bekend deur die realistiese portretkoppe wat in Amarna gevind is en reliëfs waarop sy in huislike toneeltjies afgebeeld is met haar kinders op haar skoot, of in intieme houdings teenoor die koning. Sy was waarskynlik 'n meer fanatieke aanhanger van die sonneleer as haar man.

Elke tydperk het sy eie kulturele ontwikkelinge beleef. Veranderinge in die godsdiens, politiek, sterrekunde, oorlogvoering, landbou, ekonomie, skrif, beeldhoukuns, tegnologie, ensovoorts, het voortdurend plaasgevind. Daar kan dus nie sonder meer van een Egipte gepraat word nie.

Egipte was destyds in twee geografiese streke of koninkryke verdeel, naamlik die Noorde (Onder-Egipte) en die Suide (Bo-Egipte), met die papirusplant en die lotusblom as die onderskeie simbole van die twee streke.

Argaïese Tydperk

Die Vroeë Dinastieke of die Argaïese Tydperk het die beginpunt gevorm van die bekende ou Egiptiese beskawing met sy grondlegger, Menes (ongeveer 3100 vC) van Memfis. Hy is die eerste koning wat die twee dele van Egipte in een politieke en volkseenheid verenig het. Die eerste tekens van prentjieskrif is op pilare uitgekap en op mure geverf.

Page 8: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

Ou Ryk

Chefren, die seun en opvolger van Cheops, het die sfinks by Giza laat installeer. © 2007 Jupiterimages Corporation

Die Ou Ryk was hoofsaaklik saamgetrek rondom die Nyl-delta (in die noorde) en word ook die "Piramide-tydperk" genoem. Die hooffigure van die derde dinastie is koning Zoser (Djoser) met sy bekende argitek Imhotep. Hierdie argitek het die eerste trappiramide by Sakkara (2700 vC) gebou.

Die bekende konings Cheops (Khufu) en Chefren (Khefren) van die vierde dinastie het die piramides by Giza, net buite Kaïro, laat oprig. Die Ou Ryk, met sy uitstaande argitektuur en bouwerke, was ook verantwoordelik vir die vaslegging van kulturele patrone in die samelewing, die ontwikkeling van die hiërogliewe skrif en die oprigting van kanaalstelsels (om water uit die Nyl na die woestyndele te lei) vir maksimale landboubenutting.

Verskeie bouwerke naby Kaïro is 'n bewys van hierdie mense se kennis oor die sterrekunde, ingenieurswese en argitektuur. Die meester-beeldhouers het die nuutgevonde hiërogliewe skrif uitgekap uit graniet en marmer en dit ook uitmuntend afgerond en gepoleer.

Die eerste godsdiensstelsel is ontwikkel met die aanbidding van Re of Ra deur die priesters van Heliopolis (vyfde dinastie). Dié konings het hulself beskou as die "Seuns van Ra". Farao Unas het godsdienstige tekste laat aanteken in sy piramide wat die eerste verwysings na die hiernamaals en die onderwêreld bevat. Ptahotep het vir die eerste keer sy wysheidspreuke op skrif gestel.

AKHENATON EGIPTIESE FARAO DIKWELS BOELIE ONDERDRUKKENDE PERSONE EN 'N VERWOEDE VEGTER. DIE

ALGEMENE KENMERKE VAN DIE FARAO VAN EGIPTE EN DIE GODSDIENS VAN DIE GODSDIENS VAN

VEELGODENDOM TE OMHELS MET TANRILASTIRMALARIDIR SELF. MAAR DIE ENIGSTE FARAO VAN EGIPTE

HET 'N GESKIEDENIS WAT BAIE VERSKIL VAN DIE ANDER. DIE FARAO HET GEGLO IN EEN SKEPPER EN

DAAROM MOET VERDEDIG WORD NIE, VERAL POLITEÏSTIESE GODSDIENS SKIMMING SOMMIGE VAN DIE

Page 9: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

SOLDATE TE EET AMON PRIESTERS EN HUL ONDERSTEUNERS IS REEDS BLOOTGESTEL AAN

ONDERDRUKKING DEUR DIE GROOT IS DOOD AAN DIE EINDE. DIE 14 BC FARAO DIE IV VAN DIE

AFGELOPE EEU EN BASKITAAR. AMENOFIS'TIR. IV. AMENOFIS BC. MET 'N KONSERWATISME EN

TRADISIONALISME VAN DIE EEUE HET 1375'TE SE TOE DIE DIREKSIE ONTMOET HET. TOT HIERDIE

TYDPERK DIE STRUKTUUR VAN DIE SAMELEWING EN DIE VERHOUDING MET DIE KONINKLIKE PALEIS VAN

DIE MENSE HET GESIEN HOE GELAAT. EKSTERNE GEBEURE EN DIE GODSDIENSTIGE GEMEENSKAP IS

VASHOU AAN DIE GESLOTE DEURE VAN INNOVASIE VIR SEKER. KONSERWATISME SOOS HIERBO

VERDUIDELIK, GEVOLG VAN DIE NATUURLIKE GEOGRAFIESE VOORWAARDES VAN EGIPTE. BENIMSETTIRDIGI DIE AMPTELIKE GODSDIENS VAN DIE FARAO AAN DIE PUBLIEK DAT ENIGIETS OUD

EN TRADISIONEEL MET 'N VERBINTENIS TOT PURE GENOODSAAK. MAAR IV. AMENOFIS

BENIMSEMIYORDU DIE AMPTELIKE GODSDIENS. DIE HISTORIKUS ERNST GOMBRICH SKRYF: LIG DIE GESEËNDE GEWOONTE VAN 'N GROOT DEEL VAN DIE OU TRADISIE MENSE WOU NIE HÊ

RESPEK VIR DIE GOD VAN AL HIERDIE BAIE VREEMD UITGEBEELD TE WYS. VIR HOM WAS DAAR NET EEN

OPPERGOD ATON'DU DIT. ATON'A AANBID IN DIE VORM VAN DIE SON EN DIT IMGELESTIRTTI. OM TE

VERHOED DAT DIE GEVOLGE VAN DIE PRIESTERS VAN DIE GODE AL-AMARNA'YA VERSKUIF SY PALEIS

VANDAG. IV VAN SY VADER NA DIE DOOD VAN 'N JONG OUDERDOM. AMENOFIS GEBLY BLOOTGESTEL AAN 'N

GROOT VERDRUKKING. DIT IS OMDAT DIE DRUK DIE VERANDERING VAN DIE TRADISIONELE

POLITEÏSTIESE GODSDIENS VAN EGIPTE SLEGS EEN GOD GEBRING WORD, 'N GODSDIENS WAT

GEBASEER IS OP GELOOF EN RADIKALE VERANDERINGE OP ELKE GEBIED GIRISMESIYDI. VERTEENWOORDIGING VAN DIE KENNISGEWING NIE TOELAAT DAT HIERDIE GODSDIENSTIGE LEIERS, MAAR THEBE. IV. VERLOOR HET DIE MENSE VAN DIE STAD THEBES EN TELL EL-AMARNA'YA AMENOFIS

VEREFFEN WORD. HIER, "AKH-ET-ATON" HULLE HET 'N STAD MET DIE NAAM' N NUWE EN MODERN. IV. AMENOFIS DIE "AMON'UN TEVREDENHEID," WAT BETEKEN DAT DIE NAAM VAN DIE AKH-EN-ATON

"ATON'A ONDERDANIG" VERANDER. AMON POLITEÏSTIESE GODSDIENS VAN EGIPTE WAS DIE NAAM

GEGEE AAN DIE GROOTSTE TOTEM. AS ATON VOLGENS AMENOFIS'E "SKEPPER VAN DIE HEMEL EN

DIE AARDE WAS" IN HIERDIE HOEDANIGHEID HET HY IS WAARSKYNLIK IS DAT GOD BEDOEL HET. AMON PRIESTERS IS JY NIE TEVREDE MET DIE ONTWIKKELINGE IN IS GEVIND IN DIE LAND IN 'N

EKONOMIESE KRISIS, MET BEHULP VAN DIE KRAG VAN AKHENATON'UN WOU WEGKOM. AKHENATON

WAS VERGIFTIG MET 'N GEORGANISEERDE KOMPLOT. DAN, ONDER DIE INVLOED VAN DIE FARAO OOK

ALTYD GEHOU VAN DIE MONNIKE.

Page 10: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

NUWE LIG GEWERP OP TOETANKAMEN SE LEWE EN DOOD

Kaïro. – Die tiener-koning Toe-tankamen, een van Egipte se bekendste farao’s, is gebore uit ’n bloedskandelike verhouding, het navorsers eergister gesê, wat verduidelik hoekom hy aan gebreke en genetiese defekte gely het.

Hy was ’n tingerige seun wat ’n misvormde voet en ’n gesplete verhemelte gehad het. Hy is dood aan komplikasies van ’n gebreekte been wat vererger is deur malaria, het die navorsers bevind ná ’n studie wat DNS-toetse op en skanderings van sy 3 300 jaar oue mummie, wat in 1922 in die Vallei van Konings gevind is, ingesluit het.

Bloedskandelike verhoudings was algemeen onder Egiptiese koninklikes, het dr. Zahi -Hawass, Egipte se hoofargeoloog, gesê. ―’n Koning kon met sy suster en dogter trou, want hy was ’n god…en dit was ’n gewoonte slegs onder die konings en koninginne.‖

Toet het in 1333 v.C. op tienjarige ouderdom farao geword en het nege jaar lank geregeer.

Hy is vermoedelik op 19-jarige ouderdom in 1324v.C. dood.

Die navorsers het farao Akhenaten, wat die Egiptiese godsdiens probeer verander het in geloof in een god eerder as talle gode, as Toet se pa geïdentifiseer.

Akhenaten het eers met Nefertiti getrou, maar sy het hom geen seuns gegee nie.

Hy het toe met een van sy susters getrou in ’n poging om ’n seun by haar te verwek.

DNS-toetse het bevestig Toet se ma was ’n suster van sy pa, maar volgens Hawass sal dit nog ’n paar maande duur voordat meer inligting oor die identiteit van Toet se ma bekend gemaak kan word.

Volgens dr. Howard Markel, ’n mediese geskiedkundige aan die Universiteit van Michigan in die VSA, was sommige van Toet se gebreke en siektes waarskynlik te wyte aan sy ouers se bloedskandelike huwelik. Kinders met ouers wat so na aan mekaar verwant is, ly dikwels aan genetiese afwykings, het hy gesê.

Die toetse het bevind Toet het soos sy pa ’n gesplete verhemelte gehad en soos sy oupa, farao Amenhotep III, het hy ’n misvormde voet gehad en aan Kohler se sindroom, wat die bloedvloei na die voetbene belemmer, gely.

In Toet se geval het dit die bene in sy linkervoet vernietig.

Page 11: Die kuns van mammifisering in ou Egipte - Graad 3 · PDF fileskep. Ra is ook die heerser en bewaarder van die skepping. Vanaf die 4de dinastie dra die Egiptiese farao's die bynaam

Die studie het ook teorieë verwerp dat Toet en lede van sy familie aan seldsame afwykings gely het wat hulle vroulike eienskappe gegee het.

Dié teorieë het ontstaan weens die kunsstyl van daardie tyd wat koninklike mans met prominente borste, verlengde koppe en heupe wat bol staan uitgebeeld het.

―Dis onwaarskynlik dat Toetankamen of Akhenaten ’n bisarre liggaamsbou gehad het,‖ het die navorsers gesê.